Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 11
NOVEMBER 2022
GEOGRAFIE V2
PUNTE: 150
TYD: 3 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 16 bladsye.
Skip to contentAll 2022 papers 





View all





Geography Grade 11 P2 Eastern Cape November 2022 QP (Afr)
Grade 11 Geography Paper 2 question paper from the Eastern Cape November 2022 (Afrikaans), 16 pages. Read online or download the free PDF.
Geography · Grade 11 · Eastern Cape November · 2022 · Afrikaans. Question paper, 16 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Geography
- Grade
- Grade 11
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Question paper
- Year
- 2022
- Exam period
- Eastern Cape November
- Paper
- 2
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 16
- File size
- 1.1 MB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 16
This exam
Eastern Cape November 2022
Questions in this paper
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
2 GEOGRAFIE V2 (EC/NOVEMBER 2022)
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Hierdie vraestel bestaan uit TWEE AFDELINGS:
AFDELING A:
VRAAG 1: ONTWIKKELINGSGEOGRAFIE (60)
VRAAG 2: HULPBRONNE EN VOLHOUBAARHEID (60)
AFDELING B:
VRAAG 3: GEOGRAFIESE VAARDIGHEDE EN TEGNIEKE (30)
2. Beantwoord al DRIE vrae.
3. ALLE diagramme is in die VRAESTEL ingesluit.
4. Laat ʼn reël tussen onderafdelings van vrae wat jy beantwoord.
5. Begin ELKE vraag boaan ʼn NUWE bladsy.
6. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in die
vraestel gebruik word.
7. MOENIE in die kantlyne van die ANTWOORDEBOEK skryf NIE.
8. Teken volledig benoemde diagramme wanneer dit vereis word.
9. Antwoord in VOLSINNE, behalwe waar jy moet noem, identifiseer of ʼn lys moet
maak.
10. Maateenhede MOET in jou finale antwoord aangedui word, bv. 1 020 hPa,
14 °C en 45 m.
11. Jy mag ʼn nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.
12. Jy mag ʼn vergrootglas gebruik.
13. Skryf netjies en leesbaar.
SPESIFIEKE INSTRUKSIES EN INLIGTING VIR AFDELING B
14. ʼn 1 : 50 000 topografiese kaart van 3319AD CERES en ʼn 1 : 10 000
ortofotokaart 3319 AD 12 CERES word verskaf.
15. Die gebied wat met ROOI/SWART op die topografiese kaart afgebaken is, stel
die gebied voor wat deur die ortofotokaart gedek word.
16. Toon ALLE berekeninge. Punte sal hiervoor toegeken word.
17. Jy moet die topografiese kaart en die ortofotokaart aan die einde van hierdie
eksamensessie by die toesighouer inlewer.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2022) GEOGRAFIE V2 3
AFDELING A: ONTWIKKELINGSGEOGRAFIE EN HULPBRONNE EN
VOLHOUBAARHEID
VRAAG 1
1.1 Kies ʼn term in KOLOM B wat by die beskrywing in KOLOM A pas. Skryf SLEGS
die letters (A–H) langs die vraagnommers (1.1.1 tot 1.1.7) in die
ANTWOORDEBOEK neer, bv.1.1.8 I.
KOLOM A KOLOM B
1.1.1 Die ontwikkeling van industrieë in ʼn A globalisering
land
1.1.2 Geleë in ʼn MOEL waar hulpbronne B buitelandse handel
goedkoop en die salaris min is
1.1.3 Sluit die beweging van goedere, C uitkringende-effek
dienste, kapitaal, idees en mense
rondom die wêreld in
1.1.4 Uitruil van goedere tussen lande D volhoubare ontwikkeling
1.1.5 ʼn Toename in aktiwiteit en belegging E industrialisasie
in een gebied veroorsaak ʼn aktiwiteit
en belegging in ʼn ander gebied
