Skip to content

Geography Grade 11 P1 Eastern Cape November 2016 QP (Afr)

Question paperGeographyGrade 11201616 pages

Grade 11 Geography Paper 1 question paper from the Eastern Cape November 2016 (Afrikaans), 16 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 11 NOVEMBER 2016 GEOGRAFIE V1 PUNTE: 225 TYD: 3 uur *IGEOGA1* Hierdie vraestel bestaan uit 16 bladsye.
Downloaded from hlayiso.com 2 GEOGRAFIE V1 (EC/NOVEMBER 2016) INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Hierdie vraestel bestaan uit vier vrae. 2. Beantwoord enige DRIE vrae van 75 punte elk. 3. Alle diagramme is in die BYLAAG ingesluit. 4. Nommer vrae die volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik word. Nommer al jou vrae in die MIDDEL van die lyn. 5. Laat ʼn lyn tussen onderafdelings van vrae wat beantwoord word, oop. 6. Begin ELKE vraag op ʼn NUWE bladsy. 7. Moet nie in die kantlyn van die ATWOORDEBOEK skryf nie. 8. Illustreer jou antwoorde met geannoteerde diagramme, waar nodig. 9. Puntetoekenning is soos volg: 2 × 1 = 2 beteken dat TWEE feite vir EEN punt elk vereis word 2 × 2 = 4 beteken dat TWEE feite vir TWEE punte elk vereis word 10. Wanneer woorde/aksie werkwoorde soos Noem, Identifiseer, Verskaf, Klassifiseer in ʼn vraag gebruik word, is EENWOORD-ANTWOORDE aanvaarbaar. Wanneer woorde/aksie werkwoorde soos Bespreek, Definieer, Verduidelik, Lewer kommentaar, Evalueer, Regverdig, Stel voor en Staaf in ʼn vraag gebruik word, word VOLSINNE of frases verwag. Alle paragraaftipe-vrae moet in VOLSINNE beantwoord word. 11. Skryf netjies en leesbaar. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2016) GEOGRAFIE V1 3 AFDELING A: FISIESE GEOGRAFIE: DIE ATMOSFEER EN GEOMORFOLOGIE Beantwoord ten minste EEN vraag in hierdie afdeling. As jy EEN vraag uit AFDELING A beantwoord, MOET jy TWEE vrae uit AFDELING B beantwoord. VRAAG 1 1.1 FIGUUR 1.1 is ʼn sinoptiese weerkaart, gedurende ʼn sekere seisoen opgestel. Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die meervoudigekeuse-vrae hieronder verskaf. Kies die korrekte antwoord en skryf slegs letter (A tot D) langs die vraagnommer (1.1.1 tot 1.1.8) in jou ANTWOORDEBOEK. 1.1.1 Lugdruk word in … gemeet. A millimeter B millibar C grade celsius D kilometer per uur 1.1.2 Die lyne wat atmosferiese druk op sinoptiese weerkaarte uitbeeld, staan bekend as … A isoterme. B isohiëte. C isobare. D kontoere. 1.1.3 Die atmosferiese druklesing by die letter A, is ongeveer … hektopascal. A 1028 B 1030 C 1024 D 1000 1.1.4 Die lugbeweging rondom weersisteem B is … A kloksgewys. B antikloksgewys. C dalend. D uitwaaiend. 1.1.5 Die atmosferiese druksisteem wat deur die letter C uitgebeeld word is ʼn … A wig. B trog. C saal. D laagdruk. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 4 GEOGRAFIE V1 (EC/NOVEMBER 2016) 1.1.6 Die atmosferiese druksisteme A en D is dele van die … gordel. A polêre hoogdruk B sub-polêre laagdruk C sub-tropiese hoogdruk D ekwatoriale laagdruk 1.1.7 Die winde by weerstasie E is geostrofies omdat … A die hoogdruk die lugbeweging domineer. B dit by beide weerstasies bewolk is. C coriolis-krag en drukgradiëntkrag in balans is. D die weerstasies baie na aanmekaar geleë is. 1.1.8 Die sinoptiese weerkaart verteenwoordig somertoestande in Suid-Afrika omdat die volgende aanduidings op die kaart voorkom. Kies die aanduiding wat NIE pas nie. A Hoë temperature oor die binneland B ITKS is op die Kreefskeerkring C Laagdruk oor die binneland D Hoogdruksisteme het meer suidwaarts beweeg (8 × 1) (8) 1.2 Verskaf die name van die intrusiewe stollingsgesteentes waarna die onderstaande beskrywings verwys. Skryf SLEGS die letter (A tot F) vanaf die skets (FIGUUR 1.2) langs die vraagnommer (1.2.1 tot 1.2.7) neer. Een letter kan meer as een keer gebruik word, bv. 1.2.8 G. 1.2.1 Die Bosveldstollingskompleks is ʼn voorbeeld van hierdie intrusie. 1.2.2 Hierdie intrusie is nog steeds aan die magmakamer verbind. 1.2.3 Verskaf die letter wat ʼn plaat voorstel. 1.2.4 Alleenstaande heuwels word ontbloot nadat eksogenetiese kragte die bolae verwyder het. 1.2.5 Die landvorm wat ontstaan na ekstrusiewe stollingsaktiwiteit. 1.2.6 Die intrusie wat ontwikkel het as gevolg van die gewig van die oorliggende strata op die magma. 1.2.7 Een van die kenmerke van hierdie intrusie is dat dit ʼn sampioenvorm het. (7 × 1) (7) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2016) GEOGRAFIE V1 5 1.3 Gebruik die inligting in FIGUUR 1.3 wat globale lugsirkulasie aandui en beantwoord die vrae wat volg. 1.3.1 Noem die lugdrukgordel by A. (1 × 1) (1) 1.3.2 Identifiseer die windgordel by B. (1 × 1) (1) 1.3.3 Verduidelik waarom die wind by B in ʼn westelike rigting beweeg. (1 × 2) (2) 1.3.4 Verduidelik die rol van die winde by B in die ontwikkeling van cumulonimbus wolke. (2 × 2) (4) 1.3.5 In ʼn paragraaf van AGT reëls, bespreek hoe die lugsirkulasiesel by C ontwikkel het. (4 × 2) (8) 1.4 Lees die artikel, Landbou minister het hernude hoop dat SA die droogte sal oorleef, FIGUUR 1.4 en beantwoord die volgende vrae. 1.4.1 Wat is ʼn droogte? (1 × 1) (1) 1.4.2 Onderskei tussen ʼn meteorologiese en landboukundige droogte. (1 + 1) (2) 1.4.3 Noem EEN korttermyn effek, genoem in die artikel, wat die droogte op die ekonomie van Suid-Afrika het. (1 × 1) (1) 1.4.4 Verduidelik wat die minister bedoel wanneer hy sê dat die ‘droogte...die armstes die hardste getref’ het. (2 × 2) (4) 1.4.5 Stel DRIE maniere voor hoe die regering kan help om die negatiewe gevolge van droogtes in Suid-Afrika te bestuur. (3 × 2) (6) 1.5 Bestudeer FIGUUR 1.5 wat inligting oor die Deccanplato, wat ʼn basaltiese plato in Indië is, en beantwoord die vrae wat volg. 1.5.1 Watter tipe gesteentes word met basaltiese berge geassosieer? (1 × 1) (1) 1.5.2 Noem die bergreekse aan beide kante van die Deccanplato. (2 × 1) (2) 1.5.3 Hoe ontstaan basaltiese plato’s? (2 × 2) (4) 1.5.4 Lyn A op die foto verteenwoordig die hoogte van die bergreeks. Verduidelik waarom die hoogte dieselfde oor tyd gebly het. (1 × 2) (2) 1.5.5 Verduidelik waarom basaltiese plato’s min reënval ontvang. (1 × 2) (2) 1.5.6 Evalueer die ekonomiese belangrikheid van horisontale landskappe soos die basaltiese