Skip to content

History Grade 12 P1 NSC November 2025 Addendum (Afrikaans)

AddendumHistoryGrade 12202514 pages

Grade 12 History Paper 1 addendum from the NSC November Exam 2025 (Afrikaans), 14 pages. Read online or get the free PDF download.

Free to read online, no sign-up needed

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Vertroulik NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 GESKIEDENIS V1 NOVEMBER 2025 ADDENDUM Hierdie addendum bestaan uit 14 bladsye. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Geskiedenis/V1 2 DBE/November 2025 NSS − Addendum Vertroulik VRAAG 1: HOE HET DIE INPERKINGSBELEID IN 1947 TOT KOUE OORLOG- SPANNING TUSSEN DIE VERENIGDE STATE VAN AMERIKA EN DIE SOWJETUNIE BYGEDRA? BRON 1A Die bron hieronder is 'n uittreksel uit die 'Iron Curtain'('Ystergordyn')-toespraak wat op 5 Maart 1946 deur Brittanje se voormalige Premier, Winston Churchill, in Fulton, Missouri in die VSA, gelewer is. Dit is geneem uit Chambers Book of Great Speeches, geredigeer deur A Burnet. Dit fokus op hoe kommunisme in Oos-Europa versprei het. 'n Skadu het geval oor die tonele wat nog onlangs deur die Geallieerde oorwinning verlig is. Niemand weet wat Sowjet-Rusland en hulle kommunistiese internasionale organisasie in die nabye toekoms van plan is om te doen nie, of wat die grense, indien enige, van hulle uitgebreide en oortuigings(oorredings)-neigings is nie. Ek het 'n diep bewondering en ontsag (respek) vir die heldhaftige (dapper) Russiese mense en vir my oorlogse kameraad, Maarskalk Stalin. Daar is innige simpatie en welwillendheid in Brittanje – en ek twyfel nie daaraan dat dit hier ook so is nie – vir al die mense van al die Russiese state en 'n voorneme (besluit) om deur baie verskille en teenkanting (weerstand) deur te druk (vol te hou) om blywende vriendskappe tot stand te bring. Ons begryp die Russiese behoefte om haar Westerse grense deur die verwydering van alle moontlike Duitse aggressie te beveilig. Ons verwelkom Rusland in haar regmatige plek onder die leidende nasies van die wêreld. Ons verwelkom haar vlag ter see. Bo alles, verwelkom ons voortdurende, gereelde en groeiende kontak tussen die Russiese mense en ons eie mense aan albei kante van die Atlantiese See. Dit is egter my plig – want ek is seker dat julle sal wil hê dat ek die feite aan julle stel soos wat ek dit sien – om sekere feite oor die huidige posisie in Europa aan julle te stel. Vanaf Stettin in die Oossee tot Triëst in die Adriatiese See het 'n 'Iron Curtain' (Ystergordyn) oor die kontinent neergedaal. Al die hoofstede van die antieke state van Sentraal- en Oos-Europa lê agter daardie lyn. Warskou, Berlyn, Praag, Wene, Boedapest, Belgrado, Boekarest en Sofia: al hierdie beroemde stede en die bevolkings daar rondom, lê in wat ek die Sowjet-sfeer moet noem, en almal is, in een of ander vorm, nie net aan Sowjet-invloed nie, maar ook tot 'n baie hoë, en in sommige gevalle, toenemende mate, aan beheer van Moskou af onderwerp … [Uit Chambers Book of Great Speeches deur A Burnet geredigeer] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Geskiedenis/V1 3 DBE/November 2025 NSS − Addendum Vertroulik BRON 1B 2025 Die spotprent hieronder met die titel 'WAT ONS BEDOEL' deur SJ Ray het op 13 Maart 1947 in die Kansas City Star-koerant in die Verenigde State van Amerika (VSA) verskyn. Dit beeld President Truman uit wat 'n hamer, genoem 'AMERIKAANSE HULP' ('U.S. AID'), gebruik om die ideologiese en politieke bedreigings wat