Downloaded from hlayiso.com
PROVINSIALE EKSAMEN
NOVEMBER 2022
GRAAD 11
REKENINGKUNDE
(VRAESTEL 1)
TYD: 2 uur
PUNTE: 150
10 bladsye + 1 formule bladsy en ʼn antwoordboek van 9 bladsye
b.o.
Skip to contentAll 2022 papers 
%202020%20Exemplars%20Answer%20%20Book_hlayiso.com_--beefd0ec-65a9-40ba-8a4f-bcbbc4b55e73/v1-deba459ad27c2575a0e7/card.webp)
%20November%202019%20Question%20Paper_hlayiso.com_--f4aaccee-11fc-4428-9e02-2a752dd91053/v1-eaa6fa54a9158a1b1ee6/card.webp)
%20November%202018%20Question%20Paper_hlayiso.com_--ef3e6a99-059f-4712-8b54-d03646a624d4/v1-3d4c9c9738fa03a84123/card.webp)

%20June%202022%20Question%20Paper_hlayiso.com_--c352552e-e7e7-4ea3-a1d6-33b3262523ba/v1-03d5025dceed775e8dc8/card.webp)
View all





Accounting Grade 11 P1 Gauteng November 2022 QP (Afr)
Grade 11 Accounting Paper 1 question paper from the Gauteng November 2022 (Afrikaans), 11 pages. Read online or download the free PDF.
Accounting · Grade 11 · Gauteng November · 2022 · Afrikaans. Question paper, 11 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Accounting
- Grade
- Grade 11
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Question paper
- Year
- 2022
- Exam period
- Gauteng November
- Paper
- 1
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 11
- File size
- 771.6 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 11
This exam
Gauteng November 2022
- Paper 1Question paper · EngQuestion paper · AfrAnswer book · EngAnswer book · Eng (2)Answer book · Eng (3)Answer book · AfrMemo · EngMemo · AfrMemo · Afr (2)
- Paper 2Question paper · EngQuestion paper · AfrAnswer book · EngAnswer book · Eng (2)Answer book · AfrAnswer book · Afr (2)Memo · EngMemo · Afr
Questions in this paper
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
REKENINGKUNDE 2
(VRAESTEL 1) GRAAD 11
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Beantwoord AL die vrae.
2. ʼn Spesiale ANTWOORDBOEK word voorsien waarin ALLE vrae beantwoord moet word.
3. ʼn FORMULEBLAD vir die finansiële aanwysers word voorsien aan die agterkant van die
vraestel. Jy kan dit gebruik indien nodig.
4. Wys ALLE bewerkings om deelpunte te verdien.
5. Waar van toepassing, rond alle berekeninge af tot die naaste rand. Alle ander
berekeninge moet tot een desimaalpunt gegee word.
6. Lees die instruksies van elke vraag sorgvuldig deur en volg dit noukeurig.
7. Leerders sal punte verbeur vir:
• Die gebruik van nie-gestandaardiseerde afkortings
• Oorskryf van syfers of woorde
• Oorbodige/vreemde items
8. Jy mag ʼn nie-geprogrameerbare sakrekenaar gebruik.
9. Jy mag blou/swart ink gebruik om die vrae te beantwoord.
10. Gebruik die inligting in die tabel hieronder as ʼn riglyn wanneer die vraestel beantwoord
word. Probeer om nie daarvan af te wyk nie.
VRAAG ONDERWERP PUNTE TYD IN
MINUTE
1 Vastebates en Interne Kontrole 25 20 minute
2 Staat van Omvattende Inkomste 50 45 minute
3 Vennootskappe 40 30 minute
4 Finansiële Aanwysers 35 25 minute
TOTAAL 150 120 minute
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
REKENINGKUNDE 3
(VRAESTEL 1) GRAAD 11
VRAAG 1: VASTEBATES EN INTERNE KONTROLE (25 punte; 20 minute)
RnB HANDELAARS
Jy word voorsien van inligting met betrekking tot RnB Handelaars op 28 Februarie 2022,
die einde van die finansiële jaar.
GEVRA:
1.1 Voltooi die tabel wat in jou antwoordboek voorsien word. (10)
