Skip to content
Practical assessment task

Consumer Studies PAT GR 12 2022 (Soft Furnishings) Afr

Grade 12 Consumer Studies practical assessment task from the 2022 (Afrikaans), 22 pages. Read online or get the free PDF download.

Subject: Consumer StudiesGrade 12202222 pages
Download

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com VERBRUIKERSTUDIES VERBRUIKERSTUDIES (PRODUKSIE VAN SAGTEMEUBLEMENT-ARTIKELS) RIGLYNE VIR PRAKTIESE ASSESSERINGSTAKE GRAAD 12 2022 Hierdie riglyne bestaan uit 22 bladsye. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Verbruikerstudies 2 DBE/PAT 2022 NSS (Produksie van Sagtemeublement-artikels) DIE PRAKTIESE ASSESSERINGSTAAK VIR VERBRUIKERSTUDIES PRODUKSIE VAN SAGTEMEUBLEMENT-ARTIKELS 1. INLEIDING Die 18 Kurrikulum-en-assesseringsbeleidsverklaring-vakke wat praktiese komponente bevat, sluit almal 'n praktiese assesseringstaak (PAT) in. Hierdie vakke is:  LANDBOU: Landboubestuurswetenskappe, Landboutegnologie  KUNS: Dansstudies, Ontwerp, Dramatiese Kunste, Musiek, Visuele Kunste  WETENSKAPPE: Rekenaartoepassingstegnologie, Inligtingstegnologie; Tegniese Wetenskappe; Tegniese Wiskunde  DIENSTE: Verbruikerstudies, Gasvryheidstudies, Toerisme  TEGNOLOGIE: Siviele Tegnologie, Elektriese Tegnologie, Meganiese Tegnologie en Ingenieursgrafika- en ontwerp 'n Praktiese assesseringstaak (PAT) is 'n verpligte komponent van die finale promosiepunt vir alle kandidate ingeskryf vir vakke wat 'n praktiese komponent het en tel 25% (100 punte) van die eksamenpunt aan die einde van die jaar. Die PAT word tot aan die einde van September geïmplementeer. Dit maak voorsiening vir die assessering van vaardighede wat hulle gedurende die weeklikse praktiese klasse en die praktiese eksamens in graad 10 tot 12 bekom het. Dit laat ook toe vir die assessering van vaardighede wat nie in 'n geskrewe formaat, bv. toetse of eksamens, geassesseer kan word nie. Dit is dus belangrik dat skole seker maak dat al die leerders die praktiese assesseringstake binne die toegelate tydperk voltooi om te verseker dat leerders aan die einde van die jaar hulle uitslae ontvang. Die beplanning en uitvoering van die PAT verskil van vak tot vak.  Tydens die praktiese assesseringstaak moet die leerder sy/haar kennis en praktiese vermoë/vaardighede toon om gehalte-artikels te produseer met die fokus op vakmanskap en verkoopbaarheid.  Die praktiese assesseringstaak vir Verbruikerstudies, graad 12, met die Sagtemeublement-praktiese-opsie, bestaan uit 'n uitlê-en-uitknip-sessie en 'n praktiese eksamen van VIER (4) UUR.  Uitleg van die VIER (4) UUR: o Uitlê-en-uitknip-sessie – EEN-UUR-sessie (voor die praktiese eksamen) o Leerders behoort die artikel binne die voorgestelde tydsraamwerk van DRIE (3) UUR te voltooi.  Leerders voer die praktiese eksamen vir die PAT individueel uit.  Die praktiese eksamen vir die PAT vind in Kwartaal 3 plaas. 2. PUNTETOEKENNING  Die totale puntetoekenning van die PAT is 100 punte.  Die punt vir die PAT vorm deel van die einde-van-die-jaar-assessering in Kwartaal 4.  Die provinsie sal twee aparte gerekenariseerde puntestate, een vir SGA ('SBA') en een vir die PAT, verskaf.  Die puntetoekenning word soos volg aangedui: Uitlê en uitknip 6 Praktiese eksamen 94 Finale punt vir PAT 100 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Verbruikerstudies 3 DBE/PAT 2022 NSS (Produksie van Sagtemeublement-artikels) 3. VEREISTES VIR DIE PRAKTIESE EKSAMEN Verbruikerstudies is 'n keusevak met vyf praktiese opsies. As die skool besluit om Verbruikerstudies met die produksie van sagtemeublement-artikels as 'n vak aan te bied, is die nodige toerusting en fondse vir die PAT, sowel as die gespesifiseerde aantal praktiese klasse, die verantwoordelikheid van die skool, soos in die KABV- dokument op bladsy 10 uiteengesit. Die skool het die verantwoordelikheid om die beskikbaarheid van die volgende vir die PAT-eksamen te verseker:  'n Geskikte klaskamer met die nodige toerusting: groot tafels vir uitlê en uitknip; twee of meer strykplanke en strykysters; uitknipskêre (een vir elke leerder); elektrisiteit; gereedskap vir meet en merk.  'n Minimum van R80 tot 'n maksimum van R150 per leerder vir die praktiese eksamen word benodig om die vereiste artikel te maak, buiten die fondse benodig vir die SGA ('SBA') weeklikse praktiese lesse.  