GRADE 12
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3
NOVEMBER 2025
NASIENRIGLYNE
PUNTE: 100
Hierdie nasienriglyne bestaan uit 22 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2025 papers 





View all
%202024%20%20Question%20Paper_hlayiso.com_--7ef36162-08ba-45ea-8e76-4b201f651670/v1-2b1cbcc2c4220d1b6e79/card.webp)




Afrikaans FAL Grade 12 Paper 3 NSC November 2025 Memo
Grade 12 Afrikaans FAL Paper 3 memorandum from the NSC November Exam 2025, 22 pages. Read online or download the free PDF.
Afrikaans Fal · Grade 12 · NSC November Exam · 2025 · Afrikaans. Memorandum. Read online or download the PDF.
- Subject
- Afrikaans FAL
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Memorandum
- Year
- 2025
- Exam period
- NSC November Exam
- Paper
- 3
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 22
- File size
- 662.7 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 22
This exam
NSC November Exam 2025
- Paper 1Question paperMemo
- Paper 2Question paperMemo
- Paper 3Question paperMemo
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 2 DBE/November 2025
NSS – Nasienriglyne
ALGEMEEN
1. Gebruik die rubrieke soos volg:
AFDELING A: VRAAG 1 OPSTEL
AFDELING B: VRAAG 2.1 VRIENDSKAPLIKE BRIEF
VRAAG 2.2 DEKBRIEF (FORMELE BRIEF)
VRAAG 2.3 HULDEBLYK
VRAAG 2.4 INFORMELE TOESPRAAK
AFDELING C: VRAAG 3.1 UITNODIGINGSKAARTJIE
VRAAG 3.2 DAGBOEKINSKRYWINGS
VRAAG 3.3 RIGTINGAANWYSINGS
2. Bestudeer en bespreek die rubrieke baie deeglik. Let veral daarop dat
beplanning, formaat, redigering en struktuur by die rubrieke ingesluit is.
3. Indien 'n kandidaat se opstel heeltemal in Engels is, verdien die kandidaat geen
punte nie. Kommentaar sal wees: Engels.
4. Indien 'n kandidaat se opstel grootliks uit die vraestel/eksameninstruksies/
toelatingsbriewe saamgeflans word, of dele van opdragte uit die vraestel net
so oorgeskryf word, ontvang die kandidaat ook geen punte nie. Kommentaar
sal wees: Nie eie werk nie/Saamgeflans.
5. Indien 'n kandidaat se INHOUD glad nie, of net vaagweg, in ooreenstemming
met die onderwerp is, is die skryfstuk onvoldoende en word die punt (1–3) by
ONVOLDOENDE toegeken. Dieselfde geld by TAAL (1–3) en STRUKTUUR
(1). Indien 'n kandidaat se taal nie heeltemal onverstaanbaar is nie, daar wel
sinsverskeidenheid is en woordeskat bloot beperk, kan 'n kandidaat by TAAL
LAAG ELEMENTÊR (4) verdien.
6. Indien 'n kandidaat se INHOUD gedeeltelik in ooreenstemming met die
onderwerp is, maar die fokus word nie goed behou nie, is die idees
onduidelik en die samehang wisselvallig. Dus is die respons ELEMENTÊR.
7. Indien daar twyfel oor 'n onderskeidingskandidaat se skryfstuk(ke) bestaan,
moet dit met die senior nasiener bespreek word.
8. Die nasiener moet die voorgeskrewe nasiensimbole (bl. 3) by die nasien van 'n
skryfstuk gebruik.
9. VRAAG 1.6, 1.7 en 1.8:
• Die titel en die visuele prikkel behoort by mekaar aan te sluit.
• Indien die titel nie by die visuele prikkel pas nie, maar die inhoud spreek
steeds die visuele prikkel aan, word die titel geïgnoreer.
• Die onderwerpe kan verhalend, beskrywend, bespiegelend, beredeneerd of
argumenterend wees.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 3 DBE/November 2025
NSS – Nasienriglyne
SIMBOLE/TEKENS BY DIE NASIEN
Die volgende simbole/tekens moet deur die onderskeie provinsies gebruik word:
VERDUIDELIKING SIMBOOL BESKRYWING
Woordorde ( ) Hakies en pyltjie
Spelfout = Twee kort strepies onder 'n woord
Woordkeuse / Haal met 'n streep deur
- Gebruiksafrikaans moet
vermy word.
- Standaardafrikaans bly die
norm.
Tydfoute T (in die kantlyn) Hoofletter T
Woord(e) weggelaat ^ Weglaatteken
Taalfoute _____ Enkelstreep onder die taalfout
Paragraafindeling // Dubbele skuinsstreep
Paragraaf is een lang, lomp sin [ Begin van 'n nuwe sin
Woorde uit ander tale/ X Trek 'n X bo die verkeerde woord.
nie-funksionele/vreemde woorde
Erkenning van taaljuweeltjies ✓ (bo die woord) Regmerkie bo goeie taalgebruik,
idees of uitdrukkings
Herhaling hh (in die kantlyn) Dubbele hh
Onduidelik/Onverstaanbaar ∫ (in die kantlyn) Kronkelstreep
Saamgeflans uit vraestel Vr (in die kantlyn) Hoofletter V kleinletter r
Punktuasie O Omkring
Aanvaar terminologie waarvoor Geen penalisering
Afrikaans nog nie ekwivalente
het nie.
NEERSKRYF VAN PUNTE
1. Gebruik die korrekte rubriek vir elke tipe skryfstuk.
2. Assesseer die kandidaat se skryfstukke na aanleiding van die vyf
VAARDIGHEIDSVLAKKE volgens:
AFDELING A: INHOUD en BEPLANNING (30 punte), TAAL, STYL en
REDIGERING (15 punte) en STRUKTUUR (5 punte)
AFDELING B: INHOUD, BEPLANNING en FORMAAT (18 punte) en TAAL,
STYL en REDIGERING (12 punte)
AFDELING C: INHOUD, BEPLANNING en FORMAAT (12 punte) en TAAL,
STYL en REDIGERING (8 punte)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 4 DBE/November 2025
NSS – Nasienriglyne
3. • Bepaal eers in watter vaardigheidsvlak die skryfstuk val, bv. KNAP.
• Bepaal vervolgens of die skryfstuk in die hoë- of laevlaksubkategorie val,
bv. KNAP hoog.
• Assesseer dan watter punt die skryfstuk verdien. Skryf slegs een punt neer,
bv. uit die kategorie (22–24) kies en skryf die nasiener 22 uit 30 vir Inhoud
en Beplanning.
