Vertroulik
SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN/
NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN
GEOGRAFIE V1
MEI/JUNIE 2024
PUNTE: 150
TYD: 3 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 19 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2024 papers 

%202024%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--e19dd834-ffaf-4fe6-a8a4-9ee8f8597c29/v1-cd443ecc5afd789f654b/card.webp)



View all%20June%202025%20Possible%20Answers--164c2c1c-f5c3-4207-9e0d-0dc315f4a347/v1-3595c1d253b6030d1edc/card.webp)





Geography Grade 12 P1 NSC June 2024 Question Paper (Afr)
Grade 12 Geography Paper 1 question paper from the NSC June Exam 2024 (Afrikaans), 19 pages. Read online or download the free PDF.
Geography · Grade 12 · NSC June Exam · 2024 · Afrikaans. Question paper, 19 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Geography
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Question paper
- Year
- 2024
- Exam period
- NSC June Exam
- Paper
- 1
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 19
- File size
- 973.4 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 19
This exam
NSC June Exam 2024
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Geografie/V1 2 DBE/Mei/Junie 2024
SS/NSS Vertroulik
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Hierdie vraestel bestaan uit TWEE afdelings.
AFDELING A
VRAAG 1: KLIMAAT EN WEER (60)
VRAAG 2: GEOMORFOLOGIE (60)
AFDELING B
VRAAG 3: GEOGRAFIESE VAARDIGHEDE EN TEGNIEKE (30)
2. Beantwoord AL DRIE vrae.
3. ALLE diagramme is by die VRAESTEL ingesluit.
4. Laat 'n reël oop tussen die onderafdelings van vrae wat jy beantwoord.
5. Begin ELKE vraag boaan 'n NUWE bladsy.
6. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik is.
7. MOENIE in die kantlyne van die ANTWOORDEBOEK skryf NIE.
8. Teken volledig benoemde diagramme wanneer dit vereis word.
9. Antwoord in VOLSINNE, behalwe waar jy moet noem, identifiseer of 'n lys moet
maak.
10. Die maateenhede MOET in jou finale antwoord aangedui word, bv. 1020 hPa,
14 °C en 45 m.
11. Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.
12. Jy mag 'n vergrootglas gebruik.
13. Skryf netjies en leesbaar.
SPESIFIEKE INSTRUKSIES EN INLIGTING VIR AFDELING B
14. 'n 1 : 50 000 topografiese kaart 2828CB CLARENS en 'n 1 : 10 000 ortofotokaart
2828 CB 7 MAGDALENAS RUST word voorsien.
15. Die gebied wat met ROOI/SWART op die topografiese kaart afgebaken is, stel
die gebied voor wat deur die ortofotokaart gedek word.
16. Toon ALLE berekeninge. Punte sal vir stappe in berekeninge toegeken word.
17. Jy moet die topografiese kaart en die ortofotokaart aan die einde van hierdie
eksamensessie by die toesighouer inlewer.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Geografie/V1 3 DBE/Mei/Junie 2024
SS/NSS Vertroulik
AFDELING A: KLIMAAT EN WEER EN GEOMORFOLOGIE
VRAAG 1: KLIMAAT EN WEER
1.1 Die vrae hieronder verwys na die sinoptiese weerkaart. Verskeie opsies word
as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies die antwoord en
skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers (1.1.1 tot 1.1.7) in die
ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.1.8 D.
[Aangepas uit www.sa.weathersa.co.za]
1.1.1 Die stabiele weertoestande oor die binneland van Suid-Afrika is as
gevolg van die goed ontwikkelde ... hoogdruksel.
A Mauritius-
B Suid-Atlantiese
C Suid-Indiese
D Kalahari-
1.1.2 Die doupunttemperatuur by weerstasie A is … °C.
A 8
B -8
C -17
D 25
1.1.3 Die atmosferiese lugdruk by weerstasie B is … hPa.
A 1014
B 1016
C 1018
D 1020
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Geografie/V1 4 DBE/Mei/Junie 2024
SS/NSS Vertroulik
1.1.4 Die laagdruksel by C staan as 'n ... laag bekend.
A afsny-
B termiese
C kontinentale
D kus-
1.1.5 Die tipe neerslag wat by dorp D aangetref word, is ...
A mis.
