Skip to content

Life Sciences Grade 12 P2 Gauteng Prelim 2024 QP (Afr)

Question paperLife SciencesGrade 12202418 pages

Grade 12 Life Sciences Paper 2 question paper from the Gauteng Prelim Exam 2024 (Afrikaans), 18 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com VOORBEREIDENDE EKSAMEN 2024 10832 LEWENSWETENSKAPPE (VRAESTEL 2) TYD: 2½ uur PUNTE: 150 18 bladsye b.o.
Downloaded from hlayiso.com LEWENSWETENSKAPPE 2 (VRAESTEL 2) 10832/24 INSTRUKSIES EN INLIGTING Lees die volgende instruksies aandagtig deur voordat die vrae beantwoord word. 1. Beantwoord AL die vrae. 2. Skryf AL die antwoorde in die ANTWOORDBOEK. 3. Begin die antwoorde op ELKE vraag bo-aan ʼn NUWE bladsy. 4. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik word. 5. Bied jou antwoorde volgens die instruksies by elke vraag aan. 6. Maak ALLE sketse met potlood en skryf die byskrifte met blou of swart ink. 7. Teken diagramme, vloeidiagramme of tabelle slegs wanneer dit gevra word. 8. Die diagramme in hierdie vraestel is NIE noodwendig volgens skaal geteken NIE. 9. MOENIE grafiekpapier gebruik NIE. 10. Jy moet ʼn nie-programmeerbare sakrekenaar, gradeboog en ʼn passer gebruik, waar nodig. 11. Skryf netjies en leesbaar. b.o.
Downloaded from hlayiso.com LEWENSWETENSKAPPE 3 (VRAESTEL 2) 10832/24 AFDELING A VRAAG 1 1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A – D) langs die vraagnommers (1.1.1 tot 1.1.9) in die ANTWOORDBOEK neer, bv. 1.1.10 D. 1.1.1 Die diagram hieronder toon die allele vir lengte in ʼn blomplant waar T = lang plante en t = kort plante. T t Die plant is … A homosigoties dominant vir lengte. B heterosigoties vir lengte. C homosigoties resessief vir lengte. D onvolledig dominant vir lengte. 1.1.2 Watter van die volgende is NIE van toepassing op oorkruising NIE? A Genetiese materiaal word uitgeruil tussen nie-identiese chromatiede van ʼn homoloë paar. B Homoloë chromosome ondergaan oorkruising in Profase II. C Die punt waar genetiese materiaal uitgeruil word, is die chiasma. D Die proses verhoog genetiese variasie in die gamete wat deur meiose geproduseer word. 1.1.3 Wanneer veranderinge voorkom in die gene van geslagselle, kan hierdie veranderinge ... A tot veranderinge in die ouer se fenotipe lei. B slegs ongeslagtelike voortplantende organismes affekteer. C altyd skadelik vir die nakomelinge wees. D die basis vir evolusionêre veranderinge wees. b.o.
Downloaded from hlayiso.com LEWENSWETENSKAPPE 4 (VRAESTEL 2) 10832/24 1.1.4 Die diagram hieronder verteenwoordig vier verskillende spesies bakterieë. Spesie A Spesie B Spesie C Spesie D Watter stelling is korrek met betrekking tot die oorlewings kanse van hierdie spesies as daar ʼn verandering in die omgewing is? A Spesie A het die beste kans op oorlewing, omdat dit die meeste variasie het. B Spesie C het die beste kans op oorlewing, omdat dit geen geenmutasies het nie. C Nie spesie B of spesie D sal oorleef nie, omdat hulle vir dieselfde hulpbronne meeding. D Nie een van die spesies sal oorleef nie, omdat bakterieë ongeslagtelik voortplant. 1.1.5 Die verhouding tussen gene en allele is dat ... A gene verskillende vorme van dieselfde alleel is. B elke persoon twee allele bevat vir die geen van een eienskap. C gene slegs twee moontlike allele kan hê. D allele die fenotipiese uitdrukking van ʼn geen is. b.o.
