Downloaded from hlayiso.com
ONTWERP
EKSAMENRIGLYNE
GRAAD 12
2021
Hierdie riglyne bestaan uit 26 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
You're offline
Skip to contentExam guideline 





View all
Design GR 12 Exam Guidelines 2021 Afr hlayiso.com
Design · Grade 12 · Design · 2021. Exam guideline, 26 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Design
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Exam guideline
- Year
- 2021
- Exam period
- Design
- Pages
- 26
- File size
- 555.2 KB
Loading document…
Loading document…
1 of 26
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp 2 DBE/2021
Eksamenriglyne
INHOUDSOPGAWE
Bladsy
HOOFSTUK 1: INLEIDING 3
HOOFSTUK 2: DOELSTELLINGS 3
HOOFSTUK 3: ASSESSERING 4
3.1 Assesseringsdoelstellings 4
3.2 Oorsig van onderwerpe 4
3.3 Formele assessering vir Graad 12 6
3.4 Skedule vir skoolgebaseerde assessering (SBA) 6
3.5 Kognitiewe vlakke 7
3.6 Eksterne eksamens 7
HOOFSTUK 4: VAKINHOUD 8
4.1 Vraestel 1: Ontwerp in konteks (Onderwerp 3) 8
4.2 Vraestel 2: Prakties (Onderwerp 1 en 2) 13
4.3 Retrospektiewe uitstalling 15
HOOFSTUK 5: ALGEMENE VAKINLIGTING 17
5.1 Verduideliking van terminologie 17
5.2 Hulpbronne 18
HOOFSTUK 6: TOETSVORMS EN NASIENRIGLYNE 20
6.1 Vorme van toetsing 20
6.2 Algemene riglyne vir nasien 20
BYLAE A: VERKLARING VAN EGTHEID 21
BYLAE B: RUBRIEK VIR DIE RETROSPEKTIEWE UITSTALLING 22
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp 3 DBE/2021
Eksamenriglyne
HOOFSTUK 1: INLEIDING
Die Kurrikulum- en Assesseringsbeleidsverklaring (KABV) vir Ontwerp beskryf die aard en doel
van die vak Ontwerp. Dit lei die filosofie onderliggend aan die onderrig en assessering van die vak
in graad 12.
Die doel van hierdie Eksamenriglyne is om:
Duidelikheid te gee oor die diepte en omvang van die inhoud wat in die graad 12 Nasionale
Seniorsertifikaat (NSS)-eksamen in Ontwerp geassesseer gaan word.
Bystand te verleen aan onderwysers om leerders doelmatig vir die eksamens voor te berei.
Hierdie dokument gee aandag aan die finale graad 12 eksterne eksamens. Dit behandel op geen
vlak die skoolgebaseerde assessering (SBA), praktiese assesseringstake (PAT'e) of finale
eksterne praktiese eksamens, wat in 'n aparte PAT-dokument verduidelik word en elke jaar
opgedateer word, nie.
Hierdie Eksamenriglyne moet gelees word saam met:
Die Nasionale Kurrikulumstelling (NKS) se Kurrikulum- en Assesseringsbeleidsverklaring
(KABV): GRAAD 12 Wysigings 14 Desember 2020), Verkorte Afdeling 4 I Kunstevakke:
Ontwerp
Die Nasionale Protokol vir Assessering: 'n Addendum tot die beleidsdokument, die
Nasionale Senior Sertifikaat: 'n Kwalifikasie op Vlak 4 op die Nasionale
Kwalifikasieraamwerk (NKR) rakende die Nasionale Protokol vir Assessering (Graad R–12)
Nasionale beleid met betrekking tot die program- en promosievereistes van die Nasionale
Kurrikulumstelling, Graad R–12
HOOFSTUK 2: DOELSTELLINGS
Hierdie riglyne is ontwerp om lig te werp op die inhoud soos voorskryf in die Kurrikulum- en
Assesseringsbeleidsverklaring (KABV) vir Ontwerp. Dit gee ook 'n oorsig oor die spesifieke
doelwitte van elke onderwerp wat in die sillabus genoem word. Buiten die graad 12-materiaal,
word aanvaar dat kandidate kennis en begrip van die inhoud het wat vir graad 10 en 11
uiteengesit word.
In graad 12 poog Ontwerp-leerders om:
Die vermoë te ontwikkel om te kan analiseer en artikuleer, vindingryk en innoverend te wees,
asook visuele taal te kan bou
Kennis, tegniese vermoëns en vaardighede in die konseptualisering, produksie en konteks
van ontwerp te ontwikkel
Materiale, prosesse en tegnieke doeltreffend, ekonomiese, veilig en verantwoordelik te verken
en manipuleer
Hulle eie werk, en dié van ander, krities te beoordeel
Te verstaan dat ontwerp 'n instrument vir sosiale/maatskaplike verandering kan wees deur
lewensgehalte te verbeter en oplossings te bied in antwoord op individuele en
gemeenskapsbehoeftes
Die sosiokulturele, omgewings- en historiese bydrae van ontwerp tot ekonomiese groei,
entrepreneurskap en volhoubaarheid te verstaan
'n Bewustheid van loopbaangeleenthede in die ontwerpbedryf te ontwikkel
Hulle eie werkproses en tyd doeltreffend te bestuur
Aanbiedings- en kommunikasievaardighede te ontwikkel om ontwerpkonsepte akkuraat oor te
dra
Die ontwerp, kuns en kunsvlyt van Suid-Afrikaanse en internasionale kulture van die verlede
en die hede te erken en daaroor te besin
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp 4 DBE/2021
Eksamenriglyne
HOOFSTUK 3: ASSESSERING
3.1 Doelwitte van assessering
Soos uiteengesit in die KABV-dokument, is die doelwit van assessering om:
Die onderwyser in staat te stel om 'n leerder se vordering betroubaar te meet
Leerders oor hulle sterk punte, swak punte en vordering in te lig
Onderwysers, ouers en ander belanghebbendes te help om besluite oor die leerproses en
leerders en vordering te neem
Die bereiking van hierdie doelwitte sal bepaal word deur die assessering van sekere minimum
vaardighede en bevoegdhede, soos dié wat hieronder uiteengesit is, aan die einde van die
Ontwerpkursus vir graad 12.
3.2 Oorsig van onderwerpe
Graad 12: Oorsig van onderwerpe
Onderwerp 1: Ontwerpproses en beïnvloedingsfaktore
Proses
Toon 'n deeglike begrip van die interafhanklike aard van die beplannings-, aksie- en besinningsiklus wat die
ontwerpproses toelig:
Werk vanaf 'n opdrag of identifiseer 'n behoefte, 'n probleem of 'n geleentheid
Ondersoek die konteks
Ontwikkel idees en ondersoek verskillende benaderings en metodes
Ondersoek die gebruik van gepaste materiaal en produksietegnieke
Produseer voorbeelde, prototipes of makette (skaalmodelle)
Evalueer die idees wat ontwikkel is en kies die beste oplossing
Doen kennis en waardering op oor ontwerp as 'n kragtige instrument van verandering om
lewensgehalte te verbeter
Beïnvloedingsfaktore
Kennis en 'n bewustheid van estetika en funksionaliteit, tendense en markte
Kennis van die verskil tussen ontwerp vir 'n behoefte en ontwerp vir 'n gehoor met 'n gebruikskonteks
Kennis en 'n waardering van verantwoordelike ontwerppraktyk
Volgehoue ontwikkeling van tekenvaardighede
Ontwerp in 'n besigheidskonteks: Navorsing
Hierdie gedeelte moet met die praktiese opdrag of opdrag geïntegreer word en ook as deel van die proses
gesien word (Onderwerp 1). Die besigheidskonteksnavorsing moet 'n direkte skakel met elke praktiese taak
hê. Daar word van leerders verwag om hul navorsing te doen oor die produkkeuse wat hulle gemaak het.
Dit moet bestaan uit:
Onderwerp en inleiding tot besigheidskonteks
Inhoud 4–8 bladsye, aan beide kante van 'n A4-grootte bladsy
Gevolgtrekking
Gedetailleerde bibliografie (bv. titel onderstreep, outeur(s) tussen hakies, uitgewer, publikasiedatum,
webskakel, blog en datum, ens.)
Etikette om alle visuele materiaal te vergesel (titel, gebruikte materiaal, naam van ontwerper, land
tussen hakies, datum)
Die inhoud van hierdie besigheidskonteksnavorsing in elke Onderwerp 1-taak moet sommige of al die
inhoud hieronder bevat:
Definieer jou teikenmark. Verduidelik waarom jy dit gekies het.
Bespreek die neigings wat jou beïnvloed het.
'n Toepaslike plaaslike of internasionale gevallestudie.
Visuele handelsware van jou produk.
Verduidelik hoe jy hierdie produk sou bemark. Skep EEN van die volgende bemarkingsvorms:
visitekaartjie, strooibiljet, plakkaat, advertensie vir plaaslike koerant, Facebook-bladsy, ens.
Maak 'n lys van al die benodigde materiaal, die naam en kontakbesonderhede van jou verskaffers en
die koste van al jou materiaal. Werk ook moontlike ander koste uit, soos elektrisiteit, ens.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp 5 DBE/2021
Eksamenriglyne
Moontlike mededingers, beskryf hul produkte en waarom jy hom/haar as mededingers beskou.
Ondersoek potensiële markte vir jou produkte.
Ondersoek potensiële finansieringsopsies vir jou besigheid.
Ondersoek tersiêre en loopbaangeleenthede in jou ontwerpprodukkeuse: reeks omvang, opleiding
benodig en opleiding beskikbaar
Hoe sou jy jou produk of diens vir jou beoogde teikenmark verpak en/of adverteer?
