Skip to content
Practical assessment task

Design PAT GR 12 2018 Afr

Grade 12 Design practical assessment task from the 2018 (Afrikaans), 25 pages. Read online or get the free PDF download.

Subject: DesignGrade 12201825 pages
Download

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com ONTWERP RIGLYNE VIR PRAKTIESE ASSESSERINGSTAKE GRAAD 12 2018 Hierdie riglyne bestaan uit 25 bladsye. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ontwerp 2 DBE/PAT 2018 NSS INHOUDSOPGAWE 1. INLEIDING 3 2. RIGLYNE VIR DIE ONDERWYSER 3 2.1 Administrasie van die PAT'e 3 2.2 Assessering van die PAT'e 12 2.3 Kontrolelys vir die PAT'e 14 2.4 Verklaring van Egtheid 15 3. RIGLYNE VIR DIE LEERDER 16 3.1 Instruksies aan die leerder 16 3.2 Take 16 3.3 Assessering/Modereringsrubrieke/-instrumente 20 3.4 Vereistes vir voorlegging/aanbieding 20 3.5 Tydraamwerke 20 3.6 Afwesigheid/Nie-indiening van take 20 3.7 Verklaring van Egtheid 20 4. BRONNELYS 21 5. GEVOLGTREKKING 21 BYLAE A: VERKLARING VAN EGTHEID 22 BYLAE B: RUBRIEK VIR DIE RETROSPEKTIEWE UITSTALLING 23 AKRONIEME KABV Kurrikulum-en-assesseringsbeleidsverklaring VOO Verdere Onderwys en Opleiding NKV Nasionale Kurrikulumverklaring NSS Nasionale Senior Sertifikaat PAT Praktiese assesseringstaak AP Assesseringprogram SGA Skoolgebaseerde assessering Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ontwerp 3 DBE/PAT 2018 NSS 1. INLEIDING Die 16 Kurrikulum-en-assesseringsbeleidsverklaring-vakke wat 'n praktiese komponent bevat, sluit almal 'n praktiese assesseringstaak (PAT) in. Hierdie vakke is: • LANDBOU: Landboubestuurswetenskappe, Landbou tegnologie • KUNS: Dansstudies, Ontwerp, Dramatiese Kunste, Musiek, Visuele Kunste • WETENSKAPPE: Rekenaartoepassingstegnologie, Inligtingstegnologie • DIENSTE: Verbruikerstudies, Gasvryheidstudies, Toerisme • TEGNOLOGIE: Siviele Tegnologie, Elektriese Tegnologie, Meganiese Tegnologie en Ingenieursgrafika- en ontwerp 'n Praktiese assesseringstaak (PAT) is 'n verpligte komponent van die finale promosiepunt vir alle kandidate ingeskryf vir vakke wat 'n praktiese komponent het en tel 25% (100 punte) van die eksamenpunt aan die einde van die jaar. Die PAT word oor die eerste drie kwartale van die skooljaar geïmplementeer. Dit word in verskillende fases of 'n reeks kleiner aktiwiteite afgebreek wat saam die PAT opmaak. Die PAT bied leerders die geleentheid om op 'n gereelde basis gedurende die skooljaar geassesseer te word en dit maak ook voorsiening vir die assessering van vaardighede wat nie in 'n geskrewe formaat, bv. toetse of eksamens, geassesseer kan word nie. Dit is dus belangrik dat skole seker maak dat al die leerders die praktiese assesseringstake binne die toegelate tydperk voltooi om te verseker dat leerders aan die einde van die jaar hulle uitslae ontvang. Die beplanning en uitvoering van die PAT verskil van vak tot vak. Die PAT'e vir Ontwerp sal in 'n versameling samehangende werke uitgestal word wat in die konteks van 'n uitstallingsomgewing beskou word. Hierdie Retrospektiewe Uitstalling weerspieël dus die finale PAT-assessering van elke leerder in die land. 2. RIGLYNE VIR DIE ONDERWYSER 2.1 Administrasie van die PAT'e • Ontwerp-onderwysers sal hul eie praktiese assesseringstake opstel. Die kreatiewe aard van Ontwerp moedig onderwysers aan om temas wat relevant is tot hulle spesifieke konteks te ontwikkel. Hierdie temas sal dan spesifieke opdragte bepaal wat die leerders vir elke PAT moet voltooi. • Onderwysers moet DRIE afsonderlike praktiese assesseringstake ontwerp wat gedurende die akademiese jaar (Kwartaal 1 tot 3) gedoen sal word. Die proefeksamen-prakties sal die taak vir Kwartaal 3 wees. LET WEL: Proefeksamen: Prakties moet aan die begin van Kwartaal 3 gedoen word. • Elke taak moet beide Onderwerp 1 (proses) en Onderwerp 2 (die maak van die produk) insluit. • Punte vir elke PAT moet soos volg toegeken te word: Onderwerp 1: Die proses (50 punte) Onderwerp 2: Die produk (50 punte) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ontwerp 4 DBE/PAT 2018 NSS • Die kies van temas vir die PAT'e: o Onderwysers moet temas kies om hul opdragte te lei (bv. indien die tema ' 'n Beter Lewe' is, kan 'n opdrag fokus op die vind van 'n verskeidenheid oplossings om lewenstandaard te verbeter). o Leerders kan hulle eie temas ontwikkel en/of dit uit die goedgekeurde handboeke kies. o Onderwysers kan op 'n breë tema vir die jaar se praktiese werk besluit en dit dan onderverdeel in spesifieke opdragte, een per kwartaal. Dit sal 'n meer samehangende groep werke in die retrospektiewe uitstalling tot gevolg hê. • Die onderwyser moet seker maak dat ten minste 60% van elke PAT in die klas onder toesig gedoen word aangesien die onderwyser die werk as die leerder se eie moet verifieer. As die onderwyser nie die egtheid van die werk kan verifieer nie, behoort dit NIE nagesien te word NIE. • Die PAT'e behoort in ooreenstemming met die konteks van die skool opgestel te word. Onderwysers moet spesifieke instruksies in die opdrag gee wat die vereistes vir die PAT uiteensit. PAT 1 en 2 moet gelyktydig saam met die kwartaal se voorgeskrewe 'Ontwerp in 'n Besigheidskonteks'-navorsingsmodules plaasvind. Opsomming van die jaar se praktiese take: KWARTAAL 1 KWARTAAL 2 KWARTAAL 3 KWARTAAL 4 PAT 1 PAT 2 PROEF- 1. RETROSPEKTIEWE UITSTALLING: EKSAMEN- • PAT 1 en PAT 2 PRAKTIES • Proefeksamen-prakties • EEN beste graad 11-werk (OPSIONEEL) • TWEE 'Besigheidskonteks'- navorsingsmodules* 2. VRAESTEL 2 (FINALE PRAKTIESE EKSAMEN) *KWARTAAL 1: Ontwerp in 'n besigheidskonteks as deel van PAT 1, Onderwerp 1 Die fokus in Kwartaal 1 is op 'n basiese begrip van die bemarking van ontwerpprodukte gemik op 'n spesifieke teikenmark deur verpakking en advertensies as bemarkingsinstrumente te gebruik. Daar word sterk aanbeveel dat hierdie navorsingsopdrag direk met die ontwerpoplossing van elke PAT moet skakel. Hierdie navorsingsopdrag kan as deel van Onderwerp 1 vir PAT 1 en PAT 2 aangebied word. *KWARTAAL 2: Ontwerp in 'n besigheidskonteks as deel van PAT 2, Onderwerp 1 Die fokus in Kwartaal 2 is op loopbaangeleenthede binne die ontwerpdissipline: Verskeidenheid, omvang, opleiding benodig en opleiding beskikbaar en hoe om vir 'n werk aansoek te doen. Navorsing of 'n studie oor enige EEN bekroonde Suid-Afrikaanse ontwerper/ ontwerpagentskap/ontwerpdirekteur. Dit sal voordelig wees as dit met die loopbaandissipline wat nagevors is, verband hou. Beide die navorsingstake hierbo moet in die vorm van 'n omvattende en formeel gestruktureerde opdrag of aktiwiteit aangebied word wat bewys lewer van deeglike en samehangende beplannings- en verwysingsvaardighede. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ontwerp 5 DBE/PAT 2018 NSS RETROSPEKTIEWE UITSTALLING Hierdie uitstalling toon wesenlike bewys van die leerder se ontwerpvaardighede en kennis wat oor 'n tydperk ontwikkel het. Dit vertoon die leerder se praktiese ontwerp- ontwikkeling by die voorlegging/aanbieding van 'n versameling samehangende werke soos in 'n retrospektiewe uitstalling gesien. Die uitstalling is soortgelyk aan 'n ontwerper se voorlegging van sy/haar werk aan toekomstige kliënte. Hierdie uitstalling moet dus goed beplan word ten opsigte van konsep en voorlegging/aanbieding. Die retrospektiewe uitstalling vertoon verdere ontwikkeling van die PAT'e in 'n versameling samehangende werke wat in die konteks van 'n uitstallingomgewing beskou word. 'n Voorbeeld van 'n assesseringsrubriek vir die Retrospektiewe Uitstalling word op bladsy 15 verskaf. Die tabel hieronder is 'n rubriek vir die inhoud van PAT 1 en PAT 2: ONDERWERP 1: PUNTE ONTWERPPROSES BESKRYWING (50) (BRONBOEK) Uitdrukking van voorneme Hou 'n dinkskrum of maak 'n breinkaart van en rasionaal/konsep idees om die tema en die doel van die opdrag te verken. Ontwikkel 'n konsep. 'n Rasionaal/ 10 Beredenering moet verskaf word om die ontwerpoplossing gevind, te bevestig. Bewyse van navorsing, Doen navorsing oor die opdrag en vind eksperimentering en relevante bronmateriaal (visuele verwysings). besinning/nabetragting Toon bewyse van navorsing deur 'n paar miniatuursketse van idees te voltooi. Ontwerp 'n paar verskillende oplossings wat die opdrag verken. Bewyse van eksperimentering, 10 bv. 'n stemmingsbord moet sigbaar wees. Verkenning van verskillende materiale en tegnieke moet aangemoedig te word. Besinning/Nabetragting van die proses moet duidelik wees. Bewyse van gedetailleerde Beplanningstekeninge moet 'n verskeidenheid beplanning, teken- oplossings vir die opdrag (verskillende vaardighede en tegnieke en materiale) verken. 10 voorlegging/aanbieding Tekenvaardigheidsontwikkeling moet duidelik wees. Hierdie proses moet kreatief aangebied word. Bewyse van finale tekening/ Toon bewyse van die finale ontwerpoplossing collage/maket wat met die in die vorm van 'n gedetailleerde tekening/ 10 finale konsep verband hou collage/maket/prototipe, ens. met aantekeninge/verklarings. Navorsing: Ontwerp in 'n PAT 1: Basiese begrip van die bemarking van besigheidskonteks ontwerpprodukte gemik op 'n spesifieke teikenmark deur die gebruik van verpakking en advertensies as bemarkingsinstrumente. 10 PAT 2: Loopbaangeleenthede binne die ontwerpdissipline: Verskeidenheid, omvang, opleiding benodig en opleiding beskikbaar. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ontwerp 6 DBE/PAT 2018 NSS ONDERWERP 2: PUNTE BESKRYWING ONTWERPPRODUK (50) Kreatiwiteit/Oorspronklikheid/ Is die werk uniek, oorspronklik en relevant 10 Interpretasie (Vertolking) tot die opdrag? Bewyse van ontwerp- Algehele indruk. betrokkenheid Hoe is die elemente en beginsels gebruik 10 om 'n unieke ontwerpoplossing te skep? Tegniek/Vakmanskap/Metode Hoe tegnies bevoeg is die finale produk? Is die vakmanskap voldoende en 10 professioneel? Tydsbestuur Bewyse en benutting van beskikbare tyd om die produk te voltooi. Toon die 10 ontwerpproduk regmatige betrokkenheid by die maak van die ontwerpproduk? Professionele aanbieding en Vervul die produk sy funksie? Word die funksionaliteit produk professioneel en netjies aangebied? 10 Hou die produkoplossing verband met die opdrag? Sperdatum(s) moet deur die onderwyser vasgestel te word. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ontwerp 7 DBE/PAT 2018 NSS 'n Paar idees en benaderings as riglyn vir die ontwikkeling van die PAT'e Suksesvolle ontwerpe word geskep wanneer leerders met idees speel en op verbeeldingryke, unieke en persoonlike wyses verskillende benaderings ten opsigte van doelgerigte take skep/ontwikkel. Die Ontwerp-onderwyser moet die kreatiewe proses van die begin tot die einde te lei. Hoe om 'n tema te kies: Onderwysers word aangeraai om temas relevant tot die konteks van die leerders en van die tyd waarin ons leef, te kies. Die tema moet sorgvuldig oorweeg word om te verseker dat die leerders op geen manier benadeel word nie. Die tema sal dan die vereistes van die opdrag bepaal. Hoe om 'n opdrag saam te stel: 'n Opdrag moet die volgende in hooftrekke te beskryf: • Identifiseer 'n probleem/behoefte/geleentheid wat die leerder 'n geleentheid bied om 'n esteties aangename en funksionele ontwerpoplossing te skep. • Bepaal die formaat, medium/materiaal, tegniese spesifikasies. • Versoek of spesifiseer moontlike teikenmark(te). • Spesifiseer sperdatum(s) duidelik. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ontwerp 8 DBE/PAT 2018 NSS ONDERWERP 1 – Bronboekriglyne vir die onderwyser Dinkskrum, selektering en evaluering van idees: • Help die leerder om sy/haar eie kreatiewe stem gedurende die ontwerpproses te vind. • Leerders moet begin deur alle moontlike idees, aktiwiteite, kwessies, ens. wat met die tema verband hou, aan te teken of te illustreer, d.w.s. in 'n breinkaart, fotojoernaal, collage, ens. • Dit is belangrik om te beklemtoon dat die doel van byna enige ontwerp is om waarde te voeg by die lewe en die wêreld waarin ons leef. • Probeer om tydens die versameling van idees leerders se denkprosesse te lei na dit wat persoonlik, ongewoon, vernuwend en uitdagend is en hulle met passie vul. Probeer om hulle na individuele en vernuwende benaderings te lei. • Wanneer idees met die leerder geëvalueer word, elimineer idees wat 'kitsch' is (bv. idees wat duidelik geleen is soos 'n 'blomlamp'), onopreg (bv. plakkaat oor wêreldvrede) of blatant mooi en sonder inhoud of funksie is (bv. 