Downloaded from hlayiso.com
VERBRUIKERSTUDIES
(PRODUKSIE VAN KLEDINGSTUKKE)
RIGLYNE VIR
PRAKTIESE ASSESSERINGSTAKE
GRAAD 12
2022
Hierdie riglyne bestaan uit 35 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentPractical assessment task 



--8a5e377e-56ba-4e74-bf85-3168556146ef/v1-c25ccd3585e5fad59a83/card.webp)







View all





Consumer Studies PAT GR 12 2022 (Clothing) Afr
Grade 12 Consumer Studies practical assessment task from the 2022 (Afrikaans), 35 pages. Read online or get the free PDF download.
Consumer Studies · Grade 12 · 2022 · Afrikaans. Practical assessment task, 35 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Consumer Studies
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Practical assessment task
- Year
- 2022
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 35
- File size
- 3.1 MB
Loading document…
Loading document…
1 of 35
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies 2 DBE/PAT 2022
NSS (Produksie van Kledingstukke)
DIE PRAKTIESE ASSESSERINGSTAAK VIR VERBRUIKERSTUDIES
PRODUKSIE VAN KLEDINGSTUKKE
1. INLEIDING
Die 18 Kurrikulum-en-assesseringsbeleidsverklaring-vakke wat praktiese komponente
bevat, sluit almal 'n praktiese assesseringstaak (PAT) in. Hierdie vakke is:
LANDBOU: Landboubestuurswetenskappe, Landboutegnologie
KUNS: Dansstudies, Ontwerp, Dramatiese Kunste, Musiek, Visuele
Kunste
WETENSKAPPE: Rekenaartoepassingstegnologie, Inligtingstegnologie;
Tegniese Wetenskappe; Tegniese Wiskunde
DIENSTE: Verbruikerstudies, Gasvryheidstudies, Toerisme
TEGNOLOGIE: Siviele Tegnologie, Elektriese Tegnologie, Meganiese
Tegnologie en Ingenieursgrafika- en ontwerp
'n Praktiese assesseringstaak (PAT) is 'n verpligte komponent van die finale
promosiepunt vir alle kandidate ingeskryf vir vakke wat 'n praktiese komponent het en
tel 25% (100 punte) van die eksamenpunt aan die einde van die jaar. Die PAT word
tot aan die einde van September uitgevoer. Die PAT bied leerders die geleentheid vir
die assessering van vaardighede wat hulle tydens die weeklikse praktiese klasse en
die praktiese eksamens in graad 10 tot 12 bekom het. Dit laat ook die assessering van
vaardighede toe wat nie in 'n geskrewe formaat, bv. toetse of eksamens, geassesseer
kan word nie. Dit is dus belangrik dat skole seker maak dat al die leerders die
praktiese assesseringstake binne die gestipuleerde tydperk voltooi om te verseker dat
leerders aan die einde van die jaar hulle uitslae ontvang. Die beplanning en uitvoering
van die PAT verskil van vak tot vak.
Tydens die praktiese assesseringstaak moet die leerder sy/haar kennis en
praktiese vermoëns/vaardighede toon om gehalte-artikels te produseer, met die
fokus op vakmanskap en verkoopbaarheid.
Die praktiese assesseringstaak vir Verbruikerstudies vir graad 12, met die
Kleding-praktiese-opsie, bestaan uit 'n uitlê-en-uitknipsessie en 'n praktiese
eksamen van VIER (4) UUR.
Uitleg van die VIER (4) UUR:
o Uitlê-en-uitknipsessie: EEN-UUR-sessie (voor die praktiese eksamen)
o Leerders behoort die artikel binne die voorgestelde tydsraamwerk van
DRIE (3) UUR te voltooi.
Leerders voer die praktiese eksamen vir die PAT individueel uit.
Die praktiese eksamen vir die PAT vind in Kwartaal 3 plaas.
2. PUNTETOEKENNING
Die totale puntetoekenning van die PAT is 100 punte.
Die punt vir die PAT vorm deel van die einde-van-die-jaar-assessering in
Kwartaal 4.
Die provinsie sal twee aparte gerekenariseerde puntestate, een vir SGA ('SBA')
en een vir die PAT, verskaf.
Die puntetoekenning word soos volg aangedui:
Uitlê en uitknip 6
Praktiese eksamen 94
Finale punt vir PAT 100
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies 3 DBE/PAT 2022
NSS (Produksie van Kledingstukke)
3. VEREISTES VIR PRAKTIESE EKSAMEN
Verbruikerstudies is 'n keusevak met vyf praktiese opsies. As die skool besluit om
Verbruikerstudies as 'n vak aan te bied en die produksie van kledingstukke as
praktiese opsie te kies, is die nodige toerusting en fondse vir die PAT, sowel as die
gespesifiseerde aantal praktiese klasse, die verantwoordelikheid van die skool, soos
in die KABV-dokument op bladsy 10 uiteengesit.
Die skool het die verantwoordelikheid om die beskikbaarheid van die volgende vir die
PAT-eksamen te verseker:
'n Geskikte klaskamer met die nodige toerusting: groot tafels vir uitlê en uitknip, 'n
minimum van 12 naaimasjiene, twee omkapmasjiene, twee of meer strykplanke
en strykysters, uitknipskêre (een vir elke leerder), elektrisiteit en
naaldwerktoerusting vir die aanmekaarwerk en maak van kledingstukke.
'n Minimum van R80 tot 'n maksimum van R150 per leerder vir die praktiese
eksamen word benodig om die vereiste artikel te maak, buiten die fondse benodig
vir die SGA ('SBA') weeklikse praktiese lesse.
Die getal leerders per sessie moet ooreenstem en in lyn wees met die getal
naaimasjiene wat beskikbaar is.
Dit is belangrik om by die Covid-19-protokol van sosiale distansiëring te hou.
Deel die leerders in groepe met 'n maksimum van 12 leerders per sessie. Vier en
twintig leerders (twee groepe van 12 leerders elk) kan die eksamen op dieselfde
