Skip to content

Afrikaans FAL Grade 12 Paper 3 NSC November Mock 2026 Memo

MemorandumAfrikaans FALGrade 12202610 pagesPublisher: Hlayiso

Grade 12 Afrikaans FAL Paper 3 memorandum from the NSC November Mock Exam 2026, 10 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Loading document…

Loading document…

NSC November Mock Exam 2026

Document textSearch extracted text and jump to a page.
hlayiso mock exams Oefenreeks: Graad 12 NSS-voorbereiding WWW.HLAYISO.COM NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3 PROEFEKSAMEN 2026 NASIENRIGLYNE PUNTE: 100 Hierdie nasienriglyne bestaan uit 10 bladsye. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 2 Hlayiso/Proef 2026 NSS – Nasienriglyne ALGEMENE RIGLYNE BY DIE ASSESSERING VAN VRAESTEL 3 1. Gebruik die rubrieke soos volg: AFDELING A: VRAAG 1 OPSTEL (50) AFDELING B: VRAAG 2.1–2.4 LANGER TRANSAKSIONELE TEKS (30) AFDELING C: VRAAG 3.1–3.3 KORTER TRANSAKSIONELE TEKS (20) 2. Bestudeer die rubrieke baie deeglik. Let veral daarop dat beplanning, formaat, redigering en struktuur by die rubrieke ingesluit is. 3. As ’n onderwerp misgetas is, word die kandidaat streng gepenaliseer by die inhoud (’n baie lae punt), maar die taal word normaalweg nagesien. 4. Indien ’n skryfstuk grootliks uit die vraestel oorgeskryf is, ontvang die kandidaat geen punte nie (kommentaar: “Nie eie werk nie”). Indien dele van die skryfstuk wel die kandidaat se eie werk is, word daardie dele volgens die laagste kode geassesseer. 5. Die kandidaat word nie addisioneel gepenaliseer indien hy/sy minder as die minimum of meer as die maksimum getal woorde gebruik nie; die rubriek maak reeds voorsiening daarvoor. 6. By die visuele prikkels (VRAAG 1.6.1–1.6.3) moet die titel en die prent bymekaar aansluit. Indien die titel nie by die prent pas nie, maar die inhoud wel op die prent reageer, word die titel geïgnoreer. 7. ’n Holistiese benadering word gevolg: die fokus val nie rigied op ’n enkele spelfout binne die konteks van die sin nie. 8. Slegs die finale poging word nagesien. Indien dit onduidelik is wat die finale poging is, word die eerste poging nagesien. SIMBOLE BY DIE NASIEN VERDUIDELIKING SIMBOOL BESKRYWING Woordorde ( )↷ Hakies en pyltjie Spelfout Twee strepies onder die woord Woordkeuse / Haal met ’n streep deur Tydfoute T Hoofletter T in die kantlyn Woord(e) weggelaat ∧ Weglaatteken Taalfoute Enkelstreep onder die fout Paragraafindeling // Dubbele skuinsstreep Woorde uit ander tale X Trek ’n X oor die woord Erkenning van goeie ✓ Regmerkie bo goeie taalgebruik of idees taalgebruik Herhaling hh In die kantlyn Onduidelik/onverstaanbaar ≀ Kronkelstreep in die kantlyn Punktuasie ◦ Omkring die fout Oorgeskryf uit die vraestel Vr In die kantlyn NEERSKRYF VAN PUNTE • Bepaal eers in watter hoofvlak (bv. KNAP) die skryfstuk val, dan of dit in die hoë of lae subkategorie val, en ken dan EEN punt per kriterium toe. • AFDELING A: Inhoud en beplanning (30) + Taal, styl en redigering (15) + Struktuur (5) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 3 Hlayiso/Proef 2026 NSS – Nasienriglyne = 50 • AFDELING B: Inhoud, beplanning en formaat (18) + Taal, styl en redigering (12) = 30 • AFDELING C: Inhoud, beplanning en formaat (12) + Taal, styl en redigering (8) = 20 Voorbeeld (AFDELING A): I/B: Knap – 22 T/S/R: Gemiddeld – 9 S: 4 TOTAAL: 35/50 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 