Skip to content

Economics Grade 11 Gauteng June 2016 Memo (Afrikaans)

MemorandumEconomicsGrade 11201621 pages

Grade 11 Economics memorandum from the Gauteng June 2016 (Afrikaans), 21 pages. Read online or get the free PDF download, question paper linked when available.

Free to read online, no sign-up needed

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS PROVINSIALE EKSAMEN JUNIE 2016 GRAAD 11 EKONOMIE V1 MEMORANDUM 20 bladsye 1
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE Graad 11 MEMORANDUM (Vraestel 1) GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS PROVINSIALE EKSAMEN EKONOMIE (Vraestel 1) MEMORANDUM AFDELING A (VERPLIGTEND) VRAAG 1 1.1 MEERVOUDIGE KEUSE VRAE 1.1.1 C produksiefaktore  1.1.2 B waardevermindering  1.1.3 C entrepreneurs  1.1.4 B huishoudings  1.1.5 A bygetel word by 1.1.6 A Groei, Indiensneming en Herverdeling  1.1.7 C A Smith  1.1.8 A ontwikkelde        (8x 2) (16) 1.2 PAS ITEMS 1.2.1 E Die vaardigheid, kennis en gesondheidstoestand van werkers 1.2.2 F Ontvang aan die einde van elke dag of week 1.2.3 H Dienste soos regs-, mediese-, en finansiële dienste 1.2.4 C Items word nie self benodig nie, maar vir wat daarmee vervaardig kan word 1.2.5 I Die huidige prys waarteen die goedere en dienste gekoop of verkoop kan word 1.2.6 D Die totale waarde van besteding binne die grense van ʼn land  1.2.7 B Poog om ekonomiese groei en ontwikkeling te stimuleer 1.2.8 A Die primêre sektor     (8x1) (8) 1.3 GEE EEN TERM 1.3.1 Vergoeding / Inkomste 1.3.2 Bruto kapitaalvorming  1.3.3 Markekonomie / Kapilatisme/ Vryemark 1.3.4 Nasionalisasie 1.3.5 Subsidies / Toelae 1.3.6 Industrie / Sekondêre Sektor      (6x1) (6) TOTAAL AFDELING A: 30 2
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE Graad 11 MEMORANDUM (Vraestel 1) AFDELING B Beantwoord TWEE van die drie vrae in hierdie afdeling in die ANTWOORDEBOEK. VRAAG 2 2.1 2.1.1 Noem TWEE faktore wat die betaling van natuurlike hulpbronne sal beïnvloed.  Die prys van die produkte  Die plek waar die besigheid geleë is  Infrastruktuur  Die grootte van die bevolking  Verhoging in die vraag na die goedere en dienste  Kwaliteit van die natuurlike hulpbronne  Klimaat  Tegnologie  Verbeteringe gemaak  Beskikbaarheid van vervoerdienste, skole en ontspanningsfasiliteite  Sosiale klassifikasie van residensiële areas  Sanitasiefasiliteite  Tipe besigheidsaktiwiteite gelewer met hulpbronne (Enige 2) (2x1) (2) 2.1.2 Watter faktor bepaal hoeveel huishoudings kan spandeer op finale goedere en dienste? Die belangrikste bepaling is die inkomste wat huishoudings ontvang vir die verkoop van die produksiefaktore. (1x2) (2) 2.2 2.2.1 Watter ekonomiese stelsel word in die bogenoemde spotprent uitgebeeld? Sentraal Beplande Ekonomie / Kommunisme/ Sosialisme (1) 2.2.2 Wie was Karl Marx?  Hy was ʼn Duitse filosoof, wat die teorie van kommunisme verduidelik het.  Die vader van kommunisme (1) 3
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE Graad 11 MEMORANDUM (Vraestel 1) 2.2.3 Hoekom dink jy sê die spotprent “... en toe was daar drie!”  Die sisteem was nie suksesvol in ander lande nie.  Net hierdie 3 lande gebruik dit nog  Nie ʼn ekonomiese volhoubare sisteem nie  Hierdie sisteem bevorder nie ekonomiese groei nie.  Mense word verplig om sekere dinge te doen en dit kan lei tot verset deur die mense omdat hulle nie vrye keuses het nie.  Benodig ʼn groot hoeveelheid administrasie deur staatsamptenare (Aanvaar enige ander relevante antwoord.) (2x2) (4) 2.2.4 Verduidelik die rol van die drie mans wat in die ekonomiese stelsel staan.  Hulle verteenwoordig die owerhede/staat/regerings van die lande.  Hulle besluit watter ekonomiese aktiwiteite in die land plaasvind, wat om te produseer, hoe om te produseer en vir wie om te produseer.  Hulle laat nie enige privaatbesit of entrepreneurskap toe nie.  Die sisteem is rigied en alle besluite word deur ʼn sentrale komitee gemaak en die gemeenskap moet daaraan voldoen.  