GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS
VOORBEREIDENDE EKSAMEN
2015
10691
MUSIEK
EERSTE VRAESTEL
PUNTE: 120
TYD: 3 uur
Bladsye 19
NAAM: __________________________________
SKOOL: __________________________________
3
b.o.
Skip to contentAll 2015 papers 





View all





Music Grade 12 P1 Gauteng Mock 2015 Question Paper (Afr)
Grade 12 Music Paper 1 question paper from the Gauteng Mock Exam 2015 (Afrikaans), 19 pages. Read online or download the free PDF.
Music · Grade 12 · Gauteng Mock Exam · 2015 · Afrikaans. Question paper, 19 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Music
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Question paper
- Year
- 2015
- Exam period
- Gauteng Mock Exam
- Paper
- 1
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 19
- File size
- 624.5 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 19
This exam
Gauteng Mock Exam 2015
Document textSearch extracted text and jump to a page.
MUSIEK 2
(Eerste Vraestel) 10691/15
GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS
VOORBEREIDENDE EKSAMEN – 2015
MUSIEK
(Eerste Vraestel)
TYD: 3 uur
PUNTE: 120
INSTRUKSIES EN INLIGTING:
1. Hierdie vraestel bestaan uit VYF afdelings.
2. Alle kandidate moet AFDELING A (musiekteorie) en AFDELING B (algemene
musiekkennis) beantwoord.
3. AFDELING A moet met potlood in die spasies wat voorsien is beantwoord word, en
AFDELING B met pen in die antwoordboek wat voorsien is.
4. Kandidate moet dan ÓF AFDELING C (Westerse kunsmusiek) ÓF AFDELING D (Jazz)
ÓF AFDELING E (Inheemse Afrikamusiek) beantwoord.
5. Gebruik ʼn pen vir jou antwoord van AFDELING C/D/E in die antwoordboek wat voorsien
is.
6. Die laaste bladsy van die vraestel is manuskrippapier en is bedoel vir rofwerk. Dit mag
deur die kandidaat verwyder word.
b.o.
MUSIEK 3
(Eerste Vraestel) 10691/15
NASIENRUBRIEK
MAKS PUNTE ONDERWYSER MODERATOR
AFDELING A: MUSIEKTEORIE
Vraag 1 20
Vraag 2.1 of 2.2 15
Vraag 3 10
Vraag 4.1 of 4.2 15
SUB-TOTAAL 60
AFDELING B: ALGEMENE MUSIEKKENNIS
Vraag 5.1 10
Vraag 5.2 10
SUB-TOTAAL 20
AFDELING C: WESTERSE KUNSMUSIEK
Vraag 6 10
Vraag 7 5
Vraag 8 5
Vraag 9 5
Vraag 10 15
SUB-TOTAAL 40
AFDELING D: JAZZ
Vraag 11 10
Vraag 12 8
Vraag 13 7
Vraag 14 15
SUB-TOTAAL 40
AFDELING E: INHEEMSE AFRIKAMUSIEK
Vraag 15 10
Vraag 16 8
Vraag 17 7
Vraag 18 15
SUB-TOTAAL 40
GROOTTOTAAL 120
b.o.
MUSIEK 4
(Eerste Vraestel) 10691/15
AFDELING A: MUSIEKGELETTERDHEID
VERPLIGTE VRAE: VRAAG 1 EN 3
KEUSEVRAE: VRAAG 2.1 OF 2.2 EN VRAAG 4.1 OF 4.2
VRAAG 1 (VERPLIGTEND) (20 punte)
Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord al die vrae wat daarop volg:
ALL THE THINGS YOU ARE
JEROME KERN
Freely with rubato
B
A
C D
b.o.
MUSIEK 5
(Eerste Vraestel) 10691/15
1.1 Transponeer die note in die G-sleutel van maat 1 (gemerk A) ʼn majeur (3)
sekunde (2e) hoër. Onthou om die nuwe toonsoortteken in te voeg.
1.2 Herskryf die note in die G-sleutel van maat 3 (gemerk B) in die (5)
ooreenstemmende saamgestelde tydmaat. Onthou om die nuwe
tydmaatteken vooraan te voeg.
1.3 Skryf ʼn opgaande harmoniese mineurtoonleer in dieselfde toonsoort as die (3)
uittreksel. Gebruik ʼn geskikte saamgestelde tydmaat en enige ritmiese
waardes, korrek gegroepeer.
1.4 Voeg ʼn noot onder elke * om ʼn Blues toonleer op F te vorm. (1)
* *
1.5 Identifiseer en benoem die intervalle C en D, bv. Majeur 7e. (2)
C _____________________________________
D _____________________________________
b.o.
MUSIEK 6
(Eerste Vraestel) 10691/15
1.6 Keer die intervalle in Vraag 1.5 om en benoem die omgekeerde intervalle (4)
weer.
C D
