Skip to content

Economics Grade 11 P1 Gauteng June 2016 Question Paper (Afr)

Question paperEconomicsGrade 11201613 pages

Grade 11 Economics Paper 1 question paper from the Gauteng June 2016 (Afrikaans), 13 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS PROVINSIALE EKSAMEN JUNIE 2016 GRAAD 11 EKONOMIE (VRAESTEL 1) NAAM VAN LEERDER: ___________________________________________ GRAAD: _________ TYD: 2 uur PUNTE: 150 13 bladsye b.o.
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE V1 Graad 11 2 GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS PROVINSIALE EKSAMEN EKONOMIE (VRAESTEL 1) TYD: 2 uur PUNTE: 150 INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Beantwoord VIER vrae soos volg in die ANTWOORDEBOEK: AFDELING A: VERPLIGTEND. AFDELING B: Beantwoord enige TWEE van die DRIE vrae. AFDELING C: Beantwoord enige EEN van die twee vrae. 2. Beantwoord slegs die vereiste getal vrae. Addisionele antwoorde sal NIE nagesien word NIE. In AFDELING B sal slegs die eerste TWEE vrae gemerk word en in AFDELING C slegs die eerste EEN. 3. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik word. 4. Skryf die vraagnommer bo-aan elke antwoord neer. 5. Lees die vrae aandagtig deur. 6. Begin ELKE vraag op ʼn NUWE bladsy. 7. Laat 2 – 3 reëls tussen onderafdelings van vrae oop. 8. Beantwoord die vrae in volsinne en maak seker dat die formaat, inhoud en konteks van jou antwoorde aan die kognitiewe vereistes van die vrae voldoen. 9. Gebruik slegs blou of swart ink. 10. ʼn Nie-programmeerbare sakrekenaar mag gebruik word. 11. Skryf netjies en leesbaar. b.o.
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE V1 Graad 11 3 AFDELING A (VERPLIGTEND) VRAAG 1 30 PUNTE – 20 MINUTE 1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee. Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A – C) langs die vraagnommer (1.1.1 – 1.1.8) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.1.9 B. 1.1.1 Vir enige produksie om plaas te vind is ... nodig. A. finale goedere en dienste B. infrastruktuur C. produksie faktore 1.1.2 Die verskil tussen die oorspronklike prys en die huidige waarde van masjinerie sal afhang van slytasie. Dit staan bekend as ... A. markprys. B. waardevermindering. C. basiese prys. 1.1.3 ʼn Netto bedryfsurplus word aan ... betaal. A. huishoudings B. besighede C. entrepreneurs 1.1.4 Private, nie-winsgewende organisasies, soos kerke, is deel van ... A. besighede. B. huishoudings. C. owerheid. 1.1.5 Lone en salarisse verdien deur permanente inwoners buite Suid-Afrika moet ... die BBP om BNI te kry. A. bygetel word by B. afgetrek word van C. vermenigvuldig word met 1.1.6 Hierdie beleid beklemtoon die beweging weg vanaf staatsbeheer van die ekonomie, want dit beklemtoon die beste manier om ʼn omgewing te skep waarin besighede meer suksesvol en winsgewend kan wees. A. Groei, Indienssneming en Herverdeling B. Heropbou en Ontwikkelings Plan C. Wet op Gelyke Indiensneming b.o.
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE V1 Graad 11 4 1.1.7 Die Britse Ekonoom ... word as die Vader van Kapitalisme beskou. Hy verduidelik hoe kapitalisme behoort te werk in sy boek genaamd “The Wealth of Nations”. A. J M Keynes B. C Marx C. A Smith 1.1.8 Die tersiêre sektor oorheers in al die .... ekonomieë. A. ontwikkelde B. ontwikkelende C. gemengde (8x2) [16] 1.2 Kies ʼn beskrywing uit KOLOM B wat by die item in KOLOM A pas. Skryf slegs die letter (A – I) langs die vraagnommer (1.2.1 – 1.2.8) in die ANTWOORDEBOEK neer. KOLOM A KOLOM B 1.2.1 Menslike kapitaal A Die primêre sektor 1.2.2 Lone B Poog om ekonomiese groei en ontwikkeling te stimuleer 1.2.3 Ontasbare C Items word nie self benodig nie, maar 1.2.4 Kapitaalgoedere en dienste vir wat daarmee vervaardig kan word 1.2.5 Markprys D Die totale waarde van besteding 1.2.6 BBB binne die grense van ʼn land 1.2.7 Sosiale dienste E Die vaardigheid, kennis en gesondheidstoestand van werkers 1.2.8 Steengroewe F Ontvang aan die einde van elke dag of week G Totale waarde van finale goedere en dienste geproduseer binne die landsgrense H Dienste soos regs-, mediese-, en finansiële dienste I Die huidige prys waarteen die goedere en dienste gekoop of verkoop kan word (8x1) [8] b.o.
