Downloaded from hlayiso.com
DANSSTUDIES
RIGLYNE VIR
PRAKTIESE ASSESSERINGSTAKE
GRAAD 12
2021
Hierdie riglyne bestaan uit 49 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentPractical assessment task _hlayiso.com_--8c9dc413-0765-4aa4-8852-fdb1036e10a8/v1-473ac2b2cedf6ee82393/card.webp)











View all





Dance Studies PAT GR 12 2021 Afr
Grade 12 Dance Studies practical assessment task from the 2021 (Afrikaans), 49 pages. Read online or get the free PDF download.
Dance Studies · Grade 12 · 2021 · Afrikaans. Practical assessment task, 49 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Dance Studies
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Practical assessment task
- Year
- 2021
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 49
- File size
- 3.1 MB
Loading document…
Loading document…
1 of 49
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Dansstudies 2 DBE/PAT 2021
NSS
INHOUDSTABEL
Bladsy
1. INLEIDING 3
2. PAT-NAKOMING TEN OPSIGTE VAN NSS FINALE UITSLAE 3
3. PAT-IMPLEMENTERING 4
4. GESTREMDEHEID/SIEKTE/BESERING 4
5. BRONNELYS 4
6. DOEL/VOORDELE VAN DIE PAT 5
7. ONDERWYSERRIGLYNE OOR HOE OM LESBEPLANNING TE BEGIN 6
8. ONDERWYSERRIGLYNE OM 'N LEERDEROPDRAG TE ONTWIKKEL 8
9. ONDERWYSERRIGLYNE VIR DIE ONTWIKKELING VAN DIE 8
CHOREOGRAFIE-PAT
9.1 Tydraamwerk 9
9.2 Konstrueer 'n Dans 9
9.3 Toeken van 'n Prosespunt 10
9.4 Kreatiewe Idees om in PAT-klasse te Gebruik 12
9.5 Idees om Leerders te Lei wat vir Choreografie vir die Kamera wil doen 14
10. ASSESSERING EN MODERERING 16
10.1 PAT-nasieninstrument – Proses 17
10.2 Nasieninstrument – Proses 18
10.3 PAT-nasieninstrument – Produk 20
10.4 Nasieninstrument – Produk 21
11. LEERDERRIGLYNE 22
11.1 Choreografie Praktiese Assesseringstaak 22
11.2 Tema/Beginpunt 23
11.3 Navorsingsidees vir die Kies van 'n Finale Tema/Bedoeling 24
11.4 Beplanning vir Kamera/Film 28
11.5 Breinkaarte 33
11.6 Kontrolelys 35
12. GEVOLGTREKKING 47
13. VERWYSINGS 47
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dansstudies 3 DBE/PAT 2021
NSS
1. INLEIDING
Die 18 Kurrikulum-en-assesseringsbeleidsverklaring-vakke wat 'n praktiese
komponent bevat, sluit almal 'n praktiese assesseringstaak (PAT) in. Hierdie vakke
is:
LANDBOU: Landboubestuurswetenskappe, Landboutegnologie
KUNS: Dansstudies, Ontwerp, Dramatiese Kunste, Musiek,
Visuele Kunste
WETENSKAPPE: Rekenaartoepassingstegnologie, Inligtingstegnologie,
Tegniese Wetenskappe; Tegniese Wiskunde
DIENSTE: Verbruikerstudies, Gasvryheidstudies, Toerisme
TEGNOLOGIE: Siviele Tegnologie, Elektriese Tegnologie,
Meganiese Tegnologie en Ingenieursgrafika en -ontwerp
'n Praktiese assesseringstaak (PAT) is 'n verpligte komponent van die finale
promosiepunt vir alle kandidate ingeskryf vir vakke wat 'n praktiese komponent het
en tel 25% (100 punte) van die eksamenpunt aan die einde van die jaar. Die PAT
word oor die eerste drie kwartale van die skooljaar geïmplementeer. Dit word in
verskillende fases of 'n reeks kleiner aktiwiteite afgebreek wat saam die PAT
opmaak. Die PAT bied leerders die geleentheid om op 'n gereelde basis gedurende
die skooljaar geassesseer te word en dit maak ook voorsiening vir die assessering
van vaardighede wat nie in 'n skriftelike formaat, bv. toetse of eksamens,
geassesseer kan word nie. Dit is dus belangrik dat skole seker maak dat al die
leerders die praktiese assesseringstake binne die toegelate tydperk voltooi om te
verseker dat leerders aan die einde van die jaar hulle uitslae ontvang. Die
beplanning en uitvoering van die PAT verskil van vak tot vak.
Die vak Dansstudies het EEN praktiese assesseringstaak (PAT).
2. PAT-NAKOMING TEN OPSIGTE VAN FINALE NSS-UITSLAE
Hierdie 2021-PAT-dokument moet in alle provinsies geïmplementeer word deur onderwysers
en skole wat graad 12-Dansstudies aanbied. Die doel van hierdie riglyn is om gedetailleerde
instruksies vir onderwysers en leerders te verskaf oor hoe om die PAT-inhoud te bestuur en
beheer sodat dit aan die KABV-vereistes vir eksterne moderering voldoen.
Die PAT (100 PUNTE) maak 'n kwart van die einde-van-die-jaar-eksamenpunt uit en
moet die tyd en aandag gegee word wat dit toekom binne die 4 ure wat per week per
kwartaal toegelaat word asook die bykomende tyd na skool, soos in die KABV
aangedui.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dansstudies 4 DBE/PAT 2021
NSS
3. PAT-IMPLEMENTERERING
Die PAT moet in die eerste twee kwartale van die skooljaar voltooi word.
Die PAT is 'n voortgesette proses teenoor 'n eenmalige toets/eksamen en die
onderwyser moet die leerders veelvuldige geleenthede om te verbeter soos wat
hulle leiding ontvang en vaardighede ontwikkel.
Die PAT help onderwysers om leerders se begrip onmiddellik te bepaal want dit behels
aktiewe leer wat leer sigbaar maak.
Die PAT is 'n verpligte komponent van die finale graad 12-VOO-bevorderingspunt.
Dit is dus baie belangrik dat skole seker maak dat alle leerders binne die gegewe tydperk
– die einde van Kwartaal 2 – die PAT voltooi.
Indien 'n leerder versuim om die PAT te voltooi, sal die leerder aan die einde van die jaar
'n onvoltooide/onvoldoende resultaat kry.
KWARTAAL 1 KWARTAAL 2 PAT-JAARPUNT
PAT-PROSES PAT-PRODUK (25%)
30 punte skriftelik 20 punte skriftelik
30 punte prakties 20 punte prakties 100 PUNTE
60 PUNTE 40 PUNTE
4. GESTREMDHEID/SIEKTE/BESERING
'n Leerder met spesiale behoeftes wat aan die begin van hierdie VOO-vak ingeskryf het,
sal volgens hulle prestasievermoëns geëksamineer word en daar sal op geen manier teen
hulle gediskrimineer word nie.
'n Liggaamlik geskikte leerder wat gedurende sy/haar graad 12-jaar ernstig siek of beseer
word, kan 'n soortgelyke vergunning ontvang.
Indien 'n voorheen gesonde kandidaat se vermoë om op te tree/dans verander, moet 'n
aansoek by die provinsiale direktorate vir die nodige oorweging en goedkeuring voorgelê
word.
Mediese bewyse en getuienis deur 'n professionele persoon moet voorgelê word.
Dit is nie van toepassing op die skriftelike of deelnamekomponente van die PAT-vereistes
nie, slegs op die finale opvoeringspunt.
Swangerskap word nie as 'n siekte of besering beskou nie. 'n Swanger leerder sal die
geleentheid kry om haar PAT-assessering voor of ná die geboorte van haar baba te
voltooi, alhoewel dit binne die skooljaar moet plaasvind.
Die PAT-komponent kan aangepas word om beseerde leerders die geleentheid te gee om
aan die finale opvoering deel te neem, bv. tree op in 'n rolstoel/sit op 'n stoel/
staan/minimale beweging.
5. BRONNELYS
Leerder se handboek: Graad 12 Uitstekende Dansstudies
Onderwyser se handboek: Graad 12 Uitstekende Dansstudies – onderrigmetodologieë
CD's, 'n versameling geskikte musiek en musiekinstrumente, klankstelsel
Literatuur/Artikels/Handboeke oor dans (boeke, tydskrifte, die internet)
Toegang tot navorsingsinligting oor onderwerpe wat in die leerderchoreografieë behandel
sal word, bv. boeke, tydskrifte, koerante en die internet
Naslaanwerke, soos Dance Studies: Teaching Improvisation, Choreography and
Production (WKOD 2009 – beskikbaar by Edumedia, https://www.yumpu.com)
Rekwisiete, kostuums, opvoerruimte en ander produksie-elemente, indien beskikbaar
Videokamera/Selfoonkamera om die proses en produk van die choreografieë op te neem
as bewys of om 'n video/film van 'n werk saam te stel.
Gratis redigeerprogram indien die choreografie vir video/film saamgestel word.
Toegang tot die skoolrekenaarkamer/-laboratorium vir navorsing/redigering.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dansstudies 5 DBE/PAT 2021
NSS
6. DOEL/VOORDELE VAN DIE PAT (in die Algemene Doelwitte van die
KABV – bladsy 8 en in die Spesifieke Doelwitte van Dansstudies – bladsy 9 in
die KABV-dokument)
INHOUD, VAARDIGHEDE, GESINDHEDE EN WAARDES
Die praktiese assesseringstaak (PAT) bestaan uit beide teoretiese en praktiese afdelings met
'n 50/50-gewigswaarde van toegekende punte. Die teorie moet in die praktiese afdeling
geïntegreer en toegepas word.
Die PAT dien om die hoërorde-denke die uitvoervaardighede wat vir die finale geskrewe
Vraestel 1 en praktiese Vraestel 2 van die NSS-eksamen benodig word, te versterk.
Dans as 'n uitvoerende kunsvorm moet nie net in die klaskamer en eksamenlokaal ervaar word
nie, maar ook in produksies op die verhoog, waar moontlik. Optrede/Opvoering verhef die
standaard van danstegniek en opvoer-/dansgehalte.
[Bron: http://blog.awwapp.com/6-cs-of-education-classroom/]
Die PAT moedig 'n aktiewe en kritiese benadering tot kennis/leer aan, eerder as masjinale leer
(papegaaileer) van gegewe waarhede.
Die vak Dansstudies leer leerders noodsaaklike lewensvaardighede wat in die 21ste eeu vereis
word. Die PAT leer jou baie meer as dans en dansvaardighede.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dansstudies 6 DBE/PAT 2021
NSS
Die PAT Laat Leerders Toe om Vaardighede te Ontwikkel wat in Werklike Situasies
Ervaar Word, Soos:
Kritiese denke en probleemoplossing:
Kritiese denke is die proses om inligting/inhoud wat in verskillende media gevind word, te
filtreer, te ontleed en te bevraagteken, en om dit dan in 'n vorm saam te vat wat waarde vir 'n
individu het. Dit stel leerders in staat om sin te maak van die inhoud aangebied en dit op
hulle daaglikse lewens toe te pas.
Samewerking:
Samewerking is 'n vaardigheid om verskillende persoonlikhede, talente en kennis op so 'n
manier te gebruik dat 'n maksimum uitkoms geskep word. Die uitkoms moet 'n voordeel vir
die hele gemeenskap of 'n groep bied. As gevolg van sinergie het die algemene uitkoms 'n
groter waarde as 'n som van waardes van elke uitkoms.
Kommunikasie:
Kommunikasie is 'n vaardigheid om inligting op 'n duidelike, bondige en betekenisvolle manier
aan te bied. Dit versterk ook noukeurige luistervaardighede en verwoording van gedagtes.
Kommunikasie het verskillende doeleindes: om in te lig, om opdragte te gee, motivering en
oortuiging.
Kreatiwiteit:
In die 21ste eeu moet 'n individu iets nuuts kan skep of iets op 'n nuwe manier kan skep met
gebruik van die kennis wat hy/sy reeds verwerf het. Dit dui nie net op kunstigheid nie, maar
ook op verskillende oplossings vir 'n probleem in werklike situasies.
Burgerskap/Kultuur:
'n Individu moet in kontak wees met alles wat hom/haar omring – beide kultuur en
gemeenskap.
Karakteropvoeding/Konnektiwiteit:
Om die belangrikheid van menslike konnektiwiteit in die wêreld vol tegnologie te verstaan, is 'n
noodsaaklike vaardigheid. Karakteropvoeding sluit 'n skool se toewyding in om jongmense te
help om verantwoordelike, omgee- en bydraende burgers te word.
7. ONDERWYSERRIGLYNE OOR HOE OM LESBEPLANNING TE BEGIN
WAT leer ek vir
hulle
HOE gaan ek dit WAAROM leer
vir hulle leer ek dit vir hulle
WAT moet tydens beplanning in ag geneem word?
Gaan weer deur die Algemene en Spesifieke Doelwitte van Dansstudies (soos in die
KABV uiteengesit) en identifiseer areas waar doelwitte oorvleuel in die breër beplanning,
spesifiek tot die PAT, geïnkorporeer kan word.
Lees die riglyne in hierdie dokument asook die KABV vir voltooiing van inhoud vir
nakoming.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dansstudies 7 DBE/PAT 2021
NSS
Die gewigswaarde van prakties en teoreties = 50/50, moet by alle beplanning ingesluit
word.
Die PAT kan in graad 11 begin word en verder in graad 12 ontwikkel word. Dit kan 'n
ideale manier wees om groot getalle leerders in 'n klas te bestuur en kan oormatige stres
elimineer by die leerders en hulle ontwikkeling van selfvertroue, kreatiwiteit en dansgehalte
aanhelp.
Skoolroosters moet die korrekte hoeveelheid tyd in elke kwartaal wat aan elke PAT
toegeken word, aandui. Leerders moet regdeur die proses onder toesig werk en mag nie
op hulle eie buite skoolure sonder toesighouding werk nie. Dit sluit beide die praktiese en
skriftelike komponente in wat by die kwartaalbeplanning ingereken moet word.
Onderwysers is verantwoordelik vir die bestuur van hulle leerders na skooltyd/gedeelde
tyd vir die gebruik van venues/toerusting, ens., asook hulle veiligheid, wat beteken die
onderwyser moet op die terrein wees indien hulle leerders daar is.
Onderwysers is verantwoordelik vir die hou van 'n bywoningsregister vir alle klasse (tydens
skool/na skool/bykomende tyd) vir alle leerders asook hulle betrokkenheid vir 'n geldige
en betroubare proses/produkmark.
Onderwysers is verantwoordelik vir die skep van 'n DVD/elektroniese weergawe van alle
leerders se PAT'e vir eksterne modereringsdoeleindes. Sluit dit by die
beplanningsraamwerk in aangesien dit 'n verpligte komponent is.
WAAROM onderwysers noukeurig moet beplan
Identifiseer kernwaardes wat by die PAT-beplanning geïnkorporeer moet word;
lewensvaardighede asook dansvaardighede wat onderrig moet word (inhoud, konsepte,
waarde en gesindhede).
Enige vorm van kreatiwiteit vat tyd om te konseptualiseer. Hoë gehalte denke en
eksperimentering sal genoeg tyd en leiding van die onderwyser benodig sodat leerders
hulle kreatiewe idees kan uitleef.
Oorweeg verskillende leer-/onderrigstyle sodat alle leerders hulle volle potensiaal kan
bereik.
HOE om dit deur onderwyserlesbeplanning te implementeer
'n Uiteensetting van onderrigmetodologieë/onderrigstrategieë vir elke weeklikse klas wat
direk met die leerderopdragte vir die kwartaal ooreenkom, wat die volgende aandui:
o Hoe elke aktiwiteit 'n noodsaaklike deel van die boublokke vir die voltooiing van die
PAT is, d.i. waarom is dit by die algehele beplanning ingesluit?
o LOOM (leerder, onderwyserondersteuningsmateriaal) wat inspirerende leeswerk,
