NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
GESKIEDENIS V1
NOVEMBER 2025
NASIENRIGLYNE
PUNTE: 150
Hierdie nasienriglyne bestaan 27 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2025 papers 





View all



%202024%20Question%20Paper%20X05_hlayiso.com_--7b41ec15-3856-4a67-a9db-cedd424e51c5/v1-5ae80cf63fec0975a316/card.webp)

History Grade 12 Paper 1 NSC November 2025 Memo (Afrikaans)
Grade 12 History Paper 1 memorandum from the NSC November Exam 2025 (Afrikaans), 27 pages. Read online or download the free PDF.
History · Grade 12 · NSC November Exam · 2025. Memorandum, 27 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- History
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Memorandum
- Year
- 2025
- Exam period
- NSC November Exam
- Paper
- 1
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 27
- File size
- 689.6 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 27
This exam
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Geskiedenis/V1 2 DBE/November 2025
NSS – Nasienriglyne
1. BRONGEBASEERDE VRAE
1.1 Die volgende kognitiewe vlakke is gebruik om brongebaseerde vrae te
ontwikkel:
Kognitiewe Gewigstoekenning
Historiese vaardighede
Vlakke van vrae
• Onttrek inligting uit bronne
• Selektering en organisasie van relevante inligting 30%
VLAK 1
uit bronne (15)
• Definieer historiese begrippe/terme
• Interpretasie van bewyse uit bronne
40%
VLAK 2 • Verduidelik inligting uit bronne
(20)
• Analiseer bewyse uit bronne
• Interpreteer en evalueer bewyse uit bronne
• Raak betrokke by bronne om bruikbaarheid,
betroubaarheid, eensydigheid en beperkings vas
30%
VLAK 3 te stel
(15)
• Vergelyk en kontrasteer interpretasies en
perspektiewe in die bronne en kom tot
onafhanklike gevolgtrekkings
1.2 Die inligting hieronder dui aan hoe brongebaseerde vrae geassesseer word:
• By die nasien van brongebaseerde vrae moet krediet gegee word vir enige
ander geldige en toepaslike standpunte, argument, bewyse of voorbeelde.
• Met die toekenning van punte moet aandag gegee word aan hoe daar aan die
vereistes van die vraag voldoen is.
• In die nasienriglyn word die vereistes van die vraag (vaardighede waaraan
aandag gegee moet word) sowel as die vlak van die vraag in kursiefgedrukte
skrif aangedui
1.3 Assesseringsprosedures vir brongebaseerde vrae
• Gebruik 'n regmerk (✓) vir elke korrekte antwoord.
• Gee aandag aan die puntetoekenning, bv. (2 x 2) wat neerkom op twee redes
en twee punte elk wat toegeken word (✓✓✓✓); (1 x 2) wat neerkom op een rede
en twee punte wat toegeken word (✓✓).
• Indien 'n vraag 4 punte tel, word 4 regmerkies (✓✓✓✓) aangedui.
Paragraafvraag
Paragrawe behoort globaal (holisties) geassesseer te word. Beide die inhoud en die
struktuur van die paragraaf moet in berekening gebring word wanneer punte
toegeken word. Die volgende stappe moet gebruik word wanneer 'n antwoord op 'n
paragraafvraag geassesseer word:
• Lees die paragraaf en plaas 'n kolpunt (.) by elke punt binne-in die teks waar die
kandidaat relevante bewyse gebruik het om die vraag te beantwoord.
• Lees die paragraaf weer om die mate te evalueer waarin die kandidaat in staat
was om relevante bewyse te gebruik om die paragraaf te beantwoord.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Geskiedenis/V1 3 DBE/November 2025
NSS – Nasienriglyne
• Maak regmerkies (√) wat aan die kandidaat vir die paragraaf toegeken is aan die
einde van die paragraaf; sowel as die vlak (1, 2 of 3) soos aangedui in die
holistiese rubriek en lewer kort kommentaar, bv.
___________ . __________________________ . _________________________
_____________________________________________ . _________________
√√√√ Vlak 2
Gebruik meestal relevante bewyse om 'n basiese paragraaf te skryf.
• Tel al die regmerkies vir die brongebaseerde vrae op en skryf dan die punt op
die kantlyn regs onder, bv. 32
50
• Maak seker dat die totale punte akkuraat na die buiteblad van die
antwoordeboek oorgedra word.
2. OPSTELVRAE
2.1 Die opstelvrae vereis dat kandidate:
In staat sal wees om hul argument op 'n logiese en samehangende wyse te stel.
Hulle moet die relevante inligting kan selekteer, organiseer en bymekaarvoeg sodat
dit vir hulle moontlik sal wees om 'n redelike reeks feite of 'n effektiewe argument te
kan weergee om sodoende die gestelde vraag te beantwoord. Dit is noodsaaklik dat
'n opstel 'n inleiding, 'n samehangende en gebalanseerde liggaam van bewyse en
'n slot het.
2.2 Nasien van opstelvrae
Kandidate mag enige ander toepaslike inleiding en/of samevatting hê as dit wat
ingesluit is by 'n riglyn vir nasien van 'n spesifieke opstel.
2.3 Globale assessering van 'n opstel
Die opstel sal holisties (globaal) geassesseer word. Hierdie benadering vereis dat
die onderwyser die opstel as 'n geheel sal bepunt sonder om die hoofpunte
afsonderlik te bepunt. Hierdie benadering moedig die leerder aan om 'n
oorspronklike argument aan te bied deur relevante bewyse te gebruik om 'n
argument te ondersteun. Daar sal nie van die leerder verwag word om slegs inhoud
(feite) neer te skryf om 'n vlak 7 (hoë punt) te behaal nie. Hierdie benadering sal
leerders ontmoedig om opstelle voor te berei en te reproduseer sonder om die
spesifieke vereistes van die vraag in ag te neem. Holistiese nasien van opstelle gee
krediet aan leerders se mening, ondersteun deur bewyse. Anders as by
inhoudsgebaseerde nasien, word leerders met holistiese assessering nie vir
ontoereikende taalgebruik gepenaliseer nie, aangesien die klem op die volgende
val:
• Die leerder se interpretasie van die vraag
• Die toepaslike seleksie van feitelike bewyse (relevant inhoudseleksie)
• Die konstruksie/daarstelling van 'n argument (beplan, gestruktureer en 'n
onafhanklike argument)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Geskiedenis/V1 4 DBE/November 2025
NSS – Nasienriglyne
2.4 Assesseringsprosedures van die opstel
2.4.1 Hou die sinopsis in gedagte wanneer die opstel nagesien word.
2.4.2 Tydens die deurlees van die opstel moet regmerkies toegeken word vir 'n
relevante inleiding (aangedui met 'n kolpunt ('bullet') in die nasienriglyne), vir
elke hoofaspek/liggaam van die opstel wat die argument ondersteun
(aangedui met 'n kolpunt ('bullet') in die nasienriglyne) en 'n relevante
slotopmerking (aangedui met 'n kolpunt ('bullet') in die nasienriglyne)
Bv. In 'n opstel waar daar vyf (5) hoofpunte is, sal daar dus sewe (7)
regmerkies wees.
2.4.3 Hou die PEEL-struktuur in gedagte by die assessering van 'n opstel.
P Punt: Die kandidaat lei die opstel in met 'n argument/'n duidelike
hoofpunt.
Elke paragraaf moet 'n punt bevat wat die hoofpunt (argument) wat in
die inleiding gemaak is, ondersteun.
E Verduideliking: Die kandidaat moet in groter detail bespreek
waaroor die hoofpunt (argument) gaan en hoe dit verband hou met
die vraag wat gevra is.
E Voorbeeld: Die kandidate moet die vraag beantwoord deur inhoud te
selekteer wat relevant is tot die argument. Relevante voorbeelde
moet gegee word om argument vol te hou.
L Skakel: Kandidate moet seker maak dat die argument deurgaans in
die opstel onderhou word en samehangend geskryf is.
2.4.3 Die volgende simbole MOET gebruik word in die assessering van 'n opstel:
• Inleiding, hoofaspekte en slotopmerking nie behoorlik gekontekstualiseer nie
^
• Verkeerde stelling _________________
• Irrelevante stelling |
|
|
• Herhaling R
• Analise A√
• Interpretasie 1√
• Argument LOA
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Geskiedenis/V1 5 DBE/November 2025
NSS – Nasienriglyne
2.5 Die matriks
2.5.1 Gebruik van die matriks vir die assessering van opstelle
By die nasien van opstelle, moet die kriteria gebruik word wat in die matriks voorsien
word. Tydens die assessering van 'n opstel moet beide die inhoud en die aanbieding
in ag geneem word. 'n Punt word toegeken by die snypunt van die inhoud en
aanbieding, gebaseer op die sewe vaardigheidsvlakke.
