NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 10
NOVEMBER 2019
GEOGRAFIE V1
PUNTE: 225
TYD: 3 uur
*XGEOA1*
Hierdie vraestel bestaan uit 14 bladsye.
Skip to contentAll 2019 papers






View all





Geography Grade 10 P1 National November 2019 QP (Afr)
Grade 10 Geography Paper 1 question paper from the National November Exam 2019 (Afrikaans), 16 pages. Read online or download the free PDF.
Geography · Grade 10 · National November Exam · 2019. Question paper, 16 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Geography
- Grade
- Grade 10
- Document type
- Question paper
- Year
- 2019
- Exam period
- National November Exam
- Paper
- 1
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 16
- File size
- 259.4 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 16
This exam
National November Exam 2019
Document textSearch extracted text and jump to a page.
2 GEOGRAFIE V1 (EC/NOVEMBER 2019)
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Hierdie vraestel bestaan uit VIER vrae.
2. Beantwoord ENIGE DRIE vrae van 75 punte elk.
3. Alle diagramme is in die BYLAAG ingesluit.
4. Laat ʼn reël oop tussen onderafdelings van vrae wat jy beantwoord.
5. Begin ELKE vraag op ‘n NUWE bladsy.
6. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik word.
7. Nommer die antwoorde in die middel van die reël.
8. MOENIE in die kantlyn van die ANTWOORDEBOEK skryf NIE.
9. Teken volledig benoemde diagramme wanneer dit vereis word.
10. Beantwoord in VOLSINNE, behalwe wanneer jy moet noem, identifiseer of
ʼn lys moet maak.
11. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2019) GEOGRAFIE V1 3
AFDELING A: DIE ATMOSFEER EN GEOMORFOLOGIE
VRAAG 1
1.1 Verwys na FIGUUR 1.1 oor aardverwarming en beantwoord die onderstaande
vrae.
1.1.1 Die styging in die gemiddelde temperatuur van die aarde word ...
genoem.
1.1.2 Noem TWEE kweekhuisgasse (KHG’e) in die atmosfeer.
1.1.3 Die tipe gas wat deur beeste geproduseer word is (CFK/metaan).
1.1.4 Een hoofgevolg van aardverwarming wat veroorsaak dat die bogrond
verdor, is (vloede/droogtes).
1.1.5 Die hoeveelheid koolstofdioksied wat ʼn huisgesin, individu, maatskappy
of ander groepe deur hulle aktiwiteite vrystel, staan as
(koolstofvoetspoor/klimaatverandering) bekend.
1.1.6 Volgens FIGUUR 1.1, watter lewende organisme absorbeer koolstof?
1.1.7 Noem EEN moontlike oplossing vir aardverwarming wat in FIGUUR 1.1
sigbaar is.
(8 x 1) (8)
1.2 Verwys na FIGUUR 1.2 wat kontinentale drywing aandui en beantwoord die vrae
wat volg. Kies ʼn letter A tot C wat by die onderstaande stellings pas.
ʼn Letter mag meer as een keer gebruik word.
1.2.1 Die hedendaagse wêreld
1.2.2 Die naam van die superkontinent wat ongeveer 200 miljoen jaar gelede
bestaan het
1.2.3 Dié superkontinent is in twee gedeel
1.2.4 Die wêreld was een groot landmassa
1.2.5 Al sewe kontinente is duidelik identifiseerbaar
1.2.6 Die Atlantiese Oseaan is tussen die kontinente sigbaar
1.2.7 Groot pre-historiese kontinente in die suidelike en noordelike
halfronde (7 x 1) (7)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
4 GEOGRAFIE V1 (EC/NOVEMBER 2019)
1.3 Verwys na FIGUUR 1.3 wat ‘n sinoptiese weerkaart aandui en beantwoord die
volgende vrae.
1.3.1 Noem die front wat as B aangedui word. (1 x 1) (1)
