You're offline
Skip to content
Memorandum

MUSIC P1 GR12 SEPT2015 AFR MEMO_hlayiso.com_.pdf

Subject: MusicGrade 12201530 pages
Download

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 SEPTEMBER 2015 MUSIEK V1 MEMORANDUM PUNTE: 120 Hierdie memorandum bestaan uit 30 bladsye.
Downloaded from hlayiso.com 2 MUSIEK V1 (EC/SEPTEMBER 2015) AFDELING A: MUSIEKTEORIE (VERPLIGTEND) Beantwoord VRAAG 1, VRAAG 2.1 OF VRAAG 2.2, VRAAG 3, EN VRAAG 4.1 OF VRAAG 4.2. Beantwoord al die vrae in die spasies wat op hierdie vraestel voorsien word. VRAAG 1 Bestudeer die uittreksel uit Viool-sonate, Op. 24 deur L. van Beethoven hieronder en beantwoord die vrae wat volg. SONATE OP. 24 1.2 1.3.1 1.3.2 1.7 1.4 1.5 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2015) MUSIEK V1 3 1.1 Noem die dominante toonsoort van hierdie uittreksel. C majeur (1) 1.2 Herskryf die vioolparty van maat 3 met die korrekte groepering van note. 1 punt 1 punt (2) 1.3 Noem die intervalle gemerk 1.3.1 en 1.3.2, byvoorbeeld majeur 6de. 1.3.1 Majeur 3de/terts 1.3.2 Vergrote 11de OF Saamgestelde vergrote 4de. (2) 1.4 Noem die tipe drieklank by 1.4, byvoorbeeld mineur drieklank. Verminderd (1) 1.5 Transponeer maat 9 van die vioolparty ʼn majeur tweede hoër. Voeg die nuwe toonsoortteken by. 1 punt vir korrekte toonsoortteken (G majeur – F#) 1 punt vir elke korrekte noot (8 note x 1 punt elk = 8 punte) (9 punte ÷ 3) (3) 1.6 Skryf die volgende toonlere of modusse volgens die gegewe instruksies. 1.6.1 D melodiese mineurtoonleer, afgaande, met ʼn toonsoortteken. Gebruik die tenoorsleutel en heelnote. 1 punt vir korrekte sleutel 1 punt vir korrekte toonsoortteken 8 punte vir korrekte note (8 note x 1 punt elk) 2 punte vir korrekte halftone (12 punte ÷ 3) (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 4 MUSIEK V1 (EC/SEPTEMBER 2015) 1.6.2 F Lidiese modus, opgaande, sonder ʼn toonsoortteken. Gebruik die bassleutel en heelnote. 1 punt vir korrekte sleutel 8 punte vir korrekte note (8 note x 1 punt elk) (9 punte ÷ 3) (3) 1.7 Herskryf die klavier se regterhandparty van maat 4 en halveer die nootwaardes. Voeg die nuwe tydmaatteken by. 1 punt vir korrekte tydmaatteken 1 punt vir korrekte nootwaardes (2) 1.8 Identifiseer en benoem die komposisietegniek wat meesal in die vioolparty voorkom. Omkring EEN voorbeeld op die partituur. Sekwens (sien partituur vir voorbeelde) (2) [20] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2015) MUSIEK V1 5 VRAAG 2 BEANTWOORD VRAAG 2.1 OF VRAAG 2.2. 2.1 Gebruik die onderstaande openingsmotief om ʼn twaalf-maat melodie in ABA- vorm vir die instrument van jou keuse te voltooi. Dui die instrument waarvoor jy skryf aan en voeg dinamiek- en artikulasietekens by. Moontlike antwoord: Instrument: Fluit of Klarinet of Trompet of Viool of Hobo of Kitaar of Marimba Die melodie sal volgens die kriteria hieronder nagesien word: PUNTE- KANDIDAAT BESKRYWING TOEKENNING SE PUNT Instrumentkeuse 1 (Klavier sal nie aanvaar word nie) Vorm en kadenspunte 3 Musikaliteit Melodiese kontoer, klimaks, ritme, musikale 8 eenheid, kreatiwiteit Korrekte notasie 1 Dinamiek en artikulasie 2 TOTAAL 15 [15] OF Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 6 MUSIEK V1 (EC/SEPTEMBER 2015) 2.2 Gebruik die onderstaande openingsmotief om ʼn twaalf-maat melodie in ABA- vorm vir die instrument van jou keuse te voltooi. Dui die instrument waarvoor jy skryf aan en voeg dinamiek- en artikulasietekens by. Moontlike antwoord: Instrument: Tjello of Fagot of Tromboon Die melodie sal volgens die kriteria hieronder nagesien word: PUNTE- KANDIDAAT BESKRYWING TOEKENNING SE PUNT Instrumentkeuse 1 (Klavier sal nie aanvaar word nie) Vorm en kadenspunte 3 Musikaliteit Melodiese kontoer, klimaks, ritme, musikale 8 eenheid, kreatiwiteit Korrekte notasie 1 Dinamiek en artikulasie 2 TOTAAL 15 [15] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2015) MUSIEK V1 7 VRAAG 3 Bestudeer die uittreksel uit Mein Herz will ich dir schenken deur J. Hatzfeld hieronder en beantwoord die vrae wat volg. Mein Herz will ich dir schenken J. Hatzfeld Voorbeeld: (a) (b) Am ___ ___ ___ Kadens (e) (g) a: ___ i ___ ___ ___________ (c) (d) Kadens (f) ___ ___ (i) (h) ___ ___ _______________ Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 8 MUSIEK V1 (EC/SEPTEMBER 2015) 3.1 Identifiseer die akkoorde gemerk (a) – (d) en besyfer hulle op die partituur. Gebruik besyferingsimbole onder die partituur OF akkoordsimbole bo die partituur. Let op die voorbeeld in maat 1. (a) a: VI of F (b) a: i6 of ib of Am/C (c) a: iv6 of ivb of Dm/F (d) a: i64 of ic of Am/E (4) 3.2 Noem die kadense by (e) en (f). Skryf slegs die naam van die kadens onder die notebalk in die gegewe blokkie neer. (e) Onvolmaakte kadens (f) Volmaakte kadens (2) 3.3 Noem die tipe nie-akkoordnote by (g) tot (i). (g) Terughouding (h) Boonste wisselnoot/hulpnoot (i) Vooruitneming (3) 3.4 Kies die korrekte antwoord deur ʼn kruisie (X) in die relevante blokkie hieronder te maak: Die mediant in die finale akkoord was verhoog om dit na ʼn majeur akkoord te verander. Hierdie verskynsel staan as … bekend. Modulasie Pikardiese terts Interval omkering (1) [10] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2015) MUSIEK V1 9 VRAAG 4 Beantwoord VRAAG 4.1 OF VRAAG 4.2. 4.1 Voltooi die vierstemmige vokale harmonisasie hieronder deur die alt-, tenoor- en baspartye by te voeg. Gebruik ten minste TWEE nie-akkoordnote. Moontlike antwoord: D: I Vc Ib I IV vi V V42 Ib viio6 I IV Ic V7 vi IVb Ic IV V I Ib IV V V42 Ib ii6 Ic V8 – 7 I Die harmonisasie sal volgens die kriteria hieronder nagesien word: PUNTE- KANDIDAAT SE BESKRYWING TOEKENNING PUNT 14 Akkoordkeuse (Minus ½ punt per fout) Korrektheid 14 Notasie, verdubbeling, spasiëring, (Minus ½ punt per stemvoering fout) Gebruik van nie-akkoordnote 2 30 (÷ 2) TOTAAL 15 [15] OF Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 10 MUSIEK V1 (EC/SEPTEMBER 2015) 4.2 Voltooi die stuk deur geskikte harmoniese materiaal in die bassleutel by te voeg. Maak seker dat jy binne die styl van Ragtime skryf. Moontlike antwoord: Die antwoord sal volgens die kriteria hieronder nagesien word: PUNTE- KANDIDAAT SE BESKRYWING TOEKENNING PUNT 16 (2 per maat) Akkoordkeuse (Minus ½ punt per fout) Korrektheid: 8 Notasie, verdubbeling, spasiëring, (Minus ½ punt per stemvoering fout) (8 akkoorde) Algemene indruk 6 30 (÷ 2) TOTAAL 15 [15] TOTAAL AFDELING A: 60 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2015) MUSIEK V1 11 AFDELING B, C, D, E: ALGEMENE MUSIEKKENNIS Beantwoord AFDELING B (VERPLIGTEND) EN AFDELING C (Westerse Kunsmusiek) OF AFDELING D (Jazz) OF AFDELING E (Inheemse Afrika-musiek) Beantwoord hierdie vrae in ʼn ANTWOORDEBOEK. AFDELING B: ALGEMEEN (VERPLIGTEND) QUESTION 5 5.1 Vier opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee. Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 5.11 E. 5.1.1 C 5.1.2 A 5.1.3 B 5.1.4 D 5.1.5 A 5.1.6 C 5.1.7 B 5.1.8 D 5.1.9 A 5.1.10 C (10 x 1) (10) 5.2 Sê of die volgende stellings WAAR of ONWAAR is. 5.2.1 Onwaar 5.2.2 Waar 5.2.3 Onwaar 5.2.4 Onwaar 5.2.5 Waar (5 x 1) (5) 5.3 Definieer die term meganiese regte.  Wanneer ʼn opname-maatskappy ʼn lied wil gebruik moet hulle toestemming van die liedjieskrywer, uitgewer of agent kry, en betaal vir die reg om die lied te gebruik. OF  Vergoeding word aan komponiste, outeurs en uitgewers betaal wanneer hul musiek op enige manier gekopieer word, byvoorbeeld op ʼn CD of wanneer MP3s aanlyn verkoop word. (Enige EEN) (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 12 MUSIEK V1 (EC/SEPTEMBER 2015) 5.4 Jou vriend is ʼn kunstenaar en wil graag ʼn album met oorspronklike liedjies adverteer en versprei, maar weet nie watter prosedure om te volg nie. 5.4.1 Vertel jou vriend watter maatskappy is verantwoordelik vir die advertensie en verspreiding van albums. Opname-maatskappy (1) 5.4.2 Gee jou vriend TWEE opsies van prosedures om te volg om te verseker dat die album op die mark verskyn.  Jou vriend kan ʼn opname-kontrak direk deur ʼn opname-maatskappy kry wat hom/haar sal voorsien van ʼn opname-ateljee en help om die album te adverteer en te versprei.  