Downloaded from hlayiso.com
DANSSTUDIES
RIGLYNE VIR
PRAKTIESE ASSESSERINGSTAKE
GRAAD 12
2019
Hierdie riglyne bestaan uit 32 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentPractical assessment task _hlayiso.com_--8c9dc413-0765-4aa4-8852-fdb1036e10a8/v1-473ac2b2cedf6ee82393/card.webp)











View all





Dance Studies PAT GR 12 2019 Afr
Grade 12 Dance Studies practical assessment task from the 2019 (Afrikaans), 32 pages. Read online or get the free PDF download.
Dance Studies · Grade 12 · 2019 · Afrikaans. Practical assessment task, 32 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Dance Studies
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Practical assessment task
- Year
- 2019
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 32
- File size
- 934.1 KB
Loading document…
Loading document…
1 of 32
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Dansstudies 2 DBE/PAT 2019
NSS
INHOUDSOPGAWE
1. INLEIDING 3
2. DOEL/VOORDELE VAN PAT'e – INHOUD/KONSEPTE/VAARDIGHEDE 3
3. PAT-IMPLEMENTERING 4
4. SPESIALE BEHOEFTES/SIEKTE/BESERING 4
5. LYS VAN HULPBRONNE 4
6. ONDERWYSERRIGLYNE/KLASBEPLANNING VIR PAT 1: CHOREOGRAFIE 5
6.1 TYDRAAMWERK 5
6.2 LEIDING AAN LEERDERS VIR PRAKTIESE GESKREWE JOERNAAL 5
6.3 ASSESSERING, MODERERING EN BESTUUR VAN HIERDIE
KOMPONENT 6
6.4 PAT 1- EN 2-INGRYPING T.O.V. NIENAKOMING 12
6.5 INSTRUKSIES AAN LEERDERS 13
PAT 1: CHOREOGRAFIESE UITVOERINGSTAAK 13
6.6 LEERDERINLIGTING VIR PAT 1 (MODEL/VOORBEELD) 14
7. ONDERWYSER SE RIGLYNE VIR PAT 2: GROEPDANS 21
7.1 TYDRAAMWERK 27
7.2 STRUKTUUR VAN DIE GROEPDANS 27
7.3 LEIDING AAN LEERDER VIR DIE JOERNAAL 28
7.4 GESKREWE INHOUD MOET INSLUIT 28
7.5 ASSESSERING EN MODERERING 29
AKRONIEME
KABV Kurrikulum-en-assesseringsbeleidsverklaring
VOO Verdere Onderwys en Opleiding
NKV Nasionale Kurrikulumverklaring
NSS Nasionale Senior Sertifikaat
PAT Praktiese Assesseringstaak
AP Assesseringsprogram
SGA Skoolgebaseerde Assessering
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dansstudies 3 DBE/PAT 2019
NSS
1. INLEIDING
Die 17 Kurrikulum-en-assesseringsbeleidsverklaring-vakke wat 'n praktiese
komponent bevat, sluit almal 'n praktiese assesseringstaak (PAT) in. Hierdie vakke
is:
• LANDBOU: Landboubestuurswetenskappe, Landboutegnologie
• KUNS: Dansstudies, Ontwerp, Dramatiese Kunste, Musiek,
Visuele Kunste
• WETENSKAPPE: Rekenaartoepassingstegnologie, Inligtingstegnologie,
Tegniese Wetenskappe
• DIENSTE: Verbruikerstudies, Gasvryheidstudies, Toerisme
• TEGNOLOGIE: Siviele Tegnologie, Elektriese Tegnologie,
Meganiese Tegnologie en Ingenieursgrafika en -ontwerp
'n Praktiese assesseringstaak (PAT) is 'n verpligte komponent van die finale
promosiepunt vir alle kandidate ingeskryf vir vakke wat 'n praktiese komponent het
en tel 25% (100 punte) van die eksamenpunt aan die einde van die jaar. Die PAT
word oor die eerste drie kwartale van die skooljaar geïmplementeer. Dit word in
verskillende fases of 'n reeks kleiner aktiwiteite afgebreek wat saam die PAT
opmaak. Die PAT bied leerders die geleentheid om op 'n gereelde basis gedurende
die skooljaar geassesseer te word en dit maak ook voorsiening vir die assessering
van vaardighede wat nie in 'n geskrewe formaat, bv. toetse of eksamens,
geassesseer kan word nie. Dit is dus belangrik dat skole seker maak dat al die
leerders die praktiese assesseringstake binne die toegelate tydperk voltooi om te
verseker dat leerders aan die einde van die jaar hulle uitslae ontvang. Die
beplanning en uitvoering van die PAT verskil van vak tot vak.
Die vak Dansstudies het TWEE praktiese assesseringstake (PAT'e).
Die TWEE PAT'e = 100 PUNTE en maak 'n kwart van die einde-van-die-jaar-
eksamenpunt uit en moet die tyd en aandag gegee word wat dit toekom.
2. DOEL/VOORDELE VAN DIE PAT'e – INHOUD/KONSEPTE/VAARDIGHEDE
• Dans, as 'n uitvoerende kunsvorm, moet nie net in die dansklas en
eksamenlokaal ervaar word nie, maar ook, waar moontlik, in dansproduksies op
die verhoog.
• Opvoering verbeter die standaard van die danstegniek en -gehalte.
• Die PAT'e stel leerders in staat om die volgende vaardighede te ontwikkel:
o Kritiese denke – hoe om musiek/begeleiding/produksie-elemente/
choreografiese strukture/opvoerruimtes/tegnologie/gemengde media, ens.
te gebruik om 'n danswerk te verbeter.
o Kreatiewe denke – die vermoë om 'n idee deur navorsing/improvisasie/
verkenning/abstraksie/interpretasie vanaf 'n beginpunt tot 'n volledige
danswerk te ontwikkel of betekenis vanuit beweging te skep.
o Probleemoplossing – bestuur hulself en ander mense/vind kreatiewe
oplossings vir probleme/implementeer korreksies vir verbetering/ bestuur
tydsbeperkings en hou by sperdatums.
o Leierskap en spanwerk – lewensvaardighede soos toewyding, fokus,
beplanning, voorbereiding en tydsbestuur word in werklike lewens situasies
ervaar.
• Die doel van die geskrewe komponent van die PAT'e is om die leerder se
inhoudskennis en begrip van die vak as 'n geheel te verbeter. Die leerder se
begrip van ontleding en interpretasie van danswerke en choreografiese
strukture/style/ dans-elemente/opvoeringsgehalte word verdiep en die leerder
word tydens die geskrewe Vraestel 1 in die finale eksamen voorberei om kennis
in spesifieke scenario's toe te pas .
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dansstudies 4 DBE/PAT 2019
NSS
3. PAT-IMPLEMENTERING
• Die TWEE PAT'e moet in die eerste twee kwartale van die skooljaar voltooi word
en kan in enige volgorde gedoen word.
• Dit bied leerders die geleentheid om op 'n meer gereelde basis geassesseer te
word en toets dus so vaardighede wat nie in 'n enkele formele eksamen of toets
gedoen kan word nie.
• Die twee PAT'e is verpligte komponente van die finale VOO-bevorderings-
punt.
• Dit is dus baie belangrik dat skole seker maak dat alle leerders binne die
gegewe tydperk albei die PAT'e voltooi. Indien 'n leerder versuim om enige van
die PAT'e te voltooi, sal die leerder aan die einde van die jaar 'n
onvoltooide/onvoldoende resultaat kry .
KWARTAAL 1 KWARTAAL 2 KWARTAAL 3 PAT-JAARPUNT
PAT 1: PAT 2: Voltooiing van 100 PUNTE
25 punte geskrewe 25 punte geskrewe enige uitstaande
25 punte prakties 25 punte prakties PAT'e
4. ONGESKIKTHEID/SIEKTE/BESERING
• 'n Leerder met spesiale behoeftes wat aan die begin van hierdie VOO-vak
ingeskryf, sal volgens hulle opvoeringsvermoëns geassesseer word en daar sal
op geen manier teen hulle gediskrimineer word nie.
• 'n Liggaamlik geskikte leerder wat gedurende sy/haar graad 12-jaar ernstig siek
of beseer word, kan 'n soortgelyke vergunning ontvang.
• Indien 'n voorheen gesonde kandidaat se vermoë om op te tree/dans verander,
moet 'n aansoek by die provinsiale direktorate vir die nodige oorweging en
goedkeuring voorgelê word.
• Mediese bewyse en getuienis deur 'n professionele persoon moet voorgelê
word.
• Dit is nie van toepassing op die geskrewe of deelnamekomponente van die PAT-
vereistes nie, slegs op die finale opvoeringspunt.
• Swangerskap word nie as 'n siekte of besering beskou nie. 'n Swanger leerder
sal die geleentheid kry om haar PAT-assessering voor of ná die geboorte van
haar baba te voltooi, alhoewel dit binne die skooljaar moet plaasvind.
• Die PAT-komponente kan aangepas word om beseerde leerders die geleentheid
te gee om aan die finale opvoering deel te neem , bv. tree op in 'n rolstoel/sit op
'n stoel/staan/minimale beweging.
5. LYS VAN HULPBRONNE
• Leerderboek: Grade 12 Excellent Dance Studies – PAT-inhoud
• Onderwysersgids: Grade 12 Excellent Dance Studies – onderrigmetodologie
• CD's, 'n versameling geskikte musiek en musiekinstrumente, klankstelsel
• Literatuur/Artikels/Handboeke oor dans (boeke, tydskrifte, die internet)
• Toegang tot navorsingsinligting oor onderwerpe wat in die leerderchoreografieë
behandel sal word, bv. boeke, tydskrifte, koerante, die internet.
• Naslaanwerke, soos Dance Studies: Teaching Improvisation, Choreography and
Production (WCED 2009 – beskikbaar by Edumedia)
• Repertoire vir die gekose dansgenre in PAT 2
• Rekwisiete, kostuums, opvoerruimte en ander produksie-elemente, indien
beskikbaar
• Videokamera/selfoonkamera om die groepdanse en choreografie op te neem
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dansstudies 5 DBE/PAT 2019
NSS
6. ONDERWYSERRIGLYNE/KLASBEPLANNING VIR PAT 1: CHOREOGRAFIE
• Dit is 'n veeleisende afdeling van die kurrikulum. Leerders moet genoeg tyd en
leiding kry om 'n danswerk vanaf die beginfases tot die eindproduk te
konseptualiseer.
• Hierdie PAT mag nie aan leerders gegee word om sonder toesig/op hulle
eie/buite skoolure te doen nie. Dit sluit beide die praktiese en geskrewe
komponente in. Huiswerk moet in al twee die komponente gegee word.
• Die onderwyser moet 'n beginpunt/intensie aan die leerders verskaf vanwaar
hulle dan self dit verder kan interpreteer. 'n Voorbeeld van 'n leerderinligtingstuk
is ingesluit op bladsy 14
