Downloaded from hlayiso.com
PROVINSIALE EKSAMEN
JUNIE 2023
GRAAD 6
NATUURWETENSKAPPE EN
TEGNOLOGIE
TYD: 1½ uur
PUNTE: 60
11 bladsye
DISTRIK
NAAM VAN SKOOL
EMIS-NOMMER
NAAM EN VAN
GESLAG SEUN MEISIE
AFDELING A B C TOTAAL
Vraag 1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13
Punte toekenning 5 5 5 5 5 5 5 5 7 4 3 4 2 60
Leerder se punt
b.o.
You're offline
Skip to contentQuestion paper %20June%202023%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--d53ff5bd-b490-44a0-b4de-df3789415527/v1-f3aba9e7a6b38235e50a/card.webp)
%20June%202022%20Question%20Paper(1)_hlayiso.com_--a76df668-a552-4d08-848e-94158a2fd408/v1-e5c62b2001081bb4cc56/card.webp)
%20June%202017%20Question%20Paper_hlayiso.com_--ecf10b35-b5b8-44f4-8d8f-97c4adbfcc6f/v1-e7d1937d2c6e61ed9676/card.webp)

%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--fb9a79ac-6a9e-447a-815b-6e0ea54c50f3/v1-78b55622c66a0b065725/card.webp)
%20June%202024%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--db456923-8c84-4b9d-a0f1-c339ff1175bf/v1-93e53c7991daab52e5ae/card.webp)
View all%20June%202022%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--f36801d7-18b3-49ba-a578-223b3032d1dc/v1-65acf1a18f77d2849087/card.webp)
%20June%202022%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--5aa1e4e6-7bf6-4b02-a0d0-2ead828afec8/v1-b3535e57e3f1cbd20a6a/card.webp)
%20June%202022%20Question%20Paper_hlayiso.com_--0ae5ddfc-4460-442a-9b30-1abff2e9f123/v1-117f763ff0ada51937a9/card.webp)
%20June%202022%20Question%20Paper_hlayiso.com_--2aa2dfd6-f2d4-4fe9-9758-6d7f68649da0/v1-df362774a26265337051/card.webp)
%20November%202022%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--b9cc67df-d573-4340-b547-17b8466f319b/v1-e2cd99d922d03663ee64/card.webp)
%20November%202022%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--629dca06-6c3e-4c86-a6ef-4621a3da96fd/v1-fe015c02145d8fc57393/card.webp)
Gr 6 NST (Afrikaans) June 2023 Question Paper hlayiso.com
Natural Sciences And Technology · Grade 6 · Gauteng June Exam · 2023 · Afrikaans. Question paper, 11 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Natural Sciences And Technology
- Grade
- Grade 6
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Question paper
- Year
- 2023
- Exam period
- Gauteng June Exam
- Pages
- 11
- File size
- 294.9 KB
Loading document…
Loading document…
1 of 11
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
NATUURWETENSKAPPE EN TEGNOLOGIE 2
GRAAD 6
INSTRUKSIES AAN LEERDERS
1. Beantwoord AL die vrae in die gegewe spasies op hierdie vraestel.
2. Lees die instruksies en vrae aandagtig deur voordat jy dit beantwoord.
3. Skryf netjies en leesbaar.
AFDELINGS
NATUURWETENSKAPPE MATERIE EN MATERIALE
TECHNOLOGIE SISTEME EN KONTROLE
Hierdie vraestel bestaan uit AFDELING A, AFDELING B EN AFDELING C.
AFDELING A: LAE ORDE AFDELING B: MIDDEL AFDELING C: HOË ORDE
VRAE/KOGNITIEWE VLAK 1 ORDE VRAE/KOGNITIEWE VRAE/KOGNITIEWE
VLAKKE 2, 3 & 4 VLAKKE 5 & 6
V1: Fotosintese, V7: Gebalanseerde dieet V11: Voedingstowwe in
Voedselgroepe, Rangskikking voedselgroepe
van partikels, Oplossings as
spesiale mengsels, Mengsels
V2: Voedingstowwe in kos, V8: Gesuiwerde water V12: Waterbesoedeling,
Voeding Gesuiwerde water
V3: Voeselgroepe, Mengsels V9: Fases van materie V13: Tempo van oplossing
van materiale, Oplossings
V4: Mengsels (Skeiding van V10: Rangskikking van
mengsels) partikels, Mengsels van
materiale.