'n boekomslag met blinkertjies). • Moedig leerders aan om hoëgehalte-beeldmateriaal te bekom. Ontmoedig die gebruik van bestaande foto's en ontwerpe. Dit is beter om 'n onderwerp eerstehands te verken (gebruik eie foto's of direkte waarnemingstekeninge) omdat baie foto's wat van die Internet gebruik word, generies en van 'n swak gehalte is. • Help leerders om as doeltreffende, onafhanklike individue en as kritiese, peinsende denkers wat alles ondersoek, te ontwikkel. • Verseker die uitgebreide gebruik van tekenwerk om waarneming en vernuwing uit te druk, om idees op 'n vaardige wyse te kan oordra en om konsepontwikkeling te beskryf/illustreer. WENK Dit is soms 'n goeie idee om die opdrag direk na die volgende aktiwiteit uit te deel, wat leerders sal help om idees te genereer. Onderwerp 1 sou dan uit 'n reeks 'boustene' bestaan wat opeenvolgend gegee word om eksperimentering en die ontwikkeling van die proses te verseker. Die onderwyser sal met deeglike beplanning weet waarheen hierdie 'boustene' die leerders sal lei. Leerders sal moontlik nie weet waarheen dit lei nie en gevolglik is daar voortdurend verassingselemente. Dit bekamp ook die neiging dat leerders op 'n eerste idee vashaak, sonder om werklik te eksperimenteer en ander moontlikhede te ondersoek. Verder sal die proses of werkboek byna voltooi wees voordat die finale produk gemaak word. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ontwerp 9 DBE/PAT 2018 NSS Hoe om idees te genereer/ontwikkel: Teken breinkaarte 'n Breinkaart is 'n goeie instrument om idees wat met die sentrale tema verband hou, te ontwikkel. Die eindresultaat van 'n breinkaart moet 'n webagtige struktuur van woorde en idees of selfs beelde wees. 'n Paar vinnige riglyne • Begin deur die tema in die middel van die bladsy te plaas (skryf die woord en/of teken 'n beeld daarvan) • Teken ten minste vier dik lyne wat soos takke lyk, wat vanaf die sentrale sleutelwoord/beeld, ens. na buite uitstrek. Verskillende kleure kan gebruik word om elke tak te verteenwoordig. • Teken addisionele takke wat vanaf die hooftakke uitstrek. Die woorde op hierdie takke is subonderwerpe van die woorde wat jy op die hooftakke geskryf het. • Hou aan om die breinkaart uitwaarts met addisionele subonderwerpe/sleutelwoorde en takke uit te brei. [Bron: http://blog.iqmatrix.com/how-to-mind-map] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ontwerp 10 DBE/PAT 2018 NSS Voorbeeld van 'n 'ondersoekende reis' wat met 'n tema verband hou: Tema: Beweging • Beweeg teenoor stilstaan/stagneer • Beweeg van A na B • Loop, hardloop, kruip, ry • Stadig teenoor vinnig • Simbole wat beweging uitbeeld • Beweging in kultuur/tradisie • Beweging in tyd • Beweging as optiese illusie • Werklike teenoor optiese • Proses as beweging • Teksture in beweging • Lyn in beweging • Fatsoene en vorme • Kleur • Metafore Hieronder is voorbeelde van 'n paar aktiwiteite wat leerders sal help voordat die opdrag uitgedeel word om idees te genereer en 'boustene' te ontwikkel met gebruik van die tema van beweging. • Eksperimenteer met beweeglike voorwerpe/ontwerpe. • Hierdie eksperimente kan in die bronboek geplaas word en kan dalk aanleiding gee tot idees vir die finale werk. • Gee leerders 10 minute om 10 prente wat beweging uitbeeld, vanuit tydskrifte te kry. Deel fotostate of bykomende voorbeelde uit. Leerders moet al die prente gebruik en binne ongeveer 20 minute 'n collage maak. Hierdie aktiwiteit moet gedoen word voordat die opdrag uitgedeel word, aangesien hulle dan meer vryelik sal werk. Nadat hulle die opdrag ontvang het, kan hulle na hierdie collages teruggaan en kyk of hulle iets daarvan kan gebruik. Dit is 'n manier om interessante jukstaplasings te skep. • Speel woordspeletjies deur 'n tesourus te gebruik om hulle op 'n reis van sinonieme te neem wat nuwe inspirasiemoontlikhede sal ontsluit, bv. aksie, vorder, evolusie, vloei, progressie, oorgang, ens. • Vra leerders om tekeninge van verskillende vorme van beweging te maak, gebaseer op sommige van die voorbeelde hierbo. Dit kan kwessies, soos die koolstofvoetspoor ('carbon footprint'), ondersoek of dit kan net interessante surrealistiese jukstaplasings wees. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ontwerp 11 DBE/PAT 2018 NSS Eksperimentering: • Lei leerders om met media en prosesse te eksperimenteer, om proefvoorbeelde, prototipes en stemmingsborde of kleurkaarte te voort te bring. • Verkenning behoort doelgerig en relevant tot die ontwerpoplossing te wees. Tekenvaardighede Die ontwikkeling van tekenvaardighede moet duidelik wees. 'n Verskeidenheid oplossings vir die opdrag moet ondersoek word deur tekeninge (miniatuursketse, idee/konseptueel, tegnies/konstruksie en waarneming) te gebruik. Gedurende die jaar moet hierdie ondersoekende proses die gebruik van verskillende tekenmateriaal weerspieël (bv. uitveërs, penne, ink, bleikmiddel, tou, draad, ens.) en 'n wye verskeidenheid tekentegnieke (bv. stippeling, oorkruising, krabbel, krap, tonale tekening) en style (naturalisties, ekspressief, gebare) moet verken te word. Hierdie proses moet kreatief aangebied en aangeteken word. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ontwerp 12 DBE/PAT 2018 NSS 2.2 Assessering van die PAT'e Assesseringskriteria vir PAT 1 (Kwartaal 1) en PAT 2 (Kwartaal 2) ONDERWERP 1: BRONBOEK/WERKBOEK KRITERIA Uitdrukking van voorneme en rasionaal/konsep 10 Bewys van navorsing, eksperimentering en besinning/nabetragting 10 Bewys van gedetailleerde beplanning, tekenvaardighede en aanbieding 10 Bewys van finale tekening/collage/maket wat met die finale konsep 10 verband hou Navorsing: Ontwerp in 'n besigheidskonteks 10 TOTAAL 50 ONDERWERP 2: DIE PRODUK/PRAKTIES KRITERIA Kreatiwiteit/Oorspronklikheid/Interpretasie (Vertolking) ten opsigte van die 10 konsep en oplossings wat met die opdrag verband hou Bewys van ontwerpbetrokkenheid: Die gepaste gebruik van 10 ontwerpelemente en -beginsels Tegniek/Vakmanskap/Metode 10 Voltooiing van werk/tydsbestuur/bewyse van volle benutting van 10 beskikbare tyd Professionele aanbieding en funksionaliteit van die ontwerpoplossing 10 TOTAAL 50 GEKOMBINEERDE TOTAAL VAN ONDERWERP 1 EN ONDERWERP 2 100 ASSESSERINGSKRITERIA VIR PROEFEKSAMEN-PRAKTIES: (Om aan die begin van Kwartaal 3 voltooi te word) ONDERWERP 1: BRONBOEK/WERKBOEK KRITERIA Uitdrukking van voorneme en rasionaal/konsep 10 Bewys van navorsing, eksperimentering en besinning/nabetragting 10 Bewys van gedetailleerde beplanning en voorlegging/aanbieding wat met 30 die finale konsep verband hou TOTAAL 50 ONDERWERP 2: DIE PRODUK/PRAKTIES KRITERIA Kreatiwiteit/Oorspronklikheid/Interpretasie (Vertolking) ten opsigte van die 10 konsep en oplossings wat met die opdrag verband hou Bewys van ontwerpbetrokkenheid: die gepaste gebruik van 10 ontwerpelemente en -beginsels Tegniek/Vakmanskap/Metode 10 Die ontwerpoplossing moet bewys toon van ten minste 12 uur se werk 10 onder gekontroleerde omstandighede Professionele voorlegging/aanbieding en funksionaliteit van die 10 ontwerpoplossing TOTAAL 50 GEKOMBINEERDE TOTAAL VAN ONDERWERP 1 EN ONDERWERP 2 100 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ontwerp 13 DBE/PAT 2017 NSS Hierdie taksonomie moet saam met die assesseringskriteria vir PAT 1 (Kwartaal 1) en PAT 2 (Kwartaal 2) hierbo gebruik word. KOGNITIEWE VLAKBESKRYWINGS VIR PRAKTIESE PROJEKTE VOORBEELD: WILLIAMS SE TAKSONOMIE: WILLIAMS SE TAKSONOMIE: KOGNITIEF (DENKE) AFFEKTIEF (GEVOEL) Vlotheid Buigsaamheid Oorspronklik- Uitbreiding Die neem van Kompleksiteit Nuuskierig- Verbeelding (die skep/ (die skep/ heid (die uitbreiding, risiko's (die vermoë heid (die vermoë om ontwikkeling ontwikkeling (die skep/ vergroting, (eksperimen- om struktuur (die vermoë denkbeeldige van idees, van ontwikkeling verryking of teer, probeer uit chaos te om te wonder, prentjies antwoorde, alternatiewe, van nuwe, versiering van nuwe skep, om na te dink oor, te bou, reaksies, variasies, unieke en idees om dit vir uitdagings) logiese orde te te dink of te moontlikhede moontlikhede aanpassings, ongewone ander makliker bring in 'n raai) en nuwe dinge vir 'n gegewe verskillende reaksies/ te maak om te gegewe te visualiseer situasie/ idees/ oplossings) verstaan of om situasie en/of of om verder probleem) oplossings/ dit om die as praktiese opsies) interessanter te ontbrekende grense te reik) maak) dele te sien) Die leerder het Die leerder Die leerder het Die leerder het Die leerder Die leerder Die leerder het Die leerder baie idees en was in staat kreatiewe die idee(s) baie het nuwe was in staat na verskeie was in staat baie moontlike om aan te pas oplossings verder geneem idees deur om die opsies gekyk om moontlike oplossings vir en om geskep/ en genoeg waaghalsige ontbrekende en het baie oplossings te die probleem/ alternatiewe ontwikkel. detail bygelas eksperimen- dele in te vul daaroor visualiseer, opdrag oplossings of vir ander tering om 'n volledige nagedink. selfs al was dit geskep/ opsies te mense om dit probeer. oplossing te nie prakties ontwikkel. oorweeg. te verstaan. kry. implementeer- baar nie. ASSESSERINGSKRITERIA VIR ONDERWERP 1 EN 2 Uitstaande 90–100 Uitsonderlike vermoë; rykheid; vol insig; vloeiend; hoë vaardigheid; waarneming en kennis kragtig uitgedruk; gesteun deur 'n oorspronklike of ongewone proses en ontwerpoplossing. Uitstaande en oorspronklike aanbieding van die proses en die produk. Uitstekend 80–89 Treffende impak; die meeste van die bogenoemde; gedetailleerd; goed georganiseerd en samehangend; afgewerk; vaardigheid duidelik; gesteun deur 'n oorspronklike/ongewone/relevante ontwerpproses en -oplossing; voorlegging/aanbieding oorspronklik en deurdag. 'n Paar geringe foute sigbaar. Baie Goed 70–79 Goed georganiseerd, soos hierbo, maar sonder die impak; goeie bevoegdheidsvlak en keuse van inhoud; gesteun deur 'n relevante ontwerpproses en -oplossing; duidelike sorg en moeite gedoen met oorspronklike voorlegging/aanbieding. 'n Paar duidelike teenstrydighede/foute sigbaar. Goed 60–69 Interessante voorlegging/aanbieding; doel duidelik; oortuigend; eenvoudige direkte gebruik van gekose medium; toon begrip maar neig soms na die alledaagse en stereotipiese oplossing; bevredigende ontwerpproses en -oplossing; redelike moeite gedoen met voorlegging/aanbieding. Steurende/Duidelike teenstrydighede. Gemiddeld 50–59 Bevredigend; voel meganies; afgelei of gekopieer; min insig; verbeeldingsloos; ontwerpproses en -oplossing nie altyd duidelik geïdentifiseer nie; aanvaarbare voorlegging/aanbieding. Baie steurende teenstrydighede. Onder- 40–49 Genoeg werk om te slaag; nie logies gekonstrueer nie; 'n paar flitse van insig; beperkte keuse van gemiddeld inligting; swak tegniese vaardighede kan 'n bydraende faktor wees; geen werklike ontwerpproses en -oplossing nie; lomp of nalatige aanbieding. Het ondersteuning/motivering nodig om te slaag. Swak 30–39 Visueel oninteressant; onkreatief; beperkte/swak tegniese vaardighede gebruik; geringe poging om inligting op 'n aanvaarbare wyse aan te bied; min of geen ontwerpproses en -oplossing nie; algemene gebrek aan betrokkenheid. Het ondersteuning/motivering nodig om te slaag. Baie Swak; 20–29 Baie min inligting of irrelevante werk/ontwerpproses en -oplossing. Geen poging is aangewend Druip om werk op 'n aanvaarbare wyse aan te bied nie. Algemene gebrek aan toegewydheid en tegniese vaardigheid. Onaanvaar- 0–19 Onsamehangend; irrelevant, baie min of geen werk nie; gebrek aan selfs beperkte vaardighede baar; toegepas. Geen toegewydheid en tegniese vaardigheid nie. Druip Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ontwerp 14 DBE/PAT 2018 NSS 2.3 Kontrolelys vir die PAT'e Hierdie modereringsinstrument is slegs vir die doel van moderering. Die PAT'e moet beide intern en ekstern gemodereer te word. Skole sal deur die provinsies oor die datum, tyd en plek vir die eksterne moderering van PAT'e en eksamenwerk in kennis gestel word. 