4 Hlayiso/Proef 2026 NSS – Nasienriglyne AFDELING A: OPSTEL AFDELING A word volgens die opstelrubriek uit 50 geassesseer. Die kandidaat mag slegs oor EEN onderwerp of prent skryf. Hy/Sy mag enige soort opstel skryf wat by sy/haar interpretasie van die onderwerp pas. Assesseer die opstel sonder vooroordeel, vanuit die kandidaat se oogpunt. Die moontlikhede hieronder is nie bindend nie. VRAAG 1 1.1 Die dag wat ek nooit sal vergeet nie Waarskynlik ’n verhalende opstel oor ’n spesifieke dag (bv. ’n ongeluk, ’n geboorte, ’n prys, ’n verrassing, die dood van ’n geliefde). Die gebeure moet in ’n logiese volgorde vertel word en die kandidaat moet verduidelik waarom die dag so onvergeetlik is. ’n Beskrywende benadering is ook aanvaarbaar. [50] 1.2 My droomwerk oor tien jaar Kan beskrywend (die werk, die plek, ’n tipiese dag), verhalend (die pad tot daar) of bespiegelend (drome, hoop, uitdagings) wees. Die kandidaat behoort te noem watter werk dit is en waarom hy/sy dit wil doen. [50] 1.3 Skoolklere (skooluniforms) moet afgeskaf word. ’n Argumenterende opstel (die kandidaat stem saam OF nie saam nie) of ’n beredenerende opstel (albei kante: gelykheid, dissipline, trots en identiteit teenoor koste, individualiteit en gemak) met ’n gevolgtrekking. Die standpunt moet duidelik wees. [50] 1.4 Die geheim wat ek moes bewaar … Waarskynlik ’n verhalende opstel met spanning: wat die geheim was, wie dit vertel het, die moeilikheid om dit te bewaar en wat uiteindelik gebeur het. ’n Bespiegelende opstel oor die las van geheime is ook aanvaarbaar. [50] 1.5 Geld kan nie geluk koop nie. Kan argumenterend (eens of oneens), beredenerend (albei kante) of verhalend (’n voorval wat die stelling bewys of weerlê) wees. Die kandidaat moet die verband tussen geld en geluk duidelik bespreek. [50] 1.6.1 Prent: ’n bergklimmer met ’n vlag op die kruin van ’n berg Moontlike interpretasies: sukses ná harde werk, ’n droom wat waar word, volharding, die matriekjaar as ’n “berg”, ’n werklike avontuur of uitdaging, oorwinning oor siekte of armoede. Enige opstelsoort is aanvaarbaar mits die verband met die prent duidelik is. [50] 1.6.2 Prent: ’n oop voëlhok en ’n voël wat wegvlieg Moontlike interpretasies: vryheid, die einde van skool, uit die huis gaan, ontsnapping uit ’n moeilike situasie (bv. ’n slegte verhouding), verlies (iets of iemand wat jy moes laat gaan), ’n nuwe begin. Die titel is die kandidaat se eie. [50] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 5 Hlayiso/Proef 2026 NSS – Nasienriglyne 1.6.3 Prent: ’n ou houtdeur en ’n sierlike sleutel Moontlike interpretasies: ’n geheim, ’n nuwe geleentheid, die sleutel tot sukses (bv. onderwys), ’n ou huis met herinneringe, ’n avontuur of raaisel, die toekoms. Waarskynlik ’n verhalende of bespiegelende opstel; enige opstelsoort is aanvaarbaar. [50] TOTAAL AFDELING A: 50 SOORTE OPSTELLE (KORT RIGLYN) • Verhalend: vertel ’n storie met ’n duidelike begin, middel (hoogtepunt) en einde; gewoonlik in die verlede tyd. • Beskrywend: beskryf ’n persoon, plek of gebeurtenis so lewendig dat die leser dit kan sien, hoor en voel. • Argumenterend: die skrywer neem ’n duidelike standpunt in en gee redes om die leser te oortuig. • Beredenerend: albei kante van ’n saak word bespreek voordat die skrywer tot ’n gevolgtrekking kom. • Bespiegelend: die skrywer dink oor ’n idee of vraag na; persoonlik van aard. