Skip to content
Study guide

Gr12 Ekonomie Studiegids LR

Grade 12 Economics study guide, 184 pages. Read online or get the free PDF download.

Subject: EconomicsGrade 12184 pages
Download

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Ons moet daar wees om ons leerders te help Via Afrika Graad 12 Onderwysersgids verstaan hoe die lewe werk, en hulle aanmoedig aangesien dinge nie altyd sal wees soos hulle dit wil hê nie. Ons moet in staat wees daartoe om hulle te Ekonomie leer dat daar uitdagings is, en dat hulle geduldig moet wees. Indien jy hierdie groter prentjie vir hulle skets, sal jy verbaas wees: môre kan een van hulle na jou toe aangery kom in ‘n groot motor, en sê, “Weet jy, ek is wie ek is as gevolg van jou.” Graad 12 Studiegids — Pumza Mushanganyisi, Onderwyser C. Chaplin, I. Badenhorst, G.S.T. Mabaso, H.S.S. Tshabalala Via Afrika verstaan en waardeer jou bydrae as onderwyser en wil jou graag ondersteun. Jy het die belangrikste taak in die Via Afrika Ekonomie onderwys, en ons besef dat jou verantwoordelikhede veel meer as bloot die onderrig van leerinhoude behels. Ons het ons bes gedoen om jou tyd te bespaar en jou lewe te vergemaklik. Ons is trots dat ons jou kan help om hierdie vak suksesvol aan te bied. Hier volg ’n paar kenmerke van hierdie nuwe reeks: 1. Die reeks is volgens die Nasionale Kurrikulum- en Assesseringsbeleidsverklaring (“CAPS”) geskryf. Kyk op bladsy 4 hoe ons aan die vereistes van CAPS voldoen. 2. ‘n Moontlike werkskedule is ingesluit. Kyk op bladsy 5–6 hoeveel tyd dit jou kan bespaar. 3. Elke onderwerp begin met ‘n oorsig van wat onderrig word en die hulpbronne wat jy benodig. Kyk op bladsy 21 hoe dit jou met jou beplanning sal help. 4. Daar is advies oor die voorgestelde pas wat jou sal help om die hele jaar se werk betyds af te handel. Bladsy 21 wys jou hoe dit gedoen word. 5. Ons gee by elke onderwerp raad oor hoe om konsepte bekend te stel en hoe om leerders met steierwerk voor te berei en te ondersteun. Kyk op bladsy 21 vir ‘n voorbeeld. 6. Al die antwoorde word gegee; jy bespaar dus tyd omdat jy nie die oefeninge self hoef uit te werk nie. Kyk op bladsy 22 vir ‘n voorbeeld. 7. ‘n CD propvol hulpbronne is ook ingesluit om jou met onderrig en assessering te help. Sien die binnekant van die voorblad. Die bypassende Leerderboek bevat die volledige inhoud wat jou leerders moet bemeester. Dit is in toeganklike taal geskryf wat dit vir leerders maklik maak om te leer. Die opwindende ontwerp en uitleg van die Leerderboek sal leerders se belangstelling aanwakker, hulle inspireer om te leer en die onderrigtaak vir jou aangenaam maak. Ons wil graag hoor hoe dit met jou onderrig gaan. Stuur jou terugvoer per epos aan ons by ekonomie@viaafrika.com of besoek ons onderwysersforum by www.viaafrika.com. Language: Afrikaans www.viaafrika.com
C. Chaplin St ud ie gids Ekonomie Grade 12 ISBN: 978-1-41546-311-6
Kwartaal 1 Kwartaal 1 ........................................................................................................... 1 1 Ekonomiese Kringloop ...................................................................................... 1 2 Sakesiklusse.................................................................................................. 15 3 Openbare Sektor ........................................................................................... 23 4 Ekonomiese groei en ontwikkeling: Buitelandse valutamark (Globalisering).........32 Kwartaal 2 ......................................................................................................... 41 1 Ekonomiese Stelsels: Beskerming en vryhandel (Globalisering) ........................ 41 2 Dinamika van markte: Volmaakte markte ......................................................... 47 3 Dinamika van markte: Onvolmaakte markte ................................................ .....62 4 Dinamika van makrte: Markmislukkings..............................................................71 Kwartaal 3 ......................................................................................................... 76 1 Ekonomiese groei en ontwikkeling................................................................... 76 2 Ekonomiese groei en ontwikkeling: Nywerheidsontwikkelingsbeleide............... 82 3 Ekonomie: Basiese begrippe en kwantitatiew elemente: Ekonomiese- en sosiale ... prestasieaanwysers..............................................................................................89 4 Ekonomiese kwessies van die dag: Inflasie.........................................................94 5 Toerisme en ekonomiese regstelling:Omgewinsvolhoubaarheid.............. ........102 6 Basiese ekonomiese probleem: Omgewingsvolhoubaarheid..............................110 Antwoorde ....................................................................................................... 114 Antwoorde Kwartaal 1-3 ..................................................................................... 114 Eksamenvraestelle ...........................................................................................153 Eindeksamen vraestel: Makro-Ekonomie ............................................................153 Eindeksame vraestel: Mikro-Ekonomie.................................................................160 Memorandum: Makro-Ekonomie..........................................................................166 Memorandum: Mikro-Ekonomie...........................................................................172 © Via Afrika Uitgewers >> Ekonomie 1
Kwartaal 1 Onderwerp 1 Ekonomiese Kringloop Oorsig In hierdie onderwerp word die ekonomiese kringloopmodel in 'n oop ekonomie en die verskillende markte wat ekonomiese aktiwiteite fasiliteer, bespreek. Dit behels ook nasionale rekening-groottotale en -omskakelings, en die vermenigvuldiger-effek in die ekonomie. In hierdie onderwerp gaan jy leer van: • die ekonomiese kringloopmodel in ’n oop ekonomie • die markte • nasionale rekening-groottotale en -omskakelings • die vermenigvuldiger. Die markte Die kringloopmodel • Goederemark • Die deelnemers • Die vloeie • Faktormark • Finansiële mark • Buitelandse valutamark • Vloeie deur verskillende markte Nasionale rekening-groottotale en omskakelings Die vermenigvuldiger • Betekenis van die vermenigvuldiger • Basiese pryse • Die vermenigvuldigerproses in 'n tweesektormodel • Faktotkoste • Die vermenigvuldiger-effek in 'n grafiese • Markkoste vorm • BNI • Die vermenigvuldigerproses in die drie- en • GDP viersektormodelle © Via Afrika Uitgewers >> Ekonomie 2
Kwartaal 1 Eenheid 1 Die oop ekonomiese kringloopmodel Inleiding Die kringloopmodel wys vir ons hoe die ekonomie funksioneer deur die verhouding in die ekonomie tussen produksie, inkomste en besteding te illustreer. As verbruikers moet ons keuses doen omdat daar skaars hulpbronne is om ons onbeperkte behoeftes en begeertes te bevredig. Makro-ekonomie verduidelik hoe die ekonomie in die geheel funksioneer, terwyl mikro-ekonomie verduidelik hoe spesifieke elemente van die ekonomie funksioneer, byvoorbeeld invoerders, verbruikers, ens. 1. Die volledige diagram Die kringloopdiagram van 'n oop ekonomie toon die werking van 'n ekonomie wat oop is vir buitelandse handel. Suid-Afrika het 'n oop ekonomie omdat ons met ander lande handeldryf. 1.1 Deelnemers Die vloeie van produksie, inkomste en besteding word deur vier deelnemers beïnvloed: huishoudings (verbruikers), maatskappye (sakeondernemings), die owerheid (openbare sektor) en die buitelandse sektor. 1.1.1 Huishoudings In ekonomie is 'n huishouding enige aantal mense wat saam woon en gesamentlik ekonomiese besluite neem. 'n Huishouding kan uit een persoon of 'n aantal persone bestaan. Hulle verkoop hul produksiefaktore (produktiewe hulpbronne) aan die faktormark. Die produksiefaktore word deur maatskappye gekoop om goedere en dienste te lewer. Huishoudings bestee die inkomste wat hulle verdien om goedere en dienste van maatskappye te koop. Ons noem besteding aan goedere en dienste verbruiksbesteding (C). Huishoudings bestee nie al hul geld aan goedere en dienste nie. Hulle hou hul spaargeld (S) by finansiële instellings soos banke en versekeringsmaatskappye. Hulle betaal ook belasting (T) aan die regering in verskillende vorme soos belasting op toegevoegde waarde of inkomstebelasting. 1.1.2 Maatskappye Maatskappye lewer die goedere en dienste wat deur ander deelnemers soos huishoudings gekoop en verbruik word. Ten einde dit te doen, koop hulle produksiefaktore van huishoudings. In ruil vir die goedere en dienste wat hulle produseer, verdien maatskappye inkomste. 1.1.3 Die owerheid © Via Afrika Uitgewers >> Ekonomie 3
Kwartaal 1 Die owerheid koop produksiefaktore in die faktormark om goedere en dienste vir die publiek te produseer. In ruil vir openbare goedere en dienste betaal maatskappye en huishoudings belasting aan die owerheid. 1.1.4 Buitelandse sektor Die buitelandse sektor bestaan uit invoere en uitvoere van goedere en dienste. Invoerders koop goedere en dienste by ander lande, terwyl uitvoerders goedere en dienste aan ander lande verkoop. 1.2 Reële vloei en geldvloei Die kringloopmodel wys vir ons die reële vloei en geldvloei. Die vloei van goedere en dienste tussen die verskillende deelnemers word reële vloei genoem. Voorbeelde hiervan is die vloei van: • produksiefaktore vanaf huishoudings na maatskappye • goedere en dienste vanaf maatskappye en die buitelandse sektor na huishoudings. Die vloei van geld wat verdien en bestee word onder die verskillende deelnemers word die geldvloei genoem. Voorbeelde hiervan is die vloei van: • betaling vir produksiefaktore in die vorm van huur, wins, lone en salarisse en rente vanaf maatskappye na huishoudings • betaling vir goedere en dienste deur die owerheid. Dit is belangrik om te onthou dat daar vir elke geldvloei 'n reële vloei is en dat reële vloeie en geldvloeie in teenoorgestelde rigtings beweeg. © Via Afrika Uitgewers >> Ekonomie 4
Kwartaal 1 [ Geld en goedere vloei in 'n geslote ekonomie 1.3 Lekkasies en inspuitings Daar is altyd onderbrekings in sowel die reële vloei as die geldvloei wat veroorsaak word wanneer daar inspuitings in of lekkasies uit die ekonomie is. 1.3.1 Lekkasies 'n Lekkasie kom voor wanneer geld die kringloop verlaat en die bedrag geld wat in sirkulasie in die ekonomie is, verminder. Daar is drie tipes lekkasies: • Spaargeld (S): Sommige huishoudings bestee nie al hul geld nie en spaar daarvan. Hierdie geld gaan na 'n finansiële instelling, byvoorbeeld 'n bank. • Belastings (T): Huishoudings en maatskappye betaal belastings aan die owerheid, byvoorbeeld belasting op toegevoegde waarde (BTW) en inkomstebelasting. Die bedrag belasting verminder die besteebare inkomste van huishoudings wat dus minder geld bestee aan goedere en dienste. • Invoere (M): Dit verteenwoordig besteding aan buitelandse goedere en dienste. Geld word aan sirkulasie onttrek en gaan na buitelandse markte om vir die invoere te betaal. 1.3.2 Inspuitings 'n Inspuiting vind plaas wanneer geld die kringloop binekom en die bedrag geld in sirkulasie in die ekonomie verhoog. Dit kan op drie maniere gebeur: Staatsbesteding (G): Die staat bestee geld aan goedere en dienste om ekonomiese en maatskaplike dienste en infrastruktuur te voorsien, byvoorbeeld hospitale, skole, damme en paaie. 'n Toename in staatsbesteding verhoog die besteding aan goedere en dienste, en die vloei van besteding, produksie en inkomste neem toe. © Via Afrika Uitgewers >> Ekonomie 5
Kwartaal 1 • Belegging (I): Dit is die geld wat deur maatskappye bestee word om kapitaalgoedere te koop. Hulle bekom lenings by finansiële instellings om 'n aanleg, toerusting en eiendom te koop. Hulle kan ook hierdie geld gebruik om voorraad op te bou en om intermediêre goedere of grondstowwe te koop. Waneer daar 'n toename in beleggings is, neem die vloei van besteding, produksie en inkomste toe. • Uitvoere (X): Geld vloei in die kringloop in uit ander lande. Namate meer goedere en dienste aan lande in die buiteland verkoop word, word meer buitelandse valuta verdien. Dit saldie imkomste, besteding en produksie verhoog. 1.4 Modelvergelykings As lekkasies (L) en inspuitings (J) gelyk is, sal die inkomste konstant wees. Dit word soos volg uitgedruk: L=S+T+M=G+I+X Produksie, inkomste en besteding kan soos volg uitgedruk word: Produksie = inkomste = besteding. P=Y=E witeit 2 Bruto nasionale besteding (BNB) word soos volg bereken: Finale verbruiksbesteding deur huishoudings (C) + Bruto kapitaalvorming (I) + Finale verbruiksbesteding deur die algemene owerheid (G). BNB = C + I + G, waar C, I en G invoere insluit en uitvoere uitsluit. BBP teen markpryse (mp) = BNB + (X – M) = C + I + G + (X – M) © Via Afrika Uitgewers >> Ekonomie 6
Kwartaal 1 Eenheid 2 Die markte 1. Goederemark Die goederemark (ook bekend as die produkmark) voorsien goedere en dienste in ruil vir geld. Huishoudings, die owerheid, maatskappye en die buitelandse sektor koop goedere en dienste wat in die goederemark aangebied word. Hoewel daar baie verskillende markte in die makro-ekonomie is, groepeer ons al hierdie markte saam en beskou die goederemark as een mark. Ons noem dit versameling. 2. Faktormark Die produksiefaktore word in die faktormark gekoop en verkoop. Die produksiefaktore word vir geld geruil. 3. Finansiële mark Finansiële instellings tree as agente op om die uitleen en leen van kapitaal te vergemaklik. Die finansiële mark word verdeel in die geldmark en die kapitaalmark. • Die geldmark is die mark vir korttermynspaargeld en -lenings. Kort termyn word omskryf as ’n tydperk van minder as ’n jaar. Die Suid-Afrikaanse Reserwebank is 'n belangrike instelling in die geldmark. • Die kapitaamark is die mark vir langtermynspaargeld en -lenings. Langtermynbeleggings en - verbande is voorbeelde van kapitaalmarkaktiwiteite. Die Johannesburgse Sekuriteitebeurs is die belangrikste instelling in die kapitaalmark. 4. Buitelandse valutamark Buitelandse handel vereis buitelandse geldeenhede en hierdie geldeenhede kan net in die buitelandse valutamark geruil word. As jy goedere uit die Verenigde Koninkryk invoer, sal jy daarvoor in ponde moet betaal, en as jy goedere na die Verenigde State uitvoer, sal jy daarvoor in dollars betaal word. Die buitelandse valutamark bepaal die koers waarteen die buitelandse geldeenhede verwissel word. Dit word die wisselkoers genoem. 5. Vloeie deur verskillende markte Produksiefaktore vloei deur die faktormarkte van huishoudings na maatskappye om goedere en dienste te lewer (reële vloei). Goedere en dienste vloei vanaf maatskappye deur die goederemark na huishoudings (reële vloei). Spaargeld vloei vanaf huishoudings na finansiële markte (geldvloei) en hierdie spaargeld word beskikbaar gestel aan maatskappye in die vorm van lenings om produksie te bevorder deutr kapitaalgoedere te koop (geldvloei). Uitvoere vloei deur die buitelandse valutamark na ander lande (reële vloei) en die inkomste wat vir uitvoere ontvang word, vloei deur die buitelandse valutamark na die binneland (geldvloei). © Via Afrika Uitgewers >> Ekonomie 7
Kwartaal 1 Eenheid 3 Nasionale rekening-groottotale en -omskakelings 1. Nasionale rekening-groottotale Ons kan die nasionale rekeninge soos volg identifiseer: • Produksie verwys na die bruto binnelandse produk (BBP (P)) as bruto toegevoegde waarde. • Besteding verwys na die bruto nasionale besteding (BBP (E)). • Inkomste verwys na die bruto nasionale inkomste (BBP (I)). 1.1 Bereken die nasionale rekening-groottotale In Suid-Afrika word ons nasionale rekeninge deur die Suid-Afrikaanse Reserwebank voorberei. 1.1.1 Produksie Dit is die BBP (P) wat gelyk is aan die som van al die produksie-eenhede is wat deur die primêre, sekondêre en tersiêre sektore in die ekonomie geproduseer word. Die BBP (P) is die bruto toegevoegde waarde van die totale produksie-uitset minus die waarde van die inset wat in die produksieproses benut word. 1.1.2 Besteding Besteding aan BBP is die totale besteding aan finale goedere en dienste wat binne die grense van die land geproduseer word. Dit word bereken deur alle besteding van die vier deelnemers in die ekonomie (huishoudings, die owerheid, maatskappye en die buitelandse sektor) bymekaar te tel. 1.1.3 Inkomste Elke produksiefaktor verdien inkomste wanneer goedere en dienste geproduseer word. Dus moet die totale inkomste wat verdien word, gelyk wees aan die totale waarde van produksie. Bruto Nasionale Inkomste (BNI) is die som van alle inkomste wat deur inwoners van die land of maatskappye in die produksie van goedere en dienste verdien word. 1.2 Nasionale rekening-omskakelings Vier stelle pryse word in die nasionale rekeninge gebruik: basiese pryse (bp), faktorkoste (fk), markpryse (mp) en netto of bruto syfers. Basiese pryse is die aanvanklike pryse in die produksie van finale goedere en dienste, voordat enige belastings en subsidies op produkte en produksie in ag geneem word. © Via Afrika Uitgewers >> Ekonomie 8
Kwartaal 1 Faktorkoste (fk) word gebruik wanneer BBP bereken word met behulp van die inkomstemetode. Die faktorprys verteenwoordig die prys wat deur elke produksiefaktor ontvang word – huur, lone en salarisse, rente en wins. Markpryse (mp) word gebruik wanneer BBP bereken word met behulp van die bestedingsmetode. Dit is pryse wat verbruikers vir goedere en dienste betaal. Markpryse sluit belastings en subsidies in. Van die netto syfers wat in nasionale rekeninge gebruik word, is reeds 'n bedrag geld afgetrek. 'n Netto bedrag weerspieël die totaal nadat die voorsiening vir waardevermindering afgetrek is. Nasionale syfers verskaf inligting oor die ekonomiese aktiwiteite van die permanente inwoners van die land. Die Bruto Nasionale Inkomste (BNI) teen markpryse word soos volg bereken: BNI = BBP (mp) + primêre inkomste uit die res van die wêreld – primêre inkomste aan die res van die wereld. Binnelandse syfers verwys na alle ekonomiese aktiwiteite wat binne die grense van 'n land plaasvind. BBP word in sowel nominale as reële syfers uitgedruk. Nominale syfers verwys na BBP-syfers wat nog nie veranderinge in prysvlakke in berekening gebring het nie, terwyl reële syfers hierdie veranderinge in berekening gebring het. Eenheid 4 Die vermenigvuldiger 1. Betekenis van die term vermenigvuldiger ’n Toename in die land se vlak van besteding veroorsaak ’n hoër BBP en ’n afname in besteding veroorsaak ’n laer BBP. Ons het in die vorige eenheid geleer dat BBP uit die volgende komponente bestaan: C + G + I + (X – M). Dus sal ’n toename in enige van hierdie komponente, soos investering, reële BBP laat toeneem. Die verandering in produsie-uitset (reële BBP) en inkomste sal egter baie groter wees as die aanvanklike verandering in investering. Hierdie resultaat word die vermenigvuldiger-effek genoem. Die vermenigvuldiger-effek is die omvang van verandering in reële produksie-uitset en inkomste wat veroorsaak word deur ’n verandering in totale vraag. Die vermenigvuldiger bepaal die grootte van die verandering in produksie-uitset (reële BBP) en inkomste. 2. Die vermenigvuldigerproses in 'n tweesektormodel Verbruikers kan óf hulle geld bestee óf dit spaar. Die gedeelte wat bestee word toon die marginale geneigdheid om te verbruik (MGV) aan en die gedeelte wat gespaar word toon die marginale geneigdheid om te spaar (MGS) aan. Die MGV dui aan hoeveel van ’n persoon se nuwe inkomste hy/sy geneig is om te verbruik. Ons gebruik die volgende formule om MGV te bereken: © Via Afrika Uitgewers >> Ekonomie 9
Kwartaal 1 MGV = waar: ∆C die verandering in verbruik is. ∆Y die verandering in inkomste is. Ons gebruik die volgende formule om MGS te bereken: MGS = waar: ∆S die verandering in spaargeld is. ∆Y die verandering in inkomste is. 2.1 Bereken die vermenigvuldiger Ons kan die vermenigvuldiger as 'n beter manier gebruik om die verandering in reële BBP te bereken in plaas van om opeenvolgende rondtes van besteding te bereken. Om die waarde van die vermenigvuldiger te bepaal, moet ons weet wat die waarde van die MGV is. Onthou die formule vir die MGV is ∆C ÷ ∆Y. Die formule vir die vermenigvuldiger is: k= 1 (1 – MGV) waar k die vermenigvuldiger voorstel. 2.2 Die grootte van die vermenigvuldiger-effek Hoe groot of klein sal die uiteindelike verandering in inkomste wees as geld in die ekonomie ingespuit word? Die antwoord op hierdie vraag hang af van die grootte van die MGV. Hoe groter die MGV is, hoe groter is die vermenigvuldiger-effek en hoe kleiner die MGV is, hoe kleiner is die vermenigvuldiger-effek. Met ander woorde, die vermenigvuldiger-effek het ’n direkte verhouding met die MGV. 3. Die vermenigvuldigerproses in die drie- en viersektormodelle Die driesektormodel sluit die owerheid in. Wanneer ons die vermenigvuldiger bereken, moet ons dus die effek van belasting as ’n lekkasie insluit. Ons formule word dan: © Via Afrika Uitgewers >> Ekonomie 10
Kwartaal 1 k=1 (MGS +t) waar t die marginale belastingkoers is. In die viersektormodel sluit ons die buitelandse sektor in. Die vermenigvuldiger word bereken deur die marginale geneigdheid om in te voer (m) in te sluit. Die formule vir ’n viersektormodel is: k=1 (MGS+t+m) waar m die marginale geneigdheid om in te voer is. 4. Die vermenigvuldiger in grafiese vorm Die vermenigvuldiger kan ook grafies voorgestel word: Vrae 1. Lys die vier deelnemers wat die vloei van produksie, inkomste en besteding beïnvloed. (8) 2. Verduidelik wat met die term huishouding in ekonomie bedoel word. (4) 3. Verduidelik wat jy onder die term lekkasie in ekonomie verstaan. (4 © Via Afrika Uitgewers >> Ekonomie 11
Kwartaal 1 4. Verduidelik wat jy onder die term inspuiting in ekonomie verstaan. (4) 5. Noem 'n formule om die Bruto Nasionale Besteding van 'n land te bereken. (4) 6. Verduidelik wat met die ekonomiese term versameling bedoel word. (4) 7. Noem die twee dele van die finansiële mark. (4) 8. Waarom is die buitelandse valutamark belangrik vir invoerders en uitvoerders? (4) 9. Bestudeer die volgende tabel en beantwoord die vrae: 2009 R miljard Vergoeding van werknemers 1 077 833 Netto bedryfsurplus 731 204 Verbruik van vaste kapitaal 332 584 Bruto waarde teen faktorkoste 2141 621 toegevoeg Ander belastings op produksie 42 101 Minus: Ander subsidies op 9210 produksie Bruto waarde teen basiese pryse 2 174 512 toegevoeg Belasting op produkte 238 557 Minus: Subsidies op produkte 14 914 Bruto binnelandse produk teen 2 398 155 markpryse Finale verbruiksbesteding deur 1 460 911 huishoudings Finale verbruiksbesteding deur 502 492 die algemene owerheid Bruto kapitaalvorming 470 963 © Via Afrika Uitgewers >> Ekonomie 12
Kwartaal 1 Respos-item -15 095 Bruto nasionale besteding 2 419 271 Uitvoere van goedere en dienste 657 192 Minus: Invoere van goedere en 678 308 dienste Besteding aan bruto 2 398 155 binnelandse produk (BBP teen markpryse) Primêre inkomste uit die res van 34 075 die wêreld Minus: Primêre inkomste aan die 87 593 res van die wêreld Bruto nasionale inkomste teen 2 344 637 markpryse (Bron: Suid-Afrikaanse Reserwebank, Quarterly Bulletin, Maart 2012) a. Wat is die verskil tussen bruto nasionale besteding en besteding aan bruto binnelandse produk? (4) b. Wat word bedoel met bruto kapitaalvorming? (2) c. In 2009 het huishoudings R_______ ontvang vir die voorsiening van arbeid aan die ekonomie.(1) d. As faktorpryse gebruik word om die bruto binnelandse produk bereken, was die bruto binnelandse produk gelyk aan R_______ in 2009. (1) e. In 2009 was die subsidies wat maatskappye op produksie ontvang het, R_____. (1) f. In 2009 was die belastings op produkte R______. (1) g. In 2009 was die verbruiksbesteding deur huishoudings R ______. (1) h. In 2009 was die primêre inkomste wat Suid-Afrikaners uit die res van die wêreld ontvang het (meer, minder) as die primêre inkomste wat ons aan die res van die wêreld betaal het. (1) i) Verduidelik waarom die besteding aan bruto binnelandse produk in 2009 minder as die bruto nasionale besteding was. (2) (14) © Via Afrika Uitgewers >> Ekonomie 13
Kwartaal 1 10. Dui aan en verduidelik of die volgende veranderlikes lekkasies of inspuitings is. Veranderlike Lekkasie of Rede inspuiting Spaargeld Belegging Belastingheffing Staatsbesteding Invoere Uitvoere (18) © Via Afrika Uitgewers >> Ekonomie 14
Kwartaal 1 Onderwerp 2 Sakesiklusse Oorsig In hierdie onderwerp word sakesiklusse, redes waarom dit voorkom en maatreëls wat die owerheid kan tref om te probeer om fluktuasies in sakesiklusse uit te stryk, bespreek. In hierdie onderwerp gaan jy leer van: • die samestelling en kenmerke van sakesiklusse • verduidelikings • owerheidsbeleid • die nuwe ekonomiese paradigma (effening van siklusse) • kenmerke onderliggend aan vooruitskattings rakende sakesiklusse. Eenheid 1 Die samestelling en kenmerke van sakesiklusse Samestelling en kenmerke van sakesiklusse Owerheidsbeleid • Uitbreiding en inkrimping • Fiskale en monetêre beleid • Pieke, afswaaie, trôe & opswaaie • Vraag- en aanbodkant-aksies • Eksogene en endogene faktore 1. Die aard van sakesiklusse • Veranderinge in sakesiklusse Die vlak van ekonomiese aktiwiteit in ’n land verander voortdurend. ’n Tydperk van • Veranderinge in sakesiklusse cycles hoë aktiwiteit staan bekend as ’n uitbreiding (of opbloei) en ’n tydperk van lae aktiwiteit word ’n inkrimping (of afswaai) genoem. Hierdie tydperke van opbloei en afswaai vind op ’n sikliese wyse plaas. Tydperke van opbloei en afswaai in die ekonomie word uitgebeeld deur Voorspelling ’n grafiek bekend as die sakesiklus. Die sakesiklus gee ’n aanduiding van fluktuasies in die ekonomiese aktiwiteit van ’n land. Ekonomiese aanwysers -leidend © Via Afrika Uitgewers >> Ekonomie 15
Kwartaal 1 1.1 Die opbloeifase Hierdie fase word gekenmerk deur groei in reële BBP en inkomste. Dit behels twee fases – herstel en voorspoed. Tydens die voorspoedfase is daar ’n styging in reële BBP (produksie-uitset), inkomste en indiensneming. Sakeondernemings maak goeie winste en dit lok ander sakeondernemings om tot die mark toe te tree. Namate meer sakeondernemings begin sake doen, word meer produksiefaktore gebruik. Die toename in inkomste lei tot ’n styging in die totale vraag, wat weer produsente aanspoor om hul produksie-uitset te verhoog. Dit veroorsaak ’n styging in investeringsbesteding, aangesien produsente hul sakeondernemings uitbrei en meer voorraad koop. Die opswaaifase eindig wanneer dit die hoogtepunt van die sakesiklus bereik – die piek. Die piek is die boonste draaipunt, waar die ekonomie sy volle kapasiteit bereik het. Dit kan nie verder as hierdie punt groei nie. Dit is ook ’n punt van volle indiensneming, waar die produksiefaktore ten volle benut word. Hierdie punt word gekenmerk deur hoë inflasiekoerse. 1.2 Die afswaaifase Hierdie fase word gekenmerk deur ’n tydperk van geleidelike afname in ekonomiese aktiwiteit. Dit gaan gepaard met ’n afname in die totale vraag, wat weer ’n afname in produksie-uitset noodsaak. Die daling in verkope lei daartoe dat werkgewers indiensneming verminder, en inkomste daal gevolglik. Daar is 'n afwaartse spiraal in reële BBP, indiensneming, inkomste en in die lewenstandaard. Die afswaaitydperk bestaan uit twee fases: resessie en depressie. ’n Resessie volg onmiddellik ná die piek. Dit is ’n fase waarin ekonomiese aktiwiteit begin afneem. Dit staan ook bekend as ’n ekonomiese insinking. Dit kom voor wanneer daar oor ’n tydperk van ses aaneenlopende maande (of twee kwartale) ’n deurlopende afname in ekonomiese aktiwiteit voorkom. Indien ’n resessie langer as twee kwartale voortduur, gaan die ekonomie oor in ’n depressiefase. Eenheid 2 Verduidelikings van die sakesiklusse 1. Inleiding © Via Afrika Uitgewers >> Ekonomie 16
Kwartaal 1 Sakesiklusse kan veroorsaak word deur faktore buite die markekonomie (wat eksogene faktore genoem word) of sakesiklusse maak 'n integrale deel van die markekonomie uit (wat endogene faktore genoem word). 2. Oorsake van sakesiklusse 2.1 Eksogene faktore Klassieke ekonome van die 19de eeu het geglo dat die markekonomie altyd stabiel is en dat enige fluktuasies deur buitefaktore veroorsaak word - eksogene faktore. Voorbeelde van eksogene faktore sluit in: • Natuurrampe • Politieke redes • Sielkundige redes • Verandering in weerpatrone • Tegnologiese innovering • Verandering in verbruikers se smake en voorkeure 2.2 Endogene faktore Volgens die Keynesiaanse denkrigting is die markekonomie inherent onstabiel en word gekenmerk deur periodieke opwellings van hoë en lae ekonomiese aktiwiteit. Hulle glo dat sakesiklusse ’n integrale deel van die markstelsel self is. Hulle glo dat sakesiklusse veroorsaak word deur endogene faktore wat 'n uitvloeisel van die stelsel self is, en omdat die mark nie in staat is om dit reg te stel nie, is dit die owerheid se plig om in te gryp. Eksogene faktore sluit in: • Verandering in investering kan die ekonomie in 'n opswaai- of afswaaifase plaas • Verandering in totale vraag • Verandering in totale aanbod • Tegnologiese verandering en innovering • Verandering in monetêre beleid 3. Verandering in sakesiklusse Die Oostenrykse ekonoom Joseph Schumpeter het verskillende soorte sakesiklusse in ’n lys gedokumenteer en het hulle vernoem na die persone wat hulle ontdek het. Hy het hulle in kort- ,medium- en langtermynsakesiklusse gegroepeer. • Die Kitchin-siklus: ontdek deur die Britse ekonoom Joseph Kitchin. Dit is die kortste sakesiklus en duur 3–5 jaar, en word veroorsaak deur veranderings in voorraadvlakke. • Die Juglar-siklus: ontdek deur die Franse ekonoom Clément Juglar. Dit duur 7–11 jaar en word veroorsaak deur veranderings in investering in toerusting en masjinerie. • Die Kuznets-siklus: ontdek deur Simon Kuznets, ’n Nobel-pryswenner. Dit duur 15–20 jaar en word veroorsaak deur veranderings in infrastruktuurinvestering in behuising en boukonstruksie. © Via Afrika Uitgewers >> Ekonomie 17
Kwartaal 1 • Die Kondratieff-siklus: ontdek deur die Russiese ekonoom Nikolai Kondratieff. Dit is die langste siklus en duur 45–60 jaar. Dit bestaan uit ses Juglar-siklusse en word veroorsaak deur tegnologiese veranderinge en vernuwings. Eenheid 3 Owerheidsbeleid 1. Inleiding Volgens J.M. Keynes kan die markekonomie nie op sy eie oorleef nie en vereis dit owerheidsingryping om die sakesiklusse te stabiliseer. Om die probleme van sakesiklusse teen te werk, kan die owerheid fiskale of monetêre beleid gebruik. 2. Monetêre beleid Die Suid-Afrikaanse Reserwebank (SARB) implementeer monetêre beleid. Die President van die Reserwebank besluit, in oorleg met die Minister van Finansies, oor die beste beleid om toe te pas. Daar is twee instrumente van monetêre beleid: rentekoerse en geldvoorraad. 2.1 Rentekoerse Die Reserwebank moet probeer om inflasie te alle tye in bedwang te hou. In ’n opbloeifase is daar ’n toename in die totale vraag na sowel plaaslike as ingevoerde goedere. Die skielike styging in vraag veroorsaak ’n styging in die pryse van goedere en dienste. Die beste monetêre beleid in hierdie situasie is die verhoging van rentekoerse, wat die vraag verlaag en dus die styging in prysvlakke vertraag. 2.2 Geldvoorraad Die Reserwebank gebruik sy voorraad sekuriteitsinstrumente, soos staatseffekte en skatkiswissels, om die geldvoorraad te beheer. Indien daar te veel geld in sirkulasie is, verkoop die SARB hierdie sekuriteite aan banke en ander finansiële instellings. Die SARB debiteer die bank se rekening met die waarde van die verkoopstransaksie, en die bank se saldo by die Reserwebank word verminder. Dit verlaag die bank se vermoë om krediet te verleen. Die Reserwebank sal hierdie beleid in tye van voorspoed gebruik om oortollige geld wat in sirkulasie is, af te skep. As daar nie genoeg geld in sirkulasie is nie, doen die Reserwebank die teenoorgestelde. 3. Fiskale beleid Fiskale beleid word deur die Suid-Afrikaanse owerheid gebruik om sy bestedingsvlakke © Via Afrika Uitgewers >> Ekonomie 18
Kwartaal 1 aan te pas ten einde ons ekonomie te moniteer en beïnvloed. Hierteenoor word monetêre beleid wat deur die sentrale bank gebruik word om ’n land se geldvoorraad te beïnvloed. Hierdie twee beleide word in verskillende kombinasies gebruik om ons land se ekonomiese doelwitte te bepaal. 3.1 Belasting Deur belasting te verhoog, kan die owerheid die hoeveelheid geld in sirkulasie verminder. Deur belasting te verlaag, kan die owerheid die hoeveelheid geld in sirkulasie vermeerder. 3.2 Staatsbesteding ’n Toename in staatsbesteding sal ’n vermenigvuldiger-effek op die ekonomie hê – nasionale inkomste sal styg met ’n bedrag wat veel meer is as die werklike bedrag wat bestee is. Die owerheid moet openbare besteding verminder tydens 'n voorspoedfase wanneer die ekonomie oorverhit is omdat 'n styging in besteding net inflasie sal vererger. Eenheid 4 Die nuwe ekonomiese paradigma (effening of gladstryking van siklusse) 1. Rasionaal vir die nuwe ekonomiese paradigma Dit is dikwels moeilik vir owerhede en ekonome om te besluit wanneer nuwe beleidsveranderinge geïmplementeer moet word. Dit het hulle genoop om te soek na ander maniere om die uitwerking van sakesiklusse uit te stryk. Die nuwe ekonomiese paradigma bied een oplossing – die moontlikheid van groei sonder inflasie. Die nuwe ekonomiese paradigma gebruik twee instrumente, naamlik vraagkant- en aanbodkantbeleide. 2. Vraagkantbeleid • Die totale vraag wat deur huishoudings, sakeondernemings en die owerheid geskep word (C+I + G), is die dryfkrag van die ekonomie. • ’n Verandering in totale vraag sal ’n direkte uitwerking op werkloosheid en inflasie hê. • ’n Styging in totale vraag dwing produsente om meer arbeid te gebruik ten einde in die vraag te voorsien. Gevolglik styg produksie en inkomste, maar die toename in vraag plaas druk op die algemene prysvlak. Gevolglik styg inflasie. • Wanneer die totale vraag daal, sal produsente hul produksie verminder. Wanneer produksie verminder word, sal maatskappye werkers uit diens stel en huishoudings se inkomste verlaag. • Die gevolg is ’n styging in werkloosheid en ’n daling in inflasie. 2.1 Algemene prysvlak (inflasie) Die gevolgtrekking van die nuwe ekonomiese paradigma is dat, wanneer die styging in totale vraag gepaardgaan met ’n gelyktydige toename in totale aanbod, ekonomiese groei sonder ’n styging in inflasie bereik sal word. © Via Afrika Uitgewers >> Ekonomie 19
Kwartaal 1 2.2 Werkloosheid ’n Styging in totale vraag laat maatskappye meer produseer ten einde in die vraag te voorsien. Maatskappye sal meer werkers aanstel om produksie te verhoog en sal dus die werkloosheidsyfer laat daal. ’n Hoër indiensnemingsyfer sal groter inkomste aan huishoudings verskaf en dus meer om aan verbruik te bestee. Dit sal natuurlik inflasie veroorsaak. Hierdie kompromis tussen werkloosheid en inflasie is ontdek deur die ekonoom A.W. Phlilips, wat die Phillips-kurwe (PK) ontwikkel het. 2.3 Stagflasie Stagflasie kom voor wanneer inflasie gepaardgaan met stagnasie in die groeikoers en ’n toename in werkloosheid. Gedurende stagflasie is daar gelyktydige stygings in inflasie en werkloosheid. 3. Aanbodkantbeleid Aanbodkantekonomie beklemtoon dat ekonomiese groei van die stimulering van totale aanbod afhang. Die belangrikste aspek van ekonomiese groei is die toewysing en doeltreffende gebruik van die produksiefaktore, veral arbeid en kapitaal. • Tegniese of produktiewe doeltreffendheid. Dit kom voor waar die sakeonderneming sy hulpbronne gebruik om goedere en dienste teen die laags moontlike koste te produseer. • Toewysingsdoeltreffendheid. Mededinging verhoog toewysingsdoeltreffendheid omdat maatskappye wat hul hulpbronne doeltreffender kan gebruik, hulpbronne kan weglok van maatskappye wat minder doeltreffend is. • Dinamiese doeltreffendheid. Dit is die vermoë van ’n maatskappy of bedryf om vinnig by veranderings in verbruikersvraag en tegnologie aan te pas. Eenheid 5 Kenmerke onderliggend aan vooruitskatting rakende sakesiklusse 1. Kenmerke Ekonome bestudeer en monitor verskeie ekonomiese veranderlikes ten einde die toekoms te probeer voorspel. Die gedrag van hierdie aanwysers gee vir hulle 'n aanduiding van wat waarskynlik in die ekonomie gaan gebeur. 1.1 Ekonomiese aanwysers Die volgende ekonomiese aanwysers word gebruik om die toekomstige rigting van die sakesiklus te voorspel: • leidende aanwysers • saamvallende aanwysers • sloerende aanwysers. 1.1.1 Leidende aanwysers © Via Afrika Uitgewers >> Ekonomie 20
Kwartaal 1 Leidende ekonomiese aanwysers verander van rigting voordat die ekonomie van rigting verander. Leidende ekonomiese aanwysers is belangrik vir beleggers omdat hulle gebruik word om die waarskynlike toekoms van die ekonomie te voorspel. 'n Voorbeeld is aandeelmarkopbrengste. 1.1.2 Sloerende aanwysers Sloerende ekonomiese aanwysers verander van rigting ’n paar kwartale nadat die ekonomie reeds verander het. Hulle bereik die draaipunt lank nadat die werklike sakesiklus gedraai het en bevestig die verandering wat deur die leidende aanwysers voorspel is. 1.1.3 Saamvallende aanwysers Saamvallende ekonomiese aanwysers beweeg gelyktydig met veranderings in die ekonomie. Byvoorbeeld, ’n styging in die verkope van huise dui daarop dat die ekonomie ’n voorspoedfase betree. 1.2 Die lengte van die siklus Die lengte van ’n sakesiklus is ’n horisontale afstand wat van piek tot piek of van trog tot trog gemeet word. 1.3 Die amplitude van die sakesiklus Amplitude is die vertikale afstand tussen die tendenslyn en die draaipunte van die sakesiklus. 1.4 Die tendens Die tendens toon die algemene rigting van die ekonomie. Dit dui aan of die ekonomie met verloop van tyd groei, onveranderd bly of insink. 1.5 Ekstrapolering Ekstrapolering is ’n tegniek wat gebruik word om die toekoms op grond van vorige ervaring te voorspel. As die ekonomie in die verlede ’n bepaalde roete gevolg het, kan daar voorspel word dat dit in die toekoms ook die geval sal wees. Ekstrapolering word gedoen deur die tendenslyn te verleng. Omsigtigheid is egter aangewese omdat die toekomstige tendens dalk nie deur dieselfde oorsake beïnvloed sal word nie. Vrae 1. Wat verstaan jy onder die term "opbloeifase "? (4) 2. Wat verstaan jy onder die term "afswaaifase "? (4) 3. Noem drie ekonomiese aanwysers wat gebruik word om die toekomstige rigting van die sakesiklus te voorspel. (6) © Via Afrika Uitgewers >> Ekonomie 21
Kwartaal 1 4. Teken 'n diagram van die sakesiklus waarin jy die vier fases van die sakesiklus identifiseer en gee 'n kort beskrywing van elke fase. (16) 5. Dui aan of die volgende veranderlikes gedurende 'n afswaaifase toeneem of afneem. (9) Veranderlike Afswaaifase a) Bruto binnelandse produk b) Vlak van ekonomiese aktiwiteit c) Totale besteding d) Produksievlak e) Verbruiksbesteding f) Beleggingsvertroue g) Beleggingsbesteding h) Invoere i) Inflasie 6. Gee drie redes waarom 'n opbloeifase in 'n afswaaifase kan verander. (6) 7. Onderskei tussen endogene en eksogene oorsake van die sakesiklus en gee 'n voorbeeld van elk. (6) © Via Afrika Uitgewers >> Ekonomie 22
Kwartaal 1 Onderwerp 3 Openbare sektor Oorsig In hierdie onderwerp word die belangrikheid van die openbare sektor bespreek asook die suksesse en mislukkings van die openbare sektor in Suid-Afrika. Jy behoort in staat te wees om die probleme van openbare sektor-voorsiening in Suid-Afrika krities te bespreek. In hierdie onderwerp gaan jy leer van: • die samestelling en noodsaaklikheid van die openbare sektor • probleme van openbare sektor-voorsiening • doelwitte van die openbare sektore en sy begrotings • fiskale beleid (insluitend die Laffer-kurwe) • redes vir openbare sektor-mislukking. Die samestelling van die openbare sektor Probleme van openbare sektor- voorsiening • Nasionale regering • Doelwitte • Provinsiale regerings • Openbare sektor-begrotings • Plaaslike regerings of munisipaliteite • Fiskale beleid • Ondernemings in staatsbesit - die Laffer-kurwe • Redes vir mislukking Eenheid 1 Die samestelling en noodsaaklikheid van die openbare sektor 1. Die samestelling van die openbare sektor Die openbare sektor bestaan uit die volgende vier regeringsvlakke: • Nasionale regering • Provinsiale regerings © Via Afrika Uitgewers >> Ekonomie 23