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE V1 Graad 11 5 1.3. Gee EEN term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf slegs die term langs die vraagnommer ( 1.3.1-1.3.6) in die ANTWOORDEBOEK neer. 1.3.1 Prys of vergoeding uitbetaal vir die gebruik van die produksiefaktore 1.3.2 Belegging in beide vaste bates in die vorm van masjinerie en huidige bates soos voorrade 1.3.3 Pryse en hoeveelhede word bepaal deur die markkragte van vraag en aanbod 1.3.4 Die oordrag van eienaarskap van ʼn besigheid vanaf privaatbesit na die staat 1.3.5 Inkomste vanaf die staat aan indiwidue of besighede vir ʼn spesifike doel 1.3.6 Ekonomiese aktiwiteite betrokke by die prosessering van grondstwowwe en die vervaardiging van goedere in ʼn spesifieke tak van die ekonomie of kommersiële aktiwiteit (6x1) [6] TOTAAL AFDELING A: 30 b.o.
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE V1 Graad 11 6 AFDELING B Beantwoord TWEE van die drie vrae in hierdie afdeling in die ANTWOORDEBOEK VRAAG 2 40 PUNTE – 30 MINUTE 2.1 Beantwoord die volgende vrae. 2.1.1 Noem TWEE faktore wat die betaling van natuurlike hulpbronne sal beïnvloed. (2x1) (2) 2.1.2 Watter faktor bepaal hoeveel huishoudings kan spandeer op finale goedere en dienste? (1x2) (2) 2.2 Bestudeer die onderstaande spotprent en beantwoord die vrae wat volg. “ .... en toe was daar drie! http://todayinsocialsciences.blogspot.co.za/2010/11/socialism-and-centrally-planned-economy.html] 2.2.1 Watter ekonomiese stelsel word in die bogemoende spotprent uitgebeeld? (1) 2.2.2 Wie was Karl Marx? (1) 2.2.3 Hoekom dink jy sê die spotprent “... en toe was daar drie!” (2x2) (4) 2.2.4 Verduidelik die rol van die drie mans wat in die ekonomiese stelsel staan. (2x2) (4) b.o.
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE V1 Graad 11 7 2.3 Bestudeer die onderstaande uittreksel en beantwoord die vrae wat volg. Ebrahim Patel: Belê in die infrastruktuur om SA te laat groei May 05 2015 16:21 Matthew le Cordeur Sandton – “ʼn Skuif in beleggings na Suid-Afrika se ambisieuse lang-termyn infrastruktuur strategie moet onder die soeklig geplaas word by die Asisa Konferensie,” het die Ekonomiese Ontwikkelings Minister Ebrahim Patel by die Sandton Konferensie Sentrum Dinsdag gesê. “Dit kan nuwe volhoubare groei vir die land tot gevolg hê,” het hy gesê. “Daar moet konsensus wees dat groot infrastruktuur programme Suid-Afrika sal bevoordeel en ʼn katalisator vir die ekonomie sal wees.” “Die laaste vyf jaar het die grootste beleggings in infrastruktuur sedert die 1960’s gesien,” het hy gesê. “Sommige van hierdie projekte is opvallend, ... maar ander is minder sigbaar, soos die opgradering van paaie en die bekendstelling van water en elektrisiteit in die landelike dele van Suid-Afrika.” “Daar is sommige langtermyn infrastruktuur projekte in die pyplyn en ons skakel dit oor na winsgewende projekte,” het hy gesê, en bygevoeg dat die pyplyn projek R4.7 triljoen sal kos. [http://www.fin24.com/Economy/Ebrahim-Patel-Invest-in-infrastructure-to-grow-SA-20150505] 2.3.1 Definieer die term infrastruktuur. (2) 2.3.2 Noem TWEE infrastruktuur dienste wat in die bogenoemde artikel genoem word. (2x1) (2) 2.3.3 Hoe sal die groot infrastruktuur programme Suid-Afrika se ekonomie bevoordeel? (2x1) (2) 2.3.4 Uit die uittreksel, is dit duidelik dat die owerheid hierdie plan ondersteun. Sal hierdie projek die Suid-Afrikaanse owerheid bevoordeel? Motiveer jou antwoord. (2x2) (4) 2.4 Identifiseer en bespreek die faktore wat ʼn impak op die kwaliteit en kwantiteit van arbeid het. (2x4) (8) 2.5 Op watter manier spandeer verbruikers hulle inkomste in die nasionale ekonomie? (2x4) (8) [40] b.o.
