Downloaded from hlayiso.com
VOORBEREIDENDE EKSAMEN
2024
10831
LEWENSWETENSKAPPE
(VRAESTEL 1)
TYD: 2½ uur
PUNTE: 150
17 bladsye
b.o.
Skip to contentAll 2024 papers 
%20X05%202019%20Preparatory%20Examination%20Question%20Paper_hlayiso.com_--6ca916a7-2250-4497-9409-7188154ce36b/v1-8d481fe1862c72e0df7e/card.webp)
%20Preperatory%202016%20Question%20Paper_hlayiso.com_--f3d96818-aad0-4820-91c5-b7b9cea1287f/v1-56d3891adc8c940b0d70/card.webp)

%20%20Preparatory%202018%20Possible%20Answer_hlayiso.com_--47d1fae5-b964-4653-aaa6-a3b2ad4a2512/v1-c12e41683d7a4be332af/card.webp)
%20Preparatory%202017%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--4d8cb2b6-23ab-4f9d-966d-af83482574f4/v1-0b91bc2ab801ca229655/card.webp)
View all





Life Sciences Grade 12 P1 Gauteng Prelim 2024 QP (Afr)
Grade 12 Life Sciences Paper 1 question paper from the Gauteng Prelim Exam 2024 (Afrikaans), 17 pages. Read online or download the free PDF.
Life Sciences · Grade 12 · Gauteng Prelim Exam · 2024 · Afrikaans. Question paper, 17 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Life Sciences
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Question paper
- Year
- 2024
- Exam period
- Gauteng Prelim Exam
- Paper
- 1
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 17
- File size
- 1.8 MB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 17
This exam
Gauteng Prelim Exam 2024
Questions in this paper
- Question 1.1RESPONDING TO THE ENVIRONMENT (Humans)20 marks
- Question 1.2RESPONDING TO THE ENVIRONMENT (Humans)6 marks
- Question 1.3HUMAN REPRODUCTION6 marks
- Question 1.4HUMAN REPRODUCTION8 marks
- Question 1.5HUMAN REPRODUCTION18 marks
- Question 2.1HUMAN REPRODUCTION9 marks
Show all 14 questions
- Question 2.2HUMAN REPRODUCTION28 marks
- Question 2.3RESPONDING TO THE ENVIRONMENT (PLANTS)11 marks
- Question 2.4RESPONDING TO THE ENVIRONMENT (Humans)24 marks
- Question 3.1HUMAN ENDOCRINE SYSTEM AND HOMEOSTASIS IN HUMANS14 marks
- Question 3.2RESPONDING TO THE ENVIRONMENT (Humans)11 marks
- Question 3.3HUMAN ENDOCRINE SYSTEM AND HOMEOSTASIS IN HUMANS8 marks
- Question 3.4HUMAN ENDOCRINE SYSTEM AND HOMEOSTASIS IN HUMANS9 marks
- Question 3.5HUMAN ENDOCRINE SYSTEM AND HOMEOSTASIS IN HUMANS8 marks
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
LEWENSWETENSKAPPE 2
(VRAESTEL 1) 10831/24
INSTRUKSIES EN INLIGTING
Lees die volgende instruksies aandagtig deur voordat die vrae beantwoord word.
1. Beantwoord AL die vrae.
2. Skryf AL die antwoorde in die ANTWOORDBOEK.
3. Begin die antwoorde op ELKE vraag bo-aan ʼn NUWE bladsy.
4. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik word.
5. Bied jou antwoorde volgens die instruksies by elke vraag aan.
6. Maak ALLE sketse met potlood en die byskrifte met blou of swart ink.
7. Teken diagramme, vloeidiagramme of tabelle slegs wanneer dit gevra word.
8. Die diagramme in hierdie vraestel is NIE noodwendig volgens skaal geteken
NIE.