• In AFDELING A word dieselfde werkswyse by Taal, Styl en Redigering
sowel as Struktuur gevolg.
• In AFDELING B en C word dieselfde werkswyse by Inhoud, Beplanning en
Formaat sowel as Taal, Styl en Redigering gevolg.
4. Hou die puntetoekenning by die onderskeie vaardigheidsvlakke in gedagte.
Dis 'n hulpmiddel.
5. Let daarop dat daar by Struktuur in AFDELING A sowel as die kategorieë in
AFDELING B en C nie tussen hoë en lae vlakke onderskei word nie.
6. Skryf die punte soos volg neer:
AFDELING A Kode Punt AFDELING B Kode Punt
IB Knap + 22 IBF Gemiddeld 9
TSR Uitsonderlik - 13 TSR Elementêr 5
S Knap 4 TOTAAL: 14
TOTAAL: 39
AFDELING C Kode Punt
IBF Gemiddeld 7
TSR Elementêr 3
TOTAAL: 10
TAALVAARDIGHEID: SKRYF EN AANBIED
Hierdie nasienriglyne moet saam met die aangehegte Afrikaans EAT-assesserings-
rubrieke vir AFDELING A, B en C gebruik word.
LET WEL: Kandidate word nie addisioneel gepenaliseer vir afwykings nie, want die
rubrieke maak daarvoor voorsiening.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 5 DBE/November 2025
NSS – Nasienriglyne
AFDELING A: OPSTEL
1.1 DÍT HET EK BY MY MAAT(S) GELEER
• Hierdie onderwerp leen hom die beste tot die volgende opsteltipes:
o Verhalende opstel: Hier vertel die kandidaat op 'n lewendige wyse wat hy/sy by
sy/haar maat(s) geleer het.
o Beskrywende opstel: Hier beskryf die kandidaat op 'n lewendige wyse wat
hy/sy by sy/haar maat(s) geleer het.
• Die opstel kan ook elemente van verskillende tipes opstelle bevat.
• Assesseer die opstel sonder vooroordeel vanuit die kandidaat se oogpunt en volgens
sy/haar interpretasie. [50]
1.2 DIE HUIS OP DIE HOEK VAN DIE STRAAT
• Hierdie onderwerp leen hom die beste tot die volgende opsteltipes:
o Beskrywende opstel: Hier beskryf die kandidaat op 'n lewendige wyse die huis
op die hoek van die straat.
o Verhalende opstel: Hier vertel die kandidaat op 'n lewendige wyse van die huis
wat op die hoek van die straat staan.
o Bespiegelende opstel: Hier bespiegel/wonder die kandidaat oor die huis op die
hoek van die straat.
• Die opstel kan ook elemente van verskillende tipes opstelle bevat.
• Assesseer die opstel sonder vooroordeel vanuit die kandidaat se oogpunt en
volgens sy/haar interpretasie. [50]
1.3 EK SIEN UIT NA 2026!
• Hierdie onderwerp leen hom die beste tot die volgende opsteltipes:
o Bespiegelende opstel: Hier bespiegel/wonder die kandidaat oor wat 2026 vir
hom/haar inhou waarna hy/sy so uitsien.
o Beredeneerde opstel: Hier beredeneer die kandidaat in 'n gebalanseerde opstel
of hy/sy uitsien na 2026 of nie.
o Beskrywende opstel: Hier beskryf die kandidaat op 'n lewendige wyse hoe
hy/sy uitsien na 2026.
• Die opstel kan ook elemente van verskillende tipes opstelle bevat.
• Assesseer die opstel sonder vooroordeel vanuit die kandidaat se oogpunt en
volgens sy/haar interpretasie. Hier sou die kandidaat dalk 'n ongewone verhalende
opstel kon skryf waarin hy/sy 'n tydsprong maak/in 'n tydmasjien/droom (of
soortgelyk) is en dan terugskouend vertel wat in 2026 gebeur het. [50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 6 DBE/November 2025
NSS – Nasienriglyne
1.4 ''NEE'' IS DIE MOEILIKSTE WOORD OM TE SÊ
• Hierdie onderwerp leen hom die beste tot die volgende opsteltipes:
o Argumenterende opstel: Hier neem die kandidaat reg van die begin af 'n
standpunt in, nl. dat ''nee'' die moeilikste woord is om te sê, al dan nie, en motiveer
die standpunt.
o Beredeneerde opstel: Hier beredeneer die kandidaat in 'n gebalanseerde opstel
dat ''nee'' die moeilikste woord is om te sê of nie. Die kandidaat mag uiteindelik
'n standpunt inneem.
o Verhalende opstel: Hier vertel die kandidaat op 'n interessante wyse van 'n
insident(e) wat hom/haar laat besef het dat ''nee'' die moeilikste woord is om te
sê.
o Beskrywende opstel: Hier beskryf die kandidaat op 'n lewendige wyse 'n
insident(e) wat hom/haar laat besef het dat ''nee'' die moeilikste woord is om te
sê.
o Bespiegelende opstel: Hier bespiegel/wonder die kandidaat oor ''nee'' wat die
moeilikste woord is om te sê en hoekom.
• Die opstel kan ook elemente van verskillende tipes opstelle bevat.
• Assesseer die opstel sonder vooroordeel vanuit die kandidaat se oogpunt en volgens
sy/haar interpretasie. [50]
1.5 VRYHEID
• Hierdie onderwerp leen hom die beste tot die volgende opsteltipes:
o Bespiegelende opstel: Hier bespiegel/wonder die kandidaat oor die idee van
vryheid.
o Verhalende opstel: Hier vertel die kandidaat op 'n lewendige wyse van
dinge/ervaringe wat hom/haar laat besef het dat vryheid belangrik is/jou reg
is/verantwoordelikheid bring of net 'n illusie is.
o Beskrywende opstel: Hier beskryf die kandidaat op 'n interessante wyse 'n
insident(e) wat hom/haar laat besef dat vryheid belangrik is/jou reg
is/verantwoordelikheid bring/nie werklik bestaan nie. Hier kan die kandidaat ook
die dorp/plaas, Vryheid, die mense en/of insidente op interessante wyse
beskryf.
o Argumenterende opstel: Hier neem die kandidaat reg van die begin af 'n
standpunt in, nl. dat vryheid bestaan, al dan nie, en motiveer die standpunt.
• Die opstel kan ook elemente van verskillende tipes opstelle bevat.