B dou.
C hael.
D reën.
1.1.6 Die tipe neerslag (antwoord op VRAAG 1.1.5) word deur ... winde,
wat ... lug bevat, veroorsaak.
(i) aflandige
(ii) aanlandige
(iii) koue, droë
(iv) warm, vogtige
A (i) en (iii)
B (i) en (iv)
C (ii) en (iii)
D (ii) en (iv)
1.1.7 Die bewyse dat bergwindtoestande by weerstasie E voorkom, is ...
en ...
(i) wolkloosheid
(ii) matige winde
(iii) ʹn groot temperatuurspeling
(iv) suidoostewinde
A (i) en (iii)
B (ii) en (iv)
C (iii) en (iv)
D (i) en (ii) (7 x 1) (7) 2024
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Geografie/V1 5 DBE/Mei/Junie 2024
SS/NSS Vertroulik
1.2 Die vrae hieronder verwys na vallei- en stedelike klimate. Voltooi die stellings
in KOLOM A met die opsies in KOLOM B. Skryf slegs Y of Z langs die
vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.8) in die ANTWOORDEBOEK neer,
bv. 1.2.9 Y.
KOLOM A KOLOM B
1.2.1 Hellings in 'n vallei wat na die ewenaar front, Y kleiner
is warmer omdat die gebied wat deur insolasie Z groter
gedek word, ... is.
1.2.2 Anabatiese winde is ... winde. Y afwaartse
Z opwaartse
1.2.3 Besoedelende stowwe word deur anabatiese Y versprei
winde … Z vasgevang
1.2.4 Tipe neerslag wat in 'n vallei aangetref word, Y mis
wanneer doupunttemperatuur bo 0 °C is Z ryp
1.2.5 Winde by A sal … wees as winde by B in die Y swakker
skets hieronder. Z sterker
[Bron: Eksaminator se eie skets]
1.2.6 Hooffaktor wat tot die hitte-eiland-effek in die Y meervoudige
skets hieronder bydra refleksies
Z hoogte van
geboue
[Bron: Eksaminator se eie skets]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Geografie/V1 6 DBE/Mei/Junie 2024
SS/NSS Vertroulik
1.2.7 Die skets hieronder illustreer 'n Y dag
besoedelingskoepel gedurende die ... Z nag
[Bron: Eksaminator se eie skets]
1.2.8 Die vorm van die besoedelingskoepel (in Y hoë
VRAAG 1.2.7) is as gevolg van ... konveksie. Z lae
(8 x 1) (8)
1.3 Verwys na die satellietbeeld hieronder oor middelbreedtesiklone.
[Aangepas uit https://afriwx.co.za/satellite/cold-front-monitor-infrared-satellite-]
1.3.1 A is 'n (laag-/hoog-)druksel. (1 x 1) (1)
1.3.2 Gee bewyse uit die satellietbeeld vir jou antwoord op
VRAAG 1.3.1. (1 x 2) (2)
1.3.3 Beskryf die reënval wat gewoonlik met die wolktipe by die warm
front geassosieer word. (1 x 2) (2)
1.3.4 Gee 'n rede waarom die binneland van Suid-Afrika wolklose
toestande ervaar. (1 x 2) (2)
1.3.5 In 'n paragraaf van ongeveer AGT reëls, verduidelik hoe die
naderende koue front die wolkbedekking en winde wat by area B
ervaar word, verander. (4 x 2) (8)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Geografie/V1 7 DBE/Mei/Junie 2024
SS/NSS Vertroulik
1.4 Verwys na die uittreksel en kaart hieronder oor Tropiese Sikloon Freddy.
IMPAK VAN TROPIESE SIKLOON FREDDY
Volgens die Australiese Buro van Meteorologie en die US Joint Typhoon Warning
Centre het Tropiese Sikloon Freddy op 6 Februarie 2023 in die Indiese Oseaan
noordwes van Australië se kus gevorm. Vanaf sy geboorteplek naby Australië het dit
van oos na wes oor die hele Suid-Indiese Oseaan na Afrika beweeg en ongeveer
8 000 kilometer gedek.
