Skip to content

Geography Grade 12 P1 November 2024 NSC Question Paper (Afr)

Question paperGeographyGrade 12202417 pages

Grade 12 Geography Paper 1 question paper from the November 2024 NSC (Afrikaans), 17 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Vertroulik NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 GEOGRAFIE V1 NOVEMBER 2024 PUNTE: 150 TYD: 3 uur Hierdie vraestel bestaan uit 17 bladsye. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Geografie/V1 2 DBE/November 2024 NSS Vertroulik INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Hierdie vraestel bestaan uit TWEE afdelings. AFDELING A VRAAG 1: KLIMAAT EN WEER (60) VRAAG 2: GEOMORFOLOGIE (60) AFDELING B VRAAG 3: GEOGRAFIESE VAARDIGHEDE EN TEGNIEKE (30) 2. Beantwoord AL DRIE vrae. 3. ALLE diagramme is by die VRAESTEL ingesluit. 4. Laat 'n reël oop tussen die onderafdelings van vrae wat jy beantwoord. 5. Begin ELKE vraag boaan 'n NUWE bladsy. 6. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik is. 7. MOENIE in die kantlyne van die ANTWOORDEBOEK skryf NIE. 8. Teken volledig benoemde diagramme wanneer dit vereis word. 9. Antwoord in VOLSINNE, behalwe waar jy moet noem, identifiseer of 'n lys moet maak. 10. Die maateenhede MOET in jou finale antwoord aangedui word, bv. 1 020 hPa, 14 °C en 45 m. 11. Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik. 12. Jy mag 'n vergrootglas gebruik. 13. Skryf netjies en leesbaar. SPESIFIEKE INSTRUKSIES EN INLIGTING VIR AFDELING B 14. 'n 1 : 50 000 topografiese kaart 2829DB LADYSMITH en 'n 1 : 10 000 ortofotokaart 2829 DB 6 LADYSMITH word verskaf. 15. Die gebied wat met ROOI/SWART op die topografiese kaart afgebaken is, stel die gebied voor wat deur die ortofotokaart gedek word. 16. Toon ALLE berekeninge. Punte sal vir stappe in berekeninge toegeken word. 17. Jy moet die topografiese kaart en die ortofotokaart aan die einde van hierdie eksamen by die toesighouer inlewer. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Geografie/V1 3 DBE/November 2024 NSS Vertroulik AFDELING A: KLIMAAT EN WEER EN GEOMORFOLOGIE VRAAG 1: KLIMAAT EN WEER Nov 1.1 Verwys na sketse A en B hieronder. Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae oor die invloed van antisiklone in Suid-Afrika verskaf. Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers (1.1.1 tot 1.1.8) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.1.9 D. [Bron: Eksaminator se eie skets] 1.1.1 Skets A toon tipiese …-toestande. A somer B lente C winter D herfs 1.1.2 Die laagdrukstelsel in skets B vorm as gevolg van … oor die land. A lae verdamping B intense verhitting C koue digte lug D swaar reënval 1.1.3 … is die konsep wat gebruik word om die verlenging van die isobare te beskryf wat met die Suid-Atlantiese antisikloon in skets B geassosieer word. A Krimping B Divergensie C Inwigging D Konvergensie 1.1.4 Die antisiklone in sketse A en B verander hulle posisies seisoenaal as gevolg van die … A rotasie van die Aarde. B wrywingsweerstand. C verskuiwing van die ITKS. D Coriolis-krag. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Geografie/V1 4 DBE/November 2024 NSS Vertroulik 1.1.5 Die Suid-Indiese antisikloon in skets B sal waarskynlik meer vog oor die ooskus invoer in vergelyking met skets A omdat dit … A 'n blokkerende hoogdruk is. B 'n groter strekking het (afstand). C droë lug divergeer. D 'n kleiner strekking het (afstand). 