Skip to content

Economics Grade 11 P1 Eastern Cape November 2015 QP (Afr)

Question paperEconomicsGrade 11201513 pages

Grade 11 Economics Paper 1 question paper from the Eastern Cape November 2015 (Afrikaans), 13 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 11 NOVEMBER 2015 EKONOMIE V1 PUNTE: 150 TYD: 2 uur *IECONA1* Hierdie vraestel bestaan uit 12 bladsye.
Downloaded from hlayiso.com 2 EKONOMIE V1 (EC/NOVEMBER 2015) INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Beantwoord VIER vrae as volg: AFDELING A: VERPLIGTEND. AFDELING B: Beantwoord enige TWEE vrae in die ANTWOORDEBOEK. AFDELING C: Beantwoord enige EEN vraag in die ANTWOORDEBOEK. 2. Skryf die vraagnommer boaan elke vraag. 3. Nommer die vrae korrek volgens die nommeringstelsel wat in die vraestel gebruik word. 4. Lees die vrae sorgvuldig en begin elke vraag op ʼn NUWE bladsy. 5. Laat 2–3 reëls oop tussen onderafdelings van vrae. 6. Beantwoord vrae in volsinne en maak seker dat die uitleg en inhoud van jou antwoorde aan die kognitiewe vlakke van die vrae voldoen. 7. Skryf netjies en leesbaar. 8. Slegs die vereiste aantal vrae sal nagesien word in die volgorde waarin dit in die ANTWOORDEBOEK verskyn. 9. Jy mag ʼn nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik. 10. Gebruik swart of blou pen. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2015) EKONOMIE V1 3 AFDELING A (VERPLIGTEND) VRAAG 1 1.1 Verskeie moontlike opsies word as antwoorde tot die volgende vrae gegee. Kies die korrekte antwoord en skryf slegs die letter (A, B of C) langs die ooreenstemmende vraagnommer (1.1.1–1.1.8) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.1.9. C. 1.1.1 ’n Persoon wie die produksiefaktore in ’n doeltreffende manier saamvoeg. A Verbruikers B Staatsamptenare C Entrepreneur 1.1.2 Om basiese prys na markpryse om te skakel, moet belastings op produkte ... word. A afgetrek B bygetel C vermenigvuldig 1.1.3 In ʼn sentraal beplande ekonomie word alle probleme deur ... opgelos. A privaat individue B die regering C produsente 1.1.4 Eskom wek elektrisiteit in Suid-Afrika op, deur hoofsaaklik van ... gebruik te maak. A water B wind C steenkool 1.1.5 Word gehef op winste gerealiseer met die verkoop van kapitaalgoedere, byvoorbeeld eiendomme en aandele. A Oordragkoste B Kapitaalwinsbelasting C Rykdom-belastings 1.1.6 ʼn Toename in die produksie van goedere en dienste in ʼn land oor ʼn tydperk van ʼn jaar. A Ekonomiese ontwikkeling B Ekonomiese groei C Investering Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 4 EKONOMIE V1 (EC/NOVEMBER 2015) 1.1.7 Mense wat minder werk as wat hulle kan, is ... in diens geneem. A onder B meer C semi 1.1.8 ‘Fiat geld’ ... A het intrinsieke waarde. B is Kruger Rande. C het waarde slegs omdat dit algemeen as ʼn ruilmiddel aanvaar word. (8 x 2) (16) 1.2 Kies ʼn beskrywing uit KOLOM B wat by ʼn begrip in KOLOM A pas. Skryf slegs die korrekte letter (A–I) langs die ooreenstemmende vraagnommer (1.2.1– 1.2.8) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.2.9 I. KOLOM A KOLOM B 1.2.1 Ekonomiese huur A gebeur wanneer die waarde van alle uitsette van al die ondernemings in die ekonomie net bymekaargetel word 1.2.2 Dubbeltelling