________________ ________________
1.7 Vergelyk maat 1 en 2. Identifiseer EEN ooreenkoms en EEN verskil tussen hierdie (2)
twee mate.
Ooreenkoms________________________________________________________
Verskil_______________________________________________________
[20]
b.o.
MUSIEK 7
(Eerste Vraestel) 10691/15
Beantwoord VRAAG 2.1 of VRAAG 2.2
VRAAG 2 (Melodieskryf) (15 punte)
2.1 Voltooi die motief hieronder om ʼn 12-maat melodie met ABA-struktuur vir ʼn (15)
enkellyninstrument te vorm. Onthou om aanwysings vir dinamiek en
artikulasie by te voeg en dui aan vir watter instrument jy skryf.
INSTRUMENT _________________________________________________
Die melodie sal volgens hierdie riglyne nagesien word:
BESKRYWING PUNTETOEWYSING KANDIDAAT SE PUNTE
Vorm en kadenspunte 6
Korrekte notasie 5
Voordragaanwysings en artikulasie 4
Algemene indruk: vernuwing, kreatiwiteit, 15
voordragaanwysings en melodiese kurwe
TOTAAL 30/2=15
OF
b.o.
MUSIEK 8
(Eerste Vraestel) 10691/15
2.2 Voltooi die motief hieronder om die 12-maat melodie met ABA-struktuur vir (15)
ʼn enkellyninstrument te vorm. Onthou om aanwysings vir dinamiek en
artikulasie by te voeg en dui aan vir instrument jy skryf.
INSTRUMENT ______________________________
Die melodie sal volgens hierdie riglyne nagesien word:
BESKRYWING PUNTE TOEWYSING KANDIDAAT SE PUNTE
Vorm en kadenspunte 6
Korrekte notasie 5
Voordragaanwysings en artikulasie 4
Algemene indruk: vernuwing, kreatiwiteit, 15
voordragaanwysings en melodiese kurwe
TOTAAL 30/2=15
[15]
b.o.
MUSIEK 9
(Eerste Vraestel) 10691/15
VRAAG 3 (Harmoniese Analise) (10 punte)
Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg:
Bist du bei mir J S Bach
uit die Anna Magdalena Bach Notaboek
A C
F
B D
G
H
E
b.o.
MUSIEK 10
(Eerste Vraestel) 10691/15
3.1 Noem die toonsoorte by A en B, bv. B majeur. (2)
A: _________________________________
B: _________________________________
3.2 Identifiseer die toonsoorte en besyfer die akkoorde by C en D, bv. E: IV6 of (2)
E: A/C#
C: __________________________________
D: __________________________________
Benoem die kadens by E. Skryf die toonsoort, akkoordprogressie en tipe
3.3 neer, bv. E: V – I, voltooide kadens. (3)
___________________________________________________________
3.4 Identifiseer en benoem die tipe non-akkoordtone by F en G, bv. (2)
appoggiatura.
F: ________________________________
G: ________________________________
3.5 Noem die komposisietegniek by H in mate 14 en 15. (1)
____________________________________________________________
[10]
b.o.
MUSIEK 11
(Eerste Vraestel) 10691/15
VRAAG 4 (Harmonisering) (15 punte)
Beantwoord VRAAG 4.1 or VRAAG 4.2
4.1 Voltooi die volgende harmonisering deur partye vir alt, tenoor en bas onder (15)
die gegewe sopraanlyn te voeg.
Die harmonisering sal volgens hierdie riglyne nagesien word:
BESKRYWING PUNTETOEWYSING KANDIDAAT SE PUNTE
Akkoordprogressie: keuse van akkoorde en non- 12
akkoordtone
Korrektheid: notasie, stemleiding, dubbelspasiëring 13
Algemene indruk: vernuwing, kreatiwiteit, non- 15
akkoordtone
TOTAAL 30÷2 = 15
[15]
OF
b.o.
MUSIEK 12
(Eerste Vraestel) 10691/15
4.2 Voltooi die volgende stuk deur geskikte harmoniese materiaal in die (15)
bassleutel by die gegewe melodie te voeg. Skryf in die styl wat gegee
word.
Die harmonisering sal volgens hierdie riglyne nagesien word:
BESKRYWING PUNTETOEWYSING KANDIDAAT SE PUNTE
Akkoordprogressie: keuse van akkoorde en non- 14
akkoordtone (tussendominant van V nie verpligtend)
Stemleiding 8
Algemene indruk: vernuwing, kreatiwiteit, 8
karakterisering
TOTAAL 30÷2 = 15
[15]
TOTAAL AFDELING A: 60
b.o.
MUSIEK 13
(Eerste Vraestel) 10691/15