Die getal leerders per sessie moet ooreenstem en in lyn wees met die getal naaimasjiene wat beskikbaar is.  Dit is belangrik om by die Covid-19-protokol van sosiale distansiëring te hou.  Deel die leerders in groepe met 'n maksimum van 12 leerders per sessie. Vier en twintig leerders (twee groepe van 12 leerders elk) kan die eksamen op dieselfde dag doen, bv. van 08:00 tot 11:00 en van 12:30 tot 15:30.  Die onderwyser het tussen die twee sessies tyd nodig om die klaskamer vir die volgende groep gereed te maak.  Skole met baie leerders sal meer as een dag benodig om hierdie praktiese eksamen te voltooi. 4. VEREISTE TYDRAAMWERK  Uitlê en uitknip word voor die praktiese eksamen in 'n EEN-UUR-sessie onder eksamentoestande gedoen.  'n Tydraamwerk van DRIE (3) UUR in totaal word benodig om die praktiese eksamen te doen. 5. OPSTEL VAN DIE PRAKTIESE EKSAMEN  Die praktiese eksamen sal plaasvind op 'n datum soos met die moderator ooreengekom.  Die produksieproses, vakmanskap en verkoopbaarheid van die artikel is belangrike aspekte van die praktiese eksamen.  Onderwysers kan gebruik maak van die voorbeeld wat verskaf word of die praktiese assesseringstaak intern opstel. As die onderwyser dit intern opstel, moet dit ook vir moderering en goedkeuring aan die vakadviseur voorgelê word.  Leerders moet in staat wees om al die gevorderde tegnieke soos vir graad 12 geïdentifiseer, te demonstreer.  Die geselekteerde artikel moet 'n gewigswaarde van 50 punte volgens die vaardigheidskode hê.  Leerders moet die EEN UUR uitlê-en-uitknip-sessie onder eksamentoestande voor die praktiese eksamen voltooi.  Die leerders sal op grond van die produksieproses, vakmanskap/afwerking en verkoopbaarheid van die artikel geassesseer word.  Aan die einde van die DRIE URE moet leerders hul artikels en verpakking vir finale assessering inlewer.  Nadat die assessering voltooi is, moet die artikels aan die leerders teruggegee word vir verbeteringe en afwerkings, indien nodig. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Verbruikerstudies 4 DBE/PAT 2022 NSS (Produksie van Sagtemeublement-artikels)  Die artikel sal NIE weer nagesien word nadat verbeteringe aangebring is NIE.  Die praktiese eksamen moet goed vooruit beplan word om enige botsings met ander skoolaktiwiteite te vermy.  Die praktiese eksamen moet by die skool se eksamenrooster ingesluit word. LET WEL: Leerders moet hul artikels verpak. Die verpakking en etiket moet binne die sewe dae nadat die leerders die toets ontvang het, voordat hulle die praktiese eksamen doen, voltooi word. Leerders moet die etiket en verpakking op die dag van die praktiese eksamen saambring. 6. VOORBEREIDING VIR DIE PRAKTIESE EKSAMEN Die onderwyser is vir die volgende verantwoordelik:  Bepaal die datums vir die praktiese eksamen. Dra hierdie datum aan die bestuurspan van die skool oor om te verseker dat die datums nie met ander skoolaktiwiteite bots nie.  Al die toerusting moet in 'n werkende toestand wees en die naaimasjiene moet versien en herstel word voor die begin van die praktiese eksamen.  Kopieer die patroon, illustrasie(s) en instruksieblad vir elke leerder of koop 'n patroon vir elke leerder. Dit is VERPLIGTEND dat elke leerder 'n instruksieblad gebruik.  Berei die assesseringsinstrumente wat verskaf is, met die leerders se name voor.  Leerders moet die patroon en instruksies EEN week (7 skooldae) voor die uitlê- en-uitknip-sessie vir voorbereiding ontvang.  Deel leerders in groepe volgens die getal leerders wat gerieflik in die lokaal geakkommodeer kan word. Hou die Covid-19-protokolle in gedagte, bv. sosiale distansiëring.  Koop die kleedstof en ander benodigdhede/kramery, knip die kleedstof in die verlangde grootte vir elke leerder.  Stel vir elke leerder 'n stelletjie ('kit') saam wat die volgende insluit: o Kleedstof in die vereiste grootte o Die patroon en instruksieblad o Die kramery/ander benodigdhede, bv. ritssluiter, knope, spelde  Bedraad al die naaimasjiene met die gepaste kleur garing en toets die spanning vooraf.  