besigtiging, luistermateriaal asook verwysingsbladsye in die leerderhandboek insluit
vir verdere leiding/kennis/idees. Dui aan hoe dit gebruik sal word om die leerder se
persoonlike groei/ontwikkeling van die leerder vir voltooiing van die PAT te bemagtig.
o Sluit aanpasbare take in sodat dit 'n wye reeks onderrigstyle en vermoëns sal uitdaag.
o Hoe take/aanpassings gemaak sal word vir leerders met spesiale
behoeftes/beseerde/siel leerders en hoe hierdie leerders geassesseer sal word om
aan die PAT-vereistes/tydraamwerke te voldoen.
o Ingrypingstrategieë oor hoe om leerders te help om hulle doelwitte te bereik.
o 'n Tydlyn van datums vir afdelings om voltooi te word sodat terugvoering gegee kan
word oor hoe om leerders te help verbeter/groei langs die pad.
o Finale datums vir assesserings sodat leerders voorbereid is.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dansstudies 8 DBE/PAT 2021
NSS
8. ONDERWYSERRIGLYNE OM 'N LEERDEROPDRAG TE ONTWIKKEL
Terreine om in te sluit:
Inspirasie:
Verskaf visuele stimuli om kreatiwiteit, entoesiasme en ywer in te skerp.
Heelwat leerders is moontlik nie aan die besigtiging van 'n wye reeks choreografiese
werke, wat tans in teaters/YouTube/video, ens. beskikbaar is, blootgestel nie. Vind werke
wat by die PAT inskakel wat nuwe/innoverende neigings in choreografie/die gebruik van
dansfusie/produksie-elemente/musiek/begeleiding en tegnologie insluit.
Vind danswerke wat leerders sal inspireer om hulle eie tegniek,
uitvoeringskwaliteit/dansgehalte en kreatiwiteit te ontwikkel.
Doen 'n wye verskeidenheid improvisasie-aktiwiteite om leerders te lei in die skep van 'n
geskikte bewegingswoordeskat vir hulle komposisies
Opdragte/Leiding/Riglyne:
Gedetailleerde leerderinligtingstukke moet aan die begin van elke kwartaal verskaf word
waarin beskryf word hoe elke klas/stap sal vorder en geassesseer word = tydlyn.
Onderwysers is verantwoordelik om te verseker dat elke leerder 'n aangewese joernaal het
vir die skriftelike inhoud van die proses en produk van die PAT. Dit mag nie in die
taakboek vir algemene studiedoeleindes gedoen word nie want die joernaal moet vir
eksterne moderering ingelewer word.
Die leerderopdrag moet in die leerders se joernale geplak word vir modereringsdoeleindes
en die verifiëring van punte.
Die skriftelike werk moet 'n persoonlike weergawe/eie ervarings wees met betrekking tot
die PAT en moet nie bestaan uit bladsye wat uit die handboek oorgeskryf is of 'n
groepspoging uit die klas of portuurgroep nie.
Die opdragte moet verwysingsbladsye na die handboek insluit wat relevant tot die PAT is.
Nasienkriteria:
Leerders moet die nasienkriteria (puntestaat en rubriek) ontvang voordat die PAT begin
sodat hulle beplanning en voorbereiding daardeur gelei word.
Onderwysers moet die skriftelike werk gereeld lees en terugvoering gee vir verbetering. Dit
moet duidelik wees in die aanmerkings oor die werk/datums/handtekeninge in die
leerderjoernale.
Onderwysers moet gereelde terugvoering gee oor die praktiese komponente vir die
verbetering van die praktiese komponente van die PAT.
Alle leerderjoernale en bewyse van die proses moet, sodra die PAT voltooi is, vir interne
HVD/Provinsiale/DBE/Umalusi-moderering beskikbaar wees.
9. ONDERWYSERRIGLYNE VIR DIE ONTWIKKELING VAN DIE CHOREOGRAFIE-
PAT
In die geval van groot getalle Graad 12-dansleerders, het die onderwyser die vryheid om
die leerders in groepe van 3–6 leerders ter plaas.
Leerders kan een groepsdans saam choreografeer (veral indien daar 'n groot aantal
graad 12-leerders is) of individueel choreografeer.
Indien daar in 'n groep gechoreografeer word, moet alle lede van die groep tot hierdie een
choreografiese werk bygedra.
As daar slegs 1 of 2 graad 12-leerders is, kan dansers van ander grade gebruik word om in
die choreografie/danswerk te dans. Die PAT vereis dat leerders 'n groepsdans produseer,
hulle mag nie 'n solo of duet dans nie.
Die danswerk moet nie 3 minute oorskry nie as gevolg van tydsbeperkinge by die skool.
Gehalte teenoor hoeveelheid. Onderwysers moet leerders lei om die mees relevante
materiaal vir hulle finale produk te kies wat tydens hulle beplannings- en
improvisasieprosesse ontwikkel is.
'n Verklaring van egtheid word van elke leerder vereis om te bewys hulle choreografie is
nie plagiaat nie.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dansstudies 9 DBE/PAT 2021
NSS
Onderwysers moet leerders help deur 'n verskeidenheid musiek vir leerders/groepe te
verskaf om uit te kies indien hulle nie daarin slaag om hulle eie musiek te kry nie. Nie alle
leerders het toegang tot 'n wye reeks geskikte musiek nie. Onderwysers moet ook help met
die finale keuse, verdof, sny en insamel van musiek vir finale assessering en moderering.
Onderwysers mag die skool-Wi-Fi-koppeling/oorhoofse projektors wat aan 'n
skootrekenaar gekoppel is of selfone gebruik om toegang te kry tot die inhoud wat in
hierdie PAT verskaf is.
9.1 Tydraamwerk
Hierdie PAT word in kwartaal 1 en 2 gedoen. Dit behoort 8 tot 10 weke te neem om te
voltooi.
Vooraf voorbereiding kon in graad 11, kwartaal 4, begin het (sien bladsy 29 KABV-
dokument).
Elke groep se choreografie moet 2 tot 3 minute in totaal lank wees.
Een klas/les per week (binne die 8-tot-10-weektydperk wat vir voltooiing nodig is) moet aan
hierdie PAT op die skoolrooster toegeken word. Dit moet beide prakties en geskrewe
afdelings insluit.
Bykomende tyd tydens pouses en na skool moet tussen die onderwyser en die leerders
gereël word vir terugvoering en individuele aandag. Dit sal onderwysers in staat stel om
groepe te help met enige areas/blokkasies wat hulle dalk ondervind en ook om advies vir
verbetering te gee.
Finale assesseringsdatums moet vooraf aan leerders/skole verskaf word.
9.2 Konstrueer 'n Danswerk
Onderwysers sal hulp moet verleen in die volgende prosesse dit by hul lesplanne moet
insluit:
Om 'n denkproses in 'n konkrete konsep vir evaluering te plaas.
Navorsing/Ondersoek van die tema gekies.
Die gebruik van improvisasie/ondersoek/abstraksie/simboliek om 'n relevante bewegings-
woordeskat te skep.
Interpretasie van 'n gegewe idee/tema/storie in die bewegingswoordeskat.
Inkorporeer danselemente – ruimte, tyd en krag.
Kies en inkorporeer van toepaslike choreografiese strukture/toestelle.
Die keuse van musiek vir die werk en hoe dit die werk sal verbeter.
Kies 'n geskikte opvoerruimte vir die danswerk (konvensioneel/nie-konvensioneel).
Die ontwerp van produksie-elemente vir die danswerk. Die beplanning vir die gebruik
van produksie-elemente deur elke leerder moet nie tot hul werklike opvoering beperk
word nie. Leerders moet aangemoedig word om te ontwerp/skep/konseptualiseer wat
hulle in 'n produksie met 'n onbeperkte begroting sou gebruik. Relevansie/Simboliek oor
hoe hierdie elemente die betekenis van die werk sal verbeter, moet ingesluit word. Dit kan
aan voorgeskrewe danswerke wat hulle bestudeer, gekoppel word.
Repetisie en bemeestering van die danswerk vir 'n finale opvoering moet veilige
danspraktyk, tegniek en optrede-kwaliteit insluit.
Ontwerp van 'n een-bladsy-programnota – dit kan in die joernaal of op 'n aparte A4-vel
papier of elektronies gedoen word. Dit moet relevansie, betekenis en begrip van 'n
sinopsis/bedoeling/idee toon en moet 'n kreatiewe, insiggewende aanbieding wees.
Besinning oor hoe die groep gewerk het (interaksies, gee positiewe en negatiewe
waarnemings).
Selfbesinning oor die proses – eie sterk punte/swakhede/groei.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dansstudies 10 DBE/PAT 2021
NSS
9.3 Toeken van 'n Prosespunt aan Elke Leerder met Betrekking tot:
9.3.1 Praktiese Inhoud
1. Leerdergereedheid en toewyding, deelname en bydrae tot die groepdans:
Hou 'n bywoningsregister tydens/na skool vir elke leerder.
Lewer gereeld kommentaar in die verslag/register oor leerdertoewyding, deelname,
gereedheid en bydrae tot die groep tydens alle lesse.
● Lewer kommentaar op leerder se kreatiewe bydrae tot die komposisie: die bekendstelling
van nuwe idees/gereedheid/navorsing/neem van risiko/kontakwerk, ens.
2. Improvisasie deur leerder wat kritiese denke, kreatiwiteit en eksperimentering toon
wat relevant tot die tema gekies, is:
● Eksperimentering: die gebruik van improvisasie om nuwe/oorspronklike innoverende
bewegingswoordeskat/musiekkeuse te skep.
● Improviseer: werk met rekwisiete, prente, gedigte, eie stories, danselemente en
choreografiese strukture, ens.
● Eksperimenteer met multidissiplinêre werk of tegnologie, soos klank, video, film, rekenaars
en selfone.
3. Leerdereksperimentering met musiek/begeleiding – keuse om die tema te verbeter:
Verken verskillende musiekmoontlikhede met behulp van stilheid, die voeg van bykomende
klank by die musiek, gebruik van perkussie met 'n liggaam, rekwisiete, ens.
Musiek kan ook met behulp van rekenaarprogramme gekomponeer word.
Maak gebruik van die motief, dinamiek, vind die frasering in die musiek en maak seker dat
die musiek die choreografie lei.
4. Leerderverkenning van finale opvoeringsaanbieding – produksie-elemente,
film/konvensionele/nie-konvensionele dansruimtes:
Eksperimenteer met danselemente en choreografiese elemente/strukture:
Interessante maniere om tyd, ruimte en krag te gebruik om die choreografie te verbeter.
Verseker dat komposisiestrukture ingesluit is, soos 'n begin, middel en einde, oorgange,
variasie, stilheid, herhaling, opvolging en klimaks.
Eksperimenteer met hoe om danschoreografie met 'n selfoon te verfilm en te redigeer.
Verken konvensionele en nie-konvensionele ruimtes: die skoolsaal, strand, trappe, ens.
5. Spanwerk, samewerking en probleemoplossing (mense- en tydbestuursvaardighede)
● Leerder volg instruksies/gefokus/toegewyd/los konflikte op, ens.
Leierskap- en organisatoriese vaardighede:
● Leerder is voorbereid/verantwoordelik/gefokus/ontwikkel strategieë vir verbetering, ens.
6. Leerder se gebruik van veilige danspraktyk tydens repetisies:
Maak seker dansers het opgewarm voor repetisies en afgekoel aan die einde.
Om seker te maak dat dansers nie gevaarlike bewegings gebruik wat beserings kan
veroorsaak nie.
9.3.1 Geskrewe Inhoud
1. Leerdernavorsing/Navorsing oor tema/bedoeling/idee gekies:
Bewyse van dinkskrum idees met die groep: emosies/sosiale kwessies/storielyn, ens.
Bewyse van navorsing om inspirasie te vind: beelde/gedigte/video's, ens.
Het 'n tema gekies en verseker dat dit duidelik/verstaanbaar/vertelbaar in 'n danswerk is.
2. Leerderbesinning oor hoe improvisasie gebruik is in die ontwikkeling van relevante
bewegingswoordeskat/simboliek moet die volgende insluit:
Besinning oor improvisasie as 'n groep en sonder hulp/solo om nuwe en opwindende
bewegings te ontwikkel om die tema duidelik oor te bring.
Genre/styl(e) of fusie/samesmelting van style wat gebruik is.
Simboliek/Betekenis van die bewegings.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dansstudies 11 DBE/PAT 2021
NSS
3. Die keuse van musiek/begeleiding om die volgende in te sluit:
Hoe die musiek/begeleiding die danswerk/tema verbeter het om die volgende in te sluit:
o Genre/styl, ens. van musiek sowel as kunstenaar/komponis/groep, naam van die snit
wat gebruik is, ens.
o Instrumente, lirieke, klanke/stilte, genre, tempo, ens.
Hoe die musiek/begeleiding gebruik is om die volgende in te sluit:
o Gebruik van motiewe, dinamika, frases, ens. in die musiek
o Hoe die musiek die choreografie gelei het en dit nie oorheers het nie.
4. Redes vir die finale keuse van opvoeringsruimte/film om in te sluit:
Verkenning van konvensionele en nie-konvensionele ruimtes en finale keuse.
'n Ondersoek na die geskiktheid van die ruimte gekies.
Beskrywing van die verkenning van die danselemente en choreografiese strukture wat
binne die ruimte gebruik word.
5. Beplanning vir produksie-elemente en hoe hulle die danswerk/simboliek kan
verbeter om die volgende in te sluit:
Kostuums: ontwerp/kleur/toepaslikheid/kreatiwiteit
Grimering: ontwerp/betekenis/doeltreffendheid
Beligting: ontwerp/kleur/simboliek
Stelontwerp: uitleg/funksie/doeltreffendheid/is nie-konvensionele ruimte gebruik tot sy
volle potensiaal
Rekwisiete: doeltreffendheid/simboliek
Produksie-elemente: toepaslike gebruik vir die tema gekies.
6. Leerder se besinning oor hoe die groep gewerk het, om in te sluit:
Fokus, toewyding, bywoning van repetisies, bydrae, ens.
Leerder se selfbesinning oor eie deelname en ontwikkeling om die volgende in te
sluit:
Voorbereidheid, kreatiwiteit, leierskapsvaardighede, spandeelname, verbeteringstrategieë,
tydsbestuur en beplanning, ens.
Sterk- en swakpunte, gebiede vir verbetering.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dansstudies 12 DBE/PAT 2021
NSS
9.4 Kreatiewe Idees om in PAT-klasse te Gebruik
9.4.1 Improvisasie
PUSH PHYSICAL THEATRE
In hierdie video word verskeie metodes ondersoek om
choreografie te ontwikkel deur improvisasietegnieke te gebruik.
Teater/Dansopleiding tydens COVID-19 (Stoelchoreografie)
[Bron: https://www.youtube.com/watch?v=o3bu3jhdzEE]
GRINBERG-METODE – STOPBEWEGING-OPLEIDING
Die Stopbeweging-opleiding van die Grinberg-metode, is
deur Avi Grinberg ontwikkel. Die doel van hierdie praktyk is dat
dansers nader aan hulle potensiaal moet kom ten opsigte van
gesondheid, welstand, krag, buigsaamheid en ander fisiese
vermoëns.
[Bron: https://www.youtube.com/watch?v=IJsfwuf6-Ao]
DAVID BROWN SE KONTAK-IMPROVISASIE-KLAS
'FLYING AND FALLING'
