Vertroulik
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3
NOVEMBER 2025
PUNTE: 100
TYD: 2½ uur
Hierdie vraestel bestaan uit 6 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2025 papers 





View all%20June%202025%20Possible%20Answers--548f1e49-d719-426b-b0e2-f6857ab2b360/v1-8afba796e6c931b94fa2/card.webp)





Afrikaans FAL Grade 12 P3 NSC November 2025 Question Paper
Grade 12 Afrikaans FAL Paper 3 question paper from the NSC November Exam 2025, 6 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.
Afrikaans Fal · Grade 12 · NSC November Exam · 2025 · Afrikaans. Question paper, 6 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Afrikaans FAL
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Question paper
- Year
- 2025
- Exam period
- NSC November Exam
- Paper
- 3
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 6
- File size
- 1.6 MB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 6
This exam
NSC November Exam 2025
- Paper 1Question paperMemo
- Paper 2Question paperMemo
- Paper 3Question paperMemo
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 2 DBE/November 2025
NSS Vertroulik
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings.
AFDELING A: Opstel (50)
AFDELING B: Lang transaksionele teks (30)
AFDELING C: Kort transaksionele teks (20)
2. Beantwoord EEN vraag in elke afdeling.
3. Skryf in die taal wat geassesseer word. Vermy sms-taal.
4. Begin ELKE afdeling op 'n NUWE bladsy.
5. Jy moet jou skryfstukke beplan, redigeer en proeflees. Gebruik byvoorbeeld 'n
kopkaart, vloeidiagram of sleutelwoorde. Doen die beplanning VOORDAT jy
die finale produk vir elke afdeling skryf.
6. Alle beplanning moet duidelik aangedui en ingelewer word. Daar word
aanbeveel dat jy 'n streep deur alle beplanning trek.
7. Beplan jou tyd só:
AFDELING A: 80 minute
AFDELING B: 40 minute
AFDELING C: 30 minute
8. Nommer die skryfstukke korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik is.
9. Skryf die titel/opskrif boaan elke skryfstuk.
10. Die titel word NIE in aanmerking geneem wanneer die woorde getel word NIE.
11. MOENIE met 'n potlood skryf NIE.
12. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 3 DBE/November 2025
NSS Vertroulik
AFDELING A: OPSTEL 2025
VRAAG 1
• Skryf 'n opstel van 250–300 woorde oor EEN van die volgende onderwerpe in
VRAAG 1.1 tot 1.8.
1.1 Dít het ek by my maat(s) geleer [50]
1.2 Die huis op die hoek van die straat [50]
1.3 Ek sien uit na 2026! [50]
1.4 ''Nee'' is die moeilikste woord om te sê [50]
1.5 Vryheid [50]
Kies EEN van die volgende prente en skryf 'n opstel oor 'n onderwerp waaraan jy kan
dink. Skryf die vraagnommer (1.6, 1.7 OF 1.8) en gee jou opstel 'n geskikte titel.
LET WEL: Jou opstel moet met die prent verband hou.
1.6
[Bron: Eksaminator eie werk] [50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 4 DBE/November 2025
NSS Vertroulik
1.7
[Bron: fineartamerica.com] [50]
1.8
[Bron: DALL·E/ChatGPT] [50]
TOTAAL AFDELING A: 50
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 5 DBE/November 2025
NSS Vertroulik
AFDELING B: LANG TRANSAKSIONELE TEKS
VRAAG 2
• Kies EEN onderwerp en skryf 120–150 woorde daaroor.
• Skryf die nommer van die onderwerp wat jy kies, boaan jou skryfstuk neer.
2.1 VRIENDSKAPLIKE BRIEF
Jy was by 'n lekker musiekkonsert en het die aand baie geniet.