Kwartaal 1 • Plaaslike regerings of munisipaliteite • Ondernemings in staatsbesit Die nasionale regering word deur die volgende ampsdraers verteenwoordig: die president, kabinetsministers en parlementslede. Die regering is verantwoordelik vir nasionale aangeleenthede soos verdediging en onderwys. Die provinsiale regerings is verantwoordelik vir nasionale aangeleenthede binne hul eie provinsies. Die provinsiale regerings ontvang 'n begroting van die nasionale regering, maar hulle genereer ook hul eie inkomste, meestal met belastings. Die plaaslike regerings is verantwoordelik vir kwessies wat plaaslike gemeenskappe raak, soos paaie, elektrisiteit en riolering, en word bestuur deur burgemeesters en stadsraadslede. Ondernemings in staatsbesit is die eiendom van die staat en dit word bestuur deur die staat wat probeer om dit in die beste belang van alle burgers te doen. 2. Die noodsaaklikheid van die openbare sektor Die openbare sektor is onontbeerlik vir die staat. Dit verskaf die struktuur, asook die wet en orde, wat die samelewing se bestaan moontlik maak. Die openbare sektor bepaal die beleide wat na hul oordeel die lewensomstandighede en lewens van die landsburgers sal verbeter. 2.1 Die behoefte aan staatsingryping Die privaat sektor word gedryf deur wins en kan nie al die samelewing se behoeftes bevredig nie. Sommige landsburgers sal uiteindelik van die ekonomiese siklus uitgesluit word en sal dit nie kan bekostig om hul basiese behoeftes te bevredig nie. Die staat gryp in deur middel van die openbare sektor om seker te maak dat hierdie behoeftes bevredig word. Staatsingryping is in die volgende situasies nodig: • Wanneer goedere en dienste min wins lewer. Die privaat sektor stel nie belang in die verskaffing van goedere met min wins nie, byvoorbeeld sanitasie. • Wanneer baie groot kapitaalinvestering nodig is. Infrastruktuur vereis besonder groot kapitaalbeleggings, wat die privaat sektor nie kan bekostig nie. • Wanneer kapitaalbeleggings eers ná ’n baie lang tydsverloop opbrengste lewer. Die privaat sektor belê nie in projekte wat eers ná ’n lang tydsverloop winste begin toon nie. • Wanneer politieke en sosio-ekonomiese doelwitte bereik moet word. Die owerheid verskaf sommige goedere en dienste om politieke en sosiale kwessies aan te pak. Eenheid 2 Probleme van openbare sektor-voorsiening 1. Probleme van openbare sektor-voorsiening © Via Afrika Uitgewers >> Ekonomie 24
Kwartaal 1 1.1 Die probleem van aanspreeklikheid • Ekonomiese aanspreeklikheid: Die owerheid is verantwoordelik vir die bestuur van die ekonomie. • Finansiële aanspreeklikheid: Die tesourie beheer staatsgeld. Streng prosedures moet gevolg word by die besteding van staatsgeld. • Politieke aanspreeklikheid: Ministers is verantwoordelik vir hul departemente en moet aan die parlement vir hul optrede verantwoording doen. • Ouditeur-generaal: Die jaarverslae van staatsdepartemente moet, onder meer, die volgende insluit: geouditeerde finansiële verslae en verslae oor die uitvoering van programme. • Portefeuljekomitees: Daar is in die Nasionale Vergadering ’n portefeuljekomitee vir elke staatsdepartement. Die komitees is verantwoordelik vir die monitering van die prestasie van hul onderskeie departemente. 1.2 Die probleem van behoeftebepaling Die owerheid moet kan verseker dat sy landsburgers in staat is om hul basiese behoeftes te bevredig. Om dit te doen, moet die owerheid eers die behoeftes van die bevolking bepaal. Die owerheid moet weet hoe groot die bevolking is, hoe oud die landsburgers is, en ander inligting verkry ten einde dit te kan doen. Hulle sal verskeie instellings gebruik om hierdie inligting in te samel en te vertolk, insluitend sensusstatistieke wat Statistiek Suid-Afrika verskaf, asook inligting uit opnames by hospitale en skole. 1.3 Die probleem van doeltreffendheid Doeltreffendheid is ’n probleem in die openbare sektor omdat dit selde gemeet of beoordeel word. Hierdie situasie lei tot ’n gebrek aan aanspreeklikheid en sodoende word dit moeilik om te bepaal of die openbare sektor hul vaardighede en hulpbronne op die beste moontlike manier aanwend. 1.4 Die probleem van prysingsbeleid Die owerheid se verskaffing van goedere en dienste is gerig op die bereiking van sosiale, ekonomiese en politieke doelwitte. Die owerheid is dus nie op maksimum winsverkryging ingestel nie, maar word gedryf deur sosiale verantwoordelikheid. Openbare dienste en goedere word dus kosteloos aan almal voorsien, wat lei tot hoë staatsuitgawes. Openbare goedere kan een van twee soorte wees: nie-uitsluitbare goedere of niemededingende goedere. • Nie-uitsluitbare goedere is daardie goedere wat gesamentlik deur die gemeenskap gebruik word, sonder uitsluiting van ander. Nie-uitsluitbare goedere bevoordeel elke landsburger en word nie direk betaal nie. • Niemededingende goedere neem nie af in beskikbaarheid vir een persoon wanneer ’n ander dit gebruik nie. 1.5 Die probleem van semistaatsinstellings (openbare ondernemings) Sonder mededingers, en met owerheidsfinansiering en -ondersteuning, is semistaatsinstellings baie dikwels ondoeltreffend met lae produktiwiteit en ’n swak dienskultuur. As gevolg van die probleme met openbare ondernemings het die owerheid begin met die privatisering of herstrukturering van sommige ondernemings in staatsbesit. © Via Afrika Uitgewers >> Ekonomie 25
Kwartaal 1 Die volgende is maniere waarop die owerheid semistaatsinstellings kan privatiseer: • Verkoop van openbare bates • Uitkontraktering/uitbesteding/uitgee op tender • Openbare-privaat-vennootskappe • Die owerheid hou op om ’n diens te lewer • Deregulering Eenheid 3 Doelwitte van die openbare sektor en begrotings 1. Doelwitte van die openbare sektor Die openbare sektor probeer verseker dat soveel moontlik mense ’n hoë lewenstandaard handhaaf. Ten einde dit te doen, probeer die owerheid die volgende doelwitte bereik: • Om ekonomiese groei te verbeter. • Om volle indiensneming te bewerkstellig of werkloosheid te verminder. - Op kort termyn kan die owerheid werkskepping bevorder deur direkte indiensnemingskemas, - Op medium termyn kan die staat arbeidsintensiewe aktiwiteite ondersteun. - Op langer termyn, namate volle indiensname bereik word, moet die owerheid toenemend ondersteuning verleen aan die kennis- en kapitaalintensiewe sektore sodat hulle mededingend sal bly. • Om prysstabiliteit te handhaaf. • Om wisselkoersstabiliteit te handhaaf. • Om ’n billike inkomsteverdeling te bewerkstellig (ekonomiese ekwiteit). 2. Begrotings van die openbare sektor Die owerheid gebruik begrotings as ’n instrument vir die beplanning en monitering van sy inkomste en besteding. Die Suid-Afrikaanse begroting word verdeel in twee kategorieë, naamlik die mediumtermyn-bestedingsraamwerk (MTBR) en die hoofbegroting. Die MTBR is ’n plan van beraamde inkomste en besteding wat oor ’n tydperk van drie jaar strek. Die oogmerke van ’n MTBR is om: • die gaping te vernou tussen die finansiële behoeftes van elke departement en wat die owerheid kan bekostig • onsekerheid by ministers vir die volgende drie jaar uit die weg te ruim © Via Afrika Uitgewers >> Ekonomie 26
Kwartaal 1 • die toewysing van hulpbronne aan strategiese prioriteite onder departemente te verbeter • die deursigtigheidsvlak ten opsigte van beleid sowel as finansiering te verhoog, sodat ministeries vooruit kan beplan en programme volhoubaar kan wees. Die Minister van Finansies reik jaarliks in Oktober ’n mediumtermynbegroting-beleidsverklaring (MTBBV) uit. Die MTBBV is ’n beleidsverklaring deur die owerheid waarin die parameters vir die volgende jaar se begroting neergelê word. Die doel van die verklaring is om die beleidskonteks en - rigting uiteen te sit, sodat departemente, provinsies en munisipaliteite hul begrotingsbeplanning vir die volgende drie jaar kan doen. Op die begrotingsdag lewer die Minister van Finansies sy begrotingstoespraak aan die parlement en lê die Wetsontwerp op die Verdeling van Inkomste, die Nasionale Begrotingswetsontwerp, die Ramings van Nasionale Besteding en die Begrotingsoorsig ter tafel. Die nasionale begroting word aangebied as twee stukke wetgewing wat gelyktydig ingedien word : • Die Wetsontwerp op die Verdeling van Inkomste: dit bepaal hoe inkomste tussen die drie owerheidsvlakke en die nege provinsies verdeel sal word. • Die Begrotingswetsontwerp: dit behels die toewysing van fondse aan die verskillende nasionale departemente. Sodra dit wet word, verkry die departemente die gesag om die toegewese geld te bestee. 3. Bronne van staatsinkomste • Belastings: dit is die hoofbron van staatsinkomste. • Lenings: wanneer die belastinginkomste te min is om doelwitte te bereik, kan die owerheid geld leen by ander lande, die Internasionale Monetêre Fonds (IMF) of die Wêreldbank. • Skenkings: buitelandse state kan geld aan die owerheid skenk om ’n spesifieke doelwit te help bereik. • Administratiewe inkomste: dit is inkomste wat verkry word uit lisensies en boetes. • Handelsinkomste: inkomste verdien uit die verskaffing van dienste deur die staat. • Staatseiendom: inkomste afkomstig uit mynbou, staatsbosse en ander staatseiendomme en -bates. Eenheid 4 Fiskale beleid (ingesluit die Laffer-kurwe) 1. Beskrywing van fiskale beleid Die twee hoofinstrumente van fiskale beleid is staatsbelastingheffing en -besteding. Fiskale beleid word gebruik om die ekonomie te stabiliseer deur die aanpassing van die vlakke en toewysings van belastings en staatsbesteding. © Via Afrika Uitgewers >> Ekonomie 27
Kwartaal 1 2. Kenmerke van fiskale beleid • Neutrale fiskale beleid: kom voor wanneer die owerheid ’n gebalanseerde begroting bedryf. • Ekspansionêre fiskale beleid: is gemik op die stimulering van ekonomiese aktiwiteit. Dit kom voor wanneer staatsbesteding meer is as die belastinginkomste. • Inkrimpende fiskale beleid: kom voor wanneer die owerheid ’n begrotingsurplus bedryf. 3. Instrumente van fiskale beleid 3.1 Belasting Belasting is die verpligte heffing op individue, maatskappye, en goedere en dienste ten einde staatsbesteding te finansier. Belasting word óf direk óf indirek gehef. Direkte belasting word gehef op persone en sakeondernemings wat ’n inkomste verdien. Indirekte belasting word gehef op goedere en dienste wat verkoop word. 3.2 Staatsbesteding Staatsbesteding behels staatsverbruik en -investering. 4. Doelwitte van fiskale beleid Makro-ekonomiese doelwitte sluit normaalweg die volgende in: • ekonomiese groei • werkskepping • prysstabiliteit • betalingsbalansstabiliteit • gelyke verdeling van inkomste • verligting van armoede. Mikro-ekonomiese doelwitte is gerig op ’n enkele ekonomiese deelnemer of groep deelnemers. Sektorale doelwitte is gemik op die ontwikkeling van spesifieke ekonomiese sektore, byvoorbeeld mynbou. 5. Die gevolge van fiskale beleid 5.1 Ekonomiese groei ’n Ekspansionêre beleid kan ’n verhoging in staatsbesteding en/of verlaging in belastingkoerse insluit . Hierdie maatreëls sal meebring dat verbruikers se besteebare inkomste meer word. 5.2 Prysstabiliteit ’n Ekspansionêre fiskale beleid kan ’n inflasionêre uitwerking op die ekonomie hê. 5.3 Wisselkoerse © Via Afrika Uitgewers >> Ekonomie 28
Kwartaal 1 Die owerheid kan die wisselkoersstelsel beïnvloed deur die manipulering van die waarde van sy geldeenheid teenoor ander geldeenhede. 5.4 Ekonomiese ekwiteit 'n Doelwit van die owerheid is om ’n billike verdeling van inkomste te verseker. 5.5 Verdringingseffek ’n Ekspansionêre beleid kan ’n verdringingseffek in die ekonomie veroorsaak. Wanneer ’n toename in staatsbesteding gefinansier word met geleende geld, kan dit ’n skerp styging in rentekoerse tot gevolg hê. Die styging kan so skerp wees dat die privaat sektor die moeilik vind om in die geldmark met die owerheid mee te ding. 5.6 Aansporing om te werk en die Laffer-kurwe Fiskale beleid het ’n uitwerking op die arbeidsmark deurdat dit produktiwiteit aanmoedig of ontmoedig. ’n Baie hoë belastingkoers verminder mense se bereidwilligheid om te werk. Hierdie verskynsel word met behulp van die Lafferkurwe verduidelik. Die Laffer-kurwe is ’n grafiek wat die verband aantoon tussen die staatsinkomste wat deur belasting verkry is en die belastingkoers. Eenheid 5 Redes vir openbare sektor-mislukking 1. Beskrywing van openbare sektor-mislukking ’n Mislukking in die openbare sektor is ’n owerheidsingryping in die ekonomie wat © Via Afrika Uitgewers >> Ekonomie 29
Kwartaal 1 ondoeltreffendhede skep en ’n wanaanwending van skaars hulpbronne tot gevolg het. 2. Kenmerke van openbare sektor-mislukking Die volgende is kenmerke van owerheidsmislukking: • Geen dienslewering nie • Spandabelheid • Oneffektiwiteit • Gebrek aan monitering en evaluering • Oortolligheid 3. Redes vir openbare sektor-mislukking 3.1 Subsidies Die staat subsidieer soms sekere maatskappye om hul produksiekoste te verlaag of om hulle aan te moedig om ’n bepaalde produk te vervaardig, wat dalk versperrings vir die toetrede van nuwe maatskappye kan skep. 3.2 Belastings Belasting op goedere en dienste kan pryse kunsmatig verhoog en die doeltreffende funksionering van die mark ontwrig, en kan individue ontmoedig om hard te werk. 3.3 Geadministreerde pryse Owerhede kan minimum en maksimum pryse vir goedere voorskryf. Dit skep verwringings wat ander probleme kan meebring. • Tekorte kan ontstaan wanneer die owerheid pryse onder die markprys vasstel. • Surplusse kan veroorsaak word wanneer die owerheid pryse bokant die markprys vasstel. 3.4 Inligtingsmislukking Owerhede beskik dikwels nie oor al die inligting en feite wat nodig is vir besluitneming nie. 3.4 Burokrasie Oormatige burokrasie is geneig om meer probleme te skep as op te los. 3.5 Morele risiko As mense weet hulle sal nie vir die koste hoef in te staan nie, doen hulle nie die nodige stappe om dit te beperk nie en misbruik die stelsel. 3.6 Koste Burokrate is nie so kostebewus soos mense in die privaat sektor nie. © Via Afrika Uitgewers >> Ekonomie 30
Kwartaal 1 3.7 Voordeelversugting Alle belangegroepe soos huishoudings, sakeondernemings, georganiseerde arbeid en verbruikers wil hul welstand ten koste van die owerheid verbeter. Dit lei tot ’n konstante konflik tussen die owerheid en hierdie belangegroepe. 4. Gevolge van openbare sektor-mislukking Openbare sektor-mislukking kan geklassifiseer word ooreenkomstig die sosiale, ekonomiese, politieke en omgewingsgevolge daarvan. 4.1 Sosiale gevolge • Dienslewering: openbare sektor-mislukking word die duidelikste gemanifesteer in die nielewering of swak lewering van dienste. • Armoede: die verligting en vermindering van armoede is ’n belangrike doelwit van die owerheid. 4.2 Ekonomiese gevolge • Ekonomiese groei: openbare sektor-mislukking is ’n versperring vir ekonomiese groei. • Verkwisting van hulpbronne: die openbare sektor is nie winsgedrewe nie en is dus nie so kostebewus soos die privaat sektor nie. • Prysonstabiliteit: openbare sektor-mislukking kan lei tot onstabiele goederepryse. • Werkloosheid: die openbare sektor moet stelsels, dienste en beleide verskaf wat geleenthede vir werkskepping bied. 4.3 Politieke gevolge • Groot burokrasie: ’n owerheid wat misluk, word dikwels gekenmerk deur ’n groot aantal burokrate. • Ondoeltreffendheid: ’n gebrek aan monitering en evaluering veroorsaak ondoeltreffendheid, swak vakmanskap en lae produktiwiteit in die openbare sektor. 4.4 Omgewingsgevolge Agteruitgang: die versuim van die openbare sektor om omgewingsbeleide in werking te stel het die agteruitgang van sommige van ons natuurlike hulpbronne teweeggebring. Vrae 1. Wat beteken die term “fiskale beleid”? (4) 2. Lys vyf doelwitte vir makro-ekonomiese beleid vir die openbare sektor. (10) 3. Noem twee gevolge van openbare sektor-mislukking op 'n sosiale vlak. (4) © Via Afrika Uitgewers >> Ekonomie 31
Kwartaal 1 4. Bespreek die doelwitte van die staat se ekonomiese beleid. (14) 5. Noem vier redes vir openbare sektor-mislukking. [8] 6. Verduidelik die Laffer-kurwe met behulp van 'n grafiek. [16] 7. Bespreek die probleme van openbare sektor-voorsiening en gee voorbeelde. [40] 8. Verduidelik hoe fiskale beleid deur die owerheid as 'n ekonomiese instrument gebruik kan word en die gevolge daarvan op die ekonomie. [16] Onderwerp 4 Ekonomiese groei en ontwikkeling: buitelandse valutamark (Globalisering) Oorsig Internasionale handel is 'n onontbeerlike deel van moderne ekonomieë. In hierdie onderwerp gaan jy leer van: • die vernaamste redes vir internasionale handel • die betalingsbalans • buitelandse valutamarkte • die totstandkoming van buitelandse wisselkoerse • regstellings van betalingsbalans-surplus en -tekort (disekwilibria). • Die vernaamste redes vir • Buitelandse valutamarkte internasionale handel • De totstandkoming van • Die betalingsbalans buitelandse wisselkoerse • Regstellings van betalingsbalans- • Vraag en aanbod op die buitelandse valutamarkte surplus en -tekort (disekwilibria) Eenheid 1 Die vernaamste redes vir internasionale handel 1. Inleiding Internasionale handel verwys na enige handel tussen verskillende lande in die wêreld en word ook buitelandse handel genoem. © Via Afrika Uitgewers >> Ekonomie 32
Kwartaal 1 2. Redes vir internasionale handel Daar is twee hoofredes waarom lande met mekaar handel dryf. Eerstens kan ’n land ’n absolute voordeel hê in die vervaardiging van twee verskillende produkte. Dit beteken dat elke land een van die produkte teen ’n laer koste (goedkoper) as sy handelsvennoot kan vervaardig. Tweedens dryf lande met mekaar handel omdat die geleentheidskoste van die vervaardiging van twee produkte van mekaar verskil. As een land albei produkte meer ekonomies as ’n ander land kan vervaardig, sal hulle besluit wat om te vervaardig op grond van die vergelykende voordeel in die vervaardiging van die twee produkte. Die land wat ’n spesifieke produk die goedkoopste kan vervaardig, sal in daardie produk spesialiseer. Daar is verskeie redes vir vergelykende voordeel, soos verskille in tegnologie, die beskikbaarheid van hulpbronne en verskille in verbruikers se smake en aanvraag. Eenheid 2 Die betalingsbalans 1. Inleiding Baie verbruiks- en kapitaalgoedere wat in ander lande vervaardig word, word in Suid-Afrika verbruik. Baie van die goedere wat in Suid-Afrika vervaardig word, word elders in die wêreld verbruik. Die term invoere verwys na goedere en dienste wat in ander lande vervaardig word, maar in Suid-Afrika verbruik word. Die term uitvoere verwys na goedere en dienste wat binne die grense van ’n land vervaardig word, maar elders in die wêreld verbruik word. Die verskillende vloeiings van geld, goedere en dienste tussen huishoudings en maatskappye in Suid-Afrika en huishoudings en maatskappye in die res van die wêreld word in die betalingsbalans opgeteken. 2. Die betalingsbalans Die betalingsbalans is ’n sistematiese, statistiese rekening wat ’n owerheid in staat stel om oor ’n spesifieke periode, gewoonlik ’n jaar, akkuraat boek te hou van alle ekonomiese transaksies tussen die inwoners van een land (in ons geval Suid-Afrika) en burgers van die res van die wêreld. 3. Die samestelling van die betalingsbalans Die betalingsbalans bestaan uit vier basiese rekeninge: • Die lopende rekening • Die kapitaaloordragrekening • Die finansiële rekening • Onopgetekende transaksies 3.1 Die lopende rekening Die lopende rekening bevat verskeie inskrywings. Die eerste inskrywing is die randwaarde van goedere wat na die res van die wêreld uitgevoer is. Die volgende inskrywing is diensontvangste en betalings vir dienste. Daarna volg inkomste-ontvangste en inkomstebetalings. Die laaste inskrywing in die lopende rekening is Lopende Oordragte. 3.2 Die finansiële rekening © Via Afrika Uitgewers >> Ekonomie 33
Kwartaal 1 Die finansiële rekening is die tweede hoofkomponent van die betalingsbalans. Hierdie rekening word gebruik vir die optekening van al die internasionale finansiële transaksies wat te doen het met ’n land se bates en laste. 3.3 Onopgetekende transaksies Die volgende komponent van die betalingsbalans is onopgetekende transaksies. Wanneer internasionale handeltransaksies in goedere en dienste in die betalingsbalans opgeteken word, word die beginsel van dubbelinskrywing gebruik. Dit is egter in die praktyk selde die geval. Alle foute en weglatings wat begaan is tydens die optekening van die individuele komponente van die betalingsbalans word as onopgetekende transaksies ingeskryf. 3.4 Goud en buitelandse reserwes Wanneer internasionale handel plaasvind en produkte, byvoorbeeld, van Suid-Afrika na die VSA uitgevoer word, wil die produsente in Suid-Afrika in Suid-Afrikaanse rand betaal word. Wanneer ’n maatskappy in Suid-Afrika goedere van die VSA na Suid-Afrika invoer, wil die maatskappy in die VSA in Amerikaanse dollar betaal word. Die term buitelandse valuta verwys na die verskillende betaalmiddels wat gebruik word om hierdie betalings te doen. Goud en buitelandse reserwes word om die volgende redes beskou as die belangrikste totaal in die betalingsbalans: • Hulle weerspieël die algehele posisie van die betalingsbalans. • Daar kan van week tot week of maand tot maand verskille voorkom tussen die betalings en ontvangste van buitelande valuta. Buitelandse reserwes verseker die gladde werking van internasionale handel en internasionale finansiering. • Buitelandse reserwes stabiliseer die rand en verhinder dramatiese wisselings in die wisselkoers tussen die Suid-Afrikaanse rand en die ander geldeenhede. Buitelandse reserwes weerspieël die vermoë van finansiële owerhede om die ekonomie te stimuleer sonder om finansiële probleme te ondervind. Lopende rekening van die Suid-Afrikaanse betalingsbalans Jaarlikse syfers (R miljard) 2005 2006 2007 2008 2009 2010 Lopende rekening 1-Handelsware-uitvoere 331 338 412 220 497 618 655 759 503 656 566 760 2-Netto gouduitvoere 27 023 35 470 39 898 48 534 52 776 59 499 © Via Afrika Uitgewers >> Ekonomie 34
Kwartaal 1 3-Diensontvangste 71 808 82 643 97 110 105 351 100 760 102 362 4-Inkomste-ontvangste 29 550 41 207 48 448 48 254 34 075 34 099 5-Min: Handelsware-invoere 360 362 476 966 573 850 739 852 554 161 598 151 6- Min: Betalings vir dienste 77 197 96 623 115 934 138 885 124 147 134 843 7- Min: Inkomstebetalings 60 975 75 982 117 266 122 129 87 593 87 022 8-Lopende oordragte -15 680 -15 768 -16 575 -18 906 -22 428 -16 762 (netto ontvangste +) 9-Saldo op lopende rekening -54 495 -93 799 -140 551 -161 874 -97 062 -74 058 Bron: Suid-Afrikaanse Reserwebank, Quarterly Bulletin, Maart 2011 Eenheid 3 Buitelandse valutamarkte 1. Inleiding Wanneer goedere ingevoer word, moet buitelandse vervaardigers met behulp van buitelandse valuta betaal word. Sakeondernemings en individue in ander lande wat Suid-Afrikaanse produkte koop, sal daarvoor in rand moet betaal, en sal hul eie geldeenhede ruil om dit te doen. 2. Die begrip: buitelandse valutamarkte ’n Buitelandse valutamark bring kopers en verkopers van verskillende geldeenhede byeen. Die buitelandse valutamark bestaan uit gemagtigde valutahandelaars wat buitelandse valuta namens hul kliënte koop en verkoop. Die buitelandse valutamark is ’n internasionale mark wat die kopers en verkopers van buitelandse valuta van lande regoor die wêreld insluit. Eenheid 4 Die totstandkoming van buitelandse wisselkoerse 1. Inleiding © Via Afrika Uitgewers >> Ekonomie 35
Kwartaal 1 Die ekonomiese term wisselkoers verwys na die koers waarteen een land se geldeenheid gewissel (of geruil) word vir dié van ’n ander land. 2. Vertolking van wisselkoerse Die wisselkoers word altyd aangedui as die verhouding van een land se geldeenheid met betrekking tot dié van ’n ander land. Wanneer die wisselkoers tussen twee geldeenhede verander, sal een van hulle in waarde toeneem (appresieer) en die ander in waarde afneem (depresieer). Daar is twee hoofwisselkoerse wat ’n uitwerking het op die Suid-Afrikaanse ekonomie: die Amerikaanse dollar en die euro. 3. Vasstelling van die rand-dollar-wisselkoers Die mark vir Amerikaanse dollars is een van die belangrikste elemente van die buitelandse valutamark. Die algemene reël vir die vraag na dollars is: Hoe hoër die prys van die dollar in terme van Suid-Afrikaanse rand, hoe kleiner is die hoeveelheid dollar wat in aanvraag is. Daar is verskeie bronne vir die aanbod van dollars in die Suid-Afrikaanse buitelandse valutamark, soos: • Die eerste is produsente in Suid-Afrika wat hul produkte na die VSA uitvoer. • Buitelandse beleggers sal ook dollars verskaf wanneer hulle dit vir rande ruil om in Suid- Afrikaanse aandele of effekte te belê. • Buitelandse toeriste wat dollars saam met hulle na Suid-Afrika bring en dit dan moet omruil om vir goedere en dienste te betaal. • Spekulante wat ’n styging in die waarde van die rand verwag, sal dollars vir rande ruil totdat die rand geappresieer het. 4. Geldeenheid-appresiasie en -depresiasie vanweë veranderinge in vraag en aanbod Enige faktor wat ’n verandering in die vraag na of aanbod van buitelandse valuta veroorsaak, sal ’n verandering in die wisselkoers meebring. Wanneer die dollar duurder word teenoor die rand, word meer rande benodig om een dollar te koop. Verandering Uitwerking op die wisselkoers Toename in vraag na buitelandse valuta Depresieer Afname in vraag na buitelandse valuta Appresieer Toename in aanbod van buitelandse valuta Depresieer Afname in aanbod van buitelandse valuta Appresieer © Via Afrika Uitgewers >> Ekonomie 36
Kwartaal 1 5. Ingryping in die buitelandse valutamark Die handel in buitelandse valuta kan baie spekulatief wees. Dit is algemene gebruik vir die monetêre owerhede van ’n land om in te gryp in buitelandse valutamarkte ten einde die fluktuasies in die wisselkoers te beperk. Monetêre owerhede kan op twee maniere ingryp: Eerstens kan die sentrale bank die fluktuasies in die wisselkoers manipuleer deur middel van ’n beleid bekend as beheerde swewing. Tweedens kan die wisselkoers beheer deur die inwerkingstelling van ’n swewende valutastelsel. Eenheid 5 Regstellings van betalingsbalanssurplus en -tekort (disekwilibria) 1. Inleiding 2. Dit is in ’n land se beste belang indien daar ’n balans is tussen totale invoere en totale uitvoere. Hierdie balans tussen invoere en uitvoere sal verseker dat die betalingsbalans en die wisselkoers relatief stabiel bly. Die somtotaal van die saldo’s van die lopende rekening, die kapitaalrekening, onopgetekende transaksies en die netto goud en buitelandse reserwes behoort nul te wees. 2. Betalingsbalans-surplus of -tekort As die totale betalings wat ’n land in ’n vasgestelde tyd gedoen het, meer is as die totale inkomste wat die land in dieselfde tydperk ontvang het, sal daar ’n betalingsbalanstekort wees. As die totale inkomste wat ’n land in ’n vasgestelde tyd ontvang het, meer is as die totale betalings wat die land in dieselfde tyd gedoen het, daar ’n betalingsbalans-surplus wees. Ten einde te bepaal of daar ’n betalingsbalans-surplus of -tekort is, moet die eindsaldo’s van die lopende rekening, die finansiële rekening, die goud en buitelandse reserwes van die land, asook onopgetekende transaksies, bymekaargetel word. © Via Afrika Uitgewers >> Ekonomie 37
Kwartaal 1 2.1 Die lopende rekening • Die totale inkomste op die lopende rekening word bereken deur die bepaling van die somtotaal van handelsware-uitvoere, netto gouduitvoere, diensontvangste en die netto ontvangste van lopende oordragte. • Die totale betalings uit die lopende rekening word bereken deur die bepaling van die somtotaal van handelsware-invoere, betalings vir dienste en inkomstebetalings. • Die saldo van die lopende rekening is die verskil tussen die totale inkomste en totale betalings in die lopende rekening. • Die lopende rekening sal ’n tekort toon as die totale betalings in die lopende rekening meer is as die totale inkomste in die lopende rekening. • Die lopende rekening sal ’n surplus toon wanneer die totale inkomste in die lopende rekening meer is as die totale betalings in die lopende rekening. 2.2 Die finansiële rekening • Die saldo van die finansiële rekening word bepaal deur die somtotaal te bereken van die netto direkte investering, netto portefeulje-investering en netto ander investering. • Die finansiële rekening sal ’n surplus toon as die invloei van kapitaal die uitvloei daarvan oor ’n spesifieke tyd oorskry. • Die finansiële rekening sal ’n tekort toon as die uitvloei van kapitaal die invloei daarvan oor ’n spesifieke tyd oorskry. Vrae 1. Lys die redes waarom lande met mekaar handel dryf. (6) 2. Onderskei tussen die wet van absolute en vergelykende voordeel. (4) 3. Verduidelik kortliks hoe 'n buigsame wisselkoers 'n tekort op die lopende rekening van die betalingsbalans regstel. (6) Voltooi die tabel hieronder deur aan te dui of die volgende gebeurtenisse 'n verskuiwing van die vraag- of aanbodkurwe vir dollars na regs of na links sal teweegbring. Dui aan of die rand-dollar-wisselkoers depresieer of appresieer. (14) Gebeurtenis Verskuiwing Depresiasie of appresiasie van die rand-dollar- wisselkoers a) 'n Toename in die getal toeriste wat Suid-Afrika hierdie jaar besoek © Via Afrika Uitgewers >> Ekonomie 38
Kwartaal 1 b) 'n Toename in die internasionale vraag na goud van Suid-Afrika c) 'n Toename in die hoeveelheid kapitaalgoedere wat Suid-Afrikaanse maatskappye van die res van die wêreld koop d) 'n Toename in die hoeveelheid invoere wat deur huishoudings gekoop word e) 'n Afname in die hoeveelheid buitelandse effekte wat deur Suid- Afrikaners gekoop word f) 'n Afname in vaste beleggings deur buitelanders in Suid-Afrika g) 'n Toename in die hoeveelheid Suid-Afrikaanse effekte wat deur buitelanders gekoop word 5. Kies die korrekte opsie tussen hakies: a) As die invloei van buitelandse valuta meer is as die uitvloei van buitelandse valuta, (verminder/vermeerder) buitelandse reserwes. b) 'n Toename in buitelandse reserwes dui aan dat die invloei van buitelandse valuta (meer/minder) is as die uitvloei van buitelandse valuta. c) As die gesamentlike saldo op die lopende rekening en kapitaalrekening positief is, (vermeerder/verminder) buitelandse reserwes. © Via Afrika Uitgewers >> Ekonomie 39
Kwartaal 1 d) 'n Tekort op die lopende rekening tesame met 'n tekort op die finansiële rekening (vermeerder/verminder) buitelandse reserwes. e) As die tekort op die lopende rekening groter is as die surplus op die finansiële rekening, (verminder/vermeerder) buitelandse reserwes. (10) © Via Afrika Uitgewers >> Ekonomie 40
Kwartaal1 1 © Via Afrika Uitgewers >> Ekonomie 41
Kwartaal 2 Kwartaal 2 Onderwerp 1 Ekonomiese stelsels: Beskerming en vryhandel (Globalisering) Oorsig In hierdie onderwerp word maniere waarop plaaslike handel teen mededinging beskerm kan word asook die voordele en nadele van globalisering bespreek. In hierdie onderwerp gaan jy leer van: • uitvoerbevordering • invoervervanging • beskerming (die argumente) • vryhandel (die argumente) • evaluering. Uitvoerbevordering Invoervervanging • belangrikheid • metodes • gevolge • redes • bevorderingsmetodes Vryhandel Evaluering van Suid-Afrika se beleide • argumente vir vryhandel • Marrakesh-ooreenkoms • argumente teen vryhandel • SADU against free trade • Cotonou-protokol • ASV • WHO • Cairns-groep © Via Afrika Uitgewers>> Ekonomie 42
Kwartaal 2 Eenheid 1 Uitvoerbevordering 1. Die begrip • Internasionale handel is die koop en verkoop van goedere en dienste tussen een land en 'n ander een. • Ons noem goedere wat in die land ingekoop word invoere en dié wat aan 'n ander land verkoop word uitvoere. • Vryhandel vind plaas wanneer invoere en uitvoere vrylik tussen verskillende lande van die wêreld vloei. • Hoewel vryhandel sy voordele het, word dit nie aanvaar dat almal daarby baat vind nie. • Sterk buitelandse mededinging kan meebring dat lande handelsversperrings instel om hul plaaslike nywerhede te beskerm. Ons noem dit beskerming. • Twee strategieë kan gevolg word om hierdie probleem te oorkom: uitvoerbevordering en invoervervanging. Uitvoerbevordering beteken dat die owerheid plaaslike maatskappye bystaan en aanmoedig om goedere en dienste in internasionale markte te verkoop. Produsente in Suid-Afrika kan aansoek doen om hierdie aansporings by die Departement van Handel en Nywerheid (DHN). 'n Voorbeeld van so 'n aansporing is die Export Marketing and Investment Assistance (EMIA) -skema. Dit word deur die DHN geadministreer en vergoed uitvoerders vir die koste wat met die ontwikkeling van uitvoermarkte vir Suid-Afrikaanse goedere gepaardgaan. 2. Die belangrikheid van uitvoerbevordering • Uitvoere help stimuleer ekonomiese groei. • Uitvoere help betaal vir invoere en verbeter die posisie van die betalingsbalans. • Die toename in vraag lei tot 'n groter produksieskaal wat op sy beurt lei tot 'n afname in produksiekoste, wat skaalbesparing genoem word, en wat plaaslike produsente internasionaal mededingender sal maak. 3. Die gevolge van uitvoerbevordering • Uitvoerbevordering maak dit vir sowel plaaslike produsente as die Suid-Afrikaanse owerhede moontlik om hul betrekkinge met handelsvennote te versterk. • Sterk betrekkinge lei tot handel, investering en vooruitgang in tegnologie wat vir almal wat daarby betrokke is, voordelig is. 4. Die gevolge van uitvoerbevordering • Aansporings en subsidies kan help om uitvoere te bevorder. • Aansporings is maatreëls wat aan produsente gebied word om hulle aan te moedig om hul produkte uit te voer. 'n Voorbeeld van 'n aansporing is 'n skema wat deur die Nywerheidsontwikkelingskorporasie (NOK) bedryf word waarvolgens finansies teen laer koerse beskikbaar stel vir sekere besigheidsuitbreidingskemas wat na verwagting meer buitelandse valuta sal verdien. © Via Afrika Uitgewers>> Ekonomie 43
Kwartaal 2 • Subsidies is kontantbetalings wat aan uitvoerders gemaak word om hulle aan te moedig om hul goedere en dienste uit te voer. Eenheid 2 Invoervervanging 1. Die begrip Invoervervanging kom voor wanneer die owerheid van 'n land die inwoners aanmoedig om eerder plaaslik vervaardigde as ingevoerde goedere en dienste te gebruik. Dit help om die groei van plaaslike nywerhede te bevorder en bevorder sodoende ekonomiese groei. Die owerheid gebruik die volgende invoerbeheermaatreëls om invoervervanging aan te moedig: • invoertariewe • invoerkwotas • doeaneregte. 2. Die redes vir invoervervanging Die redes vir invoervervanging sluit die volgende in: • Dit is makliker vir produsente om tot ’n geïdentifiseerde mark toe te tree as die binnelandse mark beskerm word. • Dit los probleme met die betalingsbalans op. • Dit ontwikkel die plaaslike vervaardigingsbedryf. Hierdie ontwikkeling sal bykomende werkgeleenthede skep, want die sekondêre sektor is die grootse indiensnemer van al die sektore. Eenheid 3 Beskerming (die argumente) 1. Die begrip Beskerming beteken die implementering van 'n handelsbeleid wat daarop gerig is om die invoer van sekere goedere en dienste te beperk ten einde die plaaslike nywerhede te beskerm. 2. Argumente ten gunste van beskerming • Beskerm ontluikende (jong) nywerhede: As 'n jong nywerheid in sy beginjare beskerm word, kan dit dalk in staat wees om te groei en later mededingend te raak. © Via Afrika Uitgewers>> Ekonomie 44
Kwartaal 2 • Stabiele loonvlakke en lewenstandaarde: Lande met lae loonvlakke kan hul goedere teen lae pryse na ander lande uitvoer en sodoende die voortbestaan van die plaaslike nywerhede bedreig. • Handelsbeperkings en werkloosheid: Wanneer 'n land met 'n hoë werkloosheidsyfer worstel, sal daar druk uitgeoefen word om handelsbeperkings in te stel ten einde die plaaslike nywerhede te beskerm. • Voorkom storting: Op kort termyn kan die plaaslike verbruikers goedere goedkoop koop, maar op lang termyn lei dit tot minder keuses en hoër pryse wat die buitelandse maatskappy kan vra omdat hulle die plaaslike produsente gedwing het om hul ondernemings te sluit. • Beskerm strategiese nywerhede en moedig selfvoorsiening aan: Sommige nywerhede is onontbeerlik vir 'n land se oorlewing en moet as sodanig beskerm word. • Regstelling van betalingsbalans en stabilisering van die wisselkoers: Beskerming kan gebruik word om invoere te verminder ten einde sodoende die betalingsbalans en wisselkoers te verbeter. • Verdien inkomste vir die owerheid: Invoertariewe is 'n belangrike inkomstebron. • Multinasionale maatskappye: Hierdie maatskappye kan minder ontwikkelde lande oorheers. Eenheid 4 Vryhandel (die argumente) 1. Die begrip Vryhandel verwys na die vloei van uitvoere en invoere tussen verskillende lande in die wêreld sonder enige inmenging van handelsversperrings en met geen vorm van beskerming wat gebruik word om nuwe nywerhede in ontwikkelende lande te beskerm nie. Voordele van vryhandel is: • Dit lei tot 'n afname in die binnelandse pryse van goedere en dienste. • Dit moedig die ontwikkeling en gebruik van doeltreffender produksiemetodes aan. • Dit stel binnelandse verbruikers aan nuwe produkte bekend. • Dit bied vir die binnelandse verbruikers 'n groter verskeidenheid verbruiksgoedere aan. 2. Argumente ten gunste van vryhandel • Verbeter globale doeltreffendheid: Hulpbronne word doeltreffender toegewys namate markte uitbrei. • Spesialisering: Vryhandel stel lande in staat om te spesialiseer in nywerhede waarin hulle 'n mededingende voordeel het. • Skaalbesparing: Koste kan aansienlik verminder word as sakeondernemings voordeel trek uit skaalbesparings wat 'n globale mark bied. • Innovering: Groter mededinging moedig innovering aan. • Versprei demokratiese waardes: Sakeondernemings wat op 'n internasionale basis meeding, moet aan internasionale wette voldoen. • Keuse: Verbruikers kan goedere en dienste van oral in die wêreld koop. • Laer pryse: Gespesialiseerde produksie en 'n doeltreffende toewysing van hulpbronne lei tot laer pryse. © Via Afrika Uitgewers>> Ekonomie 45
Kwartaal 2 Eenheid 5 'n Gewenste mengsel 1. Inleiding Die meeste lande gebruik 'n kombinasie van sowel vryhandel as beskerming. Globalisering beteken dat geen land uitgesluit is uit internasionale handel nie. 2. Wat is die gewenste mengsel? • Die wêreldekonomie word gekenmerk deur globalisering en internasionale handel. Alle lande, veral ontwikkelde lande, word aangemoedig om 'n vryhandelsbeleid te implementeer. Teoreties beskou, sal die verwydering van alle handelsversperrings die beste omstandighede vir internasionale handel bied. • Maar in die werklikheid is dit so dat markte nie volmaak mededingend is nie en die teorie waarop vryhandel gebaseer is, kom nie ooreen met omstandighede in die werklikheid nie. Dit is soms nodig om 'n mate van beskerming te gebruik ten einde nasionale doelwitte te bereik. Wanneer 'n beskermende handelsbeleid soos 'n handelstarief geïmplementeer word, sal 'n ekonomie waarskynlik ekonomies verliese ly. Die staat kan egter dalk op ander maniere daarby baat vind soos die beskerming van werkgeleenthede. • Lande onderteken internasionale ooreenkomste wat handelsprotokolle tot stand bring wat voorskryf hoe die internasionale handel moet plaasvind. Voorbeelde sluit die Afrika-unie (AU) en die Europese Unie (EU) in. • Die Wêreldhandelsorganisasie (WHO) is die enigste internasionale globale organisasie wat te doen het met die reëls oor handel tussen lande. Dié organisasie beywer hom daarvoor dat handelsversperrings wêreldwyd verminder moet word sodat meer lande by internasionel handel kan baat vind. Eenheid 6 Evaluering 1. Inleiding Suid-Afrika se ekonomiese beleid beklemtoon dat die uitvoer van goedere ekonomiese groei sal stimuleer. Suid-Afrika het 'n ooreenkoms met die WHO onderteken om handel te verruim. Die © Via Afrika Uitgewers>> Ekonomie 46
Kwartaal 2 regering het 'n Trots Suid-Afrikaans-veldtog gebruik om Suid-Afrikaanse verbruikers en buitelandse besoekers aan te moedig om plaaslik vervaardigde goedere te koop. 2. Vryhandel of beskerming in Suid-Afrika? In 1994 het Suid-Afrika die Marrakesh-ooreenkoms onderteken en sodoende aangedui dat Suid- Afrika ’n vryhandelsbenadering aanvaar het. Hiermee het Suid-Afrika onderneem om sy deure vir internasionale handel oop te maak deur subsidies en valutabeheermaatreëls te verminder. Suid-Afrika is betrokke by die volgende organisasies en ooreenkomste met die doel om meer vryhandel en ontwikkeling te bevorder: • die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap se Handelsprotokol • die Suider-Afrikaanse Doeane-unie (SADU) • die Contonou-ooreenkoms – hierdie ooreenkoms is gerig op die omkering van die ekonomiese en tegnologiese marginalisering van Afrikalande sowel as lande om die Karibiese en Stille Oseaan met betrekking tot wêreldhandel en -beleggings • die Verenigde State se Algemene Stelsel van Voorkeure (ASV) wat meer as 4 650 produkte van doeanereg vrystel • die onderhandelinge oor ’n vryhandelsooreenkoms tussen die SADU en China • die Wêreldhandelsorganisasie (WHO) • die Cairns-groep – dit verwys na ’n groep lande wat landbouprodukte uitvoer met die doel om vry- en regverdige handel in die wêreldlandboumark te bewerkstellig • die Wêreld Ekonomiese Forum (WEF) – hierdie jaarlikse byeenkoms van ekonomiese leiers in Switserland is nou die wêreld se globale sakeberaad. Vrae 1. Wat beteken die term “vryhandel”? (2) 2. Wat beteken die term “uitvoerbevordering”? (2) 3. Wat beteken die term “invoervervanging”? (2) 4. Lys sewe voordele van vryhandel. (14) 5. Bespreek die verskillende protokolle wat Suid-Afrika sedert 1994 onderteken het. (16) 6. Skryf kort aantekeninge oor die voordele van invoervervanging. (16) 7. Bespreek vier argumente ten gunste van beskerming. (16) 8. Verduidelik enige drie nadele van invoervervanging. (6) © Via Afrika Uitgewers>> Ekonomie 47