[Bron: https://www.youtube.com/watch?v=AyXKeQSYhA0]
Hoe om kontakimprovisasie te onderrig.
IMPROVISASIEDANS
[Bron: https://www.youtube.com/watch?v=hMdtrLXk8J0]
Hierdie video ondersoek kontakimprovisasie.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dansstudies 13 DBE/PAT 2021
NSS
9.4.2 Leerders met Beserings
Die Choreografie | NBS Sharing Dance Day
Choreography 2018
Hierdie video wys hoe 'n danswerk vir 'n
beseerde leerder aangepas kan word.
[Bron: https://www.youtube.com/watch?v=7ET2QSWpvx0]
9.4.3 Danselemente
EIENSKAPPE VAN BEWEGING
[Bron: https://www.youtube.com/watch?v=XnelpHF1ZhU]
Hierdie video demonstreer:
Volgehoue/vibrasie/swaai/verlengde- en perkussiewe
bewegings.
'WAT IS DINAMIEK? DANS-WOORDEBOEK
STEEZY.CO
[Bron: https://www.youtube.com/watch?v=n2FRKFCKHOU]
Hierdie video toon hoe om dinamiek in dans
te gebruik.
TEATERDEPARTEMENT – BEWEGINGSKLAS
[Bron: https://www.youtube.com/watch?v=7tNCbAb2o0o]
Hierdie video toon hoe om ruimte/tempo/
herhaling/gebaar/vorm te gebruik.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dansstudies 14 DBE/PAT 2021
NSS
OHAD NAHARIN BESPREEK GAGA-BEWEGING
[Bron: https://www.youtube.com/watch?v=OGPG1QL1vJc]
Ohad Naharin, Artistiese Regisseur van Batsheva Dance
Company en Batsheva Ensemble, beskryf die unieke
bewegingswoordeskat wat hy ontwikkel het wat deesdae die
daaglikse opleiding vir die dansers by Batsheva is.
9.4.4 Meng van Dansgenres/Style
MUSIEKDEKKINGS EN SKEPPINGS
[Bron: https://www.youtube.com/watch?v=BWairKgESbc]
'n Danser doen 'n betowerende improvisasie en meng hip hop en
klassieke ballet.
9.5 Idees om Leerders te Lei wat Choreografie vir die Kamera Wil Doen
1. Stel leerders bloot aan voorbeelde van danswerke wat spesifiek vir die kamera (film)
geskep is, aangesien dit nie dieselfde is as wanneer 'n danswerk wat vir 'n opvoerruimte
geskep is, verfilm word nie. Om vir die kamera te choreografeer maak voorsiening vir 'n wye
verskeidenheid tegnologie/multimedia, ens om by die danswerk ingesluit te word.
Daar is uitstekende voorbeelde by die leerdergids-afdeling ingesluit.
'5 toepassings wat elke danser moet hê ' – Dance Tips STEEZY.CO
[Bron: https://www.youtube.com/watch?v=-RNPmFiARpY]
2. Toerusting benodig:
● Selfoon of videokamera
● Toepassings ('Apps') en redigeringsprogramme vir gebruik op
selfoon- of skoolrekenaar
● Skoolrekenaarlaboratoriums vir redigering
'Hoe om professionele video's met 'n Android-slimfoon
te verfilm'
[Bron: https://www.youtube.com/watch?v=qoxihY5Buc8]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dansstudies 15 DBE/PAT 2021
NSS
3. Ligging:
● Tydsbeperkings vir die verfilmingsbeskikbaarheid van kunstenaars en die werklike venue
(veral as daar in 'n nie-konvensionele ruimte verfilm
word).
● Geskiktheid en veiligheid van ligging(s).
● Inagneming van beligting – tyd van die dag/klank of
agtergrondgeraas/grootte van opvoerruimte/
vloeroppervlak/weer, ens.
'Hoe om 'cool' dansvideo's te maak' – Wenke
Van STEEZY se Videospan | STEEZY.CO
Hierdie video wys hoe om dansvideo's te maak deur van
die korrekte ligging en beligting gebruik te maak en hoe om te redigeer.
[Bron: https://www.youtube.com/watch?v=bOus6rT52QU]
4. Onderwerp:
● Spesiale effekte wat ingesluit/geredigeer kan word in finale video om
die tema te verbeter.
● Hoe die inhoud insig bied oor die tema/bedoeling.
RenRico is die sosiale
netwerk wat dansers,
skeppers en kunstenaars
ondersteun
Dit is gratis.
[Bron: https://appadvice.com/app/renrico-dance-edit-videos/1399788059]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dansstudies 16 DBE/PAT 2021
NSS
10. ASSESSERING EN MODERERING
Die puntestate op bladsy 17 en 20 moet gebruik word om die punte vas te lê vir elke
afdeling wat vir die voltooiing van hierdie PAT vereis word.
Die nasienrubrieke op bladsy 18 en 21 verduidelik die toeken van punte volgens
leerderprestasie.
● Onderwysers moet hul leerderopdragte sodanig skep dat instruksies vir die leerders
(bladsy 6) stap vir stap uiteeneengesit word.
● Die gewigswaarde is 50/50 vir die praktiese en geskrewe inhoud en mag nie aangepas
word nie.
● Elke leerder word individueel nagesien wat betref hulle bydrae en deelname aan die
proses en die finale opvoering/uitkoms van die PAT weerspieël.
● Die proses onthul dikwels meer oor die ware waarde van 'n leerder se deelname/
voorbereiding/kennis/eksperimentering/kreatiwiteit wat deur hierdie PAT verkry word as die
finale produk wat geproduseer word.
● Die PAT kan as 'n openbare opvoering/skoolopvoering/byeenkoms of in die dansklas
gedoen word. Dit kan in 'n konvensionele/nie-konvensionele opvoerruimte opgevoer
word.
● Die PAT kon spesifiek vir verfilming gechoreografeer word (indien wel, bly al die vereistes
vir voltooiing dieselfde). Leerders word nie filmtegnieke as deel van die kurrikulum
geleer nie, dus moet dit nie by die toekenning van punte ingereken word nie.
● Onderwysers is verantwoordelik vir die maak van 'n DVD van elke leerder se
choreografie en vir die invordering van alle joernale/programnotas indien afsonderlik, vir
eksterne moderering.
● Puntestate met leerders se name, datum van assessering, handtekeninge en punte moet
in die onderwyserlêer wees saam met die rubriek wat vir die assessering van die
choreografieë gebruik is.
Gasonderwysers kan genooi word om met die PAT-assesserings te help.
CHOREOGRAFEER VIR FILM OF OPTREE IN NIE-KONVENSIONELE RUIMTES
[Bron: https://www.seattleweekly.com/arts/ear-supply-dance-dance-revolution]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dansstudies 17 DBE/PAT 2021
NSS
KWARTAAL 1 PAT-PROSES: CHOREOGRAFIE-NASIENINSTRUMENT 2021
NAAM VAN SKOOL: LEERDER NAME
NAAM VAN ONDERWYSER(S):
ONDERWYSER(S) HANDTEKENING/S:
MAKSIMUM PUNT
GROEPNOMMER:
TITEL VAN DIE CHOREOGRAFIE:
HVD/MODERATOR HANDTEKENING:
PROSES: GESKREWE WERK IN JOERNAAL (5 tot 10 bladsye)
1. Navorsing van/Ondersoek na tema/bedoeling/idee gekies. 5
2. Die gebruik van improvisasie in die ontwikkeling van toepaslike 5
bewegingswoordeskat/simboliek.
3. Die keuse van musiek/begeleiding gemaak en hoe dit die danswerk verbeter het. 5
4. Die redes vir die finale keuse van opvoerruimte/film. Die verkenning en gebruik van 5
danselemente en choreografiese strukture.
5. Beplanning van die produksie-elemente en hoe dit die danswerk/simboliek versterk 5
het.
6. Besinning oor die groepinteraksie en samewerking. Selfbesinning oor deelname en 5
ontwikkeling.
SUBTOTAAL 30
PROSES: TYDENS KLAS – ONTWIKKELING VAN PAT
7. Voorbereidheid en toewyding, deelname en bydrae tot 'n groepdans. 5
8. Improvisasie wat kritiese denke, kreatiwiteit en eksperimentering toon wat op die 5
tema gekies, van toepassing is.
9. Eksperimentering met musiek/begeleiding – keuse om die tema te verbeter. 5
10. Verkenning van finale opvoeringsaanbieding – produksie-elemente, 5
film/konvensionele/nie-konvensionele dansruimtes.
Eksperimentering met danselemente en choreografiese elemente/ strukture.
11. Spanwerk, samewerking en probleemoplossing (mense en tydsbestuurs-
vaardighede), leierskap en organisatoriese vaardighede. 5
12. Veilige danspraktyk tydens repetisies. 5
SUBTOTAAL 30
TOTAAL 60
KOMMENTAAR VIR VERBETERING/ONDERWYSERTERUGVOER:
Hoe om 'n individuele lae, medium en hoë punt uit 5 toe te ken
op die nasieninstrument hierbo
Hoog = 4 tot 5 punte Medium = 2 tot 3 punte Laag = 0 tot 1 punt
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dansstudies 18 DBE/PAT 2021
NSS
KWARTAAL 1 PAT-PROSES-NASIENRUBRIEK VIR GESKREWE WERK IN JOERNAAL – 30 PUNTE
TOTALE PUNT = HOOG TOTALE PUNT = MEDIUM TOTALE PUNT = LAAG
(21–30) (9–20) (0–8)
1. Diepgaande navorsing/ondersoek Voldoende navorsing/ondersoek na die Minimale/Geen navorsing/
na die tema/idees/storie/bedoeling tema/idees/storie/bedoeling gekies vir die ondersoek na die bedoeling gekies
gekies vir die danswerk is gedoen en danswerk is gedoen en help met die vir die danswerk nie. Kon/Wou nie
help met die konseptualisering van konseptualisering van die danswerk. help met die konseptualisering van
die danswerk. finale danswerk nie.
2. 'n Wye verskeidenheid improvisasie Improvisasie is gebruik met 'n basiese Minimale/Geen begrip van hoe om
is ondersoek wat kreatiewe begrip en verduideliking van hoe dit met improvisasie te gebruik tydens die
eksperimentering/begrip en die ontwikkeling van nuwe skep van 'n danswerk nie. 'n Bietjie/
verduideliking toon van hoe dit met bewegingswoordeskat/ oorspronklike Minimale eksperimentering gebruik
die ontwikkeling van nuwe idees/eksperimentering, analise en in die skep van bewegings-
bewegingswoordeskat/ oorspronklike abstraksie van beweging gehelp het. woordeskat.
idees/ eksperimentering, analise en
abstraksie van beweging gehelp het .
3. Insiggewende verduidelikings oor 'n Basiese verduideliking verskaf vir die Minimale/Geen verduideliking
hoe musiek/begeleiding gekies is – keuse van musiek/begeleiding en hoe verskaf vir die keuse van
proses/redes/en hoe dit die danswerk dit die werk verbeter het deur musiek/begeleiding nie.
verbeter het. Instrumentasie/genre/ instrumentasie/ genre/komponis/titel, ens. Minimale/Geen besonderhede van
komponis/titel, ens. ingesluit. in te sluit. instrumentasie/genre/ komponis/titel,
ens. ingesluit nie.
4. Insiggewende verduidelikings 'n Basiese verduideliking van hoe Minimale/geen begrip van hoe om 'n
waarom die finale opvoerruimte/filmmedia gekies is. relevante opvoerruimte/film media
opvoerruimte/filmmedia gekies is. Sommige idees vir die beplanning van die te kies nie. Geen vooraf beplanning
Uitstekende idees/keuses gemaak in gebruik van ruimte. nie.
die beplanning van die gebruik van
ruimte.
Die gebruik van danselemente is Die gebruik van danselemente toon 'n Minimale/Geen begrip van die
verstaan en duidelik weerspieël in die basiese begrip van hoe dit in die gebruik van danselemente en hoe
verduidelikings van hoe dit in die danswerk geïnkorporeer/gebruik kan word dit die danswerk verbeter nie.
danswerk opgeneem/gebruik sou om die danswerk te verbeter.
word/verbeter die danswerk.
Choreografiese strukture is duidelik Choreografiese strukture is verstaan, 'n Minimale/Geen begrip van
verstaan/regverdiging van keuses bietjie regverdiging van keuses gemaak, choreografiese strukture nie.
gemaak word verskaf met duidelike is verskaf, en hoe hulle die danswerk Minimale/Geen aanduiding van
beskrywings oor hul opname/gebruik verbeter het. keuses gemaak om die danswerk te
en verbetering van danswerk. verbeter nie, noem slegs
choreografiese strukture.
5. Kreatiewe produksiebeplanning en Verskaf 'n basiese produksieplan wat Minimale/Geen
ontwerp sluit in: kostuum/beligting/ kostuum/beligting/verhoog/ produksiebeplanning nie.
verhoog/opvoerruimte/stel/tegnologie opvoerruimte/stel insluit. Basiese Minimale/Geen verduideliking vir
en analise van hoe dit die danswerk/ verduideliking waarom dit gekies is. keuse nie/kan slegs beskryf.
simboliek beoog, sal verbeter.
6. Betekenisvolle besinning oor hoe die Basiese besinning oor hoe die groep Minimale/Geen vermoë om te besin
groep interaksie gehad het – interaksie gehad het. Sommige oor die groepinteraksie nie.
magsverhoudings/leierskapsrolle/ verbeteringstrategieë word verskaf. Geen verbeteringstrategieë word
spanwerk/insette/gereedheid/ verskaf nie.
bywoning/toewyding/verbetering-
strategieë, ens.
Selfbesinning toon evaluering van Selbesinning toon 'n basiese begrip van Minimale/Geen vermoë vir
persoonlike ontwikkeling as persoonlike ontwikkeling en groei as 'n betekenisvolle selfbesinning nie.
danser/persoon om eie sterk en swak danser/persoon. Geen aanduiding hoe hulle ontwikkel
punte in te sluit. het as 'n danser/persoon nie.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dansstudies 19 DBE/PAT 2021
NSS
KWARTAAL 1 PAT-NASIENRUBRIEK VIR PRAKTIESE PROSES TYDENS KLAS – 30 PUNTE
TOTALE PUNT = HOOG TOTALE PUNT = MEDIUM TOTALE PUNT = LAAG
(21–30) (9–20) (0–8)
7. Volle bywoning/volledig voorberei en Woon meeste klasse by/voorbereid en Swak bywoning/Nie voorbereid nie
betrokke by alle areas van deelname/ betrokke op die meeste terreine van met beperkte/geen bydrae tot die
toewyding tydens alle lesse/repetisies/ deelname/toewyding tydens die meeste groep nie. Dikwels afwesig/siek of sit
optredes. Dra betekenisvol tot die klasse/repetisies/optredes. Dra by tot tydens klasse/repetisies/optredes.
werk by. die groep.
8. 'n Wye verskeidenheid improvisasie- Sommige improvisasiestrategieë gebruik Minimale/Geen
strategieë wat gebruik word om om bewegingswoordeskat te ontwikkel. improvisasiestrategieë gebruik om
relevante bewegingswoordeskat te Kreatiwiteit en eksperimentering getoon bewegingswoordeskat te ontwikkel
ontwikkel deur kritiese denke, kreatiwiteit wat op plekke met die tema/bedoeling nie. Vooraf geleerde passies/
en eksperimentering te gebruik wat met verband hou. kombinasies gebruik wat nie met die
die tema/bedoeling verband hou. danswerk verband hou nie.
9. Eksperimenteer met musiek/ Eksperimenteer met musiek/ Minimale/Geen eksperimentering
begeleiding. Maak kritiese keuses in begeleiding. Kan musiek/begeleiding met musiek/begeleiding nie. Keuse
die keus van musiek/begeleiding wat kies wat met die tema/bedoeling verband hou nie verband met die
met die tema/bedoeling verband hou. hou. Toon 'n vermoë om die musiek met tema/bedoeling nie.
Toon uitstekende vermoë om die 'n bietjie musikaliteit te
musiek/musikaliteit te interpreteer/verstaan.
interpreteer/verstaan.
10. In staat om 'n wye verskeidenheid Sommige idees verken vir finale Minimale/Geen verkenning vir finale