(a) Met die eerste deurlees van die opstel word daar bepaal tot watter mate die
hoofmomente gedek is om en die inhoudsvlak (op die matriks) vas te stel.
I VLAK 4
(b) Die tweede deurlees van die opstel sal die vlak (op die matriks) van die
aanbieding bepaal.
I VLAK 4
A VLAK 3
(c) Ken 'n algehele punt toe met behulp van die matriks.
I VLAK 4
A VLAK 3 }26–27
KOMMENTAAR
Sommige weglatings in die inhoudsdekking.
Poog om 'n argument te handhaaf.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Geskiedenis/V1 6 DBE/November 2025
NSS – Nasienriglyne
NASIENMATRIKS VIR OPSTEL: TOTAAL: 50 PUNTE
VLAK 7 VLAK 6 VLAK 5 VLAK 4 VLAK 3 VLAK 2 VLAK 1*
AANBIEDING Baie goed Baie goed Goed beplande en Argument beplan Toon soms bewys Poging Weinig of geen
beplande en beplande en gestruktureerde en gestruktureer. van 'n aangewend om poging om die
gestruktureerde gestruktureerde opstel. Bewyse tot 'n gestruktureerde en antwoord te opstel te
opstel. Goeie opstel. 'n Poog om 'n sekere mate beplande struktureer. struktureer nie.
sintese van Relevante duidelike argument gebruik om argument. Poog Grootliks
inligting. Het 'n argument is te ontwikkel. argument te om 'n argument vol beskrywend of
goed gevolg. Bewyse Gevolgtrekking ondersteun. te hou. poog om argument
INHOUD gebalanseerde, gebruik om die gemaak uit Slotsom bereik op Gevolgtrekking nie te ontwikkel. Geen
oorspronklike argument te bewyse om die grond van bewyse. duidelik poging om 'n
argument verdedig. Poog om argument te ondersteun deur gevolgtrekking te
ontwikkel met 'n onafhanklike ondersteun. bewyse nie. maak nie.
bewyse. Argument gevolgtrekking uit
deurgaans die bewyse te
volgehou en maak om die
verdedig. argument te
Onafhanklike ondersteun.
gevolgtrekking
gemaak uit
bewyse om die
argument te
ondersteun.
VLAK 7
Vraag is ten volle
beantwoord.
Inhoudskeuse ten 47–50 43–46
volle relevante tot
argument wat gevolg
is.
VLAK 6
Vraag is beantwoord.
Inhoudseleksie 43–46 40–42 38–39
relevant tot argument
wat gevolg is
VLAK 5
Vraag grotendeels
beantwoord. Inhoud 38–39 36–37 34–35 30–33 28–29
toereikend en
relevant.
VLAK 4
Vraag herkenbaar in
antwoord. Sommige
weglatings of
30–33 28–29 26–27
irrelevante keuse van
inhoud.
VLAK 3
Keuse van inhoud hou
verband met vraag,
maar beantwoord dit 26–27 24–25 20–23
nie. Hou soms nie
verband met die vraag
nie. Weglatings.
VLAK 2
Vraag ontoereikend
beantwoord. Inhoud
20–23 18–19 14–17
skraal.
VLAK 1*
Vraag ontoereikend
beantwoord of glad 14–17 0–13
nie. Ontoereikend of
irrelevante inhoud.
*Riglyne vir die toekenning van 'n punt vir Vlak 1:
• Vraag glad nie beantwoord nie/totaal irrelevante inhoud; geen poging om die opstel te struktureer nie = 0
• Inhoudseleksie sluit basiese en algemene irrelevante inligting in; geen poging om die opstel te
struktureer nie = 1–6
• Vraag ontoereikend en vaag beantwoord; min poging om die opstel te struktureer = 7–13
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Geskiedenis/V1 7 DBE/November 2025
NSS – Nasienriglyne
AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE
VRAAG 1: HOE HET DIE INPERKINGSBELEID IN 1947 TOT KOUE OORLOG-
SPANNING TUSSEN DIE VERENIGDE STATE VAN AMERIKA EN DIE
SOWJETUNIE BYGEDRA?
1.1
1.1.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 1A – L1]
• '… Sowjet-Rusland …'
• '… hulle kommunistiese internasionale organisasie...' (2 x 1) (2)
1.1.2 [Interpretasie van bewyse uit Bron 1A – L2]
• Churchill het bevestig dat die Sowjetunie hulle grense moes beveilig om
enige toekomstige bedreigings van Duitse vyandigheid te verwyder
• As gevolg van die rol wat Stalin (Sowjet Unie) tydens die Tweede
Wêreldoorlog gespeel het/ hulle was bondgenote
• Churchill het die rol wat die Sowjetunie steeds in die wêreld kon speel
bevestig/ om nog ‘n wêreld konflik te vermy
• Churchill het die toenemende interaksie/samewerking tussen die
Sowjetunie en Brittanje ondersteun
• Enige ander relevante antwoord (enige 1 x 2) (2)
1.1.3 [Definisie van 'n historiese term uit Bron 1A – L1]
• Dit was 'n simboliese versperring wat Europa ná die Tweede Wêreldoorlog
verdeel het
• Dit was 'n denkbeeldige lyn van politieke en ideologiese skeiding van die
kommunistiese Oosblok en kapitalistiese Westerse demokrasieë
• Enige ander relevante antwoord (enige 1 x 2) (2)
1.1.4 [Interpretasie van bewyse uit Bron 1A – L2]
• Sommige Europese lande is deur Kommunisme oorgeneem
• Oos-Europese lande is geskei van die Westerse lande en is deur die
Sowjetunie beheer
• Kommunistiese invloedsfeer het oor Oos-Europa versprei
• Enige ander relevante antwoord (enige 1 x 2) (2)
1.1.5 [Bepaling van die betroubaarheid van Bron 1A – L3]
Die bron is BETROUBAAR want:
• Dit is 'n uittreksel uit 'n toespraak gemaak deur die voormalige Britse
Premier, Winston Churchill – eerstehandse inligting
• Churchill het die toespraak as 'n voormalige Britse Premier en 'n
'gerespekteerde wêreldleier gelewer'
• Die datum, 5 Maart 1946 was aan die einde van die Tweede Wêreld- oorlog
toe die Sowjetunie besig was om hulle invloedsfeer te versprei
• Die Ystergordyn-toespraak word as 'n ikoniese toespraak beskou wat
regoor die wêreld heen gepubliseer is en wat in ‘Chambers Book of Great
Speeches’verskyn het
• Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Geskiedenis/V1 8 DBE/November 2025
NSS – Nasienriglyne
1.2
1.2.1 [Interpretasie van bewyse uit Bron 1B – L2]
(a)
• Die bedreiging wat deur die Sowjetunie se verspreiding van kommunisme
ingehou is
• Stalin se skepping van 'n invloedsfeer deur ná Oos-Europa uit te brei
• Die verspreiding van outoritêre en diktatorskapregerings
• Die outoritêre aard van die Sowjetunie
• Enige ander relevante antwoord (enige 1 x 2) (2)
(b)
• Finansiële bystand aan Griekeland om 'n kommunistiese oorname te keer
• Versterking van die grense om kommunistiese infiltrasie te keer/bedwing
• Marshall-plan om die verspreiding van Kommunisme ná Wes-Europa te
voorkom
• Truman het finansiële bystand deur die Amerikaanse Kongres aangebied
• Enige ander relevante antwoord (enige 1 x 2) (2)
1.2.2 [Interpretasie van bewyse uit Bron 1B – L2]
• Dit vang die Amerikaanse bedoeling vas om kommunistiese infiltrasie ná
Wes-Europa te bedwing/keer
• Dit vang die Amerikaanse finansiële hulp aan Wes-Europese lande vas om
die verspreiding van kommunisme in te perk
• Enige ander relevante antwoord (enige 1 x 2) (2)
1.3 [Vergelyking van bewyse in Bron 1A en 1B om te bepaal hoe hulle mekaar
ondersteun – L3]
• Bron 1A verwys na die Sowjetunie se onbekende uitbreidingsintensies en
Bron 1B beeld die kommunistiese diktatorskapbedreigings uit wat ná
nie-kommunistiese klein nasies op pad is/versprei
• Bron 1A noem dat die Oos-Europese lande en hulle bevolkings aan die
groeiende invloed en beheer van die Sowjetunie onderwerp word en
Bron 1B wys die groeiende kommunistiese bedreiging vir Griekeland en
Turkye
• Beide bronne is gekant teen die bedreiging wat deur kommunistiese
infiltrasie ingehou word
• Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4)
1.4
1.4.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 1C – L1]
• '… gebroke ekonomieë kon die groei van kommunisme beskerm (laat groei),
baie soos wat strooimis (kompos) sampioene beskerm …' (1 x 2) (2)
1.4.2 [Onttrekking van bewyse uit Bron 1C – L1]
• '… waargeneem dat hulle besig was om aktief uit te berei …'
• '… onherstelbaar (erg) vyandig teenoor Amerika was' (2 x 1) (2)
1.4.3 [Onttrekking van bewyse uit Bron 1C – L1]
• 'Die noodsaaklikheid om die Sowjetunie in te perk …'
• '… die begeerte om die Europese ekonomie te herbou …' (2 x 1) (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Geskiedenis/V1 9 DBE/November 2025
NSS – Nasienriglyne
1.4.4 [Interpretasie van bewyse uit Bron 1C- L2]
Europese lande sal saamwerk:
• Polities en ekonomies onder kapitalisme
• Om te keer dat die Sowjetunie Europa infiltreer
• Om Europa finansieel te versterk om die verspreiding van Kommunisme te
keer
• Om lang termyn Europese eenheid te ondersteun teen die bedreiging van
Kommunisme
• Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4)
1.5
1.5.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 1D – L1]
• '… om hulp te verskaf om die lande in Oos-Europa, wat polities en
ekonomies bondgenote van die Sowjetunie was, te herbou'
• ‘Dit kan beskou word as die USSR se weergawe van die Marshall Plan...’