Diktatorskap regeer (Aanvaar enige ander relevante antwoord.) (2x2) (4) 2.3 2.3.1 Definieer die term infrastruktuur.  Basiese fisiese en organisatoriese strukture (soos geboue, paaie, kragvoorsiening) benodig deur die gemeenskap om te kan bestaan – Via Afrika Ekonomie  Infrastruktuur is die ekonomiese goedere en dienste voorsien deur die staat om die ekonomie te help, byvoorbeeld, paaie en hawens. Oplossing vir almal Ekonomie (Aanvaar enige ander relevante definiese.) (2) 2.3.2 Noem TWEE infrastruktuur dienste wat in die bogenoemde artikel genoem word.  Paaie  Bekendstelling van water en elektrisiteit in die landelike dele van SA  Pyplyn projekte  (2x1) (2) 2.3.3 Hoe sal die groot infrastruktuur programme Suid-Afrika se ekonomie bevoordeel?  Deur sekere werkskeppingsgeleenthede  Voorsiening van meer effektiewe en goedkoper openbare vervoer  Water en elektrisiteit in die landelike gebiede  Pyplynprojekte wat geld maak  Volhoubare ekonomiese groei (Aanvaar enige ander relevante antwoord.) (1x2) (2) 4
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE Graad 11 MEMORANDUM (Vraestel 1) 2.3.4 Uit die uittreksel, is dit duidelik dat die owerheid hierdie plan ondersteun. Sal hierdie projek die Suid-Afrikaanse owerheid bevoordeel? Motiveer jou antwoord.  Ja  Dit sal lei tot nuwe volhoubare groei vir die land  Grootste belegging in infrastruktuur sedert 1960’s (Aanvaar enige ander relevante antwoord.) (4) 2.4 Identifiseer en bespreek die faktore wat ʼn impak op die kwaliteit en kwantiteit van arbeid het. Kwantiteit van arbeid  Bevolkingsgroei – die geboortesyfer oorskry die doodsyfer. Die grootte van die bevolking vergroot.  Lae lewensverwagting verminder die ekonomies aktiewe bevolking.  Die arbeidsmag se deelname – Nie alle mense werk in die ekonomies aktiewe bevolking nie, sommige mense verkies om nie te werk nie of is nie in staat om te werk nie.  ʼn Verhoging / verlaging in die grootte van die bevolking  Migrasie – die verskil tussen immigrasie en emigrasie is nog ʼn faktor wat die aanbod van arbeid beïnvloed  Die verlies aan geskoolde arbeiders (Maks 4 punte) Kwaliteit van arbeid  Opvoeding is een manier om die kwaliteit van arbeid te verbeter.  Vaardigheidsontwikkeling – dit neem jare om mense vaardighede te leer en ervare werkers te maak.  Gesondheid – In Suid-Afrika is HIV en VIGS die grootste bedreiging vir die arbeidsmark omdat dit ʼn geweldige impak op die gesondheid van werkers het.  Kwaliteit arbeid laat die produksie van meer kapitale goedere toe.  Beter kwaliteit arbeid laat die ekonomie toe om te ontwikkel en meer kompleks te word.  Hoër kwaliteit arbeid bevorder die oordrag van vaardighede van een werker na ʼn ander. Leerders moet aandui watter faktore kwantiteit en watter kwaliteit is. Indien nie word net die helfte van die punte toegeken. (Aanvaar enige ander relevante antwoord.) (Maks 4 punte) (2x4) (8) 5
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE Graad 11 MEMORANDUM (Vraestel 1) 2.5 Op watter manier spandeer verbruikers hulle inkomste in die nasionale ekonomie? Duursame Goedere  Hierdie is tasbare goedere wat geneig is om langer te hou as ʼn jaar.  Byvoorbeeld: huisraad, huishoudelike toebehore, motors en persoonlike rekenaars Semi-duursame goedere  Hierdie is tasbare goedere met ʼn laer lewensduur as die duursame goedere. Hulle is nie so duur soos die duursame goedere nie.  Byvoorbeeld: klere en skoene, motorbande, parte en toebehore en glasware Nie-duursame goedere  Hierdie is tasbare goedere wat minder as ʼn jaar hou.  Algemene voorbeelde is kos, drank, tabak en petrol  Dienste  Dienste is ontasbare goed.  Voorbeelde reg-,mediese-, en finasieëledienste  (2x4) (8) [40] VRAAG 3 3.1 3.1.1 Gee TWEE redes hoekom die Suid-Afrikaanse owerheid by die ekonomie sal inmeng?  Om die funksionering van die markte te versterk  Om ekonomiese groei en ontwikkeling te bevorder  Om die herverdeling van inkomste en rykdom te verseker  Om werkskepping te verseker  Om prysstabiliteit te verseker  Om ʼn stabiele uitruilkoers te verseker (2x1) (2) 3.1.2 Wat dink jy beteken Regstellende Aksie? Regstellende aksie is al die maatreëls wat geneem word deur besighede om gepaste gekwalifiseerde werkers te verkry vanaf voorheen benadeelde groepe en om gelyke werksgeleenthede op alle vlakke in die werksplek te verseker. (Aanvaar enige ander relevante antwoord.) (1x2) (2) 6