deur die kommuniste ingehou is, te stop. WAT ONS BEDOEL KOMMUNISTIESE INFILTRASIE EN DIKTATORSKAP- BEDREIGINGS TURKYE AMERIKAANSE HULP NIE- KOMMUNISTIESE KLEIN NASIES GRIEKELAND [Uit die Kansas City Star-koerant, 13 Maart 1947] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Geskiedenis/V1 4 DBE/November 2025 NSS − Addendum Vertroulik BRON 1C Die bron hieronder is geneem uit 'n artikel met die titel 'The Marshall Plan: Filling in Some Blanks' deur K Burk. Dit het in die joernaal Contemporary European History verskyn wat in 2001 uitgegee is. Dit beskryf kortliks hoe Amerika die Marshall-plan bekendgestel het om die verspreiding van kommunisme oor Europa heen te beperk. Marshall-plan-beleidmakers het hier twee groot bekommernisse gehad. Eerstens, gebroke ekonomieë kon die groei van kommunisme beskerm (laat groei), baie soos wat strooimis (kompos) sampioene beskerm, 'n vrees wat besonder algemeen ten opsigte van Frankryk, Italië, Griekeland en *Trisone Duitsland was. 'n Tweede belangrike doel van Amerikaanse beleid was om die Sowjetunie in te perk. Daar is waargeneem dat hulle besig was om aktief uit te brei en dat hulle onherstelbaar (erg) vyandig teenoor Amerika was. 'n Vinnige kykie na 'n kaart het dit duidelik gemaak waarom Turkye, Griekeland, Ierland, Ysland, Noorweë en Swede ingesluit is: Turkye en Griekeland sou oor die oostelike Middellandse See wag hou; Ierland sou oor die toegange na die Britse Eilande en die westelike Middellandse See wag hou; Noorweë en Ysland was strategies diagonaal teenoor mekaar geplaas; die roetes oor die Noord-Atlantiese See en Swede het oor die Oossee vanaf die Sowjetunie gelê met hulle hele suidoostelike kus effektief deur Sowjet militêre magte omring. Die noodsaaklikheid om die Sowjetunie in te perk, plus die begeerte om die Europese ekonomie te herbou, het in die derde doel saamgekom, wat die dryfveer vir Europese integrasie was. 'n Geïntegreerde Europa, wat polities asook ekonomies saamwerk, sou die sterkste moontlike versperring teen Sowjet-uitbreiding uitmaak, en Amerika het beslis konstante druk op die deelnemers aan die Marshall-plan geplaas om na hierdie doel toe te beweeg. [Uit 'The Marshall Plan: Filling in Some Blanks', Contemporary European History deur K Burk] *Trisone: Duitsland is in vier besettingsones (deur die Geallieerdes) verdeel, naamlik die VSA-sone, die Britse sone, die Franse sone en die Russiese sone. 'Trisone' verwys na die drie sones van die Westerse lande, d.i. die VSA, Brittanje en Frankryk wat deur die ideologie van kapitalisme saamgebind was. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Geskiedenis/V1 5 DBE/November 2025 NSS − Addendum Vertroulik BRON 1D Die bron hieronder is uit 'n boek met die titel History of Western Civilization deur J McLean. Dit gee 'n gedetailleerde verduideliking van die Molotov-plan wat in 1947 deur die Sowjetunie bekendgestel is om die VSA se inperkingsbeleid teen te staan. Die Molotov-plan was die stelsel wat in 1947 deur die Sowjetunie geskep is om hulp te verskaf om die lande in Oos-Europa, wat polities en ekonomies bondgenote van die Sowjetunie was, te herbou. Dit kan beskou word as die USSR se weergawe van die Marshall-plan waarby die Oos-Europese lande, as gevolg van politieke redes, nie kon aansluit sonder om die Sowjet-invloedsfeer te verlaat nie. Die Sowjet-minister van buitelandse sake, Vyacheslav Molotov, het die Marshall-plan verwerp (1947) en die Molotov-plan voorgestel – die Sowjet-gesteunde ekonomiese