Proef
hlayiso mock exams
Oefenreeks:
Graad 12 NSS-voorbereiding
WWW.HLAYISO.COM
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1
PROEFEKSAMEN 2026
PUNTE: 80
TYD: 2 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 14 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2026 papers 





View all%20June%202025%20Possible%20Answers--548f1e49-d719-426b-b0e2-f6857ab2b360/v1-8afba796e6c931b94fa2/card.webp)





Afrikaans FAL Grade 12 P1 NSC November Mock 2026 QP
Grade 12 Afrikaans FAL Paper 1 question paper from the NSC November Mock Exam 2026, 14 pages. Read online or download the free PDF.
Afrikaans Fal · Grade 12 · NSC November Mock Exam · 2026 · Afrikaans. Question paper, 14 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Afrikaans FAL
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Question paper
- Year
- 2026
- Exam period
- NSC November Mock Exam
- Paper
- 1
- Publisher
- Hlayiso
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 14
- File size
- 888.3 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 14
This exam
NSC November Mock Exam 2026
- Paper 1Question paperMemo
- Paper 2Question paperMemo
- Paper 3Question paperMemo
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1 2 Hlayiso/Proef 2026
NSS Proef
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings.
AFDELING A: Leesbegrip (30)
AFDELING B: Opsomming (10)
AFDELING C: Taal (40)
2. Beantwoord AL die vrae.
3. Begin ELKE afdeling op ’n NUWE bladsy.
4. Trek ’n streep ná elke afdeling.
5. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel
gebruik is.
6. Laat ’n reël oop ná ELKE antwoord.
7. Skenk veral baie aandag aan spelling en sinskonstruksie.
8. Beplan jou tyd só:
AFDELING A: 50 minute
AFDELING B: 20 minute
AFDELING C: 50 minute
9. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1 3 Hlayiso/Proef 2026
NSS Proef
AFDELING A: LEESBEGRIP
VRAAG 1
Lees die artikel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
TEKS A: ARTIKEL
LEBO SE BIBLIOTEEK OP TWEE WIELE
1 Elke Saterdagoggend presies om nege-uur hoor die kinders in Lebo Mahlangu
se straat in Soweto ’n fietsklokkie lui. Dan weet hulle: die “boekfiets” is hier!
2 Lebo is sestien jaar oud en ’n graad 11-leerder. Twee jaar gelede het sy
agtergekom dat baie kinders in haar buurt nie boeke by die huis het nie. “Die
naaste biblioteek is vyf kilometer ver. Vir ’n kind van agt jaar is dit te ver om te 5
loop,” sê sy.
3 Lebo het ’n plan gemaak. Sy het haar oupa se ou fiets met ’n mandjie voor en
’n houtkis agter opgeknap. Toe het sy briewe aan skole, kerke en besighede
geskryf en hulle gevra om ou kinderboeke te skenk. Binne drie maande het sy
meer as 400 boeke gehad! 10
4 Die kinders mag elke week twee boeke uitneem. Die volgende Saterdag bring
hulle dit terug en kry hulle nuwe boeke. Lebo hou ’n skrif waarin sy elke kind
se naam en boeke neerskryf. “Ek is baie streng,” lag sy. “As jy jou boek verloor,
moet jy vir my ’n prentjie teken van wat jy dink in die storie gebeur het.”
5 Maar die boekfiets is meer as net ’n biblioteek. Ná die uitruil sit Lebo onder 15
die groot boom op die hoek en lees sy vir die kleintjies hardop voor. Sommige