1.1.6 Lande, met hoë inkomste wat F ontwikkelend
gewoonlik in die noorde aangetref
word
1.1.7 Balanseer ekonomiese, sosiale en G Transnasionale
omgewingsdoelwitte korporasies
H ontwikkeld
(7 x 1) (7)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
4 GEOGRAFIE V2 (EC/NOVEMBER 2022)
1.2 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae verskaf.
Kies die korrekte antwoord en skryf slegs letter (A–D) langs die vraagnommers
(1.2.1 tot 1.2.8) in die ANTWOORDEBOEK neer. bv. 1.2.9 A.
1.2.1 ʼn Gini-koëffisiënt telling van 0,8 dui .... aan.
A ʼn oneweredige verspreiding van rykdom in ʼn land
B die ergste moontlike lewenskwaliteit
C die amper perfekte lewenskwaliteit
D ʼn meer gelyke verspreiding van rykdom
1.2.2 Handelsbalans is die ...
A belasting wat op ingevoerde produkte geplaas word.
B finansiële staat van ʼn land.
C waarde van ʼn land se in- en uitvoere.
D beperking op ingevoerde goedere.
1.2.3 Demografiese-aanduiders sluit in ...
A geboorte- en sterftesyfers.
B voedsel en voeding.
C water en elektrisiteit.
D goedere en dienste.
1.2.4 ʼn Nadeel van globalisering is die ...
A liberalisering van handel.
B uitruil van vaardighede.
C verspreiding van Covid-19.
D vorming van globale organisasies.
1.2.5 Die vinnige ekonomiese ontwikkeling van China kan toegeskryf word
aan ʼn ...
A opeenvolging van vyfjaarplanne.
B beleid van proteksionisme.
C wêreldwye arbeidsmag.
D uitvoer-geleide benadering tot ontwikkeling.
1.2.6 Die donasie van inspuitings om die verspreiding van die Covid-
pandemie te help bekamp is ʼn voorbeeld van ... ontwikkelingshulp.
A tydelike
B humanitêre
C bilaterale
D tegniese
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2022) GEOGRAFIE V2 5
1.2.7 ʼn Menslike ontwikkelingsindeks van 0,8 dui ʼn ... aan.
A goeie lewenskwaliteit
B swak lewenskwaliteit
C hoë geboortesyfer
D hoë sterftesyfer
1.2.8 Die bestryding van die verspreiding van MIV/Vigs en Covid-19 is
voorbeelde van ontwikkeling uit ʼn ... konteks.
A plaaslike
B streeks-
C gemeenskap-
D globale (8 x 1) (8)
1.3 Die strokiesprent hieronder toon ʼn ekonomiese aanduiding van ontwikkeling.
[Bron: Addisfortune.net]
1.3.1 Wat is BBP-groei? (1 x 2) (2)
1.3.2 Noem die belangrikheid van BBP-groei vir ʼn land. (1 x 1) (1)
1.3.3 Lewer kommentaar oor die verhouding tussen BBP-groei en menslike
ontwikkeling. (1 x 2) (2)
1.3.4 Hoe beeld die strokiesprent ʼn negatiewe impak van BBP-groei op
menslike ontwikkeling uit? (1 x 2) (2)
1.3.5 Verduidelik waarom hierdie negatiewe impak (jou antwoord op
VRAAG 1.3.4) sigbaar in die meeste lande is. (2 x 2) (4)
1.3.6 Stel strategieë voor om menslike ontwikkeling in ontwikkelende lande
te verbeter. (2 x 2) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
6 GEOGRAFIE V2 (EC/NOVEMBER 2022)
1.4 Verwys na die uittreksel hieronder wat op die inisiatief van die Perdekraal-Oos
Windplaas-organisasie; gebaseer is.
DIE PERDEKRAAL-OOS WINDPLAAS GEMEENSKAPSPROJEK
ʼn Gemeenskapstrust is geskep en besit 2,5% van Perdekraal-Oos windplaas,
wat belê word in gemeenskapsontwikkelingsprogramme vir sosiale welsyn tot
voordeel van die begunstigde gemeenskappe.
Gedurende die konstruksiefase van Perdekraal-Oos windplaas het die
gemeenskappe toegang tot vaardighede en opleidingsgeleenthede, asook