(enige 1 x 2) (2)
1.5.2 [Onttrekking van bewyse uit Bron 1D – L1]
• '… hulle oortuiging dat die Plan 'n poging was om Sowjet-belang in hulle
satellietstate te verswak …'
• '… deur bevoordeelde (ontvangende) lande ekonomies afhanklik van
Amerika te maak' (2 x 1) (2)
1.5.3 [Verduideliking van 'n historiese term uit Bron 1D – L2]
• Oos Europese lande/ Lande wat deur die Sowjetunie beheer is en deur
Kommunisme gedurende die Koue Oorlog beïnvloed is
• Enige ander relevante antwoord (1 x 2) (2)
1.5.4 [Interpretasie van bewyse uit Bron 1D – L2]
• Finansiële bystand om te keer dat hulle aansluit by die Marshall-plan
• Integrasie tussen satellietstate en die Sowjetunie skep 'n ekonomiese
alliansie/ handel tussen die kommunistiese state om hulle ekonomie te
herbou
• Sekuriteit teen kapitalistiese/ ekonomiese dominansie/oorheersing
• Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Geskiedenis/V1 10 DBE/November 2025
NSS – Nasienriglyne
1.6 [Interpretasie, evaluering en sintese uit relevante bronne – L3]
Kandidate kan die volgende aspekte by hulle antwoorde insluit:
• Die voormalige Britse Premier, Winston Churchill, het in 1946 'n toespraak
in Fulton, Missouri gemaak waartydens hy kommer uitgespreek het oor die
Sowjetunie se ekspansionistiese neigings (Bron 1A)
• Churchill het gesê dat 'n Ystergordyn ('n simboliese versperring van
ideologieë) die lande van Oos- en Sentraal-Europa van Wes-Europese
lande geskei het (Bron 1A)
• Die Oos- en Sentraal-Europese lande is onderwerp aan toenemende
Sowjet-invloed en beheer – wat gekeer moes word (ingeperk) (Bron 1A)
• Die verspreiding of kommunisme was besig om 'n groeiende bedreiging vir
kapitalisme te word (Bron 1B)
• Amerika het gevrees dat indien een Europese land in kommunisme sou
verval, ander kon volg – Domino-teorie (eie kennis)
• Amerika het 'n inperkingsbeleid geïnisieer in 'n poging om die verspreiding
van kommunisme te keer (Bron 1B)
• Amerika het finansiële bystand aan kleiner lande gegee, soos Griekeland en
Turkye, wat deur kommunistiese invloede bedreig is (Bron 1B)
• Marshall-plan-beleidmakers het met strategieë vorendag gekom om
kommunistiese infiltrasie in Oos-Europa te keer (Bron 1C)
• Amerika het geglo dat die Sowjetunie se ekspansionistiese beleide vir hulle
'n bedreiging is, daarom moes hulle 'n strategie hê oor hulle verdediging om
die land teen kommunistiese militêre magte te beskerm (Bron 1C)
• Amerika het aangedring dat Europese lande saamwerk (integrasie) om die
kommunistiese bedreiging af te weer (Bron 1C)
• Amerika wou hulle invloedsfeer uitbrei in die kapitalistiese wêreld om hulle
ideologie teen kommunisme te beskerm (Bron 1C)
• In reaksie op die Marshall-plan teen kommunisme het die Sowjetunie in
1947 die Molotov-plan geskep om Oos-Europese lande finansieel by te
staan (Bron 1D)
• Die Molotov-plan het die ROEB ('COMECON') gestig om finansiële hulp aan
Oosbloklande te verskaf (Bron 1D)
• Die skepping van die Molotov-plan het Koue Oorlog-spanning tussen
Amerika en die USSR verhewig/vererger (eie kennis)
• Enige ander relevante antwoord
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Geskiedenis/V1 11 DBE/November 2025
NSS – Nasienriglyne
Gebruik die volgende rubriek om punte toe te ken:
• Gebruik bewyse op 'n baie elementêre wyse, bv. toon min of
geen begrip van hoe die inperkingsbeleid in 1947 tot Koue
PUNTE
VLAK 1 Oorlog-spanning tussen die Verenigde State van Amerika
0–2
en die Sowjetunie bygedra het.
• Gebruik bewyse gedeeltelik of kan nie 'n paragraaf skryf nie.
• Bewyse is meestal relevant en hou grootliks verband met die
onderwerp, bv. toon 'n bietjie begrip van hoe die
inperkingsbeleid in 1947 tot Koue Oorlog-spanning tussen PUNTE
VLAK 2
die Verenigde State van Amerika en die Sowjetunie 3–5
bygedra het.
• Gebruik bewyse op 'n basiese manier om 'n paragraaf te skryf.
• Gebruik relevante bewyse, bv. toon 'n deeglike begrip van
hoe die inperkingsbeleid in 1947 tot Koue Oorlog-spanning
tussen die Verenigde State van Amerika en die Sowjetunie PUNTE
VLAK 3
bygedra het. 6–8
• Gebruik bewyse baie effektief in 'n georganiseerde paragraaf en
toon begrip van die onderwerp.
(8)
[50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Geskiedenis/V1 12 DBE/November 2025
NSS – Nasienriglyne
VRAAG 2: WAAROM HET DIE VERENIGDE STATE VAN AMERIKA (VSA) VANAF
1975 BY DIE ANGOLESE BURGEROORLOG BETROKKE GERAAK?
2.1
2.1.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 2A – L1]
• 'Die Verenigde State van Amerika …'/'… VSA …' (1 x 1) (1)
2.1.2 [Onttrekking van bewyse uit Bron 2A – L1]
• '… materiaal …'
• '… ondersteuning …'
• '… advies …' (3 x 1) (3)
2.1.3 [Interpretasie van bewyse uit Bron 2A – L2]
• Die publiek moes nie weet dat die VSA fondse aan UNITA en die FNLA teen
die MPLA gee nie
• Die moes nie lyk asof die VSA by die binnelandse sake van 'n vreemde land
inmeng nie
• Dit was deel van die strategie van IAFEATURE – 'n geheime Amerikaanse
Intelligensiediens-operasie
• Na die verleendheid/vernedering van die Viëtnam-Oorlog wou die VSA hulle
self weer laat geld
• Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4)
2.1.4 [Bepaling van die beperkinge van Bron 2A – L3]
• Die boek oor Kissinger, die Minister van Buitelandse Sake in die VSA, is
anti-kommunisties (anti-MPLA) en pro-kapitalisties
• Die bron is bevooroordeel/eensydig want dit wys slegs Amerika se
perspektief oor hulle betrokenheid in die skepping van stabiliteit in Angola
teenoor die destabiliseerende rol van die MPLA
• Dit bevorder die ideologie van kapitalisme – deur die ondersteuning van
kapitalistiese FNLA en UNITA
• Dit handel oor die Amerikaanse Intelligensiediens se geheime monetêre
bystand van die FNLA en UNITA – opponente van die MPLA
• Dit handel oor 'n paramilitêre program teen die MPLA
• Dit beeld die imperialistiese aard van die VSA se buitelandse beleid uit
• Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4)
2.2
2.2.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 2B – L1]
• 'Amerika het gedurende die vorige tien jaar ontelbare miljoene dollar in die
bodemlose put van Mobutu se korrupte militêre diktatorskap gestort.'
