Skip to content
Addendum

Geography Grade 10 Paper 1 National November 2019 Addendum

Grade 10 Geography Paper 1 addendum from the National November Exam 2019, 16 pages. Read online or get the free PDF download.

Subject: GeographyGrade 10201916 pages
Download

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 10 NOVEMBER 2019 GEOGRAFIE V1 BYLAE PUNTE: 225 TYD: 3 uur *XGEOA3* Hierdie bylae bestaan uit 10 bladsye.
2 GEOGRAFIE V1 (BYLAAG) (EC/NOVEMBER 2019) FIGUUR 1.1: AARDVERWARMING [Bron: Google Images] FIGUUR 1.2: KONTINENTALE DRYWING [Bron: Google Images] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2019) GEOGRAFIE V1 (BYLAAG) 3 FIGUUR 1.3: SINOPTIESE WEERKAART [Bron: Google Images] FIGUUR 1.4: LAE VAN DIE ATMOSFEER [Bron: Google Images] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
4 GEOGRAFIE V1 (BYLAAG) (EC/NOVEMBER 2019) FIGUUR 1.5: INTRUSIEWE STOLLINGSAKTIWITEIT EN VERSKYNSELS [Bron: Google Images] FIGUUR 1.6: VULKANIESE UITBARSTING Berg Sinabung: Waarskuwing van ʼn vulkaniese uitbarsting nadat ʼn groot askolom in Indonesië paniek gesaai het. ʼn Reuse askolom bo die Indonesiese eiland Sumatra is sowat vyf myl die lug ingeskiet, nadat ʼn aktiewe vulkaan uitgebars het. Indonesiese amptenare het gewaarsku dat verdere vulkaniese aktiwiteite moontlik is, alhoewel die waarskuwingsvlak van die vulkaan onveranderd gebly het. Inwoners word aangeraai om binnenshuis te bly en gesigmaskers te dra, as hulle dit buite sou waag, om hulself teen vulkaniese as te beskerm. Sinabung was ongeveer 400 jaar lank onaktief voordat dit in 2010 uitgebars het en twee mense dood gemaak het. Sedertdien het dit een van die aktiefste vulkane in Suidoos-Asië geword, wat negatiewe en positiewe gevolge vir die land inhou. Meer as ʼn dosyn mense het gesterf en duisende is gedwing om te vlug toe dit in 2014 uitgebars het. Indonesië is veral geneig tot seismiese aktiwiteite weens die ligging aan die ‘Ring van Vuur’, ʼn vulkaanboog en verskuiwingslyne rondom die Stille Oseaan bekken. [Bron: https://www.independent.co.uk/news/world/asia/mount-sinabung-volcano-eruption] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2019) GEOGRAFIE V1 (BYLAAG) 5 FIGUUR 2.3: FAKTORE WAT TEMPERATUUR BEĪNVLOED – SEESTROME [Bron: Google Images] FIGUUR 2.4: RELIËF (OROGRAFIESE) REËNVAL [Bron: Google Images] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
6 GEOGRAFIE V1 (BYLAAG) (EC/NOVEMBER 2019) FIGUUR 2.5: AARDBEWING IN NEPAL ʼn Aardbewing van 7,8 op die Richterskaal het Nepal op 25 April 2015 getref en het multiverdieping-geboue in Kathmandu vernietig. Dit het verder grondverskuiwings en sneeusortings in die Himalaja-gebergtes veroorsaak. Dit was die dodelikste aardbewing in die streek in 81 jaar omdat byna 9 000 mense dood is en meer as 22 000 beserings opgedoen het. Humanitêre organisasies het vinnig op die ramp gereageer met soek- en reddingspanne en onmiddellike hulpverlening. Werk is nog aan die gang om skole, klinieke, huise en lewens te herbou, en families en gemeenskappe te help om meer weerstand teen omgewingskokke op te doen. Die oorlewendes het mense van regoor die wêreld om bystand (hulp) gevra. [Vry vertaal uit www.worldvision.org/disaster-relief-news-stories/2015-nepal-earthquake-facts] FIGUUR 2.6: DIE INTERNE STRUKTUUR VAN DIE AARDE Die aarde is soos ʼn gekookte eier met verskillende lae, naamlik: die buitekern, binnekern, kors en mantel. Die kors is ʼn dun laag wat uit verskillende gesteentes saamgestel is. [Bron: Google Images] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2019) GEOGRAFIE V1 (BYLAAG) 7 FIGUUR 3.3: KHOMANANI ‘SAAMSTAAN’ (SORG SAAM) TEEN MIV / VIGS Die loveLife-veldtog is al sedert 1999 in werking en gebruik ʼn wye verskeidenheid media wat hoofsaaklik op tieners gerig is. Vigs dra grootliks by tot die babasterftesyfer in Suid- Afrika. In 2016 is sterftes weens MIV / Vigs na raming ongeveer 150 376 en 3,7 miljoen mense het ARV-behandeling vir MIV ondergaan. Teen 2018 het meer as 4,5 miljoen mense ARV’s geneem. Daar is verskeie grootskaalse kommunikasieveldtogte wat met die bewusmaking van MIV en Vigs, asook breër gesondheidsverwante kwessies verband hou. Khomanani, wat ‘saamstaan’ beteken, is sedert 2001 