plato’s. (2 × 2) (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 6 GEOGRAFIE V1 (EC/NOVEMBER 2016) 1.6 Bestudeer FIGUUR 1.6, wat stapelrotse (tors) voorstel en beantwoord die vrae wat volg. 1.6.1 Noem EEN stollingsintrusie waaruit stapelrotse kan ontstaan. (1 × 1) (1) 1.6.2 As wat staan die gesteentes by A bekend gedurende die proses van stapelrotsvorming? (1 × 1) (1) 1.6.3 Benoem die tipe stollingsgesteentes waaruit A bestaan. (1 × 1) (1) 1.6.4 Lewer kommentaar oor die redes waarom daar ʼn verskil in die huidige hoogte van die oppervlak is, alhoewel die oorspronklike hoogte dieselfde was. (2 × 2) (4) 1.6.5 In ʼn paragraaf van ongeveer AGT reëls, verduidelik hoe stapelrotse ontwikkel. (4 × 2) (8) [75] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2016) GEOGRAFIE V1 7 VRAAG 2 2.1 Bestudeer die skets, FIGUUR 2.1, wat die ontwikkeling van Föhnwinde illustreer. Kies die korrekte antwoord tussen hakies om die stelling waar te maak. Skryf SLEGS die korrekte antwoord teenoor die vraagnommer (2.1.1 tot 2.1.7) neer, bv. 2.1.8 klimatologie. 2.1.1 Die dalende lug by A is aan die (windkant/lykant) van die berg geleë. 2.1.2 Die vervaltempo by B staan bekend as die (nat adiabatiese/droë adiabatiese) vervaltempo. 2.1.3 Die vervaltempo by C is (0,5⁰Cper 100 m/1⁰C per100 m). 2.1.4 Die doupunttemperatuur word by ongeveer (500 m/800 m) bereik. 2.1.5 Die lugtemperatuur by D sal (16 ⁰C/18 ⁰C) wees. 2.1.6 Die kontinent waar die Föhnwinde, in die skets waai is (Noord-Amerika/Europa). 2.1.7 ʼn Soortgelyke wind aan dié van A waai by die kusgebiede van Suid- Afrika, en staan as die (bergwind/chinook) bekend. (7 × 1) (7) 2.2 FIGUUR 2.2 beeld struktuurlandskappe uit, wat in horisontaalliggende en gelaagde strata aangetref word. Kies die korrekte letter tussen hakies wat die verskynsel wat beskryf word verteenwoordig. Skryf SLEGS die letter vanaf die skets langs die vraagnommer (2.2.1 tot 2.2.8) neer, bv. 2.2.9 Geomorfologie. 2.2.1 Landvorm (A/B) staan bekend as ʼn butte. 2.2.2 Homoklinale rûe word by (D/E) aangetref. 2.2.3 Die landvorm (F/G) word met gelaagde strata geassosieer. 2.2.4 (X/Y) is die duikhelling van die landvorm by D. 2.2.5 Die landvorme by (A/D) ontwikkel uit ʼn canyonlandskap. 2.2.6 Die gesteentes by (X/Y) is minder weerstandbiedend. 2.2.7 Bosbou sal by (X/Y) voorkom. 2.2.8 Hellingterugwyking sal by (C/D) domineer. (8 × 1) (8) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 8 GEOGRAFIE V1 (EC/NOVEMBER 2016) 2.3 FIGUUR 2.3 is ʼn voorstelling van moesontoestande oor die sub-kontinent van Indië. 2.3.1 Wat is die ITKS? (1 × 1) (1) 2.3.2 Verduidelik hoe die ITKS ʼn rol in die formasie van moeson toestande oor Indië speel. (2 × 2) (4) 2.3.3 Waarom verander die winde by A vanaf ʼn suidoostelike na ʼn suidwestelike rigting? (2 × 2) (4) 2.3.4 Lewer kommentaar oor die feit dat die somermoeson beide ʼn seën en ʼn vloek vir die bevolking van Indië is. (3 × 2) (6) 2.4 FIGUUR 2.4 is ʼn spotprenttekenaar se indruk van die atmosferiese toestande rakende die ontstaan van die El-Niño verskynsel. Verwys na die prente en beantwoord die