(1 x 1) (1)
2.2.2 [Onttrekking van bewyse uit Bron 2B – L1]
• '… teen sy weldoeners gedraai'
• '… Amerika daarvan beskuldig dat hulle 'n magsgreep ondersteun het om
hom te omver te gooi'
• '… die Amerikaanse ambassadeur verban …' (enige 2 x 1) (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Geskiedenis/V1 13 DBE/November 2025
NSS – Nasienriglyne
2.2.3 [Onttrekking van bewyse uit Bron 2B – L1]
• '… die bedrag was te groot om geheim te hou...' (1 x 1) (1)
2.2.4 [Interpretasie van bewyse uit Bron 2B – L2]
• Die Amerikaanse Intelligensiediens was gekant teen 'n MPLA-oorwinning
• Die Amerikaanse Intelligensiediens het beide die FNLA en UNITA
ondersteun omdat hulle hulleself met kapitalisme vereenselwig het/
Kommunisme teengestaan
• Om die MPLA se sukses te vertraag deur Sowjet invloed in Angola te
beperk/Om die FNLA en UNITA te kry om deel te wees van ‘n nuwe regering
in Angola
• Enige ander relevante antwoord (enige 1 x 2) (2)
2.2.5 [Definisie van 'n historiese term uit Bron 2B – L1]
• Die onafhanklikheid van 'n land om hulle eie regering te vestig en hulle eie
reëls/wette te maak
• Enige ander relevante antwoord ( 1 x 2) (2)
2.3
2.3.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 2C – L1]
• '… ek was oortuig dat dit nie sou slaag nie …'
• '… dit sou ons vermoë om in die toekoms met gematigde elemente regdeur
Afrika te werk, ernstig benadeel'
• ' Ons was nie bereid om die nodige hulpbronne te spandeer om oorwinning
te verseker nie'
• '… ons teenstanders (vyande) – Moskou en Havana – meer vasbeslote en
baie beter geposisioneer as ons was'
• '… hulle het nie 'n vyandige Kongres gehad wat die beursie beheer het nie'
• ‘...ons ondersteuning van Roberto Savimbi rampspoedig sou wees’
(enige 2 x 1) (2)
2.3.2 [Verduideliking van 'n historiese term in Bron 2C – L2]
• 'n Operasie deur die Amerikaanse Intelligensiediens wat in die geheim
beplan is om die FNLA en UNITA te ondersteun om te keer dat die MPLA
Angola regeer
• Enige ander relevante antwoord (1 x 2) (2)
2.3.3 [Interpretasie van bewyse uit Bron 2C – L2]
• Die VSA was bang vir die verspreiding van kommunisme in suidelike Afrika/
vrees vir die Domino Teorie
• Die VSA wou hê dat die hele suidelike Afrika onder Kapitalisme bly
• Enige ander relevante antwoord (2 x 2) (4)
2.3.4 [Onttrekking van bewyse uit Bron 2C – L1]
• '...my bes gedoen om die Amerikaanse beleidsposisie te bepleit …'
• '… om die geheime aksieprogram te verdedig'
• ‘...uiteindelik erken dat ek persoonlik gedink het dat ons ondersteuning van
Robertoen Savimbi rampspoedig sou wees’ (2 x 1) (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Geskiedenis/V1 14 DBE/November 2025
NSS – Nasienriglyne
2.4
2.4.1 [Interpretasie van bewyse uit Bron 2D – L2]
• Die VSA se betrokkenheid by die Angolese Burgeroorlog kan beskou word
as 'n poging om te keer dat die MPLA die Angolese regering oorneem
• Kissinger het in die geheim UNITA ondersteun om te keer dat die MPLA
oorneem
• Hy wou sien dat Kapitalisme ‘n oorwinnig oor Kommunisme behaal
• Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4)
2.4.2 [Interpretasie van bewyse uit Bron 2D – L2]
(a)
• Het geen ondersteuning van die VSA gekry nie/MPLA was geignoreer deur
die VSA
• Desperate pleit/angstig vir ondersteuning deur Kissinger
• Die VSA wou nie hê dat die MPLA die Angolese Burgeroorlog wen nie
• Enige ander relevante antwoord (enige 1 x 2) (2)
(b)
• Is deur die VSA bygestaan/ bevoordeel
• Opgewonde/bly om voorsien te word van 'n verskeidenheid van wapens
wat teen die MPLA gebruik sal word
• Enige ander relevante antwoord (enige 1 x 2) (2)
2.5 [Vergelyking van bewyse in Bron 2A en 2D om te bepaal hoe hulle mekaar
ondersteun – L3]
• Bron 2A noem dat die VSA nie wou hê dat die MPLA beheer oor Angola
verkry nie en Bron 2D toon die MPLA wat vir bystand by Kissinger pleit –
maar verniet
• Bron 2A verwys na die Amerikaanse Intelligensiediens wat geheime
ondersteuning aan UNITA gee en Bron 2D toon UNITA met wapens wat
van Kissinger (Amerikaanse Intelligensiediens) ontvang is
• Bron 2A verwys na Kissinger se plan om in die geheim die Amerikaanse
Intelligensiediens-operasie (IAFEATURE) te befonds wat teen die MPLA
begin is en Bron 2D toon dat Kissinger nie van plan was om die MPLA
te help nie
• Beide bronne beklemtoon dat die bedoeling van die geheime program was
om die geveg teen die MPLA in Angola te ondersteun
• Bron 2A verwys na die geheime steun aan FNLA en UNITA en Bron 2D
beeld the VSA uit wat voorgee om ‘n bemiddelaar te wees terwyl hulle in die
geheim UNITA ondersteun/Beide bronne wys die VSA se misleidende aard
van betrokkenheid met die vryheidsbewegings in Angola
• Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Geskiedenis/V1 15 DBE/November 2025
NSS – Nasienriglyne
2.6 [Interpretasie, evaluering en sintese uit relevante bronne – L3]
Kandidate kan die volgende aspekte by hulle antwoorde insluit:
• Om te keer dat die MPLA beheer van die Angolese regering verkry
(Bron 2A en 2B)
• Om in die geheim bevrydingsbewegings (FNLA en UNITA) te ondersteun
wat 'n kommunistiese regering in Angola kon teenstaan (Bron 2A)
• Om Amerikaanse waardigheid of prestige te herwin wat gedurende die
Viëtnam-oorlog verlore kon gegaan het (Bron 2A)
• Om Amerika as 'n globale wêreldmag te hervestig (Bron 2A)
• Om Sowjet-invloed in die streek (suidelike Afrika) Angola te voorkom
(Bron 2B)
• Om 'n omgewing te skep wat die streek in suidelike Afrika in staat sou stel
om met sukses kapitalisme te implementeer (eie kennis)
• Om Suid-Afrika se belange om kapitalisme in die land in stand te hou, te
ondersteun (eie kennis)
• Om die FNLA en UNITA te versterk sodat hulle 'n groot sê in die Angolese
regering sou hê (Bron 2B)
• Om die verspreiding van kommunisme in Angola te keer (Bron 2C)
• Om 'n MPLA-oorwinning te voorkom wat die suidelike Afrika-streek sou
destabiliseer (Bron 2C)
• Om toegang tot Angola se natuurlike hulpbronne te hê (eie kennis)
• Die VSA het die FNLA en UNITA teen die MPLA ondersteun en beweer dat
hulle besig was met bemiddeling (Bron 2D)
• Enige ander relevante antwoord
Gebruik die volgende rubriek om punte toe te ken:
• Gebruik bewyse op 'n baie elementêre wyse, bv. toon min of
geen begrip van waarom die Verenigde State van Amerika
PUNTE
VLAK 1 (VSA) in 1975 by die Angolese Burgeroorlog betrokke
0–2
geraak het nie.
• Gebruik bewyse gedeeltelik of kan nie 'n paragraaf skryf nie.
• Bewyse is meestal relevant en hou grootliks verband met die
onderwerp, bv. toon 'n bietjie begrip van waarom die
PUNTE
VLAK 2 Verenigde State van Amerika (VSA) in 1975 by die Angolese
3–5
Burgeroorlog betrokke geraak het.
• Gebruik bewyse op 'n basiese manier om 'n paragraaf te skryf.
• Gebruik relevante bewyse, bv. toon 'n deeglike begrip van
waarom die Verenigde State van Amerika (VSA) in 1975 by
PUNTE
VLAK 3 die Angolese Burgeroorlog betrokke geraak het.
6–8
• Gebruik bewyse baie effektief in 'n georganiseerde paragraaf
en toon begrip van die onderwerp.
