VOORBEREIDENDE EKSAMEN
2015
MEMORANDUM
VAK: MUSIEK (10691)
Skip to contentAll 2015 papers 





View all





Music Grade 12 Paper 1 Gauteng Mock 2015 Memo (Afrikaans)
Grade 12 Music Paper 1 memorandum from the Gauteng Mock Exam 2015 (Afrikaans), 20 pages. Read online or download the free PDF.
Music · Grade 12 · Gauteng Mock Exam · 2015 · Afrikaans. Memorandum, 20 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Music
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Memorandum
- Year
- 2015
- Exam period
- Gauteng Mock Exam
- Paper
- 1
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 20
- File size
- 879.6 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 20
This exam
Gauteng Mock Exam 2015
Document textSearch extracted text and jump to a page.
10691/15
INSTRUKSIES EN INLIGTING:
1. Hierdie vraestel bestaan uit VYF afdelings.
2. Alle kandidate moet AFDELING A (musiekteorie) en AFDELING B (algemene
musiekkennis) beantwoord.
3. AFDELING A moet met potlood in die spasies wat voorsien is beantwoord word, en
AFDELING B met pen in die antwoordboek wat voorsien is.
4. Kandidate moet dan ÓF AFDELING C (Westerse kunsmusiek) ÓF AFDELING D (Jazz)
ÓF AFDELING E (Inheemse Afrikamusiek) beantwoord.
5. Gebruik ʼn pen vir jou antwoord van AFDELING C/D/E in die antwoordboek wat voorsien
is.
6. Die laaste bladsy van die vraestel is manuskrippapier en is bedoel vir rofwerk. Dit mag
deur die kandidaat verwyder word.
NASIENRUBRIEK
MAKS PUNTE ONDERWYSER MODERATOR
AFDELING A: MUSIEKTEORIE
Vraag 1 20
Vraag 2.1 of 2.2 15
Vraag 3 10
Vraag 4.1 of 4.2 15
SUB-TOTAAL 60
AFDELING B: ALGEMENE MUSIEKKENNIS
Vraag 5.1 10
Vraag 5.2 10
SUB-TOTAAL 20
AFDELING C: WESTERSE KUNSMUSIEK
Vraag 6 10
Vraag 7 5
Vraag 8 5
Vraag 9 5
Vraag 10 15
SUB-TOTAAL 40
AFDELING D: JAZZ
Vraag 11 10
Vraag 12 8
Vraag 13 7
Vraag 14 15
SUB-TOTAAL 40
AFDELING E: INHEEMSE AFRIKAMUSIEK
Vraag 15 10
Vraag 16 8
Vraag 17 7
Vraag 18 15
SUB-TOTAAL 40
GROOTTOTAAL 120
2
10691/15
AFDELING A: MUSIEKGELETTERDHEID
VERPLIGTE VRAE: VRAAG 1 EN 3
KEUSEVRAE: VRAAG 2.1 OF 2.2 EN VRAAG 4.1 OF 4.2
VRAAG 1 (VERPLIGTEND) (20 punte)
Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord al die vrae wat daarop volg:
B
A
A
A
C D
3
10691/15
1.1 Transponeer die note in die G-sleutel van maat 1 (gemerk A) ʼn majeur (3)
sekunde (2e) hoër. Onthou om die nuwe toonsoortteken in te voeg.
(1 punt vir toonsoortteken, minus ½ per fout tot ʼn maksimum van -2 punte)
1.2 Herskryf die note in die G-sleutel van maat 3 (gemerk B) in die (5)
ooreenstemmende saamgestelde tydmaat. Onthou om die nuwe
tydmaatteken vooraan te voeg.
(1 punt vir tydmaatteken, 1 punt per polsslag, minus ½ per fout tot ʼn maksimum van -1 punt per polsslag)
1.3 Skryf ʼn opgaande harmoniese mineurtoonleer in dieselfde toonsoort as die (3)
uittreksel. Gebruik ʼn geskikte saamgestelde tydmaat en enige ritmiese
waardes, korrek gegroepeer.
