Downloaded from hlayiso.com
GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS
VOORBEREIDENDE EKSAMEN
2016
10731
EKONOMIE
EERSTE VRAESTEL
TYD: 2 uur
PUNTE: 150
13 bladsye
3
Skip to contentAll 2016 papers %20SEP%202022%20Question%20Paper_hlayiso.com_--4b579af8-e0b1-4689-a729-7d9986eea052/v1-e91730b4b9b539964aa8/card.webp)
%202020%20Preparatory%20Question%20Paper_hlayiso.com_--468fe2d7-94f8-43ec-88c6-86cf12e31969/v1-b9f94b025e76d883b8ba/card.webp)
%20X10%202019%20Preparatory%20Examination%20Question%20Paper_hlayiso.com_--37295a41-5de8-4317-9725-dc223714aee3/v1-561d5cdb129296dcc9f2/card.webp)

%20SEP%202022%20Question%20Paper_hlayiso.com_--82e9d47a-c817-4545-9700-e9e2b9b7de9b/v1-301c5aae90a68c6175ee/card.webp)
%202020%20Preparatory%20Question%20Paper_hlayiso.com_--d34a6a9d-f432-46f7-873d-1a849eb9a1cc/v1-813bf44cd2b14d59ad5b/card.webp)
View all

_hlayiso.com_--cb8af277-aab9-4fba-8e76-5924dcaf1941/v1-2f8e9b7acbc676448fd6/card.webp)



Economics Grade 12 P1 Gauteng Mock 2016 Question Paper (Afr)
Grade 12 Economics Paper 1 question paper from the Gauteng Mock Exam 2016 (Afrikaans), 13 pages. Read online or download the free PDF.
Economics · Grade 12 · Gauteng Mock Exam · 2016 · Afrikaans. Question paper, 13 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Economics
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Question paper
- Year
- 2016
- Exam period
- Gauteng Mock Exam
- Paper
- 1
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 13
- File size
- 936.1 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 13
This exam
Gauteng Mock Exam 2016
Questions in this paper
- Question 1.1The dynamics of perfect markets16 marks
- Question 1.2The dynamics of perfect markets8 marks
- Question 1.3Dynamics of imperfect markets6 marks
- Question 2Dynamics of imperfect markets40 marks
- Question 3Environmental sustainability14 marks
- Question 4The reasons for and consequences of market failures40 marks
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE 2
(Eerste Vraesstel) 10731 / 16
GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS
VOORBEREIDENDE EKSAMEN
EKONOMIE
(Eerste Vraestel)
TYD: 2 uur
PUNTE: 150
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Beantwoord VIER vrae soos volg in die ANTWOORDBOEK:
AFDELING A: VERPLIGTEND
AFDELING B: Beantwoord enige TWEE van die DRIE vrae.
AFDELING C: Beantwoord enige EEN van die TWEE vrae.
2. Beantwoord slegs die vereiste aantal vrae. Oortollige antwoorde sal NIE
nagesien word NIE.
3. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik is.
4. Skryf die nommer van die vraag bo-aan die antwoord.
5. Lees die vrae sorgvuldig.
6. Begin elke antwoord op ʼn NUWE bladsy.
7. Los 2 – 3 lyne oop tussen onderafdelings of vrae.
8. Beantwoord die vrae in volsinne en maak seker dat die formaat, inhoud en
konteks van jou antwoorde ooreenstem met die vereistes van die vrae.
9. Gebruik slegs blou of swart ink.
10. Nie-programmeerbare sakrekenaars mag gebruik word.
11. Skryf netjies en leesbaar.
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE 3
(Eerste Vraesstel) 10731 / 16
AFDELING A
VERPLIGTEND
VRAAG 1 30 PUNTE – 20 MINUTE
1.1 Verskeie opsies word voorsien as moontlike antwoorde vir die volgende vrae.
Kies die korrekte antwoord en skryf slegs die letter (A – C) langs die
vraagnommer (1.1.1 – 1.1.8) in die ANTWOORDBOEK.
1.1.1 Watter periode van die sakesiklus word geassosieer met stygende
winste?
A Trog
B Afswaai
C Voorspoed
1.1.2 In die ekonomiese kringloopmodel is besparings ʼn ...
A inspuiting.
B lekkasie.
C pyl.
1.1.3 MTBBV word gewoonlik gedurende die maand van ... ter tafel gelê.
A Februarie
B April
C Oktober
1.1.4 Die doelgerigte manipulering van ʼn wisselkoers na hoër vlakke
staan bekend as ...
A appresiasie.
B revaluasie.
C devaluasie.