V5: Oplossings as spesiale
mengsels
V6: Mengsels van materiale
Totaal – 30 Totaal – 21 Totaal – 9
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
NATUURWETENSKAPPE EN TEGNOLOGIE 3
GRAAD 6
AFDELING A
VRAAG 1
Vier moontlike antwoorde word vir elke vraag hieronder gegee. Omkring of gebruik ʼn
glimpen (highlighter) om die korrekte antwoord te beklemtoon.
1.1 Watter van die volgende bevat chlorofil?
A Alle groen plante
B Alle vrugtebome
C Alle blomplante
D Alle immergroen bome (1)
1.2 Watter van die volgende kosse is gewoonlik NIE verryk NIE?
A Kaas
B Bruinrys
C Kookolie
D Verfynde suiker (1)
1.3 Watter van die volgende is NIE ʼn funksie van vette en olie in die liggaam NIE?
A Voorsien die liggaam van energie
B Help die liggaam om sekere vitamienes te absorbeer
C Help om energie in die liggaam te stoor
D Reguleer die absorpsie van hitte (1)
1.4 ʼn Stof word as ʼn vastestof, vloeistof of ʼn gas geklassifiseer deur die ...
A beweging van die partikels.
B toestand van die partikels.
C grootte van die partikels.
D temperatuur van die partikels. (1)
1.5 Wat word die proses genoem waar ʼn opgeloste stof weer in soliede kristalle
verander nadat die oplosmiddel verdamp het?
A Magnetisering
B Filtrasie
C Kristallisasie
D Oksidasie (1)
[5]
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
NATUURWETENSKAPPE EN TEGNOLOGIE 4
GRAAD 6
VRAAG 2: Voedingstowwe in kos en Voeding
Pas KOLOM A by KOLOM B deur die korrekte letter in die antwoordkolom hieronder
te skryf.
ʼn Voorbeeld is alreeds vir jou gedoen.
KOLOM A KOLOM B Antwoord
Bv. Suiker A Voedsel vir energie Bv. – D
2.1 Vitamiene C B Ongebalanseerde suikervlakke in 2.1 –
die liggaam
2.2 Koolhidrate C ʼn Verskeidenheid kosse wat ons 2.2 –
elke dag eet
2.3 Gesonde vette en D Oplosbaar 2.3 –
olies
2.4 Diabetes E Olierige vis, rou neute en 2.4 –
avokadopere
2.5 Dieet F Lemoene 2.5 – [5]
VRAAG 3: Rangskikking van partikels
Dui aan of die volgende sinne WAAR of ONWAAR is. Skryf slegs ‘waar’ of ‘onwaar’ in
die spasies hieronder.
3.1 Ragitis is ʼn siekte wat veroorsaak word deur ʼn tekort aan vitamiene D in die
dieet. (1)
3.2 Nadat ʼn oplossing behoorlik gemeng is, kan die opgeloste stof nie meer gesien
word nie. (1)
3.3 Oplossings is eenvormig in voorkoms. (1)
3.4 Mengsels kan geskei word deur sif, dekantering en verdamping. (1)
3.5 Brood, aartappels en eiers is voorbeelde van voedsel wat hoofsaaklik koolhidrate
bevat. (1)
[5]
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
NATUURWETENSKAPPE EN TEGNOLOGIE 5
GRAAD 6
VRAAG 4: Byskrifte – Skeiding van mengsels
Die onderstaande diagram verteenwoordig die metode van filtrering. Gebruik die
woorde in die woordbank om die diagram korrek te etiketteer. Skryf jou antwoorde op
die lyne wat op die diagram voorsien word.