kinders kon nie lees nie toe hulle die eerste keer gekom het. Nou lees hulle self
vir hul jonger boeties en sussies.
6 Lebo se ma, Grace, is trots op haar dogter. “Sy was nog altyd ’n boekwurm. Sy
het onder die komberse met ’n flits gelees as sy moes slaap!” 20
7 Dit was nie altyd maklik nie. In die winter het dit soms gereën en moes Lebo die
boeke met plastiek toemaak. Een keer was die fiets se band pap en moes sy
die swaar fiets twee kilometer huis toe stoot. “Ek het amper opgegee,” erken sy.
“Maar toe dink ek aan die kinders se gesigte.”
8 Verlede jaar het ’n plaaslike fietswinkel van haar storie gehoor en vir haar ’n 25
nuwe fiets met ’n sterk bagasierak geskenk. Nou wil Lebo ’n tweede boekfiets
in ’n buurt naby haar begin.
9 Lebo se droom is om eendag ’n onderwyseres te word. “Boeke het vir my die
wêreld oopgemaak,” sê sy. “Ek wil hê elke kind moet daardie sleutel hê.”
[Eksaminator se eie teks. Die name in die artikel is fiktief.]
LET WEL:
• Beantwoord AL die vrae.
• Skryf net die vraagnommer en die antwoord neer.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1 4 Hlayiso/Proef 2026
NSS Proef
1.1 VOLTOOI die sinne hieronder deur by elke vraag (1.1.1 tot 1.1.3) EEN woord
uit paragraaf 1 in te vul.
Die boekfiets kom elke (1.1.1) … na Lebo se straat. Dit kom presies om
(1.1.2) … Die kinders weet die boekfiets is daar, want hulle hoor ’n (1.1.3)
… lui. (3)
1.2 Hoe oud is Lebo? (1)
1.3 Waarom kan baie kinders in Lebo se buurt nie self biblioteek toe gaan nie? (1)
1.4 “Lebo het ’n plan gemaak.” (Paragraaf 3)
Kies die KORREKTE ANTWOORD om die sin mee te voltooi. Skryf die letter
(A–D) langs die vraagnommer (1.4) neer.
Hier beteken “’n plan gemaak” dat Lebo …
A ’n kaart van die buurt geteken het.
B ’n oplossing vir die probleem gevind het.
(1)
C ’n vergadering met die kinders gehou het.
D die regering om hulp gevra het.
1.5 Kies ’n beskrywing uit KOLOM B wat by die getal in KOLOM A pas. Skryf net
die letter (A–E) langs die vraagnommers (1.5.1 tot 1.5.4) neer.
KOLOM A KOLOM B
1.5.1 400 A aantal boeke wat ’n kind per week
mag uitneem
1.5.2 twee B Lebo se ouderdom
1.5.3 vyf kilometer C aantal boeke wat binne drie maande
geskenk is
1.5.4 twee kilometer D afstand na die naaste biblioteek
E afstand wat Lebo die fiets moes stoot
(4 x 1) (4)
1.6 Kies die KORREKTE ANTWOORD uit dié tussen hakies.
As ’n kind sy/haar boek verloor, moet hy/sy (geld betaal/’n prentjie teken). (1)
1.7 “Ek is baie streng,” lag sy. (Reël 13)
Is Lebo regtig baie streng met die kinders? Motiveer jou antwoord. (1)
1.8 Lees paragraaf 5.
Noem TWEE maniere waarop die boekfiets meer as net ’n biblioteek vir die
kinders is. (2)
1.9 “Sy was nog altyd ’n boekwurm.” (Reël 19)
Verduidelik in jou eie woorde wat ’n “boekwurm” is. (1)
1.10 Gee EEN bewys uit paragraaf 6 dat Lebo ’n boekwurm is. (1)
1.11 Noem TWEE probleme wat Lebo met die boekfiets gehad het. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1 5 Hlayiso/Proef 2026
NSS Proef
1.12 Waarom het Lebo nie opgegee nie? (1)
1.13 Lebo het self ’n nuwe fiets gekoop.
Motiveer waarom hierdie stelling ONWAAR is. (1)