• Assesseer die opstel sonder vooroordeel vanuit die kandidaat se oogpunt en
volgens sy/haar interpretasie. [50]
VISUELE PRIKKELS
• Die inhoud van die opstel moet by die visuele prikkel pas. Die nasiener moet onthou
dat hierdie visuele prikkels oop is vir 'n verskeidenheid interpretasies. Die kandidaat
se perspektief moet by assessering oorweeg word, maar slegs wanneer dit by die
prikkel aansluit.
• Verskillende persoonlikheidstipes en belangstellingsvelde word in ag geneem.
• 'n Opstel kan elemente van verskillende tipes opstelle bevat.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 7 DBE/November 2025
NSS – Nasienriglyne
1.6 PRENTJIE: IEMAND WAT VASGEKETTING IS WAT SELFOON VASHOU
• Die kandidaat kan enige tipe opstel aanbied.
• Die onderwerp kan letterlik/figuurlik geïnterpreteer word, byvoorbeeld:
o Letterlike interpretasie: Mense gebruik tegnologie/selfone vir alles; mense
werk die hele dag/baie ure op hulle selfone; mense sit lang ure voor hulle
skerms; mense stoor al hulle inligting op hulle selfone; skermbedrog/
witboordjiemisdaad/werklike verslawing (waarvoor jy dalk behandeling moes
ontvang), ens.
o Figuurlike interpretasie: Die invloed van skermbedrog/witboordjiemisdaad op
mense se lewens/maatskappye/die ekonomie; tegnologie neem die mens se
lewe/verstand/denke oor; tegnologie maak jou 'n slaaf/reël onbewustelik jou
lewe; wanneer jy jouself losmaak van probleme; jou lewe is beperk tot 'n skerm;
tegnologie bring eensaamheid/verbrokkelde verhoudings, ens.
• Assesseer die opstel sonder vooroordeel vanuit die kandidaat se oogpunt en
volgens sy/haar interpretasie. [50]
1.7 PRENTJIE: VERFKWAS WAT PAD OOPVERF EN FIGUUR VOLG DIE PAD
• Die kandidaat kan enige tipe opstel aanbied.
• Die onderwerp kan letterlik/figuurlik geïnterpreteer word, byvoorbeeld:
o Letterlike interpretasie: Die verfkwas word gebruik om iets te verf; iemand verf
'n pad; iemand volg die pad; 'n nuwe pad; uitlewing van kuns/talent, ens.
o Figuurlike interpretasie: 'n Lewensreis; my nuwe lewe; ek baan vir my 'n nuwe
weg; 'n skoon begin; ek verf my eie pad oop; ek verf my drome; kreatiewe denke;
die skadukant en die ligkant van my lewe; ek is alleen op my pad/moet op myself
staatmaak, ens.
• Assesseer die opstel sonder vooroordeel vanuit die kandidaat se oogpunt en volgens
sy/haar interpretasie. [50]
1.8 PRENTJIE: KIND ALLEEN OP 'N SWAAI
• Die kandidaat kan enige tipe opstel aanbied.
• Die onderwerp kan letterlik/figuurlik geïnterpreteer word, byvoorbeeld:
o Letterlike interpretasie: 'n Kind op 'n swaai; kind in die natuur/buite; speel in die
parkie; 'n kind wat vir iemand wag; 'n kind wat sit en wag vir iemand om hom te
laat swaai; goeie herinneringe uit jou kinderjare, ens.
o Figuurlike interpretasie: Eensaamheid; alleenheid; enkelkindsindroom;
verwaarlosing; emosioneel geïsoleer; niemand gee om nie/wil met my speel
nie/is daar vir my nie/verstaan my nie; kinders kom nie meer in aanraking met
die natuur nie; ontvlugting; my droomwêreld; hou vas aan iets wat jou veilig laat
voel/bekend is, ens.
• Assesseer die opstel sonder vooroordeel vanuit die kandidaat se oogpunt en
volgens sy/haar interpretasie. [50]
TOTAAL AFDELING A: 50
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 8 DBE/November 2025
NSS – Nasienriglyne
AFDELING B: LANG TRANSAKSIONELE TEKS
2.1 VRIENDSKAPLIKE BRIEF
FOKUS
Die kandidaat skryf 'n vriendskaplike brief aan sy/haar maat waarin die
kandidaat van die lekker musiekkonsert vertel en dat hy/sy die aand baie geniet
het.
KENMERKE
• Die vriendskaplike brief het 'n bepaalde formaat wat herkenbaar en korrek
moet wees.
• Die aanslag is informeel.
• Die doel van die brief moet duidelik wees, nl. om vir die maat van die lekker
musiekkonsert te vertel.
• Die inhoud moet in paragrawe aangebied word.
• Die brief behoort 120–150 woorde te hê.
INHOUD, INSLUITEND IDEES EN DETAIL
• Die inhoud van die brief moet die fokus ondersteun.
• 'n Verskeidenheid volwasse en intelligente idees word gegee.
• Gepaste detail brei die idees uit.
• 'n Gepaste groet.
FORMAAT
Die formaat van die brief moet korrek wees.
Leestekens
Geen leestekens word in die adres, aanhef of slot gebruik nie.
Die adres en datum
• Die adres van die briefskrywer moet regs boaan in blokvorm geskryf word.
• Daar behoort nie 'n reël tussen die poskode en die datum oopgelaat te
word nie.
• Die datum word voluit geskryf, bv. 2 November 2025.
Toegewing: 'n Reël mag tussen die datum en aanhef oopgelaat word of
nie.
• Let op die verskillende wyses waarop die adres geskryf kan word.
Die aanhef, doel, afsluiting en slot
• Aanhef: "Beste" of "Liewe" word gebruik; dit word teen die linkerkantlyn
geskryf.
• Groete/Liefdegroete kry 'n punt aan die einde.
• Daar word nie 'n reël tussen byvoorbeeld Jou maat/vriend/vriendin en die
naam oopgelaat nie.
• Die omskrywing, bv. Jou maat/vriend/vriendin voor die briefskrywer se
naam is opsioneel.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 9 DBE/November 2025
NSS – Nasienriglyne
Die paragrawe
• 'n Reël word tussen elke paragraaf oopgelaat.
• Die inleidingsparagraaf stel die rede vir die brief duidelik, nl. dat die
briefskrywer vir die maat van die musiekkonsert wil vertel.
• Die liggaam van die brief brei uit op die rede vir die brief. Die briefskrywer
sê waarom dit 'n lekker konsert was en hoekom hy/sy dit baie geniet het.
• Die slotparagraaf moet die brief saamvat en treffend wees.
Let op die verskillende wyses hieronder waarop die adres geskryf kan word.