(1 punt vir die korrekte tydmaatteken, minus ½ per fout tot ʼn maksimum van -2 punte)
1.4 Voeg ʼn noot onder elke * om ʼn Blues toonleer op F te vorm. (1)
OF
(½ punt elk)
4
10691/15
1.5 Identifiseer en benoem die intervalle C en D, bv. Majeur 7e. (2)
C Mineur 7e
D Majeur 6e
(1 punt elk, geen halfpunte)
1.6 Keer die intervalle in Vraag 1.5 om en benoem die omgekeerde intervalle (4)
weer.
C D
Majeur 2e Mineur 3e
(1 punt vir elke korrekte interval, 1 punt vir elke korrekte identifikasie, geen halfpunte. Die interval mag melodies of
harmonies genoteer word)
1.7 Vergelyk maat 1 en 2, Identifiseer EEN ooreenkoms en EEN verskil tussen (2)
hierdie twee mate.
Ooreenkoms Melodie en ritme is dieselfde (noem slegs een)
Verskil Toonhoogte verskil – een oktaaf hoër
[20]
5
10691/15
Beantwoord VRAAG 2.1 of VRAAG 2.2
VRAAG 2 (Melodieskryf) (15 punte)
2.1 Voltooi die motief hieronder om ʼn 12-maat melodie met ABA-struktuur vir ʼn (15)
enkellyninstrument te vorm. Onthou om aanwysings vir dinamiek en
artikulasie by te voeg en dui aan vir watter instrument jy skryf.
INSTRUMENT _________________________________________________
MOONTLIKE ANWOORD:
Kadens (onvoltooid/voltooid)
A: D majeur
onvoltooide kadens
(imperfect)
B: D majeur / b mineur / A majeur
Voltooide kadens in D majeur
A: D majeur
Die melodie sal volgens hierdie riglyne nagesien word:
BESKRYWING PUNTETOEWYSING KANDIDAAT SE PUNTE
Vorm en kadenspunte 6
Korrekte notasie 5
Voordragaanwysings en artikulasie 4
Algemene indruk: vernuwing, kreatiwiteit, 15
voordragaanwysings en melodiese kurwe
TOTAAL 30/2=15
OF
6
10691/15
2.2 Voltooi die motief hieronder om die 12-maat melodie met ABA-struktuur vir (15)
ʼn enkellyninstrument te vorm. Onthou om aanwysings vir dinamiek en
artikulasie by te voeg en dui aan vir instrument jy skryf.
INSTRUMENT ______________________________
MOONTLIKE ANTWOORD:
Kadens (onvoltooid/voltooid)
A: b mineur
Onvoltooide kadens
B: b mineur/D majeur/F# majeur
Voltooide kadens in b
mineur
A: b mineur
Die melodie sal volgens hierdie riglyne nagesien word:
BESKRYWING PUNTE TOEWYSING KANDIDAAT SE PUNTE
Vorm en kadenspunte 6
Korrekte notasie 5
Voordragaanwysings en artikulasie 4
Algemene indruk: vernuwing, kreatiwiteit, 15
voordragaanwysings en melodiese kurwe
TOTAAL 30/2=15
[15]
7
10691/15
VRAAG 3 (Harmoniese Analise) (10 punte)
Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg:
A
C
F
B
D
G
H
E
8
10691/15
3.1 Noem die toonsoorte by A en B, bv. B majeur. (2)
A D majeur
B A majeur
3.2 Identifiseer die toonsoorte en besyfer die akkoorde by C en D, bv. E: IV6 (2)
OF E: A/C#
C D: V7 OF A7
D G: I OF D: IV OF G
Benoem die kadens by E. Skryf die toonsoort, akkoordprogressie en tipe
3.3 neer, bv. E: V - I voltooide kadens. (3)
E D: V – vi, onderbroke kadens OF A – Bm, onderbroke kadens
3.4 Identifiseer en benoem die tipe non-akkoordtone by F en G, bv. (2)
appoggiatura.
