Skip to content
Practical assessment task

Dance Studies PAT GR 12 2020 Afr

Grade 12 Dance Studies practical assessment task from the 2020 (Afrikaans), 41 pages. Read online or get the free PDF download.

Subject: Dance StudiesGrade 12202041 pages
Download

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com DANSSTUDIES RIGLYNE VIR PRAKTIESE ASSESSERINGSTAKE GRAAD 12 2020 Hierdie riglyne bestaan uit 41 bladsye. Copyright reserved Please turn over
Downloaded from hlayiso.com Dansstudies 2 DBE/PAT 2020 NSS INHOUDSTABEL Bladsy 1. INLEIDING 3 2. PAT-NAKOMING TEN OPSIGTE VAN NSS FINALE UITSLAE 3 3. PAT-IMPLEMENTERING 4 4. ONGESKIKTHEID/SIEKTE/BESERING 4 5. BRONNELYS 4 6. DOEL/VOORDELE VAN PAT'e 5 7. RIGLYNE OOR HOE OM LESBEPLANNING TE BEGIN 7 8. RIGLYNE VIR DIE ONTWIKKELING VAN 'N LEERDEROPDRAG 9 9. ONDERWYSERRIGLYNE VIR PAT 1 CHOREOGRAFIE 10 9.1 Tydraamwerk 10 9.2 Riglyne om leerders te help om 'n danswerk saam te stel 11 9.3 Skriftelike inhoud in joernaal 11 9.4 Assessering en moderering 12 PAT 1-Nasieninstrument 14 PAT 1-Nasienrubriek 15 9.5 Instruksies aan leerders 17 10. ONDERWYSERRIGLYNE VIR PAT 2: GROEPSDANS 33 10.1 Tydraamwerk 33 10.2 Struktuur van die groepsdans 33 10.3 Skriftelike inhoud in die joernaal moet insluit 33 10.4 Assessering en moderering 34 PAT 2-Nasieninstrument 34 PAT 2Nasienrubriek 35 10.5 Instruksies aan leerders 38 11. GEVOLGTREKKING 41 12. VERWYSINGS 41 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dansstudies 3 DBE/PAT 2020 NSS 1. INLEIDING Die 17 Kurrikulum-en-assesseringsbeleidsverklaring-vakke wat 'n praktiese komponent bevat, sluit almal 'n praktiese assesseringstaak (PAT) in. Hierdie vakke is:  LANDBOU: Landboubestuurswetenskappe, Landboutegnologie  KUNS: Dansstudies, Ontwerp, Dramatiese Kunste, Musiek, Visuele Kunste  WETENSKAPPE: Rekenaartoepassingstegnologie, Inligtingstegnologie, Tegniese Wetenskappe  DIENSTE: Verbruikerstudies, Gasvryheidstudies, Toerisme  TEGNOLOGIE: Siviele Tegnologie, Elektriese Tegnologie, Meganiese Tegnologie en Ingenieursgrafika en -ontwerp 'n Praktiese assesseringstaak (PAT) is 'n verpligte komponent van die finale promosiepunt vir alle kandidate ingeskryf vir vakke wat 'n praktiese komponent het en tel 25% (100 punte) van die eksamenpunt aan die einde van die jaar. Die PAT word oor die eerste drie kwartale van die skooljaar geïmplementeer. Dit word in verskillende fases of 'n reeks kleiner aktiwiteite afgebreek wat saam die PAT opmaak. Die PAT bied leerders die geleentheid om op 'n gereelde basis gedurende die skooljaar geassesseer te word en dit maak ook voorsiening vir die assessering van vaardighede wat nie in 'n skriftelike formaat, bv. toetse of eksamens, geassesseer kan word nie. Dit is dus belangrik dat skole seker maak dat al die leerders die praktiese assesseringstake binne die toegelate tydperk voltooi om te verseker dat leerders aan die einde van die jaar hulle uitslae ontvang. Die beplanning en uitvoering van die PAT verskil van vak tot vak. Die vak Dansstudies het TWEE praktiese assesseringstake (PAT'e). Die TWEE PAT'e = 100 PUNTE en maak 'n kwart van die einde-van-die-jaar- eksamenpunt uit en moet die tyd en aandag gegee word wat dit toekom. 2. PAT-NAKOMING TEN OPSIGTE VAN NSS-UITSLAE Hierdie 2020-PAT-dokument moet in alle provinsies geïmplementeer word deur onderwysers en skole wat Graad 12-Dansstudies aanbied. Die doel van hierdie riglyn is om gedetailleerde instruksies vir onderwysers en leerders te verskaf oor hoe om die PAT-inhoud te bestuur en beheer sodat dit aan die KABV-vereistes vir eksterne moderering voldoen. Die TWEE PAT'e (100 PUNTE) maak 'n kwart van die einde-van-die-jaar-eksamenpunt uit en moet die tyd en aandag gegee word wat dit toekom binne die 4 ure wat per week per kwartaal toegelaat word asook die bykomende tyd na skool, soos in die KABV aangedui. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dansstudies 4 DBE/PAT 2020 NSS 3. PAT-IMPLEMENTERERING  Die PAT'e moet in die eerste twee kwartale van die skooljaar voltooi word.  Die PAT'e is 'n voortgesette proses teenoor 'n eenmalige toets/eksamen en die onderwyser moet die leerders veelvuldige geleenthede om te verbeter soos wat hulle leiding ontvang en vaardighede ontwikkel.  Die PAT help onderwysers om te sien wat leerders in 'n les verstaan want dit behels aktiewe leer wat leer onmiddellik sigbaar maak.  Die PAT'e is verpligte komponente van die finale VOO-bevorderings-punt.  Dit is dus baie belangrik dat skole seker maak dat alle leerders binne die gegewe tydperk die PAT'e voltooi.  Indien 'n leerder versuim om enige van die PAT'e te voltooi, sal die leerder aan die einde van die jaar 'n onvoltooide/onvoldoende resultaat kry. KWARTAAL 1 KWARTAAL 2 PAT-JAARPUNT PAT 1 PAT 2 25 punte skriftelike 25 punte skriftelike 100 PUNTE 25 punte prakties 25 punte prakties 4. ONGESKIKTHEID/SIEKTE/BESERING  'n Leerder met spesiale behoeftes wat aan die begin van hierdie VOO-vak ingeskryf, sal volgens hulle opvoeringsvermoëns geassesseer word en daar sal op geen manier teen hulle gediskrimineer word nie.  'n Liggaamlik geskikte leerder wat gedurende sy/haar graad 12-jaar ernstig siek of beseer word, kan 'n soortgelyke vergunning ontvang.  Indien 'n voorheen gesonde kandidaat se vermoë om op te tree/dans verander, moet 'n aansoek by die provinsiale direktorate vir die nodige oorweging en goedkeuring voorgelê word.  Mediese bewyse en getuienis deur 'n professionele persoon moet voorgelê word.  Dit is nie van toepassing op die skriftelike of deelnamekomponente van die PAT- vereistes nie, slegs op die finale opvoeringspunt.  Swangerskap word nie as 'n siekte of besering beskou nie. 'n Swanger leerder sal die geleentheid kry om haar PAT-assessering voor of ná die geboorte van haar baba te voltooi, alhoewel dit binne die skooljaar moet plaasvind.  Die PAT-komponente kan aangepas word om beseerde leerders die geleentheid te gee om aan die finale opvoering deel te neem, bv. tree op in 'n rolstoel/sit op 'n stoel/staan/minimale beweging. 5. LYS VAN HULPBRONNE  Leerderboek: graad 12 Excellent Dance Studies – PAT-inhoud  Onderwysersgids: graad 12 Excellent Dance Studies – onderrigmetodologieë  CD's, 'n versameling geskikte musiek en musiekinstrumente, klankstelsel  Literatuur/Artikels/Handboeke oor dans (boeke, tydskrifte, die internet)  Toegang tot navorsingsinligting oor onderwerpe wat in die leerderchoreografieë behandel sal word, bv. boeke, tydskrifte, koerante en die internet  Naslaanwerke, soos Dance Studies: Teaching Improvisation, Choreography and Production (WKOD 2009 – beskikbaar by Edumedia https://www.yumpu.com)  Repertoire vir die gekose dansgenre in PAT 2  Rekwisiete, kostuums, opvoerruimte en ander produksie-elemente, indien beskikbaar  Videokamera/selfoonkamera om die groepdanse en choreografie op te neem  Selfoon om die proses en produk van die choreografie op te neem as bewys of om 'n video/film van 'n werk saam te stel.  Gratis redigeerprogram indien die choreografie vir video/film saamgestel word.  Toegang tot die skoolrekenaarkamer/-laboratorium vir navorsing/redigering. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dansstudies 5 DBE/PAT 2020 NSS 6. DOEL/VOORDELE VAN DIE PAT'e (binne die Algemene Doelwitte van die KABV – bladsy 8 en binne die Spesifieke Doelwitte van Dansstudies – bladsy 9 in die KABV-dokument) INHOUD, VAARDIGHEDE, GESINDHEDE EN WAARDES Die praktiese assesseringstake (PAT'e) bestaan uit beide teoretiese en praktiese afdelings met 'n 50/50-gewigswaarde van toegekende punte. Die teorie moet geïntegreer en in die praktiese afdeling toegepas word. Die PAT'e dien om die hoërorde-denke die vaardighede wat vir die finale skriftelike Vraestel 1 en praktiese Vraestel 2 van die NSS-eksamen benodig word, te versterk. Dans as 'n uitvoerende kunsvorm moet nie net in die klaskamer en eksamenlokaal ervaar word nie, maar ook in produksies op die verhoog, waar moontlik. Optrede/Opvoering verhef die standaard van danstegniek en opvoer-/dansgehalte. Die PAT'e moedig 'n aktiewe en kritiese benadering tot kennis/leer aan, eerder as masjinale leer (papegaaileer) van gegewe waarhede. Die vak Dansstudies leer leerders noodsaaklike lewensvaardighede wat in die 21ste eeu vereis word. Die PAT'e leer jou baie meer as dans en dansvaardighede. https://www.aeseducation.com/career- readiness/what-are-21st-century-skills Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dansstudies 6 DBE/PAT 2020 NSS Die PAT'e Stel Leerders in Staat om Vaardighede wat in die Werklike Lewe Ervaar word, te Ontwikkel, Soos: Kritiese Denke:  Versamel, analiseer, organiseer en evalueer inligting krities sowel as reageer, geniet en lê goeie oordeel oor dans aan die dag.  Gebruik musiek/begeleiding/produksie-elemente/choreografiese strukture/opvoerruimtes/ tegnologie/gemengde-media, ens. om 'n danswerk te verbeter.  raak betrokke by maatskaplike, kulturele, omgewings- en gemeenskapskwessies deur dans. Kreatiewe denke:  Ontwikkel 'n idee deur navorsing/improvisasie/ontdekking/abstraksie/interpretasie vanaf 'n beginpunt tot in 'n volledige danswerk.  Gebruik simboliek binne beweging, gemengde media, tegnologie en produksie-elemente om 'n betekenis/bedoeling van die choreografie oor te dra.  Ontwikkel die liggaam as 'n instrument van uitdrukking; konseptualisering van 'n idee/tema/konsep in beweging/maak sin van beweging.  Kommunikeer doeltreffend met gebruik van visuele, simboliese en/of taalvaardighede op verskillende maniere. Probleemoplossing:  Bestuur hulleself en ander.  Bestuur tydsbeperkings en haal spertye.  