volgende vrae. 2.4.1 Noem die globale winde wat deur die blaas van die persoon in die skets voorgestel word. (1 × 1) (1) 2.4.2 Verduidelik die rol wat hierdie winde (antwoord by VRAAG 2.4.1) speel in die ontwikkeling van die El-Niño verskynsel. (2 × 2) (4) 2.4.3 Bespreek hoe die verskuiwing van die wolke die boerdery-aktiwiteite, in lande soos Australië en Indonesië rondom A, beïnvloed. (1 × 2) (2) 2.4.4 In ʼn paragraaf van ongeveer AGT reëls, evalueer die impak van die verskillende opwellingsituasies, op die sketse, op die visbedryf van Chili en Peru by B. (4 × 2) (8) 2.5 Bestudeer FIGUUR 2.5, wat die verskillende hellingelemente uitbeeld, en beantwoord die vrae wat volg. 2.5.1 Identifiseer die helling element by A en verskaf die tipe massa- beweging wat by hierdie helling sal domineer. (1 + 1) (2) 2.5.2 Benoem die geomorfologiese proses wat verantwoordelik is vir die vorming van die talushelling. (1 × 1) (1) 2.5.3 Verduidelik waarom die talushelling ʼn konstante gradiënt behou. (1 × 2) (2) 2.5.4 Lewer kommentaar oor die verskil tussen die plantegroei by B en C onderskeidelik. (2 × 2) (4) 2.5.5 Evalueer die impak van helling B vir menslike aktiwiteite. (2 × 2) (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2016) GEOGRAFIE V1 9 2.6 Verskillende tipes massabeweging word in FIGUUR 2.6 uitgebeeld. Verwys na die sketse en beantwoord die vrae wat volg. 2.6.1 Definieer die term massabeweging. (1 × 1) (1) 2.6.2 Lewer kommentaar oor die moontlike oorsaak van hierdie tipe massa- beweging by A. (1 × 2) (2) 2.6.3 Verduidelik hoe ontbossing by B, die massabeweging deur die skets geïllustreer, vermeerder het. (1 × 2) (2) 2.6.4 Lewer kommentaar oor die gevare wat die tipe massabeweging by C vir die mense, wat rondom die basis van die helling woon, inhou. (2 × 2) (4) 2.6.5 In ʼn paragraaf van ongeveer AGT reëls, bespreek strategieë wat jy sal implementeer om die gebied by C te stabiliseer. (4 × 2) (8) [75] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 10 GEOGRAFIE V1 (EC/NOVEMBER 2016) AFDELING B: ONTWIKKELING EN NATUURLIKE HULPBRONNE Beantwoord ten minste EEN vraag uit hierdie afdeling. As jy EEN vraag uit AFDELING B beantwoord, MOET jy TWEE vrae uit AFDELING A beantwoord. VRAAG 3 3.1 FIGUUR 3.1 toon die verskillende fases van Rostow se ekonomiese ontwikkelingsmodel. Noem die fase van die model waarna die volgende beskrywings verwys. Skryf SLEGS die korrekte fase langs die vraagnommer (3.1.1 tot 3.1.8), bv. 3.1.9 Rostow. 3.1.1 Landbou word gekommersialiseerd en geïndustrialiseerd. 3.1.2 Die aantal mense wat in landbou werk, neem af. 3.1.3 Vinnige verstedeliking vind plaas. 3.1.4 Daar is min kapitaal (geld) vir ontwikkeling. 3.1.5 Die produksie van verbruikersgoedere neem toe. 3.1.6 ʼn Land met ʼn menslike ontwikkelingsindeks (MOI) van 0,9. 3.1.7 Aantal en tipe industrieë vermeerder. 3.1.8 Bestaanslandboukundige ekonomie domineer. (8 × 1) (8) 3.2 Kies ʼn term uit KOLOM B wat by die beskrywing in KOLOM A pas. Skryf SLEGS die letter (A tot H) langs die vraagnommer (3.2.1 tot 3.2.7) neer, bv. 3.2.8 J. KOLOM A KOLOM B 3.2.1 Die aantal koolstof wat ʼn persoon bydra tot die A Termiese besoedeling van die atmosfeer deur sy/haar energie daaglikse leefwyse. 