Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 11
NOVEMBER 2016
GEOGRAFIE V2
MEMORANDUM
PUNTE: 75
Hierdie memorandum bestaan uit 10 bladsye.
Skip to contentAll 2016 papers 





View all





Geography Grade 11 P2 Eastern Cape November 2016 Memo (Afr)
Grade 11 Geography Paper 2 memorandum from the Eastern Cape November 2016 (Afrikaans), 10 pages. Read online or download the free PDF.
Geography · Grade 11 · Eastern Cape November · 2016. Memorandum, 10 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Geography
- Grade
- Grade 11
- Document type
- Memorandum
- Year
- 2016
- Exam period
- Eastern Cape November
- Paper
- 2
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 10
- File size
- 1.0 MB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 10
This exam
Questions in this paper
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
2 GEOGRAFIE V2 (EC/NOVEMBER 2016)
AFDELING A
VRAAG 1: MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE
Die volgende stellings is op die 1 : 50 000 topografiese kaart 2829AC HARRISMITH,
sowel as die ortofotokaart van ʼn gedeelte van die gekarteerde gebied, gebaseer. Verskeie
opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae verskaf. Kies die korrekte
antwoord en skryf slegs die letter (A tot D) in die blokkie langs elke stelling neer.
1.1 Die kontoerinterval van die ortofoto is … meter.
A 20
B 10
C
C 5
D 50
1.2 Die rye bome wat naby die Secunda plaas in blok E2 aangetref word, word
gebruik as …
A afbakenings.
B beskerming.
D
C plantasies.
D windskerms.
1.3 Die koördinate van trigonometriese stasie nommer 44, in blok B13 is …
A 28°16’10”S 29°12’50”O / 28°16,1’S 29°12,8’O.
B 28°15’10”O 29°14’20”S / 28°15,1’O 29°14,3’S.
A
C 29°13’22”S 28°16’10”O / 29°13,3’S 28°16,1’O.
D 29°13’22”O 28°15’10”S / 29°13,3’O 28°15,1’S.
1.4 Die provinsie waarin Harrismith aangetref word, is …
A Mpumalanga.
B KwaZulu-Natal.
D
C Gauteng.
D Vrystaat.
1.5 Die verskynsel genommer 1 op die ortofotokaart is ʼn …
A uitloper.
B gholfbaan.
B
C saal.
D begraafplaas.
1.6 Die gebou wat 10 op die ortofotokaart genommer is, is ʼn …
A skool.
B fabriek.
C
C hospitaal.
D kleinhoewe.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2016) GEOGRAFIE V2 3
1.7 Die rigting van die Sterkfonteindam Natuurreservaat gebied, in blok J2, vanaf
Harrismith, in blok B8 is …
A noordwes.
B suidoos.
D
C noordoos.
D suidwes.
1.8 Die landvorm tussen trigonometriese stasie 44 en punthoogte 2338 in blok B13,
op die topografiese kaart is ʼn …
A saal.
B vlakte.
D
C plato.
D pas.
1.9 Harrismith is ʼn dorp wat in ʼn … reënvalarea aangetref word.
A somer
B winter
A
C dwarsdeur die jaar
D herfs
1.10 Die pad/paaie wat Harrismith met Witsieshoek in die suidweste verbind, op die
topografiese kaart, is die …
A N5.
B N5, R74 en 712.
B
C R74.
D N3 en R74.
1.11 Die kaartprojeksie wat op die ortofotokaart gebruik word is …
A Universeel Transversaal.
B Lambert.
C
C Gauss Conform.
D Mercator.
1.12 Bewyse van ontginning van ondergrondse water in blok D1 word aangedui met
ʼn…
A dam.
B windpomp.
B
C reservoir.
D voor.
1.13 Die helling tussen C en D op die topografiese kaart is …
