Skip to content

Afrikaans FAL Grade 12 P2 NSC November 2025 Question Paper

Question paperAfrikaans FALGrade 12202544 pages

Grade 12 Afrikaans FAL Paper 2 question paper from the NSC November Exam 2025, 44 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

Free to read online, no sign-up needed

Loading document…

Loading document…

NSC November Exam 2025

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Vertroulik NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2 NOVEMBER 2025 PUNTE: 70 TYD: 2½ uur . Hierdie vraestel bestaan uit 44 bladsye. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 2 DBE/November 2025 NSS Vertroulik INSTRUKSIES EN INLIGTING Lees AL die instruksies aandagtig deur voordat jy die vrae beantwoord. 1. MOENIE probeer om die hele vraestel te lees nie. Raadpleeg die INHOUDSOPGAWE op die volgende bladsy en merk die vraagnommers van die vrae oor die tekste wat jy hierdie jaar bestudeer het. Lees hierdie vrae en kies die vrae wat jy wil beantwoord. 2. Hierdie vraestel bestaan uit VIER afdelings: AFDELING A: Roman (35) AFDELING B: Drama (35) AFDELING C: Kortverhale (35) AFDELING D: Gedigte (35) 3. Beantwoord vrae in TWEE afdelings, soos volg: AFDELING A: ROMAN Beantwoord die vraag oor die roman wat jy bestudeer het. AFDELING B: DRAMA Beantwoord die vraag oor die drama wat jy bestudeer het. AFDELING C: KORTVERHALE Beantwoord die vrae oor TWEE kortverhale wat jy bestudeer het. AFDELING D: GEDIGTE Beantwoord die vrae oor TWEE gedigte wat jy bestudeer het. 4. Gebruik die kontrolelys op bladsy 4 om jou te help. 5. Volg die instruksies aan die begin van elke afdeling noukeurig. 6. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik is. 7. Begin ELKE afdeling op 'n NUWE bladsy. 8. Bestee ongeveer 75 minute aan elke afdeling. 9. Skryf netjies en leesbaar. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 3 DBE/November 2025 NSS Vertroulik INHOUDSOPGAWE 2025 Kies TWEE afdelings. AFDELING A: ROMAN Beantwoord slegs EEN vraag. VRAAGNOMMER PUNTE BLADSYNOMMER 1. Kringe in 'n Bos 35 5 2. Die Ongelooflike Avonture van Hanna Hoekom 35 10 3. Meeulanders 35 15 4. Lien se Lankstaanskoene 35 19 AFDELING B: DRAMA Beantwoord slegs EEN vraag. 5. Poppie – Die Drama 35 23 6. Paljas 35 27 7. Fiela se kind – Die Drama 35 31 AFDELING C: KORTVERHALE Beantwoord vrae oor AL TWEE kortverhale. 8.1 "Kom ons stuur vir Tasu" 18 35 EN 8.2 "Opdrag" 17 37 AFDELING D: GEDIGTE Beantwoord vrae oor AL TWEE gedigte. 9.1 "Krisis" 17 40 EN 9.2 "Ken jy die see …" 18 42 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 4 DBE/November 2025 NSS Vertroulik KONTROLELYS Gebruik die kontrolelys om te verseker dat jy die vereiste getal vrae beantwoord. AFDELING VRAAGNOMMERS GETAL VRAE DUI AAN BEANTWOORD () A: Roman 1–4 1 B: Drama 5–7 1 C: Kortverhale 8 1 (2 kortverhale) D: Gedigte 9 1 (2 gedigte) LET WEL: Maak seker dat jy vrae oor slegs TWEE afdelings beantwoord het. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 5 DBE/November 2025 NSS Vertroulik AFDELING A: ROMAN Beantwoord slegs EEN vraag oor die roman wat jy bestudeer het. VRAAG 1: KRINGE IN 'N BOS – Dalene Matthee Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg. TEKS A ''Kate ... is dit een van jou uitgedinkte bosstories dié, soos die een oor die kastige bosmannetjies wat op die olifante ry?'' ''Ek sweer, Saul.'' Iets soos angs het in hom opgestoot. Veronderstel dit is waar? Dit kon nie waar wees nie. Maar veronderstel! So waar as die Here, hy sal met sy hande loop grawe! Hulle 5 moet hom net wys waar, hy sal met sy kaal hande ... Hulle sal almal met die kaal hande gaan grawe! As dit moet waar wees, is dit die mirakel waarop almal wag! Die uitkoms. Maar nee, dit kan nie waar wees nie. Daar gebeur nie meer wonderwerke nie ... ''Saul?'' Kate het onrustig geklink. ''Dit lyk of jy skoon weg is ... Miskien is dit glad nie eers waar nie.'' 10 ''Ja, miskien is dit glad nie eers waar nie, Kate.'' Maar die hoop het skielik soos vrees in hom gelê. ''Miskien is dit waar ...'' Daardie Maandag het oom Wiljam se wa die eerste hout van die week gebring. Saul het sy kans afgewag en oor die werf geloop. Die laaste paar maande het hy selde na die boswaens toe geloop; die ding waarvan Jozef hom beskuldig het, het op elke wa 15 ook gesit. ''Dag, oom Wiljam.'' ''As jy kom spaai het of ek tande onder die hout het, kan jy maar omdraai!'' het die ou man stuurs gesê. 1.1 VOLTOOI die volgende paragraaf feitelik korrek deur die ontbrekende woord uit die roman neer te skryf. Skryf slegs die woord langs die vraagnommers (1.1.1 tot 1.1.4) neer. Saul was amper (1.1.1) … jaar in die skuur by MacDonald toe Kate die nuus van die goud vir Saul gee. (1.1.2) …, wat vir die Kaapse Goewerment paaie gemaak het, het dit vir MacDonald vertel. Hy het ook gesê (1.1.3) … gaan die grootste hawe word, selfs groter as die een in die Kaap. Oubaas Hooper het die eerste goud opgetel en dit is by die (1.1.4) … getoets om te bewys dat dit goud was. (4) 1.2 Waarom het Saul besluit om by MacDonald te gaan werk? (1) 1.3 Waarom kan 'n mens verstaan dat Saul gedink het dat Kate weer net 'n storie oor die Bos vir hom vertel het? (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 6 DBE/November 2025 NSS Vertroulik 1.4 ''Iets soos angs het in hom opgestoot. Veronderstel dit is waar? Dit kon nie waar wees nie. Maar veronderstel!'' (Reël 4 en 5) 1.4.1 Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies. Saul het innerlike konflik ervaar, want hy was bang (oor wat dit aan die Bos sou doen/om dit vir sy pa te vertel). (1) 1.4.2 Motiveer jou antwoord op VRAAG 1.4.1. (1) 1.5 ''Hulle sal almal met die kaal hande gaan grawe!'' (Reël 6 en 7) 1.5.1 Na wie verwys die ''hulle''? (1) 1.5.2 Wat beteken hierdie aanhaling binne die konteks van die roman? (1) 1.6 Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer (1.6) neer. ''Saul?'' Kate het onrustig geklink. ''Dit lyk of jy skoon weg is ... Miskien is dit glad nie eers waar nie.'' (Reël 9 en 10) Die toon in Kate se stem kan as ... beskryf word. A opgewonde B gelukkig C onseker D kwaad (1) 1.7 Saul se werk by MacDonald het Kate in sy lewe gebring. Gee TWEE voorbeelde van hoe dit Saul se lewe positief beïnvloed het. (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 7 DBE/November 2025 NSS Vertroulik 1.8 Die dinge wat mense doen, het altyd gevolge. Kies die gevolg uit KOLOM B wat by die gebeure in KOLOM A pas. Skryf slegs die letter (A–E) langs die vraagnommers (1.8.1 tot 1.8.4) neer. KOLOM A KOLOM B 1.8.1 MacDonald het Saul A Saul kon leer hoe om meubels te se boek oor David maak. Copperfield in die skuur gekry. B Saul het Kate ná 'n lang tyd weer gesien. 1.8.2 Saul het oom Abraham Steyn leer C Kate is met die Venice weggestuur ken. Kaap toe. 1.8.3 Maska het Saul in D Saul kon die nuus oor Joram se Meulbos besoek. dood kry. 1.8.4 Saul het vir Crompton E Kate het vir Saul sewe erwe passasiers by die gekoop. halte gaan haal. (4 x 1) (4) 1.9 Saul was ongelukkig oor die dinge wat die Bosmense van hom gedink en gesê het. Waarom kan jy hiermee identifiseer? (1) EN Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg. TEKS B ... Sy lyf wou slaap, maar sy kop wou wakker bly. Later het hy weer onder die krans uitgekruip en hout op die kole gegooi. Sy kos was op. Snaaks, het hy gedink, nes die dae toe hy nog vir sy pa gekap het: die kos kom altyd net-net uit totdat die hout reg is vir uitry dorp toe. Die dink het ou wrewel in hom losgeknoop. Sal hulle hom glo as hy vir hulle die goud gaan wys? Sal hul oë dán oopgaan? Sal hulle dan die byle en die sae 5 ruil en die Bos alleen laat om sy wonde gesond te kry? Die letsels toe te groei? Jaag die vreemde delwers hier uit en kom vat wat aan julle behoort! wou hy skree. Hy het geweet dis 'n sotlike droom. Dis net so goed jy skree vir die maan: Draai om en wys my jou agterkant. Miskien het die Engelse reg, miskien is hulle dom gebore en is hy, Saul Barnard, 'n vreemde verskynsel ... Nee, dis nie waar nie. Die swaai van 'n 10 byl en die trek van 'n saag is oor geslagte heen maar net te diep in hulle ingewortel. Swaarkry het vir hulle soos asemhaal geword. Wat van die kinders? Wat van Izak? Die vuur het lui gebrand. Waarom sal hy oor die kinders skuldig voel? Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 8 DBE/November 2025 NSS Vertroulik 1.10 Skryf die VIER gebeure onder mekaar in die korrekte VOLGORDE neer soos wat dit in die roman gebeur. • Saul het ontdek dat die bloubokkie se gal nie in sy kop sit nie. • Saul het vir die eerste keer besef dat die dorp nie in die Bos is nie. • Saul se ma en suster is oorlede aan die godsiekte. • Saul het Oupoot vir die eerste keer gesien. (4) 1.11 Saul het sy goud aan MacDonald verkoop. Gee 'n feit uit die roman om te sê waarom hierdie stelling ONWAAR is. (1) 1.12 Wat het Saul die oggend voordat hy die twee onse goud uitgewas het, gesien? (1) 1.13 Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer (1.13) neer. ''... die Bos alleen laat om sy wonde gesond te kry?'' (Reël 6) Dit beteken dat die ... A Bosmense mekaar seergemaak het. B Bos vernietig is en kans moes kry om te herstel. C Bosmense op 'n ander plek moes gaan bly. D Bos die houtkopers nie langer sou verryk nie. (1) 1.14 ''Miskien het die Engelse reg, miskien is hulle dom gebore …'' (Reël 9) 1.14.1 Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies. Saul het gedink dat die Engelse (teen die Bosmense gediskrimineer het omdat daar nie 'n skool in die Bos was nie/die Bosmense gestereotipeer het omdat die meeste nie kon lees en skryf nie). (1) 1.14.2 Waarom is dit wat Saul dink geloofwaardig binne die konteks van die roman? (1) 1.15 ''Swaarkry het vir hulle soos asemhaal geword.'' (Reël 12) 1.15.1 Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies. Dit is 'n voorbeeld van 'n (vergelyking/metafoor). (1) 1.15.2 Wat beteken die vetgedrukte woorde binne die konteks van die roman? (1) 1.16 Waarom laat dit jou goed voel as Saul hier aan Jozef se kinders dink? (Reël 14) (1) 1.17 Wat was die direkte gevolg vir Saul toe hy besluit het om goud te delf? (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 9 DBE/November 2025 NSS Vertroulik 1.18 Een van die lewenslesse in hierdie roman is dat jy moet doen wat jý dink reg is. Noem TWEE positiewe gevolge wat dit vir Kate in haar lewe gehad het. (2) 1.19 Hoe kry Saul dit reg om jou saam met hom bekommerd te laat voel oor die houtkappers wat tevrede is om maar net soos altyd aan te gaan? (1) 1.20 Die skewe sirkel van die lewe raak almal se lewens. Waarom pas hierdie tema by die slot van die roman? (1) [35] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 10 DBE/November 2025 NSS Vertroulik VRAAG 2: DIE ONGELOOFLIKE AVONTURE VAN HANNA HOEKOM – Marita van der Vyver Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg. TEKS C ''Jy weet nie wat gebeur het nie, Hanna,'' sê Sharon sag. ''Ek is seker dit was nie vir haar maklik om dit te doen nie.'' ''Sy't dit nogtans gedoen.'' ''Jy's die een wat altyd so aangaan oor vroue wat alles kan doen wat mans kan doen. As sy 'n man was, sou jy nie ...'' 5 ''Dis nie ék wat daaroor aangaan nie,'' knip ek haar kort. ''Dis my ma.'' ''Partykeer is jy nes jou ma.'' Dis nie wat ek wil hoor nie. Dis beslis nie wat ek wil hoor nie. ''Maar kyk hoe lyk sy, Sharon!'' ''Oukei, ek weet, jy lýk nie soos jou ma nie, maar …'' 10 ''Nee! Ek bedoel, kyk hoe lyk Margot! Al daai make-up, die stywe langbroek, die lang naels, die … die … die hare! Dis goedkoop!'' ''Wel, ek sal haar nou nie as 'n deftige dame beskryf nie.'' Dit klink of Sharon haar kop in haar kussing druk om nie te lag nie. ''Maar jy's ook die een wat altyd sê mens kan nie mense oordeel aan hoe hulle lyk nie.'' 15 Helaas. As Sharon my moes oordeel aan hoe ek lyk – 'n vaal muis met 'n paar puisies wat nooit die regte klere met die regte etikette dra nie – sou ons seker nooit maats geword het nie. ''Maar alles aan haar is vals,'' hou ek vol. 2.1 VOLTOOI die volgende paragraaf feitelik korrek deur die ontbrekende woord uit die roman neer te skryf. Skryf slegs die woord langs die vraagnommers (2.1.1 tot 2.1.4) neer. Hanna was ontevrede met haar lewe. Haar eerste woord was (2.1.1) …, want sy het alles bevraagteken. Haar ma het besluit om 'n tweede kind, (2.1.2) …, te hê, maar met 'n proefbuispa. Haar ma is later met Beyers getroud en hulle was 'n (2.1.3) … gesin wat mekaar nog moes leer ken. Hanna het nie van die idee gehou om saam met die gesin te gaan vakansie hou nie en het die plek (2.1.4) … genoem. (4) 2.2 ''Jy weet nie wat gebeur het nie, Hanna,'' sê Sharon sag. ''Ek is seker dit was nie vir haar maklik om dit te doen nie.'' (Reël 1 en 2) 2.2.1 Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies. Hanna en Sharon gesels oor Margot. Hanna (was bevooroordeeld omdat sy dinge van Margot gehoor het/wou Sharon manipuleer omdat Sharon háár vriendin is). (1) 2.2.2 Waarom is Hanna se optrede geloofwaardig binne die konteks van die roman? (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 11 DBE/November 2025 NSS Vertroulik 2.3 Waarom was Hanna so ongelukkig omdat Sharon so laat kamer toe gekom het? (1) 2.4 Waaroor was Amos bekommerd voordat Margot op die berg aangekom het? (1) 2.5 " 'Partykeer is jy nes jou ma.' Dis nie wat ek wil hoor nie. Dis beslis nie wat ek wil hoor nie." (Reël 7 en 8) 2.5.1 Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies. Hanna ervaar al baie jare lank innerlike konflik oor haar ma, want sy voel haar ma (is vreemd en dink anders oor dinge/kies altyd die seuns in die gesin se kant). (1) 2.5.2 Motiveer jou antwoord op VRAAG 2.5.1. (1) 2.6 Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer (2.6) neer. ''Nee! Ek bedoel kyk hoe lyk Margot! Al daai make-up, die stywe langbroek, die lang naels, die … die … die hare! Dis goedkoop!'' (Reël 11 en 12) Die toon in Hanna se woorde kan as ... beskryf word. A positief B aggressief C negatief D vermaaklik (1) 2.7 In die vakansiehuis op die berg het Hanna haar gesin anders leer ken. Gee TWEE voorbeelde van hoe dit Hanna se verhouding met haar gesin positief beïnvloed het. (2) 2.8 Waarom kan 'n mens sê dat Sharon in hierdie uittreksel reg opgetree het teenoor Hanna? (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 12 DBE/November 2025 NSS Vertroulik 2.9 Die dinge wat mense doen, het altyd gevolge. Kies die gevolg uit KOLOM B wat by die gebeure in KOLOM A pas. Skryf slegs die letter (A–E) langs die vraagnommers (2.9.1 tot 2.9.4) neer. KOLOM A KOLOM B 2.9.1 Gavin se rooi MG het A Hy het almal laat lag en van die in die modder vasgesit. reën laat vergeet. 2.9.2 Gavin het nie met die B Hy het klere aangetrek wat hom helikopter vertrek nie. soos 'n bosbouer laat lyk het. 2.9.3 Gavin het die gesin C Hy het 'n diskodans op die tafel aan 'n konsert laat gedoen. deelneem. D Hy het 'n spesiale ete vir almal 2.9.4 Gavin het geskenke voorberei. soos slangvelbroeke en stywe bloese E Hy het geleer dat mense se gegee. behoeftes verskil. (4 x 1) (4) EN Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg. TEKS D … Gavin en die seuns begin juig. Hulle klink soos 'n klomp rugby-ondersteuners wie se span pas 'n beker gewen het. ''Dankie, Margot,'' sê my ma toe sy die baba weer vir Margot aangee. ''Ek sou dit nooit sonder jou kon gedoen het nie …'' ''Jy't al die harde werk self gedoen,'' glimlag Margot. ''Ek het jou maar net deur die ding 5 gepraat.'' My ma skud haar kop. Dan kyk sy na my, steeds verstar teen die muur, asof sy nou eers besef dat ek ook in die kamer is. ''Hanna? Wat sê jy van jou sussie?'' Ek het 'n suster, dring dit tot my deur. Ek kyk hoe Margot twee flentertjies lap om die 10 naelstring bind en draai my kop vinnig weg toe sy 'n groot skêr optel. ''Dis oukei,'' troos my ma. ''Sy gaan nie seerkry nie.'' ''Ek wil nie hê sy moet ooit in haar lewe seerkry nie,'' fluister ek. Ek wonder of dít is hoe dit voel om 'n suster te hê. Iets wat my binnegoed laat saamtrek in 'n knoop. My sussie is skaars 'n paar minute oud en ek is klaar seker ek gaan nóóit 15 weer die knoop loskry nie. ''Ons wil haar 'n naam gee wat iets met water te doen het,'' kondig Mana die volgende oggend aan terwyl ons in 'n koerende kring om haar bed saamdrom. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 13 DBE/November 2025 NSS Vertroulik 2.10 Skryf die VIER gebeure onder mekaar in die korrekte VOLGORDE neer soos wat dit in die roman gebeur. • Margot het Hanna mooigemaak vir haar verjaarsdag. • Tibo en Amos het Hanna se gedig gelees. • Hanna het na Pampoen en Patat gaan soek. • Sharon se pa het haar met 'n nuwe 4x4 kom aflaai. (4) 2.11 ''Hulle klink soos 'n klomp rugby-ondersteuners wie se span pas 'n beker gewen het.'' (Reël 1 en 2) 2.11.1 Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies. Dit is 'n voorbeeld van (klanknabootsing/'n vergelyking). (1) 2.11.2 Wat beteken die vetgedrukte woorde binne die konteks van die uittreksel? (1) 2.12 ''Ek het jou maar net deur die ding gepraat.'' (Reël 5 en 6) 2.12.1 Waarna verwys ''die ding''? (1) 2.12.2 Wat beteken hierdie aanhaling binne die konteks van die roman? (1) 2.13 Mana het voor die baba se geboorte na die baba as Amanzi verwys. Gee 'n feit uit die roman om te sê waarom hierdie stelling ONWAAR is. (1) 2.14 Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer (2.14) neer. ''Iets wat my binnegoed laat saamtrek in 'n knoop.'' (Reël 14 en 15) Dit beteken dat Hanna ... A baie senuweeagtig was. B die naelstring wou knoop. C dadelik lief geraak het vir haar sussie. D nie goed gevoel het ná wat sy gesien het nie. (1) 2.15 Hoe kry Hanna dit reg om jou saam met haar opgewonde te laat voel oor haar nuwe sussie? (1) 2.16 Waarom laat dit jou goed voel om te sien hoe almal om Mana se bed gesit het? (1) 