meer werk- en sakegeleenthede as wat voorheen in die omgewing beskikbaar
was.
Gedurende die bedryfsfase bestee Perdekraal-Oos windplaas 2,8% van sy
inkomste aan sosio-ekonomiese welsyn en 0,2% aan plaaslike
ondernemingsontwikkeling binne die begunstigde gemeenskappe vir ʼn tydperk
van 20 jaar.
Die sosio-ekonomiese ontwikkelingsprojekte is gefokus op die implementering
van programme binne die begunstigde gemeenskappe van Ceres en naburige
distrikte, met die doel om opwaartse sosiale mobiliteit moontlik te maak.
Hierdie programme en inisiatiewe vir vroeë kinderontwikkeling help om
ongeletterdheid te verlig; gesondheidsorginisiatiewe; gemeenskaps-
bewusmakingsveldtogte; ontwikkeling van infrastruktuur; bemagtiging van
vroue en jeug word ook aangespreek.
Die Perdekraal-Oos windplaas help en versnel die volhoubaarheid van
plaaslike ondernemings wat besit word deur voorheen benadeelde mense en
verskaffers van vroue. Hierdie program maak voorsiening vir
besigheidsondersteuning en om volhoubaarheid te verseker.
[Vryvertaal en aangepas uit: https://perdekraaleastwind.co.za]
1.4.1 Wat is gemeenskapsontwikkeling? (1 x 2) (2)
1.4.2 Volgens die uittreksel, hoe het gemeenskappe in die gebied by die
konstruksiefase van die Perdekraal-Oos windplaas gebaat. (1 x 1) (1)
1.4.3 Noem TWEE fokus areas van die gemeenskapsontwikkelingsprojekte
wat die sosiale welsyn van die gemeenskap bevoordeel het. (2 x 1) (2)
1.4.4 Waarom is die monitering van gemeenskapsgebaseerde projekte vir
volhoubare ontwikkeling ʼn vereiste? (1 x 2) (2)
1.4.5 In ʼn paragraaf van ongeveer AGT reëls, verduidelik waarom die
Perdekraal-Oos windplaas gemeenskapsprojek belangrik is vir ʼn land
se breër ontwikkelingsdoelwitte. (4 x 2) (8)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2022) GEOGRAFIE V2 7
1.5 Lees die uittreksel hieronder wat gebaseer op handelsverhoudinge is.
BRICS ’N STERKER BLOK OM VRYE-HANDEL TE BESKERM
BRICS is ʼn akroniem vir die ontwikkelende nasies van Brasilië, Rusland, Indië
en China – hierdie lande word beskou as die toekomstige dominante
verskaffers van vervaardigde goedere, dienste en grondstowwe teen 2050.
China en Indië word beskou as die wêreld se toekomstige belangrikste
verskaffers van onderskeidelik vervaardigde goedere en dienste, terwyl
Brasilië en Rusland op dieselfde manier as die verskaffers van grondstowwe
sal oorheers. Vanaf 2010 het Suid-Afrika by die groep aangesluit, wat nou
BRICS genoem word.
ʼn Vergadering van die BRICS-handelsblok het dit duidelik gemaak dat China,
met ʼn relatief oorvloedige verskaffingskapasiteit van mediese hulpbronne, soos
entstowwe, hierdie lande effektief kan help om so gou as moontlik uit die
pandemie te kom. In die hele geskiedenis van die BRICS-ooreenkoms was
daar nog nooit ʼn meer uitdagende tyd vir al vyf die lande om hulpbronne
gesamentlik oor te dra nie.
Die vergadering het ook aandag gegee aan die kommer oor die groot krisis in
die openbare gesondheid, die ekonomiese agteruitgang en die stygende
werkloosheidsyfer, wat ʼn bedreiging vir sosiale stabiliteit inhou. Dit glo dat ons
slegs deur internasionale samewerking en multilateralisme-agenda ons
uitdagings die hoof kan bied.
Wat die multilaterale besprekings betref, was hierdie vergadering ʼn kragtige