Downloaded from hlayiso.com LEWENSWETENSKAPPE 5 (VRAESTEL 2) 10832/24 1.1.6 Die diagramme hieronder verteenwoordig die voorpote van vier diere wat soortgelyke bene het. Bestudeer die diagramme en stellings hieronder. Humerus Radius Ulna Karpale Metakarpale Falanges MENS KAT WALVIS VLERMUIS (i) Die strukture is homoloë. (ii) Die diere deel nie ʼn gemeenskaplike voorouer nie. (iii) Die voorpote van al hierdie diere het dieselfde funksie. (iv) Die strukture het ontstaan as gevolg van modifikasie deur afstamming. Watter stellings hierbo is op die diagramme van toepassing? A (ii) en (iv) B (i) en (iii) C (i) en (iv) D (ii) en (iii) 1.1.7 ʼn Sekere afwyking word veroorsaak deur die dominante alleel F. Die volgende kombinasies moet oorweeg word: (i) ff x Ff (ii) ff x FF (iii) Ff x Ff (iv) Ff x FF Watter van die volgende kombinasies van kruisings kan lei tot sommige nakomelinge sonder die afwyking? A Slegs (i) en (iii) B Slegs (i) en (ii) C Slegs (ii) en (iii) D Slegs (ii) en (iv) b.o.
Downloaded from hlayiso.com LEWENSWETENSKAPPE 6 (VRAESTEL 2) 10832/24 VRAAG 1.1.8 EN 1.1.9 IS OP DIE DIAGRAM HIERONDER GEBASEER. 1.1.8 Min of meer, hoeveel langer het Pan troglodytes bestaan in vergelyking met sy naaste familielid? A 2,5 mj B 3,6 mj C 4,0 mj D 5,0 mj 1.1.9 Hoeveel genera word in hierdie diagram voorgestel? A 2 B 3 C 4 D 9 (9 x 2) (18) b.o.
Downloaded from hlayiso.com LEWENSWETENSKAPPE 7 (VRAESTEL 2) 10832/24 1.2 Gee die korrekte biologiese term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf slegs die term langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.7) in die ANTWOORDBOEK neer. 1.2.1 Die alleel wat nie die fenotipe in die heterosigotiese toestand beïnvloed nie 1.2.2 Die binding wat tussen aminosuurmolekules in ʼn proteïen vorm 1.2.3 ʼn Gedeelte van ʼn chromosoom wat vir ʼn spesifieke eienskap kodeer 1.2.4 Die biotegnologiese proses wat ʼn genetiese identiese organisme produseer 1.2.5 Die tipe variasie waar daar ʼn reeks intermediêre fenotipes is 1.2.6 Die studie van die verlede en hedendaagse verspreiding van lewende organismes oor die vastelande 1.2.7 Die wetenskaplike wat aangevoer het dat verworwe eienskappe wat deur ouers verkry word, aan die nakomelinge oorgedra kan word (7 x 1) (7) 1.3 Dui aan of elk van die beskrywings in KOLOM I van toepassing is op SLEGS A, SLEGS B, BEIDE A EN B of GEENEEN van die items in KOLOM II nie. Skryf slegs A, slegs B, beide A en B, of geeneen langs die vraagnommers (1.3.1 tot 1.3.3) in die ANTWOORDBOEK neer. KOLOM I KOLOM II 1.3.1 Kenmerke van ʼn Afrika-aapskedel A: Prognaties B: Minder prognatiese wenkbrou-riwwe 1.3.2 Eienskappe van bloedgroep-oorerwing A: Meervoudige allele B: Kodominansie 1.3.3 In ʼn kruising tussen ʼn bul wat heterosigoties A: EB; Eb; eB en eb is vir lang wimpers en bruin pelskleur en ʼn B: eb; Eb koei wat kort wimpers en ʼn wit pelskleur het, sal die gamete van die koei ... wees (3 x 2) (6) b.o.
Downloaded from hlayiso.com LEWENSWETENSKAPPE 8 (VRAESTEL 2) 10832/24 1.4 Die 'Uit Afrika'-hipotese stel dat moderne mense in Afrika ontstaan het en toe na ander kontinente gemigreer het. Sommige fossiele van die genus Australopithecus is in Suid-Afrika ontdek. 1.4.1 Gee die naam van die wetenskaplike wat die volgende ontdek het: (a) Mev. Ples (1) (b) “Little foot” (1) 1.4.2 Noem die fossielterrein waar “Little Foot” ontdek is. (1) 1.4.3 Gee die spesienaam van die fossiel Karabo. (1) 1.4.4 Noem die genetiese bewyse wat die 'Uit Afrika'-hipotese ondersteun. (1) (5) 1.5 Die diagram hieronder verteenwoordig DNS-replisering. Timien 1.5.1 Gedurende watter fase in die selsiklus vind DNS-replisering plaas. (1) 1.5.2 Noem die natuurlike vorm van molekuul E. (1) 1.5.3 Gee die LETTER en NAAM vir elk van die volgende: (a) ʼn Monomeer (boublok) van DNS (2) (b) ʼn Suiker in DNS (2) (c) Die komplimentêre basis vir die stikstofbasis in molekule D (2) (8) b.o.