A konkaaf.
B konveks.
A
C getrap.
D uniform.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
4 GEOGRAFIE V2 (EC/NOVEMBER 2016)
1.14 Wat is die vernaamste plantegroeitipe wat in blok C12 aangetref word.
A Bebosde gebied
B Boorde en Wingerde
A
C Bewerkte landerye
D Wild en Bewaringsgebied
1.15 Die verwysingsnommer van die ortofotokaart direk noordoos van Harrismith is ...
A 2829 AC 3.
B 2829 AA 24.
B
C 2829 AB.
D 2829 AC 7.
(15 × 1) (15)
[15]
AFDELING B
VRAAG 2: KAARTWERKVAARDIGHEDE EN -BEREKENINGE
Konsulteer die topografiese kaart en beantwoord die volgende vrae. Jy mag die ortofoto
gebruik.
2.1 Vind die grootste dam in blok G5 op die topografiese kaart en bereken die lengte
van die damwal in meter.
Toon ALLE berekeninge. Punte sal vir berekeninge toegeken word.
Lengte = 0,3 cm × 0,5 × 1000 (0,2 tot 0,4 cm) = 0,3 cm × 500
OF
= 150 m = 150 m
[Speling 100 – 200 m]
(2 × 1) (2)
2.2 Die onderstaande dwarsprofiel is geteken tussen 5 en 6 op die ortofoto.
2.2.1 Identifiseer die verskynsels gemerk A en B op die dwarsprofiel.
A = Spoorlyn
B = N3 Nasionale deurpad
(2 × 1) (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2016) GEOGRAFIE V2 5
2.2.2 Bereken die vertikale vergroting van hierdie dwarsprofiel vanaf 5 tot 6.
𝑉𝑒𝑟𝑡𝑖𝑘𝑎𝑙𝑒 𝑆𝑘𝑎𝑎𝑙 (𝑉𝑆)
Gebruik die formule: 𝑉𝑉 = 𝐻𝑜𝑟𝑖𝑠𝑜𝑛𝑡𝑎𝑙𝑒 𝑆𝑘𝑎𝑎𝑙 (𝐻𝑆)
1 cm = 20 m (dus 20 × 100 = 2 000 m)
VS = 1 : 2000
HS = 1 : 10 000
𝑉𝑒𝑟𝑡𝑖𝑘𝑎𝑙𝑒 𝑆𝑘𝑎𝑎𝑙 (𝑉𝑆)
𝑉𝐸 =
𝐻𝑜𝑟𝑖𝑠𝑜𝑛𝑡𝑎𝑙𝑒 𝑠𝑘𝑎𝑎𝑙 (𝐻𝑆)
1 10000
=( 2000 × 1 )
= 5 keer [Geen eenhede – geen punte vir finale antwoord]
(4 × 1) (4)
2.2.3 Verskaf EEN rede waarom die vertikale skaal in ʼn dwarsprofiel vergroot
word.
Dit laat toe dat reliëfverskynsels duideliker gesien kan word
As die vertikale skaal nie vergroot word nie, vertoon die
reliëfverskynsels plat
(Enige EEN) (1 × 1) (1)
2.3 2.3.1 Gebruik die inligting op die topografiese kaart en bereken die magnetiese
deklinasie/afwyking vir 2016.
Toon ALLE berekeninge. Punte sal vir berekeninge toegeken word.
Verskil in jare: 2016 – 2001
= 15 jaar
Totale verandering: 15 × (8' W)
= 120ˈ / 2°00ˈW
Magnetiese deklinasie vir 2016: 20°28' W (+ ) 120' W (2°00' W)
= 22°28' W
[Geen eenhede – geen punte vir finale antwoord]
(5 × 1) (5)
2.3.2 As die ware peiling vanaf trigonometriese stasie 299 (blok C9) tot by
trigonometriese stasie 44 (blok B13) 63° is, bepaal die magnetiese peiling
in 2016.
Formule:
Magnetiese peiling (MP) = Ware peiling (WP) + Magnetiese deklinasie (MD)
MP = 63° + 22°28'
= 85°28'
(1 × 1) (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
6 GEOGRAFIE V2 (EC/NOVEMBER 2016)
2.4 Peter en Zane doen ʼn avontuurreis en moet vanaf punthoogte 1794, gemerk 9,
in ʼn reguit lyn draf tot by punthoogte 1729, gemerk 8 op die ortofotokaart.
Bereken die gemiddelde gradiënt vir hierdie drafstappie.
Toon ALLE berekeninge. Punte sal vir berekeninge toegeken word.
𝑉𝑒𝑟𝑡𝑖𝑘𝑎𝑙𝑒 𝐼𝑛𝑡𝑒𝑟𝑣𝑎𝑙 (𝑉𝐼)
Formule: 𝑮𝒓𝒂𝒅𝒊ë𝒏𝒕 = 𝐻𝑜𝑟𝑖𝑠𝑜𝑛𝑡𝑎𝑙𝑒 𝑒𝑘𝑤𝑖𝑣𝑎𝑙𝑒𝑛𝑡 (𝐻𝐸)
VI = 1794 m – 1729 m VI = 1794 m – 1729 m
= 65 m = 65 m
10 𝑐𝑚 𝑥 10 000
HE = [9,9 cm – 10,1 cm] HE = 10 cm × 100
100
= 1000 m [990 m – 1 010 m] = 1 000 m
65 𝑚 65 𝑚
Gradiënt = 1 000 𝑚 = 1 000 𝑚
1 1
