Skip to content

Geography Grade 11 P2 Eastern Cape November 2016 QP (Afr)

Question paperGeographyGrade 11201615 pages

Grade 11 Geography Paper 2 question paper from the Eastern Cape November 2016 (Afrikaans), 15 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 11 NOVEMBER 2016 GEOGRAFIE V2 NAAM: _____________________________ PUNTE: 75 TYD: 1½ uur *IGEOGA2* PUNTE MOD TOTALE V1 15 PUNTE MOD V2 20 V3 25 75 75 V4 15 Hierdie vraestel bestaan uit 14 bladsye, insluitende 1 bladsy vir rofwerk en berekeninge.
Downloaded from hlayiso.com 2 GEOGRAFIE V2 (EC/NOVEMBER 2016) HULPBRONMATERIAAL 1. ʼn Uittreksel uit topografiese kaart 2829AC HARRISMITH. 2. Ortofotokaart 2829AC 3 HARRISMITH. 3. LET WEL: Die hulpbronmateriaal moet deur die skole ingeneem word vir hul eie gebruik. INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Skryf jou NAAM in die spasie voorsien op die dekblad van hierdie vraestel. 2. Beantwoord AL die vrae in die spasies wat op hierdie vraestel voorsien word. 3. Jy word voorsien van ʼn 1 : 50 000 topografiese kaart (2829AC HARRISMITH) en ʼn ortofotokaart (2829AC 3 HARRISMITH) van ʼn gedeelte van die gekarteerde gebied. 4. Jy moet die topografiese kaart en die ortofotokaart aan die toesighouer aan die einde van hierdie eksamensessie oorhandig. 5. Jy moet die blanko bladsy agterin hierdie vraestel vir alle rofwerk en berekeninge gebruik. MOENIE hierdie bladsy van die vraestel losmaak NIE. 6. Toon ALLE berekeninge en formules, waar van toepassing. Punte sal hiervoor toegeken word. 7. Dui die eenheid van meting aan in die finale antwoord van berekeninge. Maak seker dat eenhede deurgaans deur ALLE berekeninge en finale antwoord gehandhaaf word. 8 Jy mag ʼn nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik. 9. ʼn Woordelys van sommige van die Afrikaanse en Engelse woorde en hulle vertalings verskyn hieronder. WOORDELYS (SOMMIGE VAN DIÉ TERME MAG EN HUL ENGELSE VERTALINGS MAG OP DIE KAARTE VERSKYN.) AFRIKAANS ENGLISH Uitgrawings Diggings Karavaanpark Caravan Park Rioolwerke Sewage Works Gholfbaan Golf Course Vlei Wetland Kanaal/Voor Furrow Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2016) GEOGRAFIE V2 3 ALGEMENE INLIGTING RAKENDE HARRISMITH Harrismith is ʼn groot dorp in die Vrystaatprovinsie van Suid-Afrika. Dit is langs die Wilge-rivier, op die N3-snelweg ongeveer halfpad tussen Johannesburg, sowat 300 km noordwes, en Durban. Die dorp is by die aansluiting met die N5-hoofweg, wat weswaarts by die provinsiale hoofstad, Bloemfontein, sowat 340 km suidwes vanaf Harrismith, aansluit. Harrismith ontvang normaalweg omtrent 529 mm reënval per jaar, met die meeste reënval gedurende mid-somer. Die dorp is omring met mesas en buttes, en is geleë by die voet van een van hierdie – bekend as Platberg. Koordnate: 28°17ʹ00ʹʹS 29°08ʹ00ʹʹO/28°17,0ʹS 29°08,0ʹO Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 4 GEOGRAFIE V2 (EC/NOVEMBER 2016) AFDELING A VRAAG 1: MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE Die volgende stellings is op die 1 : 50 000 topografiese kaart 2829AC HARRISMITH, sowel as die ortofotokaart van ʼn gedeelte van die gekarteerde gebied, gebaseer. Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae verskaf. Kies die korrekte antwoord en skryf slegs die letter (A tot D) in die blokkie langs elke stelling neer. 1.1 Die kontoerinterval van die ortofoto is … meter. A 20 B 10 C 5 D 50 1.2 Die rye bome wat naby die Secunda plaas in blok E2 aangetref word, word gebruik as … A afbakenings. B beskerming. C plantasies. D windskerms. 