Downloaded from hlayiso.com LEWENSWETENSKAPPE 9 (VRAESTEL 2) 10832/24 1.6 Die diagramme hieronder toon twee skelette. 1.6.1 Identifiseer watter van die diagramme (A, B of Beide A en B) behoort aan: (a) Homo sapiens (1) (b) Hominiede (1) 1.6.2 Beskryf DRIE kenmerke van ʼn organisme se skelet wat bipedalisme toelaat. (3) 1.6.3 Noem die kenmerk van die skedel wat binokulêre visie moontlik maak. (1) (6) TOTAAL AFDELING A: 50 b.o.
Downloaded from hlayiso.com LEWENSWETENSKAPPE 10 (VRAESTEL 2) 10832/24 AFDELING B VRAAG 2 2.1 Tabel 1 hieronder toon ʼn gedeelte DNS-volgorde van ʼn mens en Tabel 2 toon die aminosure wat deur verskillende bRNS-kodons gekodeer word. Tabel 1 Basisdrietal nommer 1 2 3 4 Menslike DNS-volgorde TGT ACG TGC ACA Tabel 2 bRNS kodons Aminosuur GUU, GUG, GUA Valien UGU, UGC Sisteïen CCA, CCU Prolien UUG, CUC, CUG, UUA Leusien ACG, ACA Treonien UAC, UAU Tirosien 2.1.1 Noem en beskryf die proses in proteïensintese wat verantwoordelik is vir die vorming van bRNS. (5) 2.1.2 Gee die bRNS-kodon wat gevorm word uit die basisdrietal nommer 4 op die DNS-volgorde. (1) 2.1.3 Noem die aminosuur waarvoor basisdrietal 2 kodeer. (1) 2.1.4 ʼn Mutasie het veroorsaak dat basisdrietal 1 verander het, sodat dit dieselfde lyk as basisdrietal 3. Verduidelik watter effek hierdie mutasie het op die proteïen wat gevorm word. (4) (11) b.o.
Downloaded from hlayiso.com LEWENSWETENSKAPPE 11 (VRAESTEL 2) 10832/24 2.2 Die diagram hieronder toon ʼn sel tydens ʼn fase van Meiose I en ʼn verskynsel wat tydens hierdie fase van meiose kan voorkom, wat tot chromosomale mutasies kan lei. 2.2.1 Aan die einde van meiose word gamete geproduseer. Verduidelik EEN ander biologiese belangrikheid van meiose. (3) 2.2.2 Tabuleer TWEE verskille tussen Meiose I en Meiose II. (5) 2.2.3 Teken ʼn benoemde diagram van hierdie sel in die fase voor die een hierbo getoon. (5) 2.2.4 Noem en beskryf die verskynsel wat in die sel hierbo plaasgevind het. (3) 2.2.5 Aan die einde van meiose in hierdie sel, as een gameet wat drie chromosome bevat ʼn gameet bevrug wat twee chromosome bevat, sou dit tot Downsindroom lei? (1) 2.2.6 Gee ʼn rede vir jou antwoord op VRAAG 2.2.5. (2) (19) b.o.