Kwartaal 2 Onderwerp 2 Dinamika van markte: Volmaakte markte Oorsig In hierdie onderwerp word volmaakte markte ondersoek en hoe goed hulle die volgende basiese ekonomiese vrae beantwoord: Wat moet geproduseer word? Hoe moet dit geproduseer word? Vir wie moet dit geproduseer word? In hierdie onderwerp gaan jy leer van: • volmaakte mededinging • individuele sakeonderneming en bedryf • markstruktuur • produksie-uitset • winste • verliese en aanbod • mededingingsbeleide. Individuele sakeondernemings en die Kenmerke van 'n volmaak mededingende nywerheid mark • Baie kopers en verkopers • Die verskil tussen die nywerheid en die • Homogeen individuele sakeonderneming • Volmaakte inligting • Die verskillende inkomstebegrippe en • Geen samespanning kurwes van die sakeonderneming in 'n • Vryheid van toetrede en uittrede volmaak mededingende mark • Ongereguleerd • Die verskillende kostebegrippe en kurwes • Beweeglikheid van produksiefaktore van die sakeonderneming in 'n volmaak mededingendemark Uitsetbesluite Markstruktuur Winsmaksimalisering vir 'n maatskappy in volmaakte mededinging op kort termyn Organisasie van 'n volmaak mededingende • Markprysveranderinge op kort termyn mark • Langtermynkoste van die individuele sakeonderneming © Via Afrika Uitgewers>> Ekonomie 48
Kwartaal 2 Eenheid 1 Volmaakte mededinging 1. Inleiding In ekonomie soek ons maniere waarop ons skaars hulbronne doeltreffend gebruik word om goedere en dienste te produseer wat ons behoeftes en begeertes bevredig. In 'n markekonomie produseer sakeondernemings goedere en dienste. Die manier waarop hulle gaan optree, word beïnvloed deur die markstruktuur waarin hulle voorkom. In hierdie eenheid kyk ons na hoe hulle optree in volmaakte mededinging. In Graad 11 het jy geleer dat wanneer 'n mark volmaak mededingend is, is daar baie relatief klein sakeondernemings wat homogene (identiese) goedere of dienste produseer. Nie een van hierdie sakeondernemings het die mag om die prys waarteen die produk verkoop word, te beïnvloed of te verander nie. Waar daar volmaakte mededinging is, word die markprys van die produk deur die interaksie tussen vraag en aanbod bepaal. 2. Eienskappe van volmaakte mededinging • Baie kopers en verkopers: Sodat 'n volmaak mededingende mark kan bestaan, moet daar baie kopers en verkopers van 'n spesifieke produk wees. Dit verseker voldoende mededinging sodat geen koper of verkoper die produk se prys kan beïnvloed nie. • Homogene produk: Die produkte moet soortgelyk of identies wees om te verseker dat geen verkoper sy produk van sy mededingers s’n kan onderskei nie wat hom in staat sou stel om 'n hoër prys te vra. Solank die produkte homogeen is, is daar geen rede vir 'n koper om een produk bo 'n ander te verkies nie. • Volmaakte inligting: Al die kopers en verkopers moet volledige en korrekte inligting oor die marktoestande hê. • Geen samespanning: Elke koper en verkoper moet onafhanklik optree en sodoende samespanning vermy. • Vryheid van toetrede en uittrede: Kopers en verkopers moet vry wees om tot 'n mark toe te tree of dit te verlaat. Daar moet geen versperrings vir toetrede wees nie, wat nuwe sakeondernemings in staat stel om toe te tree en teen bestaande sakeondernemings mee te ding. • Ongereguleerde mark: Daar moet geen staatsinmenging wees nie. • Beweeglikheid van die produksiefaktore: Die produksiefaktore moet vry wees om van een gebied en nywerheid na ander te beweeg. © Via Afrika Uitgewers>> Ekonomie 49
Kwartaal 2 In volmaakte mededinging is die individuele maatskappy 'n prysnemer en moet sy produk teen die markprys verkoop Nuwe verskaffers kan tot die mark toetree omdat wins gemaak kan word en daarom sal die aanbod styg en die prys daal totdat 'n nuwe ekwilibriumprys en -hoeveelheid bereik is. Eenheid 2 Individuele sakeonderneming en die nywerheid 1. Inleiding Ons kan 'n nywerheid omskryf as al die sakeondernemings wat dieselfde produk of diens produseer. Die nywerheidsuitset sal die somtotaal van die produksie-uitset van al die individuele © Via Afrika Uitgewers>> Ekonomie 50
Kwartaal 2 sakeondernemings wees. Verskillende nywerhede sal verskillende groottes hê. 'n Individuele sakeonderneming is 'n enkele produsent van 'n produk of diens. Die manier waarop sakeondernemings in 'n nywerheid optree, hang af van hoe die nywerheid georganiseer is. Die ekonomiese term “markorganisasie” verwys na die manier waarop die nywerheid georganiseer is. Dit sal onder andere die vermoë van 'n sakeonderneming om pryse te beïnvloed (prysmaker), insluit. 2. Die verskil tussen die nywerheid en die individuele sakeonderneming 2.1 Die nywerheid Soos hierbo genoem, bestaan 'n nywerheid uit al die verskillende sakeondernemings wat dieselfde produk produseer. As alle produkte homogeen (soortgelyk) is, sal hulle almal teen dieselfde markprys verkoop word. Maar selfs al is die produkte wat deur 'n nywerheid geproduseer word presies dieselfde, is daar ander produkte wat gebruik kan word om 'n produk te vervang ten einde dieselfde behoefte te bevredig. Alle produkte het 'n vervangingsproduk wat hulle kan vervang. 2.2 Die individuele sakeonderneming Individuele sakeondernemings het geen invloed op die markprys waarteen hulle hul homogene produkte verkoop nie. 3. Die verskillende inkomstebegrippe en -kurwes van die sakeonderneming in ’n volmaak mededingende mark © Via Afrika Uitgewers>> Ekonomie 51
Kwartaal 2 Ons gaan na die volgende inkomstebegrippe kyk: • totale inkomste (TI) • gemiddelde inkomste (GI) • marginale inkomste (MI). Totale inkomste (TI) verwys na die totale inkomste wat ontvang word wanneer 'n sakeonderneming 'n spesifieke hoeveelheid goedere of dienste teen die markprys verkoop. Dit kan soos volg bereken word: TI = prys × hoeveelheid verkoop. Gemiddelde inkomste (GI) is gelyk aan totale inkomste gedeel deur die hoeveelheid wat verkoop is. Die vergelyking is: GI = TI ÷ hoeveelheid verkoop. Marginale inkomste (MI) word omskryf as die addisionele of ekstra inkomste wat verdien word wanneer een addisionele eenheid of produk verkoop word. Ons gebruik die volgende vergelyking om marginale inkomste te bereken: MI = (nuwe TI – vorige TI) ÷ (nuwe hoeveelheid verkoop – vorige hoeveelheid verkoop) Die volgende voorbeeld toon die verhouding tussen die verskillende inkomstebegrippe: Hoeveelheid Prys (P) Marginale Totale inkomste Gemiddelde inkomste (MI) (TI) inkomste (GI) H 0 5 0 1 5 5 5 5 2 5 5 10 5 3 5 5 15 5 4 5 5 20 5 5 5 5 25 5 6 5 5 30 5 Inkomstekurwes Inkomstekurwes is 'n grafiese voorstelling van die totale inkomste, gemiddelde inkomste en marginale inkomste van 'n maatskappy of 'n nywerheid. Deur die kurwes op die kurwe te ondersoek, kan ons maklik sien wat met inkomste met verloop van tyd gebeur. Maksimalisering van wins © Via Afrika Uitgewers>> Ekonomie 52
Kwartaal 2 In volmaakte mededinging maksimaliseer die maatskappy winste as dit daardie hoeveelheid produseer waar die marginale inkomste (MI) gelyk is aan die marginale koste (MK). MI = MK  maksimalisering van wins Solank die marginale inkomste groter is as die marginale koste, maak die marginale inkomste 'n bydrae tot totale winste. Deur 'n addisionele eenheid te produseer en te verkoop, verdien die produsent meer as wat dit kos om die addisionele eenheid te produseer, en sy wins styg. MI > MK  wins styg Wanneer marginale inkomste minder is as marginale koste, sal die totale wins daal. Dit kos die maatskappy meer om die addisionele eenheid te produseer as wat dit verdien deur die addisionele eenheid te verkoop. Dit is daarom nie in die maatskappy se belang om die ekstra eenheid te produseer nie. MI < MK  wins daal 4. Die verskillende kostebegrippe en -kurwes van die sakeonderneming in ’n volmaak mededingende mark • Ten einde inkomste te ontvang, moet sakeondernemings koste aangaan. Hierdie koste kan uitgedruk word as totale koste, gemiddelde koste of marginale koste. • Daar is 'n kort termyn en 'n lang termyn vir sakeondernemings. • Korttermynkoste kan verdeel word in vaste koste en veranderlike koste. • Vaste koste (FK) plus veranderlike koste (VK) = totale koste (TK). (FK + VK = TK). • Op kort termyn kan vaste koste nie verander word nie. Op lang termyn is alle koste veranderlik. Kostebegrippe Koste kan grafies op dieselfde manier as inkomstekurwes vooorgestel word. Totale koste (TK): die totale produksiekoste insluitend veranderlike en vaste koste. TK = TFK+ TVK © Via Afrika Uitgewers>> Ekonomie 53
Kwartaal 2 Gemiddelde koste (GK of GTK): die totale koste per eenheid. GK = TK ÷ getal eenhede geproduseer. Ook, GK = GFK + GVK. Gemiddelde vaste koste: totale vaste koste gedeel deur die getal eenhede geproduseer. GFK = TFK ÷ getal eenhede geproduseer. Gemiddelde veranderlike koste: totale veranderlike koste gedeel deur getal eenhede geproduseer. GVK = TVK ÷ getal eenhede geproduseer. Marginale koste (MK): die verandering in totale koste as een ekstra uitseteenheid geproduseer word. MK = verandering in TK ÷ verandering in hoeveelheid geproduseer. © Via Afrika Uitgewers>> Ekonomie 54
Kwartaal 2 Eenheid 3 Markstruktuur 1. Inleiding Volmaakte mededinging (d.i. 'n markstruktuur wat mededinging moontlik maak) as die doeltreffendste markstruktuur omdat dit verseker: • goedere en dienste word teen die laagste koste geproduseer • skaars hulpbronne word op die doeltreffendste manier gebruik. Die toestande wat vir die bestaan van 'n volmaakte mark nodig is, is nie altyd moontlik in die werklikheid nie, wat baie verskillende markstrukture tot gevolg het. Ons kan onderskei tussen die volgende basiese markstrukture: • volmaakte mededinging • monopolistiese mededinging • oligopolie • monopolie. Die volgende vier kenmerke word gebruik om tussen die verskillende markstrukture te onderskei: • die aantal kopers en verkopers in die mark • die aard van die produk • die beskikbaarheid van inligting • die vryheid van marktoetrede en -uittrede. 2. Die samestelling van die volmaak mededingende mark • Die aantal kopers en verkopers in die mark Die hoeveelheid wat deur verbruikers aangevra word, hang af van 'n verskeidenheid faktore soos hul vermoë om vir die produk te betaal, die tipe behoefte of begeerte wat deur die produk bevredig word, die prys van die produken die grootte van die bevolking. Omdat alle produkte in 'n volmaak mededingende mark homogeen is, sal daar n groot aantal kopers wees wat die produk sal aanvra. Nie een van hierdie kopers kan egter die markprys van die produk beïnvloed nie omdat die hoeveelheid wat elkeen aanvra, steeds min is vergeleke met die totale markvraag vir die produk. • Die aard van die produk Homogene produkte is goedere of dienste wat presies dieselfde is, en daar is geen rede waarom verbruikers die een bo die ander sal verkies nie. • Die beskikbaarheid van inligting In 'n volmaak mededingende mark het alle individuele sakeondernemings en verbruikers volmaakte kennis. Dit beteken dat geen individuele sakeonderneming voordeel kan trek ten koste van die ander sakeondernemings nie. • Marktoetrede en -uittrede © Via Afrika Uitgewers>> Ekonomie 55
Kwartaal 2 In 'n volmaak mededingende mark is alle produsente en verskaffers vry om te eniger tyd tot die mark toe te tree. Eenheid 4 Produksie-uitset 1. Inleiding In 'n volmaak mededingende mark is die doelwit van 'n sakeonderneming om sy wins te maksimaliseer. As 'n individuele sakeonderneming kan dit nie die produk se prys verander nie, en daar moet besluit word: • of dit met produksie moet voortgaan of sy bedrywighede moet beëindig • watter hoeveelheid die sakeonderneming moet produseer om sy wins te maksimaliseer. Ons gebruik die term “produksie-uitset” om te beskryf hoeveel produkte die sakeonderneming gaan produseer en verkoop teen hierdie markprys om sy wins te maksimaliseer. 2. Maksimum wins van ’n volmaak mededingende sakeonderneming Daar is twee maniere waarop 'n produsent kan besluit hoeveel om te produseer: • Die reël van marginale inkomste - marginale koste: Dit dui aan dat die sakeonderneming daardie produksievlak moet bereik waar marginale inkomste gelyk is aan marginale koste. (MI = MK) • Die reël van totale inkomste - totale koste: Dit dui aan dat die sakeonderneming daardie produksievlak moet bereik waar die positiewe verskil tussen die totale inkomste en die totale koste die grootste is. 3. Wat gebeur as die markprys op kort termyn verander? As die markprys verander, sal die sakeonderneming sy besluit oor die hoeveelheid goedere wat hulle gaan produser en verkoop, moet aanpas. Volgens die winsmaksimaliseringsreël sal hulle altyd die hoeveelheid produseer waar MI = MK. 4. Langtermynkoste van die individuele sakeonderneming Die lang termyn is 'n tydperk wat lank genoeg is sodat die sakeonderneming al sy produksiefaktore en -insette kan verander ten einde sy vlak van produksie-uitset aan te pas. Op lang termyn het die sakeonderneming nie vaste koste nie. Alle koste is veranderlik. Die totale koste van die sakeonderneming op lang termyn is dus gelyk aan die totale veranderlike koste (TK = TVK). Die verhouding tussen GLTK en MLTK is dieselfde as die verhouding tussen GKTK en MKTK. Die kurwe vir die sakeonderneming se gemiddelde langtermynkoste is U-vormig. Dit impliseer dat die gemiddelde langtermynkoste (GLTK) aanvanklik sal afneem namate die vlak van produksie-uitset toeneem. © Via Afrika Uitgewers>> Ekonomie 56
Kwartaal 2 5. Optimale grootte van die sakeonderneming op lang termyn ’n Sakeonderneming wat in ’n volmaak mededingende markstruktuur bedryf word, sal probeer om sy wins op lang termyn te maksimaliseer. Sakeondernemings sal aanhou uitbrei solank hulle skaalbesparings kan realiseer. Eenheid 5 Wins • Wins is die verskil tussen die totale inkomste en totale koste. Die sakeonderneming maak 'n wins wanneer die totale inkomste daarvan meer is as die totale koste daarvan. • Normale wins is die beste opbrengs wat die sakeonderneming se selfbesit, selfwerksame hulpbronne elders kon verdien en kan beskou word as die minimum verdienste wat die eienaar van die sakeonderneming nodig het om daardie spesifeke sakeonderneming aan die gang te hou. • Ekonomiese wins is gelyk aan die total inkomste wat meer is as die totale koste. Dit is die ekstra wins wat die eienaar van die sakeonderneming ontvang bo die minimum verdienste wat nodig is om daardie spesifeke sakeonderneming aan die gang te hou. Dit is hoekom dit soms surpluswins of suiwer wins genoem word. © Via Afrika Uitgewers>> Ekonomie 57
Kwartaal 2 2 Maksimum wins volgens die marginale-inkomste-marginale-koste-benadering Sakeondernemings kan die marginale-inkomste-marginale-koste-benadering gebruik om die maksimum vlak van produksie-uitset te bepaal. Wins word gemaksimaliseer wanneer MK = MI. 3 Wanneer maak ’n sakeonderneming ’n ekonomiese wins? As MI groter as MK is, maak die sakeonderneming 'n ekonomiese wins. Eenheid 6 Verliese en aanbod 1. Inleiding In volmaakte mededinging word die markprys bepaal deur die interaksie tussen vraag en aanbod. As markkragte verander en die markprys daal, is daar niks wat die sakeonderneming kan doen om die markprys te beïnvloed. Al wat die sakeonderneming kan doen, is om die vlak van produksie-uitset te verander ten einde enige verlies wat dit dalk kan ly, te beperk. © Via Afrika Uitgewers>> Ekonomie 58
Kwartaal 2 'n Ekonomiese verlies kom voor wanneer die gemiddelde koste van die sakeonderneming groter is as die gemiddelde markprys. Die winsmaksimaliseringsreël dui aan dat as die sakeonderneming sy wins wil maksimaliseer (of sy verlies wil minimaliseer), moet die sakeonderneming daardie vlak van produksie-uitset produseer waar die marginale inkomste gelyk is aan die marginale koste. 2 Wat gebeur as die markprys daal? Wanneer sal die maatskappy sy deure toemaak? Solank die prys gelyk is aan of hoër is as die gemiddelde koste per eenheid, maak die maatskappy 'n wins. As die prys tot onder die gemiddelde koste per eenheid daal, en die totale inkomste minder is as die totale koste, ly die maatskappy 'n verlies. Volgens die vraag-en-aanbod-ontleding, namate meer maatskappye tot die mark toetree, styg die aanbod en verskuif die aanbodkurwe na regs, dus daal die prys van die produk. Namate die prys van die produk daal, sal die maatskappy minder in totale inkomste ontvang, en ekonomiese wins sal begin daal. Hierdie proses sal voortduur totdat net normale wins in die mark verdien word. Wanneer maatskappye in 'n spesifieke mark 'n verlies ly, is dit tyd om uittrede uit die mark te oorweeg. Namate meer en meer produsente uit die mark tree, sal die aanbod daal. Volgens die vraag-en-aanbod-ontleding sal dit 'n opwaartse verskuiwing van die aanbodkurwe veroorsaak en die prys sal styg. Maatskappye wat in die mark bly sake doen het, sal nou net 'n normale wins kan maak. Dit is deur veranderinge in die markprys en die toetrede en uittrede van maatskappe wat verseker word dat 'n doeltreffende toewysing van hulpbronne in 'n volmaak mededingende mark gemaak word. © Via Afrika Uitgewers>> Ekonomie 59
Kwartaal 2 Eenheid 7 Mededingingsbeleide Owerhede gebruik mededingingsbeleid om te probeer om die doeltreffendheid van die markte te verbeter omdat hulpbronne skaars is en ons behoeftes onbeperk is. Mededingingsbeleide in Suid- Afrika beoog om: • die markte se doeltreffendheid te verhoog • te probeer om aan voorheen benadeelde mense 'n gelyke geleentheid te bied om aan die ekonomie deel te neem • 'n bydrae tot ontwikkelingsdoelwitte te lewer. Die regering het die Wet op Mededinging in 1998 ingestel. Dié wet beoog om mededinging in Suid- Afrika te bevorder en te handhaaf ten einde die volgende te bereik: • om die doeltreffendheid, aanpasbaarheid en ontwikkeling van die ekonomie te bevorder • om aan verbruikers kompeterende pryse en produkkeuses te bied • om werkverskaffing en die sosiale en ekonomiese welstand van Suid-Afrikaners te bevorder • om geleenthede vir die deelname van Suid-Afrikaners aan wêreldmarkte uit te brei en om die rol van buitelandse mededinging in Suid-Afrika te herken • om te verseker dat klein- en mediumgrootte ondernemings 'n gelyke geleentheid het om aan die ekonomie deel te neem • om die verspreiding van eienaarskap te bevorder en om eienaarskapsaandele van voorheen benadeelde mense te verhoog. Die regering het die volgende instellings geskep om die wet se doelwitte te help bereik: • Die Mededingingskommissie: Dit is bemagtig om beperkende sakepraktyke, enige misbruik van dominante posisies en samesmeltings te ondersoek, te beheer en te evalueer ten einde gelykheid en doeltreffendheid te bereik. • Die Mededingingstribunaal: Dit het onder andere die mag om groot samesmeltings te magtig of te verbied. • Die Mededingingsappèlhof: Dit het die mag om te appelleer teen enige besluit wat deur die Mededingingstribunaal geneem is op of dit te laat hersien. Vrae 1. Lys sewe kenmerke van volmaakte mededinging. (14) 2. Wat is die verskil tussen normale wins en ekonomiese wins? (8) 3. a) Gebruik vraag- en aanbodkurwes om te toon wat in die mark vir aartappels sou gebeur as die vraag na aartappels styg. (4) b) Toon hoe die bostaande verandering in die mark vir aartappels die vraagkurwe vir die individuele aartappelprodusent sal beïnvloed. (2) © Via Afrika Uitgewers>> Ekonomie 60
Kwartaal 2 4. Gebruik die tabel hieronder om die belangrikste verskille tussen die verskillende tipes markte in te vul. Struktuur Aantal Kenmerke van Markkrag Toetrede en maatskappye produk uittrede Volmaakte mededinging Monopolistiese mededinging Oligopolie Monopolie (16) 5. Voltooi die volgende tabel en toon waar die maatskappy sy wins sal maksimaliseer. Hoeveelheid (H) Prys (P) Marginale Marginale koste Bydrae tot wins inkomste (MI) (MK) 1 6 2 2 6 3 3 6 4 4 6 5 5 6 6 6 6 7 (8) 7. Teken 'n vraagkurwe vir 'n individuele produsent in volmaakte mededinging en dui die marginale inkomste en gemiddelde inkomste aan. (4) 8. Verduidelik waarom, in volmaakte mededinging, ekonomiese wins deur individuele produsente uiteindelik sal daal. (4) 9. Wat is die hoofdoelwitte van mededingingsbeleid in Suid-Afrika? (4) © Via Afrika Uitgewers>> Ekonomie 61
Kwartaal 2 © Via Afrika Uitgewers>> Ekonomie 62
Kwartaal 2 Onderwerp 3 Dinamika van markte: Onvolmaakte markte Oorsig In hierdie onderwerp gaan jy leer van: • die dinamika van onvolmaakte markte met die hulp van koste- en inkomstekurwes • monopolieë • oligopolieë • monopolistiese mededinging. Onvolmaakte markte Tegniese ondoeltreffendheid Monopolieë Oligopolieë • Kenmerke • Kenmerke • Wins • Wins • Kort- en • Kort- en langtermynwins langtermynwins Monopolistiese mededinging • Kenmerke • Vorme van kompetisie • Wins • Kort- en langtermynwins © Via Afrika Uitgewers>> Ekonomie 63
Kwartaal 2 Eenheid 1 Die dinamika van onvolmaakte markte met die hulp van koste- en inkomstekurwes 1. Beskrywing van onvolmaakte markte Die twee begrippe van doeltreffendheid wat ons in ekonomie gebruik, is tegniese doeltreffendheid en toewysingsdoeltreffendheid. • Tegniese doeltreffendheid behels dat die mark die maksimum hoeveelheid goedere en dienste met die beskibare hulpbronne produseer. • Toewysingsdoeltreffendheid behels dat die mark die beste mengsel van goedere en dienste produseer wat die verbruikers wil hê. Daar word selde in die werklikheid aan die voorwaardes vir volmaakte mededinging voldoen en onvolmaakte mededinging kom algemener voor as volmaakte mededinging. Daar is drie tipes onvolmaakte markte: die monopolie, die oligopolie en monolistiese mededinging. Eenheid 2 Monopolieë 1. Inleiding 'n Monopolie bestaan wanneer daar net een verkoper van 'n produk of diens is waarvoor daar geen plaasvervanger is nie enl dit onmoontlik vir 'n ander sakeonderneming is om tot die mark toe te tree. Dit is die teenoorgestelde van volmaakte mededinging. 2. Kenmerke van 'n monopolie • Daar is net een verkoper van die produk of diens. • Die produk of diens is uniek en daar is nie goeie vervangingsprodukte nie. • Daar is versperrings vir toetrede. • Die monopolis word as 'n prysmaker beskou (beïnvloed die markprys). • Dit is moontlik vir die monopolis om 'n ekonomiese wins op lang termyn te maak. • Dit vind baat by skaalbesparings. • 'n Monopolis beheer toegang tot inligting. Monopolieë is dus prysmakers in teenstelling met volmaakte mededinging waar die individuele maatskappy 'n prysnemer is. Monopolieë kan die markprys van 'n produk bepaal. Dus is die marginale inkomste en gemiddelde inkomste van die maatskappy nie meer dieselfde as die vraagkurwe nie. • Die vraagkurwe vir die monopolie is ook die markvraagkurwe. • Die marginale inkomste van 'n monopolis is laer as die vraagkurwe. © Via Afrika Uitgewers>> Ekonomie 64
Kwartaal 2 3. Bepaling van wins en verlies op kort termyn Die winsmaksimaliseringsposisie van 'n monopolis kom voor by punt E1 waar MK = MI. Korttermynwins Terwyl die individuele maatskappy in volmaakte mededinging 'n prysnemer is, is die monopolis 'n prysmaker. Terwyl die individuele maatskappy in volmaakte mededinging met 'n horisontale vraagkurwe te doen het, het die monopolis te doen met 'n vraagkurwe wat 'n afwaartse helling het. 'n Maatskappy in volmaakte mededinging kan enige hoeveelheid teen die markprys verkoop, maar die monopolis kan sy prys verlaag tot 'n punt waar hy die maksimum inkomste verdien. Korttermynverlies © Via Afrika Uitgewers>> Ekonomie 65
Kwartaal 2 Dit is vir die monopolis moontlik om ook 'n verlies te ly. Die monopolis ly 'n verlies as die totale koste (GTK) meer as die gemiddelde inkomste (GI) is. Onthou GI is die prys waarteen die produk verkoop word. As die koste meer as die inkoste is, dan sal die maatskappy 'n verlies ly. Langtermynwins Die monopolis maak ekonomiese wins selfs op lang termyn. Ewewig op lang termyn word bepaal waar MLTI = MLTK. © Via Afrika Uitgewers>> Ekonomie 66
Kwartaal 2 4. Vergelyking met volmaakte mededinging • Vraagkurwe: die individuele maatskappy in volmaakte mededinging het te doen met 'n volmaakte elastiese vraagkurwe en dus kan dit nie die prys verander nie. Die monopolis het te doen met 'n vraagkurwe wat 'n afwaartse helling het. • Doeltreffendheid: maatskappye in volmaakte mededinging behaal sowel produktiewe as toewysingsdoeltreffendheid. Die monopolis produseer 'n kleiner hoeveelheid as die volmaakte mededinging. • Wins: die ekonomiese wins wat in 'n volmaakte mark gemaak word, daal geleidelik namate meer maatskappye tot die mark toetree. Op lang termyn bring volmaakte mededinging normale wins voort. In 'n monopolie word wins onbepaald volgehou. Die monopolis maak steeds ekonomiese wins sowel op kort termyn as op lang termyn. Eenheid 3 Oligopolieë 1. Beskrywing van oligopolieë 'n Oligopolie word gekenmerk deur 'n nywerheid wat deur 'n klein aantal groot sakeondernemings oorheers word. Die sakeondernemings verkoop óf identiese produkte óf gedifferensieerde produkte. Daar is ook beduidende versperrings vir toetrede. © Via Afrika Uitgewers>> Ekonomie 67
Kwartaal 2 2. Kenmerke van oligopolieë • Beduidende versperrings vir toetrede • 'n Aantal sakeondernemings oorheers die mark • Die produk kan identies of gedifferensieerd wees • Interafhanklike besluitneming • Beperkte aantal sakeondernemings maak hulle prysmakers 3. Geenprys-mededinging in 'n oligopolie Oligopolieë verkies om geenprys-mededinging te gebruik om klantlojaliteit op te bou. Voorbeelde sluit in: 3.1 Reklame Hulle gebruik reklame om 'n mededingende voordeel bo hul mededingers te kry. Die oogmerke van reklame is: • om inligting oor die produk te verskaf • om die verbruiker te oorreed om die produk te koop • om die verbruiker te herinner aan die voordele om daardie spesifieke produk te koop. 3.2 Handelsmerkgewing Handelsmerkgewing vind plaas wanneer vir 'n produk of sakeonderneming 'n spesifieke beeld geskep word wat die verbruikers aantreklik vind. 3.3 Ander vorme van geenprys-mededinging sluit in: • Gratis aflewering en installering • Verlengde waarborge vir verbruikers en kredietfasiliteite • Langer handelsure • Naverkoopdiens • Uitbreiding na nuwe markte deur diversifikasie van die produkreeks 4. Samespanning Samespanning is 'n bepalende kenmerk van oligopolistiese nywerhede. Hewige mededinging en interafhanklike besluitneming moedig oligopolistiese maatskappye aan om saam te werk. Hierdie samewerking kan in die vorm van openlike samespanning of stilswyende samespanning wees. 5. Kartelle Kartelle word gevorm wanneer sakeondernemings ooreenkom om pryse vas te stel of om voorraad te beperk. Hulle kan onbetroubaar wees omdat een maatskappy die ander kan verneuk deur sy produk teen 'n laer prys te verkoop om kopers te lok. 'n Voorbeeld van 'n Suid-Afrikaanse kartel is De Beers. 6. Pryse en produksievlakke in ’n oligopolie © Via Afrika Uitgewers>> Ekonomie 68
Kwartaal 2 Dit is moeilik om die vraagkurwe, marginale inkomstekurwe en marginale kostekurwe vir 'n oligopolie te teken omdat die oligopolie die reaksies van sy mededingers in ag moet neem. Dit is onmoontlik om reaksies te kwantifiseer en dus is daar baie verskillende modelle wat gebruik word om die vraagkurwe van die oligopolis te verduidelik. 7. Vergelyking met volmaakte mededinging • Pryse is hoër in 'n oligopolie. • 'n Oligopolie produseer 'n laer produksie-uitset. • 'n Oligopolie maak 'n hoër wins. Eenheid 4 Monopolistiese mededinging 1. Beskrywing van monopolistiese mededinging Monopolistiese mededinging is meer realisties as volmaakte mededinging of suiwer monopolieë omdat die kenmerke van sowel monopolie as volmaakte mededinging het. Die mees onderskeidende kenmerk is dat die produkte van verskillende sakeondernemings van mekaar verskil, ten spyte daarvan dat hulle goeie vervangingsprodukte vir mekaar is. Produkte is dus gedifferensieerd. In monopolistiese mededinging is daar vryheid van marktoetrede en -uittrede. 2. Kenmerke van monopolistiese mededinging • Daar is 'n groot aantal sakeondernemings. • Die produkte in monopolistiese mededinging is gedifferensieerd, maar goeie vervangingsprodukte vir mekaar. • Hulle het invloed oor die prys. • Elke sakeonderneming tree min of meer onafhanklik op en kan hul eie prys- en produksie- uitsetbeleid formuleer. • Om verkope te bevorder, gebruik sakeondernemings geenprys-mededingingsmetodes soos reklame. • Vryheid van toetrede en uittrede. 3. Geenprys-mededinging Monopolistiese sakeondernemings maak staat op gehalte, promosie, verpakking, ligging of ander faktore eerder as prys om hul produk van ander mededingende handelsmerke te onderskei. Voorbeelde sluit in: • handelsmerkgewing • reklame • verpakking • diens • inligting. © Via Afrika Uitgewers>> Ekonomie 69
Kwartaal 2 4. Pryse en produksievlakke Soos in die geval van volmaakte mededinging is dit mootlik dat die monopolisties mededingende sakeonderneming ekonomiese wins op kort termyn kan maak. Langtermynewewig sal bereik word wanneer net normale wins gemaak word en daar geen verdere aansporing vir nuwe sakeondernemings is om tot die mark toe te tree nie. 5. Vergelyking met volmaakte mededinging In monopolistiese mededinging is die prys hoër, die gemiddelde produksiekoste is hoër en die produksie-uitset is laer, dus is die individuele sakeonderneming doeltreffender in volmaakte mededinging as die sakeonderneming in monopolistiese mededinging. Vrae 1. Wat is die belangrikste verskille tussen toewysingsdoeltreffendheid en tegniese doeltreffendheid? (4) 2. Lys vier voorbeelde van geenprys-mededingingsmetodes wat 'n oligolopie kan gebruik. (8) 3. Lys sewe kenmerke van 'n monopolie. (14) 4. Verduidelik die verskille tussen 'n monopolie, oligopolie en monopolistiese mededinging in terme van die volgende kriteria: a) aantal verkopers b) aard van die produk c) samespanning tussen verkopers d) beperkings vir toetrede. (12) 5. Watter van die volgende maatskappye kan dalk 'n ekonomiese wins op lang termyn maak? a. Maatskappy in volmaakte mededinging b. Monopolis c. Maatskappy in oligopolie d. Maatskappy in monopolistiese mededinging Gee redes vir jou keuse. (4) 6. a. Teken 'n diagram om die winsmaksimaliseringsposisie van 'n monopolis te toon. Identifiseer die winsmaksimaliseringsposisie, die prys en ekonomiese wins duidelik. (6) © Via Afrika Uitgewers>> Ekonomie 70
Kwartaal 2 b. Verduidelik waarom 'n monopolie as ondoeltreffend beskou word. In jou antwoord moet jy na die volgende verwys: • Die monopolis as prysmaker • Die vraagkurwe en die marginale inkomstekurwe • Sy winsmaksimaliseringsposisie • Sy gemiddelde produksiekoste • Prys van die produk • Ekonomiese wins (6) © Via Afrika Uitgewers>> Ekonomie 71
Kwartaal 2 Onderwerp 4 Dinamika van markte: Markmislukkings Oorsig Markmislukkings het gevolge, nie net vir individue nie, maar vir die samelewing in die geheel. In hierdie onderwerp gaan jy leer van: • oorsake van markmislukkings • gevolge van markmislukkings • koste-voordeelanalise. Oorsake van markmislukkings Gevolge van markmislukkings • Onvolmaakte markstrukture • Openbare sektor-inmenging: • Die bestaan van openbare goedere en - belastings en subsidies meriete- of niemerietegoedere - regulering van produksie of verbruik van • Eksterne koste en voordele produksie-uitset. • Onvolmaakte inligting • Onvolmaakte verdeling van inkomste en rykdom • Immobiliteit van produksiefaktore Koste-voordeelanalise • Die voordele van koste-voordeelanalise • Die nadele van koste-voordeelanalise • Bereken privaat en sosiale koste en voordele Eenheid 1 Die oorsake van markmislukkings 1. Inleiding © Via Afrika Uitgewers>> Ekonomie 72
Kwartaal 2 Markmislukkings kom voor wanneer die hulpbronne van die gemeenskap ondoeltreffend toegewys word. 2. Oorsake van markmislukkings • Onvolmaakte markstrukture In die werklikheid bestaan volmaakte markstrukture nie. Produsente kan dalk in 'n posisie wees om die prys van die produkte te beïnvloed as gevolg van die aard van die produk en beperkte toegang tot sleutel natuurlike hulpbronne. Hierdie versperrings gee vir produsente 'n mate van beheer oor die prys van die produk. As gevolg van die versperrings wat toetrede tot die mark beperk, het verskeie onvolmaakte markstrukture ontwikkel in die vorm van monopolieë, monopolistiese mededingers en oligopolieë. Onvolmaakte markstrukture lei tot die ondoeltreffende toewysing van hulpbronne. • Die bestaan van openbare goedere en meriete- of niemerietegoedere Openbare goedere word deur die gemeenskap in die geheel verbruik. Dit is onmootlik om sommige verbruikers uit te sluit van die gebruik of verbruik van hierdie goedere. As gevolg van hierdie nie- eksklusiwiteit is die privaat sektor gewoonlik nie bereid om hierdie openbare goedere te voorsien nie. Openbare goedere moet dus deur die owerheid voorsien word. • Die teenwoordigheid van eksterne voordele en koste (positiewe en negatiewe eksternaliteite) Negatiewe eksternaliteite is die koste wat mense moet aangaan weens aktiwiteite waarin hulle nie direk betrokke is nie . Byvoorbeeld, as 'n sakeonderneming die lug besoedel, kan mense wat in die omliggende gebiede woon, gesondheidsprobleme en ander nadelige gevolge ondervind. Dit plaas ’n ekstra las op die gemeenskap omdat hulle nou meer geld moet opdok vir bykomende gesondheidsorg. • Onvolmaakte inligting (asimmetriese inligting) Een van die voorwaardes vir volmaakte mededinging is dat alle kopers en verkopers volmaakte kennis van die marktoestande moet hê sodat hulle ingeligte besluite kan neem. Huishoudings en maatskappye moet dus inligting oor die gehalte, beskikbaarheid en pryse van goedere en dienste hê. In die werklikheid ervaar kopers en verkopers 'n groot mate van onsekerheid en onkunde. • Onvolmaakte verdeling van inkomste en rykdom Die vryemarkstelsel is geneig om inkomste op ’n ongelyke manier onder die bevolking te verdeel. Die inkomste van verbruikers bepaal hul toegang tot verbruiksgoedere en dienste. Hoe hoër die inkomste, hoe meer goedere en dienste kan 'n verbruiker koop en verbruik. Mettertyd lei dit tot 'n verbetering in die lewenstandaard van die bevolking. Wanneer die owerheid inkomste van hoër inkomstegroepe na laer inkomstegroepe herverdeel, sal dit lei tot 'n verandering in die verbruikspatroon van verbruikers. • Immobiliteit van produksiefaktore Markte kan dalk nie reageer op veranderinge in die verbruikersvraag nie as hulpbronne nie maklik herverdeel kan word nie. As die vraag na een produk daal en die vraag na 'n ander produk styg, © Via Afrika Uitgewers>> Ekonomie 73
Kwartaal 2 behoort dit maklik en vinnig te wees om hulpbronne te herverdeel ten einde die vraag te bevredig. Die meeste markte pas nie vinnig aan by veranderinge in vraag en aanbod nie. Eenheid 2 Die gevolge van markmislukkings 1. Gevolge van markmislukkings • Die monopolistiese of oligopolistiese sakeonderneming het 'n mate van beheer oor die prys van die produk en daar is versperrings wat verhoed dat nuwe sakeondernemings tot die mark toetree. Dit stel sakeondernemings in staat om buitensporige wins te maak. Die gemeenskap verloor dus die voordeel van meer produkte en laer pryse. • Privaat produsente is nie bereid om openbare goedere te produseer nie en die owerheid word gedwing om in te gryp en openbare goedere te produseer. • Sommige produkte is so kompleks dat dit onmoontlik vir alle verbruikers en produsente is om alles daarvan te weet. Sommige vorme van onvolmaakte inligting kan reggestel word deur eenvoudige reëls op te stel soos die regulasie teen misleidende advertensies. Die owerheid kan ook ingryp en inligting aan alle lede van die samelewing verskaf. Eenheid 3 Koste-voordeelanalise 1. Die koste en besluitkriteria 'n Koste-voordeelanalise (KVA) is 'n metode om die totale sosiale koste en voordele van alternatiewe projekte, aktiwiteite of beleggings te vergelyk. Dit is 'n rekeningkundige prosedure wat gebruik word om die totale koste van 'n projek teen die totale voordele daarvan op te weeg. Ten einde te besluit of voortgegaan moet word, is daar drie moontlike kriteria wat gebruik word om die besluit te neem: • Netto huidige waarde (NHW): dit weerspieël die huidige waarde van ’n beleggingsprojek. As die netto huidige waarde positief is, is dit die moeite werd vir die owerheid om in die projek te belê. • Interne opbrengskoers (IOK): dit is daardie rentekoers waar die netto huidige waarde van die projek gelyk is aan nul (0). Dit is die moeite werd om in ’n projek te belê as die interne opbrengskoers groter is as die rentekoers. • Koste-voordeel-verhouding (KVV): dit is die verhouding tussen die somtotaal van die verwagte voordele en nadele van die projek. 2. Die grondrede vir koste-voordeelanalise © Via Afrika Uitgewers>> Ekonomie 74
Kwartaal 2 Maak dit moontlik om al die koste en voordele van ’n ekonomiese aktiwiteit te meet en te vergelyk. Dit bepaal die projek se opbrengskoers en maak dit moontlik om ingeligte besluite in die beste belang van die samelewing te neem. 3. Prysmeganismes 'n Beraming van die voordele van die projek moet in monetê terme gedoen word. Daarna word die voordele vergelyk met die koste van die voorsiening van die produk of diens. Die privaat koste en voordele van die projek sal in die prys van die projek weerspieël word. 4. Toepassing Ten einde die koste-voordeel-verhouding te bepaal, word die volgende vergelyking gebruik: koste-voordeel-verhouding (KVV) = (huidige waarde van ekonomiese voordele) ÷ (huidige waarde van ekonomiese koste). 5. Praktiese gebruike van die koste-voordeelanalise In Suid-Afrika maak die owerheid, regeringsinstellings en nieregeringsorganisasies (NRO’s) dikwels gebruik van koste-voordeelanalises om die koste en voordele van ’n verskeidenheid projekte te bepaal. Elke departement of organisasie het ’n dokument vir koste-voordeelanalises ontwerp wat as ’n riglyn dien vir toekomstige projekte. Vrae 1. Wat verstaan jy onder die term “koste-voordeelanalise”? (4) 2. Wat verstaan jy onder die term “markmislukking”? (2) 3. Gee twee voorbeelde van kollektiewe goedere en twee voorbeelde van gemenskapsgoedere. (8) 4. Verduidelik die verskil tussen privaat koste en sosiale koste. (4) 5. Voordat toegelaat word dat 'n nuwe winkelsentrum buite die dorp gebou word, sal die owerheid 'n KVA doen. Beantwoord die onderstaande vrae wat met hierdie projek verband hou. 5.1 Beskryf die proses wat ekonome gebruik om 'n koste-voordeelanalise te doen. (10) 5.2 Gee drie items onder sosiale koste wat gemeet sal moet word. (6) 5.3 Gee drie items onder sosiale voordele wat gemeet sal moet word. (6) 5.4 Toon die vergelyking wat gebruik word om KVA te bereken. (4) (26) 6. Verduidelik kortliks die verskil tussen meriete- en niemerietegoedere. (8) © Via Afrika Uitgewers>> Ekonomie 75
Kwartaal 2 7. Lys vier maniere waarop die owerheid 'n ongelyke verdeling van inkomste kan aanpak. (8) 8. Skryf 'n opstel waarin die redes vir markmislukkings breedvoerig verduidelik word. (40) © Via Afrika Uitgewers>> Ekonomie 76
Kwartaal TERM 33 3 Onderwerp 1 Ekonomiese groei en ontwikkeling Oorsig In hierdie onderwerp gaan jy leer van: • die vraagkant-benadering tot ekonomiese groei • die aanbod-kantbenadering tot ekonomiese groei • evaluering van die benaderings gebruik in Suid-Afrika • die Noord/Suid-verdeling. Vraagkant-benadering Benaderings gebruik in Suid-Afrika • Verhoogde staatsbesteding • Heropbou- en Ontwikkelingsprogram • Herverdeling van inkomste om (HOP) verbruik aan te moedig • Groei, Werkverskaffing en Herverdeling • Invoervervanging • Versnelde en Gedeelde Groei-inisiatief • Uitvoerbevordering van Suid-Afrika (Asgi-SA) • Nuwe Groeipad (NGP) Aanbodkant-benadering • Beter gehalte van die arbeidsmag • Bestuur en gebruik natuurlike hulpbronne • Voeg kapitaalgoedere saam • Vooruitgang in tegnologie Die Noord/Suid-verdeling • Entrepreneurs identifiseer geleenthede en • Die ekonomiese kombineer met die ander verdeling produksiefaktore • Die menslike verdeling Inleiding In hierdie eenheid word die metodes wat deur owerhede gebruik word om ekonomiese groei en ontwikkeling aan te moedig, bestudeer. Jy sal ook kyk na die benaderings wat in Suid-Afrika gebruik word en die probleme van die Noord/Suid-verdeling en inkomste-ongelykheid bespreek. Aan die einde van die eenheid behoort jy in staat te wees om die verskil tussen ekonomiese groei en ontwikkeling krities te bespreek en ook om bewus te wees van die probleme om volhoubare maniere van inkomsteherverdeling te skep. © Via Afrika Uitgewers >> Ekonomie 77