Berei die klaskamer voor en maak seker die volgende is beskikbaar: o Elektriese kragpunte en verlengkoorde vir al die strykysters en naaimasjiene o Strykysters en strykplanke o Groot tafels vir die uitlê en uitknip van die patroondele o Genoeg klein gereedskap, soos skêre, naalde, torringmessies, spelde, garing, spoeletjies, ekstra naaimasjiennaalde en skerp uitknipskêre  Maak die werkoppervlakke van al die werkstasies skoon en ontsmet dit.  Berei naamkaartjies vir die laaste groep leerders voor om die moderator te help om die kandidate te identifiseer. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Verbruikerstudies 5 DBE/PAT 2022 NSS (Produksie van Sagtemeublement-artikels) 7. UITVOER VAN DIE PRAKTIESE EKSAMEN 7.1 Die uitlê-en-uitknip-sessie: EEN (1) UUR (voor die praktiese eksamen)  Maak seker dat leerders hul hande met seep en water was, hul maskers dra en hul werkstasies ontsmet. Volg die protokol van sosiale distansiëring, (1,5 m weg van mekaar).  Alle leerders wat die uitlê-en-uitknip-sessie uitvoer, moet die bywoningsregister teken.  Die onderwyser moet die getekende bywoningsregisters op 'n veilige plek bewaar en dit moet op aanvraag beskikbaar wees.  Deel elke leerder se stelletjie ('kit') met die kleedstof, patroon-/instruksieblad en ander benodigdhede, soos kant, uit.  Die onderwyser mag NIE tydens die uitlê-en-uitknip-sessie enige hulp aan leerders verleen NIE.  Tydens die uitlê-en-uitknip-sessie moet die onderwyser punte toeken.  Leerders kan uitgesnyde patroondele verbeter/regmaak of nuwe dele uitsny NADAT die uitknipsessie verby is en punte toegeken is, maar dit sal NIE weer nagesien word NIE.  Die onderwyser bewaar al die leerders se patroondele op 'n veilige plek tot die dag van die praktiese eksamen. 7.2 Praktiese eksamen in Kwartaal 3: DRIE (3) UUR  Wanneer die leerders die klaskamer binnekom, word die Sagte Meublement- stelletjies ('kits') en ekstra afvalmateriaal (om die naaimasjien te toets, as hulle sou wou), aan hulle uitgedeel.  Daar moet genoeg skêre, spelde en naalde beskikbaar wees. Moenie die toerusting deel nie.  Die naaimasjiene moet by die tafels gereed wees.  Leerders, onder toesig van die onderwyser, voer die praktiese eksamen individueel uit.  Die artikel moet na DRIE (3) URE vir assessering gereed wees.  Leerders sal 2 punte verloor vir elke 5 minute wat hulle laat is, tot 'n maksimum van 20 punte.  Slegs die onderwyser, die moderator en die leerders mag tydens die praktiese eksamen in die klaskamer teenwoordig wees.  Die onderwyser moet toesig hou en die leerders assesseer terwyl hulle die praktiese eksamen uitvoer en GEEN ander werk mag in hierdie tyd gedoen word NIE.  GEEN leerder mag op enige manier gehelp word NIE.  Die onderwyser moet die artikel nasien wat gedurende die praktiese eksamen gemaak is en die punte aanteken.  Nadat die artikel nagesien is, kan die leerders foute regmaak, verbeteringe aanbring of die artikels voltooi.  Die artikel sal NIE weer nagesien word nadat verbeterings aangebring is NIE.  Nadat die verbeterings aangebring is, word die verpakte artikels ingelewer en op 'n veilige plek bewaar tot die dag van moderering.  Die onderwyser moet die assesseringsinstrument voltooi. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Verbruikerstudies 6 DBE/PAT 2022 NSS (Produksie van Sagtemeublement-artikels) 8. EVALUERING  Die onderwyser en eksterne moderator het 45 minute om die finale artikels te evalueer, die leerders se werkstasies te inspekteer en die assesserings- instrument te voltooi.  Terwyl hul artikels geëvalueer word, moet die leerders hul werkstasies en toerusting opruim en ontsmet.  Na afloop van die praktiese eksamen moet die onderwyser/moderator die werkstasies vir die finale toekenning van punte inspekteer. 9. MODERERING VAN DIE PRAKTIESE EKSAMEN 9.1 VOOR die praktiese eksamen Die onderwyser moet die volgende voor die einde van Maart of vroeër by die vakadviseur indien om te verseker dat die praktiese eksamen van 'n geskikte standaard is:  Die voorgestelde datum vir sig-moderering vir die laaste groep leerders  Die geselekteerde artikel met die tegnieke se gewigswaardes volgens die vaardigheidskode aangedui  'n Fotokopie van die patroonkoevert  'n Instruksieblad  'n Illustrasie van die artikel  Die beplanning vir die aankope  Die beplanning vir al die eksamensessies  Die ingevulde oorsiglys, deur die skoolhoof geteken Die PAT kan nie gedoen word tensy die vakadviseur dit goedgekeur het nie. 9.2 OP DIE DAG van die praktiese eksamen  Maak seker dat leerders hul hande met seep en water was, hul maskers dra en hul werkstasies ontsmet. Volg die protokol van sosiale distansiëring, (1,5 m weg van mekaar). Hou altyd ekstra maskers byderhand.  