dag doen, bv. van 08:00 tot 11:00 en van 12:30 tot 15:30.
Die onderwyser het tussen die twee sessies tyd nodig om die klaskamer vir die
volgende groep gereed te maak.
Skole met baie leerders sal meer as een dag benodig om hierdie praktiese
eksamen te voltooi.
4. VEREISTE TYDRAAMWERK
Uitlê en uitknip word voor die praktiese eksamen in 'n EEN-UUR-sessie onder
eksamentoestande gedoen.
'n Tydraamwerk van DRIE (3) UUR in totaal word benodig om die praktiese
eksamen te doen.
5. OPSTEL VAN DIE PRAKTIESE EKSAMEN
Die praktiese eksamen sal plaasvind op 'n datum soos met die moderator
ooreengekom.
Die produksieproses, vakmanskap en verkoopbaarheid van die artikel is
belangrike aspekte van die praktiese eksamen.
Onderwysers kan gebruik maak van die voorbeeld wat verskaf word of die
praktiese assesseringstaak intern opstel. As die onderwyser dit intern opstel,
moet dit ook vir moderering en goedkeuring aan die vakadviseur voorgelê word.
Leerders moet in staat wees om al die gevorderde tegnieke soos vir graad 12
geïdentifiseer, te demonstreer.
Die geselekteerde artikel moet 'n totale gewigswaarde van 50 punte volgens die
vaardigheidskodelys hê.
Die leerders moet die EEN UUR uitlê-en-uitknipsessie onder eksamentoestande
voor die praktiese eksamen voltooi.
Die leerders sal op die produksieproses, vakmanskap/afwerking en
verkoopbaarheid van die artikel geassesseer word.
Aan die einde van die DRIE URE moet leerders hul kledingstukke en verpakking
vir finale assessering inlewer.
Nadat die assessering voltooi is, moet die artikels aan die leerders teruggegee
word vir verbeteringe en afwerkings, indien nodig.
Die artikels sal NIE weer nagesien word nadat die verbeteringe aangebring is
NIE.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies 4 DBE/PAT 2022
NSS (Produksie van Kledingstukke)
Die praktiese eksamen moet goed vooruit beplan word om enige botsings met
ander skoolaktiwiteite te vermy.
Die praktiese eksamen moet by die skool se eksamenrooster ingesluit word.
LET WEL: Leerders moet hul kledingstuk verpak. Die verpakking en etiket moet
binne die sewe dae nadat die leerders die toets ontvang het, voordat
hulle die praktiese eksamen doen, voltooi word. Leerders moet die etiket
en verpakking op die dag van die praktiese eksamen saambring.
6. VOORBEREIDING VIR DIE PRAKTIESE EKSAMEN
Die onderwyser is vir die volgende verantwoordelik:
Bepaal die datums vir die praktiese eksamen. Dra hierdie datums aan die
bestuurspan van die skool oor om te verseker dat dit nie met ander
skoolaktiwiteite bots nie.
Al die toerusting moet in werkende toestand wees en die naaimasjiene moet voor
die begin van die praktiese eksamen gediens en herstel word .
Kopieer die patroon, illustrasie(s) en instruksieblad vir elke leerder of koop
'n handelspatroon vir elke leerder. Dit is VERPLIGTEND dat elke leerder 'n
instruksieblad gebruik.
Berei die assesseringsinstrumente wat verskaf is, met die leerders se name voor.
Leerders moet die patroon en instruksies EEN week (7 skooldae) voor die uitlê-
en-uitknipsessie ontvang om voor te berei.
Deel leerders in groepe volgens die getal leerders wat gerieflik in die lokaal
geakkommodeer kan word. Hou die Covid-19-protokolle in gedagte, bv.
sosiale distansiëring.
Koop die kleedstof en ander benodigdhede, knip die kleedstof volgens die
verlangde grootte vir elke leerder.
Stel vir elke leerder 'n stelletjie ('kit') saam wat die volgende insluit:
o Kleedstof in die vereiste grootte
o Die patroon en instruksieblad
o Die kramery/ander benodigdhede, bv. ritssluiter, knope en spelde
Bedraad al die naaimasjiene vooraf met die geskikte kleur garing en toets die
spanning van al die naaimasjiene.
Berei die klaskamer voor en maak seker die dat die volgende beskikbaar is
o Elektriese kragproppe en verlengkoorde vir al die strykysters en naaimasjiene
o Strykysters en strykplanke
o Groot tafels vir die uitlê en uitknip van die patroondele
o Genoeg klein gereedskap, soos skêre, naalde, torringmessies, spelde, garing,
spoeletjies, ekstra naaimasjiennaalde en uitknipskêre
Maak die werkoppervlakke van al die werkstasies skoon en ontsmet dit.
Berei naamkaartjies vir die laaste groep leerders voor om die moderator te help
om die kandidate te identifiseer.
7. UITVOER VAN DIE PRAKTIESE EKSAMEN
7.1 Die uitlê- en uitknipsessie: EEN (1) uur voor die praktiese eksamen
Maak seker dat leerders hulle hande met seep en water was, hulle maskers dra
en hulle werkstasies ontsmet. Volg die protokol van sosiale distansiëring
(1,5 m weg van mekaar).
Alle leerders wat die uitlê-en-uitknipsessie uitvoer, moet die bywoningsregister
teken.
Die onderwyser moet die getekende bywoningsregister op 'n veilige plek bewaar
en dit moet op aanvraag beskikbaar wees.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies 5 DBE/PAT 2022
NSS (Produksie van Kledingstukke)
Deel elke leerder se stelletjie ('kit') met die kleedstof, patroon, instruksieblad en
ander benodigdhede, soos die ritssluiter, uit.
Die onderwyser mag NIE tydens die uitlê-en-uitknip-sessie enige hulp aan
leerders verleen NIE.