Jou vriend kan ook ʼn opnamekontrak deur ʼn opname-ateljee verkry wat die liedere (album) sal opneem en dan probeer om ʼn opname- maatskappy te kry wat die album sal adverteer en versprei. (2) TOTAAL AFDELING B: 20 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2015) MUSIEK V1 13 Beantwoord AFDELING C (Westerse Kunsmusiek) OF AFDELING D (Jazz) OF AFDELING E (Inheemse Afrika-musiek) AFDELING C: WESTERSE KUNSMUSIEK (WKM) VRAAG 6 6.1 Definieer die term simfonie. ʼn Grootskaalse werk vir ʼn simfonie-orkes met drie of vier bewegings waarvan die tempo verskil. (2) 6.2 Wat was die eerste titel wat Mendelssohn aan Fingal se Grot gegee het voordat hy dit na Die Hebrides verander het? The Lonely Island (1) 6.3 Verduidelik die verskil tussen Parlando en Resitatief sang wat in operamusiek voorkom.  Parlandostyl is vinnige dialoog of praatsang om die stem in spraakstyl na te boots, terwyl resitatief spraakritmes op ʼn liriese manier naboots.  Parlandostyl is vinniger as resitatief sodat die lettergrepe van die teks met elke noot kan verander. (2) 6.4 Noem die name van die TWEE karakters wat die duet Bei Männern, welche Liebe fühlen (The man who feels sweet love’s emotion), in Mozart se Die Zauberflöte, sing. Pamina (sopraan) en Papageno (baritoon) (2) 6.5 Noem TWEE redes waarom Beethoven se Simfonie No. 6, Op. 68 uniek is wanneer dit met die konvensionele Klassieke Simfonie vergelyk word.  Simfonie No. 6 het vyf bewegings in plaas van vier bewegings.  Hierdie simfonie word as programmaties beskou aangesien Beethoven beskrywende titels aan elke beweging gegee het en daar is transformasie van gevoel veroorsaak deur die instrumente en melodiese variasie. (2) 6.6 Wat is die tempo-aanduiding vir die eerste beweging van Beethoven se Simfonie No. 6, Op. 68? Kies die korrekte antwoord deur ʼn kruisie (X) in die relevante blokkie te maak. Allegro Andante molto mosso Allegro ma non troppo (1) [10] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 14 MUSIEK V1 (EC/SEPTEMBER 2015) VRAAG 7 Bespreek die impak wat die Vrymesselaars op Die Zauberflöte gehad het. Jou bespreking moet die volgende insluit:  Die name van die komponis en librettis wat beide Vrymesselaars was (2)  Kenmerke van Vrymesselaars (2)  Vrymesselaar-elemente wat in Die Zauberflöte gebruik word (4) Komponis: W.A. Mozart Librettis: Emanuel Schikaneder 2 punte Kenmerke van Vrymesselaars:  Vrymesselaars is ʼn antieke geheime orde wat toegewy is aan die morele ontwikkeling van ʼn individu wat daaraan behoort.  Oorsprong: van die Judeo-Christelike tradisie waarvan die simboliek ontstaan van die bou, afbreek en herbouing van die Tempel van Jerusalem.  Vrymesselaars bestaan hoofsaaklik uit mans. 2 punte Vrymesselaar-elemente in Die Zauberflöte:  Die nommer drie (simboliek aan die drie kloppe aan die deur wat toegang tot die Vrymesselaars se vergaderings vereis) wat regdeur die werk voorkom: Drie dames, drie jong seuns, drie genies, drie tempels, drie verhore, hooftoonsoort (Eb-majeur), herhaalde kort-lank-kort idee in die ouverture en in die tweede bedryf, drie swaar akkoorde waarmee die ouverture begin en weer herhaal word waar Tamino met sy verhore in die tempeltoneel begin.  Die agtergrond van die opera is in Egipte waar Vrymesselaars blykbaar begin het. 4 punte [8] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2015) MUSIEK V1 15 VRAAG 8 8.1 Definieer die term Konsert-ouverture.  ʼn Orkestrale werk soortgelyk aan die ouverture van ʼn opera of musiekblyspel, maar word bedoel as ʼn onafhanklike orkeswerk.  Konsert-ouvertures het dikwels ʼn titel en is programmaties van aard. (2) 8.2 Beskryf die tweede tema van Mendelssohn se Fingal se Grot Ouverture.  Beeld die beweging van die deining van die golwe uit.  Toonsoort: D majeur (verwante toonaard van die hooftoonaard B mineur)  Tweede tema word eerste deur die tjello’s en fagotte in D-majeur gespeel en word ondersteun deur die klarinet waarna dit later deur die viole gespeel word  Die verandering van mineur na majeur help om ʼn sonnige stemming te skep.  Die tema word deur sagte sestiendenoot strykers begelei.  