Downloaded from hlayiso.com LEWENSWETENSKAPPE 12 (VRAESTEL 2) 10832/24 2.3 Alhoewel dit ʼn seldsame voorkoms is, het gevalle van babas wat met geboorte in ʼn hospitaal omgeruil is, in die verlede die nuus gehaal. Aangesien ʼn individu se DNS-volgorde uniek is, met die uitsondering van identiese tweelinge, is DNS- profiele ʼn betroubare manier om die ouers van ʼn gegewe baba te bepaal. Beperkende fragment-lengte polimorfisme (BFLP) of die gebruik van die polimerase kettingreaksie (PKR) is twee metodes wat gebruik word in die ontleding van DNS-profiele. Hieronder is die resultate van DNS-profiele wat op drie babas en drie stelle ouers uitgevoer is, toe ʼn hospitaal vermoed het dat babas dalk omgeruil is. Die hospitaal het die babas soos volg toegewys: Baba 1 is aan Egpaar A gegee, Baba 2 aan Egpaar C en Baba 3 aan Egpaar B. Egpaar A Egpaar B Egpaar C Ma Pa Ma Pa Ma Pa Baba 1 Baba 2 Baba 3 2.3.1 Noem, uit die teks hierbo, TWEE metodes wat gebruik word om DNS- profiele te ontleed. (2) 2.3.2 Op grond van die DNS-profiele wat verskaf is, watter baba/babas is korrek deur die hospitaal toegewys? (1) 2.3.3 Verduidelik jou antwoord op VRAAG 2.3.2. (2) 2.3.4 Verskaf EEN ander gebruik van DNS-profiele. (1) (6) b.o.
Downloaded from hlayiso.com LEWENSWETENSKAPPE 13 (VRAESTEL 2) 10832/24 2.4 By ʼn soort vliegspesie, Drosophila melanogaster, is taan (ligbruin) liggaamskleur (T) dominant oor swart liggaamskleur (t) en lang vlerklengte (L) is dominant oor kort vlerklengte (l). taan liggaamskleur swart liggaamskleur en lang vlerklengte en kort vlerklengte Die punnett-diagram hieronder toon die kruising tussen die wyfie en die mannetjie Drosophila melanogaster vlieg soos hierbo getoon. Moontlike gamete TL tL A TtLl B 2.4.1 Noem waarom daar na dié tipe kruising wat in die bogenoemde scenario betrokke is, as ʼn dihibriede kruising verwys word. (2) 2.4.2 Die vorming van gamete met verskillende alleelkombinasies kan deur Mendel se Wette verduidelik word. Noem die TWEE wette wat van toepassing is. (2) 2.4.3 Identifiseer die: (a) Genotipe van die gameet van die manlike ouer by A (1) (b) Fenotipe van nakomeling B (2) (c) Genotipe van die vroulike ouer (1) (8) b.o.
Downloaded from hlayiso.com LEWENSWETENSKAPPE 14 (VRAESTEL 2) 10832/24 2.5 Die diagram hieronder toon twee modelle van evolusie gebaseer op die tempo waarteen dit plaasvind. Tyd 2.5.1 Gee die LETTER (A of B) wat die volgende die beste sal verteenwoordig: (a) Gradualisme (1) (b) Eldrige en Gould se verduideliking van evolusie (1) 2.5.2 Noem en beskryf die model van evolusie wat in A getoon word. (3) 2.5.3 Noem die tipe fossiele wat die model van evolusie ondersteun wat deur B voorgestel word. (1) (6) [50] b.o.
Downloaded from hlayiso.com LEWENSWETENSKAPPE 15 (VRAESTEL 2) 10832/24 VRAAG 3 3.1 Temming in gewasse is oor duisende jare getransformeer en lyk nou heeltemal anders in vergelyking met hul familie in die wild. Mielies behoort tot die genus Zea wat wilde teosinte (Z. mays parviglumis) en getemde mielies (Z. mays mays) insluit. Teosinte produseer ʼn kop met slegs 6 – 12 pitte in 2 rye wat deur ʼn harde buitenste bedekking beskerm word. Moderne mielies wat deur boere geproduseer word, het ʼn kop wat uit 500 of meer blootgestelde pitte in soveel as 20 rye bestaan. Die diagram hieronder toon die wilde teosinte en 'n getemde mieliekop. Teosinte Mielie 3.1.1 Noem die proses waardeur mense die moderne mielies geproduseer het. (1) 3.1.2 Noem EEN negatiewe effek wat die proses genoem in VRAAG 3.1.1 op ʼn spesie kan hê. (1) 3.1.3 Beskryf hoe die proses genoem in VRAAG 3.1.1 op mielies uitgevoer is. (3) 3.1.4 Verduidelik EEN ekonomiese voordeel wat die produksie van die moderne mieliekop vir boere inhou. (2) (7) b.o.
