Vertroulik
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
GEOGRAFIE V2
NOVEMBER 2024
PUNTE: 150
TYD: 3 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 18 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2024 papers 
%202024%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--e19dd834-ffaf-4fe6-a8a4-9ee8f8597c29/v1-cd443ecc5afd789f654b/card.webp)




View all%20June%202025%20Possible%20Answers--164c2c1c-f5c3-4207-9e0d-0dc315f4a347/v1-3595c1d253b6030d1edc/card.webp)


%20June%202024%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--7e728632-059d-401a-ba75-fd45632f6091/v1-269fb55ac60eebf555e6/card.webp)
%202024%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--f6778823-8699-4877-bfdd-c56c292e94c7/v1-bab67b102c5261c059a6/card.webp)

Geography Grade 12 P2 November 2024 NSC Question Paper (Afr)
Grade 12 Geography Paper 2 question paper from the November 2024 NSC (Afrikaans), 18 pages. Read online or download the free PDF.
Geography · Grade 12 · November 2024 NSC · 2024. Question paper, 18 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Geography
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Question paper
- Year
- 2024
- Exam period
- November 2024 NSC
- Paper
- 2
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 18
- File size
- 858.5 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 18
This exam
November NSC 2024
Questions in this paper
- Question 1.1Rural and urban settlements8 marks
- Question 1.2Rural and urban settlements7 marks
- Question 1.3Rural and urban settlements15 marks
- Question 1.4Rural and urban settlements15 marks
- Question 1.5Rural and urban settlements15 marks
- Question 2.1Economic geography of South Africa8 marks
Show all 13 questions
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Geografie/V2 2 DBE/November 2024
NSS Vertroulik
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Hierdie vraestel bestaan uit TWEE afdelings.
AFDELING A
VRAAG 1: LANDELIKE EN STEDELIKE NEDERSETTINGS (60)
VRAAG 2: EKONOMIESE GEOGRAFIE VAN SUID-AFRIKA (60)
AFDELING B
VRAAG 3: GEOGRAFIESE VAARDIGHEDE EN TEGNIEKE (30)
2. Beantwoord AL DRIE vrae.
3. ALLE diagramme is by die VRAESTEL ingesluit.
4. Laat 'n reël oop tussen onderafdelings van vrae wat jy beantwoord.
5. Begin ELKE vraag boaan 'n NUWE bladsy.
6. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik is.
7. MOENIE in die kantlyne van die ANTWOORDEBOEK skryf NIE.
8. Teken volledig benoemde diagramme wanneer dit vereis word.
9. Antwoord in VOLSINNE, behalwe waar jy moet noem, identifiseer of 'n lys moet
maak.
10. Die maateenhede MOET in jou finale antwoord aangedui word, bv. 1 020 hPa,
14 °C en 45 m.
11. Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.
12. Jy mag 'n vergrootglas gebruik.
13. Skryf netjies en leesbaar.
SPESIFIEKE INSTRUKSIES EN INLIGTING VIR AFDELING B
14. 'n 1 : 50 000 topografiese kaart 2926AA BLOEMFONTEIN-NOORD (NORTH) en
'n 1 : 10 000 ortofotokaart 2926AA 10 BLOEMFONTEIN-NOORD (NORTH) word
voorsien.
15. Die gebied wat met ROOI/SWART op die topografiese kaart afgebaken is, stel
die gebied voor wat deur die ortofotokaart gedek word.