'n Maksimum van 12 leerders sal in Kwartaal 3 ekstern deur die betrokke vakadviseur gemodereer word terwyl hulle die praktiese eksamen by die skool aflê.  Die onderwyser moet op die dag van die moderering die volgende vir die moderator gereed hê: o Al die artikels wat die leerders gedurende die weeklikse praktiese klasse vir SGA ('SBA') gemaak het (indien nie reeds gedurende SGA-moderering gemodereer nie) o 'n Kopie van die voltooide assesseringsinstrument vir weeklikse praktiese lesse o Die voltooide artikels (nagesien) van al die leerders wat reeds die praktiese eksamen voltooi het o Die punte van al die leerders wat reeds die praktiese eksamen voltooi het o 'n Aparte stel assesseringsinstrumente vir die moderator se gebruik, met die leerders se name reeds op die assesseringsinstrument geskryf  Elke leerder moet die bywoningsregister teken voordat die eksamen begin.  Die moderator sal SES (6) leerders lukraak kies. Hierdie leerders sal onafhanklik van die onderwyser geassesseer word.  Na afloop van die assessering en konsolidering van punte sal die moderator sy/haar assessering met dié van die onderwyser vergelyk. Indien die moderator vind dat die onderwyser se punte meer as 10% van sy/haar punte verskil, moet 'n blokverskuiwing opwaarts of afwaarts gemaak word na gelang van die verskil. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Verbruikerstudies 7 DBE/PAT 2022 NSS (Produksie van Sagtemeublement-artikels) Die tabel hieronder dui aan hoe om die verskil tussen die moderator se punte en die onderwyser se punte te bepaal sodat daar bepaal kan word of 'n aanpassing gemaak moet word asook hoe groot die aanpassing moet wees. PAT 100 Leerder se Naam *O *M Leerder A 84 69 Leerder B 83 70 Leerder C 68 53 Leerder D 59 44 Leerder E 49 40 Leerder F 45 40 TOTAAL 388 316 GEMIDDELDE PUNT = TOTAAL ÷ 6 (getal leerders) 66 53 VERSKIL = 66 (*O) – 53 (*M) 13 AANPASSING AFWAARTS  OPWAARTS –3 *O = Onderwyser; *M = Moderator  'n Blokverskuiwing kan ook op grond van die professionele oordeel van die moderator gemaak word as die praktiese eksamen van die skool nie aan die verwagte standaard voldoen nie.  Die moderator sal die uitslag en enige aanpassings met die onderwyser bespreek.  Die finale gemodereerde punte moet dan op die gerekenariseerde puntestaat aangebring word.  Die punte van al die leerders sal geraak word as 'n aanpassing gemaak word. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Verbruikerstudies 8 DBE/PAT 2022 NSS (Produksie van Sagtemeublement-artikels) VAARDIGHEIDSKODE-GEWIGSWAARDE VAN TEGNIEKE GEBRUIK IN SAGTEMEUBLEMENT-PRODUKSIE  Gebruik die volgende vaardigheidskode-gewigswaarde om 'n patroon vir die PAT sowel as vir die weeklikse praktiese lesse te kies.  Die vaardigheidskode toon die tegnieke se gewigswaarde en NIE die puntetoekenning NIE.  Die gewigswaarde vir 'n spesifieke tegniek kan slegs EEN keer toegeken word.  Die onderwyser kan 'n tegniek, wat nie hieronder aangedui word nie, byvoeg nadat dit met die vakadviseur bespreek is. Die onderwyser en die vakadviseur moet dan op die gewigswaarde vir die nuwe tegniek besluit.  'n Gewigswaarde word aan 'n tegniek toegeken volgens die moeilikheidsgraad van die tegniek.  Die totale gewigswaarde van die tegnieke vir elke praktiese eksamen in graad 12 moet 'n minimum van 50 punte in totaal hê. Uitlê en uitknip van kommersiële patroon 15 Laslapontwerp 10  Kleedstof korrek gevou 1  Ontwerp op papier geteken 3  Patroon op lengtedraad geplaas 2  Ontwerp pas by kleedstof en artikel 3  Alle toepaslike dele op vou geplaas 2  Moeilikheidsgraad (aantal/vorm van lappies) 4  Patroondele ekonomies geplaas 2  Patroondele korrek op kleedstof vasgesteek 1  Reguit knipwerk op kniplyn 2  Kepies korrek uitgeknip 1  Patroonmerke 2  Volg patrooninstruksies 2 Uitlê/Uitknip sonder kommersiële patroon 15 Uitlê en uitknip van laslappatroondele 15  Kleedstof korrek gevou 1  Mates korrek op kleedstof aangebring 3  Mate korrek op kleedstof aangebring 5  Korrekte aantal