Downloaded from hlayiso.com
VERBRUIKERSTUDIES
(VOEDSELPRODUKSIE)
RIGLYNE VIR
PRAKTIESE ASSESSERINGSTAKE
GRAAD 12
2022
Hierdie riglyne bestaan uit 30 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentPractical assessment task 



--8a5e377e-56ba-4e74-bf85-3168556146ef/v1-c25ccd3585e5fad59a83/card.webp)







View all





Consumer Studies PAT GR 12 2022 (Food Production) Afr
Grade 12 Consumer Studies practical assessment task from the 2022 (Afrikaans), 30 pages. Read online or get the free PDF download.
Consumer Studies · Grade 12 · 2022 · Afrikaans. Practical assessment task, 30 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Consumer Studies
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Practical assessment task
- Year
- 2022
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 30
- File size
- 883.0 KB
Loading document…
Loading document…
1 of 30
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies 2 DBE/PAT 2022
NSS (Voedselproduksie)
DIE PRAKTIESE ASSESSERINGSTAAK VIR VERBRUIKERSTUDIES
VOEDSELPRODUKSIE
1. INLEIDING
Die 18 Kurrikulum-en-assesseringsbeleidsverklaring-vakke wat uit praktiese
komponente bestaan, sluit almal 'n praktiese assesseringstaak (PAT) in. Hierdie vakke
is:
LANDBOU: Landboubestuurswetenskappe, Landboutegnologie
KUNS: Dansstudies, Ontwerp, Dramatiese Kunste, Musiek, Visuele
Kunste
WETENSKAPPE: Rekenaartoepassingstegnologie, Inligtingstegnologie;
Tegniese Wetenskappe; Tegniese Wiskunde
DIENSTE: Verbruikerstudies, Gasvryheidstudies, Toerisme
TEGNOLOGIE: Siviele Tegnologie, Elektriese Tegnologie, Meganiese
Tegnologie en Ingenieursgrafika- en ontwerp
'n Praktiese assesseringstaak (PAT) is 'n verpligte komponent van die finale
promosiepunt vir alle kandidate ingeskryf vir vakke wat 'n praktiese komponent het en
tel 25% (100 punte) van die eksamenpunt aan die einde van die jaar. Die PAT word
tot die einde van September geïmplementeer en maak voorsiening dat leerders
geassesseer word op die vaardighede wat hulle gedurende die weeklikse praktiese
klasse en praktiese eksamens in graad 10 en 11 bekom het. Dit maak ook voorsiening
vir die assessering van vaardighede wat nie in 'n geskrewe formaat, bv. toetse of
eksamens, geassesseer kan word nie. Dit is dus belangrik dat skole seker maak dat al
die leerders die praktiese assesseringstake binne die gestipuleerde tydperk voltooi om
te verseker dat leerders aan die einde van die jaar hulle uitslae ontvang. Die
beplanning en uitvoering van die PAT verskil van vak tot vak.
Tydens die praktiese assesseringstaak moet die leerder sy/haar kennis en
praktiese vermoëns/vaardighede toon om 'n verskeidenheid gehalte-
voedselprodukte te maak, met die fokus op verkoopbaarheid.
Die praktiese assesseringstaak vir Verbruikerstudies vir graad 12, met die
Voedselproduksie praktiese opsie, bestaan uit EEN praktiese eksamen van DRIE
(3) ure.
Uiteensetting van die DRIE (3) URE:
o Twee ure en 15 minute om die produkte voor te berei.
o 45 minute vir evaluering, opruim en skoonmaak
Leerders voer die praktiese eksamen vir die PAT individueel uit.
Die praktiese eksamen vir die PAT vind in Kwartaal 3 plaas.
2. PUNTETOEKENNING
Die totale puntetoekenning vir die PAT is 100 punte.
Die punte vir die PAT vorm deel van die einde-van-die-jaar-assessering in
Kwartaal 4.
Die provinsie sal twee aparte gerekenariseerde puntestate, een vir SGA ('SBA')
en een vir die PAT verskaf.
Die puntetoekenning word soos volg aangedui:
Praktiese eksamen 100
Finale punt vir PAT 100
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies 3 DBE/PAT 2022
NSS (Voedselproduksie)
3. VEREISTES VIR DIE PRAKTIESE EKSAMENS
Verbruikerstudies is 'n keusevak met vyf verskillende praktiese opsies. As die skool
besluit om Verbruikerstudies met die Voedselproduksie praktiese opsie as 'n vak aan
te bied, is die nodige toerusting en fondse vir die PAT, sowel as die gespesifiseerde
getal praktiese klasse, die verantwoordelikheid van die skool, soos in die KABV-
dokument op bladsy 10 uiteengesit.
Die skool het die verantwoordelikheid om die beskikbaarheid van die volgende vir die
PAT-eksamen te verseker:
'n Geskikte opleidingskombuis met die nodige toerusting moet beskikbaar wees:
'n minimum van ses stowe (gas/elektries); 'n yskas; elektrisiteit/gas; opwasbakke
met lopende warm en koue water en toerusting en gereedskap vir bereiding en
kook.
'n Minimum van R80 tot 'n maksimum van R150 per leerder vir die praktiese
eksamen word benodig om bestanddele te koop om die voorgeskrewe produkte
te maak, buiten die fondse benodig vir die SGA ('SBA') praktiese klasse.
Een leerder per stoof.
Dit is belangrik om aan die Covid-19-protokol van sosiale distansiëring te
voldoen.
'n Maksimum van 6–12 leerders word per sessie toegelaat, afhangende van die
aantal stowe beskikbaar in die opleidingskombuis.
Twee groepe van 6–12 leerders kan die praktiese eksamen op dieselfde dag afê
bv. van 08:00 tot 11:00 en van 12:30 tot 15:30.
Die onderwyser het tyd tussen die twee sessies nodig om die lokaal vir die
volgende groep gereed te maak.
Skole met baie leerders sal meer as een dag benodig om hierdie praktiese
eksamen te voltooi.
4. VEREISTE TYDRAAMWERK
'n Tydraamwerk van DRIE (3) UUR in totaal word vir die praktiese eksamen benodig.
Die DRIE uur moet soos volg ingedeel word:
5 minute vir oriëntasie en om rustig te raak
5 minute vir ontsmetting van die werkstasie en hande was
5 minute vir die afmeet van bestanddele
2 ure vir die voorbereiding van die produkte onder eksamentoestande
45 minute vir die onderwyser om te evalueer, die leerders se werkstasies na te
gaan en om die assesseringsinstrument te voltooi
5. OPSTEL VAN DIE PRAKTIESE EKSAMENS
Hierdie eksamen sal op 'n datum waarop met die moderator ooreengekom is,
plaasvind.
Die produksieproses en verkoopbaarheid van produkte is belangrike
assesseringskriteria van hierdie praktiese eksamen.
Onderwysers kan die voorbeelde wat voorsien word, gebruik of die praktiese
assesseringstaak intern opstel. Indien die onderwyser dit intern opstel, moet dit
ook vir moderering en goedkeuring aan die vakadviseur voorgelê word.
Die praktiese eksamen moet vooruit beplan word om te voorkom dat dit met
ander skoolaktiwiteite bots.
Leerders moet in staat wees om alle kookkunsvaardighede en -tegnieke te toon
wat vir graad 12 geïdentifiseer is.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies 4 DBE/PAT 2022
NSS (Voedselproduksie)
Die onderwyser moet 'n minimum van VIER verskillende toetse opstel wat vir
die beskikbare begroting en hulpbronne by die skool geskik is.
Elke toets moet:
o Ten minste TWEE geregte insluit
o 'n Minimum vaardigheidskode-gewigswaarde van 20 punte hê
o 'n Verskeidenheid kookkunsvaardighede en -tegnieke insluit
Sluit EEN van die volgende PER TOETS in. 'n Produk wat vir een toets gekies is,
mag nie in 'n ander toets herhaal word nie.