'n Moontlike modereringsinstrument vir Ontwerp-PAT'e Vak: ONTWERP Datum: ____________ 1. DIE PAT-OPDRAG √ OF x Duidelike instruksies oor wat verwag word, van toepassing op die spesifieke graad Visuele inspirasie Die opdrag maak voorsiening vir die ontwikkeling van/bied geleentheid vir die volgende: • Vloei (die ontwikkeling van idees, antwoorde, reaksies, moontlikhede vir 'n gegewe situasie/probleem) • Buigsaamheid (die ontwikkeling van alternatiewe, variasies, aanpassings, verskillende idees/oplossings/opsies) • Oorspronklikheid (die ontwikkeling van nuwe, unieke en ongewone antwoorde/ oplossings) • Uitbreiding (die uitbreiding, vergroting, verryking of verfraaiing van idees om dit vir ander makliker te maak om te verstaan of om dit interessanter te maak) • Risiko's neem (eksperimentering, probeer nuwe uitdagings) • Kompleksiteit (die vermoë om struktuur uit chaos te skep, om logiese orde in 'n gegewe situasie te bring en/of om die ontbrekende dele te sien) • Nuuskierigheid (die vermoë om te wonder, na te dink, te oorweeg of te raai) • Verbeelding (die vermoë om denkbeeldige prentjies te vorm, moontlikhede en nuwe dinge te visualiseer of om verby praktiese beperkinge te reik) Duidelike assesseringskriteria Sperdatum(s) en tydsbestuur 2. ASSESSERING VAN PAT'e Van toepassing op die spesifieke graad, ooreenkomstig die standaard van die provinsie, d.w.s. realistiese puntetoekenning Gebruik van assesseringskriteria 50 punte vir bronboek, assessering van die volgende ingesluit: • Voorneme en rasionaal van die opdrag (bv. in die vorm van 'n breinkaart, visuele aanbieding, ens.) • Bewyse van navorsing, eksperimentering en besinning/nabetragting (bv. miniatuursketse, stemmingsborde, ens.) • Bewyse van gedetailleerde beplanning, tekenvaardighede en aanbieding wat met die ontwerpopdrag verband hou • Bewyse van finale tekening/collage/maket wat met die finale konsep verband hou • Die 'Ontwerp in 'n Besigheidskonteks'-navorsingsmodules 50 punte vir produk(te), assessering van die volgende ingesluit: • Kreatiwiteit/Oorspronklikheid/Interpretasie (Vertolking) ten opsigte van die konsep en oplossings relevant tot die opdrag • Bewyse van ontwerpbetrokkenheid: Die gepaste gebruik van ontwerpelemente en -beginsels • Tegniek/Vakmanskap/Metode • Voltooiing van werk/tydsbestuur/bewyse van volle benutting van beskikbare tyd • Professionele aanbieding en funksionaliteit van die ontwerpoplossing Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ontwerp 15 DBE/PAT 2018 NSS 'n Moontlike modereringsinstrument vir die Retrospektiewe Uitstalling Vak: ONTWERP Datum: ____________ 1. DIE RETROSPEKTIEWE UITSTALLING √ OF x Duidelike instruksies van wat verwag word, van toepassing op die spesifieke graad Visuele inspirasie Die opdrag maak voorsiening vir die ontwikkeling van/bied geleentheid vir die volgende: • Vloei (die ontwikkeling van idees, antwoorde, reaksies, moontlikhede vir 'n gegewe situasie/probleem) • Buigsaamheid (die ontwikkeling van alternatiewe, variasies, aanpassings, verskillende idees/oplossings/opsies) • Oorspronklikheid (die ontwikkeling van nuwe, unieke en ongewone antwoorde/ oplossings) • Uitbreiding (die uitbreiding, vergroting, verryking of verfraaiing van idees om dit vir ander makliker te maak om te verstaan of om dit interessanter te maak) • Risiko's neem (eksperimentering, probeer nuwe uitdagings) • Kompleksiteit (die vermoë om struktuur uit chaos te skep, om logiese orde in 'n gegewe situasie te bring en/of om die ontbrekende dele te sien) • Nuuskierigheid (die vermoë om te wonder, na te dink, te oorweeg of te raai) • Verbeelding (die vermoë om denkbeeldige prentjies te vorm, moontlikhede en nuwe dinge te visualiseer of om verby praktiese beperkinge te reik) Duidelike assesseringskriteria Sperdatum(s) en tydsbestuur 2. ASSESSERING VAN UITSTALLING Van toepassing op die spesifieke graad, ooreenkomstig die standaard van die provinsie, d.w.s. realistiese puntetoekenning Gebruik van assesseringskriteria 80 punte vir uitstalling, assessering van die volgende ingesluit: • Kreatiwiteit/Oorspronklikheid/Interpretasie (Vertolking) ten opsigte van die konsep en oplossings relevant tot die opdrag (20 punte) • Bewyse van ontwerpbetrokkenheid: Bewyse van gedetailleerde beplanning en gepaste gebruik van ontwerpelemente, -beginsels en materiaal in die aanbieding van die uitstalling as 'n samehangende versameling werke. Tegniek/Vakmanskap/ Metode/Bekwaamheid gebruik in die aanbieding van die uitstalling (20 punte) • Voltooiing van AL die PAT'e/tydsbestuur/bewyse van progressiewe ontwerp- ontwikkeling in die aanbieding van 'n wesenlike, samehangende versameling werke (20 punte) • Professionele aanbieding en funksionaliteit van die uitstalling vir die kyker/ aanskouer (20 punte) 2.4 Verklaring van Egtheid Verwys na BYLAE A. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ontwerp 16 DBE/PAT 2018 NSS 3. RIGLYNE VIR DIE LEERDER 3.1 Instruksies aan die leerder • Die voltooiing van al die PAT'e is verpligtend. Nienakoming hiervan sal jou finale Ontwerp-uitslag benadeel. • PLAGIAAT moet te alle koste vermy te word. Direkte kopiëring van 'n prent/beeld of ontwerp wat nie jou eie is nie, sal streng gepenaliseer word. Dit sal 'n skoolgebaseerde assesseringsonreëlmatigheid tot gevolg hê. Die proses van transformasie en manipulasie van die bronmateriaal is uiters belangrik. Jy word aangemoedig om unieke en oorspronklike oplossings met betrekking tot jou ontwerpopdrag te verskaf. • Hou by die sperdatum(s) soos in die opdrag uiteengesit. • Maak seker dat jou opdrag vir elke PAT in jou bronboek geplak word. • Maak seker dat al die werk professioneel aangebied word. 3.2 Take TAAK 1 (Kwartaal 1): TAAK 3 (Kwartaal 2): TAAK 5 (Kwartaal 3): Praktiese Praktiese Proefeksamen Assesseringstaak (100) Assesseringstaak (100) Praktiese Taak (100) Onderwerp 1: Werk-/Bron- Onderwerp 1: Werk-/Bron- Onderwerp 1: Werk-/Bron- boek/Besigheidsmodule 1 boek/Besigheidsmodule 2 boek (50) (50) (50) Onderwerp 2: Voltooide Onderwerp 2: Voltooide Onderwerp 2: Voltooide praktiese werk/produk praktiese werk/produk praktiese werk/produk (50) (50) (50) Hierdie praktiese take stel leerders in staat om hul tegniese en probleem- oplossingsvaardighede te toon en bewys te lewer van innoverende denke en insig. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ontwerp 17 DBE/PAT 2018 NSS Hierdie praktiese take sal jou in staat stel om jou tegniese en probleem- oplossingsvaardighede te toon en bewys te lewer van innoverende denke en insig. Hieronder is 'n riglyn van sommige benaderings wat jy kan aanneem. Wat ontwerpers doen? Onthou Skep Verbeel Ondersoek Waarneem Verwring Eksperimenteer Ontdek Speel Herhaal Omskep Voel Simboliseer Analiseer Beplan Jy moet dieselfde doen! • Dit is belangrik om jou besondere sterk punte te ontwikkel. Party van julle sal sorgvuldige beplanners wees, terwyl ander meer intuïtief sal werk. • Jy moet 'n berekende risikoloper wees. Probeer nuwe idees en prosesse sonder 'n vrees vir mislukking. • Kreatiewe aktiwiteit kan op 'n aantal verskillende vlakke plaasvind, van die maak van 'n collage of produk wat deur 'n bestaande idee of ontwerp geïnspireer is tot die ontwikkeling van 'n heeltemal vars en individuele proses en uitkoms. 'n Idee is slegs so goed soos die uitvoering daarvan. Werk wat tegnies minderwaardig is, sal 'n goeie idee ruïneer. • 'n Ontwerp is in die heel eerste plek 'n uitdrukking van die medium daarvan. In alle groot ontwerpe is die onderwerp en die wyse waarop dit gelewer word, onafskeidbaar. Jy moet tegniek bemeester om die inhoud te beskerm. • Oorweeg die doelgerigte gebruik van die elemente en beginsels in jou ontwerpproses. • Bespreek jou versameling werke voortdurend met jou onderwyser. Dit sal jou help om jou sterk punte en swak punte te identifiseer. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ontwerp 18 DBE/PAT 2018 NSS Wenke vir ONDERWERP 1 (Bronboek): Die bronboek kan die volgende insluit: • Sketse en voorbereidingstekeninge • Beelde/Prente, artikels, uittreksels, voorbeelde/monsters, foto's, ens. wat jy versamel het • Voorwerpe (stukkies papier, verpakkingsmateriaal, kaartjies, ens.) wat jy interessant en stimulerend vind, van persoonlike belang is of wat op een of ander stadium vir 'n praktiese projek nuttig kan wees • Krabbels ('Doodles'), woorde, sketse, notas wat met jou ervarings en konteks verband hou • Doen navorsing oor 'n wye verskeidenheid ontwerpers en voorbeelde wat jou praktiese werk sal inlig en versterk • Ondersoek verskillende tegnieke en materiaal • Breinkaarte om idees te ontwikkel • Dokumentering van enige proseswerk Voorbeelde van benaderings tot ONDERWERP 1 (Bronboek): Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ontwerp 19 DBE/PAT 2018 NSS Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ontwerp 20 DBE/PAT 2018 NSS 3.3 Assesserings-/Modereringsrubrieke/-instrumente Verwys na bladsy 5 en 6 van die Riglyne vir die Onderwyser. 3.4 Vereistes vir voorlegging/aanbieding ONDERWERP 1 (Bronboek) • Skryf jou naam en van duidelik op die voorblad van jou bronboek. • Merk ELKE PAT duidelik. • Plak jou opdrag vir ELKE PAT in. • Jou bronboek moet in chronologiese volgorde aktiwiteite wys. • Plak alle werk stewig in jou bronboek vas. • Bied jou werk netjies en kreatief in jou bronboek aan. • Maak seker dat hierdie dokument/bronboek maklik oopmaak. ONDERWERP 2 (Produk) • Merk jou produk vir ELKE PAT duidelik. • Jou produk moet professioneel aangebied/voorgelê word. 3.5 Tydraamwerke Alle PAT'e moet volgens die gespesifiseerde datum(s) van die opdrag voltooi word. Versuim om die PAT'e en die PROEFEKSAMEN-PRAKTIES te voltooi, kan tot 'n onvolledige SGA-punt lei. Dit sal jou finale matriekuitslag ernstig benadeel. 3.6 Afwesigheid/Nie-indiening van take (gevolge) Die afwesigheid van ENIGE PAT sonder dat 'n mediese sertifikaat ingedien is, sal 'n onvolledige punt tot gevolg hê. Ten minste 60% van ALLE take MOET onder toesig van jou onderwyser in die klas gedoen word. Jou onderwyser moet die werk as jou eie verifieer. As jou werk tuis gedoen word, kan jou onderwyser nie die egtheid van jou werk bevestig nie en die werk sal NIE nagesien word NIE. 3.7 Verklaring van Egtheid Verwys na BYLAE A. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ontwerp 21 DBE/PAT 2018 NSS 4. BRONNELYS Die onderwyser moet die volgende bronmateriaal in die klaskamer hê: • LOOM, onderhewig aan beskikbaarheid • Enige van die handboeke wat deur die Nasionale Departement van Basiese Onderwys goedgekeur is • Enige ontwerptydskrifte, bv. House and Leisure, World of Interiors, Visi, Elle Decor, ens. Nuttige webtuistes: • www.behance.com • www.pinterest.com • www.yatzer.com • www.dezeen.com • www.itsnicethat.com • www.underconsideration.com/fpo • www.ineedaguide.blogspot.com • www.lostateminor.com • www.coutequecoute.blogspot.com • www.antwerp-fashion.be • www.logopond.com • www.thedieline.com 5. GEVOLGTREKKING Na voltooiing van die praktiese assesseringstaak moet leerders in staat wees om hulle begrip van die bedryf te demonstreer; hulle kennis, vaardighede, waardes en redenasievermoëns te versterk, en ook betrekkinge buite die klaskamer te vestig en uitdagings in die wêreld daar buite aan te durf. Die PAT ontwikkel verder leerders se lewensvaardighede en bied aan hulle die geleentheid om by hulle eie leerproses betrokke te wees. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ontwerp 22 DBE/PAT 2018 NSS BYLAE A VERKLARING VAN EGTHEID Ten minste 60% van hierdie PAT is onder toesig van die Ontwerp-onderwyser gedoen. Hierdie verklaring sertifiseer dat alle werk wat ingedien is, oorspronklik en die werk van die leerder is. Leerder Skool Distrik PAT 1/PAT 2/Proefeksamen: (Kies en omkring slegs EEN.) Handtekening Datum Leerder Onderwyser Skoolhoof Skoolstempel Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ontwerp 23 DBE/PAT 2018 NSS BYLAE B MOONTLIKE RUBRIEK VIR RETROSPEKTIEWE UITSTALLING 90–100% Uitstaande vermoë wat rykheid, insig Uitstaande Uitstaande tegniek/ Uitstaande bestuur/; Uitstaande, Uitstaande en 'n vloeiende uitstalling toon. Hoë kreatiwiteit/oorspronklikheid/ vakmanskap/ bewyse van oorspronklike en vaardigheid, waarneming en kennis interpretasie met betrekking metode/vermoë ten progressiewe professionele word kragtig uitgedruk deur tot die konsep en oplossings toon gestel in elke ontwerp-ontwikkeling aanbieding van die uitstaande, oorspronklike ontwerp- wat met al die PAT'e verband PAT, asook in die in die aanbieding van retrospektiewe oplossings in 'n samehangende hou. Bewyse van ontwerp- aanbieding van die 'n deeglike, uitstalling. Die versameling werke uit te druk. betrokkenheid in elke PAT. uitstalling. samehangende uitstalling vertoon Bewyse van gedetailleerde versameling werke. vertoonmateriaal wat beplanning en gepaste Die uitstalling lees by die oorkoepelende gebruik van ontwerpelemente, soos 'n uitstaande, tema van die uitstalling -beginsels en -materiaal in die samehangende aansluit. Elke PAT, aanbieding van elke PAT. versameling werke. saam met die AL die PAT'e is uitstalling, word met voltooi. uitstaande visuele funksionaliteit en smaak aan die toeskouer aangebied. 80–89% Uitstekende, treffende versameling Uitstekende kreatiwiteit/ Uitstekende Uitstekende Professionele Uitstekend werke wat die meeste aspekte oorspronklikheid/ tegniek/ bestuur/bewyse van aanbieding en hierbo vertoon met 'n paar duidelike, interpretasie ten opsigte van vakmanskap/ progressiewe funksionaliteit van die minimale foute. Goed die konsep en oplossings metode/vermoë ontwerp-ontwikkeling uitstalling vir die georganiseerde, gedetailleerde en wat vir die PAT'e relevant is. gebruik om die in die aanbieding van toeskouer. Die samehangende versameling werke Bewyse van ontwerp- uitstalling aan te 'n deeglike, uitstalling lees soos 'n wat met duidelike vaardigheid betrokkenheid in elke PAT. bied. samehangende samehangende afgerond is. Die uitstalling word deur Bewyse van gedetailleerde versameling werke. versameling werke met oorspronklike/ongewone/relevante beplanning en gepaste AL die PAT'e is min ongerymdhede. ontwerp-oplossings ondersteun. gebruik van ontwerp- voltooi. Uitstekende en elemente, -beginsels en oorspronklike -materiaal in die aanbieding aanbieding van die van elke PAT. retrospektiewe uitstalling. 70–79% Baie goed, goed georganiseerd, Baie goeie kreatiwiteit/ Baie goeie tegniek/ Baie goeie bestuur/ Goeie aanbieding en Baie Goed soos hierbo, maar nie so treffend oorspronklikheid/ vakmanskap/ bewyse van funksionaliteit van die nie. 'n Paar ooglopende foute. Goeie interpretasie ten opsigte van metode/ progressiewe uitstalling aan die vlak van bevoegdheid en seleksie die konsep en oplossing wat bevoegdheid ontwerp-ontwikkeling toeskouer. Die van inhoud wat deur relevante verband hou met die PAT'e. gebruik in die in die aanbieding van uitstalling lees soos 'n ontwerpprosesse en -oplossings Minder intense aanbieding van die 'n goeie, goeie versameling ondersteun word. Goeie organisasie ontwerpbetrokkenheid in uitstalling, met samehangende werke. Goeie en samehangende c. Vaardigheid is elke PAT. Bewyse van foute. versameling werke aanbieding van die duidelik; ondersteun deur gedetailleerde beplanning wat 'n paar klein foute retrospektiewe oorspronklike/ongewone/relevante en gepaste gebruik van het. uitstalling. ontwerp-oplossings. ontwerp-elemente, AL die PAT'e is Die aanbieding is oorspronklik en -beginsels en -materiaal in voltooi met enkele met sorg oorweeg. die aanbieding van elke foute. PAT. 60–69% Goeie, interessante aanbieding wat Goeie kreatiwiteit/ Bevredigende Goeie Voldoende ontwerp- Goed 'n duidelike, oortuigende doelwit met oorspronklikheid/ tegniek/ bestuur/bewyse van proses en -oplossing eenvoudige ontwerp-oplossings interpretasie ten opsigte van vakmanskap/ progressiewe wat toon dat redelike toon. Steurende/opmerklike foute. die konsep en oplossings metode/ ontwerp-ontwikkeling moeite met die Bevredigende vlak van bevoegdheid wat met die PAT'e verband bevoegdheid in die aanbieding van aanbieding en en seleksie van inhoud, ondersteun hou. Gebrek aan ontwerp- gebruik in die 'n samehangende funksionaliteit van die deur relevante ontwerpprosesse en - betrokkenheid in elke PAT. aanbieding van die liggaam werk wat 'n uitstalling aan die oplossings. Daar is duidelik moeite Bewyse van gedetailleerde uitstalling, met paar foute insluit. AL toeskouer gedoen is. gedoen met 'n bevredigende beplanning en gepaste foute. die PAT'e is voltooi Die uitstalling lees aanbieding. Bevredigende gebruik van ontwerp- met enkele foute. soos 'n voldoende organisasie en samehangende elemente, -beginsels en versameling werke. versameling werke. Vaardigheid is materiaal in die aanbieding duidelik; ondersteun deur van elke PAT. oorspronklike/ongewone/relevante ontwerp-oplossings. Die aanbieding is oorspronklik en met sorg oorweeg. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ontwerp 24 DBE/PAT 2018 NSS 50–59% Gemiddelde, aanvaarbare Gemiddelde kreatiwiteite/ Aanvaarbare Gemiddelde Aanvaarbare ontwerp- Gemiddeld aanbieding wat meganies, afgelei oorspronklikheid/ tegniek/ bestuur/bewyse van proses en -oplossing of gekopieer voel, met min insig en interpretasie ten opsigte vakmanskap/ progressiewe wat toon dat redelike min verbeelding. Die van die konsep en metode/ ontwerp-ontwikkeling moeite gedoen is met ontwerpproses en oplossings is oplossings wat met die bevoegdheid in die aanbieding van die aanbieding en nie altyd duidelik geïdentifiseer PAT'e verband hou. gebruik in die 'n bevredigende funksionaliteit van die nie. Aanvaarbare vlak van Gebrek aan ontwerp- aanbieding van die versameling werke uitstalling aan die bevoegdheid en seleksie van betrokkenheid in elke PAT. uitstalling, met 'n wat 'n paar foute het. toeskouer. Die inhoud. Aanvaarbare organisasie Bewyse van beplanning en paar foute AL die PAT'e is voltooi uitstalling lees soos 'n en samehangende versameling gepaste gebruik van . met enkele foute. bevredigende, werke; vaardigheid is duidelik; ontwerp-elemente, samehangende ondersteun deur oorspronklike/ -beginsels en materiaal in versameling werke. ongewone/relevante ontwerp- die aanbieding van elke oplossings; aanbieding is PAT. oorspronklik en deurdag. Baie steurende foute. 