(8)
[50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Geskiedenis/V1 16 DBE/November 2025
NSS – Nasienriglyne
VRAAG 3: HOE HET DIE GEWELDLOSE BENADERING WAT DEUR
MARTIN LUTHER KING JR. AANGENEEM IS DIE BURGERREGTE-
BETOGINGS GEDURENDE DIE 1960's IN DIE VERENIGDE STATE VAN
AMERIKA (USA) GEKENMERK?
3.1
3.1.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 3A – L1]
• '… Mahatma Gandhi …' (1 x 1) (1)
3.1.2 [Onttrekking van bewyse uit Bron 3A – L1]
• '… die leringe en aksies van Gandhi …'
• '… sy gebruik van geweldlose massabetogings …' (2 x 1) (2)
3.1.3 [Definisie van 'n historiese term in Bron 3A – L1]
• 'n Byeenkoms van 'n groot groep mense om onregverdige wette uit te daag
deur vreedsame metodes van burgerlike ongehoorsaamheid
• Enige ander relevante antwoord (1 x 2) (2)
3.1.4 [Interpretasie van bewyse uit Bron 3A – L2]
• King Jr. het geglo dat betogers geweld trompop die hoof moes bied – sonder
om terug te baklei
• King Jr. het gevoel dat deur nie in die konfrontasie met die polisie of die wit
menigte met geweld terug te slaan nie, sou beteken om wit mag teen te
staan
• Die burgerlikeverset-betogers moes dapper wees om voor geweld te staan
as toewyding/ as ‘n demonstrasie dat die swart gemeenskap nie bang was
om op hulle regte aan te dring nie
• Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4)
3.1.5 [Onttrekking van bewyse uit Bron 3A – L1]
• '… direkte ontmoetings met wit, rassistiese magte sou afdwing'
• '… die magteloosheid (swakheid) van wit geweld sou vertoon …'
• '… die land wys dat die swart gemeenskap nie bang was om op hulle regte
aan te dring nie' (enige 1 x 1) (1)
3.2
3.2.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 3B – L1]
• ' Die ontevredenheid is so diep …'
• '… die woede so ingewortel (diepgewortel) …'
• '… die wanhoop, die rusteloosheid so wyd (versprei) …'
• '… iets in die lewe geroep moet word om te dien as 'n weg waardeur hierdie
diep emosionele gevoelens, hierdie diep kwaai gevoelens, gekanaliseer
(gelei) kan word' (enige 2 x 1) (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Geskiedenis/V1 17 DBE/November 2025
NSS – Nasienriglyne
3.2.2 [Interpretasie van bewyse uit Bron 3B – L2]
• Indien die betogers hulle na oproere sou wend, sou dit die meer
konserwatiewe Staatspolisiemanne die verskoning gee om meer
aggressief te wees
• Indien die betogers hulle na geweld en oproere sou wend, sal dit die
reggesinde beweging (soos die Ku Klux Klan) in die VSA aanmoedig om
meer gewelddadig te wees/ verharde houding
• Indien betogers nie geweldloos sou bly nie, sou dit die reggesinde leiers 'n
nog meer volgelinge gee
• Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4)
3.2.3 [Onttrekking van bewyse uit Bron 3B – L1]
• ' Ek gaan nie enigiemand doodmaak nie …'
• ' Ek gaan nie enige gebou afbrand nie'
• '… sal ek voortgaan om dit te verkondig en te onderrig …'
• '… ons by die Suidelike Christelike Leierskapkonferensie sal aanhou om dit
te doen …'
• '… omdat ek gevind het dat dit 'n lewensfilosofie is wat nie net my handelinge
in die stryd om rassegeregtigheid reguleer nie, maar ook my optrede
teenoor mense, teenoor myself'
• ' Ek sal aan geweldloosheid getrou wees' (enige 2 x 1) (2)
3.2.4 [Verduideliking van 'n historiese term in Bron 3B – L2]
• Oproep vir respek van alle rasse in die VSA in die 1960's as gevolg van
bestaande rassediskriminasie
• Eis vir geregtigheid vir alle rasse in die VSA in die 1960's
• Enige ander relevante antwoord (enige 1 x 2) (2)
3.2.5 [Bepaling van die bruikbaarheid van bewyse in Bron 3B – L3]
Die bron is BRUIKBAAR want:
• Dit is gebaseer op King Jr. se werklike woorde – direkte bron (eerstehandse
inligting) oor sy toegewydheid aan die filosofie van geweldloosheid
• Die boek het in 1971 verskyn – 'n paar jaar na sy sluipmoord in 1968
• Dit is geneem uit 'n boek oor King Jr. waarin daar oor sy politieke filosofie
van geweldloosheid uitgewy word
• Dit verskaf insig in sy persoonlike oortuigings en stategiee vir geweldlose
betogings
• Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4)
3.3
3.3.1 [Interpretasie van bewyse uit Bron 3C – L2]
(a)
• Desegregasie/integrasie van middagete-toonbanke
• Aandring op gelyke regte
• Om rassisme en diskriminasie te ontbloot
• Enige ander relevante antwoord (1 x 2) (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Geskiedenis/V1 18 DBE/November 2025
NSS – Nasienriglyne
(b)
• Voortsetting van segregasie/skeiding van middagete-toonbanke
• Om Swart Amerikaners te terroriseer en te intimideer om diskriminasie te
handhaaf
• Enige ander relevante antwoord (enige 1 x 2) (2)
3.3.2 [Interpretasie van bewyse uit Bron 3C – L2]
• Hulle was besig om die geweldlose benadering, voorgestel deur King Jr. te
volg/gehoorsaam/om te verhoed om hulle morele doelwitte /verpligting te
ondermyn
• Hulle is opgelei om geweldloos te bly/nie terug te slaan nie/nie weerwraak
te neem nie
• Enige ander relevante antwoord (enige 1 x 2) (2)
3.4 [Vergelyking van bewyse in Bron 3A en 3C om te bepaal hoe dit mekaar
ondersteun – L3]
• Bron 3A noem dat King Jr. die moontlikheid begin sien het om
geweldloosheid op swart Amerikaners in hulle strewe na desegregasie
toe te pas en in Bron 3C toon dit deelnemers aan sitstakings wat die
filosofie van geweldloosheid in Jackson, Mississippi, by 'n middagete-
toonbank toepas
• Bron 3A verwys na betogers wat hulleself ten spyte van geweld in
gevaar stel en Bron 3C illustreer die deelnemers aan 'n sitstaking wat
hulleself ten spyte van geweld in gevaar stel
• Bron 3A beklemtoon dat swart Amerikaners aangedring het op hulle regte
en Bron 3C toon studente wat op 'n geweldlose manier aandring op
desegregasie by 'n middagete-toonbank
• Beide bronne verwys na die filosofie van geweldloosheid as ‘n strategie om
diskriminasie te veg
• Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4)
3.5
3.5.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 3D – L1]
• '… dit doelbewus jou filosofie van liefde vir die onderdrukker is …'
• '… hierdie filosofie en hierdie beweging in werklikheid deur wit mense
aangemoedig word omdat dit hulle gemaklik laat voel'
• 'Dit maak hulle glo dat *Negers sagmoedige (verdraagsame), trae
(passiewe) wesens is' (enige 2 x 1) (2)
3.5.2 [Onttrekking van bewyse uit Bron 3D – L1]
• '… Montgomery …'
• '… Vryheidsritte …'
• '… sitstakingbeweging …'
• '… Birmingham-beweging …' (enige 2 x 1) (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Geskiedenis/V1 19 DBE/November 2025
NSS – Nasienriglyne
3.5.3 [Interpretasie van bewyse uit Bron 3D – L2]
• Negers kon nie voortgaan om geweldloos te wees nie as gevolg van die
intimidasie deur die polisie
• Die aard van geweld vanaf staatspolisie sou betogers dwing om terug te
slaan
• Die geweldlose benadering was nie volhoubaar as die aard van
polisiewreedheid teenoor betogers in ag geneem word nie/Swart
Amerikaners
• Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4)
3.6 [Interpretasie, evaluering en sintese uit relevante bronne – L3]
Kandidate kan die volgende aspekte by hulle antwoorde insluit:
• King Jr. is terwyl hy 'n student by Morehouse College was blootgestel aan
die idees van passiewe weerstand en hy het dit aangeneem (Bron 3A)
• Sy studie van die lewe en werk van Mahatma Gandhi het hom beïnvloed
om dit toe te pas op die probleme waarvoor swart Amerikaners te staan
gekom het, veral in die Suidelike state van die VSA (Bron 3A)
• King Jr. wou hê dat swart Amerikaners hulleself ten spyte van geweld in
gevaar moes stel en dit die hoof bied (konfronteer) sonder om terug te
slaan, maar met liefde daarop te reageer (Bron 3A)
• King Jr. het swart Amerikaners aangemoedig om die geweldlose
benadering te gebruik om op hulle regte aan te dring (Bron 3A)
• Die benadering van geweldloosheid deur swart Amerikaners sou as 'n
uitlaatklep vir hulle woede dien (Bron 3B)
• King Jr. het geglo dat oproere (geweld) deur swart Amerikaners
reggesindes sou versterk wat skadelik vir die land sou wees (Bron 3B)
• King Jr. en die Suidelike Christelike Leierskapkonferensie het
geweldloosheid voorgestaan, daaroor gepreek en was daaraan toegewy
om dit op alle burgerlikeverset-betogings toe te pas (Bron 3B)
• In Jackson, Mississippi, was die deelnemers aan sitstakings geweldloos
van aard, hulle is nie uitgelok om terug te slaan met geweld nie, ten spyte
daarvan dat hulle geïntimideer is (Bron 3C)
• King Jr. het geglo dat die groot meerderheid van swart Amerikaners
selfbeheersing sou kon toepas in die gesig van geweld (Bron 3D)
• King Jr. Hy wou integrasie tussen swartes en wittes hê om te bewys dat
hulle saam kan bestaan (eie kennis)
• King Jr. wou die beeld van swart Amerikaners red en hulle kant sonder
enige blaam (foute) te hou (eie kennis)
• Enige ander relevante antwoord
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Geskiedenis/V1 20 DBE/November 2025
NSS – Nasienriglyne
Gebruik die volgende rubriek om punte toe te ken:
• Gebruik bewyse op 'n baie elementêre wyse, bv. toon min of
geen begrip van hoe die geweldlose benadering wat deur
Martin Luther King Jr. aangeneem is die burgerregte- PUNTE
VLAK 1
betogings gedurende die 1960's in die Verenigde State van 0–2
Amerika (VSA) gekenmerk het.
