Vertroulik
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
GESKIEDENIS V1
NOVEMBER 2025
PUNTE: 150
TYD: 3 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 9 bladsye en 'n addendum van 14 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2025 papers 





View all





History Grade 12 P1 NSC November 2025 Question Paper (Afr)
Grade 12 History Paper 1 question paper from the NSC November Exam 2025 (Afrikaans), 9 pages. Read online or download the free PDF.
History · Grade 12 · NSC November Exam · 2025. Question paper, 9 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- History
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Question paper
- Year
- 2025
- Exam period
- NSC November Exam
- Paper
- 1
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 9
- File size
- 588.2 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 9
This exam
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Geskiedenis/V1 2 DBE/November 2025
NSS Vertroulik
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Hierdie vraestel bestaan uit AFDELING A en AFDELING B wat op die
voorgeskrewe inhoudsraamwerk in die KABV-dokument gebaseer is.
AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE
VRAAG 1: DIE KOUE OORLOG: DIE OORSPRONG VAN DIE KOUE
OORLOG
VRAAG 2: ONAFHANKLIKE AFRIKA: GEVALLESTUDIE – ANGOLA
VRAAG 3: BURGERLIKE VERSET VANAF DIE 1950's TOT DIE 1970's:
DIE AMERIKAANSE BURGERREGTEBEWEGING
AFDELING B: OPSTELVRAE
VRAAG 4: DIE UITBREIDING VAN DIE KOUE OORLOG:
GEVALLESTUDIE – VIËTNAM
VRAAG 5: ONAFHANKLIKE AFRIKA: GEVALLESTUDIE – DIE KONGO
VRAAG 6: BURGERLIKE VERSET VANAF DIE 1950's TOT DIE 1970's:
DIE SWARTMAGBEWEGING
2. AFDELING A bestaan uit DRIE brongebaseerde vrae. Bronmateriaal wat
benodig word om hierdie vrae te beantwoord, kan in die ADDENDUM gevind
word.
3. AFDELING B bestaan uit DRIE opstelvrae.
4. Beantwoord DRIE vrae soos volg:
4.1 Ten minste EEN moet 'n brongebaseerde vraag wees en ten minste
EEN moet 'n opstelvraag wees.
4.2 Die DERDE vraag kan όf 'n brongebaseerde vraag όf 'n opstelvraag
wees.
5. Jy word aangeraai om EEN uur per vraag te bestee.
6. In die beantwoording van die vrae moet jy jou kennis, vaardighede en insig
gebruik.
7. Jy sal benadeel word deur die blote oorskryf van die bronne as antwoorde.
8. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik is.
9. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Geskiedenis/V1 3 DBE/November 2025
NSS Vertroulik
AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE 2025
Beantwoord ten minste EEN vraag, maar nie meer as TWEE vrae nie, in hierdie afdeling.
Bronmateriaal wat gebruik moet word om hierdie vrae te beantwoord, is in die
ADDENDUM vervat.
VRAAG 1: HOE HET DIE INPERKINGSBELEID IN 1947 TOT KOUE OORLOG-
SPANNING TUSSEN DIE VERENIGDE STATE VAN AMERIKA EN DIE
SOWJETUNIE BYGEDRA?
Bestudeer Bron 1A, 1B, 1C en 1D en beantwoord die vrae wat volg.
1.1 Gebruik Bron 1A.
1.1.1 Wie, volgens die bron, het Churchill blameer vir: ' 'n Skadu het
geval oor die tonele wat nog onlangs deur die Geallieerde
oorwinning verlig is'? Gee TWEE antwoorde. (2 x 1) (2)
1.1.2 Waarom, dink jy, het Churchill 'n versoenende (sagte) houding
teenoor die Sowjetunie ingeneem ten spyte van hulle
ekspansionistiese neigings? (1 x 2) (2)
1.1.3 Definieer die term Ystergordyn in jou eie woorde. (1 x 2) (2)
1.1.4 Lewer kommentaar op wat Churchill met die woorde: '… al hierdie
beroemde stede en die bevolkings daar rondom, lê in wat ek die
Sowjet-sfeer moet noem …', geïmpliseer het. (1 x 2) (2)
1.1.5 Verduidelik die betroubaarheid van hierdie bron vir 'n historikus wat
navorsing doen oor die oorsprong van die Koue Oorlog. (2 x 2) (4)