Kwartaal TERM 33 3 Eenheid 1 Die vraagkant-benadering 1. Die betekenis van vraagkant-benadering • Die vraagkant-benadering beklemtoon die feit dat vir 'n land om ekonomiese groei te hê, daar 'n behoefte bestaan om die totale vraag te verhoog. • Die totale vraag bestaan uit die totale besteding aan binnelandse goedere en dienste. • Deur diskresionêre veranderinge aan monetêre en fiskale beleide aan te bring, kan die owerheid 'n verhoging in totale besteding aanmoedig. Die totale vraag (BBP) in die ekonomie bestaan uit die verbruiksvraag (C), investeringsvraag (I), staatsvraag (G) en netto uitvoere (X – M). Veranderinge in BBP (totale besteding) kan as die volgende formule uitgedruk word: Verandering in BBP = (verandering C) + (verandering I) + (verandering G) + (verandering (X – M)) ΔBBP = ΔC + ΔI + ΔG + Δ(X – M) Beleide wat ekonomiese groei aanmoedig deur die totale vraag te stimuleer, word dikwels Keynesiaanse beleide genoem. Volgens die vraagkant-benadering kan die ekonomie gestimuleer word deur: • verhoogde staatsbesteding • herverdeling van inkomste om verbruik aan te moedig • invoervervanging • uitvoerbevordering. 2. Faktore wat ontwikkelingstrategieë beïnvloed Die hoofdoelwit van ontwikkeling is die vermindering van armoede, ongelykheid en werkloosheid wat sal lei tot 'n verhoging in lewenspeil. ’n Toename in die vraag na binnelandse goedere en dienste sal ’n toenamein produksievlakke en produksie-uitset tot gevolg hê, mits daar voldoende produksiefaktore beskikbaar is vir die vervaardiging van goedere en dienste.. Die volgende faktore kan ontwikkelingstrategieë beïnvloed: • Verbruikersbesteding sal toeneem wanneer besteebare inkomste verhoog. Besteebare inkomste sal verhoog wanneer produksie toeneem. • Investeringsbesteding behels die besteding aan kapitaalgoedere soos masjinerie, gereedskap en fabrieksgeboue, met die produksie van meer goedere en dienste as oogmerk. Die verskaffing van meer kapitaalgoedere lei tot die indiensneming van meer werkers wat op hul beurt ’n inkomste verdien, wat lei tot ’n toename in die vraag na goedere en dienste. • Government spending creates employment and provides important infrastructure and amenities. © Via Afrika Uitgewers >> Ekonomie 78
Kwartaal TERM 33 3 • 'n Toename in uitvoere verhoog die groeikoers deurdat dit ’n groter vraag na binnelandse goedere en dienste skep. • Suid-Afrika voer kapitaal en tussengoedere in vir gebruik in die produksie van goedere en dienste. Eenheid 2 Die aanbodkant-benadering 2.1. Die betekenis van aanbodkant-benadering Die aanbodkant-benadering is ’n ekonomiese teorie dat aanmoediging van die ekonomie se vermoë om meer goedere te voorsien, die doeltreffendste manier is om ekonomiese groei te stimuleer. Dit kan net bereik word as daar propduksiefaktore van gehalte is (natuurlike hulpbrone, arbeid, kpitaal en entrepreneursvaardighede). Benaderings Die volgende strategieë sal help om die volgende produksiefaktore te verhoog: • Verbeter die gehalte van die arbeidsmag deur onderwys en opleiding, die ontwikkeling van werketiek en werkingesteldheid. • Bestuur en gebruik natuurlike hulpbronne op 'n verantwoordelike manier. • Samevoeging en opbou van kapitaalgoedere. • Vooruitgang in tegnologie stimuleer ekonomiese groei en ontwikkeling en is belangrik omdat dit onder andere die land help om 'n groter verskeidenheid goedere en dienste te produseer en om die gehalte van die goedere en dienste wat geproduseer word, te verbeter. • Entrepreneurs is baie belangrik vir die ontwikkeling van 'n land. Hulle identifiseer geleenthede en verbind dit met ander produksiefaktore vir die produksie van goedere en dienste te produseer. Eenheid 3 Evaluering van die benaderings gebruik in Suid-Afrika Die Suid-Afrikaanse benadering tot ekonomiese ontwikkeling en groei behels die transformasie van die ekonomie vir heropbou en ontwikkeling asook vir groei, werkverskaffing en herverdeling. 3.1 Benaderings gebruik in Suid-Afrika Die volgende beleide sit Suid-Afrika se planne vir ekonomiese groei uiteen: © Via Afrika Uitgewers >> Ekonomie 79
Kwartaal TERM 33 3 Heropbou- en Ontwikkelingsprogram (HOP) Hierdie beleid is in 1994 in werking gestel as die hoofonwikkelingstrategie. Dit behels vyf belangrike beleidsprogramme: • Voldoening aan basiese behoeftes • Ontwikkeling van die land se menslike hulpbronne • Ekonomiese opbou • Demokratisering van die staat en samelewing • Inwerkingstelling van die Heropbou- en Ontwikkelingsprogram (HOP) Groei, Werkverskaffing en Herverdeling Hierdie beleid is in Junie 1996 in werking gestel as ’n makro-ekonomiese strategie vir Suid-Afrika. Dit het die prioriteite van ekonomiese groei, indiensneming en die herverdeling van inkomste geïntegreer, en klem geplaas op die noodsaak vir markgedrewe groei, fiskale en monetêre dissipline en toenemende beleggersvertroue. Versnelde en Gedeelde Groei-inisiatief van Suid-Afrika (Asgi-SA) Asgi-SA is in Februarie 2006 in werking gestel met die doel om werkloosheid en armoede teen 2014 te halveer. Om dit te bereik, word beoog om die gemiddelde ekonomiese groei te verhoog. Nuwe Groeipad (NGP) Die Nuwe Groeipad is in 2010 in werking gestel om groei en indiensneming te versnel. Dit het gefokus op werkskepping en sektorgebaseerde optrede wat sou help om dit te bereik. Die NGP het die volgende dryfkragte vir werkskepping geïdentifiseer: • Openbare investering in infrastruktuur vir die skepping van direkte werkgeleenthede in die konstruksie, bedryf, instandhouding en produksie van projekte. Dit sal indirek ook lei tot groter doeltreffendheid regdeur die ekonomie. • Die ontwikkeling van meer arbeidsintensiewe aktiwiteite in die landbou- en mynboubedryf, veral op die terreine van vervaardiging, konstruksie en dienslewering. • Investering in vernuwing en navorsing vir die ontwikkleling van ’n “groen ekonomie”. • Ondersteuning van landelike ontwikkeling en streeksintegrasie. 3.2. Evaluering van Suid-Afrika se ontwikkelingsbeleide Sosiale beleide Suid-Afrikaners wil ’n vinniger ontwikkelingstempo sien en hoewel baie sedert 1994 bereik is met die verskaffing van openbare dienste, bestaan die uitdagings van armoede en ongelykheid steeds. Die owerheid het 'n aantal ingrypings ontwikkel om voortdurende sosiale kwessies aan te pak. Dit sluit in: ● die betaling van sosiale toelaes aan verskillende groepe in die samelewewing ● die verskaffing van toilette en beter afvalbestuur ● die verhoging van die aantal huiseienaars ● die verskaffing van groter toegang tot onderwys. Makro-ekonomiese beleide ’n Goed gestruktureerde makro-ekonomiese beleid help die samelewing om oor ’n aantal jare te ontwikkel en te groei. So ’n beleid behoort aandag te skenk aan algemene kwessies soos eienaarskap, © Via Afrika Uitgewers >> Ekonomie 80
Kwartaal TERM 33 3 mededinging, buitelandse investering, rentekoerse en valutabeheermaatreëls. Die makro-ekonomiese beleid behoort stabiel te wees en sekuriteit en voorspelbaarheid vir beleggers te bied. Mikro-ekonomiese beleide Werkloosheid bly die grootste ekonomiese en sosiale uitdaging van Suid-Afrika. Die owerheid kan hierdie kwessie aanpak deur toegespitste mikro-ekonomiese beleide wat gerig is op die nywerhede met die grootste potensiaal vir werkskepping. Swart Ekonomiese Bemagtiging As deel van ekonomiese en sosiale ontwikkeling beoog die owerheid om ekonomiese geleenthede te skep vir swart Suid-Afrikaners wat voorheen van ekonomiese aktiwiteite uitgesluit is. Herverdeling en restitusie van grond Die owerheid is besig om die kwessie van grondeienaarskap in Suid-Afrika te hanteer. Die owerheid gebruik meganismes soos die Landbank en die Wet op die Herverdeling van Grond om grond aan hul historiese eienaars terug te gee. Regstellende aksie Die Suid-Afrikaanse arbeidsmark bevat steeds ongelykheid wat betref toegang tot en gehalte van werkgeleenthede as gevolg van die onderwys- en en arbeidsbeleide van die apartheidstyd. Die ANC- regering het hierdie probleem aangepak deur werkverskaffingsprogramme in te stel en deur progressiewe wetgewing en regshervormings. Die Wet op Billike Indiensneming (1998) verplig werkgewers om regstellende aksiemaatreëls te implementeer om gelyke verteenwoordiging van die aangewese groepe (swart mense, vroue en mense met gestremdheid) te verseker. 3.3 Evaluering van Suid-Afrika se groeibeleide • In April 2010 het die Wêreldbank Suid-Afrika geklassifiseer as: hoër middelinkomste teen ’n aanslag van 3 met ’n BBP per capita wat wissel van $3 856 tot $11 905. • In die tydperk 2006 tot 2011 was die gemiddelde arbeidsdeelnameverhouding 52% en die gemiddelde werkloosheidskoers 22%. • Tussen 2007 en 2009 was Suid-Afrika se inflasiekoers te hoog vir sterk groei. In 2010 en 2011 het dit egter gedaal tot die Suid-Afrikaanse Reserwebank se teikenreikwydte van 3–6%. Eenheid 4 Die Noord/Suid-verdeling 4.1. Beskrywing van die Noord/Suid-verdeling Die Noord/Suid-verdeling is 'n sosio-ekonomiese en politieke verdeling wat bestaan tussen die ryk ontwikkelde lande, gesamentlik bekend as “die Noorde”, en die armer ontwikkelende lande, bekend as “die Suide”. Hoewel die meeste nasies wat die “Noorde” uitmaak, in werklikheid in die Noordelike Halfrond geleë is (met die opmerklike uitsonderings, Australië en Nieu-Seeland), word die verdeling nie volkome deur geografie bepaal nie. Die Noorde is die tuiste van vier uit die vyf permanente lede van die Verenigde Nasies se Veiligheidsraad en van al die lede van die G8. Die © Via Afrika Uitgewers >> Ekonomie 81
Kwartaal TERM 33 3 “Noorde" dek meestal die Weste en die Eerste Wêreld, tesame met die meeste van die Tweede Wêreld. Die uitdrukking “Noord/Suid-verdeling” word steeds algemeen gebruik, maar die terme “Noord” en “Suid” is reeds ietwat verouderd. Namate nasies ekonomies ontwikkeld raak, kan hulle deel van die “Noorde” word, ongeag wat hul geografiese ligging is, terwyl ander nasies wat nie vir “ontwikkelde” status kwalifiseer nie, in werklikheid as deel van die “Suide” beskou sal word. 4.2. Ekonomiese verdeling Inkomstevlakke is hoër in die Noorde, wat daarop dui dat hulle meer waarde toevoeg om 'n hoër inkomste te verdien. Hoër inkomste beteken meer geld om te bestee, wat weer tot meer ontwikkeling lei. Die owerhede kan ook meer belastings hef en beter dienste en openbare goedere voorsien ten einde die algemene lewenspeil te verhoog. 4.3. Menslike verdeling Die Verenigde Nasies se Menslike Ontwikkelingsindeks (MOI) help om menslike ontwikkeling en lewensomstandighede te klassifiseer. Dit beklemtoon die ongelyke lewenspeile regoor die wêreld. Die indeks meet drie basiese aspekte van menslike ontwikkeling: gesondheid, onderwys en inkomste. Vrae 1. Verduidelik wat met die term “vraagkant-benadering” bedoel word. (8) 2. Lys vyf strategieë wat sal help om produksiefaktore te verhoog. (10) 3. Verduidelik wat met die term “Noord/Suid-verdeling” bedoel word. (8) 4. Waarvoor staan die afkorting MOI? (2) 5. Gee 'n kort oorsig van groei- en ontwikkelingstrategieë wat sedert demokratisering in Suid- Afrika geïmplementeer is . (40) 6. Bespreek die Nuwe Groeiplan krities. (8) 7. Bespreek die kwessies wat AsgiSA nie aangepak het nie en verduidelik waarom hulle belangrik is. (8) 8. Verduidelik elk van die volgende aanwysers: (15) (a) persentasie jaarlikse verandering in bruto binnelandse produk teen markpryse (b) persentasie jaarlikse verandering in bruto binnelandse produk teen konstante 2005-pryse (c) bruto binnelandse produk per capita teen konstante 2005-pryse (d) inkomsteverdeling (e) menslike ontwikkelingsindeks © Via Afrika Uitgewers >> Ekonomie 82
Kwartaal TERM 33 3 Onderwerp 2 Ekonomiese groei en ontwikkeling: Nywerheidsontwikkelingsbeleide Oorsig In hierdie onderwerp gaan jy leer van: • nywerheidsontwikkeling • streeksontwikkeling • Suid-Afrika se strewes • die toepaslikheid van Suid-Afrikaanse strategieë. Nywerheidsontwikkeling Suid-Afrikaanse strategieë - areas om te versterk • Die nywerheidsbeleid voor 1994 • Nywerheidsdfinansieringsbeleid • Die nywerheidsontwikkelingsbeleid sedert • Sektore moet uitgebrei word en beleide 1994 ontwikkel word • Die Nasionale Nywerheidsbeleidsraamwerk • Mededingingsbeleid moet hersien word en (NBBR) versterk word • Die rol van groot en groter mediumgrootte maatskappye Streeksontwikkeling • Invoervervanging en • Inisiatiewe vir Ruimtelike Ontwikkeling uitvoerbevorderingstrategieë (IRO) • Staatsinmenging • Nywerheidsontwikkelingsones (NOS) • Die Spesiale Ekonomiese Sones (SES) Suid-Afrikaanse strategieë - suksesse Die voorwaardes vir industrialisering • Motornywerheidsontwikkelingsprogram • 'n Stabiele en ondersteunende makro- • Nywerheidsontwikkelingskorporasie ekonomiese en regulatoriese omgewing (NOK) • Vaardighede en onderwys vir • Tegnologieprogramme industrialisering • Tradisionele en moderne infrastruktuur • Vernuwing en tegnologie © Via Afrika Uitgewers >> Ekonomie 83
Kwartaal TERM 33 3 Eenheid 1 Nywerheidsontwikkeling 1. Suid-Afrika se nywerheidsontwikkelingsbeleide Suid-Afrika het sedert 1994 ’n betekenisvolle verskuiwing in nywerheidsbeleid ondergaan – weg van ’n inwaartse nywerheidsbeleid na ’n uitwaartse nywerheidsbeleid. 1.1 Die nywerheidsbeleid voor 1994 Suid-Afrika het in die vroeë 1990’s ’n ekonomiese krisis beleef. Die Bruto Binnelandse Produk en investeringskoerse was aan die daal. Die groei van die uitvoermark vir goedere en dienste was onvoorspelbaar, en die uitvoermark het gekonsentreer op mynbou- en minerale produkte. Die owerheid het in die hierdie tyd inwaartse ekonomiese beleide ingestel, insluitend beskermende beleide wat gerig was op die beperking van die uitwerking en skade van sanksies. Die ekonomie is gekenmerk deur omvangryke ongelykheid en talle groepe mense was van die ekonomie uitgesluit. 1.2 Nywerheidsontwikkelingsbeleid sedert 1994 Na die eerste demokratiese verkiesing in 1994, het die owerheid afgesien van die inwaartse beleide van die verlede en meer uitwaartse ekonomiese beleide aanvaar. Tariewe is ingrypend verlaag en plaaslike sakeondernemings het toenemende blootstelling aan buitelandse mededinging en die kragte van globalisering ervaar. Die Suid-Afrikaanse ekonomie het bestendige groei sedert 1994 beleef. Dit het ook belangrike diversifikasie ondervind weg van die apartheidsera se mineraalgebaseerde groeipad. 'n Reeks sektore het goeie groei ondervind, byvoorbeeld die toerisme-, voertuig- en wynbedryf. 1.3 Die Nasionale Nywerheidsbeleidsraamwerk (NNBR) Die primêre doelwit van die NNBR is om die owerheid se benadering tot die nywerheidsontwikkeling van die Suid-Afrikaanse ekonomie uiteen te sit. Gevolglik sit die NNBR 'n visie vir die nywerheidsekonomie vir sowel die kort-medium as medium-lang termyn uiteen. Die NNBR het 'n belangrike rol gehad in die bereiking van die Versnelde en Gedeelde Groei-inisiatief van Suid-Afrika (ASGI-SA) se doelwitte om die BBP-groei te verhoog en werkloosheid en armoede teen 2014 te halveer. Dit sluit die verdere intensivering van industrialisering tot 'n kennisekonomie na 2014 in. 1.4 Die Nywerheidsbeleidsaksieplan (NBAP) Die Nywerheidsbeleidsaksieplan (NBAP) sit breedvoerig sleutelhandelinge en tydraamwerke vir die implementering van nywerheidsbeleid uiteen. Dit het drie hoofkomponente: © Via Afrika Uitgewers >> Ekonomie 84
Kwartaal TERM 33 3 • 'n reeks sektorale handelinge • 'n stel oorheensnydende handelinge van besondere belang vir nywerheidsbeleid • maatreëls om die owerheid se organisasie en vermoë om nywerheidsbeleid te implementeer, te verbeter. Die aksieplan beoog om langtermyn-industrialisering en -diversifikasie buite tradisionele kommoditeite en nieverhandelbare dienste te bevorder, deur produksie in waarde toegevoegde sektore met hoë indiensneming- en groeigeleenthede uit te brei. Klem word geplaas op arbeidsintensiewe produksie- en dienstesektore, groter toegang tot die ekonomie van voorheen benadeelde mense en streke, en die uitbou van Suid-Afrika se bydrae tot nywerheidsontwikkeling buite ons grense. 2. Toestande wat nodig is vir industrialisering Sodat 'n nywerheidsekonomie behoorlik kan funksioneer en nywerheidsbeleid suksesvol kan wees, moet 'n reeks beleide en instellings in ooreenstemming gebring word en hul aktiwiteite koördineer. Dit sluit die volgende in: • 'n stabiele en ondersteunende makro-ekonomiese en regulerende omgewing • vaardighede en opleiding vir industrialisering • tradisionele en moderne infrastruktuur • vernuwing en tegnologie. Eenheid 2 Streeksontwikkeling 2.1. Rasionaal vir streeksontwikkeling Streeksontwikkeling is 'n multidissiplinêre proses wat alle aspekte van menslike ontwikkeling, ekonomiese ontwikkeling en fisiese ontwikkeling in spesifieke geografiese gebiede, wat streke, genoem word, insluit. Die doel met streeksontwikkeling is om die beste moontlike verspreiding van ekonomiese aktiwiteite te bereik. Sodat streeksontwikkeling suksesvol kan wees, moet Suid-Afrika sterk vennootskappe met ander lande hê. Om hierdie rede het Suid-Afrika verskeie ooreenkomste met ander lande aangegaan. 2.2. Beste praktyk-beginsels Die volgende beste praktyk-riglyne moet gebruik word vir suksesvolle streeksontwikkeling: • algehele ontwikkeling as 'n multidimensionele proses • ontwikkeling van mense, vir mense, deur mense • ontwikkelings moet binne-in die streek self begin • dit moet konsentreer op basiese kwessies waar die dringendste menslike behoeftes voorkom • samewerking tussen die privaat en openbare sektore en die plaaslike gemeenskap. © Via Afrika Uitgewers >> Ekonomie 85
Kwartaal TERM 33 3 2.3 Suid-Afrika se streeksontwikkelingsbeleid Suid-Afrika se streeksontwikkelingsbeleid sluit die volgende inisiatiewe in: Inisiatiewe vir Ruimtelike Ontwikkeling (IRO), Nywerheidsontwikkelingsones (NOS), Spesiale Ekonomiese Sones (SES) en Finansiële aansporings. Eenheid 3 Suid-Afrika se strewes 3.1. Inisiatiewe vir Ruimtelike Ontwikkeling (IRO) Betekenis Die metodologie van Inisiatiewe vir Ruimtelike Ontwikkeling (IRO) is in Suid-Afrika in 1996 ontwikkel as 'n geïntegreerde beplanningsinstrument wat gerig is op die bevordering van investering in streke van die land wat onderontwikkeld is, maar groeipotensiaal het. Die metodologie behels 'n proses waardeur die openbare sektor toestande ontwikkel of fasiliteer wat bevorderlik is vir investering deur die privaat sektor en vir openbare-privaat-gemeenskap-vennootskappe. IRO’s sal tot buite Suid-Afrika se grense strek wanneer die ekonomiese doelwitte net bereik kan word as dele van 'n buurland ingesluit is. Voorbeelde is die Maputo-Ontwikkelingskorridor tussen Suid-Afrika en Mosambiek (wat ook Swaziland, Zimbabwe en Botswana insluit), en die Lubombo- Inisiatief tussen Suid-Afrika, Mosambiek en Swaziland. Ekonomiese integrasie in Suider-Afrika stel die streek in staat om ekonomiese beleide kollektief toe te pas, wat die potensiaal het om groter ontwikkelingsvoordele vir almal te bewerkstellig. Nywerheidsontwikkelingsones (NOS) Nywerheidsontwikkelingsones (NOS) is ontwerp om uitvoere en die skepping van werkgeleenthede te bevorder. Elke sone word gereguleer en geadministreer deur ’n Nasionale Ontwikkelingsonegesag (NOSG). Volgens beplanning sal elke NOS uiteindelik sy eie plaaslike NOSG hê om die proses te reguleer en goed te keur. Die privaat sektor ontwikkel en bestuur nywerheidsones. Voorbeelde van NOS’e word hieronder uiteengesit: Die Koega NOS Die Koega Nywerheidsontwikkelingsone (NOS), wat 'n gebied van 110 km² dek, is naby Port Elizabeth in die Oos-Kaap geleë. Die inisiatief is 'n multimiljard dollar nywerheidsontwikkelingskompleks aangepas vir swaar, medium en ligte nywerhede, geleë naasaan 'n diepwaterhawe, Port of Ngqura. Die Koega Ontwikkelingskorporasie (KOK) is die ontwikkelaar en operateur van die Koega NOS en is verantwoordelik vir die infrastruktuur op land, terwyl die diepwaterfasiliteit, Port of Ngqura, deur die Transnet Nasionale Hawens Owerheid ontwikkel is. Die Oos-Londen NOS © Via Afrika Uitgewers >> Ekonomie 86
Kwartaal TERM 33 3 Hierdie NOS is in 2002 aangewys en is in die Buffalo City Munisipaliteit in Oos-Londen geleë. Die Oos-Kaapse Ontwikkelingskorporasie besit 76% van die sone en die Buffalo Munisipaliteit besit die oorblywende 24%. Die sleutelsektore in die sone is die motornywerheid, mariene akwakultuur, agroprosessering van biobrandstowwe, voedsel, houtverwerking, farmaseutiese middels, IKT, elektronika en die uitbesteding van besigheidsprosessering. Die Richardsbaai NOS Hierdie NOS is in 2002 aangewys en is in Richardsbaai geleë. Dit is 'n agentskap van die provinsiale Departement van Ekonomiese Ontwikkeling en Toerisme. Dit is gevestig om investering in uitvoergerigte vervaardiging te lok, om produktiwiteit te verbeter, om invoervervangings te vervaardig en om uitvoere te ontwikkel. Die Spesiale Ekonomiese Sones (SES’e) 'n Spesiale Ekonomiese Sone (SES) is 'n geografiese gebied van die land wat geoormerk is vir spesifieke ekonomiese aktiwiteite. Hierdie aktiwiteite word gerugsteun deur spesiale reëlings, wat wette en ondersteuningstelsels vir die bevordering van nywerheidsontwikkeling kan insluit. Eenheid 4 Die toepaslikheid van Suid-Afrikaanse strategieë 4.1. Besinning oor Suid-Afrika se strategieë vir nywerheidsontwikkeling Suid-Afrika se nywerheids- en handelsbeleide het baie suksesse behaal. Voorbeelde sluit in: Motornywerheidsontwikkelingsprogram (MNOP) Hierdie program skryf voor dat plaaslik vervaardigde voertuie 'n minimum hoeveelheid plaaslik vervaardigde inhoud moet bevat. Hierdie maatreël het gehelp om werkgeleenthede in stand te hou en het die oorlewing van ons motornywerheid verseker. Nywerheidsontwikkelingskorporasie (NOK) Die NOK het bygedra tot die herstrukturering van daardie sektore wat moeilike tye in die vroeë 1990’s beleef het. Die NOK se investeringspatrone het verskuif om meer arbeidsintensiewe sektore en SEB-doelwitte te ondersteun. NOK-investerings in SEB-uitbreidngsprojekte was die grootste skeppers van werkgeleenthede. Dit demonstreer die belangrikheid van breëbasis-aktiwiteit in die ekonomie vir nywerheidsontwikkeling. Tegnologieprogramme Die Suid-Afrikaanse owerheid het programme ingestel wat sakeondernemings gehelp het om nuwe tegnologieë te ontwikkel en te implementeer. Hierdie programme was hoogs suksesvol. Voorbeelde sluit in: Ondersteuningsprogramme vir Nywerheidsvernuwing (OPNV) en die Nywerheidsprogram vir Tegnologie en Menslike Hulpbronne (NPTMH). © Via Afrika Uitgewers >> Ekonomie 87
Kwartaal TERM 33 3 4. 2. Gebiede wat versterk moet word Ten spyte van Suid-Afrika se suksesse in nywerheidsontwikkeling verander die ekonomiese omgewing voortdurend en moet die volgende gebiede versterk word: • Nywerheidsfinansieringsbeleid. • Sektore moet uitgebrei en beleide ontwikkel word om nouer sektorale samewerking aan te moedig. • Mededingingsbeleid moet voortdurend hersien en versterk word. • Die rol van groot en groter mediumgrootte sakeondernemings. • Strategieë vir invoervervanging en uitvoerbevordering. • Owerheidsingryping. Vrae 1. Lys drie komponente van die Nywerheidsbeleidsaksieplan (NBAP). (6) 2. Lys die beste praktyk-riglyne wat vir suksesvolle streeksontwikkeling gebruik moet word. (10) 3. Gee twee voorbeelde van NOS’e in Suid-Afrika. (4) 4. Beskryf die funksie van die NOS. (4) 5. Definieer die volgende begrippe: • Die Nywerheidsontwikkelingskorporasie (NOK) • Inisiatiewe vir Ruimtelike Ontwikkeling (IRO) • Nywerheidsontwikkelingsones (NOS) • Ontwikkelingskorridor • Geïntegreerde Volhoubare Landelike Ontwikkelingsprogram (GVLOP) (20) 6. Verduidelik waarom 'n inisiatief oor ruimtelike ontwikkeling wat meer as een land insluit, voordelig kan wees vir al die betrokke lande. (5) 7. Bespreek kortliks die volgende aspekte wat in 'n nywerheidsontwikkelingsbeleid aangepak moet word: • Identifisering van sektore wat vir ontwikkeling geoormerk is • Kleinsake-ontwikkeling • Swart Ekonomiese Bemagtiging • Betrokkenheid by groter streek © Via Afrika Uitgewers >> Ekonomie 88
Kwartaal TERM 33 3 • Arbeidspraktyke (15) 8. Waarom is dit belangrik dat die privaat sektor in 'n nywerheid- of streeksontwikkelingsbeleidsplan betrokke moet wees? (6) © Via Afrika Uitgewers >> Ekonomie 89
Kwartaal TERM 33 3 Onderwerp 3 Ekonomie: Basiese begrippe en kwantitatiewe elemente: Ekonomiese en sosiale prestasieaanwysers Oorsig In hierdie onderwerp word die belangrikste begrippe en aanwysers wat gebruik word om ekonomiese groei en ontwikkeling te meet, bespreek. Dit is belangrik dat jy dit verstaan en dit kan vertolk. In hierdie onderwerp gaan jy leer van: • die prestasie van 'n ekonomie • ekonomiese aanwysers • soasiale aanwysers • internasionale vergelykings. Sosiale aanwysers Ekonomiese aanwysers • Menslike • Verbruikersprysindeks Ontwikkelingsindeks • Produksieprysindeks • Gesondheid en voeding • Betalingsbalans • Education • Werkloosheidskoers International comparisons • Globalisation • International organisations © Via Afrika Uitgewers >> Ekonomie 90
Kwartaal TERM 33 3 Eenheid 1 Die prestasie van ’n ekonomie 1. Beoordeling van die prestasie van die ekonomie Die Suid-Afrikaanse Reserwebank en Statistiek Suid-Afrika verskaf die data wat die owerheid gebruik om die prestasie van die ekonomie te beoordeel. Hierdie inligting is belangrik omdat die owerheid, privaat sektor en internasionale beleggers moet weet hoe die ekonomie van 'n land presteer. Eenheid 2 Ekonomiese aanwysers 1. Betekenis 'n Ekonomiese aanwyser is statistiek (data) wat die gedrag van 'n ekonomiese veranderlike oor 'n spesifieke tydperk aandui en word gebruik om die prestasie van die ekonomie te meet. 2. Inflasiekoers • Inflasie is 'n styging in die algemene prysvlak van goedere en dienste in 'n ekonomie oor 'n spesifieke tydperk. • Die inflsiekoers word gemoniteer op sowel produsentvlak as verbruikersvlak. • Die aanwyser op produsentvlak word die Produksieprysindeks (PPI) genoem en op verbruikersvlak word dit die Verbruikersprysindeks (VPI) genoem. Bereken die inflasiekoers: VPI jaar 2 – VPI jaar 1/VPI jaar 1 ⋅ 100/1 = VPI jaar2 – VPI jaar 1 VPI jaar 1 × 100 Die Suid-Afrikaanse Reserwebank het inflasieteikens ingestel wat 'n nuwe benadering tot monetêre beleid en prysstabilisering is. Die inflasieteikenperk is 3–6%, en as die inflasiekoers buite hierdie teikengebied beweeg, gebruik die SARB monetêre beleid om te probeer om die koers weer binne die teikengebied te bring. 3. Buitelandse handel © Via Afrika Uitgewers >> Ekonomie 91
Kwartaal TERM 33 3 Dit is belangrik vir Suid-Afrika om 'n gunstige verhouding tussen uitvoere en invoere te handhaaf om 'n tekort op die betalingsbalans te verhinder. Dit is ook belangrik om die wisselvalligheid van wiselkoerse te moniteer. 4. Indiensneming Die arbeidsmag bestaan uit alle mense tussen die ouderdomme van 15 en 65 jaar. Dit is belangrik om die indiensnemingskoers wat die persentasie van hierdie groep wat behoorlike werk het, weerspieël, te bereken. 'n Lae indiensnemingskoers lei tot lae produktiwiteit en 'n lae groeikoers asook ekonomiese ontbering vir dié wat werkloos is. 5. Produktiwiteit Produktiwiteit is die verhouding tussen goedere en dienste wat in die ekonomie geproduseer word en die inset van hulpbronne wat gebruik word vir die produksie daarvan. Produktiwiteit = produksie-uitset/faktorinset = produksie-uitset per eenheid van faktorinset Drie vorme van produktiwiteit kan bereken word: arbeid, kapitaal en multifaktorproduktiwiteit. 6. Rentekoerse 'n Rentekoers is die koers waarteen rente deur leners betaal word vir die gebruik van geld wat hulle geleen het, gewoonlik by 'n finansiële instelling soos 'n bank. In Suid-Afrika word rentebesluite deur die Suid-Afrikaanse Reserwebank se Monetêre Beleidskomitee (MBK) geneem. Die amptelike rentekoers is die repokoers, wat die koers is waarteen die sentrale bank geld uitleen of diskonteer aan handelsbanke. 7. Geldaanbod Die vlak van die geldaanbod in die ekonomie is baie belangrik omdat enige verandering in die hoeveelheid daarvan 'n direkte uitwerking op rentekoerse sal hê. 'n Afname in die geldaanbod sal lei tot 'n tekort aan geld en tot 'n styging in die rentekoers. 'n Toename in die geldaanbod sonder 'n toename in die aanbod van goedere en dienste sal lei tot 'n styging in pryse, wat weer op lang termyn tot inflasie sal lei. Eenheid 3 Sosiale aanwysers 1. Betekenis Sosiale aanwysers word soms menslike ontwikkelingsaanwysers of ontwikkelingsaanwysers genoem omdat dit veranderinge in die lewenspeil aandui. 2. Demografie © Via Afrika Uitgewers >> Ekonomie 92
Kwartaal TERM 33 3 Demografie verskaf inligting oor waar mense hulle bevind, wat hul behoeftes is en hoe investering die beste aangewend kan word. 2.1 Die Menslike Ontwikkelingsindeks (MOI) Die MOI probeer menslike welstand breër omskryf. Dit bied 'n saamgestelde maatstaf van die basiese dimensies van menslike ontwikkeling: gesondheid, opvoeding en inkomste. 3. Gesondheid en voeding Die owerheid bestee omtrent 8,3% van BBP aan gesondheidsdienste. Die kindersterftesyfer vir 2011 is op 37,9 beraam. Dit is 'n hoë syfer en verbeterings moet op hierdie vlak van gesondheidsorg gemaak word. Die beraamde algehele MIV-voorkomssyfer is ongeveer 10,6%. Hoewel hierdie syfer afneem, is dit steeds onaanvaarbaar hoog, en daar sal meer werk en investering gedoen moet word om dit te verlaag. 4. Onderwys 'n Hoë vlak van geletterdheid, kennis en vaardighede kan bereik word deur doeltreffende en toepaslike onderwys en opleiding. Die Suid-Afrikaanse owerheid bestee 20% van die totale staatsuitgawes aan die onderwys. Wanneer 'n hoë persentsaie van die bevolking goed opgelei is, sal die ekonomie produktiewer en mededingender wees , wat dan nasionale welvaart en 'n hoër lewenspeil per capita skep. 5. Dienste Dit is die verantwoordelikheid van die owerheid om sekere dienste te verskaf. Dit is die verantwoordelikheid van Statistiek Suid-Afrika om inligring in te win ten einde die vlak van ontwikkeling en prestasie van verskillende owerheidsprogramme en -projekte te meet. Hierdie dienste is: • Energie • Sanitasie, vullisverwydering en watertoegang en -gebruik • Toegang tot voedsel • Behuising en verstedeliking Eenheid 4 Internasionale vergelykings 4.1. Inleiding Sedert 1994 het Suid-Afrika verreikende sosiale en ekonomiese veranderinge ondergaan. Die owerheid het belangrike hervormings oor die hele ekonomie ingestel. Die internasionale vergelykings vir Suid-Afrika kan nagespeur word deur die volgende wat hieronder geïdentifiseer word. 4.2. Globalisering © Via Afrika Uitgewers >> Ekonomie 93
Kwartaal TERM 33 3 Globalisering is die proses van internasionale integrasie deur die verwisseling van wêreldmenings, produkte, idees en ander kultuuraspekte. Sedert 1994 het Suid-Afrika toenemend betrokke geraak by wêreldmarkte deur uitvoere en invoere. 4.3. Internasionale vergelykings Suid-Afrika kan die vordering van sy ekonomiese en sosiale ontwikkeling moniteer deur sy prestasie met dié van ander lande te vergelyk deur middel van data wat deur internasionale organisasies ingesamel is. Hierdie organisasies sluit die volgende in: • Die Verenigde Nasies • Die Wereldbank • Die Internasionale Monetêre Fonds Vrae 1. Waarom is internasionale vergelykings van ekonomiese en sosiale aanwysers belangrik? (4) 2. Verduidelik die belangrikheid van die menslike ontwikkelingsindeks as 'n ekonomiese aanwyser. (6) 3. Verduidelik hoe elk van die volgende aanwysers gemeet word en waarom hulle belangrik is: (i) inflasiekoers (14) (ii) werkloosheidskoers (10) (iii) rentekoerse (27) (iv) geldaanbod. (15) 4. Noem drie gebruike van ekonomiese aanwysers. (6) 5. Noem en beskryf kortliks die verskillende metodes en instrumente wat ekonome kan gebruik om voorspellings oor die ekonomie te doen. (16) 6. Verduidelik waarom elk van die volgende aanwysers belangrik is in 'n ontwikkelende ekonomie: (i) netto handelsware-uitvoere (2) (ii) saldo op die lopende rekening van die betalingsbalans (4) (iii) saldo op die finansiële rekening van die betalingsbalans. (4) 7. Verduidelik waarom die werkloosheidskoers 'n sloerende aanwyser is. (2) © Via Afrika Uitgewers >> Ekonomie 94
Kwartaal TERM 33 3 Onderwerp 4 Ekonomiese kwessies van die dag: Inflasie Oorsig In hierdie onderwerp word die betekenis en belang van inflasie, tipes inflasie en die oorsake daarvan bespreek, asook die maatreëls wat gebruik word om probleme wat deur inflasie meegebring word, te beheer en te bekamp. In hierdie onderwerp gaan jy leer van: • inflasie • tipes en kenmerke van inflasie • oorsake en gevolge van inflasie • die inflasieprobleem in Suid-Afrika • maatreëls vir die bestryding van inflasie. Tipes en kenmerke van inflasie Oorsake en gevolge van inflasie • Vraaginflasie • Koste-inflasie • Oorsake van vraaginflasie • Verbruikersinflasie • Oorsake van koste-inflasie • Produsente-inflasie • Toename in geldaanbod • Allesinsluitende inflasie • Gevolge van inflasie • Hiperinflasie • Stagflasie • Deflasie Inflasie in Suid-Afrika Maatreëls om inflasie te bestry • Historiese perspektief • Fiskale maatreëls • Meting van inflasie in Suid-Afrika • Monetêre maatreëls • Verbruikersinflasie • Ander maatreëls © Via Afrika Uitgewers >> Ekonomie 95
Kwartaal TERM 33 3 Eenheid 1 Inflasie 1. 1. Definisie van inflasie Inflasie is 'n styging in die algemene prysvlak van goedere en dienste in 'n ekonomie oor 'n spesifieke tydperk. Wanneer die algemene prysvlak styg, koop elke eenheid van 'n geldeenheid minder goedere en dienste. Dit is belangrik om die volgende punte oor inflasie te onthou: • Inflasie verwys na 'n styging in pryse in die algemeen. • Dit verminder die koopkrag van geld. • Dit is 'n proses wat oor 'n tydperk plaasvind. • Dit verwys na 'n belangrike styging in prys. Maak seker dat jy na die muurprente en tabelle in jou Leerderboek verwys wanneer hierdie afdeling bestudeer word. Eenheid 2 Tipes en kenmerke van inflasie 2. 1. Vraaginflasie 'n Styging in die prys van 'n produk of diens word gewoonlik deur 'n aanbodtekort en 'n styging in vraag veroorsaak. Vraaginflasie kom gewoonlik voor wanneer die totale vraag na goedere en dienste toeneem, sonder 'n toename in die totale aanbod. Vraaginflasie het die volgende kenmerke: • 'n Relatiewe toename in totale vraag. • Buitelanders dra by tot vraaginflasie omdat hulle ingevoerde goedere aanvra, en hierdie vraag plaas verdere druk op die beperkte aanbod en laat die pryse verder styg. • Alle deelnemers aan die ekonomie dra by tot vraaginflasie omdat hulle almal goedere koop wat die vraagkant van die mark laat toeneem. • As die vraag na goedere en dienste vinniger toeneem as die aanbod daarvan, sal daar 'n tekort ontstaan en pryse sal styg om by die vraag aan te pas, wat inflasie veroorsaak. 2. 2. Koste-inflasie Koste-inflasie kom voor wanneer daar 'n toename in die produksiekoste is, wat tot 'n algemene toename in prys lei. Koste-inflasie het die volgende kenmerke: • 'n Toename in totale koste aan die aanbodkant van die mark. • 'n Toename in arbeidskoste word by die produksiekoste gevoeg en veroorsaak dus koste- inflasie. © Via Afrika Uitgewers >> Ekonomie 96
Kwartaal TERM 33 3 • Wanneer produsente hul winsmarge vergroot, verhoog hulle die koopprys van hul produkte en dit lei tot koste-inflasie. • 'n Toename in belastings soos belasting op toegevoegde waarde (BTW) sal lei tot koste- inflasie. • Duurder ingevoerde produkte, veral tussengoedere, verhoog die prys van eindgoedere aan die aanbodkant en dit dra by tot koste-inflasie. • Natuurrampe kan die produksiekoste verhoog. • Laer produktiwiteit kan ook die produksiekoste verhoog. 2. 3. Verbruikersinflasie In Suid-Afrika word die volgende tipes verbruikersinflasie geïdentifiseer: Vier tipes verbruikersinflasie word in Suid-Afrika onderskei: hooflyninflasie, VPIX-inflasie (verbruikersprysindeksinflasie), en geadministreerde prysinflasie • Hooflyninflasie • VPIX-inflasie (verbruikersprysindeksinflasie) • Kerninflasie • Geadministreerde prysinflasie 2.4. Produsente-inflasie Ons gebruik die Produksieprysindeks (PPI) om produsente-inflasie te meet. Die PPI meet pryse op die vlak van die eerste betekenisvolle handelstransaksie. Byvoorbeeld, die oomblik wat ingevoerde goedere die land binnekom of die oomblik wat goedere die fabriek verlaat waar dit gemaak is. 5. Allesinsluitende inflasie Die BBP-deflator word gebruik om allesinsluitende inflasie te meet (alle goedere en dienste) en om 'n inflasiekoers vir die ekonomie in sy geheel te gee. 6. Hiperinflasie Hiperinflasie behels ’n uiters vinnige styging in prysvlakke teen 'n regtig hoë inflasiekoers, wat meebring dat geld waardeloos raak. 7. Stagflasie Stagflasie is 'n toestand waarin daar lae ekonomiese groei, hoë werkloosheidskoers en ’n hoë inflasiekoers voorom. 8. Deflasie Deflasie is 'n daling in die algemene prysvlakke in die ekonomie. © Via Afrika Uitgewers >> Ekonomie 97
Kwartaal TERM 33 3 Eenheid 3 Oorsake en gevolge van inflasie 3. 1. Inleiding Daar is baie verskillende teorieë oor wat inflasie veroorsaak en hoe om dit die beste te hanteer. 3.2. Oorsake van vraaginflasie Soos in die vorige eenheid bespreek, kan vraaginflasie veroorsaak word deur 'n toename in enige van die komponente van die totale vraag: verbruiksbesteding, investeringsbesteding en staatsbesteding of uitvoere. Die volgende faktore kan tot vraaginflasie lei: Toename in verbruik (C) Die toename in verbruik kan deur enige van die volgende veroorsaak word: • Maklike toegang tot krediet • Gebrek aan spaargeld • Verlaging in belastings Investeringsbesteding ’n Verlaging van rentekoerse sal sakeondernemings aanmoedig om hul bedrywighede uit te brei. Wanneer hulle dit doen, verhoog hulle die aanbod van goedere en dit kan lei tot ’n toename in die vraag na goedere en dienste. As die totale vraag teen ’n vinniger tempo toeneem as die totale aanbod, sal pryse verder styg. Staatsbesteding (G) ’n Toename in staatsbesteding, sonder ’n toename in produktiwiteit, sal inflasie meebring. Die owerheid kan sy besteding op die volgende maniere verhoog: • Sosiale toelaes • Infrastruktuur • Verbruiksbesteding Uitvoerinkomste ’n Toename in uitvoere, sonder ’n toename in plaaslike produksie, sal inflasie veroorsaak omdat goedere en dienste die land verlaat en die volume van plaaslik beskikbare goedere verlaag. 3.3. Oorsake van koste-inflasie © Via Afrika Uitgewers >> Ekonomie 98
Kwartaal TERM 33 3 Die volgende faktore kan koste-inflasie veroorsaak: • Werkers eis hoër lone sonder 'n toename in hul produktiwiteit. • 'n Daling in produktiwiteit terwyl indiensneming en lone konstant bly. • Stakings en ander arbeidsoptrede verlaag produksie-uitset en veroorsaak ’n afname in die aanbod. • ’n Verhoging in direkte en indirekte belastings. • 'n Styging in invoerpryse. • ’n Styging in geadministreerde pryse kan tot hoër lone lei. • ’n Styging in ’n produsent se winsmarge kan by die verkoopprys bygevoeg word en bydra tot inflasie. • 'n Styging in rentekoerse. 3.4. Toename in geldaanbod 'n Styging in die hoeveelheid geld in sirkulasie sonder 'n toename in die aanbod van goedere en dienste kan ook tot inflasielei. 3.5. Gevolge van inflasie Inflasie kan baie nadelige gevolge vir die ekonomie hê: • Inflasie het ’n uitwerking op die verspreiding van inkomste en welvaart. • Inflasie lei tot ’n daling in die reële waarde van spaargeld. • Inflasie verminder die koopkrag van geld. • Inflasie beïnvloed sekere groepe ten koste van ander. • Inflasie het ’n negatiewe uitwerking op ’n land se betalingsbalans. • Inflasie het ’n negatiewe uitwerking op ekonomiese groei. • ’n Hoë inflasiekoers is nadelig vir die funksionering van ’n vryeondernemingstelsel. Eenheid 4 Die inflasieprobleem in Suid-Afrika 4.1. Historiese perspektief Die 1980’s in Suid-Afrika is gekenmerk deur politieke onrus, ekonomiese wanorde en internasionale sanksies. Talle maatskappye is gedwing om die land te verlaat en daar was baie min internasionale investering in Suid-Afrika. Dit het ’n skerp styging in inflasie meegebring omdat die vraag die aanbod oorskry het, en invoervervanging was aan die orde van die dag. Inflasie het in hierdie tyd gestyg tot 18,6% en in 1986 ’n hoogtepunt bereik. Die tydperk tussen 1994 en 2005 is gekenmerk deur ’n terugkeer na ’n relatief lae inflasiekoers. In 2000 het die Minister van Finansies aangekondig dat die Suid-Afrikaanse owerheid ’n inflasieteiken van 3–6% instel. © Via Afrika Uitgewers >> Ekonomie 99
Kwartaal TERM 33 3 Van 2007 tot 2009 het die inflasiekoers skerp toegeneem en die teikenstelling oorskry. Vanaf 2010 het die inflasiekoers geleidelike en matige stygings en dalings getoon. 4. 2. Meting van inflasie in Suid-Afrika Verbruikersprysindeks (VPI) Die VPI is die algemeenste meetinstrument vir inflasie in Suid-Afrika en word deur Statistiek Suid-Afrika saamgestel. Relatiewe metode (Gewigstoekenningbasis) Hierdie metode gee gewigstoekennings aan elke gekose item om die relatiewe belangrikheid daarvan in die indeks aan te dui. Maand-tot-maand-vergelyking Die algemeenste gebruik in Suid-Afrika is om die indeks vir ’n bepaalde maand te vergelyk met dié vir die ooreenstemmende maand van die vorige jaar. Jaarlikse gemiddelde tot jaarlikse gemiddelde Wanneer inflasie vir ’n kalenderjaar bereken moet word, is die prosedure om die gemiddelde van alle indekse in ’n spesifieke jaar met die ooreenstemmende gemiddelde vir die vorige jaar te vergelyk. Verbruikersinflasie Verbruikersinflasie beteken 'n styging in die pryse van goedere en dienste gekoop deur verbruikers eerder as produsente, byvoorbeeld voedsel en klere. Eenheid 5 Maatreëls vir die bestryding van inflasie 5.1. Fiskale maatreëls Die volgende stappe kan gedoen word om inflasie te beheer: Verhoging van belasting Die verhoging van belasting kan help om oormatige vraag in die ekonomie te beteuel. • Direkte belasting sal verbruikers en sakeondernemings met minder geld laat om te bestee. © Via Afrika Uitgewers >> Ekonomie 100