groepering wat uiteindelik uitgebrei is om die *ROEB ('COMECON') te word. Die Molotov-plan was simbolies van die Sowjetunie se weiering om hulp van die Marshall-plan te aanvaar of om enige van hulle satellietstate toe te laat om dit te doen as gevolg van hulle oortuiging dat die Plan 'n poging was om Sowjet-belang in hulle satellietstate te verswak deur die voorwaardes neergelê en deur bevoordeelde (ontvangende) lande ekonomies afhanklik van Amerika te maak. Die plan was 'n stelsel van bilaterale handelsooreenkomste wat die ROEB gestig het om 'n ekonomiese bondgenootskap van sosialistiese lande te skep. Hierdie hulp het lande in Europa in staat gestel om op te hou om op Amerikaanse hulp staat te maak, en Molotov-Plan-state kon in plaas daarvan hulle handel na die USSR reorganiseer. [Uit History of Western Civilization deur J McLean] *ROEB ('COMECON'): 'n Sowjet-geleide ekonomiese organisasie van kommunistiese state wat in 1949 gevorm is om ekonomiese samewerking en integrasie onder hulle lede te bevorder Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Geskiedenis/V1 6 DBE/November 2025 NSS − Addendum Vertroulik VRAAG 2: WAAROM HET DIE VERENIGDE STATE VAN AMERIKA (VSA) VANAF 1975 BY DIE ANGOLESE BURGEROORLOG BETROKKE GERAAK? BRON 2A Die bron hieronder is 'n uittreksel uit die boek Kissinger in Angola: The Influence of Personality on Foreign Policy Working Paper deur M Guta. Dit verduidelik hoe die Amerikaanse Minister van Buitelandse Sake, Henry Kissinger, in 1975 Amerikaanse buitelandse beleid teenoor Angola beïnvloed het. Die Verenigde State van Amerika (VSA) wou nie hê dat die Popular Movement for the Liberation of Angola (MPLA) beheer oor Angola verkry nie en in 1975, onder leiding van die Minister van Buitelandse Sake, Henry Kissinger, het operasies van die Amerikaanse Intelligensiediens ('CIA') in Angola ernstig veld gewen. Voorwaardes vir Amerikaanse betrokkenheid in Afrika was doelbewus vaag en het aangevoer dat Amerikaanse Intelligensiediens-betrokkenheid in Afrika die verskaffing van materiaal, ondersteuning en advies was om 'n stabiele klimaat in nuut-onafhanklike Afrika-state te skep. Dit het die spesifieke noem van Angola doelbewus uitgelaat. Met hierdie buigsaamheid het die Amerikaanse Intelligensiediens teen die herfs van 1975 meer as 22 miljoen dollar se geheime steun aan die National Liberation Front of Angola (FNLA) en die National Union for the Total Liberation of Angola (UNITA) verskaf. Buiten monetêre hulp aan die FNLA en UNITA het Kissinger se planne vir Angola op die geheime Amerikaanse Intelligensiediens-operasie, bekend as IAFEATURE, uitgeloop. IAFEATURE is ingestel om in die geheim, onder die Amerikaanse Intelligensiediens, 'n paramilitêre program teen die MPLA te onderneem. Dit is hoogs geheim gehou sodat dit nie in die nasleep van die onlangse mislukking in Viëtnam aan die publiek verduidelik hoef te word nie. Aan die ander kant van die nederlaag in Viëtnam wou Kissinger Amerikaanse buitelandse beleid van hierdie mislukking verlos en het Angola beskou as die plek om dit te doen; hy wou bewys dat Amerika steeds die globale wêreldmag was. [Uit Kissinger in Angola: The Influence of Personality on Foreign Policy Working Paper deur M Guta] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Geskiedenis/V1 7 DBE/November 2025 NSS − Addendum Vertroulik BRON 2B Die bron hieronder is 'n uittreksel uit 'n boek, The Silent War: South African Recce Operations 1969–1994, geskryf deur P Stiff. Dit