1.14 Noem EEN ding wat Lebo in die toekoms wil doen. (1)
1.15 “Ek wil hê elke kind moet daardie sleutel hê.” (Reël 28)
Waarna verwys die woord “sleutel” in hierdie sin? (1)
1.16 Kies die KORREKTE ANTWOORD uit dié tussen hakies en gee ’n rede vir
jou keuse.
Lebo is ’n (selfsugtige/vasberade) jong meisie. (1)
1.17 Sal jy graag iets soos Lebo vir jou gemeenskap wil doen? Motiveer jou
antwoord. (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1 6 Hlayiso/Proef 2026
NSS Proef
TEKS B: GRAFIESE TEKS
Bestudeer die grafiese teks hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
HOE SPANDEER TIENERS HUL VRYE TYD?
Sosiale media 14
Televisie en video’s 9
Speletjies op die foon 7
Sport 6
Tyd saam met familie 5
Lees vir plesier 3
0 2 4 6 8 10 12 14 16
Gemiddelde aantal ure per week
Resultate van ’n opname onder 300 leerders by een hoërskool in Gauteng
[Eksaminator se eie teks. Die data is fiktief.]
1.18 Aan watter aktiwiteit spandeer die tieners die meeste tyd? (1)
1.19 Hoeveel uur per week lees die tieners vir plesier? (1)
1.20 Kies die KORREKTE ANTWOORD uit dié tussen hakies.
Die tieners spandeer (meer/minder) tyd aan sport as aan speletjies op die
foon. (1)
1.21 Hoeveel uur per week MEER spandeer die tieners aan sosiale media as aan
tyd saam met hulle familie? (1)
1.22 Waarom, dink jy, sal Lebo (TEKS A) bekommerd wees as sy na hierdie grafiek
kyk? (1)
1.23 Waarom kan ons nie sê dat hierdie inligting vir AL die tieners in Suid-Afrika
geld nie? (1)
TOTAAL AFDELING A: 30
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1 7 Hlayiso/Proef 2026
NSS Proef
AFDELING B: OPSOMMING
Lees die teks hieronder en voer die instruksies uit.
VRAAG 2
Baie tieners gebruik sosiale media elke dag, maar nie almal weet hoe om veilig te bly nie.
INSTRUKSIES
1. Som die SEWE wenke WAT JOU SAL HELP OM VEILIG OP SOSIALE MEDIA TE
BLY, in jou EIE VOLSINNE op.
2. Skryf die wenke puntsgewys neer.
3. Nommer die wenke van 1 tot 7.
4. Jou opsomming mag nie langer as 70 woorde wees nie.
5. Dui die korrekte getal woorde aan die einde van die opsomming aan.
TEKS C
BLY VEILIG OP SOSIALE MEDIA!
Sosiale media is pret. Jy kan met vriende gesels, foto’s deel en nuwe dinge leer. Maar daar
is ook gevare. Hier is ’n paar wenke.
Jou wagwoord is soos die sleutel van jou huis. Kies ’n sterk wagwoord met letters, syfers
en simbole, en moet dit nooit vir iemand anders gee nie – selfs nie vir jou beste vriend nie.
Gaan na die instellings van jou rekening en maak jou profiel privaat. Dan kan net jou
vriende sien wat jy plaas. Moet ook nooit jou huisadres, die naam van jou skool of jou
selfoonnommer aanlyn plaas nie. Skelms kan hierdie inligting maklik misbruik.
Kry jy ’n vriendversoek van iemand wat jy nie ken nie? Moenie dit aanvaar nie. Mense is
nie altyd wie hulle sê hulle is nie.
Onthou: wat eers op die internet is, bly op die internet. Dink dus twee keer voordat jy ’n foto
of boodskap plaas. Sal jy gemaklik voel as jou ouma of jou toekomstige baas dit sien?
Ongelukkig is daar mense wat ander aanlyn boelie. As iemand vir jou gemene boodskappe