Vind kreatiewe oplossings vir probleme/implementeereer korreksies vir verbetering. Buigbaarheid:  Wyk af van planne indien nodig, erken en weet wat foute is.  Identifiseer en los probleme op en maak besluite met gebruik van kritiese en kreatiewe denke.  Krities evalueer en besin oor eie werk en is in staat om verbeterings te implementeereer. Leierskap:  Motiveer 'n span om 'n doelwit te bereik; gaan saam met die span deur die nodige stappe en bereik die doelwitte gesamentlik. Inisiatief:  Organiseer en bestuur hulleself en hulle aktiwiteite op 'n verantwoordelike en doeltreffende wyse.  Begin projekte, strategieë en planne op hulle eie. Produktiwiteit:  Handhaaf doeltreffendheid in 'n era van afleiding; die vermoë om werk in 'n geskikte hoeveelheid tyd te voltooi, haal spertye, voorbereidheid.  Verantwoordelikheid.  Toerekenbaarheid. Sosiale vaardighede:  Ontmoet en netwerk saam ander tot wedersydse voordeel.  Wy hulle toe aan take/ander in die groep, die breër sosiale groep, ens.  Identifisering van eie waardes en respekteer ander mense se waardes (verbind aan veilige praktyke om sodoende nie ander te beseer nie). Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dansstudies 7 DBE/PAT 2020 NSS 7. RIGLYNE OOR HOE OM LESBEPLANNING TE BEGIN WAT word onderrig? HOE sal dit WAAROM word onderrig word? dit onderrig? WAT in Ag Geneem Moet Word  Gaan weer deur die Algemene en Spesifieke Doelwitte van Dansstudies (soos in die KABV uiteengesit) en identifiseer areas waar doelwitte oorvleuel in die breër beplanning spesifiek aan die PAT'e geïnkorporeer kan word.  Lees die riglyne in hierdie dokument asook die KABV vir voltooiing van inhoud vir nakoming.  Die gewigswaarde van prakties en teoreties = 50/50 moet by alle beplanning ingesluit word.  Die PAT kan in graad 11 begin word en verder in graad 12 ontwikkel. Dit kan 'n ideale manier wees om die groot getal leerders in 'n klas te bestuur en kan oormatige stres elimineer by die leerders en hulle ontwikkeling van selfvertroue, kreatiwiteit en dansgehalte aanhelp.  Skoolroosters moet die korrekte hoeveelheid tyd in elke kwartaal wat aan elke PAT toegeken word, aandui. Die PAT'e mag nie aan leerders gegee word om op hulle eie buite skoolure sonder toesighouding te doen nie. Dit sluit in beide die prakties en skriftelike komponente wat by die kwartaalbeplanning ingereken moet word.  Onderwysers is verantwoordelik vir die bestuur van hulle leerders na skooltyd/gedeelde tyd vir die gebruik van venues/toerusting, ens. asook hulle veiligheid wat beteken die onderwyser moet op die terrein wees indien hulle leerders daar is.  Onderwysers is verantwoordelik vir die hou van 'n bywoningsregister vir alle klasse (tydens skool/na skool/bykomende tyd) vir alle leerders asook hulle betrokkenheid vir 'n geldige en betroubare proses/produkmark.  Onderwysers is verantwoordelik vir die skep van 'n DVD/elektroniese weergawe van alle leerders se PAT'e vir eksterne modereringsdoeleindes. Sluit dit by die beplanningsraamwerk in aangesien dit 'n verpligte komponent is. WAAROM moet onderwysers noukeurig beplan?  Identifiseer kernwaardes wat by die PAT-beplanning geïnkorporeer moet word as lewensvaardighede asook dansvaardighede wat onderrig moet word.  Enige vorm van kreatiwiteit vat tyd om te konseptualiseer. Hoë gehalte denke en eksperimentering sal genoeg tyd en leiding van die onderwyser benodig sodat leerders hulle kreatiewe idees kan uitleef.  Oorweeg verskillende leer-/onderrigstyle sodat alle leerders hulle volle potensiaal kan bereik. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dansstudies 8 DBE/PAT 2020 NSS HOE om dit te implementeer  'n Uiteensetting van onderrigmetodologieë/onderrigstrategieë vir elke weeklikse klas wat direk met die leerderopdragte vir die kwartaal ooreenkom, wat die volgende aandui: o Hoe elke aktiwiteit 'n noodsaaklike deel van die boublokke vir die voltooiing van die PAT is, d.i. waarom is dit by die algehele beplanning ingesluit? o LOOM (leerder, onderwyserondersteuningsmateriaal) wat inspirerende leeswerk, besigtiging, luistermateriaal asook verwysingsbladsye in die leerderhandboek insluit vir verdere leiding/kennis/idees. Dui aan hoe dit gebruik sal word om die leerder se persoonlike groei/ontwikkeling van die leerder vir voltooiing van die PAT te bemagtig. o Sluit aanpasbare take in sodat dit 'n wye reeks onderrigstyle en vermoëns sal uitdaag. o Hoe take/aanpassings gemaak sal word vir leerders met spesiale behoeftes/beseerde/siel leerders en hoe hierdie leerders geassesseer sal word om aan die PAT-vereistes/tydraamwerke te voldoen. o Ingrypingstrategieë oor hoe om leerders te help om hulle doelwitte te bereik. o 'n Tydlyn van datums vir afdelings om voltooi te word sodat terugvoering gegee kan word oor hoe om leerders te help verbeter/groei langs die pad. o Finale datums vir assesserings sodat leerders voorbereid is. EEN VOORBEELD VAN ASSESSERINGSPRESTASIE Psigo-motoriese Domein Naturalisasie Samehangende Kommunikasie Artikulasie (Vaardige Bewegings Presisie (Fisiese Aktiwiteite) Manipulasie (Basiese Fundamentele Bewegings Nabootsing (Refleksbewegings) Gebaseer op Dave se Taksonomie Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dansstudies 9 DBE/PAT 2020 NSS 8. LEIDING OM 'N LEERDEROPDRAG TE ONTWIKKEL 'n Modelleerderopdrag is vir PAT 1-choreografie op bladsy 19 ingesluit. Geen modelopdrag is vir die PAT 2-groepdans ingesluit nie. Onderwysers kan hulle eie ontwikkel gebaseer op die leiding wat vir die PAT 1-model gegee word. Gebiede om in te sluit: Inspireer leerders:  Verskaf visuele stimuli wat tot kreatiwiteit, entoesiasme en ywer sal lei.  Heelwat leerders is dalk nie aan die besigtiging van 'n wye reeks choreografiese werke wat tans in teaters/YouTube/video, ens. beskikbaar is, blootgestel nie. Vind werke wat met die PAT'e inskakel wat nuwe/innoverende neigings in choreografie/die gebruik van dansfusie/produksie-elemente/musiek/begeleiding en tegnologie insluit.  Vind danswerke wat leerders sal inspireer om hulle eie tegniek, dansgehalte en kreatiwiteit te ontwikkel. Groeperings:  In skole waar daar 'n groot graad 12-groep is, kan dansleerders in groepe geplaas word. Dit moet deur die onderwyser besluit word.  Waar daar slegs 1 leerder is, moet dansers uit ander graad gebruik word om 'n groep te vorm. Leerderopdragte:  Gedetailleerde leerderopdragte moet aan die begin van elke kwartaal verskaf word waarin beskryf sal word hoe elke klas/passie sal vorder en geassesseer word = tydlyn.  Onderwysers is verantwoordelik om te verseker dat elke leerder 'n aangewese joernaal het vir die skriftelike inhoud van die proses en produk van die PAT'e. Dit mag nie in die taakboek vir algemene studiedoeleindes gedoen word nie want die joernaal moet vir eksterne moderering ingelewer word.  Die leerderopdrag moet in die leerders se joernale geplak word vir modereringsdoeleindes en die verifiëring van punte.  Die skriftelike werk moet 'n persoonlike weergawe/eie ervarings wees oor die PAT en moet nie bladsye wees wat uit die handboek oorgeskryf is nie.  Die opdragte moet verwysingsbladsye na die handboek insluit wat relevant tot die PAT is. Nasienkriteria:  Leerders moet die nasienkriteria ontvang voordat hulle die PAT'e kry sodat hulle beplanning en voorbereiding daardeur gelei word.  Onderwysers moet die skriftelike werk gereeld lees en terugvoering gee vir verbetering. Dit moet duidelik wees in die aanmerkings oor die werk/datums/handtekeninge in die leerderjoernale.  Onderwysers moet gereelde terugvoering gee oor die praktiese komponente vir verbetering.  Onderwysers are verantwoordelik vir die insamel en voorlegging van ALLE leerderjoernale en bewyse van die proses wanneer die PAT'e vir interne HvD/provinsiale/DBE/UMALUSI- moderering voltooi is. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dansstudies 10 DBE/PAT 2020 NSS 9. ONDERWYSERSRIGLYNE VIR PAT 1 CHOREOGRAFIE  Graad 12-dansleerders kan in groepe van 3–6 leerders geplaas word. Dit moet deur die onderwyser gedoen word.  Leerders kan een groepsdans saam choreografeer (veral indien daar 'n groot aantal graad 12-leerders is) of choreografeer individueel op 'n groep.  Indien daar in 'n groep gechoreografeer word, sal elke groep een choreografiese werk produseer waartoe alle lede bygedra het.  As daar slegs 1 of 2 graad 12-leerders is, kan dansers van ander grade gebruik word om in die choreografie/danswerk te dans. Hierdie leerders mag nie 'n solo of duet dans nie.  Die danswerk moet nie 3 minute oorskry nie as gevolg van tydsbeperkinge by die skool.  Gehalte teenoor hoeveelheid. Onderwysers moet leerders help om die mees relevante materiaal wat tydens hulle beplannings- en improvisasieprosesse vir hulle finale produk te kies.  'n Verklaring van egtheid word vir elke leerder vereis om te bewys hulle choreografie is nie plagiaat nie.  Onderwysers moet 'n verskeidenheid musiek vir leerders/groepe verskaf om uit te kies indien hulle nie daarin slaag om hulle eie musiek te kry nie. Baie keer het leerders nie toegang tot 'n wye reeks geskikte musiek nie. Onderwysers moet help met die finale keuse, verdof, sny en insamel van musiek vir finale assessering en moderering.  Indien onderwysers die leerderopdragmodel gebruik wat by hierdie PAT ingesluit is, gebruik die skool-Wi-Fi-koppeling/oorhoofse projektors wat aan 'n skootrekenaar gekoppel is of selfone om toegang te verkry tot die relevante elektroniese voorbeelde van die inhoud wat verskaf word om leerders te inspireer. Leiding van leerderimprovisasie/-kreatiwiteit: https://www.youtube.com/watch?v=yHyrWyekRMc https://www.youtube.com/watch?v=H8JiB2Nv5Qo https://www.youtube.com/watch?v=mptyZmxaYvE 9.1 Tydsbestek  Hierdie PAT word in kwartaal 1 of 2 gedoen. Dit behoort 8–10 weke neem om te voltooi.  