1.3.2 Identifiseer die hoogdruksel gemerk C as die Suid-Atlantiese of Suid-
Indiese hoogdruk. (1 x 1) (1)
1.3.3 Beskryf TWEE kenmerke van die laagdruksel genommer D. (2 x 2) (4)
1.3.4 Verwys na die front genommer A.
(a) Identifiseer die front genommer A. (1 x 1) (1)
(b) Watter tipe reënval word met front A geassosieer? (1 x 1) (1)
(c) Bespreek DRIE moontlike weerstoestande wat met front A
geassosieer word. (3 x 2) (6)
1.4 Bestudeer FIGUUR 1.4 wat die lae van die atmosfeer aantoon en beantwoord
die vrae wat volg.
1.4.1 Noem die lae wat A, B, C en D benoem is. (4 x 1) (4)
1.4.2 Verskaf die benaderde afstand by laag A. (1 x 1) (1)
1.4.3 Noem die laag wat die osoon (O3) bevat. (1 x 1) (1)
1.4.4 Verduidelik waarom kommersiële vlugte (vliegtuie) gewoonlik net onder
laag B vlieg. (1 x 2) (2)
1.4.5 In ʼn paragraaf van ongeveer AGT reëls, bespreek die belangrikheid
van die atmosfeer. (4 x 2) (8)
1.5 Verwys na FIGUUR 1.5 wat intrusiewe stollingsaktiwiteit en verskynsels aantoon
en beantwoord die volgende vrae.
1.5.1 Definieer die term intrusiewe stollingsaktiwiteit. (1 x 1) (1)
1.5.2 Noem verskynsels genommer B, C en D as ʼn vulkaniese pyp, ʼn
lopoliet of ʼn lakkoliet onderskeidelik. (3 x 1) (3)
1.5.3 Wanneer die verskynsel gemerk A baie groot is, staan dit as ʼn
(monoliet/plaat) bekend. (1 x 1) (1)
1.5.4 Noem TWEE landvorme wat met intrusiewe stollingsaktiwiteit
geassosieer word. (2 x 1) (2)
1.5.5 Beskryf die verskynsel wat B genommer is. (1 x 2) (2)
1.5.6 Bespreek die vorming van verskynsels B, C en D. (3 x 2) (6)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2019) GEOGRAFIE V1 5
1.6 Lees die gevallestudie aangaande die vulkaniese uitbarsting by Berg Sinabung
in Indonesië in FIGUUR 1.6 noukeurig.
1.6.1 Hoeveel mense het in die 2010-uitbarsting gesterf? (1 x 1) (1)
1.6.2 Voltooi die onderstaande sin deur die korrekte woord tussen hakies te
kies:
Sinabung was (rustend/aktief) voordat dit in 2010 uitgebars het, en het
nou een van dié Suidoos-Asiese nasie se (mees rustende/aktiefste)
vulkaan geword. (2 x 1) (2)
1.6.3 Waarom sal Indonesië heelwaarskynlik meer vulkaniese aktiwiteit
ervaar? (1 x 2) (2)
1.6.4 Verskaf redes waarom inwoners gewaarsku is om binnenshuis te bly.
(2 x 2) (4)
1.6.5 Bespreek die positiewe gevolge van vulkane vir die mense van
Indonesië. (3 x 2) (6)
[75]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
6 GEOGRAFIE V1 (EC/NOVEMBER 2019)
VRAAG 2
2.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae verskaf.
Kies die korrekte antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer
(2.1.1–2.1.7) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 2.1.8 D.
2.1.1 ʼn Skielike oorvloei van water wat die aardoppervlakte bedek:
A Vloede
B Droogtes
C Klimaatverandering
D Osoonuitputting
2.1.2 Die temperatuur waarby water kondenseer is ...
A doupunt.
B lugtemperatuur.
C wolkdekking.
D reënval.
2.1.3 Dit is die doelbewuste verwydering van bome:
A Preservering
B Bewaring
C Bebossing
D Ontbossong
2.1.4 Die hitte-energie wat deur die aarde uitgestraal word, staan as ...
bekend.
A geleiding
B hittebalans
C latent
D aardstraling
2.1.5 Inkomende son- ... staan as insolasie bekend.
A radiasie/straling
B absorbsie
C refleksie
D verstrooiing
2.1.6 Watter van die volgende is ʼn kweekhuisgas?
A Stikstof
B Suurstof
C Koolstofdioksied