6.1 TYDRAAMWERK
• Hierdie PAT moet in kwartaal 1 of 2 gedoen word. Dit behoort 8–10 weke te
neem om te voltooi.
• Voorbereiding hiervoor moes reeds in kwartaal 4 in graad 11 begin het (sien
bladsy 29, KABV-dokument).
• Elke groep se choreografie moet 2 – 3 minute lank wees in totaal.
• Een les per week moet op die skoolrooster vir hierdie PAT toegeken word. Dit
moet beide die praktiese en geskrewe afdelings insluit.
• Bykomende tyd kan tydens pouse en na skool tussen die leerders en
onderwyser gereël word vir terugvoering en individuele aandag. Dit sal die
onderwyser kans gee om te help met enige probleme wat hulle ervaar asook om
raad te gee t.o.v. verbeterings.
• Die finale assesseringsdatum moet vooraf aan die leerders gegee word.
6.2 LEIDING AAN LEERDERS VIR PRAKTIESE EN GESKREWE JOERNAAL
• Inspireer jou leerders. Gee die leerders visuele stimuli wat hulle kreatiwiteit
sal aanwakker en 'n raamwerk sal skep waarin hulle die PAT met entoesiasme
en energie kan aanpak.
• Tydens onderrig van hierdie komponent, hou in gedagte dat sommige leerders
van tegnologie gebruik sal maak om hulle PAT te verbeter.
• By skole waar daar 'n groot aantal graad 12-inskrywings is, moet die
dansleerders in groepe van 3–6 leerders per groep ingedeel word. Die
onderwyser bestuur dit.
• Elke groep moet een choreografiese danswerk produseer waartoe al die lede
moet bydra.
• Indien daar slegs 1 graad 12-leerder is, moet dansers van ander grade gebruik
word om in die danswerk/choreografie te dans.
• Die danswerk mag nie meer as 3 minute lank wees nie a.g.v. tydbeperkings by
skole.
• Kwaliteit vs. kwantiteit. Die onderwyser moet die leerder lei om die mees
relevante materiaal te kies, wat tydens die beplanning/improvisasieproses vir die
finale produk ontwikkel is.
• 'n Gedetailleerde inligtingstuk moet tydens die eerste klas van die kwartaal
verskaf word waarin die stimulus/tema uiteengesit is asook hoe elke les
beplan moet word. Dit moet naslaan-/verwysingsbladsye in die handboek,
in-/opvoerdatums en sperdatums insluit.
• Die inligtingstuk moet in die leerderjoernaal vir modereringsdoeleindes
geplak word as bewys van die proses wat deur die leerder vir die
verifikasie van punte gevolg is.
• Leerders moet die nasienkriteria en -rubriek ontvang voor hulle met die PAT
begin. Dit sal hulle beplanning en voorbereiding lei.
• Onderwysers is verantwoordelik daarvoor om seker te maak dat elke leerder 'n
joernaal vir die geskrewe komponent van die proses en produk van die PAT,
programnota en produksiebeplanning bedoel is. Dit mag nie in die werkboeke vir
algemene studiedoeleindes gedoen word nie.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dansstudies 6 DBE/PAT 2019
NSS
• Die geskrewe werk moet 'n persoonlike weergawe/eie ervaring t.o.v. die PAT
wees. Leerders mag nie bloot bladsye uit die handboek oorskryf nie.
• Onderwysers moet gereeld die geskrewe werk nasien en terugvoering gee vir
verbetering. Dit moet duidelik wees in die onderwyser se
kommentaar/handtekeninge/datums in die leerderjoernale.
• Onderwysers moet 'n verskeidenheid musiek aan die leerders/groepe verskaf as
hulle dit nie self kan kry nie. Leerders het nie altyd toegang tot 'n wye
verskeidenheid geskikte musiek nie. Onderwysers moet ook help met die finale
keuse, versagting ('fading'), sny ('cutting') en insamel van musiek vir finale
assessering en moderering.
• Onderwysers is verantwoordelik vir die bestuur van leerders na skoolure/tyddeel
m.b.t. die gebruik van lokale/toerusting, ens., asook om hulle veiligheid te
verseker.
• Die onderwyser is na afloop van die PAT verantwoordelik vir die insamel
van alle leerderjoernale/bewyse van die proses sodat dit vir
provinsiale/DBE-moderering gereed is.
• Indien jy die leerdermodel van die inligtingstuk in hierdie PAT gebruik, gebruik
jou skool se Wi-Fi-koppeling/oorhoofse projektors wat aan jou skootrekenaar
gekoppel is om toegang tot die relevante elektroniese voorbeelde van die inhoud
verskaf, te verkry.
Kyk na die Youtube -uittreksels wat kan help om jou leerders se
kreatiwiteit/improvisasie te lei:
https://www.youtube.com/watch?v=yHyrWyekRMc
https://www.youtube.com/watch?v=H8JiB2Nv5Qo
https://www.youtube.com/watch?v=mptyZmxaYvE
6.3 ASSESSERING, MODERERING EN BESTUUR VAN HIERDIE KOMPONENT
• Die puntestaat wat op bladsy 8 verskaf is, moet in alle provinsies sonder enige
veranderinge gebruik word. Al 5 afdelings moet voltooi word. Elke groep
(3–6 leerders per groep, afhangende van getal leerders) moet 'n afskrif van
hierdie puntestaat ontvang.
• Elke leerder in die groep se naam en van moet ingevul word.
• Die nasienrubriek op bladsy 9 moet sonder enige veranderinge in alle provinsies
gebruik word om die puntetoekenning vir elke leerder van punte in AFDELING 1,
2, 3 en 5 te lei.
• Die model/voorbeeld van die prosespuntestaat op bladsy 10, of jou eie
weergawe van die aanteken van punte, moet ingesluit word om te verifieer hoe
jy punte in die 8 week-tydperk – afdeling 4 vir deelname aan die proses aan
elke leerder toegeken het.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dansstudies 7 DBE/PAT 2019
NSS
• Elke leerder moet individueel punte toegeken word om sy/haar persoonlike
bydrae en deelname aan die proses en die finale produk/uitvoering van die PAT
weer te gee.
• Die proses onthul dikwels meer van die ware waarde van 'n leerder se
voorbereiding/deelname/kennis/eksperimentasie/kreatiwiteit wat met hierdie
PAT opgedoen word as die finale produk Onderwysers dit in ag neem in
AFDELINGS 1–4 en punte diensooreenkomstig toeken.
• Die PAT kan as 'n publieke opvoering/skoolopvoering/saalbyeenkoms of in die
danslokaal gedoen word. Dit kan in 'n konvensionele of onkonvensionele
opvoerruimte aangebied word. In sekere gevalle kon dit spesifiek vir verfilming
gechoreografeer gewees het (indien wel, bly alle vereistes vir voltooiing
dieselfde).
• Die beplanning vir die gebruik van produksies-elemente deur elke leerder, moet
nie tot hulle werklike uitvoering beperk word nie. Leerders moet aangemoedig
word om te ontwerp/maak/konseptualiseer wat hulle sou gebruik asof daar geen
beperkings op die begroting is nie. Kreatiwiteit/Oorspronklikheid word in hierdie
komponent vereis soos in die video-uittreksels verskaf.
• Die een-bladsy-programnota moet gebruik word wanneer elke groep se finale
opvoering geassesseer word om die relevansie, betekenis en begrip van 'n
opsomming/bedoeling/idee in hierdie formaat te verifieer. Dikwels het die
programnota geen verband met die finale opvoering nie en word dit dus
nutteloos.
• 'n Register van alle klasse gedurende en na skool moet deur die onderwyser vir
hierdie PAT gehou word.
• Alle ingrypings tot 'n totale nievoltooiing van hierdie PAT moet aangeteken
word en bewyse daarvan moet tydens moderering beskikbaar wees t.o.v. die
toekenning van 'n nulpunt aan 'n leerder.
• Indien slegs sekere GEDEELTES van 1 tot 5 vir die PATvoltooi is, moet
hierdie punt per afdeling as die finale PAT punt toegeken word. Dit beteken dat
die leerder nie 'n onvoltooide resultaat sal ontvang nie (selfs al druip die leerder
hierdie PAT).
• 'n Verklaring van egtheid moet in elke leerder se joernaal geplak word om te
verklaar dat die werk die leerder se eie is en dat die onderwyser 'n getuie van
repetisies was. Enige vorm van plagiaat sal 'n nul-punt ontvang.
• Die onderwyser is verantwoordelik vir 'n DVD van elke groep se finale uitvoering.
• Onderwysers moet 'n gedetailleerde klasplan ontwerp wat onderrigmetodologie/
voorbereiding/hulpmiddels, ens. vir die onderrig van die PAT insluit.
Dit moet die volgende toon:
o 'n Gedetailleerde uiteensetting van hoe daar vir elke les voorberei is en dit
moet ooreenkom met die leerderinligtingstuk vir die kwartaal
o Progressie van inhoud/konsepte en vaardighede aangeleer gedurende die
PAT soos in jou beplanning gestipuleer
o Take moet aanpasbaar opgestel wees om 'n wye reeks leerstyle en
vermoëns te dek
o Hoe take/aanpassings gemaak is om spesialebehoeftes-/beseerde/siek
leerders te akkommodeer asook hoe hulle nagesien sal word om aan die
PAT-standaarde/tydraamwerke, soos per provinsie aangedui, te voldoen
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dansstudies 8 DBE/PAT 2019
NSS
DBE PAT 1 NASIENINSTRUMENT AFDELING 1 TOT 5. Gebruik rubrieke om
punttoekenning te lei.
NAAM VAN SKOOL:
Leerder naam Leerder naam Leerder naam Leerder naam Leerder naam Leerder naam
NAAM VAN ONDERWYSER/S:
MAKS PUNT
DATUM VAN PAT 1 CHOREOGRAFIE-UITVOERING:
ONDERWYSERHANDTEKENING:
GROEPNOMMER:
TITEL VAN CHOREOGRAFIE:
AFDELING 1: GESKREWE WERK IN JOERNAAL
• Navorsing/ondersoek 5
• Gebruik van improvisasie 10
• Gebruik van danselemente 5
• Keuse en gebruik van musiek/begeleiding 10
• Gebruik van choreografiese strukture 10
• Nadenking oor groepsdinamiek 10
• Nadenking/Besinning 10
AFDELING 2: GESKREWE PRODUKSIE BEPLANNING