Vooraf voorbereiding kon in graad 11 kwartaal 4 begin het (sien bladsy 29 KABV- dokument)  Elke groep se choreografie moet 2–3 minute in totaal lank wees.  Een klas/ekwivalent per week moet aan hierdie PAT op die skoolrooster toegeken word. Dit moet beide prakties en skriftelike afdelings insluit.  Bykomende tyd tydens pouses en na skool moet tussen die onderwyser en die leerders gereël word vir terugvoering en individuele aandag. Dit sal onderwysers in staat stel om groepe te help met enige areas/blokkasies wat hulle dalk ondervind asook raad vir verbetering.  Finale assesseringsdatum moet vooraf verskaf word. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dansstudies 11 DBE/PAT 2020 NSS 9.2 Leiding om Leerders te Help om 'n Danswerk Saam te Stel Onderwysers sal hulp moet verleen met die volgende prosesse en dit by hulle beplanning insluit:  Sit 'n denkproses om in 'n konkrete konsep vir evaluering.  Interpreteer/Vertolk 'n gegewe idee/tema/storie in bewegingswoordeskat.  Gebruik improvisasie/ontdekking/abstraksie/simboliek om 'n relevante bewegings- woordeskat te skep.  Inkorporeer danselemente – ruimte, tyd en krag.  Kies en inkorporeer geskikte choreografiese strukture.  Kies 'n geskikte opvoerruimte vir die danswerk (konvensioneel/onkonvensioneel).  Konseptualiseer die produksie-elemente nodig om die danswerk te versterk/verbeter.  Repeteer en bemeester die danswerk vir 'n finale opvoering om veilige danspraktyk, tegniek en dansgehalte in te sluit. Onderwysers sal 'n prosespunt aan elke leerder vir die ontwikkeling van die choreografie moet toeken ten opsigte van die volgende:  Toewyding: gereelde bywoning en deelname tydens/buite skoolure.  Eksperimentering: die gebruik van improvisasie om nuwe/oorspronklike innoverende bewegingswoordeskat/musiekkeuse te skep.  Kreatiewe inset in die komposisie: kry van nuwe idees/bereidheid/navorsing/risiko's neem/kontakwerk, ens.  Spanwerk: in staat om instruksies te volg/gefokus/toegewyd/konflikoplossing.  Leierskap: bereidheid/verantwoordelikheid/fokus/ontwikkel strategieë vir verbetering. 9.3 Skriftelike Inhoud in Joernaal Onderwysers sal hulp moet verleen met die volgende prosesse en dit by hulle beplanning insluit:  Navorsing oor/Ondersoek van tema gekies.  Besinning oor hoe improvisasie gebruik is om relevante bewegingswoordeskat te ontwikkel.  Besinning oor hoe danselemente in die werk gebruik is en waarom.  Besinning oor hoe choreografiese elemente/strukture in die werk gebruik is en waarom.  Keuse van musiek vir die werk en hoe dit die werk versterk.  Besinning oor hoe die groep gewerk het.  Selfbesinning oor die proses – sterk punte/swak punte/groei.  Ontwerp produksie-elemente vir die danswerk. die beplanning vir die gebruik van produksie-elemente by elke leerder moet nie tot hulle eie werklike optrede beperk wees nie. Leerders moet aangemoedig word om te ontwerp/skep/konseptualiseer wat hulle in 'n produksie sou gebruik indien hulle 'n onbeperkte begroting gehad het. Relevansie/Simboliek moet ingesluit word oor hoe hierdie elemente die betekenis van die werk sal versterk. Dit kan gekoppel word aan die voorskriftelike werk wat hulle bestudeer.  Ontwerp 'n een-bladsy-programnota – dit kan in die joernaal of 'n aparte A4-bladsy gedoen word. Dit moet relevansie, betekenis en begrip van 'n sinopsis/bedoeling/idee toon en 'n kreatiewe, leersame aanbieding wees. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dansstudies 12 DBE/PAT 2020 NSS 9.4 Assessering en Moderering  Die puntestaat op bladsy 14 is 'n model wat onderwysers kan gebruik.  Die nasienrubriek op bladsy 15 is 'n model oor hoe om punte volgens leerderprestasie toe te ken.  Hierdie PAT-dokument is 'n riglyn. Onderwysers kan hulle eie puntestate, rubrieke en leerderopdragte skep wat beskryf hoe die punte behaal is. Die gewigswaarde mag egter nie verander word nie, met 'n 50/50-gewigswaarde vir prakties en skriftelike inhoud vereis.  Elke leerder kry individueel punte wat hulle persoonlike bydrae en deelname aan die proses en die finale opvoering/uitkoms van die PAT weergee.  Die proses onthul dikwels meer van die ware waarde van 'n leerder se deelname/voorbereiding/kennis/eksperimentering/kreatiwiteit wat met hierdie PAT bereik word as die finale produk gelewer.  Die PAT kan as 'n openbare optrede/skoolopvoering/byeenkoms of in die dansklas gedoen word. Dit kan in 'n konvensionele/nie-konvensionele opvoerruimte opgevoer word.  Die PAT kan gechoreografeer word spesifiek vir verfilming (dan bly al die vereistes vir voltooiing presies dieselfde). Onderwysers sal egter geskikte assesseringskriteria moet ontwikkel.  Onderwysers is verantwoordelik vir die saamstel van 'n DVD van elke choreografie en alle joernale/programnotas, indien apart, vir eksterne moderering moet insamel.  Puntestate met leerder se name, assesseringsdatum, handetekeninge en punte moet in die onderwyserslêer saam met die rubriek gebruik vir assessering van die choreografieë geplaas word.  Gasonderwysers kan uitgenooi word om te help met die PAT-assesserings. http://www.klugosdancetheater.org/ Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dansstudies 13 DBE/PAT 2020 NSS BAIE LEERDERS BEGIN NOU CHOREOGRAFEER VIR FILM/VIDEO. Hieronder is 'n paar idees wat as 'n beginpunt gebruik kan word om puntestate en nasienkriteria saam te stel. www.olejarz.com/arted/digitalvideo/interviewrubriek.pdf Beplanning  Toerusting benodig/redigeringsprogramme wat gebruik gaan word/identifiseer skoolrekenaarlaboratoriums vir redigering  Deelnemers aan verskillende tonele/skote – tydsbeperkinge vir verfilming/beskikbaarheid van dansers  Plekke gebruik/geskiktheid  Oorweging van beligting/klank/opvoerruimtegeskiktheid/veiligheid van dansers  Spesiale effekte wat ingesluit moet word/in die finale video ingeredigeer moet word  Storiebord wat skote/opeenvolgings van begin tot einde uiteensit  Enige ander areas wat jy wil insluit. Onderwerp  Interpreteer die tema/bedoeling op kreatiewe wyse  Gee insig in die tema/bedoeling  Is vermaaklik Inhoud  Bied interessante visuele inhoud  Visuele beelde/grafika/spesiale effekte hou goed verband met die inhoud  Leerders tree professioneel voor kamera op  Choreograaf/we toon noukeurige benadering tot tema/bedoeling  Aanvanklike idees word na finale produk deurgedra Tegniese Aspekte  Kamera is stabiel, gladde bewegings en swenk ('pans')  Onderwerp is goed geraam, beelde is goed gerangskik  Onderwerp is belig en duidelik sigbaar  Klank is duidelik en verstaanbaar  Video is doeltreffend geredigeer, vloei goed  Titels/Erkennings is doeltreffend gebruik  Oorgange is doeltreffend gebruik  Projek is betyds voltooi Kyk na The Contradiction of Silence deur Alexander Ekman Sidney Dance Company https://www.youtube.com/watch?v=5z5qCSwPtrw&t=32s Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dansstudies 14 DBE/PAT 2020 NSS PAT 1: CHOREOGRAFIE-NASIENINSTRUMENT. Gebruik rubrieke om puntetoekenning te lei NAAM VAN SKOOL: LEERDERNAME NAAM VAN ONDERWYSER(S): DATUM VAN PAT 1-CHOREOGRAFIEOPVOERING: ONDERWYSER(S) SE HANDTEKENING(E): MAKS PUNT GROEPNOMMER: TITEL VAN CHOREOGRAFIE: SKRIFTELIKE WERK IN JOERNAAL (3–5 bladsye)  Navorsing/Ondersoek  Gebruik van improvisasie (analise/abstraksie)  Gebruik van danselemente  Keuse en gebruik van musiek/begeleiding  Keuse van opvoerruimte – redes  Gebruik van choreografiese strukture  Besinning oor hoe die groep gewerk het  Selfbesinning  Beplanning van produksie-elemente. Analise van hoe produksie-elemente die opvoering versterk 15 EEN-BLADSY-PROGRAMNOTA  Sinopsis/bedoeling/idee/tema  Inligting  Uitleg op een bladsy 10 SUBTOTAAL 25 PROSES GEDURENDE KLAS – ONTWIKKELING VAN PAT  Toegewydheid, deelname en bydrae  Improvisasie toon kritiese denke en eksperimentering relevant tot die gekose tema.  Spanwerk, samewerking en probleemoplossing (mense- en tydsbestuurs- vaardighede)  Leierskap en organisatoriese vaardighede  Veilige danspraktyk tydens repetisies 15 FINALE DANSWERK  Kreatiewe bedoeling/idee/storie  Choreografiese strukture en dans elemente  Bewegingswoordeskat  Dans gehalte 10 SUBTOTAAL 25 TOTAAL 50 KOMMENTAAR/MODERERING: Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dansstudies 15 DBE/PAT 2020 NSS PAT 1 CHOREOGRAFIE NASIENRUBRIEK VIR SKRIFTELIKE WERK IN JOERNAAL – 15 PUNTE HOOG (11–15) MEDIUM (5–10) LAAG (0–4)  Navorsing/ondersoek na die gekose  Navorsing/ondersoek na die gekose  Minimale/Geen navorsing/ tema/idees/storie/bedoeling van die tema/idees/storie/bedoeling van die ondersoek na die gekose danswerk is diepgaande en sal help met danswerk is genoegsaam gedoen en bedoeling van die die konseptualisering van die danswerk. sal help met die konseptualisering danswerk is gedoen (nie). van die danswerk.  Ondersoek 'n wye verskeidenheid  Improvisasie is gebruik met 'n  Minimale/Geen begrip van improvisasie is gebruik met duidelike basiese begrip en verduideliking van hoe om improvisasie te begrip en verduidelikings van hoe dit hoe dit gehelp het met die gebruik wanneer 'n gehelp het met die ontwikkeling van nuwe ontwikkeling van nuwe danswerk geskep word bewegingswoordeskat/oorspronklike bewegingswoordeskat/oorspronklike (nie). idees/eksperimentering, analise en idees/eksperimentering, analise en abstraksie van beweging. abstraksie van beweging.  Die gebruik of danselemente word  Die gebruik of danselemente toon 'n  Minimale/Geen begrip van verstaan en duidelik weergegee in die basiese begrip van hoe dit in die die gebruik van verduidelikings van hoe dit in die danswerk geïnkorporeer gaan danselemente (nie). danswerk geïnkorporeer gaan word/dit word/dit gaan versterk. gaanversterk.  