Vertroulik
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1
NOVEMBER 2025
PUNTE: 80
TYD: 2 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 17 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2025 papers 





View all%20June%202025%20Possible%20Answers--548f1e49-d719-426b-b0e2-f6857ab2b360/v1-8afba796e6c931b94fa2/card.webp)





Afrikaans FAL Grade 12 P1 NSC November 2025 Question Paper
Grade 12 Afrikaans FAL Paper 1 question paper from the NSC November Exam 2025, 17 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.
Afrikaans Fal · Grade 12 · NSC November Exam · 2025 · Afrikaans. Question paper, 17 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Afrikaans FAL
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Question paper
- Year
- 2025
- Exam period
- NSC November Exam
- Paper
- 1
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 17
- File size
- 2.7 MB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 17
This exam
NSC November Exam 2025
- Paper 1Question paperMemo
- Paper 2Question paperMemo
- Paper 3Question paperMemo
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1 2 DBE/November 2025
NSS Vertroulik
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings.
AFDELING A: Leesbegrip (30)
AFDELING B: Opsomming (10)
AFDELING C: Taal (40)
2. Beantwoord AL die vrae.
3. Begin ELKE afdeling op 'n NUWE bladsy.
4. Trek 'n streep ná elke afdeling.
5. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik is.
6. Laat 'n reël oop ná ELKE antwoord.
7. Skenk veral baie aandag aan spelling en sinskonstruksie.
8. Beplan jou tyd só:
AFDELING A: 50 minute
AFDELING B: 20 minute
AFDELING C: 50 minute
9. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1 3 DBE/November 2025
NSS Vertroulik
AFDELING A: LEESBEGRIP 2025
VRAAG 1
Lees die artikel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
TEKS A: ARTIKEL
MrBEAST ... KONING VAN YOUTUBE, PRINS VAN TIKTOK
1 Wie is MrBeast?
2 Hierdie 27-jarige Amerikaner se regte
naam is James Stephen Donaldson,
maar mense noem hom sommer
Jimmy. MrBeast is sy aanlyn naam. In 5
die wêreld van smaakmakers
(influencers) op YouTube, TikTok en
Instagram is hy op die oomblik die
nommer-een-inhoudskepper (content
creator)! Hy het meer as 500 miljoen 10
volgelinge en meer as 320 miljoen
mense is op sy YouTube-kanaal ingeteken. Dit beteken dat meer mense na sy
video's kyk as na enigiemand anders s'n.
3 Jimmy is die jongste multimedia-miljoenêr in die wêreld wat op eie stoom so ryk
geword het. Die kompetisie op sosiale media is kwaai. Almal probeer om soveel as 15
moontlik volgelinge en klikke te kry. Daarom is mense soms baie lelik met mekaar,
maar Jimmy is anders. Hy is die 'good-guy influencer'.
4 Jimmy lééf vir YouTube. Hy was 'n leerder aan die Greenville Christian Academy en
het altyd gevoel die ander kinders in sy skool verstaan nie sy passie vir YouTube nie.
Hy was dertien toe hy sy eerste video's op 20
YouTube gelaai het. In hierdie video's het hy
videospeletjies gespeel en baie ''slim'' dinge
gesê. Mense het nie baie daarvan gehou nie.
5 Jimmy was soos 'n masjien. Hy het net
aangehou. Hy het alles van YouTube geleer 25
wat hom kon help om 'n goeie YouTuber te
wees. Hy het geleer watter video's meer as
ander gedeel word en hoe jy YouTube se blikbrein kan gebruik om mense na jóú
video's te laat kyk. Jimmy wou hê mense moet wonder oor dinge en iets voel wanneer
hulle na sy video's kyk. Hulle moet vrae vra en wonder hoe hy dit gedoen het. As 30