1.2 Berei die Nota van Tasbare Bates voor. Toon alle berekeninge om deelpunte te
verdien. (10)
1.3 Beantwoord die volgende vrae:
1.3.1 Die grond en geboue is in Januarie 2021 herwaardeer en die markwaarde
is R700 000. Die finansiële rekords van RnB Handelaars weerspieël
R400 000. Watter AARP beginsel word toegepas? (2)
1.3.2 RnB Handelaars wil in ʼn vervoerbesigheid belê. Die eienaar beoog om
teen die einde van Desember 2022 twee vragmotors te koop om goedere
deur Suid-Afrika te vervoer. Die eienaar is bekommerd oor die hoë
instandhoudingsuitgawes van vragmotors en hy het jou raad nodig.
Verskaf DRIE punte. (3)
INLIGTING:
Saldo’s op 1 Maart 2021
Kosprys Opgehoopte Drawaarde
waardever-
mindering
Grond en geboue 400 000 ( 0) 400 000
Voertuie 300 000 (76 000) 224 000
Toerusting 80 000 (20 000) 60 000
TRANSAKSIES
(a) Grond en geboue:
Gedurende Junie 2021 het die eienaar ʼn paar uitbreidings aan die geboue
gemaak met ʼn totale koste van R120 000.
Nadat swaar reën skade aan sommige dele van die geboue, aangerig het,
het die eienaar R25 000 bestee om die stoorkamer te herstel.
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
REKENINGKUNDE 4
(VRAESTEL 1) GRAAD 11
(b) Voertuie
Op 31 Augustus 2021, het die besigheid ʼn ou voertuig wat R100 000 gekos
het by Mzanzi Motorhandelaars ingeruil vir R55 000.
Die voertuig wat ingeruil is, was gekoop op 1 Maart 2019.
Die voertuig wat ingeruil is, het ʼn opgehoopte waardevermindering van
R36 000 gehad op 1 Maart 2021.
Die koste van die nuwe voertuig wat aangekoop is, was R150 000.
Waardevermindering op voertuie word bereken teen 20% p.j. op die
verminderde saldo metode.
Toerusting:
RnB Handelaars het op 30 November 2021 twee nuwe skootrekenaars
gekoop teen ʼn koste van R6 000 elk.
Waardevermindering op toerusting word bereken teen 10% p.j. op die
25
kosprys metode.
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
REKENINGKUNDE 5
(VRAESTEL 1) GRAAD 11
VRAAG 2: STAAT VAN OMVATTENDE INKOMSTE (50 punte; 45 minute)
MK HANDELAARS
Die volgende inligting was geneem uit die rekeningkundige rekords van MK Handelaars, ʼn
besigheid wat besit word deur die voormalige krieketspeler, Makhaya Ntini. Die laaste dag
van die finansiële jaar is 30 Junie 2022.
GEVRA:
1.1 Stel die Staat van Omvattende Inkomste (Inkomstestaat) op vir die jaar geëindig
30 Junie 2022 op.
INLIGTING:
1. Lys van sommige saldo’s en totale van MK Handelaars op 30 Junie
2022
Handelsvoorraad 81 000
Debiteurekontrole 53 000
Vaste deposito: SACB (8% p.j.) 12 500
Voorsiening vir oninbare skuld (1 Julie 2021) 1 500
Verkope 1 032 000
Koste van verkope 427 000
Debiteureafslag 32 000
Salarisse en lone 125 000
Water en elektrisiteit 25 000
Huur inkomste 47 250
Korting toegestaan 1 500
Versekering 6 400
Verpakkingsmateriaal 4 200
Skryfbehoeftes 4 100
Oninbare skuld 1 500
Mediesefondsbydrae 3 000
Korting ontvang 4 200
Rente op vaste deposito 500
Oninbare skuld verhaal 1 000
WVF bydrae 1 250
Vaardigheidsontwikkelings heffing 1 250
Bankkoste 840
Rente op oortrokke rekening 360
Diverse uitgawes 41 000
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
REKENINGKUNDE 6
(VRAESTEL 1) GRAAD 11
2. Aansuiwerings en addisionele inligting:
2.1 Verpakkingsmateriaal ter waarde van R500 is op 21 Augustus 2021 aangekoop
maar verkeerdelik na die skryfbehoefterekening oorgeboek.
2.2 ʼn Kredietnota vir R225 wat op 30 Augustus 2021 aan Tendulkar uitgereik is, is