Kwartaal TERM 33 3 • Indirekte belasting sal lei tot ’n styging in lewenskoste en die vraag verminder omdat verbruikers minder goedere en dienste sal koop. • Heffings op lenings kan ingestel of verhoog word. • 'n Bobelasting kan op invoere gehef word. Dit sal die koste van invoere verhoog en die vraag daarna laat afneem. Vermindering van staatsbesteding As die inflasiekoers hoog is, kan die owerheid dit verlaag deur sy eie besteding aan openbare goedere en dienste te besnoei. Implementering van aanbodkant- ekonomiese beleide Die owerheid kan beleide implementeer wat produktiwiteit, mededinging en vernuwing bevorder. Sulke beleide sal laer pryse in stand hou. Hierdie beleide is gerig op die stimulering van die aanbod en kan die volgende insluit: • Laer belastings op persoonlike inkomste om mense aan te moedig om harder te werk. • Laer belastings op maatskappye om investering en kapitaalvorming aan te moedig. • Laer belastings op rente en dividende om mense aan te moedig om meer te spaar. • ’n Vermindering van owerheidsbesparings. 5.2. Monetêre maatreëls Die Suid-Afrikaanse Reserwebank kan die volgende stappe doen om inflasie te bestry: • Verhoog die repokoers. • Pas die hoeveelheid geld aan by die behoeftes van die ekonomie. • Verminder die geldvoorraad. • Beperk die verlening van krediet deur banke. • Verslap valutabeheer. 5.3. Ander maatreëls Ander maatreeëls moet dalk in kombinasie met fiskale en monetêre maatreëls geïmplementeer word om inflasie suksesvol te bestry, soos: • die verhoging van produktiwiteit • prysbeheer • strenger voorwaardes vir verbruikerskrediet • verslapping van invoerbeheer • 'n swewende wisselkoers vir die land se geldeenheid • die toepassing van die beginsel van indekskoppeling • die instelling van 'n loonbeleid wat net voorsiening maak vir 'n verhoging as daar 'n toename in produktiwiteit is. Beleid van inflasieteikenstelling Suid-Afrika het inflasieteikenstelling formeel in Februarie 2000 in werking gestel. Inflasieteikenstelling is ’n monetêre beleid wat soos volg funksioneer: Die sentrale bank kondig ’n © Via Afrika Uitgewers >> Ekonomie 101
Kwartaal TERM 33 3 duidelike inflasieteiken af en stel dan ’n toepaslike beleid in werking om hierdie teiken te bereik. Inflasieteikenstelling skep ’n deursigtiger monetêre beleid deurdat beleide in die lig van die gestelde teiken verstaan kan word. Dit maak ook groter deursigtigheid moontlik, wat investering aanmoedig. Vrae 1. Beskryf die verhouding tussen inflasie en koopkrag. (4) 2. Noem drie oorsake van vraaginflasie. (6) 3. Noem drie oorsake van koste-inflasie. (6) 4. Noem drie moontlike maatreëls wat gebruik kan word om vraaginflasie te bestry. (6) 5. Noem drie moontlike maatreëls wat gebruik kan word om koste-inflasie te bestry.. (6) 6. Beskryf die ekonomiese gevolge van inflasie. (12) 7. Sê of die volgende stellings waar (W) of onwaar (O) is. Gee 'n rede vir jou antwoord. a. Inflasie is voordelig vir mense wat 'n vaste geldinkomste ontvang. (2) b. Die koopkrag verminder as inflasie toeneem. (2) c. 'n Toename in insetkoste kan vraaginflasie veroorsaak. (2) d. As die rand depresieer, sal die inflasiekoers daal. (2) e. Hoër inkomstebelasting sal oormatige vraag in die ekonomie verminder. (2) f. Die vermindering van staatsbesteding is 'n monetêre maatreël om inflasie te bestry. (2) (12 punte) © Via Afrika Uitgewers >> Ekonomie 102
Kwartaal TERM 33 3 Onderwerp 5 Toerisme en ekonomiese regstelling: Omgewingsvolhoubaarheid Oorsig In hierdie onderwerp word toerisme as 'n belangrike deel van die Suid-Afrikaanse ekonomie bespreek, asook die redes vir die groei daarvan en die voordele van hierdie toename in groei. In hierdie onderwerp gaan jy leer van: • die redes vir die groei in toerisme • die uitwerking van toerisme • die voordele van toerisme • die Suid-Afrikaanse profiel (inheemse kennisstelsels) • beleidsvoorstelle. Die effek van toerisme Die redes vir die groei in toerisme • Groter toegang tot Suid-Afrika se lugruim • Werkgeleenthede • Geteiken as 'n nywerheid deur die owerheid • Verligting van armoede • Groter besteebare inkomste • Eksternaliteite • Belangrikheid van ontspanning • Infrastruktuur • Doeltreffender vervoer en kommunikasie • Menslike en omgewingskoste Die voordele van toerisme Die Suid-Afrikaanse profiel • Vir huishoudings • Inheemse kennisstelsels • Vir sakeondernemings • Vir die owerheid Beleidsvoorstelle • Die Nasionale Toerismesektorstrategie (NTSS) • Die bemarkingstrategie • Reguleer die ruimtelike verspreiding van toerisme • Die rol van infrastruktuur © Via Afrika Uitgewers >> Ekonomie 103
Kwartaal TERM 33 3 Eenheid 1 Die redes vir die groei in toerisme 1. 1. Die belangrike rol van toerisme Toerisme is geïdentifiseer as ’n sleutel- ekonomiese sektor met ’n uitstekende groeipotensiaal. Die Nasionale Departement van Toerisme (NDT) is verantwoordelik vir die skepping van toestande vir die groei en ontwikkeling van toerisme, en vir die bemarking van Suid-Afrikaanse toerisme internasionaal. Die Verenigde Nasies Wêreldtoerisme-organisasie (VNWTO) omskryf toeriste as mense wat “reis na en bly in plekke buite hul gewone omgewing vir nie meer as een opeenvolgende jaar nie vir ontspanning, sake en ander doeleindes ". Wanneer aktiwiteite plaasvind in 'n sekere gebied wat besoekers na daardie gebied lok wat andersins dalk nie soontoe sou gegaan het nie, skep dit inkomste vir daardie gebied. Suid-Afrika se groei in toerisme was twee keer so groot soos die wêreldgemiddelde in 2010. Hierdie groei het vinnig plaasgevind en is oor 'n tydperk van jare volgehou. Toerisme bring buitelandse valuta na Suid-Afrika. Toeriste het ook 'n aanvraag vir plaaslike goedere, wat vraag en produktiwiteit verhoog. Die redes vir die groei in toerisme • Die Suid-Afrikaanse owerheid het groter toegang tot lugruimte vir kommersiële lugrederye goedgekeur. Dit het meegebring dat 'n toenemende aantal internasionale lugrederye na Suid-Afrika vlieg. • Die owerhede van alle ontwikkelende lande het die toerismesektor geteiken as 'n nywerheid met 'n groot potensiaal. • 'n Toename in besteebare inkomste verskaf aan meer huishoudings die middele om te reis, wat binnelandse toerisme bevorder. • Die feit dat ontspanning in belangrikheid toegeneem het, beteken dat mense meer tyd aan reis bestee. • Doeltreffender vervoer- en kommunikasiestelsels maak reis geriefliker. Groei in binnelandse toerisme Binnelandse toerisme is die beweging van mense binne hul eie land. Binnelandse toerisme is uiters belangrik vir die groei van die toerismebedryf. Dit maak die bedryf volhoubaar en verleen stukrag aan sy groei enontwikkeling. Binnelandse toerisme kan ook globale onsekerheid deurstaan en die bedryf in stand hou in tye van internasionale resessie. © Via Afrika Uitgewers >> Ekonomie 104
Kwartaal TERM 33 3 Ten einde die volhoubare groei van die binnelandse toerismebedryf te verseker, doen die Suid- Afrikaanse owerheid die volgende: • Bemark binnelandse toerisme. • Bemark ’n aantal Suid-Afrikaanse ervarings waarmee Suid-Afrikaanse verbruikers hulle kan vereenselwig. • Versprei toepaslike inligting oor bestemmings en geleenthede op spesifieke en relevante plekke. • Fasiliteer die ontwikkeling van koöperatiewe reisprodukpakkette, wat reis goedkoper en toegankliker maak. • Ontwikkel bemarkings- en verspreidingskanale vir Suid-Afrikaanse toerisme. • Bemark herhalende besoeke. Buitelandse toerisme Buitelandse toerisme is die beweging van mense tussen lande; na hierdie mense word verwys as internasionale of buitelandse toeriste. Buitelandse toeriste kan geklassifiseer word as óf inkomende internasionale toeriste óf uitgaande internasionale toeriste. Die toename in buitelandse toeriste is belangrik vir Suid-Afrika omdat hulle: • werkgeleenthede in die toerismesektor verhoog • buitelandse valuta in die land inbring • internasionale persepsies van Suid-Afrika verbeter. Eenheid 2 Die effek van toerisme Toerisme genereer inkomste. As die toeriste hul besoek aan die gebied geniet het, en terugkom en vir ander mense met hul vertellings aanmoedig om ook hierdie gebied te besoek, het dit 'n langtermynuitwerking waardeur meer toeriste gelok word en meer inkomste gegenereer word. Indiensneming Toerisme skep nie net inkomste om die bewaring en bestuur van natuurlike omgewings te ondersteun nie, maar skep ook werkgeleenthede omdat dit arbeidsintensief is en min versperrings vir toetrede het. Toerisme verskaf direk en indirek 7% van die werkgeleenthede in Suid-Afrika.. Armoede Indiensneming verskaf inkomste aan huishoudings en verlig die vlak van armoede. Die Departement van Toerisme is betrokke by armoedeverligtingsprojekte, wat die ontwikkeling van gemeenskapsgebaseerde toerismeprodukte en -dienste bevorder. Eksternaliteite Eksternaliteite word omskryf as koste of voordele wat spruit uit produksie of verbruik, en wat iemand anders as die produsent of verbruiker raak. Toerismebeleid moet verseker dat toerisme die © Via Afrika Uitgewers >> Ekonomie 105
Kwartaal TERM 33 3 maksimum positiewe uitwerking het, terwyl moontlike negatiewe uitwerking tot die minimum beperk word. Menslike en omgewingskoste Toerisme kan 'n negatiewe uitwerking op die omgewing hê. Toerisme gaan gepaard met vervoer en vervoer kan 'n groot bron van besoedeling wees. Toerismebeleid moet onder andere verseker dat toeriste op 'n omgewingsvriendelike manier vervoer word. 'n Voorbeeld is die Gautrain wat 'n omgewingsvriendelike manier van reis is. Menslike koste kan insluit dat gemeenskappe van hul grondgebied ontwortel word om ruimte te skep vir toerisme-ontwikkeling.. Dit ondermyn die gemeenskap se regte en lewensonderhoud. Die volgende strategieë kan die negatiewe uitwerking van toerisme verminder: • Bevorder gemeenskapsbewaringsgebiede. • Bevorder samewerkende toerisme-inisiatiewe om groter voordele vir al die betrokkenes te verseker. • Bevorder gemeenskapsdeelname op verskillende vlakke. • Verseker dat die voordele verbonde aan toerisme eweredig oor die samelewing versprei word. • Verseker dat diegene wat regstreeks by bewaring betrokke is, beloon word. Infrastruktuur 'n Groot aantal toeriste kan druk plaas op die bestaande infrastruktuur. Hierdie infrastruktuur kan opgegradeer word as dit 'n toename in toerisme sal bevorder. Die addisionele inkomste kan help om hierdie opgraderings te finansier. Eenheid 3 Die voordele van toerisme 3. 1. Inleiding Die toerismesektor se oogmerk is om verantwoordelike toerisme te ontwikkel en 'n onvergeetlike ervaring vir alle besoekers en volhoubare voordele vir alle Suid-Afrikaners te bied. Die volgende tipes inkomste spruit uit toerisme: • Direkte besteding - besteding van toeriste aan goedere en dienste • Indirekte besteding - besteding deur mense wat goedere en dienste aan toeriste lewer • Afgeleide besteding - groter verbruiksbesteding as gevolg van addisionele persoonlike inkomste wat deur die direkte besteding gegenereer is Huishoudings © Via Afrika Uitgewers >> Ekonomie 106
Kwartaal TERM 33 3 Die toerismebedryf skep baie direkte en indirekte werkgeleenthede. Wanneer infrastruktuur verbeter word om toerisme te bevorder, vind huishoudings ook daarby baat omdat hulle dit ook kan gebruik. Huishoudings gebruik dus die infrastruktuur om in hul eie behoeftes te voorsien en hul lewenspeil te verhoog. 'n Voorbeeld hiervan is die Gautrein. Sakeondernemings Daar is min versperrings vir toetrede in toerisme en dit gee vir entrepreneurs die geleentheid om nuwe sakeondernemings te begin. Die owerheid gebruik aansporings om nuwe sakeondernemings te probeer bevorder. Sakeondernemings wat nie direk by toerisme betrokke is nie, word ook deur die bedryf bevoordeel. Die konstruksiebedryf, byvoorbeeld, vind daarby baat wanneer nuwe hotelle opgerig word. Die owerheid Die owerheid vind baat by 'n verhoogde belastinginkomste. Die owerheid kan ’n nominale belasting hef om die verskaffingskoste van dienste soos openbare storte en toilette by ’n strand te verhaal. Die owerheid hef ook belasting in die vorm van lughawe-vertrekbelasting, en belasting op hotelkamerbesetting en kaartjieverkope. 'n Toename in indiensneming help ook die owerheid om armoede te verlig. Eenheid 4 Die Suid-Afrikaanse profiel (inheemse kennisstelsels) 4. 1. Lande wat bydra tot Suid-Afrikaanse toerisme Die grootste aantal buitelandse toeriste in 2010 het uit die Verenigde Koninkryk, VSA en Duitsland gekom. Daar was ook in die afgelope aantal jare’n merkbare toename in die aantal toeriste uit Indië en China. Buitelandse toeriste besoek Suid-Afrika vir vakansie-, sake- en studiedoeleindes. Die gewildste toerismebestemmings in Suid-Afrika volgens 'n stemmingvan buitelandse toeriste is: • Victoria & Alfred Waterfront • Tafelberg • Kaapunt • Wes-Kaap se wynroetes • Die Tuinroete • Kirstenbosch Nasionale Botaniese Tuin 4. 2. Inheemse kennisstelsels (IKS) Inheemse kennis (ook tradisionele kennis genoem) verwys na die groot mate van kennis en vaardighede wat buite die formele opvoedkundige stelsel ontwikkel is. Dit het kultuur en erfenis as © Via Afrika Uitgewers >> Ekonomie 107
Kwartaal TERM 33 3 grondslag. Die Departement van Gesondheid het die Wet op Tradisionele Gesondheidspraktisyns opgestel. Die kabinet het 'n beleid oor Inheemse Kennisstelsels aanvaar om die bydrae van inheemse kennis tot die sosiale en ekonomiese ontwikkeling van Suid-Afrika te stimuleer en te versterk. Kulturele toerisme stel toeriste bekend aan inheemse kulture, geskiedenis en plaaslike inwoners, sodat hulle 'n beter begrip kan kry van hoe plaaslike inwoners leef en werk. Eenheid 5 Beleidsvoorstelle 5. 1. Beleidsvoorstelle Die Departement van Toerisme (DT) is verantwoordelik vir die formulering en implementering van toerismebeleid in Suid-Afrika. Sommige faktore wat kan bydra tot suksesvolle beleid gerig op 'n toename in toerisme, is: • 'n Volledige toerismepakket - toeriste moet toegang tot 'n volledige reeks fasiliteite en dienste hê. Die beleid moet verseker dat alle fasiliteite beskikbaar is. • Strategiese beplanning - hulpbronne moet so benut word dat sowel die toeriste as die plaaslike gemeenskap die maksimum voordele kry. • Moedig sterk samehangende leierskap aan - die beleid moet verseker dat alle leiers en belanghebbendes saamwerk. • Ondersteuning deur plaaslike owerhede - hulle moet betrokke raak om toerisme aan te moedig. • Moedig plaaslike entrepreneurs aan - hulle moet aangemoedig word om saam te werk. • Moedig die privaat en openbare sektor aan - hierdie twee sektore moet saamwerk om die bevordering van toerisme te verseker. • Reisagentskappe en reiskonvensies - plaaslike entrepreneurs kan nie hul sakeondernemings bemark sonder die regte platforms nie. • Multilaterale samewerking - suksesvolle samewerking tussen lande help om toerisme aan te moedig. Die Nasionale Toerismesektorstrategie (NTSS) In Julie 2010 het die Departement van Toerisme die ontwerp van die Nasionale Toerismesektorstrategie (NTSS) bekend gestel. Die NTSS sit die strategieë en beleide uiteen wat nodig is vir die skepping van die omstandighede waarin die toerismebedryf in die toekoms kan groei. Die hoofoogmerke van die strategie sluit die volgende in: • Om die toerismesektor se bydrae tot die bruto binnelandse produk (BBP) te verhoog • Om transformasie in die sektor te teweeg te bring • Om uitnemende menslike ontwikkeling en aanvaarbare werkskepping in die sektor te voorsien • Om ’n reiskultuur onder Suid-Afrikaners te ontwikkel en te verskans Die bemarkingstrategie © Via Afrika Uitgewers >> Ekonomie 108
Kwartaal TERM 33 3 Suid-Afrikaanse Toerisme (TSA) bestee baie geld aan die bemarking en advertering van Suid-Afrika onder sowel binnelandse as globale reisigers. Deur sy bemarkingstrategie bevorder TSA die volgende inisiatiewe: • Welkomveldtog • Welkomtoekennings • Sho’t Left-veldtog • Toerisme-indaba • Vennootskap vir Toerisme-ondernemings Regulering van die ruimtelike verspreiding van toerisme Dit is belangrik dat die voordele van toerisme so eweredig moontlik regoor Suid-Afrika versprei moet word. ’n Reuse-uitdaging in die bereiking van hierdie oogmerk van eweredige verspreiding is die gebrekkige infrastruktuur wat toerisme ondersteun. Die Inisiatiewe vir Ruimtelike Ontwikkeling (IRO) is ingestel om hierdie kwessie aan te pak. Die inisiatief ondersteun gemeenskappe wat graag toerisme wil ontwikkel deur: • die aanbieding van professionele en toepaslike advies en opleiding • die verskaffing van relevante infrastruktuur aan gemeenskappe. Die onontbeerlike rol van infrastruktuur 'n Goed gevestigde infrastruktuur is nodig sodat toerisme suksesvol en volhoubaar kan wees. Die volgende beleidsriglyne is van toepassing op die verskaffing van infrastruktuur: • Hou bestaande infrastruktuur in stand en verbeter dit voortdurend . • Verbeter die toeganklikheid en infrastruktuur van landelike gebiede. • Gebruik moderne rekenaar- en kommunikasietegnologie. • Fasiliteer die finansiering van groot toerisme-infrastruktuurprojekte. • Oorweeg Suider-Afrika se toerismepotensiaal wanneer groot toerismeverwante infrastruktuurprojekte ontwikkel word. • Werk nou saam met die Departement van Vervoer om vervoerdienste te verbeter. • Hersien voortdurend bestaande padaanwysings om die maksimum klanttevredenheid te verseker. • Brei toerisme-infrastruktuur uit as deel van ’n langtermynstrategie. • Gee aandag aan die negatiewe omgewingsimpak wat veroorsaak word deur die bou van infrastruktuur vir toerisme. Vrae 1 Lys en beskryf kortliks die doelwitte van toerismebeleid. (4) 2 Gee 'n oorsig van die potensiële negatiewe uitwerking van toerisme op 'n land. (10) 3. Verduidelik hoe 'n toename in toerisme kapitaalvorming, werkloosheid en groei in Suid-Afrika sal beïnvloed . (10) 3 Omskryf 'n toeris . (4) © Via Afrika Uitgewers >> Ekonomie 109
Kwartaal TERM 33 3 4 Skryf 'n kort opstel oor die faktore wat die groei van die toerismebedryf in 'n spesifieke land beïnvloed. (40) 5 Bespreek die potensiële negatiewe en positiewe uitwerking van toerisme op 'n land. (40) © Via Afrika Uitgewers >> Ekonomie 110
Kwartaal TERM 33 3 Onderwerp 6 Basiese ekonomiese probleem: Omgewingsvolhoubaarheid Oorsig In hierdie onderwerp gaan jy leer van: • die stand van die omgewing • maatreëls om volhoubaarheid te verseker • belangrike internasionale ooreenkomste (Rio de Janeiro- en Johannesburg beraad).. Maatreëls om volhoubaarheid te Die stand van die omgewing verseker • Markgebaseerde beleide • Lugbesoedeling • Openbare sektor-ingryping • Grondbesoedeling -belastings • Waterbesoedeling -subsidies -koste Belangrike internasionale ooreenkomste • Die Rio de Janeiro-beraad • Wêreldberaad oor Volhoubare Ontwikkeling (WBVO) Eenheid 1 Die stand van die omgewing © Via Afrika Uitgewers >> Ekonomie 111
Kwartaal TERM 33 3 1. 1. Die Suid-Afrikaanse omgewingsvooruitsig Die woord “omgewing” verwys na alles rondom ons: grond, water, lug, plant- en dierelewe. Omgewingsagteruitgang en die gevolge van klimaatsverandering is uiters belangrike ontwikkelingskwessies. Suid-Afrika se belangrikste ontwikkelingskwessies is: • hoë vlakke van koolstofdioksied-emissies • oorbenutting van visvoorrade • toegang tot basiese sanitasie • groot deel van die bevolking wat steeds in informele huisvesting bly. Suid-Afrika se grootste omgewingsuitdaging is sy afhanklikheid van steenkoolgebaseerde energie, wat hoë vlakke van koolstofdioksied-emissies veroorsaak. ’n Verlies aan biodiversiteit kan vernietigende gevolge vir die omgewing inhou omdat ’n volhoubare omgewing afhanklik is van gebalanseerde interaksies tussen die verskillende lewensvorme in die ekostelsel. Alle belangrike ekostelsels in Suid-Afrika word op die een of ander manier bedreig . Besoedeling Besoedeling kom voor wanneer die omgewing besmet word deur 'n chemiese of ander stof wat ’n deel van die omgewing ongeskik maak vir die beoogde gebruik daarvan. Besoedeling skaad die omgewing en ondermyn menslike gesondheid en die natuurlike funksionering van ekostelsels. Voorbeelde sluit in: • lugbesoedeling • waterbesoedeling • grondbesoedeling. Bewaring Bewaring behels die volhoubare gebruik en bestuur van natuurlike (herwinbare en nieherwinbare) hulpbronne om te verseker dat hulle vir gebruik deur toekomstige geslagte beskikbaar sal wees.. Instandhouding Instandhouding behels daardie aspekte van die omgewing wat deur uitwissing bedreig word. Omgewingsinstandhouding vorm ’n onmisbare grondslag vir volhoubare ontwikkeling en die verligting van armoede. Die Departement van Omgewingsake het ’n aantal programme vir die instandhouding van hulpbronne ontwikkel. © Via Afrika Uitgewers >> Ekonomie 112
Kwartaal TERM 33 3 Eenheid 2 Maatreëls om volhoubaarheid te verseker Die verlies van biodiversiteit en versekering van volhoubaarheid moet op sowel plaaslike as internasionale vlak aangepak word. Daar moet 'n bewustheid wees dat dit 'n ernstige probleem is wat aangepak moet word. Daar is 'n aantal benaderings wat gebruik kan word om omgewingsvolhoubaarheid te verseker. 2.1 Markgebaseerde benaderings Die oogmerk is om te verseker dat die prys van goedere en dienste sowel die sosiale as die privaat koste daarvan weerspieël. Markmislukking Produksie veroorsaak dikwels besoedeling wat die omgewing vernietig. Produsente moet dus aanspreeklik gehou word vir die sosiale koste van die omgewingskade wat hulle aanrig. 2.2 Ingrypings deur die openbare sektor Die owerheid kan deur wetgewing beheer uitoefen oor die vlakke van besoedeling en omgewingsagteruitgang. Die owerheid kan wetgewing uitvaardig wat ’n verbod plaas op enige aktiwiteit wat ’n onmiddellike of potensiële, toekomstige bedreiging vir die omgewing inhou. Belastings Die owerheid kan verskillende soorte belastings hef om enige negatiewe uitwerking op die omgewing reg te stel. Emissieheffings Die owerheid bepaal ’n prys per besoedelingseenheid. Die besoedelingsfooi is ’n heffing wat gegrond is op die hoeveelheid en/of inhoud van besoedelende stowwe wat in die omgewing vrygestel word. Bemarkbare permitte In plaas daarvan om besoedelaars belastings of emissieheffings te laat betaal, kan die owerheid ’n toegelate besoedelingsperk aan elke potensiële besoedelaar oplê. Elke sakeonderneming kry ’n permit om ’n vasgestelde hoeveelheid besoedeling te veroorsaak. Sakeondernemings kan hierdie permitte koop en verkoop teen pryse wat deur die mark bepaal word. Omgewingsubsidies Die owerheid kan subsidies vir sakeondernemings gee om hulle aan te moedig om hul produksieprosesse omgewingsvriendeliker te maak. © Via Afrika Uitgewers >> Ekonomie 113
Kwartaal TERM 33 3 Eenheid 3 Belangrike internasionale ooreenkomste (Rio de Janeiro-beraad en Johannesburg-beraad) 3.1. Internasionale ooreenkomste Suid-Afrika is ’n ondertekenaar van verskeie internasionale ooreenkomste oor omgewingskwessies en omgewingsvolhoubaarheid. Die Verenigde Nasies (VN), die Internasionale Monetêre Fonds (IMF), die Wêreldbank en die Wêreldhandelsorganisasie (WHO) beywer hulle vir die verkryging van die ondersteuning en samewerking van alle lande in die stryd teen omgewingsagteruitgang. Voorbeelde van hierdie internasionale ooreenkomste sluit in die Rio-beraad (1992) en die Johannesburg-beraad (2002). Die Rio de Janeiro-beraad Die Verenigde Nasies se Konferensie oor die Omgewing en Ontwikkeling (VNKOO) was ’n wêreldberaad wat van 3–14 Junie 1992 in Rio de Janeiro plaasgevind het. Die oogmerk van die VNKOO was om voort te bou op die verklaring wat op 16 Junie 1972 in Stockholm aanvaar is. Die doel van die wêreldberaad was om doelstellings te bepaal en ’n aantal konvensies en verdrae te onderteken as teenmaatreëls vir die agteruitgang van die globale omgewing. Die Wêreldberaad oor Volhoubare Ontwikkeling (WBVO) Die Wêreldberaad oor Volhoubare Ontwikkeling het in 2002 in Johannesburg plaasgevind. Die ooreenkomste wat in Johannesburg bereik is, dien as riglyne vir die aksie wat nodig is om armoede teen 2015 te halveer. Die ooreenkoms inkorporeer ook besluite wat wêreldliggame geneem het sedert die Rio-wêreldberaad in 1992. Die grootste sukses van die WBVO was die omskepping vn die VN se Millennium-verklaring in uitvoerbare programme. Hierdie programme is op die volgende doelwitte gerig: • Om die aantal mense sonder basiese sanitasie en toegang tot veilige drinkwater te halveer • Om die ineengestorte visvoorrade teen 2015 herstel • Om teen 2020 die gebruik van chemikalieë wat nadelig is vir die gesondheid van die bevolking, uit te faseer • Om energiedienste aan huishoudings binne die volgende tien jaar uit te brei Vrae 1. Bespreek wat gedoen kan word om te verseker dat biodiversiteit in ag geneem word wanneer oor die lewensvatbaarheid van 'n nuwe projek besluit word. (4) 2. Bespreek die uitkomste van die Rio-beraad wat in 1992 in Rio de Janeiro gehou is. (16) 3. Verduidelik waarom klimaatsverandering 'n globale poging verg. (6) 4. Onderskei tussen aanpassing en tempering. (6) 5. Verduidelik waarom koolstof-emissies as 'n eksternaliteit beskou kan word. (6) 6. Skryf 'n opstel waarin jy argumenteer dat ekonomiese beleid wat die probleem van klimaatsverandering aanpak, nodig is. (50) © Via Afrika Uitgewers >> Ekonomie 114
Kwartaal TERM 33 3 © Via Afrika Uitgewers >> Ekonomie 115
Antwoorde Kwartaal 1-3 Antwoorde Kwartaal 1 Onderwerp 1 1. Huishoudings (verbruikers), maatskappye (sakeondernemings), owerheid (openbare sektor) en die buitelandse sektor. (8) 2. In ekonomie is 'n huishouding enige aantal mense wat saamlewe en gesamentlike ekonomiese besluite neem. 'n Huishouding kan uit een persoon of 'n aantal mense bestaan. Hulle verkoop hul produksiefaktore (produktiewe hulpbronne) aan die faktormark. (4) 3. 'n Lekkasie vind plaas wanneer geld die kringloop verlaat en die bedrag geld in sirkulasie in die ekonomie verminder. (4) 4. 'n Inspuiting vind plaas wanneer geld in die kringloop inkom en die bedrag geld in sirkulasie in die ekonomie verhoog. (4) 5.Finale verbruiksbesteding deur huishoudings (C) + bruto kapitaalvorming (I) + finale verbruiksbesteding deur die algemene owerheid (G). (4) 6. Hoewel daar baie verskillende markte in die makro-ekonomie is, groepeer ons al hierdie markte saam en beskou die goederemark as een mark. (4) 7. Geldmark en kapitaalmark. (4) 8. Buitelandse handel vereis buitelandse geldeenhede en hierdie geldeenhede kan net geruil word in die buitelandse valutamark. As jy goedere van die Verenigde Koninkryk invoer, moet jy daarvoor in ponde betaal, en as jy goedere na die VSA uitvoer, sal jy daarvoor in dollars betaal word. (8) 9. a. Bruto nasionale besteding verteenwoordig die besteding deur huishoudings, maatskappye en die owerheid binne die grense van Suid-Afrika.  Ingesluit in hierdie syfer is besteding aan invoere.  Besteding aan bruto binnelandse produk is die besteding deur huishoudings, maatskappye, die owerheid en die buitelandse sektore aan plaaslik geproduseerde goedere en dienste . b. Besteding aan kapitaalgoedere wat in die produksie van goedere en dienste gebruik word.  c. R1 077 833 miljoen  d. R2 141 621 miljoen  e. R9210 miljoen  f. R238 567 miljoen  g. R1 460 911 miljoen  h. minder  i. Omdat ons meer aan invoere bestee het as die res van die wêreld aan ons uitvoere bestee het.  (14) © Via Afrika Uitgewers >> Ekonomie 116
Antwoorde Kwartaal 1-3 10. Veranderlike Lekkasie of Rede inspuiting Spaargeld Lekkasie  Die item spaargeld is 'n lekkasie omdat dit deel van die inkomste van huishoudings is wat nie bestee is nie. 'n Toename in spaargeld van huishoudings sal die vloei van besteding, produksie en inkomste verlaag omdat huishoudings minder aan verbruik bestee.   Belegging Inspuiting Belegging is 'n inspuiting wanneer binnelandse maatskappye meer kapitaalgoedere by ander binnelandse maatskappye koop en die vloei van besteding, produksie en inkomste toeneem.   Belastingheffing Lekkasie Belastingheffing is 'n lekkasie omdat dit die besteebare inkomste van huishoudings verminder. Namate die besteebare inkomste van huishoudings verminder, bestee huishoudings minder en die vloei van besteding, produksie en inkomste verminder.   Staatsbesteding Inspuiting Staatsbesteding is 'n inspuiting. 'n Toename in staatsbesteding verhoog die besteding aan goedere en dienste en die vloei van besteding, produksie en inkomste neem toe.   Invoere Lekkasie Invoere is besteding aan buitelandse goedere en dienste. As besteding aan buitelandse goedere en dienste toeneem, word minder bestee aan binnelandse goedere en die vloei van besteding, produksie en inkomste verminder.   Uitvoere Inspuiting Uitvoere is 'n inspuiting. As ons meer goedere en dienste aan die res van die wêreld verkoop, neem die vloei van besteding, produksie en inkomste toe.   Onderwerp 2 1. Die opbloeifase word gekenmerk deur groei in reële BBP en inkomste.  Dit behels twee fases – herstel en voorspoed (ook bekend as 'n oplewing).  (4) 2. Die afswaaifase is 'n tydperk van geleidelike afname in ekonomiese aktiwiteit. Daar is 'n afname in die totale vraag, wat weer ’n afname in produksie-uitset noodsaak.  (4) © Via Afrika Uitgewers >> Ekonomie 117
Antwoorde Kwartaal 1-3 3. • JSE-alleaandele-indeks • Geldvoorraad (M1) • Verbruikersprysindeks • Meningsopname oor fabrieksure gewerk • Sakesiklusaanwysers van ons groot handelsvennote • Meningsopname oor vervaardigingbestellings • Meningsopname oor aanbod teenoor vraag (enige 3)(6) 4. Afswaaifase  is die afwaartse fase van die sakesiklus. Gedurende hierdie fase neem besteding af, bruto binnelandse produk daal, indiensneming neem af, sakevertroue neem af en inkomste daal.   Trog  is die punt waar die ekonomiese afswaai die laagste is.  Dit word deur 'n opbloeifase gevolg.  Opbloeifase  kom voor wanneer ekonomiese aktiwiteit styg. Dit word weerspieël deur 'n toename in besteding, bruto binnelandse produk en indiensneming.   Piek is die punt waar die ekonomiese opbloeifase op sy hoogste is , waarna dit deur 'n afswaaifase gevolg word . ( 4 vir diagram en 12 vir aantekeninge) (16) 5. Veranderlike Afswaaifase a) Bruto binnelandse produk Neem af b) Vlak van ekonomiese aktiwiteit Neem af  c) Totale besteding Neem af  d) Produksievlak Neem af  © Via Afrika Uitgewers >> Ekonomie 118
Antwoorde Kwartaal 1-3 e) Verbruiksbesteding Neem af  f) Beleggersvertroue Neem af  g) Investeringsbesteding Neem af  h) Invoere Neem af  i) Inflasie Neem af  (9) 6. Gedurende die opswaaifase neem invoere toe wat 'n negatiewe uitwerking op die betalingsbalans het en lei tot 'n depresiasie van die wisselkoers en 'n toename in die rentekoers . Hierdie faktore het dan 'n negatiewe uitwerking op die ekonomie en 'n afkoeling kom voor . Of dit kan wees dat die toename in totale besteding tot 'n toename in inflasie lei , wat 'n negatiewe uitwerking op die vlak van ekonomiese aktiwiteit het . (6) 7. Eksogene faktore is faktore wat niks met die sakesiklus te doen het nie, soos natuurrampe of droogtes. Dit is nie moontlik om hierdie faktore te beheer nie. Endogene faktore is faktore in die sakesiklus soos veranderinge in rentekoerse of veranderinge in die totale aanbod. Hierdie faktore kan in 'n mate beheer word.  (6) Onderwerp 3 1. Fiskale beleid word deur 'n owerheid gebruik om sy bestedingsvlakke aan te pas ten einde 'n land se ekonomie te moniteer en beïnvloed.  (4) 2. Ekonomiese groei Volle indiensneming  Prysstabiliteit  Wisselkoersstabiliteit  Ekonomiese ekwiteit  (10) 3. Die stadige lewering van huise, die lang toue by verskillende staatsdepartemente soos Binnelandse Sake en klinieke, en die gebrek aan reaksie van staatsamptenare oor klagtes.   (2X2)(4) 4. Om openbare goedere en dienste te verskaf Daar is sommige goedere en dienste wat nie voldoende verskaf sou word as dit aan die markmeganisme oorgelaat word nie omdat sommige mense nie bereid sou wees om daarvoor te help betaal nie selfs al is dit in die opebarte belang.  © Via Afrika Uitgewers >> Ekonomie 119
Antwoorde Kwartaal 1-3 Om merietegoedere te verskaf Merietegoedere is goedere wat meer openbare as private voordeel verskaf en sluit dienste soos onderwys en gesondheidsorg in.  Om natuurlike hulpbronne te beskerm AS mense toegelaat word om hulpbronne soos oseane en riviere onsensitief en onverskillig te gebruik, kan dit skade aanrig.  Die herverdeling van welvaart en inkomste. Een doelwit van die openbare sektor kan wees om 'n billiker verdeling van inkomste en welvaart te bewerkstellig.  Om die ekonomie te bestuur Die markstelsel het nie noodwendig hoër indiensneming, prysstabiliteit en 'n aanvaarbare ekonomiese groeikoers tot gevolg nie. Die owerheid kan gepaste beleide toepas om hierdie doelwitte te bereik.  Om mededinging aan te moedig Met verloop van tyd kan 'n onbeheerste markekonomie lei tot die skepping van monopolieë wat teen die openbare belang optree. Die owerheid tree op om monopolieë te voorkom en mededinging aan te moedig.  Om die vlak van ekonomiese aktiwiteit te reguleer. Die openbare sektor kan die vlakke van ekonomiese aktiwiteit beïnvloed deur owerheidsbesteding en belastingheffing.  (14) 5. Bestuur en verantwoordbaarheid - daar is dikwels 'n gebrek aan leierskap, en omdat ondernemings in staatsbesit nie direk verantwoordbaar aan die belastingbetalers is nie, kry persoonlike doelwitte dikwels voorkeur bo die welstand van die mense.  Prysingsbeleid en markkragte - vraag en aanbod is nie die deurslaggewende faktore by ondernemings in staatsbesit nie, wat dit moeilik maak om die behoeftes van die verbruikers en die markprys te bepaal.  Langtermynmotivering - sakesukses word dikwels bepaal deur langtermyndoeltreffendheid , - produktiwiteit en -strategieë.  Korrupsie, verandering in leierskap, gebrek aan bekwaamheid en motivering lei dikwels tot die mislukking van ondernemings in staatsbesit.  (8) © Via Afrika Uitgewers >> Ekonomie 120
Antwoorde Kwartaal 1-3 6. 'n Laffer-kurwe toon die verband aan tussen belastingkoerse en staatsinkomste. Die kurwe gee te kenne dat teen 'n nulbelastingkoers die owerheid geen inkomste sou kry nie. Dit toon ook dat namate dit wegbeweeg van 'n nulkoers, owerheidsinkomste toeneem tot 'n sekere punt waar mense verkies om nie te werk nie of nie so hard te werk nie (geen oortyd) om sodoende belastinginkomste te verminder. Dit kan die uiterste geval bereik waar die belastingkoers 100% is en niemand bereid sal wees om te werk nie omdat al hul geld na die owerheid gaan.  As dit gebeur, sal die belastinginkomste nul wees omdat niemand 'n inkomste vertdien nie. ( 8 vir diagram en 8 vir verduideliking) 7 a. Verantwoordbaarheid √√Staatsamptenare tree nie altyd in die belang van die publiek op nie omdat hulle dikwels deur eiebelang gedryf word. √√ Die openbare sektor word ook nie aangedryf deur 'n winsmotief nie en die publiek kan nie kies om ander verskaffers te gebruik nie. √√Dit kan tot lae produktiwiteit, luiheid en 'n gebrek aan verantwoordbaarheid (aanvaar verantwoordelikheid vir jou optrede) onder staatsamptenare lei. √√Nog 'n probleem is dat openbare korporasies verantwoordbaar aan die parlement is eerder as aan die belastingbetalers wat hulle dien. √√(5 x 2=10) b. Doeltreffendheid√√ Oral in die wêreld is die openbare sektor berug daarvoor dat hulle ondoeltreffend is. √√Daar is drie hoofredes hiervoor: • Burokrasie en rompslomp - sommige amptenare is so gesteld daarop om aan prosedures en reëls te voldoen dat hulle onsensitief raak vir die behoeftes van die mense wat hulle dien. √√ • Onbekwaamheid - om verskeie redes het staatsamptenare dikwels 'n gebrek aan vaardighede of vermoëns om hul take suksesvol te verrig. √√ • Korrupsie - staatsamptenare buit dikwels hul posisies uit vir persoonlike gewin. √√( 5 x 2 = 10) © Via Afrika Uitgewers >> Ekonomie 121
Antwoorde Kwartaal 1-3 c. Die probleem van die bepaling van behoeftes en korrekte beplanning. √√ In die privaat sektor word goedere en dienste verskaf in reaksie op doeltreffende vraag. √√ In die openbare sektor word goedere en dienste verskaf volgens die behoeftes van burgers. √√. Openbare ondernemings word nie in markomstandighede bedryf nie en het dus nie 'n meganisme om die behoeftes van verbruikers aan staatsamptenare oor te dra nie. √√Dit skep 'n probleem wat kan lei tot ondervoorsiening van openbare goedere of ondoeltreffende vooruitskatting van toekomstige behoeftes. √√ 'n Voorbeeld hiervan is die huidige elektrisiteitskrisis. √√ In die privaat sektor sal die wette van vraag en aanbod daartoe lei markewewig bereik word en die korrekte hoeveelheid van 'n produk teen die regte prys verskaf word. √√ ( 5 x 2 = 10) d. Die probleem van 'n korrekte prysingsbeleid √√ Dit is nie altyd moontlik om die regte markverwante prys vir openbare goedere en dienste te vra nie omdat baie mense nie hierdie pryse sou kon bekostig nie, maar nie van die voordele daarvan uitgesluit moet wees nie. √√ Om goedere onder kosprys of gratis te verskaf, beteken dat sommige gebruikers vir die tekort moet instaan. √√ Nog 'n probleem is dat gratis goedere en dienste dikwels misbruik word, wat vermorsing aanmoedig, byvoorbeeld mense wat aansoek doen om werkloosheidsvoordele terwyl hulle inderwaarheid in die informele sektor werk. √√Dit maak die prysingsbeleid van die openbare sektor baie moeilik. √√ Die owerheid het verskeie opsies wanneer pryse bepaal moet word: Dit kan lae- inkomsteverdieners minder laat betaal as hoë-inkomsteverdieners of dit kan goedere verskaf mense ekstra moet betaal soos 'n tolpad. √√ Dit kansubsidies toestaan aan lae-inkomsteverdieners of dit kan goedere gratis aan die uiters arm mense verskaf of sekere hoeveelhede van uitgesoekte goedere kan gratis verskaf word, byvoorbeeld water. √√ ( 5 x 2 = 10) MAKS. 40. Sluit 'n inleiding en slotsom in. 8. Inkomsteverdeling √√- die owerheid kan inkomste herverdeel deur 'n progressiewe belastingstelsel te gebruik en deur besteding aan sosiale goedere, sekuriteit en welsyn. √√ Hierdie besteding vul die inkomste van die armes aan omdat dit vir hulle gratis dienste en kontanttoelaes bied. √√ ( 2 x 2 = 4) Verbruik√√ - Direkte en indirekte belastings sal sowel die totale bedrag as die patroon van verbruiksbesteding beïnvloed. Direkte belastings verminder besteebare inkomste, maar die uitwerking op verbruik sal afhang van die geneigdheid tot verbruik en vlak van spaar. ( 2 x 2 = 4) Prysvlak - belastings beïnvloed verbruiksbestedingpatrone en die bedrag wat bestee word. √√ Toenames in direkte belastings verminder besteebare inkomste, wat kan lei tot 'n laer totale vraag. √√Dit kan weer inflasionêre druk verminder. √√ ( 2 x 2 = 4) Sektorgroei - belastingheffing -√√ deur die verhoging of verlaging van belastings kan die owerheid groei in 'n spesifieke sektor aanmoedig of ontmoedig. √√ Byvoorbeeld, as kleremaatskappye minder belasting betaal wanneer hulle uitvoer, sal die skepping van 'n klerebedryf aangemoedig word. √√Die verhoging van belastings op sekere produkte kan verbruikers ontmoedig om dit te gebruik, byvoorbeeld sigarette en alkohol. √√ ( 2 x 2 = 4) [16] Onderwerp 4 1. © Via Afrika Uitgewers >> Ekonomie 122
Antwoorde Kwartaal 1-3 a) Die produksiefaktore (natuurlike hulpbronne, arbeid, kapitaal en entrepreneurskap) is ongelyk verdeel. √√ b) Klimate wissel van land tot land. √√ c) Nie alle lande het dieselfde beskikbaarheid van tegnologie nie. √√ d) Nie alle lande het 'n opgeleide, vaardige en produktiewe arbeidsmag nie. √√ e) Die beginsel van absolute voordeel is van toepassing. √√ (6 x2)(12) 2. Die wet van absolute voordeel bepaal dat 'n land in die vervaardiging van daardie produk wat dit die beste kan maak, sal spesialiseer. √√ Die wet van vergelykende voordeel bepaal dat twee lande in sekere omstandighede uit handel kan voordeel trek selfs al is een van hulle doeltreffender as die ander in die produksie van alles. √√ (4) 3. In 'n swewende of buigsame wisselkoersstelsel word die wisselkoers bepaal deur markkragte van vraag en aanbod sonder enige ingryping deur die owerheid of sentrale bank. Die eksterne waarde van die geldeenheid word toegelaat om sy eie waarde teen ander geldeenhede te vind deur die kragte van vraag en aanbod in die buitelandse valutamark. Die waarde sal dan styg of daal in ooreenstemming met die veranderinge in vraag en aanbod. √√√√√√(6) 4. Gebeurtenis Verskuiwing Depresiasie of appresiasie van die rand-dollar- wisselkoers a) 'n Toename in die getal Aanbodkurwe verskuif na Rand appresieer  toeriste wat Suid-Afrika regs  besoek b) 'n Toename in die Aanbodkurwe verskuif na Rand appresieer  internasionale vraag na goud regs  c) 'n Toename in die Vraagkurwe verskuif na regs Rand depresieer  hoeveelheid kapitaalgoedere  wat Suid-Afrikaanse maatskappye van die res van die wêreld koop d) 'n Toename in die Vraagkurwe verskuif na regs Rand depresieer  hoeveelheid invoere wat deur © Via Afrika Uitgewers >> Ekonomie 123