= 1 : 15,4 of 15,4 = 1 : 15,4 of 15,4
[Speling: 15,2 – 15,5]
(5 × 1) (5)
[20]
AFDELING C
VRAAG 3: KAARTINTEPRETASIE EN -ANALISE
3.1 Die dorp Harrismith het ʼn ryk kulturele erfenis. Verskaf TWEE stukke bewyse,
vanaf die topografiese kaart, om hierdie stelling te ondersteun.
Verskeie monumente
42 Black Watch
Queen’s Hill
King’s Hill plantasie
Victoria meer
[Enige TWEE]
(2 × 1) (2)
3.2 Verwys na die gedeelte van die Nuwejaarspruit in blok H/I 1 en 2 en beantwoord
die vrae wat volg:
3.2.1 In watter rigting vloei die Nuwejaarspruit?
Verskaf EEN rede vir jou antwoord.
Antwoord
Noord / NNW / NNO (1 × 1) (1)
Rede
Die kontoer hoogtes daal noordwaarts
Punthoogtes daal noordwaarts
Posisie van die damwal
Opgegaarde water suid van die damwal
[Enige EEN]
(1 × 2) (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2016) GEOGRAFIE V2 7
3.2.2 Watter tipe rivier is die Nuwejaarspruit?
Standhoudend
(1 × 1) (1)
3.3 Verskaf EEN rede sigbaar op die topografiese kaart waarom daar nie aan die
oostelike kant van die Sterkfonteindam ontwikkeling plaasgevind het nie.
Beskermde gebied
(1 × 2) (2)
3.4 Die uitgrawingsaktiwiteite (blokke H2, H3) in die gekarteerde gebied het
omgewingskade veroorsaak. Stel TWEE maniere voor hoe die geaffekteerde
gebied herstel kan word.
Bebos of hervestig inheemse plantegroei
Skep ʼn park deur opvullings
Ontwikkel ʼn dam
[Enige TWEE]
(2 × 2) (4)
3.5 Gronderosie kom oor groot gebiede in blokke D4 en E3 voor. Stel TWEE
strategieë voor wat kan help om hierdie probleem te oorkom.
Bebossingsprogram
Bou van teen erosie walle
Bewusmakingsprogramme om boere te skool oor omgewings vriendelike
volhoubare boerdery metodes
[Enige TWEE]
(2 × 2) (4)
3.6 Verwys na beide die ortofotokaart en die topografiese kaart en identifiseer die
verskynsels wat 12 en 13 genommer is.
12 = Tronk
13 = Hotel
(2 × 1) (2)
3.7 Bestudeer die landvorme wat as G (blok F4) en H (blok H13) aangedui word.
3.7.1 Benoem die onderskeie landvorme G en H onderskeidelik.
G = Spitskop/Butte
H = Koppie/Koniese koppe
(2 × 1) (2)
3.7.2 Word hierdie landvorme geassosieer met massiewe stollingsgesteentes,
hellende lae of horisontale gesteente strata?
Horisontale gesteente strata
(1 × 1) (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
8 GEOGRAFIE V2 (EC/NOVEMBER 2016)
3.7.3 Watter EEN van die landvorme G of H was die langste aan erosie
blootgestel? Verduidelik jou antwoord.
Antwoord: H = Koppie / Koniese koppie / heuwel
Verduideliking: Geen harde kaplaag meer nie
1 + (1 × 2) (3)
3.7.4 Uit watter gesteentes bestaan die landvorme in VRAAG 3.7.3
heelmoontlik.
Sedimentêre gesteentes
(1 × 1) (1)
[25]
AFDELING D
VRAAG 4: GEOGRAFIESE INLIGTING STELSELS (GIS)
4.1 Watter term word gebruik om te beskryf wanneer ʼn papierkaart omgesit word om
in ʼn rekenaar te gebruik?
Digitering
(1 × 1) (1)
4.2 Onderskei tussen vektor- en rasterdata.
Vektor: Gebruik punte, lyne en areas om data wat in ʼn rekenaar gestoor word,
te verduidelik
Raster: Elke area is verdeel in reghoekige rooster selle en elke reghoekige sel
bevat ʼn attribuut waarde asook hul ligging ko-ordinate
[Konsep]
(2 × 1) (2)