o Gisproduk (gebak of diepgebraai)
o Chouxpasta
o Gelatiengereg (nie kommersiële jellie nie)
o Tuisgemaakte broskors vir terte, pasteie of quiche
o Switserse rolkoek
o Sagte meringue soos suurlemoenmeringuetert of koninklike broodpoeding
o Suikerkokery
Die tweede produk kan enige geskikte tegniek of vaardigheid insluit, solank die
vaardigheidskode-gewigswaarde ‘n minimum van 20 punte is. Die gewigswaarde
van die twee produkte sal gelyk moet wees of so na aan gelyk as moontlik wees.
'n Gewigswaarde mag slegs een keer aan 'n vaardigheid in die toets
toegeken word.
Alle resepte moet:
o Netjies in standaard- of aksieformaat getik wees
o Duidelik instruksies in kort sinne en maklike taal hê
o Klein wees, 2–3 porsies
o Geskik wees vir die beskikbare begroting en ander hulpbronne
o Die verwagte kriteria insluit: geur, tekstuur, voorkoms
o Duidelik geïllustreer wees
LET WEL: Leerders kan kies om hul finale produkte te verpak of op 'n bord te bedien.
Die verpakking en etikettering behoort in die sewe dae, nadat die leerders die toets
getrek het, voordat hulle die praktiese eksamen aflê, voltooi te word. Leerders moet
die etiket en verpakking op die dag van die praktiese eksamen saambring.
6. VOORBEREIDING VIR DIE EKSAMEN
Die onderwyser is vir die volgende verantwoordelik:
Bepaal die datums vir die praktiese eksamen. Kommunikeer hierdie datums aan
die bestuurspan van die skool om te verseker dat dit nie met ander
skoolaktiwiteite bots nie.
Al die toerusting/apparaat moet in 'n werkende toestand wees en die stowe
moet voor die begin van die praktiese eksamen gediens en herstel word.
Kopieer die toetse (resepte en werksvolgorde) vir elke leerder. Dit is
VERPLIGTEND dat elke leerder van 'n resep af moet werk.
Berei die assesseringsinstrument wat verskaf is, met leerders se name voor.
Leerders moet 'n toets EEN week (7 skooldae) voor die datum van die
praktiese eksamen trek sodat hulle kan voorberei.
Deel die leerders in groepe in volgens die aantal stowe beskikbaar. Hou die
Covid-19-protokolle in gedagte, bv. sosiale distansiëring.
Koop die bestanddele.
Maak die opleidingskombuis skoon en netjies en ontsmet dit.
Pak die nodige toerusting en bestanddele vir elke toets uit. Leerders moet
nie tydens die eksamen rondloop en na toerusting in die stoorkamer soek
nie. Alle toerusting moet geredelik by hulle werkstasies beskikbaar wees.
Berei naamkaartjies vir die laaste groep leerders voor om die moderator te help
om die kandidate te identifiseer.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies 5 DBE/PAT 2022
NSS (Voedselproduksie)
7. UITVOER VAN DIE PRAKTIESE EKSAMEN
Praktiese eksamen in Kwartaal 3: DRIE (3) uur
Wanneer die leerders die opleidingskombuis (eksamenlokaal) binnekom, sal
hulle 5 minute hê vir oriëntering en om rustig te raak, 5 minute om die
werkstasies te ontsmet en hande te was en sal dan voortgaan met die afmeet
van bestanddele voordat hulle met die praktiese eksamen begin.
Leerders wat dieselfde toets doen, moet by verskillende werkstasies geplaas
word.
Die produkte moet na 2 uur en 15 minute vir assessering gereed wees.
Leerders sal 2 punte verloor vir elke 5 minute wat hulle laat is, tot 'n
maksimum van 20 punte.
Slegs die onderwyser, die moderator en die leerders mag tydens die praktiese
eksamen in die lokaal wees.
Die onderwyser moet toesig hou en die leerders assesseer terwyl hulle die
praktiese eksamen uitvoer en en GEEN ander werk mag in hierdie tyd gedoen
word NIE.
GEEN leerders mag op enige manier gehelp word NIE..
Wanneer albei produkte gereed is, kan leerders bedien. Leerders hoef nie tot
aan die einde van die tydperk van 2 uur en 15 minute te wag nie.
Leerders word toegelaat om finale opruimwerk te doen terwyl die onderwyser
hulle produkte assesseer.
Die onderwyser moet die assesseringsinstrument voltooi.
8. EVALUERING
Die onderwyser en eksterne moderator het 45 minute om die finale produkte te
evalueer, die leerders se werkstasies te inspekteer en die assesserings-
instrument te voltooi.
Terwyl hulle produkte geëvalueer word, moet die leerders hulle werkstasies
opruim en die toerusting ontsmet.
Na afloop van die praktiese eksamen moet die onderwyser/moderator die
werkstasies vir die finale toekenning van punte inspekteer.
9. MODERERING VAN DIE PRAKTIESE EKSAMEN
9.1 VOOR praktiese eksamen
Die onderwyser moet die volgende teen die einde van Maart of vroeër by die
vakadviseur indien om te verseker dat die praktiese eksamen van 'n geskikte
standaard is:
Die voorgestelde datum vir eksterne sig-moderering vir die laaste groep leerders
Die toetse en betrokke resepte wat die gewigswaarde van die tegnieke volgens
die vaardigheidskode aandui
Foto's van hoe die finale produk behoort te vertoon
Ideale kenmerke van elke produk
Die werksvolgorde van elke toets
Die beplanning vir die aankope
Die beplanning vir al die eksamensessies
Die voltooide oorsiglys deur die skoolhoof geteken
Die PAT kan nie gedoen word tensy die vakadviseur dit goedgekeur het nie.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies 6 DBE/PAT 2022
NSS (Voedselproduksie)
9.2 OP DIE DAG van praktiese eksamen
Maak seker dat leerders hulle hande met seep en water was, hul maskers dra
en hul werkstasies ontsmet. Voldoen aan die protokol van sosiale distansiëring
(1,5 m weg van mekaar). Hou altyd ekstra maskers byderhand.
Gedurende Kwartaal 3 sal 'n groep van 6–12 leerders, ekstern deur die betrokke
vakadviseur gemodereer word terwyl hulle die praktiese eksamen by die skool
aflê.
Die onderwyser moet op die dag van moderering die volgende vir die moderator
gereed hê:
o Die assesseringsinstrument van al die leerders wat die praktiese eksamen
voltooi het
o 'n Kopie van die voltooide assesseringsinstrument vir die weeklikse
praktiese lesse
o 'n Kopie van die vier toetse wat die leerders sal uitvoer
o 'n Aparte stel assesseringsinstrumente vir die moderator se gebruik, met die
leerders se name reeds op die assesseringsinstrument geskryf
Elke leerder moet 'n bywoningsregister teken voordat die eksamen begin.
Die moderator sal ses (6) leerders lukraak kies. Hierdie leerders sal onafhanklik
van die onderwyser geassesseer word
Na afloop van die assessering en konsolidering van punte sal die moderator
sy/haar assessering met dié van die onderwyser vergelyk. Indien die moderator
vind dat die onderwyser se punte met meer as 10% van sy/haar punte verskil,
moet 'n blokverskuiwing opwaarts of afwaarts gemaak word na gelang van die
verskil.
Die tabel hieronder dui aan hoe om die verskil tussen die moderator se punte en die
onderwyser se punte te bepaal sodat daar bepaal kan word of 'n aanpassing
gemaak moet word asook hoe groot die aanpassing moet wees.
PAT
100
Leerder se Naam *O *M
Leerder A 84 69
Leerder B 83 70
Leerder C 68 53
Leerder D 59 44
Leerder E 49 40
Leerder F 45 40
TOTAAL 388 316