Insiggewende verduidelikings van hoe  'n Basiese verduideliking verskaf oor  Minimale/Geen relevante musiek/begeleiding gekies is – proses/ die keuse van musiek/begeleiding inligting oor keuse van redes en hoe dit die danswerk versterk. wat instrumentasie/genre/komponis/ musiek/begeleiding (nie). Instrumentasie/genre/komponis/titel, ens. titel, ens. insluit. ingesluit.  Kreatiewe produksiebeplanning en  Verskaf 'n basiese produksieplan  Minimale/Geen produksie- ontwerp sluit in: kostuum/beligting/ wat insluit: kostuum/beligting/verhoog/ beplanning (nie). verhoog/opvoerruimte/stel/tegnologie en opvoerruimte/stel/tegnologie. analise van hoe dit die danswerk versterk.  Choreografiese strukture is duidelik  Choreografiese strukture is  Minimale/Geen begrip van verstaan/redes vir keuses met duidelike verstaan en 'n sommige redes vir choreografiese strukture beskrywings van hoe dit geïnkorporeer/ keuses gemaak, is verskaf. (nie). gebruik is en hoe dit die danswerk versterk.  Betekenisvolle besinning oor hoe die  Basiese besinning oor hoe die groep  Nie in staat om te besin oor groep gewerk het – magsverhoudings/ met mekaar saamgewerk het. groepsdinamiek nie. leierskapsrolle/spanwerk/insette/ bereidheid/bywoning/toegewydheid/ verbeteringstrategieë, ens.  Selfbesinning toon evaluering van  Selfbesinning toon 'n basiese begrip  Nie in staat om persoonlike ontwikkeling as 'n van persoonlike ontwikkeling. betekenisvol self te besin danser/persoon wat sterk en swak punte nie. insluit. NASIENRUBRIEK VIR EEN-BLADSY-PROGRAMNOTA – 10 PUNTE HOOG (8–10) MEDIUM (4–7) LAAG (0–3)  Kreatiewe uitleg/aanbieding sluit in  'n Bietjie kreatiwiteit getoon in uitleg  Minimale/Geen poging in font/kleurvol/fokuspunt/beelde/prentjies/ en/of aanbieding die uitleg/ aanbieding gebruik van ruimte, ens. gesit (nie).  Betekenisvolle sinopsis/bedoeling/  Sinopsis/bedoeling ingesluit met  Minimale/Geen begrip van tema, ens. Relevant tot die finale bietjie relevansie tot die finale sinopsis/ bedoeling/tema opvoering. opvoering. (nie).  Gedetailleerde inligting oor die  Inligting verskaf oor die  Minimale/Geen inligting dansers/deelnemers/musiek, ens. dansers/deelnemers/musiek, ens. verskaf (nie). Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dansstudies 16 DBE/PAT 2020 NSS NASIENRUBRIEK VIR PROSES TYDENS KLAS – 15 PUNTE HOOG (11–15) MEDIUM (5–10) LAAG (0–4)  Volle bywoning/deelname/bydrae/  Deelname/bydrae/toegewydheid  Minimale/Geen deelname toegewydheid tydens alle klasse/ tydens die meeste klasse/repetisies/ tydens klasse/ repetisies/opvoerings. opvoerings. repetisies/opvoerings (nie).  'n Wye reeks improvisasiestrategieë  'n Paar improvisasiestrategieë gebruik  Minimale/Geen gebruik van gebruik om relevante bewegings- om bewegingswoordeskat te ontwikkel improvisasie (nie). woordeskat met gebruik van kritiese denke met bietjie eksperimentering. en eksperimentering te ontwikkel.  Werk volledig saam met groepslede en  Werk saam met die groepslede en dra  Minimale/Geen dra ten volle by tot die algehele sukses meeste van die tyd tot die algehele samewerking met van die danswerk. sukses van die danswerk by. groepslede (nie).  Sterk leierskapsvaardighede toon  Soms leierskapsvaardighede  Minimale/Geen leierskaps- probleemoplossing, besluitneming, getoon. vaardighede getoon (nie). tydsbestuur en organisasie van self en ander.  Verstaan en implementeer veilige werk  Bietjie begrip van veilige werk saam  Minimale/Geen begrip van saam ander tydens repetisies en ander tydens repetisies en opvoerings. veilig werk saam ander opvoerings. (nie). NASIENRUBRIEK VIR FINALE OPVOERING – 10 PUNTE HOOG (8–10) MEDIUM (4–7) LAAG (0–3)  Kreatiewe bedoeling/idee/storie/tema  Bietjie kreatiwiteit getoon in  Minimale/Geen kreatiwiteit goed gekonseptualiseer met gebruik van bedoeling/idee/storie/tema met getoon in bedoeling/ bewegingswoordeskat/gemengde media/ gebruik van bewegings woordeskat/ idee/storie/tema (nie). tegnologie/produksie-elemente/ gemengde media/tegnologie/ opvoerruimtes/ander. produksie-elemente/opvoerruimtes/ ander.  Choreografiese strukture en dans-  Choreografiese strukture en dans-  Minimale/Geen begrip van elemente goed begryp en gebruik in die elemente begryp en op plekke in die choreografiese strukture danswerk om die bedoeling te versterk. danswerk gebruik. en danselemente (nie).  Kreatiewe gebruik van bewegings-  Bietjie kreatiwiteit gebruik in  Minimale/Geen kreatiwiteit woordeskat deur improvisasie, bewegingswoordeskat deur gebruik getoon in bewegings- eksperimentering en abstraksie relevant van improvisasie en eksperimentering. woordeskat (nie). tot die bedoeling/idee/storie/tema.  Opvoering toon toegewydheid tot  Opvoering toon toegewydheid tot  Minimale/Geen beweging/ander, maak betekenis uit beweging/ander, selfvertroue, opvoereienskappe getoon beweging, fokus, projeksie, selfvertroue, musikaliteit en akkuraatheid. (nie). musikaliteit en akkuraatheid. https://hanoigrapevine.com – dance images Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dansstudies 17 DBE/PAT 2020 NSS 9.5 Instruksies aan Leerders PAT 1: CHOREOGRAFIESE OPVOERINGSTAAK  Die PAT'e tel vir 25% van jou finale graad 12-punt.  PAT 1 bestaan uit 25 punte skriftelike inhoud en 25 punte praktiese inhoud.  Hierdie PAT moet óf in kwartaal 1 óf kwartaal 2 voltooi word.  Jy moet die finale nasienvereistes ontvang om die PAT suksesvol te voltooi.  Indien die PAT nie voltooi word nie, sal jy 'n onvolledige jaarpunt kry.  Jy sal 1 les per week gedurende skooltyd of die ekwivalent daarvan kry.  Jy sal elke week moet ekstra tyd inwerk tydens pouses of na skool om 'n betekenisvolle PAT-choreografie aan te bied.  Daar word van jou verwag om 'n joernaal in te lewer, bo en behalwe jou gewone werkboek.  Jy kan in 'n groep van 3–6 leerders in jou dansklas werk om 'n 2–3-minuut- groepchoreografie te voltooi. Jy moet hierdie choreografie doen.  Elke lid van die groep moet ten volle deelneem aan die ontwikkelingsproses van 'n idee vanaf die aanvanklike opvoering tot die finale produksie van 'n volledige werk  Jy mag ook op jou eie choreografeer saam 'n groep dansers.  Die PAT sal ook jou vermoë toets om in 'n span te werk en om leierseienskappe te toon.  As deel van 'n groep en individueel sal daar van jou vereis word om saam te werk, te kommunikeer en om probleme op te los.  Jy moet 'n verklaring van egtheid in jou joernaal plak om te bewys dat die werk jou eie is. Plagiaat sal nie aanvaar word nie en jy sal 'n nulpunt ontvang.  'n Afskrif van jou PAT-inligtingstuk moet in jou joernaal geplak word.  Alle skriftelike werk moet gedateer wees om jou vordering tydens die uitvoer van die taak te toon. Beplanning en kreatiwiteit is 'n proses wat gereelde besinning/nadenke oor jou vordering en dokumente vereis. Dokumenteer al jou idees wat tot die finale produk lei.  Die belangrikste is dat jy die geleentheid moet gebruik om jou kreatiwiteit te ontwikkel t.o.v. innovering en oorspronklikheid. Wees trots op jou individueleiteit. Praktiese Inhoud van hierdie PAT Moet Insluit:  Die vermoë in 'n denkproses in 'n konkrete konsep vir evaluering om te sit.  Vertolk/Interpreteer 'n gegewe idee/tema/storie in bewegingswoordeskat.  Gebruik improvisasie/ontdekking/abstraksie/simboliek om 'n relevante bewegings- woordeskat te skep.  Inkorporeer danselemente – ruimte, tyd en krag.  Kies en inkorporeer geskikte choreografiese strukture.  Kies 'n geskikte opvoerruimte vir die danswerk – konvensioneel/onkonvensioneel.  Konseptualiseer die produksie-elemente nodig om die danswerk te versterk.  Repetering en bemeestering van die danswerk vir 'n finale opvoering om veilige danspraktyk, tegniek en dansgehalte in te sluit.  Jy sal 'n prosespunt vir die volgende ontvang: o Toegewydheid: gereelde bywoning en deelname tydens/buite skoolure. o Kreatiewe insette in die komposisie: navorsing, voorbereidheid vir elke klas, bring nuwe idees/innoverendheid/oorspronklikheid o Eksperimentering: dra by tot die gebruik van improvisasie om nuwe/oorspronklike/ innoverende bewegingswoordeskat te skep. o Keuse van musiek/begeleiding: insette in relevante keuses o Spanwerk: in staat om instruksies te volg/gefokus/toegewyd/los konflik op o Leierskap: voorbereid/verantwoordelikheid/fokus/ontwikkel strategieë vir verbetering Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dansstudies 18 DBE/PAT 2020 NSS Skriftelike Inhoud in Joernaal Moet Insluit:  Alle idees moet individueel deur jou in jou joernaal neergeskryf word al doen jy 'n groepschoreografie.  Dit moet 'n betekenisvolle besinning van die proses wees waardeur jy gegaan het om 'n danswerk te skep.  Die proses is belangriker as die produk so teken jou tydlyn vir hierdie PAT duidelik aan en sluit die volgende in: o Navorsing/Ondersoek na die tema gekies. o Hoe improvisasie gebruik is om die relevante bewegingswoordeskat te ontwikkel. o Hoe danselemente gebruik is in die werk en waarom. o Hoe choreografiese elemente/strukture in die werk gebruik is en waarom. o Keuse van musiek vir die werk en hoe dit die werk versterk.  Besinning oor hoe jou groep gewerk het: o Dit moet die proses om die werk as 'n span te ontwikkel tot die finale produk insluit en hoe jy dit hanteer het. Wat het vir jou tydens die proses gewerk/nie gewerk nie?  Selfbesinning: o Watter insig/kennis het jy bekom/geleer oor jouself as 'n danser en/of individu wat aan hierdie PAT deelgeneem het? o Het hierdie PAT lewensvaardighede ontwikkel?  