verduidelik waarom die VSA ná 1975 by die Angolese Burgeroorlog betrokke geraak het. Amerika het gedurende die vorige tien jaar ontelbare miljoene dollar in die bodemlose put van Mobutu se korrupte militêre diktatorskap gestort. Dit was 'n geval van koop gewildheid om die moontlikheid dat Sowjet-invloed in Zaïre indring, te verhoed. Dankbaarheid deur Mobutu was nooit 'n faktor in hulle diplomatieke verhouding nie en toe wêreldpryse van koper vroeg in 1975 skerp gedaal het, … het Mobutu teen sy weldoeners gedraai. Hy het in Junie 1975 Amerika daarvan beskuldig dat hulle 'n magsgreep ondersteun het om hom omver te gooi. Hy het die Amerikaanse ambassadeur verban … Die Amerikaanse Departement van Buitelandse Sake, onder leiding van die Minister van Buitelandse Sake, Henry Kissinger, was angstig om weer Mobutu se guns terug te wen en het besluit om hulle steun van sy Angolese beleid te versterk deur die FNLA se saak voor te staan. Die Direkteur van die Amerikaanse Intelligensiediens ('CIA'), William Colby, het aan die Nasionale Veiligheidsraad gesê dat hy $100 miljoen nodig het om te verseker dat Holden Roberto (FNLA-leier) wen, maar die bedrag was te groot om geheim te hou en slegs $41,7 miljoen is gemagtig. Die Amerikaanse Intelligensiediens se taak was skynbaar nie om te wen nie, maar om 'n maklike oorwinning deur die Sowjet- gesteunde magte te voorkom. Daar is gehoop dat beide die FNLA en UNITA 'n belangrike inspraak in enige toekomstige Angolese regering sou bekom … Die operasie was om materiaal, ondersteuning en advies aan gematigde nasionalistiese regerings te verskaf sodat hulle 'n stabiele klimaat kon skep om ware selfbeskikking in nuwe opkomende Afrika-state moontlik te maak. Dit het nie Angola genoem nie, kwansuis omdat dit slegs deur die Direkteur van die Amerikaanse Intelligensiediens in sy mondelinge inligtingsessies genoem kon word. [Uit The Silent War: South African Recce Operations 1969–1994 deur P Stiff] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Geskiedenis/V1 8 DBE/November 2025 NSS − Addendum Vertroulik BRON 2C Die bron hieronder is geneem uit 'n onderhoud wat by die boek, Conflicting Missions: Washington, Havana, Africa 1959–1976, deur P Gleijeses, ingesluit is. Die boek is in 2002 uitgegee. Die onderhoud was tussen Gleijeses en RW Hultslander wat in 1988 die laaste Stasiehoof van die Amerikaanse Intelligensiediens ('CIA') in Luanda, Angola was. Dit verduidelik die geheime program wat in die middel-70's deur die Amerikaanse Intelligensiediens onderneem is. PIERO GLEIJESES: Wat was jou mening oor die Amerikaanse Intelligensiediens se geheime aksieprogramkode met die naam IAFEATURE? ROBERT W HULTSLANDER: Eenvoudig gestel, ek was gekant teen die geheime aksieprogram in Angola, want ek was oortuig dat dit nie sou slaag nie, en dit sou ons vermoë om in die toekoms met gematigde elemente regdeur Afrika te werk, ernstig benadeel. Ons was nie bereid om die nodige hulpbronne te spandeer om oorwinning te verseker nie. Of meer prontuit gestel, ons moes besef het dat ons teenstanders (vyande) – Moskou en Havana – meer vasbeslote en baie beter geposisioneer as ons was. En, hulle het nie 'n vyandige Kongres gehad wat die beursie beheer het nie. Kissinger was vasbeslote om die Sowjetunie uit te daag, alhoewel geen lewensbelangrike Amerikaanse belange op die spel was nie. In plaas daarvan om met die gematigde elemente in Angola saam te werk, wat ek glo ons binne die MPLA kon vind, het ons die radikale, stamgebonde, 