nie aangeteken nie. Die voorraad is deur Tendulkar teruggestuur omdat die
verkeerde kleur T-hemde aan hom gestuur is. Die winsopslag op koste vir
hierdie goedere was 50%.
2.3 Ingesluit by die versekeringsbedrag is ʼn jaarlikse premie van R2 400 betaal vir
die tydperk 1 Januarie 2022 tot 31 Desember 2022.
2.4 Volgens ʼn fisiese voorraadopname was die volgende aan die einde van die jaar
voorhande:
Handelsvoorraad, R79 100
Verpakkingsmateriaal, R900
2.5 Huurinkomste sluit die huur ontvang tot 31 Julie 2022 in. Die maandelikse huur
is met 10% verhoog vanaf 28 Februarie 2022.
2.6 Die leningstaat ontvang van ICC het die volgende gewys:
Saldo op 1 Julie 2021 42 875
Terugbetaling vir die jaar 10 000
Rente gekapitaliseer vir die jaar ??
Saldo op 30 Junie 2022 40 000
2.7 David Warner, ʼn debiteur wie se rekening voorheen as oninbaar afgeskryf is,
het op 25 Augustus ʼn bedrag van R210 in die bankrekening van die
onderneming gedeponeer. Die boekhouer het per abuis die bedrag in die
debiteurekontrole kolom van die Kontantontvangstejoernaal ingeskryf en so
oorgeboek. Maak die fout reg.
2.8 Die volgende inligting geneem uit die Salarisjoernaal vir Junie 2022, is nog nie
in die boeke van die besigheid aangeteken nie:
Bruto salaris 30 000
Mediesefonds aftrekkings 1 300
Pensionfonds aftrekking 700
LBS aftrekking 6 000
WVF aftrekking 300
Mediesefonds bydrae 2 600
WVF bydrae 300
VOH bydrae 300
2.9 Die rekening van Gibbs, ʼn debiteur, wat R450 skuld moet afgeskryf word,
omdat dit aan die lig gekom het dat hy die land verlaat het en om in Japan
krieket te speel.
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
REKENINGKUNDE 7
(VRAESTEL 1) GRAAD 11
2.10 Voorsiening vir oninbare skuld moet met R200 verminder word.
2.11 Van die rente op vaste deposito is uitstaande. Rente word nie gekapitaliseer
nie.
2.12 Die water en elektrisiteitrekening vir Augustus 2022 is ontvang maar nog nie
betaal nie, R5 000.
2.13 Waardevermindering vir die jaar bereken was R27 470.
50
VRAAG 3: VENNOOTSKAPPE (40 punte; 30 minute)
BRYAN ADAMS WINKELS
Die volgende inligting is geneem uit die rekeningkundige rekords van Bryan Adam
Winkels met vennote A. Bryan en B. Adam. Hul finansiële jaar eindig jaarliks op
28 Februarie. Rond asseblief alle antwoorde af tot die naaste rand waar nodig.
REQUIRED:
3.1 Sê of die volgende stellings WAAR of ONWAAR is. Skryf slegs Waar of Onwaar
langs die nommers 3.1.1 tot 3.1.5 in die ANTWOORDBOEK.
3.1.1 Eienaarsbelang by vennootskappe bestaan slegs uit kapitaal en onttrekkings.
3.1.2 Alle lopende rekeninge is bedryfslaste.
3.1.3 Die vennootskapsooreenkoms bepaal die hoeveelheid kapitaal wat deur
elke vennoot tot die besigheid moet bydra.
3.1.4 Die vennote se verdienste word in die Kapitaalrekening aangeteken.
3.1.5 Die vennote kan kies wanneer hulle hulle kapitaalrekening wil verhoog of
verminder sonder om die ander vennote in te lig. (5)
3.2 Gebruik die inligting hieronder om die Privaatrekening Nota op 28 Februarie 2022
op te stel. (23)
3.3 Stel die Ekwiteit en Laste-afdeling van die Staat van Finansiële Posisie
(Balansstaat) op 28 Februarie 2022.
Waar notas nie vereis word nie, toon alle berekeninge in hakies om deelpunte te
verdien. (12)
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
REKENINGKUNDE 8
(VRAESTEL 1) GRAAD 11
INLIGTING:
1. Die volgende saldo’s het onder andere in die boeke van Bryan Adam Winkels verskyn
op 28 Februarie 2022:
Kapitaal: A. Bryan 200 000
Kapitaal: B. Adam 100 000
Privaatrekening: A. Bryan (1 Maart 2021) (Cr) 6 300
Privaatrekening: B. Adam (1 Maart 2021) (Dr) 1 400
Onttrekkings: A. Bryan (Sien nr. 4 onder.) ???
Onttrekkings: B. Adam 132 600
Lening: AB Bank (Sien nr. 6 onder.) ???
Handels en ander betaalbares (Sien nr. 5 onder.) 45 050
Bank Oortrokke 11 940
2. Die netto wins soos bereken in die Inkomstestaat vir die jaar geëindig 28 Februarie
2022 beloop R311 300.
3. Die vennootskapsooreenkoms bepaal die volgende:
3.1 Vennote sal die volgende salarisse ontvang:
• A. Bryan – R6 700 per maand
• B. Adam – R102 000 per jaar
3.2 A. Bryan behoort ʼn bonus van R16 000 te ontvang vir ekstra dienste gelewer.
3.3 Die vennote moet 15% rente per jaar op hul kapitaal ontvang.
Die koers is op 1 September 2021 na 18% per jaar verander.
NOTA:
(a) A. Bryan het sy kapitaal op 1 Desember 2021 met 40 000 verhoog – dit was
behoorlik geboekstaaf.
(b) B. Adam het sy kapitaalbydrae met R20 000 op 1 September 2021
verminder – dit is nie geboekstaaf nie aangesien die rekenmeester siek was
op die dag van die transaksie.
3.4 Winste of verliese word verdeel in die verhouding 5 : 2 for A. Bryan en B. Adam
onderskeidelik.
4. A. Bryan het die volgende gedurende die jaar onttrek:
• Aan die einde van elke maand ʼn bedrag gelykstaande aan sy maandelikse salaris,
volgens die vennootskapsooreenkoms.
• ʼn Eenmalige kontantonttrekking van R4 670 EN handelsvoorraad met ʼn kosprys van
R8 790 vir persoonlike gebruik.
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
REKENINGKUNDE 9
(VRAESTEL 1) GRAAD 11
5. Die besigheid het huurinkomste vir 2 maande vooruit ontvang, R10 500.
6. Die lening van AB Bank is op 31 Januarie 2020 aangegaan. ʼn Terugbetaling van
R15 000 word jaarliks op 28 Februarie gemaak. Die betaling vir die jaar is op
28 Februarie 2022 gemaak, maar dit is nie in die boeke van die besigheid aangeteken
nie.
7. Die skuld : ekwiteitsverhouding vir 2022 is 0,4 : 1
40
VRAAG 4: FINANSIËLE AANWYSERS (35 punte; 25 minute)
VERMAAK ONTWERPERS
Die inligting hieronder verskaf is uit die Finansiëlestate van Vermaak Ontwerpers geneem.
Vennote Verma en Marcus het hul interieurontwerpbesigheid in 2019 begin.
GEVRA:
Beantwoord die onderstaande vrae in die ANTWOODBOEK wat verskaf is.
Nota: Waar van toepassing, moet alle antwoorde finansiële aanwyser en syfers
insluit. Rond alle antwoorde af tot een desimale plek.
4.1 Bereken die persentasie opbrengs verdien op gemiddelde ekwiteit vir die
besigheid vir 2022. (5)
4.2 Bereken die persentasie opbrengs verdien deur Verma op sy gemiddelde
ekwiteite vir 2022. (5)
4.3 Lewer kommentaar oor die twee finansiële aanwysers van die besigheid
genoem in VRAE 4.1 en 4.2. (4)
4.4 Bereken die Skuld : Ekwiteitsverhouding vir 2022. (4)
4.5 Was dit na jou mening, ʼn goeie idee om die lening te verhoog? Motiveer jou
antwoord. (4)
4.6 Bereken die bedryfskapitaalverhouding vir 2022. (3)
4.7 Bereken die vuurproefverhouding vir 2022. (4)
4.8 Lewer kortliks kommentaar oor die likiditeitsposisie van die onderneming vir
2022. Verskaf TWEE finansiële aanwysers met syfers. (6)
INFORMATION:
1. Uittreksel van die Inkomstestaat vir die jaar geëindig 28 Februarie 2022
2022 2021
Omset 570 000 600 000
Koste van verkope 380 000 450 000
Bruto wins 190 000 150 000