2.17 Mana was baie dankbaar teenoor almal wat met die baba se geboorte gehelp het. Waarom kan jy hiermee identifiseer? (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 14 DBE/November 2025 NSS Vertroulik 2.18 Watter direkte gevolg het die baba se geboorte vir Gavin en Hanna gehad? (1) 2.19 Een van die lewenslesse in hierdie roman is om te besef dat mense tweede kanse kan kry. Noem TWEE positiewe gevolge wat die vakansie vir Margot gehad het. (2) 2.20 'n Mens het nie 'n alter ego nodig om jou beter oor jouself te laat voel nie. Waarom pas hierdie tema by die slot van die roman? (1) [35] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 15 DBE/November 2025 NSS Vertroulik VRAAG 3: MEEULANDERS – Esta Steyn Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg. TEKS E Maar haar liggaam ruk in sy arms, sodat hy haar stywer vashou. Liggaam teen liggaam totdat haar hortende asem bedaar en hy haar kop teen sy bors vasdruk. "Ek … was bang," prewel sy gesmoord. "Toemaar … die vuur is weg." Sy beweeg weg uit sy arms en gaan sit in ′n klein hopie by die tafel. Hy haal 5 koffiebekers uit en maak sterk, swart koffie en bring dit tafel toe. Toe sy uiteindelik praat, is haar stem doods: "My man en my kind het … verbrand. Ek kon hulle nie kry nie. Die rook was te erg." Sy neem haar koffiebeker in albei hande, asof sy die hitte daarvan soek. Sy kyk na Jacob. Hy steek sy hand versigtig uit en vee ′n sliert hare uit haar gesig uit. Hy kyk na haar asof hy glad nie kan glo wat sy sê nie: "Maar dit maak nie saak … 10 dat … want hulle was klaar dood. My man … Vincent … wou alles uitwis. En hy hét. Hy't die brand gestig en toe vir Ronnie geskiet. En toe homself." Hy praat eers ná 'n lang, geskokte oomblikke: "My God, Ryna. Hoekom het jy nie lankal gepraat nie? Weet Attie?" Sy skud haar kop en kyk stip voor haar uit. 15 "Ek wou nie daaroor praat nie. Ek wil ook nooit weer daaroor praat nie." 3.1 VOLTOOI die volgende paragraaf feitelik korrek deur die ontbrekende woord uit die roman neer te skryf. Skryf slegs die woord langs die vraagnommers (3.1.1 tot 3.1.4) neer. Ryna het na drie jaar besluit dat sy nie teruggaan (3.1.1) … toe nie. Sy het besluit om Ousanna se huis op Salamanderbaai te koop. Baie mense het gehelp om die huisie reg te kry, sodat Ryna in (3.1.2) … (die maand) kon intrek. Attie het haar huis (3.1.3) … genoem. In die huis het Ryna 'n (3.1.4) … met al Kinnie se besittings daarin gekry. (4) 3.2 Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer (3.2) neer. "Toemaar … die vuur is weg." (Reël 4) Die toon in Jacob se stem as hy met Ryna praat, kan as … beskryf word. A sarkasties B kwaai C rustig D vrolik (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 16 DBE/November 2025 NSS Vertroulik 3.3 Dink aan die hele uittreksel. 3.3.1 Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies. (1) Ryna ervaar innerlike konflik, want (sy kon nie lank gelede haar man en kind red nie/die vuur het haar aan dinge laat dink wat sy liewer wou vergeet). 3.3.2 Motiveer jou antwoord op VRAAG 3.3.1. (1) 3.4 "Weet Attie?" (Reël 14) Waarom het Jacob hierdie vraag vir Ryna gevra? (1) 3.5 Wat het Jacob en Janka by Ryna gedoen die aand voordat die brand begin het? (1) 3.6 Wat was die direkte gevolg van Vincent en Ronnie se dood vir Ryna? (1) 3.7 Die dinge wat mense doen, het altyd gevolge. Kies die gevolg uit KOLOM B wat by die gebeure in KOLOM A pas. Skryf slegs die letter (A–E) langs die vraagnommers (3.7.1 tot 3.7.4) neer. KOLOM A KOLOM B 3.7.1 Skalla het Magrietjie A Janka het sonder 'n ma verkrag. grootgeword. 3.7.2 Elsabet het Meeuland B Jacob het besef dat hy lief geword verlaat om by Fred te het vir Ryna. wees. C Skalla het in die tronk beland. 3.7.3 Attie en Ryna het lekker saam gekuier en pret D Jacob het Meeuland toe gevlug. gehad. E Janka se Kersdag het tragies 3.7.4 Skalla het kreef geëindig. gesmokkel naby Meeuland. (4 x 1) (4) 3.8 Jacob se optrede teenoor Ryna in hierdie situasie is anders as vroeër. Waarom laat hierdie optrede van Jacob jou goed voel? (1) 3.9 Hoe kry Ryna dit reg om jou die skok oor haar man en kind saam met haar te laat voel? (1) 3.10 Die huis op Meeuland het 'n impak op Ryna se lewe gehad. Gee TWEE voorbeelde van hoe hierdie huis Ryna se lewe positief beïnvloed het. (2) EN Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 17 DBE/November 2025 NSS Vertroulik Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg. TEKS F ... "Ek kom op die ingewing van die oomblik." "Dis wonderlik om jou te sien! Sal ek tee bestel? Of sal ons uitgaan en iewers iets gaan drink?" "Moenie moeite doen nie. Ek gaan nie lank wees nie." Maar hy tel tog die binnefoon op en vra tee vir twee. "Sit gerus! My aarde, man, waar 5 in die wêreld is jy? Jy het soos 'n groot speld verdwyn." "Ek hou skool op Salamanderbaai." Die tee kom ná 'n rukkie en sy skink vir hulle in. Sy voel dat hy haar dophou. "Hoe gaan dit?" vra hy weer. "Jy moet my asseblief help, Henning. Jy is al mens wat Vincent goed genoeg geken 10 het." 'n Frons skuif tussen sy klein swart oë in. "Ek help graag as ek kan, Camilla." "Destyds met die ondersoek … onthou jy, die man met die lang, blonde hare … van wie ek gepraat het?" "Ek onthou," sê hy sag. 15 "Henning," haar lippe voel droog, sodat sy eers van die warm tee drink. "Klink die naam Schalk Blanckenberg miskien vir jou bekend?" Sy kyk hom intens aan. Daar is geen herkenning van dié naam in sy oë nie. "Blanckenberg?" Sy knik gretig. "Hulle noem hom Skalla. Probeer asseblief onthou. Miskien is dit 'n 20 naam wat Vincent voor jou genoem het." Hy skud sy kop stadig. "Dit lui geen klokkie nie." 3.11 Skryf die VIER gebeure onder mekaar in die korrekte VOLGORDE neer soos wat dit in die roman gebeur. • Attie het in Windhoek gaan werk. • Ryna se boek oor kusvoëls is bekendgestel. • Ryna het vir Fred vertel dat Janka sy kind is. • Jacob het Skalla doodgesteek. (4) 3.12 "Jy het soos 'n groot speld verdwyn." (Reël 6) 3.12.1 Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies. Hierdie is 'n voorbeeld van 'n (hiperbool/vergelyking). (1) 3.12.2 Wat beteken die vetgedrukte woorde binne die konteks van die uittreksel? (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 18 DBE/November 2025 NSS Vertroulik 3.13 Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer (3.13) neer. "Dit lui geen klokkie nie." (Reël 22) Dit beteken dat Henning … A iets kon onthou, maar nie seker is daarvan nie. B glad nie die naam kon onthou nie. C Vincent nie regtig goed geken het nie. D die dame in sy kantoor nie gehoor het toe hy die klokkie gelui het nie. (1) 3.14 "Ek help graag as ek kan, Camilla." (Reël 12) 3.14.1 Na wie verwys Henning as hy die naam "Camilla" gebruik? (1) 3.14.2 Wat beteken hierdie aanhaling binne die konteks van die roman? (1) 3.15 Ryna het onthou dat Skalla 'n tatoeëermerk van 'n kreef op sy arm gehad het. Noem 'n feit uit die roman om te sê waarom hierdie stelling ONWAAR is. (1) 3.16 "Probeer asseblief onthou." (Reël 20) 3.16.1 Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies. Met hierdie woorde het Ryna (die aanname gemaak dat Henning weet/probeer om Henning te manipuleer). (1) 3.16.2 Waarom is hierdie woorde van Ryna geloofwaardig binne die konteks van die roman? (1) 3.17 Waarom kan 'n mens verstaan dat Henning nie vir Ryna die antwoorde wou gee waarna sy soek nie? (1) 3.18 Kort nadat Janka geskiet is, het dit vir Ryna belangrik geword om die waarheid oor Skalla uit te vind. Waarom kan jy met Ryna se optrede identifiseer? (1) 3.19 Een van die lewenslesse in hierdie roman is dat dit nooit te laat is om jou foute te erken nie. Noem TWEE positiewe gevolge wat dit aan die einde van die roman vir Fred gehad het. (2) 3.20 Vreemdelinge kan soos familie vir mekaar word. Waarom pas hierdie tema by die slot van die roman? (1) [35] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 19 DBE/November 2025 NSS Vertroulik VRAAG 4: LIEN SE LANKSTAANSKOENE – Derick van der Walt Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg. TEKS G Van toe af ry sy elke keer saam, gewoonlik ongemaklik, maar dikwels dankbaar ná die lang dag. Dis donker toe sy die voordeur oopmaak. Dis nie gesluit nie. Braam lê reeds en slaap voor die televisie. Sy is honger, maar daar was nie tyd om iets by Pick n Pay te koop nie. Sy wonder wat hy geëet het. In die kombuis staan 'n glasbak met 'n berg vetkoeke, sien 5 sy dankbaar. Wat sou hulle sonder tannie Bets gedoen het? Sy maak vir haar koffie en val gulsig weg. Daar is kerriemaalvleis in die vetkoeke. Sy eet en vir die eerste keer die dag ontspan sy. Sy gaan haal haar geldsakkie uit die rooi sportsak in haar kamer en begin die dag se buit tel. Haar ma se deur is toe, sien sy dankbaar. Sy maak hopies met die verskillende munte op die eetblad in die kombuis. Daar is 10 altesaam R217,35. Dis die eerste keer dat sy meer as R200 'n middag gemaak het. Sy kan môre weer 'n paar rand gaan bank. Sy maak gewoonlik meer op 'n Saterdag, maar sy weet nie hoe lank sy nog Saterdae sal kan werk nie. Juffrou Breytenbach wil hê hulle moet nou Saterdae ook repeteer. Sy wil elke week kop uittrek, maar sy raak op 'n manier geheg aan Weird Maria. 