idees vir finale opvoeringsaanbieding opvoeringsaanbieding – produksie opvoeringsaanbieding nie.
te verken – produksie- elemente/ elemente/film/konvensionele/
film/konvensionele/nie-konvensionele nie-konvensionele dansruimtes.
dansruimtes.
Eksperimenteer met danselemente en Basiese eksperimentering met Minimale/Geen eksperimentering
choreografiese elemente/strukture en danselemente en choreografiese met danselemente en
kan geskikte idees kies om die elemente/strukture. 'n Paar geskikte choreografiese elemente/strukture
bedoeling/idee/tema uit te druk. idees gekies om bedoeling/ idee/tema uit wat relevant is vir die tema nie.
te druk.
Toon 'n diep begrip van samestelling. Basiese begrip van samestelling. Minimale/geen begrip van
samestelling nie.
11. Werk saam met groepslede en dra ten Werk saam met groepslede en dra die Minimale/Geen samewerking met
volle by tot die algehele sukses van die meeste van die tyd tot die algehele sukses groepslede nie en maak baie staat op
danswerk deur probleme te bestuur en van die danswerk by. ander om besluite te neem en die
uitstekende tydsbestuursvaardighede. groep te bestuur.
Sterk leierskap en organisasie- Leierskap en organisasievaardighede Minimale/geen leierskaps-
vaardighede is getoon wat suksesvolle soms gewys. Dra tot die sukses van die vaardighede getoon nie. Moet
groepwerk tot gevolg gehad. groep by. voortdurend gelei word.
12. Verstaan en implementeer veilige Verstaan en implementeer veilige Minimale/Geen begrip van
danspraktyke tydens repetisies en danspraktyke tydens die meeste veilige danspraktyke nie.
optredes/opvoerings. Kan alleen veilig repetisies en opvoerings. Kan alleen werk Het ten alle tye toesig nodig.
werk. met 'n bietjie leiding.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dansstudies 20 DBE/PAT 2021
NSS
KWARTAAL 2 PAT-PRODUK: CHOREOGRAFIE-NASIEN INSTRUMENT 2021
NAAM VAN SKOOL: LEERDER NAME
NAAM VAN ONDERWYSER(S):
DATUM VAN FINALE PAT-OPVOERING:
MAKSIMUM PUNT
ONDERWYSER(S) HANDTEKENING(S):
GROEPNOMMER:
TITEL VAN DIE CHOREOGRAFIE:
HVD/MODERATOR HANDTEKENING:
PRODUK: EEN A4 BLADSY PROGRAMNOTA
1. Oorsig/bedoeling/idee/tema 5
2. Inligting: Titel van werk/choreograaf/dansers/musiek 5
3. Uitleg/formaat en aanbieding – kreatiwiteit, ontwerpelemente en aandag aan detail 5
4. Programnota hou verband met danstema/bedoeling/idee/titel 5
SUBTOTAAL 20
PRODUK: FINALE DANSWERK
5. Bewegingswoordeskat wat simbolies gebruik word, beeld die oorsig/bedoeling/ 5
tema met duidelikheid en insig uit.
6. Die gebruik van opvoerruimte/produksie-elemente om die tema/bedoeling te 5
versterk.
7. Die gebruik van dans- en choreografiese elemente – kreatiwiteit en hou verband 5
met die oorsig/bedoeling/tema.
8. Algehele opvoerkwaliteit, die kompleksiteit van bewegings, toewyding, fokus en 5
spanwerk.
SUBTOTAAL 20
TOTAAL 40
FINALE PUNT 100
KOMMENTAAR/MODERERING:
Hoe om 'n individuele lae, medium en hoë punt uit 5 op die nasieninstrument hierbo toe te ken
Hoog = 4 tot 5 punte Medium = 2 tot 3 punte Laag = 0 tot 1 punt
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dansstudies 21 DBE/PAT 2021
NSS
KWARTAAL 2 PAT-NASIENRUBRIEK VIR EEN-BLADSY-PROGRAMNOTA – 20 PUNTE
TOTALE PUNT = HOOG TOTALE PUNT = MEDIUM TOTALE PUNT = LAAG
(15–20) (7–14) (0–6)
1. Oorsig/Bedoeling/Tema is relevant tot die Oorsig/Bedoeling/Tema hou soms Oorsig/Bedoeling/Tema hou
finale danswerk. Goed geskryf/gekies met verband met die finale danswerk. minimaal/het geen verband met die
'n uitstekende begrip van wat nodig is vir 'n Basiese begrip van wat nodig is vir 'n finale danswerk nie.
oorsig/sinopsis. oorsig/sinopsis. Oorsig/Sinopsis nie verstaan nie.
2. Inligting sluit in: Inligting sluit in: Inligting is minimaal met min/geen
Kreatiewe titel – hou verband met Titel aandag gegee aan die vereiste
tema/bedoeling Naam van choreograaf besonderhede nie.
Naam van choreograaf – sommige Name van dansers
besonderhede/biografie Gedeeltelike erkenning van musiek
Name van dansers
Titel van musiek/liedjie en komponis/
groep/kunstenaar
3. Die uitleg is kreatief, goed ontwerp met Die uitleg is goed ontwerp met aandag Die uitleg is swak ontwerp met
aandag aan detail, lettergroottes, plasing aan detail. Hou verband met die min/geen aandag aan detail nie.
van inligting, ontwerp/prente/illustrasies/ oorsig/tema/bedoeling van die danswerk. Hou nie verband met die oorsig/
kleur. tema/bedoeling van die danswerk
nie.
4. Die programnota hou verband met die Die programnota hou verband met die Die programnota toon dat min/
oorsig/tema/bedoeling van die danswerk. oorsig/tema/bedoeling van die danswerk. minimale/geen poging aangewend
Uitstekende begrip van hoe om danswerk Toon begrip van hoe om 'n danswerk op is nie. Onsuksesvol met die
op skrif aan te bied. skrif aan te bied. aanbieding van die danswerk
op skrif.
KWARTAAL 2 PAT-NASIENRUBRIEK VIR FINALE DANSWERK – 20 PUNTE
TOTALE PUNT = HOOG TOTALE PUNT = MEDIUM TOTALE PUNT = LAAG
(15–20) (7–14) (0–6)
5. Bewegingswoordeskat is noukeurig Bewegingswoordeskat is op plekke Bewegingswoordeskat het min te
ontwikkel/abstrak gemaak, ontwikkel en beeld die simboliek van die doen met die oorsig/tema/bedoeling.
gekonseptualiseer en beeld die oorsig/tema/bedoeling uit. Word 'n versameling geleerde
simboliek van die oorsig/tema/bedoeling bewegings.
met duidelikheid en insig uit.
6. Die dansers is goed gerepeteer in die Die dansers gebruik die opvoerruimte Die dansers het te min gerepeteer in
opvoerruimte gekies. Bewyse van deels met vertroue. Daar is bewyse van opvoerruimte. Min/Geen aandag is
deeglike en noukeurige oorweging van die inagneming van die gebruik van gegee aan die produksie-elemente
die produksie-elemente vir die finale produksie-elemente vir die finale vir die finale opvoering van die
uitvoering van die werk wat die tema en opvoering van die werk wat die danswerk nie en versterk nie die
bedoeling met duidelikheid versterk. tema/bedoeling tot 'n mate versterk. tema/bedoeling nie.
7. Choreografiese elemente: Uitstekende Choreografiese elemente: Geskikte Minimale/Geen begrip van hoe om
begin en einde wat met tema verband begin en einde wat met die tema choreografiese elemente in 'n
hou. Diep begrip van hoe om van ruimte, verband hou. Gedeeltelike begrip van danswerk te gebruik nie.
tyd en krag kreatief en betekenisvol hoe om ruimte, tyd en krag kreatief in Minimale/Geen variasies in die
gebruik te maak. choreografie te gebruik. gebruik van ruimte, tyd en krag nie.
8. Algehele opvoering deur groep toon Algehele opvoering deur groep toon Algehele opvoering is nie genoeg
aandag aan detail, akkuraatheid, fokus, akkuraatheid, fokus, toewyding en gerepeteer nie en toewyding
projeksie, toewyding en opvoerkwaliteit. opvoerkwaliteit. Gedeeltelike ontbreek. Basiese/minimale
Kompleksiteit van beweging goed kompleksiteit van beweging is ontwikkel, bewegingswoordeskat met
ontwikkel, musikale sensitiwiteit en musikaliteit en tydsberekening getoon. minimale/geen opvoeringskwaliteit
tydsberekening het regdeur getoon. nie.
Uitstekende spanwerk. Goeie spanwerk. Swak spanwerk.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dansstudies 22 DBE/PAT 2021
NSS
11. LEERDERRIGLYNE
11.1 Choreografie Praktiese Assesseringstaak
● Die PAT is 25% van jou finale graad 12-punte werd en bestaan uit 50 punte skriftelike
inhoud en 50 punte praktiese inhoud.
● Hierdie PAT moet gedurende kwartaal 1: die proses, en kwartaal 2: die finale produk,
ontwikkel word.
● Voordat met die beplanning begin word, moet jou onderwyser die finale nasienvereistes
verskaf om die PAT suksesvol te voltooi.
● Versuim om hierdie PAT te voltooi, sal lei tot 'n onvolledige jaarpunt.
● Die PAT moet ongeveer 8 tot 10 weke neem om te voltooi. Daar sal EEN les per week
gedurende skooltyd aan jou toegeken word.
● Bykomende tyd moet elke week tydens pouses of na skool toegeken word en individuele
tyd saam met jou onderwyser moet geskeduleer word om 'n betekenisvolle PAT-
choreografie aan te bied.
● Daar word van jou verwag om 'n joernaal apart van jou werk-/taakboek vir die PAT te
verskaf.
● Jy kan in groepe van 3 tot 6 in jou dansklas werk om 'n 2-tot-3-minuut-groepchoreografie te
voltooi. Jy mag self in hierdie choreografie optree.
● Elke groepslid moet ten volle aan die ontwikkelingsproses van 'n idee, vanaf die
aanvanklike stadiums tot die finale produksie van 'n voltooide werk, deelneem.
● Jy kan ook op jou eie met 'n groep dansers choreografeer.
● Hierdie PAT sal jou vermoë toets om as 'n span saam te werk en leierskapseienskappe en
inisiatief te toon.
● As 'n groep en individueel sal daar van jou verwag word om saam te werk, te kommunikeer
en probleme op te los.
● Daar moet 'n getekende brief van egtheid in jou joernaal geplak wees as bewys dat dit jou
eie werk is. Plagiaat sal nie aanvaar word nie en sal 'n nulpunt tot gevolg hê.
● 'n Afskrif van jou PAT-inligtingstuk, wat deur jou onderwyser verskaf is, moet in jou joernaal
geplak wees.
● Alle geskrewe werk moet gedateer word om jou vordering regdeur hierdie taak te wys.
● Die beplanning en ontwerp wat jy in jou joernaal doen, is 'n proses wat gereelde besinning
vereis en dokumenteer al jou idees wat tot die finale produk lei.
● Die belangrikste is om hierdie geleentheid te gebruik om jou kreatiwiteit,
innoverendheid en oorspronklikheid te ontwikkel. INDIVIDUALITEIT IS IETS WAT
GEVIER MOET WORD.
IDEES VIR JOERNAALSKRYF
[Bron: https://za.pinterest.com/pin/289778557264205629/]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dansstudies 23 DBE/PAT 2021
NSS
JY KAN DIE TEMA HIERONDER GEBRUIK OF EEN WAT DEUR JOU ONDERWYSER
VERSKAF IS
11.2 Die Tema/Beginpunt van Jou Choreografie Is …
Gedurende…
JY KAN DIT AS BEGINPUNT GEBRUIK OM 'N WERK RONDOM JOU MENINGS, EMOSIES
OF ERVARINGS GEDURENDE DIE PANDEMIE TE SKEP.
Baie voorbeelde word hieronder verskaf as stimulasie om jou met jou reis te help.
[Bron: https://www.dreamstime.com/illustration/movement-restricted.html]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dansstudies 24 DBE/PAT 2021
NSS
11.3 Navorsingsidees vir die Kies van 'n Finale Tema/Bedoeling
A. PLAKKATE/SLAGSPREUKE KAN 'N
INSPIRASIE WEES:
'Kom ons maak iets saam terwyl ons weg van
mekaar af is om ons gemeenskap te verenig.'
[Deur Holly LaRoche van Dans Informa]
B. SOSIALE DISTANSIËRING:
Die sosiale distansiëring wat tans in die wêreld ervaar word, noodsaak
almal om veranderinge in hul daaglikse lewe te maak. ' "Almal" sluit dansers
in, wat dikwels daarvan afhanklik is om bymekaar te kom om dinge gedoen te
kry – om klas te neem, te repeteer, te leer en te onderrig, te inspireer en
geïnspireer te word.' [DeurTracie Stanfield]
[Bron: https://trokanski.org/2018/04/26/dancing-in-a-stretch-bag]
C. SLUITINGS:
Baie kafees en restaurante is
gedwing om te sluit om die
verspreiding van die virus te
bekamp. Papieruitknipsels
van kliënte sit by tafels. (Dit
kan 'n idee wees om in jou
werk op te gebruik).
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dansstudies 25 DBE/PAT 2021
NSS
D. VISUELE BEELDE KAN 'N INSPIRASIE WEES: VEG VIR 'N UITWEG UIT COVID-19
'n Jong seun kyk uit en wonder wat buite sy tronk lê.
Is dit erger? Is dit beter?
[Bron: https://mg.co.za/friday/2020-06-11-fighting-a-way-out-of-covid-19/]
Edvard Munch – Die Kreet ('The
Scream')'
'n Kunswerk wat nou in die
pandemie baie relevant is.
[Bron: https://fineartamerica.com/featured/destiny-calls-lyric-lucas.html]
E. LEES HIERDIE UITSTEKENDE ARTIKEL OOR EENSAAMHEID:
[Bron: https://www.theguardian.com/profile/jonathanjones]
'Ons is nou almal Edward Hopper-skilderye'
Wie sal dan nou nie geraak word deur al die figure van mense wat gisteraand vir die NHS op
hulle deurdrempels hande geklap het nie? Hulle het TV-skerms en nuuswebtuistes gevul en 'n
warm prentjie van solidariteit in gedwonge eensaamheid aangebied het – almal alleen, dog
almal saam. Daar is egter 'n paar baie minder gerusstellende beelde wat op sosiale media
rondgaan. Sommige mense sê ons bestaan nou almal in 'n Edward Hopper-skildery. Dit lyk nie
of dit saak maak watter een nie.
Ek neem aan dit is omdat ons so koud van mekaar geskei is en by
ons eensame vensters wat uitkyk oor 'n spookagtige, leë stad, soos
die vrou wat op haar bed in Morning Sun sit, of die ander een wat
by 'n komvenster in Cape Cod Morning uitkyk.
Met sy verlate stedelike landskappe
en geïsoleerde figure, het die
Amerikaanse skilder Edward Hopper
die eensaamheid en vervreemding
van die moderne lewe vasgevang.
Maar die pandemie het aan sy werk 'n skrikwekkende nuwe
betekenis gegee.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dansstudies 26 DBE/PAT 2021
NSS
F. DANSWERKE KAN 'N INSPIRASIE WEES:
LAMENTATION deur Martha Graham hou nou verband met gevoelens wat ons tydens die
pandemie kan ervaar.
The Box Project
Kyk na hierdie YouTube-dokumentêr en danswerk
oor depressie.
The Box Project, geskep en geregisseer deur Julia
James-Griffiths, verken die onderwerp van depressie
en geestesgesondheidkwessies deur die medium
van beweging en dans
[Bron: https://www.youtube.com/watch?v=3bQs_8qYxMc]
[Bron: https://www.youtube.com/watch?v=qqMeMiPPdFM]
G. JY KAN OOK 'N GEDIG GEBRUIK OF
JOU EIE GEDIG SKRYF: H. SPASIE KAN 'N BEGINPUNT WEES
AS WE KNOW IT
People avoid each other,
We all are in our own bubbles,
No one meets your eye,
No one greets you by the hand.
We look back at the shadows of past
freedom,
The times when we were the masters of our