• Beplanning vir produksie-elemente 10
• Analisering van hoe produksie-elemente die uitvoering versterk het 10
AFDELING 3: PROGRAMNOTA
• Opsomming/Bedoeling/Idee/Tema 5
• Inligting: 5
• Uitleg op een bladsy 10
Geskrewe SUBTOTAAL 100
VERWERK NA 25
AFDELING 4: PROSES GEDURENDE KLAS – ONTWIKKELING
VAN PAT
• Toewyding 10
• Eksperimentering 10
• Kreatiewe bydrae tot die samestelling 10
• Spanwerk 10
• Leierskap 10
AFDELING 5: FINALE DANSWERK
• Bedoeling/Idee/Storie 10
• Oorspronklikheid/Kreatiwiteit 10
• Choreografiese struktuur en danselemente 10
• Kompleksiteit van bewegingswoordeskat 10
• Uitvoeringsgehalte, musikaliteit/interpretasie 10
Praktiese SUBTOTAAL 100
VERWERK NA 25
TOTAAL 50
OPMERKINGS/MODERERING:
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Dansstudies
Downloaded from hlayiso.com
9 DBE/PAT 2019
NSS
DBE PAT 1 NASIENRUBRIEK EN VLAK BESKRYWERS
GESKREWE KOMPONENT: AFDELING 1 – 3 = 100 PUNTE
MAKS PUNT 9–10 punte 8–8½ punte 7–7½ punte 6–6½ punte 5–5½ punte 4–4½ punte 3–3½ punte 0–2½ punte
Inhoud/Konsepte/Vaardighede wat nagesien moet word.
AFDELING 1: GESKREWE WERK
Meeste dele is oorgeskryf uit die handboek. Min begrip oor toepassing van Baie afdelings is nie voltooi nie. Minimale begrip vir die inhoud/konsepte en Meeste afdelings is onvoltooid/nie ingehandig nie. Minimale betrokkenheid
• Navorsing/ondersoek oor die gekose tema/idee/storie/bedoeling was gedoen en sal help met 5
Meeste geskrewe afdelings verskaf gedetailleerde /insiggewende/in diepte
Begrip is getoon in meeste geskrewe afdelings. Konsepte en vaardighede
die konseptualisering van die danswerk.
Alle geskrewe afdelings verskaf gedetailleerde /insiggewende/in diepte
• 'n Wye verskeidenheid improvisasie is gebruik met 'n duidelike begrip en verduidelikings van 10
Die vereistes soos uiteengesit vir die PAT is glad nie aan voldoen nie.
hoe dit gehelp het met die ontwikkeling van nuwe bewegingswoordeskat/oorspronklike
Basiese begrip/kennis van inhoud in meeste afdelings. Sukkel met
idees/eksperimentasie. 5
• Die gebruik van dans-elemente is verstaan en duidelik verteenwoordig in die verduidelikings
van hoe dit ingesluit/ gebruik kan word in die danswerk/die danswerk verbeter. 10
• Insiggewende verduidelikings van hoe die musiek/begeleiding gekies is – proses/rede/hoe dit
die danswerk verbeter. Instrumentasie/genre/komponis/titel, ens. is ingesluit. 10
• Choreografiese strukture/tegnologie/gemengde media/konvensionele/onkonvensionele
begrip van inhoud/konsepte/vaardighede wat geleer is in PAT. Moeite is
uitvoerruimtes is duidelik begryp/redes vir keuses is verskaf met duidelike beskrywings van
begrip van inhoud/konsepte/vaardighede wat geleer is in PAT. Trots en
hoe hulle gebruik is en hoe hulle 'n bydrae tot die danswerk gelewer het. 10
• Betekenisvolle nadenking oor hoe die groep saam gewerk het – beheer in verhoudings/
leierskap/rolle/spanwerk/bydrae/voorbereidheid/bywoning/toewyding/verbeteringstrategieë, 10
kennis. Daar was nie totale betrokkenheid by PAT nie. vaardighede. Min moeite is gedoen. en begrip vir die PAT.
ens.
nie altyd volledig begryp nie. Moeite is sigbaar in meeste dele.
• Selfbesinning/Nadenking wat dui op evaluering van persoonlike ontwikkeling as
konsepte en vaardighede. Moeite is sigbaar in meeste dele.
danser/persoon. Sterk/Swak eienskappe.
AFDELING 2: PRODUKSIE BEPLANNING
• Kreatiewe kostuum/beligting/verhoog/stel ontwerp. Toepaslikheid tot die danswerk en redes vir 10
moeite is sigbaar. sigbaar in alle dele.
hoekom dit by die danswerkingesluit is .
• Gebruik van tegnologie/gemengde media/spesiale effekte, ens. En die redes vir gebruik in
danswerk 10
• Keuse van uitvoerruimte vir finale uitvoering – redes.
• Algehele analise van keuses en hoe hulle die danswerk sal verbeter.
AFDELING 3: EEN-BLADSY-PROGRAMNOTA
• Opsomming/bedoeling/tema, ens. goed geskryf. Het betrekking op finale uitvoering. 5
• Gedetailleerde inligting oor die dansers/deelnemers/musiek 5
• Kreatiewe uitleg/voorlegging wat font/kleur/fokuspunt/beelde/foto/gebruik van spasie, ens. 10
insluit
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Dansstudies
Downloaded from hlayiso.com
10 DBE/PAT 2019
NSS
NASIEN VAN AFDELING 4: PROSES GEDURENDE KLAS – ONTWIKKELING VAN PAT 1 GEDURENDE DIE KWARTAAL
Aanbeveling: Kies 5 van die 8 weke om nagesien te word soos hieronder uiteengesit vir voltooiing van PAT. Sommige weke sal oorvleuel.
Gee 'n maksimum van 2 punte per leerder per week volgens die kriteria hieronder.
NASIENKRITERIA: Toewyding: Volle Eksperimentasie: Kreatiewe bydrae Spanwerk: Leierskap: Kan
2 = volle bywoning/deelname/bydrae/ bywoning Gebruik tot die Kan instruksies volg/ verantwoordelikheid
toewyding gedurende skoolure. improvisasie om samestelling: gefokus/toegewyd/ neem/is gefokus.
1 = ongereelde bywoning/minimale Ekstra tyd na skool nuwe/oorspronklike/ Navorsing/ondersoe kan konflik oplos/ Ontwikkel strategieë
bydrae/min toewyding is gereël. innoverende/ k om nuwe idees te ondersteun vir verbeterings/bou
½/0 = afwesig/geen toewyding/ Is voorbereid/reg vir bewegingswoorde- kry. Waarneming mededansers/lojalite verhoudings en
min tot geen bydrae die klas. skat te skep asook tydens klas en it aan die vertroue in die
Betyds/entoesiasties kontakwerk en terugvoer oor groep/betroubaar. groep/hou by
oor PAT se risiko's te neem. moontlike 10 punte sperdatums en
GROEP NOMMER: kreatiewe proses. Kom voorbereid met verbeteringe. moedig die groep
VERWERKTE PUNTE
10 punte idees om Interaksie met aan om dit ook te
MAKSIMUM PUNTE
Maksimum 3–6 leerders. improvisasie aan te tegnologie/gemengd doen. Neem
Soos hieronder aangedui. wakker. Betrokke by e media/ inisiatief. Verskuif
die kies van musiek uitvoerruimtes. perke en glo in eie
of begeleiding en 10 punte inisiatiewe.
hoe om dit te 10 punte
interpreteer in die
danswerk.
LEERDER NAAM/VAN 10 punte
WEKE: 1 2 3 4 5 1 2 3 4 5 1 2 3 4 5 1 2 3 4 5 1 2 3 4 5 50 25
1.
2.
3.
4.
5.
6.
ALGEMENE KOMMENTAAR PER GROEP:
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
AFDELING 5: FINALE UITVOERING EN
DVD VIR MODERERING DOELEINDES Dansstudies
• Vermoë om 'n bedoeling/idee/storie/tema te kan NASIENKRITERIA EN VLAKBESKRYWERS
Kopiereg voorbehou
konseptualiseer en oordra d.m.v.
bewegingswoordeskat/gemengde media/tegnologie/
produksie-elemente/uitvoerruimtes/ander 10
Inhoud/Konsepte/Vaardighede wat nagesien moet
• 10
FINALE PRAKTIESE UITVOERING:
Oorspronklikheid en kreatiwiteit in finale choreografie
• Die gebruik van choreografiese strukture en dans-
elemente in die danswerk om die bedoeling te versterk 10
• Kompleksiteit van bewegingswoordeskat wat ontwikkel
AFDELING 5 = 50 PUNTE
10
en gebruik is in die choreografie 11
NSS
word.
• Uitvoergehalte, musikaliteit/interpretasie van bewegings
10
in die finale uitvoering MAKS PUNTE
Inspirerende, verbeeldingryke, oorspronklike, goed saamgestelde
danswerk. Dans- en produksie-elemente/choreografiese strukture verskerp
die bedoeling van die danswerk. Musiek/begeleiding is goed gebruik om
9–10 punte
die bedoeling oor te dra. Kreatiewe gebruik van bewegingswoordeskat.
Bedoeling/Tema word duidelik en kreatief oorgedra. Dansers tree op met
selfvertroue, energie, dinamika en genot.
Verbeeldingryke, goed saamgestelde danswerk. Dans- en produksie-
elemente/choreografiese strukture is goed gebruik in die danswerk. Musiek
en begeleiding is goed geïnterpreteer. Kreatiewe gebruik van 8– 8½ punte
bewegingswoordeskat. Bedoeling/Tema word duidelik oorgedra. Dansers
tree op met selfvertroue, energie, dinamika en genot.
Goed saamgestelde danswerk Dans- en produksie-
elemente/choreografiese strukture is gebruik met ʼn sekere mate van
Blaai om asseblief DBE/PAT 2019
verwysing na die bedoeling/tema. Musiek/begeleiding is geïnterpreteer. 7–7½ punte
Bewegingswoordeskat toon plek-plek kreatiwiteit. Dra die bedoeling/tema
oor. Dansers tree op met selfvertroue.
Dans- en produksie-elemente/choreografiese strukture is gebruik met 'n
mate van begrip. Musiek/begeleiding is slegs gebruik om bewegings by die
6–6½ punte
musiek te laat pas. Bewegingswoordeskat dui op 'n mate van begrip t.o.v.
kreatiwiteit. Dra die bedoeling/tema oor. Dansers tree op met energie.
Dans- en produksie-elemente/choreografiese strukture toon beperkte
begrip. Musiek/begeleiding is slegs gebruik om bewegings by die musiek
5–5½ punte
te laat pas. Bewegingswoordeskat toon beperkte kreatiwiteit. Die
Downloaded from hlayiso.com
bedoeling/tema is onduidelik. Dansers dans met akkuraatheid.
Dans- en produksie-elemente/choreografiese strukture toon min/geen
begrip. Musiek/begeleiding is min aandag gegee. Bewegingswoordeskat is
4–4½ punte
nie verken nie. Die bedoeling/tema is vaag/onduidelik. Dansers ken die
dans.
Minimale betrokkenheid by die PAT. Swak choreografie en te min
repetisies. Geen aandag is gegee aan wat dit verg om 'n oorspronklike 3–3½ punte
danswerk te skep nie.