Antwoorde Kwartaal 1-3 huishoudings gekoop word  e) 'n Afname in die Vraagkurwe verskuif na links Rand appresieer  hoeveelheid buitelandse  effekte wat deur Suid- Afrikaners gekoop word f)'n Afname in vaste Aanbodkurwe verskuif na Rand depresieer  beleggings deur buitelanders links  in Suid-Afrika g)'n Toename in die Aanbodkurwe verskuif na Rand appresieer  hoeveelheid Suid-Afrikaanse regs  effekte wat deur buitelanders gekoop word (14) 5. a. verminder b. meer c. vermeerder d. verminder e. verminder (10) © Via Afrika Uitgewers >> Ekonomie 124
Antwoorde Kwartaal 1-3 Kwartaal 2 Onderwerp 1 1. Vryhandel is 'n situasie waarin invoere en uitvoere vrylik tussen verskillende lande van die wêreld vloei. (2) 2. Uitvoerbevordering beteken dat die owerheid plaaslike maatskappye bystaan en aanmoedig om goedere en dienste in internasionale markte te verkoop. (2) 3. Invoervervanging kom voor wanneer die owerheid van 'n land die gebruik van plaaslik vervaardigde goedere en dienste eerder as ingevoerde goedere en dienste aanmoedig. (2) 4. • Verbeter globale doeltreffendheid: Hulpbronne word doeltreffender toegewys namate markte uitbrei. • Spesialisering: Vryhandel stel lande in staat om te spesialiseer in nywerhede waarin hulle 'n mededingende voordeel het. • Skaalbesparing: Koste kan aansienlik verlaag word as sakeondernemings voordeel trek uit die skaalbesparings wat 'n globale mark bied. • Innovering: Groter kompetisie moedig innovering aan. • Versprei demokratiese waardes: Sakeondernemings wat op 'n internasionale basis meeding, moet aan internasionale wette voldoen. • Keuse: Verbruikers kan goedere en dienste van oral in die wêreld koop. • Laer pryse: Gespesialiseerde produksie en 'n doeltreffende toewysing van hulpbronne lei tot laer pryse. (14) 5 Die Suider-Afrikaanse Doeane-unie (SADU) √√ Die SADU bestaan uit Suid-Afrika, Botswana, Lesotho, Namibië en Swaziland. Hierdie lande onderhandel gesamentlik oor vryhandelsgebiede met ander lande. √√ Die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SAOG) √√Die SAOG is 'n vryhandelsgebied en die lidstate daarvan stel daarin belang om 'n ekonomiese en monetêre unie te vorm. √√ Die Afrika-unie (AU) √√ Die AU bestaan om samewerking tussen die lande van Afrika te bevorder. Die ekonomiese ontwikkelingsprogram daarvan, bekend as die Nuwe Vennootskap vir Afrika- ontwikkeling (NEPAD), moedig streeksamewerking en -integrasie aan. Die AU is 'n voorstander daarvan dat alle Afrikalande moet verenig om 'n ekonomiese en monetêre unie te vorm. √√ Die Europese Unie (EU) √√ Die EU-SA-vryhandelsooreeenkoms moedig groter handel tussen die twee ondertekenaars aan. SA het ingestem oor sekere teikens met betrokke tot verlaagde tariewe op goedere waarmee tussen SA en die EU handel gedryf word. √√ Mercusor. Mercusor is 'n streekhandelsgebied (SHG) √√wat bestaan uit Brasilië, Argentinië, Paraguay en Uruguay. In 2000 het Suid-Afrika ingestem om te werk aan 'n vryhandelsooreenkoms tussen SADU en Mercusor. √√ (4 x 4 = 16) © Via Afrika Uitgewers >> Ekonomie 125
Antwoorde Kwartaal 1-3 6 Hoër indiensneming - meer plaaslike werkers√√ is nodig om goedere wat voorheen ingevoer is, te produseer. √√ Groter keuse√√ omdat daar 'n groter verskeidenheid in die land is. √√ Diversifisering in die plaaslike ekonomie √√ omdat meer Ɵpes goedere geproduseer word. √√ Minder blootgestel aan skommelings in buitelandse pryse en aksies √√omdat goedere plaaslik geproduseer word. √√ ( 4 x 4 =16) 7. Beskerm ontluikende (jong) nywerhede √√ - jong nywerhede kan dikwels nie meeding met gevestigde nywerhede van buitelandse mededingers nie. √√ Stabiele loonvlakke en lewenstandaarde -√√ werkers se werk word nie bedreig deur ingevoerde goedere wat met plaaslik geproduseerde goedere meeding nie. √√ Plaaslike sakeondernemings word beskerm √√en storƟng word voorkom. √√ Strategiese nywerhede word beskerm √√en ekonomiese selfvoorsiening word aangemoedig. √√ Betalingsbalans word reggestel √√en wisselkoerse is stabiel. √√ Owerheid verdien inkomste uit invoertariewe. √√ (4 x 4 = 16) 8. Ander lande kan vergeldingstappe doen √√ Plaaslike nywerhede hoef nie mededingend te wees nie √√ Verbruikers het minder keuses√√ Pryse van goedere is geneig om hoër te wees √√ (3 x 2 = 6) Onderwerp 2 1 a) Baie kopers en verkopers: Sodat 'n volmaak mededingende mark kan bestaan, moet daar baie kopers en verkopers (produsente) van 'n spesifieke produk wees. √√ b) Homogene produk Voordele van homogene produkte is landbouprodukte, metale, elektrisiteit en water. √√ c) Volmaakte inligting Alle deelnemers aan die mark (kopers en verkopers) moet volledige en korrekte inligting oor die marktoestande hê.. √√ d) Geen samespanning In 'n volmaak mededingende mark moet elke koper en verkoper onafhanklik van mekaar optree en geen samespanning voorkom nie. √√ e) Vryheid van toetrede en uittrede Kopers en verkopers is heeltemal vry om tot 'n mark toe te tree of dit te verlaat. Daar is geen versperrings vir toetrede nie. √√ © Via Afrika Uitgewers >> Ekonomie 126
Antwoorde Kwartaal 1-3 f) Immobiliteit van die produksiefaktore Die produksiefaktore soos arbeid, kapitaal en entrepreneurskap kan maklik van een geografiese gebied na die volgende en van een nywerheid na die volgende beweeg. √√ f) Ongereguleerde mark Die owerheid meng nie in die markte in nie. Besluite word aan individuele verkopers of produsente en kopers oorgelaat. √√ (14) 2. Normale wins is gelyk aan die beste opbrengs wat die sakeonderneming se selfbesit, selfwerksame hulpbronne elders kon verdien.  Ekonomiese wins is die ekstra wins wat die eienaars ontvang bo die minimum verdienste wat nodig is (die normale wins) vir die eienaars om daardie spesifeke sakeonderneming aan die gang te hou.  (4) 3. a)   (4) 3b Die hele vraaglyn vir die individuele verskaffer sal opwaarts verskuif as 'n horisontale lyn omdat hy nou 'n hoeveelheid wat meer is as die nuwe ewewigsprys, kan verskaf.  (2) 4 Struktuur Aantal Kenmerke van Markkrag Toetrede en maatskappye produk uittrede Volmaakte Baie Homogene Prysnemer Vry kompetisie maatskappye produk © Via Afrika Uitgewers >> Ekonomie 127
Antwoorde Kwartaal 1-3 Monopolistiese Baie Heterogene Prysmaker Vry kompetisie maatskappye, produk maar minder as volmaakte kompetisie Oligopolie Min Heterogene Prysmaker Beperk maatskappye produk Monopolie Een maatskappy Unieke produk Prysmaker Heeltemal versper (4x4) (16) 5. Hoeveelheid (H) Prys (P) Marginale Marginale koste Bydrae tot wins inkomste (MI) (MK) 1 6 6 2 4 2 6 6 3 3 3 6 6 4 2 4 6 6 5 1 5 6 6 6 0 6 6 6 7 -1 (12) 6 a) R15  b) R15  c) 120  d) R15  e) R12 f) 120 x R15 = R1 800  g) 120 x R12 = R1 440  h) Dit maak 'n ekonomiese wins van R1 800 – R1 440 = R360.  © Via Afrika Uitgewers >> Ekonomie 128
Antwoorde Kwartaal 1-3 7.   (4) 8 In volmaakte kompetisie is daar vryheid van toetrede . As individuele produsente 'n ekonomiese wins maak, sal dit nuwe produsente lok . Die groter kompetisie sal die markprys laer dwing en ekonomiese wins sal begin verdwyn.  9. a) Om markte se doeltreffendheid te verhoog  b) Om gelykheid in markte te verbeter  c) Om toegang tot die markte te verseker vir daardie mense wat voorheen 'n gelyke geleentheid ontsê is om aan die ekonomie deel te neem  d) Om te help met ekonomiese ontwikkeling  (4) Onderwerp 3 1. Tegniese doeltreffendheid kom voor wanneer die mark die maksimum hoeveelheid goedere en dienste produseer met 'n gegewe aantal hulpbronne. Toewysingsdoeltreffendheid kom voor wanneer die mark die optimale mengsel goedere en dienste wat verbruikers wil hê, produseer.  (4) 2. • Langer inkopie- en sake-ure (die besluit om op Sondae handel te dryf, is deel van geenprys- mededinging) √√ • Doen sake oor die internet (banksake en inkopies) √√ • Naverkoopdiens √√ • Bied addisionele dienste aan (bv. gratis reisversekering deur banke) √√ • Lojaliteitbelonings vir klante √√ © Via Afrika Uitgewers >> Ekonomie 129
Antwoorde Kwartaal 1-3 • Deur-tot-deur-aflewerings √√ (enige 4)(8) 3. Daar is net een verkoper van die produk √ Die produk of diens is uniek en daar is nie 'n goeie vervangingsproduk nie √ Daar is versperrings vir toetrede √ Die monopolis is 'n prysmaker √ Gebrek aan inligting aan die kant van verkopers en kopers √ Beheer oor produksiefaktore, gewoonlik 'n natuurlike hulpbron √ Wette en beperkings kan voorkom om toetrede deur ander maatskappye te verhoed √ (8) 4. Kriteria Monopolie Oligopolie Monopolistiese mededinging Aantal verkopers Net een  Paar groot Baie verkopers  verkopers  Aard van die Uniek – geen goeie Homogene of Gedifferensieerde produk vervangingsproduk gedifferensieerde produk   produk  Samespanning Geen omdat daar Moontlik  Onmoontlik  tussen verkopers net een maatskappy is  Beperkings vir Ten volle Beperk Onbeperk toetrede (12) 5. 'n Monopolis omdat hulle die enigste verskaffer van 'n produk met geen vervangings is nie en toetrede tot die mark beperk is .  Afhangende van hoe maatskappye in 'n oligopolie optree, kan dit moontlik ekonomiese wins maak. As oligopoliemaatskappye soos monopoliste optree, sal hulle 'n ekonomiese wins kan maak.  (4) Maak seker die leerder identifiseer duidelik die winsmaksimaliseringsposisie, die prys en ekonomiese wins. Gee 6 punte vir die korrekte diagram. b. Omdat die monopolis die prys beheer, is dit 'n prysmaker en dus het sowel die vraagkurwe as die marginale inkomstekurwe 'n afwaartse helling.  Winsmaksimalisering vind plaas by die punt waar marginale koste = marginale inkomste. By hierdie punt is die gemiddelde produksiekoste hoër as die minimum produksiekoste  en is die prys hoër as die marginale koste.  Omdat die totale inkomste meer is as die totale koste, maak die monopolis 'n ekonomiese wins.  © Via Afrika Uitgewers >> Ekonomie 130
Antwoorde Kwartaal 1-3 Onderwerp 4 1. Koste-voordeelanalise (KVA) is 'n rekeningkundige instrument wat gebruik word om die totale koste van 'n projek teen die totale voordele daarvan op te weeg.  Die owerheid kan KVA gebruik om te besluit of hulle 'n sekere projek moet aanpak, of nie.  (4) 2. Markmislukking kom voor wanneer die mark nie daarin slaag om tegniese of toewysingsdoeltreffendheid te bereik nie.  (2) 3. Gemeenskapsgoedere soos verdediging, polisiediens, straatligte, ens. √√√√ Kollektiewe goedere soos parke, strande, strate, openbare vervoer, ens. √√√√ [8] 4. Privaat koste (interne koste). Dit is die koste wat produsente aangaan wanneer hulle goedere vervaardig. √√ Sosiale koste. Dit is die koste van goedere en dienste vir hulle wat dit skep en vir die samelewing in die algemeen. √√ [4] 5 5. 1 Identifiseer al die voordele en koste. √√ Vergelyk die sosiale koste met die sosiale voordele. √√As die sosiale voordele meer is as die sosiale koste, dan moet die projek oorweeg word. √√ As 'n belegging nie 'n groter opbrengs lewer as wat die geld in die bank sou verdien het nie, is daar min rede vir 'n entrepreneur om dit te onderneem. √√ Die opbrengskoers van 'n projek en die idee dat toekomstige koste en voordele terugverdiskonteer kan word om sy huidige waarde te gee, word in die KVA gebruik. √√ Die term "opbrengskoers" beteken die inkomste wat op 'n belegging verdien word. √√ (10) 5.2 Verkeersknope, geraasbesoedeling, uitwerking op bestaande winkels in die nabyheid, enige geldige antwoord. √√ √√ √√ (6) 5.3 Ekstra inkopie-opsies, ekonomiese groei en indiensneming, enige geldige antwoord. √√ √√ √√ (6) 5.4 Som van jaarlikse voordele oor die nuttige lewe van die program gediskonteer tot die huidige waarde Som van alle jaarlikse koste, insluitend instandhouding gediskonteer tot die huidige waarde of Huidige waarde van ekonomiese voordele √√ √√ (4) (26) Huidige waarde van ekonomiese koste 6. Merietegoedere is dié goedere waarvan 'n hoër verbruik beskopu word as voordelig vir die samelewing; √√die owerheid maak gebruik van subsidies, √√ byvoorbeeld op brood ten einde die produk meer bekostigbaar vir die mense te maak. Niemerietegoedere is dié wat beskou word as nadelig vir óf individue óf die samelewing in die geheel, soos sigarette; die owerheid hef belastings √√ om verbruik te ontmoedig deur die goedere te beperk of duurder te maak. √√ (8) © Via Afrika Uitgewers >> Ekonomie 131
Antwoorde Kwartaal 1-3 7. Subsidieer goedere en dienste vir die armes √√ Dra inkomste direk oor aan arm huishoudings in die vorm van toelaes √√ Verskaf sekere goedere en dienste gratis √√ Werkskeppingsprogramme √√ Progressiewe belastingstelsel √√ (4 X 2) (8) 8. Die volgende moet breedvoerig beskryf word: eksternaliteite - privaat koste en voordele, sosiale koste en voordele, openbare goedere - onvermoë van die mark om aan die vraag te voldoen, meriete- en niemerietegoedere, onvolmaakte medediging, gebrek aan inligting, immobiliteit van produksiefaktore, onvolmaakte verdeling van inkomste, niebetaler-probleem, plus verduideliking van elkeen (11 x 3 = 33 plus inleiding en slotsom). [40] © Via Afrika Uitgewers >> Ekonomie 132
Antwoorde Kwartaal 1-3 Kwartaal 3 Onderwerp 1 1. Die vraagkant-benadering beklemtoon die feit dat vir 'n land om ekonomiese groei te hê, daar 'n behoefte bestaan om die totale vraag te verhoog deur diskresionêre veranderinge aan monetêre en fiskale beleide aan te bring. Om ekonomiese groei te verseker, moet daar 'n voldoende en groeiende vraag na goedere en dienste wees. Die totale vraag (BBP) in die ekonomie bestaan uit die verbruiksvraag (C), investeringsvraag (I), staatsvraag (G) en netto uitvoere (X – M). (8) 2. Implementeer strategieë om jou menslike hulpbronne soos opleiding en onderwys te verbeter, en ontwikkel werketiek en werkingesteldheid. Bestuur en gebruik natuurlike hulpbronne op 'n verantwoordelike manier. Voeg kapitaalgoedere saam en bou dit op. Vooruitgang in tegnologie stimuleer ekonomiese groei en ontwikkeling en is belangrik omdat dit onder andere die land help om 'n groter verskeidenheid goedere en dienste te produseer en om die gehalte van die goedere en dienste wat geproduseer word, te verbeter. Entrepreneurs is baie belangrik vir die ontwikkeling van 'n land. Hulle identifiseer geleenthede en verbind dit met ander produksiefaktore vir die produksie van goedere en dienste te produseer. (10) 3. Die Noord/Suid-verdeling is 'n sosio-ekonomiese en politieke verdeling wat bestaan tussen die ryk ontwikkelde lande, gesamentlik bekend as “die Noorde”, en die armer ontwikkelende lande, bekend as “die Suide”. Hoewel die meeste nasies wat die “Noorde” uitmaak, in werklikheid in die Noordelike Halfrond geleë is (met die opmerklike uitsonderings, Australië en Nieu-Seeland), word die verdeling nie volkome deur geografie bepaal nie. Die Noorde is die tuiste van vier uit die vyf permanente lede van die Verenigde Nasies se Veiligheidsraad en van al die lede van die G8. Die “Noorde" dek meestal die Weste en die Eerste Wêreld, tesame met die meeste van die Tweede Wêreld. Die uitdrukking “Noord/Suid-verdeling” word steeds algemeen gebruik, maar die terme “Noord” en “Suid” is reeds ietwat verouderd. Namate nasies ekonomies ontwikkeld raak, kan hulle deel van die “Noorde” word, ongeag wat hul geografiese ligging is, terwyl ander nasies wat nie vir “ontwikkelde” status kwalifiseer nie, in werklikheid as deel van die “Suide” beskou sal word. (8) 4. Menslike Ontwikkelingsindeks (2) 5 Die volgende groei- en ontwikkelingstrategieë is sedert 1994 in Suid-Afrika geïmplementeer: • die Heropbou- en Ontwikkelingsprogram (HOP) ✔ • die Program vir Groei, Werkverskaffing en Herverdeling (GEAR) ✔ • die Program vir Versnelde en Gedeelde Groei-inisiatief van Suid-Afrika (Asgi-SA) ✔ • die Nuwe Groeiplan (NGP). ✔ Die Heropbou- en Ontwikkelingsprogram (HOP) Die HOP was 'n geïntegreerde, samehangende sosio-ekonomiese beleidsraamwerk wat direk na ons eerste demokratiese verkiesing in 1994geïmplementeer is. ✔ Dit het beplan om mense en hulpbronne te mobiliseer met die bedoeling om apartheid uit te wis en om 'n demokratiese, nierassige en nieseksistiese toekoms te bou. ✔Die HOP is op ses beginsels gebaseer: i. 'n geïntegreerde en volhoubare program ✔ © Via Afrika Uitgewers >> Ekonomie 133
Antwoorde Kwartaal 1-3 ii. 'n mensgedrewe proses wat op die behoeftes van die bevolking fokus ✔ iii. vrede en sekuriteit vir almal, gerig op 'n niegewelddadige samelewing wat alle menseregte respekteer ✔ iv. nasiebou wat fokus op die behoeftes van alle lede van die samelewing ✔ v. koppeling van heropbou en ontwikkeling ✔ vi. demokratisering van Suid-Afrika in alle aspekte, insluitend besluitnemingsprosesse op alle vlakke.✔ Die HOP het bestaan uit baie voorstelle, strategieë en beleidsprogramme wat in vyf hoofbeleidsprogramme gegroepeer kan word. ✔Die vyf sleutelprogramme was: i. voorsien in basiese behoeftes ✔ ii. ontwikkel ons menslike hulpbronne ✔ iii. bou die ekonomie op ✔ iv. demokratiseer die staat en die samelewing ✔ v. implementeer die HOP.✔ Die Program vir Groei, Werkverskaffing en Herverdeling (GEAR) GEAR het voortgebou op die strategiese visie uiteengesit in die HOP, ✔ d.i. die belangrikheid van al die doelwitte van die HOP is herbevestig, maar dit het die implementerings- en makro- ekonomiese probleme wat die owerheid met die implementering van die HOP ondervind het, erken. ✔ Die HOP het baie meer klem geplaas op gedissiplineerde ekonomie beleid, terwyl steeds erken is dat daar baie ernstige behoeftes was wat aangepak moes word. ✔ Die Program vir Versnelde en Gedeelde Groei-inisiatief van Suid-Afrika (Asgi-SA) Asgi-SA het gespruit uit die owerheid se verbintenis tot die halvering van werkloosheid en armoede teen 2014. ✔. Die Gesamentlike Inisiatief oor die Verwerwing van Prioriteitvaardighede (Jipsa) het 'n maand later tot stand gekom om aandag te gee aan die skaars en kritiese vaardighede wat nodig is om Asgi-SA se doelwitte te bereik.✔ Asgi-SA het ses belangrike faktore wat verhoed het dat Suid-Afrika die verlangde groeikoers bereik, geïdentifiseer: ✔ i. Die relatiewe wisselvalligheid van die geldeenheid ✔ ii. Die koste, doeltreffendheid en vermoë van die nasionale logistiese stelsel ✔ iii. Tekorte aan geskikte geskoolde arbeid, en die ruimtelike verwringings van apartheid wat laaggeskoolde arbeidskoste beïnvloed ✔ iv. Versperrings vir toetrede, beperkings op mededinging en beperkte nuwe beleggingsgeleenthede ✔ v. Die regulerende omgewing en die las op klein en medium onderneming (KME’s) ✔ © Via Afrika Uitgewers >> Ekonomie 134
Antwoorde Kwartaal 1-3 vi. Leemtes in staatsorganisasie, vermoë en leierskap. ✔ Asgi-SA was nie bedoel om 'n owerheidsprogram te wees nie, maar 'n nasionale inisiatief ondersteun deur al die sleutelgroepe in die ekonomie, besigheid, arbeid, entrepreneurs en staats- en semistaatsdepartemente en -instellings. ✔ Die Nuwe Groeipad (NGP) Die Nuwe Groeipad (NGP) is in November 2011 bekend gestel. ✔Hierdie plan is opgestel om te dien as 'n raamwerk vir ekonomiese beleid ✔en om die aandrywer van die land se werkstrategie te wees. ✔ • Die Nuwe Groeipad stel dus sekere strategieë voor om voldoende aanvraag te verseker: ✔ • Verdiep✔ die binnelandse en streeksmark deur hoër indiensneming, hoër inkomste en tref ander maatreëls om gelykheid en inkomsteverdeling te verbeter.✔ • Verbreed✔ die mark vir Suid-Afrikaanse goedere en dienste deur meer te fokus op uitvoere na die streek en ander snelgroeiende ekonomieë.✔ • • Op 'n makro-ekonomiese vlak behels die NGP akkommoderende of losser monetêre beleid, ✔gekombineer met strenger fiskale beleid om inflasionêre druk te beperk en mededingendheid te bevorder. ✔Staatsbesteding sal geprioritiseer word met die oogmerk van langtermyn volhoubare werkgeleenthede in gedagte. ✔ Die mikro-ekonomiese maatreëls om inflasionêre druk te beheer, sluit die volgende in:✔ (a) Mededingingsbeleid om toesig te hou oor monopolieprysingsbeleid vir produkte en dienste ✔ (b) 'n Hersiening van geadministreerde pryse om te verseker dat dit nie bo inflasie styg sonder dwingende redes nie ✔ (c) Ingrypings in die geval van snelstygende pryse van noodsaaklike goedere en dienste, soos privaat gesondheidsorg en basiese voedselitems ✔ Die mikro-ekonomiese pakket behels tien programme vir die beheer van inflasionêre druk ✔en ondoeltreffendhede ✔gekombineer met meer proaktiewe strategieë om 'n inklusiewe ekonomie te ondersteun ✔: i. Aktiewe nywerheidsbeleid ✔ ii. Beleid oor landelike ontwikkeling ✔ iii. Mededingingsbeleid ✔ iv. Verbeter die onderwys en vaardigheidsontwikkeling ✔ v. Ontwikkel ondernemings: bevorder klein ondernemings en entrepreneurskap; skakel onnodige rompslomp uit ✔ vi. Breëbasis Swart Ekonomiese Bemagtiging (BBSEB) ✔ © Via Afrika Uitgewers >> Ekonomie 135
Antwoorde Kwartaal 1-3 vii. Arbeidsbeleid ✔ viii. Tegnologiebeleid ✔ ix. Ontwikkelingshandelsbeleid ✔ x. Beleid vir Afrika-ontwikkeling ✔(50) 6 Die NGP is 'n vennootskapsbenadering om ongelykheid en werkloosheid in ons samelewing aan te pak en dit is die teenoorgestelde van sentrale beplanning. ✔✔Die afdeling wat salarisperke voorstel, het die grootste weerstand gekry. Sakeleiers is ongelukkig oor die voorgestelde bevriesing van bonusse en salarisse van senior uitvoerende beamptes, en argumenteer dat so 'n perk rampspoedig sou wees vir produktiwiteit en hardwerkende werknemers kan demotiveer. Cosatu stem ook nie saam oor loonperke nie, want dit kan tot nog groter ongelykheid in inkomstevlakke lei. ✔✔Kritiek teeen die plan was dat dit 'n ekonomiese model voorstel wat te intervensionisties is, terwyl die res van die wêreld na vryer markmodelle en minder inmenging beweeg. ✔✔ Die NGP staan ook 'n losse monetêre beleid voor wat ook daarop gerig is om inflasie te voorkom. ✔✔(8) 7. Terwyl die meeste ekonome saamgestem het met die AsgiSA-inisiatief met sy fokus op die identifisering en opheffing van die beperkings op hoër groei, was daar ook aspekte wat kommer gewek het. Kwessies soos misdaad✔, hoë belastingkoerse✔, arbeidskoste✔, korrupsie✔, en die koste van die finansiering van swart ekonomiese bemagtiging ✔is nie aangeraak in die strategie nie terwyl ekonome van mening was dat hierdie kwessies in 'n groeistrategie opgeneem moes gewees het ✔. Sommige kritici het ook gevoel dat die privaat sektor se menings en behoeftes ✔nie regtig in die inisiatief aandag gekry het nie ✔. (8) 8. Persentasie jaarlikse verandering in bruto binnelandse produk teen markpryse Dui die verandering in BBP teen markpryse van een jaar tot die volgende aan, as 'n persentasie van die BBP teen markpryse in die eerste jaar. ✔Omdat dit teen markpryse gemeet word, inkorporeer dit ook veranderinge in die prysvlak ✔. 'n Hoë inflasiekoers sal dus 'n groot toename in BBP teen markpryse impliseer, maar dit beteken nie dat daar enige toename in reële produksie was nie. ✔ Persentasie jaarlikse verandering in bruto binnelandse produk teen konstante 2006-pryse Dui die verandering in BBP teen konstante pryse van een jaar tot die volgende aan, ✔as 'n persentasie van die BBP teen konstante pryse in die eerste jaar. ✔ Omdat dit teen konstante pryse gemeet word, dui 'n toename in BBP teen konstante pryse 'n toename in reële produksie aan. ✔ • • Bruto binnelandse produk per capita teen konstante 2006-pryse [2005 in teks] • Dui die BBP per persoon in die land aan. ✔As die BBP teen konstante pryse toeneem, maar die bevolking neem ook toe, beteken dit dat die lewenstandaard in werklikheid sal verlaag. ✔BBP per capita voorsien totale produksie per persoon, en as dit toeneem, sal dit 'n verhoging in die lewenstandaard van die bevolking verseker, d.i. dit sal ekonomiese ontwikkeling aandui.✔ • Inkomsteverdeling © Via Afrika Uitgewers >> Ekonomie 136
Antwoorde Kwartaal 1-3 • Dui die verdeling van die inkomste wat in 'n land verdien word, onder die verskillende inkomstegroepe aan. ✔As 'n toename in inkomste gelyk onder die bevolking verdeel word, is dit 'n billike inkomsteverdeling. ✔As die toename in inkomste egter hoofsaaklik deur die rykes in die ekonomie ontvang word, terwyl die armes 'n kleiner deel van 'n toename in inkomste kry, dui dit op 'n verdraaide verdeling van inkomste. ✔ • • Menslike Ontwikkelingsindeks • Die Menslike Ontwikkelingsindeks wat deur die Verenigde Nasies saamgestel word, is die algemeenste aanvaarde aanwyser van lewenstandaard. ✔Hierdie indeks vergelyk die lewensverwagting, geletterdheid, onderwys en lewenstandaarde van alle lande. ✔✔(15) Onderwerp 2 1. 'n Reeks sektorale handelinge; 'n stel oorheensnydende handelinge van besondere belang vir nywerheidsbeleid; en maatreëls om die owerheid se organisasie en vermoë om nywerheidsbeleid te implementeer, te verbeter. (6) 2. Algehele ontwikkeling as 'n multidimensionele proses; ontwikkeling van mense, vir mense, deur mense; ontwikkelings moet binne-in die streek self begin; dit moet konsentreer op basiese kwessies waar die dringendste menslike behoeftes voorkom; samewerking tussen die privaat en openbare sektore en die plaaslike gemeenskap. (10) 3. Koega NOS, Richardsbaai NOS, Oos-Londen NOS (4) 4. Die NOK het bygedra tot die herstrukturering van daardie sektore wat moeilike tye in die vroeë 1990’s beleef het. Die NOK se investeringspatrone het verskuif om meer arbeidsintensiewe sektore en SEB-doelwitte te ondersteun. NOK-investerings in SEB-uitbreidngsprojekte was die grootste skeppers van werkgeleenthede. Dit demonstreer die belangrikheid van breëbasis-aktiwiteit in die ekonomie vir nywerheidsontwikkeling. (4) 5 Die Nywerheidsontwikkelingskorporasie (NOK): 'n nasionale finansiële instelling vir ontwikkeling✔ wat gestig is om ekonomiese groei en nywerheidsontwikkeling te bevorder ✔. Dit is in staatsbesit ✔en onder die toesig van die Ministerie van Ekonomiese Ontwikkeling ✔. Dit verskaf finansies vir nywerheidsontwikkeling in Suid-Afrika en die res van Afrika. ✔ • Inisiatiewe vir Ruimtelike Ontwikkeling (IRO): beleid toegepas in Suid-Afrika vir die bevordering van volhoubare nywerheidsontwikkeling ✔ in gebiede waar armoede en werkloosheid op hul hoogste is ✔. IRO’s fokus op die verskaffing van hoëvlak- ondersteuning in gebiede waar owerheidshulp kan bydra tot ekonomiese groei ✔ en gevolglike ekonomiese ontwikkeling ✔. • Nywerheidsontwikkelingsone (NOS): duidelik afgebakende nywerheidsterrein of - gebied ✔ wat 'n vryhandelenklawe in die doeane- en handelsregime van 'n land vorm ✔ en waar buitelandse vervaardigingsmaatskappye wat hoofsaaklik vir uitvoer produseer, ✔baat vind by 'n sekere aantal fiskale en finansiële aansporings ✔. • Ontwikkelingskorridor: 'n stuk grond wat 'n deurgang vorm ✔ wat toegang van een gebied na 'n ander een moontlik maak ✔. Omdat die korridor toegang verleen tot groter markte, maak dit hoë digtheid moontlik ✔en dus doeltreffender produksie van landbou- , mynbou- en vervaardigde produkte ✔. © Via Afrika Uitgewers >> Ekonomie 137
Antwoorde Kwartaal 1-3 • Geïntegreerde Volhoubare Landelike Ontwikkelingsprogram (GVLOP): 'n 10 jaar- plan gerig op die aanmoediging van volhoubare ontwikkeling ✔ in arm gebiede in Suid- Afrika ✔. Die vertrekpunt van die GVLOP was dat plaaslike owerheidsinstellings ontwikkel moet word om ontwikkeling te ondersteun, ✔ terwyl bystand van die privaat sektor om hierdie inisiatief volhoubaar te maak, ook beklemtoon word ✔. (20) • • 6 Ekonomiese integrasie in Suider-Afrika is gegrond op die veronderstelling dat ekonomiese integrasie groter ontwikkelingsvoordele kan meebring ✔deur die kollektiewe gebruik van ekonomiese beleide ✔. Saamwerk kan baie doeltreffender en doelmatiger wees, ✔ en 'n projek wat dalk nie vir een land of streek lewensvatbaar is om te onderneem nie, kan lewensvatbaar word deur samewerking ✔. 'n Sterk unie van Afrikalande kan ook groter bedingingsmag hê in 'n globale konteks ✔. (5) • 7 Nywerheidsbeleid moet gerig wees op die versekering dat ondersteuning gegee word vir alle potensieel lewensvatbare sektore. Sektore moet geëvalueer word in terme van geleenthede ✔ en tekortkomings ✔om die mees lewensvatbare sektore in 'n streek te identifiseer ✔. Kleinsake het die potensiaal om baie werkgeleenthede te skep ✔; dus is die mate waarin beleide 'n bydrae tot kleinsake-ontwikkeling lewer, baie belangrik. Nasionale, streeks- en nywerheidsontwikkelingsbeleid moet hierdie doelwit in gedagte hou en moet aanmoediging van kleinsake-entrepreneurskap verseker ✔. Dit moet aandag gee aan faktore wat kleinsake-ontwikkeling kan verhinder ✔. Streek- en nywerheidsontwikkelingsbeleid moet ook op die groter gemeenskap gerig word. Daar moet erken dat saamwerk baie doeltreffender en doelmatiger kan wees ✔ en dat 'n projek wat dalk nie lewensvatbaar is vir een land of streek om te onderneem nie, lewensvatbaar kan word deur samewerking ✔. 'n Sterk unie van 'n paar lande het ook groter bedingingsmag in 'n globale konteks ✔. Ontwikkelingsbeleide moet ook aandag gee aan arbeidspraktyke en moet arbeidsintensiewe groei ✔en 'n buigsame arbeidsmarkregime aanmoedig ✔ wat nie werkgewers verhinder om werkers in diens te neem nie, maar wat steeds die arbeidsmag moet beskerm ✔. (15) • 8 Dit is hoogs waarskynlik dat die privaat sektor beter toegerus is om die doeltreffendste beleggingsgeleenthede te identifiseer ✔. As die privaat sektor nie inskakel by die ontwikkelingsbeleid of -plan nie, sal dit nie op lang termyn lewensvatbaar wees nie ✔ omdat dit sal beteken dat die owerheid die projek aanhou sal moet finansier, wat onvolhoubaar op lang termyn is ✔. 'n Goed ontwerpte landelike en nywerheidsontwikkelingsbeleid sal met 'n geïntegreerde benadering toegepas word ✔. Alle partye wat daardeur geraak sal word, moet deel van die ontwerpproses wees ✔. Vennootskappe moet geïnisieer word tussen die plaaslike gemeenskap en die ander betrokke partye, naamlik die © Via Afrika Uitgewers >> Ekonomie 138
Antwoorde Kwartaal 1-3 sentrale regering, plaaslike owerhede, burgerlike samelewing, spesiale belangegroepe, NRO’s en die privaat sektor. ✔ (6) Onderwerp 3 1 Ekonomiese aanwysers word gebruik om die ekonomiese prestasie van 'n ekonomiese eenheid te evalueer. Internasionale vergelykings help om 'n maatstaf te gee van hoe 'n land vaar vergeleke met ander lande. ✔✔(2) 2 Die Menslike Ontwikkelingsindeks gee 'n maatstaf van die oorkoepelende lewenstandaard van mense in 'n land ✔✔terwyl die BBP net toenames in ekonomiese aktiwiteit van 'n land toon en nie of die lewenstandaard van die bevolking verbeter het nie. ✔✔ Die MOI meet lewensverwagting, koerse van onderwys en geletterdheid, geboortesyfer en ander maatstawwe wat lewensgehalte aandui,. ✔✔(6) 3 Inflasiekoers: Daar is verskillende indekse wat gebruik kan word om die inflasiekoers te bereken. Die mees gebruikte prysindekse is:  die verbruikersprysindeks ✓  die produksieprysindek ✓  die BBP-deflator.✓ Die verbruikersprysindeks (VPI) word saamgestel deur Statistiek Suid-Afrika en meet die verandering in die prysvlak van 'n mandjie verbruikersgoedere en dienste. ✓Die goedere en dienste wat in die mandjie w ingesluit word, word gekies om die goedere en dienste wat deur 'n gemiddelde huishouding gekoop word, te verteenwoordig. ✓Hierdie mandjie word van tyd tot tyd aangepas omdat verbruikspatrone verander. ✓ Die inflasiekoers is die persentasie verandering in die VPI teenooor die vorige jaar en kan soos volg bereken word: ✓ Die produksieprysindeks (PPI), wat ook op 'n maandelikse basis deur Statistiek Suid-Afrika beraam en gepubliseer word, is soortgelyk aan die VPI, behalwe dat dit ook die pryse van grondstowwe en tussengoedere (d.i. goedere wat in die produksiesproses klaargemaak sal word) insluit, BTW uitsluit en dienste uitsluit. ✓Vervaardigde goedere wat in die PPI ingesluit word, word geprys wanneer dit die fabriek verlaat, nie wanneer dit aan verbruikers verkoop word niew. ✓Anders as in die geval van die VPI kan die PPI dus nie direk met verbruikers se lewenstandaarde verbind word nie. ✓Die PPI is nogtans baie nuttig in die ontleding van inflasie omdat dit die produksiekoste meet. ✓'n Beduidende verandering in die toenamekoers van die PPI © Via Afrika Uitgewers >> Ekonomie 139
Antwoorde Kwartaal 1-3 is gewoonlik 'n aanduiding dat die toenamekoers van die VPI ook 'n paar maande later sal verander. ✓ Die BBP-deflator is 'n ratio wat die verhouding tussen die BBP teen nominale pryse en die BBP teen reële pryse aandui: ✓ Die nominale BBP is die waarde van die totale bruto binnelandse produk gemeet teen huidige pryse, terwyl die reële BBP die waarde van die totale bruto binnelandse produk gemeet teen konstante pryse is. ✓ Dus sluit die BBP-deflator veranderinge in die pryse van uitvoere in,✓ maar nie van invoere nie. ✓ In 'n klein oop ekonomie, sooa dié van Suid-Afrika, waar sowel die invoere as uitvoere aansienlik is met betrekking tot die totale grootte van die ekonomie, is die uitsluiting van invoerpryse 'n belangrike tekortkoming. ✓ (ii) Werkloosheidskoers: In terme van ekonomiese ontwikkeling is indiensneming 'n baie belangrike aanwyser. ✓ Indiensneming is egter nie baie maklik om te meet nie omdat so baie mense in die informele sektor werk, wat nie opgeteken word. ✓ Die begrip van onderindiensneming is ook belangrik. Dit is wanneer iemand 'n pos beklee wat laer as sy/haar vermoë is, byvoorbeeld wanneer 'n gekwalifiseerde rekenmeester as 'n afleweringsbode werk omdat hy/sy nie werk as 'n rekenmeester kan kry nie. Iemand kan ook op 'n deeltydse basis in diens geneem word, terwyl hy/sy sou verkies om voltyds te werk. ✓ 'n Arbeidsmagopname word kwartaalliks deur Statistiek Suid-Afrika gepubliseer. ✓Hierdie publikasie bevat inligting en statistiek met betrekking tot 'n verskeidenheid kwessies wat met die arbeidsmark verband hou, insluitend die amptelike werkloosheidskoers. ✓Dit is 'n baie volledige opname en verskaf inligting oor veranderinge in indiensneming in verskillende provinsies en nywerhede, indiensneming in die informele sektor, en selfs redes vir veranderinge in indiensnemingsyfers. ✓ Die werkloosheidskoers is 'n persentasie van die totale arbeidsmag. ✓Die totale arbeidsmag sluit sowel alle indiensgeneemde persone as werklose persone wat werk soek in. ✓ Die werkloosheidskoers is 'n sloerende aanwyser, wat beteken dat dit eers 'n paar tydperke nadat die tendens in die ekonomie verander het, sal verander. ✓Byvoorbeeld, as die ekonomie teen 'n vinniger pas begin groei, sal die werkloosheidskoers eers na twee of drie kwartale op hierdie groei reageer. ✓ o (iii) Rentekoerse: Rentekoerse is belangrike aanwysers van toekomstige ekonomiese aktiwiteit omdat die rentekoersvlak gewoonlik 'n belangrike bepaler is wanneer © Via Afrika Uitgewers >> Ekonomie 140
Antwoorde Kwartaal 1-3 ekonomiese besluite geneem word. ✓ Sowel die algemene rentekoersvlak ✓as die struktuur van rentekoerse ✓is belangrike aanwysers. Daar is baie rentekoerse in die ekonomie. Sommige is korttermynkoerse, soos die repokoers wat die rentekoers is waarteen Suid-Afrikaanse banke by die Reserwebank leen om hul likiditeitstekort te finansier. Ons noem dit akkommodasie en hierdie lening van die SARB aan 'n bank is vir 7 dae. ✓'n Oortrekking op 'n lopende rekening is ook 'n korttermynlening van 'n bank aan 'n kliënt om 'n tydelike tekort te finansier en dus is die rentekoers op 'n oortrokke rekening ook 'n korttermynrentekoers. ✓Wanneer 'n huishouding 'n lening aangaan om 'n huis te koop, is hierdie lening, wat 'n huisverband genoem word, gewoonlik vir 'n tydperk van 20 tot 30 jaar, dus sal die rentekoers op sulke huisverbande 'n langtermynrentekoers wees. ✓ Die verskil tussen die korttermynrentekoerse en die langtermynrentekoerse word die rentekoersspreiding genoem✓en die termynstruktuur van rentekoerse gee 'n aanduiding van die rentekoersvlakke op lenings of beleggings met verskillende termyne. ✓ Die kurwe wat die verskillende rentekoerse op elke datum voorstel, word die opbrengskurwe genoem. ✓ Die opbrengskurwe toon die verhouding tussen die termyn van 'n instrument en die opbrengs of rentekoers daarop. ✓'n Opbrengskurwe sal gewoonlik 'n positiewe helling hê omdat lenings en beleggings wat oor 'n langer termyn strek, as riskanter beskou word as gevolg van die onsekerheid (ons weet eenvoudig nie wat die toekoms inhou nie!). ✓ As die opbrengskurwe egter steiler raak, dui die hoër langtermynrentekoerse aan dat rentekoerse na verwagting in die toekoms sal styg. ✓Byvoorbeeld, gewoonlik wanneer die inflasiekoers hoog is en die mense verwag dat die monetêre owerhede die repokoers gaan verhoog om die inflasiekoers af te bring, sal die opbrengskurwe steiler raak✓. As die opbrengkoers omgekeer word (d.i. dit het 'n negatiewe helling), sal dit aandui dat rentekoerse na verwagting in die toekoms sal daal. ✓ Die verskil tussen die korttermynkoerse en langtermynkoerse word die rentekoersspreiding of opbrengsgaping genoem. ✓ Hoe platter die opbrengskurwe en dus hoe kleiner die opbrengsgaping, hoe laer is die verwagting dat rentekoerse in die toekoms sal verander. ✓ Die verskillende rentekoerse sal gewoonlik saambeweeg, d.i. wanneer die repokoers styg, sal al die ander rentekoerse in die ekonomie ook styg. ✓ Dit beteken dat die hele opbrengskurwe opwaarts sal beweeg. ✓ Gewoonlik kan ons verwag dat die rentekoersvlak in 'n ontwikkelende land hoër sal wees as die rentekoers in 'n ontwikkelde land. ✓Dit is as gevolg van die hoër risiko verbonde aan die ontwikkelende ekonomie. ✓ Faktore soos politieke en ekonomiese onsekerheid veroorsaak die hoër. ✓Ontwikkelende ekonomieë moet ook buitelandse beleggings na hul land lok om groei te finansier. Beleggers se fondse sal na die hoogste opbrengs gaan en dus kan ontwikkelende lande nie toelaat dat rentekoerse in hul lande te laag raak nie. ✓ © Via Afrika Uitgewers >> Ekonomie 141
Antwoorde Kwartaal 1-3 Oor die algemeen sal 'n laer rentekoersvlak die verwagting skep dat investering sal toeneem, en dit behoort groei, indiensneming en ontwikkeling te bevorder. ✓'n Hoër rentekoersvlak kan verhinder dat geld geleen word en beleggings dus gemaak word en dit kan geïnterpreteer word as 'n aanduiding dat die ekonomie stadiger sal groei. ✓ Ekonomiste het egter bewys dat daar meer voorspellingskrag in die vorm van die opbrengskurwe en die opbrengsspreiding is. ✓ Wanneer langtermynrentekoerse laer as korttermynrentekoerse is en die opbrengskurwe dus 'n negatiewe helling het (d.i. 'n negatiewe opbrengsspreiding), kan 'n ekonomiese afswaai verwag word. ✓Hoe groter die opbrengsspreiding (d.i. hoe groter die verskil tussen die laer langtermynrentekoerse en die hoër korttermynrentekoerse), hoe erger kan die resessie of depressie verwag word om te wees. (iv) Geldaanbod: Die toename in die M3-geldaanbod is 'n belangrike ekonomiese aanwyser. ✓ As M, die geldaanbod, toeneem, ✓ beteken dit dat óf P (pyse) óf Y (produksie-uitset) moet reageer op die toename in M. ✓ Dus is 'n toename in die geldaanbod 'n belangrike aanwyser wat aandui dat die nominale produksie-uitset (PY) sal toeneem. ✓Of dit sal oorgaan tot 'n toename in reële produksie of die prysvlak, sal afhang van verskeie faktore in die ekonomie. ✓Een so 'n faktor is produksiekapasiteit. ✓ As voldoende kapitaaltoerusting beskikbaar is om produksie te verhoog wanneer daar 'n toename in die totale vraag is, kan reële produksie toeneem. ✓As daar egter geen surplusproduksiekapasiteit beskikbaar is nie of as produsente nie bereid of in staat is om meer goedere en dienste te produseer nie, sal die gevolg 'n styging in pryse wees. ✓ Baie ekonome is van mening dat die oorsaaklike rigting in die wisselkoersvergelyking nie vloei van die geldaanbod na nominale inkomste nie, maar dat 'n toename in die geldaanbod die gevolg is van 'n toename in die prysvlak en/of die reële produksievlak. ✓ Inligting oor die toename in die geldaanbod en kredietverlening (een van die belangrike faktore wat 'n verandering in die geldaanbod veroorsaak) raak baie gouer beskikbaar as inligting oor produksie- en prysvlakke – dus is die toename in die geldaanbod en kredietverlening steeds belangrike aanwysers, veral op kort termyn. ✓ Inligting oor die toename in die M3-geldaanbod word gereeld in die SARB se kwartaallikse bulletin gepubliseer. ✓ Die rede vir die toename in die M3 asook die implikasies daarvan word ook in die bulletin bespreek. ✓Kredietverlening aan die privaat sektor is 'n belangrike bepaler van die M3-geldaanbod. ✓Wanneer kredietverlening afneem, neem die geldaanbod ook toe. ✓Wanneer banke 'n lening aan 'n kliënt toestaan, word 'n deposito vir die leningsbedrag geskep en dus neem die M3-geldaanbod toe. • 4 Ekonomiese aanwysers gee: © Via Afrika Uitgewers >> Ekonomie 142