D Argon
2.1.7 Die hoeveelheid waterdamp in die lug is ...
A humiditeit.
B dehidrasie.
C kristallisering.
D sublimasie. (7 x 1) (7)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2019) GEOGRAFIE V1 7
2.2 Pas die term in KOLOM B by die beskrywing in KOLOM A. Skryf slegs die
korrekte letter (A–I) langs die ooreenstemmende vraagnommmer (2.2.1–2.2.8)
in jou ANTWOORDEBOEK neer, bv. 2.2.9 K .
KOLOM A KOLOM B
2.2.1 ʼn Gesteente wat deur hitte, druk of beide A Gesteente-siklus
verander is
2.2.2 ʼn Gesmelte gesteente B Metamorfiese
gesteente
2.2.3 Die siklus van prossesse wat veroorsaak dat C Antiklien
gesteentes oor tyd vorm, opbreek, verander
en hervorm
2.2.4 ʼn Voorbeeld van stollingsgesteentes D Sinklien
2.2.5 Die onderste gedeelte van ʼn plooi E Stollingsgesteente
2.2.6 Berge wat gevorm word deur die F Basalt
kompressie van sedimentêre rotslae tydens
plaatbeweging
2.2.7 Gesteentes wat vorm wanneer magma G Gneis
afkoel
2.2.8 Metamorfiese gesteentes wat uit graniet H Plooiberge
ontstaan
I Magma
(8 x 1) (8)
2.3 Verwys na FIGUUR 2.3 wat faktore wat temperatuur affekteer aantoon, en
beantwoord die volgende vrae.
2.3.1 Noem die seestrome aan die:
(a) Ooskus van Suid-Afrika (1 x 1) (1)
(b) Weskus van Suid-Afrika (1 x 1) (1)
2.3.2 Noem die oseane langs die kus van Amanzimtoti en Hondeklipbaai.
(2 x 1) (2)
2.3.3 Onderskei tussen maritieme klimaat en kontinentale klimaat. (2 x 1) (2)
2.3.4 Bereken die temperatuurspeling (verskil in temperatuur) tussen
Hondeklipbaai en Amanzimtoti. (3 x 1) (3)
2.3.5 Gee DRIE redes waarom die temperatuur by Amanzimtoti hoër as dié
by Hondeklipbaai is, alhoewel beide op dieselfde breedtelyn posisie is.
(3 x 2) (6)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
8 GEOGRAFIE V1 (EC/NOVEMBER 2019)
2.4 Verwys na FIGUUR 2.4 wat reliëfreënval aantoon.
2.4.1 Hierdie tipe reënval is algemeen in die (Wes-Kaap/KwaZulu-Natal)
provinsie van Suid-Afrika. (1 x 1) (1)
2.4.2 Noem die wolktipe wat in FIGUUR 2.4 aangedui is. (1 x 1) (1)
2.4.3 Noem die tipe reënval wat in FIGUUR 2.4 getoon word. (1 x 1) (1)
2.4.4 Verduidelik hoe reliëfreënval ontstaan. (2 x 2) (4)
2.4.5 Reliëfreënval kan goed en swak wees vir boere in die provinsie waar
dit voorkom. In ʼn paragraaf van ongeveer AGT reëls, bespreek die
positiewe en negatiewe gevolge van reliëfreënval op boerdery. (4 x 2) (8)
2.5 Lees die gevallestudie in FIGUUR 2.5 en beantwoord die vrae wat volg.
2.5.1 Definieer die term aardbewing. (1 x 1) (1)
2.5.2 Waarom was die aardbewing in Nepal die doodlikste? (1 x 1) (1)
2.5.3 Noem die aantal mense wat in die aardbewing beseer is. (1 x 1) (1)
2.5.4 Bespreek die negatiewe gevolge van die aardbewing in Kathmandu.
(2 x 2) (4)
2.5.5 Beskryf hoe geboue verbeter kan word om die gevolge van aardbewings
te weerstaan. (1 x 2) (2)
2.5.6 Die oorlewendes van die aardbewing het vir bystand (hulp) vanoor die
hele wêreld gevra. Stel DRIE maniere voor om oorlewendes by te staan.
(3 x 2) (6)
2.6 Verwys na FIGUUR 2.6 wat die interne struktuur van die aarde aantoon en
beantwoord die volgende vrae.
2.6.1 Identifiseer die lae wat met 1, 2, 3, en 4 aangedui word. (4 x 1) (4)
2.6.2 Lys DRIE hooftipes gesteentes wat binne laag 1 of onder die
aardoppervlakte ontstaan. (3 x 1) (3)
2.6.3 Beskryf TWEE gebruike van enige van die gesteentes wat in