B gee die beste moontlike uitkoms met ʼn gegewe stel omstandighede 1.2.3 Optimum mengsel C finansiële bystand wat nie terugbetaal moet word nie 1.2.4 Gemeenskaps- D die bedrag geld wat ʼn natuurlike hulpbron dienste verdien bo en behalwe sy oordrag verdienste 1.2.5 Produktiwiteit E sluit beskerming, sanitasie en water in 1.2.6 Gini-koëffisiënt F ʼn statistiese maatstaf wat gebruik word om die ongelykheid van inkome verdeling uit te druk 1.2.7 Kontantreserwes G die waarde van bankbates wat gehou word in die vorm van kontant om die dag- tot-dag onttrekkings deur kliënte asook finansiële verpligtinge na te kom 1.2.8 Toelae H verhouding tussen reële uitset en inset I die verspreiding van rykdom tussen lande van die wêreld (8 x 1) (8) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2015) EKONOMIE V1 5 1.3 Gee EEN ekonomiese begrip vir elk van die volgende beskrywings. Skryf slegs die begrip langs die ooreenstemmende vraagnommer (1.3.1–1.3.6) in die ANTWOORDEBOEK neer. 1.3.1 Die bedrag wat ʼn werker elke dag, elke week of aan die einde van ʼn maand ontvang 1.3.2 Goedere wat verbruik of vernietig word wanneer dit gebruik word 1.3.3 ʼn Regering se verkoop van meer as 50% van sy aandele in sy ondernemings of ander soort diens-ondernemings, aan die privaatsektor 1.3.4 Dui op ʼn toename in die lewensstandaard van die totale bevolking 1.3.5 Word uitgereik deur verbruikersorganisasies en kleinhandelaars, en dit verskaf toegang tot krediet aan verbruikers 1.3.6 Wanneer ʼn land se totale invoere meer as sy uitvoere is (6 x 1) (6) TOTAAL AFDELING A: 30 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 6 EKONOMIE V1 (EC/NOVEMBER 2015) AFDELING B Beantwoord enige TWEE vrae uit hierdie afdeling in die ANTWOORDEBOEK. VRAAG 2: MAKRO-EKONOMIE 40 PUNTE – 20 MINUTE 2.1 2.1.1 Noem enige TWEE vorme van gemeenskap deelname in plaaslike ekonomiese beplanning en aktiwiteite. (2 x 1) (2) 2.1.2 Verduidelik die begrip Bruto Binnelandse Produk (BBP). (1 x 2) (2) 2.2 Bestudeer die onderstaande tabel en beantwoord die vrae wat volg. Sleutel arbeidsmarkveranderlikes 2001 tot 2013 (Maart van elke jaar) 2001 2003 2005 2007 2009 2011 2013 Werkende 27 265 28 327 29 319 30 208 30 987 32 314 33 240 bevolking se ouderdom (15–64) Nie-ekonomies 10 690 11 819 12 823 12763 13 166 14 832 15 017 aktief Arbeidsmag 16 575 16 509 16 497 17 444 17 820 17 482 18 222 Indiens 12 494 11 666 12 503 13 326 13 636 13 118 13 621 Werkloos 4 081 4 843 3 993 4 119 4 184 4 364 4 601 Werkloosheids- 26,6 29,3 24,2 23,6 23,5 ? 25,2 koers Opname-koers 45,8 41,2 42,6 44,1 44,0 40,6 41,0 Arbeidsmag 60,8 58,3 56,3 57,7 57,5 54,1 54,8 deelname [Bron: Statistiek Suid-Afrika] 2.2.1 Verduidelik die begrip Nie-ekonomies aktief. (2) 2.2.2 Bereken die werkloosheidskoers vir 2011. (2) 2.2.3 Watter tendens neem jy waar by die ‘werkende bevolking se ouderdom’, volgens die tabel? (2) 2.2.4 Noem enige TWEE faktore wat die kwaliteit van ʼn arbeidsmag bepaal. (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2015) EKONOMIE V1 7 2.3 DATA RESPONS Bestudeer die onderstaande spotprent en beantwoord die vrae wat volg. 2.3.1 Verduidelik die begrip ‘vryemark ekonomie’. (2) 2.3.2 Wat is die