15 ''Alles, alles niks. Too bad,'' sê Maria terwyl sy snuif. 4.1 VOLTOOI die volgende paragraaf feitelik korrek deur die ontbrekende woord(e) uit die roman neer te skryf. Skryf slegs die woord(e) langs die vraagnommers (4.1.1 tot 4.1.4) neer. Lien was baie besig. Omdat sy in graad (4.1.1) ... was, het sy baie skoolwerk gehad. Smiddae na skool het sy op haar (4.1.2) ... gaan bedel. In die aand het sy haar rol as Weird Maria vir die (4.1.3) ... geoefen. Nadat Lien een aand saam met (4.1.4) ... huis toe gery het, het dit gereeld gebeur. Lien het later daar gaan kuier. (4) 4.2 Wat het hierdie aand op die pawiljoen gebeur voordat Lien toneeloefening toe is? (1) 4.3 ''In die kombuis staan 'n glasbak met 'n berg vetkoeke, ...'' (Reël 5) 4.3.1 Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies. Hierdie is 'n voorbeeld van 'n (metafoor/hiperbool). (1) 4.3.2 Wat beteken die vetgedrukte woorde binne die konteks van die uittreksel? (1) 4.4 Waarom het Lien geld gespaar? (1) 4.5 Lien was dankbaar toe sy sien haar ma se kamerdeur is toe. (Reël 9) Waarom kan jy hiermee identifiseer? (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 20 DBE/November 2025 NSS Vertroulik 4.6 Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer (4.6) neer. ''Sy wil elke week kop uittrek, maar … '' (Reël 14) Dit beteken dat Lien … A soms gevoel het sy wil nie langer deel van die toneel wees nie. B die woorde wat sy moes sê uit haar kop geleer het. C glad nie meer 'n pruik wou dra nie. D elke week 'n ander pruik wou dra. (1) 4.7 Waarom laat dit jou goed voel om te weet daar is iemand soos tannie Bets in Lien se lewe? (1) 4.8 Lien het dit al meer geniet om op die verhoog te wees. Gee TWEE voorbeelde van hoe Lien se deelname aan die toneelstuk haar lewe positief beïnvloed het. (2) 4.9 Hoe kry Lien dit reg om jou te laat voel dat sy eintlik eensaam is? (1) 4.10 Die dinge wat mense doen, het altyd gevolge. Kies die gevolg uit KOLOM B wat by die gebeure in KOLOM A pas. Skryf slegs die letter (A–E) langs die vraagnommers (4.10.1 tot 4.10.4) neer. KOLOM A KOLOM B 4.10.1 Kuifie het ernstig met A Lien kon reg voorberei om op straat Lien gesels. te bedel. 4.10.2 Sproet het Lien B Lien het op die harde manier geleer probeer verlei. dat reëls belangrik is. 4.10.3 Roos het vir Lien goeie C Lien het besef dat party mense raad gegee. verkeerde gedagtes het. 4.10.4 Lien het by tant Malie D Lien het haar pa in die tronk gaan se koffiewinkel gewerk. besoek. E Lien het meer tyd gehad om op haar skoolwerk te fokus. (4 x 1) (4) EN Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 21 DBE/November 2025 NSS Vertroulik Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg. TEKS H ''Dis hoekom ek hier is. Hy wil weer hier kom bly, en hy wil weer kom werk.'' Die man kyk haar 'n rukkie snaaks aan. ''Is sy bene of arms of iets nie af nie? Hoe de duiwel wil hy werk?'' vra hy terwyl hy op sy horlosie kyk. ''Sy bene is af, maar hy kan nog baie doen.'' Lien besef sy sal haar storie gou moet 5 vertel. Dié man het nie tyd vir warra-warra nie. ''Hy gaan 'n karretjie hê wat hom sal help om oor die weg te kom. Hy sal maklik regkom. Hy werk in die week op 'n ander plek en kan vir die kamer betaal. Hy sal naweke die karre hier oppas, verniet. Hy vra net 'n dak oor sy kop. Hy sê hulle steel nogal karre hier. Veral naweke.'' Die man kyk haar nog steeds aan asof sy pas van Mars geland het. 10 ''Hoe de duiwel wil hy die karre oppas? Gaan hy die skelms met sy rystoel jaag?'' ''Dis nie 'n rystoel nie en ons gaan vir hom 'n fluitjie koop. As hy iets snaaks sien, gaan hy 'n hengse lawaai maak en die mense sal hom hoor.'' Lien weet dis nou of nooit. Hy sit die gehoorstuk terug op die mikkie. 15 ''Ek is jammer vir die ou, maar dis nie die Welsyn dié nie.'' 4.11 Skryf die VIER gebeure onder mekaar in die korrekte VOLGORDE neer soos wat dit in die roman gebeur. • Dirkie het gebel om uit te vind in watter hospitaal Tibbey was. • Lien het die jong dominee vir die eerste keer ontmoet. • Sproet het Lien na sy woonstel toe geneem. • Lien het haar verjaardag saam met vriende geniet. (4) 4.12 ''Hoe de duiwel wil hy werk?'' (Reël 3) 4.12.1 Na wie verwys ''hy''? (1) 4.12.2 Wat beteken hierdie aanhaling binne die konteks van die roman? (1) 4.13 Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer (4.13) neer. ''Gaan hy die skelms met sy rystoel jaag?'' (Reël 11) Die toon in Meneer Van Biljon se woorde kan as ... beskryf word. A vrolik B hartseer C sarkasties D tevrede (1) 4.14 Wouter het vir Lien gehelp om hierdie karretjie (reël 6) te maak. Gee 'n feit uit die roman om te sê waarom hierdie stelling ONWAAR is. (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 22 DBE/November 2025 NSS Vertroulik 4.15 ''..., maar dis nie die Welsyn dié nie.'' (Reël 16) 4.15.1 Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies. Meneer Van Biljon ervaar innerlike konflik, want hy (stem saam met Lien/weet nie wat die regte ding is om te doen nie). (1) 4.15.2 Motiveer jou antwoord op VRAAG 4.15.1. (1) 4.16 Hou die hele uittreksel in gedagte. 4.16.1 Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies. Lien probeer om Meneer Van Biljon te (manipuleer om welsynswerk in sy omgewing te doen/oorreed om Tibbey se situasie en goeie kwaliteite te verstaan). (1) 4.16.2 Waarom is Lien se optrede geloofwaardig binne die konteks van die roman? (1) 4.17 Wat was die direkte gevolg van Lien en Hein se samewerking vir hulle verhouding? (1) 4.18 Waarom kan 'n mens sê dat dit verkeerd van Roos was om Johnny van die entertainment corner af weg te hou? (1) 4.19 Een van die lewenslesse in hierdie roman is dat ware vriende mekaar ook in moeilike omstandighede ondersteun. Noem TWEE positiewe gevolge wat dit vir Tibbey gehad het. (2) 4.20 Een van die temas wat sterk in die roman na vore kom, is dat 'n mens op die positiewe dinge in die lewe moet fokus. Waarom pas hierdie tema by die slot van die roman? (1) [35] TOTAAL AFDELING A: 35 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 23 DBE/November 2025 NSS Vertroulik AFDELING B: DRAMA Beantwoord slegs EEN vraag oor die drama wat jy bestudeer het. VRAAG 5: POPPIE – DIE DRAMA – Elsa Joubert en Sandra Kotzé Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg. TEKS I MAMA. Maar sy het baie verlang en toe dit tyd word vir haar eerste bybie om gebore te word, toe wil sy huis toe gaan om haar bybie by haar mama te gaan kry. POPPIE. Ek het dadelik mos swanger geword. Ek was mos dom. Ek weet nie of ek bly was nie of nie, dit gebeur mos maar net. (Sy beweeg effens weg; staan dan stil.) MAMA. In die eerste winter, op vyf maande, het die kindjie gesterwe aan kinkhoes. 5 POPPIE. Ek weet nie wat dit daai jaar was nie, maar al die mense se klein kindertjies het afgesterwe. Ek kan nie sê dit was die swaar van die sinkhuise in die winter nie, want my ma het dan al haar bybies daar gekry en grootgemaak. Daai jaar was net 'n ander jaar, alle kinders het afgesterwe, bruin en swart. PLANK. Bonsile is 'n paar maande later gebore. Poppie het hom Bonsile genoem, wat 10 beteken, ons het iets gewys, iets het reggekom. Sy Engelse naam was Stanford … POPPIE. My klonkie! PLANK. … en as sy alleen by hom is of by Mama-goed het sy sommer gesê my klonkie. En as sy van haar man praat, het sy gesê tata-ka-Bonsile, wat beteken pa-van- Bonsile, uit respek. 15 STONE (plaas sy arm om haar skouers). Toe kom die ding dat hulle nou vir ons sê, ons moet nou gaan waarnatoe ons wil, … 5.1 Voltooi die volgende paragraaf feitelik korrek deur die ontbrekende woord(e) uit die drama neer te skryf. Skryf slegs die woord(e) langs die vraagnommers (5.1.1 tot 5.1.4) neer. Poppie se Ouma (5.1.1) … het ná haar man se dood (5.1.2) … toe getrek omdat sy haar kinders naby 'n kerk en skool wou hê. Mama Lena is later met Poppie se pa getroud, maar hy is weg oorlog toe. Hy was 'n (5.1.3) … in die Noorde. Poppie is gebore en haar naam was Ntombizodumo. Haar ma het ook vir haar twee Engelse name gegee. Haar name was (5.1.4) … en Regina. (4) 5.2 Waarom het Poppie ook vir Stone Bhuti-ka-nombi genoem? (1) 5.3 Waarom kan 'n mens sê dat Stone tevrede was ná hulle besoek aan Herschel? (1) 5.4 Poppie het saam met die vrouens op die lande in Herschel gewerk. Gee TWEE voorbeelde van hoe Herschel Poppie se lewe positief beïnvloed het. (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 24 DBE/November 2025 NSS Vertroulik 5.5 ''Ek het dadelik mos swanger geword. Ek was mos dom.'' (Reël 3) 5.5.1 Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies. Poppie het innerlike konflik ervaar, want sy (was onseker of dit die regte tyd was om 'n kind te hê/wou graag verder leer). (1) 5.5.2 Motiveer jou antwoord op VRAAG 5.5.1. (1) 5.6 Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer (5.6) neer. ''Ek kan nie sê dit was die swaar van die sinkhuise in die winter nie, want my ma het dan al haar bybies daar gekry en grootgemaak.'' (Reël 7 en 8) Die toon in Poppie se stem kan as … beskryf word. A kwaad B onseker C tevrede D gelukkig (1) 5.7 ''Toe kom die ding dat hulle nou vir ons sê, ons moet nou gaan waarnatoe ons wil, ...'' (Reël 16 en 17) 5.7.1 Na wie verwys die ''ons''? (1) 5.7.2 Wat beteken hierdie aanhaling binne die konteks van die uittreksel? (1) 5.8 Waarom laat dit jou goed voel dat Poppie haar seun toe Bonsile genoem het? (1) 5.9 Die dinge wat mense doen, het altyd gevolge. Kies die gevolg uit KOLOM B wat by die gebeure in KOLOM A pas. Skryf slegs die letter (A–E) langs die vraagnommers (5.9.1 tot 5.9.4) neer. KOLOM A KOLOM B 5.9.1 Teen Kerstyd kon Poppie A Poppie se dogters het in Herschel nie weer haar pas gaan bly. verleng nie. B Vukile is deur 'n dwaalklip getref. 