Die PAT choreografie voldoen nie aan die minimum vereistes nie. Geen
0–2½ punte
betrokkenheid by die proses of eindproduk.
Dansstudies
Downloaded from hlayiso.com
12 DBE/PAT 2019
NSS
6.4 PAT 1 EN 2 INGRYPING T.O.V. NIE-NAKOMING: EEN VORM PER LEERDER IS NODIG MET RELEVANTE INLIGTING
INGRYPING MOET GETOON WORD PER LEERDER VIR NIE-NAKOMING/-VOLTOOING:
• Leerder het die feit dat die voltooiing van PAT 1- en 2-vereistes 25% van die finale puntetoekenning vir die vak uitmaak, verontagsaam.
• Daar is bewyse daarvan dat die leerder wel verstaan het dat die nienakoming van die PAT tot gevolg sal hê dat hy/sy 'n onvoltooide jaar punt
sal kry.
• Daar is bewyse dat daar deur die skool/onderwyser, op 'n gereelde basis gedurende die PAT(e), konstruktiewe terugvoer gegee is aan die
leerder t.o.v. die voltooiing en nakoming van sperdatums en vereistes soos uiteengesit in die leerder-inligtingstuk wat deur die onderwyser
verskaf is.
• Addisionele datums – drie verdere geleenthede is gegun aan die leerder vir die inhandiging van geskrewe take /finale uitvoering van uitstaande
PAT vereistes voor die finale inhandiging van punte aan die provinsiale distrikte soos per datums deur hulle verskaf.
• Die skool het die leerder se ouer(s) of voog(de) persoonlik ontmoet/geskakel en die gevolge van nienakoming/voltooiing is aan hulle
verduidelik.
LEERDERINLIGTING: STIPULEER NIE-NAKOMING INGRYPING VERSLAG VAN UITKOMS VAN INGRYPING
NAAM: WATTER PAT geïnisieer deur
VAN: onderwyser
EKSAMEN NOMMER: Datum van taak Datum van Ingryping Sluit feitlike inligting in van ouer/voog
nie voltooi deur met leerder/HVD/ vergadering bywoning/planne in plek
OUER-/VOOGINLIGTING: leerder soos per skoolhoof/ gesit/ondersteuning, ens.
NAAM: inligtingstuk ouer/voog
KONTAKNOMMER:
ANDER NODIGE INLIGTING:
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dansstudies 13 DBE/PAT 2019
NSS
6.5 INSTRUKSIES AAN LEERDERS
PAT 1: CHOREOGRAFIESE UITVOERINGSTAAK
• Die PAT'e tel vir 25% van jou finale graad 12-punt en moet ernstig opgeneem
word
• PAT 1 bestaan uit 25 punte geskrewe inhoud en 25 punte praktiese inhoud.
• Hierdie PAT moet óf in kwartaal 1 óf kwartaal 2 voltooi word.
• Indien die PAT nie voltooi word nie, sal jy 'n onvoltooide jaarpunt kry. Jy sal dan
hierdie gedeelte moet herhaal as 'n aanvulling voor die einde van Maart 2019.
• Jy sal 1 les per week gedurende skooltyd kry.
• Jy sal elke week moet ekstra tyd inwerk om 'n betekenisvolle PAT-choreografie
aan te bied.
• Daar word van jou verwag om 'n joernaal in te lewer, bo en behalwe jou gewone
werkboek.
• Jy sal in 'n groep van 3–6 leerders werk om 'n 2–3-minuut-groepchoreografie te
voltooi.
• Die PAT sal ook jou vermoë toets om in 'n span te werk en om leierseienskappe
te toon.
• Jy moet 'n verklaring van egtheid in jou joernaal plak om te bewys dat die werk
jou eie is. Plagiaat sal nie aanvaar word nie en jy sal 'n nulpunt ontvang.
• 'n Afskrif van jou PAT-inligtingstuk moet in jou boek geplak word.
• Jy moet 'n afskrif hê van die finale nasienvereistes hê om jou PAT suksesvol te
voltooi.
• Die belangrikste is dat jy die geleentheid moet gebruik om jou kreatiwiteit te
ontwikkel t.o.v. innovering en oorspronklikheid. Wees trots op jou individualiteit.
OPSOMMING VAN INHOUD WAT IN PAT 1 BEHANDEL WORD
• Die vermoë om 'n denkproses in 'n konkrete konsep vir evaluasie te omskep
d.m.v.:
o Navorsing/ondersoek/eksperimentasie/debat/samevoeging van idees
o Improvisasie/verkenning/abstraksie/simboliek gebruik in dansuitvoering
o Eie individuele interpretasie/kreatiwiteit van 'n gegewe idee/tema/storie
o Die vermoë om jou eie konsepte te regverdig in die proses van die finale
produk
• Skryf oor die PAT moet insluit:
o Navorsing/ondersoek
o Improvisasie
o Bewegingswoordeskat/kombinasie van dansstyle/eie dansstyl
o Danselemente
o Keuse van musiek vir dans
o Choreografiese strukture
o Besinning oor hoe die groep saamgewerk het
o Selfbesinning/Nadenke
o Die ontwerp van produksie-elemente vir jou dans
o Die ontwerp van 'n een-bladsy-programnota
• Jy sal punte kry vir jou proses/ontwikkeling van jou choreografie t.o.v.:
o Toewyding: gereelde bywoning en deelname tydens/na skooltyd
o Eksperimentering: gebruik van improvisasie om nuwe/ oorspronklike/
innoverende bewegingswoordeskat te skep of musiek keuse te maak
o Kreatiewe bydrae tot die samestelling: dink aan nuwe idees/wees
voorbereid/doen Navorsing/neem risiko/doen kontakwerk, ens.
o Spanwerk: vermoë om instruksies te volg/gefokus/toegewyd/los konflik op
o Leierskap: voorbereid/verantwoordelik/gefokus/strategie vir verbeteringe.
Kopiereg voorbehou
Downloaded from hlayiso.com
Dansstudies 14 DBE/PAT 2019
NSS
6.6 LEERDERINLIGTING VIR PAT 1 (MODEL/VOORBEELD)
Maxime Taccardi
TEMA/BEGINPUNT VIR JOU GRAAD 12-CHOREOGRAFIE
1. UITTREKSELS UIT MY NAME IS RED DEUR ORHAN PAMUK
I'm so fortunate to be red! I'm fiery. I'm strong. I know men take notice of me and that I cannot
be resisted.
I do not conceal myself: For me, delicacy manifests
itself neither in weakness nor in subtlety, but through
determination and will. So, I draw attention to
myself. I'm not afraid of other colours, shadows,
crowds or even of loneliness. How wonderful it is to
cover a surface that awaits me with my own
victorious being! Wherever I'm spread, I see eyes
shine, passions increase, eyebrows rise and
heartbeats quicken. Behold how wonderful it is to
live! Behold how wonderful to see. I am everywhere.
Life begins with and returns to me. Have faith in
what I tell you.'
'My dear master, explain red to somebody who has
never known red.'
'If we touched it with the tip of a finger, it would feel
like something between iron and copper. If we took it
into our palm, it would burn. If we tasted it, it would
be full-bodied, like salted meat. If we took it between
our lips, it would fill our mouths. If we smelled it, it'd
have the scent of a horse. If it were a flower, it would
smell like a daisy, not a red rose.'
Kopiereg voorbehou
Downloaded from hlayiso.com
Dansstudies 15 DBE/PAT 2019
NSS
2. ROOI IS DIE KLEUR VAN UITERSTES
Dit is die kleur van passievolle liefde, verleiding, geweld, gevaar, haat en avontuur.
Ons voorouers het rooi beskou as die kleur van vuur en bloed – energie en primitiewe
lewenskrag – en die meeste van rooi se krag lê vandag in die assosiëring daarvan met die
verlede.
In die 20ste eeu het rooi die kleur geword van rewolusie, kommunisme en werkers. In die
natuur kry bloed sy rooi kleur by hemoglobien, die ysterbevattende proteïene wat in die
rooibloedselle van alle gewerweldes voorkom.
Aangesien rooi die kleur van bloed is, is dit histories geassosieer met opofferings, gevaar en
moed.
Soos meeste kleure het rooi teenstrydige betekenisse:
• Positiewe betekenisse/simboliek sluit in passie, liefde, onafhanklikheid, aksie, energie,
braafheid, lewenslus, ens.
• Negatiewe betekenisse/simboliek sluit in gevaar, boosheid, aggressiwiteit, haat, geweld,
martelaarskap, oorlog, revolusie, ens.
Kopiereg voorbehou
Downloaded from hlayiso.com
Dansstudies 16 DBE/PAT 2019
NSS
Jim Dine/hieronder Andrew Atroshenko – rooi rok
Die dansers van MOMAX skep 'n denkbeeldige ruspe
deur middel van dans.
ROOI kan gebruik word om met die natuur te identifiseer.
Kopiereg voorbehou
Downloaded from hlayiso.com
Dansstudies 17 DBE/PAT 2019
NSS
3. 'N BIETJIE BLIENG IN JOU TANDE HET
NOG NOOIT IEMAND SKADE GEDOEN NIE.
Maar skoene met sole wat lyk soos mensetande?
Dit sal 'n mal spul raak as iemand begin skop. Die
vraag is, is ons veronderstel om dit te dra? Wel
nie regtig nie, want dit is konseptuele
beeldhouwerke wat deel is van die 'Apex
Predator'-kunsversameling deur Fantich & Young.
Die ateljee in die ooste van Londen is
verantwoordelik vir die herontwerp van Mary
Jane- en Oxford-skoene met sintetiese tande in
die sole ingeplant.
Hulle konsep is op die omverwerping van Darwin se evolusieleer gebaseer en natuurlike
seleksie met die bestaan van 'n bonatuurlike wêreld. Dit pak ook die 'parallelle tussen
sosiale evolusie en evolusie in die natuurlike wêreld: Die natuur as model of die natuur
as 'n bedreiging'.'
Kopiereg voorbehou
Downloaded from hlayiso.com
Dansstudies 18 DBE/PAT 2019
NSS
Om NA die YouTube-uittreksels te kyk, like dubbelkliek op die mp4-ikoon en druk 'maak oop'.
Jy het nie 'n internetkoppeling nodig om na die uittreksels te kyk nie.
WEEK 1
BEPLANNING/DINKSKRUM:
Fokuspunt: les as geheel
• Julle sal in groepe van 3 – 6 leerders elk gedeel word.
• Die ROOI tema is geskik vir 'n wye reeks interpretasies.
• Bespreek in jou groepe hoe julle die tema, ROOI, wil interpreteer.
• Onthou dat daar geen reg of verkeerd is in die PAT nie. Wees waaghalsig/vat
kanse/glo in jou eie kreatiewe idees.
• Die finale interpretasie van hierdie tema moet deur al die lede van die groep gemaak word.
• Doen verder navorsing/ondersoek as huiswerk voordat die finale besluit in les 2 geneem
word.