F (Onder)hulpnoot / (onder)wisselnoot
G Vooruitneming
3.5 Noem die komposisietegniek by H in mate 14 en 15. (1)
H Herhaling
[10]
9
10691/15
VRAAG 4 (Harmonisering) (15 punte)
Beantwoord VRAAG 4.1 of VRAAG 4.2
4.1 Voltooi die volgende harmonisering deur partye vir alt, tenoor en bas onder (15)
die gegewe sopraanlyn te voeg.
MOONTLIKE ANTWOORD:
Die harmonisering sal volgens hierdie riglyne nagesien word:
BESKRYWING PUNTETOEWYSING KANDIDAAT SE PUNTE
Akkoordprogressie: keuse van akkoorde en non- 12 (12 progressies
akkoordtone uitsluitend die einde van
die eerste frase)
Korrekte notasie, stemleiding, dubbelspasiëring 13 (13 akkoorde, minus
½ punt per fout, nie meer
as -1 per akkoord)
Algemene indruk: vernuwing, kreatiwiteit, non- 15
akkkoordtone
TOTAAL 30÷2 = 15
[15]
10
10691/15
OF
4.2 Voltooi die volgende stuk deur geskikte harmoniese materiaal in die (15)
bassleutel by die gegewe melodie te voeg. Skryf in die styl wat gegee
word.
MOONTLIKE ANTWOORD:
Die harmonisering sal volgens hierdie riglyne nagesien word:
BESKRYWING PUNTETOEWYSING KANDIDAAT SE PUNTE
Akkoordprogressie: keuse van akkoorde en non- 14 (2 per maat, 1 elk in
akkoordtone (tussendominant van V nie verpligtend) maat 4 and 8)
Stemleiding 8 (1 per maat)
Algemene indruk: vernuwing, kreatiwiteit, 8
karakterisering
TOTAAL 30/2 = 15
[15]
TOTAAL AFDELING A: 60
11
10691/15
AFDELING B - AMK (verpligtend) 20 Punte
Vraag 5.1 (10 punte)
Kies die mees korrekte antwoord uit die opsies A – D as antwoord vir elkeen van vraag 5.1-10.
Skryf slegs die vraagnommer en letter in elke geval neer, bv. 5.11 D.
5.1.1 Watter van die volgende items is nie ʼn basiese musiekelement nie?
C Perspektief
5.1.2 Watter van die volgende items is nie ʼn groep musiekinstrumente nie?
B Sousafone
5.1.3 Watter van die volgende items is nie ʼn tegniek waarmee “vorm” in musiek geskep
word nie?
D Instrumentasie
5.1.4 Watter van die volgende items is nie tipies aan die basiese formele strukture van
Afrikamusiek nie?
A Grondbas
5.1.5 Watter van die volgende items is nie ʼn tempo-aanduiding nie?
C Mezzo
5.1.6 Watter van die volgende kunstenaars / groepe is nie deel van Rock-musiek in die 20e
eeu nie?