reaksie op die onlangse eensydige optrede van die Verenigde State. Die VSA
het ook probeer om Brasilië en Indië aan te moedig om die BRICS se
belangrikheid af te gradeer.
[Vry vertaal en aangepas uit investopedia.com.T]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
8 GEOGRAFIE V2 (EC/NOVEMBER 2022)
1.5.1 Noem die handelsblok waarna in die uittreksel verwys word. (1 x 1) (1)
1.5.2 Noem enige TWEE BRICS-lidlande wat in die noordelike halfrond geleë
is. (2 x 1) (2)
1.5.3 Wat is handel-proteksionisme? (1 x 2) (2)
1.5.4 Hoe pas die BRICS-lande proteksionisme toe om na die belange van
die handelsblok om te sien? (1 x 2) (2)
1.5.5 Waarom sou ʼn ontwikkelde land soos die Verenigde State ʼn
vryehandelsbeleid steun? (2 x 2) (4)
1.5.6 Verduidelik hoe ʼn lid van die BRICS-handelsblok Suid-Afrika kan help
om van die negatiewe ekonomiese gevolge van die Covid-19-
pandemie te herstel. (2 x 2) (4)
[60]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2022) GEOGRAFIE V2 9
VRAAG 2
2.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae verskaf.
Kies die korrekte antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die
vraagnommers (2.1.1 tot 2.1.7) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld
2.1.8 A.
2.1.1 Verwoestyning is ʼn ... agent van erosie.
A menslike
B fisiese
C dierlike
D ekonomiese
2.1.2 Suurreën is ʼn vorm van ...
A omgewingsbesoedeling.
B neerslag.
C lugbesoedeling.
D energie.
2.1.3 Die Kyoto-protokol vereis dat Suid-Afrika ...
A kernenergie ontwikkel.
B aanhou om steenkool te gebruik om elektrisiteit op te wek.
C industrialisasie verminder.
D hernubare energiebronne ontwikkel.
2.1.4 Uraan is ʼn mineraal wat nodig is vir die produksie van ... -energie.
A termiese
B wind
C kern
D son
2.1.5 Slote of dongas is die gevolge van gronderosie wat deur ... veroorsaak
word.
A oorbeweiding
B strook-akkerbou
C bebossing
D herbebossing
2.1.6 Sonkrag is ʼn ... bron van -energie.
A nie-hernubare
B hernubare
C termiese
D konvensionele
2.1.7 Grondverlies is ʼn faktor wat ... affekteer.
A energieproduksie
B rivier-deltas
C droogtes
D voedselproduksie (7 x 1) (7)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
10 GEOGRAFIE V2 (EC/NOVEMBER 2022)
2.2 Kies die korrekte woord(e) tussen hakies wat elke stelling geografies KORREK
maak. Skryf slegs die woord(e) langs die vraagnommers (2.2.1 tot 2.2.8) neer.
2.2.1 (Saam die helling/Teen die helling) -ploeëry kan afloop veroorsaak wat
tot gronderosie bydra.
2.2.2 Gronderosie is meer sigbaar in gebiede waar (bestaans-/kommersiële)
boerdery voorkom.
2.2.3 (Biobrandstof/Geotermiese) -energie word uit natuurlike organiese
materiaal opgewek.
2.2.4 Die enigste funksionele kernkragstasie in Suid-Afrika is in die
(Wes-Kaap/Oos-Kaap) geleë.
2.2.5 Die konvensionele energiebron wat die minste tot die
elektrisiteitsnetwerk in Suid-Afrika bydra, is (gas-/hidro-elektrisiteit).
2.2.6 (Bebossing/oorbeweiding) verminder gronderosie wat deur water en
wind veroorsaak word.
2.2.7 Termiese kragstasies dra tot veranderinge in die (ekonomie/klimaat) by.
2.2.8 (Braking/Oor-oesting) is ʼn boerderypraktyk wat toelaat dat
voedingstowwe en vrugbaarheid herstel word. (8 x 1) (8)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2022) GEOGRAFIE V2 11