own, [Bron: https://mediocrityisthenewgenius.wordpress.com/]
Our future is controlled by our leaders,
Their decisions affect our lives.
Deur Rupert Mathieson – Hoërskoolleerder)
[Bron: https://www.abingdon.org.uk/poems-for-
lockdown/]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dansstudies 27 DBE/PAT 2021
NSS
I. INTERESSANTE WOORDE WAT TYDENS DIE GRENDELTYDPERK VERSKYN:
'PANICGOGY':
'Panicgogy' beteken om studente se beperkings te
verstaan. Dit beteken ook om met studente via teks,
foon, ens. te kommunikeer …
'INPERKING' ('LOCKDOWN'): 'n Staat van
isolasie of beperking. Mag nie jou perseel
verlaat nie.
[Bron: Pixabay
https://thelogicalindian.com/news/coronavirus-lockdown-terms-20337]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dansstudies 28 DBE/PAT 2021
NSS
11.4 Beplanning vir Kamera/Film
As jy van plan is om vir film te choreografeer, is dit anders as om 'n danswerk te verfilm
om 'n rekord daarvan te hê.
Jy het nie duur kameras nodig nie en die meesal kan jou selfoon 'n goeie werk doen.
Die voordeel van vir 'n kamera/'n film choreografeer, is dat jy verskeie tonele op
verskillende plekke kan skiet. Jy kan spesiale effekte en stilbeelde byvoeg, kleure aanpas,
ens.
'n Goeie idee is om 'n storiebord te skep wat die verskillende plekke/skote uiteensit. Maak
seker dat hierdie plekke sal werk voordat jy begin verfilm.
Sodra jy die verskillende gedeeltes verfilm het, kan jy 'n verskeidenheid gratis toepassings
('apps') gebruik om jou werk te redigeer en enige spesiale effekte te skep wat jy wil insluit.
Programme soos Snapchat het 'n verskeidenheid filmfilters.
Maak egter seker dat jy, terwyl jy verfilm, die oorspronklike tema/bedoeling in gedagte hou.
Vra jou onderwyser vir advies voordat jy voortgaan, aangesien hy/sy baie interessante
wenke/inligting sal hê om jou te help.
BEPLANNING (PRE-PRODUKSIE) IN JOU CHOREOGRAFIE-JOERNAAL:
1. Jou Idee: 2. Beplan Jou Skote:
Jy moet 'n storie/idee hê, hoe Jy kan STORIEBORDE maak
eenvoudig ook al. om te help beplan hoe en waar
Probeer om jou idee in jy die tonele gaan verfilm.
50 woorde neer te skryf/vind 'n
beeld wat jou idee kan beskryf
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dansstudies 29 DBE/PAT 2021
NSS
3. Plekke: 4. Organiseer die Verfilming:
Besoek elke plek waar jy sal verfilm. Jy moet in detail beplan wat jy
Vra jouself die volgende af: gaan verfilm en wanneer.
o Het jy toestemming nodig om Jy moet 'n kontrolelys maak
daar te verfilm? wat 'n lys is van die dansers en
o Is daar spasie vir al jou kamera- dinge wat jy nodig het vir die
posisies/-hoeke? verfilming.
o Is daar enige gevare?
o Sal daar onderbrekings wees?
o Sal agtergrondklanke met jou
film inmeng?
Wenke Wanneer Jy Jou Choreografie Verfilm:
1. Oefen by die Venue: 2. Verfilm Alles wat Jy Nodig
Het:
Besluit op die raam/aansig/hoeke
wat jy wil verfilm voordat jy begin Dekking beteken om seker te
opneem. maak jy het al die skote wat jy
vir die choreografie wil gebruik,
Laat die dansers een of twee keer
sodat daar geen vreemde
die roetine oefen sodat jy kan
spronge/gapings is wanneer jy
uitwerk waar om die kamera vir
die finale produk redigeer nie.
elke skoot (blokkering) te plaas.
VERFILM ALTYD 'N PAAR
EKSTRA SKOTE AS WAT JY
DINK JY NODIG HET.
KYK NA HIERDIE GOEIE VIDEO OOR HOE OM VOOR TE BEREI:
[Bron: https://www.youtube.com/watch?v=VXAK0vzWLzQ]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dansstudies 30 DBE/PAT 2021
NSS
3. Verskillende Tipes Skote:
Lang skoot: Medium skoot:
'n Uitsig oor 'n toneel wat vanaf 'n groot 'n Kamerahoekskoot wat vanaf 'n medium
afstand geskiet word, sodat mense as afstand verfilm word.
onduidelike vorms verskyn.
Nabyskoot: Meesterskoot:
'n Tipe skoot wat 'n persoon of voorwerp van 'n Filmopname van 'n volledige toneel, van
naby verfilm. begin tot einde, uit 'n kamerahoek wat al die
dansers in sig hou.
Wegsnyskoot:
'n Skoot wat van die hoofaksie 'wegsny' na enige skoot wat visuele inligting byvoeg, en dan na die
oorspronklike skoot met nuwe betekenis terugkeer.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dansstudies 31 DBE/PAT 2021
NSS
KYK NA HIERDIE UITSTEKENDE VOORBEELDE VAN DIE SKEP VAN DANSWERKE VIR
FILM EN OOK VIR INSPIRASIE EN/OF NAVORSINGSIDEES
1. DANSERS WÊRELDWYD IN 'INPERKING' – SIRKEL VAN LEWE [Bron: https://youtu.be/FRE1JEboA-0]
2. DANSERS VERENIG IN 'LOCKDOWN FLASH MOB'
[Bron: https://www.youtube.com/watch?v=NsnVwevfmGY]
3. LOCKDOWN WALTZ deur Kaapstad Stadsballet
[Bron: https://www.youtube.com/watch?v=cAUwNcFjSt8]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dansstudies 32 DBE/PAT 2021
NSS
4. THE CONTRADICTION OF SILENCE [Bron: https://www.youtube.com/watch?v=5z5qCSwPtrw&t=32s]
[Deur Alexander Ekman en die Sidney Dance Company
5. DIE MAAK VAN LEFT RIGHT LEFT RIGHT [Bron: https://www.youtube.com/watch?v=zfJkAq9MFZs]
[Deur Alexander Ekman] 'n Kort dokumentêr met Netherlands Dance Theatre 2.
6. PLAY [Bron: https://www.youtube.com/watch?v=wdMDNvLUL44]
[Deur Alexander Ekman]
7. BOX – WEE DANCE COMPANY HD [Bron: https://www.youtube.com/watch?v=joh2WjLHJRI]
[Deur Alexander Ekman]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dansstudies 33 DBE/PAT 2021
NSS
8. BOXES – COISCÉIM DANCE THEATRE [Deur David Bolger, 2009]
[Bron: https://www.youtube.com/watch?v=loO--tvghFo]
Dans, verbeelding en skouspel word in hierdie aangrypende duet vir twee mans aangepak.
Met 'n polsende klankbaan, animasie en verruklike ontwerp, ruk BOXES jou hart en neem jou
op 'n ontdekkingsreis. Kartonbokse skep 'n omgewing wat 'n reeks gebeure laat afspeel
waarmee die dansers speel. Idees en ontdekkings word versamel en getransformeer wanneer
twee fabriekswerkers 'n dag by die werk met 'n verskil begin.
11.5 Breinkaart in jou Joernaal (sien volgende bladsy)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Dansstudies
Downloaded from hlayiso.com 34 DBE/PAT 2021
NSS
PRODUKSIE ELEMENTE
JOERNAAL TEMA
MUSIEK/BEGELEIDING
CHOREOGRAFIESE Kostuums: Maak seker dat jy
ontwerp/kleure/toepaslikheid/ Dinkskrum idees met jou
STRUKTURE kreatiwiteit
jou hele proses in
groep: emosies/sosiale Luister na soveel musiek as
'n joernaal moontlik, sluit verskillende
Grimering: ontwerp/betekenis/ kwessies/storielyn
Eksperimenteer met verskillende neerskryf. genres in.
maniere om die dans te begin
doeltreffendheid Sien die kontrolelys Doen navorsing om
Beligting: inspirasie te vind: beelde/ Dink aan die gebruik van:
en te beëindig. in hierdie riglyn om instrumente, lirieke,
ontwerp/kleure/simboliek gedigte/video's
Gebruik stilheid om sekere seker te maak jy klanke/stilte, genre, tempo,
oomblikke uit te lig. Stelontwerp: uitleg/funksie/ sluit alles in wat jy Besluit op jou tema en
doeltreffendheid/ word nie- maak seker dit is ens.
Gebruik motiewe om die tema moet in jou Eksperimenteer totdat jy kry
konvensionele ruimte tot sy joernaal. duidelik/maklik om te
te versterk. wat beste is vir jou
volle potensiaal gebruik Sien bladsy 59, 60 verstaan
Patrone maak die dans choreografie.
Rekwisiete: doeltreffendheid/ en 141 in
interessant om na te kyk. Sien bladsy 220 in jou
simboliek
Gebruik gebare en alledaagse handboek handboek vir meer inligting.
bewegings. – bladsy 45 en 258 Sien bladsy 55 in handboek vir
meer inligting.
van die handboek.
BEGROTING OPVOERRUIMTE
CHOREOGRAFIE
DANSELEMENTE Jy moet dalk vir die volgende begroot: lokaal, kostuums, BEPLANNING Watter uitvoeringsruimte sal
rekwisiete, grimering. die beste werk vir jou tema?
Hoe kan ek danselemente Bemarking kos dalk ook geld as jy nie 'n borg kan kry Konvensionele/nie-
gebruik om choreografie nie. konvensionele ruimtes -
interessant te maak: As jy jou dans verfilm, benodig jy dalk
JOU ROLVERDELING bladsy 35 van jou
Ruimte: gebruik redigeringsagteware, maar kyk altyd of jy nie van 'n handboek.
verskillende vlakke, gratis weergawe gebruik kan maak nie – sien bladsy 142, Dink aan die volgende Is die dansruimte veilig?
rigtings, vorms, ens. 143 van die handboek. wanneer jy besluit op Het ek nodig om eie krag te
Krag: verskillende jou rolverdeling/ voorsien?
hoeveelhede energie wat karakters: is hulle Kan dit 'n gehoor
gebruik word, skep BEWEGINGSWOORDESKAT betroubare mense, kan akkommodeer?
dinamiek, bv. sag/hard, hulle doen wat jy van
Improviseer as 'n groep/op jou eie
aggressief/rustig MULTI- om met nuwe, opwindende
hulle vra?
Tyd: variasies in tyd DISSIPLINÊRE bewegings vorendag te kom. VERFILMING
verskaf interessante
DANSWERK Dit moet help om jou tema
besigtiging, bv.
vinnig/stadig, kort/lang
duidelik oor te bring. BEPLANNING VIR REPETISIES
Dink aan die genre/styl Het jy die toerusting?
duur van bewegings, Eksperimenteer Sal jy in staat wees om te
vinnige voetwerk/stadige Gaan jy style kombineer om 'n Het jy 'n veilige lokaal?
met verskillende unieke woordeskat te vorm? redigeer?
adage kunsvorme as Is daar 'n kragbron en musiekspeler? Is daar fasiliteite by die skool
Sien bladsy 32–34 in Wat is die simboliek/betekenis Kan jou onderwyser daar wees om toesig te
deel van jou agter die bewegings? wat jy kan gebruik?
handboek vir meer choreografie, bv. hou?
inligting. Is jou bewegingswoordeskat Pas jy veilige danspraktyke toe: behoorlik
gedigte,
oorspronklik? opwarm/nie onveilige bewegings probeer/
beeldhouwerk,
Is dit veilig vir jou dansers om uit te nuwe bewegings sonder toesig nie.
skilderye of
voer? Het jy 'n repetisieskedule?
tegnologie,
bladsy 40–42 Sien bladsy 217 in jou handboek vir
meer inligting.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dansstudies 35 DBE/PAT 2021
NSS
11.6 Kontrolelys
KWARTAAL 1 GESKREWE PROSES IN JOU JOERNAAL = 30 PUNTE √
1. Navorsing oor/Ondersoek na gekose tema/bedoeling/idee. Jy kan dit doen deur
danswerke te besigtig, inligting op die internet op te lees, na beelde te kyk, gedigte/
aanhalings te lees, koerantartikels, woorde neer te skryf wat beweging sal inspireer wat
verband hou met die finale tema wat jy vir jou werk kies. Al hierdie idees moet in jou
joernaal geplaas word. Jy kan die idees wat as 'n beginpunt verskaf word, gebruik of jou
eie van nuuts af vind.
2. Hoe jy improvisasie gebruik het om die
bewegingwoordeskat te ontwikkel wat jy in
jou danswerk sal gebruik. Jy moet skryf oor
jou proses, hoe jy begin het om die
bewegings te skep wat vir jou danswerk
gekies sou word. Hierdie bewegings moet
jou storie kan vertel deur abstraksie van
bewegings om simboliese betekenis te
skep. Jy kan gebare, alledaagse
bewegings, emosies gebruik om motiewe
as 'n beginpunt te skep. Jy het dalk
eksperimenteer met kontakwerk, 'n
samesmelting van dansstyle, ens.
3. Jy moet skryf oor hoe of hoekom jy die musiek/begeleiding vir jou danswerk gekies het
en hoe dit die danswerk verbeter het. Sluit die naam van die komponis/kunstenaar/groep
asook die naam van die stuk in. Ontleed die styl/genre van die musiek, instrumentasie en
hoe die komposisie emosie/betekenis geskep het wat gehelp het om die storie van jou
werk te vertel/jou werk te verbeter.
4. Jy moet skryf oor hoe en hoekom jy
op die finale opvoerruimte vir die
werk besluit het. As jy nie 'n keuse
het nie en in jou dansateljee moet
optree, waar sou jy die werk wou
opvoer en hoekom?
Dit kan 'n konvensionele
dansruimte, soos 'n teater of die
skoolsaal wees, of 'n nie-
konvensionele ruimte, soos die
gange in die skool, die strand, 'n
grondpad, 'n boks, ens.
As jy gekies het om vir film te
choreografeer, moet jy die plekke
dokumenteer waar jy die
afdelings/hele werk sal verfilm en sê
hoekom?
Sodra jy jou opvoerruimte gekies
het, moet jy skryf oor hoe jy
danselemente sal gebruik –
ruimte, tyd en krag. Die area waar jy gaan optree, sal beïnvloed hoe jy hierdie elemente
gebruik.
Jy sal moet skryf oor hoe jy choreografiese elemente gebruik het binne ruimte, tyd en
krag, bv. unisoon, kanon, simmetrie, stilheid, patrone, plasing, rigting, ens. sowel as begin,
middel en einde.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dansstudies 36 DBE/PAT 2021
NSS
5. Jy moet beplan vir die produksie-elemente wat jy in jou werk sal gebruik. Selfs as jy nie 'n
begroting het nie en slegs in oefenklere in die ateljee sal optree, moet jy jou indink wat jy
sou gebruik het as jy 'n onbeperkte begroting gehad het. Jy moet ook redes vir jou keuses
verskaf en hoe hulle jou danswerk sal verbeter, simboliese betekenis sal skep, bv.:
Kostuums en die simboliek wat hulle in 'n gehoor sal ontlok, bv. wit vir suiwerheid,
ens.
Stelle/Rekwisiete/Agtergronde – beskryf of teken dit en verduidelik die rede vir die
gebruik daarvan/insluiting in die bewegings.
Spesiale effekte/tegnologie/beligting – soos projeksies op 'n agtergrondlap, kleure
gebruik in die beligting, spesiale beligtingseffekte, ens. en hoe dit tot die danswerk sal
bydra.
Enige ander idees wat jy mag hê vir die uitleg van jou danswerk. Droom groot.
Jy kan skoon modelle
op die internet vind
om jou
kostuumontwerpe te
teken as jy nie goed
kan teken nie.
Ontwerpsketse vir Akram Khan se 'Dust',
deel van Engelse National Ballet se Lest We Forget © Kimie Nakano
6. Jy sal moet besin oor hoe jou groep as 'n span gewerk het. Het julle almal ewe veel
bygedra, het julle respek getoon en na mekaar se idees geluister, het julle julleself ten volle
verbind tot die proses, voorbereid na elke klas toe gekom, stiptelik gewees, ens.
Jy sal moet self besin oor jou eie deelname en ontwikkeling as 'n danser en as 'n persoon.
Watter sterk punte het jy ontdek oor jouself soos leierskap, konflikbestuur, leiding neem, in
