Skip to content

Economics Grade 11 P2 Eastern Cape November 2015 QP (Afr)

Question paperEconomicsGrade 11201513 pages

Grade 11 Economics Paper 2 question paper from the Eastern Cape November 2015 (Afrikaans), 13 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 11 NOVEMBER 2015 EKONOMIE V2 PUNTE: 150 TYD: 2 uur *IECONA2* Hierdie vraestel bestaan uit 12 bladsye.
Downloaded from hlayiso.com 2 EKONOMIE V2 (EC/NOVEMBER 2015) INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Beantwoord VIER vrae as volg: AFDELING A: VERPLIGTEND AFDELING B: Beantwoord enige TWEE van die drie vrae. AFDELING C: Beantwoord EEN van die twee vrae. 2. Beantwoord slegs die vereiste aantal vrae. Antwoorde bo en behalwe die vereiste aantal, sal NIE gemerk word NIE. 3. Beantwoord die vrae in volsinne. Maak seker dat die formaat en inhoud van jou antwoorde aan die kognitiewe vereistes van die vrae voldoen. 4. Beantwoord die vrae korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik word. 5. Skryf die vraagnommer boaan elke antwoord neer. 6. Lees die vrae versigtig deur. 7. Begin ELKE vraag op ʼn NUWE bladsy. 8. Laat 2-3 reëls tussen onderafdelings van vrae oop. 9. Gebruik slegs swart of blou ink. 10. Jy mag ʼn nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik. 11. Skryf netjies en leesbaar. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2015) EKONOMIE V2 3 AFDELING A (VERPLIGTEND) VRAAG 1 30 PUNTE – 20 MINUTE 1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee. Kies die mees korrekte antwoord en skryf slegs die letter (A–C) langs die vraagnommer (1.1.1–1.1.8) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.1.9 C. 1.1.1 Wanneer ʼn besluit gemaak word en die volgende beste alternatief nie gekies word nie, staan dit as … bekend. A ekonomiese hulpbronne B geleentheidskoste C skaarsheid 1.1.2 As alle ander dinge gelyk is, hel aanbodkurwes opwaarts van links na regs omdat … A hoër pryse tot hoër winste lei. B laer pryse tot hoër uitset lei. C laer pryse tot hoër vraag lei. 1.1.3 ʼn Stadium in die langtermyn gemiddelde-kostekurwe (LGKK) waar produksie nie toeneem of daal nie, staan bekend as … A skaalvoordele. B nie-skaalvoordele. C konstante opbrengs tot skaal. 1.1.4 Vryheid van toetrede is voor-die-hand-liggend in … markte. A volmaakte B volmaakte en monopolistiese C monopolie 1.1.5 ʼn Plaaslike groep interafhanklike organismes in die omgewing is ʼn… A ekosisteem. B eksternaliteit. C gerief. 1.1.6 Wanneer besitreg aan lede van die gemeenskap toegeken word, kan hulle … A omgewingsbeleide ignoreer. B hulpbronne misbruik. C beter na die omgewing omsien. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 4 EKONOMIE V2 (EC/NOVEMBER 2015) 1.1.7 Watter van die volgende is ʼn eienskap van die Wêreldbank? A Dit verskaf finansiële hulp aan ontwikkelende lande. B Dit word deur die Europese Unie besit. C Dit is ʼn groot lener aan multinasionale korporasies. 1.1.8 Die Minister van Omgewingsake in Suid-Afrika is … A Mnr. Blade Ndzimande. B Me. Baleka Mbete. C Me. Edna Molewa. (8 x 2) (16) 1.2 Kies ʼn omskrywing uit KOLOM B wat by ʼn begrip in KOLOM A pas. Skryf slegs die letter (A–J) langs die vraagnommer (1.2.1–1.2.8) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.2.9 K. KOLOM A KOLOM B 1.2.1 GEAR A Investering in ʼn ander land in die vorm van geboue en kapitaaltoerusting 1.2.2 Noord-Suid B ʼn Formele ooreenkoms tussen lande verdeel 1.2.3 Mark-ewewig C Goedere en dienste word verhandel 1.2.4 DBI D Gemik op verbetering van ekonomiese groei, ontwikkeling en vermindering van werkloosheid 1.2.5 Protokol E Ontwikkelde lande in die Noorde het onderontwikkelde lande in die Suide gekoloniseer 1.2.6 Relatiewe F Die hoeveelheid gevra deur die pryse huishoudings is gelyk aan die hoeveelheid aangebied deur besighede 1.2.7 Minder- G Meer elasties oor die korttermyn as oor die waardige langtermyn goedere 1.2.8 Goedere- H Vergelyking tussen pryse van goedere mark I Aangevra in kleiner hoeveelhede wanneer inkome styg J Ryk lande van die Suide (8 x 1) (8) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2015) EKONOMIE V2 5 1.3 Gee die korrekte begrip vir die volgende frases: 1.3.1 ʼn Verandering