1.1.5 Nywerheidsbeleid-aksieplanne (IPAP) het ʼn ... jaar aksieplan.
A 3
B 5
C 10
1.1.6 ʼn Groot taak van die Departement van Handel en Nywerheid is
om ... uitvoere aan te moedig.
A minerale
B waarde-toegevoegde
C landbou
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE 4
(Eerste Vraesstel) 10731 / 16
1.1.7 Dit meet die prys van ingevoerde goedere by die punt waar hulle
die land binnekom.
A Produsenteprysindeks (PPI)
B Verbruikersprysindeks (VPI)
C Ekonomies-aktiewe bevolking (EAB)
1.1.8 Owerheidsbeleide verwant aan vervaardiging word dikwels ...
beleide genoem.
A ontwikkelings
B strukturele
C nywerheids (8x2) (16)
1.2 Kies ʼn beskrywing uit KOLOM B om by ʼn item in KOLOM A te pas. Skryf
slegs die letter (A – I) langs die vraagnommer (1.2.1 – 1.2.8) in die
ANTWOORDBOEK.
KOLOM A KOLOM B
1.2.1 Kapitaalmark A Die geldeenhede van verskillende lande
1.2.2 Gemeenskaps- B Die verkoopprys van ʼn item is goedkoper
goedere as in die land van oorsprong
1.2.3 Buitelandse valuta C ʼn Nie-tarief hindernis tot handel
1.2.4 Storting D Die vermoë van die ekonomie om werkers
in ʼn spesifieke gebied te akkommodeer
1.2.5 Gini koëffisiënt
E ʼn Vry gebied geskep deur ooreenkomste
1.2.6 Ruimtelike tussen sekere lande
ontwikkelings-
inisiatiewe F ʼn Situasie vir langtermyn deposito’s en
lenings
1.2.7 Arbeids-
absorberingskoers G Meting van die vlak van inkomste-
ongelykheid
1.2.8 Handelsblok
H ʼn Beleid om armoede in sekere gebiede te
verlig
I Goedere wat nie-mededingend is by die
gebruik daarvan nie
(8x1) (8)
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE 5
(Eerste Vraesstel) 10731 / 16
1.3 Gee ʼn term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf slegs die term langs
die vraagnommer (1.3.1 – 1.3.6) in die ANTWOORDBOEK neer.
1.3.1 ʼn Sakesiklus wat tussen drie en vyf jaar duur en veroorsaak word
deur ondernemings wat hulle voorraadvlakke aanpas
1.3.2 ʼn Kromme wat die verwantskap tussen die belastingkoers en
belastinginkomste toon
1.3.3 Regeringsbeperkings op die aankoop of verkoop van buitelandse
valuta deur inwoners
1.3.4 ʼn Beleidsraamwerk vir vaardigheidsontwikkeling in die werksplek
1.3.5 ʼn Saamgestelde statistiek van lewensverwagting, opvoeding en
inkome-indekse wat gebruik word om lande volgens menslike
ontwikkeling te evalueer
1.3.6 Die gunstigste rentekoers wat handelsbanke vra vir lenings aan
voorkeurkliënte (6x1) (6)
TOTAAL AFDELING A: 30
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE 6
(Eerste Vraesstel) 10731 / 16
AFDELING B
Beantwoord enige TWEE van die drie vrae in hierdie afdeling in die ANTWOORDBOEK.
VRAAG 2 MAKRO-EKONOMIE 40 PUNTE – 30 MINUTE
2.1 Beantwoord die volgende vrae.
2.1.1 Noem enige TWEE tipes markte in ʼn geslote ekonomie. (2x1) (2)
2.1.2 Wat sal die uitwerking van ʼn oorgewaardeerde rand wees? (1x2) (2)
2.2 Bestudeer die grafiek hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
MAKRO- EKONOMIESE VERMENIGVULDIGER
E=Y
Uitgawe (E)
E¹ = 30+ 0.5Y
30 E∘ = 20 + 0.5Y
20
Inkomste (Y)
40 60 (Y)
2.2.1 Wat word deur die lyn E = Y voorgestel in die bostaande grafiek?
(1x2) (2)
2.2.2 Beskryf kortliks die konsep vermenigvuldiger. (1x2) (2)
2.2.3 Wat is die verwantskap tussen die vermenigvuldiger en die
marginale verbruiksgeneigdheid (mpc)? (1x2) (2)
2.2.4 Bereken die vermenigvuldiger vanaf die bostaande inligting.
(Toon ALLE berekeninge.) (4)
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE 7
(Eerste Vraesstel) 10731 / 16
2.3 Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
AU KONFERENSIE IN SUID-AFRIKA
Die leiers van die 54 lidlande van die Afrika Unie (AU) sal hulle 25ste
buitengewone vergadering hou in Suid-Afrika net na die verwagte bekendstelling in
Egipte op Woensdag van ʼn Drieparty Vrye Handelsarea, wat 26 lande in Suidelike
en Oos-Afrika behels en ʼn mark skep vir 625 miljoen mense met ʼn bruto
binnelandse produk van meer as $1 triljoen.