• Gebruik bewyse gedeeltelik of kan nie 'n paragraaf skryf nie.
• Bewyse is meestal relevant en hou grootliks verband met die
onderwerp, bv. toon 'n bietjie begrip van hoe die geweldlose
benadering wat deur Martin Luther King Jr. aangeneem is PUNTE
VLAK 2
die burgerregte-betogings gedurende die 1960's in die 3–5
Verenigde State van Amerika (VSA) gekenmerk het.
• Gebruik bewyse op 'n basiese manier om 'n paragraaf te skryf.
• Gebruik relevante bewyse, bv. toon 'n deeglike begrip van
hoe die geweldlose benadering wat deur Martin Luther
King Jr. aangeneem is die burgerregte-betogings
PUNTE
VLAK 3 gedurende die 1960's in die Verenigde State van Amerika
6–8
(VSA) gekenmerk het.
• Gebruik bewyse baie effektief in 'n georganiseerde paragraaf en
toon begrip van die onderwerp.
(8)
[50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Geskiedenis/V1 21 DBE/November 2025
NSS – Nasienriglyne
AFDELING B: OPSTELVRAE
VRAAG 4: DIE UITBREIDING VAN DIE KOUE OORLOG: GEVALLESTUDIE –
VIËTNAM
[Beplan en konstrueer 'n oorspronklike argument wat op relevante bewyse gebaseer is
deur analitiese en interpretasievaardighede te gebruik]
SINOPSIS
Kandidate moet aandui of hulle saamstem of nie dat die militêre taktieke en strategieë
wat deur die Viëtkong gedurende die Viëtnam-oorlog tussen 1962 en 1975 gebruik is,
suksesvol was om die sterk weermag van die VSA te verslaan. Hulle moet hulle
argumente met relevante historiese bewyse ondersteun.
HOOFASPEKTE
Kandidate moet die volgende aspekte by hulle antwoorde insluit:
• Inleiding: Kandidate moet 'n standpunt inneem wat aandui dat hulle saamstem of nie
dat die militêre taktieke en strategieë wat deur die Viëtkong gedurende die Viëtnam-
oorlog tussen 1962 en 1975 gebruik is, suksesvol was om die sterk weermag van die
VSA te verslaan. Hulle moet die inhoud wat gebruik gaan word om hulle standpunt te
ondersteun, kortliks beskryf. Hulle sal ook voorbeelde moet gee van inhoud en hoe
hulle dit sal gebruik om hulle argumentslyn te ondersteun
UITBREIDING
• VSA se betrokkenheid oor vrees van die Domino Teorie
• Verdeling van Noord- en Suid-Viëtnam as gevolg van ideologiese invloed van
Kommunisme (Noord) en Kapitalisme (Suid-Viëtnam)
➢ Die Viëtminh kommunistiese guerrillas uit Noord-Viëtnam het die Viëtkong in die
Suide ondersteun om teen die Amerikaans-gesteunde Suid-Viëtnamese
weermag te veg
➢ Die Viëtminh was daartoe in staat om die Viëtkong deur die Ho Chi Minh-roete te
ondersteun
➢ Amerika se eerste ingryping in Suid-Viëtnam – stuur wapens en militêre
raadgewers teen die Viëtkong (Viëtnamese kommuniste)
• In Suid-Viëtnam, die Viëtkong het binne klein dorpies gefunksioneer
➢ Die Amerikaners het die 'Safe Village'-beleid/Hamlet-strategie/'Villagisation'
(hervestiging van mense in nuwe dorpe) ingestel – om dorpenaars van die
Viëtkong te skei
➢ Die Viëtkong was in die dag plattelanders en snags guerrillas
➢ 'Safe Village'-beleid het misluk – dorpenaars en die Viëtkong kon nie geskei
word nie
• Guerrilla-oorlogvoering deur die Viëtminh en Viëtkong
➢ Hoogs effektiewe gebruik van guerrilla-taktieke deur die Viëtkong teen die
konvensionele weermag van Amerika
➢ Gesteun deur Viëtminh uit die noorde, het die Viëtkong taktieke gebruik soos
fopstelsels, tref-en-hardloop, sabotasie en ondergrondse tonnels – nou/smal vir
die Viëtkong-liggaamstruktuur, maar nie vir die groot Amerikaanse soldate nie
➢ Die Viëtkong het die harte van die dorpenaars gewen en hulle
ondersteuningsbasis vergroot as gevolg van die effektiewe taktieke wat teen die
Amerikaanse soldate gebruik is
• Die Golf van Tonkin-insident en oplossing (1964) – gebruik as 'n verskoning vir die
eskalering van die Amerikaanse weermag
➢ Amerika het op 8 Maart 1965, 3 500 'marines' (soldate) en grondtroepe na
Viëtnam gestuur
➢ Die meeste troep was onervare jong mans
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Geskiedenis/V1 22 DBE/November 2025
NSS – Nasienriglyne
• Operation Ranch Hand (vanaf 1962) – gebruik chemiese ontblaringsmiddels:
➢ ‘Agent Orange’ om die woud te vernietig waar die Viëtkong kon wegkruip –
veerkragtige aanpasing deur die Viëtkong, Viëtkong het aangepas deur die tonnel
sisteme te verbeter , kamoflering van die ingang van die tonnels, meer effektiewe
gebruik van natuurlike hulpbroone, hulle het die operasies beweeg na na die
onaangeraakte woude
➢ ‘Agent Blue om landbouprodukte te vernietig om voedselvoorraad aan die
Viëtkong te verswak – konfiskering van kos van die plaaslike gemeenskap en het
ondersteuning gekry van ander plaaslike populaises, ryn ondergronds gestoor
➢ Die gebruik van beide hierdie ‘agents’het simpatie en plaaslike ondersteunig
versterk
• Gebruik chemiese wapens, bv. Napalm-gas, het Amerika ongewild gemaak en baie
lande het Amerika verdoem – baie skade aan die omgewing aangerig (vernietig
woude)
• President Johnson het Operation Rolling Thunder in Maart 1965 ingestel:
➢ Om massiewe bombardering toe te pas om die Viëtkong dood te maak
➢ Om die Viëtkong vinnig te elimineer en die tydperk van die oorlog te verkort
➢ Guerrilla-taktieke het die bombarderingsveldtog oneffektief gelaat
➢ Konvensionele weermag van Amerika was gefrustreerd deur onkonvensionele
strategieë van die Viëtkong
• Viëtkong het met die Tet Offensief (Januarie 1968) gereageer
➢ Verrassingsaanval (hinderlae) op 'n vakansiedag op 100 Amerikaans-beheerde
stede
➢ Viëtkong het beheer oor meer as 80 stede oorgeneem
➢ Baie Viëtkong is dood maar die Tet Offensief was 'n sukses vir die Viëtkong
• Amerika gebruik Soek-en-Vernietig-(Search and Destroy)beleid om dorpies wat die
Viëtkong ondersteun, te vernietig (reaksie op Tet Offensief)
➢ Amerikaanse gruweldade en My Lai-massamoord (Maart 1968) het openbare
mening teen Amerika gedraai – dit het tot 'n groot aantal burgerlike sterftes gelei,
wat tot meer steun vir die Viëtkong gelei het Viëtkong het die insident gebruik as
‘n propagandiese wapen om die geloowaardigheid van die VSA te ondermyn en
Anti Amerikaanse sentiment te versterk, pamflette uit te deel, radio uitsendings
en plaaslike boodskappe te versprei wat klem geplaas het op hoe die VSA se
weermag onskuldige plaaslike burgers vermoor het
• Ondersteuning deur die Sowjetunie en China (Kommunistiese lande)
➢ Viëtminh en Viëtkong het toegang gehad tot moderne buitelandse wapens
• Die Viëtnamese was verenig en hoogs ervare in hulle verdediging van hulle land
• Viëtnamisasie: President Nixon het met die beleid van strategiese onttrekking uit
Viëtnam vorendag gekom
➢ Dit is ook WHAM (Winning the Hearts and Minds of the Viëtnamese) genoem
➢ Het Amerika se onvermoë om te keer dat Viëtnam 'n kommunistiese staat word
en die daaropvolgende onttrekking, aangedui
