Skip to content
Question paper

Geography Grade 10 Paper 2 National November 2019 Question Paper

Grade 10 Geography Paper 2 question paper from the National November Exam 2019, 16 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

Subject: GeographyGrade 10201916 pages
Download

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT NOVEMBER 2019 GRAAD 10 GEOGRAFIE V2 VAN: NAAM: PUNTE: 75 TYD: 1½ uur *XGEOA2* PUNTE HOD GROEP PROVINSIAAL TOTALE MOD. V1 15 PUNTE V2 20 V3 25 75 75 V4 15 Hierdie vraestel bestaan uit 14 bladsye, insluitende 1 bladsy vir rofwerk en berekeninge.
2 GEOGRAFIE V2 (EC/NOVEMBER 2019) BRONMATERIAAL 1. ʼn Uittreksel uit die topografiese kaart 2730 DD VRYHEID. 2. Ortofotokaart 2730DD 2 VRYHEID-OOS. 3. LET WEL: Die bronmateriaal moet deur die skool vir hul eie gebruik gekollekteer word. INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Skryf jou NAAM in die ruimtes op die voorblad. 2. Beantwoord AL die vrae in die spasies wat in hierdie vraestel verskaf word. 3. Jy word van ʼn 1 : 50 000 topografiese kaart (2730DD VRYHEID) en ʼn 1 : 10 000 ortofotokaart (2730DD 2 VRYHEID-OOS) van ʼn gedeelte van die gekarteerde gebied voorsien. 4. Jy moet die topografiese kaart en die ortofotokaart aan die einde van hierdie eksamensessie aan die toesighouer oorhandig. 5. Jy mag die blanko bladsy aan die einde van hierdie vraestel vir alle rofwerk en berekeninge gebruik. MOENIE hierdie bladsy van die vraestel losmaak NIE. 6. Toon ALLE berekeninge en formules, waar van toepassing. Punte sal hiervoor toegeken word. 7. Dui die maateenheid in jou finale antwoord van die berekeninge aan. Maak seker dat eenhede deurlopend in AL jou berekeninge en finale antwoord gebruik word. 8. Jy mag ʼn nieprogrameerbare sakrekenaar gebruik. 9. Die gebied wat met SWART op die topografiese kaart afgebaken is, stel die gebied voor wat deur die ortofotokaart gedek word. 10. Die volgende Afrikaanse begrippe en hulle Engelse vertalings word op die topografiese kaart aangetoon. AFRIKAANS ENGLISH Vliegveld Landing strip Voor Furrow Karavaanpark Caravan Park Kanaal Canal Rioolwerke Sewerage works Gholfbaan Golf Course Uitgrawing Excavation Natuurreservaat Nature reserve Skietbaan Rifle Range Vliegveld Aerodrome Kopiereg Kloof voorbehou Ravine Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2019) GEOGRAFIE V2 3 ALGEMENE INLIGTING OOR VRYHEID Die stad Vryheid in die KwaZulu-Natal provinsie, lê suidwaarts langs die R33 in die vallei aan die voet van die Zungwiniberg. Dit is die middelpunt van steenkoolmynbou en veeboerdery in die distrik en omdat dit ʼn ou stad met ʼn historiese verlede is, is daar ʼn aantal nasionale monumente in die stad. Besliste gevegte is tydens die Anglo-Boereoorlog in die omgewing geveg. Koordinate: 27° 46′ 3″ S, 30° 47′ 9″ O [Bron: https://www.google.co.za/images] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
4 GEOGRAFIE V2 (EC/NOVEMBER 2019) VRAAG 1: MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE Die vrae hieronder is op die 1 : 50 000 topografiese kaart 2730DD VRYHEID sowel as die ortofotokaart van ʼn gedeelte van die gekarteerde gebied gebaseer. Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) in die blokkie langs elke vraag (1.1–1.15) neer. 1.1 Die tipe skaal wat op die ortofotokaart aangetoon word is ʼn ... A lynskaal. B verhoudingskaal. C woordskaal. D Ritchterskaal. 1.2 Die kontoerinterval op die topografiese kaart is ... A 20 m. B 10 m. C 15 m. D 20 km. 1.3 Die 1 : 50 000 skaal op die topografiese kaart is ... as die skaal op die ortofotokaart. A 5 keer kleiner B 5 keer groter C 50 keer kleiner D 50 keer groter 1.4 Die indeksnommer van die kaartvel suidwes van Vryheid op die topografiese kaart is ... A 2730 BB. B 2731 CC. C 2730 BA. D 2731 AA. 1.5 Die afstand van die lyn wat D op die topografiese kaart genommer is, is ... A 2,1 km. B 0,21 km. C 21 km. D 210 km. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2019) GEOGRAFIE V2 5 1.6 Die hoogte van die indekskontoerlyn gemerk Y, wat in blok D6 op die topografiese kaart gevind, is ... A 1 120 m. B 1 100 m. C 1 200 m. D 1 050 m. 1.7 Die mensgemaakte verskynsel by ruitverwysing/koӧrdinate 27°48′35′′S / 30°47′40′′O is ʼn ... A dam. B vallei. C uitgrawing. D mynhoop. 1.8 Die bewys dat mynbou in blok F1 plaasgevind het, is die teenwoordigheid van ... A ʼn rivier. B paaie. C mynhope. D uitgrawings. 1.9 Die grondgebruik in blok A6 is vir die volgende aktiwiteite: A Mynbou en visvangs B Grawings en uitgrawings C Bewerking en grawings D Damme en grawings 1.10 Die hoogte wat deur die trigonometriese stasie in blok G2 getoon word is ... A 365 m. B 1 190 m. C 365 km. D 1 218,3 m. 1.11 Die ware peiling van trigonometriese stasie (peilbaken) 103 in blok D4 vanaf trigonometriese stasie 381 in blok B5 is ... A 300°. B 067°. C 275°. D 090°. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
6 GEOGRAFIE V2 (EC/NOVEMBER 2019) 1.12 As jy in ʼn suidwestelike rigting met die R33-hoofpad vanaf die polisiestasie in blok C2 in Vryheid langs Roete 33 op die topografiese kaart reis, gaan jy na ... A Hlobane. B Paulpietersberg. C Kingsley. D Tinta Drift. 1.13 Die gebied in blok E1 word grootliks deur ... bedek. A geboue B bosse C damme D sportvelde 1.14 Verwys na die ortofoto sowel as die topografiese kaart. Die verskynsel gemerk 7 op die ortofotokaart is ʼn ... A polisiestasie. B skool. C hotel. D hospitaal. 1.15 Die metode van wateronttrekking in blok A3 op die topografiese kaart is ʼn ... A keerwal. B windpomp. C dam. D voor. (15 x 1) [15] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2019) GEOGRAFIE V2 7 AFDELING B: KAARTWERKBEREKENINGE EN -TEGNIEKE VRAAG 2 2.1 Verwys na die ortofotokaart. 2.1.1 Meet en bereken die afstand tussen punte 1 en 2 in kilometer. (2 x 1) (2) 2.2 Bereken die oppervlakte wat deur die ortofotokaart gedek word (word ook met ʼn swart reghoekige blok op die topografiese kaart aangedui). Gebruik die formule: AREA = LENGTE X BREEDTE (5 x 1) (5) 2.3 Verwys na blok G3 op die topografiese kaart. Identifiseer trigonometriese stasie 60 en punthoogte 1395. 2.3.1 Is die helling tussen bogenoemde verskynsels steil of geleidelik? (1 x 1) (1) 2.3.2 Ondersteun jou antwoord by VRAAG 2.3.1. (1 x 2) (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
8 GEOGRAFIE V2 (EC/NOVEMBER 2019) 2.3.3 Bereken die hoogteverskil tussen trigonometriese baken 60 en punthoogte 1395. (2 x 1) (2) 2.4 Bereken die magnetiese deklinasie van die kaart vir die huidige jaar. (5 x 1) (5) 2.5 Verwys na die kontoerlyne hieronder wat ʼn landvorm in blokke F4/5 op die topografiese kaart (tussen punthoogtes 1274 in F4 en 1368 in F5) uitbeeld, om die vrae wat volg te beantwoord. 2.5.1 Teken ʼn eenvoudige vryhand (nie volgens skaal nie) deursnit (dwarsprofiel) van die landvorm wat deur die kontoerlyne getoon word vanaf A na B. (2 x 1) (2) 2.5.2 Noem die landvorm wat deur bostaande dwarssnit (dwarsprofiel) uitgebeeld word. (1 x 1) (1) [20] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2019) GEOGRAFIE V2 9 VRAAG 3: KAART- EN FOTOTOEPASSING EN INTERPRETASIE 3.1 Verwys na blok D4 op die topografiese kaart. 3.1.1 Noem die aktiwiteit wat by A beoefen word. (1 x 1) (1) 3.1.2 Beskryf hoe die aktiwiteit by VRAAG 3.1.1 genoem, gevaarlik vir die omgewing en menslike aktiwiteite kan wees. (1 x 2) (2) 3.2 Verwys na die tabel hieronder saam met die topografiese kaart om die vrae wat volg te beantwoord. VRYHEID WEER PER MAAND / WEER GEMIDDELD Januarie Februarie Augustus September Oktober November Desember Maart April Mei Junie Julie Gemidd. Temperature 21 21 20 18,1 15,2 12,8 12,8 15 16,9 18,7 19,6 20,6 (°C) Neerslag / Reënval (mm) 148 123 100 43 22 11 13 20 43 92 122 149 3.2.1 Wat is die gemiddelde maandelikse temperatuur vir Junie? (1 x 1) (1) 3.2.2 Noem die maand waarin Vryheid sy hoogste reënval ontvang. (1 x 1) (1) 3.2.3 Bereken die gemiddelde jaarlikse temperatuurspeling vir Vryheid. (2 x 1) (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