1.1.6 Die laagdrukstelsel in skets A sal in 'n … rigting beweeg. A noordwaartse B weswaartse C ooswaartse D suidwaartse 1.1.7 Bergwinde sal meer waarskynlik in skets A ontwikkel as gevolg van die voorkoms van die … en … (i) Kalahari-antisikloon (ii) kuslaag (iii) Suid-Indiese antisikloon (iv) termiese laag A (i) en (ii) B (ii) en (iii) C (i) en (iv) D (iii) en (iv) 1.1.8 Die inversielaag wat oor die eskarp in skets B vorm, sal die vorming van … en … begunstig. (i) ryp (ii) reënval (iii) mis (iv) hael A (i) en (ii) B (i) en (iii) C (ii) en (iv) D (iii) en (iv) (8 x 1) (8) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Geografie/V1 5 DBE/November 2024 NSS Vertroulik 1.2 Pas die beskrywings hieronder by sketse A en B. Skryf slegs A of B langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.7) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.2.8 B. Verwys na sketse A en B oor valleiklimate hieronder om VRAAG 1.2.1 tot 1.2.4 te beantwoord. [Aangepas uit https://unsplash.com/s/photos/valley] 1.2.1 Verteenwoordig 'n anabatiese wind 1.2.2 Koue lug dwing die warm lug om te styg wat 'n inversielaag vorm 1.2.3 Kom gedurende die dag as gevolg van insolasie voor 1.2.4 Ryp vorm op die valleivloer wanneer die temperatuur tot onder 0 °C daal Verwys na sketse A en B oor besoedelingskoepels hieronder om VRAAG 1.2.5 tot 1.2.7 te beantwoord. Besoedelingskoepel Besoedelingskoepel Stedelike gebied Stedelike gebied [Bron: Eksaminator se eie skets] 1.2.5 Verteenwoordig 'n besoedelingskoepel in die aand 1.2.6 Besoedelingsdeeltjies word versprei 1.2.7 Digter konsentrasie van besoedelingsdeeltjies oor die stedelike gebied (7 x 1) (7) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Geografie/V1 6 DBE/November 2024 NSS Vertroulik 1.3 Verwys na die deursnit hieronder van 'n middelbreedtesikloon. 12 °C 8 °C [Bron: Eksaminator se eie skets] 1.3.1 In watter algemene rigting beweeg middelbreedtesiklone? (1 x 1) (1) 1.3.2 Gee 'n rede vir jou antwoord op VRAAG 1.3.1. (1 x 2) (2) 1.3.3 Hoe veroorsaak front A die vorming van cumulonimbuswolke? (2 x 2) (4) 1.3.4 In 'n paragraaf van ongeveer AGT reëls, verduidelik strategieë wat ingestel kan word om die negatiewe omgewingsimpak van die swaar reënval wat met middelbreedtesiklone geassosieer word, te bestuur. (4 x 2) (8) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Geografie/V1 7 DBE/November 2024 NSS Vertroulik 1.4 Verwys na die infografika hieronder wat op Tropiese Sikloon Filipo gebaseer is. TROPIESE SIKLOON FILIPO Die tropiese storm het op 12 Maart in Mosambiek die land bereik nadat dit aan die kus van suidoos-Afrika versterk het en sterk winde en swaar reën na Mosambiek gebring het. Tropiese Storm Filipo het op 13 Maart terug oor die oseaan beweeg en op 14 Maart in 'n tropiese sikloon ontwikkel. PAD VAN TROPIESE SIKLOON FILIPO INLIGTING OOR DIE PAD VAN TROPIESE SIKLOON FILIPO DATUM TYD WIND 10 Mrt 12:00 63 km/h UTC 11 Mrt 12:00 95 km/h UTC 11 Mrt 18:00 116 km/h UTC 12 Mrt 06:00 95 km/h UTC 12 Mrt 18:00 74 km/h UTC 13 Mrt 06:00 84 km/h UTC 13 Mrt 18:00 106 km/h UTC 14 Mrt 06.00 127 km/h UTC INDIESE OSEAAN [Bron: Suid-Afrikaanse Weerdiens] 1.4.1 Noem EEN toestand wat tot die ontwikkeling van Tropiese Sikloon Filipo kon gelei het. (1 x 1) (1) 1.4.2 Gee bewyse uit die kaart en tabel met inligting dat Tropiese Sikloon Filipo vanaf 10 tot 11 Maart versterk het. (2 x 1) (2) 1.4.3 Gee TWEE redes vir die afname in windspoed vanaf 06:00 tot 18:00 op 12 Maart. (2 x 2) (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Geografie/V1 8 DBE/November 2024 NSS Vertroulik 1.4.4 Tropiese Sikloon Filipo het op 14 Maart die volwasse stadium bereik. Teken 'n benoemde deursnit van Tropiese Sikloon Filipo in die volwasse stadium daarvan. Punte sal vir die volgende toegeken word: (a) Deursnit (1 x 1) (1) (b) Wolktipe (1 x 1) (1) (c) Oog (1 x 1) (1) (d) Lugbeweging in die oog (1 x 