Ontwerp van produksie-elemente vir jou danswerk moet insluit: o Beplanning van die gebruik van produksie-elemente. Jy moet ontwerp/skep/ konseptualiseer wat jy in 'n produksie sou gebruik as jy 'n onbeperkte begroting gehad het. o Kreatiwiteit/Oorspronklikheid word vereis in hierdie komponent om jou idees te konseptualiseer. o Teken/Ontwerp jou kostuums/gebruik van verhoogruimte/rekwisiete/dekor/spesiale effekte ens.  Ontwerp 'n een-bladsy-programnota: o Dit kan in jou joernaal of op 'n aparte A4-bladsy gedoen word. o Dit moet relevansie, betekenis en begrip van wat 'n sinopsis/bedoeling/idee is, toon en 'n kreatiewe, insiggewende aanbieding wees wat relevant aan jou danswerk is. Jou onderwyser sal 'n leerderopdrag aan jou verskaf wat die stappe om jou eie danswerk te skep aan jou sal uiteensit. http://thailandcontactfestival.com/ Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dansstudies 19 DBE/PAT 2020 NSS Modelleerderopdrag vir PAT 1: Choreografie ELEMENT vuur hout aarde metaal water die TEMA/STARTING POINT FOR jou CHOREOGRAFIE IS ELEMENT/S Element [el-i-ment] DEFINISIE: 'n deel van 'n geheel, bv. Abstrakte elemente soos:  Liefde  Gevaar  Hartseer Religieuse/Kulturele elemente soos:  Huwelikseremonies vir erkenning van eenheid  Geboorte-/Doopseremonies vir aanvaarding in 'n geloof http://bonaafrica.weebly.com  Dood-/Begrafnisseremonies vir aanbeweeg na hiernamaals  Mondigwordingseremonies/rituele vir volwassenheid  Genesingsrituele vir siektes/geestelike/psigologiese probleme  Spesifieke danse vir voortdra van tradisies/waardes/geskiedenis en opvoeding  Vierings https://wanderingdejavu.com/ Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dansstudies 20 DBE/PAT 2020 NSS Periodieke Tabel van Elemente, soos Lood, Goud of Silwer 'n Voorbeeld wat Gebruik Kan Word = Tekstuur Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dansstudies 21 DBE/PAT 2020 NSS Elemente Kan Gevind word in Alledaagse Produkte soos in die Beelde Hieronder! VUUR WATER AARDE LUG Natuurelemente: Enige van die Vier Stowwe (Aarde, Vuur, Water, Lug) beskou as die Fundamentele Dele van die Wêreld www.artandlife11.wordpress.com/2013/10/25/elements-of-nature/ dancing with sand – pinterest.com Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dansstudies 22 DBE/PAT 2020 NSS Die artikel hieronder kan by www.elementsballet.org gevind word AARDE Die Element van Aarde word in ons fisiekheid gevind. In die natuur is die Aarde die houer waarbinne al die ander elemente aangetref word en bedryf word. Dit is die grondfondasie, die basiese struktuur en raamwerk vir die hele skepping. Die fisiese liggaam is die basiese instrument werking en is 'n belangrike deel van die Aard-element. veral as 'n danser, die liggaam as 'n fundamentele aspek van die skepping van sy/haar kuns beskou. Dit is letterlik 'n danser se instrument vir uitdrukking. LUG Die Element van Lug is die geestelike fakulteit. Om die gehalte van die lug te gebruik, laat die liggaam toe om te werk buite wat gegee is en om te druk buite fisiese beperkinge. Dit gaan oor vorentoe beweeg in die ontwikkeling van die menslike liggaam, en grense breek. Dit is waaroor Lug in dans gaan; dit vorm die liggaam en werkverrigting en vorm dit in 'n toestand van perfeksie. Dansers moet lyk asof hulle in die lug sweef, alles moet moeiteloos lyk. Dit is 'n uiterste geestelike oefening wat moet gebeur om die liggaam voort te beweeg na die bereiking van grasie, elegansie en skoonheid. Lug gaan oor oorgange en die gehalte van beweging tussen passies. Lug is die algehele gehalte van grasie en gemak wat ons as dansers deur ons beweging probeer oordra. Die Element WATER van Water is die emosionele liggaam en gevoel van die natuur. Wanneer water bygevoeg word, kry die liggaam meer soepelheid en 'n hele reeks bewegings. Water is baie basies en gee toegang tot diep emosies en gevoelens wat die basis van kreatiwiteit is. In dans is dit 'n element van improvisasie, ontdekking en eksperimentering, wat die danser in staat stel om na 'n plek van kwesbaarheid binne hom-/haarself te gaan en 'n nuwe manier van beweeg te ontdek. Water in dans gee die danser 'n wyer reeks van bewegingswoordeskat. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dansstudies 23 DBE/PAT 2020 NSS Die Element van Vuur is VUUR passie. Dit is die innerlike vlam wat die bron van alles is en die lewe aanvuur. Vuur is die hart. Vuur is dinamies, sterk en baie kragtig. Vuur werk uit 'n plek van liefde. Dis om die betekenis wat almal in dans het, te vind. Alhoewel dit fisies, geestelik en emosioneel stresvol is om 'n lewe met dans te maak, is dit uiteindelik 'n liefde vir kuns en die kunswerk wat dansers elke dag inspireer om hard te werk. https://www.trazeetravel.com/shake-your-thing-te- mire-ura-of-the-cook-islands/ Tekens van die Sodiak https://www.relrules.com/fire-element-air-water-earth-zodiac/ VUUR WATER AARDE LUG sterk emosies verfrissend staatmaker magtig entoesiasties sjarmant gegrond kreatief passievol misterieus betroubaar pret temperamenteel privaat materialisties idees presteerder sensitief lojaal avontuurlik interessant emosioneel prakties opwindend Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dansstudies 24 DBE/PAT 2020 NSS ONTDEK DIE WÊRELD VAN Pina Bausch en haar gebruik van Natuurelemente in Danswerke http://www.pinabausch.org/en/pina/biography Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dansstudies 25 DBE/PAT 2020 NSS Jy Kan Ook Gedigte/Aanhalings as Inspirasie Gebruik https://www.brainyquote.com/authors/sylvia_earle Wind Dance Unlimited [Boise, ID] https://youtu.be/10Vsdp0FuCg Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dansstudies 26 DBE/PAT 2020 NSS Week 1 en 2: Beplanning/Dinkskrum/Navorsing:  Jy sal in 'n groep van 3–6 leerders geplaas word sodat jy met jou medewerkings vir die groepsdans kan begin.  Inleiding tot die tema en stimuli.  Die tema ELEMENT(E) is oop vir 'n wye reeks interpretasies.  As 'n groep bespreek hoe julle die tema gaan interpreteer.  Onthou daar is nie 'n reg of 'n verkeerd met hierdie PAT nie. Gaan buite die grense/breek reëls/vat kanse/glo in jou eie kreatiewe idees.  Kyk na inspirerende video's/uittreksels/prentjies/beelde/gedigte ens. om jou verbeelding te prikkel.  Dink oor en bespreek hoe jy met die volgende kan eksperimenteer: o Verskillende tipes improvisasiemetodes wat jy kan gebruik, d.i. motifs, kontakwerk, opvoerruimtes, begeleiding, ens. o Interpreteer die tema/denke buite die boks/fisiese hantering van die elemente in die natuur, d.i. speel met sand en water/emosionele konneksie met elemente. o Produksie-elemente wat water/sand/rotse, ens. kan insluit. o Speel verskillende genres van musiek/begeleiding wat met die tema in verband gebring kan word en dit kan inspireer. Dit kan ook klankeffekte wees wat jy dalk as begeleiding vir jou choreografie wil inkorporeer. Jy kan ook 'n gedig/woorde opsê as begeleiding. Dit hoef nie musiek te wees nie. Klasaktiwiteit: Kyk na hierdie YouTube-skakel vir inspirasie oor natuurelemente: https://www.youtube.com/watch?v=X623FpCKCGU www.youtube.com/watch?v=bdBuDg7mrT8 Joernaal:  Week 1: Lees, besigtig en bespreek die voorbeelde wat by hierdie opdrag ingesluit is en doen verdere navorsing/ondersoek/besigtiging van hoe jy jou gekose tema vir hierdie choreografie kan interpreteer.  Kom voorbereid vir week 2 met voorstelle vir die finale keuse van jou tema.  Skryf al jou idees daaroor neer sodat dit in 'n danswerk omskep kan word.  Analiseer waarom jy/jou groep aanvanklike keuses vir die finale tema van die danswerk tydens klasbesprekings in week 1 gemaak het en hoe om daarop vir week 2 te verbeter/daarby te voeg.  Week 2: Doen nog dinkskrums vir idees voordat jy 'n finale keuse vir jou danswerk maak.  Kies versigtig want jy sal nie kans hê om jou idees te verander wanneer jy eers begin het nie. Jou insette is noodsaaklik indien daar 'n suksesvolle en harmonieuse besluit geneem moet word oor hoe om die tema te interpreteer voordat jy met eksperimentering in die praktiese klasse wat volg, kan begin.  Kom ten volle voorberei vir week 3. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dansstudies 27 DBE/PAT 2020 NSS Week 3 en 4: Improvisasie  Die finale interpretasie van die tema moet nou al gemaak wees met al julle idees as 'n groep in 'n geheel of as 'n solochoreograaf.  Jy is nou gereed om te begin improviseer om relevante bewegingswoordeskat vir jou gekose tema te skep.  Neem risiko's. Eksperimenteer. Wees vry. Onthou om betekenis te maak uit die bewegings waarmee jy eksperimenteer wat verband hou met jou gekose tema.  'n Goeie manier om te begin is om te eksperimenteer met gebare/motifs/alledaagse bewegings, ens. wat jy dan kan abstraheer en in bewegingsfrases kan verander.  Eksperimenteer met bekende bewegings en passies wat in die klas geleer is en dink aan hoe jy dit kan verander om by jou gekose tema te pas. Klasaktiwiteit: Kyk na die YouTube-uittreksels oor hoe alledaagse beweging/gebare/idees/ rekwisiete/kontakwerk, ens. jou kan inspireer vir die improvisasiesessies wat volg. https://www.youtube.com/watch?v=yHyrWyekRMc https://www.youtube.com/watch?v=1Y38bUumNak  Improvisasie oor waterelement: Dink na oor hoe hierdie danser die indruk skep dat sy onder water is. Watter elemente van dans (ruimte/tyd/krag) gebruik sy om hierdie effek te skep? https://youtu.be/7YNEgf4lz-E  Step Up 4 Last Dance (HD) metaalrekwisiete en skrootwerftoneel. Hoe is elemente (vuur/metaal) gebruik om hierdie toneel te versterk?  