B Ravi Shankar
5.1.7 Watter van die volgende items is nie ʼn stylperiode in Westerse kunsmusiek nie?
C Ragtime
5.1.8 Watter van die volgende items is nie ʼn Jazz-styl nie?
D Bluegrass
5.1.9 Watter van die volgende items is nie ʼn inheemse Afrika musiekstyl nie?
A Ipitombi
5.1.10 Watter van die volgende volgorde van tone en halftone vorm ʼn doriese modus?
D toon, halftoon, toon, toon, toon, halftoon toon
[10]
12
10691/15
Vraag 5.2 (10 punte)
Beantwoord die volgende vrae oor die Suid-Afrikaanse musiekindustrie:
5.2.1 Definieer “musiekplagiaat” in jou eie woorde. (2)
- Die luisteraar kan duidelik onderskei waar die oorspronklike musiek vandaan kom
(identifiseer die oorspronklike werk)
- Dele van die melodie, woorde of lirieke is dieselfde as ʼn bestaande werk
5.2.2 Wie is, volgens kopieregwet, die skrywer van ʼn lied? (1)
- Dis die persoon wat die melodie en/of die woorde/lirieke skryf
5.2.3 Verduidelik in jou eie woorde hoe kopiereg gedeel word wanneer verskillende lede van
ʼn groep ʼn lied saam skryf. (2)
- Melodie en woorde: 50% kopiereg
- Basspeler, ghitaarspeler en tromspeler wat hulle eie partye skep: 50% kopiereg
(Ander sinvolle afwykings van hierdie formule mag ook aanvaar word)
5.2.4 Noem DRIE maniere waarop ʼn kunstenaar se musiekbesigheid deur ʼn
agent/bestuurder ontwikkel kan word. (3)
- Deur opnames/CD’s/youtube videos te maak
- Deur openbare optredes te reël
- Deur die musiek te laat uitsaai (radio/TV)
- Deur partiture te laat produseer en reproduseer
- Deur musiek te laat verwerk
(Enige drie, ook ander sinvolle opsies wat nie hier genoem is nie)
5.2.5 Verduidelik wat “needle-time” tantieme is. (2)
- “Needle-time” tantieme vergoed kunstenaars en eienaars van klankopnames vir die
openbare uitsending van hierdie opnames. [10]
13
10691/15
AFDELING – WKM (Keusevraag) 40 punte
Vraag 6 Kortvrae (10 punte)
6.1 Identifiseer die werk waaruit hierdie tema kom. Skryf die titel en komponis neer. (2)
Titel Hebrides Overture / Fingal se grot
Komponis: (Felix) Mendelssohn
6.2 Noem die genre van die werk in 6.1 en verskaf ʼn definisie van hierdie genre. (3)
Genre: Konsertoverture (1)
Definisie: Tipe19e-eeuse enkelbeweging orkeswerk (wat programmatiese inhoud
mag bevat) (2)
OF
Genre Simfoniese toondig (1)
Definisie Tipiese 19e eeuse enkelbeweging orkeswerk wat programmatiese inhoud
bevat (2)
6.3 Noem een ooreenkoms en een verskil tussen die uiteensetting en die heruiteensetting in
sonatevorm. (2)
Ooreenkoms: Beide eerste temas is in die tonika toonsoort (1)
Verskil: Die tweede tema van die uiteensetting is in ʼn verwante toonsoort, terwyl dit
in die tonika toonsoort van die heruiteensetting is (1)
6.4 Noem DRIE beginsels wat deur die Camerata vasgestel is in hulle ontwikkeling van die
opera. (3)
Herlewing van die Griekse drama
Uitvinding van ʼn nuwe musiekstyl in navolging en nabootsing van die antieke Griekse
drama
Volg die ritme en steminfleksie van spraak so getrou as moontlik
Hou begeleiding so eenvoudig as moontlik sodat die teks duidelik is
Gebruik ʼn homofoniese tekstuur (melodie met begeleiding).
(Enige 3 feite)
14
10691/15
Vraag 7 (5 punte)
Skryf ʼn paragraaf waarin jy die volgende sub-genres, soos wat dit in ʼn opera aangetref word,
verduidelik:
– aria (2),
– resitatief (2)
– koor (1).
Aria: Vokale solo wat deur ʼn orkes begelei word (1), dit belig en verduidelik die emosies wat
deur ʼn karakter ervaar word (1)
Resitatief: Musikale weergawe van gesproke teks, word gewoonlik voor die aria aangetref (1). Word
deur klawesimbel begelei (recitativo secco) of deur orkes (recitativo stromentato) (enige
een vir 1 punt))
Koor: Musiek wat deur ʼn koor gesing word, gewoonlik aan die einde van \n toneel of bedryf (1)
Vraag 8 (5 punte)
Op watter manier verskil Beethoven se Simfonie No. 6 Op. 68 in F-majeur van die vroeëre
standaard Klassieke simfonieë wat deur sy voorgangers gekomponeer is? Skryf ʼn kort
paragraaf waarin jy 5 van hierdie verskille noem.