laslapdele 2  Lengtedraad korrek gebruik 3  Laslapdele ekonomies geplaas 2  Reguit knipwerk 4  Lengtedraad korrek gebruik 2  Korrekte aantal dele 2  Patroondele ekonomies geplaas  Voering en watteersel korrek gemeet/geknip 3  Reguit knipwerk 3 Oop/Toe nate van artikel 5 Vaswerk/Las van laslappies 15  Reguit stiksel/gladde ronding/vierkantige  Laslappies volgens patroon gelas 3 hoek 2  Reguit nate/gladde rondings/vierkantige hoeke 3  Naattoelating korrek, egalige breedte 2  Naattoelating 0,5 cm 2  Naatafwerking 1  Laslappies/nate stem ooreen 4  Korrekte stryk van nate 3 Skuinsstroke/Omboorsel 20 Kwiltwerk 20  Knip skuinsstroke 5  Drie lae (boonste laag/watteersel/voering) 2  Las skuinsstroke 5  Rygwerk deur al drie lae 4  Heg skuinsband vir afwerking aan 3  Oordra van kwiltontwerp 4  Korrekte en egalige breedte 3  Gelyke en netjiese kwiltsteke 4  Lê plat en gelyk/geen voue/plooie nie 2  Stik reguit nate/gladde rondings/vierkantige  Masjien-/Handsteke 2 hoeke 4  Keuse van kwiltgare 2 Skuinsstrookkoord ('piping') 20 Verstekhoek 15  Knip skuinsstroke korrek 5  Presiese mates reg rondom 3  Korrek gelas 5  45º-hoeke met naattoelating geknip 3  Krimp koord 2  Stik hoeke en knip naattoelating korter 3  Maak koord 5  Vou rafelrande om en ryg vas deur al die lae 3  Vasstik van koord aan artikel 3  Bo-op-stiksel egalig deur al die lae/geen voue nie/plooie 3 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Verbruikerstudies 9 DBE/PAT 2022 NSS (Produksie van Sagtemeublement-artikels) Ritssluiter 15 Passende hoek 10  Naattoelating korrek 3  Korrekte mate en knipwerk 3  Naatafwerking 2  Naat gestik 2  Stiksels korrekte breedte van ritssluiter 4  Soom korrekte breedte vir rek 2  Hoeke aan onderkant netjies en reguit 3  Inryg en vasheg van rek 3  Hoeke aan bokant netjies en reguit 3 Gordynvoering 15 Randstrook aanheg 10  Nate reguit gestik 3  Egalige breedte 3  Soom 3  Reguit stiksel/geen plooie nie 2  Gordynband korrekte posisie 3  Netjies simmetriese hoeke 3  Gordynband 3 rye stiksels 3  Geen slordige lasplekke nie 2  Komberssteeklussie – posisie van voering 3 Oorgetrekte gordynkappe 5 Vasmaakmiddels: Knoop/lussie/drukkers/ 5  Geknip volgens vorm/ontwerp 2 knoopsgate/Velcro (klitsband)  Watteersel 1  Korrek gespasieer 2  Stikwerk reguit/hoeke netjies 2  Geskik vir item 1  Korrek en stewig vasgewerk 2 Knope/Versierings op artikel 5 Bande/Handvatsels vir sak 10  Korrekte keuse vir artikel 2  Egalige breedte, geskik vir artikel 3  Vasgewerk deur al die lae 1  Aan binnekant versterk met geskikte materiaal 3  Werk af met komberssteek 2  Stewig vasgestik aan sak 4 Voering vir sak 10 Valletjies – rygsplooie 15  Korrekte naattoelating 2  Soom netjies, egalige breedte, netjiese stiksel 3  Reguit nate 3  Korrekte steeklengte vir rygsels 1  Netjies aan sak geheg 3  2/3 rye rygsels 2  Korrekte grootte 2  Rygsplooie egalig versprei 3  Vaswerk aan artikel – steek in middel van rygsels 4  Naatafwerking 2 Plat plooie 15 Kussingsloop 10  Patroonmerke korrek oorgedra 3  Vou oor belegsel korrek/soom netjies 2  Egalig gespasieer 3  Nate egalig/netjies (platnate/toe nate) 3  Egalige breedte 3  Stiksel reguit 3  Geskik vir materiaal/patroon 3  Hoeke geknip 2  Plooie op lengtedraad gevou 3 Borduurwerk 3–5 steke 10 Bo-opgestikte sak 10  Goeie ontwerp, geskik vir artikel 3  Vorm van sak, grootte, naatwydte 3  Goeie keuse van kleure 2  Korrekte posisie op artikel 3  Tegnieke vir borduursteke 5  Stikwerk om sak op artikel vas te heg 4 Ander versierings behalwe borduurwerk 5 Gebruik van ander versierings, bv. kant, krale, knope  Geskik vir die artikel 2  Korrek en stewig vasgeheg 3 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Verbruikerstudies 10 DBE/PAT 2022 NSS (Produksie van Sagtemeublement-artikels) ONDERWYSER SE BEPLANNING GRAAD 12 PRAKTIESE EKSAMEN (Moet aan die einde van Maart of vroeër aan die vakadviseur vir moderering voorgelê word.) Naam van skool: Naam van onderwyser: Datum(s) en tyd (tye) van praktiese eksamensessies: TOETS VIR PAT GRAAD 12 (Heg kopieë van patrone en instruksieblaaie aan) UITLÊ EN UITKNIP TEGNIEKE GEWIGSWAARDE TOTAAL PRAKTIESE EKSAMEN TEGNIEKE GEWIGSWAARDE TOTAAL Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Verbruikerstudies 11 DBE/PAT 2022 NSS (Produksie van