VRAAG 2.6.2 gelys is. (2 x 2) (4)
2.6.4 Verduidelik TWEE belangrike gebruike van laag 1 vir mense. (2 x 2) (4)
[75]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2019) GEOGRAFIE V1 9
AFDELING B: BEVOLKING EN WATERBRONNE
VRAAG 3
3.1 Kies die korrekte antwoord uit die onderstaande lys om by stellings (3.1.1–3.1.8) te
pas. Skryf slegs die korrekte woord langs die vraagnommer, byvoorbeeld 3.1.9
piramide.
demograaf; informele nedersettings; poligamie; streeksmigrasie;
landelike ontvolking; sterfte; oorbevolking; MIV; xenofobie
3.1.1 Die praktyk om meer as een vrou terselfdertyd te hê
3.1.2 Die beweging van mense binne ʼn land of ʼn streek
3.1.3 Die afname van die getal mense wat in landelike gebiede woon
3.1.4 Onbeplande nedersettings wat uit lae-koste materiaal gebou is
3.1.5 Sterftes binne ʼn gegewe bevolking
3.1.6 ʼn Virus wat CD4-selle, wat deel is van die liggaam se immuniteitstelsel,
aanval
3.1.7 Gebiede waar daar te veel mense vir die beskikbare hulpbronne om hulle te
ondersteun
3.1.8 ʼn Persoon wat bevolkings bestudeer (8 x 1) (8)
3.2 Pas die term/konsep in KOLOM B met die korrekte relevante beskrywing in
KOLOM A. Skryf slegs die korrekte letter (A–I) langs die ooreenstemmende
vraagmommer (3.2.1–3.2.7) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 3.2.9 K.
KOLOM A KOLOM B
3.2.1 Om te boer met vis of ander seelewe vir A Gruiswater
voedsel in die see
3.2.2 Die hoeveelheid sout in die see B Mariene besoedeling
3.2.3 Grootskaalse beweging van water vanaf C Hidrologiese siklus
een deel van die oseaan na ʼn ander
3.2.4 Gebruikte water wat nog skoon is D Wateroordrag
3.2.5 Die natuurlike sirkulering van water tussen E Oseaan-seestrome
die oseane, die atmosfeer en die land
3.2.6 Bekendstelling van skadelike materiale in F Mari-kultuur
die oseaan
3.2.7 Om water van een dreineringsbekken na ʼn G Soutgehalte
ander te skuif
H Oseaan
(7 x 1) (7)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
10 GEOGRAFIE V1 (EC/NOVEMBER 2019)
3.3 Verwys na die gevallestudie in FIGUUR 3.3 oor MIV/Vigs en beantwoord die
volgende vrae.
3.3.1 Wanneer (datum en maand) is Wêreld-Vigsdag? (1 x 1) (1)
3.3.2 (a) Waarvoor staan die akroniem ARV? (1 x 1) (1)
(b) Gee die aantal mense wat in 2018 vir ARV behandel is. (1 x 1) (1)
(c) Noem TWEE Vigs-bewusmakingsveldtogte volgens die
gevallestudie. (2 x 1) (2)
3.3.3 Lewer kommentaar op die neiging van die MIV-infeksiekoers van 2016
tot 2018. (1 x 2) (2)
3.3.4 Bespreek die impak van MIV/Vigs op die bevolkingstruktuur. (2 x 2) (4)
3.3.5 Beskryf TWEE strategieë wat gebruik kan word om die hoë MIV-
voorkomssyfer in die land te verminder. (2 x 2) (4)
3.4 Verwys na FIGUUR 3.4 wat die gemiddelde lewensverwagting onder mans in
Suid-Afrika toon.
3.4.1 Definieer die term lewensverwagting. (1 x 1) (1)
3.4.2 Watter provinsie het onderskeidelik die laagste en hoogste
lewensverwagting tussen 2011–2016? (2 x 1) (2)
3.4.3 Vergelyk die lewensverwagting vir die jare 2011–2016 met 2016–2021.
(1 x 2) (2)
3.4.4 Verduidelik TWEE faktore wat die lewensverwagting onder mans kan
verminder. (2 x 2) (4)
3.4.5 Bespreek DRIE maniere om mans te adviseer om hul lewensverwagting
te verbeter. (3 x 2) (6)
3.5 Lees die onderstaande uittreksel en beantwoord die daaropvolgende vrae.