'anti-Sowjet-regses' ondersteun. Jy skryf: 'Kissinger was bang dat 'n MPLA-oorwinning destabiliserende (ontwrigtende) gevolge regdeur suidelike Afrika sou hê.' Natuurlik het die teenoorgestelde blyk waar te wees; dit was ons beleide wat die 'destabilisering' veroorsaak het. […] Ek het gedurende die deurnagsessie met [Senator] Clarke by Killoran se Luanda-woning my bes gedoen om die Amerikaanse beleidsposisie te bepleit en om die geheime aksieprogram te verdedig. Ek het egter nie die hart daarvoor gehad nie en ek moes uiteindelik erken dat ek persoonlik gedink het dat ons ondersteuning van Roberto en Savimbi rampspoedig sou wees. Hierdie posisie, soos jy jou kan indink, het vir my probleme met my eie hoofde veroorsaak, en vir Kissinger woedend gemaak. [Uit Conflicting Missions: Washington, Havana, Africa 1959–1976 deur P Gleijeses] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Geskiedenis/V1 9 DBE/November 2025 NSS − Addendum Vertroulik BRON 2D Die spotprent hieronder, deur die Portugese spotprenttekenaar L Silva, het in 1993 in 'n tydskrif, Angola & Cartoons Towards the Year 2000, verskyn. Dit beeld die Amerikaanse Minister van Buitelandse Sake, Henry Kissinger, uit wat die Angolese konflik bemiddel. KISSINGER … en my land, as 'n party betrokke by die bemiddeling van die konflik, belowe om alles te doen om dit tot 'n besliste einde te bring. UNITA MPLA [Uit Angola & Cartoons Towards the Year 2000 deur L Silva] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Geskiedenis/V1 10 DBE/November 2025 NSS − Addendum Vertroulik VRAAG 3: HOE HET DIE GEWELDLOSE BENADERING WAT DEUR MARTIN LUTHER KING JR. AANGENEEM IS, DIE BURGERREGTE- BETOGINGS GEDURENDE DIE 1960's IN DIE VERENIGDE STATE VAN AMERIKA (VSA) GEKENMERK? BRON 3A Die bron hieronder is uit 'n artikel met die titel 'Martin Luther King and the Philosophy of Non-violence', geskryf deur C Risen. Dit het in 2017 in 'n joernaal, Bill of Rights in Action, verskyn. Dit verduidelik hoe Martin Luther King Jr. beïnvloed is deur die idees van passiewe weerstand wat deur Mahatma Gandhi verkondig is. King se vroegste blootstelling aan die idees wat in sy geweldlose filosofie sou saamsmelt (meng), het plaasgevind toe hy 'n voorgraadse student by Morehouse College was. Dit was eers ná hy begin het om die lewe en werk van Mahatma Gandhi te bestudeer dat hy die moontlikheid begin sien het om geweldloosheid op die spesifieke probleme van swart Amerikaners toe te pas, veral in die Suide. Soos wat hy later vertel het, het hy in Philadelphia na 'n preek deur die president van Howard University, Mordecai Johnson, geluister wat breedvoerig gepraat het oor die leringe en aksies van Gandhi, en in besonder sy gebruik van geweldlose massabetogings om Britse beheer oor Indië uit te daag. Vir King was die hart van Gandhi se geweldloosheid liefde, in die geestelike, bonatuurlike (goddelike) vorm van die woord. Ten spyte van gedwonge (intimiderende), rassistiese Britse heerskappy, was Gandhi so lief vir sy onderdrukkers dat hy geweier het om die wapen teen hulle op te neem. Wat het King met geweldloosheid bedoel? Dit was nie bloot die weiering om terug te slaan nie, 'n aandrang daarop om die ander wang te draai nie. Dit was, in 'n sekere sin, aggressief. Dit het beteken om jouself ten spyte van geweld in gevaar te stel, om dit aktief te konfronteer en om met liefde op die houe en stampe te reageer. Dit het ook beteken om duisende oor die hele Suide in spesifieke massa-optrede te