Skip to content

Afrikaans FAL Grade 12 P2 Gauteng Mock 2021 Question Paper

Question paperAfrikaans FALGrade 12202131 pages

Grade 12 Afrikaans FAL Paper 2 question paper from the Gauteng Mock Exam 2021, 31 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

Free to read online, no sign-up needed

Loading document…

Loading document…

Gauteng Mock Exam 2021

Document textSearch extracted text and jump to a page.
GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS VOORBEREIDENDE EKSAMEN 2021 10022 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL VRAESTEL 2 TYD: 2½ uur PUNTE: 70 31 bladsye b.o.
AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL 2 (Vraestel 2) 10022/21 INSTRUKSIES EN INLIGTING Lees AL die instruksies aandagtig deur voordat jy die vrae beantwoord. 1. MOENIE probeer om die hele vraestel te lees nie. Raadpleeg die INHOUDSOPGAWE op die volgende bladsy en merk die vraagnommer van die tekste wat jy hierdie jaar bestudeer het. Lees hierdie vrae aandagtig deur en kies die vrae wat jy wil beantwoord. 2. Hierdie vraestel bestaan uit VIER afdelings: AFDELING A: Roman (35) AFDELING B: Drama (35) AFDELING C: Kortverhale (35) AFDELING D: Gedigte (35) 3. Beantwoord vrae in TWEE afdelings, soos volg: AFDELING A: ROMAN Beantwoord die vraag oor die roman wat jy bestudeer het. AFDELING B: DRAMA Beantwoord die vraag oor die drama wat jy bestudeer het. AFDELING C: KORTVERHALE Beantwoord die vrae oor TWEE kortverhale wat jy bestudeer het. AFDELING D: GEDIGTE Beantwoord die vrae oor TWEE gedigte wat jy bestudeer het. Gebruik die kontrolelys op bladsy 4 om jou te help. 4. Volg die instruksies aan die begin van elke afdeling noukeurig. 5. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik is. 6. Begin ELKE afdeling op ʼn NUWE bladsy. 7. Bestee ongeveer 75 minute aan elke afdeling. 8. Skryf netjies en leesbaar. b.o.
AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL 3 (Vraestel 2) 10022/21 INHOUDSOPGAWE Kies TWEE afdelings. AFDELING A: ROMAN Beantwoord slegs EEN vraag. VRAAGNOMMER PUNTE BLADSYNOMMER 1. Kringe in ʼn bos 35 Nie in Gauteng getoets nie 2. Die Ongelooflike Avonture van Hanna Hoekom 35 5 3. Meeulanders 35 Nie in Gauteng getoets nie 4. Lien se lankstaanskoene 35 10 OF AFDELING B: DRAMA Beantwoord slegs EEN vraag. VRAAGNOMMER PUNTE BLADSYNOMMER 5. Poppie – die drama 35 Nie in Gauteng getoets nie 6. Paljas 35 15 7. Fiela se kind – die drama 35 19 OF AFDELING C: KORTVERHALE Beantwoord ALBEI vrae. VRAAGNOMMER PUNTE BLADSYNOMMER 8.1 “Oom Dries se sorge met Jantjie” 18 23 EN 8.2 “Die weldoener” 17 25 OF AFDELING D: GEDIGTE Beantwoord ALBEI vrae. VRAAGNOMMER PUNTE BLADSYNOMMER 9.1 “Boekmerk” 18 28 EN 9.2 “Ek het ʼn huisie by die see” 17 30 b.o.
AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL 4 (Vraestel 2) 10022/21 KONTROLELYS Gebruik die kontrolelys om te verseker dat jy die vereiste getal vrae beantwoord. AFDELING VRAAGNOMMERS GETAL VRAE DUI AAN BEANTWOORD () A: Roman 1–4 1 B: Drama 5–7 1 C: Kortverhale 8 1 (2 kortverhale) D: Gedigte 9 1 (2 gedigte) LET WEL: Maak seker dat jy vrae oor slegs TWEE afdelings beantwoord het. b.o.
AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL 5 (Vraestel 2) 10022/21 AFDELING A: ROMAN Beantwoord slegs EEN vraag oor die roman wat jy bestudeer het. VRAAG 1: KRINGE IN ’N BOS – Dalene Matthee HIERDIE ROMAN WORD NIE IN GAUTENG GETOETS NIE VRAAG 2: DIE ONGELOOFLIKE AVONTURE VAN HANNA HOEKOM – Marita van der Vyver Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg. TEKS C Nou sit ek op my bed, langs ʼn flikkerende kers op ʼn omgekeerde boks, en wonder waaroor ek kan dig. Ek sien niks in die kamer wat my inspireer nie. Dis ʼn baie basiese vertrek, omtrent so groot soos ʼn tronksel, met ʼn kaal houtvloer, twee bewerige ysterkatels en vier hake waaraan ʼn paar kledingstukke opgehang kan word. Die hake sit bokant ʼn klein venstertjie, 5 sodat die hangende klere sommer ook as gordyne kan dien. G’n plafon nie, net swaar houtbalke wat die rietdak stut. G’n matjie of muurversiering nie. ʼn Eenvoudige, koue kamer. Dis al. Hoe gaan daardie versie nou weer? Dis die vloer, 10 dis die muur, dis die donkerste uur. Dis al. Dis die pen in my hand, dis die leë papier, 15 dis die bitterste uur. Dis al. Hanna Hoekom. Winter 2002. Bitterberg. Oukei, ek weet, dis nou nie juis Antjie Krog nie. Maar sy moes ook iewers begin. Ek sal my eerste versie Stillewe noem. Ter nagedagtenis aan my 20 eerste speurverhaal wat so vroeg moes sneuwel. *** Ek het gedog ʼn gedig sou makliker as ʼn speurverhaal wees. ʼn Gedig het nie ʼn spannende storielyn of ʼn geloofwaardige ontknoping nodig nie. Net woorde. Nou weet ek van beter. 25 Die bom bars oor middagete. b.o.
AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL 6 (Vraestel 2) 10022/21 2.1 “… en wonder waaroor ek kan dig.” (Reëls 1 – 2) Wie het hier op die berg vir Hanna die idee gegee om ʼn gedig te skryf? (1) 2.2 Hanna se gesin het haar liefde vir lees aangemoedig. Gee TWEE bewyse uit die roman wat sê waarom hierdie stelling WAAR is. (2) 2.3 “… en wonder waaroor ek kan dig. Ek sien niks in die kamer wat my kan inspireer nie.” (Reëls 1 – 2) Waarom was hierdie woorde van Hanna ironies? (2) 2.4 Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf net die vraagnommer (2.4) en die letter (A–D) neer. Die berghuis waar Hanna en haar gesin met vakansie was, was met die gesin se aankoms vir Hanna … A ʼn hool aan die gatkant van Tafelberg. B baie na aan haar idee van die paradys. C ʼn teleurstelling omdat dit so eenvoudig was. D aanvaarbaar danksy die mooi natuur van die omgewing. (1) 2.5 “Dis ʼn baie basiese vertrek, omtrent so groot soos ʼn tronksel, met ʼn kaal houtvloer …” (Reëls 3 – 4) 2.5.1 Waarom het die beskrywing van Hanna se kamer by die res van die huis op die berg gepas? (1) 2.5.2 Hanna vergelyk haar kamer met ʼn tronksel. Waarom, dink jy, kan ʼn mens verstaan dat Hanna haar kamer met ʼn tronksel vergelyk het? (1) 2.6 “Hanna Hoekom. Winter 2002. Bitterberg.” (Reël 18) Hanna verander die plek se naam van Botterberg na Bitterberg. Wat sê die woord Bitterberg oor Hanna se houding teenoor die plek waar hulle vakansie gehou het? (1) b.o.
AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL 7 (Vraestel 2) 10022/21 2.7 Hanna was baie ontevrede oor haar vreemde gesin. Dit was egter nie net haar gesin waaroor sy ontevrede was nie. 2.7.1 Waaroor was Hanna nog ontevrede? Noem TWEE dinge. (2) 2.7.2 Wat het Hanna gedoen om van die werklikheid af weg te vlug? (1) 2.7.3 Dink jy Hanna het rede gehad om so ontevrede oor alles te voel? Motiveer jou antwoord. (1) 2.8 Hanna het kleurvolle mense in haar lewe gehad. Kies ʼn naam in KOLOM B wat by die inligting in KOLOM A pas. Skryf slegs die letter (A–E) langs die vraagnommer (2.8.1 tot 2.8.4) neer. KOLOM A KOLOM B 2.8.1 … was ʼn skilder. A Yann 2.8.2 … was ʼn gasspreker by funksies. B Mana 2.8.3 … kon ure lank na musiek luister. C Gavin 2.8.4 … was ʼn modeontwerper van beroep. D Margot E Beyers (4 × 1) (4) EN b.o.
AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL 8 (Vraestel 2) 10022/21 Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg. TEKS D Oukei, ek weet, die koningin is nie so aaklig soos ek eers gedink het nie. Elke nou en dan begin ek amper van haar hou. Maar dan sien ek weer hoe sy agteroor sit terwyl almal help om tafel af te dek of skottelgoed te was. (Selfs Gavin het gisteraand gehelp om hout vir die stoof aan te dra. “Hierdie afskuwelike uitrusting laat my in elk geval soos ʼn bosbouer lyk,” het hy onder 5 ʼn swaar vrag stompe gesteun.) En dan wonder ek weer wie Margot Jordan nou eintlik dink sy is. Haar nooiensvan is Jordaan. In Amerika het sy dit Jordan gemaak. *** En nou is ek so verveeld dat ek weer aan Fabienne begin dink. Ek wonder wat sy sou gedoen het as sy hier op die berg vasgekeer was. Maar ek kan 10 my amper nie voorstel dat so iets ooit met haar sou gebeur nie. Fabienne het die soort gesin wat in styl vakansie hou. Hulle het genoeg geld om in deftige hotelle te bly. Of in gemaklike gastehuise. Op eksotiese eilande en sulke soort plekke. Hulle sal beslis nie ʼn bouval op ʼn berg by iemand hoef te leen nie. En aangesien Fabienne saam met haar eie ma en haar eie pa in ʼn 15 huis woon, sonder enige aangelapte stieffamilie, sal sy ook nie met kuiergaste soos Gavin of Margot hoef te sukkel nie. 2.9 ”Oukei, ek weet, die koningin is nie so aaklig soos ek eers gedink het nie.” (Reël 1) 2.9.1 Wie is hier aan die woord? (1) 2.9.2 Hoe het die koningin by die res van die gesin ingepas? Noem TWEE feite. (2) 2.9.3 Die spreker was vroeg in die verhaal baie negatief teenoor die koningin. Noem DRIE dinge wat die koningin gedoen het wat die spreker se gesindheid verander het. (3) 2.9.4 Waarom was dit eintlik ʼn ongemaklike situasie dat die koningin besluit het om juis tydens die vakansie by die gesin op die berg te kom kuier? (1) b.o.
AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL 9 (Vraestel 2) 10022/21 2.10 “In Amerika het sy dit Jordan gemaak.” (Reëls 7 – 8) 2.10.1 Waarom het Margot haar van in Amerika na Jordan verander? (1) 2.10.2 Dink jy kunstenaars moet hulle (Afrikaanse) name verander om suksesvol te kan wees? Motiveer jou antwoord. (1) 2.11 “En nou is ek so verveeld dat ek weer aan Fabienne begin dink.” (Reël 9) 2.11.1 Wie is Fabienne? (1) 2.11.2 Waarom het die spreker amper van Fabienne vergeet? (1) 2.12 Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die letter (A – D) langs die vraagnommer (2.12) neer. Die skrywer van Fabienne se verhaal skryf eintlik ʼn storie oor haar eie probleme en lewe. Juis daarom is Fabienne se pa ʼn … A akteur. B tandarts. C eiendomsagent. D modeontwerper. (1) 2.13 Die gebeure hieronder is deel van Hanna se familievakansie. Skryf die vier gebeure onder mekaar in die VOLGORDE soos wat dit in die roman gebeur het, neer:  Margot kom kuier by haar kinders in die huis op die berg.  Hanna se nuwe babasussie word gebore.  Sharon, Hanna se beste vriendin, kom kuier ook in die huis op die berg.  Gavin sluit hom by die familievakansie aan. (4) 2.14 “…sal sy ook nie met kuiergaste soos Gavin of Margot hoef te sukkel nie.” (Reëls 16 – 17) Gavin is Hanna se biologiese pa. Waarom is dit vreemd dat Gavin Hanna se pa is? (1) 2.15 Dink jy dit is ʼn goeie idee om deur skryfwerk van jou eie probleme te probeer vergeet? Motiveer jou antwoord. (1) [35] b.o.
AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL 10 (Vraestel 2) 10022/21 VRAAG 3: MEEULANDERS – Esta Steyn HIERDIE ROMAN WORD NIE IN GAUTENG GETOETS NIE VRAAG 4: LIEN SE LANKSTAANSKOENE – Derick van der Walt Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg. TEKS G Dis doodstil in die woonstel. Braam is ook nie by die huis nie. Sy smeer ʼn stuk brood en sny skuldig die laaste stukkie kaas vir haar toebroodjie. Daar is nog ʼn halwe tamatie in die leë yskas en sy sit dit bo-op die kaas. Sy weet nie wat hulle vanaand gaan eet nie en of haar ma enigsins aan kos gaan dink waar sy en 5 haar chroniese runny tummy hulle ook al mag bevind nie. Sy maak koffie met van die aaklige, goedkoop poeierkoffie wat hulle die vorige Saterdag op special by Pick ʼn Pay gekoop het. Haar ma sal darem seker iets koop om te eet, hoop Lien. Sy gaan sit in die sitkamer en luister na die karre onder in die straat. Dis 10 hemel op aarde om so alleen in die woonstel te wees. Sy wonder oor Wouter. Is hy al moeg oor sy mislik is met die ander kinders by die skool? Sy kom agter hy is ongemaklik as sy haar so eenkant hou. Hy het haar aangemoedig om vir die oudisie te gaan. Hoekom wil hy so graag hê sy moet aan die simpel toneelstuk deelneem? 15 Sy is bang sy verloor hom. Dan het sy regtig niemand om mee te praat nie. Sy kan nie eers met tannie Bets praat oor die goed waaroor sy en Wouter praat nie. 4.1 Waar was Braam gewoonlik smiddae as hy nie by die woonstel was nie? (1) 4.2 Waarom kan ʼn mens verstaan dat Braam redes gesoek het om dikwels weg te wees van die woonstel af? (1) 4.3 Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies. Skryf slegs die vraagnommer (4.3) en die antwoord neer. Die stilte in die woonstel help die leser om meer te verstaan van Lien se (geheime geldmaakplanne/onbetrokke ma). (1) 4.4 Op watter DRIE maniere het Lien probeer om geld vir kos te verdien? (3) b.o.
AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL 11 (Vraestel 2) 10022/21 4.5 Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer (4.5) neer. "Sy weet nie wat hulle vanaand gaan eet nie en of haar ma enigsins aan kos gaan dink waar sy en haar chroniese runny tummy hulle ook al mag bevind nie." (Reëls 4 – 6) Uit Lien se gedagtes lei ons af dat Lien se ma ... was. A lui B besig C werkloos D onverantwoordelik (1) 4.6 “Sy kom agter hy is ongemaklik as sy haar so eenkant hou.” (Reël 13) Waarom, dink jy, het Lien verkies om alleen te wees? (1) 4.7 “Hy het haar aangemoedig om vir die oudisie te gaan. Hoekom wil hy so graag hê sy moet aan die simpel toneelstuk deelneem?” (Reëls 13 – 15) 4.7.1 Hoe het Wouter se aanmoediging Lien se loopbaankeuse later beïnvloed? (1) 4.7.2 Watter rol het Lien in die toneelstuk gekry? (1) 4.8 Lien se tienerlewe was nie altyd ideaal nie. Skryf die vier gebeure onder mekaar in die KORREKTE VOLGORDE soos wat dit in die roman gebeur het, neer: ● Lien en haar gesin is in armoede gedompel. ● Lien se gesin is herenig. ● Lien het besluit om self geld te verdien. ● Lien se pa het bedrog gepleeg. (4) 4.9 Voltooi die volgende paragraaf deur die woorde in die lys hieronder te gebruik. Skryf slegs die woord langs die vraagnommer (4.9.1 – 4.9.2) neer. formele; ontspanne; ondersteunende; vaderlike Lien kon met Wouter identifiseer. Hy het ʼn (4.9.1) … rol in haar lewe gespeel. Hy het ook ʼn (4.9.2) ... verhouding met haar gehad. (2) b.o.
AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL 12 (Vraestel 2) 10022/21 4.10 Lien se ma het daardie aand kos gekook en die gesin was gesellig saam. 4.10.1 Watter hoop, dink jy, het dit by Lien en Braam geskep? (1) 4.10.2 Op watter manier het Lien se ma hierdie positiewe atmosfeer vernietig? (1) EN Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg. TEKS H Die corner sonder entertainment Toe haar selfoon se wekker die volgende oggend afgaan, weet Lien wat sy moet doen. Kort pouse wag sy vir Hein op die stoep toe hulle by die Wiskunde-klas uitkom. “Hein, ek moet met jou besigheid gesels,” val sy sommer met die deur in 5 die huis. Hein lyk ongemaklik. Hy kyk oor haar skouer na die ander kinders wat by die deur uitbondel. Sy soek na woorde. Dit gaan nie werk om die hele storie hier op die stoep te vertel nie. Sy sal hom iewers moet kry waar hulle rustig kan gesels. 10 “Sal jy asseblief ná skool saam met my by die Wimpy gaan koffie drink? Ek het ʼn probleem en ek dink jy kan help.” Hein lyk erg verleë en ongemaklik. Hy kyk oor sy skouer. “Eintlik moet ek … ” “Net tien minute, promise.” 15 Hy stem teësinnig in. *** Toe sy by die Afrikaans-klas uitloop, roep juffrou Breytenbach haar terug. “Hoe gaan dit met die nek?” Lien is vir ʼn oomblik uit die veld geslaan. Sy kyk die juffrou onbegrypend aan. 20 “Jou nek wat jou so uit die skool hou?” Lien voel sy bloos. “Beter … uhm … nogal beter.” 4.11 “Die corner sonder entertainment” (Reël 1) 4.11.1 Wie was altyd vir die pret op die hoek verantwoordelik? (1) 4.11.2 Watter gebeure sluit by hierdie titel aan? (1) b.o.
AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL 13 (Vraestel 2) 10022/21 4.12 “Hein, ek moet met jou besigheid gesels, ... ” (Reël 5) Wat wou Lien vir Hein vra? (1) 4.13 Hein was die regte persoon vir wie Lien om hulp kon vra. Sê waarom hierdie stelling WAAR is. (1) 4.14 Sekere karakters het tot Lien se moeilike omstandighede bygedra. Kies die karakter in KOLOM B wat by die beskrywing in KOLOM A pas. Skryf slegs die letter (A–E) langs die vraagnommer (4.14.1 tot 4.14.4) neer. KOLOM A KOLOM B 4.14.1 Was die oorsaak van Lien en haar A Braam gesin se finansiële probleme B Meneer Jooste 4.14.2 Het in die werkplek onredelik teenoor Lien opgetree C Dirkie 4.14.3 Het aanvaar dat Lien haar liggaam vir D Tant Malie geld sou verkoop E Sproet 4.14.4 Wou geen verantwoordelikhede met Lien deel nie (4 × 1) (4) 4.15 Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies. Skryf slegs die vraagnommer (4.15) en die antwoord neer. Juffrou Breytenbach het uitgevra oor Lien se nek omdat sy belanggestel het, maar ook (krities/agterdogtig) was oor wat in Lien se lewe aangaan. (1) 4.16 Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer (4.16) neer. Lien het gebloos (reël 22) omdat sy ... A haastig was om met Hein besigheid te bespreek. B besef het juffrou Breytenbach weet dat sy gejok het. C ongemaklik gevoel het oor die juffrou se belangstelling. D aan haar afspraak later die middag met Hein gedink het. (1) b.o.
AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL 14 (Vraestel 2) 10022/21 4.17 Met verwysing na die hele roman, wat sou jy gedoen het as jy in Lien se skoene was? Noem TWEE dinge. (2) 4.18 Wat is die konnotatiewe betekenis van Lien se “lankstaanskoene”? (1) 4.19 In hierdie verhaal het Lien haar geld vir die huis gebruik en om vir Tibbey te help. Wat sê dit vir ons van Lien se karakter? Noem TWEE feite. (2) 4.20 Na ʼn lang ruk het Lien besluit om haar ma in die kliniek en haar pa in die tronk te gaan besoek. Watter TWEE positiewe gevolge het hierdie besluit van Lien gehad? (2) [35] TOTAAL AFDELING A: 35 b.o.
AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL 15 (Vraestel 2) 10022/21 AFDELING B: DRAMA Beantwoord slegs EEN vraag oor die drama wat jy bestudeer het. VRAAG 5: POPPIE – DIE DRAMA – Elsa Joubert en Sandra Kotzé HIERDIE DRAMA WORD NIE IN GAUTENG GETOETS NIE VRAAG 6: PALJAS – Chris Barnard Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg. TEKS K 10. Katrien staan steeds buite by die wasgoeddraad en kyk hoe die laaste kompartemente verbygaan. Haar oë volg die kondukteurswa. Sy staan en kyk hoe die trein wegraak. Eers dan, ná nog ʼn paar tellings, draai sy om en loop die huis in. Maar haar kop is by die trein. KATRIEN (roep êrens): Boetie, die trein is verby. (Kort pouse.) Jy gaan laat 5 wees. (Pouse.) Moenie vergeet om jou pa te groet nie. *** Die kind sien die goudgeel skoolbus aankom. Hy wys vir sy pa. HENDRIK: Ja, ek sien. (Hy stap heeltyd nader.) Sê gou. (Die kind begin wegbeweeg, maar Hendrik gryp sy elmboog.) Sê gou – sê “tot siens, Pa”. Die bus stop al. 10 En Willem ruk los en hardloop. *** Hendrik staan en kyk hoe hy in die bus klim. En die bus ry in die vroeë môrelig in. Hendrik se gesig is heeltemal uitdrukkingloos. Die bus is nog nie heeltemal weg nie wanneer ʼn bakkie van dieselfde 15 kant verskyn waar die bus vandaan gekom het. Dis Frans Lombard se groen bakkie. Hendrik sien hoe die bakkie oor die spoor swenk en werf toe ry. En Hendrik posisioneer homself só dat hy ongemerk kan sien wat op die werf aangaan. 20 *** FRANS: Môre, Katrien … KATRIEN: Môre. 6.1 Waar in Suid-Afrika speel die drama af? (1) b.o.
AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL 16 (Vraestel 2) 10022/21 6.2 Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies. Skryf slegs die vraagnommer (6.2) en die antwoord neer. Die hooftema in Paljas is (eensaamheid/geluk). (1) 6.3 Katrien was oorbeskermend teenoor Willem. 6.3.1 Gee EEN voorbeeld wat hierdie stelling bewys. (1) 6.3.2 Hendrik het die oggend saam met die twee kinders aan die ontbyttafel gesit. Wat het Katrien vir Hendrik gesê? (1) 6.4 HENDRIK: … Sê gou. (Die kind begin wegbeweeg, maar Hendrik gryp sy elmboog.) Sê gou – sê “tot siens, Pa”. (Reëls 8 – 9) 6.4.1 Sal die manier waarop die kind sy pa gegroet het, normaalweg aanvaarbaar wees? Motiveer jou antwoord. (1) 6.4.2 Op watter manier het die seun sy pa gegroet? (1) 6.5 Hoe het die kinders Willem tydens pouse by die skool behandel? (1) 6.6 Waarom, dink jy, identifiseer Willem eerder met die nar as met sy ouers? (2) 6.7 Hoe het die volgende karakters Willem se lewe later verander? 6.7.1 Manuel (1) 6.7.2 Emma (1) 6.8 Slegs Hendrik het vir Frans en Katrien dopgehou toe Frans by die huis arriveer het. (Reëls 17 – 20) Sê waarom hierdie stelling ONWAAR is. (1) 6.9 Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer (6.9) neer. Katrien het haastig opgetree toe sy vir Frans deur die venster sien, want sy ... A weet Frans bring vir haar iets. B wil self die deur vir hom oopmaak. C weet Hendrik gaan hulle twee dophou. D wil hê alles moet net reg wees as hy kom. (1) b.o.
AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL 17 (Vraestel 2) 10022/21 6.10 Noem die TWEE dinge wat Frans vir Katrien saamgebring het. (2) 6.11 Watter innerlike konflik ervaar Emma met Frans se besoeke aan haar ma? (1) 6.12 Waarom het Emma aan die begin van die drama nie vir Nollie aanvaar nie? (1) EN Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg. TEKS L 112. ʼn Paar bakkies kom na die stasie toe aangery en kom hou op die perron stil waar daar reeds ʼn paar manne buitekant hulle voertuie staan. Hulle staan en rook terwyl hulle die wêreld om hulle bekyk. Almal het gewere by hulle. *** Die voertuie hou met groot bravade stil: stofwolke, remme, klappende deure. Maar niemand praat nie. 5 Dan sien hulle Hendrik aangestap kom. Katrien bly staan op die agterwerf. Aan Hendrik se stap sien ʼn mens hy is die duiwel in. Hulle wag vir hom. HENDRIK: (op ʼn afstand): Ja? (Hy kom nader gestap.) Kan ek iets vir julle doen? (Hulle staan hom net en bekyk terwyl hy aankom. Ons herken Jan 10 Mol, Sakkie du Toit en ouderling Bothma. Altesaam omtrent tien man.) Ja, Jan Mol. Ek vrá. (Hendrik kom staan naby hulle. Die manne begin nader staan na Jan toe wat sy geweer oor sy skouer sit en sy stompie doodtrap.) Wie gee julle die reg om op my eiendom te kom foeter met so ʼn spul gewere? JAN MOL: Jou eiendom? 15 HENDRIK: Dis spoorweggrond hierdie. JAN MOL: Waar’s daardie Beëlsebub? HENDRIK: Wat se wat? 6.13 Wie het die nar raakgeskiet? (1) 6.14 Op watter dag het die gebeure in die uittreksel plaasgevind? (1) 6.15 Noem TWEE plekke waar die dorpsmanne na die nar gesoek het. (2) 6.16 Watter optrede van Emma, dink jy, kontrasteer met die hele soektogsituasie? (1) 6.17 Wie is die “Beëlsebub”? (Reël 17) (1) b.o.
AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL 18 (Vraestel 2) 10022/21 6.18 Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer (6.18) neer. Katrien was bekommerd dat die mans dalk vir Willem kan skiet omdat Willem … A buite in die veld is. B sy spraak verloor het. C soos die nar aangetrek is. D ook toorkunsies kan doen. (1) 6.19 Hoe het die nar van die mans af probeer wegvlug? (1) 6.20 Die dorpsmense het die nar nie aanvaar nie. Kies die gevolg in KOLOM B wat by die gebeure in KOLOM A pas. Skryf slegs die letter (A–E) langs die vraagnommer (6.20.1 tot 6.20.4) neer. KOLOM A KOLOM B 6.20.1 Dominee het Hendrik A Twee, drie skote het geklap en Katrien gewaarsku. voordat almal wegry. 6.20.2 Manuel het die kerk B Die nar het met sy fiets besoek. weggevlug. 6.20.3 Die dorpsmanne het C Dominee het die ouderling die nar met gewere gevra om hom te verwyder. kom soek. D Bose magte kom in verskeie 6.20.4 Emma het die nar se vorms voor. klere opgehang. E Willem kan teenoor Hendrik erken dat die nar sy geheim was. (4 × 1) (4) 6.21 Volgens Hendrik het die wêreld daarbuite van mense soos hulle verskil. Vergelyk hierdie twee kante sodat die verskil duidelik is. (2) 6.22 Ouderling Bothma van die kerk was deel van die groep dorpsmanne wat die nar wou skiet. Wat is ironies omtrent die feit dat die ouderling deel van hiérdie groep was? (2) b.o.
AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL 19 (Vraestel 2) 10022/21 6.23 Noem EEN positiewe verandering wat die nar in die McDonalds se lewe gemaak het. (1) 6.24 Waarvan is die windpomp aan die einde van die drama simbolies? (1) [35] VRAAG 7: FIELA SE KIND – DIE DRAMA – Dalene Matthee Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat daarop volg. TEKS M BARTA kom soos ʼn gedaante deur die mis aan. BARTA: Elias? ELIAS: Wat is dit nou weer, vrou? Kan julle nie sien ek is besig nie? BARTA: Was die kind nie hier by jou nie? *** LANGE: Die Goewerment gaan al die mense in die land laat tel, ons begin 5 solank hier in die Kloof. FIELA (met die doodskrik wat deur haar skiet): En vir wat wil hulle die mense tel? DIKKE: Tel jy nie saans jou hoenders nie? FIELA (op band): As die wyfie net wil uitbreek en weghol sodat die kinders 10 moet agterna. *** BARTA: Los hom, Elias. ELIAS (ongeduldig): Groet jou broer en jou suster, Lukas! TANT GERTJIE: Los die kind, Elias! Hy’s verwilder. Ligte doof uit en weer in op toneel in Bos. LUKAS sit op sy hurke langs 15 die huis. NINA: Wil jy ʼn patat hê, Lukas? LUKAS: Nee. NINA: Kan jy ʼn geheim hou? LUKAS: Watse geheim? 20 NINA: As jy saam met my kom, gaan wys ek jou die geheim. LUKAS: Ek gaan nêrens heen nie. NINA: Jy gaan bobbejaanboude kry van net so sit en sit. LUKAS: Ek wag vir my ma. NINA: Pa sê hy gee jou nog net vandag om uit jou nuk te kom. 25 7.1 Gee TWEE kenmerke van die ruimte waarin hierdie toneel afspeel. (2) 7.2 Wat, dink jy, is Elias se TWEE swakste karaktereienskappe? (2) 7.3 “BARTA kom soos ʼn gedaante deur die mis aan.” (Reël 1) Wat het Barta makeer? (1) b.o.
AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL 20 (Vraestel 2) 10022/21 7.4 Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies. Skryf slegs die vraagnommer (7.4) en die antwoord neer. Fiela se gebed toe die sensusopnemers by hulle plaas opdaag, was dat (die sensusmanne betyds sal loop voordat die kinders weer terugkeer huis toe/Benjamin se skuit sal wegdryf sodat hy aanhou soek en wegbly van die huis af). (1) 7.5 Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer (7.5) neer. Die dag toe die sensusopnemers by die Komoeties opgedaag het, kan beskryf word as die ... A klimaks. B ontknoping. C eksposisie. D motoriese moment. (1) 7.6 Watter ander sensusinligting, behalwe die aantal inwoners, wou die lang man van Fiela gehad het? Gee DRIE feite. (3) 7.7 Watter onregverdigheid het in die hof gebeur wat daartoe gelei het dat Benjamin se identiteit verander het? Gee TWEE feite. (2) 7.8 “Barta: Los hom Elias.” (Reël 12) Waarom hou Barta aan dat Elias vir Benjamin moet uitlos? (1) 7.9 Hierdie karakters het ʼn rol in Benjamin se lewe gespeel. Kies die karakter in KOLOM B wat by die beskrywing in KOLOM A pas. Skryf slegs die letter (A–E) langs die vraagnommer (7.9.1 tot 7.9.4) neer. KOLOM A KOLOM B 7.9.1 Het geglo dat werk goed vir ʼn mens is A Willem 7.9.2 Het in Benjamin se hart gekruip B Fiela 7.9.3 Het Benjamin as sy eie seun aanvaar C Barta 7.9.4 Het groot pyn in Benjamin se lewe D Nina veroorsaak E Selling (4 × 1) (4) EN b.o.
AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL 21 (Vraestel 2) 10022/21 Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat daarop volg. TEKS N FIELA: Ek is Fiela Komoetie van die Lange Kloof. Ek het die sydeur uit die kosyn geklop, maar niemand het my gehoor nie. Ek het gekom om Salomo te spreek. MAGISTRAAT: Ekskuus? FIELA: Salomo. Die een van die Bybel. Ek verneem julle hou hom hier 5 iewers aan. MAGISTRAAT: Luister hier! FIELA: Ek wil by hom hoor waarom net die een vrou laat kom is toe die kind deurgesny moes word. **** KAPP: Waar’s die kinders, Van Rooyen? 10 ELIAS: “Weet nie wanneer hulle weer huis kry nie. Hang af. Dié meisiekind van my is mos nes ʼn bok oor die Bos. Mister kom mos dikwels op die dorp, mister moet tog vir my uitluister of daar nie van die Engelse is wat ʼn kinderwagter soek nie. Verniet wil ek haar nie graag verhuur nie, maar as hulle haar ʼn stukkie klere en so aan gee, sal ons regkom met die 15 prys. KAPP: Ek sal verneem. (Pouse.) Hoe lank skat jy gaan die kinders nog wegbly? **** NINA: Jy loop sê nie jy het my gekry nie. Ek gee nie langer my geld af nie, vir niemand nie. Pa kan sy gat oplig en vir homself werk. (Pouse.) 20 LUKAS: Ek het eintlik gekom om jou ʼn guns te vra. NINA: Is jy siek, Lukas? 7.10 Fiela het gevra waarom net die een vrou laat kom is toe die kind uitgeken moes word. (Reëls 8 – 9) 7.10.1 Noem Fiela se TWEE argumente waarom sy gedink het dat Benjamin nie Barta se verlore kind kan wees nie. (2) 7.10.2 Fiela het vir die magistraat gesê dat God die mens nie vergewe vir die onreg wat ʼn mens ʼn kind aandoen nie. Noem EEN ernstige onreg teenoor kinders in ons moderne tyd. (1) 7.11 Die magistraat het baie streng en ernstig met Fiela gepraat. Motiveer met TWEE feite waarom hierdie stelling WAAR is. (2) b.o.
AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL 22 (Vraestel 2) 10022/21 7.12 Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies. Skryf slegs die vraagnommer (7.12) en die antwoord neer. Fiela Komoetie het (magteloos/angstig) gevoel toe sy besef dat die owerhede of stelsel onmenslik is. (1) 7.13 Die magistraat het tog die boswagter Kapp na Elias gestuur. Watter TWEE dinge wou die magistraat weet? (2) 7.14 Kan ʼn mens die magistraat blameer vir die besluit wat hy geneem het oor Benjamin? Motiveer jou antwoord. (1) 7.15 Hoe kon Lukas se lewe verander het as boswagter Kapp hom daardie dag gesien het? (1) 7.16 Watter skok het Lukas gekry toe hy en Nina uit die bos teruggekeer het? (1) 7.17 “... mister moet tog vir my uitluister of daar nie van die Engelse is wat ʼn kinderwagter soek nie.” (Reëls 13 – 14) Noem die TWEE redes waarom Miss Weatherbury vir Nina in diens geneem het. (2) 7.18 Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer (7.18) neer. Lukas moes nou self ʼn groot besluit in sy lewe neem. Die ruimte waarin Lukas homself op hierdie stadium van sy lewe bevind het, was die ... A Lange Kloof en die dorp, Knysna. B dorp, Knysna en die Knysnabos. C Knysna, die dorp. D Knysnabos. (1) 7.19 Vergelyk dit wat in Lukas se lewe gebeur het met Nina se lewe. Noem TWEE ooreenkomste tussen Lukas en Nina. (2) 7.20 Stem jy saam dat Lukas teen die einde van die drama steeds net liefde teenoor Fiela gevoel het? Motiveer jou antwoord. (1) 7.21 Wat is die hooftema in Fiela se kind? (1) [35] TOTAAL AFDELING B: 35 b.o.
AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL 23 (Vraestel 2) 10022/21 AFDELING C: KORTVERHALE Beantwoord die vrae oor TWEE kortverhale. VRAAG 8: SPIEЁLBEELDE 8.1 “OOM DRIES SE SORGE MET JANTJIE” – Felicia Goosen Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg. TEKS O “Vannag word ons lammers weer verskeur,” sê oom Thysie en sit sy geweer moedeloos terug in die geweersak. Die verhekste rooikat het weer paaie om hulle geloop. Almal pak op om maar huis toe te gaan, net Groot Dawid staan nog rond. Toe skielik brand hy sommer uit frustrasie los op ʼn groot 5 bobbejaanwyfie in die wildevyeboom. Dis eers toe hulle by die dooie bobbejaan kom, dat hulle die grys bondeltjie onder haar pens gewaar. *** “Jantjie!” skree oom Dries en vlie vervaard op. Hy draf haastig oor die gras in die swaai se rigting, maar hy trap ʼn lang uitloopsel 10 raak, struikel en slaan neer. Sy groot lyf bly ʼn paar sekondes lank net so lê. Hy skud die gras van sy klere af en kyk op na die swaai. Daar is geen teken van bobbejaan se kind nie. Die swaai hang doodstil in die wit maanlig. Oom Dries voel aardig. Hy kon sweer ... 15 “Dries, kry jou kop in rat. Jy’s sommer besimpeld,” praat hy met homself. Hy stap by die agterdeur in en sit die ketel op die Aga vir koffie. Tien dae later moet hy kerkraadsvergadering toe op die dorp en kom eers teen sterk donker terug. By die stoeptrappies steek hy 20 vas. Net sowat twintig treë van hom af op die gras, is die duidelike silhoeët van ʼn bobbejaan. 8.1.1 Wie is die hoofkarakter in die kortverhaal? (1) 8.1.2 Hierdie kortverhaal speel op ʼn plaas af. Wat is die naam van die plaas? (1) b.o.
AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL 24 (Vraestel 2) 10022/21 8.1.3 Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer (8.1.3) neer. Die toon van hierdie kortverhaal is ... A hartseer. B opgewek. C vertellend. D humoristies. (1) 8.1.4 Oom Dries word voorgestel as ʼn saggeaarde man. Gee TWEE feite om die stelling te bewys. (2) 8.1.5 Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies. Skryf slegs die vraagnommer (8.1.5) en die antwoord neer. “Die verhekste rooikat het weer paaie om hulle geloop.” (Reëls 2 – 3) Die woord “verhekste” is ʼn voorbeeld van ʼn (hiperbool/ eufemisme). (1) 8.1.6 Wat is die motoriese moment in die kortverhaal? (1) 8.1.7 Jantjie het later aggressief begin optree. Wat het Jantjie aan Sofie gedoen? (1) 8.1.8 Oom Thysie het vir Jantjie geskiet. Vertel wat gebeur het dat oom Thysie Jantjie geskiet het. Gee DRIE feite. (3) 8.1.9 Wat het oom Thysie aan oom Dries erken toe hulle by die motorhek ontmoet en ʼn pypie rook? Gee TWEE feite. (2) 8.1.10 Oom Dries het vir Jantjie ʼn swaai gemaak. Op watter manier was Jantjie se swaai selfs na sy dood nog belangrik vir oom Dries? Gee TWEE feite. (2) b.o.
AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL 25 (Vraestel 2) 10022/21 8.1.11 Een van die temas van hierdie kortverhaal is hoe goedbedoelde dade soms noodlottige gevolge kan hê. Hoe word hierdie tema in die verhaal uitgebeeld? Gee TWEE feite. (2) 8.1.12 Dink jy oom Dries het die regte ding gedoen toe hy vir Jantjie gered het? Motiveer jou antwoord. (1) EN 8.2 “DIE WELDOENER” – T.T. Cloete Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg. TEKS P So een wat laat in die aand alleen op die strand gaan loop, is Gawie, ʼn komponis, koordirigent en sangdosent aan die Marin Marais-konservatorium, bowendien ook orrelis van die gemeente waar hy tuishoort. Al sy mense is al aan die slaap. Moeg van lees, besluit hy om langs die see te gaan stap. 5 Alles en almal in die stranddorp is stil. Doodstil. Ook die jongmense wat gedans het en gedrink het en lawaai gemaak het, is al stil. Net hier en daar in ʼn strandhuis brand nog lig. *** Die seun is meer dronkgeslaan as dronk. Gawie kan hom nie vra om nou, hier in die donker, te sing nie. Hy wil graag hoor hoe die 10 seun sing, hy wil hom graag help, hy sou graag vir hom wil sê: jy sing pragtig, jy hét dit. Maar hy het tog troos vir die seun: As hy hom saam met die troos op ʼn bedekte manier na sy eie konservatorium toe nooi, kan hy vir hom iets doen. “Meerderes lag nie vir minderes nie; die meerdere het medelye 15 met die mindere. Dit is die minderes wat lag. *** “Goeienag. Slaap lekker. Ek gaan jou klere in die badkamer afspoel en oor die wasgoeddraad hang. Sê more vir jou ma jy het in die see geval. Ek trek alle deure agter my toe.” 8.2.1 Wat is die naam van die vakansiedorp waar die kortverhaal afspeel? (1) b.o.
AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL 26 (Vraestel 2) 10022/21 8.2.2 Gawie het iemand op die strand sien lê en het nader gegaan. Gee TWEE feite om te verduidelik waarom Gawie besluit het om dit te doen. (2) 8.2.3 By watter instansie wou die jong man wat Gawie op die strand gevind het, musiek gaan studeer? (1) 8.2.4 Die jong man het baie respek vir die Marin Marais- konservatorium gehad. Motiveer waarom die stelling ONWAAR is. (1) 8.2.5 “Meerderes lag nie vir minderes nie; ...” (Reël 15) Na wie verwys die “meerderes” en die “minderes” in die aanhaling? (2) 8.2.6 Die jong man se aand het nie uitgedraai soos wat hy dit sou wou hê nie. Skryf die vier gebeure onder mekaar in die korrekte VOLGORDE soos wat dit in die kortverhaal gebeur het, neer. ● Die jong man het op die strand agtergebly. ● Die jong man was by ʼn partytjie saam met bekende en onbekende mense. ● Die jong man het seergekry. ● Die jong man se talent is bespot. (4) 8.2.7 Voltooi die volgende paragraaf deur elke keer net EEN WOORD in te vul. Skryf slegs die KORREKTE woord langs die vraagnommer 8.2.7(a) en 8.2.7(b) neer. Die jong man wou nie hê dat Gawie hom huis toe moet vat nie omdat hy bang was dat sy pa hom gaan 8.2.7(a) ... . Gelukkig het sy pa so hard 8.2.7(b) ... dat hy van niks geweet het nie. (2) 8.2.8 Wat, dink jy, het Gawie motiveer om die jong man te help? (1) b.o.
AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL 27 (Vraestel 2) 10022/21 8.2.9 “Ek trek alle deure agter my toe.” (Reël 19) Wat dink jy is die: (a) denotatiewe betekenis van Gawie se laaste woorde aan die jong man? (1) (b) konnotatiewe betekenis van Gawie se laaste woorde aan die jong man? (1) 8.2.10 As jy die jong man was, sou jy toegelaat het dat ʼn vreemdeling jou help soos wat Gawie die jong man gehelp het? (1) [35] TOTAAL AFDELING C: 35 b.o.
AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL 28 (Vraestel 2) 10022/21 AFDELING D: GEDIGTE Beantwoord die vrae oor AL TWEE die volgende gedigte. VRAAG 9: VERSKUNS VIR EERSTE ADDISIONELE TAAL 9.1 “BOEKMERK” – Marlise Joubert Lees die gedig hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg. BOEKMERK – Marlise Joubert 1 kinders 2 met wange soos mossies 3 wat teen elke oggend stoei 4 hande altyd woerende vlerke 5 elke lyfie ʼn seilende gesang – 6 vlak bo die waterspieël 7 van ʼn klipvloergang 8 vlytig stort die druppels klank 9 oor haar uit totdat sy verbaas 10 die reuk van bittersoet jasmyn 11 uit haar skooljare proe 12 waar sy ook kon mor 13 en protesteer: 14 waarom is alles altyd ver 15 waarom is alles altyd hier 16 waarom moet ek leer 17 van optel aftrek deel 18 van dooie digters 19 uit die toentertyd 20 en watter land sit waar 21 en waarom draai die son 22 toe maak sy die dag weer oor – 23 met elke skoolklok werk sy 24 namens mossiekind: 25 kom ons pars die wind 26 met wange soos soldaatjies 27 totdat elkeen net die geur 28 van jasmyn kan boekmerk 29 teen die onheil van ons 30 ellelange reis b.o.
AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL 29 (Vraestel 2) 10022/21 9.1.1 Die titel van die gedig kan ʼn denotatiewe en ʼn konnotatiewe betekenis hê. (a) Wat is die denotatiewe betekenis? (1) (b) Wat is die konnotatiewe betekenis? (1) 9.1.2 Haal EEN woord uit strofe 1 aan wat bewys dat kinders nie lus is om soggens wakker te word nie. (1) 9.1.3 Hou jy daarvan om soggens vroeg op te staan vir skool? Motiveer jou antwoord. (1) 9.1.4 Gee TWEE bewyse dat die kindertjies nooit stilsit nie. (2) 9.1.5 Reël 8: “vlytig stort die druppels klank” Waarvandaan kom die “druppels klank”? (1) 9.1.6 Kies die letterkundige term in KOLOM B wat by die aanhaling in KOLOM A pas. Skryf slegs die letter (A–E) langs die vraagnommer (9.1.6(a) tot 9.1.6(d)) neer. KOLOM A KOLOM B (a) “met wange soos mossies” (reël 2) A Inkeping (b) “woerende vlerke” (reël 4) B Sinestesie (c) “vlak bo die waterspieël/van ʼn C Metafoor klipvloergang” (reëls 6 – 7) D Vergelyking (d) “die reuk van bittersoet jasmyn … proe” (reëls 10 – 11) E Onomatopee (4 × 1) (4) 9.1.7 Die juffrou in hierdie gedig het as leerling gelukkige én slegte tye beleef. Haal EEN woord uit die gedig aan om die stelling te bewys. (Strofe 2) (1) b.o.
AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL 30 (Vraestel 2) 10022/21 9.1.8 Na watter vakke verwys die volgende aanhalings? (a) “van optel aftrek deel” (Reël 17) (1) (b) “en watter land sit waar” (Reël 20) (1) 9.1.9 Die kinders se klagtes in strofe 3 is realisties. Motiveer waarom die stelling WAAR is. (1) 9.1.10 Wat is die houding van die juffrou in hierdie gedig? (1) 9.1.11 Waarna, dink jy, verwys die “ellelange reis” (Reël 30) waarmee die gedig afsluit? (1) 9.1.12 Wat is die tema van die gedig? (1) EN 9.2 “EK HET ’N HUISIE BY DIE SEE” – HA Fagan Lees die gedig hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg. EK HET ’N HUISIE BY DIE SEE – HA Fagan 1 Ek het ʼn huisie by die see. Dis nag 2 Ek hoor aaneen, aaneen die golwe slaan 3 teenaan die rots waarop my huisie staan 4 met al die oseaan se woeste krag. 5 Ek hoor die winde huil – ʼn kreun, ʼn klag, 6 soos van verlore siele in hul nood 7 al dwalend, klagend, wat in graf en dood 8 geen rus kon vind nie, maar nog soek en smag. 9 My vuurtjie brand, my kersie gee sy lig. 10 Ek hoor dan maar hoe loei die storm daar buite, 11 Ek hoor hoe ruk die winde aan my ruite; 12 hier binne is dit veilig, warm en dig. 13 Kom nag, kom weer en wind, kom oseaan – 14 dit is ʼn rots waarop my huisie staan. 9.2.1 Wat noem ons die “Ek” in die gedig? (1) 9.2.2 Wanneer speel die gebeure in die gedig af? (1) b.o.
AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL 31 (Vraestel 2) 10022/21 9.2.3 Wat hoor die persoon in reël 2? (1) 9.2.4 Waarteen slaan die golwe? (1) 9.2.5 Wat besit die spreker? (1) 9.2.6 Hoe verskil reël 4 van reël 2? (2) 9.2.7 Wat beteken die vergelyking in reëls 5 tot 6? (1) 9.2.8 Vul die ontbrekende woorde in. Skryf slegs die vraagnommer (9.2.8(a) tot 9.2.8(c)) en die antwoord neer. Die (9.2.8(a)) … -sintuig word regdeur hierdie gedig beklemtoon. Die toestande (9.2.8(b)) … die huis word in versreëls 1 tot 8 beskryf. ʼn (9.2.8(c)) … van sekere woorde kom voor in versreëls 2, 3, 13 en 14. (3) 9.2.9 Som die toestande wat in reëls 1 – 8 en in reëls 9 – 12 heers, kortliks op. (2) 9.2.10 Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer (9.2.10) neer. Personifikasie is wanneer ʼn nie-menslike eienskap aan ʼn menslike eienskap gekoppel word soos in ... A met al die oseaan se woeste krag. (Reël 4) B Ek hoor die winde huil – ʼn kreun, ʼn klag, (Reël 5) C soos van verlore siele in hul nood (Reël 6) D al dwalend, klagend, wat in graf en dood (Reël 7) (1) 9.2.11 Noem EEN rede waarom hierdie gedig ʼn Engelse sonnet is. (1) 9.2.12 Watter optrede van die spreker bevestig sy gevoel van veiligheid in sy huisie? (Reël 13) (1) 9.2.13 Lees reëls 13 – 14. Wat, dink jy, is die spreker se boodskap in die slot van die gedig? (1) [35] TOTAAL AFDELING D: 35 TOTAAL: 70 EINDE

Study this subject

More from Grade 12 Afrikaans FAL

View all