ʼn Tremolo-effek word verkry deur die herhaling van sestiendenote om die idee van ʼn kalm see weer te gee. (Enige VYF feite) (5) [7] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 16 MUSIEK V1 (EC/SEPTEMBER 2015) VRAAG 9 Skryf ʼn opstel oor Beethoven se bydrae tot die ontwikkeling van die Klassieke Simfoniese genre. Verwys na die volgende aspekte in jou antwoord:  Stylkenmerke van Beethoven (6)  Hoe hy die instrumente in die vierde beweging van sy Pastorale Simfonie, Op. 68 gebruik het om programmatiese elemente te skep. (8) EEN punt sal vir aanbieding in opstelformaat toegeken word. (1) Stylkenmerke van Beethoven:  Bekend as die eerste groot individualistiese komponis  Kenmerke sluit onder andere in emosie, humor en impulsiwiteit  Element van verrassing word geskep deur lang tussenposes van verwagting, en dan skielike verandering van ritme, toonsoort, dinamiek en groot klimakse gevolg deur skielike eenvoudige melodieë  Meester van tematiese materiaal  Gebruik ou kontrapuntale idees in sy werke  Hervorming van vormstrukture (tema en variasie, sonate-vorm, voeg ʼn stadige inleiding voor groter werke, gebruik vrye fantasie as eerste beweging)  Brei die gebruik van harmonie uit deur groter teksture te gebruik en modulasies na ander toonaarde as die gewone subdominant en dominanttoonaarde (Enige SES) 6 punte Programmatiese elemente in die vierde beweging:  Effektiewe gebruik van instrumente om ʼn storm na te boots  Eerste effek van reëndruppels word verkry deur die viole wanneer hulle pp staccato- agstenote speel  Tromme skep ʼn donderweer-effek saam met die lae kwintoplette gespeel deur die tjello’s en die kwartoplette in die bas wat die idee van ʼn gerommel skep  Piccolo gee sterkte aan die storm  Twee addisionele trombone word bygevoeg om addisionele sterkte te verskaf wanneer die storm ʼn hoogtepunt bereik  Gevoel van opgewondenheid word verkry deur die ff tremolo-arpeggio’s, gespeel deur die hoë strykers  Storm bereik ʼn hoogtepunt met tremolo’s en tromrolle  Musiek word geleidelik sagter na die storm wanneer die agstenote van maat 1 deur die hobo gespeel word as dolce-halfnote oor ʼn dominant-pedaalpunt (Enige AGT feite) 8 punte EEN punt word toegeken vir opstel-formaat 1 punt [15] TOTAAL AFDELING C: 40 OF Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2015) MUSIEK V1 17 AFDELING D: JAZZ VRAAG 10 10.1 Noem die instrument wat meesal in Kwêla musiek gebruik word. Penniefluitjie (1) 10.2 Wat was Miriam Makeba se bynaam? Mama Africa (1) 10.3 Wie het Brotherhood of Breath gestig en watter instrument het hy bespeel? Chris McGregor – klavier (2) 10.4 Noem TWEE verskille tussen Kaapse Jazz en Marabi-musiek.  Kaapse Jazz is meer improvisatories van aard  Waar marabi meer van ʼn klavierstyl is, gebruik Kaapse Jazz in die begin hoofsaaklik instrumente (alhoewel nie uitsluitlik) wat rondgedra kan word gedurende straatparades, soos koperblaasinstrumente, banjo’s, kitare en perkussie-instrumente. (2) 10.5 Gee die betekenis van die woord mbaqanga. Gestoomde mieliebrood (1) 10.6 Waar en wanneer het marabi ontstaan? Johannesburg, tussen 1920 en 1940 (2) 10.7 Noem die leier van The Merry Blackbirds. Peter Rezant (1) [10] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 18 MUSIEK V1 (EC/SEPTEMBER 2015) VRAAG 11 Bespreek die stilistiese invloede op die groep, Voice. Jou bespreking moet die aantal lede sowel as die genre van die groep insluit. Orkeslede: Vyf lede (kwintet) 1 punt Genre: Afrika-Jazz 1 punt Invloede op die groep:  Voice was deur vroeë Suid-Afrikaanse jazz-musikante soos Kippe Moeketsi en Abdullah Ibrahim beïnvloed,  deur Marabi- en Kwêla-style van die 50’s en 60’s,  sowel as be-bop en post-bob jazz,  Latynse musiek en musiek van die kontinent van Afrika en die Diaspora.  Die kwintet kry meeste van hul inspirasie vir komposisie vanaf hierdie ryk musikale nalatenskap. (Enige SES invloede) 6 punte [8] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2015) MUSIEK V1 19 VRAAG 12 Jy word gevra om ʼn artikel oor The Manhattan Brothers vir jou skooltydskrif te skryf. Jou artikel moet die volgende inligting insluit:  Die name van die groeplede (2)  Die groep se bydrae tot Suid-Afrikaanse jazz-musiek (4)  Prestasies (1) Groeplede: Joe Mogotsi, Ronnie Sehume, Rufus Khoza, Nathan Mdledle, en Miriam Makeba 2 punte Stylkenmerke en bydrae tot Suid-Afrikaanse jazz:  Verkry hul inspirasie van Amerikaanse ragtime, jive, swing, doo-wop en ander jazz- style,  sowel as Afrika-koormusiek en Zoeloe-harmonieë.  