2.3 Verwys na die uittreksel hieronder wat handel oor gronderosie in die Amasone-
reënwoud.
Die Amasone is die wêreld se grootste reënwoud en die grootste rivierbekken op
die planeet.
Deesdae staar die Amasone ʼn menigte bedreigings in die gesig weens
onvolhoubare ekonomiese ontwikkeling: 20% van die Amasoon-bioom is reeds
verlore, en die neiging sal vererger as dit nie dopgehou word nie, met erosie wat
die grootste kommer wek.
Die hout-afkapping en skoonmaak van reënwoude is wêreldwyd sommige van die
belangrikste oorsake van grondagteruitgang. In die Amasone-reënwoud van
Brasilië word byvoorbeeld elke sekonde ʼn gebied die grootte van ʼn sokkerveld
gesny, wat groot dele van die land kwesbaar maak vir wind, reën en vloede wat
erosie veroorsaak.
Die Amasone is die grootste ontbossingsfront ter wêreld en ingrypings is dringend
nodig om ʼn grootskaalse, onomkeerbare ekologiese ramp as gevolg van die mens
te voorkom.
Ontbossing deur aktiwiteite soos onvolhoubare hout-afkapping, boerdery en
mynbou kan lei tot vinnige en wydverspreide erosie van reënwoudgrond.
Houtondernemings maak groot dele van die reënwoud skoon en boere met min
grond laat beeste toe om delikate reënwoud gras te oorbewei. Landbou is nog ʼn
belangrike oorsaak van ontbossing en erosie.
[Vry vertaal en aangepas uit http://wwf.panda.org/our_work/forests/deforestation _fronts/
deforestation _in_the_amazon/. Toegang op 28 Augustus 2018 verkry.]
2.3.1 Volgens die uittreksel, noem EEN menslike aktiwiteit wat tot gronderosie
gelei het. (1 x 1) (1)
2.3.2 Lys TWEE fisiese (natuurlike) faktore wat gronderosie veroorsaak het.
(2 x 1) (2)
2.3.3 Noem EEN manier hoe gronderosie ʼn impak op die omgewing van die
Amasone-reënwoud sal het. (1 x 2) (2)
2.3.4 Verduidelik die effek van gronderosie op die omgewing van die Amasone-
reënwoud. (2 x 2) (4)
2.3.5 Verduidelik DRIE volhoubare bestuurstrategieë wat gebruik kan word om
gronderosie in die Amasone-reënwoud te verhoed en te kontroleer.
(3 x 2) (6)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
12 GEOGRAFIE V2 (EC/NOVEMBER 2022)
2.4 Verwys na die uittreksel oor steenkool as ʼn konvensionele energiebron.
Beurtkrag van elektrisiteit sal die BBP-groei vanjaar halveer en die land
275 000 in moontlike werksgeleenthede kos, sê ontleders.
In Junie het president Cyril Ramaphosa aangekondig dat die vereistes vir die
private sektor om ʼn lisensie vir eie kragopwekking te verkry, verslap is, met die
amptelike verandering wat binne die volgende twee maande in ʼn staatskoerant
aangebring moet word.
Ramaphosa het die drumpel tot 100 MW verhoog. Volgens Ramaphosa sal
ondernemings ook toegelaat word om oortollige krag wat in die netwerk
opgewek word, te verkoop. Dit kan egter meer as ʼn jaar neem om die gevolge
van die verandering te sien, sê ekonome van die Buro vir Ekonomiese
Ondersoek (BER).
“Wat die impak op die ekonomie betref, is dit belangrik om te besef dat eie
opwekkings (hernubare) projekte tot 18 maande kan neem om af te handel. Dit
impliseer wel dat periodieke beurtkrag in die nabye toekoms waarskynlik ʼn
kenmerk van die Suid-Afrikaanse landskap sal bly. ”
Die Suid-Afrikaanse fotokatalitiese vereniging skat dat die opheffing van die
lisensie toppunt in die komende twee jaar tot 5 500 MW ekstra krag kan bydra.