16. Toon ALLE berekeninge. Punte sal vir stappe in berekeninge toegeken word.
17. Jy moet die topografiese kaart en die ortofotokaart aan die einde van hierdie
eksamen by die toesighouer inlewer.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Geografie/V2 3 DBE/November 2024
NSS Vertroulik
AFDELING A: LANDELIKE EN STEDELIKE NEDERSETTINGS EN DIE
EKONOMIESE GEOGRAFIE VAN SUID-AFRIKA
VRAAG 1: LANDELIKE EN STEDELIKE NEDERSETTINGS
1.1 Kies die stellings in KOLOM A wat by die opsies in KOLOM B pas. Skryf slegs
die letter (Y of Z) langs die vraagnommers (1.1.1 tot 1.1.8) in die
ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.1.9 Y. Nov
KOLOM A KOLOM B
1.1.1 Presiese stuk grond waarop 'n nedersetting Y ligging
gebou is Z standplaas
1.1.2 Die ligging van 'n kommersiële plaas met Y topografie
lewende hawe word deur … beïnvloed. Z markte
1.1.3 Nedersettings wat naby 'n waterbron in droë Y waterpunt
gebiede geleë is Z droëpunt
1.1.4 Die buitelynvorm van hierdie nedersetting word Y sirkel
deur 'n rivier beïnvloed Z lineêr
1.1.5 Die grootste landelike nedersettingstipe Y boeredorpie
Z gehuggie
1.1.6 Groter winste word met hierdie Y verspreide
nedersettingspatroon geassosieer Z kern
1.1.7 Grond wat aan die oorspronklike eienaars Y grondrestitusie
teruggegee is Z grondbesit
1.1.8 'n Ekonomiese uitdaging van grondhervorming Y armoede
Z regsdispute
(8 x 1) (8)
1.2 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers
(1.2.1 tot 1.2.7) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.2.8 D.
1.2.1 Die kleinste stedelike nedersetting in 'n stedelike hiërargie is 'n …
A stad.
B metropolis.
C dorp.
D megalopolis.
1.2.2 'n ... het die kleinste aantal nedersettings.
A Konurbasie
B Stad
C Dorp
D Megalopolis
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Geografie/V2 4 DBE/November 2024
NSS Vertroulik
1.2.3 'n … is die grootste tipe nedersetting wat in Suid-Afrika gevind word.
A Megalopolis
B Konurbasie
C Metropolis
D Stad
1.2.4 'n … is 'n stedelike nedersettingstipe wat uit 'n groot stad en dorpe
bestaan.
A Metropolis
B Konurbasie
C Stad
D Megalopolis
1.2.5 Die … van 'n stad dek 'n groter gebied as 'n dorp.
A reikwydte
B invloedsfeer
C drempelbevolking
D diensarea
1.2.6 'n Universiteit het 'n … reikwydte en 'n … invloedsfeer as 'n skool.
A kleiner; groter
B kleiner; kleiner
C groter; groter
D groter; kleiner
1.2.7 Die reikwydte geassosieer met die aankoop van 'n motorvoertuig is
groter as die aankoop van brood omdat dit:
(i) Duurder is
(ii) Op 'n daaglikse basis aangekoop word
(iii) Nie gereeld aangekoop word nie
(iv) Goedkoper is
A (i) en (iii)
B (ii) en (iv)
C (i) en (ii)
D (iii) en (iv) (7 x 1) (7)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Geografie/V2 5 DBE/November 2024
NSS Vertroulik
1.3 Verwys na die skets en grafiek hieronder wat vlakke van armoede toon wat
deur landelik-stedelike migrasie veroorsaak word.
SLEUTEL
Stad
Vlak van armoede van
Persentasievlak van armoede
jong volwassenes wat
in landelike gebiede
agterbly
Jong
volwassenes
Vlak van armoede
van jong
volwassenes wat
na stedelike
gebiede migreer
1994 2024
[Aangepas uit Mail and Guardian]
1.3.1 Definieer die term landelik-stedelike migrasie. (1 x 2) (2)
1.3.2 Volgens die grafiek het die persentasievlak van armoede met 'n
kleiner hoeveelheid in (landelike/stedelike gebiede) gedaal. (1 x 1) (1)
1.3.3 Hoe het werkloosheid tot hierdie neiging in armoedevlakke bygedra
(antwoord op VRAAG 1.3.2)? (1 x 2) (2)
1.3.4 Hoe het die beweging van jong volwassenes na stedelike gebiede 'n
negatiewe maatskaplike impak op die landelike gemeenskap?
(2 x 2) (4)
1.3.5 Stel strategieë voor wat in landelike gebiede gebruik kan word om
die beweging van jong volwassenes na stedelike gebiede te
verminder. (3 x 2) (6)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Geografie/V2 6 DBE/November 2024