Tropiese Sikloon Freddy het Madagaskar op 21 Februarie en Mosambiek op
24 Februarie getref. Die impak van swaar reënval en sterk winde was erger in
Mosambiek as in Madagaskar. Dit het skade aan die infrastruktuur ingesluit.
Tropiese Sikloon Freddy het op 5 Maart in 'n noordwestelike rigting gedraai en op
11 Maart Mosambiek vir 'n tweede keer getref. Hierdie pad is raar (ongewoon). Die
sisteem het baie stadig in 'n noordwestelike rigting beweeg en dit het die sisteem baie
tyd gegee om groot massas water uit die see te trek. Die gevolg was aanhoudende
swaar reën in geaffekteerde gebiede, wat dikwels wydverspreide vloede veroorsaak
het.
Tropiese Sikloon Freddy het Malawi as 'n tropiese depressie bereik, maar het steeds
swaar reën en hoë windsnelhede gegenereer.
PAD VAN TROPIESE SIKLOON FREDDY
[Aangepas uit https://www.google.com/search?q=Path+of+tropical+cyclone+freddy]
Verwys na die uittreksel.
1.4.1 Op watter datum het Tropiese Sikloon Freddy Madagaskar getref? (1 x 1) (1)
1.4.2 Waarom was die impak van Tropiese Sikloon Freddy hewiger (meer
verwoestend) in Mosambiek as in Madagaskar? (1 x 2) (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Geografie/V1 8 DBE/Mei/Junie 2024
SS/NSS Vertroulik
Verwys na die pad van Tropiese Sikloon Freddy.
1.4.3 Gee TWEE redes waarom Tropiese Sikloon Freddy vanaf
21 Februarie tot 22 Februarie van 'n tropiese sikloon na 'n tropiese
depressie verander het. (2 x 2) (4)
1.4.4 Waarom word die noordwestelike pad wat deur Tropiese Sikloon
Freddy geneem is, as raar (ongewoon) beskou? (1 x 2) (2)
1.4.5 Hoe het die Mosambiek-kanaal die toename in intensiteit (sterkte)
van Tropiese Sikloon Freddy beïnvloed? (1 x 2) (2)
1.4.6 Verduidelik hoe skade aan die infrastruktuur, wat deur Tropiese
Sikloon Freddy veroorsaak is, 'n negatiewe impak op die mense in
die geaffekteerde gebiede kon hê. (2 x 2) (4)
1.5 Verwys na die skets hieronder wat die ontwikkeling van lyndonderstorms
gedurende die somer illustreer.
[Bron: Eksaminator se eie skets]
1.5.1 Identifiseer die front by A. (1 x 1) (1)
1.5.2 Gee die windrigting by B en C. (2 x 1) (2)
1.5.3 Noem die voginhoud van lugmassas B en C. (2 x 1) (2)
1.5.4 Verduidelik die ontstaan van lyndonderstorms oor die binneland
van Suid-Afrika. (3 x 2) (6)
1.5.5 Wat is die positiewe impak van die swaar reënval wat met
lyndonderstorms geassosieer word op die fisiese (natuurlike)
omgewing? (2 x 2) (4)
[60]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Geografie/V1 9 DBE/Mei/Junie 2024
SS/NSS Vertroulik
VRAAG 2: GEOMORFOLOGIE
2.1 Voltooi die stellings in KOLOM A met die opsies in KOLOM B. Skryf slegs Y of Z
langs die vraagnommers (2.1.1 tot 2.1.7) in die ANTWOORDEBOEK neer,
bv. 2.1.8 Y.