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE Graad 11 MEMORANDUM (Vraestel 1) 3.2 3.2.1 Definieer die term ekonomiese huur. Dis die vergoeding of betaling gemaak vir die gebruik van natuurlike hulpbronne in die produksie proses wat beperk is in aanbod. (Enige relevante antwoord) (2) 3.2.2 Lys TWEE markkragte wat die vlak van huur kan beïnvloed.  Vraag en aanbod  ʼn Verhoging in die vraag na ʼn produk of diens  Die kwaliteit van die natuurlike hulpbronne  Klimaat  Tegnologie   Waar dit geleë is     (Enige 2) (2x1) (2) 3.2.3 Verduidelik hoekom die aanbod van grond onveranderlik is. Die aanbod van natuurlike hulpbronne is vas en beperk tot wat die natuur voorsien. (Aanvaar enige ander relevante antwoord.) (2) 3.2.4 Bereken die ekonomiese huur volgens bogenoemde grafiek. Wys alle berekeninge. Ekonomiese huur = R35 000 – R10 000 = R25 000 (2x2) (4) 3.3 3.3.1 Identifiseer die metode wat gebruik is om die BBP te bereken in die tabel hierbo. Inkomste metode / BBP(I) √ (1) 3.3.2 Noem enige ander metode wat gebruik kan word om die BBP te bereken.  Produksie / waarde toegevoegde metode / BBP(P) √  Bestedingsmetode / BBP(B) √ (Enige 1) (1) 7
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE Graad 11 MEMORANDUM (Vraestel 1) 3.3.3 Bereken die BBP teen markprys. (Berekeninge moet in tabelvorm wees.) Vergoeding van werknemers 1 732 809 Netto bedryfsurplus 1 086 547 Verbruik van vaste kapitaal 522 116 BBP teen faktorkoste 3 341 472  Plus: belasting op produksie 71 649 Minus: subsidies op produksie 8 021 BBP teen basiese pryse 3 405 100  Plus: belasting op produkte 404 939 Minus: subsidies op produkte 12 972 BBP teen markpryse 3 797 067  (2x2) (4) 3.3.4 Bereken die BNI. (Berekeninge moet in tabelvorm wees.) BBP teen markpryse 3 797 067 Plus Primêre inkomste van die res van die wêreld 82 235 Minus Primêre inkomste aan die res van die wêreld 183 779 Bruto Nasionale Inkomste 3 695 523 (2x2) (4) 3.4 Bespreek die redes vir die ongelyke verdeling van inkomste.  Mense met ʼn hoër vlak van opvoeding en na-skoolse kwalifikasies verdien hoër salarisse.  Mense wat in stede werk verdien hoër inkomstes as mense in die landelike gebiede.  Verskillende sektore waarin mense werk verdien verskillende inkomstes.  Die tersiêre sektor verdien hoër inkomstes as die primêre sektor.  Die vlak van werkersgelykheid in die land waar diskriminasie van geslag en ras van toepassing is kan lone afdwing.  Die mag wat die werkersunies het kan hoër lone onderhandel (Aanvaar enige ander relevante antwoord.) (4x2) (8) 8
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE Graad 11 MEMORANDUM (Vraestel 1) 3.5 Tabuleer die voordele van ʼn markekonomie en ʼn sentraal beplande ekonomie. Markekonomie Sentraal beplande ekonomie  Private eienaarskap en inisiatief  Private individue het net nodig om te word toegelaat fokus op die verrigting van hulle  Verbruikersbehoeftes word op die daaglikse taak, hulpbronne word beste manier bevredig en hulle deur die staat bestuur. bepaal wat vervaardig word.  Die behoeftes van die gemeenskap  Hoë vlakke van ekonomiese word kollektief bevredig. groei kom voor  Werkers word nie uitgebuit nie en  Verbruikers word beskerm omdat werkloosheid is skaars. daar kompetisie tussen  Die verspreiding van inkomste verskaffers is. onder die gemeenskap is  Vervaardigers spesialiseer in die regverdiger vir almal. goedere en dienste wat hulle die (Aanvaar enige ander relevante beste kan vervaardig. antwoord.) (Aanvaar enige ander relevante (Maks 4 punte) antwoord.) (Maks 4 punte) (2x4) (8) [40] 9