Gesuiwerde water Filtreerpapier Sand en water mengsel Tregter Beker
4.1
4.2
4.3
4.4
Keelvormige fles
4.5
[5]
VRAAG 5: Oplossings as spesiale mengsels
Verskaf die wetenskaplike term vir elk van die volgende beskrywings:
5.1 Wanneer ʼn stof in ʼn vloeistof oplos (1)
5.2 Die stof wat opgelos word (1)
5.3 Die vloeistof waarin ʼn stof opgelos word (1)
5.4 Stowwe wat nie oplos nie (1)
5.5 Wanneer nie meer opgeloste stof in ʼn gegewe hoeveelheid
oplosmiddel opgelos kan word nie (1)
[5]
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
NATUURWETENSKAPPE EN TEGNOLOGIE 6
GRAAD 6
VRAAG 6: Mengsels van materiale
Hieronder is ʼn mengsel van warm water en teeblare. Gebruik die prent om jou te help
om die volgende vrae te beantwoord.
warm water
teeblare
sif
6.1 Noem die onoplosbare stof in die mengsel.
(1)
6.2 Noem die oplosmiddel in die mengsel.
(1)
6.3 Definieer die term onoplosbaar.
(1)
6.4 Lys TWEE maniere hoe mengsels geskei kan word.
(2)
[5]
TOTAAL AFDELING A: 30
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
NATUURWETENSKAPPE EN TEGNOLOGIE 7
GRAAD 6
AFDELING B
VRAAG 7: Gebalanseerde dieet
Thomas is oorgewig. Hy eet nie gewoonlik ontbyt in die oggende nie. Hy geniet dit
egter baie om elke dag gemorskos vir middagete en vir aandete te eet. Hy vra ook
gereeld vir sy ma om vir hom winkel toe te neem om koeldrank en ander
gaskoeldranke te koop. Thomas het besef sy leefstyl is nie gesond nie en het besluit
om dit te verander.
7.1 Stel TWEE maniere voor hoe Thomas gesonder kan leef.
(2)
7.2 Voorspel wat met Thomas gaan gebeur as hy op hierdie manier aanhou eet.
(2)
7.3 Gee ʼn voorbeeld van ʼn siekte wat Thomas kan kry as hy nie sy dieet verander
nie.
(1)
[5]
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
NATUURWETENSKAPPE EN TEGNOLOGIE 8
GRAAD 6
VRAAG 8: Gesuiwerde water
Rangskik die volgende stappe in die orde waarvolgens die munisipaliteit water suiwer.
Skryf slegs die LETTER in die spasies hieronder om die korrekte volgorde aan te dui.
Verkeerde volgorde Korrekte volgorde
A Afsakking – Wanneer rou water in die Stap 1:
uitsakkingstenk staan, sink die mediumgrootte stukke
van soliede materie na die bodem van die tenk.
B Filtrering – ʼn Spesiale filter, gemaak van lae sand en Stap 2:
gruis help om die oorblywende partikels en die
meeste van die bakterieë wat in die water agterbly, te
verwyder.
C Sifting – Water gaan deur ʼn groot sif en die vaste Stap 3:
materiale bly op die sif agter.
D Ontsmetting – Chemikalieë word by die water Stap 4:
gevoeg om enige oorlewende kieme dood te maak.
E Belugting – Bakterieë in die tenk help om die laaste Stap 5:
klein stukkies soliede materiaal en enige natuurlike
oplosbare besoedelende stowwe af te breek.
[5]
VRAAG 9: Fases van materie – Vergelyking van partikels in vaste stowwe,
vloeistowwe en gasse
9.1 Verduidelik die rangskikking van die partikels vir elk van die toestande van
materie hieronder.
Vaste stof Vloeistof Gas
(3)
9.2 Verduidelik waarom jy die reuk van kos wat gekook word in die kamer langsaan
kan ruik.
(2)
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
NATUURWETENSKAPPE EN TEGNOLOGIE 9
GRAAD 6
9.3 Watter toestand van materie verteenwoordig die reuk van
kos wat gekook word? (1)
9.4 In die onderstaande blok, teken hoe die partikels in ʼn gas beweeg.
(1)
[7]
VRAAG 10: Vergelyking en Differensiëring
10.1 Verduidelik die verskil tussen smelt en oplos van stowwe.
Smelt -
Oplos -
(2)
10.2 Differensieer tussen mengsels en oplossings.
Mengsels -
Oplossings -
(2)
[4]
TOTAAL AFDELING B: [21]
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
NATUURWETENSKAPPE EN TEGNOLOGIE 10
GRAAD 6
AFDELING C
VRAAG 11: Voedingstowwe in voedselgroepe
11.1 Verduidelik waarom koolhidrate belangrik in jou dieet is.
(1)
11.2 Verduidelik waarom bymiddels by verskeie voedelsoorte bygevoeg word.
(1)
11.3 Verskaf EEN rede waarom jy dink kos wat bymiddels bevat ongesond kan
wees.