Tydens die uitlê-en-uitknip-sessie moet die onderwyser punte toeken.
Leerders kan uitgesnyde patroondele verbeter/regmaak of nuwe dele uitsny
NADAT die uitknipsessie verby is en punte toegeken is, maar dit sal NIE weer
nagesien word NIE.
Die onderwyser bewaar al die leerders se patroondele op 'n veilige plek tot die
dag van die praktiese eksamen.
7.2 Praktiese eksamen in Kwartaal 3: DRIE (3) UUR
Wanneer die leerders die klaskamer binnekom, word die Kleding-stelletjies ('kits')
aan elke leerder uitgedeel, asook ekstra afvalmateriaal (om die naaimasjiene se
spanning te toets, indien nodig).
Daar moet genoeg skêre, spelde en naalde beskikbaar wees. Moenie die
toerusting deel nie.
Die naaimasjiene moet by die tafels gereed wees.
Leerders, onder toesig van die onderwyser, moet die praktiese eksamen
individueel doen.
Die artikel moet na DRIE (3) URE vir assessering gereed wees.
Leerders sal 2 punte verloor vir elke 5 minute wat hulle laat is, tot 'n
maksimum van 20 punte.
Slegs die onderwyser, die moderator en die leerders mag tydens die praktiese
eksamen in die klaskamer wees.
Die onderwyser moet toesig hou en die leerders assesseer terwyl die praktiese
eksamen uitgevoer word en GEEN ander werk mag in hierdie tyd gedoen word
NIE.
Die onderwyser moet die artikel nasien wat tydens die praktiese eksamen
gemaak is en die punte aanteken.
Nadat die artikel nagesien is, kan die leerders foute regmaak, verbeteringe
aanbring of die kledingstuk voltooi.
Die artikels sal NIE weer nagesien word nadat verbeterings aangebring is NIE.
Nadat verbeterings aangebring is, word die verpakte kledingstukke ingelewer en
op 'n veilige plek tot die dag van moderering bewaar.
Die onderwyser moet die assesseringsinstrument voltooi.
8. EVALUERING
Die onderwyser en eksterne moderator het 45 minute om die finale artikels te
evalueer, die leerders se werkstasies te inspekteer en die assesserings-
instrument te voltooi.
Terwyl hulle kledingstukke geëvalueer word, moet die leerders hulle werkstasies
en toerusting opruim en ontsmet
Na afloop van die praktiese eksamen moet die onderwyser/moderator die
werkstasies vir die finale toekenning van punte inspekteer.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies 6 DBE/PAT 2022
NSS (Produksie van Kledingstukke)
9. MODERERING VAN DIE PRAKTIESE EKSAMEN
9.1 VOOR die praktiese eksamen
Die onderwyser moet die volgende voor die einde van Maart of vroeër by die
vakadviseur vir goedkeuring indien om te verseker dat die praktiese eksamen van 'n
geskikte standaard is:
Die voorgestelde datum vir sig-moderering vir die laaste groep leerders
Die geselekteerde artikel met die tegnieke se gewigswaardes volgens die
vaardigheidskode aangedui
'n Fotokopie van die patroonkoevert
'n Instruksieblad
'n Illustrasie van die kledingstuk
Die beplanning vir die aankope
Die beplanning vir al die eksamensessies
Die voltooide oorsiglys, deur die hoof geteken
Die PAT kan nie gedoen word tensy die vakadviseur dit goedgekeur het nie.
9.2 OP DIE DAG van praktiese eksamen
Maak seker dat kandidate hulle hande met seep en water was, hulle maskers dra
en hulle werkstasies ontsmet. Volg die protokol van sosiale distansiëring, (1,5 m
weg van mekaar). Hou altyd ekstra maskers byderhand.
'n Maksimum van 12 leerders sal in Kwartaal 3 ekstern deur die betrokke
vakadviseur gemodereer word terwyl hulle die praktiese eksamen by die skool
aflê.
Die onderwyser moet op die dag van die moderering die volgende vir die
moderator gereed hê:
o Al die artikels wat die leerders gedurende die weeklikse praktiese klasse vir
SGA ('SBA') gemaak het (indien nie reeds gedurende SGA-moderering
gemodereer nie)
o 'n Kopie van die voltooide assesseringsinstrument vir die weeklikse praktiese
lesse
o Die voltooide kledingstukke (nagesien) van al die leerders wat reeds die
praktiese eksamen voltooi het
o Die punte van al die leerders wat reeds die praktiese eksamen voltooi het
o 'n Aparte stel assesseringsinstrumente vir die moderator se gebruik, met die
leerders se name reeds op die assesseringsinstrument geskryf
Elke leerder moet die bywoningsregister teken voordat die eksamen begin.
Die moderator sal SES (6) leerders lukraak kies. Hierdie leerders sal onafhanklik
van die onderwyser geassesseer word.
Na afloop van die assessering en konsolidering van punte sal die moderator
sy/haar assessering met dié van die onderwyser vergelyk. Indien die moderator
vind dat die onderwyser se punte meer as 10% van sy/haar punte verskil, moet 'n
blokverskuiwing opwaarts of afwaarts gemaak word na gelang van die verskil.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies 7 DBE/PAT 2022
NSS (Produksie van Kledingstukke)
Die tabel hieronder dui aan hoe om die verskil tussen die moderator se punte en die
onderwyser se punte te bepaal sodat daar bepaal kan word of 'n aanpassing gemaak
moet word asook hoe groot die aanpassing moet wees.
PAT
100
Leerder se Naam *O *M
Leerder A 84 69
Leerder B 83 70
Leerder C 68 53
Leerder D 59 44
Leerder E 49 40
Leerder F 45 40
TOTAAL 388 316
GEMIDDELDE PUNT = TOTAAL ÷ 6 (getal leerders) 66 53