4.3 Verduidelik waarom die ortofotokaart van Harrismith ʼn hoë ruimtelike resolusie
het.
Die ortofotokaart het ʼn hoë graad van inligting en duidelikheid
Hoër resolusie kaarte het ʼn beter beeld kwaliteit
Die ortofotokaart het ʼn groter skaal
Grootskaalkaarte toon meer inligting en het beter resolusie
[Enige EEN]
(1 × 1) (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2016) GEOGRAFIE V2 9
4.4 Beantwoord die volgende vrae oor data-oorlegging:
4.4.1 Verduidelik wat met die term data oorlegging in GIS bedoel word.
Kaarte wat verskillende inligting bevat, word op mekaar
geprojekteer / opmekaar gesit
[Konsep]
(1 × 1) (1)
4.4.2 Bespreek hoe TWEE datalae boere in blok H9, op die topografiese
kaart, beïnvloed het om die boerdery meer winsgewend te maak.
Infrastruktuur –paaie / geboue / plaashuise
Reliëf - kontoere / koppie / grondtoestand / gradiënt
Dreinering – beskikbaarheid van water / damme / rivier /
windpomp
[Enige TWEE]
(2 × 2) (4)
4.5 Identifiseer ʼn puntverskynsel en ʼn lynverskynsel in blok I9, op die topografiese
kaart.
ʼn Puntverskynsel:
windpomp
reservoir
punthoogte
[Enige EEN]
ʼn Lynverskynsel:
ander pad
sekondêre pad
kontoerlyn
rivier
damwal
heining
rye bome
[Enige EEN]
(2 × 1) (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
10 GEOGRAFIE V2 (EC/NOVEMBER 2016)
4.6 Bestudeer die staafgrafiek hieronder, wat temperatuur- en reënvaldata van
Harrismith uitbeeld. ʼn Statistiese analise van die data gaan vir die boere baie
bruikbaar wees. Die staafgrafiek is ʼn voorbeeld van attribuutdata.
4.6.1 Verskaf TWEE attribute wat deur die staafgrafiek verskaf word.
Temperatuur
Reënval
(2 × 1) (2)
4.6.2 Verduidelik hoe jy die attribute wat deur die staafgrafiek verskaf word, kan
gebruik.
Deur die gemiddelde temperatuur/reënval per jaar te bepaal
Deur die maksimum temperatuur/reënval te bepaal
Deur die minimum temperatuur/reënval te bepaal
Deur maande met die hoogste temperatuur/reënval te bepaal
Deur maande met die laagste temperatuur/reënval te bepaal
Deur te bepaal watter tipe gewasse gekweek sal word
Om te bepaal wanneer sekere gewasse gekweek sal word
Om die oestyd vir die gewasse te bepaal
[Enige TWEE]
(2 × 1) (2)
[15]
GROOTTOTAAL: 75
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Study this subject
Recommended for this subject

Memorandum
Geography Grade 11 P2 Eastern Cape November 2016 Memo (Eng)

Question paper
Geography Grade 11 P2 Eastern Cape November 2016 QP (Afr)

Memorandum
Geography Grade 11 P1 Eastern Cape November 2016 Memo (Afr)

Memorandum
Geography Grade 11 P2 Eastern Cape November 2022 Memo (Eng)

Memorandum
Geography Grade 11 P2 Eastern Cape November 2020 Memo (Afr)

Memorandum
Geography Grade 11 P2 Eastern Cape November 2020 Memo (Afr)
More from Grade 11 Geography

Question paper
Geography Grade 11 P1 Eastern Cape November 2025 QP (Eng)

Question paper
Geography Grade 11 P2 Eastern Cape November 2025 QP

Question paper and memo
Geography Grade 11 Free State March Test 2025 Paper & Memo

Question paper
Geography Grade 11 P1 Eastern Cape November 2024 QP (Afr)

Question paper
Geography Grade 11 P2 Eastern Cape November 2024 QP (Eng)

Question paper