AFDELING B - AMK (verpligtend) 20 Punte
Vraag 5.1 (10 punte)
Kies die mees korrekte antwoord uit die opsies A – D as antwoord vir elkeen van vraag 5.1-10.
Skryf slegs die vraagnommer en letter in elke geval neer, bv. 5.11 D.
5.1.1 Watter van die volgende items is nie ʼn basiese musiekelement nie?
A Timbre
B Volume
C Perspektief
D Struktuur
5.1.2 Watter van die volgende items is nie ʼn groep musiekinstrumente nie?
A Aerofone
B Sousafone
C Ideofone
D Elektrofone
5.1.3 Watter van die volgende items is nie ʼn tegniek waarmee “vorm” in musiek geskep word
nie?
A Herhaling
B Variasie
C Kontras
D Instrumentasie
5.1.4 Watter van die volgende items is nie tipies aan die basiese formele strukture van
Afrikamusiek nie?
A Grondbas
B Roep en antwoord
C Oorvleuelende frases
D Gemengde strukture
b.o.
MUSIEK 14
(Eerste Vraestel) 10691/15
5.1.5 Watter van die volgende items is nie ʼn tempo-aanduiding nie?
A Largetto
B Lento
C Mezzo
D Rallentando
5.1.6 Watter van die volgende kunstenaars / groepe is nie deel van Rock-musiek in die 20e
eeu nie?
A Jimi Hendrix
B Ravi Shankar
C Elvis Presley
D The Beatles
5.1.7 Watter van die volgende items is nie ʼn stylperiode in Westerse kunsmusiek nie?
A Klassiek
B Renaissance
C Ragtime
D Barok
5.1.8 Watter van die volgende items is nie ʼn Jazz-styl nie?
A Blues
B Bebop
C Dixieland
D Bluegrass
5.1.9 Watter van die volgende items is nie ʼn inheemse Afrika musiekstyl nie?
A Ipitombi
B Kwela
C Mbaqanga
D Mbube
b.o.
MUSIEK 15
(Eerste Vraestel) 10691/15
5.1.10 Watter van die volgende volgorde van tone en halftone vorm ʼn doriese modus?
A toon, toon, toon, halftoon, toon, halftoon, toon
B toon, toon, halftoon, toon, toon, toon, halftoon
C toon, halftoon, toon, halftoon, toon, toon, toon
D toon, halftoon, toon, toon, toon, halftoon toon
[10]
Vraag 5.2 (10 punte)
Beantwoord die volgende vrae oor die Suid-Afrikaanse musiekindustrie:
5.2.1 Definieer “musiekplagiaat” in jou eie woorde. (2)
5.2.2 Wie is, volgens kopieregwet, die skrywer van ʼn lied? (1)
5.2.3 Verduidelik in jou eie woorde hoe kopiereg gedeel word wanneer verskillende lede van
ʼn groep ʼn lied saam skryf. (2)
5.2.4 Noem DRIE maniere waarop ʼn kunstenaar se musiekbesigheid deur ʼn agent/bestuurder
ontwikkel kan word. (3)
5.2.5 Verduidelik wat “needle-time” tantieme is. (2)
[10]
b.o.
MUSIEK 16
(Eerste Vraestel) 10691/15
AFDELING C – WKM (Keusevraag) 40 punte
Vraag 6 Kortvrae (10 punte)
6.1 Identifiseer die werk waaruit hierdie tema kom. Skryf die titel en komponis neer. (2)
6.2 Noem die genre van die werk in 6.1 en verskaf ʼn definisie van hierdie genre. (3)
6.3 Noem een ooreenkoms en een verskil tussen die uiteensetting en die heruiteensetting in
sonatevorm. (2)
6.4 Noem DRIE beginsels wat deur die Camerata vasgestel is in hulle ontwikkeling van die
opera: (3)
Vraag 7 (5 punte)
Skryf ʼn paragraaf waarin jy die volgende sub-genres, soos wat dit in ʼn opera aangetref word,
verduidelik:
– aria (2)
– resitatief (2)
– koor (1).
Vraag 8 (5 punte)
Op watter manier verskil Beethoven se Simfonie No. 6 Op. 68 in Fmajeur van die vroeëre
standaard Klassieke simfonieë wat deur sy voorgangers gekomponeer is? Skryf ʼn kort
paragraaf waarin jy 5 van hierdie verskille noem.
Vraag 9 (5 punte)
Beskryf ʼn tipiese Klassieke orkes.
b.o.
MUSIEK 17
(Eerste Vraestel) 10691/15
Vraag 10 (15 punte)
Die Zauberflöte (Die Towerfluit) is die laaste opera wat deur WA Mozart gekomponeer is.
Gebruik die volgende riglyne om ʼn opstel te skryf waarin jy hierdie monumentale werk beskryf.
Gee ʼn definisie van die spesifieke genre van Die Zauberflöte (1)