VERSKIL = 66 (*O) – 53 (*M) 13
AANPASSING AFWAARTS OPWAARTS –3
*O = Onderwyser; *M = Moderator
'n Blokverskuiwing kan ook op grond van die professionele oordeel van die
moderator gemaak word as die praktiese eksamen van die skool nie aan die
verwagte standaard voldoen nie.
Die moderator sal die uitslag en enige aanpassings met die onderwyser
bespreek.
Die finale gemodereerde punte moet dan op die gerekenariseerde puntestaat
aangebring word.
Die punte van al die leerders sal geraak word as 'n aanpassing gemaak word.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies 8 DBE/PAT 2022
NSS (Produksie van Kledingstukke)
VAARDIGHEIDSKODE-GEWIGSWAARDE VIR TEGNIEKE
GEBRUIK IN KLEDINGPRODUKSIE
Gebruik die volgende vaardigheidskode-gewigswaarde om 'n patroon vir die PAT sowel as
vir die weeklikse lesse te kies.
Die vaardigheidskode toon die tegnieke se gewigswaarde en NIE die puntetoekenning
NIE.
Die gewigswaarde vir 'n spesifieke tegniek kan slegs EEN keer toegeken word.
Die onderwyser kan 'n tegniek, wat nie hieronder aangedui word nie, byvoeg nadat dit met
die vakadviseur bespreek is. Die onderwyser en die vakadviseur moet dan op die
gewigswaarde vir die nuwe tegniek besluit.
'n Gewigswaarde word aan 'n tegniek toegeken volgens die moeilikheidsgraad van die
tegniek.
Die totale gewigswaarde van die tegnieke vir elke praktiese eksamen in graad 12 moet 'n
minimum van 50 punte in totaal hê.
Uitlê en uitknip van 'n handelspatroon 15 Ritssluiter 15
Kleedstof korrek gevou 1 Naattoelating korrek en egalige wydte 3
Patroondele op lengtedraad geplaas 2 Naatafwerking 2
Alle relevante patroondele op die vou geplaas 2 Insit van rits: reguit steke 4
Patroondele ekonomies geplaas 2 Hoeke onderaan rits netjies en vierkantig 3
Patroondele korrek op kleedstof vasgesteek 1 Hoeke bo-aan rits netjies en vierkantig 3
Egalig geknip op kniplyne 2 Maak en heg kraag aan 20
Kepies korrek geknip 1
Patroonmerke 2 Berei kraag voor dit gestik word (houstiksel –
Volg patrooninstruksies 2 stik en ryg dele aanmekaar) 5
Uitlê en uitknip volgens afmetings, 15 Kraagrand netjies gestik, egalige rondings
geen patroon nie en/of skerp hoeke 4
Albei kante dieselfde 2
Kleedstof korrek gevou 1 Naattoelating binne die kraag uitgedun en
Afmetings korrek op kleedstof aangebring 5 korrek uitgekeep 2
Lengtedraad van kleedstof korrek gebruik 3 Kraagrand onderstiksel, geryg en gestryk 2
Egalige knipwerk 4 Heg kraag aan kledingstuk: pas netjies 3
Korrekte aantal dele 2 Naat netjies gestik, uitgedun, naatafwerking 2
Pylnate 10
Gefatsoeneerde belegsel (vir openinge soos 20
Stik van breed na smal 2 mousgat of halslyn)
Reguit stiksel 2
Pars afwaarts of na die middel 3 Berei belegsel en ryg vas aan opening 3
Knoop gare by nou punt en ryg terug in pylnaat Heg belegsel aan 4
in 3 Belegsel lê plat en pas netjies in opening 3
Rygsdrade/Bo-op stiksel 10 Naattoelating binne uitgedun, onderstiksel 4
Belegsel egalige breedte 2
Patroonmerke korrek oorgedra 2 Afwerking van rafelrande 2
Egalig gespasieer 3 Belegsel aan skouer/synate vasgewerk 2
Stiksel reguit 3
Pas by item/kleedstof 2
Oop of toe nate met afwerking 10 Voorste opening en nekband 10
Reguit stiksel/egalige ronding/reghoek 4 Versterk 2
Naattoelating korrek en egalige breedte 3 Band egalige wydte 3
Naatafwerking 3 Nekband pas behoorlik 3
Stewig vasgestik 2
Vasmaakmiddels: lussie en hakies/knopies/ 5 Bo-opgestikte sak 10
drukknopies
Fatsoen van sak, grootte, naatbreedte 3
Spasiëring 2 Korrekte posisie op kledingstuk 3
Geskik vir kledingstuk 1 Stiksel om sak vas te heg 4
Korrek en stewig vasgewerk 2
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies 9 DBE/PAT 2022
NSS (Produksie van Kledingstukke)
Knoopsgate 10 Plooie 15
Knoopsgate: dieselfde grootte 3 Patroonmerke korrek oorgedra 3
(hand/masjien) Eweredig gespasieer 3
Spasiëring 2 Egalige breedte 3
Voorkoms 2 Pas by kleedstof/patroon 3
Korrek vasgewerk en oop 3 Voue van plooie op regsdraad van kleedstof 3
Maak en sit moue in 10 Some 10
Ryg of plooitjies (3 rye) om moukop 3 Egalige en korrekte breedte reg rondom 3
Moue pas netjies in mousgat 5 Lê plat, geen plooie/rygsels aan regte kant
Alle nate en naatafwerkings netjies 4 nie 2
Soom van mou 3 Netjiese, reguit stiksel/netjies met die hand
gewerk 3
Korrekte steeklengte/korrekte handsteek 2
Heg van raglanmoue 10 Smal enkelsome 8
Stiksel reguit 2 Egalige en korrekte breedte 2
Naattoelating korrek en ewe breed 3 Netjies omgekap 2
Alle nate en naatafwerking is netjies 2 Netjies omgevou 2
Soom van mou 3 Netjies gewerk/gestik 2
Skuinsomboorsel 20
Sny van skuinsstroke 5
Las van skuinsstroke 5
Heg omboorsel vir afwerking aan 3
Korrekte en egalige breedte 3
Lê plat en egalig 2
Met masjien of hand vasgewerk 2
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies 10 DBE/PAT 2022
NSS (Produksie van Kledingstukke)
ONDERWYSER SE BEPLANNING:
GRAAD 12 PRAKTIESE EKSAMEN
(Moet aan die einde van Maart of vroeër aan die vakadviseur vir moderering voorgelê word.)
Naam van skool:
Naam van onderwyser:
Datum(s) en tyd (tye) van praktiese eksamensessies:
TOETSE VIR PAT GRAAD 12