Onderwerp 2: Ontwerpproduksie, tydsbestuur en veilige praktyk
Ontwerpproduksie – die maak en aanbieding van die produk
Pas die ontwerpproses toe en verskaf bewyse. (Die finale produk/oplossing moet duidelike bewyse van die
ontwerpproses en toepaslikheid ten opsigte van die opdrag/probleem toon.)
Toon bevoegdheid in materiaal en tegnieke wat gekies is om ontwerpoplossing te skep.
Aanbieding en effektiewe kommunikasie van 'n ontwerpoplossing.
Interpreteer, gebruik en verduidelik die keuse van ontwerpelemente, beginsels en materiale in die finale
produk, diens of omgewing.
Tydsbestuur
Selfdissipline
Beplanning, organisasie en bestuur van eie werk
Hou by die tydskedule en sperdatums
Veilige praktyk
Veilige werkspraktyk te alle tye in die gebruik van materiaal en toerusting
Begrip en toepassing van die gesondheids- en omgewingsimplikasies wat verband hou met die gebruik van
materiaal
Onderwerp 3: Ontwerpteorie:
Ontwerpgeletterdheid
Geskiedenis van ontwerp
Ontwerp in 'n sosiokulturele/omgewings- en volhoubaarheidskonteks
AFDELING A: ONTWERPGELETTERDHEID
Analise van ongesiene voorbeelde. Pas die teorie en die terminologie wat die ontwerp ten grondslag lê en
beskryf, met selfvertroue toe.
Verstaan en interpreteer tekens en simbole, stereotipering, vooroordeel en vooroordeel in Ontwerp
Kommunikasie deur middel van Ontwerp
Vergelyking tussen Suid-Afrikaanse en Internasionale ontwerp (ongesien)
Vergelyking tussen Klassieke Argitektuur en Kontemporêre Argitektuur OF vergelyking tussen Klassieke
Argitektuur en Inheemse Afrika-argitektuur (Hierdie studiebundel is verpligtend.)
AFDELING B: GESKIEDENIS VAN ONTWERP
'n Grondige kennis van die historiese ontwikkeling, doelstellings, kenmerke en invloede van die
Ontwerpgeskiedenis-bewegings hieronder word verwag:
Tien sleutelbewegings vir Ontwerpgeskiedenis om vir graad 12 te bestudeer:
Kuns en Kunsvlyt
Art Nouveau
Art Deco
De Stijl
Bauhaus
Modernisme
Skandinawies
Popkuns
Postmodernisme
Dekonstruktivisme
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp 6 DBE/2021
Eksamenriglyne
Bespreek TWEE bewegings/style (ten minste EEN ontwerper en sy/haar ontwerp uit elke beweging/styl
hierbo genoem).
Beantwoord 'n vergelykende vraag gebaseer op TWEE bewegings wat nie in die opstel geassesseer is
nie.
Voorafgaande kennis van graad 10 en 11 is nodig om sommige van die vrae te interpreteer en te
beantwoord.
AFDELING C: ONTWERP IN 'N SOSIO-KULTURELE/OMGEWINGS- EN VOLHOUBARE KONTEKS
Toon 'n begrip van die ontwerper se verantwoordelikhede in verband met omgewingskwessies en
volhoubare ontwerp.
Bestudeer DRIE twee- en/of driedimensionele kontemporêre Suid-Afrikaanse en Afrika-kunsvlyt-
ontwerpers, van die verlede en die hede (kan kunsvlytsentrums en gemeenskapsprojekte insluit), en toon
begrip van die maniere waarop hierdie ontwerpe gebruik kan word om sosiale/maatskaplike, kulturele,
omgewings- en etiese kwessies te versterk of uit te daag. EEN van hierdie ontwerpers of ontwerpgroepe
moet SOSIALE/MAATSKAPLIKE EN/OF KULTURELE kwessies hanteer en EEN moet
OMGEWINGSKWESSIES aanpak. Die derde ontwerper moet die invloed van inheemse
kennisstelsels/kunsvlyt toon. (KWARTAAL 2)
Bestudeer TWEE kontemporêre BEKROONDE internasionale ontwerpers. EEN moet SOSIALE/
MAATSKAPLIKE EN/OF KULTURELE kwessies hanteer en EEN moet OMGEWINGSKWESSIES aanpak.
(KWARTAAL 3)
3.3 Formele assessering vir graad 12
FORMELE ASSESSERING VIR GRAAD 12
Eksterne eksamen (75%)
SGA (25%)
Retrospektiewe uitstalling Jaareindeksamen (50%)
25% 25% 25% 25%
2 PAT'e
Uitstalling/Aanbieding van Vraestel 2:
(Werkboek/Prosesboek): Vraestel 1:
100 x 2 twee PAT-produkte (en een Praktiese Eksamen
Geskrewe
graad 11-werk opsioneel) Proses: 50
1 Teorietoets: 50 Eksamen
ekstern geassesseer: 50 Produk 24 uur
Junie-teorie-ekamen: 100
PAT 1- & PAT 2-produkte (benaderd): 50
Rekord-teorie-eksamen: intern geassesseer: 50
3 uur
TOTAAL V2
100/2: 50 Praktiese Eksamen:
100
TOTAAL UITSTALLING: 100 100
400 verwerk na 100 (SGA)
Aan die einde van graad 12 sal Ontwerp-leerders soos volg nagesien word:
SGA-punt: PAT 1 & 2, Kwartaal 1-toets, Junie- & Rekord-teorie-eksamen100
Retrospektiewe uitstalling: 2 PAT-produkte + opsioneel: een werk van graad 11 100
Praktiese eksamen: Prosesboek en produk, ekstern opgestel 100
Teorie-eksamen: Ekstern opgestel en nagesien 100
400
3.4 Skedule vir skoolgebaseerde assessering (SGA)
Alle SGA-take moet intern gemodereer word. Provinsiale en nasionale moderering sal deur die
Departement van Basiese Onderwys (DBE) en/of die onderskeie provinsiale onderwys-
departemente (POD's/'PEDs') gedoen word. Hierdie proses sal deur die POD's bestuur word.
Kwartaal 1: Kwartaal 2: Kwartaal 3:
1 PAT (100) – ingesluit 10 punte 1 PAT (100) – ingesluit 10 punte 1 Rekord-teorie-eksamen (100)
Besigheidstaak Besigheidstaak (verwerk na 50)
1 Teorie-toets (50) 1 Teorie-eksamen (100)
Raadpleeg die RIGLYNE VIR PRAKTIESE ASSESSERINGSTAKE vir meer inligting.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp 7 DBE/2021
Eksamenriglyne
3.5 Kognitiewe vlakke
Kognitiewe vlak Persentasie
Laer orde: kennis 30
Middelorde: begrip en toepassing 40
Hoër orde: ontleding, evaluering en sintese 30
KENNIS BEGRIP TOEPASSING
vertel, maak 'n lys, skryf, verduidelik, interpreteer, los op, toon, gebruik, illustreer,
vind, beskryf, noem, ens. bespreek, onderskei, gee 'n klassifiseer, konstrueer,
oorsig, ens. ondersoek, ens.
ONTLEDING/ANALISE EVALUERING SINTESE
ontleed/analiseer, vergelyk, oordeel, besluit, motiveer, skep, vind uit, beplan,
ondersoek, kategoriseer, debatteer, beveel aan, voorspel, ontwerp, stel voor,
identifiseer, verduidelik, prioritiseer, argumenteer, formuleer, ens.
ens. ens.
Toetse en eksamens
'n Toets vir formele assessering moet nie uit 'n reeks klein toetsies bestaan nie, maar eerder uit
een toets wat 'n beduidende gedeelte van die inhoud bevat en die duur moet 45 tot 60 minute
wees.
Oopboektoetse kan ook opgestel word. Dit vereis van leerders om inligting te soek. Leerders
se begrip van die leermateriaal word getoets, en nie hul oorskryfvaardigheid nie.
Oopboektoetse moenie net kortvrae insluit nie. Leerders moet langer, besinnende antwoorde,
soos paragraaftipe antwoorde op 'n gegewe scenario, skryf, of paragrawe wat redes en
ondersteunende bewyse/argumente wat noodsaaklik is, gee.
Elke toets, oopboektoets en eksamen moet voorsiening maak vir 'n reeks kognitiewe vlakke en
moet ook paragraaftipe antwoorde insluit.
Vrae moet ongesiene visuele beelde insluit om leerders se visuele ontledingsvaardighede te
toets. Hierdie beelde moet verband hou met die Suid-Afrikaanse en internasionale ontwerpe/
bewegings/beskawings wat hulle bestudeer het.
3.6 Eksterne eksamens
Alle Ontwerp-kandidate sal twee eksterne vraestelle voltooi, soos voorgeskryf:
Vraestel Tipe vraestel Duur Totaal Datum Nasien
1 Teorie 3 uur 100 Oktober/November Ekstern
Proses:
Kwartaal 3
2 Prakties Produk: 100 Oktober/November Ekstern
Maksimum
24 uur
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp 8 DBE/2021
Eksamenriglyne
HOOFSTUK 4: VAKINHOUD
4.1 VRAESTEL 1: ONTWERP IN KONTEKS (Onderwerp 3)
Riglyne
Die DBE stel die geskrewe eksamen op oor voorgeskrewe inhoud wat gedurende die jaar
onderrig is.
Die eksamenformaat sal uit die volgende bestaan:
1. Daar is SES vrae in die vraestel wat beantwoord moet word.
2. Daar is keuses binne sommige vrae in die vraestel. Die opsies moet aandagtig gelees word.
3. Die vraestel is in DRIE afdelings verdeel:
AFDELING A: ONTWERPGELETTERDHEID [30]
VRAAG 1 (Keuse tussen VRAAG 1.1 en VRAAG 1.2): Ontleding van ongesiene voorbeelde –
SUID-AFRIKAANS EN/OF INTERNASIONAAL
Hierdie vraag toets die leerder se vermoë om voorbeelde van ontwerp in enige kategorie of
dissipline te ontleed/krities daarmee te werk, deur te verwys na:
Die gebruik van die elemente en beginsels van ontwerp. Leerders moet kan verduidelik hoe
elke element of beginsel gebruik is en hoe die gebruik daarvan die 'voorkoms en gevoel' ('look
and feel') van die ontwerp beïnvloed. 'n Beskrywing van die element is nie genoeg nie (bv. 'die
lyne is organies' is 'n waarneming of beskrywing). Daar sal van leerders verwag word om uit te
brei oor die effek van hierdie tipe lyn in die geheel, bv. 'die gebruik van organiese lyne
suggereer beweging en vloei'.