1) (1) 1.4.5 Verklaar die tekort aan reënval en wolke in die oog van die tropiese sikloon. (2 x 2) (4) 1.5 Verwys na die bron hieronder wat op lyndonderstorms gebaseer is. LYNDONDERSTORMS OOR SUID-AFRIKA Donderstorms kan in die somer 'n lyn vorm wat oor honderde kilometer strek. Hierdie lyndonderstorms kan vir baie ure voortduur en verwoestende winde en hael voortbring, wat 'n negatiewe impak op die natuurlike omgewing het. Vogfront Cumulonimbus- wolke Beskrywing van die Reënval verder hoeveelheid reënval wegdie vogfront vanaf [Aangepas uit https://www.noaa.gov/jetstream/tstrmtypes en eksaminator se eie skets] 1.5.1 Volgens die uittreksel, in watter seisoen kom lyndonderstorms gewoonlik voor? (1 x 1) (1) 1.5.2 Beskryf die temperatuur en voginhoud van wind A en wind B wat tot die ontwikkeling van die lyndonderstorm gelei het. (2 x 2) (4) 1.5.3 Verduidelik waarom die swaarste reënval die naaste aan die vogfront voorkom, soos duidelik in die bron gesien word. (2 x 2) (4) 1.5.4 Verduidelik die negatiewe fisiese (natuurlike) impak van lyndonderstorms. (3 x 2) (6) [60] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Geografie/V1 9 DBE/November 2024 NSS Vertroulik VRAAG 2: GEOMORFOLOGIE 2.1 Pas die stellings in KOLOM A by die opsies oor dreineerbekkens in KOLOM B. Skryf slegs Y of Z langs die vraagnommers (2.1.1 tot 2.1.7) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 2.1.8 Y. KOLOM A KOLOM B 2.1.1 Gebied wat deur 'n rivier en sy Y opvangsgebied sytakke gedreineer word Z dreineerbekken 2.1.2 Veroorsaak 'n vinnige styging in die Y geleidelike gradiënt watertafel Z steil gradiënt 2.1.3 Die boonste vlak van grondwater Y watertafel Z deurvloei 2.1.4 Insypeling van water in die grond in Y infiltrasie Z afloop 2.1.5 Veroorsaak afname van Y niedeurdringbare rotse oppervlakafloop Z digte plantegroei 2.1.6 Die samevloeiing is by Y/Z geleë Y Z 2.1.7 Hoogliggende gebied wat twee Y sytakke in dieselfde rivierstelsel skei SLEUTEL Hoogliggende gebied Z Strome (7 x 1) (7) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Geografie/V1 10 DBE/November 2024 NSS Vertroulik 2.2 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae oor fluviale prosesse en landvorme/verskynsels gegee. Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers (2.2.1 tot 2.2.8) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 2.2.9 D. 2.2.1 … is verantwoordelik vir die vorm van die riviervallei hieronder. Stroom [Bron: Eksaminator se eie skets] A Afsetting B Laterale erosie C Verwering D Vertikale erosie 2.2.2 'n … vorm by die basis van 'n waterval. A Vlegstroom B Delta C Kloof D Plonspoel 2.2.3 Die fluviale landvorm/verskynsel wat in die skets uitgebeeld word, is 'n … [Bron: Eksaminator se eie skets] A waterval. B vallei. C stroomversnelling. D krans. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Geografie/V1 11 DBE/November 2024 NSS Vertroulik 2.2.4 Die plat, laagliggende gebied langs die oewer van 'n rivier in die benedeloop is 'n … A meander. B delta. C vloedvlakte. D alluviale waaier. 2.2.5 Die helling by X op die binne-oewer van 'n meander staan ook as 'n … oewer bekend. [Aangepas uit https://www.google.com/url? sa=www.quora.com%2F] A steil B stoot- C konkawe D gly- 2.2.6 'n … vorm wanneer die meanderlus van die hoofstroom afgesny word. A Delta B Stroomversnelling C Hoefystermeer D Vloedvlakte 2.2.7 Die voordeel van natuurlike levées is 'n … op die vloedvlakte. Natuurlike levées [Aangepas uit https:/%3A%2F%2Frossettgeography. weebly.com%2F-levees] A toename in afsetting B afname in oorstroming C afname in vrugbaarheid D toename in oorstroming Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Geografie/V1 