Voorbeelde van die briefskrywer se adres:
Kerkstraat 1 Posbus 88 Huis 342 Plot 588
Uitbreiding/Voorstad Pleknaam Pleknaam Pleknaam
Pleknaam Kode Kode Kode
Kode
Rusthof Sewende laan 10/Sewende Laan 10/Sewendelaan 10
Pleknaam Westdene
Kode Kode
Let op die volgende: Kerkstraat is altyd een woord omdat dit 'n samestelling
van TWEE soortname is. Arcadia Straat is 'n samestelling tussen 'n eienaam
en 'n soortnaam en daarom kan dit soos volg geskryf word: Arcadiastraat,
Arcadia Straat, Arcadia-straat, Arcadia-Straat. (AWS, 2017 bl. 173)
Geen Engels, behalwe amptelike Engelse name, bv. Mandela Square, word
aanvaar nie.
TAAL EN STYL, INSLUITEND TOON EN REGISTER
• Die taal en styl van die brief is informeel en gemaklik.
• Die toon is vriendelik en waarderend.
• Die woordkeuse getuig van goeie woordeskat en dit pas by die toon en
register wat die skryfstuk vereis.
• Grammatika:
o Sinne word korrek gebou.
o Taalstrukture en -konvensies word korrek aangebied.
o Spelling is korrek. [30]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 10 DBE/November 2025
NSS – Nasienriglyne
2.2 DEKBRIEF (FORMELE BRIEF)
FOKUS
Die kandidaat skryf 'n dekbrief aan meneer Dickson, die hoof van Laerskool
Sonskyn, as deel van sy/haar aansoek vir die pos as onderwysassistent.
KENMERKE
• Die dekbrief het 'n bepaalde formaat wat herkenbaar en korrek moet wees.
• Die aanslag is formeel met bepaalde skryfkonvensies.
• Die opskrif gee 'n aanduiding van die brief se inhoud.
• Die doel van die brief moet duidelik wees, nl. om die voltooide aansoekvorm
te ondersteun, deur inligting wat nie in die CV vervat is nie, in te sluit.
• Die inhoud moet in paragrawe aangebied word.
• Die brief behoort 120–150 woorde te hê.
INHOUD, INSLUITEND IDEES EN DETAIL
• Die inhoud van die brief moet die fokus (kandidaat se persoonlikheids-
eienskappe/vaardighede/bekwaamhede) ondersteun.
• 'n Verskeidenheid volwasse en intelligente idees word gegee.
• Gepaste detail brei die idees uit.
• Motivering waarom die kandidaat dink hy/sy in diens geneem moet word.
FORMAAT
Die formaat van die brief moet korrek wees.
Leestekens
Geen leestekens word in die adres, aanhef of slot gebruik nie.
Die adres en datum
• Die adres van die briefskrywer moet regs boaan in blokvorm geskryf word.
• Daar behoort nie 'n reël tussen die poskode en die datum oopgelaat te
word nie.
• Die datum word voluit geskryf, bv. 2 November 2025.
• Die adres van die ontvanger word links, teen die kantlyn in blokvorm
geskryf.
• 'n Reël word tussen die adres van die briefskrywer en die ontvanger
oopgelaat.
• 'n Reël word tussen die adres van die ontvanger en die aanhef van die brief
oopgelaat.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 11 DBE/November 2025
NSS – Nasienriglyne
Die aanhef, doel, afsluiting en slot
• Die aanhef word teen die linkerkantlyn geskryf en is formeel.
• Die doel van die brief word in hoofletters geskryf OF dit kan in kleinletters
geskryf en onderstreep word. Dit moet die essensie van die brief saamvat.
• Geen leestekens word na "Die uwe" gebruik nie.
• Die brief word deur die persoon wat die brief skryf, onderteken. Die
briefskrywer kan ook 'n noemnaam en van gee.
• Die briefskrywer se voorletters en van kan onder die handtekening
uitgeskryf word.
• Dis aanvaarbaar om slegs voorletters en van te gee; m.a.w. die
kandidaat hoef nie die brief te onderteken nie.
Die paragrawe
• 'n Reël word tussen paragrawe oopgelaat.
• Die inleidingsparagraaf stel die rede vir die brief duidelik, nl. dat die
briefskrywer aansoek doen om die pos as onderwysassistent.
• Die liggaam van die brief brei uit deurdat die kandidaat die nodige detail
verskaf om die persoonlike inligting te ondersteun.
• Die slotparagraaf moet die inhoud saamvat en treffend wees. Die aansoeker
kan die hoop uitspreek om spoedig van die hoof te hoor.
Let op die verskillende wyses hieronder waarop die adres geskryf kan word.
Voorbeelde van hoe die adresse geskryf word:
Kerkstraat 1 Posbus 88 Huis 342 Plot 588
Uitbreiding/Voorstad Pleknaam Pleknaam Pleknaam
Kode Kode Kode Kode
Rusthof Sewende laan 10/Sewende Laan 10/Sewendelaan 10
Pleknaam Westdene
Kode Kode
Let op die volgende: Kerkstraat is altyd een woord omdat dit 'n samestelling
van TWEE soortname is. Arcadia Straat is 'n samestelling tussen 'n eienaam
en 'n soortnaam en daarom kan dit soos volg geskryf word: Arcadiastraat,
Arcadia Straat, Arcadia-straat, Arcadia-Straat. (AWS, 2017, bl. 173)
Geen Engels, behalwe amptelike Engelse name, bv. Mandela Square, word
aanvaar nie.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 12 DBE/November 2025
NSS – Nasienriglyne
TAAL EN STYL, INSLUITEND TOON EN REGISTER
• Die taal en styl van die brief is formeel, bv. die hoof word as ''u''
aangespreek. Aanvaar ook ''jy/jou''.
• Die toon is hoopvol op 'n manier wat die skrywer se aansoek ondersteun.
• Die woordkeuse getuig van goeie woordeskat en dit pas by die toon en
register wat die skryfstuk vereis.
• Grammatika:
o Sinne word korrek gebou.
o Taalstrukture en -konvensies word korrek aangebied.
o Spelling is korrek. [30]
2.3 HULDEBLYK
FOKUS
Die kandidaat skryf die huldeblyk vir die oom by wie hy/sy baie van sy/haar
kultuur en tradisies geleer het se gedenkdiens.
KENMERKE
• Die huldeblyk het 'n bepaalde formaat wat herkenbaar en korrek moet
wees.
• Die aanslag is waarderend en respekvol.