3.2.2 ʼn Stof wat atoombestraling vrystel. B Kinetiese energie 3.2.3 Die konferensie rakende klimaatverandering in C Koolstof- Durban. voetspoor 3.2.4 Energie wat vrygestel word wanneer hitte vanaf D Konvensionele een bron na ʼn ander oorgedra word. energiebronne 3.2.5 Gestoorde energie wat deur beweging vrygestel E Radio-aktief word. 3.2.6 Die metings wat geneem word om die tipe en F COP 17 aantal energie wat gebruik word, te reguleer. 3.2.7 Bestaan uit fossielbrandstowwe en ander nie- G Energie bestuur hernubare hulpbronne. H Kioto-protokol (7 × 1) (7) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2016) GEOGRAFIE V1 11 3.3 Verwys na FIGUUR 3.3 wat ongelykhede tussen in ontwikkeling tussen ontwikkelende en ontwikkelde lande illustreer. 3.3.1 Hoe beeld die illustrasies ongelykhede in ontwikkeling uit? (1 × 1) (1) 3.3.2 Noem TWEE lewenstoestande rakende ontwikkelende lande wat deur die spotprentekenaar uitgebeeld word. (2 × 1) (2) 3.3.3 Deur na die inligting op die sketse te verwys, onderskei tussen die lande deur na EEN ekonomiese en TWEE sosiale aanwysers van ontwikkeling te verwys. (3 × 2) (6) 3.3.4 Gebruik beide die sketse en die driehoeksgrafiek om die volgende vrae te beantwoord. (a) Watter van die letters op die grafiek (X of Y) verteenwoordig die werkersmag van ontwikkelde lande? (1 × 2) (2) (b) Verduidelik jou antwoord vir VRAAG 3.3.4(a). (2 × 2) (4) 3.4 Die uittreksel en kaart in FIGUUR 3.4 toon teenstellende sienswyses oor globalisering en multinasionale korporasies. Bestudeer hierdie sienswyses en beantwoord die volgende vrae. 3.4.1 Wat is ʼn multinasionale korporasie? (1 × 1) (1) 3.4.2 Noem TWEE negatiewe sienswyses wat mense oor multinasionale korporasies het, volgens die uittreksel. (2 × 1) (2) 3.4.3 Verduidelik die teenstellende sienswyses rakende globalisering wat deur die uittreksel en kaart uitgebeeld word. (2 × 2) (4) 3.4.4 In ʼn paragraaf van ongeveer AGT reëls, evalueer die positiewe impak wat multinasionale korporasies mag hê om beide die ekonomie en dienste van Derde Wêreld lande te verbeter. (4 × 2) (8) 3.5 Die illustrasies in FIGUUR 3.5 toon metodes wat aangewend word om gronderosie te voorkom. 3.5.1 Noem die gronderosie voorkomingspraktyke by A en B onderskeidelik. (2 × 1) (2) 3.5.2 Waarom is grond ʼn nie-hernubare hulpbron? (1 × 1) (1) 3.5.3 Verduidelik TWEE voordele van metode A, as ʼn grondbeskermings- metode. (2 × 2) (4) 3.5.4 Die volhoubare bestuur van gronderosie is belangrik vir lande soos Suid- Afrika. Bespreek in ʼn paragraaf van AGT reëls die negatiewe effekte wat gronderosie op die breër ekonomie van Suid-Afrika sal het. (4 × 2) (8) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 12 GEOGRAFIE V1 (EC/NOVEMBER 2016) 3.6 Die uittreksel in FIGUUR 3.6, is uitgehaal uit president Zuma se Staatsrede van 2015. Lees dit sorgvuldig en beantwoord die volgende vrae. 3.6.1 Noem EEN kort en mediumtermyn plan wat die regering wil implementeer om Suid-Afrika se