Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 11
NOVEMBER 2016
MUSIEK V1
MEMORANDUM
PUNTE: 120
Hierdie memorandum bestaan uit 65 bladsye.
r
Skip to contentMemorandum 











View all





Music Grade 11 Paper 1 Eastern Cape November 2016 Memo
Grade 11 Music Paper 1 memorandum from the Eastern Cape November 2016, 65 pages. Read online or get the free PDF download, question paper linked when available.
Music · Grade 11 · Eastern Cape November · 2016. Memorandum, 65 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Music
- Grade
- Grade 11
- Document type
- Memorandum
- Year
- 2016
- Exam period
- Eastern Cape November
- Paper
- 1
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 65
- File size
- 2.1 MB
Loading document…
Loading document…
1 of 65
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
2 MUSIEK V1 (EC/NOVEMBER 2016)
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Hierdie vraestel bestaan uit SES afdelings, naamlik AFDELINGS A tot F.
2. Beantwoord AFDELING A slegs in potlood, in die spasies wat op hierdie vraestel
voorsien word.
3. Beantwoord AFDELINGS B en C of D of E in blou of swart ink in die
ANTWOORDEBOEK.
4. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik is.
5. Jy mag vir die duur van die eksamen nie toegang tot enige musiekinstrument hê nie.
6. Die laaste bladsy van hierdie vraestel is manuskrippapier wat vir rofwerk bedoel
is. Hierdie bladsy mag verwyder word.
7. Gebruik die tabel op die volgende bladsy as ʼn gids vir punte- en tydstoekenning
wanneer elke vraag beantwoord word.
8. Skryf netjies en leesbaar.
NASIENROOSTER
AFDELING VRAAG PUNTE NASIENER MODERATOR
A: Musiekteorie 1 20
(VERPLIGTEND) 2 15
3 10
4 15
SUBTOTAAL 60
EN
B: (VERPLIGTEND) 5 10
6 10
SUBTOTAAL 20
EN
C: WAM 7 10
8 13
9 7
SUBTOTAAL 30
OF
D: JAZZ 10 12
11 10
12 8
SUBTOTAAL 30
OF
E: IAM 13 10
14 9
15 11
SUBTOTAAL 30
EN
F: (VERPLIGTEND) 16 5
17 5
18 5
SUBTOTAAL 10
GROOTTOTAAL 120
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2016) MUSIEK V1 3
AFDELING A: MUSIEKTEORIE
Beantwoord VRAAG 1, 2.1 OF 2.2, 3, EN 4.1 OF 4.2.
VRAAG 1
Bestudeer die uittreksel uit Sonate Nr.4, Op.7 deur L. van Beethoven hieronder en
beantwoord die vrae wat volg.
(a)
1.1
1.7
(b)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
4 MUSIEK V1 (EC/NOVEMBER 2016)
1.1 Wat is die hooftoonsoort en verwante toonsoort van hierdie Sonata?
Toonsoort: E-mol majeur
Verwante toonsoort: C Mineur (2)
1.2 Vul die korrekte tydmaatteken in by die blokkie voorsien op die
musiekpartituur. 6/8 (ses agste) (2)
1.3 Beskryf die volgende musiekterme:
1.3.1 Allegro molto e con brio
Vinnig met krag
1.3.2 sf
Skielike sterk aksent (2)
1.4 Skryf die E-mol pentatoniese toonleer, afgaande, sonder ʼn toonsoortteken.
Gebruik die bassleutel en heelnote.
Afgaande ½ (4)
1.5 Noem die intervalle gemerk (a) en (b), byvoorbeeld: (c) Majeur
sekunde/tweede.
(a) Volmaakte/Rein Oktaaf
(b) Volmaakte/Rein Vierde/Kwart (2)
1.6 Vergelyk maat 5 en 6 met maat 7 en 8. Identifiseer die komposisietegniek.
Antwoord: Sekwens (1)
1.7 Transponeer maat 5 en 6 van die regterhandparty vir ʼn Klarinet in B-mol.
Gebruik die diskantsleutel en onthou om die nuwe toonsoortteken by te voeg.
(5)
1.8 Skryf die volgende drieklank, sonder toonsoortteken, in die gevraagde
posisie. Gebruik die altsleutel en heelnoot-waardes
E-mol majeur: Submediant-drieklank in eerste omkering.
(2)
[20]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2016) MUSIEK V1 5
VRAAG 2
BEANTWOORD VRAAG 2.1 OF VRAAG 2.2.
2.1 Gebruik die onderstaande openingsmotief om ʼn agt-maat melodie in AB-vorm te
voltooi vir die instrument van jou keuse. Dui die instrument waarvoor jy skryf aan en
voeg dinamiek- en artikulasietekens by. (Klavier sal nie aanvaar word nie.)
Instrument: (Voorbeeld: Viool)
Onderbroke kadens
Sekwens
A
Sekwens
B
Omkering van motief in Volmaakte kadens
maat 1 kan gebruik word.
Die melodie sal volgens die kriteria hieronder nagesien word:
KANDIDAAT SE
BESKRYWING PUNTETOEKENNING
PUNT
Vorm en kadenspunte 4 (2 + 2)
Musikaliteit 6
Akkoordprogressie 7 (1 per maat)
Dinamiek en artikulasie 4
Korrekte notasie 7 (1 per maat)
Instrument en toepaslike omvang 2
TOTAAL 30 ÷ 2 = 15
[15]
OF
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
6 MUSIEK V1 (EC/NOVEMBER 2016)
2.2 Gebruik die onderstaande openingsmotief om ʼn agt-maat melodie in AB-vorm te
voltooi vir die instrument van jou keuse. Dui die instrument waarvoor jy skryf aan
en voeg dinamiek- en artikulasietekens by. (Die klavier sal nie aanvaar word nie.)
Instrument: (Voorbeeld: Tjello)
Sekwens Onderbroke kadens
A
Sekwens
B
Volmaakte kadens
Die melodie sal volgens die kriteria hieronder nagesien word:
KANDIDAAT SE
BESKRYWING PUNTETOEKENNING
PUNT
Vorm en kadenspunte 4 (2 + 2)
Musikaliteit 6
Akkoordprogressie 7 (1 per maat)
Dinamiek en artikulasie 4
Korrekte notasie 7 (1 per maat)
Instrument en toepaslike omvang 2
TOTAAL 30 ÷ 2 = 15
[15]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2016) MUSIEK V1 7
VRAAG 3
Bestudeer Hark! The Herald Angels Sing deur F. Mendelssohn hieronder en
beantwoord die vrae wat volg.
(a) (b)
(d) (e)
(f)
(g) (c)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
8 MUSIEK V1 (EC/NOVEMBER 2016)
3.1 Noem die nie-harmonienote gemerk (a) en (b).
(a) Onder-hulpnoot of Onder-wisselnoot
(b) Terughouding (2)
3.2 Noem die kadens by ( (c). Skryf die toonsoort, akkoordprogressie en naam
van die kadens, byvoorbeeld G: V – VI, onderbroke kadens.
(c) F: V
– I, Volmaakte kadens (2)
3.3 Besyfer die akkoorde gemerk (d) tot (g), byvoorbeeld F: I𝑏 of I6 of F/A.
(d) F: I6 (½ toonsoort; ½ besyfering)
(e) F: V53 (½ toonsoort; ½ besyfering)
(f) F: VI53 (½ toonsoort; ½ besyfering)
(g) F: IV53 (½ toonsoort; ½ besyfering) (4)
3.4 Herskryf die regterhandparty van MAAT 1 in helfte die tyd. Onthou om ʼn
nuwe tydmaatteken by te voeg.
(2)
[10]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2016) MUSIEK V1 9
VRAAG 4
BEANTWOORD VRAAG 4.1 OF 4.2.
4.1 Voltooi die onderstaande vierstemmige harmonisering deur gepaste akkoorde
in die gegewe styl te gebruik. Gebruik ten minste EEN nie-harmonienoot in
enige van die drie partye wat jy byvoeg
Volmaakte kadens
Die harmonisasie sal volgens die kriteria hieronder nagesien word:
KANDIDAAT
BESKRYWING PUNTETOEKENNING
SE PUNT
Keuse van akkoorde (8 8
akkoorde) (Minus ½ punt per fout)
Nie-harmonienoot 1
Korrektheid: notasie,
6
stemvoering, verdubbeling
(Minus ½ punt per fout)
en spasiëring
TOTAAL 15 [15]
OF
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
10 MUSIEK V1 (EC/NOVEMBER 2016)
4.2 Voltooi BLUES in D deur die leë mate te voltooi. Maak seker dat jy die styl
van die gegewe materiaal voortsit.
Jou antwoord sal volgens die kriteria hieronder nagesien word:
KANDIDAAT SE
BESKRYWING PUNTETOEKENNING
PUNT
Akkoordprogressie:
8
keuse van akkoorde (8
(Minus ½ punt per fout)
akkoorde)
Korrekte notasie,
stemvoering en 12
spasiëring (8 (Minus ½ punt per fout)
akkoorde)
Algehele indruk 10
TOTAAL 30 ÷ 2 = 15
[15]
TOTAAL AFDELING A: 60
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2016) MUSIEK V1 11
AFDELING B: ALGEMENE MUSIEKKENNIS
Beantwoord die vrae in hierdie afdeling in die spasies wat op die vraestel voorsien
is.
VRAAG 5 (VERPLIGTEND)
Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee. Kies die
antwoord en skryf slegs die letter (A tot E) langs die vraagnommer (5.1 tot 5.10) in
die blokkie voorsien.
5.1 Watter EEN van die volgende groepe instrumente word meestal in ʼn jazz-
kwartet gebruik?
A Klavier, Elektriese klawerbord, Saksofoon
B Klavier, Hobo, Tromstel, Baskitaar D
C Klavier, Tromstel, Elektriese kitaar, Timpani
D Klavier, Kontrabas, Tromstel, Saksofoon
E Klavier, Tromstel, Akoestiese kitaar, Harmonika (1)
5.2 Kies die mees korrekte betekenis van presto hieronder.
A Baie vinnig
B Baie stadig
A
C Baie lig
D Baie gejaagd
E Baie sag (1)
5.3 ʼn Gepunteerde halfnoot is gelyk aan …
A 6 kwartnote.
B 1 heelnoot.
D
C 14 sestiende note.
D 3 kwartnote.
E 7 agstenote. (1)
5.4 Watter van die volgende is NIE ʼn jazzstyl NIE?
A Bebop
B Modale jazz
D
C Hardbop
D Nokturne
E Dixieland (1)
5.5 Watter van die volgende is NIE ʼn tradisionele Afrika-instrument NIE?
A Uhadi
B Sitar
B
C Gora
D Ndjele
E Impempe (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
12 MUSIEK V1 (EC/NOVEMBER 2016)
5.6 Watter instrument hieronder gebruik die altsleutel?
A Klarinet
B Klavier
E
C Piccolo
D Tjello
E Altviool (1)
5.7 ʼn Pentatoniese toonleer bestaan uit ...
A 1 noot.
B 2 note.
D
C 3 note.
D 4 note.
E 8 note. (1)
5.8 Roep en antwoord word meestal in … gevind.
A Rockmusiek
B Afrika-musiek
B
C Jazz
D Westerse kunsmusiek
E Indiese musiek (1)
5.9 Watter instrument word gewoonlik met die Barokperiode geassosieer?
A Fluit
B Harp
E
C Saksofoon
D Klavier
E Klavesimbel (1)
5.10 Watter EEN van die volgende teksture sal twee individuele melodiese lyne
die beste beskryf?
A Homofonie
B Heterofonie
C Bifonie D
D Polifonie
E Monofonie (1)
[10]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2016) MUSIEK V1 13
BEANTWOORD VRAAG 6.1 ÓF VRAAG 6.2 EN DAN VRAAG 6.3.
VRAAG 6: MUSIEKTEATER EN ROCK AND POP
WESTERSE KUNSMUSIEK EN JAZZ
6.1 MUSIEKTEATER
6.1.1 Jy word gevra om ʼn resensie oor die musiekblyspel My Fair Lady te
skryf. Skryf ʼn paragraaf waarin jy ʼn opsomming gee oor die storielyn
en kortliks die betekenis van die lied, The Rain in Spain, verduidelik.
Gekomponeer deur Frederick Loewe
Speel af in 1912 in Londen waar sosiale klasse pas wetlik gelykstel
is.
Eliza Doolittle verkoop blomme in Covent Garden, Londen.
Haar pa, Alfred Doolittle, is ʼn vrolike vullisman wat slegs in die
hede lewe, en Eliza is baie verdraagsaam teenoor hom.
Prof. Higgins en Kol. Pickering stel daarin belang om mense se
aksente te bestudeer.
Die geleerde professor, Henry Higgins, wil ʼn eksperiment uitvoer
om aan sy vriend en kenner van dialekte in Indië, Kolonel
Pickering, te bewys dat hy, Higgins, ʼn uitstekende onderwyser is.
Vir hierdie eksperiment kies hy ʼn blommeverkoopster, Eliza
Doolittle, om by hom te woon en haar Cockney-Engels dialek van
die omgewing waar sy woon te transformeer sodat sy die korrekte
Engels praat.
Wanneer Henry Higgins vir Eliza hoor praat, is hy ongelooflik
onbeskof oor haar aksent.
Die toneelstuk is toegespits op hoe hy sy doel bereik en die
verhouding wat tussen hom en Eliza ontwikkel.
Hy transformeer ook haar maniere, klere en sosiale aanvoeling
sodat sy kan deurgaan as ʼn “upper class lady”.
Hulle gaan na ʼn formele dans en Higgins is so ingenome met die
sukses van sy eksperiment dat hy Eliza ignoreer en sy toe besluit
om eerder sy huis te verlaat om weer ʼn blommeverkoopster te
word.
Higgins erken sy gevoelens teenoor haar en sy besluit toe om
terug te keer na sy huis, maar hul verhouding word doelbewus nie
opgelos nie.
The Rain in Spain is ʼn trio gesing deur Eliza, Higgins en Pickering.
Na baie streng en lang taalklasse by Prof. Henry Higgins kom die
deurbraak in die uitspraak wanneer Eliza die sin “the rain in Spain
stays mainly on the plain” met die regte uitspraak kan sê.
Die lied is in tweeslagmaat en gee uitdrukking van geluk en
opgewondenheid.
Tipies van die lied is die vrolike ritme van ʼn habanera (ʼn Kubaanse
dans in tweeslagmaat).
Die lied eindig met ʼn hartstogtelike fandango dans (ʼn ou Spaanse
lewendige volksdans) in drieslagmaat en met die uitroep “Olé”!
Enige vier storielyn-feite + enige twee lied-feite × ½ punt elk (3)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
14 MUSIEK V1 (EC/NOVEMBER 2016)
6.1.2 Verduidelik die betekenis van die lied Maria in die musiekblyspel West
Side Story.
“Maria” is ʼn lied uit die Broadway musiekblyspel “West Side
Story” en word gesing deur die hoofkarakter Tony wanneer hy
hoor dat die meisie op wie hy verlief is, se naam Maria is.
Die musiek is gekomponeer deur Leonard Bernstein en Stephen
Sondheim het die lirieke geskryf.
Die lied is in 1956 gepubliseer.
Die lied begin waar Tony haar naam herhaal.
Die naam Maria word 27 keer gepraat of gesing.
Die lied begin in B majeur en moduleer dan na E-mol majeur.
Dit begin in ʼn stadige, vrye tempo en verander later na ʼn matige
tempo. Enige 4 feite × ½ punt elk (2)
OF
INHEEMSE AFRIKA-MUSIEK
6.2 MUSIEKTEATER
Skryf ʼn paragraaf oor EEN van die volgende Inheemse musiekblyspele.
Mxongolo
Tshigombela
Tshikona
Indlamu
Famo
Kiba/Mmapadi
Gekose musiekblyspel: KIES EEN
Mxongolo:
Dit is ʼn Tsonga-vertolkingsdans wat gewoonlik deur ouer mans tydens
tradisionele feesvierings opgevoer word.
Begeleiding kan ook sang en stadige voetstamp wees.
Die Mxongolo word dikwels begelei deur mans wat tromme, horings en
ander musiekinstrumente soos die mbila (timbila) bespeel.
Die Mxongolo-dans vereis dat die dansers fisies fiks en rats moet wees
omdat hulle bolmakiesies, skoppe en stampe uitvoer.
Die instrumente by die Mxongolo sluit in tromme (xigubu) tradisioneel
van springbokvel en ʼn boomstomp gemaak. Enige 5 feite
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2016) MUSIEK V1 15
Tshigombela:
Die tshigombela is ʼn Venda-vertolkingsdans wat slegs deur vroue of
meisies uitgevoer word.
Dit is ʼn feestelike dans uitgevoer by sosiale byeenkomste en
seremonies.
Tradisioneel was dit slegs bedoel vir ongetroude meisies, maar dit het
ná 1970 verander weens veranderinge in die Venda-gemeenskap.
Die tshigombela word soms gelyktydig saam met die tshikona
uitgevoer.
Die tempo is vinnig en skerp
Terwyl daar gesing word, skop en stamp die dansers hulle voete teen
die grond.
Klimaks word bereik wanneer die vrouens en dogters die “u gaya”
doen.
Tshigombela- liedere het ʼn leier wat die hoogpunte sing terwyl die res
as agtergrond beskou word.
Tydens die tshigombela-dans word heelwat liedere van bespotting
gesing. Enige 5 feite
Tshikona:
Die tshikona is ʼn Venda-vertolkingsdans wat deur die Venda-mense
beskou word as hulle nasionale dans.
Tshikona is ʼn koninklike dans wat hoofsaaklik deur mans gedans word.
Elke oppermag of hoofman het sy eie tshikona-orkes.
Word gespeel deur ʼn groot groep mense by verskeie geleenthede soos
begrafnisse, troues of geestelike seremonies.
Elke speler het ʼn pyp wat uit inheemse bamboes gemaak word.
Elke speler speel een noot op ʼn keer en word afgewissel sodat ʼn
melodie gevorm kan word.
Dansers beweeg in ʼn sirkel en spring op en af. Enige 5 feite
Indlamu:
Indlamu is ʼn tradisionele Zoeloe-vertolkingsdans.
Word ook na verwys as ʼn Zoeloe-oorlogsdans
Word by troues gedans
Die danser lig sy een voet hoër as sy kop en sit dit hard neer sodat sy
voet op die swak pols land.
Twee dansers, geklee in krygsvelle, voer die indlamu roetines uit terwyl
hul mekaar se bewegings identies naboots.
Eerstens kom die mans die dansvloer binne en sing ʼn
voorbereidingslied, die isaga.
Hulle benader die dansvloer gewoonlik gebukkend in dubbelrye en dan
sing hulle die isaga.
Daarna volg die stamlied (ihubo) wat die hoof-begeleidende danslied is.
Indlamu verwys ook na die kort tradisionele rok wat met krale versier
word en eie is aan die jong Swazi meisies wanneer hulle die umhlanga
(rietdans) uitvoer.
Indlamu is ʼn populêre groepsdans wat met die begeleiding van tromme
en pype vertolk word.
Die gesinchroniseerde voetestamp is kenmerkend van die indlamu.
Enige 5 feite
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
16 MUSIEK V1 (EC/NOVEMBER 2016)
Famo:
Die famo is ʼn tipe musiek vanaf Lesotho afkomstig.
Bestaan hoofsaaklik uit sang wat deur ʼn trekklavier, trom en af en toe ʼn