NSS Vertroulik
1.4 Verwys na die skets hieronder wat 'n stedelike profiel toon.
SSK Oorgangsone Residensiële Industriële Landelik-
gebied gebied stedelike
oorgangsone
25 km
[Bron: Eksaminator se eie skets]
1.4.1 Definieer die konsep stedelike profiel. (1 x 2) (2)
1.4.2 Lewer kommentaar op die hoogte van geboue in die SSK in
vergelyking met dié in die landelik-stedelike oorgangsone. (1 x 1) (1)
1.4.3 Hoe het die aanvraag na grond die digtheid van geboue in die SSK
beïnvloed? (1 x 2) (2)
1.4.4 Waarom word daar na beide die oorgangsone en die landelik-
stedelike oorgangsones as sones van verandering verwys? (2 x 2) (4)
1.4.5 Stel ekonomiese redes voor waarom die landelik-stedelike
oorgangsone 'n aantreklike ligging vir kommersiële aktiwiteite sal
wees. (3 x 2) (6)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Geografie/V2 7 DBE/November 2024
NSS Vertroulik
1.5 Verwys na die foto's en uittreksel hieronder oor informele nedersettings.
OPGRADERING VAN INFORMELE NEDERSETTINGS
Voor Daarna
Informele nedersettings is gewoonlik op enige oop, beskikbare stuk grond geleë.
Informele nedersettings word gekenmerk deur 'n tekort aan basiese dienste,
besoedeling, oorbevolking en swak afvalbestuur wat die omgewing negatief beïnvloed
en 'n gesondheidsrisiko inhou. Ten spyte daarvan groei die aantal informele
nedersettings steeds.
Wat is die oplossing vir informele nedersettings? In plaas daarvan om belangrike
maatskaplike en ekonomiese netwerke te ontwrig deur die inwoners te ontwortel en te
hervestig, sal opgraderingsprogramme met maatskaplike voordele vir die mense in
informele nedersettings geassosieer word. Sulke programme kan buurtinfrastruktuur
verbeter terwyl lae-inkomste-inwoners op die terrein aanbly.
Deur informele nedersettings op te gradeer, word inkomste-genererende geleenthede
geskep wat direk voordelig kan wees vir die plaaslike besighede en inwoners. Dit is veral
nuttig vir werkers as werksgeleenthede binne die gemeenskap geskep word. In baie
gevalle sal jong mense binne hierdie nedersettings direk in opgraderingsprojekte
aangestel word.
[Aangepas uit https://www.african-cities.org/upgrading-informal-settlements-in-african-cities en
https://www.google.com/search?q=informal+settlements]
1.5.1 Definieer die term informele nedersetting. (1 x 2) (2)
1.5.2 Noem EEN faktor in die uittreksel wat 'n negatiewe impak op die
gesondheid van inwoners in informele nedersettings het. (1 x 1) (1)
1.5.3 Verduidelik TWEE ekonomiese redes vir die toename in informele
nedersettings. (2 x 2) (4)
1.5.4 In 'n paragraaf van ongeveer AGT reëls, verduidelik hoe die
opgradering (verbetering) van informele nedersettings 'n positiewe
maatskaplike impak op mense wat in hierdie nedersettings woon,
sal hê. (4 x 2) (8)
[60]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Geografie/V2 8 DBE/November 2024
NSS Vertroulik
VRAAG 2: EKONOMIESE GEOGRAFIE VAN SUID-AFRIKA
2.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers
(2.1.1 tot 2.1.8) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 2.1.9 D.
2.1.1 Die vernaamste verskil tussen kleinskaalse en grootskaalse
boerdery is die …
A grootte van plaaseiendomme.
B gebruik van navorsingstegnologie.
C tipes boere.
D impak op die mark.
Verwys na die foto's oor klein- en grootskaalse boerdery hieronder om
VRAAG 2.1.2 en 2.1.3 te beantwoord.
2.1.2 Foto … hieronder illustreer kleinskaalse boerdery.
[Bron: https://www.google.com/url?sa=i&url=https%3A%2F%2Fblog.ipleaders.in%2Fagriculture-income-types]
A P
B Q
C R
D S
2.1.3 'n Eienskap van kleinskaalse boerdery sigbaar op die foto is …
A die gebruik van bastersade.
B dat dit slegs uitvoergeoriënteerd is.
C die hoë kapitale belegging.
D die gebruik van handearbeid.
2.1.4 … is 'n ekonomiese voordeel vir 'n boer wat grootskaalse boerdery
beoefen.
A Die gebruik van masjinerie
B Groter winste
C 'n Groot arbeidsmag
D Die beoefening van monokultuur
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Geografie/V2 9 DBE/November 2024
NSS Vertroulik
2.1.5 Veeboerdery is 'n aktiwiteit in die … ekonomiese sektor.
A primêre
B sekondêre
C tersiêre
D kwaternêre
2.1.6 Verspreiding van suiwelprodukte is 'n aktiwiteit in die … ekonomiese
sektor.