GEMIDDELDE PUNT = TOTAAL ÷ 6 (getal leerders) 66 53
VERSKIL = 66 (*O) – 53 (*M) 13
AANPASSING AFWAARTS OPWAARTS –3
*O = Onderwyser; *M = Moderator
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies 7 DBE/PAT 2022
NSS (Voedselproduksie)
'n Blokverskuiwing kan ook op grond van die professionele oordeel van die
moderator gemaak word as die praktiese eksamen van die skool nie aan die
verwagte standaard voldoen nie.
Die moderator sal die uitslag en enige aanpassings met die onderwyser
bespreek.
Die finale gemodereerde punte moet dan op die gerekenariseerde puntestaat
aangebring word.
Die punte van al die leerders sal geraak word as 'n aanpassing gemaak word.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies 8 DBE/PAT 2022
NSS (Voedselproduksie)
VAARDIGHEIDSKODE-GEWIGSWAARDE VAN TEGNIEKE
VIR VOEDSELPRODUKSIE
Gebruik die volgende vaardigheidskode-gewigswaarde om resepte vir die PAT sowel as
vir die weeklikse praktiese lesse te kies.
Die vaardigheidskode dui die gewigswaarde vir die tegnieke aan en NIE die
puntetoekenning NIE.
Die gewigswaarde vir 'n spesifieke tegniek moet slegs EEN MAAL toegeken word.
Die onderwyser mag 'n tegniek wat nie hieronder aangedui word nie, byvoeg nadat dit met
die vakadviseur bespreek is. Die onderwyser en die vakadviseur moet dan op die
gewigswaarde vir die nuwe tegniek besluit.
'n Gewigswaarde word toegeken volgens die moeilikheidsgraad van die tegniek.
Die totale gewigswaarde van die tegnieke vir beide resepte gekies vir die praktiese
eksamen in graad 12 moet 'n minimum van 20 punte in totaal hê.
1. Gaarmaakmetodes
1.1 Bak: Bak in 'n onuitgevoerde pan (bv. koek) 3
Bak in 'n uitgevoerde pan (bv. koek) 4
(Voorverhitting van die oond en stel op korrekte temperatuur)
(Posisie van oondrak korrek, bak vir gewenste tyd)
1.2 Bak in 'n pan met warm water (bain-marie), bv. gebakte vla, soufflé, bobotie 4
1.3 Blindbak 4
1.4 Blansjering 2
1.5 Kook bo-op die stoof (bv. rys, pasta, groente) 2
1.6 Diepbraai (bv. skyfies, oliebolle, vetkoek) 4
1.7 Rooster (bv. hamburgerkoekies, biefstuk) 3
1.8 Oondbraai (bv. groente, vleis) 3
1.9 Gaarmaak in mikrogolfoond (bv. vlasous, witsous, pasta) (nie om melk, voedsel, water 3
warm te maak nie)
1.10 Posjeer (bv. eiers) 3
1.11 Drukkoker gebruik (bv. vleis-en-groentebredie, boontjiesop) 3
1.12 Soteer (bv. uie, soetrissie) 2
1.13 Seël en verbruining van vleis/maalvleis/droogbraai van spekvleis 2
1.14 Vlakbraai (bv. pannekoeke, plaatkoekies, hamburgerkoekies, viskoekies) 3
1.15 Prut/Stowe vleis/hoendergeregte met groente, droë vrugte 3
1.16 Stoom: Dubbelkoker of mengbak op kastrol (bv. vis, eiervlasous, smelt sjokolade) (nie 3
rys nie)
2. Gelatien
2.1 Gelatiengeregte (bv. gevormde slaai of nagereg) 3
2.2 Gelatiengereg gemaak met kommersiële jellie 2
2.3 Invou van ander bestanddele, soos geklopte room of gerasperde komkommer, op die 2
regte stadium
2.4 Ontvorming van gelatiengereg 2
3. Eiers
3.1 Sagte meringue (bv. suurlemoenmeringuetert) 3
3.2 Harde meringue (skuimpies) 3
3.3 Vlabasis met eiers (bv. quiche/melktert) 2
3.4 Klop en invou van eierwit (bv. soufflé, melktert, roulade) 3
4. Gis
4.1 Berei gisbeslag of gisdeeg 4
5. Mengmetodes
5.1 Beslag (bv. pannekoeke, plaatkoekies, poffertjies, koek, muffins) 3
5.2 Chouxpasta 5
5.3 Deeg/Tertdeeg, invryfmetode (bv. broskors, botterbroodjies) 3
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies 9 DBE/PAT 2022
NSS (Voedselproduksie)
6. Voorbereiding van bestanddele
6.1 Skil, sny, kerf, blokkies sny van groente (bv. julienne-wortels) 2
6.2 Ontbeen hoender/hoenderborsies 2
7. Klaarvoorbereide voedsel
7.1 Berei 'n beskuitjiekors (bv. gebruik van Marie-beskuitjies/Tennis-beskuitjies en gesmelte 2
botter)
7.2 Gebruik klaarvoorbereide tertdeeg/filodeeg/brooddeeg 2
8. Souse en slaaisouse
8.1 Gekookte souse (bv. vleissous, vlasous, coulis, lemoensous, sous verdik met meelblom) 2
8.2 Mayonnaise (tuisgemaak) 4
8.3 Ongekookte, tuisgemaakte slaaisous 2
8.4 Gekookte slaaisous 4
8.5 Witsous/Kaassous, rouxmetode 3
8.6 Hollandaisesous 3
9. Suikerkokery en tuisgemaakte lekkergoed
9.1 Karamelisering van suiker (bv. karamelsous) 4
9.2 Kook suikerstroop tot sagtebalstadium, hardebalstadium, ens. 4
9.3 Manipulasie van suikerstroop (bv. klop fudge) 2
9.4 Manipulasie van suikerstroop om gespinde suiker te maak 4
9.5 Sny lekkers (bv. fudge, malvalekkers) in vorms 2
10. Tegnieke
10.1 Klop en invou van room 2
10.2 Botterversiersel/Roomkaasversiersel – berei en versier kolwyntjies en koeke 3
10.3 Garnering, gevorderd (bv. tamatie-/aartappel-/radysblomme/tuiles/sjokoladekrulle/ 2
sjokoladeblare/sjokoladekoppies/vorming en versiering met fondantversiersel/marsepein
en ander versierings)
10.4 Gebruik van versierbuis of -sak, vorm eweredige vorms 3
10.5 Royal-versiersel (versiersuiker en water/suurlemoensap/eierwit – verglansing) 2
10.6 Voorbereiding en gebruik van sjokolade ganache (sjokolade en room) 3
10.7 Puree 2
10.8 Vorming van sagte deeg (bv. botterbroodjies/skons, koekies, oliebolle, broodrolle, 3
koeksisters, krokette)
10.9 Vorming van stywe deeg (bv. uitrol van tertdeeg, koekiedeeg) 3
10.10 Rol van Switserse rolkoek/Roulade/Chelseabolletjies/Sweedse teering 3
10.11 'Lamingtons'/Ystervarkies – maak sjokoladesous en doop, rol in klapper 3
10.12 Gebruik gespesialiseerde toerusting (bv. voedselverwerker, versapper, pastamasjien nie 2
elektriese klitser of diepbraaier nie)
11. Enige ander vaardigheid wat nie genoem is nie (mag slegs twee maal in dieselfde 1
toets gebruik word)
Afmeet van bestanddele kan hier bygevoeg word.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies 10 DBE/PAT 2022
NSS (Voedselproduksie)
ONDERWYSER SE BEPLANNING
GRAAD 12 PRAKTIESE EKSAMEN
(Moet aan die einde van Maart of vroeër aan die vakadviseur vir moderering voorgelê word.)
Naam van skool:
Naam van onderwyser:
Datum(s) en tyd (tye) van praktiese eksamensessies:
TOETSE VIR PAT: GRAAD 12 (Heg alle resepte aan, insluitend die kriteria vir evaluering en
'n illustrasie van die gewenste produk.)
Die keuse van die illustrasies moet duidelik genoeg wees vir die leerders se reproduksie.
Toets 1: Totaal:
Resep 1: Naam: Resep 2: Naam
Tegnieke Gewigswaarde Tegnieke Gewigswaarde
Totaal Resep 1 Totaal Resep 2
Toets 2: Totaal:
Resep 1: Naam: Resep 2: Naam
Tegnieke Gewigswaarde Tegnieke Gewigswaarde
Totaal Resep 1 Totaal Resep 2
Toets 3: Totaal:
Resep 1: Naam: Resep 2: Naam
Tegnieke Gewigswaarde Tegnieke Gewigswaarde
Totaal Resep 1 Totaal Resep 2
Toets 4: Totaal:
Resep 1: Naam: Resep 2: Naam
Tegnieke Gewigswaarde Tegnieke Gewigswaarde
Totaal Resep 1 Totaal Resep 2
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies 11 DBE/PAT 2022
NSS (Voedselproduksie)
VOORBEELD VAN ONDERWYSERBEPLANNING VIR AANKOPE
(Moet aan die einde van Maart of vroeër aan die vakadviseur vir moderering voorgelê word.)
Totale Groepe Aantal Aantal Aantal Datums Tyd