➢ Amerika het alle troepe teen 1973 onttrek (President Nixon het op 27 Januarie
1973 die Parys Vredesooreenkoms onderteken – wat die Amerikaanse
betrokkenheid by die Viëtnam-oorlog beëindig het)
➢ Noord-Viëtnam het in 1975 beheer oor Saigon oorgeneem
➢ Viëtnam is verenig onder kommunistiese beheer
• Enige ander relevante antwoord
• Gevolgtrekking: Kandidate moet hulle argumente met 'n relevante slot saamvat. [50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Geskiedenis/V1 23 DBE/November 2025
NSS – Nasienriglyne
VRAAG 5: ONAFHANKLIKE AFRIKA: GEVALLESTUDIE – DIE KONGO
[Beplan en konstrueer 'n oorspronklike argument wat op relevante bewyse gebaseer is
deur analitiese en interpretasievaardighede te gebruik]
SINOPSIS
Kandidate moet die stelling krities bespreek dat die politieke, ekonomiese, maatskaplike
en kulturele beleide, wat ná onafhanklikheidswording in die 1960's deur Mobutu Sese
Seko ingestel is, 'n klaaglike mislukking was. Hulle moet hulle argumente met relevante
historiese bewyse ondersteun.
HOOFASPEKTE
Kandidate moet die volgende aspekte by hulle antwoorde insluit:
• Inleiding: Kandidate moet 'n kritiese standpunt inneem deur aan te dui dat die
politieke, ekonomiese, maatskaplike en kulturele beleide, wat ná
onafhanklikheidswording in die 1960's deur Mobutu Sese Seko ingestel is, 'n paar
suksesse maar ook mislukkings gehad het. Hulle moet in breë trekke die inhoud
beskryf wat hulle van plan is om te gebruik om hulle argument te ondersteun. Hulle
sal ook voorbeelde moet gee van inhoud en hoe hulle dit sal gebruik om hulle
argumentslyn te ondersteun.
UITBREIDING
Politieke beleide
• België se beleid van paternalisme het die Kongo gelaat met geen ervaring in die
administrasie van of verteenwoordiging in die regering nie (het 'n negatiewe impak op
politieke beleide)
➢ Vinnige Belgiese onttrekking – as gevolg van die 1959 Leopoldville-oproere
➢ In die Kongo is nuwe politieke partye volgens streeks- en etniese groeperings
gevorm
➢ 120 politieke partye het aan die 1960-verkiesing deelgeneem; geen enkele
politieke party het 'n volstrekte meerderheid gehad nie – Patrice Lumumba se
Movement National Congolese (MNC) het die meeste setels gewen want anders
as ander streekspartye het hulle 'n sekere vlak van landswye ondersteuning
gehad
➢ Gebrek aan politieke eenheid onder politieke partye en hulle leiers
• Politieke onstabiliteit
➢ Kasavubu as President en Lumumba as Eerste Minister. Kasavubu het verkies
dat die Kongo 'n federale staat moet wees terwyl Lumumba vir 'n sterk
gesentraliseerde nasionale regering gestaan het
➢ Tshombe het gefokus op die afskeiding van Katanga vir hulle eie onafhanklikheid
(in konflik met Lumumba)
➢ Mobutu het mag by Kasavubu deur 'n coup d'état in 1965 oorgeneem
➢ Hy het daarin geslaag om 'n sekere vorm van politieke stabiliteit te bring
(gebaseer op outoritarisme)
➢ In 1967 Mobutu daarin geslaag om die Katanga-rebellie te keer en het sy land ‘n
nuwe konstitusie gegee
• Eenparty-staat onder sy party die Popular Movement for the Revolution (MPR)
➢ 'n Nuwe konstitusie
➢ Mobutu het 'n persoonlikheidskultus ontwikkel/ideologie van (Mobutuïsme)
(mislukking)
➢ Mobutu het die Kongo 'n outokratiese staat onder hom as 'n militêre diktator
gemaak (mislukking)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Geskiedenis/V1 24 DBE/November 2025
NSS – Nasienriglyne
• Hy het 'n sterk gesentraliseerde regering geskep
➢ Alle aanstellings, bevorderings en die toekenning van regeringsinkome beheer
• Hy het 'n Zaïrenasie ingestel wat
➢ Vaardige/kundige buitelanders of diegene wat strategiese bestuursposte beklee
het met ongeskoolde plaaslike mense vervang
➢ Lei tot wanadministrasie en wanbestuur in leierskaprolle (mislukking)
➢ Lei tot nepotisme en kleptokrasie (mislukking)
• Enige ander relevante antwoord
Ekonomiese beleide
• België se kapitalistiese beleid van 'n enkelproduk-ekonomie (negatiewe impak op
ekonomie van die Kongo)
➢ Teen onafhanklikheidswording is die Kongo beskou as een van die welvarende
lande, maar die ekonomiese rykdom is deur buitelandse eienaars besit
➢ Die Kongo het 'n kapitalistiese ekonomie geërf
➢ Laat die ekonomie in die hande van wit setlaars en buitelanders
➢ Lei tot groot onderskeid tussen die opkomende middelklas en die landelike klas
• Nasionalisering:
➢ Die land se ryk natuurlike hulpbronne van koper, kobalt, diamante en ander
materiaal het buitelandse beleggings gelok
➢ Mobutu het die land se kopermynbounywerheid genasionaliseer en winste uit die
kopernywerheid gebruik om sy 10 jaar-industrialisasieplan te finansier ('n mate
van sukses)
➢ Buitelandse maatskappye is onder die beheer van sy bondgenote en familielede
geplaas (nepotisme)
• Stel Zaïrenasie in
➢ Vervang buitelanders met onkundige/ongeskoolde Zaïrese burgers
➢ Lei tot korrupsie, diefstal en wanbestuur
➢ Die ekonomie is gekenmerk deur nepotisme en elitisme (het gaping tussen die
elite en gewone burgers/ryk en arm geskep)
• Swak infrastruktuur (mislukking)
➢ Produk van mislukte ekonomiese beleide
➢ Kleptokratiese praktyke waar aangestelde staatsamptenare hulle posisies vir
finansiële gewin sou misbruik (mislukking)
• Mobutu is geforseer om retrosessie in te stel
➢ Terugkeer van buitelandse eienaars (herwin ekonomiese sukses)
➢ Baie min buitelandse eienaars het teruggekeer (beperkte sukses)
• Die Kongo se ekonomie het in duie gestort as gevolg van hoë inflasie (mislukking)
• Die Kongo het afhanklik geword van buitelandse hulp en belegging, bv. van die
Wêreldbank (mislukking)
• Enige ander relevante antwoord
Maatskaplike beleide
• Kongo het 'n koloniale onderwysstelsel by België geërf:
➢ Teen onafhanklikheid (1960) het die Kongo 14 universiteitsgegradueerdes uit
14 miljoen mense gehad
➢ Swak onderwysstelsel het nie die Kongolese bevoordeel nie en hulle nie met
vaardighede bemagtig nie
➢ Elitisme bevorder: onderrig van klein elite in 'n Westerse styl van kennis en
vaardighede aangemoedig
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Geskiedenis/V1 25 DBE/November 2025
NSS – Nasienriglyne
Opvoeding
• Frans as onderrigmedium in skole gebruik en die onderwysstelsel het voortgegaan
om die stedelike elite te bevoordeel (mislukking)
• Ná onafhanklikheid, het primêre onderwys en skoolregistrasie van 1,6 miljoen in
1960 tot 4,6 miljoen in 1974 gestyg (sukses)
➢ Toe staatsbefondsing deur Mobutu onttrek is en ouers moes begin betaal, het
primêre onderwys begin daal (mislukking)
➢ Onderwysers en hospitaalpersoneel is vir maande nie betaal nie as gevolg van
swak ekonomiese en politieke praktyke
• Kleredrag:
➢ Dra van Westerse styl pakke was onwettig (deur 'n verordening) en vervang met
'abacos' ('A bas le costumes'), wat beteken 'weg met die pak klere' (maatskaplike