KOLOM A KOLOM B
2.1.1 Dendritiese stroompatroon Y
Z
2.1.2 Stroompatroon ontwikkel op 'n koepel Y tralie-
Z radiale
2.1.3 Stroompatroon word gekenmerk deur kort sytakke Y reghoekige
wat reghoekig by die hoofstroom aansluit Z tralie-
2.1.4 Die onderliggende gesteentestruktuur van die Y gesteentes met
stroompatroon hieronder het ... krake en nate
Z harde en sagte
gesteentes
2.1.5 Dreineringdigtheid van 'n riviersisteem wat in Y hoog
gebiede met hoë permeabiliteit vloei, sal ... wees. Z laag
2.1.6 Die stroomorde by X Y 2
Z 3
2.1.7 Kenmerke van 'n eerste-orde-stroom in 'n Y reguit en kort
dreineringsbekken Z reguit en lank
(7 x 1) (7)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Geografie/V1 10 DBE/Mei/Junie 2024
SS/NSS Vertroulik
2.2 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers
(2.2.1 tot 2.2.8) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 2.2.9 D.
Verwys na die skets oor stroomroof hieronder om VRAAG 2.2.1 tot 2.2.6 te
beantwoord.
[Bron: Eksaminator se eie skets]
2.2.1 Die skets illustreer 'n ...
A lengteprofiel.
B planaansig.
C skuinsaansig.
D dwarsprofiel.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Geografie/V1 11 DBE/Mei/Junie 2024
SS/NSS Vertroulik
2.2.2 Stroomroof het plaasgevind omdat sytak P op ... gesteentes asook
oor 'n ... gradiënt as rivier Q vloei.
(i) sagter
(ii) harder
(iii) meer geleidelike
(iv) steiler
A (i) en (iii)
B (i) en (iv)
C (ii) en (iii)
D (ii) en (iv)
2.2.3 Sytak P, soos in die skets geïllustreer, is 'n ... stroom.
A geroofde
B roof-
C verarmde
D onthoofde
2.2.4 Die proses waardeur sytak P sy kanaal verleng deurdat dit deur die
waterskeiding sny, staan as ... bekend.
A rivierverjonging
B sywaartse erosie
C stroomroof
D terugwaartse erosie
2.2.5 Verskynsel T staan as 'n ... bekend.
A windsaal
B roofelmboog
C knakpuntwaterval
D kloof
2.2.6 Rivier R sal 'n ... dreineringsbekken hê en 'n ... snelheid na
stroomroof.
(i) kleiner
(ii) groter
(iii) toename in
(iv) afname in
A (i) en (iii)
B (i) en (iv)
C (ii) en (iii)
D (ii) en (iv)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Geografie/V1 12 DBE/Mei/Junie 2024
SS/NSS Vertroulik
Verwys na area U op die skets, waar rivierverjonging plaasgevind het, om
VRAAG 2.2.7 en 2.2.8 te beantwoord.
2.2.7 Rivierverjonging het ontstaan as gevolg van 'n ... en ... erosie wat
plaasgevind het.
(i) toename in die volume water
(ii) isostatiese styging van die land
(iii) vertikale
(iv) sywaartse
A (i) en (iii)
B (i) en (iv)
C (ii) en (iii)
D (ii) en (iv)
2.2.8 Die gevolglike landvorm wat mees waarskynlik na rivierverjonging
in area U sal vorm, is 'n ...
A kloof.
B inmekaarsluitende uitloper.
C ingekerfde rivierkronkel.
D stroomversnelling. (8 x 1) (8)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Geografie/V1 13 DBE/Mei/Junie 2024
SS/NSS Vertroulik
2.3 Verwys na lengteprofiele X en Y hieronder.
PROFIEL X PROFIEL Y
[Bron: Eksaminator se eie sketse]
2.3.1 Wat is 'n lengteprofiel? (1 x 2) (2)
2.3.2 A staan as die (tydelike/permanente) basisvlak van erosie bekend.
(1 x 1) (1)
2.3.3 Gee 'n voorbeeld van 'n natuurlike tydelike basisvlak van erosie
wat by die knakpunt kan ontwikkel. (1 x 1) (1)
2.3.4 Watter profiel, X of Y, is gegradeer? (1 x 1) (1)
2.3.5 Gee 'n rede vir jou antwoord op VRAAG 2.3.4. (1 x 2) (2)
2.3.6 Verduidelik hoe die profiel (antwoord op VRAAG 2.3.4) ontwikkel
het. (2 x 2) (4)
2.3.7 Teken 'n ruwe dwarsprofiel van die riviervallei by B. (2 x 1) (2)
2.3.8 Gee 'n rede vir die vorm van die dwarsprofiel wat by VRAAG 2.3.7
geteken is. (1 x 2) (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Geografie/V1 14 DBE/Mei/Junie 2024