getal leerders toetse leerders
leerders per groep per toets
1 6 4 2 10/09/22 08:00–11:00
19 2 6 4 2 10/09/22 12:30–15:30
3 7 4 2 11/09/22 08:00–11:00
Toets Resep 1: Quiche Lorraine Resep 2: Koninginpoffertjies
1 Bestanddele 1 x6 Koekmeel 1 x6
Salticrax-beskuitjies ¾ pak 5 pk Margarien 125 mℓ 750 mℓ
Margarien 50 mℓ/g 300 g Strooisuiker 62,5 mℓ 360 g
(60 g)
Spekvleis 100 g 600 g Sout 50 mℓ 300 mℓ
Cheddarkaas, gerasper 250 mℓ 1 500 mℓ Eiers Knippie Pakkie
Eiers 4 24 Geklopte room 2 12
Room, langlewe 125 mℓ 750 mℓ Papierhanddoek 100 mℓ 600 mℓ
Melk 175 mℓ 1 050 mℓ Olie vir diepbraai 1 rol
Hoenderaftrekselblokkie ½ 3 5 liter
Spray & Cook 1 blik
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies 12 DBE/PAT 2022
NSS (Voedselproduksie)
ONDERWYSER SE BEPLANNING VIR AANKOPE
(Moet aan die einde van Maart of vroeër aan die vakadviseur vir moderering voorgelê word.)
Totale Groepe Getal leerders Getal Getal leerders Datums Tyd
getal per groep toetse per toets
leerders
Toets Resep 1: Resep 2:
1 Bestanddele 1 x Bestanddele 1 x
Toets Resep 1: Resep 2:
2 Bestanddele 1 x Bestanddele 1 x
Toets Resep 1: Resep 2:
3 Bestanddele 1 x Bestanddele 1 x
Toets Resep 1: Resep 2:
4 Bestanddele 1 X Bestanddele 1 X
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies 13 DBE/PAT 2022
NSS (Voedselproduksie)
ONDERWYSER SE INKOPIELYS
Bestanddele Toets 1 Toets 2 Toets 3 Toets 4 Totale Beraamde
(aankope koste van
in g/kg) hoeveelhede
benodig
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies 14 DBE/PAT 2022
NSS (Voedselproduksie)
VERBRUIKERSTUDIES
PRAKTIESE ASSESSERINGSTAAK
VOEDSELPRODUKSIE
OORSIGLYS VIR BEPLANNING (wat vir moderering voorgelê moet word)
SKOOL
ONDERWYSER
SKOOLHOOF
DATUM VOORGELÊ
Datums van alle PAT-sessies Voorgestelde Goedgekeurde
modereringsdatum modereringsdatum
KRITERIA JA/NEE KOMMENTAAR DEUR MODERATOR
Vier toetse
Elke toets bestaan uit minstens 2 produkte
Elke toets sluit 'n verskeidenheid vaardighede in en
het 'n gewigswaarde van 20 punte
Alle resepte aangeheg/ingesluit, netjies getik in die
korrekte formaat
Alle resepte is in metrieke vorm
Alle resepte is vir 'n maksimum van 2–3 porsies
Elke resepte sluit 'n duidelike prentjie/foto van die
produk in (Prentjies/Foto's is duidelik om te druk)
Elke resep sluit 'n tabel in met die ideale kenmerke
van die produk vir voorkoms, tekstuur en geur
Volgorde van werk/Tydskedule vir elk van die
vier toetse ontwikkel
Beplanning vir aankope
Sluit EEN van die volgende per toets in:
Gisgebak (gebak/diepgebraai), chouxpasta,
gelatiengereg (nie kommersiële gelatien nie),
tuisgemaakte broskorsdeeg vir terte, pasteie of
quiche, Switserse rolkoek, sagte meringue
soos suurlemoenmeringue, tert of
koninklike broodpoeding, suikerkokery
GOEDGEKEUR/NIE GOEDGEKEUR NIE HERVOORLEGGINGSDATUM_________________
Handtekeninge:
ONDERWYSER: _______________________ DATUM: _____________________
HOOF: _______________________ DATUM: _____________________
MODERATOR: _______________________ DATUM: _____________________
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies 15 DBE/PAT 2022
NSS (Voedselproduksie)
ASSESSERINGSINSTRUMENT VIR VOEDSEL
PRAKTIESE ASSESSERINGSTAAK
NAME EN VANNE VAN LEERDERS
NAAM VAN SKOOL ____________________________________
DATUM ______________________________________________
ONDERWYSER _______________________________________
MODERATOR ________________________________________
PRAKTIESE EKSAMEN
1. PRAKTIESE VAARDIGHEDE EN TEGNIEKE
1.1 Interpretasie van die resep 4
Volg resep-instruksies akkuraat 2
Verstaan terminologie vir interpretasie 2
1.2 Akkurate implementering van tegnieke 20
Korrekte afmeet van hoeveelhede vir beide resepte 4
Korrekte tegnieke toegepas vir produksie van Resep 1 8
Korrekte tegnieke toegepas vir produksie van Resep 2 8
1.3 Korrekte hantering van gereedskap en toerusting 8
Gebruik korrekte gereedskap/toerusting om voedsel te 3
berei en gaar te maak
Korrekte tyd en temperature vir bereiding/gaarmaak 2
Veilige gebruik van gereedskap, toerusting/stoof 3
1.4 Ekonomiese produksie van produk(te) 8
Gereelde gehaltebeheer-kontrolepunte (tydens afmeet 2
en produksie)
Ekonomiese gebruik van bestanddele, geen
vermorsing van bestanddele nie, mengbakke skoon 2
uitgekrap
Werk onafhanklik, stil, steur nie ander nie, vra nie 2
enige vrae nie
Doeltreffende gebruik en bestuur van tyd 2
2. HIGIËNE EN NETHEID
2.1 Werkstasie en gereedskap gedurende praktiese 8
eksamen
Werkstasie netjies en goed georganiseer 2
Skottelgoedwater word gereeld vervang (warm water, 2
afspoel)
Vadoeke skoon, beskikbaar en lê nie rond nie 2
Werk higiënies en veilig 2
2.2 Persoonlike voorkoms 3
Geskik geklee met beskermende klere (skooluniform 1
en voorskoot)
Naels skoon en kort, hare heeltemal bedek 1
Hande gewas en ontsmet toe lokaal binnegekom is en 1
met gereelde tussenposes
2.3 Netheid van werkstasie na praktiese eksamen 4
Werkstasie, opwasbak en stoof skoon 1
Gereedskap skoon en in korrekte stoorplek weggepak 2
Afval verwyder, asblikke skoon 1
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies 16 DBE/PAT 2022
NSS (Voedselproduksie)
ASSESSERINGSINSTRUMENT VIR VOEDSEL
PRAKTIESE ASSESSERINGSTAAK
(vervolg)
NAME EN VANNE VAN LEERDERS
3. VERKOOPBAARHEID
3.1 Verpakking OF Bediening op 'n bord 4
Beskerm die produk Geskik vir die tipe produk 1
Korrekte grootte bord vir die
Geskik vir produk 1
produkte
Koste-effektief Kreatiwiteit 1
Verbruikersaanklank Verbruikersaanklank 1
3.2 Etiket 5
Lys van bestanddele gebruik 1
Toon kreatiwiteit 1
Vervaardiger se naam/fisiese adres/ kontakbesonderhede 1
Massa of volume/Prys 1
Allergene/Waarskuwings 1
3.3 Produkte geskep, hou by spesifikasies 36
Produk 1
Produkte/Porsies is die korrekte grootte 2
Voorkoms van finale produk
5
(Gebruik die skaal hieronder)
Tekstuur van finale produk 3
Geur van finale produk 3
Geskiktheid vir verkope (Gebruik die skaal hieronder) 5
Produk 2
Produkte/Porsies is die korrekte grootte 2
Voorkoms van finale produk
5
(Gebruik die skaal hieronder)
Tekstuur van finale produk 3
Geur van finale produk 3
Geskiktheid vir verkope (Gebruik die skaal hieronder) 5
TOTAAL 100
Straf indien laat: Trek 2 punte af vir elke 5 minute laat,
tot 'n maksimum van 20 punte.
TOTAAL 100
VOORKOMS VAN FINALE PRODUK/ TEKSTUUR EN GEUR VAN FINALE PRODUK
GESKIKTHEID VIR VERKOPE
0–1 Onaanvaarbaar, voldoen nie aan die vereistes nie, sal nie 0 Onaanvaarbaar, voldoen nie aan die vereistes
verkoop nie nie, sal nie verkoop nie
2 Swak, voldoen aan sommige vereistes, sal nie verkoop nie 1 Swak, voldoen aan sommige vereistes, sal nie
3 Gemiddeld, voldoen aan die meeste vereistes, behoort te verkoop nie
verkoop 2 Goed, voldoen aan alle vereistes, sal verkoop
4 Goed, voldoen aan alle vereistes, sal goed verkoop 3 Uitstekend, oortref alle vereistes, sal baie goed
5 Uitstekend, oortref al die vereistes, sal baie goed verkoop verkoop