Antwoorde Kwartaal 1-3 • 'n Aanduiding van veranderinge wat in 'n land plaasvind, byvoorbeeld 'n toename in reële BBP per capita dui ekonomiese groei aan✓✓ • 'n Aanduiding van hoe 'n land met ander lande vergelyk, byvoorbeeld wanneer jy Suid-Afrika se Menslike Ontwikkelingsindeks met dié van Zimbabwe vergelyk ✓✓ • 'n Aanduiding van tendense of veranderinge in die ekonomie soos 'n resessie ✓✓ (6) 5 Die naïewe ekstrapolasietegniek✓: Hierdie metode behels die aanname dat 'n toekomstige pad van 'n ekonomiese veranderlike deur sy huidige en onlangse pad bepaal sal word. ✓ Byvoorbeeld, as die ekonomie in die onlangse verlede teen 'n koers van 3% gegroei het, word aangeneem dat dit aanhou teen 3% in die toekoms sal groei. ✓ Die barometriese benadering✓: Leidende ekonomiese aanwysers word gebruik om die toekomspad van die ekonomie te voorspel, d.i. die verandering in ekonomiese aktiwiteit eerder as die vlak van ekonomiese aktiwiteit ✓. Voorbeelde van leidende aanwysers kan insluit die verandering in die aantal nuwe motors wat verkoop is, die verandering in die aantal bouplanne wat goedgekeur is, die aantal nuwe maatskappye wat geregistreer is, en baie ander (enige voorbeeld ✓). Makro-ekonometriese modelle ✓ is gebaseer op makro-ekonomiese modelle. Daar sal verskeie ekonomiese aanwysers wees wat as insette in die model gebruik sal word ✓. Dit word eksogene veranderlikes genoem✓. Die toekomstige waardes van hierdie eksogene veranderlikes kan soms op ekstrapolasietegnieke gebaseer wees, soos hierbo bespreek ✓. Ander insette in die model sal verskeie parameters wees ✓wat die verhouding tussen ekonomiese veranderlikes bepaal ✓. Hierdie parameters sal op historiese getuienis gebaseer wees ✓. Voorbeelde van sulke parameters kan die marginale geneigdheid om te verbruik en die rente- elastisiteit van beleggings wees (enige voorbeeld✓). Die produksie-uitsette van die model is die ekonomiese veranderlikes wat voorspel word met behulp van die model en dit word die endogene veranderlikes genoem ✓. (16) 6 Netto handelsware-uitvoere, wat die verskil tussen die uitvoer en invoer van goedere is ✓, is belangrik in 'n ontwikkelende ekonomie omdat 'n groeiende goedere-uitvoersektor met die skepping van werkgeleenthede gepaard kan gaan ✓. Die saldo op die lopende rekening gee 'n aanduiding van die verskil tussen die uitvoer en invoer van goedere en dienste ✓. As die lopende rekening 'n positiewe saldo toon, beteken dit dat uitvoere meer is as invoere ✓. As die lopende rekening 'n negatiewe saldo toon, beteken dit dat invoere meer is as uitvoere ✓. As dit die geval is, sal die land 'n invloei van buitelandse kapitaal nodig hê om vir die surplus invoere bo uitvoere te betaal ✓. Hierdie kapitaalvloei sal in die finansiële rekening getoon word. Terwyl 'n positiewe saldo of 'n surplus op die lopende rekening kan lyk na die beste opsie vir 'n ekonomie omdat dit sal beteken dat voldoende buitelandse valuta beskikbaar is om goedere wat ingevoer moet word, te finansier, sal dit nie © Via Afrika Uitgewers >> Ekonomie 143
Antwoorde Kwartaal 1-3 altyd 'n haalbare opsie in 'n ontwikkelende ekonomie wees nie ✓. 'n Ontwikkelende ekonomie sal sy beskikbare infrastruktuur en produksiekapasiteit moet verbeter ✓. Om dit te kan doen, sal dikwels behels dat tegnologie- en kapitaaltoerusting ingevoer moet word, en dus sal 'n ontwikkelende land dikwels 'n negatiewe saldo of 'n tekort op die lopende rekening hê ✓. Solank so 'n negatiewe saldo met 'n invloei van buitelandse kapitaal gefinansier kan word, is dit nie 'n probleem nie ✓. (10) 7 Omdat dit voorkom as gevolg van veranderinge in die ekonomie en nie as 'n oorsaak nie. Maatskappye stel werkers uit diens eers na 'n afswaai of neem meer mense in diens eers nadat die ekonomie verbeter het. (2) Onderwerp 4 1 Tussen inflasie en koopkrag is daar 'n negatiewe verhouding . 'n Toename in die inflasiekoers verminder die koopkrag . 'n Afname in koopkrag impliseer dat minder goedere en dienste met 'n gegewe bedrag geld gekoop kan word . (4) 2 Enige drie van die volgende: Toename in besteding deur huishoudings. Toename investeringsbesteding deur maatskappye. Toename in staatsbesteding. Toename in besteding deur die buitelandse sektor.  (6) 3 Enige drie van die volgende: Toename in lone en salarisse. Daling in produktiwiteit. Verhoging van winsmarges deur maatskappye. Styging in die pryse van ingevoerde goedere.  (6) 4 Enige drie van die volgende: Verhoging van belastings om die besteebare inkomste wat vir huishoudings beskikbaar is, te verminder. Vermindering van staatsbesteding. 'n Beperkende monetêre beleid behels die gebruik van die rentekoers om totale besteding in die ekonomie te verminder. Beperk die bedrag krediet wat beskikbaar is.  (6) 5. Om stygings in lone te hanteer, kan 'n inkomstebeleid gebruik word.   Om die produksiekoste te verlaag, kan beleide wat gerig is op 'n verhoging van produktiwiteit nuttig wees.  Om winsmarges te verlaag, kan mededingender markte waardevolle bydraes lewer.  (6) 6 Inflasie het ’n uitwerking op ekonomiese groei. As gevolg van die verspreidingseffek word spaar ontmoedig, en hoe minder spaargeld daar in die ekonomie is, hoe minder fondse is beskikbaar © Via Afrika Uitgewers >> Ekonomie 144
Antwoorde Kwartaal 1-3 vir reële investering. Inflasie het ook 'n uitwerking op beleggingsbesluite. Waarom belê in produktiewe bates as 'n belegging in spekulatiewe bates soos aandele, eiendomme, buitelandse valuta, kunswerke, antieke, ens. dalk as gevolg van inflasie 'n beter opbrengs kan lewer? In plaas van om in produktiewe bates te belê, probeer markdeelnemers mekaar uitoorlê deur te spekuleer. Sakeondernemings word in beslag geneem deur inflasie en hoe hulle dit kan bestry eerder as om hul aandag aan produktiewer kwessies te gee. Tyd en hulpbronne word vermors in 'n poging om inflasie te antisipeer en hulself daarteen te beskerm.  Inflasie het ook ’n uitwerking op die betalingsbalans. As die inflasiekoers in Suid-Afrika hoër is as dié van ons handelsvennote, kan dit negatiewe gevolge vir die betalingsbalans hê deurdat dit die koste van uitvoerbedrywe verhoog, wat tot 'n verlies aan internasionale mededingendheid lei.  Hoë inflasie het ook 'n uitwerking op die funksionering van die prysmeganisme. Veranderinge in relatiewe pryse is 'n belangrik teken vir sowel verbruikers as produsente. Met hoë inflasie is dit moeiliker om hierdie prysteken korrek te vertolk. Dit veroorsaak 'n “geraas” in die stelsel, net soos 'n radioboodskap moeiliker is om te vertolk hoe groter die steurnis in die stelsel is.  Hoë inflasie veroorsaak ook nog inflasie. Dit is die sogenaamde inflasiespiraal wat veroorsaak word deur mense se verwagtinge oor inflasie. Omdat mense verwag dat inflasie sal voortduur, doen hulle dinge wat inflasie verder aanwakker, en as dit handuit ruk, kan die gevolg hiperinflasie wees.  (12) 7. (a) Onwaar (b) Waar (c) Onwaar (d) Onwaar (e) Waar (f) Onwaar Onderwerp 5 1 Die eerste belangrike negatiewe uitwerking wat toerisme kan hê, is op die omgewing ✓. In die eerste plek gaan toerisme gepaard met vervoer, en vervoer is 'n belangrike bron van besoedeling. ✓ Toeriste kan ook skade aan die omgewing aanrig deur meer druk op natuurlike hulpbronne soos water en strande te plaas ✓. As getalle van toeriste nie beheer word nie, kan 'n gebrek aan voldoende hulpbronne daartoe lei dat sulke hulpbronne uitgeput of ontoereikend raak ✓ Afrika het baie dorre gebiede waar 'n gebrek aan vars water 'n probleem kan word as daar 'n te groot toestroming van toeriste is. ✓ Eweneens kan te veel toeriste ook druk plaas op bestaande infrastruktuur. ✓Sanitasie, ✓elektrisiteitsverskaffingsdienste ✓, paaie en spoorweë ✓kan ontoereikend wees om te voorsien in die addisionele behoeftes wat deur toeriste geskep word. Wanneer toeriste natuurlike en kulturele erfenisgebiede besoek, moet moeite gedoen word om te verseker dat sulke gebiede nie negatief deur die toeriste geaffekteer word nie. ✓ (10) © Via Afrika Uitgewers >> Ekonomie 145
Antwoorde Kwartaal 1-3 2 Vir elke rand wat deur 'n toeris bestee word, is daar 'n vermenigvuldiger-effek ✓sodat die totale uitwerking op inkomste baie groter is. ✓ Werkloosheid is die grootste sosio-ekonomiese probleem in Suid-Afrika en omdat toerisme 'n arbeidsintensiewe bedryf is, het dit die potensiaal om 'n bydrae tot die bekamping van werkloosheid te lewer ✓. In 2010 het die Pan African Research and Investment Services 'n studie gedoen oor die rol van toerisme in Suid-Afrika en die faktore wat dit beïnvloed. Hulle het bevind dat, wanneer besteding deur buitelandse toeriste met 1% styg, vastekapitaal-vorming gemiddeld met 0,04% toeneem,✓ terwyl indiensneming met omtrent 0,07% toeneem✓. Die elastisiteite van besteding deur binnelandse toeriste is 0,17% en 0,15% vir vastekapitaal-vorming ✓en indiensneming ✓ onderskeidelik, wat beteken dat 'n 1%-toename lei tot 'n toename in vastekapitaal-vorming van 0,17% en 'n 15%-toename in indiensneming. Toerisme se bydrae tot indiensneming was 5% in 1994 en het tot 7,4% in 2008 gestyg✓. Tot hierdie toename het direkte toerisme 3% in 2008 bygedra, terwyl die res die gevolg was van die vermenigvuldiger-effekte wat hierbo beskryf is ✓. Wat toerisme se bydrae tot BBP betref, het die totale effek van 8,5% in 1994 tot 10,5% in 2008 toegeneem✓. In 2008 het vliegtoeriste omtrent R16,8 miljard (R7 666 per persoon per reis) bestee ✓; dié van die landmarkte (d.i. toeriste wat die land per pad binnegekom het) het R27,2 miljard (R3 837 per persoon per reis✓) in dieselfde tydperk bestee. Op grond van hierdie navorsing kan ons tot die gevolgtrekking kom dat toerisme 'n groot persentasie tot die totale BBP bydra ✓ en dat hierdie bydrae besig is om toe te neem. ✓ Toerisme is dus 'n belangrike bedryf in Suid-Afrika. Dit dui ook aan dat 'n toename in toerisme sowel kapitaalvorming as indiensneming beïnvloed, en dus lewer dit ook 'n bydrae tot ekonomiese ontwikkeling. ✓(10) 3 Mense wat reis na en bly in plekke buite hul gewone omgewing ✓vir nie meer as een opeenvolgende jaar nie✓vir ontspanning, sake en ander doeleindes. ✓ (4) 4 Die faktore wat binnelandse toerisme beïnvloed, is besteebare inkomste ✓maar nie volgens die rentekoersvlak nie ✓. Buitelandse toerisme sal toeneem as gevolg van 'n toename in wêreld-BBP (wat 'n voorbeeld van inkomste is) ✓ en wanneer die rand/VS-dollar- wisselkoers verswak ✓, wat natuurlik reis na Suid- Afrika goedkoper vir buitelanders maak. ✓ Faktore wat toerisme wêreldwyd beïnvloed, is die wisselvalligheid van die globale wisselkoers ✓, oliepryse ✓en brandstofverskansingskoste ✓. Oliepryse het 'n invloed op lugvaartbrandstofkoste ✓, die kostestruktuur van die globale toerismemark ✓ en die bekostigbaarheid van toegang tot langafstand- bestemmings, soos Suid-Afrika ✓. Om deur koolstofbelasting of verhandelbare koolstofpermitte 'n prys te koppel aan koolstof-emissies, kan ook die koste van reis beïnvloed, en dus die omvang van toerisme ✓. Ten spyte van al hierdie faktore wat toerisme negatief kan beïnvloed, groei die bedryf steeds ✓. Dit is 'n wêreldwye tendens. Wat dra by tot hierdie groei? Eerstens kan tegnologie soos die internet en selfs reisprogramme op televisie wat mense meer bewus maak van die verskeidenheid reisbestemmings, 'n belangrike faktor wees wat tot 'n toename in toerisme-aktiwiteit kan bydra ✓. Tegnologie maak dit ook makliker vir toeriste om hul reisplanne te bestuur en om navorsing oor verskillende bestemmings te doen ✓. Dus is 'n teenwoordigheid op die © Via Afrika Uitgewers >> Ekonomie 146
Antwoorde Kwartaal 1-3 internet van die uiterste belang vir 'n land wat toerisme wil bevorder ✓. Die internet is beslis die doeltreffendste bemarkingsinstrument wat vir die toerismebedryf beskikbaar is – lande en streke moet daarvan bewus wees en 'n bemarkingstrategie hê om toerisme aan te moedig en ook die middele verskaf vir kleiner entrepreneurs om toegang tot hierdie tipe bemarking te kry ✓. Terwyl reis voorheen as 'n luukse beskou is wat hoofsaaklik op ontspanningsaktiwiteite gerig was ✓, begin hierdie profiel verander. Reis word al hoe meer beskou as 'n noodsaaklikheid wat jou kennis en begrip van die wêreld en hoe dit werk, uitbrei ✓. Die vraag na massagebaseerde ontspanning word vervang deur 'n begeerte om emosioneel met bestemmings, plaaslike mense en plaaslike kulture te verbind ✓. Baie mense stel belang daarin om unieke reisgeleenthede met sinvolle vrywilligerwerk te kombineer ✓. Hierdie tendens skep belangrike geleenthede vir ontwikkelende lande en ons moet verseker dat daar stelsels en strategieë is wat ons in staat stel om in hierdie veranderende toerismebehoefte te voorsien ✓. Die onlangse globale finansiële krisis het die profiel van toeriste wesenlik verander ✓. Die werkende bevolking in die Europese Unie, wat tradisioneel die belangrikste bron van toeriste was, word minder, soos ook die geval in Japan is ✓. Toerisme uit opkomende markte soos China, Indië en Latyns-Amerika is aan die toeneem en daar word verwag dat dit in die nabye toekoms baie belangrik gaan word ✓. Toerismestrategieë en -beplanning moet dit in ag neem, en daar moet navorsing oor sulke toeriste se behoeftes gedoen word ✓. Soos in die vorige afdeling aangetoon, oortref die aantal binnelandse toeriste verreweg die aantal buitelandse toeriste, maar buitelandse toeriste bestee baie meer as binnelandse toeriste ✓. Dit is in teenstelling met Brasilië waar besteding deur binnelandse toeriste verreweg die besteding van buitelandse toeriste oortref. Dit wys vir ons dat daar 'n geleentheid in Suid-Afrika is om die binnelandse mark te laat groei, veral omdat 'n groot deel van ons bevolking kultureel nie geneig is om na onbekende bestemmings te reis nie as gevolg van ons apartheidgeskiedenis ✓. 'n Belangrike rede vir die toename in toerisme is waarskynlik die toename in staatsbesteding aan die bevordering en aanmoediging van toerisme ✓. Die verslag oor mededingendheid van die World Economic Forum Travel and Tourism dui die sterk en swak areas van verskillende toeristebestemmings aan. Volgens hierdie verslag is Suid-Afrika se sterkste areas natuurlike terreine ✓, kulturele hulpbronne ✓, aanloklike prysmededingendheid vir hotelkamers ✓, 'n gunstige belastingbedeling ✓, goeie lugvaartvervoer-infrastruktuur ✓ en gunstige beleidsreëls en -regulasies ✓. Die swakste areas is veiligheid en sekuriteit ✓, toegang tot gesondheidsdienste ✓, kaartjiebelastings en lughawekoste,✓en laastens onvoldoende menslike hulpbronne ✓. Beleide en strategieë wat gerig is op die aanmoediging van toerisme, moet die sterk punte in ag neem en munt daaruit slaan, terwyl seker gemaak word dat die swak punte aandag kry sodat selfs meer toeriste ons wonderlike en diverse land kan ervaar ✓. (40) © Via Afrika Uitgewers >> Ekonomie 147
Antwoorde Kwartaal 1-3 5. Suid-Afrika se Nuwe Groeipad identifiseer toerisme as een van die ses kernpilare van groei ✓.Toeriste bestee geld en dus sal 'n toename in toerisme in 'n sekere gebied bydra tot 'n toename in inkomste in daardie gebied. ✓ Die volgende tipes besteding wat uit toerisme spruit, kan geïdentifiseer word: • Direkte besteding ✓: Dit sal insluit die besteding aan goedere en dienste deur die toeriste self in hotelle, restaurants, winkels, ander toeristefasiliteite, uitvoer wat deur toerisme gegenereer word, d.i. goedere wat deur die toeriste gekoop word asook investering in 'n area wat spesifiek met toerisme verband hou, byvoorbeeld oprigting van akkommodasiefasiliteite by 'n toeristebestemming. ✓ • Indirekte besteding ✓: Dit is besteding deur dié wat goedere en dienste aan toeriste verskaf, soos die goedere wat deur die hotels en toeristewinkels gekoop word. ✓ • Afgeleide besteding ✓ Dit is die toename in verbruiksbesteding as gevolg van addisionele persoonlike inkomste wat deur die direkte besteding gegenereer is, byvoorbeeld die hotelwerkers wat hul lone gebruik om vir goedere en dienste te betaal. ✓ Vir elke rand wat 'n toeris bestee, is daar 'n vermenigvuldiger-effek sodat die totale effek op die inkomste baie hoër is. ✓ Werkloosheid is die grootste sosio-ekonomiese probleem in Suid-Afrika en omdat toerisme 'n arbeidsintensiewe bedryf is, het dit die potensiaal om 'n bydrae tot die bekamping van werkloosheid te lewer. ✓ Wanneer die besteding van buitelandse toerisme styg, styg vastekapitaal-vorming oor die algemeen ook.✓ Toerisme lewer 'n groot bydrae tot die totale BBP en hierdie bydrae is besig om te styg. Toerisme is dus 'n belangrike bedryf in Suid-Afrika. ✓Dit dui ook aan dat 'n toename in toerisme sowel kapitaalvorming as indiensneming beïnvloed en dus lewer dit ook 'n bydrae tot ekonomiese ontwikkeling. ✓ 'n Voordeel van die toerismebedryf is dat daar min versperrings vir toetrede is. ✓Toetredeversperrings verwys na struikelblokke wat dit moeilik kan maak om tot 'n spesifieke mark toe te tree. ✓ Die befondsingvereistes kan laag wees, dit is nie 'n tegnologies intensiewe bedryf nie, en dit behels nie vaardighede wat besonder moeilik is om te bemeester nie. ✓Dit beteken dat iemand redelik maklik tot die toerismebedryf kan toetree, selfs persone met min opleiding. ✓ 'n Bykomende voordeel van toerisme is dat, anders as in die geval van al die ander groeipilare, dit ook 'n bydrae lewer tot die bewaring van ons unieke kultuur en erfenis. ✓Al die ander groeipilare behels nuwe maniere van dinge doen en vereis dat tegnologie ingevoer moet word om mededingendheid te verseker. Toerisme, en veral landelike en kulturele toerisme, lewer 'n bydrae om ons inheemse kennisstelsels te bewaar. ✓ Toerisme speel ook 'n belangrike rol in die vestiging van die karakter van ons land en samelewing. ✓ As buitelandse besoekers aan ons land 'n aangename ondervinding het, kan dit 'n bydrae lewer tot die versterking van internasionale betrekkinge en die opbou van sosio-ekonomiese en politieke netwerke waarby ons in die toekoms kan baat vind. ✓Dus is 'n belegging in toerisme ook 'n belegging in die beeld van ons land. 'n Land met 'n positiewe beeld kan dit makliker vind om buitelandse beleggings te lok. ✓ © Via Afrika Uitgewers >> Ekonomie 148
Antwoorde Kwartaal 1-3 As die buitelandse sektor ervaar dat ons land 'n positiewe beeld het, sal dit ook 'n bydrae tot nasionale trots lewer. ✓Die bevordering van nasionale trots kan 'n menigte positiewe byvoordele hê, soos dat ons beter sal sorg vir ons omgewing, hulpbronne en ons gemeenskappe, insluitend die bejaardes en die jeug. ✓ Nasionale trots lewer 'n bydrae tot die skepping van 'n hoopvolle gemeenskap wat werk vir die toekoms. ✓ Hoewel wêreldtoerisme deur die globale ekonomiese krisis wat teen die einde van 2007 begin het, geraak is, het dit getoon dat dit een van die lewenskragtigste sektore van die ekonomie is ✓. Dus het toerisme die potensiaal om 'n bydrae daartoe te lewer om 'n ekonomie uit 'n ekonomiese ineenstorting te bring. ✓ Toerisme het hoofsaaklik 'n positiewe uitwerking op 'n land, veral uit 'n ekonomiese perspektief. Daar kan egter 'n aantal belangrike negatiewe implikasies wees wat nie geïgnoreer moet word nie, en dit moet ideaal gesien aangepak word voordat die probleme ondraaglik of onoplosbaar word. ✓ Die eerste belangrike negatiewe uitwerking wat toerisme kan hê, is op die omgewing. ✓ In die eerste plek gaan toerisme gepaard met vervoer, en vervoer is 'n groot bron van besoedeling. ✓'n Beleid moet gevolg word wat verseker dat toeriste op die omgewingsvriendelikste manier vervoer word, terwyl daar steeds na hul gerief omgesien word. ✓In baie gevalle kan toeriste,veral dié wat in 'n meer kultureel outentieke ervaring belangstel, dit verkies om 'n minder gerieflike, meer omgewingsvriendelike vervoerwyse te gebruik, soos die rikshaw wat as 'n vervoerwyse in Durban gebruik word. Om met perde en kamele te ry, is ook gewilde toeriste-aktiwiteite, net soos fietsry, voetslaan en kanovaart. ✓ Die Gautrain is nog 'n voorbeeld van 'n vervoerwyse wat tot stand gebring is en omgewingsvriendeliker is. Voorheen moes alle toeriste padvoertuie gebruik om by die O.R. Tambo-lughawe naby Johannesburg te kom, maar nou kan hulle gebruik maak van die Gautrein en die busdienste wat deur die Gautrein- maatskappy verskaf word. ✓ Toeriste kan ook skade aan die omgewing aanrig deur meer druk op natuurlike hulpbronne soos water en strande te plaas ✓. As getalle van toeriste nie beheer word nie, kan 'n gebrek aan voldoende hulpbronne daartoe lei dat sulke hulpbronne uitgeput of ontoereikend raak ✓ Afrika het baie dorre gebiede waar 'n gebrek aan vars water 'n probleem kan word as daar 'n te groot toestroming van toeriste is. Dit moet in gedagte gehou word wanneer besoekers na sekere plekke gelok word. ✓ Eweneens kan te veel toeriste ook druk plaas op bestaande infrastruktuur. ✓Sanitasie, ✓elektrisiteitsverskaffingsdienste ✓, paaie en spoorweë ✓kan ontoereikend wees om te voorsien in die addisionele behoeftes wat deur toeriste geskep word. ✓Sulke dienste kan egter gemoderniseer en uitgebrei word as daar verwag word dat dit 'n bydrae tot 'n toename in toerisme sal lewer, en dan gefinansier word met die addisionele inkomste wat deur die toerismebedryf geskep word. Sulke verbeteringe in infrastruktuur sal ook tot die plaaslike gemeenskap se voordeel strek. ✓ © Via Afrika Uitgewers >> Ekonomie 149
Antwoorde Kwartaal 1-3 Wanneer toeriste natuurlike en kulturele erfenisgebiede besoek, moet moeite gedoen word om te verseker dat sulke gebiede nie negatief deur die toeriste beïnvloed word nie. ✓ Maatreëls moet getref word om te verseker dat sulke terreine in hul oorspronklike toestand bewaar word, eerstens omdat dit 'n kwessie van nasionale trots is ✓ en tweedens omdat dit sal verseker dat sulke terreine in die toekoms aanloklik sal bly vir toeriste. ✓ (40) Onderwerp 6 1 Verskeie maatreëls moet getref word: • Eerstens moet 'n bewustheid van die probleme wat met die verlies van biodiversiteit verband hou, geskep word. ✓ • Tweedens moet omgewingsbewaringsbeleide ingestel word wat verseker dat sulke projekte nie toegelaat word om voort te gaan nie. ✓ • Derdens moet navorsing gedoen word oor alternatiewe projekte wat deur sulke gemeenskappe onderneem kan word wat nie natuurlike hulpbronne sal uitput nie. ✓ • Vierdens moet finansies en ander ondersteuningsmaatreëls in plek wees om te verseker dat sulke alternatiewe projekte aangemoedig word en as lewensvatbaar beskou word. ✓ (4) 2 Die beraad se hoofboodskap was dat 'n totale transformasie van ons ingesteldheid en gedrag nodig is om ons planeet vir die toekoms te red ✓. Regerings het ooreengekom dat dit nodig geword het om ekodoeltreffendheid 'n rigsnoer vir die ontwerp van nasionale planne en beleide te maak ✓ en dat die koste van enige handeling vir die omgewing ook in ag geneem moet word wanneer besluite geneem word ✓. Spesifieke besluite wat geneem is, was die volgende: • produksiepatrone gebaseer op prosesse wat toksiese afval en besoedeling tot gevolg het moet heroorweeg word, byvoorbeeld afhanklikheid van brandstof vir vervoer✓ • vind alternatiewe energiebronne om die gebruik van fossielbrandstowwe te vervang ✓ • beklemtoon groter gebruik van openbare vervoerstelsels ten einde voertuig- emissies, opeenhoping in die stede en die gesondheidsprobleme wat deur besoedelde lug en rookmis veroorsaak word, te verminder✓ • skep 'n groter bewustheid van die toenemende skaarsheid van water. ✓ Hoewel Agenda 21, d.i. die Verenigde Nasies se aksieplan wat met volhoubare ontwikkeling verband hou, deur kompromieë en onderhandelings verswak is, was ✓, was dit steeds die omvattendste plan wat ooit deur die internasionale gemeenskap bekragtig is ✓. As dit volledig geïmplementeer word, sou dit grootliks bydra om die gesondheidstoekoms van die planeet te verseker ✓. Twee belangrike dokumente is by die beraad beskikbaar gestel vir ondertekening, naamlik die Convention on Biological Diversity✓ en die Framework Convention on Climate Change (UNFCCC✓). The Convention on Biological Diversity is 'n dokument wat die deelnemende partye wetlik bind om biologiese diversiteit te bewaar ✓. Die doelwit van die UNFCC was om kweekhuisgaskonsentrasies in die © Via Afrika Uitgewers >> Ekonomie 150
Antwoorde Kwartaal 1-3 atmosfeer te stabiliseer op 'n vlak wat klimaatsverandering deur mense teweeggebring, sou verhoed ✓. Terwyl die UNFCCC op sigself nie 'n wetlik bindende dokument was nie, het dit voorsiening gemaak vir bywerking (genoem "protokolle") wat verpligte emissieperke sou stel ✓. Die Kioto-protokol is so 'n bywerking wat wel daardie lande bind wat dit wetlik bekragtig het ✓. Die Aardeberaad het alle VN-konferensies wat daarop gevolg het, beïnvloed in dié opsig dat volhoubaarheid van die omgewing altyd in samehang met ander doelwitte oorweeg moes word ✓. (16) 3 Die rede hiervoor is dat die plek waar emissies plaasvind, nie belangrik is nie ✓– dit het steeds dieselfde uitwerking op die atmosfeer en dus op klimaatsverandering ✓. As klimaatsbeleid nie 'n globale poging is nie, sal maatreëls om emissies in een land te verlaag, beteken dat daardie projek eenvoudig verplaas sal word ✓na 'n emissievriendeliker omgewing ✓, wat dus nie 'n verlaging in globale koolstof-emissies tot gevolg sal hê nie.✓(6) 4 Ons moet onderskei tussen aanpassing en tempering: • Aanpassing verwys na praktiese stappe om lande en gemeenskappe te beskerm ✓ teen die moontlike versteuring en skade wat die gevolg van die uitwerking van klimaatsverandering kan wees ✓. Byvoorbeeld, as daar verwag word dat klimaatsverandering tot oorstromings in 'n sekere gebied kan lei, kan vloedwalle opgerig word en moet maatreëls getref word om menslike nedersettings uit vloedvlaktes en ander laagliggende gebiede te verwyder. ✓ • Tempering verwys na menslike handelinge ✓om die bronne van kweekhuisgasse te verminder ✓en/of die moerasse wat kweekhuisgasse absorbeer, te vermeerder. ✓ (6) 5 As ons nie voorsiening maak vir die koste van koolstof-emissies wanneer ons ekonomiese besluite neem nie ✓, sal ons nie die ekonomies doeltreffendste besluit neem nie ✓. Wanneer ons so 'n koste het waarvoor nie in die ekonomiese besluitnemingsproses voorsiening gemaak is nie, noem ons dit 'n eksternaliteit✓. 'n Eksternaliteit kan sowel positief as negatief wees ✓, maar klimaatsverandering is 'n negatiewe eksternaliteit ✓. Die manier om seker te maak dat die eksternaliteit ook in ag geneem word in die ekonomiese besluitnemingsproses, is om 'n prys daaraan te koppel ✓. Hierdie koste sal deur die koste van klimaatsverandering bepaal word ✓. (6) 6 Inleiding✓ Klimaatsverandering as gevolg van natuurlike verskynsels is nie 'n nuwe begrip nie. Daar is egter in onlangse tye belangrike bewyse dat klimaatsverandering vinniger plaasvind as wat oor eeue heen die geval was ✓, en dat dit deur mense se handelinge teweeggebring word ✓. As gevolg van die vinnige pas van hierdie klimaatsverandering wat deur mense teweeggebring word, raak dit baie moeilik om daarby aan te pas ✓. © Via Afrika Uitgewers >> Ekonomie 151
Antwoorde Kwartaal 1-3 Wanneer die United Nations Framework Convention on Climate Change (UNFCCC) klimaatsverandering omskryf, doen hulle dit soos volg: 'n verandering in klimaat wat direk of indirek toegeskryf kan word aan menslike aktiwiteite wat die samestelling van die globale atmosfeer verander en wat bykomend tot natuurlike klimaatsveranderlikheid iswat oor vergelykbare tydperke, change of climate that is attributed directly or indirectly to human activity that alters the composition of the global atmosphere and that is in addition to natural climate variability observed over comparable time periods (IPCC 2007:2). ✓✓ Twee aspekte is hier belangrik: • dit verwys na veranderinge wat die gevolg is van menslike aktiwiteite ✓ • dit verwys na veranderinge wat bykomend is tot die natuurlike veranderinge in klimaat.✓ Redes vir klimaatsverandering ✓ Een van die belangrikste redes vir klimaatsverandering wat deur mense teweeggebring word, is die toename in kweekhuisgasse ✓. Die belangrikste kweekhuisgas wat deur menslike aktiwiteite teweeggebring word, is koolstofdioksied (CO2) ✓. Koolstofdioksied-emissies is besig om teen 'n vinniger pas toe te neem sedert die 1750’s en teen 'n baie vinniger pas oor die afgelope 60 jaar ✓. Die belangrikste redes vir die toename in koolstof-emissies is die volgende: • verbranding van fossielbrandstowwe ✓ • produksie van sement✓ • skoonmaak van grond en verbranding van woude.✓ Plante en bome en die oseaan absorbeer 'n sekere hoeveelheid koolstofdioksied as deel van natuurlike prosesse ✓. Maar as gevolg van toenemende menslike aktiwiteite wat tot die vrystelling van koolstofdioksied en 'n uitputting van natuurlike woude lei, oortref die hoeveelheid koolstofdioksied wat vrygestel word, die hoeveelheid wat natuurlike prosesse kan absorbeer ✓, en dit lei tot meer koolstofdioksied in die atmosfeer en gevolglik tot klimaatsverandering ✓. Gevolge van klimaatsverandering ✓ Sommige gevolge van klimaatsverandering as gevolg van groter vrystelling van koolstofdioksied is die volgende: • 'n Toename in temperature wêreldwyd ✓: Elf van die laaste twaalf jaar van 1995–2006 is onder die warmste jare sedert oppervlaktemperatuur opgeteken word (1850). Die persentasie waarteen temperature oor die afgelope 50 jaar toegeneem het, is byna dubbeld soveel as oor die afgelope 100 jaar. ✓ • 'n Styging in die vlak van die oseaan ✓. Wêreldwyd het die seevlak gemiddeld met 'n koers van 1,8 mm per jaar van 1961 tot 2003 gestyg. Dit is hoogs waarskynlik dat dit deur aardverwarming veroorsaak word. Dit het belangrike implikasies vir laagliggende gebiede van die wêreld – sommige eilande kan onder die oseaan verdwyn. As gevolg van die hoër watervlak sal seewater ook verder land in vloei, en kan vernietigende erosie veroorsaak en natuurlike habitats van plante en diere vernietig of verander. Hoër © Via Afrika Uitgewers >> Ekonomie 152
Antwoorde Kwartaal 1-3 seevlakke beteken ook groter, kragtiger stormgolwe, soos ons in onlangse jare gesien het ✓✓ • 'n Verandering in oseaansoutheid ✓. Daar is waargeneem dat oppervlakwater in tropiese en subtropiese Atlantiese Oseaan-streke opmerklik souter geword het. Tegelykertyd het baie van die waterkolomme in die hoë breedteliggings van die Noord- en Suid-Atlantiese Oseaan varser geword. Dit het belangrike implikasies vir seeplante en -diere, maar ook vir weerpatrone wat beïnvloed word deur strome wat deur die verskille in southeid in die oseaan veroorsaak word. ✓✓ • Hoër temperatuur lei tot meer uiterste weer ✓: Meer verwoestende storms, en erger en langduriger droogtes en vloede is die gevolg van hoër aardtemperatuur. ✓ • Negatiewe uitwerking op landbou ✓: Die landbou maak staat op 'n voorspelbare klimaat. As weerpatrone meer ekstreem en onvoorspelbaar word, raak dit moeilik om te weet wanneer om te plant en wanneer om te oes. Dit raak ook moeilik om die korrekte tipe gewas wat die geskikste vir die spesifieke gebied is, te identifiseer. Meer droogtetoestande beïnvloed die landbou negatief en 'n te hoë temperatuur beïnvloed die groei en bestuiwing van baie plante negatief. Hierdie uitwerking op die landbou is veral belangrik in ontwikkelende lande omdat armer gemeenskappe staatmaak op bestaansboerdery vir kos en lewensonderhoud. ✓✓ Asimmetrie tussen ontwikkelende en ontwikkelde lande ✓ Wat klimaatsverandering betref, is 'n belangrike asimmetrie dat die lande wat hoofsaaklik vir klimaatsverandering verantwoordelik is ✓ nie die lande is wat die ergste daardeur getref gaan word nie ✓. Die grootste vrystellers van koolstofdioksied is ontwikkelde lande. China, Indië en Suid-Afrika is die uitsonderings ✓. Sowel China en Indië se emissies per capita (d.i. emissies per persoon) is egter baie laer as dié van die lande wat baie hoog op die Menslike Ontwikkelingsindeks voorkom ✓: emissies per capita in Indië vir 2008 was 1,5 ton per persoon, terwyl dit 17,3 ton vir die Verenigde State en 16,4 vir Kanada was. Die grootte van die bevolking moet in ag geneem word wanneer totale emissies vertolk word ✓. Suid-Afrika is skuldig aan hoë koolstof-emissies, sowel wat totale emissies betref ✓as wat emissies per capita betref ✓. Terwyl ons emissies per capita nie so hoog soos dié van sommige van die ontwikkelde lande is nie, is dit hoër as byvoorbeeld dié van die Verenigde Koninkryk. Dit is as gevolg van ons groot afhanklikheid van steenkool om elektrisiteit op te wek ✓. Suid-Afrika se emissies (in totaal en per capita) is baie hoër as dié van die res van Afrika en die meeste ander ontwikkelende lande ✓. Opsomming en slotsom✓ Die belangrike gevolgtrekkings uit hierdie bespreking van klimaatsverandering wat deur hoë emissies van koolstofdioksied en ander kweekhuisgasse teweeggebring word , is dus die volgende: • Oor die algemeen is emissies per persoon hoog in lande wat hoër op die Menslike Ontwikkelingsindeks voorkom, terwyl emissies per persoon vir ontwikkelende lande laer is. ✓ • Ontwikkelende lande sal die ergste deur die gevolge van klimaatsverandering geraak word. ✓ • Ontwikkelde lande moet hul emissies van koolstofdioksied verminder. ✓ © Via Afrika Uitgewers >> Ekonomie 153
Antwoorde Kwartaal 1-3 • Ontwikkelende lande moet so ontwikkel dat dit nie 'n toename in koolstof-emissies tot gevolg het nie. ✓ Dit is dus nodig om ekonomiese beleid te ontwikkel wat die mensdom sal aanmoedig of dwing om hul gedragspatrone te verander ✓ ten einde hierdie klimaatsveranderingtendens te probeer stop of om te keer ✓, en om ook te verseker dat beleide en hulp beskikbaar is om aandag te gee aan die behoeftes van dié wat negatief deur klimaatsverandering beïnvloed word ✓. © Via Afrika Uitgewers >> Ekonomie 154
EINDEKSAMEN VRAESTEL MAKRO-EKONOMIE EINDEKSAMEN VRAESTEL 1 MAKRO-EKONOMIE Tyd: 1½ uur Punte: 150 Instruksies en inligting: • Beantwoord VIER VRAE SOOS VOLG in jou antwoordboek: o AFDELING A: VERPLIGTEND (30 punte) o AFDELING B: Beantwoord TWEE vrae (2 × 40 punte) o AFDELING C: Beantwoord enige EEN vraag (40 punte) • Maak seker dat jou naam op al jou antwoordblaaie is. • Skryf die vraagnommer bokant elke antwoord. • Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik word. • Lees die vrae noukeurig deur en begin elke vraag op 'n NUWE bladsy. • Laat 2–3 reëls oop tussen onderafdelings van vrae. • Skryf netjies en leesbaar. • Nieprogrammeerbare sakrekenaars mag gebruik word. AFDELING A (VERPLIGTEND; BEANTWOORD ALLE VRAE) VRAAG 1 1.1 Kies die korrekte antwoord en skryf net die letter op jou antwoordblad. 1.1.1 'n ... het 'n enkele monetêre stelsel. A. algemene mark B. doeane-unie C. ekonomiese unie 1.1.2 Semistaatsondernemings is deel van die … sakesektor. A. handel B. privaat C. openbare 1.1.3 Wanneer BBP teen basiese pryse bereken word, word belastings en subsidies op … in ag geneem. A. uitvoere B. kommoditeite C. produksie 1.1.4 'n Verlaging van die rentekoers kan geklassifiseer word as 'n … benadering tot ekonomiese groei. © Via Afrika Uitgewers >> Ekonomie 155
EINDEKSAMEN VRAESTEL MAKRO-EKONOMIE A. aanbodkant B. fiskale C. vraagkant 1.1.5 . NEPAD staan vir: A. Nuwe Vennootskap vir Afrika-ontwikkeling B. Nuwe Program vir Afrika-ontwikkeling C.. Nuwe Vennootskap vir Asië-ontwikkeling. 1.1.6. Die getal nuwe motors wat verkoop is, is 'n .... aanwyser. A. sloerende B. leidende C. saamvallende 1.1.7 Die aanwyser wat gebruik word om die bruto binnelandse produk, rentekoerse en werkloosheid te meet, staan bekend as die … A. ekonomiese siklus B. ekonomiese aanwyser C. leidende aanwyser. 1.1.8 Suid-Afrika se uitvoere vind direk baat by toerisme as gevolg van die toename in toeriste- … A. uitvoere B. besteding C. spaargeld. (8 × 2 = 16) 1.2 Kies 'n beskrywing uit KOLOM B wat pas by 'n item in KOLOM A. Skryf net die letter (A–H) langs die vraagnommer (1.2.1–1.2.8) in die antwoordboek. KOLOM A KOLOM B 1.2.1 M3 A Die ekonomiese waarde van die arbeidsmag 1.2.2 Wêreldbank B Kontant in sirkulasie buite die banksektor plus vraag en kort-, medium- en langtermyndeposito’s by die bank 1.2.3 Marginale geneigdheid om te C Bewyse met betrekking tot of gebaseer op verbruik ondervinding of waarneming 1.2.4 Produksieprysindeks D 'n Internasionale organisasie wat finansiering, advies en navorsing verskaf aan ontwikkelende nasies om hul ekonomiese vooruitgang aan te help 1.2.5 Verbruikersprysindeks E Die proporsie van elke addisionele eenheid van huishoudelike inkomste wat vir verbruik gebruik word © Via Afrika Uitgewers >> Ekonomie 156
EINDEKSAMEN VRAESTEL MAKRO-EKONOMIE 1.2.6 Empiriese bewyse F 'n Inflasie-indeks wat die pryse van 'n verteenwoordigende mandjie verbruikersgoedere en dienste toon 1.2.7 Repokoers G Die rentekoers wat handelsbanke betaal om geld by die Reserwebank te leen 1.2.8 Menslike kapitaal H Kyk na die relatiewe gewigstoekenning van produksie-insette en assesseer die uitwerking van respektiewe veranderinge in hierdie gewigstoekennings (8 × 1 = 8) 1.3 Lees die volgende stellings en beantwoord net WAAR of ONWAAR op jou antwoordblad. 1.3.1 Keynesiaanse ekonome glo dat vraag gestimuleer moet word om groei aan te moedig. 1.3.2 'n Toename in die bruto binnelandse produk (BBP) is 'n aanduiding van ekonomiese groei. 1.3.3 Inkomsteverdeling in Suid-Afrika is billik en gelyk. 1.3.4 'n Verlaging in die wisselkoers van die rand teenoor die dollar beteken dat die rand sterker word. 1.3.5 Blokkruiping verwys na die situasie waarin werknemers wat salarisverhogings kry om met inflasie tred te hou, oorgaan na hoër belastingkategorieë. 1.3.6 Deflasie verwys na 'n deurlopende toename in die algemene prysvlak oor 'n langdurige tydperk. (6 × 1 = 6) [30] AFDELING B (BEANTWOORD ENIGE TWEE VRAE) VRAAG 2 INTERNASIONALE HANDEL 2 .1 2.1.1 Verduidelik TWEE voordele van internasionale handel. ( 2 x 2) 2.1.2 Verduidelik die verskil tussen vaste en bestuurde swewende wisselkoerse. ( 4 x 2 =8)(10) 2.2 Lys enige TWEE faktore wat die vraag na buitelande valuta sal beïnvloed, byvoorbeeld die euro. (2 × 2 = 4) 2.3 Bestudeer die inligting oor die Suid-Afrikaanse betalingsbalans en beantwoord die vrae wat volg. © Via Afrika Uitgewers >> Ekonomie 157
EINDEKSAMEN VRAESTEL MAKRO-EKONOMIE SALDO OP DIE LOPENDE REKENING JAAR 2006 2007 2008 R (miljarde) –112,3 –145,0 –169,2 (Bron: Quarterly Bulletin, SARB, 2010) 2.3.1 Omskryf die term “betalingsbalans”. (2) 2.3.2 Watter uitwerking het die sluiting van tekstielfabrieke in Suid-Afrika gehad op die saldo op die lopende rekening van die betalingsbalans gedurende die drie jare 2006–2008? Motiveer jou antwoord. (4) 2.3.3 Wat is die tendens van die saldo op die lopende rekening van 2006 tot 2008? (2) 2.4 Verduidelik hoekom die owerheid ingryp in die geval van niemerietegoedere. (4 × 2 = 8) 2.5 Noem die handelsprotokolle waarvan Suid-Afrika deel is om internasionale handel aan te moedig. (5 × 2 = 10) [40] VRAAG 3 EKONOMIESE ONTWIKKELING 3.1 Noem enige twee redes waarom 'n geografiese gebied onderontwikkeld kan wees. (4) 3.2 Verduidelik wat met die term “NOS” bedoel word en die belang daarvan. (6) 3.3 Verduidelik waarom inisiatiewe vir ruimtelike ontwikkeling wat meer as een land raak, voordelig vir al die betrokke lande kan wees. (4) 3.4 Bespreek indiensneming as deel van die evaluering van Suid-Afrika se beleide oor ekonomiese groei. (5 x 2) (10) 3.5 Verduidelik enige TWEE groot verskille tussen ontwikkelde lande in die Noorde en die ontwikkelende lande in die Suid (Noord/Suid-verdeling). ( 2 x 4)(8) © Via Afrika Uitgewers >> Ekonomie 158
EINDEKSAMEN VRAESTEL MAKRO-EKONOMIE 3.6 Lys enige VIER voorbeelde van sosiale voordele wat die owerheid verskaf om armoede te verlig. (4 x 2) (8) [40] VRAAG 4 INFLASIE 4.1 Verduidelik wat met die term “vraaginflasie” bedoel word. (6) 4.2 Noem die kenmerke van stagflasie. (2) 4.3 Lys drie maatreëls wat gebruik kan word om koste-inflasie te bestry. (6) 4.4 Verduidelik enige vier gevolge van inflasie. (8) 4.5 Gee 'n definisie van inflasie. (4) 4.6 Beskryf enige twee faktore wat tot vraaginflasie bydra. (4) © Via Afrika Uitgewers >> Ekonomie 159
EINDEKSAMEN VRAESTEL MAKRO-EKONOMIE 4.7 Kyk na die strokiesprent hieronder en beantwoord die vrae wat volg: 4.7.1 Wat dui die strokiesprent aan? (2) 4.7.2 Noem enige twee negatiewe gevolge van inflasie. (4) 4.7.3 Wat is die verhouding tussen inflasie en ekonomiese groei? (4) [40] AFDELING C (BEANTWOORD ENIGE EEN VRAAG) VRAAG 5 Inisiatiewe vir Ruimtelike Ontwikkeling (IRO’s) en Nywerheidsontwikkelingsones (NOS’e) is 'n integrale deel van Suid-Afrika se streeksnywerheidsontwikkeling. Bespreek hierdie stelling krities en sluit 'n verduideliking van die finansiële aansporings van die staat in. Onderverdeling van punte: Formaat 5 punte Liggaam 30 punte Interpretasie van vraag 5 punte [40] © Via Afrika Uitgewers >> Ekonomie 160
EINDEKSAMEN VRAESTEL MAKRO-EKONOMIE VRAAG 6 Skryf 'n opstel waarin breedvoerig verduidelik word hoe staatsinkomste verkry word en hoe dit toegewys word. Onderverdeling van punte: Formaat 5 punte Liggaam 30 punte Interpretasie van vraag 5 punte [40] Totaal: 150 punte © Via Afrika Uitgewers >> Ekonomie 161