hulle só reageer, sal hulle hom volg!
6 MrBeast het bekend geraak vir sy wilde video's, byvoorbeeld om homself lewend te
laat begrawe. Hy is al deur ander gekritiseer dat hy soms onsensitiewe taal gebruik.
Daar is ook mense wat sê dat die plekke waar sy video's gemaak word, nie altyd baie
veilig is nie. 35
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1 4 DBE/November 2025
NSS Vertroulik
7 Tussen al sy toertjies deur gee Jimmy
ook baie geld om mense, diere en die
natuur te help. Hy het 'n tweede
YouTube-kanaal, Beast Philanthrophy,
wat hy hiervoor gebruik. Hy het al 40
100 honde gehelp om huise te kry en
meer as 20 000 pare skoene geskenk.
8 MrBeast help op baie plekke waar daar
nood is. In Junie 2024 het hy 100 huise
vir arm gesinne in Jamaika, El Salvador, Colombia en Argentinië laat bou. Hy het 45
elektrisiteit vir 'n dorpie in Zambië laat aanlê en $30 miljoen se kos help uitdeel.
9 Sy projek, Team Trees, wat hy in 2019 begin het, het al meer as $20 miljoen
ingesamel om bome oor die hele wêreld te laat plant. Sy Team Seas-projekte het
reeds 14 000 ton plastiek uit die see gehaal.
10 Jimmy het persoonlike bande met Suid-Afrika. Toe hy in 2022 op besoek aan ons 50
land was, het hy Thea Booysen in 'n nagklub in Kaapstad ontmoet. Thea is sélf 'n
internetpersoonlikheid en het agterna gesê sy wou hom altyd graag ontmoet het.
Hulle het verlede jaar op Kersdag verloof geraak. Thea het op verskeie maniere al
vir haarself naam gemaak. Sy het 'n paar grade ontvang en het ook al 'n boek geskryf.
MrBeast sê Thea is lief vir leer en hy bewonder dit, want hy self hou ook daarvan om 55
altyd nóg nuwe dinge te leer. Hy ondersteun ook 'n kinderhuis in Khayelitsha.
11 MrBeast stoom voort. Hy het nog groot planne. Hy hoop om in die toekoms
wêreldvrede te bring en 'n einde te maak aan hongersnood. 'n Mens kan voorwaar
jou hoed lig vir hierdie jong man wat nie net ontvang nie, maar ook gee!
[Verwerk uit Huisgenoot, #1434, 5 Desember 2024 en ander bronne]
LET WEL:
• Beantwoord AL die vrae.
• Skryf net die vraagnommer en die antwoord neer.
1.1 VOLTOOI die sinne hieronder deur by elke vraag (1.1.1 tot 1.1.3) EEN of TWEE
woord(e) uit paragraaf 2 in te vul.
Jimmy Donaldson is (1.1.1) ... jaar oud. Sy (1.1.2) ... op sosiale media is
MrBeast. Hy is baie bekend, want (1.1.3) ... mense kyk na sy video's as na
enigiemand anders s'n. (3)
1.2 Kyk na die opskrif van hierdie teks.
Haal EEN woord uit reëls 6 tot 10 aan wat vir ons sê dat MrBeast die koning of
prins van sosiale media is. (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1 5 DBE/November 2025
NSS Vertroulik
1.3 "Jimmy is die jongste multimedia-miljoenêr in die wêreld wat op eie stoom so
ryk geword het." (Reël 14 en 15)
Kies die KORREKTE ANTWOORD om die sin mee te voltooi. Skryf die letter
(A–D) langs die vraagnommer (1.3) neer.
Hier beteken "op eie stoom" dat Jimmy ...
A sy eie familie gevra het om hom te help.
B nie tyd gemors het om sy video's te maak nie.
C ander mense gemanipuleer het om hom te volg.
D nie op ander staatgemaak het om sukses te behaal nie. (1)
1.4 Kies die KORREKTE ANTWOORD uit dié tussen hakies.
"Die kompetisie op sosiale media is kwaai." (Reël 15)
Dit is 'n voorbeeld van FIGUURLIKE taalgebruik. Dit beteken dat (dit nie maklik
is om sukses te behaal nie/mense op sosiale media lelik is met mekaar). (1)
1.5 Waar het Jimmy skoolgegaan? (1)
1.6 Hoe oud was hy toe hy sy eerste video's op YouTube gelaai het? (1)