Downloaded from hlayiso.com LEWENSWETENSKAPPE 16 (VRAESTEL 2) 10832/24 3.2 ʼn Landengte is ʼn smal strook land wat twee groter landmassas verbind en twee waterliggame van mekaar skei. Die Landengte van Panama is ʼn smal strook land wat Noord- en Suid-Amerika aansluit. Wetenskaplikes glo dat hierdie strook land 3,5 miljoen jaar gelede gevorm het. Die Karibiese See is warm, terwyl die Stille Oseaan koeler is. Varkvisse, genus Anisotremus, kan aan weerskante van die smal strook land gevind word. Toe wetenskaplikes ʼn manlike varkvis van die Karibiese See en ʼn vroulike Panamese varkvis van die Stille Oseaan in dieselfde vistenk geplaas het, kon hulle nie kopuleer nie. Hulle word nou as twee verskillende spesies beskou word. 3.2.1 Definieer die term spesie. (2) 3.2.2 Noem TWEE reproduktiewe isoleringsmeganismes wat moontlik verhoed het dat die twee spesies varkvisse gekopuleer het. (2) 3.2.3 Gebaseer op die scenario hierbo, beskryf die spesievorming van die varkvis deur geografiese isolasie. (7) (11) b.o.
Downloaded from hlayiso.com LEWENSWETENSKAPPE 17 (VRAESTEL 2) 10832/24 3.3 Ichthyosis is ʼn velafwyking wat veroorsaak word deur ʼn mutasie van ʼn geen wat op die X-chromosoom gedra word. Die versteuring lei tot droë, skubberige vel as gevolg van ʼn tekort aan ʼn ensiem. Individu B het ʼn genotipe XtY. A B C D Ongeaffekteerde man Geaffekteerde man Ongeaffekteerde vrou Geaffekteerde vrou 3.3.1 Noem die tipe diagram hierbo getoon. (1) 3.3.2 Verskaf die moontlike genotipe/s van individu A. (2) 3.3.3 Verduidelik die verband tussen die oorgeërfde genotipe en fenotipe van individue C en Mendel se Wet van Dominansie. (4) 3.3.4 Verduidelik hoekom mans meer geneig is om deur hierdie afwyking geaffekteer te word as vrouens. (2) 3.3.5 Deur ʼn genetiese kruising te gebruik, wys hoe individu D die genotipe geërf het wat veroorsaak het dat hierdie individu deur die versteuring geraak is. OMKRING die genotipe in die korrekte posisie op die kruising. (6) (15) b.o.
Downloaded from hlayiso.com LEWENSWETENSKAPPE 18 (VRAESTEL 2) 10831/24 3.4 Nala en Luke is boere van dieselfde spesie klein vissies. Nala teel met homosigotiese geelvisse terwyl Luke met homosigotiese blouvisse teel. In ʼn ondersoek om die dominante kleur in hierdie vissoort te bepaal, het hulle toegelaat dat die geelvisse oor vyf jaar slegs met die blouvisse teel en elke jaar 100 nakomelinge versamel om waar te neem. Die tabel hieronder toon die gemiddelde resultate van die nakomelinge. Fenotipe Gemiddelde aantal visse oor vyf jaar Geel 20 Groen 65 Blou 15 3.4.1 Noem die tipe dominansie wat in hierdie ondersoek getoon word. (1) 3.4.2 Verskaf ʼn rede vir jou antwoord op VRAAG 3.4.1. (1) 3.4.3 Stel: (a) TWEE maniere waarop die betroubaarheid van hierdie ondersoek verseker is (2) (b) EEN manier waarop die resultate van die ondersoek meer geldig gemaak is (1) 3.4.4 Gee TWEE beplanningstappe wat vir hierdie ondersoek geneem sou word. (2) 3.4.5 Teken ʼn staafgrafiek om die resultate van hierdie ondersoek voor te stel. (6) (13) 3.5 Volgens Darwin se teorie van evolusie is daar ʼn groot mate van variasie in nakomelinge. Gebruik natuurlike seleksie, om te beskryf hoe variasies in die nakomelinge sal lei tot ʼn toename in die aantal individue met gewenste eienskappe, in die volgende generasie. (4) [50] TOTAAL AFDELING B: 100 TOTAAL: 150 EINDE

Study this subject

More from Grade 12 Life Sciences

View all
Life Sciences Grade 12 P2 Gauteng Prelim 2024 QP (Afr) | Hlayiso