(Heg kopieë van patrone en instruksieblaaie aan)
UITLÊ EN UITKNIP
TEGNIEKE GEWIGSWAARDE
TOTAAL
PRAKTIESE EKSAMEN
TEGNIEKE GEWIGSWAARDE
TOTAAL
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies 11 DBE/PAT 2022
NSS (Produksie van Kledingstukke)
VOORBEELD VAN ONDERWYSER SE BEPLANNING VIR AANKOPE
(Moet aan die einde van Maart of vroeër aan die vakadviseur vir moderering voorgelê word.)
Totale getal Groepe Getal leerders Datums Tyd
leerders per groep
25 1 13 10/09/2022 08:00–11:00
2 12 10/09/2022 12:30–15:30
Benodigdhede per leerder Hoeveelheid Getal Totaal
benodig per leerder leerders
Poliësterkatoen 1m 25 25 meter
Garing vir stikwerk 1 tolletjie 25 tolletjies
Patroon 1 25 patrone
Vilene 0,5 m 12,5 meter
Ryggaring 1 25 tolletjies
Ritssluiter 1 25 ritssluiters
ONDERWYSER SE INKOPIELYS
Benodigdhede Hoeveelheid
Poliësterkatoen 25 meter
Garing vir stikwerk 25 tolletjies
Patroon 25 patrone
Vilene (Tussenvoering) 12,5 meter
Ryggaring 25 tolletjies
Ritssluiter 25 ritssluiters
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies 12 DBE/PAT 2022
NSS (Produksie van Kledingstukke)
ONDERWYSER SE BEPLANNING VIR AANKOPE
(Moet aan die einde van Maart of vroeër aan die vakadviseur vir moderering voorgelê word.)
Totale getal Groepe Getal leerders Datums Tyd
leerders per groep
Benodigdhede per leerder Hoeveelheid Getal leerders Totaal
benodig per leerder
ONDERWYSER SE INKOPIELYS
Benodigdhede Bedrag
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies 13 DBE/PAT 2022
NSS (Produksie van Kledingstukke)
VERBRUIKERSTUDIES
PRAKTIESE ASSESSERINGSTAAK
KLEDINGPRODUKSIE
OORSIGLYS VIR BEPLANNING (wat vir moderering voorgelê moet word)
SKOOL
ONDERWYSER
SKOOLHOOF
DATUM INGELEWER
Datums van alle Voorgestelde Goedgekeurde
PAT-sessies modereringsdatum modereringsdatum
KRITERIA JA/NEE KOMMENTAAR DEUR MODERATOR
Items ingesluit
'n Illustrasie van die artikel/
fotokopie van die patroonkoevert
Kopie van die patroon/instruksie-
blad vir die leerders
Volledige lys tegnieke en totale
gewigswaarde van artikel vir
praktiese eksamen
Beplanning vir aankope
GOEDGEKEUR/NIE GOEDGEKEUR NIE DATUM VIR HERVOORLEGGING: ___________
Handtekeninge:
ONDERWYSER: __________________________ DATUM:____________________________
SKOOLHOOF: ____________________________ DATUM: ___________________________
MODERATOR: ____________________________ DATUM: ___________________________
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies 14 DBE/PAT 2022
NSS (Produksie van Kledingstukke)
ASSESSERINGSINSTRUMENT VIR KLEDING
PRAKTIESE ASSESSERINGSTAAK
NAME EN VANNE VAN LEERDERS
NAAM VAN SKOOL __________________________________
DATUM ____________________________________________
ONDERWYSER _____________________________________
MODERATOR ______________________________________
PRAKTIESE EKSAMEN
1. PRAKTIESE VAARDIGHEDE EN TEGNIEKE
1.1 Interpretasie van die patroon 4
Volg patrooninstruksies akkuraat 2
Verstaan terminologie en simbole vir implementering 2
1.2 Akkurate implementering van tegnieke 20
Korrekte tegnieke vir uitlê en uitknip 6
Korrekte tegnieke toegepas om die kledingstuk te 14
produseer:
(Uit die lys hieronder, assesseer die tegnieke wat op
die artikel van toepassing is)
Pylnate/Ryg/Bo-op-stiksel/Nate/Vasmaakmiddels/
Knoopsgate/Moue/Skuinsomboorsel/Ritssluiter/
Kraag/Gefatsoeneerde belegsel/Voor opening en
nekband/Bo-opgestikte sak/Plooie/Some
1.3 Korrekte hantering van toerusting 8
Korrekte hantering van kleiner toerusting, bv. 3
maatband, skêr, naalde
Korrekte hantering van groot toerusting, bv. 2
naaimasjien, omkapmasjien
Veilige gebruik van toerusting, bv. garingskêr/skêr/ 3
spelde/strykyster/stiknaalde
1.4 Ekonomiese produksie van die kledingstuk 8
Gereelde gehaltebeheerpunte (tydens uitlê en 2
uitknip en produksieproses)
Ekonomiese gebruik van voorraad, geen vermorsing 2
van kleedstof en benodigdhede nie
Werk onafhanklik, stil, steur nie ander nie, vra geen 2
vrae nie
Doeltreffende gebruik en bestuur van tyd 2
2. HIGIËNE EN NETHEID
2.1 Werkstasie en toerusting tydens die praktiese 8
eksamen
Werkstasie netjies en goed georganiseerd 3
Klein toerusting lê nie rond nie 2
Werk higiënies en veilig 3
2.2 Persoonlike voorkoms 3
Toepaslik geklee (skooluniform) 1
Naels skoon en kort 1
Hande gewas en ontsmet toe lokaal binnegekom is en 1
met gereelde tussenposes
2.3 Netheid van werkstasie na praktiese eksamen 4
Werkstasie skoon 1
Toerusting skoongemaak en weggepak in korrekte 2
stoorplek
Afval verwyder, vullisblik skoon 1
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies 15 DBE/PAT 2022
NSS (Produksie van Kledingstukke)
ASSESSERINGSINSTRUMENT VIR KLEDING
PRAKTIESE ASSESSERINGSTAAK
(vervolg)
NAME EN VANNE VAN LEERDERS
3. GESKIKTHEID VIR VERKOPE
(VERKOOPBAARHEID)
3.1 Verpakking 4
Beskerm die kledingstuk 1
Geskik vir die kledingstuk 1
Koste-effektief 1
Verbruikersaanklank 1
3.2 Etiket 5
Vesel-inhoud/tipe kleedstof gebruik 1
Toon kreatiwiteit 1
Vervaardiger se naam/fisiese adres/
1
kontakbesonderhede
Grootte/Prys 1
Versorgingsinstruksies 1
3.3 Kledingstuk geskep, voldoen aan die spesifikasies 36