1. Dit is baie langer ten opsigte van voorspeeltyd en het ʼn groter omvang
2. Dit het 5 bewegings in plaas van die normale 4 (of 3)
3. Drie van die bewegings volg mekaar sonder onderbreking op (3 na 4 na 5)
4. Hy gebruik titels om programmatiese inhoud voor te stel
5. Hy gebruik instrumente op nuwe maniere: 2 trombone, piccolo, timpani
6. Die vorm word uitgebrei: episodiese vorm vir die 4e beweging; uitgebreide koda vir
die 5de beweging
(enige 5)
Vraag 9 (5 punte)
Beskryf ʼn tipiese Klassieke orkes.
Houtblaas: 2 fluite, 2 hobo’s, 2 klarinette, 2 fagotte (2 punte, ½ vir elke instrument/groep)
Koperblaas: 2 Franse horings, 2 trompette
Perkussie: 2 timpani
Strykers: Eerste en tweede viole, altviole, tjello’s en kontrabas
( ½ per instrument, enige 10 instrumente, aantal instrumente hoef nie aangedui
te word nie)(10÷2=5)
15
10691/15
Vraag 10 (15 punte)
Die Zauberflöte (Die Towerfluit) is die laaste opera wat deur WA Mozart gekomponeer is.
Gebruik die volgende riglyne om ʼn opstel te skryf waarin jy hierdie monumentale werk beskryf:
Gee ʼn definisie van die spesifieke genre van Die Zauberflöte (1)
Noem TWEE sub-genres wat in die opera voorkom en verduidelik elkeen (4)
Noem DRIE karakters, hulle stemtipes en een solo wat deur elkeen gesing word (9)
Jou logiese aanbieding van inhoud sowel as ʼn goed-gestruktureerde formaat sal met een punt
gekrediteer word. (1)
SINGSPIEL:
Gebruik uitsluitlik Duits as taal
Uitgebreide gesproke dialoog
Plot is gewoonlik komies / romanties / bevat elemente van fantasie
Magiese kreature is dikwels deel van die verhaal
Die eienskappe van goed / boos word dikwels komies oordryf
(Enige 2 vir ½ punt elk = 1)
SUB-GENRES: (Enige 2):
Libretto (woorde wat deur sangers gepraat en gesing word)
Aria (vokale solo wat deur orkes begelei word)
Duet (aria vir twee sangers)
Recitativo (musikale weergawe van gesproke teks)
Overture (orkesinleiding)
Interlude (instrumentale seksie wat tussen twee bedrywe of tonele gespeel word)
(Enige 2 (2) met verduideliking (2) = 4 punte)
ARIAS en SANGERS (3 punte elk, enige 3):
Der Vogelfänger bin ich ja (A birdcatcher am I) – Papageno, bariton
Das Bildnis is bezaubernd schön (This image is enchantingly beautiful) – Tamino, tenoor
Bei Männern welche Liebe fühlen (With people who feel love) – Duet tussen Pamina en
Papageno, sopraan (lyrics) en bariton
O Isis und Osiris – Sarastro, bas
Alles fühlt der Liebe Freuden (Everyone feels the joy of love) – Monostatos, tenoor
Der Hölle Rache kocht in meinen Herzen (Hell’s anger boils in me) – Koningin van die
Nag, sopraan (koloratura)
In diesem hei’gen Hallen (In these holy halls) – Sarastro, bas
Ach, ich fühl’s, es ist verschwunden (Ah, I feel it, it has disappeared) – Pamina, sopraan
Ein Mädchen oder Weibchen (A girl or a little wife) – Papageno, bariton
(Enige 3 (x3) = 9)
OPSTELFORMAAT 1 punt
16
10691/15
AFDELING D – JAZZ (Keusevraag) 40 punte
Vraag 11 Kortvrae (10 punte)
11.1 Noem VIER instrumente wat die kern van die oorsprong van Kaapse Jazz gevorm