Algemene en hedendaagse ontwerpterme en -begrippe, asook terme en begrippe wat tydens
die studie van ontwerpgeskiedenis behandel is (bv. leerders moet ongesiene ontwerpe met
betrekking tot terme en begrippe [geassosieer met ontwerpbewegings of -style deur die jare]
soos funksionalisme, minimalisme, eklektisisme, avant garde, anti-ontwerp ('anti-design'), 'hard
edge', biomorfisme, popkultuur, subkulture, geslagspesifiek, eksklusiwiteit, ens. kan bespreek).
Hedendaagse ontwerpkwessies, bv. hoe die gebruik van inheemse kunsvlytstelsels in
kontemporêre ontwerp 'n gevoel van erfenistrots skep ('Trots Suid-Afrikaans'), hoe
mensgerigte ontwerp mense se ervaring en lewensgehalte kan verbeter, kuns- en
kunsvlytdebatte, handgemaak of masjiengemaak, hernuwe ('upcycle') teenoor herwin
('recycle'), funksionalisme teenoor dekoratief, minder is meer ('less is more') teenoor minder is
vervelig ('less is a bore').
'n Keuse kan gegee word tussen die ontleding van 'n tweedimensionele ontwerp of 'n
driedimensionele ontwerp.
VRAAG 2: Kommunikasie deur ontwerp en vergelyking tussen Suid-Afrikaanse en
Internasionale ontwerp (ongesien) – SUID-AFRIKAANS EN/OF INTERNASIONAAL
Hierdie vraag toets die leerders se vermoë om boodskappe te verstaan wat deur ontwerpe
oorgedra word. Leerders moet:
Algemene simbole in die konteks van die ontwerp kan 'lees'
Die gebruik van stereotipes, vooroordeel, diskriminasie en onderliggende boodskappe krities
kan evalueer
Die 'boodskap' van 'n ontwerp kan verduidelik en in staat wees om hierdie verduideliking met
duidelike verwysings na die ontwerp te ondersteun
Die leerders se begrip van die bande tussen Internasionale en Suid-Afrikaanse ontwerp sal
getoets word. Hulle moet die invloed van Suid-Afrikaanse en Afrika-ontwerp op internasionale
ontwerp kan raaksien, en andersom. Inheemse kennisstelsels kan ook hier gebruik word. Dit is
'n hoërordevraag en die vermoë om een toepaslike eienskap of aspek op 'n slag te isoleer (bv.
materiaal en tegniek) en om die gebruik daarvan in beide ontwerpe te bespreek (m.a.w.
uitwysing van ooreenkomste en verskille) word verwag.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp 9 DBE/2021
Eksamenriglyne
Aanbevole bronne en LOOM:
Vorige vraestelle
Kontemporêre ontwerptydskrifte – beide Suid-Afrikaans en internasionaal
Die internet
Enige ander beskikbare hulpbronne
VRAAG 3: Vergelyking tussen Klassieke Argitektuur en Kontemporêre Argitektuur OF
vergelyking tussen Klassieke Argitektuur en Inheemse Afrika-argitektuur (Hierdie
studiebundel is VERPLIGTEND.)
Aanbevole bronne en LOOM:
Vorige vraestelle
Kontemporêre ontwerptydskrifte – beide Suid-Afrikaans en internasionaal
Die internet
Enige ander beskikbare hulpbronne
AFDELING B: ONTWERPGESKIEDENIS [30]
VRAAG 4: Ontwerpgeskiedenis
Hierdie vraag sal in TWEE onderafdelings verdeel word:
VRAAG 4.1: Bespreek TWEE bewegings/style vir die vraestel (ten minste EEN ontwerp en
ontwerper uit elke beweging/styl).
VRAAG 4.2: Beantwoord 'n vergelykende vraag gebaseer op TWEE bewegings wat nie in die
opstel van VRAAG 4.2 geassesseer is nie.
Punte sal toegeken word vir laerordevrae soos die opnoem van die DOELWITTE, INVLOEDE en
STILISTIESE EIENSKAPPE van elk van die ontwerpbewegings wat bestudeer moet word.
'n Maksimum van 3 uit 10 kan vir suiwer opnoem ('recall') toegeken word.
Leerders moet in staat wees om na ten minste EEN ontwerper of ontwerp vir elke beweging te
verwys om hierdie doelwitte, eienskappe, ens. te verduidelik. Indien hulle dit met verwysing na 'n
werk kan verduidelik, kan hulle meer punte verdien ('n maksimum van 7 uit 10, ingesluit 3 vir
opnoem), omdat dit dan in die middel- kognitiewe orde van vrae sal val.
Hoërordevrae sal ook gevra word, bv. kandidate moet twee van hierdie bewegings kan
VERGELYK om ooreenkomste en verskille uit te wys en moet ook die waarde/bydrae van elke
beweging tot die ontwikkeling van ontwerp kan verduidelik. Vrae wat van leerders verwag om op
'n stelling te reageer en om die stelling met een of meer bewegings te verbind, kan oor verwag
word. Dit is belangrik dat die antwoord direk met die stelling moet skakel en dat leerders dit moet
oefen. Indien 'n leerder nie hierdie hoërordevrae goed genoeg geantwoord het nie, mag 'n
maksimum van 7 uit 10 punte toegeken word.
Vergelykings moet in opstelvorm beantwoord word.
Ongesiene voorbeelde van Suid-Afrikaanse ontwerp (van die verlede en die hede) kan gegee
word en leerders moet die invloed van geskiedkundige ontwerpbewegings op hierdie ontwerpe
kan uitken en verduidelik.
Aanbevole hulpbronne en LOOM:
Voorgeskrewe handboeke
Vorige vraestelle
Kontemporêre ontwerptydskrifte – beide Suid-Afrikaans en internasionaal
Die internet
Enige ander beskikbare bronne
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp 10 DBE/2021
Eksamenriglyne
AFDELING C: ONTWERP IN 'N SOSIOKULTURELE/OMGEWINGS- EN VOLHOUBAARHEIDS-
KONTEKS [40]
VRAAG 5: Ontwerp en sosiokulturele kwessies
Hierdie vraag kan bestaan uit TWEE keuses, naamlik VRAAG 5.1 en VRAAG 5.2.
Leerders moet die verskil tussen kunsvlyt en ontwerp verstaan en moet die waarde van
INHEEMSE KENNISSTELSELS in die algemeen en in Suid-Afrikaanse kontemporêre ontwerp
kan verduidelik.
Hierdie vraag vereis van leerders om die DOELWITTE, INVLOEDE/OORSPRONG en
EIENSKAPPE van DRIE kontemporêre Suid-Afrikaanse ONTWERPERS of ONTWERPGROEPE
te ken, asook ten minste EEN ontwerp deur elk wat hulle styl duidelik uitbeeld. Daar word
aanbeveel dat EEN 'n tradisionele/inheemse kunsvlytkunstenaar of -groep is, EEN 'n
kontemporêre ontwerper of ontwerpgroep is wat deur hierdie tradisionele kunsvlyt geïnspireer is,
en EEN 'n kontemporêre ontwerper of groep wat SOSIALE/MAATSKAPLIKE/KULTURELE
verantwoordelikheid toon, bv. die gebruik van kunsvlyt om te bemagtig. Die werk van ten minste
EEN van hierdie onwerper/groep moet SOSIALE/MAATSKAPLIKE/KULTURELE
verantwoordelikheid toon.
Leerders moet die verskil tussen kunsvlyt en ontwerp verstaan en moet die waarde van
INHEEMSE KENNISSTELSELS in die algemeen en aan die Suid-Afrikaanse kontemporêre
ontwerp kan verklaar.
Suid-Afrikaanse tradisionele kunsvlyt: Daar word aanbeveel dat leerders die metode/
materiaal/geskiedenis van 'n Suid-Afrikaanse tradisionele kunsvlyt moet ken. Dit is noodsaaklik
dat hulle weet wat die waarde is en hoe dit die hedendaagse ontwerper beïnvloed/ inspireer.
Sosiale verantwoordelikheid: Daar word aanbeveel dat leerders 'n maatskaplike
verantwoordelike ontwerper/groep ken vir beide VRAAG 5.1 EN VRAAG 5.2 (aangesien
VRAAG 5.2 fokus op Suid-Afrikaanse tradisionele kunsvlyt en 'n kontemporêre ontwerper,
terwyl VRAAG 5.1 internasionale sowel as Suid-Afrikaanse ontwerpers insluit).
Leerders moet ook EEN BEKROONDE KONTEMPORÊRE INTERNASIONALE ONTWERPER
ken wie se werk SOSIALE/MAATSKAPLIKE/KULTURELE verantwoordelikheid toon.
Leerders moet begrip toon van hoe ontwerp gebruik kan word om bewustheid te skep van
plaaslike, streeks- en nasionale sosiale/maatskaplike kwessies, om ander op te hef en om
boodskappe van sosiale/maatskaplike verantwoordelikheid oor te dra. Hulle moet begrippe
verstaan en ken en moet toepaslike en gepaste terminologie, soos bemagtiging,
vaardigheidsopleiding, NRO, gemeenskapsbewussyn, kulturele identiteit, ens. ken en kan
gebruik. Ongesiene voorbeelde kan gegee word wat op grond van hul vlak van
omgewingsverantwoordelikheid ontleed moet word.
