Downloaded from hlayiso.com
VERBRUIKERSTUDIES
(PRODUKSIE VAN GEBREIDE OF
GEHEKELDE ARTIKELS)
RIGLYNE VIR
PRAKTIESE ASSESSERINGSTAKE
GRAAD 12
2022
Hierdie riglyne bestaan uit 25 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentPractical assessment task 



--8a5e377e-56ba-4e74-bf85-3168556146ef/v1-c25ccd3585e5fad59a83/card.webp)







View all





Consumer Studies PAT GR 12 2022 (Knitting and Crocheting) Afr
Grade 12 Consumer Studies practical assessment task from the 2022 (Afrikaans), 25 pages. Read online or get the free PDF download.
Consumer Studies · Grade 12 · 2022 · Afrikaans. Practical assessment task, 25 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Consumer Studies
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Practical assessment task
- Year
- 2022
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 25
- File size
- 1.5 MB
Loading document…
Loading document…
1 of 25
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies 2 DBE/PAT 2022
NSS (Produksie van Gebreide of Gehekelde Artikels)
DIE PRAKTIESE ASSESSERINGSTAAK VIR VERBRUIKERSTUDIES
PRODUKSIE VAN GEBREIDE OF GEHEKELDE ITEMS
1. INLEIDING
Die 18 Kurrikulum-en-assesseringsbeleidsverklaring-vakke wat uit praktiese
komponente bestaan, sluit almal 'n praktiese assesseringstaak (PAT) in. Hierdie vakke
is:
LANDBOU: Landboubestuurswetenskappe, Landboutegnologie
KUNS: Dansstudies, Ontwerp, Dramatiese Kunste, Musiek, Visuele
Kunste
WETENSKAPPE: Rekenaartoepassingstegnologie, Inligtingstegnologie,
Tegniese Wetenskappe, Tegniese Wiskunde
DIENSTE: Verbruikerstudies, Gasvryheidstudies, Toerisme
TEGNOLOGIE: Siviele Tegnologie, Elektriese Tegnologie, Meganiese
Tegnologie en Ingenieursgrafika- en ontwerp
'n Praktiese assesseringstaak (PAT) is 'n verpligte komponent van die finale
promosiepunt vir alle kandidate ingeskryf vir vakke wat 'n praktiese komponent het en
tel 25% (100 punte) van die eksamenpunt aan die einde van die jaar. Die PAT word
tot aan die einde van September geïmplementeer. Die PAT bied aan leerders die
geleentheid om vir vaardighede geassesseer te word wat hulle tydens die weeklikse
praktiese lesse en praktiese eksamens in graad 10 tot 12 ontwikkel het. Die PAT bied
leerders die geleentheid om geassesseer te word en in vaardighede wat nie in 'n
geskrewe formaat, bv. toetse of eksamens, geassesseer kan word nie. Dit is dus
belangrik dat skole seker maak dat al die leerders die praktiese assesseringstake
binne die toegelate tydperk voltooi om te verseker dat leerders aan die einde van die
jaar hulle uitslae ontvang. Die beplanning en uitvoering van die PAT verskil van vak tot
vak.
Tydens die praktiese assesseringstaak moet die leerder sy/haar kennis en
praktiese vermoëns/vaardighede toon om gehalte-artikels te produseer met die
fokus op vakmanskap en verkoopbaarheid.
Die skool of die leerder mag kies om te brei OF te hekel.
Die praktiese assesseringstaak vir Verbruikerstudies vir graad 12, met Brei of
Hekel as 'n praktiese opsie, voltooi 'n praktiese eksamen van AGT (8) URE.
Leerders voer hierdie praktiese eksamen individueel uit.
Die praktiese eksamen vir die PAT vind in Kwartaal 3 plaas.
Elke leerder sal 'n artikel in die praktiese eksamen brei OF hekel.
2. PUNTETOEKENNING
Die totale puntetoekenning vir die PAT is 100 punte.
Die punte vir die PAT vorm deel van die einde-van-die-jaar-assessering in
Kwartaal 4.
Die provinsie sal twee aparte gerekenariseerde puntestate, een vir SGA ('SBA')
en een vir die PAT, voorsien.
Die puntetoekenning word soos volg aangedui:
Praktiese eksamen 100
Finale punt vir PAT 100
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies 3 DBE/PAT 2022
NSS (Produksie van Gebreide of Gehekelde Artikels)
3. VEREISTES VIR DIE PRAKTIESE EKSAMEN
Verbruikerstudies is 'n keusevak met vyf praktiese opsies. As die skool besluit om
Verbruikerstudies as 'n vak aan te bied met die Brei of Hekel as die praktiese opsie,
is die nodige toerusting en fondse om die PAT uit te voer, sowel as die
gespesifiseerde getal weeklikse praktiese lesse, die verantwoordelikheid van die
skool, soos in die KABV-dokument op bladsy 10 uiteengesit.
Die skool het die verantwoordelikheid om die beskikbaarheid van die volgende vir die
PAT-eksamen te verseker:
'n Geskikte klaskamer met die nodige toerusting (tafels, merk- en
meetgereedskap, toerusting vir die brei/hekel van die artikels, bv. breinaalde,
hekelpenne).
'n Minimum van R80 tot 'n maksimum van R150 per leerder is nodig om die
voorgeskrewe artikels te maak, buiten die fondse wat vir die SGA ('SBA')
weeklikse praktiese lesse benodig word.
'n Aantal leerders kan die eksamen gelyktydig aflê, na gelang van die getal
werkstasies en hulpmiddels beskikbaar om die eksamen doeltreffend af te lê.
Dit is belangrik om aan die Covid-19-protokol van sosiale distansiëring te
voldoen.
4. VEREISTE TYDRAAMWERK
'n Tydraamwerk van AGT (8) URE in totaal word vir die praktiese eksamen
toegelaat.
Die praktiese eksamen sal in TWEE sessies oor TWEE DAE afgelê word, of
sessies kan op EEN dag gedoen word.
Elke VIER(4)-UUR-sessie word in TWEE(2)-UUR-sessies opgedeel, met 'n
pouse van 30 minute tussen elke TWEE(2)-UUR-sessie.
Die TWEE (2) sessies van VIER (4) ure word op TWEE agtereenvolgende dae
geïmplementeer.
5. OPSTEL VAN DIE EKSAMEN
Die eksamen sal plaasvind op 'n datum soos vooraf met die moderator
ooreengekom.
Die produksieproses, vakmanskap en verkoopbaarheid van die artikel is
belangrike aspekte van die praktiese eksamen.
Onderwysers mag die voorbeelde wat verskaf word, gebruik of die praktiese
assesseringstaak intern opstel. Indien die onderwyser dit intern opstel, moet dit
egter aan die vakadviseur voorgelê word vir moderering en goedkeuring.
Die praktiese eksamen moet vooruit beplan word om te verseker dat daar geen
botsings met ander skoolaktiwiteite is nie.
Die praktiese eksamen moet by die skool se eksamenrooster ingesluit word.
Opstelriglyne:
Die onderwyser moet EEN geskikte hekelpatroon of EEN geskikte breipatroon
identifiseer en selekteer, verkieslik dieselfde tipe patroon vir die verskillende
metodes.
Onderwysers het DRIE opsies wanneer die patroon vir die praktiese eksamen
gekies word:
o Koop 'n handelspatroon vir 'n artikel wat in die toegelate AGT (8) URE
voltooi kan word met die vaardighede wat leerders vanaf graad 10
tydens die praktiese lesse vir SGA verwerf het.
OF
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies 4 DBE/PAT 2022