A primêre
B sekondêre
C tersiêre
D kwaternêre
2.1.7 'n Faktor wat veeboerdery in Suid-Afrika bevoordeel, is …
A swaar reënval.
B hoë temperature.
C beskikbare weiveld.
D klimaatsvariasie.
2.1.8 Uitdagings waarvoor kleinskaalse veeboere in Suid-Afrika te staan
kom, is:
(i) Hoë werkloosheidskoers
(ii) Dieresiektes
(iii) Halfwoestynagtige grond
(iv) Uitvoermark
A (i) en (ii)
B (ii) en (iii)
C (i) en (iv)
D (iii) en (iv) (8 x 1) (8)
2.2 Kies die stellings in KOLOM A wat by die opsies in KOLOM B pas. Skryf slegs
Y of Z langs die vraagnommers (2.2.1 tot 2.2.7) in die ANTWOORDEBOEK
neer, bv. 2.2.8 Y.
KOLOM A KOLOM B
2.2.1 Die hoofdoel van 'n nywerheidsontwikkeling- Y uitvoere
sone (NOS) is om … aan te moedig. Z invoere
2.2.2 ROI's is gewoonlik in … gebiede geleë. Y onderontwikkelde
Z ontwikkelde
2.2.3 'n Positiewe ekonomiese impak van Y verbeterde lewensgehalte
ruimtelikeontwikkelingsinisiatiewe (ROI's) is … Z opgegradeerde infrastruktuur
2.2.4 'n Maatskaplike uitdaging wat in die Y ongeskoolde arbeidsmag
Saldanhabaai-NOS ondervind word, is … Z swak hawefasiliteite
2.2.5 Die hoofnywerheid wat met die Weskus-NOS Y motorvoertuigaanleg
geassosieer word, is 'n … Z staalaanleg
2.2.6 Die Suidwes-Kaap-kernnywerheidstreek word Y min minerale hulpbronne
deur … beperk. Z klein plaaslike markte
2.2.7 'n Fisiese faktor wat nywerhede in die Suidwes- Y oorsese markte
Kaap-kernnywerheidstreek bevorder, is … Z ligging aan die kus
(7 x 1) (7)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Geografie/V2 10 DBE/November 2024
NSS Vertroulik
2.3 Verwys na die grafiek en uittreksel hieronder oor steenkoolmynbou in
Suid-Afrika.
SUID-AFRIKA SE STEENKOOLUITVOERE EN INDIENSNEMING
SLEUTEL
UITVOERE IN MILJARDE RAND
GETAL WERKERS
Rand in miljarde
Getal werkers
JARE
Die hoëgehalte-steenkoolreserwes in Suid-Afrika het deur die jare afgeneem.
Vlak en hoëgehalte-hulpbronne in die Emalahleni-(Witbank)-steenkoolveld is uitgeput.
Daar word van mynboumaatskappye verwag om ander, meer kostedoeltreffende metodes
te vind om die dieper, laegehalte-steenkoollae van die bekken te ontgin.
[Aangepas uit https://www.miningforschools.co.za/lets-explore/coal/south-african-coal-mining-today]
2.3.1 Volgens die grafiek, watter hoeveelheid steenkool, in miljarde, is in
2023 uitgevoer? (1 x 1) (1)
2.3.2 Wat is die algemene neiging in die laaste paar jaar ten opsigte van
winste uit die uitvoer van steenkool? (1 x 1) (1)
2.3.3 Volgens die grafiek, tussen watter jare is die kleinste getal
werknemers in die steenkoolmynbedryf aangeteken? (1 x 1) (1)
2.3.4 Gee EEN moontlike rede vir die klein getal werknemers (antwoord
op VRAAG 2.3.3). (1 x 2) (2)
2.3.5 Volgens die uittreksel het die hoëgehalte-steenkoolreserwes in
Suid-Afrika deur die jare afgeneem.
Verduidelik die negatiewe impak van die afname in hoëgehalte-
steenkoolreserwes vir die toekomstige voorsiening van krag in
Suid-Afrika. (2 x 2) (4)
2.3.6 Verduidelik waarom die steenkoolmynboubedryf vir die ekonomie
van Suid-Afrika belangrik is. (3 x 2) (6)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Geografie/V2 11 DBE/November 2024
NSS Vertroulik
2.4 Verwys na die infografika hieronder oor die Gauteng-(PWV)-
kernnywerheidstreek.