Die volgepakte agenda sal ook samesprekings insluit om ʼn plan te beraam wat die
AU meer selfonderhoudend en minder afhanklik sal maak vanaf buitelandse
skenkings, en hulle eie programme sal befonds.
[Aangepas uit: Mail and Guardian, 09 Junie 2015]
2.3.1 Noem TWEE redes vir die AU beraad in Suid-Afrika. (2x1) (2)
2.3.2 Hoekom behoort die AU minder afhanklik te wees van buitelandse
donasies? (2x2) (4)
2.3.3 Tot watter mate sal Suid-Afrika bevoordeel word deur lid te wees van
die Drieledige Vryehandelsgebied? (2x2) (4)
2.4 Onderskei kortliks tussen die endogene en eksogene redes vir ʼn sakesiklus.
(2x4) (8)
2.5 Hoe kan die Suid-Afrikaanse regering openbare sektor mislukkings vermy?
(4x2) (8)
[40]
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE 8
(Eerste Vraesstel) 10731 / 16
VRAAG 3 EKONOMIESE STREWES 40 PUNTE – 30 MINUTE
3.1 Beantwoord die volgende vrae.
3.1.1 Noem TWEE internasionale organisasies wat gestandaardiseerde
metodes vereis wanneer lande verslag doen van hul ekonomiese
data. (2x1) (2)
3.1.2 Hoe kan die koste om besigheid te doen die aanbod van goedere
en dienste beïnvloed? (1x2) (2)
3.2 Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
LOODSING VAN NOG ’N NOS
President Jacob Zuma het die operateurs-permit vir die Dube Handelshawe
NOS by die King Shaka lughawe in Durban aan die Kwa-Zoeloe Premier,
Senzo Mchunu oorhandig.
Die NOS’e is veronderstel om industrialisasie te bevorder en om ʼn
bewustheid te skep omtrent die Spesiale Ekonomiese Sone-program en die
gepaarde ekonomiese groeipotensiaal. NOSe het ook werkskepping as
doelwit deur die vestiging van ʼn gunstige omgewing vir Direkte Buitelandse
Beleggings en die uitvoer van waarde-toegevoegde kommoditeite. NOSe het
ook baie tekortkominge gehad, wat bygedra het tot die bekendstelling van die
nuwe SES-beleid.
Die nuwe SES-beleid verskaf ʼn raamwerk vir strategiese industrialisasie en
die ontwikkeling van ʼn wyer reeks van SES’e, wat die breër doelwitte van die
IPAP en NOP ondersteun.
[Aangepas uit: The Citizen, 15 Junie 2015, www.thedti.gov.za]
3.2.1 Noem TWEE doelwitte van die NOS’e volgens die uittreksel. (2x1) (2)
3.2.2 Beskryf kortliks die belangrikste verskil tussen ʼn NOS en ʼn SES.
(2x2) (4)
3.2.3 Hoe kan die regering direkte buitelandse beleggings na die
Spesiale Ekonomiese Sones bevorder? (2x2) (4)
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE 9
(Eerste Vraesstel) 10731 / 16
3.3 Bestudeer die spotprent hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
UOWP – ʼn ontwikkelingsinisiatief in Suid-Afrika
Ons moet kwaliteit verseker
sodat die plaveisel vir ewig
Die regering
hou!!! sorg vir ons!!!
[Aangepas: Internet Cartoons]
3.3.1 Gee die betekenis van die afkorting UOWP. (1)
3.3.2 Wat, volgens die spotprent, is die kritiek teen die UOWP? (1)
3.3.3 Beskryf kortliks die hoofdoelwitte van die regering met die instelling
van die UOWP. (2x2) (4)
3.3.4 Hoe kan die instelling van die UOWP verbeter word in Suid-Afrika?
(2x2) (4)
3.4 Verduidelik armoede en handel as uitdagings in die Noord / Suid verdeling.
(2x4) (8)
3.5 Hoe kan ʼn belegging in sosiale (menslike) kapitaal ekonomiese ontwikkeling
in Suid-Afrika verbeter? (4x2) (8)
[40]
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE 10
(Eerste Vraesstel) 10731 / 16
VRAAG 4 MAKRO-EKONOMIE EN EKONOMIESE STREWES
40 PUNTE – 30 MINUTE
4.1 Beantwoord die volgende vrae.
4.1.1 Noem TWEE van die sleutel groeisektore van die Geïntegreerde
Vervaardigingsektor (GVS). (2x1) (2)
4.1.2 Hoe het die owerheid ekonomiese gelykheid in terme van sy
betrokkenheid in die onderwys bevorder? (1x2) (2)
4.2 Bestudeer die spotprent hieronder en beantwoord dan die vrae wat volg.
PRAVIN, DIS ’N OPENBARE JA! EK MOET DIE
VAKANSIEDAG – MOET JY RÊRIG REKENINGE NAGAAN
VANDAG WERK?