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE V1 Graad 11 8 VRAAG 3 40 PUNTE – 30 MINUTE 3.1 Beantwoord die volgende vrae. 3.1.1 Gee TWEE redes hoekom die Suid-Afrikaanse regering by die ekonomie sal inmeng? (2x1) (2) 3.1.2 Wat dink jy beteken Regstellende Aksie? (1x2) (2) 3.2 Bestudeer die onderstaande grafiek en beantwoord die vrae wat volg. Vraag en aaanbod vir grond Huur V1 A V V1 V Hoeveelheid 3.2.1 Definieer die term ekonomiese huur. (2) 3.2.2 Lys TWEE markkragte wat die vlak van huur kan beïnvloed. (2x1) (2) 3.2.3 Verduidelik hoekom die aanbod van grond onveranderlik is. (2) 3.2.4 Bereken die ekonomiese huur volgens die bogenoemde grafiek. Wys alle berekeninge. (2x2) (4) b.o.
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE V1 Graad 11 9 3.3 Bestudeer die inligting in die onderstaande tabel en beantwoord die vrae wat volg. R MILJOENE (2014) VERGOEDING VAN WERKNEMERS 1 732 809 ANDER BELASTINGS OP PRODUKSIE 71 649 SUBSIDIES OP PRODUKTE 12 972 PRIMÊRE INKOMSTE VAN DIE RES VAN DIE WÊRELD 82 235 PRIMÊRE INKOMSTE AAN DIE RES VAN DIE WÊRELD 183 779 VERBRUIK VAN VASTE KAPITAAL 522 116 BELASTING OP PRODUKTE 404 939 ANDER SUBSIDIES OP PRODUKSIE 8 021 NETTO BEDRYFSURPLUS 1 086 547 [Bron: Kwartaalverslag SARB, Desember 2015] 3.3.1 Identifiseer die metode wat gebruik is in die tabel hierbo om die BBP te bereken. (1) 3.3.2 Noem enige ander metode wat gebruik kan word om die BBP te bereken. (1) 3.3.3 Bereken die BBP teen markprys. (Berekeninge moet in tabelvorm wees) (2x2) (4) 3.3.4 Bereken die BNI. (Berekeninge moet in tabelvorm wees.) (2x2) (4) 3.4 Bespreek die redes vir die ongelyke verspreiding van inkomste. (4x2) (8) 3.5 Tabuleer die voordele van ʼn markekonomie en ʼn sentraal beplande ekonomie. (2x4) (8) [40] b.o.
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE V1 Graad 11 10 VRAAG 4 40 PUNTE – 30 MINUTE 4.1 Beantwoord die volgende vrae. 4.1.1 Noem TWEE tipes bates by die samestelling van die bruto vaste kapitaal belegging. (2x1) (2) 4.1.2 Hoekom is die lyn van perfekte gelykheid ʼn 45° lyn? (1x2) (2) 4.2 Bestudeer die onderstaande artikel en beantwoord die vrae wat volg. RAMAPHOSA MOEDIG ENTREPRENEURSKAP AAN BY JONG SUID- AFRIKANERS Dineo Bendile JOHANNESBURG – Adjunk President Cyril Ramaphosa sê die owerheid probeer om die gees van entrepreneurskap onder jong Suid-Afrikaners aan te wakker. Die adjunk president het beklemptoon dat nie alleenlik opvoedingsgeleenthede belangrik is nie, maar dat entrepreneurskap aangemoedig moet word. Hy het die jong mense vertel dat hulle ʼn groot rol het om te speel in die groei van die Suid-Afrikaanse ekonomie. Ramaphosa se woordvoerder Tyronne Seale sê, “Geleenthede word holisties geskep. Ons kyk na die totale landsburger en totale sosiale mens ...” [Aangepas deur Tamsin Wort – News 24] 4.2.1 Definieer die term entrepreneur. (2) 4.2.2 Hoekom dink jy sê die Adjunk President dat jong mense “ʼn groot rol het om te speel in die groei van die Suid-Afrikaanse ekonomie”? (1x2) (2) 4.2.3 Hoekom is opvoedingsgeleenthede belangrik vir ʼn entrepreneur? (1x2) (2) 4.2.4 Wat is die verskil tussen ʼn suksesvolle entrepreneur en ʼn onsuksesvolle entrepreneur? (2x2) (4) b.o.