boodskap wat die spotprent oordra? (2) 2.3.3 Wat motiveer verbruikers en produsente in ʼn suiwer markekonomie? (2) 2.3.4 Noem enige TWEE voordele van ʼn vryemark ekonomie. (4) 2.4 Verduidelik kapitaal- (intermediêre) goedere en dienste. (4 x 2) (8) 2.5 Bespreek kortliks die doeltreffendheid in die lewering van sosiale dienste in Suid-Afrika. (2 x 4) (8) [40] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 8 EKONOMIE V1 (EC/NOVEMBER 2015) VRAAG 3: EKONOMIESE STREWES 40 PUNTE – 20 MINUTE 3.1 Beantwoord die volgende vrae. 3.1.1 Noem enige TWEE faktore wat inkomstevlakke beïnvloed. (2 x 1) (2) 3.1.2 Waarom meng die regering in die ekonomie in? (1 x 2) (2) 3.2 DATA RESPONS Bestudeer die onderstaande uittreksel en beantwoord die vrae wat volg. SAOG SAOG se visie is een van ʼn gemeenskaplike toekoms, ʼn toekoms midde-in ʼn streeksgemeenskap wat ekonomiese welstand sal verseker, lewensstandaard en lewenskwaliteit sal verbeter, en vryheid en sosiale regverdigheid, vrede en sekuriteit vir die mense van Suider-Afrika sal bied. Hierdie gedeelde visie is geanker in die gemeenskaplike waardes en beginsels en die historiese en kulturele ooreenkomste wat tussen die mense van Suider-Afrika bestaan. [Bron: www. Sadc.int] 3.2.1 Noem enige TWEE lande wat deel van die SAOG vorm. (2) 3.2.2 Waarvoor staan die afkorting SAOG? (2) 3.2.3 Noem enige EEN doelwit van die visie van die SAOG volgens die uittreksel. (2) 3.2.4 Noem enige TWEE vorme van ekonomiese integrasie en koöperasie. (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2015) EKONOMIE V1 9 3.3 Bestudeer die onderstaande spotprent en beantwoord die vrae wat volg. 3.3.1 Wat is bankmislukking? (2) 3.3.2 Hoe hanteer die Suid-Afrikaanse Reserwebank bankmislukking? (2) 3.3.3 Waarom dink jy is die ou man in die spotprent ʼn slagoffer van bank- mislukking? (2) 3.3.4 Noem enige TWEE redes vir bankmislukkings. (2 x 2) (4) 3.4 Bespreek kortliks die doelwitte van die monetêre beleid. (4 x 2) (8) 3.5 Ontleed lae lewensstandaarde en lae vlakke van produktiwiteit as kenmerke van ontwikkelende lande. (2 x 4) (8) [40] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 10 EKONOMIE V1 (EC/NOVEMBER 2015) VRAAG 4: MAKRO-EKONOMIE EN EKONOMIESE STREWES 40 PUNTE – 20 MINUTE 4.1 Beantwoord die volgende vrae. 4.1.1 Noem enige TWEE soorte mobiele telefone wat in gebruik is. (2 x 1) (2) 4.1.2 Verduidelik die begrip ekonomies gemarginaliseerde groep. (1 x 2) (2) 4.2 DATA RESPONS Bestudeer die onderstaande tabel en beantwoord die vrae wat volg. Reële finale verbruiksbesteding deur huishoudings Kategorie 2012 2013 ste de Jaar 1 Kw 2 Kw 3de Kw 4de Kw Jaar Duursame goedere 11,1 5,9 12,5 9,4 6,9 7,9 Semi-duursame 6,2 7,6 8,5 7,1 3,1 6,7 goedere Nie-duursame 2,7 2,4 2,7 0,5 0,2 2,2 goedere Dienste 1,7 0,1 -2.1 0,1 1,7 0,3 Totaal 3,5 2,4 2,5 2,1 2,0 2,6 [Bron: Kwartaallikse Bulletin Maart 2014] 4.2.1 Definieer finale verbruiksbesteding deur huishoudings. (2) 4.2.2 Identifiseer die kategorieë waarop huishoudings meeste van hulle inkome in 2012 en 2013 gespandeer het. (2 x 1) (2) 4.2.3 Gee jou eie mening oor die persentasie van verbruiksbesteding in die 4de kwartaal, in vergelyking met die vorige kwartale. (2) 