bas begelei word.
Ontstaan in die drinkkamers waar die rondtrekkende werkers van
Lesotho ontspan het nadat hulle by die myne gedurende die 1920’s
gewerk het.
Bestaan uit ʼn manlike of vroulike sanger en ululasie
Liedjies verwys soms na die stadslewe en vroulike sangers kan d.m.v.
sang hul manlike teenhangers uitdaag.
Famo-liedere het ontwikkel uit die vermenging van die Sotho-mans se
selfbegeleidende stapliedere oppad werk toe met die dansmusiek
gespeel op die trekklaviere in die myn-smokkelkroeë. Enige 5 feite
Kiba/Mmapadi:
Die woord Kiba word in Noord-Sotho gebruik vir ‘slaan’ en is ook die
naam van die grootste trom wat vir hierdie genre gebruik word.
Die woord “kiba” beteken om “ritme te hou of te stamp” en word gebruik
om een van die bekendste Pedi-danse te beskryf.
Kiba-musiek word slegs in sommige dele van Suider-Afrika gevind, veral
in die Noordelike dele van Suid-Afrika in die Limpopo provinsie.
Kiba-musiek het hoofsaaklik ontstaan as ʼn manlike kunsvorm wat deur
mans domineer word.
Bestaan uit 8 tot 10 pypblasers waarvan een die leier (bekend as
malokwane) en drie tromspelers is.
Die dansers speel rietpype wat vanaf verskillende hoeke af geblaas
word.
Die kiba word begelei deur die maropa-tromme.
Mans dra tradisionele Skotse rompies en vroue dra tradisionele drag
wat vir die eerste keer ná ontgroening aangetrek word.
Tromme word selde deur mans gespeel, aangesien ʼn stel tromme deur
ten minste drie vrouens gespeel word wat bestaan uit ʼn groot trom
(kiba), ʼn medium-grootte trom (maropa wa diatla) en twee ongeveer
identiese klein tromme (ditinti).
Mmapadi is ʼn dans vir vroue van Limpopo. Enige 5 feite (5)
EN
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2016) MUSIEK V1 17
6.3 ROCK AND POP (VERPLIGTEND)
Jy is gevra om ʼn Grammy-toekenning aan EEN van die kunstenaars op die lys
hieronder te oorhandig. Daar word ook van jou verwag om ʼn kort oorsig van
die groep of kunstenaar van jou keuse op ʼn lewendige televisie-uitsending te
lewer. Skryf jou toespraak hieronder neer.
U2 Caiphus Semenya
Westlife Angélique Kidjo
Metallica Khaja Nin
David Bowie Manu Dibango
Salt-N-Pepa Miriam Makeba
Spice Girls Letta Mbulu
Boys II Men Philip Tabane
Seal Fela Kuti
Prince Jonas Gwanga
Michael Jackson Oliver Mtukudzi
Hugh Masekela Baaba Maal
U2
Hierdie Ierse groep is in Dublin gestig
Die groep is in 1976 gestig en bestaan uit Larry Mullen Jr. (tromme en
perkussie), Adam Clayton (baskitaar), Paul Hewson (bekend as Bono;
sang) en Dave Evans (bekend as The Edge; kitaar).
U2 is by die Mount Temple Comprehensive School in 1976 gestig toe
hulle nog tieners met min musikale vaardigheid was.
Binne vier jaar het hulle deur Island Record hulle eerste album Boy
(1980) vrygestel.
Teen die middel-80’s het U2 ʼn top internasionale bedryf geword.
Hulle album The Joshua Tree het van hulle supersterre gemaak.
U2 het deur hulle 1991 album, Achtung Baby, en die begeleidende Zoo
TV-toer hulself as’t ware heruitgevind.
Hulle U2 360o – toer van 2009 – 2011 was die beste bygewoon en het
die meeste geld gemaak nog ooit in die geskiedenis van konserttoere
deur musiekgroepe.
U2 het 12 ateljee-albums vrygestel en met meer as 150 miljoen
plate/CD’s wat wêreldwyd verkoop is, is hulle die musiekkunstenaars
met die hoogste plate/CD-verkope.
Hulle het 22 Grammy-toekennings gewen en in 2005 is hulle ingesluit in
die ‘Rock and Roll Hall Of Fame”.
Rolling Stone het U2 as nommer 22 op die lys van “100 Grootste
Kunstenaars van Alle Tye” geplaas.
Hulle maak gebruik van sintetiseerders, distorsie en elktroniese polse
wat van alternatiewe rock, industrie-musiek, dans en hip-hop afkomstig
is. Enige 5 feite
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
18 MUSIEK V1 (EC/NOVEMBER 2016)
Westlife
Hulle is in Ierland in 1998 gevorm.
Die finale groepslede was Kian Egan, Nicky Byrne, Mark Feehily en
Shane Filan.
Hulle het eers as Westside bekendgestaan, maar omdat die naam
alreeds aan ʼn ander groep behoort het, het hulle hul naam na Westliefe
verander.
Hulle groot deurbraak het in 1998 gekom toe hulle vir die Backstreet
Boys in ʼn voorkonsert in Dublin opgetree het. Net daarna het hulle die
“Best New Tour Act’ by die Smash Hit Poll Winners’ Party gewen.
Eerste enkelsnit-vrystelling is ‘Swear It Again’ in Maart 1999.
Tussen 1999 en 2004 neem hulle vier albums op, en net daarna verlaat
Bryan McFadden die groep.
Hulle het nog twee albums vrygestel en begin ook hul eerste Asiatiese
toer op 4 September 2006.
Hulle het tussen 1999 en 2006 altesaam 14 VK nommer 1 enkelsnitte
gehad.
Hulle is die enigste groep in die geskiedenis van VK trefferslyste om met
hulle eerste sewe enkelsnitte onmiddellik nommer een-posisie te
behaal.
Hulle het 34 miljoen albums wêreldwyd verkoop, en hulle het ses multi-
platinumalbums in die VK alleenlik.
Hulle het ITV se Plaat van die Jaar-kompetisie vier keer gewen met
Flying without wings (1999), My Love (200), Mandy (2003) en You Raise
Me Up (2005).
Hulle het ook twee Britse toekennings en Beste Ierse Popgroep-prys by
die Meteor Ierland Musiektoekennings in 2007 gewen.
Hulle sang is altyd passievol en indrukwekkend. Enige 5 feite
Metallica
Metallica is ʼn Amerikaanse heavymetal-groep wat in 1981 gestig is.
Hulle is beroemd vir hulle sogenaamde heavy metal-musiek wat
elemente van punk en Britse metal-styl musiek insluit.
Die groep het besluit om hulle aggressiewe, vinnige tempo’s te laat vaar
om hul musiek en ekspressiewe omvang te verbreed.hulle musiek raak
meer alternatiewe rock met ʼn nuwe aanslag wat fokus op woede, verlies
en vergelding.
Dit bestaan uit Lars Ulrich (tromme), James Hetfield (kitaar en lirieke),
Kirk Hammett (kitaar), en Jason Newsted (plaasvervanger vir Cliff
Burton wat in 1986 oorlede is).
Hulle eerste vrystelling was ʼn sewe-lied band getitel ‘No Life ‘Til Leather’
Na twee jaar in Los Angeles het Metallica verskuif na San Francisco
Hulle vlieg na New York waar hulle hul eerste vollengte album, ‘Kill ‘Em
All’, opneem en vrystel in 1983 onder die Magaforce-etiket.
In 1984 stel hulle “Ride The Lightning” vry, en in 1086 ‘Master of the
Puppets’.
Die baskitaarspeler Cliff Burton is op slag dood toe Metallica se toerbus
van ʼn gladde ysbedekte pad in Swede ontspoor het tydens hulle
Engeland / Europa-toer.
Metallica het Jason Newsted as die nuwe baskitaarspeler gebruik en die
toer voorgesit.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2016) MUSIEK V1 19
‘…….And Justice for All’, die orkes se eerste ateljee-album sedert
Burton se dood, is in 1988 vrygestel en behaal die Top Tien-ranglys.
Metallica ontvang hulle eerste Grammy-nominasie in 1989 vir ‘…….And
Justice for All’ in die kategorie Beste Hard Rock/Metal Vokale
Uitvoering.
Metallica (deur aanhangers bekend as The Black Album) is in Oktober
1990 opgeneem deur vervaardiger Bob Rock, maar eers in 1991
vrygestel.
Die Metallica-album het in 10 lande nommer een status bereik met
verkope van 650 000 eenhede in die VSA tydens die eerste week. Dit
was ook 16 keer gesertifiseer vir sy platinum-status in Amerika.
In April 1992 tree Metallica by die Freddie Mercury Gedenkkonsert op
en sing ʼn stel van drie liedere.
Die groep stel hulle sesde album, ‘Load’, in 1996 vry wat debuteer as
nommer een op die Billboard 200 en ARIA Charts – dit is hulle tweede
Nommer Een Lied.
Die volgende album, ‘Reload’, is in 1997 vrygestel en debuteer ook as
nommer een-lied op die Billboard 200, asook nommer twee op die Top
Kanadese Album-ranglys.
In April 1999 neem Metallica twee uitvoerings saam met die San
Francisco Simfonie-orkes o.l.v. Michael Kamen op.
In 2003 debuteer Metallica se agste ateljee-album, ‘St. Anger’, as
nommer een-lied op die Billboard 200.
Die snit, St. Anger, wen die Grammy-toekenning vir die Beste Metal
Uitvoering in 2004, en was die amptelike temalied van die WWE se
SummerSlam 2003.
Tydens 2005 neem die groep ʼn breek om tyd met familie en vriende te
spandeer.
In 2009 word Metallica ingehuldig in die Rock and Roll Hall of Fame.
Enige 5 feite
David Bowie
David Robert Jones, met die verhoognaam David Bowie, is in 1947 in
Brixton, Londen, gebore.
Hy is ʼn popsanger, komponis, vervaardiger, verwerker, akteur en ʼn
multi-instrumentalis wat die kitaar, klawerborde, harmonika, saksofoon,
stilofoon, altviool, tjello, mbira (duimklavier), tromme en perkussie kan
speel.
Bowie stel sy eerste solo-album, “David Bowie”, in 1967 vry deur Deram
Record – dit is ʼn vermenging van psigedeliese- en lekker luister-musiek.
In 1970 stel Bowie “The Man Who Sold The World” vry met ʼn meer
heavy rock-klank as sy vorige akoestiese kitaaralbum.
Hierdie album stel ook sy belangstelling in ʼn tweeslagtige voorkoms
bekend.
The rise and Fall of Ziggy Stardust and the Spiders from Mars-album
(1972) tipeer die glam-rock-klank en stel sy rooi hare en uitspattige
uitrustings beide op die verhoog en op sy CD-omslae, ten toon.
Die sukses van The rise and Fall of Ziggy Stardust and the Spiders from
Mars-album het oornag van Bowie ʼn kontroversiële popster gemaak.
Diamond Dogs (1974) toon Bowie se ontwikkeling na die soul/disko-
musiekgenre.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
20 MUSIEK V1 (EC/NOVEMBER 2016)
Diamond Dogs bevat sy eerste nommer een-treffer in die VSA wat hy en
John Lennon saam geskryf het.
In 1976 stel Bowies die eerste van sy Berlyn Trilogie-albums vry, “Low”,
opgevolg deur “Heroes and Lodger” (1979)
Hy skryf sy eerste kommersiële lokettreffer “Let’s Dance” (1983) se
klankbaan.
Die album “Tonight” is dans-geörieenteerd met Tina Turner as
gaskunstenaar.
Sy album Scary Monsters is innoverend en het ʼn harde rock-klank.
Blue Jean het ʼn 22 minuut lange musiekvideo deur die regisseur Julien
Temple en toon Bowie se belangstelling om musiek en drama te
kombineer.
In 1985 sing Bowie van sy grootste treffers by die Wembley for Life Aid.
Sy laaste dansalbum Never let me down (1987) het ʼn harder rock met ʼn
tikkie dansklanke.
In 1992 trou Bowie die super-model Iman.
In 1996 is David Bowie ingehuldig by die Rock and Roll Hall of Fame
tydens die 11de jaarlikse inhuldigingseremonie
Vir meer as veertig jaar al word hy as popmusikant vereer.
Bowie is op 10 Januarie 2016 aan lewerkanker oorlede, twee dae na die
vrystelling van sy finale album, Blackstar (2016). Enige 5 feite
Salt-N-Pepa
Salt-N-Pepa is ʼn meisies-rapgroep van Amerika wat in 1985 ontstaan
het.
Die oorspronklike lede van die groep was Cheryl James, Sandra
Denton, en Latoya Hanson. Hanson is vervang deur Deidra Roper.
Omdat Salt-N-Pepa een van die eerste meisies-rapgroepe was, het
hulle gesukkel om platekontrakte te kry; daardie tyd was seunsgroepe ʼn
gewilde keuse.
ʼn Onafhanklike platemaatskappy het in 1985 hulle eerste enkelsnit, “The
Showstopper”, onder hulle oorspronklike groepnaam (Super Nature)
vrygestel en dit was ʼn groot sukses.
Met die sukses van “The Showstopper” verander die groep se naam na
Salt-N-Pepa, en hulle onderteken ʼn kontrak vir die opname van ʼn
vollengte album by die onafhanklike Next Plateau Records-maatskappy.
Dit was die tyd wat Roper vervang is met DJ Latoya Hanson as DJ
Spinderella.
Hulle eerste album, Hot, Cool & Vicious (1986), is deur die groep se
bestuurder, Hurby “Luv Bug” Azor vervaardig.
Die groep se eerste groot treffer “Push It” bereik platinum-status in
Amerika en vele ander lande. Dit is ook die eerste goue of platinum
album wat deur ʼn vroue rap-groep vrygestel is.
“Push It” is ook vir ʼn Grammy-toekenning genomineer.
Hulle tweede album A Salt with a Deadly Pepa verskyn in 1988.
Die groep se derde album Black’s Magic verskyn in 1990.
Dié album het 1,5 miljoen kopië verkoop waarvan 1 miljoen in Amerika
was.
Very Necessary (1993) was hulle vierde album.
Hierdie album het sewe miljoen kopieë wêreldwyd verkoop (5 000 000 in
die VSA alleenlik) en maak van Salt-N-Pepa die eerste vroulike rap-
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2016) MUSIEK V1 21
kunstenaar (solo of groep ) wat ʼn platinum-verkoper-album gehad het.
Die trio wen die Grammy-toekenning vir beste rap-uitvoering in 1995 vir
die enkelsnit None of Your Business.
Hulle stel hul 5de album, Brand New , in 1997 vry onder Red Ant wat
kort daarna bankrot verklaar is.
Die stel hul grootste treffers-album, bekend as Salt-N-Pepa: The best Of
in 2000 vry.
Hulle verander die voorkoms van hip-hop deur skrapse, sexy klere te
dra en hulle was nie bang om oor seks en hul gedagtes oor mans te
praat nie.
Hulle het offisieel in 2002 ontbind.
Die trio se trefferliedjie “Shoop” het in Februarie 2016 ʼn herverskyning
gemaak as een van die hoof-temaliedjies wat in die komiese Marvel
lokettreffer Deadpool gebruik word. Enige 5 feite
Spice Girls
Die Spice Girls het in Engeland in1994 ontstaan.
Dit het uit vyf lede, elk met ʼn bynaam, bestaan: Melanie Brown (“Scary
Spice”), Melanie Chrisholm (“Sporty Spice”), Emma Bunton (“Baby
Spice”), Geri Halliwell (“Ginger Spice”) en Victoria Beckham (“Posh
Spice”).
Die groep was eers as ‘Touch’ bekend, maar het later na ‘Spice’
verander. Na konflik met ʼn ander Britse groep is hulle uiteindelik die
Spice Girls genoem.
Spice Girls teken hul eerste kontrak met Virgin Records-
platemaatskappy in 1995.
Hulle debuutenkelsnit Wannabe, wat in 1996 vrygestel is, het die eerste
plek in vyf-en-dertig lande behaal.
Hulle debuutalbum Spice het meer as dertigmiljoen kopieë wêreldwyd
verkoop.
Die Spice Girls se tweede album, “Spice World”, is in November 1997
uitgereik en het meer as twintig miljoen kopieë wêreldwyd verkoop.
Geri Halliwell (“Ginger Spice”) het in 1998 die groep verlaat omdat sy ʼn
blaaskans wou neem van musiekopnames en toere.
Viva Forever was hulle eerste vrystelling as ʼn kwartet.
In 2001 het die oorblywende lede saam besluit om ʼn blaaskans te neem
en op hulle solo-loopbane te konsentreer.
In Desember 2006 ontvang hulle drie toekennings van Smash Hits:
Beste Britse Groep, Beste Nuwe Uitvoering, en Beste Pop Video (Say
You’ll Be There).
In September 1997 is Spice Girls vir hulle lied Wannabe vereer deur
MTV Video Musiek Toekennings in New York as die Beste Dansvideo.
In 1997 stel hulle die film Spiceworld: The Movie vry wat ʼn totaal van
$70 miljoen wêreldwyd gemaak het.
In 2007 het al vyf lede van die Spice Girls herenig vir ʼn wêreldtoer met
die naam “The Return of The Spice Girls”.
Hulle styl is opgewek en aanmoedigend, en hulle musiek behels dans,
ballades, R&B, en hip-hop. Enige 5 feite
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
22 MUSIEK V1 (EC/NOVEMBER 2016)
Boyz II Men
Amerikaanse R&B-groep wat veral bekend is vir emosionele ballades
en a capella-harmonieë in hulle musiek.
Hulle musiekgenre is R&B, soul en new jack swing.
Verskeie ander mense het by die groep aangesluit en dit verlaat, maar
die permanente lede wat Boyz II Men (soos hulle toe bekendgeraak
het) in ʼn kwartet wat internasionale bekendheid sou verwerf, was
Michael McCary, Nathan Morris, Wanya Morris en Shawn Stockman.
In 2003 het McCary die groep verlaat weens gesondheidsprobleme en
sedertdien het die groep as ʼn trio opgetree.
Hulle deurbraak het in 1989 gekom toe Boyz II Men ʼn lied van New
Edition (Can You Stand the Rain) aan ʼn lid van New Edition (Michael
Bivins) voorgedra het. Bivins het ooreengekom om Boyz II Men se
bestuurder en vervaardiger te word.
Boyz II Men het hulle eerste album, Cooleyhighharmony, vervaardig
deur Bivins, in 1991 vrygestel.
Hierdie album het meer as 9 miljoen kopieë verkoop en die Grammy-