1.3 Die koördinate van trigonometriese stasie nommer 44, in blok B13 is … A 28°16’10”S 29°12’50”O / 28°16,1’S 29°12,8’O. B 28°15’10”O 29°14’20”S / 28°15,1’O 29°14,3’S. C 29°13’22”S 28°16’10”O / 29°13,3’S 28°16,1’O. D 29°13’22”O 28°15’10”S / 29°13,3’O 28°15,1’S. 1.4 Die provinsie waarin Harrismith aangetref word, is … A Mpumalanga. B KwaZulu-Natal. C Gauteng. D Vrystaat. 1.5 Die verskynsel genommer 1 op die ortofotokaart is ʼn … A uitloper. B gholfbaan. C saal. D begraafplaas. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2016) GEOGRAFIE V2 5 1.6 Die gebou wat 10 op die ortofotokaart genommer is, is ʼn … A skool. B fabriek. C hospitaal. D kleinhoewe. 1.7 Die rigting van die Sterkfonteindam Natuurreservaat gebied, in blok J2, vanaf Harrismith, in blok B8 is … A noordwes. B suidoos. C noordoos. D suidwes. 1.8 Die landvorm tussen trigonometriese stasie 44 en punthoogte 2338 in blok B13, op die topografiese kaart is ʼn … A saal. B vlakte. C plato. D pas. 1.9 Harrismith is ʼn dorp wat in ʼn … reënvalarea aangetref word. A somer B winter C dwarsdeur die jaar D herfs 1.10 Die pad/paaie wat Harrismith met Witsieshoek in die suidweste verbind, op die topografiese kaart, is die … A N5. B N5, R74 en 712. C R74. D N3 en R74. 1.11 Die kaartprojeksie wat op die ortofotokaart gebruik word is … A Universeel Transversaal. B Lambert. C Gauss Conform. D Mercator. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 6 GEOGRAFIE V2 (EC/NOVEMBER 2016) 1.12 Bewyse van ontginning van ondergrondse water in blok D1 word aangedui met ʼn… A dam. B windpomp. C reservoir. D voor. 1.13 Die helling tussen C en D op die topografiese kaart is … A konkaaf. B konveks. C getrap. D uniform. 1.14 Wat is die vernaamste plantegroeitipe wat in blok C12 aangetref word. A Bebosde gebied B Boorde en Wingerde C Bewerkte landerye D Wild en Bewaringsgebied 1.15 Die verwysingsnommer van die ortofotokaart direk noordoos van Harrismith is ... A 2829 AC 3. B 2829 AA 24. C 2829 AB. D 2829 AC 7. (15 × 1) (15) [15] AFDELING B VRAAG 2: KAARTWERKVAARDIGHEDE EN -BEREKENINGE Konsulteer die topografiese kaart en beantwoord die volgende vrae. Jy mag die ortofoto gebruik. 2.1 Vind die grootste dam in blok G5 op die topografiese kaart en bereken die lengte van die damwal in meter. Toon ALLE berekeninge. Punte sal vir berekeninge toegeken word. (2 × 1) (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2016) GEOGRAFIE V2 7 2.2 Die onderstaande dwarsprofiel is geteken tussen 5 en 6 op die ortofoto. 2.2.1 Identifiseer die verskynsels gemerk A en B op die dwarsprofiel. A= B= (2 × 1) (2) 2.2.2 Bereken die vertikale vergroting van hierdie dwarsprofiel vanaf 5 tot 6. 𝑉𝑒𝑟𝑡𝑖𝑘𝑎𝑙𝑒 𝑆𝑘𝑎𝑎𝑙 (𝑉𝑆) Gebruik die formule: 𝑉𝑉 = 𝐻𝑜𝑟𝑖𝑠𝑜𝑛𝑡𝑎𝑙𝑒 𝑆𝑘𝑎𝑎𝑙 (𝐻𝑆) (4 × 1) (4) 2.2.3 Verskaf EEN rede waarom die vertikale skaal in ʼn dwarsprofiel vergroot word. (1 × 1) (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 8 GEOGRAFIE V2 (EC/NOVEMBER 2016) 2.3 2.3.1 Gebruik die inligting op die topografiese kaart en bereken die magnetiese deklinasie/afwyking vir 2016. Toon ALLE berekeninge. Punte sal vir berekeninge toegeken word. (5 × 1) (5) 2.3.2 As die ware peiling vanaf trigonometriese stasie 299 (blok C9) tot by trigonometriese stasie 44 (blok B13) 63° is, bepaal die magnetiese peiling in 2016. Formule: Magnetiese peiling (MP) = Ware peiling (WP) + Magnetiese deklinasie (MD) (1 × 1) (1) 2.4 Peter en Zane doen ʼn avontuurreis en moet vanaf punthoogte 1794, gemerk 9, in ʼn reguit lyn draf tot by punthoogte 1729, gemerk 8 op die ortofotokaart. Bereken die gemiddelde gradiënt vir hierdie drafstappie. Toon ALLE berekeninge. Punte sal vir