Vertroulik
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
GESKIEDENIS V2
NOVEMBER 2025
PUNTE: 150
TYD: 3 uur
.
Hierdie vraestel bestaan uit 9 bladsye en 'n addendum van 14 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2025 papers 





View all





History Grade 12 P2 NSC November 2025 Question Paper (Afr)
Grade 12 History Paper 2 question paper from the NSC November Exam 2025 (Afrikaans), 9 pages. Read online or download the free PDF.
History · Grade 12 · NSC November Exam · 2025. Question paper, 9 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- History
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Question paper
- Year
- 2025
- Exam period
- NSC November Exam
- Paper
- 2
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 9
- File size
- 604.6 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 9
This exam
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Geskiedenis/V2 2 DBE/November 2025
NSS Vertroulik
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Hierdie vraestel bestaan uit AFDELING A en AFDELING B, wat op die
voorgeskrewe inhoudsraamwerk in die KABV-dokument gebaseer is.
AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE
VRAAG 1: BURGERLIKE VERSET, 1970's TOT 1980's: SUID-AFRIKA
VRAAG 2: DIE KOMS VAN DEMOKRASIE NA SUID-AFRIKA EN DIE
AANVAARDING VAN DIE VERLEDE
VRAAG 3: DIE EINDE VAN DIE KOUE OORLOG EN 'N NUWE
WÊRELDORDE, 1989 TOT DIE HEDE
AFDELING B: OPSTELVRAE
VRAAG 4: BURGERLIKE VERSET, 1970's TOT 1980's: SUID-AFRIKA:
DIE KRISIS VAN APARTHEID IN DIE 1980's
VRAAG 5: DIE KOMS VAN DEMOKRASIE NA SUID-AFRIKA EN DIE
AANVAARDING VAN DIE VERLEDE
VRAAG 6: DIE EINDE VAN DIE KOUE OORLOG EN 'N NUWE
WÊRELDORDE: DIE GEBEURE VAN 1989
2. AFDELING A bestaan uit DRIE brongebaseerde vrae. Bronmateriaal wat
benodig word om hierdie vrae te beantwoord, kan in die ADDENDUM gevind
word.
3. AFDELING B bestaan uit DRIE opstelvrae.
4. Beantwoord DRIE vrae soos volg:
4.1 Ten minste EEN moet 'n brongebaseerde vraag wees en ten minste
EEN moet 'n opstelvraag wees.
4.2 Die DERDE vraag kan όf 'n brongebaseerde vraag όf 'n opstelvraag
wees.
5. Jy word aangeraai om ten minste EEN uur per vraag te spandeer.
6. In die beantwoording van die vrae moet jy jou kennis, vaardighede en insig
gebruik.
7. Jy sal benadeel word deur die blote oorskryf van die bronne as antwoorde.
8. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik is.
9. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Geskiedenis/V2 3 DBE/November 2025
NSS Vertroulik
AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE 2025
Beantwoord ten minste EEN vraag, maar nie meer as TWEE vrae nie, in hierdie
afdeling. Bronmateriaal wat benodig word om hierdie vrae te beantwoord, is in die
ADDENDUM vervat.
VRAAG 1: WAT WAS DIE VERSKILLENDE REAKSIES OP DIE POGINGS VAN
DIE CONGRESS OF SOUTH AFRICAN TRADE UNIONS (COSATU)
OM IN DIE 1980's SUID-AFRIKAANSE WERKERS TE MOBILISEER?
Bestudeer Bron 1A, 1B, 1C en 1D en beantwoord die vrae wat volg.
1.1 Gebruik Bron 1A.
1.1.1 Haal bewyse uit die bron aan wat daarop dui dat COSATU in
November 1985 die grootste federasie van swart werkersunies in
Suid-Afrika was. (1 x 2) (2)
1.1.2 Definieer die term nie-parlementêre opposisiegroep in jou eie woorde.
(1 x 2) (2)
1.1.3 Verduidelik wat met die stelling, 'COSATU … het hulleself verbind
aan die doelstellings, maar nie formeel aan die strukture nie, van die
verbanne en uitgeweke African National Congress …', geïmpliseer
kan word. (1 x 2) (2)
1.1.4 Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis en noem waarom jy
dink industriële vakunies in die 1980's sterker geword het. (2 x 2) (4)
1.2 Bestudeer Bron 1B.