Die groep verwerf ook bekendheid met hul bydrae tot burgerlike regte aktivisme wat reeds deur hul voorgangers begin was.  Hulle speel ook ʼn rol in die musikale aspekte van die plaaslike film, Drum, met Taye Diggs wat die hoofrol vertolk. 4 punte Prestasies: Een US Billboard pop chart-treffer, “Lovely Lies”, wat Nr. 45 in Maart 1956 bereik het. 1 punt [7] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 20 MUSIEK V1 (EC/SEPTEMBER 2015) VRAAG 13 Mbaqanga is een van die hoofstyle van township jazz wat deur die volgende kunstenaars of groepe verteenwoordig word:  Makgonatsohle Band OF  Soul Brothers OF  The Cool Crooners Kies EEN van die bostaande kunstenaars of groepe en skryf ʼn opstel waarin jy die volgende aspekte bespreek:  Definisie van mbaqanga-musiek (6)  Stylkenmerke van die gekose kunstenaar of groep (6)  Verteenwoordigende werke (2) EEN punt sal vir aanbieding in opstelformaat toegeken word. (1) Definisie van Mbaqanga:  Zoeloe woord vir tradisionele gestoomde mieliebrood  Mengsel van marabi en kwêla-style van township-musiek, Sesotho en Zoeloe- liedjies en Amerikaanse jazz-style.  Het ʼn sterk baslyn wat die musiek vorentoe laat beweeg.  Gekenmerk deur die Afrika stompdans: mengsel van indlamu (Zoeloe-dans) met siklusse van marabi en swing.  Sangers is van uiters belang gedurende optredes  Instrumente sluit onder andere elektriese kitare, saksofone, viole, trekklaviere en tromme in  Word gekenmerk deur verskeie segmente deur te begin met ʼn tradisionele vorm van musiek, dans en kostuums wat geleidelik na ʼn meer kontemporêre Westerse vorm oorgaan  Bestaan uit brutale (“brutish”) ritmes en sinkretistiese melodiese style wat met tradisionele marabi-style gekombineerd word (Enige SES) (6) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2015) MUSIEK V1 21 Makgona Tsohle Band: Stylkenmerke:  Suid-Afrikaanse instrumentale groep veral bekend as die stigters van mbaqanga  Instrumentale invloed: pennefluitjie (kwêla-style), saksofoon, kitaar, tromme en elektriese baskitaar  Weens die groot verskeidenheid van instrumente vorm hierdie groep ʼn nuwe styl van musiek wat marabi meng met kwêla en die moderne (elektroniese instrumente) met die ouer (tradisionele Zoeloe, Sotho en Xhosa) klanke  Hul nuwe musiek staan as mbaqanga bekend  Die vermenging van mbaqanga met stemme staan bekend as “mgqashiyo” wat beteken om “te bons” weens die “bonserige” ritmes van die style 6 punte Verteenwoordigende werke: Sebai Bai (2000) Bazobuya (2004) Kazet (2006) Siyadumisa (Songs of Praise) (2007) (Enige TWEE) 2 punte EEN punt word vir opstelformaat toegeken. 1 punt (9) [15] OF Soul Brothers: Stylkenmerke:  Inspireer deur Amerikaanse Soul-musiek (kostuums, choreografie en sommige harmonieë)  Ritmiese-seksie: basspeler Zenzele “Sakes” Mchunu, tromspeler David Masondo en kitaarspeler Tuza Mthethwa  Later word Moses Ngwenya as klawerbordspeler bygevoeg om Soul Brothers te stig met David Mosondo wat vanaf tromme na hoofsanger oorskuif  Die kombinasie van Masondo se trillende sopraanstem en Ngwenya se perkussiewe Hammond-orrelspel, verkry Soul Brothers ʼn unieke en onmiddellike kenmerkende klank  Die kern van die ritmiese seksie was deur die byvoeging van ʼn koperblaas-seksie, kitare en verskeie vokale harmonieë versterk. 6 punte Verteenwoordigende werke: Amanikiniki Kuze Kuse Isithothobala (Enige TWEE) 2 punte EEN punt word vir opstelformaat toegeken. 1 punt (9) [15] OF Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 22 MUSIEK V1 (EC/SEPTEMBER 2015) The Cool Crooners: Stylkenmerke:  Mengsel van township-jazz met Westerse musiek en Afrika-ritmes en tale – Ndebele, Zoeloe en Swahili  Hul musiek is lig van aard, goed afgerond en outyds  Hul musiek bestaan hoofsaaklik uit stemme wat harmoniseer, vrolike koperblaas- seksie wat die gevoel van ʼn musieksaal skep, gesinchroniseerde bewegings en manne in pakke  Die taal, ritme, vrolike kitaar en “laid back cool” is tipies Afrika  Hulle sing van tronksel-mure in Suid-Afrika, die verwaarloosdheid van tradisie deur die jongmense, die egtheid van migrerende werkers, polisie-strooptogte en politiese stryd  Daar is ook ligter momente in die liedjies waar daar gepraat word oor wat gebeur oor ʼn naweek in ʼn township en hoe telefoonkommunikasie verander het 6 punte Verteenwoordigende werke: Blue Sky Umkhulu lo Msebenzi Bulugwe Lami (My Trousers) Lyokhala Mama Gubuzela (Mugger) Kamaro Zhi (Uprising) Cell Phone Itshomi Yami (My Friend) (Enige TWEE) 2 punte EEN punt word vir opstelformaat toegeken. 