SS/NSS Vertroulik
2.4 Verwys na die skets hieronder oor 'n fluviale landvorm/verskynsel.
[Bron: https://www.internetgeography.net/flashcard/]
2.4.1 Die fluviale landvorm/verskynsel wat in die skets geïllustreer is, is
'n (gevlegte stroom/meander). (1 x 1) (1)
2.4.2 Gee 'n kenmerk van die rivier in die benedeloop waarin hierdie
fluviale landvorm/verskynsel (antwoord op VRAAG 2.4.1) ontwikkel
het. (1 x 1) (1)
2.4.3 Verduidelik hoe gradiënt die ontwikkeling van die fluviale
landvorm/verskynsel, soos in die skets geïllustreer, beïnvloed het.
(2 x 2) (4)
Verwys na dwarsprofiele X en Y en die fluviale landvorm/verskynsel hierbo.
2.4.4 Identifiseer hellings A en B. (2 x 1) (2)
2.4.5 Watter dwarsprofiel (X of Y) verteenwoordig die lyn tussen A en B?
(1 x 1) (1)
2.4.6 Verduidelik die prosesse wat by die formasie van hellings A en B
betrokke is. (3 x 2) (6)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Geografie/V1 15 DBE/Mei/Junie 2024
SS/NSS Vertroulik
2.5 Verwys na die uittreksel hieronder oor opvang- en rivierbestuur.
HAMMANSKRAAL-WATERKRISIS ONTBLOOT JARELANGE
VERWAARLOSING
Die situasie in Hammanskraal mag
skokkend wees, maar dit is nie 'n
verrassing nie. Mense worstel al 'n
dekade lank met water- en
sanitasie-kwessies, wat as 'n
duidelike voorbeeld dien van wat
gebeur wanneer onbeplande
ontwikkeling plaasvind.
Die watertoevoernetwerk in
Hammanskraal moet opgegradeer
en toegerus word om tred te hou
met die groeiende aanvraag.
'n Beduidende gedeelte van die
waterinfrastruktuur is in 'n
bouvallige (swak) toestand wat tot
gereelde lekkasies en onder-
brekings in die watertoevoer lei.
Oor die jare is verskeie bekommernisse geopper wat die omvang van die
krisis verder beklemtoon. Die Rooiwal-waterverwerkingsaanleg misluk daarin
om die afvalwater te behandel en in plaas daarvan word rou of
semibehandelde afvalwater in die Apiesrivier, wat Hammanskraal bedien,
gestort. Inwoners beskryf voortdurend die water in Hammanskraal as 'bruin en
slymerig'. Die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie het in 2019 die water as
ongeskik vir menslike gebruik verklaar. Die inwoners se ellende word vererger
deurdat die Tshwane-munisipaliteit in Augustus 2021 die Temba-water-
suiweringsaanleg gesluit het sodat Hammanskraal 'n week lank geen toegang
tot water gehad het nie.
[Aangepas uit https://mg.co.za/environment/2023-05-24-hammanskraal-water-crisis]
2.5.1 In watter provinsie is Hammanskraal geleë? (1 x 1) (1)
2.5.2 Wat word bedoel met 'onbeplande ontwikkeling', soos in die
uittreksel genoem? (1 x 2) (2)
2.5.3 Noem TWEE gevolge van 'onbeplande ontwikkelingʹ volgens die
uittreksel. (2 x 1) (2)
2.5.4 Hoe het die Apiesrivier besoedeld geraak? (2 x 1) (2)
2.5.5 In 'n paragraaf van ongeveer AGT reëls, stel strategieë voor wat
die plaaslike munisipaliteit kan implementeer (instel) om
besoedeling van die Apiesrivier te verminder. (4 x 2) (8)
[60]
TOTAAL AFDELING A: 120
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Geografie/V1 16 DBE/Mei/Junie 2024
SS/NSS Vertroulik
AFDELING B
VRAAG 3: GEOGRAFIESE VAARDIGHEDE EN TEGNIEKE
ALGEMENE INLIGTING OOR CLARENS
Koördinate: 28°31'S; 28°25'O
Clarens is 'n klein dorpie wat in die Thabo Mofutsanyana-streek van die Vrystaat in
Suid-Afrika geleë is.