1.2.1 Lewer kommentaar op die betekenisvolheid daarvan dat hierdie
COSATU-byeenkoms op 1 Mei 1986 gehou is. (1 x 2) (2)
1.2.2 Wat word geïmpliseer met die woorde, VOORWAARTS MET DIE
WERKERS SE STRYD', in die konteks van die protesaksie teen die
apartheidsregering in die 1980's? (1 x 2) (2)
1.2.3 Verduidelik die simboliek van die 'gebalde vuiste' in die banier en van
sommige van die werkers in die foto. (1 x 2) (2)
1.3 Verwys na Bron 1A en 1B. Verduidelik hoe die inligting in Bron 1A die visuele
bewyse in Bron 1B ondersteun met betrekking tot COSATU se
massamobilisasie teen die apartheidsregering in die 1980's. (2 x 2) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Geskiedenis/V2 4 DBE/November 2025
NSS Vertroulik
1.4 Raadpleeg Bron 1C.
1.4.1 Identifiseer 'n veldtog in die bron wat COSATU-lede deur 'n staking
gehou het wat in Maart 1987 verskeie weke geduur het. (1 x 1) (1)
1.4.2 Verduidelik die term griewe in die konteks van COSATU se aktiwiteite
teen die apartheidsregering. (1 x 2) (2)
1.4.3 Haal DRIE bewyse uit die bron aan wat daarop dui dat die 'jong
rekrute' vreesbevange was. (3 x 1) (3)
1.4.4 Lewer kommentaar op die beperkinge van hierdie bron vir 'n historikus
wat die skermutseling (botsing) tussen COSATU en die Oosrandse
Onluste-afdeling in Maart 1987 navors. (2 x 2) (4)
1.5 Lees Bron 1D.
1.5.1 Volgens die bron, waarom het polisiemanne op 23 April 1987 'n
klopjag op COSATU House uitgevoer? (1 x 2) (2)
1.5.2 Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis en verduidelik
waarom die vernietiging van COSATU House deur die Veiligheidstak
as 'ongehoord en ongeëwenaar' beskryf is. (2 x 2) (4)
1.5.3 Maak 'n lys van VIER maniere in die bron waarop die polisie tydens
die COSATU House-klopjag die gebou en die inhoud vernietig het.
(4 x 1) (4)
1.5.4 Waarom, dink jy, het die Veiligheidstaklede die brandweermanne
mislei oor waar die brand werklik begin het? (1 x 2) (2)
1.6 Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis en skryf
'n paragraaf van ongeveer AGT reëls (ongeveer 80 woorde) om te verduidelik
wat die verskillende reaksies was op die pogings van die Congress of South
African Trade Unions (COSATU) om in die 1980's Suid-Afrikaanse werkers te
mobiliseer. (8)
[50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Geskiedenis/V2 5 DBE/November 2025
NSS Vertroulik
VRAAG 2: WAAROM HET DIE WAARHEIDS-EN-VERSOENINGSKOMMISSIE
(WVK) DIE AMNESTIE-AANSOEKE VAN DIE BETROKKENES
BY DIE MARTELING VAN EERWAARDE TSHENUWANI FARISANI
VERWERP?
Bestudeer Bron 2A, 2B, 2C en 2D en beantwoord die vrae wat volg.
2.1 Verwys na Bron 2A.
2.1.1 Noem TWEE organisasies in die Swartbewussynsbeweging in die
bron, waarin Farisani as 'n stigterslid gedien het. (2 x 1) (2)
2.1.2 Volgens die bron, noem enige DRIE tipes mishandeling waaraan
Farisani tussen 1977 en 1987 tydens sy gevangenskap onderwerp
is. (3 x 1) (3)
2.1.3 Verduidelik waarom Amnestie Internasionaal Farisani as 'n
'gewetensgevangene' verklaar het. (1 x 2) (2)
2.1.4 Definieer die term vervolging in jou eie woorde. (1 x 2) (2)
2.2 Lees Bron 2B.
2.2.1 Gee die name van enige TWEE Venda Veiligheidstakpolisiemanne
in die bron wat deur Farisani tydens sy ondervraging geïmpliseer is.
(2 x 1) (2)
2.2.2 Wat stel die stelling, 'Ek haat hulle nie, hulle moet die waarheid
praat', oor Farisani se getuienis voor? (1 x 2) (2)
2.2.3 Verduidelik wat die frase, 'Roep jou God. Hy sal jou kom help',
voorstel oor die taktieke wat gedurende die ondervraging deur die
Veiligheidstakpolisiemanne gebruik is. (1 x 2) (2)
2.2.4 Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis en verduidelik tot
watter gevolgtrekking jy kan kom oor die woorde, '… as hulle nie na