elektriese uitdagings te hanteer. (1 × 1) (1) 3.6.2 “Die langtermyn plan sluit in die finalisering van ons langtermyn energie sekuriteitsmeesterplan”, volgens president Zuma. Verduidelik TWEE maatreëls wat jy in so ‘meesterplan’ sal insluit om sodoende die energie- uitset van Suid-Afrika te vermeerder. (2 × 2) (4) 3.6.3 Eskom is geforseer om beurtkrag as ʼn maatreël te gebruik om die druk op kragstasies te verminder. Bespreek die effekte wat beurtkrag op klein besighede het. (2 × 2) (4) 3.6.4 Die gebruik van dieselkragopwekkers deur Eskom, om die gaping te vul wanneer kragvoorrade laag is, is ʼn algemene praktyk. Evalueer hoe volhoubaar hierdie proses vir die land as geheel, is. (3 × 2) (6) [75] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2016) GEOGRAFIE V1 13 VRAAG 4 4.1 Verskaf die term/woord vanaf die onderstaande lys watter beskrywing by die daaropvolgende vrae pas. Skryf SLEGS die korrekte term langs die vraagnommer (4.1.1 tot 4.1.7) neer, bv. 4.1.8 Ontwikkeling. Embargo Humanitêre hulp Invoer kwotas Handelsbalans Bilaterale hulp Ekonomiese ontwikkeling Proteksionisme Betalingsbalans 4.1.1 Die vermoë van ʼn land om toegang tot sy hulpbronne te hê om ekonomiese rykdom te skep. 4.1.2 Die balans tussen die geldelike waarde van ʼn land se uitvoere en invoere. 4.1.3 Beperkings op invoergoedere, rakende hul gewig, volume en waarde. 4.1.4 Die invoer van goedere uit ander lande is beperk. 4.1.5 Handelsversperrings word gebruik om die instroom van kommoditeite, wat plaaslike produksie mag bedreig, te verhoed. 4.1.6 Direkte hulp vanaf een land na ʼn ander. 4.1.7 Hulp vir individue of lande in tye van natuurlike rampe of burgerlike konflik. (7 × 1) (7) ` 4.2 FIGUUR 4.2 is sketse van verskillende bronne vir elektriese-/kragopwekking. Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die onderstaande vrae verskaf. Kies die korrekte antwoord en skryf SLEGS letter (A tot D) langs die vraagnommer (4.2.1 tot 4.2.8) in jou ANTWOORDEBOEK. 4.2.1 Watter van die hulpbronne is nie ʼn hernubare hulpbron nie? A Biomassa B Water C Natuurlike gas D Wind 4.2.2 Watter tipe elektrisiteit word geproduseer in vulkaniese gebiede, waar die hitte van die gesteentes gebruik word om genoeg energie op te wek? A Petroleum B Steenkool C Geo-termiese D Hidro-elektrisiteit Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 14 GEOGRAFIE V1 (EC/NOVEMBER 2016) 4.2.3 Verskaf die naam van die energie wat etanolbrandstof deur die gebruik van suiker en mielies produseer. A Biomassa B Geo-termies C Kernkrag D Termiese krag 4.2.4 Watter van die volgende bronne is nie ʼn fossielbrandstof nie? A Olie B Natuurlike gas C Uraan D Steenkool 4.2.5 Waar panele gebruik word om elektrisiteit te produseer. A Steenkool B Son C Geo-termies D Wind 4.2.6 Die bron wat kernkrag produseer. A Uraan B Steenkool C Petroleum D Natuurlike gas 4.2.7 Watter van die volgende bronne het massiewe potensiaal, maar word in Suid-Afrika onderbenut? A Uraan B Steenkool C Water D Geo-termies 4.2.8 Watter van die bronne veroorsaak meer suurreën in stedelike gebiede? A Natuurlike gas B Biomassa