VERANDERING IN GAUTENG (PWV) SE VERVAARDIGINGSEKTOR
Gauteng (PWV) is die grootste bydraer tot Suid-Afrika se bruto binnelandse
produk (BBP). Gauteng (PWV) se belangrikste ekonomiese sektore is
finansiële- en besigheidsdienste, logistiek en kommunikasie, vervaardiging,
eiendom, telekommunikasie en handel.
Ongeveer 10 000 besighede betrokke by die provinsie se vervaardigingsektor
het meer as 'n half miljoen mense in diens. Die ekonomie van die provinsie is
besig om van tradisionele swaar nywerheidsmarkte en produksie met lae
toegevoegde waarde* weg te beweeg na gesofistikeerde produksie met hoë
toegevoegde waarde**, veral in inligtingstegnologie, telekommunikasie en
ander hoëtegnologienywerhede.
WOORDELYS
*Produksie met lae toegevoegde waarde: basiese produksie wat tradisionele tegnologie en
handearbeid gebruik om masjinerie te hanteer
**Produksie met hoë toegevoegde waarde: produksie wat gevorderde tegnologie gebruik,
wat hoogs doeltreffend is, bv. robotika om masjinerie te hanteer
[Aangepas uit https://www.google.com/search?q=in-Gauteng+industrial+region]
Statistiek vir Gauteng- Hoofpaaie wat hoofnywerheidstreke in die
(PWV)-kernnywerheids- Gauteng-(PWV)-kernnywerheidstreek verbind
gebied
20% van Suid-Afrika
se bevolking
31% van SA se
arbeidsmag in alle
ekonomiese sektore
22% dra tot die
mynbousektor by
38%-bydrae tot die
BBP van Suid-Afrika
45% van Suid-Afrika
se vervaardigings-
kapasiteit
[Aangepas uit 'Growing
Gauteng Together'
(GGT 2030)]
Hoofpaaie
[Aangepas uit https://journals.co.za/doi/pdf/10.10520]
2.4.1 Verwys na die statistiek en noem die persentasie wat die Gauteng-
(PWV)-kernnywerheidstreek tot die BBP van Suid-Afrika bydra.
(1 x 1) (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Geografie/V2 12 DBE/November 2024
NSS Vertroulik
2.4.2 Haal bewyse uit die uittreksel aan wat toon waarom 31% van
Suid-Afrika se arbeidsmag in die Gauteng-(PWV)-kern-
nywerheidstreek gevind word. (1 x 2) (2)
2.4.3 Verwys na die skets en verduidelik die rol van die hoofpaaie in die
ondersteuning van nywerheidsontwikkeling in die Gauteng-(PWV)-
kernnywerheidstreek. (2 x 2) (4)
2.4.4 Verduidelik TWEE uitdagings wat die Gauteng-(PWV)-kern-
nywerheidstreek die hoof moet bied. (2 x 2) (4)
2.4.5 Stel EEN voordeel en EEN nadeel voor van nywerhede wat na
produksie met hoë toegevoegde waarde in die Gauteng-(PWV)-
kernnywerheidstreek beweeg. (2 x 2) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Geografie/V2 13 DBE/November 2024
NSS Vertroulik
2.5 Verwys na die uittreksel en grafiek hieronder oor die informele sektor.
REGULERING VAN HANDEL IN DIE INFORMELE SEKTOR
Handel in die informele sektor was nog altyd deel van Suid-Afrika se ekonomie met 30%
daarvan wat in Johannesburg plaasvind.
Die stad Johannesburg het informele handelsregulasies wat tans handel in die informele
sektor reguleer. Die munisipaliteit mag enige plek verklaar as 'n gebied waar handel beperk
of verbied word. Die beperkings sluit handelaars in wat wil oornag aangesien dit hulle aan
kriminele aktiwiteit blootstel. Enigiemand wat nie aan hierdie regulasies voldoen nie, kan
tot R500 beboet word.
Mense wat motorvensters was en ander informele handelaars is deel van 'n groot groep
arm Suid-Afrikaners wat ekonomies uitgesluit is en wat probeer om 'n manier te vind om
hulle gesinne te onderhou. Menseregteprokureurs sê dat sekere regulasies 'mense straf
net omdat hulle arm is'.