1.7 Jimmy wil hê sy volgelinge moet meer doen as net kyk na die video's wat hy
maak.
Motiveer waarom hierdie stelling WAAR is. (1)
1.8 Van watter wilde video lees ons in paragraaf 6? (1)
1.9 Lees paragraaf 6.
Gee TWEE voorbeelde van mense se kritiek teenoor MrBeast se video's. (2)
1.10 MrBeast gebruik sy YouTube-kanaal, Beast Philanthrophy, om ander te help.
Kies 'n omskrywing uit KOLOM B wat by die plek in KOLOM A pas. Skryf net
die letter (A–F) langs die vraagnommers (1.10.1 tot 1.10.5) neer.
KOLOM A KOLOM B
1.10.1 Die see A help met dierebeskerming
1.10.2 Jamaika B herstel skade aan die plantegroei
1.10.3 Dorpie in Zambië C veilige plek vir kinders sonder ouers
1.10.4 Khayelitsha D veg teen besoedeling
1.10.5 Oor die hele wêreld E gee blyplek vir mense wat swaarkry
F hoef nie meer kerse te gebruik nie
(5 x 1) (5)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1 6 DBE/November 2025
NSS Vertroulik
1.11 "Jimmy het persoonlike bande met Suid-Afrika." (Reël 50)
Verduidelik in jou eie woorde wat hierdie persoonlike bande is. (1)
1.12 Wanneer was Jimmy vir die eerste keer in Suid-Afrika? (1)
1.13 Noem EEN van die dinge wat MrBeast nog in die toekoms wil doen. (1)
1.14 "Hy is die 'good-guy influencer'." (Paragraaf 3)
Waarom pas hierdie beskrywing van Jimmy so goed by die inhoud van hierdie
teks? (1)
1.15 Lees paragraaf 5 en 10.
Waarom maak dit sin dat Jimmy en Thea so goed by mekaar pas? Verwys in
jou antwoord na die werk wat hulle doen en hoe hulle oor leer voel. (2)
1.16 Hoe ondersteun die eerste foto in die teks die inhoud in paragraaf 2? (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1 7 DBE/November 2025
NSS Vertroulik
TEKS B: GRAFIESE TEKS
Bestudeer die grafiese teks hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
SUID-AFRIKANERS IN DIE WERKPLEK
BEROEP
3%
1
1
[Verwerk uit Statistieke Suid-Afrika, Kwartaal 2, 2018]
1Beroepslui/Ambagslui: mense met 'n beroep/ambag
1.17 Watter persentasie mans is huiswerkers? (1)
1.18 Kies die KORREKTE ANTWOORD uit dié tussen hakies.
Die prentjie pas by die werk wat 'n tegnikus doen, want hulle (maak
stukkende goed reg/verkoop gereedskap.) (1)
1.19 In watter beroep is daar amper net so veel mans as vroue wat die werk doen?
Noem EEN. (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1 8 DBE/November 2025
NSS Vertroulik
1.20 Kies die KORREKTE ANTWOORD uit dié tussen hakies.
Die statistiek oor landbou as beroep gee net vir ons die inligting oor mense wat
(by hulle familie geleer het/verder studeer het.) (1)
1.21 Waarom, dink jy, is daar so min vroue wat masjinerie-operateurs is? (1)
1.22 Waarom sal die inligting in hierdie teks jou nie kan help om 'n LO-taak in 2025
te voltooi nie? (1)
TOTAAL AFDELING A: 30
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1 9 DBE/November 2025
NSS Vertroulik
AFDELING B: OPSOMMING
Lees die teks hieronder en voer die instruksies uit.
VRAAG 2
Dit is nie altyd lekker om eksamen te skryf nie, maar daar is dinge wat jy kan doen om
jou eksamensessies makliker te maak.
INSTRUKSIES
1. Som die SEWE wenke WAT JOU SAL HELP OM 'N GOEIE EKSAMENSESSIE
TE HÊ, in jou EIE VOLSINNE op.
2. Skryf die wenke puntsgewys neer.
3. Nommer die wenke van 1 tot 7.
4. Jou opsomming mag nie langer as 70 woorde wees nie.
5. Dui die korrekte getal woorde aan die einde van die opsomming aan.
TEKS C
MAAK JOU EKSAMENSESSIES MAKLIK!
Bang vir die eksamen? Hier is 'n paar wenke wat jou kan help om eksamensessies