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE Graad 11 MEMORANDUM (Vraestel 1) VRAAG 4 4.1 4.1.1 Noem TWEE tipes bates by die samestelling van die bruto vaste kapitaal belegging.  Residensiële geboue  Nie-residensiële geboue  Konstruksiewerk  Vervoertoerusting  Masjinerie en ander toerusting (Enige relevante antwoord)      (2x1) (2) 4.1.2 Hoekom is die lyn van perfekte gelykheid ʼn 45 lyn?  Dit wys die perfekte verspreiding van inkomste onder die verskillende kwintiele.  Dit verwys na ʼn situasie waarbinne elke kwintiel dieselfde inkomste sou kry. (Enige relevante antwoord)      (1x2) (2) 4.2 4.2.1 Definieer die term entrepreneur.  Entrepreneurs is die agente wat al die produksie faktore saambind. Oplossing vir almal Ekonomie  Die entrepreneur organiseer of neem natuurlike hulpbronne, kapitaal en arbeid in diens in ʼn winsgewende besigheid om bruikbare goedere en dienste te skep wat behoeftes en begeertes van verbruikers bevredig.Fokus Ekonomie  Entrepreneurs is ondernemende en ambisieuse individue wat die vermoë het om al die faktore van produksie doeltreffend en winsgewend te koördineer. Via Afrika Ekonomie  Entrepreneurs is individue wat die 3 produksie faktore, grond, arbeid en kapitaal gebruik om ʼn besigheid te bedryf. Oxford Suksesvolle Ekonomie (Aanvaar enige ander relevante antwoord.) (2) 4.2.2 Hoekom dink jy sê die Adjunk President dat jong mense “ ʼn groot rol speel in die groei van die Suid-Afrikaanse ekonomie”?  Hulle is die toekomstige ekonomiese aktiewe bevolking.  Hulle is die mense wat die toekomstige entrepreneurs sal word.  Hulle is die toekomstige risiko nemers en innoveerders van nuwe goedere en dienste. (Aanvaar enige ander relevante antwoord.) (1x2) (2) 10
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE Graad 11 MEMORANDUM (Vraestel 1) 4.2.3 Hoekom is opvoedingsgeleenthede belangrik vir ʼn entrepreneur?  Suid-Afrika beleef huidiglik ʼn tekort aan geskoolde arbeiders.  Suid-Afrika het ʼn oor-aanbod van ongeskoolde arbeid en het ʼn behoefte om mense op te voed om geskoolde- en semi-geskoolde werkers te word.  Slegs deur opvoeding sal die jeug in staat wees om aktief deel te neem aan die ekonomie. (Aanvaar enige ander relevante antwoord.) (1x2) (2) 4.2.4 Wat is die verskil tussen ʼn suksesvolle entrepreneur en ʼn onsuksesvolle entrepreneur? Suksesvolle entrepreneur Onsuksesvolle entrepreneur  Herken en identifiseer nuwe en  Gebruik ou idees en kyk nooit na winsgewende geleenthede nuwe metodes van produksie of produkte nie  Het ʼn duidelike begrip van wat hulle wil doen  Geen duidelike visie of missie vir die besigheid nie  Oorreed ander van hulle planne  Kan nie mense oorreed om te belê in hulle besigheid of goedere te  Effektiewe gebruik van koop nie hulpbronne  Vermorsing van hulpbronne en  Bereid om berekende risiko’s te oneffektiewe gebruik daarvan neem  Neem onverantwoordelike  Word beloon met winste risiko’s  Het leierskap en  Onsuksesvolle entrepreneurs word bestuursvermoë beloon met bankrotskap en insolvensie  Is innoverend (Aanvaar enige ander relevante  Gebrek aan leierskap laat die antwoord.) besigheid misluk (Maks 2 punte)  Geen nuwe innoverende produkte nie (Aanvaar enige ander relevante antwoord.) (Maks 2 punte) (2x2)(4) 11
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE Graad 11 MEMORANDUM (Vraestel 1) 4.3 4.3.1 Definieer die term tersiêre sektor.  Die tersiêre sektore (ook bekend as die dienste sektor of dienste industrie) van die ekonomie beweeg goedere en dienste van die produsent na die finale verbruiker. Oplossing vir almal Ekonomie  Die tersiêre sektor versprei goedere (maak goedere beskikbaar) en voorsien dienste. Fokus Ekonomie  Tersiêre sektor is die dienste en handelsafdeling van die ekonomie. Via Ekonomie  Die tersiêre sektor word ook die dienssektor genoem. Oxford Suksesvolle Ekonomie (Aanvaar enige relevante definisie van tersiêre sektor.) (2) 4.3.2 Gee TWEE voorbeelde van persoonlike dienste wat genoem is in die sirkelgrafiek hier bo.  