bedryf en was die belangrikste Vigs- bewusmakingsveldtog van die regering se Departement van Gesondheid. Soul City en Soul Buddyz is twee multimedia-veldtogte – gerig op onderskeidelik volwassenes en kinders – wat 'n gesamentlike jaarlikse begroting van R100 miljoen het, en gebruik maak van uitsaai, gedrukte en buite-media om goeie seksuele gesondheid en welstand te bevorder. [Bron: www.southafrica-pig.blogspot.com] FIGUUR 3.4: PROVINSIALE GEMIDDELDE LEWENSVERWAGTING ONDER MANS [Bron: Statistics South Africa] FIGUUR 3.6: OORSTROMINGS IN KWAZULU-NATAL Ten minste 51 dood in KZN-oorstromings – verslae Minstens 51 mense is dood verklaar ná die oorstromings in KwaZulu-Natal wat veroorsaak is deur swaar reën, het EWN berig. Nomusa Dube-Ncube, LUR vir Samewerkende Regering in KwaZulu- Natal, het volgens berigte gesê dat meer liggame onder die puin ontdek is toe reddingsoperasies die hele Dinsdagnag voortgesit is. Daar is nog vyf mense waarvoor daar nog nie rekenskap gegee kan word nie, het sy gesê. ‘Daar is al tientalle gevalle van ineengestorte mure en oorstroomde huise aangemeld, met 235 huise in Durban wat reeds as beskadig geassesseer is. Paaie is ook oorstroom, wat die verkeer ontwrig. Motoriste en voetgangers word aangemoedig om uiters versigtig op die paaie wat reeds oorstroom is, te wees of waar daar ʼn groot risiko vir flitsvloede is,’ het Dube-Ncube gesê. Die owerhede het 145 mense wat misplaas is aangemeld, van wie sommige alreeds skuiling by familielede gevind het. Dube-Ncube het inwoners en besoekers aan die provinsie gemaan om op hulle hoede te bly en na hoër grond te beweeg as hulle bedreig word. [Bron: https://www.news24.com/SouthAfrica/News] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
8 GEOGRAFIE V1 (BYLAAG) (EC/NOVEMBER 2019) FIGUUR 4.2: DIE VERSKIILLENDE FASES VAN WATER [Aangepas uit Google Images] FIGUUR 4.4: LANDELIK-STEDELIKE MIGRASIE [Bron: Google Images] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2019) GEOGRAFIE V1 (BYLAAG) 9 FIGUUR 4.5: WATERKRISIS IN MAKHANDA, OOS-KAAP Makhanda gebruik tans 18 megaliter water elke dag – ongeveer 180 liter per persoon. Die vernietigende droogte het veroorsaak dat damme bykans leeg is en dit is onwaarskynlik dat dit sal herstel totdat / tensy ons aansienlike reënval kry. Daarom beperk ons die verbruik tot 50 liter per persoon per dag wat onmiddellik in werking tree, om die Settlers-toevoer langer te kan gebruik en die datum waarop dit sal ophou om lewensvatbaar te wees, te verleng. Ons probeer ook om die produksie te stabiliseer en om die aantal stadsreservoirs wat deur die James Kleynhans-suiweringswerke gevul word, te verhoog om onmiddellik dele van die stad te voorsien, wat druk op die Settlers effens sal verlig. [Bron: http://www.makana.gov.za/water-crisis/] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
10 GEOGRAFIE V1 (BYLAAG) (EC/NOVEMBER 2019) FIGUUR 4.6: VISBEVOLKING TUIMEL MET 50% Baie mense in Suid-Afrika is afhanklik van vis as voedselbron en inkomste. In Suid- Afrika is die visserybedryf R6 miljard werd en verskaf werk aan meer as 27 000 mense. Oorbevissing en onwettige visvang bedreig die lewensbestaan van mense wat in die bedryf werksaam is. Dit bedreig ook kwesbare ekosisteme en seediere soos robbe, kusvoëls en groter visse wat van voedsel as voedselbron afhanklik is. Daar is slegs ʼn beperkte hoeveelheid vis in ons oseane en hierdie hulpbronne word stelselmatig uitgewis. Volgens die World Wildlife Fund (WWF) is meer as 30% van die wêreld se visserye oorbevis en is streng bestuur nodig om dit te herstel. Die teikenvissery van top roofdiere soos tuna verander mariene gemeenskappe. As gevolg van kommersiële visvang, het die bevolking van die Atlantiese Blouvintuna afgeneem tot op die punt waar hul voortbestaan as ʼn spesie bedreig word. Ons kan egter hierdie probleem oplos deur die bestuur van visserye te hervorm. [Bron: https://www.westerncape.gov.za/general-publication/overfishing] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
  
 
  

  


Study this subject

Revise the topics in this paper, then practise them question by question.

More papers and memos for this grade and subject.

More from Grade 10 Geography

View all