makliker te maak.
Jy moet probeer om kalm te bly. Dan kan jy makliker onthou en verstaan. Kandidate kry
altyd 10 minute-leestyd om deur die vraestel te kyk voordat hulle begin skryf. Dis 'n goeie
idee om hierdie 10 minute sinvol te benut sodat jy weet watter inhoud in die vraestel is.
Jou doel is om die hele vraestel betyds klaar te beantwoord. Daarom moet jy jou tyd
goed bestuur sodat jy genoeg tyd het om alle vrae te beantwoord.
Instruksies gee vir jou 'n aanduiding van wat jy moet doen. Gevolglik is dit belangrik dat
jy alle instruksies noukeurig sal uitvoer. Wanneer jy deur die vrae jaag, gaan jy dalk die
sleutelgedagtes mis! Jy moet alle vrae versigtig lees sodat jy verstaan wát gevra word;
selfs die meervoudigekeuse-vrae. Dis 'n goeie idee om sleutelwoorde in vrae op 'n
manier uit te lig, byvoorbeeld deur dit te onderstreep. Dan weet jy waarop jy moet fokus.
Kandidate is dikwels skrikkerig vir langer vrae en opstelle. Hulle wil alles wat hulle weet
vinnig neerskryf en maak dan foute. Doen deeglike beplanning om hierdie tipe vrae te
beantwoord. Dit sal jou help om jou gedagtes te orden. Moenie op jou arms lê wanneer
jy klaar is nie. Jy kan eerder die tyd wat nog oor is, gebruik om weer deur jou
antwoordeboek te gaan en seker te maak jy het jou antwoorde korrek genommer en alle
vrae beantwoord.
[Verwerk uit verskeie bronne]
TOTAAL AFDELING B: 10
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1 10 DBE/November 2025
NSS Vertroulik
AFDELING C: TAALSTRUKTURE EN -KONVENSIES
VRAAG 3: ADVERTENSIE
• Die taalvrae wat volg, is op die advertensie (TEKS D) hieronder gebaseer.
• Die nommering in die advertensie verwys na die nommer van die vraag wat
beantwoord moet word.
• Voer die instruksies by elke vraag uit.
TEKS D
HOE SKRYF JY IN?
1. Besoek ons webtuiste: www.letterveertjies.org.
2. Klik op "Kompetisies".
3. Kies die kompetisie waarvoor jy wil inskryf.
4. Maak jou betaling – 10%-afslag op elke inskrywing ná jou eerste inskrywing.
5. Beplan, skryf, redigeer, herskryf jou finale stuk.
6. Stuur die finale stuk voor (3.6) (20) Desember 2025 aan voelnveer@mweb.co.za.
7. Wag vir die e-pos om te sien of jy deur is na die finaal.
[Eie teks]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1 11 DBE/November 2025
NSS Vertroulik
3.1 Verbeter die SPELFOUT in die sin.
Wil jy in Daleen Matthee se voetspoore volg? (1)
3.2 Wat is die doel van die twee retoriese vrae onder die opskrif? (1)
3.3 Dán is Letterveertjies nét die kompetisie vir jou!
Motiveer waarom hierdie stelling 'n MENING is. (1)
3.4 Waarom het die adverteerder die pryse wat jy kan wen, in blokkies geplaas?
Gee EEN rede. (1)
3.5 Mense jonger as 18 mag nie aan hierdie kompetisie deelneem nie.
Motiveer waarom hierdie stelling ONWAAR is. (1)
3.6 Skryf die GETAL in woorde.
Stuur die finale stuk voor (20) Desember 2025 aan voelnveer@mweb.co.za. (1)
3.7 Kyk na wat jy moet doen om in te skryf.
3.7.1 Waarom sal dit maklik wees om vir die kompetisie in te skryf? (1)
3.7.2 Waarom sal sekere mense nie aan hierdie kompetisie kan
deelneem nie? (1)
3.8 Watter belangrike inligting is uit die advertensie weggelaat? (1)
3.9 Watter EEN van die drie prentjies, dink jy, pas die beste by die tipe kompetisie
wat hier geadverteer word? Motiveer jou antwoord. (1)
[10]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1 12 DBE/November 2025
NSS Vertroulik
VRAAG 4: STROKIESPRENT
• Die taalvrae wat volg, is op die strokiesprent (TEKS E) hieronder gebaseer.