Betaling van salarisse en lone  Uitgawes vir dienste gelewer aan die gemeenskap  Beleggingsuitgawes waar die owerheid vir kapitaalgoedere soos paaie en geboue betaal (Enige 2) (2x1) (2) 4.3.3 Hoekom is ekonomiese groei hoofsaaklik deur die tersiêre sektor sedert die vroeë 1990’s gedryf?  Gedurende die 1990’s is Suid-Afrika se ekonomie weer oopgestel vir internasionale handel.  Die fokus skuif van ʼn dominante landbousektor na sekondêre en tersiêre stelsels. (Aanvaar enige ander relevante antwoord.) (2x2) (4) 4.3.4 Bereken die totale bydrae van die tersiêre sektor tot die BBP in 2013. (Berekeninge moet in tabelvorm wees.) Groothandel, kleinhandel en motorhandel, 12.5% spyseniering en akkommodasie  Vervoer, berging, kommunikasie 9% Finansies, eiendomsagente, 21.5% besigheidsdienste Algemene owerheidsdienste 13,7% Persoonlike dienste 5.4% 62.1%  (2) 12
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE Graad 11 MEMORANDUM (Vraestel 1) 4.4 Verduidelik die verskil tussen finale goedere en intermediêre goedere volledig. Finale Goedere  Goedere en dienste wat deur die uiteindelike gebruiker gekoop word om ʼn behoefte of begeerte te bevredig.  Die kopers van hierdie goedere en dienste het geen voorneme om dit verder te verander of hierdie goedere en dienste te herverkoop nie.  Die finale goedere en dienste kan verbruikersgoedere en dienste of kapitaalgoedere soos toerusting wees.  Kapitale goedere word beskou as finale goedere, omdat dit nie verder verwerk word nie en nie herverkoop gaan word nie.  Finale goedere en dienste word gekoop op die produktemark deur die vier deelnemers in die ekonomie.  Dit het die finale stadium in die produksieproses bereik en het gebruikswaarde.  Finale goedere en dienste kan verdeel word in duursame-, semi-duursame- en nie- duursame goedere. (Enige relevante antwoord) (Maks 4 punte) Intermediêre Goedere  Intermediêre goedere en dienste is daardie goedere en dienste wat in die produksie van ander goedere en dienste gebruik word.  Om finale goedere en dienste te voorsien, word intermediêre goedere gekombineer en verwerk.  Dit sluit alle goedere en dienste in wat nie direk verbruik word nie.  Word gewoonlik deur produsente gekoop. (Enige relevante antwoord) (Maks 4 punte) (2x4) (8) 13
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE Graad 11 MEMORANDUM (Vraestel 1) 4.5 Vergelyk die Groei, Indienssneming en Herverdelingsbeleid en die Uitgebreide Openbarewerke Program met mekaar. Groei, Indienssneming en Uitgebreide Openbarewerke Program Herverdelingsbeleid  ʼn Nuwe makro-ekonomiese  Bekend gestel in April 2004 beleid is bekendgestel in 1996  Om ekonomiese groei te bevorder  Dit is ingestel om werk te en volhoubare ontwikkeling te skep en ekonomiese groei te bevorder stimuleer.  Die onmiddellike doel was om  Ingestel om weg te beweeg van ʼn werkloosheid te verlig en om ʼn staats-beheerde ekonomie en om miljoen mense teen 2010 ʼn werk te groei in besighede wat suksesvol gee. is te bevorder.  ʼn Grootskaalse program wat (Aanvaar enige ander relevante arbeidsintensiewe metodes antwoord.) gebruik om landelike en (Maks 4 punte) munisipale paaie op te gradeer, pyplyne, stormwaterdreinering en plaveisel, omheining van paaie ens. te doen (Voorbeelde 1 punt) (Aanvaar enige ander relevante antwoord.) (Maks 4 punte) (2x4) (8) [40] TOTAAL AFDELING B: 80 14
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE Graad 11 MEMORANDUM (Vraestel 1) AFDELING C Beantwoord enige EEN van die twee vrae in hierdie afdeling in die ANTWOORDEBOEK. STRUKTUUR VAN DIE OPSTEL: PUNTETOEKENNING Inleiding Maks. 2 Liggaam: Hoofgedeelte: Bespreek in besonderhede / Ondersoek / Maks. 26 Bespreek krities / Ontleed (Analiseer) / Vergelyk / Evalueer / Onderskei / Verduidelik / Assesseer / Debatteer. Addisionele gedeelte: Gee eie mening / Bespreek krities / Evalueer / Evalueer krities / Teken ʼn grafiek en verduidelik / Maks.10 Gebruik die gegewe grafiek en verduidelik / Voltooi die gegewe grafiek / Bereken / Lei af / Vergelyk / Verduidelik / Onderskei / Interpreteer / Debatteer kortliks. Gevolgtrekking:  Enige relevante hoër orde gevolgtrekking wat die volgende insluit:  ʼn Kortlikse opsomming van wat bespreek is / geanaliseer is sonder ʼn herhaling van feite wat reeds in die liggaam genoem is. Maks. 2  ʼn Opinie of waarde-oordeel van die feite bespreek.  