C Uraan D Steenkool (8 × 1) (8) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2016) GEOGRAFIE V1 15 4.3 Lees die uittreksel oor Regverdige handel (FIGUUR 4.3) en beantwoord die volgende vrae. 4.3.1 Definieer die term Regverdige handel. (1 × 1) (1) 4.3.2 Noem EEN manier hoe regverdige handel boere in ontwikkelende lande bevoordeel. (1 × 1) (1) 4.3.3 Verduidelik hoe regverdige handel verbruikers kan help om armoede te verminder, as gevolg van daaglikse inkopies, soos dit in die uittreksel genoem word. (1 × 2) (2) 4.3.4 Bespreek TWEE ooreenkomste tussen regverdige handel en vrye handel. (2 × 2) (4) 4.3.5 Om as regverdige handel gesertifiseer te kan word, moet produseerders die omgewing goed beskerm, wanneer volhoubare landbou ontwikkel word. In ʼn paragraaf van ongeveer AGT reëls, verskaf VIER kriteria wat produseerders moet handhaaf om omgewingstandaarde, in regverdige handel, behoue te laat bly. (4 × 2) (8) 4.4 Bestudeer FIGUUR 4.4, ʼn staafgrafiek wat geslagsverskille tussen werkende minute, in sekere lande uitbeeld en beantwoord die volgende vrae. 4.4.1 Wat is geslagsgelykheid? (1 × 1) (1) 4.4.2 Watter land toon ʼn regverdige balans tussen betaalde en onbetaalde werkende minute vir vroue? (1 × 1) (1) 4.4.3 Bespreek sigbare kenmerke op die grafiek rakende betaalde en onbetaalde werkende minute tussen mans en vrouens. (2 × 2) (4) 4.4.4 Lewer kommentaar oor die houding van sekere regerings van derde wêreld lande omtrent vroue se toegang tot hulpbronne. (2 × 2) (4) 4.4.5 Verduidelik waarom vroue belangrik vir ekonomiese ontwikkeling van derde wêreld lande is. (2 × 2) (4) 4.5 Die foto, FIGUUR 4.5, illustreer die nievolhoubare gebruik van ʼn hulpbron. Gebruik die foto om die volgende vrae te beantwoord. 4.5.1 Watter term word gebruik om die proses in die foto te beskryf? (1 × 1) (1) 4.5.2 Verduidelik waarom die hulpbron in die foto gesien kan word as ʼn hernubare hulpbron. (1 × 2) (2) 4.5.3 Waarom dink jy, kan die gebruik van die hulpbron soos waargeneem op die foto, gesien word as hulpbron uitputting en nie hulpbron uitbuiting nie? (1 × 2) (2) 4.5.4 Bespreek die impak wat hierdie nievolhoubare gebruik van die hulpbron op die omgewing sal het. (2 × 2) (4) 4.5.5 Hoe kan die hulpbron in die foto die plaaslike gemeenskap help met ekonomiese ontwikkeling? (2 × 2) (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 16 GEOGRAFIE V1 (EC/NOVEMBER 2016) 4.6 Verwys na die diagram, FIGUUR 4.6, wat die verskillende kragstasies uitbeeld wat tot die nasionale energierooster in Suid-Afrika bydra. 4.6.1 Noem die tipe kragstasies A, B en C onderskeidelik. (3 × 1) (3) 4.6.2 Vanaf die skets, identifiseer TWEE gebruike van elektrisiteit in Suid- Afrika. (2 × 1) (2) 4.6.3 Bespreek die impak van kragstasie B op die omgewing. (2 × 2) (4) 4.6.4 Gebruik die diagram wat aantoon hoe krag by B opgewek word, om die proses van termiese elektrisiteitsopwekking in ʼn paragraaf van AGT reëls te verduidelik. (4 × 2) (8) [75] TOTAAL: 225 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

Study this subject

More from Grade 11 Geography

View all