40–49% Ondergemiddelde, slordige of Ontwerp-betrokkenheid Minimale tegniek/ Ondergemiddelde Minimale ontwerp- Onder- argelose aanbieding. Die leerder ontbreek in elke PAT. vakmanskap/ bestuur/bewyse van proses en -oplossing gemiddeld het genoeg werk gedoen om te Bewyse van minimale metode/ ontwerp-ontwikkeling wat toon dat minimale slaag, maar met 'n uitstalling wat beplanning en gebruik van bevoegdheid in die aanbieding van moeite met die nie logies saamgestel is nie. Die ontwerpelemente, gebruik in die 'n gemiddelde liggaam aanbieding en uitstalling vertoon enkele flitse van -beginsels en -materiaal in aanbieding van 'n werk met baie foute. funksionaliteit van die insig, beperkte seleksie van die aanbieding van elke uitstalling wat foute PAT'e is voltooi met uitstalling aan die inligting, swak tegniese PAT. toon. groot foute. toeskouer gedoen is. vaardighede met beperkte Die uitstalling lees ontwerpprosesse en -oplossings. soos 'n bevredigende Minimum bevoegdheidsvlak en versameling werke, keuse van inhoud; ondersteun maar toon minimale deur 'n relevante ontwerpproses moeite. en -oplossing; min moeite is met die aanbieding gedoen. Het ondersteuning/motivering nodig om te kan slaag. 30–39% Swak, visueel oninteressante Gebrek aan ontwerp- Swak tegniek/ Swak bestuur/bewyse Beperkte ontwerp- Swak aanbieding met 'n gebrek aan betrokkenheid in elke PAT. vakmanskap/ van progressiewe prosesse en kreatiwiteit en met beperkte/swak Bewyse van swak metode/ ontwerp-ontwikkeling -oplossings wat min tegniese vaardigheid. Daar is min beplanning en gebruik van bevoegdheid in die in die aanbieding van sorg met die moeite gedoen om die inligting op ontwerpelemente, aanbieding van die 'n swak versameling aanbieding en 'n aanvaarbare manier aan te -beginsels en -materiaal in uitstalling wat groot werke wat baie foute funksionaliteit van die bied, met min of geen ontwerp- die aanbieding van elke foute toon. het. PAT'e is nie uitstalling aan die prosesse en -oplossings nie. Dit PAT. voltooi nie en van die toeskouer toon. Die toon 'n algehele gebrek aan werk ontbreek. uitstalling vertoon 'n toewyding en vaardigheid. Lae swak versameling vlak van bevoegdheid en seleksie werke wat minimale van inhoud; ondersteun deur 'n moeite toon. swak ontwerpproses en oplossing; min moeite en sorg met die uitstalling. Swak organisasie en vaardigheid is duidelik; ondersteun deur swak ontwerp-oplossings, aanbieding is nie weldeurdag nie. Benodig ondersteuning/motivering om te slaag. 20–29% Baie swak, DRUIP, baie min Gebrek aan ontwerp- Swak tegniek/ Onvolledige en swak Baie min moeite is Baie swak; inligting of irrelevante werk-/ betrokkenheid in elke PAT. vakmanskap/ tydsbestuur wat min gedoen met die Druip ontwerpproses en -oplossing. Bewyse van swak metode/ bewyse toon van aanbieding en Geen moeite is gedoen om die beplanning en gebruik van bevoegdheid progressiewe funksionaliteit van die werk op 'n aanvaarbare manier ontwerpelemente, gebruik in die ontwerp-ontwikkeling uitstalling aan die aan te bied nie. Swak bevoegd- -beginsels en materiaal in aanbieding van 'n in die aanbieding van toeskouer. Die heidsvlak en seleksie van inhoud; die aanbieding van elke uitstalling wat groot 'n swak versameling uitstalling vertoon 'n min moeite en sorg met min PAT. foute toon. werke. PAT'e is swak versameling aanbieding. Swak organisasie en onvolledig en werke waarmee vaardigheid is duidelik; ondersteun sommige take is nie minimale moeite deur swak ontwerp-oplossings; gedoen nie of gedoen is. aanbieding nie weldeurdag nie. ontbreek. Algehele gebrek aan toewyding en tegniese vaardigheid. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ontwerp 25 DBE/PAT 2018 NSS 0–19% Onaanvaarbaar, DRUIP, Gebrek aan ontwerp- Swak tegniek/ Onvolledige PAT'e Baie min/geen moeite Onaanvaarbaar; onsamehangend, irrelevant, betrokkenheid in elke vakmanskap/metode/ en swak gedoen met die Druip baie min of geen werk nie; PAT. Bewyse van swak vaardigheid gebruik in tydsbestuur wat min aanbieding en beperkte vaardighede toegepas. beplanning en gebruik die aanbieding van die of geen bewyse van funksionaliteit van die Geen toewyding of tegniese van ontwerpelemente, uitstalling wat groot progressiewe uitstalling vir die vaardigheid nie. Swak -beginsels en materiaal foute toon. ontwerp- toeskouer. Die bevoegdheidsvlak en seleksie in die aanbieding van ontwikkeling in die uitstalling vertoon 'n van inhoud; geen sorg en elke PAT. aanbieding van 'n swak versameling moeite met 'n swak aanbieding/ baie swak werke wat min/geen geen aanbieding nie. Baie swak versameling werke moeite toon. organisasie en vaardigheid; toon. ondersteun deur swak ontwerp- oplossings, aanbieding is nie weldeurdag nie. Retrospektiewe Uitstalling 20 punte 20 punte 20 punte 20 punte TOTAAL: 80 punte NAAM VAN KANDIDAAT EKSAMENNOMMER SENTRUMNOMMER SKOOLPUNT GEMODEREERDE PUNT Retrospektiewe Uitstalling TOTAAL: 80 punte Die Besigheidskonteks- opdragte TOTAAL: 20 punte *Hierdie opdragte moet gedurende die moderering van die Retrospektiewe Uitstalling vir eksterne moderering beskikbaar gestel word. Hierdie punt moet by die punt van die Retrospektiewe Uitstalling gevoeg word. TOTAAL: 100 TOTAAL: 100 Naam van onderwyser: Naam van moderator: Datum: Datum: Handtekening: Handtekening: Kopiereg voorbehou

Study this subject

Notes, quizzes and topic questions for Grade 12 Design.

More papers and memos for this grade and subject.

More from Grade 12 Design

View all