in prys wat presies dieselfde verandering in hoeveelheid gevra teweegbring 1.3.2 ʼn Scenario waar ʼn land ʼn produk meer doeltreffend produseer as andere 1.3.3 Graad van bevrediging wat ʼn verbruiker ervaar deur ʼn addisionele eenheid van ʼn produk te verbruik 1.3.4 Toekomstige veranderinge in reënval en temperatuur 1.3.5 Koste om totale uitset te produseer 1.3.6 Die permanente vernietiging van inheemse woude en bosse (6 x 1) (6) TOTAAL AFDELING A: 30 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 6 EKONOMIE V2 (EC/NOVEMBER 2015) AFDELING B Beantwoord enige TWEE van die drie vrae uit hierdie afdeling in die ANTWOORDEBOEK. VRAAG 2: MIKRO-EKONOMIE 40 PUNTE – 30 MINUTE 2.1 Beantwoord die volgende vrae. 2.1.1 Noem enige TWEE voorbeelde van monopolistiese markte. (2) 2.1.2 Verduidelik wat met oorskot vraag bedoel word. (2) 2.2 Bestudeer die onderstaande scenario en beantwoord die vrae wat volg. LUGHAWENSMAATSKAPPY VAN SUID-AFRIKA (ACSA) ACSA praat baie oor verbruikergesentreerde diens, maar sy dade demonstreer sy minagting van kliënte. ʼn Mens hoef nie verder te kyk as na die lugvaartindustrie om die voordele van mededinging in die mark bekend te stel nie. Nie almal mag hou van laekoste-rederye soos Kulula en 1time nie, maar hulle gee mense ʼn keuse en saam met prysvergelykings webtuistes soos southafricato kon lugrederye dramaties afgebring word. Mededinging het die lugvaartindustrie getransformeer, tog gaan ʼn gereguleerde monopolie voort om ʼn diens te lewer met eindelose gewag vir bagasie, hoë vlakke van diefstal en ontbrekende lughawe-sekuriteit. [Bron http://southafricato/airports/ACSA] 2.2.1 Wat is ʼn monopolie? (2) 2.2.2 Sal jy die taxi-industrie in Suid-Afrika as ʼn monopolie beskryf? Verduidelik. (4) 2.2.3 Noem enige TWEE voordele van mededinging soos in die uittreksel uitgelig. (2) 2.2.4 Identifiseer TWEE van die Suid-Afrikaanse Lugdiens se mededingers. (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2015) EKONOMIE V2 7 2.3 Bestudeer die onderstaande tabel en beantwoord die vrae wat volg: UITSET TK TKK TVK GVK MK 0 20 20 0 0 - 1 25 20 5 C 5 2 28 A 8 4 3 3 30 20 10 3,3 2 4 B 20 16 4 6 2.3.1 Gee die waardes van A en C. (2) 2.3.2 Beskryf die verhouding tussen gemiddelde totale koste en skaalvoordele. (4) 2.3.3 Noem enige TWEE voorbeelde van konstante koste. (2) 2.3.4 Waarom verander veranderlike koste met uitset? (2) 2.4 Onderskei tussen kostes oor die korttermyn en kostes oor die langtermyn. (8) 2.5 Met behulp van ʼn grafiek, verduidelik die verhouding tussen gemiddelde en marginale inkomste wanneer die prys dieselfde by alle vlakke van uitset is. (8) [40] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 8 EKONOMIE V2 (EC/NOVEMBER 2015) VRAAG 3: KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES 40 PUNTE – 30 MINUTE 3.1 Beantwoord die volgende vrae: 3.1.1 Noem enige TWEE positiewe gevolge van globalisasie. (2) 3.1.2 Verduidelik kortliks hoe armoede lei tot omgewingsdegradering. (2) 3.2 Bestudeer die volgende spotprent en beantwoord die vrae wat volg. [Bron: graceatelmberg.wordpress.com/2011/12/05/globalization-part-2-political-cartoons] 3.2.1 Verduidelik die begrip vryhandel. (2) 3.2.2 Noem TWEE negatiewe invloede van vryhandel, volgens die spotprent. (4) 3.2.3 Omskryf kortliks die rol van die WHO. (2 x 2) (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2015) EKONOMIE V2 9 3.3 Bestudeer die onderstaande uittreksel en beantwoord die vrae wat volg. HOEKOM WATER BEWAAR? Die water wat beskikbaar is aan planeet Aarde, is dieselfde water wat altyd beskikbaar was en die enigste water wat ooit beskikbaar sal wees. Omdat water driekwart van die aarde se oppervlakte beslaan, mag dit voorkom asof daar baie in omloop is. In werklikheid, egter, het ons beperkte hoeveelhede bruikbare varswater …. Die kwessie van waterbewaring gaan nie oor “besparing” van water nie – dit is om oor genoeg skoonwater op enige gegewe tydstip en plek te beskik, om in ons behoeftes te voorsien. Gifford Pinchot, ʼn Amerikaanse natuur- bewaarder en politikus wat as hoof van die VSA se Bosboudienste tussen 1898 en 1910 gedien het, verwys na bewaring as “Die wyse gebruik van die aarde en