toekenning vir Beste R&B Uitvoering deur ʼn vokale duo of groep in
1992 gewen.
Hulle 1992-enkelsnit “End of the Road” was deel van die klankbaan
van Eddie Murphy se film Boomerang.
“End of the Road” het die nommer een-posisie op die Billboard Hot 100
in Augustus 1992 bereik. Dit het een van die grootste treffers in die
geskiedenis van die musiekindustrie geword en dertien weke lank die
eerste plek op internasionale popranglyste beklee.
Christmas Interpretations (1993) het meer as 12 miljoen kopieë in
Amerika alleenlik verkoop en word so die grootste album van die
dekade.
Boyz II Men wen twee Grammy-toekennings by die 37ste Grammy
Awards in 1995: Beste R&B Album en Beste R&B Uitvoering deur ʼn
vokale duo of groep vir die enkelsnit I’ll Make Love To You.
Boyz II Men se derde ateljee-album, Evolution, vrygestel in 1997, het
gemengde resensies gekry.
Slegs een van Evolution se snit (Four Seasons of Loneliness) het
nommer 1-posisie bereik.
In 1998 is Boyz II Men vir twee Grammy’s benoem: Beste R&B Album
vir Evolution en Beste R&B Uitvoering deur ʼn vokale duo of groep vir
‘A Song for Mama’.
Full Circle was die groep se finale album as ʼn kwartet.
In 2003 het Michael McCary uit die groep bedank en die oorblywende
drie lede het ʼn tydelike breek van die musiekindustrie geneem.
Enige 5 feite
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2016) MUSIEK V1 23
Seal
Henry Olusegun Adeola Samuel se verhoognaam is Seal.
Hy is ʼn Britse soul en R&B-sanger en -liedjieskrywer.
Seal is in 1963 in Londen, Engeland gebore.
Voor hy op sy musiekloopbaan gekonsentreer het, het hy argitektuur
gestudeer.
Ná hy in die 1980’s vir ʼn wyle in plaaslike klubs gesing het, het hy by ʼn
Britse funk-groep met die naam Push aangesluit wat na Japan getoer
het en hom die geleentheid gebied het om by ʼn blues-orkes in
Thailand aan te sluit.
Hy het die groep verlaat om Indië op sy eie te gaan verken.
Op die ouderdom van 23 het hy letsels op sy gesig ontwikkel a.g.v. ʼn
raar vorm van veltering.
Sy deurbraak het gekom in 1990 in Engeland met die opname van sy
enkelsnit Killer wat nommer een op die VK-ranglys behaal het.
Ná hierdie sukses het Seal ʼn platekontrak geteken by ZTT Records
wat in 1991 se debuutalbum, Seal, vrygestel het.
Die album Seal II is in 1994 vrygestel.
Kiss (van Rose) het in Batman Forever se klankbaan voorgekom en
het ʼn nommer een-treffer geword en maak van Seal ʼn multi-platinum
kunstenaar.
Hy het Grammy-toekennings gewen vir Opname van die Jaar, Lied van
die Jaar, en Beste Manlike Vokale Pop Uitvoering.
Seal het ʼn bydrae gelewer tot die 1996 Space Jam-klankbaan met Fly
Like An Eagle.
Sy volgende ateljee-album, Human Being, is in 1998 vrygestel en Seal
IV in 2003.
In 2007 stel Seal System vry - sy eerste album wat deur Stuart Price
vervaardig is.
Soul , ʼn versameling van groot R&B-kunstenaars se liedere, o.a. Otis
Redding, Curtis Mayfield en Ben E. King het in 2008 verskyn.
Soul 2 is nog ʼn versameling van klassieke bekendes.
Seal het met Tyra Banks uitgegaan tydens die begin van sy loopbaan.
Hy het later met Heidi Klum (gasaanbieder van Project Runaway)
getrou.
Hulle het as egpaar in Los Angelos gebly en saam gesing op die
klankbaan van Wedding Day.
Hulle het vier kinders en het in 2012 geskei.
Soul is veral bekend vir sy dor, soul-agtige en intieme kalmerende
stem. Enige 5 feite
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
24 MUSIEK V1 (EC/NOVEMBER 2016)
Prince
Prince Roger Nelson is in 1958 in Amerika gebore, en hy gebruik sy
eerste naam as verhoognaam.
Hy is bekend as ʼn Amerikaanse sanger en liedjieskrywer, multi-
instrumentalis en akteur.
Sy stemomvang wissel tussen falsetto tot bariton en vinnige,
flambojante verskuiwing van register sowel as diverse karakterisering.
Prince was vernoem na sy pa (ʼn pianis en liedjieskrywer) wie se
verhoognaam Prince Rogers was.
Prince het tydens sy loopbaan 30 Top 40- enkelsnitte geproduseer.
Op sewe jaar het hy sy eerste liedjie, Funk Machine, op sy pa se
klavier geskryf.
Hy het in 1975 sy musiekloopbaan begin toe hy by 94 East aangesluit
het, die groep van Pepe Wielie (sy broerskind se man), en hy was die
medeskrywer van die lied getitel Just another sucker.
Hy het ʼn platekontrak met Warner Brothers gesluit en sy debuutalbum
For you het in 1978 gevolg.
Prince het platinum-status bereik a.g.v. die sukses van die enkelsnitte
Why You Wanna Treat Me So Bad? en I Wanna Be Your Lover.
Sy volgende drie albums was Dirty Mind (1980), Controversy (1981),
en 1999 (1982).
In 1984 begin hy na sy orkes verwys as The Revolution en stel die
album Purple Rain vry.
Na die vrystelling van die albums Around the World in a Day (1985) en
Parade (1986), het The Revolution ontbind. Prince stel sy dubbelalbum
Sign “O” the Times (1987) as solo-kunstenaar vry.
Hy het nog drie albums geproduseer voordat hy The New Generation-
orkes in 1991 die lig laat sien het.
Prince het sy naam vier keer verander tot en met die ontdekking van
die onuitspreekbare simbool (bekend as die liefdesimbool), wat hy
vanaf 1993 – 2000 gebruik het.
In 2000 het hy weer na homself as “Prince” verwys en produseer 13
albums tot en met sy laaste album, 20Ten, wat in 2010 verskyn het.
Prince is April 2016 aan ʼn oordosis pynstillers oorlede by sy Paisley
Park opnamestudio en huis in Minnesota. Enige 5 feite
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2016) MUSIEK V1 25
Michael Jackson
Amerikaanse sanger, liedjieskrywer, plate-regisseur, danser en akteur.
Hy het as die “koning van pop” bekendgestaan.
Michael Joseph Jackson (1958 – 2009) is in Gary, Indiana, VSA
gebore.
Sy sangloopbaan het begin op die ouderdom van 5 toe hy saam met
sy broers, Jermaine, Tito, Jackie en Marlon in die groep The Jackson 5
gesing het wat deur hul pa gestig en bestuur is.
Michael was die hoofsanger vandat hy by die groep aangesluit het.
Jackson het reeds van ʼn vroeë ouderdom af sy verse onderbreek met
ʼn skielike uitroep van oooh-geluide wat afkomstig is van Diana Ross
wat dit heelwat in haar liedere gebruik het.
Michael het die groep in 1971 verlaat om ʼn solo-loopbaan te begin en
teen die 1980’s het hy popmusiek oorheers.
In 1977 was hy die hoofrol in die swart musiekfilm The Wiz (ʼn
verwerking van die musiekblyspel The Wizard of Oz) saam met Diana
Ross.
Hy was die eerste swart kunstenaar wat ʼn gewilde ster op MTV
geword.
Sy eerste album as ʼn volwassene, Off The Wall, was deur Quincy
Jones vervaardig en bevat funky disco-pop, smooth soul en
sentimentele popballades.
In 1982 het hy die album Thriller uitgereik: dit het die grootste
topverkoperalbum óóit geword.
Werke soos Thriller, Beat It, Black or White en Billie Jean is erken om
rassegrense af te breek.
Michael het heelwat video’s gemaak van sy liedere en hy het as’t ware
musiekvideo’s getransformeer in ʼn kunsvorm en promosiemiddel met
sy Thriller-, Beat It- en Billie Jean-video en daaropvolgendes deurdat
dit soos mini-rolprente was.
Hy was bekend vir sy “moonwalk”-dans, stem-hikke, wit sokkies en sy
enkel wit handskoen.
In 1983 het Jackson die heel boonste plek op die treffersparade beklee
vir sy duet saam met Paul McCartney.
In 1984 skryf Jackson saam met Lionel Richie aan “We are the World”.
Vanaf 1988 het Jackson op sy Neverland Ranch net buitekant Santa
Ynez in Kalifornië gewoon.
In 1992 Het hy die “Heal the World Foundation” gestig.
Hy was vir twee jaar met Lisa Marie Presley getroud.
In 1996 het hy met die verpleegster Debbie Rowe getrou en hulle het
twee kinders, Prince Michael Jackson jr (seun) en Paris Michael
Jackson (dogter).
Hy was ingelyf by die Songwriters Hall of Fame en die Dance Hall of
Fame as die eerste en enigste danser van pop- en rockmusiek.
Sy klank, styl, beweging en nalatenskap het baie ander kunstenaars
van verskeie genres geïnspireer.
Hy sterf in 2009 in Los Angeles tot groot smart van die hele wêreld.
Enige 5 feite
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
26 MUSIEK V1 (EC/NOVEMBER 2016)
Hugh Masekela
Gebore in 1939 in Witbank
Begin op ʼn vroeë ouderdom sing en klavier speel
Was grotendeels beïnvloed deur die rolprent, Young man with a Horn,
waarin Kirk Douglas die rol van ʼn Amerikaanse jazz-trompetspeler
vertolk het.
Die anti-apartheidsaktivis, Vader Trevor Huddlestone het vir Masekela
ʼn trompet gegee.
Hy sluit by die bekende Afrika Jazz Revue aan in 1956.
Hy speel in die orkes vir die 1958 King Kong musical.
Na die 1960-Sharpeville bloedbad verlaat hy die land saam met
Huddlestone.
Met die hulp van Miriam Makaba kry hy toelating tot die Manhattan
Skool vir Musiek in New York.
Harry Belafonte help Masekela om as student in die VSA te vestig.
Masekela ontmoet vir Louis Armstrong wie vir die Huddlestone Jazz
Orkes ʼn trompet gegee het.
Hy neem sy eerste solo-album, Trumpet Africaine, in 1963 op.
Sy deurbraak-plaat was sy 1965 lewendige uitvoering, The
Americanisation of Ooga Booga.
Hy trou met Miriam Makeba, maar twee jaar later skei hulle.
Hy verskuif na Los Angeles waar hy Afrika Populêre musiek gespeel
het saam met opkomende rock-orkeste soos The Byrds en Bob
Marley.
Sy grootste trefferlied, Grazing in the Grass, vrygestel in 1968, besorg
hom internasionale faam.
Tydens die 1970’s verhuis Masekela terug na Suid-Afrika en sluit aan
by Afro-polsslag-baanbreker Fela Kuti wie hom aan ʼn paar orkeste
bekendstel.
Hy vestig homself in Botswana waar hy ʼn musiekskool oopmaak en
aanbly tot in 1985.
Masekela se trefferlied “Bring Him Back Home” het die amptelike lied
van Nelson Mandela se wêreldtoer geword.
Met sy trek na Engeland het Masekela help komponeer en skryf aan
die partituur van Sarafina!
Die anti-apartheidsbeweging het ʼn groot invloed op sy lewe gehad.
Met die beëindiging van apartheid, trek Masekela terug na SA en
vertrek op sy eerste Suid-Afrikaanse musiektoer met die orkes
Sankomato en Bayete.
Hy komponeer jazz, funk, R&B, pop en tradisionele Afrika-style.
Enige 5 feite
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2016) MUSIEK V1 27
Caiphus Semenya
Caiphus Semenya is ʼn musiekregisseur, komponis, verwerker en
sanger wat in 1939 gebore is.
Semenya het as tiener sy verskyning gemaak in Todd Matshikiza se
musiekblyspel King Kong, en Letta Mbulu ontmoet met wie hy later
getrou het.
Weens die politieke onrus in Suid-Afrika het hy in 1960 die land verlaat
en na Los Angeles, VSA verhuis.
Hier het hy met onder ander Hugh Masekela, Jonas Gwanga, Hotep
Galeta en Miriam Makeba saamgewerk.
Sy merkwaardige talent het gesorg dat hy saam met top Amerikaanse
musikante en vervaardigers kon werk, en sy komposisies is deur
Cannonball Adderley, Harry Belafonte, The Crusaders, Lou Rawls en
Nina Simone uitgevoer.
Semenya werk dikwels saam met Quincy Jones en dit het tot gevolg
gehad dat hy al die Afrika-musiek vir Alex Hayley se Roots Part 1 en
Part 2 gekomponeer het, asook die Afrika-musiek vir die fliek The
Color Purple van Steven Spielberg.
Hierdie klankbaan het ʼn Oscar-nominasie ontvang.
Semenya het verskeie snitte op Quincy Jones se album Back on the
Block gekomponeer, insluitend die titelsnit se melodie.
Hy het ook vir Disney se bekende musiekblyspel, The Lion King,
georkestreer.
In 1990 het hy na Suid-Afrika teruggekeer.
Sy onlangse werk sluit in die orkestrasie vir SABC se Molo Fish, Kaba
Motho en Vicious Circle.
Hy en sy vrou tree dikwels saam op as “Caiphus en Letta”.
Sy bekendste komposisies in Suid-Afrika is Angelinah en Matswale.
Die genres waarin hy uitblink, is funk, Afrika-jazz, jazz en mbaqanga.
Sy liedjies/albums sluit in: Streams today…..Rivers tomorrow (1984),
The very best of Caiphus Semenya (1996) en Listen to the wind
(1982). Enige 5 feite
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
28 MUSIEK V1 (EC/NOVEMBER 2016)
Angélique Kidjo
Angélique Kidjo is in 1960 in Benin gebore.
Sy is ʼn sanger, liedjieskrywer en aktivis van Benin.
Kidjo sing in Engels, Fon, Frans, Yorùbá en style soos makossa,
gospel, rumba, afro-funk, pop, reggae, samba, salsa, jazz, Zairean en
soul kom in haar musiek voor.
Sy het grootgeword met die klanke van Benese tradisionele musiek,
Miriam Makaba, Otis Redding, Jimi Hendrix, Stevie Wonder en
Santana.
Op sesjarige ouderdom het sy saam met haar ma (ʼn teaterdanseres)
se teatergroep opgetree en het reeds van toe af groot waardering vir
tradisionele musiek en dans gekry.
Kidjo het op skool begin sing in ʼn orkes met die naam Les Sphinx.
Die sukses van haar eerste album Pretty, wat in 1981 opgeneem is,
het toegelaat dat sy regdeur Wes-Afrika kon toer, maar politieke konflik
in Benin het haar weerhou om ʼn onafhanklike kunstenaar in haar eie
land te wees en sy het in 1983 na Parys verhuis.
In Parys het sy jazz-musiek aan die CIM (Centre d’Informations
Musicales) gestudeer.
In die middel 1980’s het sy by die musiekgroep PiliPili as hoofsangeres
aangesluit.
Hulle het drie albums opgeneem: Jakko (1987), Be in two minds
(1988), en Hotel Babo (1990).
Sy het die groep verlaat om haar solo-loopbaan voort te sit en het die
album getitel Parakou uitgereik.
Sedertdien het sy baie albums vrygestel en het sy haar verskyning op
vele voortreflike konserte en funksies gemaak.
Kidjo was deel van die offisiële Afskop-feesvieringskonsert van die
2010 FIFA Sokker Wêreldbeker.
In 2008 wen sy die Grammy-toekenning vir Beste Kontemporêre
Wêreld Musiekalbum.
In 2010 ontvang Kidjo ʼn eervolle doktorsgraad in musiek van Berklee
College in Amerika. Enige 5 feite
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2016) MUSIEK V1 29
Khaja Nin
Khadja Nin is op 27 Junie 1959 in Burundi gebore.
Boerandese sanger en musikant
Nin slaag goed daarin om Afrika-ritmes en moderne pop saam te snoer
en haar eie musiekstyl te skep.
Op 7 was sy alreeds een van die hoofsangers in die Bujumbura-koor
wat in die plaaslike katedraal opgetree het.
Nin is weg uit Burundi om in Kinshasa (Zaïre) musiek te studeer, en
het ʼn koor opgerig voor sy België toe is.
In 1978 is sy met die voormalige renjaer Jacky Ickx, ʼn Belg, getroud en
in 1980 het sy en haar tweejarige seun na België geëmigreer.
Sy ontmoet die musikant Nicolas Fiszman wat haar help het om ʼn
kontrak by BMG te kry.
Sy het haar eerste album in 1992 uitgereik, en haar tweede album, Ya
Pili (1994) was krities goed ontvang.
Haar deurbraak het gekom in 1996 met haar album Sambolera, wat in
Swahili, Kirundi en Frans gesing is en wêreldwyd goed verkoop het.
In 1997 sing sy die lied Sailing in ʼn duet saam met Montserrat Caballé
op die album Friends for Life.
Een van bekendste liedjies is Sina Mali, Sina Deni, ʼn vertaalde
verwerkte opname van Stevie Wonder se liedjie Free.
In 1998 het sy haar vierde album getitel Ya… uitgereik waarop die
liedjie “Mzee Mandela” verskyn. Enige 5 feite
Manu Dibango
Emmanuel “Manu” N’Djoké Dibango is in 1933 in Duala, Kameroen
gebore.
Hy bespeel die saksofoon en vibrafoon.
Hy het ook ʼn musiekstyl ontwikkel wat Afrika-rumba, afrofunk,
afrobeat, jazz, makossa en tradisionele Kameroense musiek
saamsnoer.
Gedurende sy kinderjare woon hy elke aand geestelike klasse in hul
Protestantse kerk by waar hy ook musiek studeer het.
Hy was een van die stigterslede van die Kongolese rumba-groep
“African Jazz”.
Hy het al met baie musikante saamgewerk, insluitend Bernie Worrell,
Fela Kuti, Bill Laswell, Herbie Hancock en Ladysmith Black Mambazo.
In 1998 neem hy die album CubAfrica saam met die Kubaanse
kunstenaar Eliades Ochoa op.
Sy lied, Soul Makossa, beïnvloed ʼn hele paar musiektreffers soos