Geskikte keuse van kleure vir die kledingstuk 2
Korrekte grootte van kledingstuk volgens patroon 2
Skoon produk 2
Eindpunte/Garings netjies afgewerk 2
Netjies gestryk/gepars 2
Nate netjies en korrek geheg 2
Nate is netjies gestik en afgewerk 3
Stewig gestik 2
Geen foute (bv. geen gate) in die konstruksie van
2
die kledingstuk nie
Korrekte toepassing van tegnieke gebruik in die
5
konstruksie van die kledingstuk
Korrekte en egalige spanning regdeur 2
Geskiktheid vir verkope/Verkoopbaarheid (Gebruik
10
die skaal hieronder)
TOTAAL 100
Straf indien laat: Trek 2 punte af vir elke 5 minute laat,
tot 'n maksimum van 20 punte.
TOTAAL 100
GESKIKTHEID VIR VERKOPE/VERKOOPBAARHEID:
0–2 Onaanvaarbaar, voldoen nie aan die vereistes nie, sal nie verkoop nie
3–4 Swak, voldoen aan sommige van die vereistes, sal nie verkoop nie
5–6 Gemiddeld, voldoen aan die meeste van die vereistes, behoort te verkoop
7–8 Goed, voldoen aan al die vereistes, sal goed verkoop
9–10 Uitstekend, oortref al die vereistes, sal baie goed verkoop
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies 16 DBE/PAT 2022
NSS (Produksie van Kledingstukke)
VOORBEELD VAN KLEDINGITEMS VIR DIE
PRAKTIESE ASSESSERINGSTAAK
KINDERHEMP/BLOES
DOGTER SEUN
GEWIGSWAARDE: Kies tegnieke tot 'n gewigswaarde van 50 vaardigheidskodepunte.
UITLÊ EN UITKNIP
TEGNIEKE GEWIGSWAARDE
Uitlê en uitknip 15
SUBTOTAAL 15
TEGNIEKE GEWIGSWAARDE
Maak en heg kraag aan 20
Knope 10
Knoopsgate 10
Maak en heg moue aan 10
SUBTOTAAL 50
TOTAAL 65
BENODIGDHEDE:
0,75 m teen 1,15 m in lengte van katoen/poliësterkatoen
0,25 m aanstryk-tussenvoering
Garing om te stik en te ryg
Knope
Naald
Spelde
Snyerskryt/Merkpen
Maatband
Torringmessie
Papierskêre
Kleedstofskêre
Knoopsgatskêre
Naaimasjien
Omkapmasjien
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies 17 DBE/PAT 2022
NSS (Produksie van Kledingstukke)
PATROONDELE
LET WEL: Patroondele is op bladsy 28–35 aangeheg.
PATROONUITLEG
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies 18 DBE/PAT 2022
NSS (Produksie van Kledingstukke)
UITLÊ EN UITKNIP:
(Leerders kan kies om die dogter of seun se hemp of bloes te maak)
As die opsie vir die dogter gekies word, moet die onderkant van die voorste en agterste panele
van die patroon aangepas word sodat dit 'n ronde fatsoen het. Sien voorbeeld hieronder en
volledige instruksies onder stap 2B.
As 'n groter grootte verkies word, kan die patroondele op die fotostaatmasjien vergroot word.
Die getal meter kleedstof benodig moet slegs aangepas word volgens die grootte van die
hemp/bloes.
Voorpant van bloes Agterpant van bloes
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies 19 DBE/PAT 2022
NSS (Produksie van Kledingstukke)
UITLÊ EN UITKNIP:
1. Lê die patroondele op die kleedstof uit, steek vas en knip uit.
2. Dra patroonmerke oor, waar van toepassing. Vou al die patroondele en ekstra kleedstof
op en lewer by onderwyser in om nagesien te word.
3. Leerders mag verkeerde dele korrek knip NADAT die onderwyser hul werk nagesien
het.
4. GEEN punte word toegeken as die uitknip weer gedoen word nie.
5. Al die patroondele moet by die onderwyser ingelewer word vir veilige bewaring tot die
dag van die praktiese eksamen.
LET WEL: Gebruik dieselfde instruksies vir albei hemde. Slegs die dogter se bloes
sal voor en agter aan die onderkant rond wees, soos hierbo genoem.
Slegs 2 knope en knoopsgate moet tydens die eksamen voltooi word.
Slegs 1 mou moet tydens die eksamen ingesit word.
Leerders moet 'n geleentheid kry om die artikel, nadat dit nagesien is, te
voltooi.
DOGTERBLOES OF SEUNSHEMP
PRAKTIESE EKSAMEN: 3 URE
INSTRUKSIES ILLUSTRASIES
PATROONUITLEG:
STAP 1: Uitlê.
Druk die patroon in landskap volgens
werklike grootte.
Die patroon kan vergroot word
Vou kleedstof in die lengte met
regtekante teenmekaar.
Lê die patroondele op die kleedstof
uit.
Die naattoelating is reeds by die
patroon ingesluit.
STAP 2A: Uitknip.
Voorpante (2x)
Agterpante (1x op vou)
Skouerstukke (1x op vou)
Kraag (2x)
Moue (2x)
Tussenvoering vir die kraag (1x)
Tussenvoering vir die knoopstaander
(2x)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies 20 DBE/PAT 2022
NSS (Produksie van Kledingstukke)
STAP 2B: Voeg gekurfde rand by op
die dogter se agterpant
Dogter se bloes:
Brei uit op die seun se patroon by die
middel van beide die voor- en
agterpantpatroondele met 5 cm +
(5 mm + 2,5 cm vir die soom) en
teken vanaf een die sykant na die
volgende deur die merk om 'n gladde
kurwe te maak.
Die soom word op dieselfde manier
as die seun se hemp bewerk,
stap 12, deur die kurwe/ronding te
volg.
Voorpant van bloes Agterpant van bloes
STAP 3: Stik die boonste en
onderste agterpante
aan mekaar.
Met die regtekante teenmekaar,
steek die agterpant en die skouerstuk
aan mekaar vas.
Stik by (1 cm) naattoelating.
Werk af ('Serge off') en stryk die
nate.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies 21 DBE/PAT 2022
NSS (Produksie van Kledingstukke)
STAP 4: Bo-op-stiksel.
Stik bo-op naby die rand.
STAP 5: Stik some in plek
(voorkant van hemp/bloes).
Soom die voorpante.
Vou, ryg 1 cm en stik by 0,5 cm