het. (4)
Koperblaasinstruments (trompet, kornet, tromboon), Saxofoon, Banjo, Ghitaar,
Perkussie
(Enige 4, een punt elk)
11.2 Verduidelik wat ʼn “ghoema-trom” is. (2)
ʼn Vaatjie-vormige, Asiese styl trom, van hout gemaak en wat met die hande gespeel
word (2)
11.3 Noem DRIE prominente eksponente van Kaapse Jazz wat betrokke was by die
oorspronklike opname van Mannenberg in die vroeë 1970s. (3)
Abdullah Ibrahim (Doller Brand), Basil Coetzee, Robbie Jansen (3)
11.4 Wie is die Jazz-kunstenaar wat bekend is vir The Colours They Bring ? (1)
Feya Faku (1)
Vraag 12 (8 punte)
Skryf ʼn paragraaf waarin jy die betekenis en eienskappe van Kwela musiek in die konteks van
Suid-Afrikaanse Jazz verduidelik. Noem kunstenaars en groepe as voorbeeld. (8)
Ontstaan uit Marabi en Amerikaanse vokale Jazz
Penniefluitjie-musiek van die 1950’s
Instrumente: Snaar bas, Ghitaar, Tromme, Penniefluitjie
Dikwels gebaseer op “close-harmony” liedere of liedere van migrante arbeiders
Word sterk geassosieer met die dansvorm “jive”
Kwela beteken: “klim in” (Zulu) en is gebruik as waarskuwing dat polisievangwaens (kwela-
kwela) oppad is
Dit is ʼn styl uniek aan Johannesburg (Soweto) wat wye populariteit geniet en uitstekende
kommersiele waarde het
Kunstenaars: Spokes Mashiyane, Lemmy Mabaso, Elias Lerole
(Enige 6 feite en 2 kunstenaars = 8 punte)
17
10691/15
Vraag 13 (7 punte)
“The Soul Brothers” is ʼn groep wat verteenwoordigend is van ʼn tipies Suid-Afrikaanse styl.
Beskryf in ʼn paragraaf waarom hierdie styl tipies Suid-Afrikaans is en noem EEN ander
groep/kunstenaar wat hierdie styl gebruik. (7)
Die styl is Mbaqanga
Die Zoeloewoord beteken “gestoomde mieliebrood”, en word tipies in Kwa-Zulu-Natal
geëet
Dit is ʼn verdere ontwikkeling van die SA style Marabi en Kwela
Kunstenaar is multi-etnies en dit verduidelik waarom inheemse style vermeng word
Instrumente: Elektriese ghitaar, Saksofone, Accordion, Viool en inheemse tromme
Begin tipies met in ghitaar inleiding, word gevolg deur ʼn basmelodie wat gebaseer is op
F-C- G7-C akkoordpatroon
Die sterk voorwaartse dryf van die bas en ritme is kenmerkend
Kunstenaars: Makgonatsohle, Cool Crooners, Miriam Makeba
(1 punt vir Mbaqanga, enige 5 feite, 1 ander kunstenaar = 7 punte)
Vraag 14 (15 punte)
Skryf ʼn opstel oor vroeë Marabi musiek. Sluit inligting oor die oorsprong en styleienskappe van
hierdie musiek in (10). Noem ten minste TWEE kunstenaars / groepe en ʼn tipiese lied deur
elkeen. (4)
Jou logiese aanbieding van inhoud in ʼn goed-beplande struktuur sal met een punt gekrediteer
word. (1)
Eerste township styl om tussen 1920 en 1940 te ontwikkel
Ontstaan in die “shebeens” rondom Johannesburg
Ontstaan uit die sosio-ekonomiese omstandighede van die swart werkersklas
Styl is anti-establishment, rebels en is die musikale uitlaatklep van die arm mense
Marabi beteken: “om rond te vlieg” soos dansers met die musiek of “ʼn wettelose persoon”
wat dui op die kunstenaars van die styl