Michael Jackson se Wanna Be Startin’ Somethin’, sy heropname van
dieselfde lied met Akon, die Fugees se Cowboys en Rihaana se Don’t
Stop the Music.
Buiten musiekmaak was Dibango ook by ander projekte betrokke.
Hy het gedien as eerste voorsitter van die Cameroon Music
Corporation en spesifiek by kwessies aangaande komponiste se
tantieme betrokke geraak.
Hy is benoem as ʼn UNESCO kunstenaar vir Vrede in 2004.
Sy lied Reggae Makossa kom voor op die klankbaan van die 2006
videospeletjie Scarface: The World Is Yours.
In 2009 speel Dibango die afsluitingskonsert by die herleefde Brecon
Jazz Fees. Enige 5 feite
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
30 MUSIEK V1 (EC/NOVEMBER 2016)
Miriam Makeba
Zenzile Miriam Makeba (1932 – 2008) is in Prospect Township,
Johannesburg gebore en het in Italië gesterf.
Sy gee haar eerste solo-uitvoering op die ouderdom van 15 voor
Koning George tydens sy besoek aan Suid-Afrika.
Sy was ook bekend as Mama Afrika.
Sy het in haar vroeë sangdae saam met die Cuban Brothers, haar
broerskind se musiekgroep, gesing en later in ʼn Grammy-bekroonde
sangeres en politieke aktivis ontwikkel.
Makeba het in 1954 by die Manhattan Brothers aangesluit en tussen
1958 en 1960 saam met die vroulike groep The Skylarks gesing.
Haar bynaam was “Die Keiserin van die Afrika-lied” a.g.v. haar
ongelooflike stem.
Sy het in 1957 haar verskyning gemaak in ʼn film Come back, Africa,
maar haar vertoning in Todd Matshikiza se musiekblyspel King Kong in
1959 was die deurbraak tot haar internasionale loopbaan.
Toe sy in 1960 vir haar ma se begrafnis na Suid-Afrika wou terugkeer,
kon sy nie want haar paspoort was gekanselleer.
Hierna het sy ʼn uitgesproke anti-apartheidsaktivis geword wat in 1963
die Verenigde Nasies toegespreek het. (In dieselfde jaar was haar
plate ook verban in Suid-Afrika.)
As gevolg hiervan is sy ontneem van haar burgerskap en reg om na
Suid-Afrika terug te keer.
Alhoewel haar land haar verwerp het, het die res van die wêreld haar
ondersteun en teen die einde van haar lewe het sy nege paspoorte
met ere-burgerskap in 10 lande gehad.
Sy was die eerste swart musikant wat padgegee het weens politieke
konflik in Suid-Afrika.
Sy verhuis na Londen waar sy Harry Belafonte ontmoet, wat haar
gehelp het om na die VSA te emigreer.
In 1967 was Makeba die eerste swart vrou met ʼn wêreldwye toptien-
treffer, Pata Pata.
Hierdie lied, tesame met The click song, het haar kenliedjies geword.
Ná haar egskeiding van Hugh Masekela in 1964, is sy in 1968 met die
politieke regsaktivis en leier van die Black Panther Movement, Stokely
Carmichael, getroud.
Die Amerikaanse regering het haar gedwing om die land te verlaat; sy
is na Guinee maar in 1978 is sy en Carmichael uitmekaar.
Sy ontvang die Grammy-toekenning vir Beste “Folk” Opname saam
met Harry Belafonte vir An Evening with Belafonte/Makeba.
Sy word weer wêreldbekend in 1987 met haar optrede saam met Paul
Simon tydens sy Graceland-toer.
In 1986 wen sy die Dag Hammerskjöld Vredesprys vir haar diens as ʼn
Guinese afgevaardigde na die Verenigde Nasies.
Ná Nelson Mandela se tronkvrylating in 1990, het hy vir haar ʼn brief
geskryf en gevra om na haar tuiste, Suid-Afrika terug te keer.
Sy het teruggekeer en die album Eyes on tomorrow vrygestel.
In 1992 speel sy in die film Sarafina! as die hoofkarakter se moeder,
Angelina.
In 1998 het sy ʼn wêreldtoer onderneem en uitverkoopte vertonings
gehad.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2016) MUSIEK V1 31
In 2001 ontvang sy die Otto Hahn Vredesmedalje van die Verenigde
Nasie Assosiasie van Duitsland vir uitstaande dienste gelewer t.o.v.
vrede.
In 2004 is Makeba gekies in die 38ste plek onder die Top 100 Grootste
Suid-Afrikaners.
In 2005 onderneem Makeba ʼn 14 maande-lange wêreldwye
afskeidstoer met konserte in al die lande wat sy tydens haar loopbaan
besoek het.
Sy was die eerste sanger wat Afrika-musiek tydens die 1960’s
internasionaal bekendgestel en ten toon gestel het.
Haar repertoire sluit onder andere in Engelse ballades, Portugese
fado’s, Brasiliaanse bossa novas, Hebreeuse en Jidiese melodieë,
chants uit Haïti en ander folk- en populêre style van oor die wêreld
heen.
Haar outobiografie Makeba: My Story is in 1987 gepubliseer en na
Duits, Frans, Nederlands, Italiaans, Spaans en Japannees vertaal.
Haar album Homeland (2000) was genomineer vir ʼn Grammy-
toekenning.
Haar laaste albums wat uitereik is, is Reflecting (2004) en Makeba
Forever (2006). Enige 5 feite
Letta Mbulu
Letta Mbulu is in 1942 in Soweto, Johannesburg gebore.
Suid-Afrikaanse jazz-sanger wat in Soweto grootgeword het.
Haar stem het ʼn mooie klank wat van binne na buite straal en
resoneer, en ʼn gevoel van lewensvreugde weerspieël en meestal ʼn
gevoel van hoop en geluk opkikker.
Deur ware passievolle sang, reflekteer haar stem grasie,
bekoorlikheide musikaliteit.
Weens die apartheidsregulasies in Suid-Afrika het sy in 1965 na
Amerika padgegee en haar triomfantelike terugkeer in 1991 het gewys
hoe sy van ʼn tiener in die Suid-Afrikaanse produksie King Kong in
1960 ontpop het in een van die invloedrykste sangers wat ooit Suid-
Afrika besoek het.
Haar man Caiphus Semenya wat sy tydens King Kong op toer ontmoet
het, het ʼn integrale deel regdeur haar musiekloopbaan gespeel.
In 1967 het sy haar debuutalbum, Letta Mbulu Sings, vrygestel wat
Suid-Afrikaanse townshipmusiek en Amerikaanse R&B-elemente bevat
het.
Mbulu was op toer saam met vername Amerikaanse musikante soos
die saksofoonspeler Cannonball Adderley en Harry Belafonte.
Sy het saam met Michael Jackson gewerk aan Liberian Girl op sy
album Bad.
Haar album Letta wat in 1978 vrygestel is, het weereens haar
ongelooflike sangvermoë weerspieël, en in 1984 het sy op Quincy
Jones se klankbaan in die fliek The Color Purple gesing.
Sy het ook in die 1973-film A Warm December gesing en was ʼn gas op
Soul Train se sesde seisoen.
Ná haar terugkeer na Suid-Afrika in 1991, het sy die album Not yet
uhuru uitgereik.
Regdeur haar lang ballingskap van 26 jaar het Mbulu getrou gebly aan
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
32 MUSIEK V1 (EC/NOVEMBER 2016)
Suid-Afrikaanse musiek en musikante.
In 2001 is Mbulu deur die Suid-Afrikaanse musiektoekennings
(SAMA’s) met ʼn lewenslange prestasietoekenning vereer. Enige 5 feite
Philip Tabane
Philip Nchipi Tabane is in 1934 (party bronne sê 1947) in Mamelodi
(Riverside), Pretoria gebore.
Tabane is ʼn multi-instrumentalis maar word hoofsaaklik as kitaarspeler
geëien.
Tydens sy optredes gebruik hy ʼn dipela (inheemse Venda-fluit), sy
stem, ʼn penniefluitjie, mondfluitjie en malombo-tromme.
Tabane is sedert die vroeë 1960’s betrokke by die ontwikkeling van
Suid-Afrikaanse musiek.
Hy is een van Suid-Afrika se oudste en mees gerespekteerde,
skeppende jazzkitaarspelers en orkesleiers.
Hy maak gebruik van onkonvensionele instrumentasie: Afrika-tromme
en handperkussie, wisselwerking met Tabane se unieke kitaar, stem
en fluitklanke.
Hy het in Mamelodi in ʼn musiekfamilie grootgeword. Sy ma was ʼn
tradisionele heelmeesteres wat vir hom tradisionele musiek geleer het.
Generaal Duze het hom die basiese konsepte van musiekgeletterdheid
geleer.
Hy het die kitaar vanaf 1940 bespeel en as solis opgetree tot 1958.
Hy het ʼn jazz-orkessie saam met die pianis Gideon Nzumalo gevorm.
Hierdie trio het aan die Castle Lager Jazz Kompetisie deelgeneem en
twee keer gewen.
In 1986 speel hy by die Montreux Jazzfees.
Tydens die 1970’s spandeer hy ʼn paar jaar in New York City en tree
saam met bekende jazzkunstenaars soos Herbie Mann en Charles
Mingus op.
Hy was betrokke in die anti-apartheid film Last Grave at Dimbuza.
Philip Tabane is in 1968 met ʼn eredoktorsgraad deur die Universiteit
van Venda bekroon.
Hy is met ʼn lewenslange prestasietoekenning deur die Suid-Afrikaanse
musiektoekennings (SAMA’s) vereer.
Enige 5 feite
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2016) MUSIEK V1 33
Fela Kuti
Kuti (1938-1997) is in Abeokuta, Nigerië gebore.
Hy was ook bekend as Fela Anikulapo Kuti of net Fela.
Hy was ʼn multi-instrumentalis, musikant, komponis, ʼn verwerker, ʼn
pionier van Afrobeat-musiekgenre, menseregte aktivis en politikus
afkomstig van Nigerië.
Hy kon die klavier, saksofoon, trompet, elektriese kitaar en tromme
bespeel.
Sy liedjies word meestal in Nigeriese Pidgin-Engels gesing, alhoewel
hy ook ʼn paar van sy liedjies in die Yoruba-taal sing.
Sy liedjies was lank en duur omtrent 10 tot 15 minute, met sommige
liedjies wat tot 20 of selfs 30 minute duur.
Ná hy sy in Nigerië voltooi het, het sy gesin hom in 1958 Londen toe
gestuur om medies te studeer, maar pleks daarvan het hy klassieke
musiek aan die Trinity-musiekkollege gestudeer.
In Londen het hy die musiekgroep Koola Lobitos gestig wie se naam
later hernoem is tot Nigeria 70, toe Afrika 70, en finaal Egypt 80.
Sy Afrobeat-styl is ʼn komplekse mengsel van Amerikaanse Jazz, funk
en pop vermeng met die hoë musieklewe van Wes-Afrika en
tradisionele Yoruba-musiek.
Hy trou sy eerste vrou in 1960 en hulle het drie kinders.
Hy doen ʼn vinnige opname-sessie in Las Vegas in 1969 en stel dit vry
as The ’69 Los Angeles Sessions.
In 1977 het Fela en die Afrika ’70 die album Zombie vrygestel wat
oornag ʼn voltreffer geword het.
Die groep se musiek was baie gewild onder gehore, maar het
probleme geskep vir die Nigeriese regering, in so ʼn mate dat
gewapende magte die Kalakuta Republic binnegestorm en van die
inwoners geslaan en doodgemaak het (Kuti se ma is ten tyde van die
aanval dood), alle instrumente verwoes en die gebou afgebrand het.
1978 word gekenmerk deur twee opspraakwekkende konserte, die een
in Accra waar onluste uitgebreek het tydens die uitvoering van die lied
Zombie wat gelei het tot die verbanning van Fela en sy orkes uit
Ghana weens die politieke aard van hulle musiek.
Die ander konsert was by die Berlyn Jazz-fees waarna die groep byna
ontbind het weens gerugte dat Kuti die opbrengs vir homself wou hou
vir sy presidentsveldtog, waartydens hy ʼn nuwe musiekgroep met die
naam Egypt ’80 gestig het.
Ná 20 maande se gevangenisstraf is hy vrygelaat en het hy weer saam
met Egypt ’80 musiek gemaak en baie suksesvolle konserte op sy toer
na Europa en die Verenigde State gelewer.
Hy is in 1997 dood aan ʼn Vigs-verwante siekte. Enige 5 feite
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
34 MUSIEK V1 (EC/NOVEMBER 2016)
Jonas Gwanga
Jonas Mosa Gwanga is in 1941 in Orlando East in Johannesburg
gebore.
Jazz tromboonspeler van Suid-Afrika
Sy loopbaan het begin as lid van die Jazz Epistles, ʼn groep met die
jazz-pianis Abdullah Ibrahim (toe bekend as Dollar Brand). Gwanga
het tromboon gespeel.
Toe die groep in 1959 ontbind het, het Gwanga ʼn solo-loopbaan
voortgesit.
In 1965 het hy sy verskyning gemaak in ʼn “Sound of Africa”-konsert by
Carnegie Hall in New York, saam met Miriam Makeba, Hugh Masekela
en Letta Mbulu.
Toe die Suid-Afrikaanse regering in die vroeë 1970”s wette ingestel het
wat swartes verbied het om in die publiek te vergader, het Gwanga uit
die land padgegee.
Hy het na die Verenigde State gegaan.
In 1987 en 1988 het hy saam met George Fenton die partituur vir die
film Cry Freedom van Richard Attenborough gekomponeer.
Hy het ook by die Nelson Mandela 70ste Verjaarsdag Huldeblyk-
konsert by die Wembley Stadion opgetree.
Gwanga het in 1991 na Suid-Afrika teruggekeer.
In 1997 komponeer hy die temalied vir die Olimpiese bod.
Sy outobiografie is geskryf deur die musiek-akademikus Colette
Szymczak. Enige 5 feite
Oliver Mtukudzi
Oliver Mtukudzi is in 1952 Harare, Zimbabwe gebore.
Mtukudzi is ʼn musikant, vername besigheidsman, menseregte-aktivis,
filantroop, en ʼn welwillendheidsambassadeur vir UNICEF en
verteenwoordiger van Suidelike Afrika.
Hy staan ook as Tuku bekend en is ʼn groot kitaarspeler, sanger,
voordraer en komponis.
Mtukudzi se loopbaan het in 1977 begin met die musiekgroep, Wagon
Wheels, waarvan Thomas Mapfumo ook deel was.
Later het hy sy eie groep, Black Spirits, gestig.
Buiten sy solowerk tree hy ook op saam met Mahube, Suidelike Afrika
se “supergroep”.
Mtukudzi sing in Shona, Ndebele en Engels en sy musiek is ʼn
kombinasie van tradisionele en populêre musiekelemente.
Hy was op verskeie toere in die VK, VSA en Kanada om voor groot
gehore op te tree.
Mtukudzi, anders as Mapfumo, kritiseer nie President Robert Mugabe
direk in sy musiek nie.
Sy seun, Sam Mtukudzi, ook ʼn suksesvolle musikant, is in ʼn
motorongeluk oorlede.
Hy sluit elemente van verskillende musiektradisies om sy eie
kenmerkende styl te vorm, bekend as Tuku-musiek.
Hy het al talle toekennings ontvang, soos die NAMA-toekenning vir
beste groep/kunstenaar in 2003/4 asook ʼn KORA-toekenning vir beste
manlike Afrika-kunstenaar (2003). Enige 5 feite
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2016) MUSIEK V1 35
Baaba Maal
Hy is in 1953 in Podor op die Senegalrivier gebore.
Baaba Maal is Senegal se bekendste musikant. Hy kan kitaar en
perkussie bespeel en hy sing ook.
Maal se musiek is ʼn kombinasie van raga, salsa en Bretonse
harpmusiek met lirieke meestal in Pulaar, ʼn taal wat deur die inwoners
aan weerskante van die Senegalrivier gepraat word.
Hy het sy eerste musiekonderrig van sy ma en sy skoolhoof ontvang.
Toe het hy musiek in Dakar gaan studeer, en op die ou end Parys toe
gereis om sy nagraadse studie in musiek te voltooi.
Met sy terugkeer uit Parys, het Maal begin om tradisionele musiek
saam met sy lewenslange vriend en blinde kitaarspeler Seck te
bestudeer en saam met die musiekgroep Daande Lenol gespeel.
Sy album Firin’ in Fouta gebruik ʼn vermenging van raga, salsa en
Breton harpmusiek om ʼn gewilde klank te produseer wat die loopbaan
van Positve Black Soul begin het asook die vorming van die Afro-Celt
Klanksisteem.
In 1998 neem hy Bess, you is my woman now vir die Red Hot
Organisasie se Kompilasie album.
In 2002 begin hy vir die Red Hot Organisasie te werk.
In 2007 tree Maal op by die Suid-Afrikaanse been van Live Earth-
konsert.
On The Road (compilation) (2008) is ʼn lewendige akoestiese album
wat sy vertonings oor die laaste tien jaar ten toon stel.
Hy het die titelsnit van die videospeletjie Far Cry 2 gesing.
Regdeur sy loopbaan het hy groot sukses behaal met sy
albumvrystellings en sy optredes by lewendige konserte soos
Bonnaroo en die Sierra Nevada World Music Festival. Enige 5 feite (5)
[10]
TOTAAL AFDELING B: 20
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
36 MUSIEK V1 (EC/NOVEMBER 2016)
AFDELING C
BEANTWOORD EEN VAN DIE VOLGENDE:
WESTERSE KUNSMUSIEK (VRAAG 7, 8 EN 9)
JAZZ (VRAAG 10, 11 EN 12)
INHEEMSE AFRIKA-MUSIEK (VRAAG 13, 14 EN 15)
WESTERSE KUNSMUSIEK
VRAAG 7
Kies TWEE van die volgende Romantiese werke en skryf kort programnotas oor elk.
Verwys na onder andere die volgende: spesifieke kenmerke, komposisie-elemente
en enige ander betekenisvolle inligting n.
Mendelssohn Vioolconcerto in E mineur, eerste beweging
Tchaikovsky Romeo and Juliet ballet-suite
Chopin Polonaise in A mol majeur, Op.53
Schubert Der Erlkönig
Mendelssohn: Vioolconcerto in e mineur, opus 64 eerste beweging
Hierdie concerto is geskryf vir, en opgedra aan Mendelssohn se jarelange
vriend, die violis Ferdinand David.
Die orkes wat Mendelssohn gebruik het, is heelwat kleiner as die standaard
orkes van die Romantiese tydperk.
David het Mendelssohn raad gegee oor die tegniese aspekte van die