• Jou bydrae is noodsaaklik indien 'n suksesvolle en harmonieuse besluit oor hoe om hierdie
tema te interpreteer, gemaak moet word.
• VIND JOU ROOI STEM.
KLAS AKTIWITEIT:
1. Kyk na die YouTube-uittreksel van Nickel Yudat om jou te inspireer oor hoe om
kreatiwiteit te ontwikkel.
https://www.youtube.com/watch?v=H82nYNxXiIA
2. Maak 'n breinkaart in jou joernaal oor ROOI en neem die volgende in ag (hou
besprekings in jou groep):
• Persoonlike assosiëring
• Gevoelens
• Simboliek
• Betekenis
• Voorwerpe
• Aanhalings soos 'Ek sien rooi' of ' 'n Rooi doek vir 'n bul wees'
• Hou 'n dinkskrum en vergelyk idees.
NAVORSING/ONDERSOEK GESKREWE WERK IN JOU JOERNAAL – 5 PUNTE
• Kies een van die temas/idees wat in die inligtingstuk verskaf is en doen verder
navorsing/ondersoek oor hoe dit in die choreografie geïnterpreteer kan word.
• Skryf al jou idees neer oor hoe dit in 'n danswerkomskep kan word .
• Analiseer waarom jou groep keuses vir die finale tema van die danswerk tydens
klasbesprekings gemaak het.
ROOI huiswerk: Voltooi die navorsingsgedeelte hierbo en kom voorbereid vir les 2 – finale
besluite oor idees en keuse oor tema.
LET WEL: Gebruik ekstra tyd tydens pouse/na skool om verdere navorsing te doen oor
die keuse van tema (ten minste 1 uur)
Kopiereg voorbehou
Downloaded from hlayiso.com
Dansstudies 19 DBE/PAT 2019
NSS
Inspirasie vir navorsingsidees:
Kyk die YouTube uittreksel met 'n ROOI as die sentrale idee/tema. Onthou dat jy wel kan
beplan vir die gebruik van tegnologie in jou danswerk (selfs al kan jy dit nie werklik gebruik in
die finale uitvoering nie).
https://www.youtube.com/watch?v=u280HBGMSQU
WEEK 2
Praktiese fokus:
1. Kyk na die YouTube-uittreksel vir inspirasie oor hoe om alledaagse bewegings/gebare/
idees/rekwisiete/kontakwerk, ens. te omskep in opwindende bewegings d.m.v.
verkenning tydens die improvisasiesessies.
https://www.youtube.com/watch?v=1Y38bUumNak
2. Begin om te improviseer met betrekking tot die idee/bedoeling/tema ROOI wat jy
gekies het. Vat kanse. Eksperimenteer. Wees dapper.
• Ontwikkel nuwe bewegingswoordeskat met die gebruik van gebare/motiewe/
alledaagse bewegings, ens. wat jy dan kan omskep tot bewegingsfrases d.m.v.
abstraksie.
• Eksperimenteer met bekende bewegings en werk wat jy in die klas geleer het. Dink
oor hoe jy dit kan verander om dit jou eie te maak gedurende die les, bv. verander
die spoed/vlakke/dinamika van die bewegings.
IMPROVISASIE GESKREWE WERK IN JOU JOERNAAL – 10 PUNTE (10–15 minute in
klas)
• Verduidelik hoe jou groep tydens klastyd improvisasie gebruik het om nuwe/oorspronklike
bewegingswoordeskat te ontwikkel.
• Analiseer hoe julle die bewegingswoordeskat ontwikkel het vir julle doel.
• Verwys na bladsy 31 in jou handboek vir leiding.
ROOI huiswerk: Voltooi jou geskrewe werk hierbo en luister na verskillende tipes
musiek/begeleiding wat by jou gekose tema as voorbereiding vir week 3 sal pas.
Onthou om jou musiek/begeleiding idees volgende week klas toe te bring.
Kyk na die YouTube-uittreksel oor begeleiding – spesiale klankeffekte.
https://www.youtube.com/watch?v=KDjDKwgoyUc
LET WEL: Gebruik ekstra tyd tydens pouse/na skool om saam met jou groep
improvisasie-idees te ondersoek. Luister na en kies musiek. Vra jou onderwyser
se hulp indien julle nog nie geskikte musiek/begeleiding gevind/gekies het nie
(ten minste 1 uur).
Kopiereg voorbehou
Downloaded from hlayiso.com
Dansstudies 20 DBE/PAT 2019
NSS
WEEK 3
• Ruil idees uit en kies die finale musiek/begeleiding wat sal pas by julle tema en besluit hoe
dit die danswerk sal verbeter.
• Improviseer verder om nog bewegingswoordeskat te ontwikkel vir julle tema. Julle kan met
julle musiek/begeleiding begin werk as julle reeds 'n finale keuse gemaak het.
• Besluit hoe julle gebruik gaan maak van dans-elemente, bv.
o Tyd – is die bewegings vinnig of stadig/hoe lank duur elke bewegings frase/is die ritme
reëlmatig of onreëlmatig?
o Krag – hoeveel energie word gebruik vir verskillende bewegings/is bewegings glad,
rukkerig, lig, swaar, sterk, swak. Hoe dra dit die boodskap oor wat julle proper
weergee?
o Spasie – watter uitvoerruimtes sal die beste werk vir julle danswerk – konvensioneel of
onkonvensioneel en hoe sal julle die dansbewegings gebruik in die ruimte. Dit sluit in
vlakke, rigtings, en die ontwerp van die spasie wat julle gebruik vir die danswerk.
MUSIEK/BEGELEIDING EN DANS-ELEMENTE GESKREWE WERK – 15 PUNTE
(10–15 minute in klas)
• Verduidelik hoekom julle musiek gekies is en sluit in style/genre/ instrumentasie/ komponis
en hoe die musiek die danswerk verbeter. – 10 punte
• Verduidelik hoe en hoekom danselemente in die danswerk gebruik is. – 5 punte.
• Verwys na bladsye 32–34, 46–47, 254–257 in jou handboek vir leiding.
ROOI huiswerk: Voltooi jou geskrewe werk hierbo.
Kyk na die YouTube-uittreksels. Hulle kan jou verder inspireer t.o.v. dans-elemente/
choreografiese strukture/uitvoerruimtes/musiek beide tradisioneel en elektronies:
Links: https://www.youtube.com/watch?v=LocohsJRiRU
Regs: https://www.youtube.com/watch?v=Ag9Mhc9vHls
LET WEL: Gebruik ekstra tyd tydens pouse/na skool om saam met jou groep
improvisasie-idees en die gebruik van dans-elemente verder te verken (ten
minste 1 uur).
Kopiereg voorbehou
Downloaded from hlayiso.com
Dansstudies 21 DBE/PAT 2019
NSS
WEEK 4:
Praktiese fokus:
• Begin om julle improvisasie-idees/watter idees julle gaan gebruik of nie, te konsolideer.
• Maak van ten minste VIER choreografiese strukture gebruik, bv. simmetrie/ asimmetrie/
saamdans/klimaks of enige ander choreografiese strukture wat jou danswerk sal verbeter.
Dink aan alles wat jy al bestudeer het hieroor.
• Oorweeg die gebruik van tegnologie, gemengde media (woord/beeldhouwerk/
projeksies/spesiale effekte, ens. as dit jou dans kan verbeter.
Kyk die YouTube uittreksels vir inspirasie oor die gebruik van dans-elemente/choreografiese
strukture.
https://www.youtube.com/watch?v=6AdhwskH4Jw
CHOREOGRAFIESE STRUKTURE GESKREWE WERK – 10 PUNTE: (10–15 min in klas)
• Beskryf watter choreografiese strukture julle in julle choreografie geïnkorporeer het.
• Verduidelik hoekom julle hierdie keuses gemaak het vir die danswerk.
• Verduidelik hoe die groep die choreografiese strukture/uitvoerruimtetegnologie/
multimedia, ens. in die dans gebruik het.
Verwys na bladsye 40–43, 44–45, 258–259 in jou handboek vir leiding.
ROOI huiswerk: Voltooi die geskrewe werk hierbo.
LET WEL: Gebruik ekstra tyd tydens pouse/na skool om julle samestellingstrukture, bv.
begin en einde verder te verken (ten minste een uur).
WEEK 5:
Praktiese fokus:
• Ontwikkel die samestellingstrukture van julle dans, eksperimenteer met die begin, einde,
volgorde, oorgange en klimaks wat julle danswerk sal verbeter.
• Neem in gedagte hoe alles sal saam werk in die uitvoerruimtes wat julle gekies het, bv. as
julle 'n konvensionele ruimte gebruik:
o Hoe sal julle gebruik maak van die vlerke ('wings') om die dansers te laat opkom en
afgaan van die verhoog?
o Hoe sal jy gebruik maak van spesiale effekte/beligting om die dans te verbeter?
o Gebruik jou danswerk rekwisiete/stel/agtergrond doek?
o Watter kostuum sal die beste werk om die bewegings kwaliteit van jou dans te verbeter?
JEWELS: George
Balanchine se opwek van die
glinstering van smaragde,
robyne en diamante is 'n
juweel van die balletwêreld in
eie reg.
[Bron: http://www.roh.org.uk/productions/jewels-by-george-balanchine]
Kopiereg voorbehou
Downloaded from hlayiso.com
Dansstudies 22 DBE/PAT 2019
NSS
PRODUKSIE BEPLANNING GESKREWE WERK – 20 PUNTE: (10–15 minute in klas)
Skryf oor/teken/ontwerp die volgende produksies-elemente wat jy in jou dans choreografie sal
gebruik. Onthou om te verduidelik hoekom jy die elemente ingesluit het en hoe dit jou
danswerk sal verbeter/betekenis gee/simboliseer.
Wees kreatief/oorspronklik en braaf in jou ontwerp. Moenie jouself beperk tot die uitvoerruimte
wat jy moet gebruik nie.
• Verhoogruimte – konvensionele/onkonvensionele ruimtes – beskryf/teken dit en verduidelik
hoekom jy dit wil gebruik en hoe jy die ruimte sal gebruik.
• Beligting/tegnologie/spesiale effekte – beskryf/teken dit en verduidelik hoe dit jou danswerk
sal verbeter en watter gevoel dit sal skep.
• Stel/rekwisiete/standbeelde/agtergrond doek – as jy enige van hierdie gebruik – hoekom?
Hoe dra hulle by tot die bedoeling van jou danswerk?
• Kostuums – beskryf/teken en verduidelik watter belangrikheid dit dra t.o.v. die
bedoeling/simboliek/ander aspek van jou dans.
• Indien jy gemengde media gebruik in jou werk hoe sal dit saam met die
bewegingswoordeskat werk? Hoe sal dit bydrae tot die bedoeling van die dans?
• Enige ander opwindende area wat jy wil insluit.
• Verwys na bladsy 55 in jou handboek vir leiding.
ROOI huiswerk: Voltooi jou geskrewe werk en ontwerpe.
LET WEL: Indien jy in 'n spesifieke ruimte optree, bv. die trappe of die verhoog, moet jy