stuur, moenie terugskryf nie. Blokkeer die persoon en rapporteer die boodskappe eerder.
Laastens: moenie alleen met ’n probleem sit nie. Praat met ’n volwassene wat jy vertrou,
soos ’n ouer of onderwyser, as iets aanlyn jou ongemaklik of bang laat voel.
Sosiale media kan baie lekker wees – as jy dit slim gebruik!
[Eksaminator se eie teks]
TOTAAL AFDELING B: 10
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1 8 Hlayiso/Proef 2026
NSS Proef
AFDELING C: TAALSTRUKTURE EN -KONVENSIES
VRAAG 3: ADVERTENSIE
• Die taalvrae wat volg, is op die advertensie (TEKS D) hieronder gebaseer.
• Die nommering in die advertensie verwys na die nommer van die vraag wat beantwoord
moet word.
• Voer die instruksies by elke vraag uit.
TEKS D
LEER SWEM HIERDIE SOMER!
Is jy bang vir water? Wil jy veilig wees by die see? (3.2)
Dan is die Waterpret-swemskool die beste swemskool in die land! (3.3)
Ons afrigters is ervaare en geduldig. (3.1)
Kinders (5–12 jaar) Tieners (13–18 jaar) Volwassenes
R350 per maand R400 per maand R450 per maand
(3.4)
Klasse: Maandag tot Donderdag, 15:00–18:00 by die Munisipale Swembad (3.7)
Kursus begin: (3.6) 15 Januarie 2027
Hoe skryf jy in? Skandeer die QR-kode of bel mev. Sandra Jacobs by 000 000 0000.
Bring saam: ’n swembroek, ’n handdoek en sonroom.
Swem is ’n (gesonde/gesondheid) oefening vir die hele gesin! (3.10)
1 2 3
fluitjie strand
(3.5) (3.8) (3.9)
[Eksaminator se eie teks. Die swemskool en kontakbesonderhede is fiktief.]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1 9 Hlayiso/Proef 2026
NSS Proef
3.1 Verbeter die SPELFOUT in die sin.
Ons afrigters is ervaare en geduldig. (1)
3.2 Wat is die doel van die twee retoriese vrae onder die opskrif? (1)
3.3 Dan is die Waterpret-swemskool die beste swemskool in die land!
Motiveer waarom hierdie stelling ’n MENING is. (1)
3.4 Waarom het die adverteerder die pryse in blokkies geplaas? Gee EEN rede. (1)
3.5 Volwassenes mag nie by die Waterpret-swemskool swemlesse neem nie.
Motiveer waarom hierdie stelling ONWAAR is. (1)
3.6 Skryf die GETAL in woorde.
Kursus begin: (15) Januarie 2027 (1)
3.7 Op watter dag van die week is daar NIE swemklasse nie? Noem EEN. (1)
3.8 Watter belangrike inligting oor die plek waar die klasse aangebied word, is
uit die advertensie weggelaat? (1)
3.9 Watter EEN van die drie prentjies, dink jy, pas die beste by hierdie
advertensie? Motiveer jou antwoord. (1)
3.10 Kies die KORREKTE WOORD uit dié tussen hakies.
Swem is ’n (gesonde/gesondheid) oefening vir die hele gesin! (1)
[10]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1 10 Hlayiso/Proef 2026
NSS Proef
VRAAG 4: STROKIESPRENT
• Die taalvrae wat volg, is op die strokiesprent (TEKS E) hieronder gebaseer.
• Voer die instruksies by elke vraag uit.
TEKS E
RAAMPIE 1 RAAMPIE 2 RAAMPIE 3
Die laaste stukkie WAT GAAN HIER AAN?!
koek is myne! LOS DIT!
Nee! Ek het dit JY LOS DIT!!
eerste gesien!
RAAMPIE 4 RAAMPIE 5 RAAMPIE 6
Dankie! Ek
Hy het begin! Julle moet die RAKKER!!! deel graag.
Sy het begin! koek deel.
HAP!
[Eksaminator se eie strokiesprent]
Beskrywing van die prente: RAAMPIE 1: Zinhle en haar broer Thabo staan by ’n tafel met een stukkie