soloparty, en Mendelssohn het baie van die instrument se tegniese vermoëns
ontgin.
Dié concerto beeld ʼn unieke samestelling van lirisme en meesterlikheid uit.
Hierdie concerto bestaan uit drie bewegings.
Die eerste beweging (Allegro molto appasionato) en derde beweging is in ʼn
standaard sonatevorm.
Goeie tussenspel tussen die solis en orkes, met temas wat tussen die twee
alterneer, skep ʼn pragtige kontras van toonkleur en uitdrukking.
In plaas daarvan dat die eerste tema met die orkes begin, begin
Mendelssohn hierdie concerto met die solis (viool), hoog bo die orkes se
begeleiding.
ʼn Wye omvang van orkestrale dinamiek wissel tussen sagte murmelings tot
fortissimo passasies.
Die concerto word gekenmerk deur ongewone kombinasies van instrumente.
Die cadenza word aan die einde van die ontwikkeling gehoor eerder as aan
die einde van die heruiteensetting.
Die heruiteensetting word saggies deur die orkes gespeel terwyl die viool
vinnige arpeggio’s speel. Enige 5 feite
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2016) MUSIEK V1 37
Tsjaikowski: die fantasie-ouverture Romeo and Juliet
Dit is op Shakespeare se verhoogstuk Romeo en Juliet gebaseer en die
beskrywing van die werk as ʼn “fantasia-ouverture” vertel klaar dat dit nie
Shakespeare se toneelstuk tot op die letter volg nie, maar ʼn vrye interpretasie
daarvan is.
Tsjaikowski wend geen poging aan om die storie deur die musiek oor te dra
nie, maar gebruik temas om die hoof drama-elemente te verteenwoordig.
Hierdie werk is ʼn voorbeeld van programmusiek.
Een van Tsjaikowski se min werke wat nie Russiese temas direk uitbeeld nie,
is die fantasie-ouverture vir Romeo en Juliet.
Romeo en Juliet is ʼn konsert-ouverture bestaande uit ʼn stadige inleiding en ʼn
vinnige deel. Die ouverture is as ʼn sonatevorm gestruktureer.
Dié werk is een beweging , met geen bedoeling om iets anders vooraf te
gaan of in te lei nie.
Dit begin met ʼn stadige inleiding in f-kruis mineur, en die aanvangstema is
geassosieer met die monnik Laurence, wie se rol is om raadgewer vir Romeo
en Juliet te wees.
Die sonatevorm bevat twee teenstellende temas.
Die eerste tema verteenwoordig die vete tussen die Montague- en die
Capulet-gesinne.
Sinkopasies en die orkestrasie, insluitend die slag van simbale, illustreer
duidelik die swaardgevegte.
Die tweede tema, die “Liefdestema”, verteenwoordig Romeo en Juliet se
liefde vir mekaar.
Daar is lang crescendo’s soos wat die melodie hoër en hoër lei na meer
passievolle orkestrale hoogtepunte.
Die liefdestema verander in ʼn dodemars.
ʼn Nuwe gesang (himne) en ʼn teer herinnering aan die liefdestema suggereer
dat Romeo en Juliet in die dood herenig is.
Die werk eindig met twee besliste akkoorde. Enige 5 feite
Chopin: Polonaise in A-mol majeur, Op. 53
Chopin was ʼn Poolse komponis en klaviervirtuoos.
ʼn Polonaise is ʼn statige prosessiedans wat deur paartjies opgevoer word.
Die polonaise word histories nouliks geassosieer met Poolse nasionalisme,
met sy edel en statige karakter wat die mees hoogaangeskrewe nasionale
sake simboliseer.
ʼn Polonaise is ʼn komposisie vir ʼn solo-instrument. Die musiek is in
enkelvoudige drietyd, en die tempo is altyd matig.
Vorm en struktuur is drieledige vorm (ABA) met ʼn inleiding en ʼn koda.
Die hooftema het ʼn wye omvang van begeleiding.
Die kontrasterende B-tema bestaan uit ʼn marsagtige melodie begelei deur
herhaalde oktawe in die linkerhand.
Die eerste tema word harder en meer dramaties gespeel en eindig met ʼn
koda wat materiaal van die hooftema insluit.
Dit is ʼn kragtige en majestueuse werk met ʼn groot dinamiek-omvang.
Dit verg ʼn hoë standaard van tegniese bekwaamheid van die pianis.
Chopin ontgin die hele omvang van die klavier om hoogs dramatiese effekte
te skep. Enige 5 feite
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
38 MUSIEK V1 (EC/NOVEMBER 2016)
Schubert Der Erlkönig
Komposisie vir solostem (tenoor) en klavier.
Klavierbegeleiding vorm ʼn integrale deel van die komponis se denkbeeld en
dien as ʼn vertolkende party vir die stem.
In dié toonsetting gebruik Schubert motiewe in die klavierbegeleiding om die
visuele beelde in die teks uit te beeld, asook die pa en seun se emosionele
toestand.
Op die mees basiese vlak verteenwoordig die hoofmotief, wat uit ʼn
herhalende triool in die klavierbegeleiding bestaan, die perd se gallop.
Daar is vier verskillende karakters: die verteller, die pa, die seun en die
Elfkoning.
Al vier karakters – verteller, pa, seun en Elfkoning – word deur ʼn enkele solis
gesing, met elke karakter in ʼn nuwe stemomvang.
Hoewel melodiese materiaal herhaal word, verander die harmoniese
struktuur gereeld en moduleer die stuk vir elke karakter.
Digkuns en musiek vermeng op ʼn intieme vlak in dié kunslied.
Dié Lied is deurgekomponeer met nuwe musiek vir elke lyn van die teks.
Der Erlkönig se musiek is vrolik en eenvoudig. Enige 5 feite
(Enige 2 × 5) [10]
EN
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2016) MUSIEK V1 39
VRAAG 8
Die Twintigste Eeu
8.1 Claude Debussy: Voiles
8.1.1 In watter styl het Debussy die musiek gekomponeer?
Antwoord: Impressionisme (1)
8.1.2 Wat is die vertaling van die Franse titel, Voiles?
Antwoord: Bootseile OF Sluier/Serp (1)
8.1.3 Op watter toonleer is die stuk gebaseer?
Antwoord: Heeltoon-toonleer (1)
8.2 Igor Stravinsky: The Rite of Spring
8.2.1 Beskryf die werk deur na die volgende elemente te verwys:
Tekstuur:
Maak dikwels van kontrapuntale teksture gebruik (polifonie)
Gebruik effektiewe digte homofoniese tekstuur in die laaste
seksie van die werk. (2)
Melodie:
Volksagtige melodieë in noue ligging.
Melodieë het ʼn klein omvang.
Gebruik fragmente wat herhaal (sekwense van kort motiewe)
met enkele veranderinge in ritme en toonhoogte.
(Enige 2 × 1) (2)
8.2.2 Watter teatrale danstipe word deur dié werk begelei?
Antwoord: Ballet (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
40 MUSIEK V1 (EC/NOVEMBER 2016)
8.3 George Gershwin: Rhapsody in Blue
George Gershwin maak van TWEE verskillende musiektegnieke in hierdie
komposisie gebruik. Noem hierdie twee tegnieke en gee ook ʼn kort
beskrywing van die werk deur te verwys na die struktuur en algemene
eienskappe.
Klassikale (Westerse kunsmusiek)- en Jazz-styl 2×½=1
ʼn Rapsodie kan beskryf word as ʼn vry-gestruktureerde werk in een
beweging. Gershwin het sowel jazz- as kunsmusiektegnieke toegepas
om ʼn vry, dog hoogs georganiseerde struktuur te skep.
Die titel beeld die musiek se vry, en fantasia-agtige blueskarakter uit.
Rhapsody in blue is gekomponeer vir klavier en orkes.
Dit is ʼn werk in een beweging en bestaan uit drie hoofseksies en ʼn
koda.
Die hooftoonsoort is B-mol majeur (Tema A); Tema B is in E-mol
majeur; Tema C is in A-mol majeur; Tema D is in C majeur.
Jazz-elemente wat in die werk gebruik word, is:
Sinkopasie en kruisritmes,
blue-note en die blues-toonleer,
drieklanke met bygevoegde tweedes en sesdes
jazz-klanke en toonhoogte-effekte (bv. wah-wah-dempers op
trompette, klap- en fladdertongwerk),
die klarinet se gly-effekte en glissando’s, asook
ragtime-ritmes en die stride-pianiste se ritmiese improvisasiestyl.
Rapsodie suggereer ʼn vry geïmproviseerde vorm, maar die struktuur,
net soos ʼn klavierkonsert, is gebaseer op kontrasterende temas wat
deur die orkes of klavier aangekondig word.
Ten minste een uitgebreide klaviersolo met gevarieerde herhalings van
die hooftema gekombineer met briljante passasies kom in elke seksie
voor. Enige 4 feite (5)
[13]
EN
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2016) MUSIEK V1 41
VRAAG 9
Kies EEN van die volgende Suid-Afrikaanse komponiste en skryf kort aantekeninge
vir Wikipedia. Sluit in biografiese feite asook stylkenmerke en werke van die
komponis.
Arnold van Wyk
MM Moerane
Hubert du Plessis
Mzilikazi Khumalo
LP Mohapeloa
Peter Louis van Dijk
SJ Khosa
BB Myataza
Biografiese detail ENIGE 3 feite
Musiekeienskappe en komposisiestyl ENIGE 3 feite
Werke – ENIGE 1 werk (1 punt)
(7 punte)
Arnold van Wyk
Biografiese besonderhede:
Arnold van Wyk is in 1916 op ʼn skaapplaas in die Calvinia-distrik van die
Noord-Kaap gebore.
Hy het op ʼn jong ouderdom al musiektalent getoon en het onder leiding van
sy suster begin klavier speel.
Ná skool in 1938 het hy as student by die Stellenbosch-
musiekkonservatorium ingeskryf en ʼn B.Mus behaal.
Hy skryf die Eeufees Kantate vir die Voortrekker Monument in Pretoria in
1983.
Hy het ʼn beurs ontvang om aan die Royal College of Music te studeer
(komposisie en klavier), waar hy gebly het tot die Tweede Wêreldoorlog
verby was.
Hy ontvang ʼn medalje van die Worshipful Company of Musicians vir die
beste student by die Royal Academy of Music in Londen.
Tydens Wêreldoorlog II het hy as ʼn vertaler en omroeper vir die BBC se
Afrikaanse afdeling in Londen gewerk.
In 1949 het hy sy loopbaan as musiekdosent aan die SA Musiekkollege in
Kaapstad begin en in 1961 is hy by die Musiekkonservatorium by die
Universiteit van Stellenbosch aangestel waar hy tot 1979 klas gegee het.
In 1972 is Van Wyk met ʼn eredoktorsgraad in musiek bekroon by die
Universiteit van Kaapstad en in 1981 by die Universiteit van Stellenbosch.
Hy is in 1983 in Stellenbosch oorlede. Enige 3 feite
Musiekeienskappe en komposisiestyl:
Sy styl is basies tonaal met fyn aanvoeling vir ʼn chromatiese verryking en
gebruik van losstaande akkoorde.
Sy styl is hoogs individueel en opvallend vry van invloede van buite.
Sy komposisies word gelei deur die melodie wat dikwels met die gebruik van
chromatiese note verander en deur dissonante spronge gekenmerk word.
Ritmes is ongekompliseerd en ʼn gevoel van improvisasie word geskep.
ʼn Opvallende kenmerk is sy fyn aanvoeling vir die stem en gebruik van ʼn ryk
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
42 MUSIEK V1 (EC/NOVEMBER 2016)
verskeidenheid klankkleure in die orkes.
Sy werk is konserwatief en hy het nooit van seriële tegniek gebruik gemaak
nie.
Ten spyte van sy reëlmatige afwisseling van polsslae, is sy ritmes relatief
ongekompliseerd. Enige 3 feite
Verteenwoordigende werke:
Eufees-cantata
Van Liefde en Verlatenheid
Rhapsody – vir orkes
Vier Weemoedige liedjies
Nagmusiek – vir soloklavier
Suiderkruis – suite vir orkes
Primavera – suite vir orkes Enige 1
(7 punte)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2016) MUSIEK V1 43
MM Moerane
Biografiese besonderhede:
Gebore in Lesotho in 1909.
Hy het komposisielesse ontvang van F.H. Hartmann, professor in musiek aan
die Rhodes universiteit.
Hy studeer Musiekgeskiedenis, Harmonie en Kontrapunt, Partituurlees en
Orkestrasie.
In 1930 het Moerane vir ʼn B.Mus.-graad aan die Universiteit van Suid-Afrika
geregistreer, en in 1941 die eerste swart B.Mus.-gegradueerde in Suid-Afrika
geword.
Hy komponeer sy simfoniese gedig Fatše la Heso ten einde sy graad te verwerf.
Fatše la Heso (My Land) is later deur die BBC Simfonie-orkes in Londen
uitgevoer.
Moerane was ʼn Sesotho-komponis, pianis, onderwyser en dirigent. Enige 3 feite
Musiekeienskappe en komposisiestyl:
Sy musiek is gebaseer op Sotho-volksmusiek.
Hy gebruik ook tradisionele Westerse musiekpatrone.
Sy grootste werk die toondig Fatše la Heso (My Land), ʼn musikale beskrywing
van die platteland waardeur die Oranjerivier vloei, is gebaseer op die volgende
liedere: ʼn lied deur ʼn soldaat, ʼn oeslied, ʼn aangepaste wiegelied en ʼn pryslied.
Al 3 feite
Verteenwoordigende werke:
Chorale (fluit, klarinet, klavier en strykers)
Sunrise
Why worry?
My Country
Fantasia
In Hout Bay
Joy Ride
Lonesome
Atamelang
Bokang Jesu
Ke rata Jehova Enige 1
(7 punte)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
44 MUSIEK V1 (EC/NOVEMBER 2016)
Hubert du Plessis
Biografiese besonderhede:
Hubert du Plessis is in 1922 in die Malmesbury-distrik (Wes-Kaap) gebore.
Hy begin klavier speel op die ouderdom van sewe en komponeer alreeds tydens
sy skooljare op Porterville.
In 1940 het hy as student by die Universiteit van Stellenbosch ingeskryf waar hy
sy BA-graad in tale en musiek verwerf het.
In 1942 begin hy met komposisielesse by die komponis William Henry Bell.
Hy het onder prof. F.H. Hartmann in Grahamstad studeer waar hy sy B.Mus.-
graad by die Rhodes-universiteit voltooi het.
Hy het tot 1951 by Rhodes-universiteit klas gegee waarna hy aan die Royal
College of Music in Londen gaan studeer het en sy onderwysers Alan Bush en
Howard Ferguson was.
Met sy terugkeer na Suid-Afrika in 1955 het hy ʼn aanstelling by die SA
Musiekkollege in Kaapstad gekry en in 1958 by die Musiekkonservatorium van
die Universiteit van Stellenbosch, ʼn pos wat hy tot met sy aftrede beklee het.
Hy het tot sy dood in 2011 in Stellenbosch gebly. Enige 3 feite
Musiekeienskappe en komposisiestyl:
Du Plessis is ʼn veelsydige en interessante komponis met ʼn uitstekende
komposisietegniek in alle genres.
Hoewel hy die dissipline van toonrye in sommige werke toegepas het en sy
werke oor die algemeen modern klink, is daar steeds ʼn verband met tradisie,
eerder as ʼn wegbreek daarvan.
Sy werke word gekenmerk deur persoonlike emosie.
Die klankeffekte het ʼn duidelike vokale benadering.
Die vorm van sy werke toon selfbeheersing en ʼn vrye toepassing van
kontrapuntale tegnieke.
In sy latere werke het hy begin om Afrikaanse volksmusiek deel van sy werke te
maak.
Du Plessis was sterk beïnvloed deur literatuur, en hy het die kleinste musikale
detail van sy werke met nougesette presiesheid afgerond Enige 3 feite
Kunstenaar en verteenwoordigende werk:
Herbst: Die Blätter Fallen
Slamse Beelde (koor, klarinet, harp en strykers)
Variasies op ʼn Volkswysie
Requiem Aeternam Sonate vir solo-tjello Enige 1
(7 punte)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2016) MUSIEK V1 45
Mzilikazi Khumalo
Biografiese besonderhede:
Hy is op 20 Junie 1932 op die plaas van die Salvation Army, KwaNgwelu, in die
Vryheid-distrik, KwaZulu-Natal gebore.
Hy het in die skoolkoor gesing en later ook gehelp met die afrigting van die
koorsoliste en primêre skool se koor.
Hy was ook ʼn lid van kerk se orkes.
Hy het sy eerste werk (Ma Ngificwa Ukufa) in 1959 gekomponeer.
Hy het sy musiekstudies voorgesit in musiekteorie, harmonie, kontrapunt, vorm
en komposisie.
Onder die leiding van Charles Norburn het hy vele gedigte van BW Vilikazi
getoonset en ook met sangonderrig by Prof. Khabi Mngoma and Zandi Casan
begin. Enige 3 feite
Musiekeienskappe en komposisiestyl:
Hy komponeer hoofsaaklik koormusiek.
Hy toonset baie gedigte van B.W. Vilakazi.
Sy epiese werk, UShaka KaSenzangakhona, kombineer Zoeloe-gedigte en
Zoeloe-liedere met die instrumentale en orkestrale tradisies van Europa.
Hy het met baie oorsese kore en komponiste met die doel om Afrika-temas en –
koortradisies aan hulle oor te dra. Enige 3 feite
Verteenwoordigende werke:
Ma Ngificwa Ukufa
UShaka KaSenzangakhona
Kwadedangendlale Enige 1
(7 punte)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
46 MUSIEK V1 (EC/NOVEMBER 2016)
JP Mohapeloa
Biografiese besonderhede:
JP Mohapeloa was ʼn Sotho-pianis, koormeester en komponis.
Hy het grootgeword en primêre onderrig ontvang in Molumong, Lesotho.
Op tien het hy sy eie koor afgerig.
Hy ontvang onderrig in teorie, sang en solfanotasie.
Ná skool het Mohapeloa deur die Universiteit van Suid-Afrika begin studeer.
Hy het baie liedere gekomponeer waarvan meer as ʼn honderd in bundels
gepubliseer is.
Hy is bekroon met ʼn eredoktorsgraad van Lettere en Wysbegeerte deur die
Universiteit van Lesotho. Enige 3 feite