• Die doel van die huldeblyk moet duidelik wees, nl. om hulde te bring aan
die oom by wie hy/sy baie van sy/haar kultuur en tradisies geleer het.
• Die huldeblyk moet in die verlede tyd geskryf word en die
vertroosting/bemoediging in die teenwoordige of toekomende tyd.
• Die mense wat die gedenkdiens bywoon, moet 'n geheelbeeld van die
oom kry.
• Die huldeblyk behoort 120–150 woorde te hê.
INHOUD, INSLUITEND IDEES EN DETAIL
• Die inhoud van die huldeblyk moet die fokus ondersteun.
• 'n Verskeidenheid volwasse en intelligente idees word gegee.
• Gepaste detail brei die idees uit:
o Bekendstelling van die oom
o Oorsig oor die oom se lewe
o Enkele staaltjies uit die tyd toe hy/sy die oom geken het
o Waardering vir die oom se bydrae tot sy/haar lewe/verwysing na
lesse oor kultuur en tradisies
o Die familie moet bemoedig word.
• Kultuurkontekste moet in ag geneem word.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 13 DBE/November 2025
NSS – Nasienriglyne
FORMAAT
• Opskrif
Die huldeblyk moet 'n opskrif hê en dit mag 'n subopskrif insluit.
• Inleidende paragraaf
Die inleidende sin is baie belangrik. Die huldeblyk word met die groet
ingelei en die aanwesiges se aandag word vasgevang. Die spreker gee die
rede vir die samekoms.
• Paragraaf 2
Die volgende besonderhede van die oom kan gegee word: naam en van
en oorsig oor sy lewe.
• Paragraaf 3 en verder
Die huldeblyk sluit verskillende hoogtepunte in wat persoonlike gebeure
en staaltjies van die oom se lewe bevat. Dit word in verskillende
daaropvolgende paragrawe bespreek. Elke paragraaf handel (verkieslik)
oor 'n nuwe feit/gedagte. Die spreker bemoedig hier of in die slotparagraaf
die oom se familie.
• Slotparagraaf
In die slot kan die spreker waardering uitspreek vir die oom. Die spreker
moet die oom se familie hier of in een van die ander paragrawe bemoedig.
TAAL EN STYL, INSLUITEND TOON EN REGISTER
• Die toon is informeel, vriendelik, waarderend, liefdevol, vertroostend,
bemoedigend en taktvol.
• Die taal en styl van die huldeblyk stem met die toon ooreen.
• Die woordkeuse getuig van goeie woordeskat en dit pas by die toon en
register wat die huldeblyk vereis.
• Grammatika:
o Sinne word korrek gebou.
o Taalstrukture en -konvensies word korrek aangebied.
o Spelling is korrek. [30]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 14 DBE/November 2025
NSS – Nasienriglyne
2.4 INFORMELE TOESPRAAK
FOKUS
Die kandidaat skryf sy/haar toespraak wat hy/sy op die laaste dag gaan lewer,
oor die vyf jaar wat die graad 12-leerders saam op skool was.
KENMERKE
• Die informele toespraak het 'n bepaalde formaat wat herkenbaar en korrek
moet wees.
• Die aanslag is informeel.
• Die doel van hierdie toespraak is om met die graad 12-leerders te praat oor
die afgelope vyf jaar wat hulle saam op skool was.
• Die aanspreekvorm, taal en styl is informeel en gemaklik.
• Die informele toespraak behoort 120–150 woorde te hê.
INHOUD, INSLUITEND IDEES EN DETAIL
• Die inhoud van die toespraak moet die fokus ondersteun.
• Die rede vir die toespraak word reg aan die begin, net na die groet, gestel,
nl. om te praat oor die vyf jaar wat hulle saam op skool was.
• 'n Verskeidenheid volwasse, gepaste en intelligente idees word gegee.
• Gepaste detail dra by tot die ontwikkeling van die toespraak:
o Wat die afgelope vyf jaar saam beleef is
o Die hoogtepunte en laagtepunte van die afgelope vyf jaar
o Wat die afgelope vyf jaar spesiaal gemaak het
o Motivering en voorspoedwense word uitgespreek
FORMAAT
• Begin die toespraak met die groet.
• Die toespraak kan in paragrawe aangebied word.
• Die toespraak bestaan uit 'n inleiding, 'n liggaam en 'n slot.
TAAL EN STYL, INSLUITEND TOON EN REGISTER
• Die toon kan getuig van positiwiteit en motivering.
• Die aanspreekvorm, taal en styl is informeel en gemaklik.
• Die woordkeuse getuig van goeie woordeskat en dit pas by die toon en
register wat die skryfstuk vereis.
• Grammatika en spelling geniet aandag:
o Sinne word korrek gebou.
o Taalstrukture en -konvensies word korrek aangebied.
o Spelling is korrek. [30]
ONTLEDING VAN LANG TRANSAKSIONELE TEKS
Die vrae is sό geformuleer dat 'n persoonlike inkleding van die gekose onderwerp van
die kandidaat verwag word.
TOTAAL AFDELING B: 30
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 15 DBE/November 2025
NSS – Nasienriglyne
AFDELING C: KORT TRANSAKSIONELE TEKS
VRAAG 3
3.1 UITNODIGINGSKAARTJIE
FOKUS
Die kandidaat skryf 'n uitnodiging om die maats uit te nooi na sy/haar 18de
verjaardagpartytjie.
KENMERKE
• Die uitnodigingskaartjie het 'n bepaalde formaat wat herkenbaar en korrek
moet wees.
• Die aanslag is vriendelik en uitnodigend.
• Die doel van die uitnodigingskaartjie moet duidelik wees, nl. om die maats
uit te nooi na sy/haar 18de verjaardagpartytjie.
• Die nodige inligting moet in die uitnodigingskaartjie gegee word.
• Die uitnodigingskaartjie behoort 80–100 woorde te hê.
INHOUD, INSLUITEND IDEES EN DETAIL
• Die inhoud van die uitnodigingskaartjie moet die fokus ondersteun.
• Die volgende inligting behoort in die uitnodigingskaartjie gegee te word:
o Wie is die teikengroep/Wie word genooi?
o Wanneer (dag, datum en tyd) word die partytjie gehou?
o Waar word die partytjie gehou?
o Wat is die kleredrag?
o Kontakbesonderhede
o Hoe moet die gaste laat weet of hulle die 18de verjaardagpartytjie gaan
bywoon?
FORMAAT
• Die belangrikste inligting trek dadelik die leser se aandag.
• Verskillende lettertipes (fonts) en lettergroottes kan gebruik word om die
uitnodigingskaartjie interessant/leservriendelik te maak.