organiseer, wat direkte ontmoetings met wit, rassistiese magte sou afdwing. King het gedink dat deur dit te doen, hy beide die magteloosheid (swakheid) van wit geweld sou vertoon en ook die land wys dat die swart gemeenskap nie bang was om op hulle regte aan te dring nie. [Uit Bill of Rights in Action, Vol. 32, 2017] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Geskiedenis/V1 11 DBE/November 2025 NSS − Addendum Vertroulik BRON 3B Die bron hieronder is 'n uittreksel van Martin Luther King Jr. se direkte woorde, geneem uit 'n boek met die titel The Political Philosophy of Martin Luther King Jr deur H Walton. Dit het in 1971 verskyn. Dit gee 'n verduideliking van King se toegewydheid aan die filosofie van geweldloosheid. Ek dink ons het die punt bereik waar daar nou nie meer 'n keuse tussen geweldloosheid en oproere is nie. Dit moet militante, massiewe geweldloosheid of oproere wees. Die ontevredenheid is so diep, die woede so ingewortel (diepgewortel), die wanhoop, die rusteloosheid so wyd (versprei), dat iets in die lewe geroep moet word om te dien as 'n weg waardeur hierdie diep emosionele gevoelens, hierdie diep kwaai gevoelens, gekanaliseer (gelei) kan word. Daar moet 'n uitlaat wees, en ek beskou hierdie veldtog as 'n manier om die onderontwikkelde woede van die ghetto (agterbuurt) in 'n konstruktiewe en kreatiewe kanaal om te sit (te verander). Dit word 'n uitlaat vir woede. Al sou ek nie die morele dimensies (omvang) en die vraag van geweld teenoor geweldloosheid in ag neem nie, sien ek uit 'n praktiese oogpunt nie dat oproere sal werk nie. Ek is egter daarvan oortuig dat indien die oproere voortgaan, dit die regsgesindes van die land sal versterk en dat dit op 'n soort regsgesinde oorname in die stede en 'n Fascistiese ontwikkeling sal uitloop, wat baie skadelik vir die hele land sal wees. Ek dink nie Amerika kan nog 'n somer van Detroit-agtige oproere weerstaan sonder 'n ontwikkeling wat die siel van die nasie sal vernietig nie, selfs die demokratiese moontlikhede van die nasie. Ek is absoluut tot geweldloosheid verbind. Ek gaan net nie enigiemand doodmaak nie, of dit nou in Viëtnam of hier is. Ek gaan nie enige gebou afbrand nie. Indien geweldlose verset hierdie somer misluk, sal ek voortgaan om dit te verkondig en te onderrig, en ons by die Suidelike Christelike Leierskapkonferensie sal aanhou om dit te doen. Ek beplan om by geweldloosheid te hou omdat ek gevind het dat dit 'n lewensfilosofie is wat nie net my optrede in die stryd om rassegeregtigheid reguleer nie, maar ook my optrede teenoor mense, teenoor myself. Ek sal aan geweldloosheid getrou wees. [Uit The Political Philosophy of Martin Luther King Jr deur H Walton] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Geskiedenis/V1 12 DBE/November 2025 NSS − Addendum Vertroulik BRON 3C Die bron hieronder is 'n foto uit 'n boek met die titel Parting the Waters: America in the King Years 1954–63 deur T Branch. Dit toon drie studente wat op 28 Mei 1963 aan 'n sitstaking by 'n middagete-toonbank in Jackson, Mississippi, deelneem. 