12 DBE/November 2024 NSS Vertroulik 2.2.8 Deltas vorm by die riviermond wanneer die volgende toestande voorkom: (i) Vlak seebodem (ii) Steil seebodem (iii) Sterk strome (iv) Klein getyspeling A (i) en (ii) B (ii) en (iii) C (iii) en (iv) D (i) en (iv) (8 x 1) (8) 2.3 Verwys na dreineerpatrone A en B hieronder. [Bron: https://courses.lumenlearning.com/geo/chapter/reading-types-of-stream] 2.3.1 Identifiseer dreineerpatroon A. (1 x 1) (1) 2.3.2 Bepaal die stroomorde van X in dreineerpatroon A. (1 x 2) (2) 2.3.3 Gee 'n rede vir die rigting waarin strome in dreineerpatroon A vloei. (1 x 2) (2) 2.3.4 Hoe verskil die aansluiting van die sytakke by die hoofstroom in dreineerpatrone A en B? (1 x 2) (2) 2.3.5 Noem TWEE toestande wat met die onderliggende rots geassosieer word, wat tot die vorming van traliedreineerpatroon B bygedra het. (2 x 2) (4) 2.3.6 Waarom is menslike aktiwiteite beperk in gebiede waar dreineerpatrone A en B voorkom? (2 x 2) (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Geografie/V1 13 DBE/November 2024 NSS Vertroulik 2.4 Verwys na die skets hieronder oor rivierverjonging. [Bron: Eksaminator se eie skets] 2.4.1 Definieer die term rivierverjonging. (1 x 2) (2) 2.4.2 Identifiseer die verskynsel by A. (1 x 1) (1) 2.4.3 Hoe dui verskynsel A aan dat rivierverjonging plaasgevind het? (1 x 2) (2) 2.4.4 Beskryf die verandering wat rivierverjonging aan die landskap by B gemaak het. (1 x 2) (2) Verwys na die rivierterrasse in die skets hierbo. 2.4.5 Hoe vorm rivierterrasse? (2 x 2) (4) 2.4.6 Waarom is sekere rivierterrasse nie vir boerdery geskik nie? (2 x 2) (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Geografie/V1 14 DBE/November 2024 NSS Vertroulik 2.5 Verwys na die uittreksel hieronder oor opvangsgebied en rivierbestuur. BESTUUR VAN OPVANGSGEBIEDE EN RIVIERNETWERKE (-STELSELS) Rivieropvangsgebiede in sommige dele van Suid-Afrika is onder hewige druk. Die oorvloedige water wat hulle verskaf, beteken dat die vrugbare grond wat hulle omring, 'n ideale plek vir landbou-aktiwiteite is. Dit is gebiede wat 'n natuurlike skoonheid het en dikwels beide plant- en dierspesies ondersteun. Ongelukkig erken die mensdom nie altyd die belangrikheid van rivier- opvangsgebiede nie. Wanneer gifstowwe en swaar metale in die opvangsgebiede uitspoel, kan dit die lewe van die flora en fauna bedreig. Landbou-afloop kan chemikalieë in rivieropvangsgebiede versprei, wat 'n wanbalans in voedingstofvlakke veroorsaak en op verskillende spesies, op verskillende maniere, 'n impak het. Gelukkig begin ons nou aandag gee aan die bewaring van hierdie lewensnoodsaaklike natuurlike bronne. [Aangepas uit https://www.envirotech-online.com/news/water-wastewater/9/breaking- news/what-is-classed-as-a-river-58892] 2.5.1 Wat is rivierbestuur? (1 x 2) (2) 2.5.2 Noem EEN menslike aktiwiteit in die uittreksel wat 'n negatiewe impak op Suid-Afrika se opvangsgebiede het. (1 x 1) (1) 2.5.3 Hoe het die menslike aktiwiteit (antwoord op VRAAG 2.5.2) 'n negatiewe impak op die gesondheid (watergehalte) van 'n opvangsgebied? (2 x 2) (4) 2.5.4 In 'n paragraaf van ongeveer AGT reëls, stel volhoubare strategieë voor wat die regering kan instel om rivier-opvangsgebiede te bewaar. (4 x 2) (8) [60] TOTAAL AFDELING A: 120 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Geografie/V1 15 DBE/November 2024 NSS Vertroulik AFDELING B VRAAG 3: GEOGRAFIESE VAARDIGHEDE EN TEGNIEKE ALGEMENE INLIGTING OOR LADYSMITH Koördinate: 28°33'S; 29°46ʹO Ladysmith is 'n stad in die Uthukela-distrik van KwaZulu-Natal. Dit is langs die Kliprivier geleë. Die klimaat is warm en matig, met die