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 6 Hlayiso/Proef 2026 NSS – Nasienriglyne AFDELING B: LANGER TRANSAKSIONELE TEKS AFDELING B word volgens die rubriek uit 30 geassesseer. Let op die korrekte formaat van elke teks; formaat is deel van die punt vir Inhoud, beplanning en formaat. VRAAG 2 2.1 FORMELE BRIEF • Skrywer se adres regs bo, met die datum daaronder; ontvanger se titel en adres links (bv. Die Beursbestuurder, …). • Aanhef: Geagte meneer/mevrou. • Onderwerpreël (onderstreep of in hoofletters), bv. AANSOEK OM ’N STUDIEBEURS VIR 2027. • Inhoud: kort voorstelling (naam, skool, graad 12), wat en waar hy/sy wil studeer, akademiese en ander prestasies, finansiële omstandighede EN waarom hy/sy die beurs verdien. • Slot: bedanking; aangehegte dokumente (opsioneel); Die uwe, handtekening, naam en van. • Toon: formeel, beleefd en oortuigend; geen sametrekkings of slengtaal nie. [30] 2.2 VRIENDSKAPLIKE BRIEF • Skrywer se adres regs bo, met die datum daaronder. • Aanhef, bv. Liewe Naledi; hoofletter ná die aanhef. • Inleiding: groet en vra hoe dit met die vriend/vriendin gaan. • Inhoud: hoe hy/sy vir die eksamen voorberei (studierooster, vorige vraestelle, studiegroep, stres) EN planne ná matriek (studie, werk, gaptjaar). • Slot: vra vir nuus, beplan ’n kuier; afsluiting, bv. Groete/Liefde, en die skrywer se voornaam. • Toon: informeel en vriendelik. [30] 2.3 DIALOOG • Opskrif/titel en ’n kort beskrywing van die situasie (opsioneel, tussen hakies). • Name van die sprekers aan die linkerkant, gevolg deur ’n dubbelpunt; geen aanhalingstekens nie. • Toneelaanwysings (indien gebruik) tussen hakies. • Albei kante word gestel (bv. wie die meeste werk doen, eksamens, sport) en die gesprek kom tot ’n ooreenkoms (bv. ’n werkrooster of ’n ruil). • Toon: natuurlik en gepas vir broers/susters. [30] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 7 Hlayiso/Proef 2026 NSS – Nasienriglyne 2.4 KOERANTBERIG • Pakkende opskrif, bv. Matrieks maak park blink; byreël (naam van die verslaggewer). • Die eerste paragraaf beantwoord wie, wat, waar en wanneer; die res verduidelik waarom en hoe. • Feite: meer as 100 leerders en ouers, die park, hoeveel vullis/sakke, wie dit gereël het, die reaksie van die gemeenskap. • Aanhalings (bv. van die hoof of ’n leerder) verhoog die geloofwaardigheid. • Derde persoon; objektiewe en saaklike toon; kort paragrawe. [30] TOTAAL AFDELING B: 30 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 8 Hlayiso/Proef 2026 NSS – Nasienriglyne AFDELING C: KORTER TRANSAKSIONELE TEKS AFDELING C word volgens die rubriek uit 20 geassesseer. VRAAG 3 3.1 ADVERTENSIE • ’n Pakkende opskrif/naam van die besigheid, bv. BLINK-MOTORS! • Die diens: motorwas (binne en buite), dae en tye (naweke), plek. • Pryse (bv. R50 per motor) en spesiale aanbiedinge. • Kontakbesonderhede: name en selfoonnommer. • Oorredende taal en uitlegelemente (hoofletters, kolpunte, uitroeptekens). Die woorde word getel; tekeninge verdien geen punte nie. [20] 3.2 DAGBOEKINSKRYWINGS • TWEE inskrywings, elk met ’n datum (en tyd); Liewe Dagboek is opsioneel. • Eerstepersoonsvorm; informele, persoonlike toon. • Inskrywing 1: senuwees, voorbereiding (klere, dokumente, moontlike vrae). • Inskrywing 2: hoe die onderhoud verloop het, vrae wat gevra is, gevoelens (verligting/teleurstelling). • Die verskil in gevoelens moet duidelik wees. [20] 3.3 