NSS (Produksie van Gebreide of Gehekelde Artikels)
o Gebruik 'n patroon vanaf die internet wat in die toegelate AGT (8) URE
voltooi kan word met die vaardighede wat leerders vanaf graad 10
tydens die praktiese lesse vir SGA verwerf het.
OF
o Gebruik een van die voorbeeldpatrone wat ingesluit is.
Die geselekteerde artikel moet 'n minimum vaardigheidskode-gewigstoekenning
van 50 punte hê.
Die leerders sal ten opsigte van die produksieproses, vakmanskap en die
verkoopbaarheid van die artikels geassesseer word.
Aan die einde van die AGT (8) URE moet leerders hul artikels en verpakking vir
finale assessering inlewer.
Nadat die assessering voltooi is, moet die artikels aan die leerders teruggegee
word om enige foute reg te maak en vir finale afronding, indien nodig.
Die artikel sal NIE weer nagesien word nadat verbeteringe aangebring is NIE.
LET WEL: Leerders moet hul artikels verpak. Die verpakking en etiket moet binne
die sewe dae nadat die leerders die toets ontvang het, voordat hulle
die praktiese eksamen doen, voltooi word. Leerders moet die
etiket en verpakking op die dag van die praktiese eksamen saambring.
TEGNIEKE WAT INGESLUIT MOET WORD:
PATRONE EN TEGNIEKE
HEKEL BREI
TEGNIEKE TEGNIEKE
Die volgende tegnieke is Die volgende tegnieke is
VERPLIGTEND: VERPLIGTEND:
Kettingsteek Aanheg/Afheg
Gebruik ten minste TWEE (2) Kabelpatroon
basiese steke: Gebruik ten minste TWEE (2)
o Glipsteek basiese steke:
o Enkele haak ('Single crochet') o Riffelsteek
o Halwe dubbele haak o Kousbandsteek
('Half double crochet') o Koussteek
o Dubbele haak ('Double crochet') Vermeerder (draad-oor-breipen-
Vermeerder EN/OF verminder metode OF brei voor en agter in
EEN gevorderde tegniek: steek) EN/OF verminder (glip,
o Kabelpatroon glip, brei)
o Kantpatroon EEN gevorderde tegniek:
o Enige getekstureerde patroon o Kabelpatroon
o Filet o Kantpatroon
Veelkleurige patroon o Enige getekstureerde
Opmaak van die voltooide artikel patroon
Veelkleurige patroon
Opmaak van die voltooide artikel
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies 5 DBE/PAT 2022
NSS (Produksie van Gebreide of Gehekelde Artikels)
6. VOORBEREIDING VIR DIE EKSAMEN
Die onderwyser is vir die volgende verantwoordelik:
Bepaal die datums vir die praktiese eksamen. Dra hierdie datums aan die
bestuurspan van die skool oor om seker te maak dat die datums nie met ander
skoolaktiwiteite bots nie.
Kopieer die patroon, illustrasie(s) en instruksieblad vir elke leerder of koop vir
elke leerder 'n handelspatroon. Dit is verpligtend dat elke leerder 'n
instruksieblad gebruik.
Berei die gegewe assesseringsinstrument voor met die leerders se name.
Leerders moet die instruksies EEN week (7 skooldae) voor die datum van die
eerste groep leerders se eksamen ontvang sodat hulle kan voorberei.
Deel leerders in groepe volgens die aantal leerders wat gemaklik in die vertrek
geakkommodeer kan word. Die aantal per groep sal van die beskikbare
hulpmiddels afhang.
Koop AL die vereiste items.
Maak vir elke leerder 'n stelletjie ('kit') wat die volgende insluit:
o BREI-PAT: breitoerusting, patroon, instruksieblad, wol of garing,
breinaalde, ens.
OF
o HEKEL-PAT: hekeltoerusting, patroon, instruksieblad, wol of garing,
hekelpenne, ens.
Berei die klaskamer vir die eksamen voor en maak seker dat ekstra klein
gereedskap, bv. skêre, breinaalde, steekhouers, rytellers, wol, beskikbaar is.
Maak die werkoppervlakke van al die werkstasies skoon en ontsmet dit.
Berei naamkaartjies vir die laaste groep leerders voor om die moderator te help
om die kandidate te identifiseer.
7. UITVOER VAN DIE EKSAMEN
Praktiese eksamen in Kwartaal 3: AGT (8) URE (Brei OF Hekel)
Maak seker dat leerders hul hande met seep en water was, hul maskers dra en
hul werkstasies ontsmet. Voldoen aan die protokol van sosiale distansiëring
(1,5 m uit mekaar).
Deel die breistelletjie ('knitting kit') OF hekelstelletjie ('crocheting kit') uit
wanneer leerders die klaskamer binnekom.
Genoeg ekstra wol/garing, skêre moet beskikbaar wees. Moenie die toerusting
deel nie.
Leerders doen die praktiese eksamen individueel onder die onderwyser se
toesig.
Slegs die onderwyser, die moderator en die kandidate mag gedurende die
praktiese eksamen in die vertrek wees.
Die onderwyser moet toesig hou en die leerders assesseer terwyl hulle die
praktiese eksamen doen en GEEN ander werk mag gedurende hierdie tyd
gedoen word NIE.
GEEN leerder mag op enige wyse gehelp word NIE.
Die artikels moet na die AGT (8) URE gereed wees vir assessering.
Leerders sal 2 punte verloor vir elke 5 minute wat hulle laat is, tot 'n
maksimum van 20 punte.
Die onderwyser moet die artikel wat gedurende die praktiese eksamen gemaak
is, nasien en die punte aanteken.
Nadat die artikel nagesien is, mag die leerders foute regmaak, verbeterings
aanbring en die artikel voltooi.
Die artikel sal NIE weer nagesien word nadat verbeterings aangebring is NIE.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies 6 DBE/PAT 2022
NSS (Produksie van Gebreide of Gehekelde Artikels)
Nadat verbeterings aangebring is, word die verpakte artikels op 'n veilige plek
bewaar tot die dag van moderering.
Die onderwyser moet die assesseringsinstrument voltooi.
8. EVALUERING
Die onderwyser en eksterne moderator het 45 minute om die finale artikels te
evalueer, die leerders se werkstasies te inspekteer en die assesserings-
instrument te voltooi.
Terwyl hulle artikels geëvalueer word, moet die leerders moet hul werkstasies
en toerusting opruim en ontsmet.
Na afloop van die praktiese eksamen moet die onderwyser/moderator die
werkstasies vir die finale toekenning van punte inspekteer.
9. MODERERING VAN DIE PRAKTIESE EKSAMEN
9.1 VOOR die praktiese eksamen
Die onderwyser moet die volgende voor die einde van Maart of vroeër by die
vakadviseur inlewer vir goedkeuring om te verseker dat die praktiese eksamen van 'n
toepaslike standaard is:
Die voorgestelde datum vir sig-moderering vir die laaste groep leerders
Die geselekteerde artikel met die tegnieke se gewigswaardes volgens die
vaardigheidskode aangedui
'n Fotokopie van die patroonkoevert
'n Instruksieblad
'n Illustrasie van die artikel
Die beplanning vir die aankope
Die beplanning vir al die eksamensessies
Die ingevulde oorsiglys, deur die skoolhoof geteken
Die PAT kan nie gedoen word tensy die vakadviseur dit goedgekeur het nie.
9.2 OP DIE DAG van die praktiese eksamen
Maak seker dat leerders hul hande met seep en water was, hul maskers dra en