9. MOENIE grafiekpapier gebruik NIE.
10. Jy moet ʼn nie-programmeerbare sakrekenaar, gradeboog en ʼn passer gebruik,
waar nodig.
11. Skryf netjies en leesbaar.
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
LEWENSWETENSKAPPE 3
(VRAESTEL 1) 10831/24
AFDELING A
VRAAG 1
1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
Kies die korrekte antwoord en skryf slegs die letter (A – D) langs die
vraagnommers (1.1.1 tot 1.1.10) in die ANTWOORDBOEK neer, bv. 1.1.11 D.
1.1.1 Watter struktuur beskerm die opening na die vagina?
A Serviks
B Vulva
C Anus
D Uretra
1.1.2 By mense vind bevrugting gewoonlik plaas in die ...
A fallopiusbuise.
B vagina.
C uterus.
D ovarium.
1.1.3 Watter deel van die brein is verantwoordelik vir willekeurige beweging?
A Serebrum
B Serebellum
C Medulla oblongata
D Hipotalamus
1.1.4 Watter siekte kom voor wanneer bloedglukosevlakke te hoog is?
A Hipertiroïdisme
B Goiter
C Diabetes
D Ragitis
1.1.5 Die struktuur wat die twee hemisfere van die brein saamvoeg, word die
... genoem.
A corpus callosum
B hipotalamus
C medulla oblongata
D pituïtêre
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
LEWENSWETENSKAPPE 4
(VRAESTEL 1) 10831/24
1.1.6 Die pupilrefleks is die vermoë van ʼn tipiese menslike oog om by
verskillende ligintensiteite in die omgewing aan te pas.
Watter kombinasie van prosesse sal in ʼn tipiese menslike oog
plaasvind wanneer die ligintensiteit van donker na helder lig verander?
(i) Radiale spiere trek saam
(ii) Kringspiere trek saam
(iii) Pupil vernou
(iv) Radiale spiere ontspan
(v) Kringspiere ontspan
(vi) Pupil verwyd
A Slegs (ii), (iii) en (iv)
B Slegs (i), (ii) en (iii)
C Slegs (i), (v) en (vi)
D Slegs (iii), (iv) en (v)
1.1.7 Watter van die volgende kan gebruik word om ʼn ernstige
middeloorinfeksie te behandel?
A Wasskoonmaker
B Grommets
C Gehoorapparaat
D Kogleêre inplanting
1.1.8 ʼn Persoon ervaar die volgende simptome:
Verloor maklik gewig
Is altyd honger
Voel nooit koud nie
Die mees waarskynlike verklaring vir hierdie kombinasie van simptome
is dat die persoon ...
A te veel groeihormoon afskei.
B ʼn ooraktiewe tiroïedklier het.
C diabeet is en het pas ʼn insulien-inspuiting gehad.
D ʼn onderaktiewe hipotalamus het.
1.1.9 Afskeidings word in ʼn holte of op die oppervlak deur ʼn buis in die
liggaam vrygestel deur ...
A ʼn endokriene klier.
B ʼn eksokriene klier.
C die senuweestelsel.
D die sirkulatoriese stelsel.
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
LEWENSWETENSKAPPE 5
(VRAESTEL 1) 10831/24
1.1.10 Watter van die volgende vind plaas wanneer die simpatiese
senuweestelsel meer aktief is as die parasimpatiese senuweestelsel?
A Verhoogde asemhalingstempo
B Verlaagde harttempo
C Vernouing van pupille
D Toename in vertering (10 x 2) (20)
1.2 Gee die korrekte biologiese term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf
slegs die term langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.6) in die ANTWOORDBOEK
neer.