Aanbevole hulpbronne en LOOM:
Vorige vraestelle
Kontemporêre ontwerptydskrifte – beide Suid-Afrikaans en internasionaal
Die internet
Voorgeskrewe handboeke
Ander beskikbare bronne
VRAAG 6: Ontwerp en omgewings-/volhoubaarheidskwessies
Hierdie vraag vereis van leerders om ten volle bewus te wees van aktuele omgewingskwessies en
om ook bewus te wees van hoe ontwerp gebruik kan word om tot die oplossing van hierdie
probleme by te dra. Hulle moet ontwerpers se verantwoordelikheid met betrekking tot materiaal en
produksiemetodes kan verduidelik en moet kan verduidelik wanneer onverantwoordelike keuses
gemaak is. Ongesiene voorbeelde kan gegee word, wat ontleed moet word vir hul vlak van
omgewingsverantwoordelikheid.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp 11 DBE/2021
Eksamenriglyne
Leerders moet al die toepaslike terme ken om vrae oor omgewingskwessies te verstaan en om
goeie antwoorde te kan gee (bv. eko-bewustheid, groen, volhoubaar, kweekhuiseffek,
bioafbreekbaar, toksiese afval, stortingsterreine, koolstofspoor, herwinning, hergebruik,
mensgerigtheid)
Daar word van leerders verwag om die DOELWITTE, INVLOEDE en EIENSKAPPE van ten
minste EEN KONTEMPORÊRE SUID-AFRIKAANSE ontwerper en ten minste EEN BEKROONDE
KONTEMPORÊRE INTERNASIONALE ontwerper te ken wie se werk OMGEWINGSKWESSIES
probeer oplos. Vir elke ontwerper moet die leerders ten minste EEN ontwerp ken wat
omgewingsverantwoordelikheid duidelik uitbeeld.
Aanbevole hulpbronne en LOOM:
Vorige vraestelle
Kontemporêre ontwerptydskrifte – beide Suid-Afrikaans en internasionaal
Die internet, bv. http://www.studiodror.com/html/work/architecture/relief-housing/
Voorgeskrewe handboeke
Enige ander beskikbare hulpbronne
Vorige vraestelle kan op die volgende webtuistes gevind word:
http://www.education.gov.za/Examinations/PastExamPapers/tabid/351/Default.aspx
www.ecexams.co.za
www.designvisualarts.co.za
Bykomende inligting oor die eksamen:
Die eksamen word ekstern geassesseer en gemodereer.
Die eksamen word volgens nasionale nasienriglyne geassesseer.
Leerders moet bewus gemaak word van moeilike terminologie, sosiale/maatskaplike en
omgewingskwessies, en aannames en vooroordele met betrekking tot die ontwerpe/ontwerpers
wat hulle bestudeer.
Gereelde besoeke aan kontemporêre uitstallings en ontwerpstudio's word sterk aanbeveel.
Waar besoeke onmoontlik is (bv. skole in landelike gebiede), moet koerantresensies, die
internet, die plaaslike omgewing, ens. gereeld geraadpleeg word.
LET WEL: Onderwysers moet hulle eie versameling projekopdragte, klasnotas,
verwysingsboeke, katalogusse en tydskrifte, foto's, skyfies, video's, ens. gebruik om
waardevolle onderrig- en leerondersteuningsmateriaal vir die teoretiese inhoud en praktiese
vaardighede wat deur die nuwe Ontwerp-kurrikulum vereis word, te verskaf.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp 12 DBE/2021
Eksamenriglyne
Assessering van leerders se vermoë om voorbeelde van ontwerp te ontleed en daarop te
reageer:
PRESTASIE-
ONDERWERP 3: ONTWERP IN KONTEKS
KODE
Toon uitstaande vermoë om op ontwerpe te reageer en dit te ontleed met
betrekking tot hulle kulturele, sosiale/maatskaplike, politieke en historiese
7 konteks.
Uitstaande Toon uitstaande vermoë in die gebruik van gepaste ontwerptegnologie.
80–100% Toon buitengewoon goed ontwikkelde skryf- en navorsingsvaardighede in
die bestudering van ontwerp.
Toon uitstaande insig, begrip en gebruik uiteenlopende benaderings.
Toon goed ontwikkelde vermoë om op ontwerpe te reageer en dit te
ontleed met betrekking tot hulle kulturele, sosiale/maatskaplike, politieke
en historiese konteks.
6
Toon uitstekende vermoë in die gebruik van gepaste ontwerp-
Uitstekend
terminologie.
70–79% Toon hoogs ontwikkelde skryf- en navorsingsvaardighede in die
bestudering van onwerp.
Toon uitstekende insig en begrip.
Toon goeie vermoë om op ontwerpe te reageer en dit te ontleed met
betrekking tot hulle kulture, sosiale/maatskaplike, politieke en historiese
5 konteks.
Goed Toon goeie bevoegdheid in die gebruik van gepaste ontwerpterminologie.
60–69% Toon goed ontwikkelde skryf- en navorsingsvaardighede in die
bestudering van ontwerp.
Toon 'n goeie vlak van insig en begrip.
Toon gemiddelde vermoë om op ontwerpe te reageer en dit te ontleed
met betrekking tot hulle kulturele, sosiale/maatskaplike, politieke en
historiese konteks.
4
Toon gemiddelde bevoegdheid in die gebruik van gepaste ontwerp-
Gemiddeld
terminologie.
50–59% Toon bevredigende skryf- en navorsingsvaardighede in die bestudering
van ontwerp.
Toon 'n redelik goeie vlak van insig en begrip.
Toon voldoende vermoë om op ontwerpe te reageer en dit te ontleed met
betrekking tot hulle kulturele, sosiale/maatskaplike, politieke en historiese
3 konteks.
Voldoende Toon voldoende bevoegdheid in die gebruik van gepaste ontwerp-
40–49% terminologie.
Toon voldoende skryf- en navorsingsvaardighede in die bestudering van
ontwerp.
Toon slegs basiese vermoë om op ontwerpe te reageer en dit te ontleed
2 met betrekking tot hulle kulturele, sosiale, politieke en historiese konteks.
Elementêr Toon beperkte vermoë in die gebruik van gepaste ontwerpterminologie.
30–39% Toon basiese skryf- en navorsingsvaardighede in die bestudering van
ontwerp.
Toon min of geen vermoë om op ontwerpe te reageer of dit te ontleed
met betrekking tot hulle kulturele, sosiale, politieke en historiese konteks
nie.
1
Toon baie beperkte vermoë in die gebruik van gepaste ontwerp-
Nie behaal nie
terminologie.
0–29% Toon beperkte skryf- en navorsingsvaardighede i die bestudering van
ontwerp.
Toon min of geen begrip of insig nie.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp 13 DBE/2021
Eksamenriglyne
PRAKTIES:
4.2 VRAESTEL 2: Praktiese Eksamen (Onderwerp 1 en 2)
TYD: Onderwerp 1: Praktiese proses/voorbereiding by die skool en/of tuis in
Kwartaal 3
Onderwerp 2: Praktiese produk gemaak onder toesig, slegs by die skool en in
ongeveer 24 uur (ten minste 12 uur, maar nie langer as 24 uur nie)
AANVANG: Sal deur die DBE vasgestel word.
SPERDATUM: Sal deur die DBE vasgestel word.
Hierdie praktiese eksamen bestaan uit EEN vraestel met twee opsionele onderwerpe. Leerders
moet EEN van die twee onderwerpe kies. Die tema sal 'n breë tema met 'n oop einde wees om
diverse oplossings in die verskillende spesialisdissiplines moontlik te maak.
Die vraestel bestaan uit TWEE dele:
Die Eksamenwerkboek/-prosesboek (Onderwerp 1) (50 punte)
Die finale praktiese-eksamenproduk (Onderwerp 2) (50 punte)
Die leerder moet EEN van die volgende kategorieë kies:
Visuele kommunikasie/inligtingsontwerp en digitale ontwerp
Oppervlakontwerp en tweedimensionele kunsvlytontwerp
Produkontwerp en driedimensionele kunsvlytontwerp
Omgewingsontwerp
RIGLYNE (INSTRUKSIES VIR DIE ONDERWYSER)
AFDELING A: PROSESBOEK/WERKBOEK (Onderwerp 1) [50]
Die onderwyser mag die leerders lei in die keuse van ontwerpopdrag in
AFDELING A. Die onderwyser mag die leerders met diskresie lei in hulle keuse van
ontwerpveld, -proses en -tegnieke wat in AFDELING B gebruik word.
Moedig die leerders aan om soveel verskillende interpretasies en opsies as moontlik te
ondersoek. Monitor en lei die leerders terwyl hulle oor die tema navorsing doen.
Omdat Onderwerp 1 dieselfde gewigswaarde as Onderwerp 2 (die finale produk) het, moet
genoeg tyd daaraan bestee word om die belangrikheid daarvan gestand te doen.
Die onderwyser mag leerders tydens hierdie voorbereidende sessie help. Omdat Onderwerp
1 voorbereidend van aard is, mag leerders toegelaat word om tuis daaraan te werk.
Die Prosesboek/Werkboek gee insig in die manier waarop die leerders idees vorm, hoeveel
alternatiewe hulle ondersoek en ander prosesse wat tot die finale werk lei. Die
Prosesboek/Werkboek moet alle denkprosesse tydens die maak van die finale produk
duidelik kommunikeer.
Dit is belangrik om direkte kopiëring uit tydskrifte, vanaf die internet, ens. te verbied. Direkte
kopiëring van 'n beeld of ontwerp wat nie die leerder se eie is nie, moet gepenaliseer word.
Dit is 'n vorm van plagiaat en is onaanvaarbaar. Die proses van transformasie van die
bronmateriaal moet beklemtoon word.
Sketse, posseëlsketse, konseptuele tekeninge en/of tonale tekeninge is 'n verpligte deel van
die ontwerpproses (Onderwerp 1).