LET WEL: Leerders kies om eerder die hulle finale produkte te verpak of op ‘n bord te bedien.
Leerders behoort die verpakking en etiket vir hul produk/te binne die sewe dae, nadat die
leerders hul totese getrek het, voor die praktiese eksamen, voorberei. Leerder moet die etiket
en verpakking op die dag van die praktiese eksamen saambring.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies 17 DBE/PAT 2022
NSS (Voedselproduksie)
VOORBEELD VAN TOETSE VIR DIE
PRAKTIESE ASSESSERINGSTAAK
ROLKOEK
Bestanddele:
Lewer: 6 snye
100 mℓ koekmeelblom
½ mℓ sout
4 eiers
100 mℓ strooisuiker
5 mℓ vanieljegeursel
100 mℓ appelkooskonfyt
Metode:
1. Berei die waspapierbedekte pan/papierkassie voor (17 cm x 23 cm).
2. Voorverhit die oond tot 180 °C.
3. Sif die koekmeel en die sout saam.
4. Klop die eiers en strooisuiker tot bleek en dik (oor warm water).
5. Voeg die vanieljegeursel by.
6. Vou die gesifte droë bestanddele liggies by die eiermengsel in.
7. Versprei die mengsel in die voorbereide pan/papierkassie.
8. Bak in voorverhitte oond vir 7–10 minute.
9. Besprinkel 'n klam, skoon doek met korrelsuiker.
10. Wanneer die koek gaar is, keer onmiddellik uit op die suikerbesprinkelde doek, sny die kante
netjies ½ cm van die rand af.
11. Rol op deur die klam doek te gebruik.
12. Laat dit afkoel.
13. Rol oop en smeer konfyt op. Rol weer op en laat dit heeltemal afkoel.
IDEALE KENMERKE:
VOORKOMS TEKSTUUR GEUR
Rolkoek Ligbruin kleur Fyn, delikate krummel Delikate, aangename geur
Koeklaag 10 mm Klein selle Geen rou-eier-smaak nie
Stewig gerol Nie klewerig nie
Netjiese, ronde vorm
Nie gekraak/gebreek nie
(5) (3) (3)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies 18 DBE/PAT 2022
NSS (Voedselproduksie)
FUDGE
Bestanddele:
Lewer: 12 blokkies
375 mℓ suiker
125 mℓ (1/2 blikkie) kondensmelk
62,5 mℓ margarien
62,5 mℓ water
10 mℓ goue stroop
1 mℓ kremetart
3 mℓ vanieljegeursel
Metode:
1. Voeg al die bestanddele, behalwe die kondensmelk en vanieljegeursel, saam in 'n swaarboom-
kastrol en roer oor lae hitte. (Maak seker dat al die suiker opgelos is voordat die mengsel kook.)
2. Kook vir 2 minute, verwyder van die stoofplaat en voeg die kondensmelk by.
3. Borsel die sykante van die kastrol met warm water om suikerkristalle op te los.
4. Verlaag die hitte en roer af en toe (elke 2 minute) om te voorkom dat die mengsel brand.
5. Laat die fudge kook totdat dit die sagtebalstadium (112 oC) bereik.
6. Verwyder die mengsel van die hitte en plaas op 'n klam lap om die kookproses te stop.
7. Klop die mengsel totdat dit tekens van stolling toon.
8. Gooi in 'n gesmeerde pan (17 cm x 15 cm) ('n roomyshouer werk goed).
9. Laat toe om te stol en merk dit af in eweredige blokke.
10. Breek dit in stukke sodra dit heeltemal gestol is.
IDEALE KENMERKE:
VOORKOMS TEKSTUUR GEUR
Fudge Karamelbruin kleur Glad, fyn korrels. Fyn, delikate geur
Gladde oppervlak geen onopgeloste/ Glad op die verhemelte
Goed gestol groot suikerkristalle
Alle blokkies is dieselfde teenwoordig nie
grootte Fluweelagtige tekstuur
(5) (3) (3)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies 19 DBE/PAT 2022
NSS (Voedselproduksie)
KONINKLIKE BROODPOEDING
Bestanddele:
Lewer: 2
4 snye witbrood
±80 mℓ botter/konfyt
2 eiers, geskei
30 mℓ strooisuiker
250 mℓ melk
2 mℓ kaneel
2 mℓ vanieljegeursel
25 mℓ rosyntjies (opsioneel)
Metode:
1. Voorverhit die oond tot 180 °C.
2. Smeer die botter en konfyt op die brood.
3. Sny die brood in kwarte en pak dig teen mekaar in 'n oondvaste bak (±10 cm x 15 cm).
4. Klits die eiergeel, kaneel, vanieljegeursel en melk saam en gooi oor die brood.
5. Bak vir 10–15 minute.
6. Terwyl broodmengsel bak, klits die eierwitte terwyl die strooisuiker bietjie vir bietjie bygevoeg
word tot die stywepuntstadium.
7. Gebruik 'n versierbuis/lepel om die meringue bo-op die broodmengsel te versprei.
8. Bak totdat die meringue 'n aantreklik bruin kleur het (ongeveer 10 minute).
IDEALE KENMERKE:
VOORKOMS TEKSTUUR GEUR
Koninklike Sagte meringue bo-op Ligte meringue, nie Ligte kaneelgeur
Broodpoeding Ligbruin kleur korrelrig nie, krakerige Meringue nie te soet
Meringue bedek die buitelaag nie
hele boonste deel van Vla gestol
die gereg
(5) (3) (3)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies 20 DBE/PAT 2022
NSS (Voedselproduksie)
OLIEBOLLE
Bestanddele:
Lewer: 6–8
30 mℓ louwarm water
30 mℓ louwarm melk
20 mℓ olie
30 mℓ geklitste eier
0,5 mℓ sout
12,5 mℓ suiker
10 g kitsgis
250 mℓ koekmeeblom
± 500 mℓ olie vir diepbraai
Glaseersel
100 mℓ gesifte versiersuiker
25 mℓ kakao of sjokolade
12,5 mℓ kookwater
Metode:
1. Meng die louwarm water, melk en olie saam.
2. Klits die eier en suiker saam en voeg by die vloeistof hierbo.
3. Sif die koekmeelblom en sout in 'n groot mengbak en sprinkel die gis oor.
4. Voeg die vloeistof by die meelmengsel om 'n sagte kniebare deeg te vorm. (Moenie al die
vloeistof op een slag byvoeg nie, om te voorkom dat die deeg te nat is.)
5. Knie die deeg vir 10 minute totdat dit sag en elasties is.
6. Plaas die deeg in 'n mengbak wat met olie uitgesmeer is en bedek met 'n kleefplastiek.
7. Laat die deeg in 'n warm plek rys tot dubbel die grootte (±20-30 minute).
8. Knie af, vorm die oliebolle of rol die deeg 1 cm dik uit en sny die oliebolle met 'n deegsnyer vir
oliebolle.
9. Plaas die oliebolle op waspapier en laat dit in 'n warm plek rys tot dubbel die volume (bedek met
gesmeerde kleefplastiek) (±20-30 minute).
10. Braai in diep olie tot goudbruin (gebruik 'n klein tot medium kastrol om olie te bespaar).
11. Dreineer op absorbeer papier.
12. Wanneer dit afgekoel het, bedek met/drup glaseersel oor.
IDEALE KENMERKE:
VOORKOMS TEKSTUUR GEUR
Oliebolle Goed gerys en lig in massa in Lig in massa Aangename
verhouding met die grootte Elastiese krummel neutagtige smaak/
Goudbruin Vogtig, maar nie geur
Netjies gevorm/dieselfde deegagtig nie Geen skerp gisgeur nie
grootte Delikaat en nie
Selle is klein, egalig olierig nie
(5) (3) (3)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies 21 DBE/PAT 2022
NSS (Voedselproduksie)
PANNACOTTA
Bestanddele:
Bedien: 2
125 mℓ room
125 mℓ melk
50 mℓ suiker
5 mℓ gelatien
25 mℓ water
5 mℓ vanieljegeursel
Vrugte om te versier
Metode:
1. Kombineer die room, melk en suiker in 'n swaarboomkastrol en bring tot kookpunt.
2. Kook vir 4–5 minute.
3. Skakel die hitte af, voeg vanieljegeursel by en plaas eenkant.
4. In 'n klein glasbak, meng die gelatien en koue water.
5. Laat toe om te hidreer.
6. Smelt gehidreerde gelatien oor 'n kastrol met warm water of plaas in 'n mikrogolfoond vir
20 sekondes om op te los. Moenie dit laat kook nie.
7. Roer die gelatienmengsel by die vanielje-en-roommengsel. Roer liggies.
8. Gooi die mengsel in 'n klein nageregbakkie of 'n pannacotta-vormpie of 'n lang nageregglas.
9. Laat dit tot kamertemperatuur afkoel.
10. Verkoel in die yskas vir ten minste een uur totdat dit gestol het.