hul werkstasies ontsmet. Volg die protokol van sosiale distansiëring, (1,5 m weg
van mekaar). Hou altyd ekstra maskers byderhand.
Gedurende Kwartaal 3 sal 'n groep leerders ekstern deur die betrokke
vakadviseur gemodereer word terwyl hulle die praktiese eksamen by die skool
aflê.
Die onderwyser moet die volgende op die dag van die moderering vir die
moderator beskikbaar hê:
o Al die artikels wat die leerders tydens die weeklikse praktiese lesse vir SGA
('SBA') gemaak het (indien nie reeds gedurende SGA-moderering
gemodereer nie)
o 'n Kopie van die voltooide assesseringsinstrument vir weeklikse praktiese
lesse
o Die voltooide artikels (nagesien) van al die leerders wat reeds die praktiese
eksamen voltooi het
o Die punte van die leerders wat reeds die praktiese eksamen voltooi het
o 'n Aparte stel assesseringsinstrumente vir die moderator se gebruik, met die
name van die leerders reeds op die assesseringsinstrument geskryf
Elke leerder moet die bywoningsregister teken voordat die eksamen begin.
Die moderator sal ses (6) leerders lukraak kies. Hierdie leerders sal onafhanklik
van die onderwyser geassesseer word.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies 7 DBE/PAT 2022
NSS (Produksie van Gebreide of Gehekelde Artikels)
Na afloop van die assessering en konsolidering van punte sal die moderator
sy/haar assessering met dié van die onderwyser vergelyk. Indien die moderator
vind dat die onderwyser se punte meer as 10% van sy/haar punte verskil, moet
'n blokverskuiwing opwaarts of afwaarts gemaak word na gelang van die verskil.
Die tabel hieronder dui aan hoe om die verskil tussen die moderator se punte en die
onderwyser se punte te bepaal sodat daar bepaal kan word of 'n aanpassing gemaak
moet word asook hoe groot die aanpassing moet wees.
PAT
100
Leerder se Naam *O *M
Leerder A 84 69
Leerder B 83 70
Leerder C 68 53
Leerder D 59 44
Leerder E 49 40
Leerder F 45 40
TOTAAL 388 316
GEMIDDELDE PUNT = TOTAAL ÷ 6 (getal leerders) 66 53
VERSKIL = 66 (*O) – 53 (*M) 13
AANPASSING AFWAARTS OPWAARTS –3
*O = Onderwyser; *M = Moderator
'n Blokverskuiwing kan ook op grond van die professionele oordeel van die
moderator gemaak word as die praktiese eksamen van die skool nie aan die
verwagte standaard voldoen nie.
Die moderator sal die uitslag en enige aanpassings met die onderwyser
bespreek.
Die finale gemodereerde punte moet dan op die gerekenariseerde puntestaat
aangebring word.
Die punte van al die leerders sal geraak word as 'n aanpassing gemaak word.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies 8 DBE/PAT 2022
NSS (Produksie van Gebreide of Gehekelde Artikels)
VAARDIGHEIDSKODE-GEWIGSWAARDE VAN TEGNIEKE
GEBRUIK IN DIE PRODUKSIE VAN GEBREIDE ARTIKELS
Gebruik die volgende vaardigheidskode-gewigswaarde om 'n patroon vir die PAT sowel
as vir die weeklikse praktiese lesse te kies.
Die vaardigheidskode toon die tegnieke se gewigswaarde en NIE die puntetoekenning
NIE.
Die gewigswaarde vir 'n spesifieke tegniek kan slegs EEN keer toegeken word.
Die onderwyser kan 'n tegniek, wat nie hieronder aangedui word nie, byvoeg nadat dit met
die vakadviseur bespreek is. Die onderwyser en die vakadviseur moet dan op die
gewigswaarde vir die nuwe tegniek besluit.
'n Gewigswaarde word aan 'n tegniek toegeken volgens die moeilikheidsgraad van die
tegniek.
Die totale gewigswaarde van die tegnieke vir elke praktiese eksamen in graad 12 moet 'n
minimum van 50 punte in totaal hê.
Aanheg van steke 10 Vermeerder of verminder 10
Regte kant van steke op regte kant van artikel 1 Korrekte spanning, trek nie styf nie 4
Alle steke deur die voorste of agterste lusse 2 Fatsoen beïnvloed nie die patroon nie 3
Korrekte spanning, nie te styf nie 4 Vermeerder/Verminder op korrekte
Steke ewe groot 1 posisie 3
Netjiese rand 2
Afheg van steke 10 Gebruik van verskillende kleure 5
Heg af in patroonsteek 2 Aanheg van nuwe wol/garing by die
Steke is stewig, sal nie lostrek nie 1 regte plek 2
Korrekte spanning, nie te styf nie 4 Weef die wol/garing in die rand in 1
Steke ewe groot en lê in dieselfde rigting 1 Netjiese rand 2
Netjiese rand 2
Kousbandsteek 10 Las van wol/garing 5
Korrekte spanning sodat struktuur kan rek en Verkieslik by rand 2
vorm behou 4 Korrekte metode 2
Egalige steke met egalige voorkoms 3 Weef wol in breiwerk in 1
Growwe struktuur aan albei kante 3
Koussteek 10 Knope en knoopsgate 7
Korrekte spanning 4 Knoopsgate: Ewe groot 2
Growwer aan die aweregse kant 3 Korrekte spasiëring 2
Steke lyk soos 'n V aan die regte kant 2 Korrekte grootte/tipe knoop 1
Glad aan die regte kant 1 Knope stewig vasgewerk 2
Riffelsteek 10 Sakke 10
Korrekte spanning 4 Tipe sak geskik vir kledingstuk/artikel 3
Egalige rye wat identies aan albei kante is 3 Korrekte posisie 3
Steke en voorkoms moet egalig wees 3 Korrekte fatsoen 4
Kabelpatroon 10 Nate 10
Verhoogde spanning van gebreide artikel 4 Netjies, nie baie sigbaar nie 3
Korrekte gebruik van kabelnaald 3 Reguit naatlyne 3
Kabels is identies 3 Lê plat 2
Korrekte steek 2
Gevorderde patroon (kant/getekstureerd) 10 Aanmekaarsit van dele 10
Korrekte keuse van gare/wol 2 Korrekte metode/steke gebruik 2
Korrekte spanning 4 Nie te styf nie 2
Patroon korrek 4 Nie sigbaar nie 2
Korrekte kleur wol/garing vir vaswerk 2
gebruik
2
Netjies rante
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies 9 DBE/PAT 2022
NSS (Produksie van Gebreide of Gehekelde Artikels)
VAARDIGHEIDSKODE-GEWIGSWAARDE VAN TEGNIEKE
GEBRUIK IN DIE PRODUKSIE VAN GEHEKELDE ARTIKELS
Gebruik die volgende vaardigheidskode-gewigswaarde om 'n patroon vir die PAT sowel
as vir die weeklikse praktiese lesse te kies.
Die vaardigheidskode toon die tegnieke se gewigswaarde en NIE die puntetoekenning
NIE.
Die gewigswaarde vir 'n spesifieke tegniek kan slegs EEN keer toegeken word.
Die onderwyser kan 'n tegniek, wat nie hieronder aangedui word nie, byvoeg nadat dit met
die vakadviseur bespreek is. Die onderwyser en die vakadviseur moet dan op die
gewigswaarde vir die nuwe tegniek besluit.
'n Gewigswaarde word aan 'n tegniek toegeken volgens die moeilikheidsgraad van die
tegniek.
Die totale gewigswaarde van die tegnieke vir elke praktiese eksamen in graad 12 moet 'n
minimum van 50 punte in totaal hê.
Kettingsteke 10 Vermeerder of verminder 10
Korrekte spanning, nie te styf nie 4 Korrekte spanning, trek nie styf nie 4
Steke dieselfde grootte 3 Fatsoen beïnvloed nie patroon nie 3
Voorkoms egalig 3 Vermeerder/Verminder op korrekte
posisie 3