EINDEKSAMEN VRAESTEL MIKRO-EKONOMIE EINDEKSAMEN VRAESTEL 2 MIKRO-EKONOMIE Tyd: 1½ uur Punte: 150 Instruksies en inligting: • Beantwoord VIER VRAE SOOS VOLG in jou antwoordboek: o AFDELING A: VERPLIGTEND (30 punte) o AFDELING B: Beantwoord TWEE vrae (2 × 40 punte) o AFDELING C: Beantwoord enige EEN vraag (40 punte) • Skryf die vraagnommer bokant elke antwoord. • Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik word. • Lees die vrae noukeurig deur en begin elke vraag op 'n NUWE bladsy. • Laat 2–3 reëls oop tussen onderafdelings van vrae. • Skryf netjies en leesbaar. • Beantwoord net die vereiste aantal vrae. • Nieprogrammeerbare sakrekenaars mag gebruik word. AFDELING A (VERPLIGTEND; BEANTWOORD ALLE VRAE) VRAAG 1 1.1 Kies die korrekte antwoord en skryf net die letter op jou antwoordblad. 1.1.1. Mikro-ekonomie het te doen met gedrag van: A. B,C en D B. nywerhede C. Verbruikers D. maatskappye. 1.1.2 'n Persoon sal besluit om 'n produk te koop wanneer die marginale voordeel groter is as die: A. totale koste B. verwagte koste C. marginale koste D. gemiddelde koste. 1.1.3 Die kringloop van goedere en geld beeld die verhouding uit tussen: A. inkomste en geld B. goedere en dienste C. maatskappye en huishoudings D. lone en salarisse. 1.1.4 In 'n bevelsekonomie word al die ekonomiese besluite geneem deur: A. verbruikers B. owerheid C. kiesers D. vakbonde. 1.1.5 Watter van die volgende is 'n kenmerk van oligopolies? A. 'n Gestandaardiseerde produk B. Baie produsente © Via Afrika Uitgewers >> Ekonomie 162
EINDEKSAMEN VRAESTEL MIKRO-EKONOMIE C. Interafhanklikheid tussen 'n paar maatskappye D. Afwaarts hellende vraagkurwe waarvoor maatskappye te staan kom 1.1.6 As 'n paar maatskappye in dieselfde nywerheid bymekaarkom om pryse en produksie- uitsetvlakke vas te stel, sal dit 'n voorbeeld wees van: A. monopolistiese gedrag B. winsdeling C. samespanning D. volmaakte mededinging. 1.1.7. Watter van die volgende is NIE 'n kenmerk van 'n volmaak mededingende arbeidsmark nie? A. Werkers lyk identies vir maatskappye. B. Werkers kry lone wat bokant hul marginale inkomsteproduk is C. Daar is geen versperrings om tot die arbeidsmark toe te tree nie. D. Daar is geen versperrings om uit die arbeidsmark te tree nie. 1.1.8 As 'n per eenheid-subsidie aan Jacks Electronics gegee word, watter van die volgende sal gebeur? A. Jacks Electronics se hoeveelheid sal toeneem B. Jacks Electronics se hoeveelheid sal afneem C. Jacks Electronics se hoeveelheid sal nie verander nie D. Geeneen van die bostaande (8 × 2 = 16) 1.2 Kies 'n beskrywing uit KOLOM B wat pas by 'n item in KOLOM A. Skryf net die letter (A–H) langs die vraagnommer (1.2.1–1.2.8) in die antwoordboek. KOLOM A KOLOM B 1.2.1 Nismark A Verbeter die doeltreffendheid van markte deur mededinging tusen produsente te verseker 1.2.2 Homogene produk B Iets wat natuurlik ontstaan of bestaan in 'n sekere kulturele gebied 1.2.3 Inheems C 'n Verandering in totale inkomste meegebring deur een addisionele eenheid te verkoop 1.2.4 Koolstofbelastings D Die koper of verkoper het geen markkrag om die markprys van die produk te beïnvloed nie 1.2.5 Markkrag E Kopers of verkopers is in staat om die markprys van 'n produk te beïnvloed 1.2.6 Marginale inkomste F Soortgelyke of identiese produkte 1.2.7 Prysnemer G 'n Spesifieke mark binne 'n ander mark 1.2.8 Mededingingsbeleid H 'n Belasting op die vrystelling van koolstofdioksiedgas in die atmosfeer (8 × 1 = 8) 1.3 Lees die volgende stellings en beantwoord net WAAR of ONWAAR op jou antwoordblad. 1.3.1 Monopolistiese mededinging bestaan in baie markte. 1.3.2 Die produksie-uitset van 'n nywerheid is die som van die produksie-uitset van al sy individuele maatskappye. 1.3.3 In volmaakte mededinging kan die produksiefaktore soos arbeid, kapitaal en entrepreneuskap nie maklik van een geografiese gebied na die volgende een en van een nywerheid na die volgende een beweeg nie. 1.3.4 Die veranderlike koste van 'n maatskappy is koste wat nooit verander kan word nie. © Via Afrika Uitgewers >> Ekonomie 163
EINDEKSAMEN VRAESTEL MIKRO-EKONOMIE 1.3.5 Vir positiewe eksternaliteite word betaal deur die persoon wat daarby baat vind. 1.3.6 Wanneer 'n maatskappy se MK > MI, maak dit 'n normale wins. (6 × 1 = 6) [30] AFDELING B (BEANTWOORD ENIGE TWEE VRAE) VRAAG 2 VOLMAAKTE MEDEDINGING 2.1.1 Watter EEN van die punte hierbo op die grafiek word met 'n ekonomiese verlies geassosieer? (2) 2.1.2 Omskryf normale wins. (4) 2.1.3 Identifiseer die winsmaksimaliseringspunt op die grafiek. (2) 2.2 Lys SES kenmerke van 'n volmaak mededingende mark. (12) 2.3 Gebruik 'n tabel om die verskille tussen 'n volmaakte en onvolmaakte mark te toon. (5 x 2 =10) 2.4 Beantwoord volgende die vrae met behulp van die diagram hierbo. © Via Afrika Uitgewers >> Ekonomie 164
EINDEKSAMEN VRAESTEL MIKRO-EKONOMIE 2.4.1. Wat is aanvanklike ewewigsprys? (2) 2.4.2 Wat is aanvanklike ewewigshoeveelheid? (2) 2.4.3 As gevolg van die groter vraag na selfone het die vraag na landlyne afgeneem. Watter kurwe stel die nuwe vraag na landlyne voor? Staaf jou antwoord met verwysing na die diagram. (6) (10) [40] VRAAG 3 ONVOLMAAKTE MARKTE Beantwoord die volgende vrae met behulp van die diagram hiebo wat sowel 'n volmaak mededingende mark as 'n monopolie aandui. 3.1.1 By watter punt is die wins gemaksimaliseer? (2) 3.1.2 Vergeleke met volmaakte mededinging, is die prys wat die maatskappy vra, hoër, laer of dieselfde? (2) 3.1.3 Vergeleke met volmaakte mededinging, is die hoeveelheid wat die maatskappy produseer, hoër, laer of dieselfde? (2)(6) 3.2. Wat word met die term “produkdifferensiasie” bedoel? (2) 3.3 Gee twee voorbeelde van hoe 'n maatskappy produkdifferensiasie kan gebruik. (2) 3.4 Bespreek kortliks die kenmerke van 'n monopolie. (10) © Via Afrika Uitgewers >> Ekonomie 165
EINDEKSAMEN VRAESTEL MIKRO-EKONOMIE 3.5 Bespreek die langtermynposisie van 'n monopolisties mededingende maatskappy. (8) 3.5 Bespreek VIER kenmerke van 'n monopolisties mededingende maatskappy. (2 x 4) (8) [40 VRAAG 4 HEDENDAAGSE KWESSIES [http://www.greenpeace.org.au/blog/?] 4.1 Kies die korrekte woord uit dié tussen hakies. Skryf net die woord langs die vraagnommer (4.1.1 – 4.1.4) in die ANTWOORDBOEK. 4.1.1 (Ekotoerisme/Eksternaliteit) beteken die koste of voordeel wat spruit uit enige aktiwiteit wat nie die persoon of organisasie wat die aktiwiteit uitvoer, beïnvloed nie. 4.1.2 Waneer bome op groot skaal verwyder word, vind (bewaring/ontbossing) plaas. 4.1.3 In 'n ekonomie met volle indiensneming sal (die vraag na uitvoere /'n hoër inkomstebelastingkoers) inflasie veroorsaak. 4.1.4 Die meeste indiensneming in die toerismebedryf vind in die (vervoer-/gasvryheid-) sektor plaas. (4 × 2 = 8) 4.2 Noem enige TWEE inheemse vorme van kuns in Suid-Afrika. (2 × 2 = 4) 4.3 Verduidelik VIER maniere waarop die omgewing by toerisme baat vind. (4 × 2 = 8) 4.4 Beantwoord hierdie vrae: 4.4.1 Wat kan, na jou mening, keer dat toeriste kies om 'n Afrika-bestemming te besoek? (3) 4.4.2 Verduidelik in jou eie woorde wat die strokiesprent sê oor omgewingsbewustheid. (2 × 2 = 4) 4.4.3 Stem jy saam dat toerisme tot 'n beter lewe vir almal sal lei? Motiveer jou antwoord. (3) 4.5 Bespreek vyf negatiewe gevolge van globalisering. (5 × 2 = 10) [40] © Via Afrika Uitgewers >> Ekonomie 166
EINDEKSAMEN VRAESTEL MIKRO-EKONOMIE AFDELING C (BEANTWOORD ENIGE EEN VRAAG) VRAAG 5 HEDENDAAGSE KWESSIES “Toerisme is 'n belangrike en snelgroeiende sektor van die Suid-Afrikaanse ekonomie, maar dit het negatiewe sowel as positiewe gevolge.” Bespreek die potensieel negatiewe en positiewe uitwerking van toerisme op 'n land. Onderverdeling van punte: Formaat 5 punte Liggaam 30 punte Interpretasie van vraag 5 punte [40] VRAAG 6 HEDENDAAGSE KWESSIES Die gevolge van aardverwarming begin 'n erge uitwerking oor die planeet heen hê, en die globale gemeenskap probeer die probleem van klimaatsverandering aanpak. Bespreek. Onderverdeling van punte: Formaat 5 punte Liggaam 30 punte Interpretasie van vraag 5 punte [40] Totaal: 150 punte © Via Afrika Uitgewers >> Ekonomie 167
MEMORANDUM MAKRO-EKONOMIE MAKRO-EKONOMIE VRAAG 1 1.1 1.1.1B √√ 1.1.2 C √√ 1.1.3 B √√ 1.1.4 C √√ 1.1.5 A√√ 1.1.6 B√√ 1.1.7 B √√ 1.1.8 B √√ (16) 1.2 1.2.1 B √ 1.2.2 D√ 1.2.3 E√ 1.2.4 H√ 1.2.5 F√ 1.2.6 C√ 1.2.7 G √ 1.2.8 A √ (8) 1.3 1.3.1 T√ 1.3.2 T√ © Via Afrika Uitgewers >> Ekonomie 168
MEMORANDUM MAKRO-EKONOMIE 1.3.3 F√ 1.3.4F√ 1.3.5T√ 1.3.6F √ (6) (30) VRAAG 2 2.1.1 Verbeter globale doeltreffendheid. √√ Spesialisering. √√ Skaalbesparings. √√ Innovering. √√ Keuse. √√Laer pryse. √√ Versprei demokraƟese waardea. √√ (2 x 2) 2.1.2 In 'n vaste wisselkoersstelsel is die waarde van die geldeenheid onveranderd, gewoonlik teenoor die VS-dollar. Wanneer 'n land 'n vaste wisselkoers wil aanpas, moet dit die geldeenheid devalueer of revalueer. √√√√In 'n swewende wisselkoersstelsel word die geldeenheid soos enige ander mark behandel en toegelaat om sy eie vlak te vind deur vraag en aanbod. √√√√ ( 4 x 2 = 8) 2.2 Hoër invoere, √√ terugbetaling van lenings aan Europa, √√toeriste wat Europa besoek, √√sakelui wat Europa besoek. √√ (2 x 2) (4) 2.3.1 Die betalingsbalans is 'n rekord van alle transaksies van 'n land met die res van die wêreld oor 'n tydperk. √√ (2) 2.3.2 Suid-Afrika voer nou tekstiele in wat 'n negatiewe uitwerking op die lopende rekening van die betalingsbalans het omdat ons meer buitelandse valuta moet koop om daarvoor te betaal. √√√√ (2x2) (4) 2.3.3 Invoere het toegeneem wat 'n negatiewe saldo verhoog het. √√ (2)(8) 2.4 Omdat dit nie as goed vir ons beskou word nie, gryp die owerheid in om die gebruik daarvan te ontmoedig met behulp van wette en belastings, 'n voorbeeld is sigarette of dwelms. √√√√ (4 x 2) (8) 2.5 Die Suider-Afrikaanse Doeane-unie (SADU) bestaan uit Suid-Afrika, Botswana, Lesotho, Namibië en Swaziland. Hierdie lande onderhandel gesamentlik oor vryhandelsgebiede met ander lande. √√ Die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SAOG) Die SAOG is 'n vryhandelsgebied en die lidstate daarvan stel daarin belang om 'n ekonomiese en monetêre unie te vorm. √√ Die Afrika-unie (AU) Die AU bestaan om samewerking tussen die lande van Afrika te bevorder. Sy ekonomiese ontwikkelingsprogram, wat as die Nuwe Vennootskap vir Afrika-ontwikkeling (NEPAD) © Via Afrika Uitgewers >> Ekonomie 169
MEMORANDUM MAKRO-EKONOMIE bekend staan, moedig streeksamewerking en -integrasie. Die AU is 'n voorstander daarvan dat alle Afrikalande moet verenig om 'n ekonomiese en monetêre unie te vorm. √√ Die Europese Unie (EU) Die EU-SA-vryhandelsooreenkoms moedig groter handel tussen die twee ondertekenaars aan. SA het toegestem tot sekere teikens met betrekking tot laer tariewe op goedere wat tussen SA en die EU verhandel word. √√ Mercusor is 'n streekshandelsgebied (SHG) wat bestaan uit Brasilië. Argentinië, Paraguay en Uruguay. In 2000 het SA ingestem om te werk vir 'n vryhandelsooreenkoms tussen SADU en Mercusor. √√ SA het 'n ooreenkoms met die Europese Vryhandelsgebied (EFTA) wat Noorweë, Switserland, Ysland en Liechtenstein insluit. √√ In 2010 het Suid-Afrika en China handelskontrakte ter waarde van R2, 3 miljard onderteken. SA is ook in die proses om onderhandelinge met Indië af te sluit met betrekking tot 'n vryhandelsooreenkoms. √√ Suid-Afrika het onlangs deel van hierdie groep geword, waarna nou as die BRICS-lande verwys word (Brasilië, Rusland, Indië, China en Suid-Afrika) √√ (enige 5 X 2 =10) [40] VRAAG 3 3.1 Fisiese of geologiese redes, soos die aanwesigheid of afwesigheid van vrugbare grond, water, minerale, bestuur van natuurlike hulpbronne. √√ Konflik, byvoorbeeld tussen politieke of godsdienstige groepein 'n land. √√ Beskikbaarheid van en toegang tot infrastruktuur. √√ (2 × 2 = 4) 3.2 'n Nywerheidsontwikkelingsone is 'n duidelik afgebakende nywerheidsterrein of -gebiedwat 'n vryhandelenklawe in die doeane- en handelsregime van 'n land vorm √√ en waar buitelandse vervaardigingsmaatskappye wat hoofsaaklik vir uitvoer produseer, √√baat vind by 'n sekere aantal fiskale en finansiële aansporings. √√Die voordeel van 'n NOS is dat dit investering lok, insluitend buitelandse investering, en tot werkskepping lei.√√ Die NOS’e, wat almal naby hawens en lughawens geleë is, fokus hoofsaaklik op uitvoernywerhede. √√ (3 × 2 = 6) 3.3 Ekonomiese integrasie kan groter ontwikkelingsvoordele meebring √√ deur die kollektiewe gebruik van ekonomiese beleide. √√Saamwerk kan baie doeltreffender en doelmatiger wees, √√ en 'n projek wat dalk nie vir een land of streek lewensvatbaar is om te onderneem nie, kan lewensvatbaar word deur samewerking √√. (2 × 2 = 4) 3.4 Volle indeinsneming is 'n belangrike ekonomiese doelwit, dit beteken indiensneming vir alle ekonomies aktiewe persone wat bereid is om te werk. √√ Streeksontwikkeling sluit programme in soos NOS’e, IRO’s, aansporings, SSVOP en strategiese investeringsprogramme. √√ Die nasionale © Via Afrika Uitgewers >> Ekonomie 170
MEMORANDUM MAKRO-EKONOMIE vaardigheidsowerheid beoog om fasiliteite vir vaardigheidsopleiding by te staan ten einde die gehalte van arbeid te verbeter. √√Die HOP, GEAR en Asgi-SA is breë nasionale ekonomiese programme wat gerig is op die skepping van 'n platform vir ekonomiese groei wat werkgeleenthede sal verhoog. √√ (4 x 2) (8) 3.5 Lewenstandaar, √√ indiensneming- en opleidingsgeleenhede, √√ armoedevlakke, vlak van ekonomiese ontwikkeling. √√ 3.6 Gesondheidsorg, √√toelaes aan die bejaardes, √√ opleiding, √√ primêre gesondheidsorg. √√ (4 x 2) (8) [40] VRAAG 4 4.1 Vraaginflasie kom voor wanneer die totale vraag na goedere en dienste die totale aanbod oortref. √√ IDir staan ook bekend as surplusvraaginflasie√√ Ons sê ok dat vraaginflasie voorkom wanneer die totale besteding in die ekonomie voortdurend die toename in die aanbod van goedere en dienste oortref. √√ Vraag verhoog die pryse. √√ (6) 4.2 Inflasie tesame met werkloosheid en ekonomiese stagnasie. √√ (2) 4.3 Bevriesing van loonsverhogings √√ Bevriesing van pryse √√ Hoër koste van leen √√ Strenger met kredietbeheer √√ (enige 3 × 2 = 6) 4.4 Inflasie bevoordeel debiteure (leners) ten koste van krediteure (uitleners) deur die herverdeling van rykdom van debiteure na leners. √√ Mense wat van spaargeld en vaste inkomste afhanklik is, is veral kwesbaar vir hierdie herverdelingseffek van inflasie. √√ Inflasie herverdeel ook inkomste van die privaat sektor na die owerheid omdat owerhede gewoonlik debiteure is. √√ Uitvoere raak minder mededingend as gevolg van hoër pryse. √√ (4 × 2 = 8) 4.5 Inflasie is 'n volgehoue styging in die algemene prysvlakke √√ oor 'n tydperk √√ (4) 4.6 Meer besteding deur huishoudings. Dit kan wees as gevolg van makliker toegang tot krediet of laer rentekoerse wat krediet goedkoper maak. Omdat krediet goedkoper is, sal huishoudings meer leen, en dus meer bestee. √√ Meer investeringsbesteding deur maatskappye. Dit kan die gevolg wees van 'n hoër vraag na goedere en dienste wat deur hulle geproduseer word, 'n laer rentekoers wat die koste van leengeld verminder, of groter sakevertroue. √√ Meer besteding deur die owerheid. Dit kan die gevolg wees van beleide om werkloosheid te hanteer of wat dienste aan die publiek verskaf.√√ Meer besteding deur die buitelandse sektor. Dit kan die gevolg wees van 'n hoër vraag na uitvoere as gevolg van hoër ekonomiese groeikoerse by ons handelsvennote of 'n verlaging in die prys van minerale, wat die hoeveelheid wat aangevra word, verhoog. √√ (any 2 × 2 = 4) 4.7 4.7.1 Die groei van inflasie ten koste van die ekonomie √√ (2) 4.7.2Daar word meer geleen, vaste inkomste en pensioene verminder, hoë bestedingsvlakke van buitelandse goed 4.7.3 Namate prysvlakke styg, neem die reële waarde van ekonomiese groei af. Daar is 'n omgekeerde verhouding tussen inflasie en ekonomiese groei. √√√√ (2 × 2 = © Via Afrika Uitgewers >> Ekonomie 171
MEMORANDUM MAKRO-EKONOMIE [40] VRAAG 5 1.NOS staan vir nywerheidsontwikkelingsone. NOS’e is geografies ontwerpte, doelmatig geboude nywerheidsterreine wat dienste lewer wat gerig is op uitvoergeoriënteerde nywerhede.√√ Dit is fisies ingesluit en gekoppel aan 'n internasionale hawe of lughawe.√√ Dit is ontwerp om nuwe beleggings in uitvoergedrewe nywerhede te lok. √√ Dit val buite die binnelandse doeanesones en is in staat om items vry van doeane en handelsbeperkings in te voer, waarde toe te voeg en dan hul goedere uit te voer. √√ Ontwikkeling en bestuur word deur die privaat sektor gedoen. √√ Die owerheid se NOS-beleid is ontwerp om uitvoere en werkskepping te bevorder. √√NOS’e beoog om ekonomiese groei aan te moedig en buitelandse investering in nywerheidsontwikkeling te lok √√ en fasiliteer internasionale mededingendheid wat vervaardiging betref. √√ (maks. 10) 2. Inisiatiewe vir Ruimtelike Ontwikkeling-programme lok infrastruktuur en sakebeleggings na onderontwikkelde gebiede met die primêre oogmerk om werk te skep. √√ Die Departement van Handel en Nywerheid is die dryfkrag agter nywerheids- en ruimtelike ontwikkeling √√ en die DHN maak planne saam met die sentrale, provinsiale en plaaslike regerings, NOK, semistaatsondernemings en navorsingsinstellings. √√ Die Nywerheidsontwikkelingsbeleid-program (Ruimtelike Ontwikeling) het twee hooffokuspunte: - Inisiatiewe vir Ruimtelike Ontwikkeling (IRO) en finansiële aansporings.√√ IRO verwys na die nasionale regering se inisiatiefprogram gerig op die ontsluiting van inherente en onderbenutte ekonomiese ontwikkelingspotensiaal van sekere spesifieke ruimtelike liggings in SA. √√ Sommige van die hooffokuspunte van die IRO-program is: Lubombo Korridor (agrotoerisme, opvoeding, kunsvlyt, kommersiële en landbousektore); √√ KwaZulu-Natal (hawens van Durban en Richardsbaai); Wekus IRO (vis- en nywerheidshawens); √√ Coast-2-Coast Korridor met agrotoerisme. √√ (maks. 10) 3. Finansiële aansporings: Klein- en Mediumondernemings-ontwikkelingsprogram (KMOOP) √√ 'n aansporing wat 'n belastingvrye kontanttoelae vir investering in nywerhede in Suid-Afrika voorsien √√ Byvoorbeeld, vervaardiging, landbou, verwerking, akwakultuur en toerisme. √√ KriƟese Infrastruktuur- befondsingsprogram (KIB) √√ 'n belasƟngvrye kontanƩoelaag-aansporing vir projekte wat ontwerp is om kritiese infrastruktuur in Suid-Afrika te verbeter √√ byvoorbeeld vir installering, konstruksie van infrastruktuur, betaling van werknemers, materiale wat direk gedurende installering verbruik word. √√ Belastingvrye aansporings (vir sakeondernemings wat in die NOS’e bedryf word) gerig op uitvoergeoriënteerde vervaardiging om mededingendheid te bevorder √√ en om buitelandse en plaaslike direkte investering te bevorder. √√Buitelandse investeringstoelaag, 'n kontanƩoelaag om buitelandse beleggers by te staan wat in nuwe vervaardigingsondernemings in Suid-Afrka belê √√ Bepaling van koste om nuwe masjinerie en toerusting van die buiteland hervestig. √√ Strategiese Investeringsprojekte (SIP) lok beleggings van plaaslike en buitelandse entrepreneurs na die volgende nywerheidsektore: vervaardiging, rekenaars, navorsing en ingenieurswese. √√ Vaardigheidsondersteuningsprogram (VOP), kontanttoelaag vir vaardigheidsontwikkeling wat groter investering in opleiding oor die algemeen aanmoedig en ontwikkeling van nuwe gevorderde vaardighede stimuleer. √√ Swart Sakeonderneming-verskafferontwikkelingsprogram (SSVOP), aansporing bestaan uit 80% kontant, wat ondernemigs in swart besit voorsien van toegang tot opleiding om bestuursdoeltreffendheid van hul ondernemings te verbeter. √√ (maks. 15) Formaat - 5 punte © Via Afrika Uitgewers >> Ekonomie 172
MEMORANDUM MAKRO-EKONOMIE Liggaam - 30 punte Interpretasie van vraag - 5 punte per rooster [40] VRAAG 6 Die begroting is 'n plan vir die insameling en besteding van die geld van die mense van die land deur die regering tot voordeel van die publiek. √√ Die mense van Suid-Afrika word verteenwoordig deur die parlement en die grondwet, wat riglyne vir beraming, toewysing en monitering van die begroting gee. √√ Die regering gebruik inkomste wat dit ontvang van belastingheffing, ondernemings in staatsbesit en lenings om vir sy uitgawes aan sosiale dienste, ekonomiese groei en die salarisse van staatsamptenare te betaal, onder andere. √√√√ In Februarie van elke jaar sit die Minister van Finansies sy planne in die begroting uiteen oor hoe hy geld gaan insamel en bestee in die komende jaar. √√ Die Mediumtermyn-bestedingsraamwerk (MTBR). Dit word elke jaar gepubliseer, 'n paar maande voor begrotingsdag. √√ Dit bevat 'n opsomming van die regering se doelwitte en oogmerke, inligting oor hoe die regering verwag die ekonomie sal presteer oor die volgende drie jaar, hoeveel belasting na verwagting ingesamel sal word en vlakke van staatsbesteding en -tekorte. √√Dit bevat ook 'n verduideliking van die manier waarop inkomste gedeel sal word tussen die nasionale, provinsiale en plaaslike regerings, en 'n opsomming van die beleide waarop die MTBR gebaseer is. √√Die belangrikste oogmerke met die publisering van so 'n dokument voor die werklike begroting, is om deursigtigheid te verbeter en om tyd vir debat toe te laat. √√ Die Hoofbegroting. Dit is begroting van die sentrale regering en word gedurende die tweede helfte van Februarie voorgelê. √√ Dit word deur die Minister van Finansies aan die parlement voorgelê ten einde hul goedkeuring te kry. Hierdie begroting is vir een fiskale jaar, wat strek van 1 April tot 31 Maart. √√Nadat die hoofsny toegewys is, word die regering se inkomste verdeel onder die nasionale, provinsiale en plaaslike vlakke. √√ Die provinsies ontvang die grootste deel van hierdie inkomste omdat hulle die meeste van hul funksies namens die sentrale regering uitvoer. √√ Belastingheffing is die belangrikste inkomste van die regering asook inkomste uit eiendom en beleggings en lenings. √√√√√√ Belastingheffing kan sowel direk, soos inkomstebelasting, as indirek, soos BTW, wees. Inkomste word op 'n gelyke basis, volgens bevolkingsgrootte, aan die provinsiale regerings (43,5%) en plaaslike munisipaliteite (1,1%) toegewys. Die hoofsny (23%) word gebruik vir die terugbetaling van skuld en vir noodgevalle. 43,3 % word deur die nasionale regering teruggehouvir dienste wat nasionaal gelewer moet word, soos die weermag en polisie. √√√√√√√√ (14)[40]Formaat - 5 punte Liggaam - 30 punte Interpretasie van vraag - 5 punte TOTAL 150 © Via Afrika Uitgewers >> Ekonomie 173
MEMORANDUM MIKRO-EKONOMIE Nasienmemorandum Graad 12 Ekonomie Vraestel 2 Mikro-ekonomie Vraag 1 1.1 1.1.1 A√√ 1.1.2 C√√ 1.1.3 C√√ 1.1.4 B√√ 1.1.5 C√√ 1.1.6 C√√ 1.1.7 B √√ 1.1.8 A√√ (16) 1.2 1.2.1 G √ 1.2.2 F √ 1.2.3 B √ 1.2.4H √ 1.2.5E √ 1.2.6 C √ 1.2.7 D √ 1.2.8 A√ (8) 1.3 © Via Afrika Uitgewers >> Ekonomie 174
MEMORANDUM MIKRO-EKONOMIE 1.3.1T √ 1.3.2 T√ 1.3.3F√ 1.3.4 F√ 1.3.5 F√ 1.3.6 F√ (6) [30] Vraag 2 2.1 2.1.1 D-A omdat marginale koste groter is as marginale inkomste . √√ (2) 2.1.2 Normale wins kom voor waar marginale inkomste gelyk is aan marginale koste. √√√√ (4) 2.1.3 Punt E, waar MI = korttermyn marginale koste. √√ (2) 2.2 a) Baie kopers en verkopers √√ b) Homogene produk√√ c) Volmaakte inligting √√ d) Geen samespanning √√ e) Vryheid van toetrede en uittrede √√ f) Mobiliteit van die produksiefaktore √√ f) Ongereguleerde mark √√ ( 6 x 2)(12) 2.3 Volmaakte mededinging Onvolmaakte mededinging Baie sakeondernemings Een of 'n paar sakeondernemings Homogene produk Heterogene of unieke produk Prysnemer Prysmaker Geen versperrings vir toetrede 'n Aantal of baie versperrings vir toetrede Produksiefaktore is vrylik beskikbaar Produksiefaktore is nie almal vrylik beskikbaar nie Volledige markkennis aan die kant van sowel die Onvolledige markkennis kopers as verkopers Samespanning is nie moontlik nie Beheer oor mark of samespanning of © Via Afrika Uitgewers >> Ekonomie 175
MEMORANDUM MIKRO-EKONOMIE produkdifferensiasie (enige 5 x 2 =10) 2.4 2.4.1. P1 √√ (2) 2.4.2 H1 √√ (2) 2.4.3 Die vraagkurwe is V2√√ met ewewig by P2 H2 . √√Dit is omdat die hele vraagkurwe vir landlyne terugwaarts verskuif het omdat minder landlyne teen enige prysvlak aangevra word. √√ (6) (10) [40] VRAAG 3 3.1 1 a √√ (2) 3..1.2 Hoër √√ (2) 3.1.3 Laer √√ (2) 3.2 'n Metode om verbruikers aan te moedig om 'n produk te koop eerder as enige soortgelyke produkte. √√ (2) 3.3 Om te laat lyk of die produk van beter gehalte is of 'n beter prys het, byvoorbeeld geenneaam- handersmerke, of om die produk 'n unieke handelsmerk te gee, byvoorbeeld ontwerpersklere en - horlosies. (enige gepaste antwoord) √√ (2) 3.4 • Daar is net een verkoper van die produk. Hierdie enkele maatskappy is dus verantwoordelik vir die produksie-uitset van die nywerheid. √√ • Die produk of diens is uniek en daar is geen goeie vervangingsprodukte nie. √√ • Daar is versperrings vir toetrede. Dit kan wees as gevolg van patente en ander vorme van intellektuele eiendomsregte, beheer oor hulpbronne, owerheidsregulasies en dalende koste. √√ • Die monopolis word beskou as 'n prysmaker omdat dit in staat is om die markprys te beïnvloed deur die hoeveelheid wat aan die mark gelewer word, te verander. √√ • Dit is ook vir die monopolis moontlik om 'n ekonomiese wins op lang termyn te maak. √√. (10) 3.5 Omdat toetrede tot die mark redelik maklik is, sal die ekonomiese wins wat die maatskappy maak, ander maatskappye lok om tot die mark toe te tree. √√Dit sal die mededinging verhoog waarvoor die maatskappy te staan kom, en die vraag na die maatskappy se produk verander. √√ Die vraagkurwe sal na links verskuif en dus die marginale inkomstekurwe ook. Omdat daar nou meer plaasvervangers is, raak die kurwe meer elasties. √√ Hierdie proses duur voort totdat ekonomiese winste uitgeskakel word. √√ (8) © Via Afrika Uitgewers >> Ekonomie 176
MEMORANDUM MIKRO-EKONOMIE 3.6 Relatief baie maatskappye en kopers – In monopolistiese mededinging is die aantal maatskappye meer as 'n monopolie (waar daar net een is), meer as 'n oligopolie (waar daar net 'n paar is), maar minder as volmaakte mededinging. √√ Maatskappye is prysmakers. Anders as in die geval van volmaakte mededinging waar maatskappye geen invloed het op die prys het nie, het hulle in monopolistiese mededinging 'n mate van beheer oor die prys omdat hulle 'n gedifferensieerde produk verkoop. √√ Daar is geen samespanning tussen maatskappye nie. As gevolg van die groot aantal maatskappye is dit nie vir hulle moontlik om saam te span om hul produksie-uitset te beperk en op prysvastelling ooreen te kom nie soos die geval is in 'n oligopolie. √√ Daar is vryheid van totrede en uittrede. Toetrede tot die mark is redelik maklik omdat dit nie baie kapitaal vereis of toegang tot 'n skaars natuurlike hulpbron of gevorderde tegnologie nie, en dit verhoog mededinging in die mark. √√ (2 x 4) (8) VRAAG 4 4.1 4.1.1 Eksternaliteit √√ 4.1.2 Ontbossing √√ 4.1.3 Die vraag na uitvoere √√ 4.1.4 Vervoer √√ (4 × 2 = 8) 4.2 Enige relevante antwoord, soos dans, kulturele kuns, fabrieksontwerpe, aandenkings. √√ √√ (2 × 2 = 4) 4.3 Meer inkomste om te gebruik om die omgewing te bewaar, √√ groter bewustheid van die behoefte aan omgewingsbewaring √√meer buitelandse belangstelling om te help met omgewingsvolhoubaarheid, √√vaardigheidsopleiding vir plaaslike inwoners in omgewingsprojekte. √√ (4 × 2 = 8) 4.4 4.4.1 Polititieke onstabiliteit, gebrek aan infrastruktuur, besorgdheid oor veiligheid – enige gepaste antwoord. √√ √(3) 4.4.2 Dat te min te laat gedoen word (verdrinking), √√dat nie genoeg gedoen word nie, √√dat stemme wat opgaan in kommer oor omgewingsvolhoubaarheid, nie gehoor word nie √√ (2 × 2 = 4) 4.4.3 Ja of nee, met enige geldige rede. √√√ (3) 4.5 Omgewingsagteruitgang; √√veiligheid en arbeidsregulasies word ondermyn; √√individuele regerings kan nie hul eie besluite oor hul mark neem nie; √√buitelandse maatskappye kan regerings vir verliese dagvaar; √√werkverliese en uitbesteding; √√vryhandel lei tot globaliseringf en hoër aktiwiteit deur MNC’s. √√ (10) [40] © Via Afrika Uitgewers >> Ekonomie 177
MEMORANDUM MIKRO-EKONOMIE VRAAG 5 Die Nuwe Groeipad identifiseer toerisme as een van die ses kernpilare van groei. Toeriste bestee geld en dus sal 'n toename in toerisme in 'n sekere gebied bydra tot 'n toename in inkomste in daardie gebied. √√ Die volgende tipes besteding wat uit toerisme spruit, kan geïdentifiseer word: • Direkte besteding: Dit sal insluit die besteding aan goedere en dienste deur die toeriste self in hotelle, restaurants, winkels, ander toeristefasiliteite, uitvoer wat deur toerisme gegenereer word, d.i. goedere wat deur die toeriste gekoop word asook investering in 'n area wat spesifiek met toerisme verband hou, byvoorbeeld oprigting van akkommodasiefasiliteite by 'n toeristebestemming. √√ • Indirekte besteding: Dit is besteding deur dié wat goedere en dienste aan toeriste verskaf, soos die goedere wat deur die hotels en toeristewinkels gekoop word. √√ • Afgeleide besteding: Dit is die toename in verbruiksbesteding as gevolg van addisionele persoonlike inkomste wat deur die direkte besteding gegenereer is, byvoorbeeld die hotelwerkers wat hul lone gebruik om vir goedere en dienste te betaal. √√ Vir elke rand wat 'n toeris bestee, is daar 'n vermenigvuldiger-effek sodat die totale effek op die inkomste baie hoër is. √√ Werkloosheid is die grootste sosio-ekonomiese probleem in Suid-Afrika en omdat toerisme 'n arbeidsintensiewe bedryf is, het dit die potensiaal om 'n bydrae tot die bekamping van werkloosheid te lewer. Wanneer die besteding van buitelandse toerisme styg, styg vastekapitaal-vorming oor die algemeen ook. Toerisme lewer 'n groot bydrae tot die totale BBP en hierdie bydrae is besig om te styg. Toerisme is dus 'n belangrike bedryf in Suid-Afrika. Dit dui ook aan dat 'n toename in toerisme sowel kapitaalvorming as indiensneming beïnvloed en dus lewer dit ook 'n bydrae tot ekonomiese ontwikkeling. √√√√ 'n Voordeel van die toerismebedryf is dat daar min versperrings vir toetrede is. ✓Toetredeversperrings verwys na struikelblokke wat dit moeilik kan maak om tot 'n spesifieke mark toe te tree. Die befondsingvereistes kan laag wees, dit is nie 'n tegnologies intensiewe bedryf nie, en dit behels nie vaardighede wat besonder moeilik is om te bemeester nie. Dit beteken dat iemand redelik maklik tot die toerismebedryf kan toetree, selfs persone met min opleiding. √√√√ Nog 'n voordeel van toerisme is dat dit ook 'n bydrae lewer tot die bewaring van ons unieke kultuur en erfenis. Toerisme, en veral landelike en kulturele toerisme, lewer 'n bydrae om ons inheemse kennisstelsels te bewaar. √√√√ Toerisme speel ook 'n belangrike rol in die vestiging van die karakter van ons land en samelewing. ✓ As buitelandse besoekers aan ons land 'n aangename ondervinding het, kan dit 'n bydrae lewer tot die versterking van internasionale betrekkinge en die opbou van sosio-ekonomiese en politieke netwerke waarby ons in die toekoms kan baat vind. ✓Dus is 'n belegging in toerisme ook 'n belegging in die beeld van ons land. 'n Land met 'n positiewe beeld kan dit makliker vind om buitelandse beleggings te lok. √√√√ As ander lande ervaar dat ons land 'n positiewe beeld het, sal dit ook 'n bydrae tot nasionale trots lewer. ✓Die bevordering van nasionale trots kan 'n menigte positiewe byvoordele hê, soos dat ons beter sal sorg vir ons omgewing, hulpbronne en ons gemeenskappe, insluitend die bejaardes en die jeug. ✓ © Via Afrika Uitgewers >> Ekonomie 178
MEMORANDUM MIKRO-EKONOMIE Nasionale trots lewer 'n bydrae tot die skepping van 'n hoopvolle gemeenskap wat werk vir die toekoms.. √√√√ Toerisme het hoofsaaklik 'n positiewe uitwerking op 'n land, veral uit 'n ekonomiese perspektief. Daar kan egter 'n aantal belangrike negatiewe implikasies wees wat nie geïgnoreer moet word nie, en dit moet ideaal gesien aangepak word voordat die probleme ondraaglik of onoplosbaar word. √√√√ Die eerste belangrike negatiewe uitwerking wat toerisme kan hê, is op die omgewing. ✓ In die eerste plek gaan toerisme gepaard met vervoer, en vervoer is 'n groot bron van besoedeling. ✓'n Beleid moet gevolg word wat verseker dat toeriste op die omgewingsvriendelikste manier vervoer word, terwyl daar steeds na hul gerief omgesien word. ✓In baie gevalle kan toeriste,veral dié wat in 'n meer kultureel outentieke ervaring belangstel, dit verkies om 'n minder gerieflike, meer omgewingsvriendelike vervoerwyse te gebruik, soos die rikshaw wat as 'n vervoerwyse in Durban gebruik word. Om met perde en kamele te ry, is ook gewilde toeriste-aktiwiteite, net soos fietsry, voetslaan en kanovaart.. √√√√ Tourists can also harm the environment by placing more pressure on natural resources such as water and beaches. If numbers of tourists are not controlled a lack of adequate resources may lead to such resources becoming depleted or inadequate. Africa has many arid areas where lack of fresh water may become a problem if there is too large an influx of tourists. Countries should keep this in mind when attracting visitors to certain areas. √√√√ Eweneens kan te veel toeriste ook druk plaas op bestaande infrastruktuur. ✓Sanitasie, ✓elektrisiteitsverskaffingsdienste, paaie en spoorweë kan ontoereikend wees om te voorsien in die addisionele behoeftes wat deur toeriste geskep word. Sulke dienste kan egter gemoderniseer en uitgebrei word as daar verwag word dat dit 'n bydrae tot 'n toename in toerisme sal lewer, en dan gefinansier word met die addisionele inkomste wat deur die toerismebedryf geskep word. Sulke verbeteringe in infrastruktuur sal ook tot die plaaslike gemeenskap se voordeel strek. √√√√ Wanneer toeriste natuurlike en kulturele erfenisgebiede besoek, moet moeite gedoen word om te verseker dat sulke gebiede nie negatief deur die toeriste beïnvloed word nie. Maatreëls moet getref word om te verseker dat sulke terreine in hul oorspronklike toestand bewaar word, eerstens omdat dit 'n kwessie van nasionale trots is en tweedens omdat dit sal verseker dat sulke terreine in die toekoms aanloklik sal bly vir toeriste. √√ Onderverdeling van punte: Formaat 5 punte Liggaam 30 punte Interpretasie van vraag 5 punte [40] VRAAG 6 Klimaatsveranderingbeleid: Klimaatsverandering is 'n globale probleemwat aandag moet kry. Die oorsprong van emissies is nie belangrik nie – dit het steeds dieselfde uitwerking op die atmosfeer en dus op klimaatsverandering. √√ Die United Nations Framework Convention on Climate Change (UNFCCC) is die instelling wat oor globale klimaatsbeleid toesig hou. √√ In 1992 het lande by hierdie internasionale verdrag aangesluit om te besluit wat gedoen kan word om die gemiddelde globale temperatuurstygings te beperk en die voortspruitende klimaatsverandering, en © Via Afrika Uitgewers >> Ekonomie 179
MEMORANDUM MIKRO-EKONOMIE om te besluit hoe die gevolge die beste aangepak kan word, waarvan baie, teen daardie tyd, reeds onafwendbaar was. √√ Die stappe wat geformuleer is om deel van die Konvensie te vorm, is die volgende: • Erken dat daar 'n probleem is met behulp van wetenskaplike bewyse. • Stel 'n spesifieke doelwit vir die verlaging van koolstof-emissies en ander kweekhuisgasse. • Plaas die onus op ontwikkelde lande om die voortou te neem. • Gee nuwe fondse vir klimaatsverandering-aktiwiteite in ontwikkelende lande. • Hou die probleem en wat daaraan gedoen word noukeurig dop deur van lande te verwag om verslag te doen oor die vordering. • Stippel die begin van 'n pad uit om 'n delikate balans teweeg te bring ten einde te verseker dat die ontwikkeling nie deur die beperking van emissies verhinder word nie. • Erken dat aanpassings by klimaatsverandering ook 'n belangrike kwessie is. √√√√ √√ Teen 1995 het die lande besef dat die bepalings oor emissiebeperking in die Konvensie onvoldoende was, en daar is met onderhandelinge begin om die globale reaksie op klimaatsverandering te verbeter. In 1997 is die Kioto-protokol aangeneem. √√ Die Kioto-protokol bind ontwikkelde lande wettig aan emissiebeperking-teikens. Die Protokol se eerste verbintenistydperk het in 2008 begin en in 2112 geëindig. √√ By COP17 in Durban het regerings van die partye tot die Kioto-protokol besluit dat 'n tweede verbintenistydperk, van 2013 verder, die einde van die eerste verbintenistydperk naatloos sal volg. Die lengte van die tweede verbintenistydperk moet nog bepaal word: dit sal óf vyf óf agt jaar lank wees. √√√√ Daar is nou 195 partye tot die Konvensie. √√ Reaksie op klimaatsverandering rus op twee pilare: aanpassing en tempering. √√ Aanpassing verwys na praktiese stappe om lande en gemeenskappe te beskerm teen die moontlike versteuring en skade wat die gevolg van die uitwerking van klimaatsverandering kan wees. Byvoorbeeld, as daar verwag word dat klimaatsverandering tot oorstromings in 'n sekere gebied kan lei, kan vloedwalle opgerig word en moet maatreëls getref word om menslike nedersettings uit vloedvlaktes en ander laagliggende gebiede te verwyder. √√ Tempering verwys na menslike handelinge ✓om die bronne van kweekhuisgasse te verminder ✓en/of die moerasse wat kweekhuisgasse absorbeer, te vermeerder. √√ Die UNFCCC het verskeie aksieplanne gereed om aanpassing in ontwikkelende lande wat meestal die kwesbaarste vir die gevolge van klimaatsverandering kan wees, aan te moedig. Dit sluit die Cancun- aanpassingsraamwerk en die Nairobi-werkprogram in. √√√√ Ons moet voorsiening maak vir die koste van klimaatsverandering wanneer ons ekonomiese besluite neem nie, anders sal ons nie die ekonomies doeltreffendste besluit neem nie. Wanneer ons so 'n koste het waarvoor nie in die ekonomiese besluitnemingsproses voorsiening gemaak is nie, noem ons dit 'n eksternaliteit. 'n Eksternaliteit kan sowel positief as negatief wees, maar klimaatsverandering is 'n © Via Afrika Uitgewers >> Ekonomie 180
MEMORANDUM MIKRO-EKONOMIE negatiewe eksternaliteit. Die manier om seker te maak dat die eksternaliteit ook in ag geneem word in die ekonomiese besluitnemingsproses, is om 'n prys daaraan te koppel. Hierdie koste sal deur die koste van klimaatsverandering bepaal word. Dikwels sal hierdie koste die vorm van 'n belasting aanneem. √√ √√ In Suid-Afrika het ons 'n koolstofbelasting. Vanaf die begin van September 2010 is 'n koolstof- emissiebelasting of -heffing op alle nuwe motors ingestel. Hierdie belasting word betaal op die ekstra hoeveeelheid koolstof-emissies wat deur die voertuig vrygestel word. √√ √√ Dit beteken dat die koste van die hoër emissies in ag geneem sal word wanneer besluit word oor watter motor die beste by jou behoeftes en jou begroting sal pas. √√ Soortgelyke belastings kan ook gehef word op enige aktiwiteit wat koolstof-emissies tot gevolg het. √√ 'n Alternatief vir koolstofbelasting is die “cap-and-trade”-stelsel. √√ Volgens hierdie stelsel word koolstofkrediete aan maatskappye toegewys. √√ Elke krediet sal 'n maatskappy toelaat om 'n sekere hoeveelheid koolstof vry te stel. Hierdie toewysing kan in die vorm van 'n veiling plaasvind waar die maatskappye bie vir die hoeveelheid krediete wat hulle nodig het, of deur 'n proses wat “grandfathering” genoem word waardeur maatskappye 'n sekere hoeveelheid krediete gebaseer op hul vorige emissies ontvang. Aan die einde van 'n sekere tydperk, as hul koolstof-emissies minder is as die krediete wat hulle besit, kan 'n maatskappy die ekstra krediete in die koolstofkredietmark verkoop. √√ Lande wat partye tot die Kioto-protokol is, en hierdie Protokol bekragtig het, sal maatreëls gebruik soos dié wat Nordhaus (2009) opsom. Die volgende beskryf die meganismes waardeur die koppeling van 'n prys aan koolstof-emissies lei tot 'n afname in sulke emissies: √√ Dit bied 'n teken aan verbruikers oor watter goedere en dienste hoë koolstof-emissies produseer en dus spaarsamer gebruik moet word. √√ Dit bied tekens aan produsente oor watter insette (soos elektrisiteit uit steenkool) meer koolstof gebruik, en dié (soos elektrisiteit van wind) wat minder of geen koolstof gebruik nie. Dus skep dit 'n aansporing om laekoolstof-tegnologie te gebruik. √√ Uitvinders en innoveerders sal oorreed word om laekoolstof-produkte en -prosesse te ontwikkel en bekend te stel om koolstof-intensiewe tegnologie te vervang as gevolg van die hoër koste van koolstof. √√ Maatreëls wat 'n prys aan koolstof koppel, beteken dat daardie ekonomiese deelnemers wat graag eties wil optree, nie 'n duur inligtinginsamelingsproses aan die gang hoef te sit om die prosesse wat tot die laagste koolstof-emissies lei, te bepaal nie. √√ Onderverdeling van punte: Formaat 5 punte Liggaam 30 punte Interpretasie van vraag 5 punte [40] TOTALE PUNTE 150 © Via Afrika Uitgewers >> Ekonomie 181
MEMORANDUM MIKRO-EKONOMIE © Via Afrika Uitgewers >> Ekonomie 182

Study this subject

Notes, quizzes and topic questions for Grade 12 Economics.

More papers and memos for this grade and subject.

More from Grade 12 Economics

View all