Instrumente: klavier/orrel, ghitaar, koperblaasinstrumente, sang
Lirieke is informeel, voordraers tree met oortuiging op en druk dikwels politieke protes uit
Inheemse harmonieë en Afro-Amerikaanse Ragtime word vermeng
Eenvoudige akkoordprogressies word oor en oor herhaal
Dit is musiek wat vir dans bedoel is, dus is daar ʼn duidelike pols, ritme en dansgevoel
Kunstenaars en liedere: The Jazz Maniacs: Gully Low Blues, The Merry Blackbirds:
Pesheya’ Kwezo Ntaba, The Manhatten Brothers: Jikela Emaweni, Mahotella Queens:
Marena
(Oorsprong 5 punte, Eienskappe 5 punte, Kunstenaars en liedere 4 punte,
Opstelformaat 1 punt = 15 punte)
18
10691/15
AFDELING E – IAM (Keusevraag) 40 punte
Vraag 15 Kortvrae (10 punte)
15.1 Noem twee musikante wat instrumenteel was in die vaslegging van die Malombo styl. (2)
Phillip Tabane, Julian Bahula, Lucky Ranku, Abie Cindi (enige 2 vir 2 punte)
15.2 Wat was Sello Galane se belangrikste doelwit met Free Kiba? (2)
Hy wou dit wegneem uit die stam-konteks / verwyder van die Pedi/vhaVenda wortels
sodat dit vir die hele nasie aanvaarbaar sou wees maar nog steeds die siel van die
musiek sou behou (2)
15.3 Verduidelik die sangstyl van ʼn Isicathamiya-groep. (4)
Woord beteken ‘om liggies op die tone te loop’
Fokus op presiese, digte harmonieë
A capella groep, bestaan uit 4–20 sangers
Streef na versigtige vermenging van stemme
Voordrag dikwels in die styl van roep en antwoord deur manlike koorgroepe.
ʼn Solis lei dikwels die sang
Gewoonlik SATB
Krepitasies en ululasies dikwels gebruik in die middel van ʼn lied
(een feit per punt, enige ander korrekte feit kan aanvaar word)
15.4 Noem twee beroemde liedere / treffers deur Ladysmith Black Mambaso. (2)
Homeless, Hello My Baby, Unomathemba
(Enige 2, insluitend beroemde treffers wat nie hier genoem is nie)
Vraag16 (8 punte)
Skryf ʼn paragraaf wat die oorsprong en eienskappe van Maskandi musiek verduidelik. Noem
prominente kunstenaars / groepe as voorbeelde. (8)
Maskandi is moderne Zoeloe volksmusiek wat uit die Suid-Afrikaanse gemeenskap
ontstaan het
Die sanger kan as ʼn moderne troebadoer gesien word – hy neem sy musiek saam op reis
Die voordrag is feitlik altyd in persoonlike ervaring gewortel
Word oorspronklik op goedkoop, draagbare instrumente gespeel, maar deesdae word
elektroniese instrumente wat die oorspronklike klanke namaak gebruik
Tipies:
- begin met ʼn instrumentale inleiding (izihlabo)
- worde gespeel met ʼn ghitaar-pluk styl (ukupika)
- word gevolg deur ʼn seksie van gesproke prys-sang (izibongo) of storie-vertelling
Maskandi beteken: “musikante” soos in Afrikaans
Kunstenaars: iHashi Elimhlophe: Nkiyankiya, Phuzekhemisi: Imbizo
(Verduideliking 6 punte; kunsenaars 2 punte = 8 punte)
19
10691/15
Vraag 17 (7 punte)
“The Soul Brothers” is ʼn verteenwoordigende groep met ʼn tipies Suid-Afrikaanse styl. Bespreek
in ʼn paragraaf hoekom hierdie styl tipies Suid-Afrikaans is en noem EEN ander groep /
kunstenaar wat hierdie styl gebruik. (7)