Enkele haak ('Single crochet') (VS)/Dubbele 10 Gebruik van verskillende kleure 5
haak ('Double crochet') (VK) Aanheg van nuwe wol/garing by die
Korrekte spanning, nie te styf nie 4 regte plek 2
Steke dieselfde grootte 3 Weef die wol/garing in die rand in 1
Voorkoms egalig 3 Netjiese rand 2
Halwe dubbele haak ('Half double crochet) (VS)/ 10 Las van wol/garing 5
Halwe skrikhaak ('Half treble crochet') (VK) Verkieslik by rand 2
Korrekte spanning, nie te styf nie 4 Korrekte metode 2
Steke dieselfde grootte 3 Weef wol in breiwerk in 1
Voorkoms egalig 3
Dubbele haak ('Double crochet') (VS)/Skrikhaak 10 Knope en knoopsgate 7
('Treble crochet') (VK) Knoopsgate: Ewe groot 2
Korrekte spanning, nie te styf nie 4 Korrekte spasiëring 2
Steke dieselfde grootte 3 Korrekte grootte/tipe knoop 1
Voorkoms egalig 3 Knope stewig vasgewerk 2
Skrikhaak ('Treble crochet') (VS)/ Dubbele 10 Nate 10
skrikhaak ('Double treble crochet') (VK) Lê plat 2
Korrekte spanning, nie te styf nie 4 Netjies, nie baie sigbaar nie 3
Steke dieselfde grootte 3 Reguit naatlyne 3
Voorkoms egalig 3 Korrekte steek 2
Oumavierkant ('Granny square') 13 Aanmekaarsit van dele 10
Korrekte spanning, nie te styf of te los nie 4 Korrekte metode/steke gebruik 2
Rye sluit korrek by mekaar aan 3 Nie te styf nie 2
Netjiese rante 3 Nie sigbaar nie 2
Hoeke korrek en netjies 3 Korrekte kleur wol vir vaswerk gebruik 2
Netjiese rante 2
'Sunburst'-Oumavierkant 13 Randjie/Randpatroon 5
Korrekte spanning, nie te styf of te los nie 4 Egalige breedte, geskik vir artikel 2
Rye sluit korrek by mekaar aan 3 Lê plat, krul nie op nie 3
Netjies rante 3
Hoeke korrek, netjies 3
Hekel 'n ringetjie 13 Hekel van filet ('Filet crocheting') 7
Korrekte spanning, nie te styf nie 4 Korrekte interpretasie van afkortings 3
Rye sluit korrek by mekaar aan 3 Volg die patroon stap vir stap 2
Steke dieselfde grootte 3 Eindproduk volgens patroon 2
Egalige voorkoms 3
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies 10 DBE/PAT 2022
NSS (Produksie van Gebreide of Gehekelde Artikels)
ONDERWYSER SE BEPLANNING
GRAAD 12 PRAKTIESE EKSAMEN
(Moet aan die einde van Maart of vroeër aan die vakadviseur vir moderering voorgelê word.)
Naam van skool:
Naam van onderwyser:
Datum(s) en tyd/tye van praktiese eksamensessies:
TOETS VIR PAT GRAAD 12
(Heg kopieë van patrone en instruksieblaaie aan)
PRAKTIESE EKSAMEN:
BREI
TEGNIEKE GEWIGSWAARDE
TOTAAL
TOETS VIR PAT GRAAD 12
(Heg kopieë van patrone en instruksieblaaie aan)
PRAKTIESE EKSAMEN:
HEKEL
TEGNIEKE GEWIGSWAARDE
TOTAAL
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies 11 DBE/PAT 2022
NSS (Produksie van Gebreide of Gehekelde Artikels)
VOORBEELD VAN ONDERWYSER SE BEPLANNING VIR AANKOPE
(Moet aan die einde van Maart of vroeër aan die vakadviseur vir moderering voorgelê word.)
Totale getal Groepe Getal leerders per Datums Tyd
leerders groep
25 1 13 10/09/2022 08:00–12:00
2 12 10/09/2022 12:30–16:30
BREI/HEKEL
Benodigdhede Hoeveelheid per Getal leerders Totaal
per leerder leerder benodig
Breinaalde/Hekelpen 1 25 25 breinaalde/
25 hekelpenne
Bol geel 4-draad-wol 1 25 25 x geel 4-draad-wol
Bol groen 4-draad-wol 1 25 25 x groen 4-draad-wol
Bol roomkleur 4-draad-wol 1 25 25 x roomkleur 4-draad-wol
Knope 1 25 75 knope
1 25
ONDERWYSER SE INKOPIELYS: BREI/HEKEL
Benodigdhede Hoeveelheid
Breinaalde/Hekelpenne 50/25
Geel 4-draad-wol 25
Groen 4-draad-wol 25
Roomkleur 4-draad-wol 25
Knope 25
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies 12 DBE/PAT 2022
NSS (Produksie van Gebreide of Gehekelde Artikels)
ONDERWYSER SE BEPLANNING VIR AANKOPE
(Moet aan die einde van Maart of vroeër aan die vakadviseur vir moderering voorgelê word.)
PRAKTIESE OPSIE: BREI/HEKEL
Totale getal Groepe Getal leerders per Datums Tyd
leerders groep
Benodigdhede per leerder Getal leerders Totaal
ONDERWYSER SE INKOPIELYS
Benodigdhede Hoeveelheid
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies 13 DBE/PAT 2022
NSS (Produksie van Gebreide of Gehekelde Artikels)
VERBRUIKERSTUDIES
PRAKTIESE ASSESSERINGSTAAK
PRODUKSIE VAN BREI- OF HEKEL-ARTIKELS
OORSIGLYS VIR BEPLANNING (wat vir moderering voorgelê moet word)
SKOOL
ONDERWYSER
SKOOLHOOF
DATUM INGELEWER
Datums van alle Voorgestelde Goedgekeurde
PAT-sessies modereringsdatum modereringsdatum
KRITERIA JA/NEE KOMMENTAAR DEUR MODERATOR
Items ingesluit
'n Illustrasie van die artikel
Kopie van die patroon/instruksie-
blad aan die leerders verskaf
Volledige lys tegnieke en totale
gewigswaarde van artikel vir
praktiese eksamen
Beplanning vir aankope
GOEDGEKEUR/NIE GOEDGEKEUR NIE DATUM VIR HERVOORLEGGING: __________
Handtekeninge:
ONDERWYSER: __________________________ DATUM:____________________________
SKOOLHOOF: ____________________________ DATUM: ___________________________
MODERATOR: ____________________________ DATUM: ___________________________
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies 14 DBE/PAT 2022
NSS (Produksie van Gebreide of Gehekelde Artikels)
ASSESSERINGSINSTRUMENT VIR BREI
PRAKTIESE ASSESSERINGSTAAK
NAME EN VANNE VAN LEERDERS
NAAM VAN SKOOL __________________________________
DATUM ____________________________________________
ONDERWYSER _____________________________________
MODERATOR _______________________________________
PRAKTIESE EKSAMEN
1. PRAKTIESE VAARDIGHEDE EN TEGNIEKE
1.1 Interpretasie van die patroon 4
Volg die patrooninstruksies akkuraat 2
Verstaan terminologie en afkortings vir implementering 2
1.2 Akkurate implementering van tegnieke 20
Korrekte aantal steke volgens patroon 2
Handhaaf spanning deurgaans tydens produksie van
2
die artikel
Korrekte tegnieke toegepas om die artikel te maak:
(Uit die lys hieronder, assesseer die tegnieke wat op
die artikel van toepassing is)
Aanheg/Afheg/Kousbandsteek/Koussteek/Riffelsteek/ 16
Kabelpatroon/Gevorderde patroon/Vermeerder/
Verminder/Gebruik verskillende kleure/
Las van wol/Knope en knoopsgate/Sakke/Nate
1.3 Korrekte hantering van toerusting 8
Korrekte hantering van breinaalde 3
Korrekte hantering van wol 2
Veilige gebruik van toerusting, bv. garingskêrtjie/
3
skêre/spelde/strykyster/stopnaald
1.4 Ekonomiese produksie van die artikel 8
Gereelde gehaltebeheerpunte tydens produksie 2
Ekonomiese gebruik van voorraad, geen vermorsing
2
van wol nie
Werk onafhanklik, stil, steur nie ander leerders nie,
2
vra geen vrae nie
Doeltreffende gebruik en bestuur van tyd 2
2. HIGIËNE EN NETHEID
Werkstasie en toerusting gedurende praktiese
2.1 8
eksamen