staat wees om te volg, ander te motiveer, ens.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dansstudies 37 DBE/PAT 2021
NSS
JOU KONTROLELYS
KWARTAAL 1 PRAKTIESE PROSES TYDENS KLAS = 30 PUNTE √
1. Voorbereidheid en toewyding, deelname en bydrae:
Kom voorbereid met idees, bewegings, stimuli, musiek, ens. vir elke klas sodat geen
tyd gemors word nie. Jy kan bewegingsidees tuis of op jou eie improviseer om
voorbereid te wees vir die volgende klas sodat jy bewegingsidees bydra. Dit sal ook
selfvertroue verseker en plaas minder druk op jou want om te 'dink in die oomblik' is nie
altyd maklik nie.
Jy moet toegewyd wees aan jou groep sowel as aan jouself sodat jy jou bes sal doen –
100% in elke les. Selfdissipline en die bestuur van jou eie tyd is belangrik.
Maak seker dat jy gereeld dansklasse/repetisies bywoon sodat jy kan ontwikkel, leer,
bydra en deelneem aan groepbespreking en idees. Jou bydrae tot die groep is nie net
die bring van idees nie, maar ook om te luister en om ander idees in ag te neem. Jy
moet deel wees van die oplossing van probleme/struikelblokke en die vind van
kreatiewe oplossings. Jy moet krities nadink oor wat jy en jou groep skep. 'n Positiewe
gesindheid.
2. Improvisasie wat kritiese denke,
kreatiwiteit en eksperimentering toon
wat met die tema gekies, verband hou:
Jy moet navors en dan eers 'n tema kies.
Sodra dit gedoen is, moet jy rondom
daardie tema improviseer om 'n geskikte
bewegingswoordeskat te ontwikkel. Jou
bewegings sal die storie/tema/emosies
agter jou idees vertel en moet dus versigtig gekies word.
Jy kan 'n wye verskeidenheid stimuli as 'n beginpunt gebruik, soos beelde, gedigte,
woorde, rekwisiete, bv. bokse/stoele/tafels.
Jy kan motiewe ontwikkel rondom woorde/gebare/alledaagse bewegings wat die
bedoeling/idee agter jou werk uitdruk. Dit kan dan die grondslag van jou
bewegingswoordeskat word om met variasies herhaal te word .
Jy moet eksperimenteer met danselemente en choreografiese strukture – ruimte, tyd en
krag, wanneer jy improviseer en aanhou om hul dinamiek te verander.
Eksperimenteer met nuwe, verskillende dansstyle/genres of selfs die meng van
dansstyle. Jy kan jou eie nuwe dansstyl skep. Dit kan iets werklik opwindend inspireer.
Neem jou idees op jou selfoon op om te evalueer, te onthou en te gebruik, as 'n
verwysing by die verdere ontwikkeling van jou choreografiese idees saam met die
groeplede.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dansstudies 38 DBE/PAT 2021
NSS
3. Eksperimentering met musiek/begeleiding – keuse moet die tema versterk:
Luister na 'n verskeidenheid van musiek/begeleiding – moenie jouself beperk
tot gewilde musiek wat jy van hou of net een genre/styl nie want dit kan
beperkend wees. As jy nie toegang tot 'n wye verskeidenheid van
musiekgenres het nie, vra jou onderwyser om jou te help.
Die musiek/begeleiding wat jy kies, moet jou danswerk verbeter/byvoeg tot jou
danswerk en help om die stemming/emosie wat jy wil skep, oor te bring.
Jy kan ook kies om nie musiek te gebruik nie en te choreografeer op 'n gedig/woorde/
'n gesprek wat gevoer word terwyl jy optree. Die woorde kan die motiewe wees wat jy
ontwikkel. Stilte kan by jou choreografie ingesluit word.
KYK NA HIERDIE UITSTEKENDE VIDEO:
The Statement uitgevoer deur Nederlands Dans Theater
met choreografie deur Crystal Pite
[Bron: https://www.youtube.com/watch?v=V0cUalTut_o]
NDT REPETEER
[Bron: https://www.youtube.com/watch?v=8b095vf30Mk]
Eksperimenteer met verskillende musiek/begeleidingskeuses voordat jy jou finale keuse
maak. Die volgende areas is oorwegings wat jy in ag moet neem:
o Musiek gebaseer op verskillende tempo's, bv. 'n stadige lied met 'n gevoel van
hartseer of 'n vinnige/lewendige liedjie wat vreugde kan skep.
o Musiek gebaseer op die verskillende genres, bv. klassieke, tradisionele Afrika-
musiek, jazz.
o Vokale klanke/dreunsang en liggaamsperkussie, bv. hande klap/vingerklieke/voete
stampe.
o Instrumentasie aangesien elke instrument 'n spesifieke klank/timbre het, bv. viool,
dromme en fluite.
Sodra jy jou musiek/begeleiding gekies het, sal jy aanpas/eksperimenteer met jou
bewegingidees.
Elke stuk musiek sal 'n spesifieke bui hê, 'n dinamiek wat jy ook sal moet oorweeg.
Bladsy 116 in die handboek beskryf verskillende metodes vir eksperimentering.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dansstudies 39 DBE/PAT 2021
NSS
4. Verkenning van finale opvoeraanbieding:
PRODUKSIE-ELEMENTE
Jy moet enige produksie-elemente wat jy beplan om te gebruik, by jou
bewegingswoordeskat inkorporeer, bv. as jy rekwisiete soos stokke, bokse, stoele of
kostuums soos baadjies/kappies/rokke gebruik, moet jy daarmee improviseer terwyl jy
jou bewegingswoordeskat ontwikkel.
KONVENSIONELE VS NIE-KONVENSIONELE RUIMTES
Afhangende van waar jy kies om jou danswerk op te voer – konvensionele of nie-
konvensionele ruimtes – moet jy dit tydens repetisies in ag neem sodat jy oefen in
dieselfde grootte gebied as waarin jy gaan optree. 'n Goeie idee is om die vloer in jou
dansateljee/klaskamer af te merk terwyl jy repeteer. Dit sal voorkom dat jy rigtings,
posisies, ens. moet verander wanneer jy in die opvoerruimte gekies, moet repeteer.
EKSPERIMENTEER MET DANS- EN CHOREOGRAFIESE ELEMENTE
Wanneer jy choreografeer, kan hierdie twee elemente nie geskei word nie aangesien hulle
met mekaar verband hou.
Terwyl jy ruimte verken, neem die volgende choreografiese strukture in ag:
Positiewe ruimte: ruimte wat iets daarin het
Negatiewe ruimte: ruimte met niks daarin nie
Vlakke: hoë, medium en lae posisies/groeperings
Patroon: 'n beweging wat herhaal/voorspelbaar is
Rigting: die rigting waarin jy kyk of die rigting waarin
jou liggaam beweeg.
Simmetrie: 'n gevoel van harmonieuse en pragtige verhouding en balans. Gewoonlik
dieselfde aan die een kant as die ander (spieëlbeeld)
Asimmetrie: wanneer twee helftes van iets nie ooreenstem nie of ongelyk is/elke kant
van die liggaam iets anders doen
Ineensluitvorms: vorms en patrone wat deur twee dansers geskep word
Grootte: die hoeveelheid ruimte wat gebruik word, baie groot of baie klein.
Terwyl jy tyd verken, neem die volgende choreografiese strukture in ag:
Tydsberekening: passies/bewegings uitvoer wat perfek ooreenstem met musiekritme.
Tempo: dit is die spoed van die musiek wat bepaal hoe vinnig of stadig bewegings
uitgevoer sal word.
Meter/polsslag: dit is die tydmaatteken – hoeveel slae per maatstaf, bv. 3 slae in die
maat wat gebruik word in 'n triole/wals/balans-bewegings. Dit gee gereeldheid van
tydsberekening en 'n voorspelbare struktuur, bv. 3/4 en 4/4.
Spoed: Hoe vinnig of stadig 'n danser beweeg.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dansstudies 40 DBE/PAT 2021
NSS
Stilheid: dit beteken nie dat 'n danser opgehou dans het nie. Dit skep ingehoue
bewegings, afwagting en 'n manier om te talm, vas te hou of te rek. Stilheid help met
frases. Dit word gebruik om weer aandag te trek en iets te aksentueer.
Duur: die tydsduur wat 'n beweging gehou word of hoe lank dit neem om uit te voer.
Dit wissel van 'n kort duur tot 'n lang duur.
Ritmes: die patroon van beklemtoonde en onbeklemtoonde slae.
o Reëlmatige – gestruktureer, herhalende, maklik, voorspelbaar, stabiel
o Onreëlmatige – onvoorspelbaar, onseker, chaoties, ontstellend
o Natuurlike – voëlklanke, hartklop, reën, storm
Tydsberekeningverhoudings: dansers werk in unison, kanon, voor/na ander dansers,
stadiger/vinniger as ander dansers, tydsberekening binne bewegings/optelle/
saamdanswerk
Terwyl jy die krag verken, oorweeg die volgende choreografiese strukture:
Aksent: Om 'n beweging te beklemtoon. Dit
kan gedoen word deur veranderinge aan die
bewegingskwaliteit, krag, vlak of vorm – wat dit
anders maak.
Gewig: Dit is die gewig van die beweging. Dit
wissel van lig tot swaar.
Energie: Dit is die toepassing van energie op die
beweging. Dit wissel van laag tot hoog.
Krag: Dit is die krag wat op die beweging
toegepas word. Dit wissel van sag tot sterk.
'n Paar voorbeelde van bewegingeienskappe:
o Volgehou: Hierdie bewegings is aanhoudend, konstant en vloeiend
o Swaaie: Hierdie bewegings swaai, verskuif en is soos 'n pendulum
o Terughouding: Hierdie bewegings is uitgerek, swewend of hangend
o Ineenstorting : Hierdie bewegings is dikwels val, ontspan, flou of 'n vrylating
o Perkussief: Hierdie bewegings is skielik, kapperig, kort en skerp
o Vibrerend: Hierdie bewegings gonsend, is wankelrig, onstabiel of bewerig.
Jy moet ook jou begin en einde oorweeg, en of daar 'n klimaks in jou stuk is.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dansstudies 41 DBE/PAT 2021
NSS
5. Spanwerk, samewerking en
probleemoplossing (mense- en
tydbestuursvaardighede) Leierskap en
organisatoriese vaardighede:
Om goeie spanwerk en samewerking
met ander dansers te verseker, luister
altyd en neem deel aan alle elemente
rakende die choreografiese proses.
Geen idee is 'n slegte idee nie. Jou
idees kan 'n beginpunt vir bespreking
en eksperimentering wees.
Wees vriendelik met mekaar. Moet
nie praat terwyl ander hulle idees deel nie. Moenie idees wegwys nie, selfs al stem
jy nie saam met hierdie idees nie. Eksperimenteer met die idees en vind uit wat die
beste werk.
Om te verseker dat jy jou tyd goed bestuur, stel spertye vir die insameling van
hulpbronne soos musiek, produksie-elemente en repetisies.
Hou jou joernaal/selfoon byderhand tydens alle besprekings om te verseker dat dit
wat jy besluit prakties aangeteken en by jou geskrewe werk gevoeg is.
6 Veilige danspraktyk tydens repetisies:
Onthou altyd om behoorlik op te warm
. voor enige dansaktiwiteit.
Maak seker dat jy gemaklike en vry-
bewegende klere vir repetisies dra.
Maak seker dat jou dansonderwyser by
of naby is as jy middagrepetisies op jou
eie geskeduleer het.
Beoefen korrekte danstegnieke, bv.
korrekte liggaamsbelyning en postuur.
Moenie onbekende/onbeheerde/
gevaarlike bewegings sonder toesig probeer doen nie.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dansstudies 42 DBE/PAT 2021
NSS
JOU KONTROLELYS
KWARTAAL 2 EEN-BLADSY-PROGRAM NOTA = 20 PUNTE √
1. Stel jou oorsig saam of vind 'n geskikte aanhaling/gedig/artikel wat die
tema/bedoeling van jou werk uiteen sit of versterk. Dit moet jou gehoor
laat nadink oor wat hulle op die punt is om te sien, bv.
'Die meeste van ons leef ons lewens in belaglike verpligting
teenoor 'n masjien wat … ons voortdurend vertel om meer te
doen, meer te hê, plekke te gaan, meer geld te maak. Dit is 'n
wonderlike tyd waarin daardie noodsaaklikhede verslap word.
En ons moet onsself afvra: Waarvoor gee ons om? Wat waardeer
ons? Wat het ons lief?'
[Sir Antony Gormley, soos baie kunstenaars, dokumenteer die lewe tydens die Koronavirus-
pandemie.]
2. Inligting: Titel van werk/choreograaf/dansers/musiek
Skep 'n uitstekende titel vir jou danswerk wat verband hou met jou tema. Bv. as jy die
beeld en aanhaling hierbo gebruik het, kan jou titel wees …
Wat waardeer ons? Wat het ons lief?
Sluit jou naam as die choreograaf en die groep se name as die dansers in. Jy kan 'n
kort interessante biografie oor JOUSELF byvoeg.
Sluit die naam/titel van die musiek, die komponis/kunstenaar/groep in.
3. Uitleg/formaat en aanbieding – kreatiwiteit, ontwerpelemente en
aandag aan detail:
Kies 'n beeld wat met jou tema verband hou. Dit kan ook 'n foto van
jou groep of jouself wees.
Maak gebruik van die skoolrekenaar as jy dit elektronies wil doen of
gebruik papier, penne, kleure, uitknipsels, ens. wanneer jy jou
programnota maak.
Doen eers 'n rowwe uitleg sodat jy die ontwerpelemente kan sien –
gebruik van spasie op die bladsy en balans.
Jy kan 'n plakkaatstylontwerp doen of jy kan die A4-papier vou en
'n brosjurestylontwerp doen.
Dit kan op 'n rekenaar gedoen word of jy kan die met die hand
maak.
Eksperimenteer voordat jy jou finale aanbieding idees kies.
4. Ten slotte: Maak seker dat jou programnota verband hou met
danstema/voorneme/idee/titel. Die programnota sal gebruik word om die
tema van jou choreografie te assesseer.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dansstudies 43 DBE/PAT 2021
NSS
VOORBEELD VAN 'N PROGRAMNOTA VAN DIE JOMBA-DANSFEES 2019
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dansstudies 44 DBE/PAT 2021
NSS
JOU KONTROLELYS
KWARTAAL 2 FINALE DANSWERK = 20 PUNTE √
1. Bewegingswoordeskat wat simbolies gebruik word, beeld die oorsig/bedoeling/tema
uit met duidelikheid en insig:
Jy moet teruggaan na die begin, lees jou een-bladsy-programnota en vra die vraag: Is wat
die gehoor sien, dieselfde as wat ek in my oorsig geskryf het? Dit geld vir 'n lewendige
opvoering van die choreografie asook choreografie vir kamera/film?
Stel my begin die toneel op en sluit my einde die werk af?
Is daar 'n klimaks wat die belangrikste deel van die werk beklemtoon?
Hoe dra my bewegings die emosies/intensie/idee van die werk oor?
Het ek die beginsels en tegnieke in die dansgenre(s) gebruik om te help met die oordrag
van die boodskap?
2. Gebruik van opvoerruimte: Voor die finale uitvoering van jou choreografie moet jy 'n
kleedrepetisie hê om enige probleme waaroor jy dalk nie gedink het nie, uit te stryk. Hier is
'n paar riglyne:
As jy 'n konvensionele opvoerruimte gebruik, kontroleer dat:
o Die vloer skoon is, gereed om op te dans.
o Alle rekwisiete/agtergronde/stelle in die korrekte posisie is
o Ingange en uitgange op/van die verhoog af is duidelik
o Die klankstelsel en jou musiek werk. Kontroleer volumebalans.
o Die ligte werk/is geprogrammeer vir jou uitvoering