Die Rooiberg-bergreeks omsluit die gebied en verder suidoos is die Malutiberge. Die
gebied word omring deur sandsteenkranse met hulle veelkleurige lae – die horisontale
lae is 'n kenmerkende verskynsel van die gebied.
In Clarens en omringende gebiede is die klimaat warm en matig. Dae regdeur die jaar
is gewoonlik sonnig en helder, en winternagtemperature het al tot -14 °C gedaal.
Reënval kom gewoonlik in die somermaande voor en donderstorms is meestal van
korte duur.
[Aangepas en vry vertaal uit https://en.wikipedia.org/wiki/Clarens,_South_Africa]
Die volgende Engelse terme en hulle Afrikaanse vertalings word op die topografiese
kaart getoon:
ENGLISH AFRIKAANS
Diggings Uitgrawings
River Rivier
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Geografie/V1 17 DBE/Mei/Junie 2024
SS/NSS Vertroulik
3.1 KAARTVAARDIGHEDE EN BEREKENINGE
3.1.1 Die indekskontoerlyn in blok A1 op die ortofotokaart is ... meter.
A 1822
B 1835
C 1840
D 1842 (1 x 1) (1)
3.1.2 Die ruitverwysing vir punthoogte 1872 in blok B1 op die
topografiese kaart is ...
A 28°30'32"S; 28°33'15"O
B 28°33'32"S; 28°17'15"O
C 28°32'32"S; 28°18'15"O
D 28°34'32"S; 28°15'15"O (1 x 1) (1)
Die illustrasie hieronder verteenwoordig die gemiddelde gradiënt tussen
6 (blok D1) en 7 (blok E2) op die ortofotokaart.
3.1.3 (a) Bepaal die vertikale interval (VI) van die geïllustreerde
gradiënt. (1 x 1) (1)
(b) Is die geïllustreerde gemiddelde gradiënt tussen 6 en 7 op die
ortofotokaart geleidelik of steil? (1 x 1) (1)
(c) Noem hoe die geïllustreerde gemiddelde gradiënt die
menslike aktiwiteite tussen 6 en 7 op die ortofotokaart
beïnvloed het. (2 x 1) (2)
Verwys na punthoogte 1802 in blok E4 en peilbaken (trigonometriese
baken) 182 in blok E5 op die topografiese kaart.
3.1.4 (a) Bepaal die ware peiling (WP) vanaf punthoogte 1802 tot by
trigonometriese baken (peilbaken) 182. (1 x 1) (1)
(b) Bereken die magnetiese deklinasie (MD) vir 2024 as die
totale verandering 44' weswaarts is. (2 x 1) (2)
(c) Bepaal die magnetiese peiling (MP) vanaf punthoogte 1802
tot by trigonometriese baken (peilbaken) 182.
Formule: MP = WP + MD (1 x 1) (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Geografie/V1 18 DBE/Mei/Junie 2024
SS/NSS Vertroulik
3.2 KAARTINTERPRETASIE
Verwys na die topografiese kaart.
3.2.1 Wat is die mees waarskynlike rede vir die verskil in die gemiddelde
temperatuur tussen punthoogte 2011 in blok A2 en peilbaken
(trigonometriese baken) 181 in blok E3, soos in die tabel hieronder
aangedui?
VERSKYNSEL GEMIDDELDE TEMPERATUUR (°C)
Punthoogte 6
Trigonometriese stasie 14
A Breedtegraad
B Hoogte
C Hellings
D Valleie (1 x 1) (1)
3.2.2 Die reënval in die gekarteerde gebied is seisoenaal. Gee bewyse
uit blok E5 op die topografiese kaart om hierdie stelling te
ondersteun. (1 x 1) (1)
Verwys na blok E4 op die ortofotokaart.