https://www.youtube.com/watch?v=0-gEpuuTSlE  Begin NOU improviseer en skep jou eie bewegingswoordeskat vir jou gekose tema. Sien Excellent Dance Studies-leerderhandboek bladsy: 31 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dansstudies 28 DBE/PAT 2020 NSS Joernaal:  Besin oor hoe jou improvisasie-idees/die groep se idees so ver verband hou met jou gekose tema.  Besin oor hoe jou/jou groep werk na die bereiking van die gewenste uitkoms van jou gekose tema (suksesse/areas wat verder aandag nodig het).  Luister na verskillende tipes musiek/begeleiding wat by die gekose tema pas (tydens skoolpouses/na skool/tydens skool/by die huis. Onthou om jou musiek-/begeleidingsidees volgende week saam klas toe te bring. Vra jou onderwyser vooraf vir hulp as jy nie musiek kan vind/het nie. Moenie onvoorbereid opdaag nie. Week 5:  Ruil idees uit en kies finale musiek/begeleiding wat by jou/julle gekose tema sal pas.  Improviseer verder om geskikte bewegingswoordeskat vir jou/julle tema te ontwikkel. Jy/Julle kan ook begin werk met die musiek/begeleiding indien 'n finale keuse gemaak is.  Neem in ag watter opvoerruimte by jou/julle danswerk sal pas – konvensioneel of onkonvensioneel. Dit sal bepaal hoe jy/julle die danselemente hieronder sal gebruik: o Tyd – is die bewegings vinnig of stadig/stilheid, ens. en hoe hou dit verband met die tema of hoe versterk dit die tema? o Krag – hoeveel energie/krag/kragkontraste gebruik jy vir die verskillende bewegings en hoe sal dit die emosionele boodskap wat jy probeer deel, oordra? o Ruimte – Hoeveel ruimte wil jy gebruik (baie min/baie vlakke, rigtings, patrone, simmetrie/asimmetrie, ens. en hoe hou dit verband met/versterk dit/voeg dit simboliese waarde by die gekose tema? Joernaal: Musiek/begeleiding en Danselemente Skriftelike Werk  Verduidelik waarom jou musiek gekies is om die styl/genre/instrumentasie/komponis in te sluit en hoe die musiek jou danswerk versterk.  Beskryf hoe en waarom danselemente by jou danswerk geïnkorporeer is. See Excellent Dance Studies-leerderhandboek, bladsy: 32–34, 46–47 en 254–257 Kyk na die volgende vir inspirasie: 5 elemente (Aarde, water, lug, vuur en liefde) deur Ansambl Black Angels (Plesni centar Osmijeh) https://youtu.be/BZ4uuy6wzn0 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dansstudies 29 DBE/PAT 2020 NSS Week 6:  Begin om jou improvisasie-idees/maak keuses van wat jy wil gebruik/weglaat.  Inkorporeer choreografiese strukture wat jou danswerk sal versterk.  Finaliseer hoe jy hierdie danswerk wil begin, eindig en indien daar 'n klimaks is, waar dit geplaas sal word.  Oorweeg die inkorporering van idees m.b.t. die gebruik van tegnologie, gemengde media (woorde/beeldhouwerk/projeksies/spesiale effekte, ens. indien dit jou danswerk kan versterk.).  Kyk na hierdie YouTube-uittreksel vir inspirasie oor die gebruik van danselemente/ choreografiese strukture. https://www.youtube.com/watch?v=6AdhwskH4Jw Joernaal: Beskryf watter choreografiese strukture jy by jou choreografie geïnkorporeer het en hoe dit jou danswerk versterk. Sien Excellent Dance Studies-leerderhandboek, bladsy: 40–43, 44–45 en 258–259 Week 7:  Finaliseer die komposisionele strukture wat jou danswerk sal versterk: begin en eindes, sekwense, oorgange, klimaks, ens. asook ruimte, tyd en krag.  Neem in ag hoe dit alles in die opvoerruimte wat gekies is, moet plaasvind. www.chrisrichdesign.com/portfolio Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dansstudies 30 DBE/PAT 2020 NSS Indien jy om vir film te choreografeer, wat moet jy in ag neem?  Die volgreeks/volgorde vir die verfilming van afdelings  Die plek(ke) waar verfilming gaan plaasvind plus beskikbaarheid.  Spesiale effekte wat jy wil insluit.  Musiek/begeleiding en klankgehalte  Die beskikbaarheid van 'n selfoon/rekenaar vir redigering.  Die tegnologiese kundigheid van redigering en die film saamstel – jy moet dit doen, nie jou onderwyser nie indien jy 'n choreografie vir film inlewer wat anders is as jou onderwyser wat jou werk verfilm as 'n rekord vir moderering. https://youtu.be/X623FpCKCGU Joernaal: Spanwerk  Verduidelik hoe jou groep as 'n span saamgewerk het. Analiseer die sterk punte/swak punte in die groep en hoe jy in die tydperk gegroei het.  Lewer kommentaar op die algehele/individuele bywoning/toegewydheid/bereidheid om ekstra in te sit.  Was daar konflik in die groep en hoe het jy/die groep dit opgelos?  Watter verbeteringstrategieë het jy/die groep ingestel om suksesvol as 'n span saam te werk?  Bespreek jou rol in die sukses van die choreografie. Selfbesinning  Wat het jy uit hierdie ervaring gebaat terwyl jy aan hierdie PAT gewerk het?  Hoe het hierdie proses jou as 'n danser en as 'n persoon beïnvloed?  Wat het jy oor jouself geleer?  Wat was jou sterk punte en swak punte? https://yogawithmorgan.wordpress.com Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dansstudies 31 DBE/PAT 2020 NSS Week 8:  Verfyn/Repeteer jou groepdans. Neem beurte om uit te sit, die werk te besigtig en kommentaar te lewer oor hoe die dans verbeter kan word – sterk punte en swak punte.  Bemeester tydsberekening/spasiëring/oorgange tussen bewegings/dinamiek/energie en dansgehalte.  Maak jou bewegings/bedoeling/idee/tema steeds sin? Bou dit die atmosfeer/bedoeling wat jy/julle wou skep?  Is die beginning en einde van die dans kragtig/maak dit 'n stelling/relevant tot die bedoeling?  Jy kan 'n ander groep vra om te kyk en 'n mening oor jou choreografie van buite gee.  Maak seker dat daar aan alle tegniese vereistes voldoen word (klank, opvoerruimte, produksie-elemente, ens.)  Gaan jou nasienrubrieke/puntestaat na om te verseker dat jy aan alle assesseringskriteria voldoen. Joernaal: Produksiebeplanning Skryf oor, teken en ontwerp die volgende produksie-elemente wat jy in jou danschoreografie sal gebruik. Onthou om te verduidelik waarom jy hierdie elemente ingesluit het en hoe dit die danswerk sal versterk/betekenis/simboliek sal byvoeg Wees kreatief/oorspronklik en waaghalsig in jou ontwerpe. Moenie jouself tot die werklike danswerk/optrede waaraan jy sal werk, beperk nie. Verbeel jou jy het 'n onbeperkte begroting!!!!!  Verhoogruimte – konvensionele/onkonvensionele ruimtes - beskryf/teken dit en verduidelik waarom jy die ruimte wil gebruik asook hoe.  Beligting/tegnologie/spesiale effekte – beskryf/teken en verduidelik hoe dit die danswerk sal versterk en atmosfeer byvoeg.  Stelle/rekwisiete/beelde/siklorama – as jy enige hiervan insluit, waarom? Hoe is dit belangrik vir die bedoeling van jou werk?  Kostuums – beskryf/teken en verduidelik hoe dit belangrik is om by die bedoeling/simboliek/ander in jou danswerk by te voeg.  Gebruik jy gemengde media in jou werk en indien wel, hoe gaan dit met jou bewegingswoordeskat gekombineer word. Hoe sal dit tot die bedoeling van die werk bydra?  Enige ander opwindende areas wat jy wil insluit. Sien Excellent Dance Studies-leerderhandboek, bladsy: 55 VERKLARING VAN EGTHEID – MODEL Hierdie verklaring moet deur die leerder voltooi en geteken word en ook deur die onderwyser geteken word en dek alle bewyse wat ingelewer/aangebied word. Leerder naam en van: Datum: Ek verklaar dat die aangehegte PRAKTIESE ASSESSERINGSTAAK alles my eie werk is en nie enige werk deur iemand anders as my of my groep insluit nie. Ek het hierdie taak volgens instruksies voltooi en ook binne die voorskriftelike tydsbeperking. Leerder handtekening: Datum: Onderwyser se bevestiging Namens …………………………………………………………... (skoolnaam), Bevestig ek dat die bogenoemde leerder na die beste van my wete en kennis die choreograaf van die voltooide opdrag, aangeheg, is en dat die assessering volgens die vereiste voorwaardes gedoen is. Onderwyser handtekening: Datum: Skoolhoof handtekening: Datum: Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dansstudies 32 DBE/PAT 2020 NSS Programnota: Ontwerp 'n een-bladsy- programnota en sluit in:  Die sinopsis/bedoeling van jou choreografie  Die titel van jou danswerk  Die choreograaf = jy/die dansers = die ander in jou groep  Komponis/kunstenaar en titel van die musiek – dit kan dikwels 'n goeie titel vir 'n danswerk wees Skep 'n programnota wat werklik oorspronklik/ innoverend is en gebruik interessante fonts of skrif/sluit beelde in wat direk verband hou met jou bedoeling of die groepsoptrede:  Dink aan kleur en simboliek/fokuspunt, ens.  Geniet dit.  Dit kan met die hand of op die rekenaar ontwerp word en dan uitgedruk word.  Dit moet in jou joernaal geplak word of vir finale moderering aangeheg word. Sien Excellent Dance Studies-leerderhandboek, bladsy: 59–60 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dansstudies 33 DBE/PAT 2020 NSS 10. ONDERWYSERRIGLYNE VIR PAT 2: GROEPDANS  Hierdie PAT moet deur die onderwyser, 'n professionele choreograaf gechoreografeer word of repertoire uit 'n professionele danswerk kan gebruik word.  Leerders mag nie hierdie PAT choreografeer nie. Hulle kan dit verpersoonlik.  Die fokus is om die leerders se tegniese en danseienskappe te ontwikkel en uit te brei.  Hierdie PAT kan as 'n openbare opvoering of in die klaskameromgewing gedoen word.  Daar word aanbeveel dat die PAT-groepdans in die solo vir die finale praktiese eksamen omskep word. Dit sal help met die beperkte tyd beskikbaar in die graad 12-jaar. Dit bied ook leerders die geleentheid om die tegniese en dansgehalte van die solo te vervolmaak. 10.1 Tydraamwerk  Die PAT kan in kwartaal 1 of 2 gedoen word.  Dit behoort 6–8 weke te neem om te voltooi. Kleiner gedeeltes moet weekliks aan die leerders geleer word om hulle tyd te gee om die tegniese aspekte en bewegingswoordeskat korrek te ontwikkel en te bemeester.  Ekstra tyd tydens pouse/na skool kan tussen die leerder en onderwyser gereël word vir terugvoer en persoonlike aandag.  