Musiekeienskappe en komposisiestyl:
Sy musiek, hetsy geestelik of sekulêr, is oor die jare deur beide volwasse en
jeugkore in konserte en kompetisies gesing en geniet.
Mohapeloa het ʼn betekenisvolle bydrae tot Afrika-kultuur in die algemeen
gelewer, veral tot die Sesotho-kultuur.
Hy het moeite gedoen om die Afrika-element in sy liedere tot uiting te laat kom.
Dit was vir hom uiters belangrik om gesproke en geskrewe Sesotho te gebruik.
Sy liedere was meestal in solfanotasie geskryf. Enige 3 feite
Verteenwoordigende werke:
Pesalme 103
Meloli le Lithallere tsa Afrika I (32 liedere)
Meloli le Lithallere tsa Afrika II (32 liedere)
Meloli le Lithallere tsa Afrika III (28 liedere) Enige 1
(7 punte)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2016) MUSIEK V1 47
Peter Louis van Dijk
Biografiese besonderhede:
Péter Louis van Dijk is in 1953 in Rotterdam, Nederland, gebore..
Op 9 het hy reeds gekomponeer en die klavier, kitaar, mandolien, tenoortuba,
sousafoon en perkussie geleer speel.
Van Dijk se eerste opera, The Contract (wat hy tydelik onttrek het), is in 1973
onder sy leiding deur die Universiteit van Kaapstad se Operaskool
geproduseer.
Ná verskeie jare as musiekonderwyser het hy in 1983 sy B.Mus.-graad aan die
Universiteit van Kaapstad voltooi terwyl hy komposisie saam met Peter
Klatzow gestudeer het.
In 2004 het hy ʼn D.Mus.-graad aan die Universiteit van Kaapstad behaal.
Hy was die jongste komponis wie se werke deur die SAUK uitgesaai is.
Hy het ʼn wyd gevarieerde musiekloopbaan as komponis, uitvoerende musikus,
onderwyser en dirigent (beide radio en televisie).
Sy werke word gereeld in Suid-Afrika, Amerika, Botswana en Duitsland
uitgevoer.
Hy bly tans in Port Elizabeth in die Oos-Kaap waar hy sy vrou, Junita
Lamprecht-Van Dijk, assisteer met die onderrig van koorleiding en
dirigeertegniek op nagraadse vlak by die Nelson Mandela Metropolitaanse
Universiteit. Enige 3 feite
Musiekeienskappe en komposisiestyl:
Hy is vaardig in verskeie instrumente wat kitaar, viool, tjello, klavier, trekklavier,
blokfluit, tromboon en perkussie insluit.
Hy word dikwels opdrag gegee om werke vir spesiale geleenthede te
komponeer.
Sy komposisies verteenwoordig ʼn groot verskeidenheid genres onder andere
opvoedkundige werke soos SanScapes vir verteller, gehoor en orkes wat deur
die San geïnspireer is; baie koorwerke, sowel a capella as met
orkesbegeleiding; kamermusiek; musiek vir koperblaasensembles; musiek vir
die jeug; balletmusiek; verhoogwerke; en verwerkings van inheemse Suid-
Afrikaanse liedere vir verskeie ensembles.
Verskeie van sy werke is deur die San-kultuur geïnspireer, en een van sy
voortreflikste werke, geskryf in 1996, is die San Gloria vir koor (SATB),
kamerorkes en orrel, wat op fragmente van San-melodieë gebaseer is.
Enige 3 feite
Verteenwoordigende werke:
San Chronicle
The Selfish Giant (koor en orkes)
Follow that flute! (koor en orkes)
Horizons (vir die King’s Singers)
Bells (vir die Chicago-kinderkoor)
Magnificat (vir die NMMU-koor)
The Musicians of Bremen (koor en orkes)
Youth Requiem (koor en orkes)
About Nothing (orkes)
Windy City Songs (soliste, dubbelkoor en orkes vir die Chicago-kinderkoor)
Enige 1
(7 punte)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
48 MUSIEK V1 (EC/NOVEMBER 2016)
SJ Khosa
Biografiese besonderhede:
SJ Khosa is in 1936 in Mapaplia gebore.
Op vyfjarige ouderdom sing hy in die familie se koor en lees hy solfanotasie
vlot in die laerskool.
Hy het sy eerste werke komponeer terwyl hy op skool was.
In 1971 het SJ ʼn jaar lank in Switserland musiek gestudeer met spesialisering
in koperblaasorkeste waarvoor hy ook verskeie werke gekomponeer het.
Hy het ook ʼn M Mus-graad voltooi aan die Universiteit van Pretoria.
Hy is ʼn Tsonga-komponis en koorleier. Enige 3 feite
Musiekeienskappe en komposisiestyl:
SJ Khosa het meer as 400 liedere voltooi waarvan ongeveer 80 verwerkings
van tradisionele en volksliedere is.
In 1990 is ʼn versameling kinderliedere in Tsonga en Engels gepubliseer.
In 2003 is hy deur SARRAL aangewys as die liedkomponis van die jaar vir sy
bydrae tot koormusiek in Suid-Afrika.
In 2004 is ʼn liedboek met die titel Ndzhaka ya tinsimu (wat erfenisliedere is)
gepubliseer. Enige 3 feite
Verteenwoordigende werke:
Famban’ kahle
Matimba ya vuhimbeleri – ʼn SATB koorwerk wat beteken “die krag van sang”
Vun’we Enige 1
(7 punte)
BB Myataza
Biografiese besonderhede:
Hy is in 1912 in die Engcobo-distrik in die Oos-Kaap gebore.
Tydens sy studies was hy genomineer as die beste student in sang, bladlees
en praktiese musiekonderrig.
Van 1931 af het hy begin komponeer en ook musiekteorie-eksamens deur
die Trinity College, Londen, afgelê.
“Big Ben” Myataza was ʼn Xhosa-koormeester en komponis wat in ʼn groot
mate homself opgelei het. Enige 3 feite
Musiekeienskappe en komposisiestyl:
Skryf hoofsaaklik komposisies vir kore wat dikwels in koorkompetisies en
feeste gehoor word.
Verwerk soms bestaande Xhosa-liedere wat hy in sy komposisies gebruik.
Die gereelde huisgodsdiensaande in sy ouerhuis het sy liefde vir musiek
aangevuur. Al 3
Verteenwoordigende werke:
Ingoma phezu kodonga lomlambo
Isigwebo sethu kukufa
Lala sana iwkm – ʼn sagte slaapliedjie
Uponi – beskryf ʼn ponie, en een van sy bekendste werke Enige 1
(7 punte) [7]
OF
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2016) MUSIEK V1 49
JAZZ
VRAAG 10
Gee ʼn kort beskrywing van TWEE van die gelyste jazz-style hieronder. Jou beskrywing
moet verwys na die styleienskappe van elk, asook ten minste EEN invloedryke
kunstenaar met EEN verteenwoordigende werk.
Cool Jazz
Modale Jazz
Bebop
Hardbop
Styleienskappe ENIGE 4 feite
Kunstenaar 1
Verteenwoordigende werk 1
Cool Jazz
Styleienskappe:
ʼn Jazzstyl wat in Los Angeles, San Francisco en New York City tydens die
1950’s en 1960’s.
Cool Jazz het uit bebop ontwikkel.
Cool Jazz het die eerste keer sy naam gekry toe Miles Davis in 1948 by ʼn orkes
van nege spelers aangesluit het; ʼn nonet wat stadiger, plofbare en blues-agtige
jazz-musiek in New York uitgevoer het.
Net soos bebop ʼn reaksie teen big band-musiek was, was cool jazz ʼn reaksie
teen bebop.
“Cool” verwys na ʼn kalmer, ontspanne beheersde styl met sagter toonkleure,
stadiger tempo’s en meer ritmiese plooibaarheid.
Cool Jazz het grootliks staatgemaak op uitgebreide musiekverwerkings.
Enige 4 feite
Kunstenaar en verteenwoordigende werk:
Chet Baker – New Morning Blues
Gerry Mulligan – Walkin’ Shoes
Gerry Mulligan – Bernie’s Tune
Gerry Mulligan – Nights At The Turntable
Lee Konitz – Sub-conscious-Lee Enige 1 kunstenaar + werk
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
50 MUSIEK V1 (EC/NOVEMBER 2016)
Modale Jazz
Styleienskappe:
Modale jazz het uit cool jazz ontwikkel in die laat-1950’s en 1960’s.
Dit gebruik die sewe modusse wat in ou Westerse kunsmusiek voorgekom
het as raamwerk vir improvisasie.
Modale jazz het ʼn stadige harmoniese ritme met ʼn enkele akkoord wat vir
sestien mate kan herhaal.
Modale jazz gebruik dus eerder musikale modusse as ʼn basiese standaard
funksionele harmoniese akkoordbasis.
Pedaalpunt of dreunbas word dikwels gebruik.
Modale jazz se harmonie is gebaseer op sekere note van ʼn gegewe modus.
Vergrote klem op kleur en verminderde fokus op akkoord-oplossings
Enige 4 feite
Kunstenaar en verteenwoordigende werk (enige EEN):
Miles Davis – So What
John Coltrane – Impressions
Herbie Hancock – Maiden Voyage Enige 1 kunstenaar + werk
Bebop
Styleienskappe:
Bebop is vinnige jazz met gevorderde harmonieë.
Die term ‘bebop’ kom van die kort, onreëlmatige, sterk geaksentueerde
polsslae wat onverwags deur die bastrom uitgevoer word.
Bebop baseer op vinnige, gekompliseerde improvisasies met vinnige,
onvoorspelbare note en ongewone harmonieë.
Word gespeel deur ʼn klein orkes (4 tot 6 spelers) Enige 4 feite
Kunstenaar en verteenwoordigende werk:
John ‘Dizzy’ Gillespie (trompetblaser) – Salt Peanuts
Charlie Parker (saxofoonblaser) – Yardbird Suite
Thelonious Monk (pianis) – Misterioso Enige 1 kunstenaar + werk
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2016) MUSIEK V1 51
Hardbop
Styleienskappe:
ʼn Uitbreiding van bebop wat in die 1950’s en 1960’s ontwikkel het.
Hardbop het volkselemente uit die blues asook gospeltradisies geïnkorporeer
om musiek te skep wat soms ook as “soul” bekendstaan.
Hardbop verskil op die volgende maniere van bebop: ʼn eenvoudiger styl;
groter verskeidenheid in begeleidende patrone;
minder afhanklik van die gebruik van populêre liedvorme en
akkoordprogressie;
musiek is opgewek en kragtig en word deur donker toonkleure gekenmerk;
meer klem op swing-ritmes;
luidrugtiger en meer meewerkende ritmeseksie;
meer melodiese inhoud met herhalende begeleidings;
minder improvisasie, en hardbop het ʼn “tawwer” luim Enige 4 feite
Kunstenaar en verteenwoordigende werk:
o John Coltrane – Giant Steps (album uitgereik in 1960)
o Julian ‘Cannonball’ Adderley – Fallen Feathers
o Art Blakey – Moanin’
o John Coltrane – Mr P.C.
o Clifford Brown – Joy Spring
Julian ‘Cannonball’ Adderley – Mercy, mercy, mercy
Enige 1 kunstenaar + werk (6)
(Enige 2 × 6) [12]
EN
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
52 MUSIEK V1 (EC/NOVEMBER 2016)
VRAAG 11
Beskryf die genre/styl, belangrike kenmerke en invloedryke kunstenaar(s) van
TWEE van die volgende Jazz-style.
Fusie
Vrye en Avant-Garde Jazz
Gladde Jazz
Genre/styl 2 punte
Kenmerke 2 punte
Kunstenaar 1 punt
Fusie
Genre/styl
Sintese van jazz en rock wat ontwikkel het uit ʼn mengsel van funk en R&B-
ritmes
sowel as die klankversterking en elektroniese effekte van rockmusiek.
Word soms “jazz rock” genoem vir musiek voorgedra deur rock-bands van
die laat 1960’s en 1970’s wat jazz elemente in hulle musiek gebruik het.
Enige 2 feite
Kenmerke
Komplekse tydmaattekens
Vertoon tegniese vaardigheid in lang groepimprovisasies wat dikwels deur
hout- en koperblasers gespeel word.
Instrumente: akoestiese instrumente, sintetiseerders, elektriese klawerbord,
elektriese kitaar, elektriese baskitaar, saksofoon, trompet en tromme.
Akoestiese instrumente word dikwels met elektriese aanhangsels gespeel
wat meer speelruimte vir tonale effekte gee.
Die nuwe elektroniese instrumente het die omvang van tonale effekte
uitgebrei, en elektronika is gebruik om die toonkleure van akoestiese
instrumente te altereer.
Gebruik ʼn groot slagwerkafdeling wat instrumente van Afrika, Latyns-
Amerika of Indië insluit.
Plaas dikwels klem op die groep, eerder as op die individuele sanger of
speler, m.a.w. verskuif die fokus van die individuele speler of solis na die
groep se klank. Enige 2 feite
Kunstenaar
Miles Davis
Chick Corea
Herbie Hancock
Joe Zawinul Enige 1 kunstenaar
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2016) MUSIEK V1 53
Vrye en avant-garde jazz (“avant-jazz”)
Genre/styl
Vrye jazz is omtrent heeltemal spontaan en is nie op reëlmatige vorms en
vasgestelde akkoordpatrone gebaseer nie.
Improvisasies volg nie meer ʼn voorafbeplande patroon nie.
Avant-garde jazz het ʼn voorafbepaalde struktuur waarvolgens improvisasie
plaasvind.
Hierdie struktuur is dikwels noot vir noot vooruit gedeeltelik gekomponeer.
Beide vry en avant-garde jazz gee uitdrukking aan die “stem” of “klank” van
die musikus. Enige 2 feite
Kenmerke
Gebruik jazz-idiome
Vrye jazz is atonaal. Hiermee bedoel ons daar is geen voorafgereëlde
akkoordsekwense wat op ʼn toonsoort gebaseer is nie.
Gebruik onkonvensionele klanke op hul instrumente.
Die rol van improvisasie neem toe.
Gespeel deur ʼn kleiner groepie musikante.
Behou ʼn algemene pols en swing, maar sonder ʼn reëlmatige maatslag met
gereelde accelerando’s en ritardando’s.
Gebruik harmoniese strukture waarop die improviseerders ʼn solo speel wat
op note van die akkoorde gebaseer is.
Gebruik ʼn verskeidenheid ritmes en tempo’s, asook rubato.
Tipiese instrumente: saksofoon, trompet, tromboon, klavier, kitaar,
kontrabas en tromme.
Diatoniese, gealtereerde dominant- en bluesfrases word ook in die musiek
gebruik. Enige 2 feite
Kunstenaar
Ornette Coleman
John Coltrane (saksofoonspeler)
Charles Mingus
Miles Davis Enige 1 kunstenaar
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
54 MUSIEK V1 (EC/NOVEMBER 2016)
Gladde Jazz
Genre/styl
Ontstaan in die Verenigde State van Amerika in die vroeë 1970’s en
ontwikkel tot nou toe.
Kan ook as ʼn uitbreiding van Jazz Fusion beskou word, maar waar
kontemporêre musiek die volle aandag van die luisteraar kry, word Gladde
jazz meestal as agtergrondmusiek gebruik.
Dit was ook deur R&B-, jazz-, funk-, rock- en pop-musiekstyle beïnvloed.
Enige 2 feite
Kenmerke
Tipiese gladde jazz het ʼn stadiger tempo as fusie, van ongeveer 90 tot 106
maatslae per minuut.
Sluit dikwels geprogrammeerde ritmes of herkenbare patrone met of sonder
voorbeelde in.
Instrumente wat vir die melodie gebruik word, is gewoonlik saksofone of die
kitaar.
Kunstenaars bespeel hulle instrumente op so ʼn manier dat die melodieë
vinnig herkenbaar is.
Algemeen gesproke bevat gladde jazz minder improvisasie as ander jazz-
musiekstyle en dit fokus direk op populêre musiekgehore en die luisteraar.
Enige 2 feite
Kunstenaar
George Benson
Pat Metheny
Michael Brecker
Kenny G Enige 1 kunstenaar [10]
EN
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2016) MUSIEK V1 55
VRAAG 12
Tydens die bywoning van ʼn musiekkonferensie word jy versoek om ʼn kort inleiding
oor EEN van die volgende Suid-Afrikaanse moderne samestellings te lewer:
Maskanda
Malombo music
Disco
Bubble Gum
Kwaito
Definisies (2)
Stylkenmerke (4)
TWEE prominente kunstenaars (2)
Maskanda
Definisie:
Die woord maskanda kom van die Afrikaanse woord “musikant”
en word met Zoeloe volksmusiek geassosieer. 2 feite
Stylkemerke:
Maskanda-musiek bestaan uit ʼn lied wat gaan oor die lewenservaring van
die sanger, gewoonlik ʼn man wat sing oor sy lewenservaringe, daaglikse
plesier, hartseer, ens.
Die mense dans, speel tromme, klap hande op verskillende maniere en die
danse wat voorgedra word, beeld die distrik of area waar die maskanda
vandaan kom, uit.
Word geassosieer met kitaar - Maskanda word op akoestiese kitare met
staalsnare gespeel met plektrums om die perkussiewe klank te
beklemtoon, en daar word dikwels gesê dat dit op die “Zoeloekitaar”
uitgevoer word.
Gebruik vinnige gesproke seksies wat bestaan uit Zoeloe lofgedigte
bekend as ‘izibongo’.
Bekend as Zoeloe Blues, a.g.v. die sikliese en herhaalde pluk van snare op
die kitaar.
ʼn Tipiese maskanda-lied begin met ʼn boodskap (izihlabo) – “Dit is wat ek
gaan speel, en dit is wie ek is.” Enige 4 feite
Kunstenaars:
Zibokwakhe Johnstone Mnyanda (ook bekend as Phuzekhemisi)
Guy Buttery
Johnny Clegg Enige 2 kunstenaars
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
56 MUSIEK V1 (EC/NOVEMBER 2016)
Malombo musiek
Definisie:
Bekend as ʼn musiekgenre wat ʼn unieke Suid-Afrikaanse klank en
atmosfeer skep van ‘stowwerige townships’, geeste van die voorvaders en
die kontras van die stad se helder neonligte soos reflekteer in die elektriese
ghetto kitaarklanke van Mamelodi Township Jazz. 2 feite
Stylkenmerke:
Oor die algemeen bestaan die musiek uit losstaande, geïmproviseerde
melodieuse en ritmiese frases wat ʼn dreunsingende poëtiese teks begelei.
Word onderskei deur die gebruik van onkonvensionele instrumente soos
Tabane se unieke kitaartegniek (akoesties/semi-akoesties),
Afrika-slaginstrumente, penniefluit, blikke, fluitjies, ens.
Tabane vermeng tradisionele komposisies en kulturele temas met sy