Noem TWEE sub-genres wat in die opera voorkom en verduidelik elkeen (4)
Noem DRIE karakters, hulle stemtipes en een solo wat deur elkeen gesing word (9)
Jou logiese aanbieding van inhoud sowel as ʼn goed-gestruktureerde formaat sal met een punt
gekrediteer word. (1)
OF
AFDELING D – JAZZ (Keusevraag) 40 punte
Vraag 11 Kortvrae (10 punte)
11.1 Noem VIER instrumente wat die kern van die oorsprong van Kaapse Jazz gevorm
het. (4)
11.2 Verduidelik wat ʼn “ghoema-trom” is. (2)
11.3 Noem DRIE prominente eksponente van Kaapse Jazz wat betrokke was by die
oorspronklike opname van Mannenberg in die vroeë 1970s. (3)
11.4 Wie is die Jazz-kunstenaar wat bekend is vir The Colours They Bring? (1)
Vraag 12 (8 punte)
Skryf ʼn paragraaf waarin jy die betekenis en eienskappe van Kwela musiek in die konteks van
Suid-Afrikaanse Jazz verduidelik. Noem kunstenaars en groepe as voorbeeld. (8)
Vraag 13 (7 punte)
“The Soul Brothers” is ʼn groep wat verteenwoordigend is van ʼn tipies Suid-Afrikaanse styl.
Beskryf in ʼn paragraaf waarom hierdie style tipies Suid-Afrikaans is en noem EEN ander
groep/kunstenaar wat hierdie styl gebruik. (7)
Vraag 14 (15 punte)
Skryf ʼn opstel oor vroeë Marabi musiek. Sluit inligting oor die oorsprong en styleienskappe van
hierdie musiek in (10). Noem ten minste TWEE kunstenaars / groepe en ʼn tipiese lied deur
elkeen. (4)
Jou logiese aanbieding van inhoud in ʼn goed-beplande struktuur sal met een punt gekrediteer
word.
OF
b.o.
MUSIEK 18
(Eerste Vraestel) 10691/15
AFDELING E – IAM (Keusevraag) 40 punte
Vraag 15 Kortvrae (10 punte)
15.1 Noem twee musikante wat instrumenteel was in die vaslegging van die Malombo styl. (2)
15.2 Wat was Sello Galane se belangrikste doelwit met Free Kiba? (2)
15.3 Verduidelik die sangstyl van ʼn Isicathamiya-groep. (4)
15.4 Noem twee beroemde liedere / treffers deur Ladysmith Black Mambaso. (2)
Vraag 16 (8 punte)
Skryf ʼn paragraaf wat die oorsprong en eienskappe van Maskandi musiek verduidelik. Noem
prominente kunstenaars / groepe as voorbeelde. (8)
Vraag 17 (7 punte)
“The Soul Brothers” is ʼn verteenwoordigende groep met ʼn tipies Suid-Afrikaanse styl. Bespreek
in ʼn paragraaf hoekom hierdie styl tipies Suid-Afrikaans is en noem EEN ander groep /
kunstenaar wat hierdie styl gebruik. (7)
Vraag 18 (15 punte)
Skryf ʼn opstel waarin jy die rol van inheemse Afrika musiek in die tradisionele sosiale konteks
bespreek. (15)
Jou logiese aanbieding van inhoud en die beplanning van ʼn goed-gestruktureerde opstel sal
met een punt gekrediteer word.
Totaal Afdeling A: 60 punte
Totaal Afdeling B: 20 punte
Totaal Afdeling E: 40 punte
EINDE
MUSIEK 19
(Eerste Vraestel) 10691/15
Manuscipt paper for candidate’s own use / Manuskrippapier vir kandidaat se gebruik
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
Music Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2017 QP (Afr)

Question paper
Music Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2015 QP (Eng)

Question paper
Music Grade 12 P1 NSC November 2015 Question Paper (English)

Question paper
Music Grade 12 P1 NSC November 2015 Question Paper (Afr)

Question paper
Music Grade 12 P1 NSC Supplementary 2015 QP (Afr)

Memorandum
Music Grade 12 Paper 1 NSC June 2025 Memo (Afrikaans)
More from Grade 12 Music

Memorandum
Music Grade 12 Paper 2 NSC June 2025 Memo (Afrikaans)

Memorandum
Music Grade 12 Paper 2 NSC November 2025 Memo (English)

Memorandum
Music Grade 12 Paper 1 November 2024 NSC Memo (English)

Question paper
Music Grade 12 P2 NSC June 2023 Question Paper (English)

Question paper
Music Grade 12 P2 NSC November 2023 Question Paper (English)

Memorandum