Die finale assesseringsdatum moet vooraf aan die leerder gegee word. 10.2 Struktuur van die Groepdans  Die groepdans moet gedoen word in die hoofdansvorm waarin hulle die finale praktiese eksamen sal doen. Die meng van style word nie toegelaat nie.  Elke groepdans moet ongeveer 3 minute lank wees met 2–6 leerders per groep.  Dit moet gedoen word op die hoogste vlak van kompleksiteit wat die leerders kan handhaaf en moet hulle vermoëns toets. Dit sal hulle tegniek versterk en verbeter en ook hulle dansgehalte verhoog.  Die leerders moet bewus wees van: o Spasiëringsbewustheid/om saam met ander in 'n ruimte te werk o Oorgange o Patrone en tydsberekening o Sensitiewe/ekspressievolle interaksie met anders dansers/saamdans o Oogkontak/fokus/projeksie/bewustheid o Variasie in dinamika en opbou van gevoel/energie o Musikaliteit  Wanneer leerders hulle groepdans klaar geleer het, kan hulle aangemoedig word om wat hulle tydens die PAT 1-choreografie (dans en choreografiese elemente) geleer het in hulle groepdans te implementeer, bv. eie begin en einde, patrone, vorms klimaks, gebruik van ruimte/rigtings, ens. Inspireer leerders deur hulle aan YouTube-uittreksels, video's, beelde, ens. bloot te stel. 10.3 Skriftelike Inhoud in die Joernaal Moet Insluit:  Benoem en verduideliking die hoofbeginsels, eienskappe en danstegnieke wat in hulle hoofdansvorm en in die groepsdans gebruik is.  Besinning oor en verduideliking van hoe goeie danstegniek bereik kan word.  Analiseer dansgehalte van danswerk, hoe dit bereik kan word en hoe dit danstegniek versterk.  Analiseer danskonvensies en -waardes, en die belangrikheid hiervan in die ontwikkeling van goeie tegniek asook goeie verhoudings binne en buite die klas. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dansstudies 34 DBE/PAT 2020 NSS Onthou al hierdie areas kan by Vraestel 2 van die skriftelike eksamen ingesluit word.  Produksiebeplanning vir 'n opvoering. 'n Organisatoriese produksierol sal aan elke leerder toegeken word (of hulle kan dit self kies) wat hulle moet analiseer, duidelik beskryf wat dit behels en hoe noodsaaklik dit is om tot 'n suksesvolle opvoering by te dra.  Produksierolle in 'n teater. 'n Loopbaan/Rol in die organisering van 'n professionele opvoering sal aan elke leerder toegeken word (of hulle kan dit self kies) wat hulle moet analiseer, duidelik beskryf wat dit behels en hoe noodsaaklik dit is om tot 'n suksesvolle opvoering by te dra.  Bemarkingstrategieë. 'n Strategie sal aan elke leerder toegeken word (of hulle kan dit self kies) wat hulle kreatief moet ontwerp en aanbied. 9.4 Assessering en Moderering  Die puntestaat op bladsy 35 is 'n model wat onderwysers kan gebruik.  Die nasienrubriek op bladsy 36 is 'n model oor hoe om punte volgens leerderprestasie toe te ken.  Onderwysers kan hulle eie puntestate en rubrieke ontwerp/skep, die gewigswaarde van 50/50 skriftelike en praktiese inhoud moet egter dieselfde bly.  Elke leerder word individueel nagesien volgens hulle bydrae en deelname in die klas en die finale opvoering van die groepsdans.  'n Gasonderwyser kan genooi word om te help met die assessering van hierdie PAT. Inspireer leerders met visuele beelde wat hulle kan analiseer oor hoe dans- en choreografiese elemente gebruik is asook die evaluering van die tegniese vlakke bereik deur die dansers. https://russianbroadway.com https://ohnotheydidnt.livejoernaal.com Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dansstudies 35 DBE/PAT 2020 NSS PAT 2: GROEPSDANS-NASIENINSTRUMENT. Gebruik rubrieke om puntetoekenning te lei NAAM VAN SKOOL: LEERDER NAME NAAM VAN ONDERWYSER(S): DATUM VAN PAT 2-GROEPSDANSOPVOERING: ONDERWYSER HANDTEKENING: GROEPNOMMER: MAKS PUNT SKRIFTELIKE WERK IN JOERNAAL om te besin hoe die volgende in die groepsdans gebruik is: (2–3 bladsye)  Beginsels, eienskappe en danstegnieke in die hoofdansvorm gebruik  Dansgehalte/-vaardighede  Danskonvensies en -waardes 10 PRODUKSIEBEPLANING en ORGANISERING (1–2 bladsye)  Produksiebeplanning vir 'n opvoering: begroting/fondsinsameling/bespreek van venues, ens. 5  Produksierolle in 'n teater: voorverhoog/verhoogbestuurder/tegnici, ens. 5  Bemarkingstrategieë: plakkaat/strooibiljet/blog/mediaverklaring, ens. (1 bladsy) 5 SUBTOTAAL 25 PROSES TYDENS KLAS  Toegewydheid, deelname en ingesteldheid tydens klas  Spanwerk, medewerking, interpretasie  Veilige danspraktyk tydens klas 10 FINALE GROEPSDANSOPVOERING  Akkuraatheid, aandag aan besonderhede, ruimtelike bewustheid  Vlak van tegniese vermoë (kompleksiteit van danswoordeskat en komponente 5 van fiksheid) 5  Dansgehalte 5 SUBTOTAAL 25 TOTAAL 50 KOMMENTAAR/MODERERING: Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dansstudies 36 DBE/PAT 2020 NSS PAT 2 GROEPSDANS NASIENRUBRIEK VIR SKRIFTELIKE WERK IN JOERNAAL – 10 PUNTE HOOG (8–10) MEDIUM (4–7) LAAG (0–3) Insiggewende besinning met goeie Akkurate besinning met korrekte gebruik Minimale vermoë om te besin/ swak gebruik van taal, dansterminologie en van taal, dansterminologie en gebruik van taal, wat insluit: skryfvaardighede wat insluit: skryfvaardighede wat insluit:  Beginsels, eienskappe en  Beginsels, eienskappe en dans-  Beginsels, eienskappe en danstegnieke van die tegnieke van die hoofdansvorm danstegnieke is minimaal/nie hoofdansvorm wat verband hou wat verband hou met die verduidelik nie (genoem nie. met die groepsdans is goed groepsdans is verduidelik en toon verduidelik en toon diepgaande begrip van die praktiese werk begrip van die praktiese werk gedoen. gedoen.  Dansgehalte van die groepsdans  Dansgehalte van die groepsdans  Dansgehalte van die groepsdans goed geanaliseer met diepgaande toon begrip met 'n paar toon minimale/geen begrip nie. verduidelikings van hoe dit bereik verduidelikings van hoe dit bereik kan word met 'n verskeidenheid kan word. voorbeelde ingesluit. Kan analiseer dansgehalte danstegniek versterk.  Danskonvensies en -waardes  Danskonvensies en -waardes  Danskonvensies en -waardes toon diepgaande begrip van toon begrip van geskikte toon minimale/geen begrip van geskikte klaskameretiket, klaskameretiket. klaskameretiket nie. voorbereiding, self-dissipline, respek en verantwoordelikheid. NASIENRUBRIEK VIR PRODUKSIEBEPLANNING en ORGANISASIE – 15 PUNTE HOOG (11–5) MEDIUM (5–10) LAAG (0–4) Produksiebeplanning vir 'n Produksiebeplanning vir 'n Produksiebeplanning vir 'n opvoering: opvoering: opvoering:  Uitstekende analise van die  Omskryf duidelik die gekose  Minimale/geen begrip van gekose produksiebeplanningsrol, produksie- beplanningsrol, wat dit produksiebeplanningsrol en wat dit met duidelike beskrywing van wat behels en hoe dit tot 'n opvoering behels nie dit behels en hoe dit noodsaaklik bydra. is om tot 'n suksesvolle opvoering by te dra. Produksierolle in 'n teater: Produksierolle in 'n teater: Produksierolle in 'n teater:  Uitstekende analise en definisie  Duidelike definisie van die gekose  Minimale/geen begrip van die van die gekose teaterproduksierol, teater produksierol, met beskrywing gekose teaterproduksie- rol en wat duidelike beskrywing van wat dit van wat dit behels en hoe dit tot 'n dit behels nie. behels en hoe dit noodsaaklik is opvoering bydra. om tot 'n suksesvolle opvoering by te dra. Bemarkingstrategieë: Bemarkingstrategieë: Bemarkingstrategieë:  Kreatief aangebied.  Netjies/Noukeurig aangebied.  Minimale/geen aandag aan detail  Vang die oog/visuele impak/impak  'n Bietjie impak op die kyker, nie. op die luisteraar indien vir radio, luisteraar, ens.  Inligting swak/nie gekommunikeer ens.  Kommunikeer die meeste van die nie.  Kommunikeer die nodige inligting nodige inligting. in detail. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dansstudies 37 DBE/PAT 2020 NSS NASIENRUBRIEK VIR PROSES TYDENS KLAS – 10 PUNTE HOOG (8–10) MEDIUM (4–7) LAAG (0–3)  Volle bywoning/deelname/bydrae/  Deelname/bydrae/ toegewydheid  Minimale/geen deelname nie. toegewydheid tydens alle klasse/ tydens die meeste klasse/ repetisies/optredes. repetisies/optredes.  Werk saam met groepslede ten  Werk saam met groepslede die  Minimale/geen samewerking met volle en dra by tot die algehele meeste van die tyd en dra by tot die groepslede nie. sukses van die groepsdans. algehele sukses van die  Verstaan en implementeer veilige groepsdans. werk saam ander tydens  Bietjie begrip van veilig saam  Minimale/geen begrip van veilig repetisies en optrede. ander werk tydens repetisies en saam ander werk nie.  Beginsels/tegnieke van die optredes. hoofdansvorm akkuraat toegepas.  Beginsels/tegnieke van die  Beginsels/tegnieke van die  Kreatiewe interpretasie van hoofdansvorm die meeste van die hoofdansvorm – toon dansgenre en -styl. tyd akkuraat toegepas. minimale/geen begrip nie. NASIENRUBRIEK VIR FINALE OPVOERING – 15 PUNTE HOOG (11-15) MEDIUM (5 – 10) LAAG (0 – 4) Akkuraatheid, aandag aan detail, Akkuraatheid, aandag aan detail, Akkuraatheid, aandag aan detail, ruimtelike bewustheid: ruimtelike bewustheid: ruimtelike bewustheid:  Uitstekende ruimtelike  Goeie ruimtelike bewustheid van  Minimale/geen ruimtelike bewustheid van self en ander in self en ander die meeste van die bewustheid nie. ruimte. tyd.  Minimale/geen bewustheid van  Uitstekende saamdans,  Goeie bewustheid van saamdans, patroonwerk en patroonwerk en tydsberekening. saamdans, patroonwerk en tydsberekening nie. tydsberekening. Vlak van tegniese vermoë Vlak van tegniese vermoë Vlak van tegniese vermoë (kompleksiteit van danswoordeskat (kompleksiteit van danswoordeskat (kompleksiteit van dans woordeskat en komponente van fiksheid): en komponente van fiksheid): en komponente van fiksheid):  Diepgaande begrip van beginsels  Toon begrip van beginsels van  Minimale/geen begrip van en styl van die hoofdansvorm die hoofdansvorm. beginsels van die hoofdansvorm deurgaans akkuraat toegepas.  