sy hulpbronne vir die voortbestaan van die mens.” Die bewaring van ons waterbronne hang af van ons wyse gebruik van hierdie bronne. Sulke wyse verbruik, begin sonder twyfel tuis, en in ons gemeenskap. Maar menslike aktiwiteite kan ook probleme met beskikbaarheid van water veroorsaak. In sommige gevalle, moes gemeenskappe ander bronne vir drinkwater gaan soek omdat hulle watervoorsiening besmet was. Byvoorbeeld, infiltrasie van petrol uit lekkende ondergrondse opgaartenks, in ʼn ondergrondse waterput, is al wat dit verg om die waterput onbruikbaar te maak. Wanneer grondwater besmet word, kan dit jare neem of selfs dekades om dit self weer natuurlik skoon te maak. [Bron: (aangepas) www.epa.gov/region1/..../gndw_712pdf] 3.3.1 Wat beteken bewaring van water? (2) 3.3.2 Wat, volgens die uittreksel, is die rede vir die bewaring van water? (2) 3.3.3 Verduidelik kortliks enige maatreëls wat toegepas kan word om water te bewaar. (2 x 2) (4) 3.3.4 Watter regeringsdepartement het die verantwoordelikheid om te verseker dat water bewaar word? (2) 3.4 Verduidelik die armoede gaping as ʼn maatstaf van armoede. (8) 3.5 Verduidelik waarom die teorie van vergelykende voordeel as ʼn argument ten gunste van vrye internasionale handel gebruik word. (8) [40] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 10 EKONOMIE V2 (EC/NOVEMBER 2015) VRAAG 4: MIKRO-EKONOMIE EN KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES 40 PUNTE – 30 MINUTE 4.1 Beantwoord die volgende vrae: 4.1.1 Noem enige TWEE soorte wins. (2) 4.1.2 Verduidelik EEN impak van ontbossing. (2) 4.2 Bestudeer die onderstaande grafiek en beantwoord die vrae wat volg. V Prys V 0 Hoeveelheid gevra 4.2.1 Identifiseer en verduidelik die soort elastisiteit wat hierbo geïllustreer word. (3) 4.2.2 Watter soort goedere sal onder hierdie soort elastisiteit val? Gee ʼn rede vir jou antwoord. (3) 4.2.3 Watter voordeel hou hierdie soort elastisiteit vir die verkoper in? (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2015) EKONOMIE V2 11 4.3 Bestudeer die onderstaande spotprent en beantwoord die vrae wat volg. 4.3.1 Verduidelik in jou eie woorde die begrip omgewingsvriendelik’. (2) 4.3.2 Watter impak sal die motor in die spotprent op die omgewing hê? (4) 4.3.3 Verduidelik die maatreëls wat deur Suid-Afrika getref word om die impak van die voertuig, in die spotprent, te verminder. (4) 4.4 Verduidelik kortliks die eienskappe van ʼn oligopolie. (8) 4.5 Verduidelik hoe die vraag na ʼn produk beïnvloed word deur die pryse van verwante goedere. Gee voorbeelde. (8) [40] TOTAAL AFDELING B: 80 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 12 EKONOMIE V2 (EC/NOVEMBER 2015) AFDELING C Beantwoord EEN van die twee vrae uit hierdie afdeling in die ANTWOORDEBOEK. Jou antwoord sal soos volg geassesseer word: STRUKTUUR VAN DIE OPSTEL PUNTE- TOEKENNING Inleiding Maks. 2 Inhoud Hoofgedeelte: Bespreek in detail/In diepte bespreking/Ondersoek/Bespreek Maks. 26 krities/Ontleed/Vergelyk/Evalueer/Onderskei/Verduidelik/ Assesseer/Debatteer Addisionele gedeelte: Gee eie mening/Bespreek krities/Evalueer/Evalueer krities/Teken ʼn grafiek en verduidelik/Gebruik gegewe grafiek en verduidelik/Voltooi die gegewe grafiek/Bereken/Lei Maks. 10 af/Vergelyk/Verduidelik/Onderskei/Interpreteer/Debatteer kortliks Slot Maks. 2 TOTAAL 40 VRAAG 5: MIKRO-EKONOMIE 40 PUNTE – 40 MINUTE Pryselastisiteit van aanbod sal altyd positief wees as gevolg van die wet op aanbod.  Met behulp van grafieke, beskryf die verskillende kategorieë van pryselastisiteit van aanbod. (26)  Verduidelik die pryselastisiteit van aanbod vir mielies oor die kort en langtermyn. (10) [40] VRAAG 6: KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES 40 PUNTE – 40 MINUTE ʼn Groot persentasie van ons bevolking lewe steeds onder nadelige toestande van armoede.  Brei uit oor die oorsake van armoede. (26)  Beklemtoon die verskeie stappe wat die regering onderneem het om die probleme ten opsigte van armoede, tussen 1994 en 2014, aan te spreek. (10) [40] TOTAAL AFDELING C: 40 GROOTTOTAAL: 150 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com

Study this subject

More from Grade 11 Economics

View all