5.9.2 Stone het gesterf. C Jakkie moes vlug vir die polisie. 5.9.3 Die jongmense het hulleself die Comrades D Poppie en haar kinders moes begin noem. Mdantsane toe gaan. 5.9.4 Tweede Kersdag het die E Die oorlog teen die sjebeens het jongmense oorlog teen begin. die migrants gemaak. (4 x 1) (4) EN Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 25 DBE/November 2025 NSS Vertroulik Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg. TEKS J POPPIE (met bitterheid). Dit gaan goed met almal. Almal het huise. En ons dan? Ek wat hier ver by die vreemde mense moet bly? Almal kom klaar sonder my. HOEDJIE. Maar tata-ka-Bonsile was tevrede met die huis en die mielies wat Poppie geplant het. Die kinders het goed gedoen in die skool, dis net Bonsile wat nog steeds sy eie pad geloop het, vir wie Poppie snags wakker gelê het, lê en wag het 5 dat hy moet inkom. PLANK. Ná twee weke is Stone weer huis toe. JAKKIE. Kort daarna het moeilikheid by Poppie se deur kom aanklop. Poppie sit op blik, skryf 'n brief aan tata-ka-Bonsile. Lees hardop. POPPIE. Op Saterdag het twee manne na ons huis gekom. Hulle sê: Iets het verkeerd 10 gegaan by ons plek en die spoor loop na jou huis toe. Die moeilikheid is met ons meisiekind. Aan die ander kant van die verhoog ontvang en lees Stone die brief. STONE. Hulle vra damage-geld, soveel soos jy kan stuur. Die meisie is 'n weeskind. Sy gaan saam met Bonsile skool, sy is saam met hom in st. 8. Die mense wat die 15 geld vra, sê hulle het haar grootgemaak en nou is sy pregnant deur hom. Bonsile het haar geleerdheid bederf. MOSIE. Tata-ka-Bonsile het veertig rand gestuur en die mense was tevrede. Maar daar het hierdie tyd 'n groot eensaamheid en verlange in Poppie se hart gekom. 5.10 Skryf die VIER gebeure onder mekaar in die korrekte VOLGORDE neer soos wat dit in die drama gebeur. • Poppie het inslaapwerk by die kwekery gekry. • Poppie het agt pond 'n maand by Mrs Scobie verdien. • Mrs Swanepoel het Poppie gehelp om haar pas reg te kry. • Poppie het by die garage gewerk en by die Union Kollege geleer. (4) 5.11 Wat het in Stone se lewe gebeur voordat Poppie weg is Ciskei toe? (1) 5.12 Kindjie en Fezi het na Stone se dood by Jakkie gaan bly. Gee 'n feit uit die drama om te sê waarom hierdie stelling ONWAAR is. (1) 5.13 ''Almal kom klaar sonder my.'' (Reël 2) Hoe kry Poppie dit reg om jou jammer vir haar te laat voel? (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 26 DBE/November 2025 NSS Vertroulik 5.14 Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer (5.14) neer. ''…, dis net Bonsile wat nog steeds sy eie pad geloop het, …'' (Reël 4 en 5) Dit beteken dat hy … A in opstand was teen die polisie. B sy eie reëls gemaak en gevolg het. C steeds die tradisies van sy voorouers gevolg het. D geglo het die ander jongmense wou hom nie daar hê nie. (1) 5.15 Stone het die damage-geld betaal, want hy en Poppie het altyd die regte ding gedoen. Waarom kan jy hiermee identifiseer? (1) 5.16 Lees reëls 10 tot 12. 5.16.1 Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies. Die mans wat Poppie kom sien het, was (partydig vir die meisie omdat haar geleenthede weggeneem is/diskriminerend teenoor Bonsile omdat hulle nuwe intrekkers in die omgewing was). (1) 5.16.2 Waarom is die mans se optrede geloofwaardig binne die konteks van die drama? (1) 5.17 ''Hulle sê: Iets het verkeerd gegaan by ons plek en die spoor loop na jou huis toe.'' (Reël 10 en 11) 5.17.1 Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies. Hierdie is 'n voorbeeld van ('n vergelyking/personifikasie). (1) 5.17.2 Wat beteken die vetgedrukte woorde binne die konteks van die uittreksel? (1) 5.18 Wat was die direkte gevolg van Stone se dood vir Poppie? (1) 5.19 Een van die lewenslesse in hierdie drama is dat jy moet aanvaar dat jy alles gedoen het wat jy kon om jou kinders te beskerm. Noem TWEE positiewe gevolge wat dit vir Poppie gehad het. (2) 5.20 Jou familie se besluite beïnvloed jou lewe ook. Waarom pas hierdie tema by die slot van die drama? (1) [35] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 27 DBE/November 2025 NSS Vertroulik VRAAG 6: PALJAS – Chris Barnard Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg. TEKS K HENDRIK (met 'n laggie): O, so julle twee kattemaai waarvan ons nie weet nie, hè? NOLLIE: Nee, Oom, sy … sy't weer weggehol … toe – HENDRIK: Sy moet haar gehollery begin afleer. Hoe gaan sy getroud kom as sy so hol vir al wat 'n broek is! Nee wat, jong, sy weet ook al van beter as om by my te kom kla oor 'n gehollery en 'n gevallery. 5 20. Klein Willem kom by die kombuis in waar sy ma staan en stryk. Hy kom staan langs haar en kyk op na haar toe. KATRIEN: Ja, Boetie? (Hy wys na die stoof toe.) Wat? (Hy loop tot by die stoof en wys na die koffiekan.) Koffie? (Hy knik.) Wie? Pa? (Hy hou twee vingers in die lug.) Pa en Nollie? (Hy knik.) Ja, wag net bietjie, dan vat jy sommer. 10 21. Op die stoep dirigeer Hendrik vaagweg met sy hand die grammofoonmusiek. Dis Josef Schmidt of een van daardie snare. Dis romantiese, melancholiese musiek: salf vir sy eensame siel. Hendrik sing weer die laaste paar woorde saam. En hy is skielik amper half asof hy bietjie aangedaan is. HENDRIK: Ek het altyd, toe ek nog na haar gevry het, altyd vir die draadloos geskryf 15 hulle moet vir Katrina die ou dingetjie speel Saterdagaand met die versoeke. Dan speel hulle dit nogal, hoor! Of partykeer dan speel sy dit vir my op die klavier. 6.1 Voltooi die volgende paragraaf feitelik korrek deur die ontbrekende woord(e) uit die drama neer te skryf. Skryf slegs die woord(e) langs die vraagnommers (6.1.1 tot 6.1.4) neer. Met die aankoms van die nar, (6.1.1) …, het baie dinge begin verander. Willem het elke dag saam met hom in die (6.1.2) … gekuier. Willem het vir hom dik snye (6.1.3) … gevat. Willem het met sy (6.1.4) … gery, dan fluit die nar om sy aandag te kry. Die dorpsmense het gedink hulle was besig met duiwelsgoed. (4) 6.2 Wat het tussen Nollie en Emma gebeur voordat Nollie by Hendrik-hulle kom kuier het? (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 28 DBE/November 2025 NSS Vertroulik 6.3 Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer (6.3) neer. "NOLLIE: Nee, Oom, sy … sy't weer weggehol … toe –" (Reël 2) Die toon in Nollie se stem kan as … beskryf word. A moedeloos B gelukkig C tevrede D kwaad (1) 6.4 Waarom het Willem handgebare gebruik? (Reël 9 en 10) (1) 6.5 " … salf vir sy eensame siel." (Reël 12 en 13) 6.5.1 Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies. Dit is 'n voorbeeld van 'n (vergelyking/metafoor). (1) 6.5.2 Wat beteken die vetgedrukte woorde binne die konteks van die drama? (1) 6.6 "…, altyd vir die draadloos geskryf hulle moet vir Katrina die ou dingetjie speel Saterdagaand …" (Reël 15 en 16) 6.6.1 Waarna verwys "die ou dingetjie"? (1) 6.6.2 Wat beteken hierdie aanhaling binne die konteks van die uittreksel? (1) 6.7 Die dinge wat mense doen, het altyd gevolge. Kies die gevolg uit KOLOM B wat by die gebeure in KOLOM A pas. Skryf slegs die letter (A–E) langs die vraagnommers (6.7.1 tot 6.7.4) neer. KOLOM A KOLOM B 6.7.1 Hendrik wou Katrien A Katrien het by Willem in die bed weghou van ander geslaap. mans. B Emma was ontsteld oor die 6.7.2 Hendrik en Katrien het sirkusmans se optrede teenoor probleme in hulle haar. huwelik gehad. C Hendrik het vir Katrien gesê sy lyk 6.7.3 Katrien het vir haarself mooi. blou oorkrabbers gekoop. D Willem het sy ouers hoor baklei en weggehardloop. 