4.2.4 Verduidelik nie-duursame goedere en gee voorbeelde. (2 x 2) (4) 4.3 DATA RESPONS Bestudeer die onderstaande uittreksel en beantwoord die vrae wat volg. SUID-AFRIKA – ‘TWEE-DERDES VERSTEDELIK’ Twee-derdes van Suid-Afrika se bevolking bly nou in stedelike gebiede, volgens die mees onlangse opnames in die land, wat deur die Suid-Afrikaanse Instituut vir Rasseverhoudinge in Johannesburg vrygestel is. “Die aantal mense wat in stedelike gebied woon het van 52% in 1990 tot 62% in 2011, toegeneem” het die Instituut in ʼn verklaring bevestig. Die aantal mense wat in plattelandse gebiede woon, het van 48% tot 38% oor dieselfde periode gedaal. Dit word verwag dat Afrika se koers van verstedeliking dié van Asië teen 2030 sal oortref. Suid-Afrika se bevolking het gegroei teen 15,5%, of byna 7 miljoen mense, in ʼn kwessie van 10 jaar, om ʼn totaal van 51,7 miljoen in 2011 te bereik, volgens die land se nuutste nasionale sensus. [Bron: www southafrica. info] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2015) EKONOMIE V1 11 4.3.1 Definieer die begrip verstedeliking. (2) 4.3.2 Wat is die redes waarom mense na stedelike gebiede verhuis? Noem enige TWEE redes. (4) 4.3.3 Wat toon die vlak van verstedeliking in ʼn land aan? (2) 4.3.4 Noem enige EEN probleem wat verstedeliking in stede skep. (2) 4.4 Verduidelik kortliks enige TWEE faktore wat die wins van ʼn entrepreneur beïnvloed. (2 x 4) (8) 4.5 Bespreek die doelwitte van NEPAD. (4 x 2) (8) [40] TOTAAL AFDELING B: 80 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 12 EKONOMIE V1 (EC/NOVEMBER 2015) AFDELING C Beantwoord slegs EEN van die twee vrae uit hierdie afdeling in die ANTWOORDEBOEK. STRUKTUUR VAN DIE OPSTEL PUNTETOEKENNING Inleiding Maks. 2 Inhoud Hoofgedeelte: Bespreek in detail/In diepte bespreking/ Maks. 26 Ondersoek/Bespreek krities/Ontleed/Vergelyk/ Evalueer /Onderskei/Verduidelik/Assesseer/Debatteer Addisionele gedeelte: Gee eie mening/Bespreek krities/Evalueer/Evalueer krities/Teken ʼn grafiek en verduidelik/ Gebruik gegewe grafiek en verduidelik/ Voltooi Maks. 10 die gegewe grafiek/Bereken/Lei af/Vergelyk/ Verduidelik/Onderskei/Interpreteer/Debatteer kortliks Slot Maks. 2 TOTAAL 40 VRAAG 5: MAKRO-EKONOMIE 40 PUNTE – 35 MINUTE 5.1 Ekonome verdeel die ekonomie in drie sektore: primêre, sekondêre en tersiêre sektor. Die rol wat elke sektor speel, verander soos wat die ekonomie meer ontwikkel.  Bespreek die ekonomiese belangrikheid van die primêre sektor in die ekonomie.  Krities evalueer, die programme wat die regstelling van die grondkwessie in Suid-Afrika aanspreek. [40] VRAAG 6: EKONOMIESE STREWES 40 PUNTE – 35 MINUTE 6.1 Een van die makro-ekonomiese doelwitte van die regering is om ekonomiese regverdigheid in die land te verseker. Dit beteken dat die regering maatreëls moet instel wat die inkome gaping tussen ryk en arm verklein.  Bespreek en evalueer die metodes wat deur die regering gebruik word om inkome en rykdom te herverdeel.  Verduidelik kortliks die redes vir die ongelyke verdeling van inkome. [40] TOTAAL AFDELING C: 40 GROOTTOTAAL: 150 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com

Study this subject

More from Grade 11 Economics

View all