status) (sukses)
➢ Mobutu het demokrasie as 'n buitelandse ideologie vir Afrika beskou – hy het as
'n hoofman in die tradisionele Afrika-styl geregeer en dit gebruik om sy eie
outoritêre posisie te versterk
Kulturele beleide
• Beleid van Authenticite (oorspronklik om inheemse oortuigings en gelowe te
bevorder) om koloniale invloed uit die weg te ruim. Ook na verwys as Afrikanisering
➢ Vervang Christen name met Afrika name, bv. Die Kongo was hernoem tot
Zaire in 1971; Leopoldville het Kinshasha geword, Elisabethville het
Lubumbashi geword en Stanleyville het Kisangani geword, Mobutu het ook
sy naam verander van Joseph-Desire Mobutu na Mobutu Sese Seko Kuku
Ngbedu Waza Banga wat ‘Die Alles Oorwinnende Kryger Wie oor sy
uithouvermoe en onbuigsame begeerte om te wen, sal beweeg van
verowering na verowering en vuur sal los in sy nasleep’ (sukses)
• Afrika-musiek/kuns/danse is aangemoedig (sukses)
• Afrika-haarstyle is aangemoedig (Afrikanisasie) (sukses)
• Enige ander relevante antwoord
• Gevolgtrekking: Kandidate moet hulle argument met 'n relevante slot saamvat. [50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Geskiedenis/V1 26 DBE/November 2025
NSS – Nasienriglyne
VRAAG 6: BURGERLIKE VERSET VANAF DIE 1950's TOT DIE 1970's: DIE
SWARTMAGBEWEGING
[Beplan en konstrueer 'n oorspronklike argument wat op relevante bewyse gebaseer is
deur analitiese en interpretasievaardighede te gebruik]
SINOPSIS
Kandidate moet verduidelik tot watter mate die Swartmagbeweging suksesvol was om
swart Amerikaners in die 1960's te organiseer om rassediskriminasie en segregasie in
die VSA uit te daag. Hulle moet hulle argumente met relevante historiese bewyse
ondersteun.
HOOFASPEKTE
Kandidate moet die volgende aspekte by hulle antwoorde insluit:
• Inleiding: Kandidate moet 'n standpunt inneem deur aan te dui tot watter mate (groot
of mindere) die Swartmagfilosofie suksesvol was om swart Amerikaners in die 1960's
te organiseer om rassediskriminasie en segregasie in die VSA uit te daag. Hulle moet
in breë trekke die inhoud beskryf wat hulle van plan is om te gebruik om hulle
argument te ondersteun. Hulle sal ook voorbeelde moet gee van inhoud en hoe hulle
dit sal gebruik om hulle argumentslyn te ondersteun.
•
UITBREIDING
• Redes vir die opkoms van die Swartmagbeweging:
➢ Swart Amerikaners is verlam in die VSA as gevolg van diskriminerende (Jim
Crow) wette (diskriminasie en segregasie)
➢ Daar was 'n gebrek aan selftrots (eietrots) by Swart Amerikaners as gevolg
van sosio-ekonomiese omstandighede
➢ Swart Amerikaners het in ghetto's en krotbuurte/swak behuising/fasiliteite met
hulpbronne gewoon (diskriminasie en segregasie)
• Swart Amerikaners het ongeduldig geword met die trae pas van verandering
➢ Die impak van die Burgerregtebeweging onder die leierskap van King Jr. in
die 1960's
• Swart Amerikaners is onderwerp aan polisiewreedheid (diskriminasie) – lei tot die
idee van selfverdediging
• Swartmagbeweging het die Swartmagfilosofie voorgestaan wat die volgende
bevorder het:
➢ Die gees van selfgelding; selfstandigheid; swart trots; bevordering van
Afrohaarstyl en Afrikakleredrag en slagspreuk 'Black is beautiful'
• Malcolm X bevorder gewapende selfverdediging teen wit onderdrukking – daag
diskriminasie uit:
➢ Hy redeneer dat bloedvergieting vir die rewolusie nodig is (swart
nasionalisme)
➢ Hy bepleit selfrespek en selfdissipline
➢ Bevorder die konsep van Black Pride ('Swart Trots') (groot mate)
➢ Moedig swart Amerikaners aan om hoe ook al teen wit Amerikaanse
owerhede op te staan in die strewe na vryheid, geregtigheid en gelykheid –
daag diskriminasie uit (groot mate)
➢ Ondersteun die gebruik van geweld as 'n selfverdedigingsmiddel teen diegene
wat swart Amerikaners aanval – daag diskriminasie uit (groot mate)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Geskiedenis/V1 27 DBE/November 2025
NSS – Nasienriglyne
• Carmichael het geglo dat die geweldlose strategie misluk het as gevolg van
voortgaande geweld teen swart Amerikaners
➢ Beheer van politiek in eie gemeenskappe
➢ Soek vryheid van wit mag/outoriteit (daag diskriminasie uit)
• In 1966 het Bobby Seale en Huey Newton die Black Panther-party (BPP) vir
Selfverdediging – teen polisiewreedheid gestig – daag diskriminasie uit (groot mate)
• BPP-lede het strate gepatrolleer om polisie-aktiwiteite (polisieer die polisie) te
moniteer en om hulle teen polisiewreedheid te beskerm – daag diskriminasie uit
(groot mate)
• Stel Tienpuntplan in om hulle maatskaplike, politieke en ekonomiese doelwitte vir die
opheffing van die swart Amerikaanse gemeenskap te dek (groot mate)
➢ Die BPP het voedingskemas, kindersorg en geletterdheidsprojekte in swart
gemeenskappe bestuur – was in staat om honger onder die jeug uit te wis en leer
in skole te verbeter (groot mate)
➢ BPP-geletterdheidsprojekte het ongeletterdheid in swart Amerikaanse
gemeenskappe uitgewis (groot mate)
➢ BPP -kindersorgprojekte het gesorg vir die mediese behoeftes van swart
Amerikaners in swart gemeenskappe (groot mate)
➢ BPP het geëis dat swart geskiedenis in swart skole onderrig word (groot mate)
• Die rol van ander aktiviste bv. Angela Davies
• Oproere breek tussen 1965 en 1969 uit wat fokus op aandag op die diskriminasie
teen swart Amerikaners in die noordelike state
• President Johnson stel 'n kommissie van ondersoek na die geweld aan en begin 'n
program van hervormings om armoede en diskriminasie uit te wis (groot mate)
• Swart Amerikaners het trots geword op hulle Afrika-erfenis en begin om
Afrohaarstyke te dra (groot mate)
• Enige ander relevante antwoord
• Gevolgtrekking: Kandidate moet hulle argumente met 'n relevante slot saamvat. [50]
TOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject

Memorandum
History Grade 12 Paper 1 NSC November 2018 Memo (Afrikaans)

Memorandum
History Grade 12 Paper 1 NSC November 2013 Memo (Afrikaans)

Question paper
History Grade 12 P1 NSC November 2020 Question Paper (Eng)

Addendum
History Grade 12 P1 NSC November 2019 Addendum (Afrikaans)

Addendum
History Grade 12 P1 NSC November 2015 Addendum (English)

Question paper
History Grade 12 P1 NSC November 2014 Question Paper (Eng)
More from Grade 12 History

Study guide
Workguide Case Study Strategies

Addendum
History Grade 12 P1 Eastern Cape Prelim 2024 Addendum (Afr)

Addendum
History Grade 12 P2 Eastern Cape Prelim 2024 Addendum (Afr)

Question paper
History Grade 12 P2 Eastern Cape Prelim 2024 QP (Afr)
%202024%20Question%20Paper%20X05_hlayiso.com_--7b41ec15-3856-4a67-a9db-cedd424e51c5/v1-5ae80cf63fec0975a316/card.webp)
Question paper
History Grade 12 P1 Gauteng Prelim 2024 Question Paper (Eng)

Addendum