• Geen omslagtige paragrawe nie.
• Inligting kan puntsgewys gegee word.
\
TAAL EN STYL, INSLUITEND TOON EN REGISTER
• Die toon is uitnodigend en spreek die leser direk aan.
• Die taal en styl is informeel en gemaklik.
• Die woordkeuse getuig van goeie woordeskat en dit pas by die toon en
register wat hierdie uitnodiging vereis.
• Grammatika:
o Sinne, indien van toepassing, word korrek gebou.
o Taalstrukture en -konvensies word korrek aangebied.
o Spelling is korrek. [20]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 16 DBE/November 2025
NSS – Nasienriglyne
3.2 DAGBOEKINSKRYWINGS
FOKUS
Die kandidaat maak TWEE dagboekinskrywings oor hoe hy/sy gevoel het
nadat sy/haar gunstelingonderwyser weg is en nadat hy/sy in die nuwe
onderwyser se klas was.
• EEN inskrywing die aand nádat hy/sy sy/haar gunstelingonderwyser
gegroet het
• EEN inskrywing die aand nádat hy/sy vir die eerste keer in die nuwe
onderwyser se klas was
KENMERKE
• Die dagboekinskrywings het 'n bepaalde formaat wat herkenbaar en korrek
moet wees.
• Die aanslag is informeel.
• Die doel van die dagboekinskrywings moet duidelik wees, nl. om
persoonlike ervarings (gedagtes en emosies) te oordink en te verwoord.
• Die dagboekinskrywings behoort 80–100 woorde te hê.
INHOUD, INSLUITEND IDEES EN DETAIL
• Die inhoud van die dagboekinskrywings moet die fokus ondersteun.
• 'n Verskeidenheid interessante idees word gegee. Dit moet spreek van die
kandidaat se gevoelens/gedagtes oor die vorige en nuwe onderwyser.
• Gevoelens/ervarings of gedagtes wat beleef word, word beskryf.
FORMAAT
• Elke dagboekinskrywing moet die dag en/of datum hê wat boaan geskryf
word.
• Die kandidaat moet dagboekinskrywings vir twee dae maak.
• Die kandidaat hoef nie met "Liewe Dagboek" te begin nie.
• Die uiteensetting van elke inskrywing mag in paragraafvorm wees.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 17 DBE/November 2025
NSS – Nasienriglyne
TAAL EN STYL, INSLUITEND TOON EN REGISTER
• Die toon is persoonlik.
• Die persoon skryf aan hom-/haarself.
• Die styl is informeel.
• Die woordkeuse getuig van die kandidaat se vermoë om sy/haar gedagtes
en emosies met min woorde te beskryf, bv. ongelukkig/hartseer/verlange/
opgewonde/hoopvol/tevrede/dankbaar/gelukkig, ens.
• Beskrywende woorde word fyn gekies.
• Die persoon kan in die teenwoordige, verlede of toekomende tyd skryf.
• Grammatika:
o Sinne word korrek gebou.
o Taalstrukture en -konvensies word korrek aangebied.
o Spelling is korrek.
o Funksionele gebruik van leestekens verhoog die waarde van die teks.
o Vermy sleng en sms-taal.
LET WEL
Albei inskrywings moet as EEN teks in ag geneem en dus as 'n geheel
geassesseer word. [20]
3.3 RIGTINGAANWYSINGS
FOKUS
Die kandidaat gee rigtingaanwysings vir die onderwyser van 'n ander skool
wat 'n vergadering by sy/haar skool kom bywoon.
KENMERKE
• Rigtingaanwysings het 'n bepaalde formaat wat herkenbaar en korrek moet
wees.
• Die aanslag is informeel en informatief.
• Die doel van hierdie teks is om rigting aan te dui.
• Die rigtingaanwysings moet duidelik en puntsgewys uiteengesit word.
• In hierdie teks kan tipiese bevelsinne gegee word. Dit kan afgewissel word
met bakenaanduidings in die vorm van stelsinne.
• Die rigtingaanwysings behoort 80–100 woorde te hê.
INHOUD, INSLUITEND IDEES EN DETAIL
• Die inhoud van die teks moet die fokus ondersteun.
• 'n Reeks rigtingaanwysings wat gevolg moet word, word gegee.
• Gebruik woorde wat rigting aandui, noem padtekens en bakens.
• Hierdie teks leen hom nie tot uitbreiding van idees met onnodige detail nie.
• Rigtingaanwysings behoort chronologies gegee te word.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 18 DBE/November 2025
NSS – Nasienriglyne
FORMAAT
• Die rigtingaanwysings kan genommer word, met kolpunte aangedui word
of slegs as sinne geskryf word.
• LET WEL: Deel van die opdrag by hierdie vraag is dat kandidate die
aanwysings puntsgewys, onder mekaar en in volsinne moet neerskryf.
TAAL EN STYL, INSLUITEND TOON EN REGISTER
• Die toon is informatief/verduidelikend.
• Die aanspreekvorm, taal en styl is informeel en gemaklik/formeel.
• Rigtingaanwysings word in die teenwoordige tyd geskryf.
• Die woordkeuse getuig van die kandidaat se vermoë om met die gebruik
van min woorde inligting te gee. Omdat daar nie te veel detail gegee kan
word nie, moet die kandidaat hier bewys lewer dat hy/sy met gepaste
bywoorde/byvoeglike naamwoorde kan werk.
• Grammatika en spelling geniet aandag:
o Sinne begin gewoonlik met 'n werkwoord (bevelsin) of "Julle moet ..."/
"U moet ..." of "Onthou om ..."
o Sinne word korrek gebou.
o Persoonlike voornaamwoorde word gebruik in plaas van eiename.
o Taalstrukture en -konvensies word korrek aangebied.
o Spelling is korrek. [20]
ONTLEDING VAN KORT TRANSAKSIONELE TEKSTE
Die vrae is sό geformuleer dat 'n persoonlike inkleding van die gekose
onderwerp van die kandidaat verwag word.
TOTAAL AFDELING C: 20
GROOTTOTAAL: 100
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 19 DBE/November 2025
NSS – Nasienriglyne
LET WEL:
• Gebruik altyd dié rubriek by die nasien van die opstel (Vraestel 3, AFDELING A).
• Punte van 0–50 is in VYF vaardigheidsvlakke verdeel.
• Die kriteria vir Inhoud, Taal en Styl is verder in elk van die vyf vaardigheidsvlakke in 'n hoë- en laevlaksubkategorie verdeel, met die
toepaslike verspreiding van punte en die omskrywings.