vanaf die buiterand.
STAP 6: Stik some in plek
(voorkant van hemp/bloes).
Vou weer by 2 cm en stik by
1,5 cm vanaf die buiterand.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies 22 DBE/PAT 2022
NSS (Produksie van Kledingstukke)
STAP 7: Steek- voor en agterpante
aan mekaar vas.
Met die regtekante teenmekaar,
steek die voor- en agterpante aan
mekaar vas.
STAP 8: Stik.
Steek skouerstuknate en synate van
die bloes/hemp aan mekaar vas en
stik by 1 cm-naattoelating.
Kap die nate om.
Pars die nate.
STAP 9: Stik die some in plek.
Vou die rand 0,5 cm weg van die
rafelrand na die verkeerde kant.
Vou weer en ryg 1 cm vanaf die
buiterand.
Stik naby die eerste gevoude rand.
Verkeerde kant Regte kante
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies 23 DBE/PAT 2022
NSS (Produksie van Kledingstukke)
STAP 10: Stik linkermou vas.
(Sit slegs EEN mou in)
Vou die mou in die helfte.
Steek dit in posisie in die armholte
vas by 1 cm-soomtoelating, stik.
Kap die nate om.
Stik deur die hele kant by
1 cm-naattoelating.
Kap die onderarmnaat om.
STAP 11: Herhaal vir die regtermou.
Herhaal stap 12 tot 16 vir die
regtermou.
STAP 12: Vou die onderste soom.
Vou en steek weer vas soos die
mousoom stap 9 aan die verkeerde
kant van die hemp.
Stik die soom by 1 cm vanaf die
rand.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies 24 DBE/PAT 2022
NSS (Produksie van Kledingstukke)
STAP 13: Heg die kraag aan die
hemp/bloes.
Steek een kant van die
dubbelkraag aan die buitekant van
die hemp vas, met die regtekante
teenmekaar.
Stik dit saam vas by 1 cm-
naattoelating.
STAP 14: Met regtekante
teen mekaar,
steek die kraag vas.
Vou die kraag opwaarts.
Vou die kraag in die helfte,
breedte-gewys, regtekante teen
mekaar en steek vas, pas voorste
rande by mekaar.
Agter Voor
STAP 15: Stik die buiterand.
Stik die buiterand by 1 cm-
naattoelating.
Agter Voor
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies 25 DBE/PAT 2022
NSS (Produksie van Kledingstukke)
STAP 16: Keep die hoeke uit.
Keep die hoeke.
STAP 17: Draai die kraag se
regtekant na buite.
Draai die kraag se regtekant na
buite.
Stoot die hoeke uit en pars die
kraag plat.
Vou die kraag by 1 cm van die
buiterand na binne en steek die
kraag aan die buitekant van die
hemp vas.
STAP 18: Werk kraag aan die
buitekant van die hemp/
bloes vas.
Stik saam by 0,2 cm vanaf die
buiterand.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies 26 DBE/PAT 2022
NSS (Produksie van Kledingstukke)
STAP 19: Werk die voulyn van die
kraag vas.
Werk die voulyn van die kraag wat
as 'n stippellyn op die kraag se
patroon aangedui is, vas.
STAP 20: Stik die knoopsgate.
Gebruik 'n liniaal en merk waar jou
knope en knoopsgate gaan wees.
Stik TWEE knoopsgate.
Knip die knoopsgate met 'n
knoopsgatskêr oop.
STAP 21: Werk die knope aan.
Werk die TWEE knope deeglik aan
om seker te maak dat hulle goed
werk.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies 27 DBE/PAT 2022
NSS (Produksie van Kledingstukke)
STAP 22: Afronding van die
hemp/bloes.
Vou die kraag af. Knip alle
los garing af.
Pars die kledingstuk.
Verpak.
As die onderwyser 'n tuisgemaakte patroon gebruik, moet 'n instruksieblad ingesluit word.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies 28 DBE/PAT 2022
NSS (Produksie van Kledingstukke)
PATROONDELE
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies 29 DBE/PAT 2022
NSS (Produksie van Kledingstukke)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies 30 DBE/PAT 2022
NSS (Produksie van Kledingstukke)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies 31 DBE/PAT 2022
NSS (Produksie van Kledingstukke)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies 32 DBE/PAT 2022
NSS (Produksie van Kledingstukke)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies 33 DBE/PAT 2022
NSS (Produksie van Kledingstukke)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies 34 DBE/PAT 2022
NSS (Produksie van Kledingstukke)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies 35 DBE/PAT 2022
NSS (Produksie van Kledingstukke)
10. GEVOLGTREKKING
Na voltooiing van die praktiese assesseringstaak moet leerders in staat wees om
hulle begrip van die bedryf te toon; hulle kennis, vaardighede, waardes en
redenasievermoëns te versterk, en ook betrekkinge buite die klaskamer te vestig en
uitdagings in die wêreld daar buite aan te durf. Die PAT ontwikkel verder leerders se
lewensvaardighede en gee aan hulle die geleentheid om by hulle eie leerervarings
betrokke te wees.
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Notes, quizzes and topic questions for Grade 12 Consumer Studies.
- Grade 12 Consumer Studies notes
CAPS revision notes with worked examples.
- Consumer Studies questions by topic
Past exam questions sorted by CAPS topic, with memos where available.
- All Grade 12 Consumer Studies past papers
Past papers by year, with memos where available.
- Grade 12 Practical assessment tasks
More Consumer Studies and other subjects in this collection.
Recommended for this subject
More papers and memos for this grade and subject.