• Die nommering in die strokiesprent verwys na die nommer van die vraag wat
beantwoord moet word.
• Voer die instruksies by elke vraag uit.
TEKS E
RAAMPIE 1 RAAMPIE 2 RAAMPIE 3
KRAAK
Hou op, Anna!
JIPPIE!
LOS MY GOED
UIT, ANNA!!
LOS
UIT!!!
RAAMPIE 4 RAAMPIE 5 RAAMPIE 6
Anna, dit is
MA!!! ANNA WIL NIE Dis nie nodig (met
Sara se goed. WAAAHHH!!
MY GOED haar raas) nie!
UITLOS NIE!
HELP!!
GRYP!
[Verwerk uit GoComics]
4.1 Kyk na RAAMPIE 2.
Hoe weet ons dat Anna gelukkig is? Gee EEN bewys. (1)
4.2 Kyk na RAAMPIE 1 tot RAAMPIE 3.
4.2.1 Watter tegniek word hier gebruik om te wys dat Sara al kwater
word vir Anna? Noem EEN. (1)
4.2.2 Hoe verskil dit wat Sara in RAAMPIE 3 doen van dit wat sy in
RAAMPIE 1 doen? (2)
4.3 Kyk na RAAMPIE 4.
Kies die KORREKTE ANTWOORD uit dié tussen hakies.
Die bewegingslyn en die woord "GRYP" wys dat Anna se aksie
(vinnig/stadig) gebeur. (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1 13 DBE/November 2025
NSS Vertroulik
4.4 Kyk na RAAMPIE 5.
4.4.1 Hoe weet ons dat Ma die situasie tussen die twee kinders rustig
hanteer? (1)
4.4.2 Wat beteken die "WAAAHHH!!" in RAAMPIE 5? (1)
4.5 Skryf Sara se ma se woorde in die INDIREKTE REDE. Jy moet dat in jou sin
gebruik.
Anna, dit is Sara se goed.
Begin só: Ma sê ... (1)
4.6 Skryf die gedeelte tussen hakies in die INFINITIEF. Skryf die hele sin uit.
Dis nie nodig (met haar raas) nie! (1)
4.7 Waarom kan ons sê dat hierdie situasie tussen Anna en Sara geloofwaardig
is? (1)
[10]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1 14 DBE/November 2025
NSS Vertroulik
VRAAG 5: ARTIKEL EN PRENT
• Die taalvrae wat volg, is op die artikel (TEKS F) en prent (TEKS G) hieronder
gebaseer.
• Die nommering in die artikel verwys na die nommer van die vraag wat beantwoord
moet word.
• Voer die instruksies by elke vraag uit.
5.1 Lees die artikel en beantwoord die vrae.
TEKS F: ARTIKEL
SEUN SAMEL DRIE TON KOS IN VIR DIERE IN NOOD
Luhan Smit is 'n (5.1.1) (inwoon) van George. Hy samel (5.1.2) (elke jaar) kos in
vir diere in nood. (5.1.3) (In 2024 ontvang hy drie ton hondekos deur die
Kersliggie-projek.) Dit is die (5.1.4) (baie) kos ooit. Hy het mense uitgenooi om
na (5.1.5) (haar/sy) gesin se Kersliggies te gaan kyk. Hulle moes met hondekos
of ander (5.1.6) (skenking) betaal.
Dit is die sesde jaar wat Luhan die projek aanpak. Die kos is Vrydagoggend met
'n (5.1.7) (aflewering + wa) by ODIN afgelewer. (5.1.8) Luhan het die kos (vinnig)
(vroeg die oggend) (op die perseel) afgelaai.
Luhan is baie trots (5.1.9) (...) dit wat hy en die gemeenskap reggekry het. ODIN,
wat meer as 300 honde en katte versorg, beskryf die skenking as 'n uitkoms.
Januarie is dikwels 'n (5.1.10) (moeilik) maand vir hulle.
(5.1.11) (Die projek is moontlik gemaak deur die gemeenskap se bydrae.) ODIN
se stigter, Colleen Smith, en bestuurder, Marlene Mennie, het hulle
(5.1.12) (dankbaarheid) uitgespreek. Sy sê dat die skenking genoeg kos vir 'n
maand sal voorsien.
Luhan is 'n (5.1.13) (gr.) 6-leerder aan Laerskool Outeniqua. Hy sê hy hou van
ODIN omdat hulle goed na diere omsien. (5.1.14) (ODIN ontvang geen staatshulp
nie. Hulle is afhanklik van die publiek se hulp.)
[Bron: Netwerk24, 5 Januarie 2025]
5.1.1 Vorm 'n SELFSTANDIGE NAAMWOORD van die werkwoord tussen
hakies.
Luhan Smit is 'n (inwoon) van George. (1)
5.1.2 Gee EEN WOORD vir die woorde tussen hakies.
Hy samel (elke jaar) kos in vir diere in nood. (1)
5.1.3 Skryf die sin in die VERLEDE TYD.