'n Lid van die wit groep gooi 'n vloeistof oor 'n sittende student uit. [Uit Parting the Waters: America in the King Years 1954–63 deur T Branch] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Geskiedenis/V1 13 DBE/November 2025 NSS − Addendum Vertroulik BRON 3D Die uittreksel hieronder is deel van 'n onderhoud wat KB Clark voor die Opmars na Washington op 28 Augustus 1963 met Martin Luther King Jr. gevoer het. Clark was 'n kindersielkundige wat sielkundige data verskaf het om die Burgerregtebeweging te ondersteun. Dit fokus op die negatiewe kritiek van die geweldlose benadering en hoe King Jr. gereageer het. CLARK: Hy (Malcolm X) gaan verder as dit in party van die goed wat ek hom hoor sê het – om te sê dat dit doelbewus jou filosofie van liefde vir die onderdrukker is wat hy heeltemal met die geweldlose beweging identifiseer. Hy sê dat hierdie filosofie en hierdie beweging in werklikheid deur wit mense aangemoedig word omdat dit hulle gemaklik laat voel. Dit laat hulle glo dat *Negers sagmoedige (verdraagsame), trae (passiewe) wesens is. KING: Wel, ek dink nie dit is waar nie. Indien enigeen al ooit met 'n geweldlose beweging in die Suide saamgeleef het, van Montgomery af deur die Vryheidsritte en deur die sitstakingbeweging en die onlangse Birmingham-beweging en die reaksies van baie van die ekstremiste en radikales in die wit gemeenskap gesien het, sal hy nie sê dat hierdie beweging – hierdie filosofie – hulle gemaklik laat voel nie. Ek dink dit wek dikwels 'n gevoel van skaamte in hulle – in baie gevalle. Ek dink dit doen iets om die gewete aan te raak en 'n skuldgevoel te vestig. CLARK: James Baldwin (Amerikaanse Burgerregte-aktivis) opper nog 'n ander punt oor die hele geweldlose posisie, 'n benadering. Hy opper die vraag of dit moontlik sal wees om die Neger-mense binne hierdie raamwerk van geweldloosheid te beperk indien ons voortgaan om meer van die tipes betogings te hou as dié wat ons in Birmingham gehad het, waar die polisie honde gebring het om mense aan te val. Wat is jou reaksie op mnr. Baldwin se vrees? KING: … ons kan daarvan seker wees dat die oorgrote meerderheid Negers wat by die betogings betrokke is en wat die geweldlose filosofie verstaan, in staat sal wees om honde en al die ander wrede metodes wat gebruik word, die hoof te bied sonder om met geweld weerwraak te neem … [Uit A TESTAMENT OF HOPE: The Essential Writings and Speeches of Martin Luther King Jr, deur JM Washington geredigeer] *Negers: 'n neerhalende naam wat in die verlede in die VSA gebruik is om na swart Amerikaners te verwys Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Geskiedenis/V1 14 DBE/November 2025 NSS − Addendum Vertroulik ERKENNINGS Visuele bronne en ander historiese bewyse is uit die volgende geneem: Bill of Rights in Action, Vol. 32, 2017 Branch, T. 1988. Parting the Waters: America in the King Years 1954–63 (Simon and Schuster Inc., New York) Burnet, A. 2006. Chambers Book of Great Speeches (Harrap Publishers Ltd, VK) Contemporary European History, Vol. 10, Nr. 2, Julie 2001 Gleijeses, P. 2002. Conflicting Missions: Washington, Havana, Africa 1959–1976 (Chapel Hill, Londen) Guta, M. 2016. Kissinger in Angola: The Influence of Personality on Foreign Policy Working Paper (Wilfrid Laurier University, Kanada) Kansas City Star-koerant, 13 Maart 1947 McLean, J. 2003. History of Western Civilization (Simple Book Publishing, VSA) Silva, L. 1993. Angola & Cartoons Towards the Year 2000 (Edicao EDIPRESS, Luanda) Stiff, P. 1999. The Silent War: South African Recce Operations 1969–1994 (Galago Publishing, Alberton, Suid-Afrika) Walton, H. 1971. The Political Philosophy of Martin Luther King Jr (Greenwood Press Inc., VK) Washington, JM. 1991. A TESTAMENT OF HOPE: The Essential Writings and Speeches of Martin Luther King Jr (Harper Collins Publishers, New York) Kopiereg voorbehou

Study this subject

More from Grade 12 History

View all