o Enige spesiale effekte/videoprojeksies, ens. is probeer/getoets voor die uitvoering
As jy 'n nie-konvensionele opvoerruimte gebruik, kontroleer dat:
o Dit beskikbaar is wanneer jy van plan is om op te tree. Dit sal ook van toepassing
wees as jy jou dansateljee/klaskamer gebruik.
o Die gebied veilig is om in te dans/vloer skoon is, gereed om op te dans.
o Jy in ag geneem het waar jou gehoor sal sit/staan.
o Jy ruimte gelaat vir hoe die musiek/begeleiding gespeel sal word
o Die tyd van die dag – jy het dalk natuurlike lig nodig. Indien nie, het jy ruimte gelaat
vir beligting aangesien dit nie 'n verhoog is nie.
o Ingange en uitgange na die opvoerruimte is duidelik
o As jy rekwisiete gebruik – hoe sal dit op die opvoerruimte kom?
Gebruik van produksie-elemente om die tema/bedoeling te verbeter: Twee dinge moet
hier oorweeg word:
1. Jy was nie in staat om produksie-elemente in jou finale uitvoering te gebruik nie as
gevolg van 'n gebrek aan beskikbaarheid/finansies, ens. Jy moet dalk jou choreografie in
die dansateljee in oefenklere uitvoer. Dit is heel aanvaarbaar. Deel van jou finale punt is
egter hoe jy hiervoor in jou joernaal beplan het. Die nasiener/onderwyser moet in staat
wees om, na die lees van jou beplanningsontwerpe in jou joernaal, hulle te kan verbeel wat
die produksie-elemente sou gewees het as jy dit kon gebruik het. Jy sal op geen manier
gepenaliseer word as jy goed beplan het nie.
Jy moet die musiek gereed hê op die dag in die korrekte formaat vir jou onderwyser om
te speel. Bespreek dit vooraf. Repeteer om te kontroleer dat alles werk/kan gespeel
word op die musiekstelsel wat daar is.
2. Jy was in staat om produksie-elemente in jou finale choreografie uitvoering te
inkorporeer. Maak seker dat jy die volgende nagaan:
Jy moet die musiek gereed hê op die dag in die korrekte formaat vir jou
onderwyser/klanktegnikus om te speel. Bespreek dit vooraf. Repeteer om te kontroleer
dat alles werk/kan gespeel word op die musiekstelsel wat daar is.
Maak seker dat alle groeplede hulle kostuums, rekwisiete, grimering, ens. het.
Maak seker dat alle op-die-verhoog-rekwisiete/spesiale effekte in plek is.
Maak seker die beligting is die korrekte kleur(e) wat jy tydens jou kleedrepetisie versoek
het. Enige ander spesiale effekte wat nodig is soos projeksies, ens.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dansstudies 45 DBE/PAT 2021
NSS
As jy 'n video/film as jou finale choreografie aanbied, sal die volgende gebiede
gedurende nasien oorweeg word:
Jou gebruik van opvoerruimte(s) in jou film. Hoe geskik was die gebiede gekies vir
verfilming? Hoe het dit die danswerk/tema/bedoeling verbeter?
Hoe suksesvol jy die dansers voorberei het vir die uitvoering in hierdie ruimtes
Hoe kreatief is die ruimte(s) gebruik?
Jou gebruik van produksie-elemente sal insluit hoe jy:
o Jou dansers geklee het
o Of jy die lig oorweeg toe jy verfilm het
o Of jy 'stillls', foto's, beelde, spesiale effekte ingesluit het om te help met die oordra
van jou tema.
o Die hoeke waarteen/posisies waarin jy jou dansers verfilm het
o Die musiek/begeleiding is effektief by die film/video ingesluit.
LET WEL: Leerders wat vir kamera/film choreografeer, sal nie op redigerings- of
verfilmingstegnieke gemerk word nie, aangesien dit nie by die kurrikulumopleiding van
leerders ingesluit is nie. Dieselfde puntestaat en rubriek sal gebruik word om die sukses van
die werk te bepaal.
3. Gebruik van dans- en choreografiese elemente: Jou finale danswerk sal geassesseer
word op jou vermoë om danselemente en choreografiese elemente/strukture kreatief en
effektief te gebruik. Dit sal direk verband hou met jou bewegingswoordeskat hierbo
uiteengesit. Hier is 'n paar areas wat jy kan oorweeg:
Hoe het ek die ruimte gebruik? Het ek risiko's geneem, dit gebruik om die
tema/bedoeling te versterk of het ek al die dansers na voor laat kyk in 'n vasgestelde
formasie met niks anders wat gebeur nie?
Hoe het ek tyd gebruik? Het ek die musiek met artistieke sensitiwiteit en musikaliteit
geïnterpreteer of het ek net al my dansers saam dieselfde bewegings laat doen op die
maat van die musiek?
Hoe het ek krag gebruik? Het ek variasies van krag getoon om simbolies my tema te
verteenwoordig of het my dansers al die bewegings met dieselfde intensiteit regdeur
gedoen?
4. Algehele opvoerkwaliteit, kompleksiteit van bewegings, toewyding, fokus en
spanwerk: Die sukses van die finale uitvoering sal afhang van hoe goed julle as 'n groep
gewerk het. Hier is areas wat jy nodig het om te demonstreer in jou finale prestasie:
Uitvoeringskwaliteit: Dit is die vermoë van die groep om betekenis te maak van die
bewegings wat jy/hulle gekies het. Om met musikaliteit en sensitiwiteit te dans. Om 'n
emosionele impak op 'n gehoor/kyker te maak. Dis die kwaliteit wat 'n danswerk neem
van 'slegs dit onthou' tot 'persoonlike interpretasie gee'.
Die kompleksiteit van bewegings: Dit is die vermoë van die dansers om hoë vlakke
van koördinasie, oorgange, behendigheid, beheer, omvang van beweging, krag,
uithouvermoë, tegniek, beginsels van die dans genre(s) aangebied te toon.
Toewyding: Dit is die vermoë van die dansers om ten volle te verbind tot die
bedoeling/tema van die werk sowel as aan elke beweging en die ander dansers in die
uitvoering. Om hulself in die werk te verloor.
Fokus en spanwerk: Dit is die vermoë om heeltemal in die oomblik te wees. Niks
anders lei jou aandag as 'n danser af nie. Jy is teenwoordig in die werk en ten volle
bewus van diegene saam met wie jy optree en sodanig kan jy reageer op veranderende
situasies/emosies/toestande.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dansstudies 46 DBE/PAT 2021
NSS
VERKLARING VAN EGTHEID
Hierdie verklaring moet deur die leerder voltooi en onderteken word en deur die
onderwyser geteken word en dek alle bewyse wat ingedien is.
Leerder se naam en van: Datum:
Ek verklaar dat die aangehegte PRAKTIESE ASSESSERINGSTAAK alles my werk
is en sluit geen werk deur enigiemand anders as ek of my groep in nie. Ek het
hierdie taak voltooi volgens instruksies en binne die bepaalde tydsbeperkings.
Leerder handtekening: Datum:
Onderwyser bevestiging
Namens ............................................................................................... (skoolnaam),
Verklaar ek dat bogenoemde leerder, na die beste van my kennis, die choreograaf is
van die voltooide opdrag aangeheg en dat die assessering onder die vereiste
voorwaardes voltooi is.
Onderwyser handtekening: Datum:
Hoof handtekening: Datum:
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dansstudies 47 DBE/PAT 2021
NSS
12. GEVOLGTREKKING
Na voltooiing van die praktiese assesseringstaak moet leerders in staat wees om hulle begrip
van die bedryf te demonstreer; hulle kennis, vaardighede, waardes en redenasievermoëns te
versterk, en ook betrekkinge buite die klaskamer te vestig en uitdagings in die wêreld daar
buite aan te durf. Die PAT ontwikkel verder leerders se lewensvaardighede en gee hulle die
geleentheid om by hulle eie leerervarings betrokke te wees.
13. VERWYSINGS
Kurrikulum 2012. KABV – Nasionale Kurrikulum-en-assesseringsbeleidsverklaring Graad 10–12.
Pretoria: Departement van Basiese Onderwys.
Botha, S en Levy, R. (2014) Uitstekende Dansstudies Leerderboek Graad 12. Suid-Afrika: Cambridge
University Press
Edumedia: Wes-Kaapse Onderwysdepartement LOOM https://www.yumpu.com
ELEKTRONIESE BRONNE: Toegang op 11 Junie – 20 Julie 2020
'The 6 Cs of Education': http://blog.awwapp.com/6-cs-of-education-classroom/
Teater-/Dansopleiding Tydens COVID-19 (Chair Choreography):
https://www.youtube.com/watch?v=o3bu3jhdzEE
Grinberg-metode: Stop Bewegingopleiding: https://www.youtube.com/watch?v=IJsfwuf6-Ao
David Brown se Kontakimprovisasieklas: Flying and Falling:
https://www.youtube.com/watch?v=AyXKeQSYhA0
Improvisasiedans: https://www.youtube.com/watch?v=hMdtrLXk8J0
Die Choreografie | NBS Sharing Dance Day Choreography 2018:
https://www.youtube.com/watch?v=7ET2QSWpvx0
Bewegingsgehalte: https://www.youtube.com/watch?v=XnelpHF1ZhU
Wat is Dinamiek? | Dance Dictionary: Steezy.Co https://www.youtube.com/watch?v=n2FRKFCKHOU
Teaterdepartement – Bewegingsklas: https://www.youtube.com/watch?v=7tNCbAb2o0o
Ohad Naharin Discusses Gaga Movement - https://www.youtube.com/watch?v=OGPG1QL1vJc
'n Danser voer 'n betowerende improvisasie van The Swan - Carnival of the Animals op:
https://www.youtube.com/watch?v=BWairKgESbc
'5 Apps Every Dancer Should Have| Dance Tips': Steezy.Co -
https://www.youtube.com/watch?v=-RNPmFiARpY
Hoe om Professionele Video's met 'n Android-slimfoon te Verfilm:
https://www.youtube.com/watch?v=qoxihY5Buc8
Hoe om 'cool' Dansvideo's te Maak – Wenke van Steezy's Video Team: Steezy.Co:
RenRico is die Sosiale Network wat Dansers, Skeppers en Kunstenaars Ondersteun –
https://appadvice.com/app/renrico-dance-edit-videos/1399788059
Choreografeer vir film of optree in nie-konvensionele ruimtes:
https://www.seattleweekly.com/arts/ear-supply-dance-dance-revolution
Idees vir Joernaalskryfwerk: https://za.pinterest.com/pin/289778557264205629/
Tekens: https://stock.adobe.com/contributor/201309676/petr-necas
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dansstudies 48 DBE/PAT 2021
NSS
Ander woorde vir 'kwarantyn' ('quarantine') – https://thesaurus.plus/synonyms/quarantine
Letterwerk: https://www.lettering-daily.com/types-of-lettering/
Stimulus As Beginpunt: https://www.dreamstime.com/illustration/movement-restricted.html
Aan Rolstoel Gekluister, Ruimte, ens.:
https://trokanski.org/2018/04/26/dancing-in-a-stretch-bag
Cafés Images – Reuters/Brian S. Fighting A Way Out Of Covid-19:
Inperking: 'n Jong seun kyk uit en wonder wat buite sy tronk lê. Is dit erger? Is dit beter? -
https://fineartamerica.com/profiles/meghan-shepperson
Artikel oor Eensaamheid: https://www.theguardian.com/profile/jonathanjones
The Scream – Edvard Munch(Artwork)
Fyn Kuns Deur Danswerke geïnspireer:
https://fineartamerica.com/featured/destiny-calls-lyric-lucas.html
Lamentations: Martha Graham
The Box Project: https://www.youtube.com/watch?v=3bQs_8qYxMc
https://www.youtube.com/watch?v=qqMeMiPPdFM
https://mediocrityisthenewgenius.wordpress.com/
Gedig: https://www.abingdon.org.uk/poems-for-lockdown/
Interessante Nuwe Woorde wat Tydens Inperking Verskyn Het: Beeldbron: Pixabay
https://thelogicalindian.com/news/coronavirus-lockdown-terms-20337
Beplanning (Pre-produksie): Reuters/Brian Snyde:
https://www.abc.net.au/ https://northernballet.com/
https://www.storyboardthat.com/storyboards/ece816b6/dance-audition-storyboard
Hoe om vir Verfilming Voor te Berei: https://www.youtube.com/watch?v=VXAK0vzWLzQ
Lang skoot 'step up': https://screenrant.com/step-up-best-dance-routines-ranked/
Medium skoot: https://www.puresytycd.com/2012/11/21/step-up-revolution-giveaway/step-up-
revolution-3/
Nabyskoot: https://medium.com/rue-magazine/spoiler-alert-les-twins-workshop-not-worth-it-
56669d9bdace
Meesterskoot: https://celebrity.nine.com.au/latest/les-twins-juggling-beychella-men-in-black-
cats/b4a3e5ab-0dd3-4f0c-8ced-5c1866a5254a
Dansers In Wêreldwye Inperking – Sirkel van Lewe: https://youtu.be/FRE1JEboA-0
Dansers Staan Saam in Lockdown Flash Mob: https://www.youtube.com/watch?v=NsnVwevfmGY
Lockdown Waltz – Cape Town City Ballet: https://www.youtube.com/watch?v=cAUwNcFjSt8
Alexander Ekman. Sidney Dance Company. The Contradiction of Silence:
https://www.youtube.com/watch?v=5z5qCSwPtrw&t=32s
Die Maak Van Left Right Left Right by Alexander Ekman. 'n Kort Dokumentêr met Netherlands Dance
Theatre 2: https://www.youtube.com/watch?v=zfJkAq9MFZs
Play deur Alexander Ekman: https://www.youtube.com/watch?v=wdMDNvLUL44 -.
Box – Wee Dance Company Hd: https://www.youtube.com/watch?v=joh2WjLHJRI
Coiscéim Dance Theatre: Boxes deur David Bolger, 2009:
https://www.youtube.com/watch?v=loO--tvghFo
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dansstudies 49 DBE/PAT 2021
NSS
Ontwerpsketse vir Akram Khan se 'Dust', deel van English National Ballet se Lest We Forget ©
Kimie Nakano
Wys beperkings van bewegings: https://www.gettyimages.com/photos/tokyo-
disneyland?mediatype=photography&phrase=tokyo%20disneyland&sort=mostpopular
The Statement opgevoer deur Nederlands Dans Theater met choreografie deur Crystal Pite:
https://www.youtube.com/watch?v=V0cUalTut_o
Repetisie: https://www.youtube.com/watch?v=8b095vf30Mk
Ontwerpelemente: https://za.pinterest.com/pin/262616222001630132/
Eksperimentering met 'n relevante tema: https://t1.gstatic.com/images?q=tbn:ANd9GcTcARMne-
hA_S04ySCeY025La7rn9AQhUN82HbO1V5gPvD2Bgr0
Bewegingswoordeskat-stimuli: https://t1.gstatic.com/images?q=tbn:ANd9GcTE5G80vPw4QVxX2jcSc-
8xB0gtzMTI7fzF7rfZLCXfWaQ3nRpF
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Notes, quizzes and topic questions for Grade 12 Dance Studies.
- Grade 12 Dance Studies notes
CAPS revision notes with worked examples.
- Dance Studies questions by topic
Past exam questions sorted by CAPS topic, with memos where available.
- All Grade 12 Dance Studies past papers
Past papers by year, with memos where available.
- Grade 12 Practical assessment tasks
More Dance Studies and other subjects in this collection.
Recommended for this subject
More papers and memos for this grade and subject.
_hlayiso.com_--8c9dc413-0765-4aa4-8852-fdb1036e10a8/v1-473ac2b2cedf6ee82393/card.webp)
Practical assessment task
Dance Studies PAT GR 12 2020 Bylae Afr (Hersien)