11. Versier met vars vrugte.
IDEALE KENMERKE:
VOORKOMS TEKSTUUR GEUR
Pannacotta Goed gestol, maar Gladde, romerige, Delikate, romerige
drillerig fluweelagtige tekstuur vanieljegeur
Aantreklike/Geskikte Geen duidelike Kenmerkend van
versiering gelatienstringe nie vrugte wat vir
versiering gebruik is
(5) (3) (3)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies 22 DBE/PAT 2022
NSS (Voedselproduksie)
SJOKOLADE-ÉCLAIRS
Bestanddele:
Lewer: 4
Chouxpasta/-deeg:
65 mℓ water
30 mℓ margarien
65 mℓ koekmeelblom
1 mℓ sout
1 jumbo-/ekstragroot eier
Vulsel:
100 mℓ room
10 mℓ strooisuiker
Glaseersel:
100 mℓ versiersuiker
25 mℓ kakao
12,5 mℓ kookwater
Metode:
Chouxpasta:
1. Voorverhit die oond tot 200°C.
2. Berei die bakplaat voor (sprinkel liggies waterdruppels op die bakplaat).
3. Plaas die botter en die water in 'n kastrol en verhit, met die deksel op, totdat die mengsel begin
kook. Hou die deksel op en laat dit vir 'n paar sekondes (min of meer 60 sekondes) kook.
4. Voeg al die gesifte koekmeelblom op een slag by en hou die mengsel op die hitte, klop met 'n
houtlepel totdat die mengsel van die kante van die kastrol wegkom en 'n bal vorm.
5. Hou dit vir 'n verdere 30 sekondes op die hitte totdat al die stysel gaar is.
6. Verwyder van die hitte.
7. Laat dit afkoel tot louwarm/60 °C.
8. Klop die eiermengsel geleidelik by, klop goed na elke byvoeging. Dit moet glansend wees en die
tekstuur van 'n drupbeslag hê.
9. Vorm die éclairs op die bakplaat (gebruik 'n versierbuis/-sak).
10. Bak in die oond teen 220 °C vir 10 minute of tot die éclairs genoeg gerys het, verlaag die hitte na
180 °C en bak vir nog ±10–15 minute, tot dit bros is en 'n ligte goudbruin kleur het. Éclairs moet
hol klink wanneer daaraan getik word.
11. Nadat dit uit die oond verwyder is, maak 'n klein gaatjie in die basis van die éclairs. Dit sal die
stoom laat ontsnap en voorkom dat die éclairs pap word. Plaas terug in die afgeskakelde oond
om uit te droog.
12. Laat die éclairs op 'n afkoelrak afkoel.
Vulsel en Glaseersel:
1. Klits die room tot die sagtepuntstadium, voeg die strooisuiker by en meng goed.
2. Vul die éclairs met geklitste room en plaas op 'n afkoelrak.
3. Meng die bestanddele vir die glaseersel en drup/versprei dit oor die éclairs. Laat dit stol.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies 23 DBE/PAT 2022
NSS (Voedselproduksie)
IDEALE KENMERKE:
VOORKOMS TEKSTUUR GEUR
Sjokolade-éclairs Goed gerys Kors: Kors:
Goudbruin kors Bros, maar nie hard Aangename geur
Almal dieselfde grootte nie Vulsel:
Sjokolade gestol en Nie pap nie Aangenaam, soet
glansend Vulsel:
Sag en vogtig binne
(5) (3) (3)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies 24 DBE/PAT 2022
NSS (Voedselproduksie)
BOTTERSKORSIE-EN-FETA-QUICHE
Bestanddele:
Lewer: 6
Broskorsdeeg:
250 mℓ koekmeelblom
125 mℓ margarien, in blokkies gesny
1 mℓ sout
10 mℓ koue water
1 eiergeel
5 mℓ suurlemoensap
Vulsel:
¼ ui in skywe gesny
125 mℓ blokkies botterskorsie
5 mℓ olie
5 mℓ bruinsuiker
2 mℓ komynsaad
25 g fetakaas
10 mℓ strooisuiker
Eiervla:
125 mℓ room (of 75 mℓ room en 50 mℓ melk vir 'n ligter opsie)
2 heel eiers
Sout en peper vir geur
Metode:
Broskorsdeeg:
1. Voorverhit die oond tot 180°C.
2. Berei 6 klein quiche-pannetjies/weggooibare aluminiumtertpannetjies.
3. Berei waspapier en bakgewiggies voor om die deeg blind te bak.
4. Sif die koekmeelblom en sout saam en vryf die margarien by die koekmeelblommengsel in
totdat dit soos broodkrummels lyk.
5. Meng die eier, water en suurlemoensap saam.
6. Voeg die eiermengsel 'n bietjie op 'n slag by die koekmeelblommengsel. Hou op om nog van
die eiermengsel by te voeg sodra die deeg vorm.
7. Bedek die deeg met kleefplastiek.
8. Plaas die deeg in die yskas vir ten minste 15–30 minute.
9. Rol die deeg uit en voer die pannetjies met die deeg uit.
10. Prik die bodem met 'n vurk.
11. Plaas in die yskas vir 15 minute.
12. Bak blind vir 10 minute.
13. Verwyder die bakgewiggies en bak totdat die bodem van die kors deurgebak is.
14. Laat dit in die pannetjies op 'n afkoelrak afkoel.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies 25 DBE/PAT 2022
NSS (Voedselproduksie)
Vulsel:
1. Soteer die ui in die olie en plaas eenkant.
2. Plaas die botterskorsie op 'n roosterpan.
3. Sprinkel die suiker en komynsaad oor. Besprinkel met olie.
4. Rooster in die oond tot al dente op 180 °C vir ongeveer 10 minute.
5. Versprei die uie op die gaar tertkorse.
6. Plaas die geroosterde botterskorsie en feta-blokkies bo-op die ui.
7. Klits die eiers en room/melk saam en geur.
8. Gooi die eiermengsel oor die groentevulsel.
9. Bak in 'n voorverhitte oond op 180 °C op 'n voorverhitte bakplaat totdat die eiervla net stol.
IDEALE KENMERKE:
VOORKOMS TEKSTUUR GEUR
Botterskorsie-en- Goudbruin kors, Kors: Kors:
feta-quiche Kors se randjies nie Bros, maar nie hard Aangename geur
gebreek nie, nie Vulsel:
deurgaans egalig Nie pap nie Kenmerkend van die
Al die vulsel is Vulsel: botterskorsie en
deurgaans eweredig Sag en klam binne, komyn
versprei nie loperig nie
Goed gestol
(5) (3) (3)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies 26 DBE/PAT 2022
NSS (Voedselproduksie)
PANNEKOEK MET SOUTERIGE VULSEL
Bestanddele:
Lewer: 4–6
Pannekoek:
125 mℓ koekmeelblom
1 mℓ bakpoeier
200 mℓ melk
1 groot eier
15 mℓ sonneblomolie
Metode:
1. Sif die droë bestanddele saam.
2. Klits die eier, melk en olie saam.
3. Meng die vloeistof by die droë bestanddele tot 'n gladde beslag.
4. Laat die beslag vir ten minste 30 minute staan (gooi beslag in 'n beker).
5. Verhit 'n braaipan oor matige hitte.
6. Gooi 'n klein bietjie olie in die pan (net genoeg om die bodem van die pan te bedek).
7. Gooi genoeg beslag in die pan om die bodem van die pan te bedek.
8. Braai totdat borrels op die oppervlak van die pannekoek vorm. Die pannekoek trek weg van die
kant van die pan en die rande word droog en begin krul.
9. Draai om met 'n spatel of eierspaan en braai die ander kant (ongeveer 1 minuut).
10. Plaas die pannekoek op 'n bord. Hou die pannekoek warm deur dit op 'n bord oor 'n kastrol met
kookwater op die stoof te plaas.
Vulsel:
½ ui
3 spinasieblare
4 sampioene
2 repies spekvleis/macon/1 Weense worsie
30 mℓ (30 g) margarien
30 mℓ koekmeelblom
250 mℓ melk
30 g cheddarkaas (gerasper)
Sout en peper na smaak
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies 27 DBE/PAT 2022
NSS (Voedselproduksie)
Metode:
1. Kap die uie, spinasieblare en sampioene.
2. Soteer die ui.
3. Voeg die spinasieblare en sampioene by en braai tot dit gaar is.
4. Plaas eenkant.
5. Sny die spekvleis/macon/Weense worsie.
6. Smelt die margarien in 'n kastrol.
7. Roer die koekmeelblom by die gesmelte margarien totdat die koekmeelblom met margarien
bedek is.
8. Verwyder die kastrol van die hitte, voeg die melk geleidelik by en roer met 'n houtlepel om goed
te meng.