In 2024 ontvang hy drie ton hondekos deur die Kersliggie-projek. (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1 15 DBE/November 2025
NSS Vertroulik
5.1.4 Gee die OORTREFFENDE TRAP van die woord tussen hakies.
Dit is die (baie) kos ooit. (1)
5.1.5 Kies die korrekte VOORNAAMWOORD tussen hakies.
Hy het mense uitgenooi om na (haar/sy) gesin se Kersliggies te gaan
kyk. (1)
5.1.6 Gee die MEERVOUD van die woord tussen hakies.
Hulle moes met hondekos of ander (skenking) betaal. (1)
5.1.7 Gee die korrekte SAMESTELLING van die woorde tussen hakies.
Die kos is Vrydag met 'n (aflewering + wa) by ODIN afgelewer. (1)
5.1.8 Skryf die sin hieronder oor in die korrekte WOORDORDE.
Luhan het die kos (vinnig) (vroeg die oggend) (op die perseel)
afgelaai. (1)
5.1.9 Vul die ontbrekende VOORSETSEL in.
Luhan is baie trots (...) dit wat hy en die gemeenskap reggekry het. (1)
5.1.10 Gee die KORREKTE VORM van die woord tussen hakies.
Januarie is dikwels 'n (moeilik) maand vir hulle. (1)
5.1.11 Skryf die sin in die BEDRYWENDE VORM.
Die projek is moontlik gemaak deur die gemeenskap se bydrae. (1)
5.1.12 Verdeel die woord tussen hakies korrek in LETTERGREPE.
ODIN se stigter, Colleen Smith, en bestuurder, Marlene Mennie, het
hulle (dankbaarheid) uitgespreek. (1)
5.1.13 Skryf die AFKORTING tussen hakies voluit as 'n woord.
Luhan is 'n (gr.) 6-leerder aan Laerskool Outeniqua. (1)
5.1.14 Verbind die sinne met die VOEGWOORD tussen hakies.
ODIN ontvang geen staatshulp nie. Hulle is afhanklik van die publiek
se hulp. (daarom) (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1 16 DBE/November 2025
NSS Vertroulik
5.2 Kyk na die prent hieronder en beantwoord die vrae.
TEKS G: PRENT
[Bron: Adobe Stock]
5.2.1 Gebruik die HOMONIEM van die woord tussen hakies in 'n sin sodat
die betekenis duidelik is.
Die vliegtuig (vlieg) hoog oor die see. (1)
5.2.2 Kies die KORREKTE WOORD uit dié tussen hakies.
Paul is besig om 'n foto te (vat/neem). (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1 17 DBE/November 2025
NSS Vertroulik
5.2.3 Gee die VERKLEINWOORD van die woord tussen hakies.
Daar is 'n klein (blom) op Marietjie se swempet. (1)
5.2.4 Gee die INTENSIEWE VORM van die woord tussen hakies.
Pietie staan in die son, want hy is (nat). (1)
5.2.5 Gee die KORREKTE AFRIKAANS vir die woord tussen hakies.
Daar is 'n (message) in die bottel. (1)
5.2.6 Skryf die sin in die ONTKENNING.
Almal is bang vir die haai. (1)
[20]
TOTAAL AFDELING C: 40
GROOTTOTAAL: 80
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
Afrikaans FAL Grade 12 P1 NSC November 2023 Question Paper

Question paper
Afrikaans FAL Grade 12 P1 NSC November 2022 Question Paper

Question paper
Afrikaans FAL Grade 12 P1 NSC November 2021 Question Paper

Question paper
Afrikaans FAL Grade 12 P1 NSC November 2020 Question Paper

Question paper
Afrikaans FAL Grade 12 P1 NSC November 2019 Question Paper

Question paper
Afrikaans FAL Grade 12 P1 NSC November 2016 Question Paper
More from Grade 12 Afrikaans FAL
%20June%202025%20Possible%20Answers--548f1e49-d719-426b-b0e2-f6857ab2b360/v1-8afba796e6c931b94fa2/card.webp)
Memorandum
Afrikaans FAL Grade 12 Paper 1 Gauteng June 2025 Memo

Memorandum
Afrikaans FAL Grade 12 Paper 1 Eastern Cape Prelim 2024 Memo

Memorandum
Afrikaans FAL Grade 12 Paper 1 NSC June 2024 Memo

Memorandum
Afrikaans FAL Grade 12 Eastern Cape June 2023 Memo

Question paper
Afrikaans FAL Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2023 QP

Question paper