"Die belangrikste boodskap hier is dat daar in ooreenstemming met ons denke
sedert einde 2019, ruimte is om meer optimisties te wees oor die vooruitsigte
vir die Suid-Afrikaanse ekonomie na 2022," het die BER gesê.
[Aangepas en vry vertaal uit http;//www.ber.ac.za.]
2.4.1 Noem die kragvoorsiener wat elektrisiteit aan Suid-Afrika verskaf.
(1 x 1) (1)
2.4.2 Volgens die uittreksel, wat is die effek van beurtkrag op die ekonomie
van Suid-Afrika? (2 x 1) (2)
2.4.3 Noem die oorsake van beurtkrag in Suid-Afrika. (2 x 1) (2)
2.4.4 Verduidelik hoe die besluit van president Cyril Ramaphosa ʼn positiewe
impak op die beskikbare elektrisiteit vir Suid-Afrika, het. (1 x 2) (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2022) GEOGRAFIE V2 13
2.4.5 Waarom verkies Suid-Afrika dat ʼn nie-konvensionele bron van energie,
soos steenkool, sy belangrikste bron van energie is? (2 x 2) (4)
2.4.6 Verduidelik die negatiewe impak wat steenkoolmynbou op die
omgewing het. (2 x 2) (4)
2.5 Verwys na die feitelȇer wat die voordele en nadele van wind-energie as ʼn nie-
konvensionele bron van energie verskaf.
2.5.1 Waarom is wind ʼn hernubare bron van energie? (1 x 2) (2)
2.5.2 Hoe kan windkrag as ʼn hernubare energiebron kweekhuisvrystellings
verminder? (1 x 1) (1)
2.5 3 Gee die negatiewe omgewingsredes vir die gebruik van wind as ʼn bron
van energie. (2 x 1) (2)
2.5.4 Waarom het Suid-Afrika se ligging die ontwikkeling van wind-energie
bevoordeel? (1 x 2) (2)
2.5.5 In ʼn paragraaf van ongeveer AGT reëls verduidelik die voordele van
wind-energie vir die ekonomie van Suid-Afrika. (4 x 2) (8)
[60]
TOTAAL AFDELING A: 120
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
14 GEOGRAFIE V2 (EC/NOVEMBER 2022)
AFDELING B: GEOGRAFIESE VAARDIGHEDE EN TEGNIEKE
VRAAG 3
ALGEMENE INLIGTING OOR CERES
Koördinate: 33° 22' 13" S 19° 18' 55" O Ceres is die administratiewe sentrum en
grootste stad van die Witzenberg plaaslike
munisipaliteit in die Wes-Kaap provinsie
van Suid-Afrika. Ceres dien as ʼn
streeksentrum vir die omliggende dorpe
Worsley, Tulbagh, Op-die-Berg en die Prins
Alfred gehuggie. Dit is in die
Warmbokkeveldvallei, ongeveer 170 km
noordoos van Kaapstad geleë.
Ceres is geleë by die noordoostelike ingang
van Michell’s-pas en die ou R46-roete
noord tussen Kaapstad en Johannesburg,
wat later vervang is deur die N1-snelweg,
wat die Breederiviervallei na die suide
oorsteek.
Ceres het ʼn groot aantal nywerhede wat
voorsiening maak vir sy
landboubedrywighede en is bekend vir
vrugtesappe wat wêreldwyd uitgevoer word
met die naam van die stad.
Die volgende Engelse terme en hulle Afrikaanse vertalings is op die topografiese
kaart getoon:
ENGLISH AFRIKAANS
Diggings Uitgrawings
Firebreak Voorbrand
3.1 KAARTVAARDIGHEDE EN BEREKENINGE
Die onderstaande vrae is op die 1 : 50 000 topografiese kaart 3319 AD Ceres,
sowel as die ortofotokaart van ʼn gedeelte van die gekarteerde gebied
gebaseer.
Bereken die area in meter van verskynsel 1, afgebaken in ʼn wit blok D4, D5,
E4 en E op die ortofotokaart, as die lengte 2,7 cm is en die breedte 2,0 cm is.
Toon ALLE berekeninge. Punte word vir berekeninge toegeken.
Formule: Area = Lengte x Breedte (3 x 1) (3)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2022) GEOGRAFIE V2 15