9. Plaas die kastrol terug op die hitte en hou aan roer oor matige hitte totdat die witsous kookpunt
bereik.
10. Prut vir 2–3 minute om te verseker dat die witsous goed gaar is en nie 'n rou of meelagtige
smaak het nie.
11. Verwyder die kastrol van die hitte.
12. Geur met sout en peper.
13. Roer die kaas by die witsous.
14. Voeg die ui, spinasie, sampioene en spekvleis/macon/Weense worsie by die witsous.
15. Skep die vulsel in die pannekoek.
16. Rol of vou die pannekoek.
17. Bedien warm.
IDEALE KENMERKE:
VOORKOMS TEKSTUUR GEUR
Pannekoek met Dun, plat en rond en Pannekoek: Souterige geur
Souterige Vulsel deurgaans dieselfde Sag en nie deegagtig Aangename mengsel
dikte nie van bestanddele in
Egalige goudbruin Geen droë rande nie die vulsel
kleur, geen donker Geen klonte nie
spikkels nie Vulsel:
Geen gekraakte Geen klonte nie
rande nie Al die bestanddele
Netjies gevou of gerol gaar en sag
(5) (3) (3)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies 28 DBE/PAT 2022
NSS (Voedselproduksie)
VAARDIGHEIDSKODE-GEWIGSWAARDESWAARDE VAN TEGNIEKE
IN DIE TOETSE VIR DIE PAT GEBRUIK
Switserse Rolkoek en Fudge
Resep 1: Naam: Switserse rolkoek Resep 2: Naam: Fudge
Tegnieke Gewigswaarde Tegnieke Gewigswaarde
5.1 Rolkoekbeslag 3 9.2 Kook suikerstroop 4
1.1 Bak in 'n 4 9.3 Manipulasie van 2
uitgevoerde pan suikerstroop
10.10 Oprol van rolkoek 3 9.5 Sny vierkante 2
11 Smeer konfyt 1 11 Afmeet 1
Totaal Resep 1 11 Totaal Resep 2 9
Totaal 20
Koninklike Broodpoeding en Oliebolle
Resep 1: Naam: Koninklike Broodpoeding Resep 2: Naam: Oliebolle
Tegnieke Gewigswaarde Tegnieke Gewigswaarde
3.3 Eiervla 2 4.1 Gisdeeg 4
3.1 Sagte meringue 3 10.8 Vorm deeg 3
10.4 Gebruik van 'n 3 1.6 Diepbraai 4
versiersak/-buis
1.1 Bak in 'n 3 10.5 Glaseersel 2
onuitgevoerde pan
Totaal Resep 1 11 Totaal Resep 2 13
Totaal 24
Pannacotta en Sjokolade-éclairs
Resep 1: Naam: Pannacotta Resep 2: Naam: Sjokolade-éclairs
Tegnieke Gewigswaarde Tegnieke Gewigswaarde
1.5 Kook 2 5.2 Chouxpasta 5
2.1 Gelatien 3 10.4 Vorming/Buisvorming 3
10.1 Klits en invou van 2 1.1 Bak in onuitgevoerde pan 3
room
10.7 Puree 2 10.5 Glaseersel 2
Totaal Resep 1 9 Totaal Resep 2 13
Totaal 22
Botterskorsie-en-feta-quiche en Pannekoek met Souterige Vulsel
Resep 1: Naam: Botterskorsie-quiche Resep 2: Naam: Pannekoek met Souterige Vulsel
Tegnieke Gewigswaarde Tegnieke Gewigswaarde
5.3 Invryf 3 5.1 Beslag 3
1.3 Blind bak 4 8.5 Witsous (roux-metode) 3
1.8 Rooster 3 1.14 Vlakbraai 3
3.3 Eiervla 2 1.12 Soteer 2
Totaal Resep 1 12 Totaal Resep 2 11
Totaal 23
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies 29 DBE/PAT 2022
NSS (Voedselproduksie)
WERKSVOLGORDE EN TYDTOEKENNING
Tydtoekenning Switserse Rolkoek en Fudge
Tyd Minute Werkvolgorde
08:00–08:25 25 min. Berei die fudge voor.
Laat dit kook.
Roer elke 2 minute.
08:25–08:35 10 min. Ruim op.
08:35–08:50 15 min. Klits die fudge weg van die hitte af.
Giet in die pan.
Laat toe om te stol.
08:50–09:10 20 min. Voorverhit die oond tot 180 °C.
Berei die Switserse rolkoekbeslag voor.
Bak.
09:10–09:20 10 min. Berei die doek voor om op te rol.
Rol die Switserse rolkoek op.
Laat dit afkoel.
09:20–09:30 10 min. Merk die fudge in blokkies.
09:30–09:40 10 min. Ruim op.
09:40–09:55 15 min. Rol die Switserse rolkoek oop.
Smeer konfyt op en rol weer op.
Sny die fudge in vierkante.
09:55–10:00 5 min. Bedien beide produkte.
TOTALE TYD: TOTALE TYD:
2 ure 120 minute
Tydtoekenning Koninklike Broodpoeding en Oliebolle
Tyd Minute Werkvolgorde
08:00–08:30 30 min. Berei die olieboldeeg voor.
Bedek die deeg en laat dit rys.
08:30–08:35 5 min. Ruim op.
08:35–08:50 15 min. Voorverhit die oond tot 180 °C.
Berei die koninklike broodpoeding voor en bak sonder die
meringue.
08:50–09:05 15 min. Knie die olieboldeeg af.
Vorm die oliebolle en laat dit toe om te rys tot dubbel die
grootte.
09:05–09:15 10 min. Ruim op.
09:15–09:25 10 min. Berei die meringue voor, versprei op die poeding en bak.
09:25–09:40 15 min. Braai die oliebolle, laat dit afkoel.
09:40–09:55 15 min. Berei die glaseersel voor/versier die oliebolle.
09:55–10:00 10 min. Bedien beide produkte.
TOTALE TYD: TOTALE TYD:
2 ure 120 minute
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies 30 DBE/PAT 2022
NSS (Voedselproduksie)
Tydtoekenning Pannacotta en Sjokolade-éclairs
Tyd Minute Werkvolgorde
08:00–08:25 25 min. Hidreer gelatien, berei die pannacotta voor en plaas in die
yskas om te stol.
08:25–08:35 10 min. Ruim op.
08:35–08:45 10 min. Voorverhit die oond tot 200 °C.
Berei die chouxpasta voor en laat toe om af te koel.
08:45–08:55 10 min. Ruim op.
08:55–09:10 15 min. Voltooi die chouxpasta en vorm die éclairs.
Plaas in die oond om te bak.
09:10–09:25 15 min. Berei die versiering vir die pannacotta.
Klits die room en berei die sjokoladeglaseersel voor.
09:25–09:30 5 min. Ruim op.
09:30–09:45 15 min. Vul die éclairs met room en versier met sjokoladeglaseersel.
09:45–09:50 5 min. Verwyder die pannacotta uit die yskas en versier.
09:50–10:00 10 min. Bedien beide produkte.
TOTALE TYD: TOTALE TYD:
2 ure 120 minute
Tydtoekenning Botterskorsie-quiche en Pannekoek met Souterige vulsel
Tyd Minute Werkvolgorde
08:00–08:25 25 min. Berei die deeg voor en plaas in die yskas.
08:25–08:35 10 min. Ruim op.
08:35–08:50 15 min. Voorverhit die oond tot 180 °C.
Berei die pannekoekbeslag voor en laat dit eenkant staan.
08:50–09:05 15 min. Rol die deeg uit, voer die quiche-pan daarmee uit en laat die
deeg in die yskas rus.
09:05–09:20 15 min. Rooster die botterskorsie en berei die quiche-vulsel voor.
09:20–09:30 10 min. Voltooi die voorbereiding van die quiche en bak.
09:30–09:35 5 min. Ruim op.
09:35-09:50 15 min. Berei die pannekoekvulsel voor.
09:50–09:55 5 min. Vul die pannekoek en rol dit op of vou dit.
09:55–10:00 5 min. Bedien beide produkte warm.
TOTALE TYD: TOTALE TYD:
2 ure 120 minute
10. GEVOLGTREKKING
Na voltooiing van die praktiese assesseringstaak moet leerders in staat wees om
hulle begrip van die bedryf te toon; hulle kennis, vaardighede, waardes en
redenasievermoëns te versterk, en ook betrekkinge buite die klaskamer te vestig en
uitdagings in die wêreld daar buite aan te durf. Die PAT ontwikkel verder leerders se
lewensvaardighede en gee aan hulle die geleentheid om by hulle eie leerervarings
betrokke te wees.
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Notes, quizzes and topic questions for Grade 12 Consumer Studies.
- Grade 12 Consumer Studies notes
CAPS revision notes with worked examples.
- Consumer Studies questions by topic
Past exam questions sorted by CAPS topic, with memos where available.
- All Grade 12 Consumer Studies past papers
Past papers by year, with memos where available.
- Grade 12 Practical assessment tasks
More Consumer Studies and other subjects in this collection.
Recommended for this subject
More papers and memos for this grade and subject.