akoestiese klanke Enige 4 feite
Kunstenaars:
Philip Tabane
Harari
Stimela (Ray Phiri se groep)
Malopoets Enige 2 kunstenaars
Disco
Definisie:
Is ʼn gesofistikeerde dans-geörienteerde rockstyl wat in die middel 1970’s
ontwikkel het.
Disko ontstaan uit soul, jazz en funk en was in klubs gespeel. 2 feite
Stylkenmerke:
Die bastrom speel op elke pols.
Gebruik elektroniese effekte en orkestrale klanke.
Enkelvoudige vierslagmaat word meestal gebruik as tydmaatteken.
Gebruik sinkopasie.
Tempo wat teen ongeveer 120 maatslae per minuut gespeel word.
Het treffende melodieë.
Vers- en koorstruktuur wat omtrent altyd met ʼn inleiding begin.
Maklike dansritmes. Enige 4 feite
Kunstenaars:
The Movers
Sipho “Hotstix” Mabuse 2 kunstenaars
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2016) MUSIEK V1 57
Bubble Gum
Definisie:
Bubble gum is ʼn ligte, populêre dansmusiek wat deur Amerikaanse disko
asook mbaqanga geïnspireer is.
Bubble gum het gedurende die 1980’s floreer en is deur die Soul Brothers
met hulle sielvolle pop beïnvloed.
Bubble gum leen idees van ‘township’-jive met stempartye verwerk as
vraag-en-antwoordpatrone wat dikwels deur klankversterkers geproduseer
word. Enige 2 feite
Stylkenmerke:
Gebruik ‘township’-dansmusiekritmes, en het ʼn opmaat-klank
Die styl kombineer jive en volksidiome.
Liedjies het koorgedeeltes wat tipies saamgesing word.
Eenvoudige akkoorde en harmonieë
Herhaalde ‘riffs’
Die sang behels frases waarin die vraag en antwoord idioom ʼn belangrike
rol speel.
Sintetiseerders, klawerborde, elektroniese slagwerk en monsternemers is
die kenmerkende instrumente van die bubble gum-styl. Enige 4 feite
Kunstenaars:
The Soul Brothers
Brenda Fassie
Chicco Twala
Yvonne Chaka Chaka Enige 2 kunstenaars
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
58 MUSIEK V1 (EC/NOVEMBER 2016)
Kwaito
Definisie:
Kwaito kom van die Afrikaanse woord “kwaai”. Dit kan intens beteken of
streng, maar in Afrikaanse sleng kan dit ook baie cool beteken
(byvoorbeeld “dis kwaai”).
Ontstaan tydens die 1990’s in die townships van Suid-Afrika.
Staan ook bekend as ‘house’-musiek. Enige 2 feite
Stylkenmerke:
Die vroegste voorbeelde van kwaito-musiek is deur ʼn polsende bas
gekenmerk met ander ritmiese patrone wat in siklusse herhaal word, en
sodoende die invloed van inheemse dansritmes weerspieël.
Die taalgebruik in kwaito is isicamtho wat bekend is as ʼn Suid-Afrikaanse
‘township-sleng’.
Gebaseer op house-musiek polsslae, maar gebruik ʼn stadiger tempo.
Diep baslyne wat dikwels deur manne gesing word.
Gebruik min instrumente.
Lirieke word meer gesing-praat (chant) as gesing of –rap.
Nabootsing van hip-hop en rap word dikwels gebruik.
Geassosieer met musiek wat ʼn kulturele boodskap dra.
Instrumente: sintetiseerder, ‘sampler’, slagwerk, vokale en ‘drum machine’
(elektriese tromme).
Die lirieke van baie populêre kwaito-liedjies fokus op dans en reflekteer
eerder die ingesteldheid om genot te ervaar i.p.v. betrokke te raak by die
politieke kwessies van die tyd. Enige 4 feite
Kunstenaars:
Oscar waRona
M’du Masilela
Mandoza
Arthur Mafakote
Chiskop
Zola
Bongo Maffin Enige 2 kunstenaars [8]
OF
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2016) MUSIEK V1 59
INHEEMSE AFRIKA-MUSIEK
VRAAG 13
Gee ʼn kort oorsig oor die volgende TWEE deskundiges op die gebied van
Inheemse Afrika-Musiek. Sluit in spesifieke stylkenmerke:
Mama Madosini
Princes Magogo
Mama Madosini
Sy maak gebruik van antieke Afrika tradisionele progressies wat bestaan
uit twee akkoorde, ʼn heeltoon uit mekaar.
Haar musiek wek gevoelens en idees van ʼn geskiedkundige leefstyl op.
Sy begelei haarself op die uhadi (musiekboog), isitolotolo (kaakharp of
mondharp) en umrhube (mondboog).
Sy sing in Xhosa en haar melodieë volg die melodiese kurwe van die
gesproke woord.
Sy maak gebruik van botone en
haar melodieë baseer op ʼn toonleer soortgelyk aan die lidiese modus.
Enige 5 feite
Princes Magogo
Prinses Magogo komponeer Zoeloe klassieke musiek.
Prinses Magogo was ʼn sanger en sy het die ugubhu (ʼn geboë
snaarinstrument met ʼn kalbas as resonator) asook die isithontolo (ʼn soort
boog) gespeel.
Sy het ʼn groot bydrae gelewer tot die ontwikkeling van tradisionele musiek.
Prinses Magogo lewer ʼn uitstaande bydrae tot die behoud en ontwikkeling
van tradisionele musiek in Suid-Afrika. Sy het baie jong sangers opgelei en
die behoud van tradisionele Zoeloemusiek verseker.
Sy het tradisionele rolle uitgedaag, eers deur as ʼn lofsanger (imbongi) op te
tree, ʼn rol wat tradisioneel deur mans beklee word, en toe deur publieke
uitvoerings te lewer.
Haar werke bestaan grotendeels uit bestaande Zoeloe-liedere en
volksverhale.
Prinses Magogo het baie bestaande Zoeloeliedere en volksverhale hersien
en geïmproviseer, en uitgebrei met begeleidings deur die ughubu.
Sy voorsien ʼn verbintenis aan die Zoeloe-kultuur erfenis. Prinses Magogo
self is as ʼn deskundige beskou op die gebied van Zoeloemusiek en
Zoeloetradisies, geskiedenis en volkskunde. Enige 5 feite [10]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
60 MUSIEK V1 (EC/NOVEMBER 2016)
VRAAG 14
Skryf ʼn opstel oor EEN van die volgende moderne musiekblyspele:
Ipi Tombi
African Footprint
Africa Umoja
Sarafina!
uMabatha
Jou opstel moet die volgende insluit:
storielyn
karakters
musiekstyl
biografiese besonderhede
oorsprong
Ipi Tombi
Dit is ʼn feesviering van swart Suid-Afrikaanse kultuur deur vrolike danse en
musiek van inheemse oorsprong.
Die storie begin in ʼn klein dorpie met donderende seremoniële danse in
kleurvolle stamklere.
Die primitiewe storie is eg Suid-Afrikaans en die werk is geadverteer as ʼn
’Afrika-dans feesviering’.
Ipi Tombi – wat beteken “Waar is die meisies?” – is ʼn verhaal van ʼn jong
Zoeloe-stamlid wat besluit om stad toe te gaan op soek na ʼn beter lewe.
ʼn Liefdesverhaal ontwikkel tussen ʼn meisie van die dorp en ʼn jong man wat
by die myne gaan werk het.
Terwyl haar geliefde reis vanaf die platteland na die stad verander die
stamseremonies in “break dancing”, jubelende Suid-Afrikaanse rock en roll
asook “gospel”-sang.
Die jeug, wat tussen die dorpie se oorsprong en stedelike versoekings
staan, verpersoonlik die essensiële Afrika konflik tussen die antieke en
moderne wêrelde.
Die skouspelagtige troue tussen die seun en sy meisie simboliseer ʼn
huwelik van stam- en stedelike kulture.
Van die onvergeetlike items is die kobradans met hipnotiserende gloei-in-
die-donker kostuums, asook ʼn gospel-halleluja-koor wat die gehoor laat
dawer.
Ipi Tombi kan as ʼn nasionale opera van Suid-Afrika beskou word.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2016) MUSIEK V1 61
African Footprint
African Footprint herdenk Afrika-danse en is om hierdie rede ook ʼn
dansrevue eerder as ʼn musiekblyspel.
Dit is ʼn vertoning wat deur kort danstonele bymekaar gehou word wat elk ʼn
Afrika-kultuur verteenwoordig.
Daar is ook baie tromme wat gespeel word en ballades om die tempo te
varieer.
Dit vermeng die hipnotiese hartslag van die Afrika-trom; die opwindende
pennefluit; die inspirerende woorde van Don Mattera met kwêla-jive;
En dit vermeng tradisionele gumboot; “tap”-danse; kontemporêre ballet; en
hip-hop pantsula in ʼn plotselinge ontploffing van sang en dans.
Die produksie het meer as 3 800 vertonings gehad sedert sy debuut by die
Gold Reef City Globe-teater in Mei 2000.
Bygenaamd as “Die Volk se Musiekspel” deur resensente in Noord-
Amerika, Europa en die Verre Ooste, het dié produksie van die
oorspronklike 12 dansers en vier tromspelers tot ʼn geselskap van 34
gegroei.
Verskillende dansstyle is gebonde aan ʼn historiese konteks met die skakel-
verteller wat die digkuns van die vername digter van Sophiatown in
Johannesburg, Don Mattera betrek in dié 90-minuut-lange musiekspel.
Uitvoerende vervaardiger Richard Loring skat dat die lang durende treffer
meer as 200 Suid-Afrikaanse spelers in die internasionale kollig geplaas het
tydens sy suksesvolle oorsee toere.
Africa Umoja
Africa Umoja is ʼn dansskouspel wat nie ʼn musiekblyspel is nie, maar liewer
ʼn revue met ʼn vertoonvenster vir dansers.
Africa Umoja vertel die verhaal van Suid-Afrikaanse inheemse musiek – van
die vroeë ritmes tot kwaito.
Africa Umoja vertel die vermaaklike en lewensveranderende storie van ʼn
groep verarmde Samboeroe vroue in Noord-Kenia wat hul lewens verbeter
tot deur hul eie vrouegemeenskap en dorpie te stig.
Rebecca lolosoli, ʼn charismatiese kruisvaarder vir vroueregte, bring die
vroue saam om ʼn dorpie van Umoja (eenheid) op ʼn onbesette veld in die
droë graslande te vestig.
Die voue begin hul eie toerisme-dorpie, maar het vinnig misluk weens ʼn
gebrek aan Engels vaardighede en beperkte vaardighede in die maak van
juweliersware.
Die manne probeer egter om die toeriste te stop wat by Umoja arriveer en
begin om die dorpie daagliks te roof.
Die vroue probeer egter hul bes om die dorpie aan die gang te hou deur dag
en nag te werk.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
62 MUSIEK V1 (EC/NOVEMBER 2016)
Sarafina!
Sarafina! is gebaseer op die Soweto-skoolopstande wat op 16 Junie 1976
plaasgevind het.
In 1992 is dit in ʼn soortgename suksesvolle film verwerk met Whoopi
Goldberg asook die oorspronklike “Sarafina”, Leleti Khumalo, in die
hoofrolle.
Die musiekblyspel was die eerste keer in Januarie 1988 op Broadway in
New York opgevoer.
Mbongeni Ngema (gebore in Zoeloeland) is ʼn vername dramaturg en
draaiboekskrywer wat bekendheid verwerf het vir Sarafina! waarvan hy die
boek, musiek en die lirieke geskryf het.
Die musiekblyspel is die eerste keer in 1987 in Suid-Afrika vervaardig by die
Markteater in Johannesburg.
Leleti Khumalo het ʼn Tony-toekenning-nominasie vir Beste Aktrise in ʼn
Musiekblyspel ontvang.
ʼn Verteller stel verskeie karakters onder andere die skoolmeisie en aktivis,
Sarafina bekend.
Chaos breek uit wanneer verskeie leerlinge deur polisiemans geskiet word.
Die musiekblyspel eindig met ʼn opwindende opvoering deur die leerders
wat die skool verlaat.
Ná die aanvanklike chaos en uiterste verknorsing van die polisie om
leerders te skiet wat betoog teen dit wat hulle glo hul reg is – om die beste
moontlike opvoeding te ontvang – en die intense hartseer tydens die
begrafnisdienste, verskyn daar ʼn ligpuntjie.
Die musiekblyspel word met die lied “Freedom is near” afgesluit.
uMabatha
uMabatha (die Zoeloe-Macbeth) is in 1970 deur Msomi geskryf.
Dit is ʼn verwerking van Shakespeare se Macbeth in die Zoeloe-kultuur van
die vroeë 19de eeu, en vertel hoe Mabatha vir Dingaan verslaan het. Die
storielyn van Macbeth is nie gedupliseer nie.
Vertel ʼn storie van Shaka die Zoeloe-koning se gulsigheid en verraad.
Shaka het roekeloos opgetree om te bereik wat hy wou en hy het
enigiemand vermoor wat in sy pad gestaan het.
Stamdanse maak gebruik van Zoeloe-klere en geheimsinnige taal soos in
tradisionele gebruike.
Maskers, smeekdanse, geestesbeswering, uittarting en minagting bou die
storie van tradisie, towerkuns en rituele.
uMabatha speel af in die Zoeloe-nasie se kultuur tydens die laat 1700’s tot
die vroeë 1800’s, tydens die bewind van die Zoeloe-konings Shaka en
Dingaan.
Die eerste opvoering was in 1971 by die Universiteit van Natal se
buitelugteater.
In 1972 was dit gepremière by die Royal Shakespeare se Aldwych-teater in
Londen.
[9]
EN
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2016) MUSIEK V1 63
VRAAG 15
15.1 Skryf ʼn kort paragraaf waarin jy DRIE vokale tegnieke bespreek. Noem die
tegniek en gee ʼn beskrywing van elk.
Krepitasie
Dit is ʼn klanktegniek wat dikwels saam met vokaalwysies en
mondtromspel gebruik word.
Dit kom dikwels as ʼn “rou” vokale klank voor.
Onomatopeïese sang
ʼn Woord wat die klank wat dit beskryf, naboots of verteenwoordig
word onomatopeïes genoem.
Deur dit te sing behels geluide wat klanke naboots en dit word
onomatopeïese sang genoem.
Ululasie
Wanneer ʼn mens ululeer, word die “gehuil” geskep deur ʼn harde
stemklank soos la te maak terwyl jou tong vinnig agtertoe en
vorentoe in jou mond beweeg.
Die kleintongetjie vibreer ook vinnig.
1 Punt vir noem van vokale tegniek
1 Punt vir beskrywing van vokale tegniek (6)
15.2 Definieer die volgende terme:
15.2.1 Fonestetika
Gebruik van klanke wat ander idees of instrumente
verteenwoordig (2)
15.2.2 Taboes
Om iets as heilig en verbode te verklaar
ʼn Verbanning veroorsaak deur sosiale persoonlikheid of
emosionele weersin (3)
[11]
TOTAAL AFDELING C: 30
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
64 MUSIEK V1 (EC/NOVEMBER 2016)
AFDELING D
Kandidate wat in WESTERSE KUNSMUSIEK spesialiseer, moet VRAAG 17
EN VRAAG 18 beantwoord.
Kandidate wat in JAZZ spesialiseer moet VRAAG 16 EN VRAAG 18
beantwoord.
Kandidate wat in INHEEMSE AFRIKA-MUSIEK spesialiseer moet VRAAG 16
EN VRAAG 17 beantwoord.
VRAAG 16: OORSIG VAN WESTERSE KUNSMUSIEK
Kies ʼn beskrywing/definisie van KOLOM B wat ooreenstem met die musiek-
term/genre/styl in KOLOM A. Skryf slegs die letter (A tot E) in die spasie wat
voorsien word op die antwoordblad, bv. 16.6 F.
KOLOM A (MUSIEK-
KOLOM B (BESKRYWING)
TERM/GENRE/STYL)
16.1 Simfonie A ʼn Klawerbordinstrument wat hoofsaaklik tydens
die Barokperiode gebruik is
16.2 Homofonie B Komponeer in die Impressionistiese styl
16.3 Stryktrio C ʼn Grootskaalse werk vir orkes
16.4 Debussy D Bestaan uit ʼn Viool, Altviool en Tjello
16.5 Klavesimbel E ʼn Duidelike melodie met akkoordbegeleiding
ANTWOORDE:
16.1 C (1) 16.2 E (1) 16.3 D (1)
16.4 B (1) 16.5 A (1) [5]
VRAAG 17: OORSIG VAN JAZZ
Kies ʼn beskrywing/definisie van KOLOM B wat ooreenstem met die musiek-
term/genre/styl in KOLOM A. Skryf slegs die letter (A tot E) in die spasie wat
voorsien word op die antwoordblad, bv. 17.6 F.
KOLOM A (MUSIEK-
KOLOM B (BESKRYWING)
TERM/GENRE/STYL)
17.1 Joplin A Bestaan uit verlaagde 3de, 5de en 7de note
17.2 Bebop B ʼn Beklemtoning of aksent op die swak polsslae in
ʼn maat
17.3 Improvisasie C ʼn Komponis van Ragtime
17.4 Sinkopasie D ʼn Styl bestaande uit vinnige akkoordveranderings
en ingewikkelde melodieë
17.5 Blues-toonleer E Kuns om musiek te skep en spontaan voor te dra
ANTWOORDE:
17.1 C (1) 17.2 D (1) 17.3 E (1)
17.4 B (1) 17.5 A (1) [5]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2016) MUSIEK V1 65
VRAAG 18: OORSIG VAN INHEEMSE AFRIKA-MUSIEK
Kies ʼn beskrywing/definisie van KOLOM B wat ooreenstem met die musiek-
term/genre/styl in KOLOM A. Skryf slegs die letter (A tot E) in die spasie wat
voorsien word op die antwoordblad, bv. 18.6 F.
KOLOM A (MUSIEK-
KOLOM B (BESKRYWING)
TERM/GENRE/STYL)
18.1 Botoonsang A ʼn Sangstyl waarin ʼn solis ʼn frase sing waarna die
koor met ʼn antwoordfase reageer
18.2 Uhadi B Gelyktydige gebruik van twee of meer opvallend
kontrasterende ritmes in verskillende partye van ʼn
komposisie
18.3 Poliritme C Dansmusiek met ʼn mengsel van Dixieland en
Ragtime met herhalende melodieë
18.4 Marabi D ʼn Fundamentele noot word gesing terwyl ʼn hoë,
eteriese melodie bokant dié grondtoon geskep word
deur sekere botone te versterk
18.5 Roep en E ʼn Instrument van die Xhosas bestaande uit ʼn boog,
Antwoord ʼn snaar en ʼn kalbasresonator
ANTWOORDE:
18.1 D (1) 18.2 E (1) 18.3 B (1)
18.4 C (1) 18.5 A (1) [5]
TOTAAL AFDELING D: 10
GROOTTOTAAL: 120
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Study this subject
Revise the topics in this paper, then practise them question by question.
Recommended for this subject
More papers and memos for this grade and subject.