3.2 Verwys na die dwarsprofiel vanaf N in blok E3 tot O in blok C4 op die
topografiese kaart, wat die hoofverkeerspad is wat na Ceres gaan.
Y
3.2.1 Noem die volgende verskynsels op die dwarsprofiel:
(a) Die monument by X wat ʼn mens op die R46 sou verbysteek.
(1 x 1) (1)
(b) Die landvorm wat die hoofverkeerspad deur die Witzenberge volg.
(1 x 1) (1)
3.2.2 Die helling tussen N en Y is ...
A geleidelik.
B konveks.
C konkaaf.
D uniform. (1 x 1) (1)
3.2.3 Bereken die vertikale vergroting van die dwarsprofiel tussen N en O.
Toon ALLE berekeninge. Punte word vir berekeninge toegeken.
(4 x 1) (4)
Vertikale Skaal (VS)
Formule: Vertikale vergroting =
Horisontale Skaal (HS)
3.3 KAARTINTERPRETASIE
Verwys na die Ceres-ortofotokaart.
3.3.1 Is die uittreksel van die Ceres-ortofotokaart ʼn skuins- of vertikale-
lugfoto? (1 x 1) (1)
3.3.2 Verduidelik jou antwoord by VRAAG 3.3.1 (1 x 2) (2)
3.3.3 Die verskynsel wat 2 in blok D1 op die ortofotokaart genommer is, het
ʼn gladde tekstuur. Gee ʼn rede. (1 x 2) (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
16 GEOGRAFIE V2 (EC/NOVEMBER 2022)
3.4 3.4.1 Die gebied 3 op die ortofotokaart dui ʼn ... aan.
A sportveld
B begraafplaas
C skool.
D hospitaal. (1 x 1) (1)
3.4.2 Die mensgemaakte verskynsel P op die topografiese kaart is ʼn ...
A mynhoop.
B opvulling.
C uitgrawing.
D deurgrawing. (1 x 1) (1)
3.5 Verwys na blok A4 op die topografiese kaart.
3.5.1 Die hoof landbou-aktiwiteit is ...
A bewerkte landerye.
B rye bome.
C boorde en wingerde.
D ʼn beskermde gebied. (1 x 1) (1)
3.5.2 Gee TWEE redes sigbaar op die topografiese kaart, wat die tipe
boerdery wat in VRAAG 3.5.1 geïdentifiseer is, bevoordeel het.
(2 x 2) (4)
3.6 GEOGRAFIESE INLIGTINGSTELSELS (GIS)
Verwys na die ruimtelike kenmerke op die Ceres topografiese kaart en
beantwoord die volgende vrae:
3.6.1 Identifiseer EEN mensgemaakte lynverskynsel in blok A1. (1 x 1) (1)
3.6.2 Noem EEN attribuut van die pad in blok C4 wat deur Ceres beweeg.
(1 x 1) (1)
3.7 Verwys na blokke C4 en C5 op die topografiese kaart.
3.7.1 Definieer die konsep afstandwaarneming. (1 x 2) (2)
3.7.2 Die inwoners van Ceres kla oor waterbesoedeling in die Dwarsrivier.
Verduidelik hoe die plaaslike munisipaliteit afstandwaarneming kan
gebruik om te help om hierdie probleem van waterbesoedeling op te
los. (2 x 2) (4)
[30]
TOTAAL AFDELING B: 30
GROOTTOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
Geography Grade 11 P2 Eastern Cape November 2013 QP (Afr)

Memorandum
Geography Grade 11 P2 Eastern Cape November 2020 Memo (Afr)

Memorandum
Geography Grade 11 P2 Eastern Cape November 2017 Memo (Afr)

Question paper
Geography Grade 11 P1 Eastern Cape November 2017 QP (Afr)

Question paper
Geography Grade 11 P2 National Exemplar November 2020 QP

Question paper
Geography Grade 11 P2 Eastern Cape November 2020 QP (Eng)
More from Grade 11 Geography

Memorandum
Geography Grade 11 P1 Eastern Cape November 2025 Memo (Eng)

Question paper and memo
Geography Grade 11 Free State March Test 2025 Paper & Memo

Memorandum
Geography Grade 11 P1 Eastern Cape November 2024 Memo (Afr)

Question paper
Geography Grade 11 Paper 2 MAPS 2023 Question Paper

Question paper
Geography Grade 11 Paper 2 MAPS 2023 Question Paper

Question paper