1 punt (9) [15] TOTAAL AFDELING D: 40 OF Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2015) MUSIEK V1 23 AFDELING E: INHEEMSE AFRIKA-MUSIEK (IAM) VRAAG 14 14.1 Met watter musikale styl word Ladysmith Black Mambazo geassosieer? Isicathamiya (1) 14.2 Noem die Zoeloe-dans styl wat met siklusse van marabi en swing gemeng word om die Afrikastomp dans te skep. Indlamu (1) 14.3 Noem TWEE genres wat vermeng word om Afro Soul-musiek te skep. Afrika-Jazz en Soul (2) 14.4 Watter instrument is kenmerkend van Maskandi musiek? Kitaar (1) 14.5 Noem TWEE Suid-Afrikaanse style wat in die ontwikkeling van mbaqanga voorkom. Marabi en kwêla (2) 14.6 Wat is die verskil tussen umgxushulo-dans en indlamu-dans? Umgxushulo-dans is stadiger as indlamu-dans. (1) 14.7 Beskryf die heksatoniese toonleer. Ses note met ʼn interval van ʼn vergrote vierde. (2) [10] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 24 MUSIEK V1 (EC/SEPTEMBER 2015) VRAAG 15 15.1 Definieer malombo-musiek.  Musiek-genre wat ʼn unieke Suid-Afrikaanse klank en atmosfeer skep,  van ‘stowwerige townships’, geeste van die voorouers  en die kontras van die stad se helder neonligte soos dit reflekteer in die elektriese Ghetto kitaarklanke van Mamelodi Township Jazz. (3) 15.2 Noem die kunstenaar wat ʼn belangrike rol gespeel het in die ontwikkeling van malombo-musiek. Philip Tabane (1) 15.3 Skryf ʼn paragraaf oor die kenmerke van maskanda-musiek.  Afkomstig van die Afrikaanse woord ‘musikant’  Word met Zoeloe-volksmusiek geassosieer  Geassosieer met kitaar  Gebruik vinnige gesproke seksies wat uit Zoeloe-lofgedigte (izibongo) bestaan  Ook bekend as ‘Zoeloe Blues’, as gevolg van sikliese en herhaalde pluk van snare op die kitaar  ʼn Maskanda-lied begin met ʼn boodskap (izihlabo): “Dit is wat ek gaan speel en dit is wie ek is”. (Enige VIER kenmerke) (4) [8] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2015) MUSIEK V1 25 VRAAG 16 Skryf kort aantekeninge oor enige EEN van die volgende Afro Soul-kunstenaars:  Jabu Khanyile OF  Hugh Masekela OF  Miriam Makeba Jou aantekeninge moet die volgende insluit:  Biografie oor die kunstenaar (6)  EEN album/treffer (1) Jabu Khanyile: Biografie:  Gebore op 28 Februarie 1957 in Soweto  Sy pa het op die myne gewerk en het tradisionele a capella-liedjies gesing terwyl sy broer, John, in reggae en soul-cover groepe gespeel het  Jabu verlaat skool op die ouderdom van veertien jaar om ʼn lewe te kan maak en sluit by sy eerste groep, The Daffodils aan wat ʼn plaaslike groep was, en in 1974 speel hy tromme vir John se groep, The Editions, waarvoor hy later gesing het  In 1977 sluit hy aan as tromspeler by The Movers en in 1984 Bayete, ʼn groep wat Afrika-jazz met reggae vermeng.  Na 1992 besluit Khanyile om te fokus op sy solo-loopbaan en verwerf hy internasionale roem toe hy in 1996 by die Royal Gala-aand, ter huldeblyk aan Nelson Mandela, opgetree het.  In 1996 en 2000 wen hy die Kora-toekenning vir beste Suid-Afrikaanse kunstenaar  Hy was veral bekend vir sy Pan-Africanist benadering tot musiek deur verskillende Afrika-style te verenig  Hy het oor die algemeen opgetree in ʼn Masai-kostuum wat ʼn vlieë-slaner (‘fly- whisk’) handelsmerk gehad het, simbolies van Afrika-koninklikes.  