• Struktuur word nie deur die verdeling in 'n hoë en lae vlak beïnvloed nie.
ASSESSERINGSRUBRIEK VIR OPSTEL (AFDELING A) – EERSTE ADDISIONELE TAAL [50 PUNTE]
Kriteria Uitsonderlik Knap Gemiddeld Elementêr Onvoldoende
INHOUD EN 28–30 22–24 16–18 10–12 4–6
BEPLANNING -Respons is -Respons baie goed; -Respons bevredigend -Wisselvallige -Respons heeltemal
uitsonderlik/treffend getuig van vaardigheid -Idees redelik samehang in respons irrelevant
Respons en idees en bo verwagting -Idees heeltemal samehangend en -Idees onduidelik, nie -Idees deurmekaar en
Organisering van idees -Idees is intelligent, relevant, baie oortuigend oorspronklik nie nie op onderwerp
vir beplanning volwasse en interessant en lewer -Redelike organisasie -Min bewys van gefokus nie
Hoë vlak
Bewustheid van doel, stem leser tot bewys van en redelik organisasie en -Vaag en herhalend
gehoor en konteks nadenke volwassenheid samehangend, samehang -Geen organisasie nie
-Uitsonderlike -Organisasie baie insluitend inleiding, en is onsamehangend
30 PUNTE organisasie en goed en liggaam en
samehang, insluitend samehangend, samevatting/slot
inleiding, liggaam en insluitend inleiding,
samevatting/slot liggaam en
samevatting/slot
25–27 19–21 13–15 7–9 0–3
-Respons uitmuntend, -Respons goed; getuig -Respons -Respons is grootliks -Geen poging
maar uitsonderlik van vaardigheid bevredigend, maar irrelevant. aangewend om in
treffende eienskappe -Idees relevant, verval soms in -Idees begin los staan ooreenstemming met
van 'n opstel ontbreek interessant onduidelikheid en kan verwarrend onderwerp te wees nie
Lae vlak
-Idees intelligent en -Organisasie goed en -Idees redelik wees -Heeltemal irrelevant en
volwasse samehangend, samehangend en -Skaars 'n bewys van ontoepaslik
-Knap organisasie en insluitend inleiding, oortuigend organisasie en -Deurmekaar en geen
samehang, insluitend liggaam en -'n Mate van samehang fokus nie
inleiding, liggaam en samevatting/slot organisasie en
samevatting/slot samehang, insluitend
inleiding, liggaam en
samevatting/slot
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 20 DBE/November 2025
NSS – Nasienriglyne
ASSESSERINGSRUBRIEK VIR OPSTEL (AFDELING A) – EERSTE ADDISIONELE TAAL [50 PUNTE] (vervolg)
Kriteria Uitsonderlik Knap Gemiddeld Elementêr Onvoldoende
TAAL, STYL EN 14–15 11–12 8–9 5–6 0–3
REDIGERING -Toon, register, styl en -Toon, styl, register en -Toon, register, styl en -Toon, register, styl en -Toon, register, styl en
woordeskat hoogs woordeskat baie woordeskat gepas vir woordeskat minder woordeskat nie gepas
Toon, register, styl en gepas vir doel, gehoor gepas vir doel, gehoor doel, gehoor en gepas vir doel, gehoor vir doel, gehoor en
woordeskat is geskik en konteks en konteks konteks en konteks konteks nie
Hoë vlak
vir doel/effek en -Taalgebruik getuig -Taalgebruik effektief -Gepaste taalgebruik -Taalgebruik baie -Taal onverstaanbaar
konteks van vertroue, -Grammatika en om betekenis oor te basies -Woordeskat so beperk
Woordkeuse indrukwekkend spelling grootliks dra -Woordkeuse skaars dat dit onmoontlik is om
Taalgebruik en -Grammatika en foutvry -Retoriese middele toepaslik sin te maak
konvensies, spelling feitlik foutvry -Baie goed gedoen gebruik om betekenis -Baie beperkte
punktuasie, -Knap gedaan te versterk woordeskat
grammatika en spelling
13 10 7 4
15 PUNTE -Toon, register, styl en -Toon gepas en -Toon oor die -Taalgebruik
woordeskat is effektief effektief algemeen gepas en onvoldoende
-Taalgebruik -Taalgebruik toepaslik beperkte gebruik van -Weinig indien enige
Lae vlak
uitstekend en oor die algemeen retoriese middele sinsverskeidenheid
-Grammatika en effektief -Voldoende -Woordeskat baie
spelling feitlik foutvry -Enkele foute in taalgebruik, maar beperk
-Baie goed tot knap grammatika en teenstrydighede word
gedaan spelling opgemerk
-Goed gedoen
STRUKTUUR 5 4 3 2 0–1
-Uitstekende -Logiese ontwikkeling -Relevante detail -Sommige detail -Noodsaaklike detail
Kenmerke van teks ontwikkeling van van relevante detail ontwikkel relevant ontbreek
Paragraafontwikkeling onderwerp -Samehangend -Sinne en paragrawe -Sommige sinne en -Sinne en paragrawe
en sinskonstruksie -Uitsonderlike detail -Sinne en paragrawe goed gekonstrueer paragrawe foutief foutief gekonstrueer
-Sinne en paragrawe logies en toon variasie -Opstel maak nog sin gekonstrueer -Opstel maak nie meer
5 PUNTE uitsonderlik -Opstel maak nog sin nie
gekonstrueer effens sin
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 21 DBE/November 2025
NSS – Nasienriglyne
ASSESSERINGSRUBRIEK VIR LANG TRANSAKSIONELE TEKSTE (AFDELING B) – EERSTE ADDISIONELE TAAL [30 PUNTE]
Kriteria Uitsonderlik Knap Gemiddeld Elementêr Onvoldoende
INHOUD, 15–18 11–14 8–10 5–7 0–4
BEPLANNING EN -Respons -Respons baie goed -Respons voldoende -Basiese respons -Respons toon geen kennis
FORMAAT uitsonderlik, bo en demonstreer goeie en toon voldoende toon geringe kennis van kenmerke van die soort
verwagting kennis van kenmerke kennis van kenmerke van kenmerke van die teks nie
Respons en idees -Idees intelligent en van die soort teks van die soort teks soort teks -Betekenis onduidelik met
Organisering van idees vir volwasse -Behou fokus – geen -Nie heeltemal -Aanduiding van groot afwyking
beplanning, doel, gehoor, -Grondige kennis van afwyking nie gefokus nie – enkele fokus, maar met -Geen samehang in idees