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
REKENINGKUNDE 10
(VRAESTEL 1) GRAAD 11
2. Uittreksel van die Balansstaat vir die jaar geëindig 28 Februarie 2022:
2022 2021
Nie-Bedryfsbates 690 000 459 000
Bedryfsbates 160 000 145 000
Inventarisse 95 000 91 000
Eienaarsbelang 420 000 234 000
Kapitaal: Verma 200 000 160 000
Kapitaal: Marcus 200 000 80 000
Privaatrekening: Verma 8 000 2 000
Privaatrekening: Marcus 12 000 (8 000)
Nie-Bedryfslaste 360 000 280 000
Bedryfslaste 70 000 90 000
3. Addisionele inligting:
3.1 Die netto wins vir die jaar geëindig 28 Februarie 2022 beloop R58 000.
3.2 Vennoot Verma het ʼn totaal van R37 000 verdien vir die jaar geëindig op
28 Februarie 2022.
3.4 Die volgende finansiële aanwysers was bereken vir 2021:
Verhouding Resultate
Opbrengs verdien op besigheid se ekwiteit 24%
Opbrengs verdien deur Verma 26%
Opbrengs verdien deur Marcus 23%
Skuld: Ekwiteitsverhouding 1,2 : 1
Omsetsnelheid van voorraad 9 keer
Bruto wins as ʼn persentasie van koste van
33⅓%
verkope
Rente op vaste deposito 9%
Bedryfskapitaalverhouding 1,6 : 1
Vuurproefverhouding 0,6 : 1
3.5 Die rentekoers op die lening van Rand Bank is 21% p.j. en die rente
35
betaal gedurende die huidige jaar het R57 600 beloop.
TOTAAL: 150
EINDE
Downloaded from hlayiso.com
REKENINGKUNDE 11
(VRAESTEL 1) GRAAD 11
BYLAE
FORMULEBLAD
Bruto Wins 100 Bruto Wins 100 Netto Wins 100
Verkope 1 Koste van Verkope 1 Verkope 1
Bedryfsuitgawes 100 Bedryfswins 100
Verkope 1 Verkope 1
Totale Verdienste deur Vennoot 100 Netto Wins 100
Gemiddelde Vennotebelang 1 Gemiddelde Eienaarsbelang 1
Bedryfsbates: Bedryfslaste Bedryfsbates – Voorraad: Bedryfslaste
Gemiddelde Debiteure 365 12 Gemiddelde Krediteure 365 12
of of
Kredietverkope 1 1 Kredietaankope of Koste van Verkope 1 1
Gemiddelde Voorraad 365 12 Koste van Verkope
of
Koste van Verkope 1 1 Gemiddelde Voorraad
Nie Bedryfslaste: Vennotebelang Totale Bates: Totale Laste
Vaste koste
Verkoopprys per eenheid − Veranderlike koste per eenheid
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
Accounting Grade 11 P1 Eastern Cape November 2022 QP (Afr)
%202020%20Exemplars%20Answer%20%20Book_hlayiso.com_--beefd0ec-65a9-40ba-8a4f-bcbbc4b55e73/v1-deba459ad27c2575a0e7/card.webp)
Question paper
Accounting Grade 11 P2 Gauteng November 2020 QP (Afr)
%20November%202019%20Question%20Paper_hlayiso.com_--f4aaccee-11fc-4428-9e02-2a752dd91053/v1-eaa6fa54a9158a1b1ee6/card.webp)
Question paper
Accounting Grade 11 P2 Gauteng November 2019 QP (Afr)
%20November%202018%20Question%20Paper_hlayiso.com_--ef3e6a99-059f-4712-8b54-d03646a624d4/v1-3d4c9c9738fa03a84123/card.webp)
Question paper
Accounting Grade 11 Gauteng November 2018 QP (Afr)

Question paper
Accounting Grade 11 P1 National Exemplar November 2020 QP
%20June%202022%20Question%20Paper_hlayiso.com_--c352552e-e7e7-4ea3-a1d6-33b3262523ba/v1-03d5025dceed775e8dc8/card.webp)
Question paper
Accounting Grade 11 P1 Gauteng June 2022 QP (Eng)
More from Grade 11 Accounting

Study guide
GR11 Accounting Practice exam November Paper 1

Addendum
Accounting Grade 11 P1 Eastern Cape November 2025 Addendum

Memorandum
Accounting Grade 11 P2 Eastern Cape November 2025 Memo (Eng)

Memorandum
Accounting Grade 11 P2 Eastern Cape November 2025 Memo (Afr)

Question paper and memo
Accounting Grade 11 Limpopo March Test 2025 Paper & Memo

Memorandum