berekeninge toegeken word. (5 × 1) (5) [20] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2016) GEOGRAFIE V2 9 AFDELING C VRAAG 3: KAARTINTEPRETASIE EN -ANALISE 3.1 Die dorp Harrismith het ʼn ryk kulturele erfenis. Verskaf TWEE stukke bewyse, vanaf die topografiese kaart, om hierdie stelling te ondersteun. (2 × 1) (2) 3.2 Verwys na die gedeelte van die Nuwejaarspruit in blok H/I 1 en 2 en beantwoord die vrae wat volg: 3.2.1 In watter rigting vloei die Nuwejaarspruit? Verskaf EEN rede vir jou antwoord. Antwoord (1 × 1) (1) Rede (1 × 2) (2) 3.2.2 Watter tipe rivier is die Nuwejaarspruit? (1 × 1) (1) 3.3 Verskaf EEN rede sigbaar op die topografiese kaart waarom daar nie aan die oostelike kant van die Sterkfonteindam ontwikkeling plaasgevind het nie. (1 × 2) (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 10 GEOGRAFIE V2 (EC/NOVEMBER 2016) 3.4 Die uitgrawingsaktiwiteite (blokke H2, H3) in die gekarteerde gebied het omgewingskade veroorsaak. Stel TWEE maniere voor hoe die geaffekteerde gebied herstel kan word. (2 × 2) (4) 3.5 Gronderosie kom oor groot gebiede in blokke D4 en E3 voor. Stel TWEE strategieë voor wat kan help om hierdie probleem te oorkom. (2 × 2) (4) 3.6 Verwys na beide die ortofotokaart en die topografiese kaart en identifiseer die verskynsels wat 12 en 13 genommer is. 12 = 13 = (2 × 1) (2) 3.7 Bestudeer die landvorme wat as G (blok F4) en H (blok H13) aangedui word. 3.7.1 Benoem die onderskeie landvorme G en H onderskeidelik. G= H= (2 × 1) (2) 3.7.2 Word hierdie landvorme geassosieer met massiewe stollingsgesteentes, hellende lae of horisontale gesteente strata? (1 × 1) (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2016) GEOGRAFIE V2 11 3.7.3 Watter EEN van die landvorme G of H was die langste aan erosie blootgestel? Verduidelik jou antwoord. 1 + (1 × 2) (3) 3.7.4 Uit watter gesteentes bestaan die landvorme in VRAAG 3.7.3 heelmoontlik. (1 × 1) (1) [25] AFDELING D VRAAG 4: GEOGRAFIESE INLIGTING STELSELS (GIS) 4.1 Watter term word gebruik om te beskryf wanneer ʼn papierkaart omgesit word om in ʼn rekenaar te gebruik? (1 × 1) (1) 4.2 Onderskei tussen vektor- en rasterdata. Vektor: Raster: (2 × 1) (2) 4.3 Verduidelik waarom die ortofotokaart van Harrismith ʼn hoë ruimtelike resolusie het. (1 × 1) (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 12 GEOGRAFIE V2 (EC/NOVEMBER 2016) 4.4 Beantwoord die volgende vrae oor data-oorlegging: 4.4.1 Verduidelik wat met die term data oorlegging in GIS bedoel word. (1 × 1) (1) 4.4.2 Bespreek hoe TWEE datalae boere in blok H9, op die topografiese kaart, beïnvloed het om die boerdery meer winsgewend te maak. (2 × 2) (4) 4.5 Identifiseer ʼn puntverskynsel en ʼn lynverskynsel in blok I9, op die topografiese kaart. ʼn Puntverskynsel: ʼn Lynverskynsel: (2 × 1) (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2016) GEOGRAFIE V2 13 4.6 Bestudeer die staafgrafiek hieronder, wat temperatuur- en reënvaldata van Harrismith uitbeeld. ʼn Statistiese analise van die data gaan vir die boere baie bruikbaar wees. Die staafgrafiek is ʼn voorbeeld van attribuutdata. 4.6.1 Verskaf TWEE attribute wat deur die staafgrafiek verskaf word. (2 × 1) (2) 4.6.2 Verduidelik hoe jy die attribute wat deur die staafgrafiek verskaf word, kan gebruik. (2 × 1) (2) [15] GROOTTOTAAL: 75 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 14 GEOGRAFIE V2 (EC/NOVEMBER 2016) ROFWERK EN BEREKENINGE (LET WEL: Moenie hierdie vanuit die antwoordeboek verwyder nie.) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com

Study this subject

More from Grade 11 Geography

View all