10 GEOGRAFIE V2 (EC/NOVEMBER 2019) 3.2.4 Vryheid kry minder as die gemiddelde reënval. Verskaf TWEE bewyse op die topografiese kaart wat wys dat Vryheid seisoenale reënval ontvang. (2 x 1) (2) 3.3 Verwys na die topografiese kaart. 3.3.1 Noem die ontspanningsaktiwiteit in blok C2. (1 x 1) (1) 3.3.2 Identifiseer enige EEN toeriste-besienswaardigheid op die Vryheid gekarteerde gebied. (1 x 1) (1) 3.4 Noem die verskynsel wat 6 op die ortofotokaart gemerk is. (1 x 1) (1) 3.5 Verwys na die Klipfonteindam op die topografiese kaart. 3.5.1 Noem die vernaamste rivier wat die dam met water voorsien. (1 x 1) (1) 3.5.2 ʼn Persoon het vanaf Inkamana (blok D5) na die Klipfonteindamwal (blok D6) met ʼn kano gevaar. Bepaal die rigting waarin hy gevaar het. (1 x 2) (2) 3.5.3 Stel TWEE moontlike maniere voor waarop Inkamana (blok D5) en naburige nedersettings uit die Klipfonteindam voordeel sal trek. (2 x 1) (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2019) GEOGRAFIE V2 11 3.5.4 Gee EEN rede waarom mense by Inkamana die dam as ʼn bedreiging vir hul lewens tydens oorstromings sou beskou. (1 x 2) (2) 3.6 Verwys na die landvorm in blok B/C6. 3.6.1 Die verskynsel wat deur die kontoerlyn wat lyn E kruis voorgestel word, is ʼn (uitloper / vallei). (1 x 1) (1) 3.6.2 Ondersteun jou antwoord by VRAAG 3.6.1 hierbo. (1 x 2) (2) 3.7 Verwys na die ortofotokaart. 3.7.1 Kies die korrekte antwoord uit die opsies tussen hakies: Die ortofotokaart is vanaf ʼn (hoë skuins- / vertikale) lugfoto afgelei. (1 x 1) (1) 3.7.2 Beskryf die verskil tussen ʼn skuins- en vertikale lugfoto. (2 x 1) (2) [25] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
12 GEOGRAFIE V2 (EC/NOVEMBER 2019) VRAAG 4: GEOGRAFIESE INLIGTINGSTELSELS (GIS) 4.1 Verwys na FIGUUR 4.1 hieronder wat dele van ʼn GIS-komponentstelsel toon en hoe dit werk om die volgende vrae te beantwoord. FIGUUR 4.1 4.1.1 Definieer die term geografiese inligtingstelsels (GIS). (1 x 1) (1) 4.1.2 Noem enige VIER komponente van GIS. (4 x 1) (4) 4.1.3 Vanuit FIGUUR 4.1 hierbo, noem enige EEN hardewaretoestel wat gebruik word vir: (a) Opneem van inligting in die stelsel (b) Stoor van inligting in die stelsel Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2019) GEOGRAFIE V2 13 (c) Koppeling van die stelsel aan ʼn netwerk. (3 x 1) (3) 4.2 Verduidelik die belangrikheid van die gebruik van GIS in die hedendaagse vinnige veranderde wêreld. (1 x 2) (2) 4.3 Verwys na blok D3 op die topografiese kaart. 4.3.1 Noem EEN voorbeeld van elk van die volgende soorte funksies wat in blok D3 voorkom: (a) Area(poligoon)-verskynsel (b) Lyn(ark)-verskynsel (c) Punt(node)-verskynsel (3 x 1) (3) 4.4 Verwys na die gebied in die noord-westelike deel van die ortofotokaart. Verduidelik waarom dit vir landmeters raadsaam sal wees, om afstandwaarnemings te gebruik, om data uit daardie gebied te versamel. (1 x 2) (2) [15] TOTAAL: 75 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

14 GEOGRAFIE V2 (EC/NOVEMBER 2019) ROFWERK EN BEREKENINGE (LET WEL: MOENIE hierdie bladsy vanaf die vraestel losmaak nie.) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
  

Study this subject

Revise the topics in this paper, then practise them question by question.

More papers and memos for this grade and subject.

More from Grade 10 Geography

View all