Die see-ekonomie word deur die regering as ʼn groei-enjin erken omdat dit dien
as ʼn belangrike natuurlike hulpbron vir mense, toerisme, vakansies, vervoer,
visvang en wetenskaplike navorsing. Die besoedeling van die oseaan is egter 'n
groot probleem, aangesien dit die kwaliteit van die bogenoemde aktiwiteite
verminder. Daar word voorspel dat plastiek teen 2050 meer as die visse in die
see sal wees.
3.5.1 Noem enige TWEE toerisme-verwante aktiwiteite wat in die oseaan
gedoen kan word. (2 x 1) (2)
3.5.2 Noem EEN besoedelende stof in die oseaan wat in die uittreksel genoem
word. (1 x 1) (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2019) GEOGRAFIE V1 11
3.5.3 Hoe kan die oseaan voordelig vir die mense van Suid-Afrika wees?
(2 x 2) (4)
3.5.4 In ʼn paragraaf van ongeveer AGT reëls, bespreek maatreëls wat getref
kan word om die besoedeling van die oseaan te verminder. (4 x 2) (8)
3.6 Lees die gevallestudie in FIGUUR 3.6 en beantwoord die volgende vrae.
3.6.1 Volgens die gevallestudie, wat was die oorsaak van vloede? (1 x 1) (1)
3.6.2 Noem die gevolge van die vloede op die ekonomie van die KwaZulu-
Natal Provinsie. (2 x 1) (2)
3.6.3 Hoe het Dube-Ncube die inwoners en besoekers van die provinsie
gewaarsku? (1 x 2) (2)
3.6.4 Hoe sou jy motoriste aanraai om versigtig te wees op paaie wat
oorstroom het? (2 x 2) (4)
3.6.5 Bespreek DRIE bestuurstrategieë om die gevolge van vloede te
verminder. (3 x 2) (6)
[75]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
12 GEOGRAFIE V1 (EC/NOVEMBER 2019)
VRAAG 4
4.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae verskaf.
Kies die korrekte antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die
vraagnommer (4.1.1–4.1.7) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld
4.1.8 D.
4.1.1 ʼn Persoon wat as gevolg van politieke redes migreer, word ʼn ...
genoem.
A politieke migrant
B ekonomiese migrant
C sosio-ekonomiese migrant
D sosiale emigrant
4.1.2 ʼn Bedrag geld wat werkers na hul huisgesinne wat tuis is stuur, word
... genoem.
A belasting
B oorbetaling
C swartbelasting
D sakgeld
4.1.3 ʼn Persoon wat ʼn plek besoek om vakansie te hou is ʼn ...
A trekarbeider.
B toeris.
C vlugteling.
D aanvaller.
4.1.4 ʼn … is ʼn ongedokumenteerde migrant.
A Wettige migrant
B Trekarbeider
C Ekonomiese migrant
D Onwettige migrant
4.1.5 Watter van die volgende kan gebruik word om ʼn hoë geboortekoers te
beheer?
A Poligamie
B Migrasie
C Voorbehoeding
D Poliandrie
4.1.6 ʼn Grafiek wat ‘n land se bevolking volgens ouderdomsgroepe en
geslag aantoon, word ... genoem.
A bevolkingsverspreiding
B bevolkingsdigtheid
C bevolkingsgeografie
D bevolkingspiramide
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2019) GEOGRAFIE V1 13
4.1.7 ... kom voor as daar te veel mense vir die beskikbare hulpbronne
voorkom.
A Onderbevolking
B Oorbevolking
C Optimale-bevolking
D Gelyke-bevolking (7 x 1) (7)
4.2 Verwys na FIGUUR 4.2 wat verskillende fases van water aantoon en
beantwoord die volgende vrae.
4.2.1 Gee EEN voorbeeld van die onderstaande fases van water:
(a) Vaste stof
(b) Vloeistof
(c) Gas
4.2.2 Kies die mees toepaslike term/woord wat by die Griekse nommer
(i–v) in FIGUUR 4.2 pas. Gebruik die volgende terme/woorde:
vriesing; smelting; kristallisering; kondensasie; verdamping
(8 x 1) (8)
4.3 Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