In Julie 2005 tree Khanyile in Johannesburg tydens die Live 8-konsert op  Hy maak sy laaste publieke verskyning in Julie 2006 tydens die “Africa Calling” oorhandiging-seremonie, wat teen die einde van die Wêreldbekertoernooi in Berlyn gehou is  Hy sterf in November 2006 na ʼn lang stryd teen suikersiekte en prostaatkanker 6 punte Album/hit: Mmalo-We (1993) Africa Unite (1996) The Prince (1999) Thobekile (2000) Umbele (2001) Wankolota (2005) Hiyo Lento (2005) (Enige EEN) 1 punt [7] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 26 MUSIEK V1 (EC/SEPTEMBER 2015) OF Hugh Masekela: Biografie:  Gebore op 4 April 1939 in Witbank  Begin sing en klavier speel op ʼn vroeë ouderdom, maar toe hy 13 was, het die rolprent, Young man with a horn, waarin Kirk Douglas die rol van ʼn Amerikaanse jazz-trompetspeler vertolk het, hom inspireer het om trompet te speel  Die anti-apartheidsaktivis, vader Trevor Huddleston, het vir Masekela ʼn trompet gegee en die leier van die Johannesburgse plaaslike munisipale koperblaasorkes, Uncle Sauda, gevra om Masekela die basiese tegnieke van die instrument te leer  Masekela het ʼn lid van die sterbelaaide African Jazz Revue in 1956 geword  In 1958 speel hy in die orkes vir die musiekblyspele, King Kong, waarin Miriam Makeba ook gespeel het en hy later in 1964 getrou het  Na die Sharpeville-slagting in 1960 het hy die land met behulp van Huddleston verlaat  Miriam Makeba het hom gehelp om toelating tot die Manhattan School of Music in New York te kry.  Harry Belafonte het hom gehelp om as Amerikaanse student sy voete te vind  Masekela het vir Louis Armstrong toe ontmoet wat ʼn paar jaar vantevore ʼn trompet vir die Huddleston Jazz Band gestuur het  Hy het sy eerste solo-album, Trumpet Africaine, in 1963 uitgereik  Sy deurbraak het gekom met die opname van sy betowerende, regstreekse optrede, The Americanisation of Ooga Booga  Nadat hy en Makeba in 1966 geskei is, verhuis hy na Los Angeles waar hy sy populêre Afrika-musiek saam met opkomende rockgroepe soos The Byrds en Bob Marley speel  Sy grootste treffer, Grazing in the grass, word in 1968 uitgereik en maak van hom ʼn groot popster.  Masekela verhuis terug na Afrika gedurende die 1970’s en is deur Afrobeat pionier Fela Kuti aan groepe voorgestel, o.a. Hedzollah Sound van Ghana  In 1981 maak hy Botswana sy nuwe tuiste en begin hy ʼn musiekskool tot hy in 1985 die land moes verlaat  Masekela se 1987-treffer Bring him back home word die lied vir Nelson Mandela se wêreldtoer ná sy vrylating in 1992  Toe hy in Engeland was het hy gehelp om die musiek vir Sarafina! te skryf en het hy by Paul Simon vir die Graceland-toer aangesluit  Nadat apartheid weggeval het is Masekela terug na Suid-Afrika en het hy sy eerste toer in Suid-Afrika, Sekunjalo – This is It!, gehou saam met die groepe Sankomota en Bayete 6 punte Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2015) MUSIEK V1 27 Album/treffer: Trumpet Africaine (1962) The Emancipation of Hugh Masekela (1966) Hugh Masekela & Union of South Africa (1971) Home is Where the Music Is (The African Connection) (1972) Home (1981) Hope (2003) Revival (2005) We Are One (2011) Friends (2012) (Enige EEN) 1 punt [7] OF Mirriam Makeba: Biografie:  Gebore op 4 Maart 1932 in Prospect naby Johannesburg  Haar eerste solo-optrede was op die ouderdom van 13 toe sy voor koning George VI van Engeland gesing het tydens sy besoek aan Suid-Afrika  Bekend as ‘Mama Africa’  Haar professionele loopbaan het in 1950 begin met die Manhattan Brothers voordat sy haar eie vrouegroep, The Skylarks, begin het  Sy het die bynaam “The Empress of African Song” gekry en het as gevolg daarvan die vroulike hoofrol in die produksie King Kong in 1959 gekry  Haar groot deurbraak het gekom toe sy die ster in die anti-apartheid dokumentêr Come back, Africa gespeel het, maar het probleme met die Suid-Afrikaanse regering veroorsaak toe dit by die Venesië-filmfees in 1959 aangebied moes word en sy as gevolg daarvan nie wou terugkeer na Suid-Afrika nie  Sy verhuis na Londen waar sy Harry Belafonte ontmoet wat haar gehelp het om na die VSA te emigreer  In 1963 is haar opnames in Suid-Afrika verbied en is sy verbied om weer na Suid- Afrika te reis  Nadat sy van Hugh Masekela geskei is het sy met die leier van die Black Panthers, Stokely Carmichael getrou, maar die omstredenheid wat die huwelik veroorsaak het, het haar laat vlug na Nieu-Guinee  In 1966 het sy ʼn Grammy-toekenning ontvang vir die beste opname van Folk saam met Harry Belafonte vir An evening with Belafonte/Makeba  In 1987 het sy weer onder die aandag van die wêreld gekom toe sy saam met Paul Simon op sy Graceland-toer was  Nelson Mandela het haar oortuig om in 1990 na Suid-Afrika terug te keer  In 1992 was sy ʼn ster in die filmweergawe van Sarafina! as die hoofkarakter se moeder, Angelina  In 2004 is Makeba verkies die 38ste plek op die 100 grootste Suid-Afrikaners  In 2005 het sy 14 maande lank deur die wêreld getoer en al die lande besoek waar sy vantevore opgetree het om haar sangloopbaan af te sluit.  