1.2.1 Skerp strukture gevind in plante vir beskerming teen herbivore
1.2.2 Tipe visie wat voortspruit uit twee oë
1.2.3 ʼn Hormoon wat deur die menslike pituïtêre klier geproduseer word wat
melkproduksie by vrouens stimuleer
1.2.4 ʼn Toestand waar die kornea oneweredig is, wat tot dowwe beelde lei
1.2.5 Die reaksie van stingels op ʼn ligstimulus
1.2.6 ʼn Hol bal selle wat uit die sigoot gevorm is (6 x 1) (6)
1.3 Dui aan of elk van die beskrywings in KOLOM I van toepassing is op SLEGS A,
SLEGS B, BEIDE A en B of GEENEEN van die items in KOLOM II nie. Skryf
slegs A, slegs B, beide A en B, of geeneen langs die vraagnommers
(1.3.1 tot 1.3.3) in die ANTWOORDBOEK neer.
KOLOM I KOLOM II
1.3.1 Die hormoon wat in oormaat is, in ʼn A: Luteïniserings hormoon
abnormale lang persoon B: Groeihormoon
1.3.2 Korrekte lense vir versiendheid A: Konveks
B: Konkaaf
1.3.3 ʼn Siekte van die SSS A: Veelvuldige sklerose
B: Alzheimer se siekte
(3 x 2) (6)
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
LEWENSWETENSKAPPE 6
(VRAESTEL 1) 10831/24
1.4 Bestudeer die diagram hieronder van ʼn amniotiese eier en beantwoord die vrae
wat volg.
A
B
C
D
E
F
1.4.1 Gee die LETTER en NAAM van die deel wat:
(a) Die ontwikkelende embrio teen roofdiere beskerm (2)
(b) Voedingstowwe aan die embrio tydens sy ontwikkeling verskaf (2)
(c) Voorsiening maak vir die storing van afvalprodukte van die embrio (2)
1.4.2 Die onderstaande diagramme toon verskillende stadiums van
ontwikkeling.
DIAGRAM A DIAGRAM B
Noem die diagram wat:
(a) Altrisiële ontwikkeling verteenwoordig. (1)
(b) Die tipe ontwikkeling waar ʼn klein hoeveelheid dooier beskikbaar
was vir die embrio verteenwoordig (1)
(8)
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
LEWENSWETENSKAPPE 7
(VRAESTEL 1) 10831/24
1.5 Die diagram hieronder toon die uterus van ʼn swanger vrou.
7
Rug
1 6
2
3
5
4
1.5.1 Identifiseer die strukture genommer:
(a) 1 (1)
(b) 3 (1)
(c) 5 (1)
(d) 6 (1)
1.5.2 Noem die struktuur wat:
(a) As die geboortekanaal dien (1)
(b) ʼn Hormoon afskei wat swangerskap in stand hou (1)
(c) Suurstof en voedingstowwe na die ontwikkelende fetus vervoer (1)
1.5.3 Noem die weefsel van die uterus wat saamtrek om die vrou in staat te
stel om die baba tydens geboorte “uit te druk”. (1)
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
LEWENSWETENSKAPPE 8
(VRAESTEL 1) 10831/24
1.5.4 Verskeie funksies word hieronder gelys.
1. Dien as ʼn mikrofilter
2. Laat vrye beweging van die fetus toe soos dit groei en ontwikkel
3. Gaswisseling tussen moeder en fetus
4. Beskerm die fetus teen uitdroging
5. Verskaf immuniteit aan die fetus
6. Skei ’n hormoon af
7. Skokabsorbeerder
8. Termoregulering
Watter van die bogenoemde funksies is van toepassing op die
amniotiese vloeistof?
Skryf slegs die NOMMER/S in die ANTWOORDBOEK neer. (2)
(10)
TOTAAL AFDELING A: 50
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
LEWENSWETENSKAPPE 9
(VRAESTEL 1) 10831/24
AFDELING B
VRAAG 2
2.1 Bestudeer die diagramme en grafieke hieronder, wat die hormonale regulering
van die vroulike voortplantingsiklus toon.