(1)
[3]
VRAAG 12: Waterbesoedeling en Gesuiwerde water
12.1 Bespreek kortliks DRIE oorsake van waterbesoedeling.
(a)
(1)
(b)
(1)
(c)
(1)
12.2 Stel EEN rede voor waarom ons skoon water benodig.
(1)
[4]
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
NATUURWETENSKAPPE EN TEGNOLOGIE 11
GRAAD 6
VRAAG 13: Tempo van oplossing
13.1 Bespreek hoe die verhoging van temperatuur van ʼn oplossmiddel die tempo
waarteen ʼn opgeloste stof sal oplos verhoog.
(2)
[2]
TOTAAL AFDELING C: 9
TOTAAL: 60
EINDE
Recommended for this subject
Published documents with matching subject and grade metadata.
Related documents
Matched using subject, grade, language, document type and exam metadata.
%20June%202023%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--d53ff5bd-b490-44a0-b4de-df3789415527/v1-f3aba9e7a6b38235e50a/card.webp)
Memorandum
Gr 6 NST (Afrikaans) June 2023 Possible Answers hlayiso.com
%20June%202022%20Question%20Paper(1)_hlayiso.com_--a76df668-a552-4d08-848e-94158a2fd408/v1-e5c62b2001081bb4cc56/card.webp)
Question paper
Grade 6 Natural Sciences and Technology (Afrikaans) June 2022 Question Paper(1) hlayiso.com
%20June%202017%20Question%20Paper_hlayiso.com_--ecf10b35-b5b8-44f4-8d8f-97c4adbfcc6f/v1-e7d1937d2c6e61ed9676/card.webp)
Question paper
Gr 6 NST (Afrikaans) June 2017 Question Paper hlayiso.com

Question paper
Gr 6 NST Afrikaans June 2016 Questions paper hlayiso.com
%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--fb9a79ac-6a9e-447a-815b-6e0ea54c50f3/v1-78b55622c66a0b065725/card.webp)
Memorandum
Gr 6 NST (Afrikaans) Possible Answers hlayiso.com
%20June%202024%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--db456923-8c84-4b9d-a0f1-c339ff1175bf/v1-93e53c7991daab52e5ae/card.webp)
Memorandum
Gr 6 NST (Afrikaans) June 2024 Possible Answers hlayiso.com
More from Grade 6 Natural Sciences And Technology
Explore more published documents in this catalogue.
%20June%202022%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--f36801d7-18b3-49ba-a578-223b3032d1dc/v1-65acf1a18f77d2849087/card.webp)
Memorandum
Gr6 NS & TEC (AFR) June 2022 Possible Answers hlayiso.com
%20June%202022%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--5aa1e4e6-7bf6-4b02-a0d0-2ead828afec8/v1-b3535e57e3f1cbd20a6a/card.webp)
Memorandum
Gr6 NS & TEC (ENG) June 2022 Possible Answers hlayiso.com
%20June%202022%20Question%20Paper_hlayiso.com_--0ae5ddfc-4460-442a-9b30-1abff2e9f123/v1-117f763ff0ada51937a9/card.webp)
Question paper
Gr6 NS & TEC (AFR) June 2022 Question Paper hlayiso.com
%20June%202022%20Question%20Paper_hlayiso.com_--2aa2dfd6-f2d4-4fe9-9758-6d7f68649da0/v1-df362774a26265337051/card.webp)
Question paper
Gr6 NS & TEC (ENG) June 2022 Question Paper hlayiso.com
%20November%202022%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--b9cc67df-d573-4340-b547-17b8466f319b/v1-e2cd99d922d03663ee64/card.webp)
Memorandum
Gr 6 Natural Sciences (Afrikaans) November 2022 Possible Answers hlayiso.com
%20November%202022%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--629dca06-6c3e-4c86-a6ef-4621a3da96fd/v1-fe015c02145d8fc57393/card.webp)
Memorandum
%20June%202024%20Question%20Paper_hlayiso.com_--1ca439c0-a364-4e4d-b039-d42961531cbf/v1-51cd9dd0f8d7b9b31a58/card.webp)




%20Question%20Paper_hlayiso.com_--b78298a3-2cca-4917-b5c9-4368f59a28ed/v1-13563b8212fff3562806/card.webp)