Die Prosesboek/Werkboek moet maklik kan oopmaak en bladsye hê wat maklik omblaai. Dit
moet van ligte materiaal gemaak word om vervoer te vergemaklik, indien nodig.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp 14 DBE/2021
Eksamenriglyne
Alle prosesse/voorbereidende werk vir die ontwerp moet in 'n Prosesboek/Werkboek
aangebied word (A3-grootte word aanbeveel). Dit moet insluit:
o Die proses van konseptualisering tot realisering
o Bewyse van navorsing, vrugbare idees/ontwikkelingskonsepte (bv. posseëlsketse
('thumbnail sketches'), stemmingsborde ('mood boards'), een A3 of twee A4)
o Bewyse van beplanning wat met die ontwerpopdrag verband hou (kan storieborde,
sketse, posseëlsketse, konseptuele tekeninge, tonale tekeninge, beplanningsketse
('scamps'), makette (skaalmodelle) OF prototipes van die finale konsep wees
o Bewyse van eksperimentering met verwysing na die ontwerpopdrag
o Bewyse van beplanning van die finale uitstalling se uitleg
Die Prosesboek/Werkboek met individualiteit en kreatiwiteit weerspieël.
Maak seker dat die Prosesboek/Werkboek professioneel aangebied word.
AFDELING B: PRODUK (Onderwerp 2) [50]
Alle Onderwerp 1-werk moet voor die aanvang van die Onderwerp 2-eksamenwerk voltooi en
gereed wees. Leerders mag die Onderwerp 1-prosesboek/werkboek as verwysing tydens
hulle Onderwerp 2-eksamen gebruik. Beide Onderwerp 1- en Onderwerp 2-eksamenwerk
moet onmiddellik na die voltooiing van die Onderwerp 2-eksamen aan die
eksamenbeampte/onderwyser oorhandig word. Hierdie datum sal deur elke provinsie in 'n
amptelike brief gekommunikeer word.
Die onderwyser mag die kandidaat OP GEEN MANIER tydens die finale produksie van die
ontwerp help nie (Onderwerp 2).
Alhoewel aanbeveel word dat 'n tweedimensionele ontwerp NIE groter as A2-grootte moet
wees nie, is leerders se werk nie ten opsigte van grootte beperk nie. Dit moet egter 'n
aansienlike hoeveelheid werk vorm wat ten minste 12 uur en nie meer as
24 uur se werk nie, verteenwoordig.
Die grootte van 'n twee- of driedimensionele ontwerp sal van die funksie van die voorwerp
wat gemaak word, afhang. Hou in gedagte dat die finale produk in sommige provinsies vir
uitstalling/nasiendoeleindes na 'n sentrale nasiensentrum vervoer sal moet word.
Onderwerp 2 moet by die leerder se eksamensentrum of geregistreerde kuns- en
ontwerpsentrum onder toesig van die skoolonderwyser of 'n toesighouer gedoen word.
Onderwerp 2-werk moet NIE tuis gedoen word NIE en moet NIE uit die eksamenlokaal
geneem word NIE.
Enige vorm van direkte kopiëring/plagiaat of gekoopte werk sal streng gepenaliseer word.
'n Verklaring van egtheid moet deur elke kandidaat voltooi word (BYLAE A).
Werk moet deurlopend tydens kontaktyd of tydens, bv. vier opeenvolgende dae vir 6 uur elk
gedoen word. Dit kan met die skool onderhandel word.
Elke provinsie sal die proses om Onderwerp 1 (Prosesboek/Werkboek) en Onderwerp 2
(finale produk) na te sien, bepaal. Die provinsies sal die skole inlig oor die datum, tyd, en
lokaal vir die inlewering van werk aan die eksamensentrums, indien van toepassing.
Die eksamenwerk vir Onderwerp 1 moet professioneel in 'n Prosesboek/Werkboek aangebied
word.
Onderwerp 1 en Onderwerp 2 moet netjies en duidelik gemerk word. Skrif moet leesbaar
wees.
Sluit BYLAE A by Onderwerp 1- en Onderwerp 2-werk in.
Moenie die eksamen se Onderwerp 1 en Onderwerp 2 met PAT'e 1, 2 prakties (jaarwerk)
verwar of meng nie.
Hou by die puntetoekenning wanneer nagesien word.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp 15 DBE/2021
Eksamenriglyne
ASSESSERINGSKRITERIA
AFDELING A: PROSESBOEK/WERKBOEK
KRITERIA
Uitdrukking van intensie en rasionaal: Hou 'n dinkskrum of doen 'n breinkaart 20
van idees om die tema en die bedoeling van die opdrag te ondersoek. Ontwikkel 'n
konsep. 'n Rasionaal moet verskaf word om die ontwerpoplossing wat gevind is, te
bekragtig.
Bewyse van navorsing, eksperimentering: Bestudeer die opdrag en vind 20
relevante bronmateriaal (visuele verwysings). Toon bewyse van navorsing deur 'n
paar miniatuursketsies van idees te voltooi. Ontwerp 'n paar verskillende
oplossings om die opdrag te ondersoek. Bewyse van eksperimentering, bv. 'n
stemmingsbord moet sigbaar wees.
Gedetailleerde beplanning: Generatiewe tekeninge moet 'n verskeidenheid 20
oplossings vir die opdrag ondersoek (verskillende tegnieke en materiale). Die
ontwikkeling van tekenvaardighede behoort duidelik te wees.
Bewyse van finale tekening/collage/maket/prototipe: Toon bewys van die finale 20
ontwerpoplossing in die vorm van 'n gedetailleerde, geannoteerde tekening/
collage/makette/prototipe, ens. Verkenning van verskillende materiale en tegnieke
moet aangemoedig word. Weerspieëling van die proses moet duidelik blyk.
Aanbieding: Die aanbieding van die bronboek word deeglik oorweeg. Hierdie 10
proses moet kreatief aangebied word.
Navorsing: Ontwerp in 'n Besigheidskonteks 10
TOTAAL 100
AFDELING B: DIE FINALE PRODUK
KRITERIA
Kreatiwiteit/Oorspronklikheid/Interpretasie ten opsigte van die konsep en 20
oplossing(s) wat betrekking het op die opdrag
Bewyse van ontwerpbetrokkenheid: die gepaste gebruik van ontwerp-elemente en 20
-beginsels
Tegniek/Vakmanskap/Metode 20
Tydbestuur. Bewyse van en gebruik van beskikbare tyd om die produk te voltooi 20
Professionele aanbieding en funksionaliteit van die finale ontwerpoplossing 20
TOTALE 100
LET WEL: Verwys na die PAT-riglyne vir 'n gedetailleerde opsomming.
4.3 Retrospektiewe uitstalling
LET WEL:
PAT 1 en PAT 2 moet vir die retrospektiewe uitstalling gebruik word. Waar van toepassing,
moet EEN graad 11-werk (wat baie goed is) by die uitstalling ingesluit word.
Die uitstalling moet 'n goed deurdagte uitstalling wees wat deur die leerder beplan en
opgestel word. Die uitstalling moet professioneel uitgelê word en die werk moet op 'n
samehangende, eenvoudige, dog esteties aangename wyse aangebied word. Wees versigtig
om nie onnodige rekwisiete te gebruik nie. Die ekonomiese gebruik van materiaal word
aanbeveel. Die uitstalling kan ook digitaal aangebied word as 'n PowerPoint-aanbieding.
Verwys na PAT 2021 vir 'n meer gedetailleerde uiteensetting.
Hierdie uitstalling sal deur die onderwyser nagesien en dan deur provinsiale moderators
gemodereer word.
Verwys na bladsy 15 van PAT 2021: Rubrieke en Beskrywers vir assessering.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp 16 DBE/2021
Eksamenriglyne
ASSESSERINGSKRITERIA VIR PRAKTIESE WERK
Uitstaande 90–100 Uitsonderlike vermoë, rykheid, goeie insig, vlot, hoë
vaardigheidsvlak, waarneming en kennis kragtig uitgedruk,
ondersteun deur 'n hoogs oorspronklike of ongewone keuse
van relevante visuele verwysings: uitstaande en
oorspronklike aanbieding.
Uitstekend 80–89 Treffende impak, die meeste van bogenoemde, gedetailleerd,
goed georganiseer en samehangend, afgewerk, vaardigheid
duidelik, ondersteun deur oorspronklike/ongewone/relevante
visuele verwysings, aanbieding is oorspronklik en deurdag:
'n paar klein gebreke sigbaar.
Baie goed 70–79 Goed georganiseerd, soos hierbo, maar sonder die 'gloei en
sprankel', goeie vlak van bevoegdheid en keuse van inhoud,
ondersteun deur 'n goeie keuse van relevante visuele bronne,
duidelike sorg en moeite gedoen met oorspronklike aanbieding:
'n paar duidelike teenstrydighede/foute sigbaar.
Goed 60–69 Interessante visuele aanbieding, duidelike bedoeling,
oortuigend, eenvoudige en direkte gebruik van medium, toon
begrip maar neig na die gewone en stereotipiese oplossings
met tye, genoegsame keuse van relevante visuele verwysings,
redelike moeite gedoen met aanbieding: steurende/duidelike
teenstrydighede.
Gemiddeld 50–59 Voldoende, voel meganies, afgelei of gekopieer, min insig,
verbeeldingloos, sommige visuele verwysings nie altyd duidelik
geïdentifiseer nie, billike aanbieding: baie steurende
teenstrydighede.
Ondergemiddeld 40–49 Genoeg materiaal/werk om te slaag, nie logies saamgestel nie,
'n paar flitse van insig, beperkte versameling inligting, swak
tegniese vaardighede mag 'n bydraende faktor wees, min
gebruik van visuele inligting, lomp of nalatige aanbieding:
benodig ondersteuning/motivering om te slaag.