[Aangepas uit https://hsf.org.za/publications/hsf-briefs/informal-trading-in-johannesburg]
[Aangepas uit https://www.researchgate.net/figure/Busiest-times-for-informal-trade-in-Orange-Farm-and-
Johannesburg-Inner-City_fig4_306262758]
2.5.1 Volgens die uittreksel, wat is die persentasie informele handel wat
in Johannesburg plaasvind? (1 x 1) (1)
2.5.2 Haal 'n bewys uit die uittreksel aan oor waarom handel snags in
Johannesburg beperk is. (1 x 1) (1)
2.5.3 Volgens die grafiek, wat is die besigste tyd vir handel in die
informele sektor? (1 x 1) (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Geografie/V2 14 DBE/November 2024
NSS Vertroulik
2.5.4 Stel TWEE redes voor vir die snelle groei van die informele sektor
in die stad Johannesburg. (2 x 2) (4)
2.5.5 In 'n paragraaf van ongeveer AGT reëls, verduidelik maatreëls wat
die munisipaliteit kan instel om handelaars in die informele sektor te
help om onder meer gunstige omstandighede te werk. (4 x 2) (8)
[60]
TOTAAL AFDELING A: 120
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Geografie/V2 15 DBE/November 2024
NSS Vertroulik
AFDELING B
VRAAG 3: GEOGRAFIESE VAARDIGHEDE EN TEGNIEKE
ALGEMENE INLIGTING OOR BLOEMFONTEIN
Koördinate: 29°05'S; 26°09'O
Bloemfontein is die hoofstad van die Vrystaat. Dit is in sentraal Suid-Afrika op die
suidelike rand van die Hoëveld geleë. Die gebied is oor die algemeen plat met
geïsoleerde koppies. Alhoewel landbou die hoof- primêre aktiwiteit is, dryf besighede
hoofsaaklik Bloemfontein se ekonomie.
As gevolg van die baie besighede het dit meer mense na die gebied gelok. Dit het tot
baie nuwe ontwikkelings gelei.
[Aangepas uit https://en.wikipedia.org/wiki/Bloemfontein]
Die volgende Engelse terme en hulle Afrikaanse vertalings word op die topografiese
kaart getoon:
ENGLISH AFRIKAANS
Spring Spruit
Game reserve Wildreservaat
Roads under construction Paaie onder konstruksie
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Geografie/V2 16 DBE/November 2024
NSS Vertroulik
3.1 KAARTVAARDIGHEDE EN BEREKENINGE
3.1.1 Die (topografiese kaart/ortofotokaart) het 'n kleiner skaal. (1 x 1) (1)
3.1.2 'n Kleinskaalse kaart toon:
(i) 'n Klein gebied
(ii) Meer besonderhede
(iii) 'n Groot gebied
(iv) Minder besonderhede
A (i) en (ii)
B (ii) en (iv)
C (i) en (iii)
D (iii) en (iv) (1 x 1) (1)
3.1.3 Die ruitverwysing van die reservoir by F in blok B1 op die
topografiese kaart is …
A 26°10'12''S; 29°02'55''O.
B 29°02'55''S; 26°10'12''O.
C 29°01'55''S; 26°10'25''O.
D 26°10'25''S; 29°01'55''O. (1 x 1) (1)
Verwys na die ortofotokaart.
3.1.4 Bepaal die ware peiling van punthoogte 1431 by 6 in blok A3 van
punthoogte 1427 by 7 in blok B4. (1 x 1) (1)
Verwys na die topografiese kaart.
3.1.5 Bereken die gemiddelde gradiënt vanaf punthoogte 1358 by G in
blok A3 na trigonometriese stasie 96 by H in blok C4.
Gebruik die volgende inligting: Die afstand tussen
punthoogte 1358 en trigonometriese stasie 96 is 7,8 cm.
Formule: Vertikale Interval (VI)
Horisontale Ekwivalent (HE) (4 x 1) (4)
3.1.6 Is die gradiënt (antwoord op VRAAG 3.1.5) steil of geleidelik? (1 x 1) (1)
3.1.7 Waarom sal hierdie gradiënt (antwoord op VRAAG 3.1.6) voordelig
vir padkonstruksie wees? (1 x 1) (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Geografie/V2 17 DBE/November 2024
NSS Vertroulik
3.2 KAARTINTERPRETASIE
3.2.1 Die hoofnedersettingspatroon by gebied 8 in blokke D1 en E1 op
die ortofotokaart is …
A verspreid.