koek op ’n bord. RAAMPIE 2: Albei trek aan die bord en frons. RAAMPIE 3: Ma staan in die deur met
haar hande op haar heupe. RAAMPIE 4: Die kinders wys na mekaar. RAAMPIE 5: Terwyl Ma praat,
eet Rakker, die hond, die koek onder die tafel op. RAAMPIE 6: Die bord is leeg; die kinders gooi hul
hande in die lug en Rakker lek sy bek af.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1 11 Hlayiso/Proef 2026
NSS Proef
4.1 Kyk na RAAMPIE 1.
Hoe weet ons dat albei kinders die koek wil hê? (1)
4.2 Kyk na RAAMPIE 2.
Watter tegniek word gebruik om te wys dat die kinders kwaad is? Noem EEN. (1)
4.3 Kyk na RAAMPIE 3.
Hoe voel Ma? Gee EEN visuele bewys vir jou antwoord. (2)
4.4 Skryf Ma se woorde in RAAMPIE 5 in die INDIREKTE REDE. Jy moet dat in
jou sin gebruik.
Julle moet die koek deel.
Begin só: Ma sê … (1)
4.5 Skryf die sin in die VERLEDE TYD.
Die laaste stukkie koek is myne! (1)
4.6 Kyk na RAAMPIE 5.
Wat wys die woord “HAP!” vir ons? (1)
4.7 Waarom is Rakker se gedagte in RAAMPIE 6 snaaks? (1)
4.8 Kies die KORREKTE ANTWOORD uit dié tussen hakies.
In RAAMPIE 6 is die kinders (verbaas/bly). (1)
4.9 Watter les kan die kinders uit hierdie situasie leer? (1)
[10]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1 12 Hlayiso/Proef 2026
NSS Proef
VRAAG 5: ARTIKEL EN PRENT
• Die taalvrae wat volg, is op die artikel (TEKS F) en die prent (TEKS G) hieronder
gebaseer.
• Die nommering in die artikel verwys na die nommer van die vraag wat beantwoord moet
word.
• Voer die instruksies by elke vraag uit.
5.1 Lees die artikel en beantwoord die vrae.
TEKS F: ARTIKEL
TIENER BOU ROBOT WAT VULLIS SORTEER
Sipho Ndlovu is ’n (5.1.1) (leer) aan ’n hoërskool in Polokwane. Hy werk (5.1.2) (elke dag)
aan ’n robot wat vullis sorteer. (5.1.3) (Die robot sorteer plastiek, glas en papier.) Hy het die
robot uit (5.1.4) (oud) onderdele van rekenaars en speelgoed gebou.
“Dit is die (5.1.5) (goed) projek wat ek nog gesien het,” sê sy wiskunde-onderwyser. Sipho se
(5.1.6) (ouer) het hom van die begin af ondersteun, maar hy het (5.1.7) (hy/sy) eie sakgeld
gebruik om die onderdele te koop. Dit was eers net ’n (5.1.8) (skool + projek), maar nou wil
’n plaaslike herwinningsmaatskappy met hom praat.
(5.1.9) Sipho werk (in die motorhuis) (saam met sy pa) (elke middag). Hy is baie trots
(5.1.10) (…) sy robot. (5.1.11) (Die robot is deur Sipho in die motorhuis gebou.) Volgens
hom is die (5.1.12) (wetenskaplike) beginsels eintlik eenvoudig.
Sipho wil ander leerders help om ook te bou, (5.1.13) (bv.) ’n robot wat plante natgooi.
(5.1.14) (Hy wil ingenieurswese studeer. Hy is lief vir wiskunde.)
[Eksaminator se eie teks. Die name is fiktief.]
5.1.1 Vorm ’n SELFSTANDIGE NAAMWOORD van die werkwoord
tussen hakies.
Sipho Ndlovu is ’n (leer) aan ’n hoërskool in Polokwane. (1)
5.1.2 Gee EEN WOORD vir die woorde tussen hakies.
Hy werk (elke dag) aan ’n robot wat vullis sorteer. (1)
5.1.3 Skryf die sin in die VERLEDE TYD.
Die robot sorteer plastiek, glas en papier. (1)
5.1.4 Gee die KORREKTE VORM van die woord tussen hakies.
Hy het die robot uit (oud) onderdele van rekenaars en speelgoed
gebou. (1)