hoogste reënval wat in die somer aangeteken word. Die gemiddelde jaarlikse temperatuur is 17,3 °C. Die gemiddelde jaarlikse neerslag is ongeveer 1 057 mm. Hierdie klimaat verskaf die ideale toestande vir landbougrondstowwe. [Aangepas uit https://en.wikipedia.org/wiki/LADYSMITH] Die volgende Engelse terme en hulle Afrikaanse vertalings word op die topografiese kaart getoon: ENGLISH AFRIKAANS Furrow Voor Aerodrome Vliegveld Klip River Kliprivier Sewage works Rioolwerke Weir Studam Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Geografie/V1 16 DBE/November 2024 NSS Vertroulik 3.1 KAARTVAARDIGHEDE EN BEREKENINGE 3.1.1 Die naaste dorp aan Ladysmith is ... A Glencoe. B Harrismith. C Newcastle. D Colenso. (1 x 1) (1) 3.1.2 Die verskynsel wat by ruitverwysing (koördinate) 28°31ʹ32ʺS en 29°47ʹ22ʺO geleë is, is … A bewerkte landerye. B standhoudende water. C 'n pad. D 'n reservoir. (1 x 1) (1) 3.1.3 Die gemiddelde magnetiese deklinasie vir die jaar … was 21°03ʹ wes van ware noord. A 2000 B 1995 C 2001 D 2024 (1 x 1) (1) 3.1.4 Bepaal die totale jaarlikse verandering vir 2024. (2 x 1) (2) Verwys na die ortofotokaart. 3.1.5 Bereken die oppervlakte van die afgebakende verskysel 6 in blokke A4/A5 en blok B4. Gee die antwoord in km². Gebruik die volgende inligting: Lengte is 3,0 cm. Formule: Lengte x Breedte (4 x 1) (4) 3.1.6 Gee 'n rede waarom die uitbreiding van die afgebakende verskynsel 6 (antwoord op VRAAG 3.1.5) in 'n suidoostelike rigting beperk is. (1 x 1) (1) 3.2 KAARTINTERPRETASIE Verwys na F in blok C2 en G in blok D4 op die topografiese kaart. 3.2.1 (a) Die temperatuur by F in die middel van die dorp is 2 °C hoër as by G. Noem die konsep wat hierdie verskil beskryf. (1 x 1) (1) (b) Gee EEN rede waarom die hoë digtheid van geboue by F oor die algemeen tot die hoër temperature bydra. (1 x 2) (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Geografie/V1 17 DBE/November 2024 NSS Vertroulik Verwys na blokke D2 en D3 op die ortofotokaart. 3.2.2 Verduidelik hoe hellingsaspek die ligging van Rose Park by 7 op die ortofotokaart bepaal het. (1 x 2) (2) Verwys na die dam H in blok B1 op die topografiese kaart. 3.2.3 Die damwal dui aan dat die rivier in 'n … rigting vloei. A suidwestelike B noordoostelike C noordwestelike D suidoostelike (1 x 1) (1) Verwys na die studam by I in blok A3 op die topografiese kaart. 3.2.4 'n Studam word gebruik om die vloei van water in 'n rivier te reguleer (beheer). Verduidelik waarom die konstruksie van die studam noodsaaklik was. (1 x 2) (2) Verwys na die gedeelte van die Kliprivier vanaf 8 in blok A2 tot 9 in blok A5 op die ortofotokaart. 3.2.5 Identifiseer die fluviale landvorm/verskynsel. (1 x 1) (1) 3.2.6 Gee bewyse waarom hierdie fluviale landvorm/verskynsel (antwoord op VRAAG 3.2.5) in hierdie area ontwikkel het. (1 x 1) (1) Verwys na blok C5 op die ortofotokaart. 3.2.7 Waarom sal meer erosie by 11 as by 10 plaasvind? (1 x 2) (2) 3.3 GEOGRAFIESE INLIGTINGSTELSELS (GIS) 3.3.1 Die vertikale lugfoto wat gebruik is om die ortofotokaart te maak, het 'n (hoë/lae) resolusie. (1 x 1) (1) 3.3.2 Die verklaring van die topografiese kaart verteenwoordig (ruimtelike/attribuut-) data. (1 x 1) (1) 3.3.3 Hoe help hierdie data (antwoord op VRAAG 3.3.2) met die identifisering van verskynsel J op die topografiese kaart? (1 x 2) (2) Verwys na 12 in blok C2 op die ortofotokaart. 3.3.4 Definieer die term bufferskepping. (1 x 2) (2) 3.3.5 Hoe sal bufferskepping by 12 die kwaliteit van die water in die Kliprivier beskerm? (1 x 2) (2) TOTAAL AFDELING B: 30 GROOTTOTAAL: 150 Kopiereg voorbehou

Study this subject

More from Grade 12 Geography

View all