ekstra tyd inruim om daar te gaan repeteer (ten minste 1 uur).
Kopiereg voorbehou
Downloaded from hlayiso.com
Dansstudies 23 DBE/PAT 2019
NSS
Dansers wat Alexander Whitley se 8 Minutes repeteer.
(Foto: Johan Persson) (Dit neem lig agt minute om die Aarde vanaf
die Son te bereik.)
Bronne: http://www.cornish.edu/dance
https://ums.org/performance/layla-and-majnun/
http://www.hccs.edu/centers/visual--performing-arts/
http://www.imagineer-productions.co.uk/
http://writingaboutdance.com/
kyk na die YouTube-uittreksels uit 8 Minutes vir inspirasie:
Voorskou: https://www.youtube.com/watch?v=645dw9qGcfE
Skep beweging uit wetenskap: https://www.youtube.com/watch?v=qEX9cKMb2V8
Skep visuele beelde: https://www.youtube.com/watch?v=YEp-pIjGyzg
Kopiereg voorbehou
Downloaded from hlayiso.com
Dansstudies 24 DBE/PAT 2019
NSS
WEEK 6
• Repeteer/vervolmaak jou groepdans. Maak beurte om na die stuk te kyk en lewer dan
kommentaar oor hoe om die dans te verbeter – swak en sterk punte.
• Vervolmaak tydsberekening/oorgange tussen bewegings/dinamika/energie in die
uitvoering.
• Dra die bewegings steeds die bedoeling/idee/tema van jou danswerk oor?
• Is die begin en einde van die werk kragtig/maak dit 'n indruk/van toepassing tot die
bedoeling?
• Jy kan 'n ander groep vra om te kyk en 'n vars opinie oor jou danswerk te gee.
Kopiereg voorbehou
Downloaded from hlayiso.com
Dansstudies 25 DBE/PAT 2019
NSS
PROGRAMNOTA GESKREWE WERK – 20 PUNTE (10– 15 minute in klas)
Ontwerp 'n een-bladsy-programnota en sluit in:
• Opsomming/bedoeling/ stemtoon van choreografie
• Die titel van jou danswerk
• Die choreograaf = jy, die dansers = ander lede van jou groep
• Komponis/kunstenaar en titel van musiek – dit kan ook 'n goeie titel vir die danswerk wees
• Skep 'n programnota met oorspronklikheid/innovering/interessante skrif ('font') of skrif/foto's
wat verband hou met jou bedoeling of selfs jou eie dansers wat dans
• Dink aan kleur en simboliek/fokuspunt, ens.
• Geniet dit om kreatief te wees. Dit kan met die hand geteken word of op 'n rekenaar
ontwerp word en gedruk word. Dit moet in jou joernaal geplak word.
• Verwys na bladsye – 59 – 60 in jou handboek vir leiding.
• ROOI huiswerk: Voltooi jou programnota.
LET WEL: Ruim ekstra tyd in om in jou kostuum/met rekwisiete te oefen as jy dit gebruik.
Maak finale veranderinge aan jou choreografie (ten minste 1 uur).
WEEK 7
• Repeteer en vervolmaak die dans in die uitvoerruimte waar dit geassesseer gaan word.
Ruim genoeg tyd in dat elke groep alleen in die ruimte kan oefen. Ondersteun mekaar en
gee opbouende kritiek.
• Maak seker dat al jou musiek gesny/gelaai is op die rekenaar. Kry DVD en enige ander
tegnologie reg sodat dit nie op die dag 'n probleem veroorsaak nie.
SPANWERK/SELFBESINNING/NADENKING GESKREWE WERK – 20 PUNTE
Fokus: 10–15 minute in klas
Spanwerk
• Verduidelik hoe jou groep as 'n span saamgewerk het. Analiseer die sterk/swak punte in
die groep en hoe hulle gegroei het in die 8 week-tydperk.
• Evalueer wie die leierskaprol aangeneem het/kon die groep iemand anders se idees volg
en insluit in die voorbereidings/ hoe het die groep met oorspronklike idees vorendag
gekom/wie was voorbereid/toegewyd en vol kreatiwiteit.
• Lewer kommentaar oor die algehele bywoning/toewyding/bereidwilligheid om ekstra te
doen.
• Was daar enige konflik in die groep en hoe is dit opgelos?
• Watter verbeterings strategie was daar in plek om seker te maak almal werk goed saam?
• Beskryf jou rol in die sukses van die choreografie – 10 punte
Self-nadenking
• Wat het jy geleer uit die ervaring terwyl jy aan die PAT gewerk het?
• Watter invloed het die proses op jou as danser en mens gehad?
• Wat het jy oor jouself geleer?
• Wat was jou Sterk en swak punte? 10 punte.
ROOI huiswerk: Voltooi die geskrewe werk hierbo.
Maak nodige planne vir jou finale uitvoering – ekstra repetisie voor die uitvoering/alles wat
benodig word soos rekwisiete/toerusting, ens.
Kopiereg voorbehou
Downloaded from hlayiso.com
Dansstudies 26 DBE/PAT 2019
NSS
WEEK 8
Die finale uitvoering van jou praktiese choreografie groepdans – 50 punte.
Jy sal individueel geassesseer word op jou vermoë om te demonstreer:
• Jou vermoë om die bedoeling/idee/storie te konseptualiseer en oor te dra
• Oorspronklikheid en kreatiwiteit in die danswerk
• Gebruik van choreografiese strukture en dans-elemente
• Kompleksiteit van bewegingswoordeskat in die choreografie
• Uitvoering kwaliteit, musikaliteit/interpretasie
GESKREWE WERK
• Jou joernaal sal op die dag van die eksamen ingelewer word om deel te maak van die
praktiese assessering.
• Die joernaal sal gehou word vir modereringsdoeleindes.
Kopiereg voorbehou
Downloaded from hlayiso.com
Dansstudies 27 DBE/PAT 2019
NSS
7. RIGLYNE VIR DIE ONDERWYSER PAT 2: GROEPDANS
• Die PAT moet gechoreografeer word deur die onderwyser/professionele
choreograaf of repertoire vanuit 'n professionele danswerk kan gebruik word.
• Leerders mag geen deel van die PAT choreografeer nie.
• Die doel is om die leerder se tegniese en uitvoerings kwaliteite te verbeter
• Die PAT mag as 'n publieke uitvoering of in 'n klaskamer gedoen word.
• Daar word aanbeveel dat die PAT-groepdans omskep word in die solo vir
die finale praktiese eksamen. Dit sal help met die beperkte tyd beskikbaar in
die graad 12-jaar. Dit bied ook die leerder die geleentheid om die tegniese en
uitvoeringsgehalte van die solo te vervolmaak aangesien dit reeds in die PAT
geleer is.
7.1 TYDRAAMWERK
• Die PAT kan in kwartaal 1 of 2 gedoen word.
• Dit behoort 8–10 weke te neem om te voltooi. Kleiner gedeeltes moet per week
aan die leerders geleer word om hulle tyd te gee om die tegniese aspekte korrek
te doen.
• Een les per week moet toegestaan word aan die PAT en dit sluit beide prakties
en geskrewe afdelings in.
• Ekstra tyd tydens pouse/na skool kan tussen die leerder en onderwyser gereël
word vir terugvoer en persoonlike aandag.
• Die finale assesseringsdatum moet vooraf aan die leerder gegee word.
7.2 STRUKTUUR VAN DIE GROEPDANS
• Die groepdans moet gedoen word in die genre waarin hulle die finale praktiese
eksamen sal doen. Die meng van style word nie toegelaat nie.
• Elke groepdans moet ongeveer 3 minute lank wees met 3–6 leerders per groep.
• Dit moet gedoen word op die hoogste vlak van kompleksiteit wat die leerders kan
handhaaf en moet hulle vermoëns toets. Dit sal hulle tegniek versterk en verbeter
en ook hulle uitvoerings kwaliteit verhoog.
• Die leerders moet bewus wees van:
o Spasiëringsbewustheid/om saam met ander in 'n ruimte te werk
o Oorgange
o Patrone en tydsberekening
o Sensitiewe/ekspressievolle interaksie met anders dansers/saamdans
o Oogkontak/fokus/projeksie/bewustheid
o Variasie in dinamika en opbou van gevoel/energie
o Musikaliteit
Kopiereg voorbehou
Downloaded from hlayiso.com
Dansstudies 28 DBE/PAT 2019
NSS
7.3 LEIDING AAN LEERDER VIR DIE JOERNAAL
• Tydens die eerste les moet 'n gedetailleerde leerderinligtingstuk aan hulle
verskaf word waarin elke les in die kwartaal uiteengesit word. Dit moet
verwysingsbladsye in die handboek/uitvoerdatums/sperdatums insluit.
• Gebruik die voorbeeld van 'n leerderinligtingstuk soos in PAT 1 as leiding
in jou beplanning en voorbereiding van inspirasie en bronne waarna
leerders kan verwys/kyk vir leiding in die PAT. Daar is baie beskikbaar op
die internet.
• Die Inligtingstuk moet in die leerder se joernaal geplak word.
• Leerders moet die nasien instrument en kriteria ontvang wanneer die PAT begin.
• Onderwysers moet seker maak dat elke leerder 'n toegewyde joernaal het vir die
geskrewe inhoud van die PAT asook die ontwerp van 'n bemarkingstrategie.
• Die geskrewe werk moet die leerder se eie rekord/ervaringe van die PAT wees
en daar mag nie net vanuit die handboek oorgeskryf word nie.
• Onderwysers moet op 'n gereelde basis die geskrewe werk nagaan om terugvoer
te gee vir verbeteringe. Dit moet nie gelos word tot die laaste oomblik/die finale
assessering nie.
• Die onderwyser moet alle joernale inneem sodra die PAT voltooi is en hou vir
modereringsdoeleindes.
7.4 GESKREWE INHOUD MOET INSLUIT
• Benoem en verduidelik die hoofbeginsels soos gebruik in hulle hoofdansstyl.
• Beskryf die herkenbare eienskappe van hulle hoofdansstyl.
• Analiseer uitvoerings kwaliteit in dans, hoe dit bereik kan word en hoe dit die
dans tegniek verbeter. Dit kan areas insluit wat goed verduidelik is, soos:
o Musikaliteit
o Oogkontak/fokus/teenwoordigheid
o Ratsheid
o Reaktiwiteit
o Maak sin van bewegings
o Dinamiek
o Vloeibaarheid
o Oorgange
o Vlotheid
o Goed ontwikkelde neuromuskulêre vaardighede, ens.
• Besinning/Nadenke oor hoe om goeie danstegniek te verkry. Dit kan areas insluit
wat goed verduidelik is, soos:
o Soepelheid
o Krag
o Kernstabiliteit
o Uithouvermoë
o Neuromuskulêre vaardighede
o Oefen/herhaling
o Bywoning
o Veilige danspraktyk – spronge/draaie, ens.
o Toewyding