Annual teaching plan
Gr 12 Con Stu ATP 2023 24

Memorandum
Consumer Studies Grade 12 Eastern Cape Mock 2025 Memo

Question paper
Consumer Studies Grade 12 Eastern Cape Mock 2025 Question Paper

Question paper
Consumer Studies Grade 12 NSC June 2025 Question Paper (Afr)
--8a5e377e-56ba-4e74-bf85-3168556146ef/v1-c25ccd3585e5fad59a83/card.webp)
Memorandum
Consumer Studies Grade 12 NSC November 2025 Memo (Afrikaans)

Question paper
Consumer Studies Grade 12 NSC November 2025 Question Paper
Related documents

Memorandum
Consumer Studies Grade 12 Eastern Cape Mock 2022 Memo (Afrikaans)

Question paper
Consumer Studies Grade 12 Eastern Cape Mock 2022 QP (Afr)

Memorandum
Consumer Studies Grade 12 Eastern Cape Prelim 2024 Memo (Afr)

Question paper
Consumer Studies Grade 12 Eastern Cape Prelim 2024 QP (Afr)

Question paper
Consumer Studies Grade 12 NSC June 2024 Question Paper (Afr)

Memorandum
Consumer Studies Grade 12 Eastern Cape Mock 2023 Memo (Afrikaans)
More from Grade 12 Consumer Studies

Errata
Consumer Studies Grade 12 Eastern Cape Prelim 2024 Errata

Question paper
Consumer Studies Grade 12 November 2024 NSC Question Paper

Question paper
Consumer Studies Grade 12 November 2024 NSC Question Paper

Question paper
Consumer Studies Grade 12 November 2024 NSC MG Question Paper

Question paper
Consumer Studies Grade 12 Eastern Cape Mock 2023 QP (Afr)

Question paper