Annual teaching plan
Gr 12 Con Stu ATP 2023 24

Memorandum
Consumer Studies Grade 12 Eastern Cape Mock 2025 Memo

Question paper
Consumer Studies Grade 12 Eastern Cape Mock 2025 Question Paper

Question paper
Consumer Studies Grade 12 NSC June 2025 Question Paper (Afr)
--8a5e377e-56ba-4e74-bf85-3168556146ef/v1-c25ccd3585e5fad59a83/card.webp)
Memorandum
Consumer Studies Grade 12 NSC November 2025 Memo (Afrikaans)

Question paper
Consumer Studies Grade 12 NSC November 2025 Question Paper
Related documents

Memorandum
Consumer Studies Grade 12 Eastern Cape Mock 2022 Memo (Afrikaans)

Question paper
Consumer Studies Grade 12 Eastern Cape Mock 2022 QP (Afr)

Memorandum
Consumer Studies Grade 12 Eastern Cape Prelim 2024 Memo (Afr)

Question paper
Consumer Studies Grade 12 Eastern Cape Prelim 2024 QP (Afr)

Question paper
Consumer Studies Grade 12 NSC June 2024 Question Paper (Afr)

Memorandum
Consumer Studies Grade 12 Eastern Cape Mock 2023 Memo (Afrikaans)
More from Grade 12 Consumer Studies

Errata
Consumer Studies Grade 12 Eastern Cape Prelim 2024 Errata

Question paper
Consumer Studies Grade 12 November 2024 NSC Question Paper

Question paper
Consumer Studies Grade 12 November 2024 NSC Question Paper

Question paper
Consumer Studies Grade 12 November 2024 NSC MG Question Paper

Question paper
Consumer Studies Grade 12 Eastern Cape Mock 2023 QP (Afr)

Question paper