Werkstasie netjies en goed georganiseerd 3
Klein toerusting lê nie rond nie 2
Werk higiënies en veilig 3
2.2 Persoonlike voorkoms 3
Toepaslik geklee (skooluniform) 1
Naels skoon en kort 1
Hande gewas en ontsmet by ingang van klas en met
1
gereelde tussenposes
2.3 Netheid van werkstasie na praktiese eksamen 4
Werkstasie skoon 1
Toerusting skoongemaak en weggepak in korrekte
2
stoorplek
Afval verwyder, vullisdrom skoon 1
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies 15 DBE/PAT 2022
NSS (Produksie van Gebreide of Gehekelde Artikels)
ASSESSERINGSINSTRUMENT VIR BREI
PRAKTIESE ASSESSERINGSTAAK
(vervolg)
NAME EN VANNE VAN LEERDERS
GESKIKTHEID VIR VERKOPE
3.
(VERKOOPBAARHEID)
3.1 Verpakking 4
Beskerming van die artikel 1
Geskiktheid van die artikel 1
Koste-effektief 1
Verbruikersaanklank 1
3.2 Etiket 5
Tipe wol gebruik 1
Toon kreatiwiteit 1
Vervaardiger se naam/fisiese adres/
1
kontakbesonderhede
Grootte/Prys 1
Versorgingsinstruksies 1
3.3 Artikel geproduseer, voldoen aan spesifikasies 36
Geskikte keuse van kleure vir artikel 2
Korrekte grootte van die artikel volgens patroon 2
Skoon produk 2
Drade netjies afgewerk 2
Netjies gestryk/gepars 2
Nate netjies en korrek geheg 2
Nate netjies gestik en afgewerk 3
Stewige stiksels 2
Geen flaters/foute (bv. gate) in die konstruksie van
2
die artikel nie
Korrekte aanwending van tegnieke in die konstruksie
5
van die artikel gebruik
Korrekte en egalige spanning deurgaans 2
Geskiktheid vir verkope/Verkoopbaarheid (Gebruik
10
die skaal hieronder)
TOTAAL 100
Straf indien laat: Trek 2 punte af vir elke 5 minute laat,
tot 'n maksimum van 20 punte.
TOTAAL 100
GESKIKTHEID VIR VERKOPE/VERKOOPBAARHEID:
0–2 Onaanvaarbaar, voldoen nie aan die vereistes nie, sal nie verkoop nie
3–4 Swak, voldoen aan sommige van die vereistes, sal nie verkoop nie
5–6 Gemiddeld, voldoen aan die meeste van die vereistes, behoort te verkoop
7–8 Goed, voldoen aan al die vereistes, sal goed verkoop
9–10 Uitstekend, oortref al die vereistes, sal baie goed verkoop
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies 16 DBE/PAT 2022
NSS (Produksie van Gebreide of Gehekelde Artikels)
ASSESSERINGSINSTRUMENT VIR HEKEL
PRAKTIESE ASSESSERINGSTAAK
NAME EN VANNE VAN LEERDERS
NAAM VAN SKOOL __________________________________
DATUM ____________________________________________
ONDERWYSER _____________________________________
MODERATOR ______________________________________
PRAKTIESE EKSAMEN
1. PRAKTIESE VAARDIGHEDE EN TEGNIEKE
1.1 Interpretasie van die patroon 4
Volg die patrooninstruksies akkuraat 2
Verstaan terminologie en afkortings vir implementering 2
1.2 Akkurate implementering van tegnieke 20
Korrekte aantal steke volgens patroon 2
Handhaaf spanning deurgaans tydens produksie van
2
die artikel
Korrekte tegnieke toegepas om die artikel te maak:
(Uit die lys hieronder, assesseer die tegnieke wat op
die artikel van toepassing is)
Kettingsteek/Kortbeen/Langbeen/'treble crochet'/
Oumavierkant/ 'Sunburst'-oumavierkant/ 16
Ringetjie/Vermeerder/Verminder/Gebruik van
verskillende kleure/Las van wol/hekelgaring/Knope en
knoopsgate/Nate/Aanmekaarheg van dele/
Randpatroon/Filet-hekel
1.3 Korrekte hantering van toerusting 8
Korrekte hantering van hekelpen 3
Korrekte hantering van wol/hekelgaring 2
Veilige gebruik van toerusting, bv. garingskêrtjie/
3
skêre/spelde/strykyster/stopnaald
1.4 Ekonomiese produksie van die artikel 8
Gereelde gehaltebeheerpunte tydens produksie 2
Ekonomiese gebruik van voorraad, geen vermorsing
2
van wol/hekelgaring nie
Werk onafhanklik, stil, steur nie ander leerders nie,
2
vra geen vrae nie
Doeltreffende gebruik en bestuur van tyd 2
2. HIGIËNE EN NETHEID
Werkstasie en toerusting gedurende praktiese
2.1 8
eksamen
Werkstasie netjies en goed georganiseerd 3
Klein toerusting lê nie rond nie 2
Werk higiënies en veilig 3
2.2 Persoonlike voorkoms 3
Toepaslik geklee (skooluniform) 1
Naels skoon en kort 1
Hande gewas en ontsmet by ingang van klas en met
1
gereelde tussenposes
2.3 Netheid van werkstasie na praktiese eksamen 4
Werkstasie skoon 1
Toerusting weggepak in korrekte stoorplek 2
Afval verwyder, vullisdrom skoon 1
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies 17 DBE/PAT 2022
NSS (Produksie van Gebreide of Gehekelde Artikels)
ASSESSERINGSINSTRUMENT VIR HEKEL
PRAKTIESE ASSESSERINGSTAAK
(vervolg)
NAME EN VANNE VAN LEERDERS
3. GESKIKTHEID VIR VERKOPE
(VERKOOPBAARHEID)
3.1 Verpakking 4
Beskerming van die artikel 1
Geskiktheid vir die artikel 1
Koste-effektief 1
Verbruikersaanklank 1
3.2 Etiket 5
Tipe wol/hekelgaring gebruik 1
Toon kreatiwiteit 1
Vervaardiger se naam/fisiese adres/
1
kontakbesonderhede
Grootte/Prys 1
Versorgingsinstruksies 1
3.3 Artikel geproduseer, voldoen aan die spesifikasies 36
Geskikte keuse van kleure vir artikel 2
Korrekte grootte van die artikel volgens patroon 2
Skoon artikel 2
Geen los drade nie, drade korrek weggewerk 3
Wol/Hekelgaring netjies en korrek geheg 2
Nate netjies gestik en afgewerk 3
Stewige stiksels 2
Geen flaters/foute (bv. gate) in die konstruksie van die
3
artikel nie
Korrekte aanwending van tegnieke in die konstruksie
5
van die artikel gebruik
Korrekte en egalige spanning deurgaans 2
Geskiktheid vir verkope/Verkoopbaarheid (Gebruik
10
die skaal hieronder)
TOTAAL 100
Leerders sal 2 punte verloor vir elke 5 minute wat
hulle laat is, tot 'n maksimum van 20 punte
TOTAAL 100
GESKIKTHEID VIR VERKOPE/VERKOOPBAARHEID:
0–2 Onaanvaarbaar, voldoen nie aan die vereistes nie, sal nie verkoop nie
3–4 Swak, voldoen aan sommige van die vereistes, sal nie verkoop nie
5–6 Gemiddeld, voldoen aan die meeste van die vereistes, behoort te verkoop
7–8 Goed, voldoen aan al die vereistes, sal goed verkoop
9–10 Uitstekend, oortref al die vereistes, sal baie goed verkoop
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies 18 DBE/PAT 2022
NSS (Produksie van Gebreide of Gehekelde Artikels)
VOORBEELD VAN GEHEKELDE ARTIKEL VIR DIE
PRAKTIESE ASSESSERINGSTAAK
GEHEKELDE NAALDEKOKER-('BANDANA')-SERP
[Bron: https://i2.wp.com/pattern-paradise.com]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies 19 DBE/PAT 2022
NSS (Produksie van Gebreide of Gehekelde Artikels)
GEWIGSWAARDE: HEKEL
Selekteer tegnieke met 'n gewigswaarde van 50 vaardigheidskode-punte.
TEGNIEKE GEWIGSWAARDE
Kettingsteke 10
Langbeen 10
Vermeerder 10
Gebruik van verskillende kleure 5
Las van wol/garing 5
'Treble crochet' 10
TOTAAL: 50
BENODIGDHEDE:
4 bolle wol/hekelgaring in verskillende kleure