Addisionele informasie om die bespreking te ondersteun / analiseer.  ʼn Kontroversionele standpunt met motivering, indien benodig.  Aanbevelings. TOTAAL 40 VRAAG 5 “ ʼn Gedeelte van Suid-Afrika se gemeenskap sal vir ewig gemarginaliseerd wees,” sê Standard Bank se Hoofekonomoom Goolam Ballim.  Bespreek die ekonomies gemarginaliseerde groep volledig. (26 punte)  Volgens jou opinie, dink jy dat die regering genoeg doen om die ekonomiese marginalisering van groepe te verminder. Verwys na die suksesse of mislukkings van owerheidsprogramme in dié verband. (10 punte) 15
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE Graad 11 MEMORANDUM (Vraestel 1) INLEIDING Ekonomies gemarginaliseerde groepe is mense wat op groot skaal teen gediskrimineer word en wat uitgesluit is van besluitnemingsprosesse. (Oplossing vir almal Ekonomie) Ekonomies gemarginaliseerde groepe verwys na mense wat uitgesluit is van ekonomiese aktiwiteite in ʼn land. (Via Afrika Ekonomie) In Suid-Afrika is gemarginaliseerde mense wat ongelukkig is om geen werk te vind om hulle behoeftes te bevredig nie. (Aanvaar enige ander relevante definisie.) (Maks 2) LIGGAAM HOOFDEEL 1. Suid-Afrika se geskiedenis  In die verlede is daar teen swart, Indiër en gekleurde Suid-Afrikaners gediskrimineer in terme van werksgeleenthede, die ontwikkeling van vaardighede, eienaarskap en beheer van besighede en toegang tot opvoeding en sosiale dienste.  Gevolglik het ons baie ekonomies gemarginaliseerde mense in Suid-Afrika.  Hulle besit geen produksiefaktore nie en ontvang nie genoegsame voordeel van die produksiefaktore nie.  Ekonomiese gemarginaliseerde mense sluit werklose mense en mense wat “werk” in die informele sektor in.  Die informele sektor bestaan uit mense wat goedere en dienste verkoop aan die plaaslike gemeenskap op ʼn klein skaal.  Voorbeelde: Spaza winkels, haarkappers en skoenherstellers op die straathoek.  Vrouens is ook ekonomiese gemarginaliseerd. Hulle was uitgesluit van besluitnemingsprosesse in die ekonomie vir ʼn lang tyd.  Rassediskriminasie in Suid-Afrika in die verlede het gelei tot onregverdige verdeling van rykdom en inkomste, maar ook tot swak produktiwiteitskoerse in die land.  Fisies en geestelik gestremde mense is ook deel van die gemarginaliseerde groepe en hulle sukkel om toegang tot dienste te kry en betekenisvolle werksgeleenthede te vind.  Gemarginaliseerde mense word gekenmerk deur spesifieke eienskappe wat die volgende insluit: i. Misplasing – arm mense en / of uitgewekenes is slagoffers van ʼn situasie waaroor hulle geen beheer het nie. ii. Diskriminasie – enige vorm van marginalisering in enige vorm is ʼn kriminele oortreding. iii. Gebrek – mense wat enige vorm van struikelblok het wat voorkom dat hulle kan werk of dat hulle toegang tot opvoeding kan kry. 16
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE Graad 11 MEMORANDUM (Vraestel 1) iv. Gebrek aan ondervinding en onkunde – landelike, ongeskoolde, onopgevoede, half-geskoolde mense word ingesluit by hierdie groep.  2. Toeganklikheid  Deelname en toegang deur gemarginaliseerde groepe moet verhoog word op alle vlakke van die ekonomie in Suid-Afrika om die ongebalanseerde eienaarskap en beheer van Suid-Afrikaanse hulpbronne aan te spreek.  Gemarginaliseerde mense het baie keer nie toegang tot bates soos land en finansiële bronne nie.  Hulle het ook minimale toegang tot gesondheid en opvoedkundige fasiliteite wat hulle sosiale welstand kan verbeter. 