o Toepassing van korreksies/verbeteringe, ens.
Kopiereg voorbehou
Downloaded from hlayiso.com
Dansstudies 29 DBE/PAT 2019
NSS
• Produksie-/Gemeenskapsdansprojekbeplanning. Daar sal aan elke leerder 'n
spesifieke produksie-organisasie-rol gegee word. Daar word verwag dat hulle
as 'n span moet saamwerk om by te dra tot 'n suksesvolle
produksie/gemeenskapsdansprojek. Elke leerder moet 'n een-bladsy
geskrewe verslag inlewer wat die tipe produksie/gemeenskapsdansprojek
dokumenteer, sy/haar taak en betrokkenheid in die proses en gedagtes oor hoe
suksesvol die uitkoms kan wees afhangend van die groep se beplanning.
o Fondsinsameling
o Finansiële beplanner
o Bemarkingsbestuurder
o Openbarebetrekkingebestuurder
o Bespreking van lokaal en tegniese toerusting
o Gasvryheidsbestuurder
o Enigiets ander
• Elke leerder moet bemarkingsmateriaal ontwerp vir die produksie-/gemeenskaps-
dansprojek ('n kopie moet in die joernaal wees). Kies uit die lys hier onder:
o Plakkaat
o Strooibiljet
o Persverklaring
o Radio-/televisie-onderhoud
o Webblad
o Enige ander
7.5 ASSESSERING EN MODERERING
• Die puntestaat op bladsy 30 moet gebruik word.
• Al DRIE afdelings moet voltooi word.
• Die nasienkriteria op bladsy 31 moet dien as leiding wanneer punte aan elke
leerder toegeken word.
• Elke leerder word individueel nagesien t.o.v. hulle bydrae en deelname in die
klas en die finale uitvoering.
• 'n Register van alle klasse tydens en na skool moet deur die onderwyser gehou
word.
• Die onderwyser is verantwoordelik vir 'n DVD van elke groep se finale PAT-
uitvoering.
• Identifiseer asseblief leerders d.m.v. 'n kleur/kostuum, ens
Kopiereg voorbehou
Downloaded from hlayiso.com
Dansstudies 30 DBE/PAT 2019
NSS
PAT 2: GROEPDANSASSESSERING – GRAAD 12
NAAM VAN SKOOL:
MAKS PUNT
NAAM VAN ONDERWYSER(S):
DATUM VAN PAT 2-UITVOERING:
ONDERWYSERHANDTEKENING:
GROEPNOMMER:
AFDELING 1: GESKREWE WERK IN JOERNAAL
• Beginsels en eienskappe van die hoofdansstyl 10
• Uitvoeringsgehalte 10
• Goeie tegniek 10
AFDELING 2: PRODUKSIE-/GEMEENSKAPSDANSPROJEK
GESKREWE BEPLANNING
• 'n Een bladsy- geskrewe verslag oor rolle/beplanning/uitkoms 10
• Bemarkingstrategie 10
SUBTOTAAL 50
VERWERK NA 25
AFDELING 3: FINALE UITVOERING VAN GROEPDANS
• Met ander in 'n ruimte saamwerk, uitdrukkingsvolle interaksie met 10
ander, saamdans/patrone en tydsberekening
• Kompleksiteit van bewegingswoordeskat 10
• Vlak van tegniese vermoë 10
• Uitvoeringsgehalte, musikaliteit/interpretasie 10
• Bydrae tot die sukses van groepdans/bywoning/deelname/ 10
fokus/toewyding
SUBTOTAAL 50
VERWERK NA 25
TOTAAL 50
KOMMENTAAR:
Kopiereg voorbehou
Dansstudies
Downloaded from hlayiso.com
31 DBE/PAT 2019
NSS
DBE PAT 2 NASIENRUBRIEK EN VLAKBESKRYWERS
PAT 2 GESKREWE KOMPONENT AFDELING 1 - 2 = 50 PUNTE
MAKS PUNT 9–10 punte 8–8½ punte 7–7½ punte 6–6½ punte 5 –5½ punte 4–4½ punte 3–3½ punte 0–2½ punte
Inhoud/Konsepte/Vaardighede wat nagesien moet word.
AFDELING 1: GESKREWE WERK
Alle geskrewe afdelings verskaf gedetailleerde/insiggewende en Daar is 'n basiese begrip/kennis van die inhoud in meeste Meeste afdelings is oorgeskryf uit die handboek. Toon min begrip
• Beginsels van die hoofdansstyl is duidelik uiteengesit (nie gelys nie) en dui op 'n
Meeste geskrewe afdelings verskaf gedetailleerde en deeglike
diepgaande begrip van die werk wat in die klas gedoen is. Herkenbare eienskappe van die
Meeste geskrewe afdelings dui op begrip. Konsepte en
hoofdansstyl is duidelik beskryf. 10
• Kan die uitvoeringsgehalte van die dans analiseer en gee diepgaande verduidelikings
Baie afdelings is nie voltooi nie. Minimale begrip van die Meeste afdelings is onvoltooid/nie ingehandig. Minimale
van hoe dit bereik kan word, met 'n verskeidenheid voorbeelde. Kan analiseer hoe die
uitvoeringsgehalte die danstegniek verbeter. 10
• Nadenke oor hoe goeie danstegniek verkry kan word. Kan 'n wye verskeidenheid
Die vereistes soos uiteengesit is nie nagekom nie.
strategieë gee wat komponente van fiksheid/veilige danspraktyke/toewyding/repetisies,
ens. insluit. 10
in-diepte begrip van die inhoud/konsepte/vaardighede wat aangeleer begrip van die inhoud/konsepte/vaardighede wat aangeleer is in die afdelings. Sukkel met konsepte en vaardighede. Moeite is in meeste van die toepassing van kennis. Daar was nie volle betrokkenheid by
vaardighede nie volledig verstaan nie. Moeite is in meeste areas
AFDELING 2: PRODUKSIE-/GEMEENSKAPSDANSPROJEK GESKREWE BEPLANNING
• Die tipe produksie-/gemeenskapsdansprojek is duidelik uiteengesit en is beplan deur die
lede van die groep. Realistiese scenario's is gebruik. 10
• Die rolle wat gegee/gekies is, is duidelik uiteengesit. Die doel van die organisasierol is
inhoud/konsepte en vaardighede. Min moeite is gedoen. betrokkenheid of begrip getoon.
goed verstaan binne die konteks van die beplanningsproses in geheel.
• Duidelike bewyse dat die groep as 'n beplanningspan gewerk het om te verseker dat hulle
onderskeie take kon bydra tot 'n suksesvolle produksie-/gemeenskapsdansprojek.
is in die PAT. Sorg/trots en moeite is sigbaar. PAT. Moeite is oral sigbaar sigbaar. areas sigbaar. die PAT nie.
• Besinning oor die betrokkenheid by die proses en hoe suksesvol die uitkoms kan wees
afhangend van die groep se beplanning.
• Ontwerp van 'n bemarkingstrategie om die produksie-/gemeenskapsdansprojek te 10
adverteer/bevorder:
o Duidelike aanduiding van 'n tema
o Opvallend/visueel sterk/impak op luisteraar indien vir radio
o Kommunikeer nodige inligting
o Kreatiewe strategie
o
Kopiereg voorbehou
• • • • •
Werk goed saam met ander in 'n ruimte, uitdrukkingsvolle
Dansstudies
interaksie met ander, saamdans/patrone en tydsberekening is
Kopiereg voorbehou goed ontwikkel d.m.v. gereelde bywoning/deelname/moeite en
fokus in elke klas.
Hoë vlakke van kompleksiteit is bereik in die dans a.g.v.
NASIENRUBRIEK EN VLAKBESKRYWERS
gereelde oefening en herhaling.
Tegniese vermoë dui op goed ontwikkelde komponente van
fiksheid asook 'n sterk begrip van die beginsels van die
dansstyl wat toegepas is regdeur die dans. Toepassing van
veilige danspraktyke.
PAT 2 PRAKTIESE KOMPONENT = 50 PUNTE
Uitvoerings kwaliteit, musikaliteit/interpretasie is hoogs
ontwikkel en wys dinamika/oorgange/betekenis in 32
bewegings/vloeibaarheid/vlotheid, ens. NSS
Inhoud/Konsepte/Vaardighede wat nagesien moet word
Bydrae tot die sukses van die groepdans/bywoning/
AFDELING 3: FINALE UITVOERING VAN DIE GROEPDANS
deelname/fokus/toewyding.
10 10 10 10 10 MAKS PUNT
Spanwerk: volle bywoning/positiewe houding/leierskap rol.
Tegniek: hoë kompleksiteitsvlakke/uitstekende tegniese vermoë/hoë
vlakke van fiksheid. Uitvoering: Baie selfversekerd/uitstekende 9–10 punte
dinamika/ hoogs uitdrukkingsvol/hoogs ontwikkelde bewustheid van
ander. Musikaliteit: uitdrukkingsvolle/sensitiewe interpretasie
Spanwerk: volle bywoning/positiewe houding
Tegniek: sommige kompleksiteitsvlakke /goed gevestigde tegniese
vermoë/goed ontwikkelde vlakke van fiksheid. Uitvoering: selfversekerd/ 8–8½ punte
dinamika deels gebruik/ uitdrukkingsvol/goed ontwikkelde bewustheid
van ander. Musikaliteit: uitdrukkingsvol
DBE/PAT 2019
Spanwerk: bywoning van meeste lesse.
Tegniek: goed gevestigde tegniese vermoë/goed ontwikkelde vlakke
7–7½ punte
van fiksheid. Uitvoer met vertroue/uitdrukkingsvol/bewus van andere.
Musikaliteit: uitdrukkingsvol
Spanwerk bywoning van meeste lesse.
Tegniek: gevestigde tegniese vermoë/ gevestigde vlakke van fiksheid.
6–6½ punte
Uitvoering selfversekerd/soms bewus van ander. Musikaliteit:
uitdrukkingsvol
Spanwerk: ongereelde bywoning.
Downloaded from hlayiso.com
Tegniek: deels gevestig/ beperkte vlakke van fiksheid. Uitvoering: ken
5–5½ punte
werk/beperkte bewustheid van ander.
Musikaliteit: kan bewegings by musiek pas
Spanwerk ongereelde bywoning.
Tegniek: beperkte vlakke van tegniek en fiksheid Uitvoering: onseker
4–4½ punte
oor werk / beperkte bewustheid van ander
Musikaliteit: kan soms bewegings by musiek pas
Spanwerk: ongereelde bywoning.
Tegniek: minimale tegniek en fiksheid. Uitvoering onseker van werk
3–3½ punte
/minimale bewustheid van ander
Musikaliteit: meestal onmusikaal.
Die vereistes soos uiteengesit is nie nagekom nie. 0–2½ punte
Study this subject
Notes, quizzes and topic questions for Grade 12 Dance Studies.
- Grade 12 Dance Studies notes
CAPS revision notes with worked examples.
- Dance Studies questions by topic
Past exam questions sorted by CAPS topic, with memos where available.
- All Grade 12 Dance Studies past papers
Past papers by year, with memos where available.
- Grade 12 Practical assessment tasks
More Dance Studies and other subjects in this collection.
Recommended for this subject
More papers and memos for this grade and subject.
_hlayiso.com_--8c9dc413-0765-4aa4-8852-fdb1036e10a8/v1-473ac2b2cedf6ee82393/card.webp)
Practical assessment task
Dance Studies PAT GR 12 2020 Bylae Afr (Hersien)