Een 4 mm-hekelpen
Naald om punte van garing weg te werk
SPANNING IN KB: 167 steke en 8 rye = 10 cm
BRITSE (VK)-AFKORTINGS:
Kettingsteek = ks
Spasie = sp
Slaan steek oor = ssto
Glip = gl
Steek/Steke = st(e)
Kortbeen = kb
Langbeen = lb
SPESIALE INSTRUKSIES:
Die beginkettingsteek tel as die eerste steek.
Instruksies tussen ( ) of * moet die gespesifiseerde aantal kere herhaal word.
Instruksies tussen [ ] word almal in dieselfde steek/spasie gewerk.
V-steek 1 (V-ST1): Werk [lb, 2 ks, lb] in dieselfde steek/spasie
V-steek 2 (V-ST1): Werk [lb, 3ks, lb] in dieselfde steek/spasie
Picot (Puntjie): 3 ks, glip steek in eerste ks
Splitsteek: Om die splitsteek te werk, beteken dat jy in die middel 'V' van die onderste steek werk
en nie in die lusse nie.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies 20 DBE/PAT 2022
NSS (Produksie van Gebreide of Gehekelde Artikels)
PATROONINSTRUKSIES:
Ry 1: 3 ks, in 3e ks van pen maak [2lb, 2ks, 3lb], draai (6lb).
Ry 2: 3ks, maak 2 lb in eerste st, lb in volgende 2 ste, in 2ks-sp maak[2 lb, 2 ks, 2 lb], lb in
volgende 2 ste, maak 3 lb in laaste st, draai (22lb).
Ry 3: 3ks, maak 2 lb in eerste st, lb in volgende 6 ste, in 2ks-sp maak [2 lb, 2 ks, 2 lb], lb in
volgende 6 ste, maak 3 lb in laaste st, draai (22 lb).
Ry 4: 3ks, maak 2 lb, in eerste st, lb in volgende 10 ste, in 2ks-sp maak [2 lb, 2 ks, 2 lb], lb in
volgende 10 ste, maak 3 lb in laaste st, draai, (30 lb).
Ry 5: 2 ks, maak 2 lb in eerste st, lb in volgende 2 ste, 4 ks, slaan 4 ste oor, kb in volgende
st, 4 ks, slaan 4 ste oor, lb in volgende 3 ste, in 2 ks-sp maak [2 lb, 2 ks, 2 lb], lb in volgende
3 ste, 4 ks, slaan 4 ste oor, kb in volgende st, 4 ks, slaan 4 ste oor, lb in volgende 2 ste, maak
3 lb in laaste st, draai (22 ste).
Ry 6: 3 ks, maak 2 lb in eerste st, lb in volgende 3 ste, maak 2 lb in volgende st, 3 ks, maak 'n
split kb in kb van vorige ry, 3 ks maak 2 lb in volgende lb, lb in volgende 4 ste, in 2-ks-spasie
maak [2 lb, 2 ks, 2 lb] lb in volgende 4 ste, 2 lb in volgende st, 3 ks, maak 'n split kb in kb van
vorige ry, 2 lb in volgende lb, lb in volgende 3 ste, 3 lb in laaste st, draai (34 ste).
Ry 7: 3 ks, 2 lb in eerste st, lb in volgende 7 ste, 3 lb in 3-ks-spasie, 1 ks, ssto, 3 lb in
volgende 3-ks-spasie, lb in volgende 8 ste, in 2-ks-spasie maak [2 lb, 2 ks, 2 lb], lb in
volgende 8 ste, 3 lb in 3-ks-spasie, 1 ks, ssto, 3 lb in volgende 3-ks-spasie, lb in volgende
7 ste, 3 lb in laaste st, draai (52 ste).
Ry 8: 3 ks, 2 lb in eerste st, lb in volgende 12 ste, lb in 1-ks spasie, lb in elke st tot middel, in
2-ks-spasie maak [2 lb, 2 ks, 2 lb] lb in volgende 13 ste, lb in 1-ks spasie, lb in volgende
12 ste, 3 lb in laaste st, draai (62 ste).
Deel 2: Las nuwe kleur in eerste steek.
Ry 9: 3 ks, 2 lb in eerste st, lb in elke st tot middel, in 2-ks spasie maak [2 lb, 2 ks, 2 lb], lb in
elke st tot 1 st oorbly, 3 lb in laaste st, draai (70 lb).
Ry 10: 3 ks, 2 lb in eerste lb, lb in volgende 2 ste, (*4 ks, slaan 4 ste oor, kb in volgende st,
4 ks, slaan 4 ste oor* lb in 11 ste) herhaal van * tot* een maal, lb in volgende 3 ste, in ks
spasie maak [2 lb, 2 ks, 2 lb], lb in volgende 3 ste, herhaal ( ) een maal, herhaal van* tot * een
maal, lb in volgende 2 ste, 3 lb in laaste st, draai (46 ste).
Ry 11: 3 ks, 2 lb in eerste st, lb in volgende 3 ste, (*3 lb in 3-ks spasie, 1 ks, ssto, 3 lb in
volgende 3-ks spasie*, lb in volgende 13 ste), herhaal * tot * een maal, lb in volgende 8 ste, in
2-ks-spasie maak [2 lb, 2 ks, 2 lb] lb in volgende 8 ste, herhaal ( ) een maal, herhaal * tot *
een maal, lb in volgende 7 ste, 3 lb in laaste st, draai (62 ste).
Ry 12: 3 ks, 2 lb in eerste st, lb in volgende 7 ste, (*3 lb in 3-ks-spasie, 1 ks, ssto, 3 lb in
volgende 3-ks-spasie*, lb in volgende 13 ste), herhaal * tot * een maal, lb in volgende 8 ste, in
2-ks-spasie maak [2 lb, 2 ks, 2 lb], lb in volgende 8 ste, herhaal ( ) een maal, herhaal * tot *
een maal, lb in volgende 7 ste, 3 lb in laaste st, draai (90 ste).
Ry 13: 3 ks, 2 lb in eerste st, lb in volgende 12 ste, lb in 1-ks-spasie, lb in volgende 19 ste, lb
in 1-ks-spasie, lb in volgende 13 ste, in 2-ks-spasie maak [2 lb, 2 ks, 2 lb], lb in volgende
13 ste, lb in 1-ks-spasie, lb in volgende 19 ste, lb in 1-ks-spasie, lb in volgende 12 ste, 3lb in
laaste st, draai, (102 ste).
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies 21 DBE/PAT 2022
NSS (Produksie van Gebreide of Gehekelde Artikels)
Deel 3: Las kleur in eerste steek.
Ry 14: 3ks, 2 lb in eerste st, lb in elke st tot middel, in 2-ks-spasie maak [2 lb, 2 ks, 2 lb], lb in
elke st tot 1 st oorbly, 3 lb in laaste st, draai (110 lb).
Ry 15: 3 ks, 2 lb in eerste lb, lb in volgende 2 ste, (*4 ks, slaan 4 ste oor, kb in volgende st,
4 ks, slaan 4 ste oor*, lb in volgende 11 ste), herhaal ( ) een maal, herhaal * tot * een maal, lb
in volgende 3 ste, in 2-ks-spasie maak [2 lb, 2 ks, 2 lb], lb in volgende 3 ste, herhaal ( ) twee
maal, herhaal * tot* een maal, lb in volgende 2 ste, 3 lb in laaste st, draai, (70 ste).
Ry 16: 3 ks, 2 lb in eerste st, lb in volgende 3 ste, (*2 lb in volgende st, 3 ks, maak split kb in
kb van vorige ry, 3 ks, 2 lb in volgende lb*, lb in volgende 9 ste), herhaal ( ) een maal, herhaal
* tot * een maal, lb in volgende 4 ste, in 2-ks-spasie maak [2 lb,2 ks,2 lb], lb in volgende
24 ste, herhaal ( ) twee maal, herhaal * tot* een maal, lb in volgende 3 ste, 3 lb in laaste st,
draai (90ste).
Ry 17: 3 ks, 2 lb in eerste st, lb in volgende 7 ste, (*3 lb in 3-ks-spasie, 1 ks, ssto, 3 lb in
volgende 3-ks-spasie*, lb in volgende 13 ste), herhaal ( ) een maal, herhaal * tot * een maal,
lb in volgende 8 ste, in 2-ks-spasie maak [2 lb, 2 ks, 2 lb] lb in volgende 8 ste, herhaal ( ) twee
maal, herhaal * tot * een maal, lb in volgende 7 ste, 3 lb in laaste st, draai (128 ste).
Ry 18: 3ks, 2 lb in eerste st, lb in elke st en in 1-ks-spasie tot middel, in 2-ks-spasie maak
[2 lb, 2 ks,2 lb], lb in elke st en 1-ks-spasie tot laaste st, 3 lb in laaste st, draai (142 lb).
Deel 4: Las nuwe kleur in eerste steek.
Ry 19 tot 23: Herhaal Ry 14 tot Ry 18. Die instruksie tussen ( ) word 2 maal herhaal.
Ry 24: 3 ks, 2 lb in eerste st, lb in elke st tot middel in 2-ks-spasie maak [2 lb, 2 ks, 2 lb], lb in
elke st tot 1 st oorbly, 3 lb in laaste st, (192 lb).
Randjie en bandjies
de
Ry 25: 21 ks, kb in 2 ks van pen, kb in volgende 10 ste, hlb in volgende 10 ste, lb in