3.2.3 Watter tyd (oggend of middag) is die foto geneem? (1 x 1) (1)
3.2.4 Gee 'n rede vir jou antwoord op VRAAG 3.2.3. (1 x 2) (2)
Verwys na die topografiese kaart.
3.2.5 Noem die doel van die rye bome in blokke A5 en B5. (1 x 1) (1)
3.2.6 Die landvorm 8 tot 9 in blok B4 op die ortofotokaart is 'n ... en
staan as 'n ... bekend.
(i) uitloper
(ii) vallei
(iii) waterskeiding
(iv) interfluviale skeiding
A (i) en (iii)
B (ii) en (iii)
C (i) en (iv)
D (ii) en (iv) (1 x 1) (1)
Verwys na stroom F in blok A2 en G in blok D1 op die topografiese kaart.
3.2.7 In watter rigting vloei stroom F in blok A2? (1 x 1) (1)
3.2.8 Gee 'n rede vir jou antwoord op VRAAG 3.2.7. (1 x 2) (2)
3.2.9 Hoe het stroom by G in blok D1 bewerking moontlik gemaak?
(1 x 2) (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Geografie/V1 19 DBE/Mei/Junie 2024
SS/NSS Vertroulik
3.3 GEOGRAFIESE INLIGTINGSTELSELS (GIS)
3.3.1 Die dam by H in blok B3 op die topografiese kaart is 'n ...
-verskynsel en word as ... water beskou.
(i) poligoon
(ii) lyn
(iii) standhoudende
(iv) nie-standhoudende
A (i) en (iii)
B (i) en (iv)
C (ii) en (iii)
D (ii) en (iv) (1 x 1) (1)
Verwys na blokke C4 en C5 op die ortofotokaart saam met die skets
hieronder oor afstandwaarneming.
[Bron: Eksaminator se eie skets]
3.3.2 Identifiseer die afstandwaarnemingstoestel in die skets. (1 x 1) (1)
Afstandwaarneming is gebruik om die beeld (foto) te genereer wat gebruik is
om die ortofotokaart te maak.
3.3.3 Is die resolusie op die ortofotokaart hoog of laag? (1 x 1) (1)
3.3.4 Gee 'n rede vir jou antwoord op VRAAG 3.3.3. (1 x 2) (2)
3.3.5 Die koste om infrastruktuur in blokke C4 en C5 te ontwikkel, sal
(meer/minder) duur wees. (1 x 1) (1)
3.3.6 Gee 'n rede vir jou antwoord op VRAAG 3.3.5. (1 x 2) (2)
TOTAAL AFDELING B: 30
GROOTTOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
Geography Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2019 QP (Afr)

Memorandum
Geography Grade 12 P2 Eastern Cape Prelim 2024 Memo (Afr)
%202024%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--e19dd834-ffaf-4fe6-a8a4-9ee8f8597c29/v1-cd443ecc5afd789f654b/card.webp)
Memorandum
Geography Grade 12 P2 Gauteng Prelim 2024 Memo (Afrikaans)

Question paper
Geography Grade 12 P1 NSC June 2023 Question Paper (Afr)

Question paper
Geography Grade 12 P1 NSC June 2023 Question Paper (English)

Question paper
Geography Grade 12 P1 NSC June 2022 Question Paper (Afr)
More from Grade 12 Geography
%20June%202025%20Possible%20Answers--164c2c1c-f5c3-4207-9e0d-0dc315f4a347/v1-3595c1d253b6030d1edc/card.webp)
Memorandum
Geography Grade 12 P1 Gauteng June 2025 Memo (Afrikaans)

Memorandum
Geography Grade 12 Paper 2 Gauteng Mock 2025 Memo

Memorandum
Geography Grade 12 Paper 1 KZN Prelim 2023 Memo

Question paper
Geography Grade 12 Paper 2 KZN Prelim 2023 Question Paper

Question paper
Geography Grade 12 MAPS 2023 Question Paper

Question paper