Swak 30–39 Visueel oninteressant, onkreatief: beperkte/swak tegniese
vaardighede gebruik, minimale poging om inligting aan te bied
op 'n aanvaarbare wyse, min of geen visuele
inligting/verwysing, algemene gebrek aan toewyding: benodig
ondersteuning/motivering om te slaag.
Baie swak: 20–29 Baie min inligting, deurmekaar, nie maklik om waar te neem
Slaag nie met min of irrelevante werk/visuele inligting. Geen poging is
aangewend om werk op 'n aanvaarbare wyse aan te bied nie.
Algemene gebrek aan toewyding/samewerking.
Onaanvaarbaar: 0–19 Onsamehangend, irrelevant, baie min of geen werk, gebrek
Slaag nie aan selfs beperkte vaardighede toegepas. Geen
betrokkenheid/samewerking.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp 17 DBE/2021
Eksamenriglyne
HOOFSTUK 5: ALGEMENE VAKINLIGTING
5.1 Verduideliking van terminologie
Ontwerpgeletterdheid: Die eerste vlak van ontwerpgeletterdheid is eenvoudige kennis: basiese
uitkenning van die elemente en beginsels in 'n ontwerp. Maar, alhoewel akkurate inligting
belangrik is, is dit net so belangrik om te verstaan wat ons sien en visuele verhoudings in
hiërargie te verstaan. Hierdie hoërvlak-geletterdheidsvaardighede vereis kritiese denke.
Formele analise/ontleding: 'n Gedetailleerde en logiese bespreking van die formele elemente
van ontwerp soos lyn, fatsoen, vorm, tekstuur en kleur en beginsels soos eenheid en
verskeidenheid, kontras, balans, verhouding, beweging, ens. in 'n ontwerp.
Die volgende is 'n paar sleutelbegrippe wat leerders moet verstaan en kan identifiseer en
verduidelik in ongesiene ontwerpe:
Elemente van ontwerp:
Lyn (verskillende lyneienskappe, kontoerlyne, ens.)
Fatsoen en vorm (positiewe en negatiewe fatsoene, organies en nie-organies)
Tonale waardes (gebruik van lig en skadu)
Tekstuur (geïmpliseerde en taktiele tekstuur)
Kleur (kleurteorie, bv. primêre, sekondêre, komplementêre, tersiêre, monochromatiese, koel
en warm kleure en hulle invloed op 'n ontwerp)
Ruimte (lyn en ruimtelike perspektief)
Beginsels van ontwerp:
Eenheid en verskeidenheid
Patroon
Balans
Ritme
Beweging
Verhouding
Klem/Beklemtoning
Kontras
Komposisie en fokuspunt
Verskillende velde of kategorieë van ontwerp (visuele kommunikasie/inligtingsontwerp en digitale
ontwerp, oppervlakontwerp en tweedimensionele kunsvlytontwerp, produkontwerp en
driedimensionele kunsvlytontwerp, omgewingsontwerp)
LET WEL: Enige twee- of driedimensionele kunsvlytontwerp wat slegs op kunsvlytprosesse soos
decoupage, ens. vir dekoratiewe doeleindes gebaseer is, sal NIE aanvaar word nie.
Ander terminologie:
Daar word van leerders verwag om teen die einde van graad 12 'n uitgebreide ontwerp-
woordeskat tot hulle beskikking te hê. Onderwysers word aangemoedig om 'n woordelys uit te
deel en seker te maak dat leerders hierdie terme ken en verstaan. Ontwerpterme wat verband
hou met die ontwerpgeskiedenis-bewegings en wat in kontemporêre ontwerptydskrifte gebruik
word, moet deel word van die woordeskat wat hulle gebruik wanneer hulle oor ontwerpe skryf en
wanneer hulle hul eie ontwerpe bespreek. Hierdie terme moet ook in die opstel van toetse en
eksamens gebruik word.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp 18 DBE/2021
Eksamenriglyne
5.2 Hulpbronne
Gereelde, deurlopende besoeke aan en besprekings oor kontemporêre uitstallings word sterk
aanbeveel.
As besoeke nie moontlik is nie (bv. skole in landelike gebiede), moet koerantresensies, die
internet, groot drukstukke van ontwerpe, CD's, televisieprogramme, asook uitgenooide
ontwerpers gereeld geraadpleeg word.
Daar sal van leerders verwag word om met ten minste een onlangse plaaslike uitstalling
vertroud te wees.
LET WEL: Onderwysers moet hulle eie versameling klasnotas, verwysingsboeke,
katalogusse en tydskrifte, foto's, skyfies, video's, ens. versamel en gebruik om waardevolle
ondersteunende onderrig- en leermateriaal vir die teoretiese inhoud en praktiese vaardighede
wat deur die Ontwerp-kurrikulum vereis word, te verskaf.
Alle onderwysers word aangemoedig om hulpbronne in groepe of distrikte te deel en te
ontwikkel sodat die werkslading en inligting gedeel kan word.
5.2.1 LOOM
Handboeke wat deur die DBE goedgekeur is.
Verbande moet getrek word tussen internasionale en Suid-Afrikaanse ontwerp met betrekking
tot invloede en ooreenkomste in, bv. styl, tegniek, benadering, inhoud en konteks om globale
ontwerp en neigings te verstaan.
Die klem op Ontwerpgeletterdheid maak hierdie 'n dinamiese en interaktiewe vak. Leerders
moet gelei word om aktief deel te neem deur middel van vrae, besprekings, debatte,
speletjies en ander interaktiewe aktiwiteite. Gebruik Ontwerpgeletterdheid om leerders se
praktiese werk te versterk.
Die klem moet op visuele beelde wees om die wisselwerking tussen ontwerp en die
samelewing te toon. Die wys van visuele beelde in die vorm van skyfies, PowerPoint-
aanbiedings, fotostate, DVD's, videosnitte, ens. is noodsaaklik en leerders moet betrokke
wees by hierdie beelde in die klas.
Gee aan leerders baie geleenthede om oor ontwerp te skryf, hul skryfvaardighede te
ontwikkel en ontwerpterminologie te gebruik. Hierdie geskrewe werk hoef nie in die vorm van
lang navorsingsopstelle te wees nie, maar kan korter, meer gereelde take wees (bv. skryf oor
ontwerpe gesien by 'n uitstalling, 'n ontleding van 'n onbekende voorbeeld(e), leerders se eie
voorbeelde, werkopdragte, flitskaarte).
Moedig leerders aan om formele en informele ontwerpuitstallings te besoek, te lees en
resensies van uitstallings te versamel, deur ontwerptydskrifte, katalogusse en boeke te lees
en te kyk en navorsing op die internet te doen.
LOOM (onderworpe aan beskikbaarheid)
Enige ontwerptydskrif, bv. House and Leisure, World of Interiors, Visi, Elle Deco.
Craft Art in South Africa (Elbe Coetsee)
Creative Craft South Africa (Departement van Kuns en Kultuur)
Design Basics (David A Lauer)
Design Culture Now (Steven Skov Holt)
Inspiring designers: a sourcebook (Paul Rodgers)
Paperwork and more paperwork (Nancy Wiliams)
Pepin Press vir boeke oor verpakking, konstruksie en tekstiel, en patroonontwerp
Die Taschen-reeks ontwerpboeke bekend as Taschen 25, bv. Signs, 1000 chairs, Packaging
design now!, 1000 record covers, Design of the 20th century, Sixties design, The world of
ornament, Architecture now!, Fashion: a history from the 18th to the 20th century, Art Nouveau,
Indian style, Mexican style.
Handboeke deur die DBE goedgekeur
The New Design Source book (Penny Sparke, et al.)
Woolworths se Making the Difference through Design Daily-hulpbronboek
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp 19 DBE/2021
Eksamenriglyne
5.2.2 Nuttige webtuistes
Die volgende is 'n paar verskeie nuttige navorsingswebtuistes vir Ontwerp (baie meer kan met
behulp van soekenjins gevind word):
www.pinterest.com
www.yatzer.com
www.dezeen.com
www.itsnicethat.com
www.underconsideration.com/fpo
www.ineedaguide.blogspot.com
www.lostateminor.com
www.coutequecoute.blogspot.com
www.antwerp-fashion.be
www.logopond.com
www.thedieline.com
www.designtimes.co.za/search
https://zapier.com/blog/mind-mapping-tutorial/http://lifehacker.com/how-to-use-mind-maps-to-
unleash-your-brains-creativity-1348869811
https://www.sdate.edu/sites/default/files/2017-07/service_learning_reflection_hand-out.pdf
https://qqq.thegraphicdesignschool.com/blog/mind-maps-for-graphic-design-ideas-
generation-techniques
www.illumine.co.uk/resources/mind-mapping/using-mind-maps-effectively/mind-mapping-for-
creativity-and-creative-problem-solving/
www.designindaba.com
www.designmagazine.co.za and http://www.designmagazine.co.za/designed.shp
www.davidkrut.com
www.designmuseum.org
www.iziko.org.za/
www.100percentdesign.co.uk/page.cfm/Link=1/t=m/goSection=1
www.studiomuti.co.za
www.studiodror.com/html/work/architecture/relief-housing/
www.behance.com
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp 20 DBE/2021
Eksamenriglyne
HOOFSTUK 6: TOETSVORMS EN NASIENRIGLYNE
6.1 Toetsvorms
Informele, kort opstelle/besinnings en vrae wat met praktiese werk verband hou
Gee vrae oor geselekteerde tekste wat met ontwerp verband hou en kommentaar deur
ontwerpers om bestudeer en beantwoord te word
Stel vasvra-vrae op vir 'n prettige benadering tot leer
Visuele begrip van Suid-Afrikaanse ontwerpe in galerye/versamelings/studio's/by
geleenthede (bv. die Ontwerp-indaba, Toffie Pop-kultuurfees en -ontwerpkonferensie, Aiga-
ontwerpkonferensie)
Stel formele navorsingsopstelle op om skryf- en navorsingstegnieke te toets en te ontwikkel
Werkboek-/Joernaalprojekte wat navorsing en ontleding/analise vereis
Lesse wat deur leerders in die klas en deur PowerPoint-aanbiedings aangebied word
6.2 Algemene riglyne vir nasien
Die nasiener moet die vraestel aandagtig deurlees en sleutelinstruksies in vrae
onderstreep/omkring voor nagesien word.