6.7.4 Die McDonalds het gereed gemaak vir die E Die McDonalds het vir die soveelste Volstruisdans. keer na 'n klein stasietjie toe getrek. (4 x 1) (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 29 DBE/November 2025 NSS Vertroulik 6.8 Hendrik en Nollie het gereeld op die stoep saamgekuier. Gee TWEE voorbeelde van hoe hierdie stoep Nollie se lewe positief beïnvloed het. (2) 6.9 Hendrik het druk op Emma geplaas om te trou, maar sy wou nie na hom luister nie. Waarom kan jy in hierdie situasie met Emma identifiseer? (1) EN TEKS L Katrien gaan leun met haar hande op die buffet. Sy staan net vir haar hande en kyk. Dis duidelik almal is nog stom van skok. Hendrik hang sy baadjie aan die kapstok. KATRIEN (draai om en mik vir die middeldeur): Nag, almal. HENDRIK: Nee, Katrina. Waar gaan jy? 5 KATRIEN: Ek gaan slaap. HENDRIK: Nee. KATRIEN: Wat dan? HENDRIK: Ons … kry ons skoon. Ons – Nollie, sit op vir ons 'n plaat. Ons was ons en ons trek aan en – Emma, loop maak jou mooi. Ons sal iets uitdink. Ons gaan nie slaap 10 nie. Ons sal iets uitdink. EMMA: … Ek moet wat doen? HENDRIK: Jy't gehoor wat ek gesê het. EMMA (ontsteld): Ek moet my loop mooimaak? Om te wat? (Sy is skielik yskoud en woedend.) Om te wat? 15 HENDRIK: Ons gaan net aan, Emma; ons maak of niks gebeur het nie. EMMA: Dis al wat ons doen heeltyd. Ons maak of niks gebeur het nie. HENDRIK: Wat, wil jy weer op 'n hoop loop sit? EMMA: Kyk hoe lyk Ma – lyk dit vir Pa of niks gebeur het nie? Kyk hoe lyk ons almal! HENDRIK (meer verbaas as iets anders): Emma! 20 EMMA (nou onbeheersd kwaad): Hulle jaag ons soos melaatses van die Volstruisdans af weg, maar ons moet maak of niks gebeur het nie. HENDRIK: En wat doen jy? Jy hol in die veld in. EMMA: Hoekom sit ons op hierdie gat-stasietjie, Pa? Ek vra – hoekom? Oor niks gebeur het nie? 25 6.10 Skryf die VIER gebeure onder mekaar in die korrekte VOLGORDE neer soos wat dit in die drama gebeur. • Willem het die nar vermaak en probeer om hom te laat lag. • Die dorpsmense het vir die McDonalds om verskoning gaan vra. • Emma het Willem op die stoep gekry waar hy gelê en slaap het. • Emma het gesê die gesin moet praat oor dinge wat belangrik is. (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 30 DBE/November 2025 NSS Vertroulik 6.11 Lees reëls 1 tot 6. 6.11.1 Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies. Katrien het innerlike konflik ervaar, want (sy het nie geweet wat hulle nog moes doen om aanvaar te word nie/Hendrik het weer met almal baklei). (1) 6.11.2 Motiveer jou antwoord op VRAAG 6.11.1. (1) 6.12 Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer (6.12) neer. "Wat, wil jy weer op 'n hoop loop sit?" (Reël 18) Dit beteken dat Hendrik dink Emma gaan soos altyd … A weier om met Nollie te praat. B probeer om Willem te beskerm. C van die probleem weghardloop. D vir lang tye buite op die koppie sit. (1) 6.13 Waarom kan 'n mens sê dat Hendrik in hierdie situasie reg opgetree het? (1) 6.14 "Hulle jaag ons soos melaatses van die Volstruisdans af weg …" (Reël 21 en 22) 6.14.1 Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies. Hierdie woorde bewys dat Emma gedink het dat die dorpsmense (bevooroordeeld is teenoor mense wat anders as hulle is/teen arm mense gediskrimineer het.) (1) 6.14.2 Waarom is dit wat Emma dink geloofwaardig binne die konteks van die drama? (1) 6.15 Jan Mol was die eerste persoon wat vir die McDonalds om verskoning gevra het. Noem 'n feit uit die drama om te sê waarom hierdie stelling ONWAAR is. (1) 6.16 Wat was die direkte gevolg van die Volstruisdans vir Nollie? (1) 6.17 Hou die hele uittreksel in gedagte. Hoe kry Emma dit reg om jou te laat voel dat sy baie kwaad is? (1) 6.18 Waarom laat hierdie hele situasie jou goed voel as jy dink aan die probleme wat die gesin al oor 'n lang tyd het? (1) 6.19 Een van die lewenslesse in hierdie drama is dat jy dit wat jy geleer het met ander mense kan deel. Noem TWEE positiewe gevolge wat dit vir Willem gehad het. (2) 6.20 Liefde bring mense nader aan mekaar. Waarom pas hierdie tema by die slot van die drama? (1) [35] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 31 DBE/November 2025 NSS Vertroulik VRAAG 7: FIELA SE KIND – DIE DRAMA – Dalene Matthee Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg. TEKS M BARTA (skrik haar oorhoeks): Opsoek? ELIAS (vinnig): Loop drink 'n bietjie water, vrou. Mister Kapp, ek sê jou vandag hier in my huis, en jy kan dit vir die magistraat ook loop sê: as sy hier by mý kom moeilikheid maak, gaat ek self moeilikheid maak. My vrou sal dit nie kan staan nie. KAPP: Die magistraat het gesê julle moet praat as sy dalk hier kom lol. 5 ELIAS: Dis reg, mister, ek sal so maak. KAPP: Waar's die kinders, Van Rooyen? ELIAS: Weet nie wanneer hulle weer huis kry nie. Hang af. Dié meisiekind van my is mos nes 'n bok oor die Bos. Mister kom mos dikwels op die dorp, mister moet tog vir my uitluister of daar nie van die Engelse is wat 'n kinderwagter soek nie. Verniet 10 wil ek haar nie graag verhuur nie, maar as hulle haar 'n stukkie klere en so aan gee, sal ons regkom met die prys. KAPP: Ek sal verneem. (Pouse.) Hoe lank skat jy gaan die kinders nog wegbly? ELIAS: Moeilik om te sê, mister Kapp. Moeilik. (Lang pouse.) Mister kan die magistraat met 'n skoon gemoed loop sê dat dit goed gaan met hom. Ek meen, hy's mos nou 15 darem onder sy eie mense. KAPP: Ek sal vir hom sê. Nou ja, dan loop ek dan maar eers. Hulle groet. KAPP af. BARTA: As Lukas vandag hier was, was jy in die moeilikheid, ... 7.1 Voltooi die volgende paragraaf feitelik korrek deur die ontbrekende woord(e) uit die drama neer te skryf. Skryf slegs die woord(e) langs die vraagnommers (7.1.1 tot 7.1.4) neer. Na (7.1.1) … jaar as Fiela se kind, moes Benjamin saam met die Van Rooyens Bos toe gaan. Benjamin het die kinders (7.1.2) … wat aan hom gevat het. Tant (7.1.3) …, een van die buurvrouens, het gesê hulle moet hom uitlos, want hy was moeg. Sy suster wou hom dadelik van haar geheim vertel. Haar geheim was die (7.1.4) … wat sy weggesteek het. (4) 7.2 Waarom het Barta so groot geskrik? (Reël 1) (1) 7.3 Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer (7.3) neer. Lees reëls 2 tot 4. Die toon in Elias se woorde in hierdie reëls kan as … beskryf word. A respekvol B aggressief C hartseer D kalm (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 32 DBE/November 2025 NSS Vertroulik 7.4 ''Die magistraat het gesê julle moet praat as sy dalk hier kom lol.'' (Reël 5) 7.4.1 Na wie verwys ''sy''? (1) 7.4.2 Wat beteken hierdie aanhaling binne die konteks van die drama? (1) 7.5 ''Dié meisiekind van my is mos nes 'n bok oor die Bos.'' (Reël 8 en 9) 7.5.1 Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies. Dit is 'n voorbeeld van 'n (metafoor/vergelyking). (1) 7.5.2 Wat beteken die vetgedrukte woorde binne die konteks van die drama? (1) 7.6 Die meisiekind hét later werk as kinderwagter gekry. Noem 'n feit uit die drama om te sê waarom hierdie stelling WAAR is. (1) 7.7 ''As Lukas vandag hier was, was jy in die moeilikheid, ...'' (Reël 19) Barta het niks gesê toe Elias oor Lukas gelieg het nie. Waarom kan jy met Barta se optrede identifiseer? (1) 7.8 Voordat Lukas en Nina uit die Bos teruggekom het, het iets by Elias-hulle se huis gebeur. Wat het gebeur? (1) 7.9 Hoe kry Elias dit reg om jou as leser negatief teenoor hom te laat voel? (1) 7.10 Die dinge wat mense doen, het altyd gevolge. Kies die gevolg uit KOLOM B wat by die gebeure in KOLOM A pas. Skryf slegs die letter (A–E) langs die vraagnommers (7.10.1 tot 7.10.4) neer. KOLOM A KOLOM B 7.10.1 Nina het Lukas gehelp om A Elias het vir Lukas gesê dat Barta die pad uit die Bos te kry. sy ma is. 7.10.2 Kapp moes gaan kyk hoe B Lukas het besef dat hy 'n liefde vir dit met Lukas in die Bos die see het. gaan. C Lukas het vinnig geleer hoe om 7.10.3 Fiela het Benjamin se met die hout te werk. goed Bos toe gevat. D Elias het die kans gebruik om vir 7.10.4 Elias het vir Lukas Nina werk op die dorp te probeer gestuur om vir Nina op kry. Knysna te gaan soek. E Elias het die kinders fisies gestraf. (4 x 1) (4) EN Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 33 DBE/November 2025 NSS Vertroulik Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg. TEKS N WEATHERBURY (agterdogtig; kortaf): Waarom wil jy haar geld kom haal? LUKAS: Wel ... ee ... dis eintlik my pa wat die geld laat haal. WEATHERBURY: Julle kan nie sommer elke maand al haar geld kom haal nie. Ek sal dit nie toelaat nie! LUKAS: U verstaan nie, miss Weatherbury. Bosmense is anders. Alles word saam in 5 een hand gegooi. WEATHERBURY: Nina is nie meer in die Bos nie. Ek kan dus nie sien waarom julle nog haar geld wil hê nie. LUKAS: Ek ook nie eintlik nie. NINA verskyn agter MISS WEATHERBURY in die deur. 10 LUKAS: Middag, Nina. NINA: Hoe't julle geweet waar ek is? LUKAS: Iemand op die dorp het my gesê. NINA: Weet Pa-hulle? LUKAS: Nog nie. 15 NINA (kwaai): Jy loop sê nie waar ek is nie! Jy hou jou bek, Lukas van Rooyen. WEATHERBURY: Christina! Praat ordentlik! NINA: Jy loop sê nie jy het my gekry nie. Ek gee nie langer my geld af nie, vir niemand nie. Pa kan sy gat oplig en vir homself werk. (Pouse.) LUKAS: Ek het eintlik gekom om jou 'n guns te vra. 20 NINA: Is jy siek, Lukas? LUKAS: Nee. Maar vir al die kere wat ek vir jou geskerm het, vir elke keer wat ek jou nie verklap het nie en vir al die bas wat ek vir jou help afkap het, vra ek jou vandag net een keer se hulp. NINA: Wat? 25 LUKAS: Gaan huis toe en gaan sê vir Pa ek kom nie terug nie. 7.11 Skryf die VIER gebeure onder mekaar in die korrekte VOLGORDE neer soos wat dit in die drama gebeur. • Terwyl Elias siek gelê het, het Barta erken dat sy in die hof gelieg het. • Lukas het vir Kaliel gevra om hom van die see te leer. • Die Komoeties het vir Lukas 'n brief geskryf om te sê hulle bid vir hom. • Lukas het vir Fiela van sy liefde vir Nina vertel. (4) 7.12 ''Bosmense is anders. Alles word saam in een hand gegooi.'' (Reël 5 en 6) 7.12.1 Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies. Hierdie woorde van Lukas sê vir ons dat Bosmense (ander mense manipuleer om hulle te help/gestereotipeer word omdat hulle anders werk met hulle geld). (1) 7.12.2 Waarom is Lukas se woorde geloofwaardig binne die konteks van die drama? (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 34 DBE/November 2025 NSS Vertroulik 7.13 Konflik is belangrik in enige drama. 