Practical assessment task
Dance Studies PAT GR 12 2017 Afr

Annual teaching plan
Gr 12 Dan Stu ATP 2023 24

Memorandum
Dance Studies Grade 12 NSC November 2025 Memo

Memorandum
Dance Studies Grade 12 NSC November 2025 Memo

Question paper
Dance Studies Grade 12 NSC November 2025 Question Paper
Related documents

Memorandum
Dance Studies Grade 12 NSC June 2024 Memo (Afrikaans)

Question paper
Dance Studies Grade 12 NSC June 2024 Question Paper (Afrikaans)

Question paper
Dance Studies Grade 12 NSC November 2023 Question Paper (Afr)

Memorandum
Dance Studies Grade 12 Eastern Cape Mock 2018 Memo (Afrikaans)

Question paper
Dance Studies Grade 12 Eastern Cape Mock 2018 QP (Afr)

Question paper
Dance Studies Grade 12 Eastern Cape Mock 2018 QP (Afr)
More from Grade 12 Dance Studies

Question paper
Dance Studies Grade 12 NSC November 2025 Question Paper

Question paper
Dance Studies Grade 12 November 2024 NSC Question Paper

Question paper
Dance Studies Grade 12 November 2024 NSC Question Paper

Question paper
Dance Studies Grade 12 November 2024 NSC MG Question Paper

Question paper
Dance Studies Grade 12 November 2024 NSC MG Question Paper

Question paper