3. Bemagtiging  Die drie kern komponente van breë-gebaseerde swart bemagtiging is direkte bemagtiging, belegging in menslike hulpbronne en indirekte bemagtiging  Indirekte bemagtiging word verkry deur die ontwikkeling van entrepreneurskap en besighede. 4. Verkrygingsbeleid  Voorkeur verkryging is een van die hoekstene van swart ekonomiese bemagtiging. (Opskrifte en voorbeelde maks 8 punte) (Maks 26 punte) ADDISIONELE GEDEELTE  Deur die beleid van klein-, medium en mikro besighede, probeer die owerheid hierdie entrepreneurs help om toegang te verkry tot die formele ekonomie.  Die nuwe bedeling in Suid-Afrika het ongelooflike sukses bereik in veral die verbetering van die deelname van vroue in ons ekonomie. Dit is duidelik in die aanstelling van vroue in sleutelposisies in die regering en staatsinstansies.  Die regering van Suid-Afrika het ʼn stel swart ekonomiese bemagtigingsbeleide ontwikkel om marginalisering aan te spreek.  Die regering het ʼn klomp beleide ontwikkel soos: o Werkskepping. o Armoede verligting. o Spesifieke beleide om swart mense te bemagtig. o Opvoeding. o Oordra van vaardighede en bestuursontwikkeling. o Noodsaaklike eienaarskap. o Toegang tot finansies om besigheid te kan doen. o Regstellende aksie. o Voorkeurbehandeling. o Herstrukturering en privatisering van staatsbeheerde ondernemings. o Publieke / Private vennootskap.  Deur die gebruik van eie koopmag, hoop die owerheid om die betrokkenheid van swart bemagtingingsbesighede te gebruik in die tendersisteem en daarby die doelwitte te verhoog van toegang tot bemagtiging. 17
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE Graad 11 MEMORANDUM (Vraestel 1)  HOP en gelyke indiensnemingsbeleid van 1998 is geïmplementeer om die ekonomies gemarginaliseerde groepe aan te spreek. (Aanvaar enige ander relevante owerheidsbeleid.) (Maks 10) GEVOLGTREKKING In Suid-Afrika het ons elke persoon nodig wat daartoe in staat is om deel te neem aan ekonomiese aktiwiteite en ons Konstitusie verbied enige diskriminasie. (Aanvaar enige ander relevante antwoord.) (Maks 2) [40] VRAAG 6 Elke land volg een of ander tipe ekonomiese stelsel.  In Suid-Afrika het ons ʼn gemengde ekonomie. Verduidelik die gemengde ekonomie volledig. (26 punte)  Verduidelik tipiese sosio-ekonomiese aspekte in jou gebied en hoe die owerheid hierdie aspekte aanspreek in ʼn gemengde ekonomie. (10 punte) INLEIDING ʼn Gemengde ekonomie bevat eienskappe van beide die mark- en sentraal beplande ekonomieë. In ʼn gemengde ekonomie word van die ekonomiese aktiwiteite deur individue gedoen, maar die staat help ook in nywerhede wat te groot is vir private bestuur en voer ook ander funksies uit. ʼn Gemengde ekonomiese stelsel is ʼn kombinasie van mark kapitalisme en sentrale beplanning, waar beide die staat en die private sektor direk by die ekonomie betrokke is. (Aanvaar enige ander relevante definisie.) (Maks 2) LIGGAAM HOOFGEDEELTE 1. Eienskappe a. Goedere en dienste word deur die publieke en private sektor vervaardig.  In ʼn gemengde ekonomie besit en beheer die staat besighede wat hoofsaaklik infrastruktuur dienste skep.  Voorbeeld, ESKOM, SAL, en Transnet ens. b. Middele van produksie word meestal privaat besit. 18
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE Graad 11 MEMORANDUM (Vraestel 1)  Besighede wat privaat (of deur ʼn groep individuele aandeelhouers) besit word, besit meestal die oorgrootte meerderheid natuurlike hulpbronne. c. Winsmotief word beheer deur die staat se optrede.  Winsmotief is dominant in ʼn gemengde ekonomiese sisteem, selfs staatsbeheerde ondernemings is veronderstel om ʼn wins te maak.  Die staat beskerm die werkers deur ʼn minimum loon daar te stel, unies toe te laat en werksomstandighede te bepaal. d. Die owerheid beïnvloed gewoonlik hoe die ekonomie verloop.  Die staat stel wette daar wat beheer hoe besighede in ʼn markekonomie sake doen byvoorbeeld Arbeidwet 66 van 1995, Maatskappy wet 11 van 2008 ens.  