kenmerke, konvensies kenmerke van die -Samehang in inhoud afwykings afwykings en inhoud nie
en konteks soort teks en idees; baie goed -Redelike samehang -Inhoud en idees nie -Baie min detail ondersteun
-Skryfwerk behou uitgebrei met detail in inhoud en idees altyd samehangend die onderwerp
18 PUNTE fokus wat die onderwerp -Sommige detail nie -Nodige reëls van formaat
-Samehang in inhoud ondersteun ondersteun die -Min detail nie toegepas nie
en idees -Gepaste formaat met onderwerp ondersteun die
-Idees behoorlik onbeduidende foute -Formaat oorwegend onderwerp
uitgebrei met detail gepas, maar met -Nodige reëls van
wat die onderwerp enkele foute formaat vaagweg
ondersteun toegepas
-Gepaste en akkurate -Kritiese foute begaan
formaat
TAAL, STYL EN 10–12 8–9 6–7 4–5 0–3
REDIGERING -Toon, register, styl -Toon, register, styl -Toon, register, styl -Toon, register, styl -Toon, register, styl en
en woordeskat hoogs en woordeskat baie en woordeskat is en woordeskat woordeskat stem nie
Toon, register, styl en geskik vir doel, geskik vir doel, geskik vir doel, minder geskik vir ooreen met doel, gehoor en
woordeskat geskik vir doel gehoor en konteks gehoor en konteks gehoor en konteks doel, gehoor en konteks nie
en konteks -Grammatika -Grammatika oor die -Enkele konteks -Besaai met foute en
Taalgebruik en konvensies, akkuraat en goed algemeen korrek en grammatikafoute -Grammatika verwarrend
woordkeuse, punktuasie en gekonstrueer goed gekonstrueer -Voldoende onakkuraat met etlike -Woordeskat nie geskik vir
spelling -Feitlik foutloos -Baie goeie woordeskat foute doel nie
woordeskat -Foute belemmer nie -Basiese woordeskat -Betekenis ernstig
12 PUNTE -Oorwegend foutloos betekenis nie -Betekenis belemmer belemmer
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 22 DBE/November 2025
NSS – Nasienriglyne
ASSESSERINGSRUBRIEK VIR KORT TRANSAKSIONELE TEKSTE (AFDELING C) – EERSTE ADDISIONELE TAAL [20 PUNTE]
Kriteria Uitsonderlik Knap Gemiddeld Elementêr Onvoldoende
INHOUD, 10–12 8–9 6–7 4–5 0–3
BEPLANNING EN -Respons -Respons baie goed -Respons voldoende -Basiese respons -Respons toon geen kennis
FORMAAT uitsonderlik, bo en demonstreer en toon voldoende toon geringe kennis van kenmerke van die
verwagting goeie kennis van kennis van kenmerke van kenmerke van soort teks nie
Respons en idees -Idees intelligent en kenmerke van die van die soort teks die soort teks -Betekenis onduidelik met
Organisering van idees volwasse soort teks -Nie heeltemal -Aanduiding van groot afwyking
vir beplanning, doel, -Grondige kennis van -Behou fokus – geen gefokus nie – enkele fokus, maar met -Geen samehang in idees
gehoor, kenmerke, kenmerke van die afwyking nie afwykings afwykings en inhoud nie
konvensies soort teks -Samehang in inhoud -Redelike samehang -Inhoud en idees nie -Baie min detail ondersteun
en konteks -Skryfwerk behou en idees; baie goed in inhoud en idees altyd samehangend die onderwerp
fokus uitgebrei met detail -Sommige detail nie -Nodige reëls van formaat
12 PUNTE -Samehang in inhoud wat die onderwerp ondersteun die -Min detail nie toegepas nie
en idees ondersteun onderwerp ondersteun die
-Idees behoorlik -Gepaste formaat -Formaat oorwegend onderwerp
uitgebrei met detail met onbeduidende gepas, maar met -Nodige reëls van
wat die onderwerp foute. enkele foute formaat vaagweg
ondersteun toegepas
-Gepaste en akkurate -Kritiese foute
formaat begaan
TAAL, STYL EN 7–8 5–6 4 3 0–2
REDIGERING -Toon, register, styl -Toon, register, styl -Toon, register, styl en -Toon, register, styl -Toon, register, styl en
en woordeskat hoogs en woordeskat baie woordeskat is geskik en woordeskat woordeskat stem nie
Toon, register, styl en geskik vir doel, geskik vir doel, vir doel, gehoor en minder geskik vir ooreen met doel, gehoor
woordeskat geskik vir gehoor en konteks gehoor en konteks konteks doel, gehoor en en konteks nie
doel en konteks -Grammatika -Grammatika oor die -Enkele konteks -Besaai met foute en
Taalgebruik en akkuraat en goed algemeen korrek en grammatikafoute -Grammatika verwarrend
konvensies, gekonstrueer goed gekonstrueer -Voldoende onakkuraat met etlike -Woordeskat nie geskik vir
woordkeuse, punktuasie -Feitlik foutloos -Baie goeie woordeskat foute doel nie
en spelling woordeskat -Foute belemmer nie -Basiese woordeskat -Betekenis ernstig
-Oorwegend foutloos betekenis nie -Betekenis belemmer belemmer
8 PUNTE
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject

Memorandum
Afrikaans FAL Grade 12 Paper 3 NSC November 2017 Memo

Question paper
Afrikaans FAL Grade 12 P3 NSC November 2023 Question Paper

Question paper
Afrikaans FAL Grade 12 P3 NSC November 2022 Question Paper

Question paper
Afrikaans FAL Grade 12 P3 NSC November 2021 Question Paper

Question paper
Afrikaans FAL Grade 12 P3 NSC November 2020 Question Paper

Question paper
Afrikaans FAL Grade 12 P3 NSC November 2017 Question Paper
More from Grade 12 Afrikaans FAL

Question paper
Afrikaans FAL Grade 12 P1 Eastern Cape Prelim 2024 QP
%202024%20%20Question%20Paper_hlayiso.com_--7ef36162-08ba-45ea-8e76-4b201f651670/v1-2b1cbcc2c4220d1b6e79/card.webp)
Question paper
Afrikaans FAL Grade 12 P2 Gauteng Prelim 2024 Question Paper

Question paper
Afrikaans FAL Grade 12 P3 November 2024 NSC Question Paper

Question paper
Afrikaans FAL Grade 12 Paper 2 NSC June 2024 Question Paper

Question paper
Afrikaans FAL Grade 12 Paper 3 NSC June 2024 Question Paper

Question paper