Sagtemeublement-artikels) VOORBEELD VAN ONDERWYSER SE BEPLANNING VIR AANKOPE (Moet aan die einde van Maart of vroeër aan die vakadviseur vir moderering voorgelê word.) Totale getal Groepe Getal leerders Datums Tyd leerders per groep 25 1 13 10/09/2022 08:00–11:00 2 12 10/09/2022 12:30–15:30 Benodigdhede per leerder Hoeveelheid Getal leerders Totaal benodig per leerder 100% katoen (30 cm x 3) 90 cm 25 22,5 meter Garing 1 tolletjie 25 tolletjies Patroon 1 25 patrone Watteersel/Tussenbelegsel 1m 25 meter ('Batting') Ryggare 1 25 tolletjies Kant/Koord 1 25 meter ONDERWYSER SE INKOPIELYS Benodigdhede Hoeveelheid 100% katoen 22,5 meter Garing 25 tolletjies Patroon 25 patrone Watteersel/Tussenbelegsel ('Batting') 25 meter Ryggare 25 tolletjies Kant/Koord 25 meter Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Verbruikerstudies 12 DBE/PAT 2022 NSS (Produksie van Sagtemeublement-artikels) ONDERWYSERBEPLANNING VIR AANKOPE (Moet aan die einde van Maart of vroeër aan die vakadviseur vir moderering voorgelê word.) Totale getal Groepe Getal leerders Datums Tyd leerders per groep Benodigdhede per leerder Hoeveelheid Getal Totaal benodig per leerder leerders ONDERWYSER SE INKOPIELYS Benodigdhede Hoeveelheid Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Verbruikerstudies 13 DBE/PAT 2022 NSS (Produksie van Sagtemeublement-artikels) VERBRUIKERSTUDIES PRAKTIESE ASSESSERINGSTAAK PRODUKSIE VAN SAGTE MEUBLEMENT-ARTIKELS OORSIGLYS VIR BEPLANNING (wat vir moderering voorgelê moet word) SKOOL ONDERWYSER SKOOLHOOF DATUM INGELEWER Datums van alle Voorgestelde Goedgekeurde PAT-sessies modereringsdatum modereringsdatum KRITERIA JA/NEE KOMMENTAAR DEUR MODERATOR Items ingesluit 'n Illustrasie van die artikel/ fotokopie van die patroonkoevert Kopie van die patroon/instruksie- blad vir die leerders Volledige lys tegnieke en totale gewigswaarde van artikel vir praktiese eksamen Kriteria vir tegnieke gebruik vir artikel Beplanning vir aankope GOEDGEKEUR/NIE GOEDGEKEUR NIE DATUM VIR HERVOORLEGGING: __________ Handtekeninge: ONDERWYSER: __________________________ DATUM:____________________________ SKOOLHOOF: ____________________________ DATUM: ___________________________ MODERATOR: ____________________________ DATUM: ___________________________ Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Verbruikerstudies 14 DBE/PAT 2022 NSS (Produksie van Sagtemeublement-artikels) ASSESSERINGSINSTRUMENT VIR SAGTE MEUBLEMENT PRAKTIESE ASSESSERINGSTAAK NAME EN VANNE VAN LEERDERS NAAM VAN SKOOL ________________________________ DATUM __________________________________________ ONDERWYSER ___________________________________ MODERATOR ____________________________________ PRAKTIESE EKSAMEN 1. PRAKTIESE VAARDIGHEDE EN TEGNIEKE 1.1 Interpretasie van die patroon 4 Volg die patrooninstruksies akkuraat 2 Verstaan terminologie en simbole vir implementering 2 1.2 Akkurate implementering van tegnieke 20 Korrekte tegniek vir uitlê en uitknip 6 Korrekte tegnieke toegepas om die artikel te produseer: 14 (Uit die lys hieronder, assesseer die tegnieke wat op die artikel van toepassing is) Nate/Aanmekaarwerk van laslapdele/Kwiltwerk/ Skuinsstroke/Omboorsel/Skuinsstrookkoord ('piping')/ Verstekhoek/Passende hoek/Ritssluiter/ Gordynvoering/Bedekte gordynkappe/Knope/ Versierings op artikel/Voering vir sak/Borduurwerk/ Ander versiering/Plat plooie/Randstrook aanheg/ Vasmaakmiddels/Bande/handvatsels vir sak/ Valletjies/Kussingsloop/Bo-op gestikte sak 1.3 Korrekte hantering van toerusting 8 Korrekte hantering van kleiner toerusting, bv. 3 maatband, skêr, naalde Korrekte hantering van groot toerusting, bv. 2 naaimasjien, omkapmasjien Veilige gebruik van toerusting, bv. skêre/spelde/ 3 strykysters/naalde 1.4 Ekonomiese produksie van die artikel 8 Gereelde gehaltebeheerpunte (tydens uitlê en uitknip 2 en produksieproses) Ekonomiese gebruik van voorraad, geen vermorsing 2 van kleedstof of kramery/klein benodigdhede nie Werk onafhanklik, stil, steur nie ander leerders nie, vra 2 geen vrae nie Effektiewe gebruik en bestuur van tyd 2 2. HIGIËNE EN NETHEID 2.1 Werkstasie en toerusting gedurende praktiese 8 eksamen Werkstasie netjies en goed georganiseerd 3 Klein toerusting lê nie rond nie 2 Werk higiënies en veilig 3 2.2 Persoonlike voorkoms 