E-POS • Formaat: Aan, Van, Datum, Onderwerp (bv. Baie dankie vir 2026). • Aanhef, bv. Beste Mevrou Naidoo. • Inhoud: bedanking vir spesifieke hulp (ekstra klasse, aanmoediging, geduld) en die verskil wat dit gemaak het. • Slot en afsluiting, bv. Vriendelike groete, en die leerder se naam. • Toon: beleefd, dankbaar en semi-formeel. [20] TOTAAL AFDELING C: 20 GROOTTOTAAL: 100 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 9 Hlayiso/Proef 2026 NSS – Nasienriglyne ASSESSERINGSRUBRIEK VIR OPSTEL (AFDELING A) – EERSTE ADDISIONELE TAAL [50 PUNTE] Kriteria Uitsonderlik Knap Gemiddeld Elementêr Onvoldoende INHOUD EN Hoë 28–30 22–24 16–18 10–12 4–6 BEPLANNING vlak Respons Respons baie Respons Wisselvallige Respons heeltemal (30) uitsonderlik/treffend goed; idees bevredigend; idees samehang; idees irrelevant; idees Respons en en bo verwagting; heeltemal relevant, redelik onduidelik, nie deurmekaar; vaag idees; idees intelligent en interessant en samehangend en oorspronklik nie; en herhalend; geen organisering volwasse; volwasse; oortuigend; min bewys van organisasie nie van idees; uitsonderlike organisasie baie redelike organisasie bewustheid organisasie en goed en organisasie van doel, samehang samehangend gehoor en (inleiding, liggaam, konteks slot) Lae 25–27 19–21 13–15 7–9 0–3 vlak Respons Respons goed; Respons Respons grootliks Geen poging om by uitmuntend, maar idees relevant en bevredigend, maar irrelevant; idees los die onderwerp te sommige treffende interessant; verval soms in en verwarrend; hou nie; eienskappe organisasie goed onduidelikheid; ’n skaars bewys van deurmekaar en ontbreek; knap en samehangend mate van organisasie sonder fokus organisasie en organisasie samehang TAAL, STYL Hoë 14–15 11–12 8–9 5–6 0–3 EN vlak Toon, register, styl Baie gepaste toon Gepaste toon en Toon en Taal REDIGERING en woordeskat en woordeskat; woordeskat; taal woordeskat nie onverstaanbaar; (15) hoogs gepas; taalgebruik dra betekenis gepas nie; baie woordeskat so Toon, register, taalgebruik getuig effektief; voldoende oor basiese beperk dat dit nie styl, van vertroue; grammatika en taalgebruik; baie sin maak nie woordkeuse, grammatika en spelling grootliks beperkte grammatika, spelling feitlik foutvry woordeskat spelling en foutvry punktuasie Lae 13 10 7 4 vlak Taalgebruik Taalgebruik Voldoende Taalgebruik uitstekend en toepaslik en oor die taalgebruik, maar onvoldoende; retories effektief; algemeen effektief; teenstrydighede; weinig feitlik foutvry enkele foute beperkte retoriese sinsverskeidenheid; middele woordeskat baie beperk STRUKTUUR 5 4 3 2 0–1 (5) Uitstekende Logiese Relevante detail Sommige punte Noodsaaklike Kenmerke van ontwikkeling van ontwikkeling van ontwikkel; sinne en geldig; sinne en punte ontbreek; die teks; die onderwerp; detail; paragrawe goed paragrawe foutief; sinne en paragraaf- uitsonderlike detail; samehangend; gekonstrueer; opstel maak nog paragrawe foutief; ontwikkeling en sinne en sinne en opstel maak nog sin opstel maak nie sin sinskonstruksie paragrawe paragrawe logies effens sin nie uitsonderlik en gevarieerd gekonstrueer VERSPREIDING VAN 43–50 33–40 23–30 13–20 0–10 PUNTE LET WEL: Die kriteria vir Inhoud en Taal is in elke vlak in ’n hoë en ’n lae subkategorie verdeel. Struktuur word nie in hoë en lae vlakke verdeel nie. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 10 Hlayiso/Proef 2026 NSS – Nasienriglyne ASSESSERINGSRUBRIEK VIR LANGER TRANSAKSIONELE TEKSTE (AFDELING B) – EERSTE ADDISIONELE TAAL [30 PUNTE] Kriteria Uitsonderlik Knap Gemiddeld Elementêr Onvoldoende INHOUD, 15–18 11–14 8–10 5–7 0–4 BEPLANNING EN Respons Respons baie goed; Respons Basiese respons; Geen kennis van die FORMAAT (18) uitsonderlik, bo goeie kennis van voldoende; geringe kennis van kenmerke van die Respons en idees; verwagting; idees die kenmerke van voldoende kennis die kenmerke; teks nie; betekenis organisering van intelligent en die teks; geen van die kenmerke; afwykings; inhoud onduidelik met groot idees; doel, gehoor, volwasse; grondige afwykings nie; enkele afwykings; nie altyd afwykings; geen kenmerke/ kennis van die samehangend en redelike samehang; samehangend nie; samehang nie; konvensies en kenmerke van die goed uitgebrei; sommige detail; min detail; formaat formaat nie konteks teks; behou fokus; formaat gepas met formaat oorwegend vaagweg toegepas toegepas nie idees uitgebrei met onbeduidende foute gepas met enkele ondersteunende foute detail; gepaste en akkurate formaat TAAL, STYL EN 10–12 8–9 6–7 4–5 0–3 REDIGERING (12) Toon, register, styl Baie geskik vir doel, Geskik vir doel, Minder geskik; Stem nie ooreen Toon, register, styl, en woordeskat gehoor en konteks; gehoor en konteks; grammatika met doel, gehoor en woordkeuse, hoogs geskik vir grammatika oor die enkele onakkuraat met konteks nie; besaai grammatika, doel, gehoor en algemeen korrek; grammatikafoute; etlike foute; basiese met foute; betekenis punktuasie en konteks; baie goeie voldoende woordeskat; ernstig belemmer spelling grammatika woordeskat; woordeskat; foute betekenis belemmer akkuraat en goed oorwegend foutloos belemmer nie gekonstrueer; feitlik betekenis nie foutloos VERSPREIDING 25–30 19–23 14–17 9–12 0–7 VAN PUNTE ASSESSERINGSRUBRIEK VIR KORTER TRANSAKSIONELE TEKSTE (AFDELING C) – EERSTE ADDISIONELE TAAL [20 PUNTE] Kriteria Uitsonderlik Knap Gemiddeld Elementêr Onvoldoende INHOUD, 10–12 8–9 6–7 4–5 0–3 BEPLANNING EN Respons Respons baie goed; Respons Basiese respons; Geen kennis van FORMAAT (12) uitsonderlik, bo goeie kennis van voldoende; geringe kennis van die kenmerke nie; Respons en idees; verwagting; die kenmerke; geen voldoende kennis die kenmerke; betekenis organisering van grondige kennis van afwykings nie; van die kenmerke; afwykings; min onduidelik; geen idees; kenmerke/ die kenmerke van samehangend; enkele afwykings; detail; formaat samehang nie; konvensies en die teks; behou formaat gepas met sommige detail; vaagweg toegepas formaat nie konteks fokus; idees onbeduidende foute formaat oorwegend toegepas nie uitgebrei met detail; gepas gepaste en akkurate formaat TAAL, STYL EN 7–8 5–6 4 3 0–2 REDIGERING (8) Toon, register en Baie geskik vir doel Geskik vir doel en Minder geskik; Stem nie ooreen Toon, register, styl, woordeskat hoogs en gehoor; gehoor; enkele grammatika met doel en gehoor woordkeuse, geskik; grammatika grammatika oor die grammatikafoute onakkuraat met nie; besaai met grammatika, akkuraat; feitlik algemeen korrek; wat nie betekenis etlike foute; basiese foute; betekenis punktuasie en foutloos baie goeie belemmer nie woordeskat; ernstig belemmer spelling woordeskat betekenis belemmer VERSPREIDING 17–20 13–15 10–11 7–8 0–5 VAN PUNTE Kopiereg voorbehou

Study this subject

More from Grade 12 Afrikaans FAL

View all