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE V1 Graad 11 11 4.3 Bestudeer die diagram hieronder en beantwoord die vrae wat volg. 13,7% 4.3.1 Definieer die term tersiêre sektor. (2) 4.3.2 Gee TWEE voorbeelde van persoonlike dienste wat in die sirkelgrafiek hierbo genoem is. (2x1) (2) 4.3.3 Hoekom is ekonomiese groei hoofsaaklik deur die tersiêre sektor sedert die vroeë 1990’s gedryf? (2x2) (4) 4.3.4 Bereken die totale bydrae van die tersiêre sektor tot die BBP in 2013. (Berekeninge moet in tabelvorm wees.) (2) 4.4 Verduidelik die verskil tussen finale goedere en intermediêre goedere volledig. (2x4) (8) 4.5 Vergelyk die Groei, Indienssneming en Herverdelingsbeleid en die Uitgebreide Openbarewerke Program. (2x4) (8) [40] TOTAAL AFDELING B: 80 b.o.
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE V1 Graad 11 12 AFDELING C Beantwoord enige EEN van die twee vrae in hierdie afdeling in die ANTWOORDEBOEK. STRUKTUUR VAN DIE OPSTEL PUNTETOEKENNING Inleiding Maks. 2 Liggaam: Hoofgedeelte: Bespreek in besonderhede / Ondersoek / Bespreek krities /Ontleed (Analiseer) / Vergelyk / Evalueer / Maks. 26 Onderskei / Verduidelik / Assesseer / Debatteer. Addisionele gedeelte: Gee eie mening / Bespreek krities / Evalueer / Evalueer krities / Teken ʼn grafiek en verduidelik / Gebruik die gegewe grafiek en verduidelik / Voltooi die Maks.10 gegewe grafiek / Bereken / Lei af / Vergelyk / Verduidelik / Onderskei / Interpreteer / Debatteer kortliks. Gevolgtrekking:  Enige relevante hoër orde gevolgtrekking wat die volgende insluit:  ʼn Kortlikse opsomming van wat bespreek is / geanaliseer is sonder ʼn herhaling van feite wat reeds in die liggaam genoem is. Maks. 2  ʼn Opinie of waarde-oordeel van die feite bespreek.  Addisionele informasie om die bespreking te ondersteun / analiseer.  ʼn Kontroversionele standpunt met motivering, as benodig.  Aanvbevelings. TOTAAL 40 VRAAG 5 40 PUNTE – 40 MINUTE “ ʼn Gedeelte van Suid-Afrika se gemeenskap sal vir ewig gemarginaliseerd wees,” sê Standard Bank se Hoofekonomoom Goolam Ballim.  Bespreek die ekonomies gemarginaliseerde groep volledig. (26 punte)  Volgens jou opinie, dink jy dat die regering genoeg doen om die ekonomiese marginalisering van groepe te verminder. Verwys na die suksesse of mislukkings van owerheids-programme in dié verband. (10 punte) [40] b.o.
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE V1 Graad 11 13 VRAAG 6 40 PUNTE – 40 MINUTE Elke land volg een of ander tipe ekonomiese stelsel.  In Suid-Afrika het ons ʼn gemengde ekonomie. Verduidelik die gemengde ekonomie volledig. (26 punte)  Verduidelik tipiese sosio-ekonomiese aspekte in jou gebied en hoe die owerheid hierdie aspekte aanspreek in ʼn gemengde ekonomie. (10 punte) [40] TOTAAL AFDELING C: [40] TOTAAL: 150 EINDE

Study this subject

More from Grade 11 Economics

View all