1.2 Raadpleeg Bron 1B.
1.2.1 Verduidelik die simboliese verteenwoordiging van die volgende:
(a) 'n Beer/wolf met die byskrif 'KOMMUNISTIESE
INFILTRASIE EN DIKTATORSKAPBEDREIGINGS' (1 x 2) (2)
(b) AMERIKAANSE HULP('U.S. AID' )-hamer (1 x 2) (2)
1.2.2 Lewer kommentaar op waarom jy die opskrif 'WAT ONS BEDOEL'
as gepas beskou. (1 x 2) (2)
1.3 Verwys na Bron 1A en 1B. Verduidelik hoe die inligting in Bron 1A die bewyse
in Bron 1B ondersteun rakende die toenemende bedreiging van kommunisme.
(2 x 2) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Geskiedenis/V1 4 DBE/November 2025
NSS Vertroulik
1.4 Bestudeer Bron 1C.
1.4.1 Wat, volgens die bron, was die eerste bekommernis van die
Marshall-plan-beleidmakers? (1 x 2) (2)
1.4.2 Waarom, volgens die bron, was die inperking van die Sowjetunie
die tweede grootste doel van Amerikaanse beleid? Gee TWEE
antwoorde. (2 x 1) (2)
1.4.3 Haal TWEE bewyse uit die bron aan wat dui op die oogmerke van
die derde doel van die inperkingsbeleid. (2 x 1) (2)
1.4.4 Verduidelik die implikasie van die frase: '… die dryfveer vir
Europese integrasie …', in die konteks van die inperkingsbeleid.
(2 x 2) (4)
1.5 Lees Bron 1D.
1.5.1 Waarom, volgens die bron, is die Molotov-plan in 1947 deur die
Sowjetunie geskep? (1 x 2) (2)
1.5.2 Haal TWEE redes uit die bron aan oor waarom die Sowjetunie
geweier het om finansiële hulp van die Marshall-plan te aanvaar.
(2 x 1) (2)
1.5.3 Verduidelik die term satellietstate in die konteks van die
Koue Oorlog. (1 x 2) (2)
1.5.4 Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis en lewer
kommentaar op wat die ROEB ('COMECON') aan die USSR en sy
satellietstate gebied het. (2 x 2) (4)
1.6 Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis en skryf
'n paragraaf van ongeveer AGT reëls (ongeveer 80 woorde) om te verduidelik
hoe die inperkingsbeleid in 1947 tot Koue Oorlog-spanning tussen die
Verenigde State van Amerika en die Sowjetunie bygedra het. (8)
[50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Geskiedenis/V1 5 DBE/November 2025
NSS Vertroulik
VRAAG 2: WAAROM HET DIE VERENIGDE STATE VAN AMERIKA (VSA) VANAF
1975 BY DIE ANGOLESE BURGEROORLOG BETROKKE GERAAK?
Bestudeer Bron 2A, 2B, 2C en 2D en beantwoord die vrae wat volg.
2.1 Lees Bron 2A.
2.1.1 Watter land, volgens die bron, wou nie hê dat die MPLA oor Angola
beheer verkry nie? (1 x 1) (1)
2.1.2 Noem DRIE voorwaardes in die bron vir die Amerikaanse
Intelligensiediens ('CIA') se betrokkenheid in Afrika. (3 x 1) (3)
2.1.3 Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis en verduidelik
waarom jy dink dit vir die Amerikaanse Intelligensiediens ('CIA')
nodig was om in 1975 die FNLA en UNITA in die geheim te
ondersteun. (2 x 2) (4)
2.1.4 Verduidelik die beperkings van hierdie bron vir 'n navorser wat die
rol van die MPLA in Angola bestudeer. (2 x 2) (4)
2.2 Bestudeer Bron 2B.
2.2.1 Haal bewyse uit die bron aan wat daarop dui dat Mobutu met
miljoene dollar ondersteun is. (1 x 1) (1)
2.2.2 Wat, volgens die bron, het Mobutu gedoen toe die wêreldprys vir
koper vroeg in 1975 skerp gedaal het? Gee TWEE antwoorde.
(2 x 1) (2)
2.2.3 Waarom, volgens die bron, is slegs $41,7 miljoen en nie
$100 miljoen nie, deur die Nasionale Veiligheidsraad gemagtig om
te verseker dat Holden Roberto die Angolese Burgeroorlog wen?
(1 x 1) (1)
2.2.4 Lewer kommentaar op wat geïmpliseer word met die stelling: 'Die
Amerikaanse Intelligensiediens se taak was skynbaar nie om te wen
nie, maar om 'n maklike oorwinning deur die Sowjet-gesteunde
magte te voorkom'. (1 x 2) (2)
2.2.5 Definieer die term selfbeskikking in jou eie woorde. (1 x 2) (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Geskiedenis/V1 6 DBE/November 2025