Die staat ontwerp ook die fiskale en monetêre beleide wat ʼn meer gelyke verdeling van inkomste bevorder. Hulle gebruik byvoorbeeld ʼn progressiewe belastingsisteem, die voorsiening van meriete goedere en maatskaplike toelaes ens. e. Kompetisie onder besighede word aangemoedig.  Besighede ding mee en verkoop ʼn wye verskeidenheid van goedere en dienste en dit verseker ʼn beter kwaliteit van produkte teen goedkoper pryse. f. Verbruikersvryheid  Verbruikers is vry om te besluit wat om te verbruik en hulle kan kies watter tipe eienaarskap van ʼn besigheid hulle verkies. g. Privatisering en Nasionalisering  Beide privatisering en nasionalisering kan beoefen word in ʼn gemengde ekonomie.  Privatisering is die verkope van staatsbates aan die privaatsektor.  Nasionalisering is die staat wat private bates koop. 2. Voordele a. Vryheid van keuse en privaateienaarskap.  Private eienaarskap van grond en besighede gee die individu beheer oor die ekonomie.  Om suksesvol te wees moet die entrepreneur beter idees, beter produkte en beter pryse hê as die kompetisie.  Bevorder ʼn houding van harde werk en innovasie in besigheid.  Owerheidsbeleid bevorder entrepreneurskap. b. Ekonomiese groei word bevorder.  Ekonomiese groei is beter in lande wat privaateienaarskap toelaat.  Die SA owerheid bevorder groei deur ʼn goed ontwikkelde infrastruktuur en ekonomiese beleid wat nywerheidsontwikkeling en handel aanmoedig.  Meer werk word geskep deur die ontwikkelingsprogramme soos Swart Ekonomiese Bemagtiging. 19
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE Graad 11 MEMORANDUM (Vraestel 1) c. Staat meng in om welsyn te verseker.  Die staat meng in die ekonomie in om die lewenstandaard van veral die armes te verbeter.  Dit word gedoen deur die regulering van werksomstandighede en die voorsiening van welsyndienste, behuising, opvoeding, krag, water en gesondheidsorg. d. Beskerming van die omgewing.  Die staat stel wette in werking om die omgewing te beskerm, besoedeling te verminder en die manier waarop natuurlike hulpbronne uitgebuit word te beheer. 3. Nadele a. Staat meng in met die ekonomie.  Die staat meng in met die ekonomie en beheer inflasie, beskerm die regte van armes, gestremdes en ander gemarginaliseerde groepe, of verseker dat die omgewing beskerm is. b. Hoë vlakke van armoede.  In SA is die gaping tussen ryk en arm die grootste van al die lande in die wêreld. c. Staatsinstansies kan oneffektiewe vervaardigers wees.  Staatsinstelings soos Eskom en Telkom is eers onlangs blootgestel aan kompetisie.  Baie van hierdie besighede word nie so effektief bestuur soos private besighede nie. (Opskrifte en voorbeelde maks 8 punte) (26 punte) 20
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE Graad 11 MEMORANDUM (Vraestel 1) ADDISIONELE GEDEELTE Sake soos:  Opvoeding en opleiding. o Baie leerders voltooi nie hulle skoolopleiding nie. o Leerlingskap programme was nie suksesvol nie omdat mense nie die programme voltooi nie. o Tekort aan geskoolde werkers. o Hoë vlakke van ongeskooldheid. o Onderwysers in landelike gebiede is swak opgelei.  Gesondheidsorg. o Die gesondheidsorgsisteem is oorwerk en hospitale en klinieke kan nie voor bly met die groot getalle mense wat hulp nodig het nie. o Daar is baie klagtes oor die kwaliteit van die dienste. o Toename in die getalle van TB en HIV/VIGS gevalle.  Sosiale beskerming (welsynsdienste en sosiale toelaes) . o Oumense en siekmense moet vêr loop om hulle pensioene te kry.  Behuising en gemeenskapsdienste. o Voorsiening van huise is stadig en korrupsie met die toekenning van huise is algemeen. o Swak werkmanskap.  Publieke veiligheid en sekuriteit. o Hoë misdaadsyfers. o Agterstand in howe en die aanhoor van hofsake en die tronke loop oor. (Aanvaar enige ander relevante antwoord.) (Maks 10) GEVOLGTREKKING In Suid-Afrika het ons Publieke-Privaat Vennootskappe nodig om al die sosio-ekonomiese kwessies aan te spreek. (Enige relevante hoër orde antwoord.) (Maks 2) [40] TOTAAL AFDELING C: 40 TOTAAL: 150 21

Study this subject

More from Grade 11 Economics

View all