Memorandum
Music Grade 11 P1 Eastern Cape November 2018 Memo (Afrikaans)

Memorandum
Music Grade 11 Paper 1 Eastern Cape November 2018 Memo (English)

Memorandum
Music Grade 11 Paper 2 Eastern Cape November 2018 Memo

Memorandum
Music Grade 11 Paper 2 Eastern Cape November 2018 Memo

Memorandum
Music Grade 11 Paper 1 Eastern Cape November 2017 Memo

Memorandum
Music Grade 11 Paper 1 Eastern Cape November 2017 Memo
Related documents

Memorandum
Music Grade 11 Paper 1 Eastern Cape November 2016 Memo

Question paper
Music Grade 11 Paper 1 Eastern Cape November 2016 Question Paper

Question paper
Music Grade 11 Paper 1 Eastern Cape November 2016 Question Paper

Memorandum
Music Grade 11 P2 Eastern Cape November 2016 Memo (Afrikaans)

Memorandum
Music Grade 11 Paper 2 Eastern Cape November 2016 Memo (English)

Memorandum
Music Grade 11 Paper 1 Eastern Cape November 2015 Memo
More from Grade 11 Music

Annual teaching plan
Gr 11 Mus WAM ATP 2023 24

Annual teaching plan
Gr 11 Mus Jazz ATP 2023 24

Annual teaching plan
Gr 11 Mus IAM ATP 2023 24

Question paper
Music Grade 11 P1 Eastern Cape November 2018 Question Paper (Afr)

Question paper
Music Grade 11 P1 Eastern Cape November 2018 Question Paper (Eng)

Question paper