NSS Vertroulik
2.3 Gebruik Bron 2C.
2.3.1 Haal enige TWEE bewyse aan wat in die bron genoem word, wat
verduidelik waarom Hultslander teen geheime-operasie-programme
in Angola gekant was. (2 x 1) (2)
2.3.2 Verduidelik die term geheime aksie in die konteks van die
Amerikaanse Intelligensiediens ('CIA') se program in Angola. (1 x 2) (2)
2.3.3 Lewer kommentaar op wat geïmpliseer word met die stelling:
'Kissinger was bang dat 'n MPLA-oorwinning destabiliserende
(ontwrigtende) gevolge regdeur suidelike Afrika sou hê', in die
konteks van Amerikaanse betrokkenheid in Angola. (2 x 2) (4)
2.3.4 Wat, volgens die bron, het Hultslander gedoen tydens sy deurnag-
sessie met [Senator] Clarke by Killoran se Luanda-woning? Gee
TWEE antwoorde. (2 x 1) (2)
2.4 Raadpleeg Bron 2D.
2.4.1 Lewer kommentaar op waarom jy NIE met Kissinger se stelling,
'… en my land, as 'n party betrokke by die bemiddeling van die
konflik, belowe om alles te doen om dit tot 'n besliste einde te
bring', saamstem NIE. (2 x 2) (4)
2.4.2 Watter gevolgtrekking kan uit die spotprenttekenaar se uitbeelding
van die volgende bevrydingsbewegings met betrekking tot hulle
verhouding met die VSA gemaak word:
(a) MPLA (1 x 2) (2)
(b) UNITA (1 x 2) (2)
2.5 Verwys na Bron 2A en 2D. Lewer kommentaar op hoe die inligting in Bron 2A
die bewyse in Bron 2D ondersteun rakende die betrokkenheid van die VSA by
die Angolese Burgeroorlog. (2 x 2) (4)
2.6 Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis en skryf
'n paragraaf van ongeveer AGT reëls (ongeveer 80 woorde) om te verduidelik
waarom die Verenigde State van Amerika (VSA) vanaf 1975 by die Angolese
Burgeroorlog betrokke geraak het. (8)
[50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Geskiedenis/V1 7 DBE/November 2025
NSS Vertroulik
VRAAG 3: HOE HET DIE GEWELDLOSE BENADERING WAT DEUR
MARTIN LUTHER KING JR. AANGENEEM IS, DIE BURGERREGTE-
BETOGINGS GEDURENDE DIE 1960's IN DIE VERENIGDE STATE
VAN AMERIKA (VSA) GEKENMERK?
Bestudeer Bron 3A, 3B, 3C en 3D en beantwoord die vrae wat volg.
3.1 Verwys na Bron 3A.
3.1.1 Wie, volgens die bron, het King Jr. indirek beïnvloed om die
geweldlose benadering op die spesifieke probleme van swart
Amerikaners toe te pas? (1 x 1) (1)
3.1.2 Wat, volgens die bron, het King Jr. geleer uit 'n preek deur die
president van Howard University, Mordecai Johnson, met betrekking
tot die geweldlose benadering? (2 x 1) (2)
3.1.3 Definieer die term geweldlose massabetogings in jou eie woorde.
(1 x 2) (2)
3.1.4 Verduidelik wat King Jr. geïmpliseer het met die stelling: 'Dit
(geweldloosheid) het beteken om jouself ten spyte van geweld in
gevaar te stel …', in die konteks van die burgerlike-verset-
betogings. (2 x 2) (4)
3.1.5 Wat, volgens die bron, wou King Jr. bereik deur die organisering van
duisende oor die hele Suide in spesifieke massa-optrede? (1 x 1) (1)
3.2 Lees Bron 3B.
3.2.1 Volgens die bron, waarom het King Jr. geglo dat die punt om 'n
keuse te maak tussen militante, massiewe geweldloosheid of
oproere bereik is? Gee TWEE antwoorde. (2 x 1) (2)
3.2.2 Wat het King Jr. geïmpliseer met die woorde: 'Ek is egter daarvan
oortuig dat indien die oproere voortgaan, dit die regsgesindes van
die land sal versterk …'? (2 x 2) (4)
3.2.3 Gee enige TWEE redes in die bron wat daarop dui dat King Jr.
heeltemal tot die geweldlose benadering verbind was. (2 x 1) (2)
3.2.4 Verduidelik die term rassegeregtigheid in die konteks van die VSA
in die 1960's. (1 x 2) (2)
3.2.5 Lewer kommentaar op die bruikbaarheid van hierdie bron vir 'n
historikus wat geweldlose verset in die 1960's in die VSA navors.
(2 x 2) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Geskiedenis/V1 8 DBE/November 2025