B kernagtig.
C lineêr.
D sirkelvormig. (1 x 1) (1)
Verwys na die Woodland Hills-nedersetting in blok B2 op die topografiese
kaart.
3.2.2 (a) Watter bewys dui aan dat hierdie voorstad steeds ontwikkeling
ondergaan? (2 x 1) (2)
(b) Verduidelik die negatiewe impak wat hierdie ontwikkeling op
boerdery in die gebied kan hê. (1 x 2) (2)
Verwys na die residensiële gebied by 9 in blokke B4 en C4 op die
ortofotokaart.
3.2.3 (a) Hoe het topografie die ontwikkeling van die ruitstraatpatroon
beïnvloed wat in hierdie residensiële gebied sigbaar is?
(1 x 1) (1)
(b) Verduidelik EEN ekonomiese voordeel wat inwoners in die
residensiële gebied by 9 as gevolg van die ligging daarvan sal
ervaar. (1 x 2) (2)
Verwys na blokke A1/A2 en B1/B2 op die topografiese kaart.
3.2.4 (a) Identifiseer die primêre aktiwiteit wat in blokke A1/A2 en
B1/B2 beoefen word. (1 x 1) (1)
(b) Waarom word hierdie primêre aktiwiteit (antwoord op
VRAAG 3.2.4(a)) op groot skaal beoefen? (1 x 1) (1)
(c) Identifiseer TWEE strategieë wat in blokke A1/A2 en B1/B2
ingestel is om 'n gereelde watertoevoer vir die primêre
aktiwiteit te verseker. (2 x 1) (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Geografie/V2 18 DBE/November 2024
NSS Vertroulik
3.3 GEOGRAFIESE INLIGTINGSTELSELS (GIS)
3.3.1 Die proses om data van raster- na vektorformaat om te skakel, word
data-… genoem.
A analise
B integrasie
C oorlegging/inligtingslae
D manipulasie (1 x 1) (1)
3.3.2 Verduidelik hoe die data van die vertikale lugfoto (gebruik om die
ortofotokaart te maak) na die topografiese kaart omgeskakel is.
(1 x 2) (2)
Verwys na blok A3 op die topografiese kaart.
3.3.3 Teken blok A3 oor en voeg slegs die volgende verskynsels by:
(a) 'n Mensgemaakte lynverskynsel (1 x 1) (1)
(b) 'n Mensgemaakte poligoonverskynsel (1 x 1) (1)
3.3.4 Definieer die konsep data-integrasie. (1 x 2) (2)
3.3.5 Noem die data-integrasiemetode wat op die topografiese kaart
gebruik is. (1 x 1) (1)
TOTAAL AFDELING B: 30
GROOTTOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject

Memorandum
Geography Grade 12 P2 Eastern Cape Prelim 2024 Memo (Afr)
%202024%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--e19dd834-ffaf-4fe6-a8a4-9ee8f8597c29/v1-cd443ecc5afd789f654b/card.webp)
Memorandum
Geography Grade 12 P2 Gauteng Prelim 2024 Memo (Afrikaans)

Question paper
Geography Grade 12 Paper 2 KZN Prelim 2023 Question Paper

Question paper
Geography Grade 12 Paper 2 MAPS 2023 Question Paper

Question paper
Geography Grade 12 P2 NSC June 2023 Question Paper (English)

Question paper
Geography Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2022 QP (Afr)
More from Grade 12 Geography
%20June%202025%20Possible%20Answers--164c2c1c-f5c3-4207-9e0d-0dc315f4a347/v1-3595c1d253b6030d1edc/card.webp)
Memorandum
Geography Grade 12 P1 Gauteng June 2025 Memo (Afrikaans)

Memorandum
Geography Grade 12 Paper 2 Gauteng Mock 2025 Memo

Memorandum
Geography Grade 12 Paper 1 NSC November 2025 Memo (English)
%20June%202024%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--7e728632-059d-401a-ba75-fd45632f6091/v1-269fb55ac60eebf555e6/card.webp)
Memorandum
Geography Grade 12 Gauteng June 2024 Memo (English)
%202024%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--f6778823-8699-4877-bfdd-c56c292e94c7/v1-bab67b102c5261c059a6/card.webp)
Memorandum
Geography Grade 12 P1 Gauteng Prelim 2024 Memo (English)

Memorandum