2.1.1 Gee die NOMMER en NAAM van die hormoon wat:
(a) Die ontwikkeling van ʼn follikel stimuleer (2)
(b) Die endometrium tussen dag 7 en 14 onderhou (2)
2.1.2 (a) Verduidelik die funksie van die corpus luteum. (2)
(b) Beskryf hoe die corpus luteum gevorm word. (3)
2.1.3 Gee TWEE sigbare redes, deur die inligting uit die diagramme en
grafieke hierbo te gebruik, om te verduidelik hoekom die vrou nie
swanger is nie. (2)
(11)
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
LEWENSWETENSKAPPE 10
(VRAESTEL 1) 10831/24
2.2 Die diagram hieronder verteenwoordig die manlike voortplantingstelsel.
A
B
C
D
E
F
G
2.2.1 Identifiseer die dele gemerk:
(a) A
(1)
(b) E (1)
2.2.2 Verduidelik die funksie van struktuur G. (2)
2.2.3 Noem en beskryf die proses waardeur gamete in deel F geproduseer
word. (4)
2.2.4 Teken ʼn diagram van ʼn gameet wat in deel F geproduseer word. (5)
2.2.5 Teken ʼn vloeidiagram wat die pad van spermselle tydens ejakulasie toon. (2)
(15)
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
LEWENSWETENSKAPPE 11
(VRAESTEL 1) 10831/24
2.3 ʼn Student het die effekte van verskeie planthormone op die groei van
mieliesaailinge bestudeer.
Mieliesaailinge van dieselfde lengte en soorte is gebruik.
Die student het vier groepe van 10 plante elk geneem.
Alle aanvanklike lengtes van die saailinge was 1 cm.
Elke groep het dieselfde hoeveelheid water ontvang.
Sy het vir een groep slegs water gegee, terwyl al die ander groepe
1,00 mikrogram van ʼn verskillende hormoon wat in water gemeng is,
ontvang het.
Na 15 dae het sy die lengte van elke saailing uit elke groep gemeet, die
gemiddelde bereken en die inligting in die tabel hieronder aangeteken.
Verskeie plant hormone Lengte van
gemeng in water saailinge (cm)
Slegs water 21
Absisiensuur + water 19
Ouksiene + water 22
Gibberelliene + water 48
2.3.1 Watter planthormoon het die langste plante geproduseer? (1)
2.3.2 Identifiseer TWEE maniere waarop die student die geldigheid van die
ondersoek verseker het. (2)
2.3.3 Gee TWEE funksies van absisiensuur. (2)
2.3.4 Teken ʼn staafgrafiek om die data in die tabel hierbo voor te stel. (6)
(11)
2.4 Die diagram hieronder toon ʼn lengtesnit deur ʼn menslike oog.
2.4.1 Gee die NAAM van die deel wat:
(a) Die vorm van die oog saam met die sklera behou (1)
(b) Impulse na die serebrum dra (1)
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
LEWENSWETENSKAPPE 12
(VRAESTEL 1) 10831/24
2.4.2 Verduidelik EEN kenmerk wat deur dele B en D gedeel word, wat hulle
geskik maak vir die funksie vir duidelike visie. (2)
2.4.3 Bespreek hoe dele G en H saamwerk, sodat visie kan plaasvind. (4)
2.4.4 Tabuleer TWEE strukturele verskille tussen ʼn gesonde oog wanneer jy
na ʼn voorwerp nader as 6 m kyk en wanneer jy na ’n voorwerp verder as
6 m weg kyk. (5)
(13)
[50]
VRAAG 3
3.1 ʼn Ondersoek is uitgevoer om die tyd wat dit neem vir bloedalkoholvlakke om na
normaal terug te keer na die verbruik van verskeie volumes alkohol waar te
neem.
Die ondersoeker het vier mense genooi om aan die ondersoek deel te neem.
Elke deelnemer is gevra om die volgende regeringswaarskuwingsetiket oor
alkoholverbruik te lees:
WAARSKUWING VAN DIE REGERING:
1. Volgens die Chirurg-generaal moet vroue nie alkoholiese drank
tydens swangerskap drink nie, weens die risiko van
geboortedefekte.