Skryf 'n VRIENDSKAPLIKE BRIEF aan jou maat om vir hom/haar van hierdie
lekker konsert te vertel. [30]
2.2 DEKBRIEF (FORMELE BRIEF)
Daar is 'n pos as onderwysassistent by Laerskool Sonskyn. Jy wil graag
onderwys studeer en dink dit is 'n goeie kans om geld te verdien én te leer.
Jou naam is Zintle Cona. Skryf die DEKBRIEF aan meneer Dickson, hoof van
Laerskool Sonskyn, wat jy saam met hierdie CV gaan ingee.
Van: Cona
Volle name: Zintle
Geboortedatum: 15 Mei 2006
Identiteitsnommer: 0605159999999
Adres: Hoofstraat 20, Noordburg, 2000
Kontaknommer: 062 321 4567
Hoogste graad geslaag: Graad 12
Ervaring: Toesighouer by Blommetjie Nasorgsentrum
Belangstellings: Atletiek, kuns en lees
Tale (wat jy kan praat): Afrikaans, Engels en isiXhosa [30]
2.3 HULDEBLYK
Jou oom by wie jy baie van jou kultuur en tradisies geleer het, is onlangs dood.
Skryf die HULDEBLYK wat jy by jou oom se gedenkdiens gaan lewer. [30]
2.4 INFORMELE TOESPRAAK
Die skoolhoof het jou gevra om tydens julle laaste skooldag 'n INFORMELE
TOESPRAAK te lewer. Jy moet namens die graad 12-leerders praat oor die vyf
jaar wat julle saam op skool was.
Skryf jou TOESPRAAK. [30]
TOTAAL AFDELING B: 30
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 6 DBE/November 2025
NSS Vertroulik
AFDELING C: KORT TRANSAKSIONELE TEKS
VRAAG 3
• Kies EEN onderwerp en skryf 80–100 woorde daaroor.
• Skryf die nommer van die onderwerp wat jy kies, boaan jou skryfstuk neer.
3.1 UITNODIGINGSKAARTJIE
Jy word een van die dae 18 en wil graag 'n lekker partytjie saam met jou maats
hou.
Skryf die UITNODIGINGSKAARTJIE om jou maats na jou 18de verjaardag-
partytjie uit te nooi. [20]
3.2 DAGBOEKINSKRYWINGS
Jou gunstelingonderwyser het die skool verlaat. Daar is 'n nuwe onderwyser in
sy/haar plek.
Maak die volgende TWEE DAGBOEKINSKRYWINGS:
• Die aand nádat jy jou gunstelingonderwyser gegroet het
• Die aand nádat jy vir die eerste keer in die nuwe onderwyser se klas was [20]
3.3 RIGTINGAANWYSINGS
'n Onderwyser van 'n ander skool moet 'n vergadering by julle skool kom
bywoon.
Gee vir die onderwyser duidelike rigtingaanwysings hoe om van die taxi-
staanplek onder in die dorp tot by julle skool te kom. Noem 'n paar straatname
en bakens.
Skryf die RIGTINGAANWYSINGS puntsgewys, onder mekaar en in volsinne
neer. [20]
TOTAAL AFDELING C: 20
GROOTTOTAAL: 100
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
Afrikaans FAL Grade 12 P3 NSC November 2023 Question Paper

Question paper
Afrikaans FAL Grade 12 P3 NSC November 2022 Question Paper

Question paper
Afrikaans FAL Grade 12 P3 NSC November 2021 Question Paper

Question paper
Afrikaans FAL Grade 12 P3 NSC November 2020 Question Paper

Question paper
Afrikaans FAL Grade 12 P3 NSC November 2017 Question Paper

Question paper
Afrikaans FAL Grade 12 P3 NSC November 2016 Question Paper
More from Grade 12 Afrikaans FAL
%20June%202025%20Possible%20Answers--548f1e49-d719-426b-b0e2-f6857ab2b360/v1-8afba796e6c931b94fa2/card.webp)
Memorandum
Afrikaans FAL Grade 12 Paper 1 Gauteng June 2025 Memo

Memorandum
Afrikaans FAL Grade 12 Paper 1 Eastern Cape Prelim 2024 Memo

Memorandum
Afrikaans FAL Grade 12 Paper 1 NSC June 2024 Memo

Memorandum
Afrikaans FAL Grade 12 Eastern Cape June 2023 Memo

Question paper
Afrikaans FAL Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2023 QP

Question paper