5.1.5 Gee die OORTREFFENDE TRAP van die woord tussen hakies.
Dit is die (goed) projek wat ek nog gesien het. (1)
5.1.6 Gee die MEERVOUD van die woord tussen hakies.
Sipho se (ouer) het hom van die begin af ondersteun. (1)
5.1.7 Kies die korrekte VOORNAAMWOORD tussen hakies.
Hy het (hy/sy) eie sakgeld gebruik om die onderdele te koop. (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1 13 Hlayiso/Proef 2026
NSS Proef
5.1.8 Gee die korrekte SAMESTELLING van die woorde tussen hakies.
Dit was eers net ’n (skool + projek). (1)
5.1.9 Skryf die sin hieronder oor in die korrekte WOORDORDE.
Sipho werk (in die motorhuis) (saam met sy pa) (elke middag). (1)
5.1.10 Vul die ontbrekende VOORSETSEL in.
Hy is baie trots (…) sy robot. (1)
5.1.11 Skryf die sin in die BEDRYWENDE VORM.
Die robot is deur Sipho in die motorhuis gebou. (1)
5.1.12 Verdeel die woord tussen hakies korrek in LETTERGREPE.
Volgens hom is die (wetenskaplike) beginsels eintlik eenvoudig. (1)
5.1.13 Skryf die AFKORTING tussen hakies voluit as ’n woord.
Sipho wil ander leerders help om ook te bou, (bv.) ’n robot wat plante
natgooi. (1)
5.1.14 Verbind die sinne met die VOEGWOORD tussen hakies.
Hy wil ingenieurswese studeer. Hy is lief vir wiskunde. (omdat) (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1 14 Hlayiso/Proef 2026
NSS Proef
5.2 Kyk na die prent hieronder en beantwoord die vrae.
TEKS G: PRENT
Marietjie Wolf Pietie Johan
[Eksaminator se eie prent]
5.2.1 Gebruik die HOMONIEM van die woord tussen hakies in ’n sin sodat
die betekenis duidelik is.
Wolf hardloop agter die (bal) aan. (1)
5.2.2 Kies die KORREKTE WOORD uit dié tussen hakies.
Marietjie (laat/maak) haar vlieër hoog in die lug vlieg. (1)
5.2.3 Gee die VERKLEINWOORD van die woord tussen hakies.
Die (boom) gee lekker koelte. (1)
5.2.4 Gee die INTENSIEWE VORM van die woord tussen hakies.
Johan drink (koue) water, want dit is warm. (1)
5.2.5 Gee die KORREKTE AFRIKAANS vir die woord tussen hakies.
Pietie ry met sy (bike) deur die park. (1)
5.2.6 Skryf die sin in die ONTKENNING.
Die kinders speel in die park. (1)
[20]
TOTAAL AFDELING C: 40
GROOTTOTAAL: 80
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
Afrikaans FAL Grade 12 P1 NSC November 2023 Question Paper

Question paper
Afrikaans FAL Grade 12 Paper 1 NSC June 2022 Question Paper

Question paper
Afrikaans FAL Grade 12 P1 NSC November 2022 Question Paper

Question paper
Afrikaans FAL Grade 12 P1 NSC November 2021 Question Paper

Question paper
Afrikaans FAL Grade 12 P1 NSC November 2020 Question Paper

Question paper
Afrikaans FAL Grade 12 P1 NSC November 2019 Question Paper
More from Grade 12 Afrikaans FAL
%20June%202025%20Possible%20Answers--548f1e49-d719-426b-b0e2-f6857ab2b360/v1-8afba796e6c931b94fa2/card.webp)
Memorandum
Afrikaans FAL Grade 12 Paper 1 Gauteng June 2025 Memo

Memorandum
Afrikaans FAL Grade 12 Paper 1 Eastern Cape Prelim 2024 Memo

Memorandum
Afrikaans FAL Grade 12 Paper 1 NSC June 2024 Memo

Memorandum
Afrikaans FAL Grade 12 Eastern Cape June 2023 Memo

Question paper
Afrikaans FAL Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2023 QP

Question paper