NSS Vertroulik
3.3 Gebruik Bron 3C.
3.3.1 Verduidelik wat die volgende groepe in die vroeë 1960's ten opsigte
van sitstakings by middagete-toonbanke in die VSA wou bereik:
(a) Studente wat by die middagete-toonbank sit (1 x 2) (2)
(b) Wit groep op die agtergrond (1 x 2) (2)
3.3.2 Waarom, dink jy, het studente wat aan die sitstakings deelgeneem
het, hulleself nie teen die intimidasie deur die wit groep verdedig
nie? (1 x 2) (2)
3.4 Verwys na Bron 3A en 3C. Lewer kommentaar op hoe die inligting in Bron 3A
die bewyse in Bron 3C ondersteun rakende King Jr. se geweldlose benadering
tot die protesaksies in die 1960's in die VSA. (2 x 2) (4)
3.5 Bestudeer Bron 3D.
3.5.1 Haal TWEE punte van kritiek uit die bron aan wat deur Malcolm X
teen King Jr. se geweldlose benadering gemik was. (2 x 1) (2)
3.5.2 Gee enige TWEE voorbeelde van protesoptrede in die bron wat
King Jr. geglo het die gewete aangeraak en 'n skuldgevoel onder die
wit gemeenskap gevestig het. (2 x 1) (2)
3.5.3 Verduidelik die implikasie van die volgende kwelling wat deur
James Baldwin geopper is: '… of dit moontlik sal wees om die Neger-
mense binne hierdie raamwerk van geweldloosheid te
beperk …' (2 x 2) (4)
3.6 Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis en skryf 'n
paragraaf van ongeveer AGT reëls (ongeveer 80 woorde) om te verduidelik
hoe die geweldlose benadering wat deur Martin Luther King Jr. aangeneem is,
die burgerregte-betogings gedurende die 1960's in die Verenigde State van
Amerika (VSA) gekenmerk het. (8)
[50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Geskiedenis/V1 9 DBE/November 2025
NSS Vertroulik
AFDELING B: OPSTELVRAE
Beantwoord ten minste EEN vraag, maar NIE meer as TWEE vrae in hierdie afdeling
NIE.
Jou opstel moet ongeveer DRIE bladsye lank wees.
VRAAG 4: DIE UITBREIDING VAN DIE KOUE OORLOG: GEVALLESTUDIE –
VIËTNAM
Die militêre taktieke en strategieë wat deur die Viëtkong tussen 1962 en 1975 in die
Viëtnam-oorlog gebruik is, was suksesvol om die sterk weermag van die VSA te
oorwin.
Stem jy met hierdie stelling saam? Ondersteun jou argument met relevante historiese
bewyse. [50]
VRAAG 5: ONAFHANKLIKE AFRIKA: GEVALLESTUDIE – DIE KONGO
Die politieke, ekonomiese, maatskaplike en kulturele beleide wat ná
onafhanklikheidswording in die 1960's deur Mobutu Sese Seko ingestel is, was 'n
klaaglike mislukking.
Bespreek die stelling hierbo krities met gebruik van relevante historiese bewyse om jou
argument te ondersteun. [50]
VRAAG 6: BURGERLIKE VERSET VANAF DIE 1950's TOT DIE 1970's: DIE
SWARTMAGBEWEGING
Verduidelik tot watter mate die Swartmagbeweging gedurende die 1960's suksesvol
was om swart Amerikaners te organiseer om rassediskriminasie en segregasie in die
VSA uit te daag.
Ondersteun jou antwoord met relevante historiese bewyse. [50]
TOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
History Grade 12 P1 NSC November 2020 Question Paper (Eng)

Question paper
History Grade 12 P1 NSC November 2014 Question Paper (Eng)

Question paper
History Grade 12 P1 NSC November 2014 Question Paper (Afr)

Memorandum
History Grade 12 Paper 1 NSC June 2025 Memo (English)

Addendum
History Grade 12 P1 NSC November 2019 Addendum (Afrikaans)

Memorandum
History Grade 12 Paper 1 NSC November 2018 Memo (Afrikaans)
More from Grade 12 History

Study guide
Workguide Case Study Strategies

Memorandum
History Grade 12 Paper 2 North West Mock 2025 Memo

Memorandum
History Grade 12 P1 Eastern Cape June 2024 Memo (Afrikaans)

Addendum
History Grade 12 P1 Eastern Cape Prelim 2024 Addendum (Afr)

Addendum
History Grade 12 P2 Eastern Cape Prelim 2024 Addendum (Afr)

Memorandum