2. Verbruik van alkoholiese drank belemmer jou vermoë om ʼn motor
te bestuur of masjinerie te bedryf en kan gesondheidsprobleme
veroorsaak.
Elke deelnemer is ʼn spesifieke volume alkohol gegee om te drink:
Deelnemer Volume alkohol/ml
1 30
2 60
3 120
4 180
Die bloedalkoholkonsentrasie is gemeet voordat die deelnemers die alkohol
gedrink het en elke 30 minute daarna, totdat die bloedalkoholkonsentrasie na
0% teruggekeer het.
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
LEWENSWETENSKAPPE 13
(VRAESTEL 1) 10831/24
Die onderstaande grafiek toon die resultate van die ondersoek.
0,12
Alkoholkonsentrasie in bloed (persent)
0,10 180 ml
0,08
Reeks van algemene
wetlike beperkings op
0,06 motorvoertuigbedryf
120 ml
0,04
0,02 60 ml
30 ml
0
0 1 2 3 4 5 6 7
Tyd (ure)
3.1.1 Hoeveel ure neem dit vir ʼn persoon om wettig te kan bestuur nadat hy
180 ml alkohol gedrink het? (2)
3.1.2 Identifiseer die afhanklike veranderlike vir hierdie ondersoek. (1)
3.1.3 Stel TWEE redes voor waarom die ondersoeker die deelnemers sou vra
om vir 48 uur voor die ondersoek nie alkohol te gebruik nie. (2)
3.1.4 Vir hierdie ondersoek, beskryf:
(a) TWEE veiligheidsmaatreëls (2)
(b) TWEE beplanningstappe (2)
3.1.5 (a) Gebaseer op die bogenoemde tabel, is die ondersoek se resultate
betroubaar? (1)
(b) Gee ʼn rede vir jou antwoord op VRAAG 3.1.5 (a). (2)
3.1.6 Gee ʼn geskikte gevolgtrekking vir hierdie ondersoek. (2)
(14)
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
LEWENSWETENSKAPPE 14
(VRAESTEL 1) 10831/24
3.2 ‘AirPods’ is draadlose luistertoestelle wat in die oor pas en klank lei, sodat
gebruikers privaat na musiek vanaf hul fone kan luister sonder om ander te steur.
Diagram 1
'AirPod'
ʼn Slimfoon het ʼn kenmerk wat die volume van die musiek wat deur die
'AirPods' gespeel word, kan monitor en ʼn waarskuwingskennisgewings kan
gee as die volume 80 dB (desibels) oorskry.
Fred en Tebogo luister na dieselfde musiek. Diagramme 2 en 3 hieronder wys
hul foonskerms.
Diagram 2 Diagram 3
3.2.1 Noem die deel van die oor wat:
(a) Vibreer as gevolg van die direkte effek van klankgolwe (1)
(b) Reseptorselle bevat om die klankstimulus agter te kom (1)
(c) Die druk in die middeloor gelykmaak (1)
(d) Klankgolwe na die middeloor lei (1)
3.2.2 Verduidelik TWEE maniere hoe 'AirPods' ʼn persoon kan verhoed om ander
omgewingsgeraas te hoor. (4)
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
LEWENSWETENSKAPPE 15
(VRAESTEL 1) 10831/24
3.2.3 Gebruik diagramme 2 en 3 en beantwoord die volgende vrae.
(a) Wie dra die groter risiko vir skade aan hul klankreseptorselle? (1)
(b) Verduidelik jou antwoord op VRAAG 3.2.3 (a). (2)
(11)
3.3 Die diagram hieronder toon die manlike liggaam met die posisie van verskeie
kliere.