volgende st, *slaan 2 ste oor, V-ST1 in volgende st* herhaal tot middel, V-ST2 in 2-ks-spasie,
V-ST1 in volgende lb, herhaal instruksies tussen* tot 4 ste oorbly, slaan 2 ste oor, hlb in laaste
st.
de
Ry 26: 21 ks, kb in 2 st van pen, kb in volgende 10 ste, hlb in volgende 9 ste, kb in volgende
st, tussen volgende lb en V-steek, * in 2-ks-spasie van volgende V-steek, maak [kb, picot, kb]
kb tussen V-ste*, herhaal tussen * tot middel, in 3-ks-spasie maak [2 hlb, picot, 2 hlb], *kb
tussen V-ste, in volgende V-st maak [kb, picot, kb]*, herhaal tussen * tot laaste V-st, kb tussen
V-steek en volgende lb, glst do in hlb. Heg af.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies 22 DBE/PAT 2022
NSS (Produksie van Gebreide of Gehekelde Artikels)
VOORBEELD VAN GEBREIDE ARTIKEL VIR DIE
PRAKTIESE ASSESSERINGSTAAK
GEBREIDE SIMMETRIESE SITRUS-TJALIE
GEWIGSWAARDE: BREI
Selekteer tegnieke met 'n gewigswaarde van 50 vaardigheidskode-punte.
TEGNIEKE GEWIGSWAARDE
Aanheg 10
Afheg 10
Vermeerder 10
Heg van wol 5
Gebruik van verskillende kleure 5
Gevorderde patroon 10
TOTAAL: 50
BENODIGDHEDE:
4 bolle wol in verskillende kleur
Enige wol/breinaald-kombinasie omdat die artikel ry vir ry vergroot
Stopnaald om punte weg te werk
SPANNING: 16 steke = 10 cm
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies 23 DBE/PAT 2022
NSS (Produksie van Gebreide of Gehekelde Artikels)
BRITSE (VK)-AFKORTINGS:
Brei ('Knit') = k
Brei volgende 2 steke tesame ('Knit next 2 stitches together') = b2tstes (k2tog)
Trek glipsteek oor ('Pass slipped stitch over') = tglso (psso)
Wol oor ('Yarn over') = yo
'Slip marker' = sm
'Slip one over' = sl1
Aweregs een ('Purl one') = aw1 (p1)
SPESIALE INSTRUKSIES:
PATROON:
Die tjalie begin vanuit die middel en word groter a.g.v. wol oor ('yarn over'/yo) die middellyn
en by die rante ('edges').
Die eerste en laaste 2 steke word gebrei op elke ry om die rand plat te hou.
Glip die eerste steek van elke ry om 'n 'skoon' of eweredige rand te verseker.
BLOM-EN-OOG-PATROON ('FLOWER AND EYELET PATTERN'):
Wissel die blom-en-oog-patroon af; doen die oogpatroon in die meeste gevalle in al drie
kleure afsonderlik/geskei van die blompatroon, maar jy mag slegs 2 oogpatroonrye af en toe
doen vir afwisseling van die patroon.
Hou aan totdat die tjalie die gewenste grootte is.
PATROONINSTRUKSIES:
Heg 5 steke aan.
Ry 1: b2, yo, plaas merker, b1, plaas merker, yo, b2
Ry 2: gl1, b1, awe1, glip merker, awe1, glip merker, awe1,b2
Ry 3: gl1, b1, yo, b1, yo, sm, b1, sm, yo, b1, b2
Ry 4: gl1, b1, aweregs tot by merker, glip merker, aweregs 1, glip merker, aweregs tot by merker, b2
Verander kleure en brei die oogpatroon verskeie kere, verander kleure tussen herhalings.
Maak seker jy het 13 steke aan elke kant tussen die yo ('yarnovers') voordat jy die blompatroon
brei.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies 24 DBE/PAT 2022
NSS (Produksie van Gebreide of Gehekelde Artikels)
BLOMPATROON:
Ry 1 (Regte Kant): gl1, b1, yo, [b3, b2tesm, yo, b1, yo, gl1, b1, tglso] herhaal tot by plekmerker,
yo glip dan merker, b1, gl merker, yo, [b3, b2tesm, yo, b1, yo, gl1, b1, tglso] tot by laaste 2 steke,
yo, b2
(LET WEL: Vir hierdie rye, maak seker jy het yo na die eerste 2 steke, aan beide kante van die
middelpunt, en voor die laaste 2 steke. Om die middel simmetries te maak, moet jy
2 steke aan die einde en begin die ander kant met 2 steke, ens.)
Ry 2: gl1, b1, aweregs tot by merker, glip merker, awe1, glip merker, awe tot by merker, b2
Ry 3: gl1, b1, yo, [b3, b2tesm, yo, b3, yo, gl1, b1, tgso] herhaal tot by merker, yo, sm, b1, yo,
[b3, bk2tesm, yo, b3, yo, gl1, b1, tgso] herhaal tot by laaste 2 steke, yo, b2
Ry 4: gl1, b1, awe tot by merker, glip merker, awe1, glip merker, awe tot by merker, b2
Ry 5: gl1, b1, yo, b5, yo, gl1, b2tesm, tgso, yo, herhaal tot by merker, yo, sm, b1, yo, [b5, yo, gl1,
b2tesm, tgso, yo] herhaal tot by laaste 2 steke, yo, b2
Blomkaart Sleutel
6 Brei
5 Wol oor pen (yo)
4 Brei 2 tesame
3 Glip 1, b1, tgso
2 Glip1,b2tes, tgso
1
OOGPATROON ('EYELET PATTERN'):
Ry 1 (Regte Kant ): gl1, bk1, yo, brei tot by merker, yo, sm, b1, sm, yo, brei tot by merker, b2
Ry 2: gl1, b1, brei tot by merker, sm, awe1, sm, yo, brei tot by merker, b2
Ry 3: gl1, b1, yo, [b2tesm, yo] tot by merker, sm, b1, sm, [yo, b2tesm] tot by laaste 2 steke, b2
(LET WEL: Vir hierdie rye, maak seker jy het yo na die eerste 2 steke, aan beide kante van die
middelpunt, en voor die laaste 2 steke.)
Ry 4: gl1, b1, brei tot by merker, sm, awe1, sm, yo, brei tot by merker, b2
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies 25 DBE/PAT 2022
NSS (Produksie van Gebreide of Gehekelde Artikels)
GEPUNTE AFHEGTING ('POINTED CAST OFF'):
1. In eerste steek, b1, slaan wol oor breinaald (yo), br 1.
2. Draai en aweregs hierdie 3 steke as ook die volgende steek op die breinaald en die eerste
nuwe steek.
3. Draai en heg die eerste 2 steke af (b2, trek eerste steek oor).
4. Brei die 3de steek met die volgende steek, gereed om af te heg en heg die 3de steek af.
5. Trek die laaste steek oor die breinaald oor die volgende steek wat gereed is om afgeheg te
word. Jy het nou 3 steke afgeheg en het nou 1 punt (gepunte afhegting).
Herhaal, begin met b1 slaan wol oor breinaald (yo), b1 in die steek wat jy in stap 5 oorgetrek het.
LET WEL: Daar sal baie ente weggewerk moet word as gevolg van al die kleurwisseling.
As die onderwyser 'n tuisgemaakte patroon gebruik, moet 'n instruksieblad ingesluit word.
10. GEVOLGTREKKING
Na voltooiing van die praktiese assesseringstaak moet leerders in staat wees om
hulle begrip van die bedryf te toon; hulle kennis, vaardighede, waardes en
redenasievermoëns te versterk, en ook betrekkinge buite die klaskamer te vestig en
uitdagings in die wêreld daar buite aan te durf. Die PAT ontwikkel verder leerders se
lewensvaardighede en gee aan hulle die geleentheid om by hulle eie leerervarings
betrokke te wees.
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Notes, quizzes and topic questions for Grade 12 Consumer Studies.
- Grade 12 Consumer Studies notes
CAPS revision notes with worked examples.
- Consumer Studies questions by topic
Past exam questions sorted by CAPS topic, with memos where available.
- All Grade 12 Consumer Studies past papers
Past papers by year, with memos where available.
- Grade 12 Practical assessment tasks
More Consumer Studies and other subjects in this collection.
Recommended for this subject
More papers and memos for this grade and subject.