7.13.1 Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies. Lukas ervaar innerlike konflik, want hy (moes Elias se opdragte uitvoer/was nie seker of hy vir Nina moes vra om na Elias-hulle toe te gaan nie.) (1) 7.13.2 Motiveer jou antwoord op VRAAG 7.13.1. (1) 7.14 Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer (7.14) neer. ''Pa kan sy gat oplig en vir homself werk." (Reël 19) Dit beteken dat Nina sê ... A haar pa moenie maak of hy te siek is om te werk nie. B Elias moet ophou om te verwag dat sy kinders al sy werk moet doen. C haar pa moenie sit en planne maak om olifante te skiet vir ivoor nie. D Elias moet nie meer vir ander mense werk nie. (1) 7.15 Wat was die direkte gevolg vir Nina toe sy terug is Bos toe? (1) 7.16 Die dorp het deel van Nina se lewe geword. Gee TWEE voorbeelde van hoe die dorp Nina se lewe positief beïnvloed het. (2) 7.17 Waarom laat Lukas se woorde in reëls 22 tot 24 jou goed voel? (1) 7.18 Een van die lewenslesse in hierdie drama is dat 'n mens altyd na die waarheid moet soek. Noem TWEE positiewe gevolge wat dit vir Fiela gehad het. (2) 7.19 Waarom kan 'n mens verstaan dat miss Weatherbury Nina wou beskerm? (1) 7.20 Mense kry baie keer die kans om verkeerde dinge reg te stel. Waarom pas hierdie tema by die slot van die drama? (1) [35] TOTAAL AFDELING B: 35 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 35 DBE/November 2025 NSS Vertroulik AFDELING C: KORTVERHALE Beantwoord die vrae oor AL TWEE kortverhale wat jy bestudeer het. VRAAG 8: SPIEËLBEELDE 8.1 ''KOM ONS STUUR VIR TASU'' – Maretha Maartens Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg. TEKS O ʹʹSal Ma ... sestig rand kan bymekaarskraap?ʹʹ vra Tasu. ʹʹDaarvan kan ek vergeet,ʹʹ sê Ma. ʹʹKan ons nie sestig rand iewers leen nie?ʹʹ vra Tasu. Ma se kop ruk. ʹʹEk leen by niemand geld nie,ʹʹ sê sy. ʹʹKom ons verkoop iets,ʹʹ stel Tasu voor. ʹʹEiers of iets.ʹʹ 5 ʹʹOns eet self ons hoenders se eiers,ʹʹ sê Ma. ʹʹDit hou julle mage darem vol.ʹʹ Skielik onthou Tasu van sy sewe-en-vyftig botteltjies vol tieroogklippe. Nee, nee, dink hy dadelik. Ek gaan nie aan my botteltjies tieroë dink nie. Ek het te hard gewerk om hulle almal vol te kry. Sterkman het my gemóór, ek het my besimpeld gewerk, net om sy ou slypsteen te kon gebruik. Ek het gesweet 10 en gebárs om daardie oë uit die klippe te haal. Maar omdat hy so lief is vir sy vet, goeie ouma, sê sy mond die dinge wat sy hart nie wil sê nie: ʹʹEk het baie botteltjies vol tieroë, Ma. Ek sal by die petrolpomp gaan staan, waar die mense brandstof ingooi. Ek sal tieroë verkoop totdat daar genoeg geld is om vir die taxi te betaal.ʹʹ 15 En dis toe wat Tasu doen. Nes die mense stilhou om brandstof vir die ver pad in te gooi, wys Tasu die botteltjies vol tieroë vir hulle. 8.1.1 VOLTOOI die volgende paragraaf feitelik korrek deur die ontbrekende woord(e) uit die kortverhaal neer te skryf. Skryf slegs die woord(e) langs die vraagnommers (8.1.1(a) tot 8.1.1(d)) neer. Tasu het saam met sy familie in (a) ... gewoon. Sy suster het vir hom gaan sê dat sy ma oor hulle ouma (b) ... het. Toe Tasu gaan hoor wat aangaan, het sy ma gesê dat Ouma se (c) ... op is. Evelina het voorgestel dat sy en Tasu met oom (d) ... se taxi na Ouma toe moes gaan, maar Tasu se ma wou nie vir Evelina stuur nie. (4) 8.1.2 Waarom kon Sterkman nie na Ouma se huis toe gaan nie? (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 36 DBE/November 2025 NSS Vertroulik 8.1.3 Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer (8.1.3) neer. Lees reëls 1 tot 7. Die toon in Tasu se ma se stem kan as ... beskryf word. A ernstig B entoesiasties C spottend D opgewonde (1) 8.1.4 Wat het Sterkman vir Tasu gesê voordat hy met die taxi weg is? (1) 8.1.5 Sterkman se woorde het innerlike konflik by Tasu veroorsaak. (a) Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies. Tasu het innerlike konflik gehad, want (die taxi waarin hulle sou ry, was heeltemal te vinnig/hy het onthou van die slegte ervaring toe daar baie mense saam met hom was). (1) (b) Motiveer jou antwoord op VRAAG 8.1.5(a). (1) 8.1.6 Die dinge wat mense doen, het altyd gevolge. Kies die gevolg uit KOLOM B wat by die gebeure in KOLOM A pas. Skryf slegs die letter (A–E) langs die vraagnommers (8.1.6(a) tot 8.1.6(d)) neer. KOLOM A KOLOM B (a) Sterkman het sy A Pa kon nie vir Ouma medisyne gereedskap mooi vat nie. opgepas. B Tasu het presies geweet wat om (b) Die motor se bande en Sondag te doen. remme kon nie herstel word nie. C Tasu het niks van Perdebergstasie geweet nie. (c) Tasu het soos 'n vasgekeerde muis D Tasu kon net onder toesig sy tussen al die mense in tierogies slyp. die taxi gevoel. E Een van die ander passasiers (d) Die taxibestuurder het het probeer om Tasu beter te mooi na Tasu gekyk. laat voel. (4 x 1) (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 37 DBE/November 2025 NSS Vertroulik 8.1.7 Die ruimte in die taxi was baie klein en beknop. Gee TWEE voorbeelde van hoe Tasu se besluite daardie dag sy lewe positief beïnvloed het. (2) 8.1.8 Waarom kan 'n mens sê dat Tasu se ma 'n verantwoordelike mens is? (1) 8.1.9 Tasu het sy droom om 100 botteltjies met tieroë vol te maak, laat gaan. Waarom kan jy met Tasu identifiseer? (1) 8.1.10 Moeilike situasies maak jou sterker. Waarom pas hierdie tema by die slot van die kortverhaal? (1) EN 8.2 ''OPDRAG'' – Rike Olivier Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg. TEKS P Orraait. Maar wat sou háár "boodskap" dan wees? Liefste Gerrie, kyk na my. Ek is sewentien. My ouma was sestien toe sy getroud is. Sy't nooit gaan leer nie, al wou sy dalk? My oupa was haar eerste kêrel, so sê my ma, en hulle was mal oor mekaar en die opsitkers het kleinklein gebrand, glo, met die vryery vooraf … Sy't later agt kinders gehad. Sy't nooit 5 wakker moes lê oor die mag en die mag-nie. Maar dit was my óúma. Wat maak ék met hierdie verskriklike lief wees vir jou as ek my nie kan commit nie? Ek is bang dat jou en my paadjies anderdag nie meer sal saamloop nie. Ek is bang vir die seer van ghoebaai. Ek is bang vir die breek van iets wat heel moes gebly het, want ek kan nie met my lyf vir jou lief wees net vir nou nie. 10 Sê jy verstaan dit, lief? Dat ons tussen "nou" en "trou" moet kan saamleef met onsself om somehow te oorleef? Vir later, vir 'n "morning after" wat goed sal wees, agterna? AANBEVELING P v W word aanbeveel vir aankope deur Bib om te dien as vertrekpunt by 15 besprekings, bv. in Voorligtingsklasse. So, so kaal soos "tienerseks". Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 38 DBE/November 2025 NSS Vertroulik 8.2.1 Skryf die VIER gebeure onder mekaar in die korrekte VOLGORDE neer soos wat dit in die kortverhaal gebeur. • Sarah het haar feite met E se situasie begin. • Jordaantjie het altyd gesorg vir iets wat anders is. • Sarah het gehoop Jordaantjie sou tussen die reëls kon lees. • Sarah het besef sy worstel eintlik met haar gevoelens vir Gerrie. (4) 8.2.2 ꞌꞌEk is sewentien. My ouma was sestien toe sy getroud is.ꞌꞌ (Reël 2 en 3) (a) Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies. Hierdie gedagtes van Sarah sê vir ons dat vroue (gestereotipeer is om jonk te trou en kinders te hê/ gemanipuleer is om nie waarde te heg aan skoolopleiding nie). (1) (b) Waarom is Sarah se gedagtes geloofwaardig binne die konteks van die kortverhaal? (1) 8.2.3 Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer (8.2.3) neer. ꞌꞌ... die breek van iets wat heel moes gebly het, ...