Die styl is Mbaqanga
In Zoeloe beteken dit “gestoomde mieliebrood”, word gewoonlik in KwaZulu-Natal geëet
Dit is ʼn verdere ontwikkeling van die SA style Marabi and Kwela
Voordraers is multi-etnies, wat die verdere vermenging van inheemse style verduidelik
Instrumente: Elektriese ghitaar, Saxofone, Akkordion, Viool en inheemse tromme
Begin tipies met ʼn ghitaar inleiding en word gevolg deur ʼn bas melodie wat gebaseer is op
die F-C- G7-C akkoordpatroon
ʼn Kenmerk is die sterk voorwaartse dryf van die bas en ritme
Kunstenaars: Makgonatsohle, Cool Crooners, Miriam Makeba
(1 punt vir Mbaqanga, enige 5 feite, 1 ander kunstenaar = 7 punte)
Vraag 18 (15 punte)
Skryf ʼn opstel waarin jy die rol van inheemse Afrika musiek in die tradisionele sosiale konteks
bespreek. (15)
Jou logiese aanbieding van inhoud en die beplanning van ʼn goed-gestruktureerde opstel sal
met een punt gekrediteer word.
Speel ʼn belangrike rol in die gemeenskap omdat almal deelneem (daar is geen toeskouers)
Vind plaas in ʼn oop area waar al die deelnemers bymekaar kom
Deelnemers mag tegelykertyd sing, speel, danse of komponeer (improviseer)
ʼn Voordrag mag kostuums, beelde, kunswerkies en drama insluit – alles verhoog die vlakke
van deelname
Musiek is ʼn uitlaatklep vir sosiale interaksie
Musiek kan
o Sosiale aktiwiteite ondersteun
o Vermaak verskaf
o Boodskappe en emosies kommunikeer
o Eer betoon aan ʼn individu, godheid of voorvadergeeste
Musiek word vir spesifieke geleenthede geskep – godsdienstige byeenkomste,
werksliedere, om by te dans, ens.
Liedere word vir storievertel gebruik asook om geskiedenis te leer
Liedere word geassosieer met verskeie seremonies – geboorte, puberteit, huwelike, dood,
jag, oorlog, werk, ens.
Die hoofinstrument is die Afrika-trom, maar ʼn verskeidenheid ander instrumente word ook
gebruik
Horings, “shakers”, ratels, klokke, boë word ook gebruik.
Enige 14 feite = 14 punte, 1 punt vir opstelformaat)
Totaal Afdeling A: 60 punte
Totaal Afdeling B: 20 punte
Totaal Afdeling E: 40 punte
Groottotaal: 120 punte
.
20
Study this subject
Recommended for this subject

Memorandum
Music Grade 12 Paper 1 Eastern Cape Mock 2015 Memo (English)

Memorandum
Music Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2015 Memo (Afrikaans)

Memorandum
Music Grade 12 Paper 1 NSC November 2015 Memo (Afrikaans)

Memorandum
Music Grade 12 Paper 1 NSC Supplementary 2015 Memo (English)

Memorandum
Music Grade 12 P1 NSC Supplementary 2015 Memo (Afrikaans)

Question paper
Music Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2017 QP (Afr)
More from Grade 12 Music

Question paper
Music Grade 12 P1 NSC November 2025 Question Paper (Afr)

Question paper
Music Grade 12 P1 November 2024 NSC Question Paper (English)

Question paper
Music Grade 12 P1 November 2024 NSC Question Paper (Afr)

Question paper
Music Grade 12 P2 November 2024 NSC Question Paper (English)

Question paper
Music Grade 12 P2 November 2024 NSC Question Paper (Afr)

Question paper