A
B
C
bynier
D
3.3.1 (a) Noem TWEE hormone wat deur die bynier afgeskei word. (2)
(b) Noem die hormoon wat deur klier D afgeskei word. (1)
3.3.2 Noem en beskryf die rol van klier A wanneer die hormoon wat deur klier B
afgeskei word bo die normale vlak styg. (5)
(8)
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
LEWENSWETENSKAPPE 16
(VRAESTEL 1) 10831/24
3.4 Bestudeer die onderstaande grafiek en beantwoord die vrae wat volg.
Fazin: weeg 70 kg Aubrey: weeg 70 kg
Nie 'n diabeet nie 'n Diabeet
Bloedglukosevlakke
hoog W X Y
0,1 % Normale reeks
Tydperk van oefening
laag Z
2 4 6 8 10 12
Tyd (ure)
3.4.1 (a) Noem die hormoon wat Aubrey by X op die grafiek ontvang het. (1)
(b) Verskaf ʼn geskikte rede vir jou antwoord op VRAAG 3.4.1 (a) (1)
3.4.2 Definieer die term homeostase. (2)
3.4.3 Beskryf die negatiewe terugvoermeganisme wat tussen Y en Z voorkom. (5)
(9)
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
LEWENSWETENSKAPPE 17
(VRAESTEL 1) 10831/24
3.5 Die grafiek hieronder toon die effek van strawwe oefening op ʼn atleet se
liggaams-temperatuur, gevolg deur ʼn ysbad.
38,5
strawwe ysbad
oefening by 18 °C
38,0
Liggaamstemperatuur °C
37,5
37,0
normale liggaamstemperatuur
36,0
0 10 20 30 40 50 60 70 80
Minute
3.5.1 Watter deel van die brein reageer op die temperatuurveranderinge in die
liggaam se temperatuur? (1)
3.5.2 Beskryf die veranderinge in die atleet se liggaam tussen 20 en
40 minute, soos geïllustreer in die grafiek. (5)
3.5.3 Verduidelik die oorsaak van die toename in liggaamstemperatuur tydens
strawwe oefening. (2)
(8)
[50]
TOTAAL AFDELING B: 100
TOTAAL: 150
EINDE
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
Life Sciences Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2019 QP (Afr)
%20X05%202019%20Preparatory%20Examination%20Question%20Paper_hlayiso.com_--6ca916a7-2250-4497-9409-7188154ce36b/v1-8d481fe1862c72e0df7e/card.webp)
Question paper
Life Sciences Grade 12 P1 Gauteng Mock 2019 QP (Afr)
%20Preperatory%202016%20Question%20Paper_hlayiso.com_--f3d96818-aad0-4820-91c5-b7b9cea1287f/v1-56d3891adc8c940b0d70/card.webp)
Question paper
Life Sciences Grade 12 P1 Gauteng Mock 2016 QP (Afr)

Memorandum
Life Sciences Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2023 Memo (Afr)
%20%20Preparatory%202018%20Possible%20Answer_hlayiso.com_--47d1fae5-b964-4653-aaa6-a3b2ad4a2512/v1-c12e41683d7a4be332af/card.webp)
Memorandum
Life Sciences Grade 12 P1 Gauteng Mock 2018 Memo (Afrikaans)
%20Preparatory%202017%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--4d8cb2b6-23ab-4f9d-966d-af83482574f4/v1-0b91bc2ab801ca229655/card.webp)
Memorandum
Life Sciences Grade 12 P1 Gauteng Mock 2017 Memo (Afrikaans)
More from Grade 12 Life Sciences

Memorandum
Life Sciences Grade 12 Eastern Cape Mock 2025 Memo

Memorandum
Life Sciences Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2025 Memo (Afr)

Memorandum
Life Sciences Grade 12 Paper 1 Free State Mock 2025 Memo

Memorandum
Life Sciences Grade 12 Paper 2 Free State Mock 2025 Memo

Memorandum
Life Sciences Grade 12 Paper 2 Gauteng Mock 2025 Memo

Memorandum