Annual teaching plan
Gr 12 Con Stu ATP 2023 24

Memorandum
Consumer Studies Grade 12 Eastern Cape Mock 2025 Memo

Question paper
Consumer Studies Grade 12 Eastern Cape Mock 2025 Question Paper

Question paper
Consumer Studies Grade 12 NSC June 2025 Question Paper (Afr)
--8a5e377e-56ba-4e74-bf85-3168556146ef/v1-c25ccd3585e5fad59a83/card.webp)
Memorandum
Consumer Studies Grade 12 NSC November 2025 Memo (Afrikaans)

Question paper
Consumer Studies Grade 12 NSC November 2025 Question Paper
Related documents

Memorandum
Consumer Studies Grade 12 Eastern Cape Mock 2022 Memo (Afrikaans)

Question paper
Consumer Studies Grade 12 Eastern Cape Mock 2022 QP (Afr)

Memorandum
Consumer Studies Grade 12 Eastern Cape Prelim 2024 Memo (Afr)

Question paper
Consumer Studies Grade 12 Eastern Cape Prelim 2024 QP (Afr)

Question paper
Consumer Studies Grade 12 NSC June 2024 Question Paper (Afr)

Memorandum
Consumer Studies Grade 12 Eastern Cape Mock 2023 Memo (Afrikaans)
More from Grade 12 Consumer Studies

Errata
Consumer Studies Grade 12 Eastern Cape Prelim 2024 Errata

Question paper
Consumer Studies Grade 12 November 2024 NSC Question Paper

Question paper
Consumer Studies Grade 12 November 2024 NSC Question Paper

Question paper
Consumer Studies Grade 12 November 2024 NSC MG Question Paper

Question paper
Consumer Studies Grade 12 Eastern Cape Mock 2023 QP (Afr)

Question paper