vore kom en bely nie, hulle een of ander tyd sal terugkom ...', met
verwysing na die betrokkenes by die misdaad? (1 x 2) (2)
2.2.5 Waarom sou 'n historikus die bron nuttig vind wanneer navorsing
gedoen word oor hoe die WVK se Menseregteskendingskomitee die
oortredings teen Eerwaarde Farisani hanteer het? (2 x 2) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Geskiedenis/V2 6 DBE/November 2025
NSS Vertroulik
2.3 Gebruik Bron 2C.
2.3.1 Haal EEN bewys uit die bron aan wat daarop dui dat die WVK se
Amnestiekomitee tevrede was dat die amnestie-aansoeke deur die
drie polisiemanne aan die vereistes van die WVK Wet voldoen het.
(1 x 2) (2)
2.3.2 Noem DRIE aansoekers, volgens die bron, wat om amnestie
aansoek gedoen het vir die aanranding en marteling van Eerwaarde
Farisani. (3 x 1) (3)
2.3.3 Verduidelik die term mondelinge getuienis in die konteks van die
WVK se verhore deur die Amnestiekomitee. (1 x 2) (2)
2.3.4 Watter gevolgtrekking kan gemaak word uit die stelling: 'Die (WVK
se Amnestie-) Komitee is nie tevrede dat die bogenoemde drie
aansoekers al die relevante feite, …, volledig geopenbaar het nie',
soos vereis deur die Wet? (1 x 2) (2)
2.4 Verwys na Bron 2B en 2C. Verduidelik hoe die bewyse in Bron 2B die inligting
in Bron 2C ondersteun met betrekking tot die mensregteskendings wat deur die
apartheidveiligheidspolisiemanne teen Eerwaarde Farisani gepleeg is. (2 x 2) (4)
2.5 Raadpleeg Bron 2D.
2.5.1 Verduidelik die simboliese verteenwoordiging van die volgende:
(a) Dullah Omar (1 x 2) (2)
(b) Die veiligheidspolisiemanne (1 x 2) (2)
2.5.2 Lewer kommentaar oor waarom die inligting in RAAM A van
RAAM B verskil rakende bewyse wat by die WVK-verhore
aangebied is. (2 x 2) (4)
2.6 Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis en skryf
'n paragraaf van ongeveer AGT reëls (ongeveer 80 woorde) om te verduidelik
waarom die Waarheids-en-Versoeningskommissie (WVK) die amnestie-
aansoeke van die betrokkenes by die marteling van Eerwaarde Tshenuwani
Farisani verwerp het. (8)
[50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Geskiedenis/V2 7 DBE/November 2025
NSS Vertroulik
VRAAG 3: HOE KAN DIE UITBREIDING VAN BRICS-LANDE AS 'N BEDREIGING
VIR DIE MAGSBALANS TUSSEN DIE GLOBALE NOORDE
(WESTERSE LANDE) EN DIE GLOBALE SUIDE (BRICS-LANDE)
BESKOU WORD?
Bestudeer Bron 3A, 3B, 3C en 3D en beantwoord die vrae wat volg.
3.1 Verwys na Bron 3A.
3.1.1 Wanneer, volgens die bron, het die eerste vergadering in die
BRIC-formaat plaasgevind? (1 x 1) (1)
3.1.2 Noem die VIER lande in die bron wat ooreengekom het om
veelvlakkige samewerking met mekaar in die vorming van BRIC te
ontwikkel. (4 x 1) (4)
3.1.3 Definieer die term spitsberaad in jou eie woorde. (1 x 2) (2)
3.1.4 Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis en verduidelik die
belangrikheid van ses nuwe lande wat op 1 Januarie 2024 by
BRICS aangesluit het. (2 x 2) (4)
3.2 Lees Bron 3B.
3.2.1 Noem enige TWEE strategiese inisiatiewe in die bron wat deur
BRICS bekend gestel is wat daarop gemik was om die gevestigde
internasionale orde uit te daag. (2 x 1) (2)
3.2.2 Verduidelik die konsep de-dollarisasie in die konteks van die
BRICS-uitdaging aan Westerse lande. (1 x 2) (2)
3.2.3 Identifiseer EEN rede in die bron waarom BRICS-lande gepoog het
om die landbousektor te beïnvloed. (1 x 2) (2)
3.2.4 Lewer kommentaar op hoe die 'afnemende Amerikaanse invloed'
die bestaande internasionale orde sal verander. (2 x 2) (4)
3.3 Raadpleeg Bron 3C.
3.3.1 Watter boodskap word deur die grafiek oorgedra met betrekking tot
die verandering in:
(a) Die G7 se deel van bruto binnelandse produk (BBP) tussen
1995 en 2023 (1 x 2) (2)