Gebruik die nasienriglyne as 'n gids, maar dit is in baie gevalle BAIE BELANGRIK dat die
leerder in ag geneem word. Leerders moet punte ontvang as hulle hulle eie opinies en idees
in antwoorde gebruik. Krediet moet ook vir laterale denke gegee word. Dit is egter belangrik
dat argumente en stellings goed beredeneerd en gekwalifiseer word deur verwysings na
spesifieke faktore.
Inligting en ontwerpwerke wat in een antwoord bespreek word, moet nie krediet ontvang as
dit in 'n ander antwoord herhaal word nie.
Leerders moet die naam van die ontwerper en die titel van elke ontwerpwerk noem, waar van
toepassing, EN DIT MOET ÓF IN AANHALINGS GEPLAAS WORD ÓF ONDERSTREEP
WORD.
Leerders moet al hulle antwoorde in VOLSINNE of PARAGRAWE gee, waar van toepassing.
Puntsgewyse antwoorde kan nie volpunte verdien nie.
Krediet moet gegee word vir deurdagte, kreatiewe en persoonlike antwoorde. Wees op die
uitkyk vir ingeligte persoonlike dialoog, eerder as 'n 'akademiese stortvloed' en inligting wat uit
notas geneem is.
Nasieners moet na die Ontwerprubriek verwys as 'n riglyn om hulle te help om die vlakke van
prestasie te assesseer.
Die belangrikste riglyn is om leerders te beloon vir hulle kennis, vaardighede en hulle vermoë
om ontwerpwerke en insig in hulle historiese konteks op die vlak van 'n graad 12-leerder te
interpreteer.
Lewer gedetailleerde kommentaar op die eksamen terwyl nagesien word.
o Hierdie kommentaar sal in die terugvoering aan leerders gebruik word. Terugvoering aan
leerders is noodsaaklik. Onderwysers moet kennis neem van algemene foute en dit in die
terugvoering aan leerders gebruik. Terugvoering maak eksamens 'n waardevolle
leerinstrument.
o Tydens die nasien van die eksamen, moet onderwysers hulle eie vaardigheid in die
opstel van vraestelle evalueer. As die meeste leerders nie 'n vraag kon antwoord nie,
moet onderwysers hulself vra of die antwoord duidelik was, en of dit op 'n ander manier
geformuleer kan word. Wees eerlik en gebruik hierdie inligting in die volgende eksamen.
o Wanneer onderwysers eksamens opstel, toets hulle ook hulle eie onderwys vaardighede.
Die nasien van 'n eksamen sal areas in ʼn onderwyser se onderrig wat aandag nodig het,
uitwys. Gebruik hierdie inligting.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp 21 DBE/2017
Eksamenriglyne
BYLAE A
VERKLARING VAN EGTHEID
Hiermee word verklaar dat hierdie eksamen onder toesig van die Ontwerp-onderwyser gedoen is.
Hierdie verklaring sertifiseer dat alle werk wat ingelewer is, oorspronklik en die werk van die
leerder is.
Leerder
Skool
Distrik
Onderwerp 1/Onderwerp 2 (Kies en omkring slegs EEN.)
Handtekening Datum
Leerder
Onderwyser
Skoolhoof
Skoolstempel
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp 22 DBE/2017
Eksamenriglyne
BYLAE B
RUBRIEK VIR DIE RETROSPEKTIEWE UITSTALLING
Beskrywers vir Assesserings- Assesserings- Assesserings- Assesserings- Assesserings-
retrospektiewe kriteria 1: kriteria 2: kriteria 3: kriteria 4: kriteria 5:
uitstallings Kreatiwiteit/ Ontwerpbetrok- Tegniek/ Tydsbestuur/ Holistiese en
om assessering te lei Oorspronklik- kenheid by elke Vakmanskap/ Bewyse van professionele
heid/ PAT. Metode/ ontwerp- aanbieding van
Interpretasie in Gedetailleerde Bekwaamheid ontwikkeling in
die uitstalling.
terme van die beplanning in wat in elke PAT die aanbieding
konsep en Prosesboek. vertoon word, van 'n Gebruik en
oplossings wat Gepaste gebruik asook tydens die aansienlike, relevansie van
relevant is vir van ontwerp- aanbieding van samehangende materiale vir die
die opdrag elemente en die uitstalling groep werke algemene tema.
beginsels en Visuele
materiale. funksionaliteit en
genotvolle impak
op die kyker.
90%–100% Uitstaande Uitstaande bewys Uitstaande Uitstaande Uitmuntende,
kreatiwiteit/ van ontwerp- tegniek/ bestuur/bewyse oorspronklike en
1. Uitstaande vermoë oorspronklikheid/ betrokkenheid by vakmanskap/ van professionele
wat diepte, insig en 'n interpretasie in elke PAT. metode/ progressiewe aanbieding van
vloeiende uitstalling terme van die Bewyse van bekwaamheid wat ontwerp die
toon. Hoë vaardigheid, konsep en gedetailleerde in elke PAT ten ontwikkeling in Retrospektiewe
waarneming en kennis oplossings wat beplanning en toon gestel word, die aanbieding Uitstalling. Die
word kragtig uitgedruk relevant is vir al toepaslike gebruik asook tydens die van 'n tentoonstelling
deur uitstekende, die PAT'e. van ontwerp- aanbieding van wesenlike, stal vertoon-
oorspronklike elemente, beginsels die uitstalling. samehangende materiaal uit wat
ontwerpoplossings in 'n en materiale tydens werk. relevant is vir die
samehangende werk te die aanbieding van Die uitstalling algemene tema
vertoon. elke PAT. lees as 'n van die uitstalling.
uitstekende, Elke PAT, tesame
samehangende met die uitstalling,
werk. ALLE word aangebied
PAT'e is voltooi. met uitstaande
visuele
funksionaliteit en
'n genotvolle
impak op die
kyker.
80%–89% Uitstekende Uitstekende bewys Uitstekende Uitstekende Professionele
kreatiwiteit/ van ontwerp- tegniek/ bestuur/bewyse aanbieding en
2. Uitstekende, oorspronklikheid/ betrokkenheid by vakmanskap/ van funksionaliteit van
opvallende, treffende interpretasie in elke PAT. Bewyse metode/ progressiewe die uitstalling aan
werk wat die meeste terme van die van gedetailleerde vaardigheid wat ontwerp- die kyker. Die
van die bogenoemde konsep en beplanning en gebruik word ontwikkeling in uitstalling lees as
toon, met enkele oplossings wat toepaslike gebruik tydens die die aanbieding 'n samehangende
geringe foute. Goed relevant is vir die van ontwerp- aanbieding van van 'n werk met min
georganiseerde, PAT'e. elemente, beginsels die uitstalling. aansienlike, teenstrydighede.
gedetailleerde en en materiale tydens samehangende Uitstekende en
samehangende werk die aanbieding van werk. ALLE oorspronklike
wat afgerond word met elke PAT. PAT'e is voltooi. aanbieding van
'n duidelike die
vaardigheid. Die Retrospektiewe
uitstalling word Uitstalling.
ondersteun deur 'n
oorspronklike/
ongewone/relevante
ontwerpoplossing.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp 23 DBE/2017
Eksamenriglyne
70%–79% Baie goeie Baie Baie goeie tegniek/ Baie goeie Goeie aanbieding
kreatiwiteit/ bevredigende vakmanskap/ bestuur/bewyse en funksionaliteit
3. Baie goed, goed oorspronklikheid/ ontwerp- metode/ van progressiewe van die uitstalling
georganiseerd, soos interpretasie in betrokkenheid by vaardigheid om die ontwerp- aan die kyker. Die
hierbo, maar het geen terme van die elke PAT. Bewyse uitstalling met foute ontwikkeling in die uitstalling lees in
impak nie. konsep en van gedetailleerde aan te bied. aanbieding van 'n geheel as 'n goeie
Enkele duidelike oplossings wat beplanning en goeie, werk. Goeie
teenstrydighede/foute relevant is vir die toepaslike gebruik samehangende aanbieding van
is duidelik. PAT'e. van werk wat geringe die
Goeie vlak van ontwerpelemente, teenstrydighede Retrospektiewe
bekwaamheid en beginsels en het. ALLE PAT'e Uitstalling.
keuse van inhoud wat materiale tydens is volledig met
ondersteun word deur die aanbieding enkele
relevante van elke PAT. teenstrydighede.
ontwerpprosesse en
oplossings. Goeie
organisasie en
samehangende werk;
vaardigheid is duidelik;
ondersteun deur 'n .
oorspronklike/
ongewone/relevante
ontwerpoplossing;
aanbieding
oorspronklik en
deurdag.
60%–69% Goeie Minder intense Voldoende Goeie bestuur/ Voldoende
kreatiwiteit/ betrokkenheid by tegniek/ bewyse van ontwerpproses en
4. Goeie, interessante oorspronklikheid/ die ontwerp van vakmanskap/ progressiewe oplossing wat
aanbieding wat interpretasie in elke PAT. Bewyse metode/ ontwerp- redelike
duidelike doelstelling terme van die van gedetailleerde vaardigheid om ontwikkeling in die inspanning toon
toon wat oortuigend is konsep en beplanning en die uitstalling met aanbieding van 'n met die
met eenvoudige oplossings wat toepaslike gebruik foute aan te bied. samehangende aanbieding en
ontwerpoplossings. relevant is vir die van werk wat 'n mate funksionaliteit van
Afleidende/ PAT'e. ontwerpelemente, van die uitstalling aan
Ooglopende beginsels en teenstrydigheid die kyker. Die
teenstrydighede. materiale tydens het. ALLE PAT'e uitstalling lees in
Voldoende vlak van die aanbieding is volledig met 'n geheel as 'n
bekwaamheid en van elke PAT. paar teenstrydig- voldoende
keuse van inhoud wat hede. hoeveelheid werk.
ondersteun word deur
relevante
ontwerpprosesse en
oplossings. Dit is
duidelik dat daar
moeite gedoen is met
voldoende aanbieding.