Ontwikkelde nie.  Komplekse bewegingswoordeskat en tegniek  Onderontwikkelde bewegingswoordeskat en tegniek die meeste van die tyd getoon. bewegingswoordeskat en tegniek. deurgaans getoon.  Goed ontwikkelde komponente  Onderontwikkelde komponente of  Hoogs ontwikkelde komponente van fiksheid. fiksheid. van fiksheid.  Pas die meeste van die tyd veilige  Pas deurgaans veilige danspraktyk toe. danspraktyk toe. Opvoeringsgehalte: Opvoeringsgehalte: Opvoeringsgehalte:  Akkurate reproduksie van passies  Akkurate reproduksie van passies.  Onakkurate reproduksie van en aandag aan detail.  Toegewy aan bewegings. passies.  Ten volle toegewy aan alle  Goeie musikale interpretasie.  Minimale/geen musikaliteit nie. bewegings.  Projeksie, fokus en interaksie met  Minimale/geen interaksie met ander  Sensitiewe musikale interpretasie. ander dansers met vertroue/ dansers nie.  Uitstekende projeksie, fokus, sensitiewe saamdans. oogkontak en teenwoordigheid.  Goeie interaksie met ander  Sensitiewe, uitdrukkingsvolle dansers/sensitiewe saamdans. interaksie met ander dansers/  Bietjie variasie in dinamiek en bou sensitiewe saamdans. aan atmosfeer/energie.  Variasie in dinamiek en bou aan atmosfeer/energie. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dansstudies 38 DBE/PAT 2020 NSS 10.5 Instruksies aan Leerders PAT 2 GROEPSDANS-OPVOERINGSTAAK  Die PAT'e is 25% van jou finale graad 12-punt werd.  PAT 2 bestaan uit 25 punte vir skriftelike inhoud en 25 punte vir praktiese inhoud.  Hierdie PAT moet όf in kwartaal 1 όf in kwartaal 2 voltooi word.  Indien hierdie PAT nie voltooi word nie, sal dit 'n onvolledige jaarpunt tot gevolg hê.  Jy sal elke week ekstra tyd moet inwerk tydens pouses of na skool om 'n betekenisvolle PAT-groepsdans aan te bied.  Jy moet 'n aparte joernaal, nie jou taakboek/werkboek nie, vir die PAT'e hou.  Jy sal in groepe in jou dansklas werk om 'n 3-minuut-groepsdans te leer.  Hierdie PAT sal jou vermoë om in 'n span saam te werk en om leierskapeienskappe en inisiatief te toon, toets. As 'n groep en individueel sal van jou verwag word om saam te werk, te kommunikeer en probleme op te los.  Jou onderwyser sal jou dalk aanmoedig om die groepsdans te verpersoonlik met die kennis wat jy uit die PAT 1-choreografie verkry het, bv. begin, einde, danselemente, choreografiese elemente soos patrone/vlakke/saamdans/simmetrie.  'n Afskrif van jou PAT-opdrag moet in jou joernaal geplak word.  Jy moet die finale nasienvereistes ontvang om hierdie PAT suksesvol te voltooi.  Alle skriftelike werk moet gedateer wees om jou vordering regdeur hierdie taak te toon. Beplanning en skep is 'n proses wat gereelde besinning vereis in jou vordering en dokumentering van al jou idees wat lei tot die finale produk. STRUKTUUR VAN JOU GROEPSDANS  Die groepsdans moet in jou hoofdansvorm gedoen word.  Die groepsdans sal 3 minute lank wees.  Die groepsdans sal jou tegniek en dansgehalte versterk en ontwikkel.  Jy moet die volgende by jou groepsdans insluit: o Ruimtelike bewustheid/saamwerk met nader in ruimte o Oorgange o Patroonwerk en tydsberekening o Sensitiewe/uitdrukkingsvolle interaksie met ander dansers/saamdans o Oogkontak/fokus/projeksie/teenwoordigheid o Variasies t.o.v. dinamiek en bou van atmosfeer/energie o Musikaliteit Paul Taylor Dance Company Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dansstudies 39 DBE/PAT 2020 NSS SKRIFTELIKE INHOUD IN DIE JOERNAAL MOET INSLUIT:  Benoem en verduideliking van die hoofbeginsels, eienskappe en danstegnieke gebruik in jou hoofdansvorm en in die groepsdans.  Besinning oor en verduideliking van hoe goeie danstegniek bereik kan word. Dit moet insluit: o Soepelheid Sien Excellent Dance Studies- o Krag leerderhandboek, bladsy: o Kernstabiliteit 12, 13, 17, 18, o Uithouvermoë 25–29, 68–73, 98, 99, o Neuromuskulêre vaardighede 102–112, 184–188, 189, 195–196, 227–231 o Oefen/Repeteer o Bywoning o Veilige danspraktyk o Toegewydheid o Toepas van korreksies, ens.  Analiseer dansgehalte in dans, hoe kan dit bereik word en hoe versterk dit danstegniek. Dit kan die volgende areas insluit: o Musikaliteit o Oogkontak/fokus/teenwoordigheid Sien Excellent Dance Studies-leerder o Ratsheid handboek, bladsy: 19, 116–117, o Reaktiwiteit 130–131, 185–186, 188–191 o Maak betekenis van beweging o Dinamiek o Vloeiendheid o Oorgange o Vlotheid o Goed ontwikkelde neuromuskulêre vaardighede, ens.  Analiseer danskonvensies en -waardes, en die belangrikheid van hierdie in die ontwikkeling van goeie tegniek asook goeie verhoudings in en buite die klas. Sien Excellent Dance Studies-leerderhandboek, bladsy 3. Die graad 10 en 11- leerdehandboeke het ook uitstekende inligting. ONTHOU OM GEREELD TE OEFEN EN DOELTREFFEND AS 'N SPAN SAAM TE WERK. ALVIN AILEY DANCE COMPANY IN REPETITIES Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dansstudies 40 DBE/PAT 2020 NSS  Produksiebeplanning vir 'n opvoering. 'n Organisatoriese produksierol sal aan elke leerder toegeken word (of hulle kan dit self kies) wat hulle moet analiseer, duidelik beskryf wat dit behels en hoe noodsaaklik dit is om tot 'n suksesvolle opvoering by te dra. Organisatoriese rolle kan insluit:  Fondsinsameling  Begroting Sien Excellent Dance Studies-  Finansiële beplanner leerderhandboek, bladsy: 135–136,  Bemarkingsbestuurder 142–143  Openbarebetrekkingebestuurder  Bespreek van venue en tegniese toerusting  Enige ander  Produksierolle in 'n teater. 'n Loopbaan/Rol in die organisering van 'n professionele opvoering sal aan elke leerder toegeken word (of hulle kan dit self kies) wat hulle moet analiseer, duidelik beskryf wat dit behels en hoe noodsaaklik dit is om tot 'n suksesvolle opvoering by te dra. Produksierolle kan insluit:  Regisseur Sien Excellent Dance Studies-  Voorverhoogbestuurder leerderhandboek, bladsy: 137–138  Verhoogbestuurder  Ontwerpers  Garderobebestuurder  Danskaptein  Enige ander  Bemarkingstrategieë. 'n Strategie sal aan elke leerder toegeken word (of hulle kan dit self kies) wat hulle kreatief moet ontwerp en aanbied. Bemarkingstrategieë kan insluit:  Advertensies/radio-/televisie-onderhoud Sien Excellent Dance Studies-  Plakkaat/pamflette/strooibiljette leerderhandboek, bladsy: 139–143  Mediaverklaring  Radio/televisie-onderhoud  Webtuisteblad/blog/netwerking, ens. KYK NA DIE VOORBEELDE VAN VLAKKE, PATROONWERK, SAAMDANS, FOKUS EN ENERGIE HIERONDER ALVIN AILEY DANSGESELSKAP https://www.mercurynews.com Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dansstudies 41 DBE/PAT 2020 NSS 11. GEVOLGTREKKING Na voltooiing van die praktiese assesseringstaak moet leerders in staat wees om hulle begrip van die bedryf te demonstreer; hulle kennis, vaardighede, waardes en redenasievermoëns te versterk, en ook betrekkinge buite die klaskamer te vestig en uitdagings in die wêreld daar buite aan te durf. Die PAT ontwikkel verder leerders se lewensvaardighede en gee hulle die geleentheid om by hulle eie leerervarings betrokke te wees. 12. VERWYSINGS KABV - Nasionale Kurrikulum-en-assesseringsbeleidsverklaring Botha, S & Levy, R. Excellent Dance Studies Grade 12. (Cambridge University Press) Dave's taxonomy ELEKTRONIESE BRONNE: Toegang op 25 November 2019 verkry Edumedia - https://www.yumpu.com 21ST Century Skills - cehttps://www.aeseducation.com/career-readiness/what-are-21st-century- skills Improvisasie - https://www.youtube.com/watch?v=yHyrWyekRMc Improvisasie - https://www.youtube.com/watch?v=H8JiB2Nv5Qo Improvisasie - https://www.youtube.com/watch?v=mptyZmxaYvE Kairos dance theatre - http://www.kairosdancetheater.org/ Choreografering vir film/digitaal - cewww.olejarz.com/arted/digitalvideo/interviewrubric.pdf Alexander Ekman. Sidney Dance Company. The Contradiction of Silence. https://www.youtube.com/watch?v=5z5qCSwPtrw&t=32s Choreografiebeelde - https://hanoigrapevine.com – dansbeelde Kontakimprovisasie - http://thailandcontactfestival.com/ Religieuse elemente - http://bonaafrica.weebly.com/ https://wanderingdejavu.com/ Natuurelemente - www.artandlife11.wordpress.com/2013/10/25/elemente-of-nature/dancing with sand – pinterest.com Danselemente - www.elementsballet.org Vuurdansers - https://www.trazeetravel.com/shake-your-thing-te-mire-ura-of-the-cook-islands/ Tekens van die sodiak - Gedigte en aanhalings Pina Bausch - http://www.pinabausch.org/en/pina/biography Gedigte en aanhalings oor natuurelemente - https://www.brainyquote.com/authors/sylvia_earle Winddans - https://youtu.be/10Vsdp0FuCg Natuurelemente - https://www.youtube.com/watch?v=X623FpCKCGU/www.youtube.com/watch?v=bdBuDg7mrT8 Improvisasie-aktiwiteite - https://www.youtube.com/watch?v=yHyrWyekRMc/ https://www.youtube.com/watch?v=1Y38bUumNak Waterelement - https://youtu.be/7YNEgf4lz-E Step Up 4 Last Dance - https://www.youtube.com/watch?v=0-gEpuuTSlE 5 elemente - https://youtu.be/BZ4uuy6wzn0 Dans en choreografiese elemente - https://www.youtube.com/watch?v=6AdhwskH4Jw Danschoreografie - www.chrisrichontwerp.com/portfolio Elemente van lewe - https://youtu.be/X623FpCKCGU Joga en natuur - https://yogawithmorgan.wordpress.com Dansbeelde - https://russianbroadway.com/ https://ohnotheydidnt.livejoernaal.com Paul Taylor Dance Company – images Alvin Ailey Dance Company - images https://www.mercurynews.com Kopiereg voorbehou

Study this subject

Notes, quizzes and topic questions for Grade 12 Dance Studies.

More papers and memos for this grade and subject.

More from Grade 12 Dance Studies

View all