(b) BRICS se deel van globale BBP tussen 1995 tot 2023 (1 x 2) (2)
3.3.2 Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis en verduidelik die
implikasie van die groei in China se BBP van 1995 tot 2023. (2 x 2) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Geskiedenis/V2 8 DBE/November 2025
NSS Vertroulik
3.4 Bestudeer Bron 3D.
3.4.1 Volgens die bron, na wie het Trump verwys toe hy gesê het:
'… as jy die dollar verlaat, doen jy nie besigheid met Amerika nie,
want ons gaan 'n 100%-tarief (belasting) op jou groei hef'? (1 x 1) (1)
3.4.2 Gee 'n rede in die bron waarom BRICS+-lande oor die Bretton
Wood-era krities is. (1 x 2) (2)
3.4.3 Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis en verduidelik
waarom '… die feit dat die BRICS+-lande, wat 35% van die wêreld
se BBP en 45% van die wêreldbevolking vorm …' 'n bekommernis
vir die VSA (Trump) as die leier van die Globale Noorde is. (1 x 2) (2)
3.4.4 Lewer kommentaar op die bruikbaarheid van hierdie bron vir 'n
navorser wat bestudeer hoe Trump deur die uitbreiding van
BRICS+-lande bedreig gevoel het. (2 x 2) (4)
3.5 Verwys na Bron 3C en 3D. Verduidelik hoe die bewyse in Bron 3C die
inligting in Bron 3D ondersteun met betrekking tot hoe BRICS besig is om die
magsbalans tussen die Globale Noorde en die Globale Suide te ontwrig.
(2 x 2) (4)
3.6 Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis en skryf
'n paragraaf van ongeveer AGT reëls (ongeveer 80 woorde) om te verduidelik
hoe die uitbreiding van BRICS-lande as 'n bedreiging vir die magsbalans
tussen die Globale Noorde (Westerse lande) en die Globale Suide
(BRICS-lande) beskou kan word. (8)
[50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Geskiedenis/V2 9 DBE/November 2025
NSS Vertroulik
AFDELING B: OPSTELVRAE
Beantwoord ten minste EEN vraag, maar nie meer as TWEE vrae nie, in hierdie afdeling.
Jou opstel moet ongeveer DRIE bladsye lank wees.
VRAAG 4: BURGERLIKE VERSET, 1970's TOT 1980's: SUID-AFRIKA: DIE KRISIS
VAN APARTHEID IN DIE 1980's
Die filosofie van Biko en die Swartbewussynbeweging het van die 1960's tot die 1970's
teenstand teen apartheid in Suid-Afrika laat herleef.
Stem jy met hierdie stelling saam? Gebruik relevante bewyse om jou argument te
ondersteun. [50]
VRAAG 5: DIE KOMS VAN DEMOKRASIE NA SUID-AFRIKA EN DIE
AANVAARDING VAN DIE VERLEDE
Die weg na demokrasie is deur 'n nie-gewelddadige proses van onderhandelinge
gekenmerk.
Bespreek hierdie stelling krities met verwysing na die tydperk tussen 1990 en 1994. [50]
VRAAG 6: DIE EINDE VAN DIE KOUE OORLOG EN 'N NUWE WÊRELDORDE: DIE
GEBEURE VAN 1989
Verduidelik tot watter mate Gorbachev se beleide van Glasnost en Perestroika in die
1980's uiteindelik tot die val van die Sowjetunie gelei het.
Gebruik relevante historiese bewyse om jou argument te ondersteun. [50]
TOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
History Grade 12 P2 NSC November 2021 Question Paper (Afr)

Question paper
History Grade 12 P2 NSC November 2019 Question Paper (Afr)

Question paper
History Grade 12 P2 NSC November 2018 Question Paper (Afr)

Question paper
History Grade 12 P2 NSC November 2017 Question Paper (Afr)

Question paper
History Grade 12 P2 NSC November 2013 Question Paper (Eng)

Memorandum
History Grade 12 Paper 2 North West Mock 2025 Memo
More from Grade 12 History

Study guide
Workguide Case Study Strategies

Memorandum
History Grade 12 Paper 1 NSC June 2025 Memo (English)

Memorandum
History Grade 12 P1 Eastern Cape June 2024 Memo (Afrikaans)

Addendum
History Grade 12 P1 Eastern Cape Prelim 2024 Addendum (Afr)

Addendum
History Grade 12 P2 Eastern Cape Prelim 2024 Addendum (Afr)

Memorandum