Practical assessment task
Dance Studies PAT GR 12 2017 Afr

Annual teaching plan
Gr 12 Dan Stu ATP 2023 24

Memorandum
Dance Studies Grade 12 NSC November 2025 Memo

Memorandum
Dance Studies Grade 12 NSC November 2025 Memo

Question paper
Dance Studies Grade 12 NSC November 2025 Question Paper
Related documents

Memorandum
Dance Studies Grade 12 NSC June 2024 Memo (Afrikaans)

Question paper
Dance Studies Grade 12 NSC June 2024 Question Paper (Afrikaans)

Question paper
Dance Studies Grade 12 NSC November 2023 Question Paper (Afr)

Memorandum
Dance Studies Grade 12 Eastern Cape Mock 2018 Memo (Afrikaans)

Question paper
Dance Studies Grade 12 Eastern Cape Mock 2018 QP (Afr)

Question paper
Dance Studies Grade 12 Eastern Cape Mock 2018 QP (Afr)
More from Grade 12 Dance Studies

Question paper
Dance Studies Grade 12 NSC November 2025 Question Paper

Question paper
Dance Studies Grade 12 November 2024 NSC Question Paper

Question paper
Dance Studies Grade 12 November 2024 NSC Question Paper

Question paper
Dance Studies Grade 12 November 2024 NSC MG Question Paper

Question paper
Dance Studies Grade 12 November 2024 NSC MG Question Paper

Question paper