3 Toepaslik geklee (skooluniform) 1 Naels skoon en kort 1 Hande gewas en ontsmet toe lokaal binnegekom is en 1 met gereelde tussenposes 2.3 Netheid van werkstasie na praktiese eksamen 4 Werkstasie skoon 1 Toerusting skoongemaak en weggepak in korrekte 2 stoorplek Afval verwyder en vullisdrom skoon 1 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Verbruikerstudies 15 DBE/PAT 2022 NSS (Produksie van Sagtemeublement-artikels) ASSESSERINGSINSTRUMENT VIR SAGTE MEUBLEMENT PRAKTIESE ASSESSERINGSTAAK (vervolg) NAME EN VANNE VAN LEERDERS 3. GESKIKTHEID VIR VERKOPE (VERKOOPBAARHEID) 3.1 Verpakking 4 Beskerm die artikel 1 Geskik vir die artikel 1 Koste-effektief 1 Verbruikersaanklank 1 3.2 Etiket 5 Vesel-inhoud/tipe kleedstof gebruik 1 Toon kreatiwiteit 1 Vervaardiger se naam/fisiese adres/ 1 kontakbesonderhede Grootte/Prys 1 Versorgingsinstruksies 1 3.3 Artikel geskep, voldoen aan die spesifikasies 36 Geskikte keuse van kleure vir artikel 2 Korrekte grootte van artikel volgens patroon 2 Skoon artikel 2 Drade netjies afgewerk 2 Netjies gestryk/gepars 2 Nate netjies en korrek geheg 3 Nate netjies gestik en afgewerk 2 Stewige stiksels 2 Geen flaters/foute nie (bv. gate) in die konstruksie 2 van die artikel nie Korrekte toepassing van tegnieke gebruik in die 5 konstruksie van die artikel Korrekte en egalige spanning deurgaans 2 Geskiktheid vir verkope/Verkoopbaarheid (Gebruik 10 die skaal hieronder) TOTAAL 100 Straf indien laat: Trek 2 punte af vir elke 5 minute laat, tot 'n maksimum van 20 punte. TOTAAL 100 GESKIKTHEID VIR VERKOPE/VERKOOPBAARHEID: 0–2 Onaanvaarbaar, voldoen nie aan die vereistes nie, sal nie verkoop nie 3–4 Swak, voldoen aan sommige van die vereistes, sal nie verkoop nie 5–6 Gemiddeld, voldoen aan die meeste van die vereistes, behoort te verkoop 7–8 Goed, voldoen aan al die vereistes, sal goed verkoop 9–10 Uitstekend, oortref al die vereistes, sal baie goed verkoop Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Verbruikerstudies 16 DBE/PAT 2022 NSS (Produksie van Sagtemeublement-artikels) VOORBEELD VAN SAGTEMEUBLEMENT-ARTIKEL VIR DIE PRAKTIESE ASSESSERINGSTAAK DUBBELE VIER-VIERKANTE-LASLAPKUSSING GEWIGSWAARDE: Kies tegnieke met 'n gewigswaarde van 50 vaardigheidskodepunte. UITLÊ EN UITKNIP TEGNIEK GEWIGSWAARDE Ontwerp, uitlê en uitknip van patroondele 15 SUBTOTAAL 15 TEGNIEK GEWIGSWAARDE Nate/Las van laslap-patroondele 15 Oop/Toe nate van artikel 5 Ritssluiter 15 SUBTOTAAL 35 TOTAAL 50 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Verbruikerstudies 17 DBE/PAT 2022 NSS (Produksie van Sagtemeublement-artikels) TEMPLATE (Kniplyn) (Naatlyn) (Reguit draad) (Kniplyn) (Naatlyn) (Reguit draad) BENODIGDHEDE:  50 cm van 112 cm wye effekleurige magenta katoenkleedstof vir die agterkant  50 cm van 112 cm wye effekleurige magenta katoenkleedstof  50 x 15 cm reghoekige geblomde kleedstof (pienk)  50 x 25 cm kontrasterende geblomde kleedstof (blou)  30 cm onsigbare ritssluiter (plastiek/nylon)  Bypassende garing  40 cm vierkantige kussing (watteersel)  Ritsvoetjie ('zipper foot')  Torringmessie UITLÊ EN UITKNIP:  Sestien 6,2 cm vierkante van die effekleurige magenta kleedstof vir die klein vierkante (gebruik Templaat B).  Sestien 6,2 cm vierkante van die (pienk) geblomde kleedstof vir die klein vierkante (gebruik templaat B).  Agt 11,2 cm vierkante van die (blou) geblomde kleedstof vir die groot vierkante (gebruik Templaat A).  Twee 41,2 cm x 29 cm reghoeke van die effekleurige magenta kleedstof vir die agterkant. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Verbruikerstudies 18 DBE/PAT 2022 NSS (Produksie van Sagtemeublement-artikels) MAAK VAN DIE KUSSING: KUSSING PRAKTIESE EKSAMEN: 3 UUR INSTRUKSIES ILLUSTRASIES STAP 1:  Steek elke effekleurige magenta vierkant aan 'n (pienk) geblomde vierkant langs die een rand vas met die regte kante na mekaar.  Laat 'n 0,5 cm-naattoelating en stik die vierkante aan mekaar (ketting) en verwyder die spelde soos wat jy stik. STAP 2:  Knip die pare van mekaar en pars die naattoelating in die rigting van die effekleurige magenta vierkante van al die pare.  Jy moet 16 pare hê, wat jy sal gebruik om die vier aparte dubbele vierlaslapblokke te vorm. STAP 3:  Steek en stik twee paar van die klein vierkante aan mekaar vas met die regte kante op mekaar en met 'n naattoelating van 6 mm.  