Voldoende organisasie
en samehangende
werk; vaardigheid is
duidelik; ondersteun
deur 'n oorspronklike/
ongewone/relevante
ontwerpoplossing;
aanbieding
oorspronklik en
deurdag.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp 24 DBE/2017
Eksamenriglyne
50%–59% Gemiddelde Bevredigende Bevredigende Gemiddelde Bevredigende
kreatiwiteit/ ontwerp- tegniek/ bestuur/bewyse ontwerpproses en
5. Gemiddelde, oorspronklikheid/ betrokkenheid by vakmanskap/ van progressiewe oplossing wat
bevredigende interpretasie in elke PAT. Bewyse metode/ ontwerp- redelike moeite
aanbieding wat terme van die van beplanning en vaardigheid wat ontwikkeling in die toon met die
meganies, afgelei of konsep en toepaslike gebruik gebruik word om aanbieding van 'n aanbieding en
gekopieerd voel met oplossings wat van die uitstalling met bevredigende funksionaliteit van
min insig wat relevant is vir die ontwerpelemente, enkele gebreke groep werke wat die uitstalling aan
verbeeldingloos is. Die PAT'e. beginsels en aan te bied. soms teenstrydig- die kyker. Die
ontwerpproses en materiale tydens hede het. PAT'e is uitstalling lees as
oplossings word nie die aanbieding volledig. 'n bevredigende
altyd duidelik van elke PAT. samehangende
geïdentifiseer nie. werk.
Bevredigende vlak van
bekwaamheid en
keuse van inhoud.
Bevredigende
organisasie en
samehangende werk;
vaardigheid is duidelik;
ondersteun deur
oorspronklike/
ongewone/toepaslike
ontwerpoplossings;
aanbieding
oorspronklik en
deurdag. Baie
afleidende
teenstrydighede.
40% – 49% Minimale Baie min ontwerp- Minimale tegniek/ Onder- Minimale
kreatiwiteit/ betrokkenheid by vakmanskap/ gemiddelde ontwerpproses en
6. Ondergemiddeld, oorspronklikheid/ elke PAT. Bewyse metode/ bestuur/bewyse oplossing wat
lomp of onverskillig in interpretasie in van minimale vaardigheid van ontwerp- minimale
die aanbieding. Die terme van die beplanning en gebruik in die ontwikkeling by inspanning toon
leerder het genoeg konsep en gebruik van aanbieding van die aanbieding met die
werk gedoen om 'n oplossings wat ontwerpelemente, die uitstalling wat van 'n gemiddelde aanbieding en
tentoonstelling wat nie relevant is vir die beginsels en foute toon. hoeveelheid werk funksionaliteit van
logies gekonstrueer is PAT'e. materiale by die wat baie die uitstalling aan
nie, te slaag. Die aanbieding van teenstrydighede die kyker. Die
tentoonstelling toon 'n elke PAT. het. PAT'e is uitstalling lees as
paar flitse van insig, onvolledig met 'n bevredigende
beperkte keuse van groot teenstrydig- hoeveelheid werk
inligting, swak tegniese hede. wat minimale
vaardighede met inspanning toon.
beperkte
ontwerpprosesse en
oplossings. Minimum
vlak van bekwaamheid
en keuse van inhoud;
ondersteun deur 'n
relevante
ontwerpproses en
oplossing; min sorg en
moeite gedoen met 'n
bietjie aanbieding.
Ondersteuning/
Motivering nodig om te
slaag.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp 25 DBE/2017
Eksamenriglyne
30%–39% Baie min teken Baie min ontwerp- Swak tegniek/ Swak bestuur/ Beperkte
van kreatiwiteit/ betrokkenheid by vakmanskap/ bewyse van ontwerpprosesse
7. Swak, visueel oorspronklikheid/ elke PAT. Bewyse metode/ progressiewe en oplossings wat
oninteressante interpretasie in van swak vaardigheid wat ontwerp- min aandag gee
aanbieding wat terme van die beplanning en gebruik word in ontwikkeling in die aan die
kreatiwiteit met 'n konsep en gebruik van die aanbieding aanbieding van 'n aanbieding en
beperkte/swak oplossings wat ontwerpelemente, van die uitstalling groep swak werke funksionaliteit van
tegniese vaardigheid relevant is vir die beginsels en wat groot foute wat baie die uitstalling aan
kort. Daar is 'n geringe PAT'e. materiale tydens toon teenstrydighede die kyker. Die
poging om inligting op die aanbieding het. PAT'e is tentoonstelling
'n aanvaarbare manier . van elke PAT. . onvolledig en toon 'n swak
aan te bied met min of sommige werk hoeveelheid werk
geen ontwerpprosesse ontbreek. wat minimale
en oplossings nie. Dit inspanning toon.
toon 'n algemene
gebrek aan toewyding
en vaardigheid. Swak
vlak van bekwaamheid
en keuse van inhoud;
ondersteun deur 'n
swak ontwerpproses
en oplossing; min sorg
en moeite gedoen vir
die uitstalling. Swak
organisasie en
vaardigheid is duidelik;
ondersteun deur swak
ontwerpoplossings;
aanbieding word nie
goed oorweeg nie.
Ondersteuning/
Motivering nodig om te
slaag.
20%–29% Baie min teken Baie min ontwerp- Swak tegniek/ Onvolledige en Baie min moeite
van kreatiwiteit/ betrokkenheid by vakmanskap/ swak tydsbestuur gedoen met die
8. Baie swak, DRUIP. oorspronklikheid/ elke PAT. Bewyse metode/ wat min bewyse aanbieding en
Baie min inligting of interpretasie in van swak vaardigheid wat toon van funksionaliteit van
irrelevante werk/ terme van die beplanning en gebruik word in progressiewe die uitstalling aan
ontwerpproses en konsep en gebruik van die aanbieding ontwerp- die toeskouer. Die
oplossing. Geen oplossings wat ontwerpelemente, van die uitstalling ontwikkeling in die tentoonstelling
poging aangewend om relevant is vir die beginsels en wat groot foute aanbieding van 'n toon 'n swak
werk op 'n aanvaarbare PAT'e. materiale tydens toon. swak werk wat te hoeveelheid werk
manier aan te bied nie. die aanbieding veel teenstrydig- wat minimale
Swak vlak van van elke PAT hede het. PAT'e is inspanning toon.
bekwaamheid en onvolledig en
keuse van inhoud; min sommige take is
sorg en moeite met nie gedoen nie of
min aanbieding. Swak ontbreek.
organisasie en
vaardigheid is duidelik
sigbaar; ondersteun
deur swak
ontwerpoplossings;
aanbieding word nie
goed oorweeg nie.
Algemene gebrek aan
toewyding en tegniese
vaardigheid.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp 26 DBE/2017
Eksamenriglyne
0%–19% Geen teken van Gebrek aan/geen Baie swak tegniek/ Onvolledige Baie min/geen
kreatiwiteit/ ontwerp vakmanskap/ PAT'e en swak moeite gedoen
9. Onaanvaarbaar, oorspronklikheid/ betrokkenheid by metode/ tydsbestuur wat met die
DRUIP. interpretasie in elke PAT nie. vaardigheid min of geen aanbieding en
Onsamehangend; terme van die Byna geen teken gebruik in die bewyse toon nie funksionaliteit van
irrelevant, baie min of konsep en van beplanning en aanbieding van die van progressiewe die uitstalling aan
geen werk nie; oplossings wat baie swak gebruik uitstalling wat ontwerp- die kyker. Die
beperkte vaardighede relevant is vir die van ontwerp- groot foute toon. ontwikkeling in die tentoonstelling
word toegepas. Geen PAT'e nie. elemente, aanbieding van 'n toon 'n swak
toewyding en tegniese beginsels en baie swak werk. hoeveelheid werk
vaardigheid nie. Swak materiale tydens wat geen/
vlak van bekwaamheid die aanbieding minimale
en keuse van inhoud; van elke PAT nie. inspanning toon.
geen sorg en moeite
gedoen met swak/
geen aanbieding nie.
Baie swak organisasie
en vaardigheid is
duidelik; ondersteun
deur swak
ontwerpoplossings;
aanbieding word nie
goed oorweeg nie.
Retrospektiewe
Uitstalling
10 punte 10 punte 10 punte 10 punte 10 punte
TOTAAL: 50 punte
Naam van
Kandidaat
Eksamennommer
Sentrumnommer
Skoolpunt Gemodereerde punt
Retrospektiewe
Uitstalling
TOTAAL: 50 punte
Naam van Naam van moderator:
onderwyser:
Datum: Datum:
Handtekening: Handtekening:
Kopiereg voorbehou
Recommended for this subject
Published documents with matching subject and grade metadata.
Related documents
Matched using subject, grade, language, document type and exam metadata.

Question paper
Design P1 May June 2021 Eng hlayiso.com

Question paper
Design P1 May June 2021 MG Afr hlayiso.com

Memorandum
Design P1 Nov 2020 Memo Eng hlayiso.com

Question paper
Design P1 Nov 2021 MG Afr hlayiso.com

Question paper
Design P1 Nov 2021 Afr hlayiso.com

Question paper
Design P1 Nov 2021 Eng hlayiso.com
More from Grade 12 Design
Explore more published documents in this catalogue.






--5cf24f22-37cf-4c83-99d1-522c23cb4496/v1-d115bc5f6aec2e1521e3/card.webp)