Die Somaliese vlugteling Hakeem woon die afgelope 20 jaar in Suid-Afrika.
'Ons het vanaf vervolging in ons geboorteland gevlug en ons is dankbaar dat
Suid-Afrika ons toelaat om te bly. Daar is uitdagings, maar dit kan opgelos word
deur onder mekaar en nie afsonderlik te woon nie’ het Hakeem gesê.
[Aangepas uit https://www.iol.co.za/dailynews]
4.3.1 Definieer die term vlugteling. (1 x 1) (1)
4.3.2 (a) Waarom het Hakeem vanuit sy geboorteland gevlug? (1 x 1) (1)
(b) Noem EEN besigheidsaktiwiteit waarby vlugtelinge in Suid-Afrika
betrokke raak. (1 x 1) (1)
4.3.3 Noem TWEE uitdagings warmee vlugtelinge in Suid-Afrika
gekonfronteer word. (2 x 2) (4)
4.3.4 Verduidelik hoe Suid-Afrikaners vlugtelinge kan bystaan. (2 x 2) (4)
4.3.5 Bespreek hoe Suid-Afrika voordeel uit die instroming van vlugtelinge
in die land kan trek. (2 x 2) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
14 GEOGRAFIE V1 (EC/NOVEMBER 2019)
4.4 Verwys na FIGUUR 4.4 wat landelik-stedelike migrasie aantoon en beantwoord
die volgende vrae.
4.4.1 Wat is landelik-stedelike migrasie? (1 x 1) (1)
4.4.2 (a) Lys TWEE stoot-faktore wat in FIGUUR 4.4 aangetoon word.
(2 x 1) (2)
(b) Lys TWEE trek-faktore wat in FIGUUR 4.4 aangetoon word.
(2 x 1) (2)
4.4.3 Verduidelik die probleme wat stede sal ervaar as gevolg van die baie
mense in stedelike gebiede. (2 x 2) (4)
4.4.4 Bespreek DRIE strategieë wat die regering kan aanwend om mense in
landelike gebiede te hou. (3 x 2) (6)
4.5 Verwys na FIGUUR 4.5 en beantwoord die vrae wat volg.
4.5.1 Verwys na die staafgrafiek en skryf die volgende neer:
(a) Die droogste dam (1 x 1) (1)
(b) Die volste dam (1 x 1) (1)
4.5.2 Noem TWEE maniere wat die Makhanda-munisipaliteit tans
implementeer om die waterkrisis te bestuur. (2 x 1) (2)
4.5.3 Verduidelik TWEE gebruike van damme. (2 x 2) (4)
4.5.4 In ʼn paragraaf van ongeveer AGT reëls, bespreek hoe mense water
volhoubaar by die huis kan bespaar. (4 x 2) (8)
4.6 Verwys na FIGUUR 4.6 en beantwoord die volgende vrae.
4.6.1 Waarvoor staan die afkorting WWF? (1 x 1) (1)
4.6.2 Hoeveel is Suid-Afrika se visindustrie werd volgens die uittreksel?
(1 x 1) (1)
4.6.3 Verduidelik TWEE belangrike ekonomiese faktore van die visserybedryf.
(2 x 2) (4)
4.6.4 Hoe beïnvloed die oorvissing mense en oseane negatief? (2 x 2) (4)
4.6.5 Stel TWEE maniere voor wat die regering kan gebruik om te verseker
dat die visbedryf volhoubaar is. (2 x 2) (4)
[75]
GROOTTOTAAL: 225
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
Geography Grade 10 P1 National November 2019 QP (Eng)

Addendum
Geography Grade 10 P1 National November 2019 Addendum (Eng)

Addendum
Geography Grade 10 P1 National November 2019 Addendum (Afr)

Memorandum
Geography Grade 10 P1 National November 2019 Memo (Afr)

Memorandum
Geography Grade 10 P1 National November 2019 Memo (English)

Question paper
Geography Grade 10 P2 National November 2019 QP (Eng)
More from Grade 10 Geography

Study guide
Gr10 Geografie OG studyguide LR

Annual teaching plan
Gr 10 Geo ATP 2023 24

Question paper and memo
Geography Grade 10 Free State March Test 2025 Paper & Memo

Question paper and memo
Geography Grade 10 Paper 1 Limpopo June 2025 Paper & Memo

Question paper and memo
Geography Grade 10 Eastern Cape June 2024 Paper & Memo

Addendum