Herhaal en vorm agt sulke stelle geruite ('checkerboard') vierkante.  Pars die nuwe naattoelatings na die regter- of die linkerkant toe. STAP 4:  Speld en stik elke geruite ('checkerboard') vierkant aan 'n groot (blou) geblomde vierkant vas, met die regte kante op mekaar en 'n naattoelating van 0,5 cm. (Maak seker dat vier van die groot vierkante bo die ruite ('checkerboards') is en vier daarvan aan die onderkant.) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Verbruikerstudies 19 DBE/PAT 2022 NSS (Produksie van Sagtemeublement-artikels) STAP 5:  Jy sal nou twee helftes van elke dubbele vierlaslapblok hê.  Pars die nuwe naattoelatings sodat dit in alternatiewe rigtings lê (bo na onder) wanneer die finale naat van elke blok aan mekaar gesit is. STAP 6:  Plaas die helftes saam sodat die hoeke van twee aangrensende effekleurige magenta vierkante en twee groot vierkante in die middel van die naat bymekaarkom.  Steek vas, begin by die middel van die naat, dan by elke hoek. STAP 7:  Stik die nate met 'n naattoelating van 0,5 cm en verwyder die spelde soos wat jy stik.  Herhaal tot vier dubbele vierlaslapblokke gevorm is. STAP 8:  Lê al vier blokke uit sodat elke blok 'n spieëlbeeld van die aangrensende blok is.  Steek vas (vanaf die middel) en stik saam om pare te vorm, regte kante op mekaar met 'n naattoelating van 6 mm. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Verbruikerstudies 20 DBE/PAT 2022 NSS (Produksie van Sagtemeublement-artikels) STAP 9:  Pars die twee nuwe naattoelatings sodat dit in teenoorgestelde rigtings lê.  Steek die pare blokke vanaf die middel aan mekaar vas met die regte kante op mekaar.  Stik en laat 'n naattoelating van 0,5 cm.  Pars plat. STAP 10:  Met regte kant na mekaar, steek die effekleurige kleedstof aan die laslap- voorkant met die onafgewerkte kante wat met mekaar ooreenstem. STAP 11: Stik  Merk 5 cm vanaf elke kant van die vierkant. Die ritssluiter sal tussen die twee merke ingestik word.  Begin by die ente en stik langs die gemerkte deel met 'n naattoelating van 12 mm.  Stik agteruit by die ente en merke om dit stewig te hou. STAP 12: Ryg  Ryg tussen die twee merke (tydelike steke). Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Verbruikerstudies 21 DBE/PAT 2022 NSS (Produksie van Sagtemeublement-artikels) STAP 13: Pars oop  Pars die naat oop.  Plaas die dele op so 'n wyse dat die verkeerde kant na bo wys. STAP 14:  Plaas die ritssluiter met die VERKEERDE kant na bo op die gerygde gedeelte.  Steek die ritssluiter vas en ryg om dit in posisie te hou.  Gebruik 'n ritsvoetjie en stik al langs die kante van die ritssluiter tot aan die ent van die kleedstof. STAP 15:  Draai die kussingsloop dat die REGTE KANT buite is.  Verwyder die rygsteke wat die ritssluiter bedek. STAP 16:  Maak die rits omtrent halfpad ook en stik oor die ente van die ritssluiter tot waar die tande eindig. (Wees versigtig om nie enige metaaldele daaronder te raak nie.) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Verbruikerstudies 22 DBE/PAT 2022 NSS (Produksie van Sagtemeublement-artikels) STAP 17: Ritssluiter aangeheg  Vou die kleedstof in die helfte met REGTE kante op mekaar.  Stik rondom die buitekant van die kussing en laat 'n naattoelating van 0,5 cm.  Knip die hoeke, pars en draai om sodat regte kante na buite wys, gebruik 'n breinaald of stomp potlood om die hoeke netjies uit te druk Stik STAP 18:  Sit die kussingwatteersel in.  Verpak en benoem die artikel. As die onderwyser 'n tuisgemaakte patroon gebruik, moet 'n instruksieblad ingesluit word. 10. GEVOLGTREKKING Na voltooiing van die praktiese assesseringstaak moet leerders in staat wees om hulle begrip van die bedryf te toon; hulle kennis, vaardighede, waardes en redenasievermoëns te versterk, en ook betrekkinge buite die klaskamer te vestig en uitdagings in die wêreld daar buite aan te durf. Die PAT ontwikkel verder leerders se lewensvaardighede en gee aan hulle die geleentheid om by hulle eie leerervarings betrokke te wees. Kopiereg voorbehou

Study this subject

Notes, quizzes and topic questions for Grade 12 Consumer Studies.

More papers and memos for this grade and subject.

More from Grade 12 Consumer Studies

View all