ꞌꞌ (Reël 9 en 10) Dit beteken dat … A jy nie spyt moet voel oor gebroke verhoudings nie. B jy moet doen wat jý dink die regte ding is om te doen. C jy nie dinge moet doen wat 'n verhouding benadeel nie. D almal nie dieselfde dink oor wat goed is vir 'n verhouding nie. (1) 8.2.4 Sarah het haar notas weggegooi nadat sy die opdrag voltooi het. Noem 'n feit uit die kortverhaal om te sê waarom hierdie steling ONWAAR is. (1) 8.2.5 ꞌꞌP v W word aanbeveel ...ꞌꞌ (Reël 15) (a) Waarna verwys hierdie P v W in die kortverhaal? (1) (b) Waarom beveel Sarah hierdie boek aan? (1) 8.2.6 ꞌꞌSo, so kaal soos 'tienerseks' ". (Reël 17) (a) Dit is 'n voorbeeld van 'n (metafoor/vergelyking). (1) (b) Wat beteken die vetgedrukte woorde binne die konteks van die kortverhaal? (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 39 DBE/November 2025 NSS Vertroulik 8.2.7 Sarah het baie oor hierdie Afrikaanse opdrag gedink. Watter direkte gevolg het dit vir Sarah gehad? (1) 8.2.8 Waarom laat hierdie ꞌꞌgesprekꞌꞌ in die kortverhaal jou goed voel as jy aan tienerverhoudings dink? (1) 8.2.9 Een van die lewenslesse in die kortverhaal is dat keuses gevolge het. Noem TWEE positiewe gevolge wat die boek wat Sarah gelees het, op haar lewe gehad het. (2) 8.2.10 Hoe kry Sarah dit reg om jou jammer vir haar te laat voel oor al haar vrae oor tienerseks? (1) TOTAAL AFDELING C: 35 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 40 DBE/November 2025 NSS Vertroulik AFDELING D: GEDIGTE Beantwoord die vrae oor AL TWEE gedigte uit die bundel wat jy bestudeer het. VRAAG 9: VERSKUNS VIR EERSTE ADDISIONELE TAAL 9.1 ''KRISIS'' – Elizabeth Eybers Lees die gedig hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg. KRISIS – Elizabeth Eybers 1 Dis hier wat ons twee skei - jy, Hart, en ek, 2 albei tot afskeid so onvoorbereid. 3 Die weg was lieflik waarlangs jy geleiꞌt 4 maar dis verby, al staar jy terug. Nou strek 5 die pad langs klowe, afgrond en moeras. 6 Voortvarend en 'n lafaard soos altyd 7 en nooit in staat tot enige besluit 8 en siek daarby, is jy nou net 'n las. 9 Jy was die gas en gasheer by die fees, 10 die seremoniemeester en die nar: 11 jou dwase raad kan net die Hoof verwar 12 waar elke tree die laaste tree mag wees. 13 Kyk, dit word laat, die kermis is verby, 14 kan jy dit nie begryp? Hier moet ons skei. [Uit: Versamelde gedigte, Human & Rousseau en Tafelberg, 1980] 9.1.1 Wie is die spreker in hierdie gedig? (1) 9.1.2 Skryf EEN woord uit strofe 1 neer wat vir ons sê dat die Hoof en die Hart nie reg is vir die skeiding nie. (1) 9.1.3 Gee TWEE redes waarom die Hoof voel dat die Hart 'n ꞌꞌlasꞌꞌ is. (2) 9.1.4 Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies. Skryf slegs die antwoord langs die vraagnommer (9.1.4(a) en 9.1.4(b)) neer. Die Hart sukkel om die skeiding te aanvaar. Die Hart kies om die goeie tye te (a) (onthou/vergeet). Die Hoof is kwaai en verduidelik (b) (rustig/ongeduldig) vir die Hart dat die Hart moet verstaan dat hulle tyd verby is. (2) 9.1.5 Watter tegniek gebruik die digter om die Hoof en die Hart as mense voor te stel? (1) 9.1.6 Watter negatiewe impak het die Hart volgens reël 7 op die Hoof gehad? Verduidelik dit in jou eie woorde. (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 41 DBE/November 2025 NSS Vertroulik 9.1.7 Lees strofe 2. Die Hoof stem nie altyd saam met die advies wat die Hart gee nie. Haal TWEE OPEENVOLGENDE woorde aan om te sê waarom die stelling WAAR is. (1) 9.1.8 Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer (9.1.8) neer. ''..., die kermis is verby,'' (Reël 13) Met hierdie woorde bedoel die Hoof dat ... A die probleme nou opgelos is. B die spreker nie meer konflik wil hê nie. C daar weer volgende jaar kermis gehou sal word. D dit tyd is om huis toe te gaan. (1) 9.1.9 Beskryf die pad wat die Hoof en die Hart geloop het deur die volgende vier gebeure in die korrekte VOLGORDE neer te skryf. • Die Hoof het die Hart nie meer nodig nie. • Die Hoof en die Hart se pad saam het sleg begin word. • Hulle het aan die einde van hulle pad saam gekom. • Die pad wat die Hoof en die Hart saamgeloop het, was mooi. (4) 9.1.10 Lees weer reël 1 en die laaste vier woorde van die gedig. Waarom is die herhaling van die skei-idee effektief? (1) 9.1.11 Waarom kan jy met die innerlike konflik in die gedig identifiseer? (1) 9.1.12 Waarom kan ons sê dat die titel, "Krisis", by die inhoud van die gedig pas? (1) EN Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 42 DBE/November 2025 NSS Vertroulik 9.2 ''KEN JY DIE SEE ...'' – Uys Krige Lees die gedig hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg. KEN JY DIE SEE … – Uys Krige 1 Ken jy die see, Meneer, ken jy die see? 2 Hy lyk nou soos jou voorstoep blinkgeskuur 3 en kalm soos min dinge hier benee, 4 maar hyꞌs gevaarliker as vlam of vuur. 5 Dan sê jy nog, Meneer, die vis is duur. 6 Dié vrede, kalmer as 'n stil, soet kind, 7 lyk of dit dae, dae lank sal duur. 8 Maar word dié bries 'n bulderende wind, 9 dan veg jy vir jou lewe, uur na uur. 10 En jy sê nog, Meneer, die vis is duur. 11 Ja, sleep die swart, swart wind die swart nag mee, 12 waar kry ons hulp dan, waarꞌs ons naaste buur? 13 Die Dood staan voor die deur. Gee hy nog net één tree, 14 dan kelder hy ons almal in sy koue skuur. 15 En jy sê nog, Meneer, die vis is duur. 16 Wat van die storms wat nooit ophou raas? 17 Jy sit pal in jou kliphuis, klam en guur, 18 en hoor die wind al woester, wreder blaas. 19 En daarꞌs geen sprokkel hout meer vir jou vuur. 20 Dan sê jy nog, Meneer, die vis is duur. 21 Was jy al van jou bootjie soos 'n veer gevee 22 deur 'n grys golf hoog soos 'n tronk se muur. 23 Wat help dit om te spartel en te skree: ꞌꞌNee! Nee!ꞌꞌ 24 sluk jy eers daardie waters sout en suur? 25 Dan sê jy nog, Meneer, die vis is duur. 26 Ken jy die doodsangs as die rukwind klap? 27 Dié waansin ken geen redmiddel of kuur. 28 Hy vreet mos aan jou ingewande nes 'n krap. 29 Hyꞌs koud soos ys, heet soos hellevuur! 30 Dan sê jy nog, Meneer, die vis is duur. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 43 DBE/November 2025 NSS Vertroulik 31 Ken jy die see, Meneer, ken jy die see? 32 Hy wat met groen jaloerse oë na ons gluur, 33 ons wat net één ou misstappie moet gee 34 en hy kom tromp-op op ons afgestuur! 35 Dan sê jy nog, Meneer, die vis is duur. 36 Sien jy die krom ou vroutjie daar, mevrou Mathee, 37 wat telkens ver, vér oor die golwe tuur? 38 Sy dink dié briesie bring haar seuns betyds vir tee. 39 Hul slaap aldrie agter die kerkhofmuur. 40 Dan sê jy nog, Meneer, die vis is duur ... [Uit: Versamelde gedigte, JL van Schaik, 1985] 9.2.1 VOLTOOI die volgende paragraaf feitelik korrek deur die ontbrekende woorde uit die gedig neer te skryf. Skryf slegs die woord langs die vraagnommers (9.2.1(a) tot 9.2.1(d)) neer. Die spreker vertel vir Meneer dat dit moeilik is om 'n visserman te wees. Wanneer hulle in die donker op die woeste see is, wag die Dood vir hulle en daar is geen (a) ... nie. As die storms vir hulle te erg is om uit te gaan, moet hulle (b) ... in die huis bly. Die golwe raak baie hoog, dan word hulle gou van hulle (c) ... afgevee. Die spreker verstaan nie hoe Meneer kan sê die vis is te (d) ... nie. (4) 9.2.2 In strofe 1 is daar 'n duidelike kontras. Verduidelik die kontras in jou eie woorde. (2) 9.2.3 Waarom gebruik die spreker in reël 12 die woord ''buur'' en nie ''bure'' nie? (1) 9.2.4 Waarom maak die digter in reël 23 van die direkte rede gebruik? (1) 9.2.5 Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer (9.2.5) neer. ''... één ou misstappie'' (Reël 33) Die gebruik van die verkleinwoord is om te ... A sê dat die spreker hartseer is. B sê dat die spreker sarkasties is. C hoop dat Meneer sal ophou kla oor die prys. D sê dat die kleinste foutjie die vissermanne kan laat sterf. (1) 9.2.6 Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies. Skryf slegs die antwoord langs die vraagnommers (9.2.6(a) tot 9.2.6(c)) neer. Die spreker se toon is (a) (vriendelik/ontevrede), want hy voel dit is (b) (regverdig/onregverdig) dat die mense wat die vis koop, oor die prys kla. Deur die refrein (c) (beklemtoon/bevraagteken) die spreker sy gevoel. (3) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 44 DBE/November 2025 NSS Vertroulik 9.2.7 Kies die begrip uit KOLOM B wat by die aanhaling in KOLOM A pas. Skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers (9.2.7(a) tot 9.2.7(c)) neer. KOLOM A KOLOM B (a) ''rukwind klap'' A alliterasie (b) ''woester, wreder'' B personifikasie (c) ''grys golf hoog soos 'n tronk C 'n metafoor se muur'' D 'n vergelyking (3 x 1) (3) 9.2.8 Die meneer kla dat die vis duur is. Watter les kan jy by die meneer in die gedig leer? (1) 9.2.9 Lees reël 37 en 38. Motiveer waarom jy met mevrou Mathee kan simpatiseer. (1) 9.2.10 Waarom is die storie van mevrou Mathee se drie seuns 'n gepaste slot vir hierdie gedig? (1) TOTAAL AFDELING D: 35 GROOTTOTAAL: 70 Kopiereg voorbehou

Study this subject

More from Grade 12 Afrikaans FAL

View all