In 1986 word sy die Dag Hammerskjöld Peace Prize toegeken omdat sy op die Guinese-afvaardiging na die Verenigde Nasies gedien het Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 28 MUSIEK V1 (EC/SEPTEMBER 2015)  In 2001 is die Otto Hahn-vredesmedalje deur die United Nations Association of Germany in Berlyn aan haar toegeken vir uitstaande diens gelewer ter wille van vrede  Sy was die eerste sanger om Afrika-musiek in 1960 op die internasionale mark te bring  Haar outobiografie, Makeba: My Story, is in 1987 gepubliseer en in Duits, Frans, Hollands, Italiaans, Spaans en Japannees vertaal  Haar album Homeland (2000) is vir ‘n Grammy-toekenning in 2001 genomineer  Haar laaste album Reflections was in 2004 vrygestel 6 punte Album/treffer: The Many Voice of Miriam Makeba (1960) Miriam Makeba (1960) The Voice of Africa (1964) An Evening with Belafonte/Makeba (1965) Pata Pata (1967) Country Girl (1978) Homeland (2000) Reflecting (2004) Makeba Forever (2006) The Click Song (1963) Give Me a Reason (1989) (Enige EEN) 1 punt [7] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2015) MUSIEK V1 29 VRAAG 17 Skryf ‘n opstel oor die ontwikkeling van vrye kiba-musiek in Suid-Afrika. Verwys na die volgende aspekte:  Noem EEN komponis van vrye kiba-musiek (1)  Stylkenmerke van vrye kiba-musiek (4)  Bydrae gelewer deur hierdie komponis tot die ontwikkeling van kiba-musiek in Suid- Afrika. (8)  EEN album/treffer van hierdie styl (1) EEN punt sal vir aanbieding in opstelformaat toegeken word. (1) Komponis: Sello Galane 1 punt Stylkenmerke:  Die woord Kiba is afkomstig van Noord-Sotho wat beteken ‘slaan’ en is ook die naam wat gegee word vir die grootste trom wat vir hierdie genre as musiekinstrument gebruik word  Vry Kiba gebruik lirieke in die volgende tale: Sepedi, Setswana, Xitsonga, Venda, Kiswahili, Twi, Runyankole, Tumbuka, Shona, Ndebele, Noord-Ndebele, Zoeloe, Yoruba en Herero  Kiba-musiek word hoofsaaklik vanaf oorsprong deur mans as kunsvorm gedomineer  ʼn Musiekgroep bestaan uit agt tot tien “pypblasers” met een van hulle as leier (bekend as malokwane) en drie tromspelers (selde mans)  Ten minste drie vrouens speel ʼn tromstel wat bestaan uit ʼn groot trom (kiba), medium-grootte trom bekend as “moropa wa diatla” en twee klein identiese tromme bekend as “ditinti” 4 punte Bydrae deur die komponis:  Galane komponeer en verwerk tot-en-met 100 Vry Kiba-liedjies oor ʼn tydperk van tien jaar  Galane verwyder die konsep van Vry Kiba-musiek deur dit aan te pas as ʼn formaat van musiek wat op verskeie maniere uitgedruk kan word soos deur die gebruik van enige goeie musiekinstrumente, verskeie Afrika-tale en wat deur goeie musikante ongeag taaloriëntasie uitgevoer kan word  Galane behou die klassieke Kiba-poliritme,  pluro-vokale gebruik van spraak aanduidings en lofsang,  die aanpassing van temas tot onmiddellike konteks,  roep-en-antwoord melodiese struktuur,  melo-ritmes van tromme wat inpas by pluro-vokale antwoorde,  krepitasies en vokale vrolikheid van die inheemse Kiba-musiekkuns  Hy wou graag Vry Kiba-musiek ʼn hoofstroom maak om nuwe rigting en teorie aan dit te gee  Hy vermeng ook tradisionele Pedi-musiek met modern ritmes om ʼn nuwe gevoel aan hierdie musiekstyl te gee 8 punte Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 30 MUSIEK V1 (EC/SEPTEMBER 2015) Album/Treffer: Dikoktwane Ba dyondzekile Sebodu sa Mmashela Dikgalala Pula Tsheka\\Tsheketa Pulika Motse\\Mekgolokwane Baeng (Enige EEN) 1 punt EEN punt word toegeken vir opstelformaat 1 punt [15] TOTAAL AFDELING E: 40 GROOTTOTAAL: 120 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

Published documents with matching subject and grade metadata.

Matched using subject, grade, language, document type and exam metadata.

More from Grade 12 Music

Explore more published documents in this catalogue.

View all