STUDENTEFOOIE
ONDERNEMINGS IN
STAATSBESIT
SAL
RAND
EKONOMIESE
INSINKING
REALITEITS
TOETS
[Aangepas: Eye Witness News multimedia]
4.2.1 Watter boodskap word in die spotprent uitgebeeld? (2)
4.2.2 Hoekom is “studentefooie” op die vereffeningsrekening? (2)
4.2.3 Beskryf kortliks die term ekonomiese insinking? (2)
4.2.4 Hoekom is die Ondernemings in Staatsbesit ʼn probleem vir
openbare sektor voorsiening? (2x2) (4)
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE 11
(Eerste Vraesstel) 10731 / 16
4.3 Bestudeer die grafiek hieronder en beantwoord dan die vrae wat volg.
Indiensneming, uitset en werklike lone in vervaardiging
Indices: 2010 = 100
Reële salarisse en lone per
werker
Uitset
Indiensneming
[Bron: SARB Kwartaalverslag, Des 2015]
4.3.1 Watter neigings toon indiensneming en reële salarisse en lone
sedert 2010? (2x1) (2)
4.3.2 Wat is reële salarisse en lone? (2)
4.3.3 Verduidelik enige doelwit van indiensneming aanwysers in die
ekonomie. (2)
4.3.4 Hoe kan arbeidsproduktiwiteit in Suid-Afrika toeneem? (2x2) (4)
4.4 Verduidelik bewegende gemiddeldes en die amplitude as kenmerke
onderliggend aan vooruitskatting. (2x4) (8)
4.5 Wat is die voordele van goeie regeringsbestuur in die streeksontwikkeling van
ʼn land? (4x2) (8)
[40]
TOTAAL AFDELING B: 80
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE 12
(Eerste Vraesstel) 10731 / 16
AFDELING C
Beantwoord EEN van die twee vrae in hierdie afdeling in die ANTWOORDBOEK.
STRUKTUUR VAN DIE OPSTEL PUNTETOEKENNING
Inleiding Maks. 2
Liggaam
Hoofgedeelte: Bespreek in besonderhede / In-diepte bespreking /
Ondersoek / Bespreek krities / Ontleed (Analiseer) / Vergelyk / Maks. 26
Evalueer / Onderskei / Differensieer / Verduidelik / Assesseer /
Debatteer
Addisionele gedeelte: Gee eie mening / Bespreek krities /
Evalueer / Evalueer krities / Teken ʼn grafiek en verduidelik / Maks. 10
Gebruik die gegewe grafiek en verduidelik / Voltooi die gegewe
grafiek / Bereken / Lei af / Vergelyk / Verduidelik / Onderskei /
Interpreteer / Debatteer kortliks / Hoe? / Stel voor
Slot
Enige hoërorde-slot behoort die volgende in te sluit:
ʼn Kort samevatting van dit wat reeds bespreek is, sonder om
enige feite wat reeds genoem is, te herhaal Maks. 2
Enige opinie of waardeoordeel oor die feite wat bespreek is
Addisionele ondersteunende inligting wat die bespreking /
analise versterk
ʼn Teenstrydige sienswyse met motivering, indien gevra
Aanbevelings
TOTAAL Maks. 40
VRAAG 5 MAKRO-EKONOMIE 40 PUNTE – 40 MINUTE
“Buitelandse valuta raak toenemend belangrik vir die welsyn van ons land.”
Bespreek buitelandse valutamarkte onder die volgende:
Verskillende soorte wisselkoerse
Faktore wat die vraag na buitelandse valuta beïnvloed. (26 punte)
Gebruik ʼn grafiek en verduidelik die effek van die rand as daar ʼn invloei van
toeriste van die VSA na Suid-Afrika is. (10 Punte) [40]
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE 13
(Eerste Vraesstel) 10731 / 16
VRAAG 6 EKONOMIESE STREWES 40 PUNTE – 40 MINUTE
“Die prestasie van ekonomieë word geassesseer deur die prestasie te meet volgens
sekere kriteria of standaarde.”
Bespreek die vernaamste sosiale aanwysers verwant aan die volgende:
Demografie
Dienste
Behuising en verstedeliking (26 Punte)
Hoe kan gelyke verdeling van inkome as ʼn makro-ekonomiese doelwit bereik
word deur die regering in Suid-Afrika? (10 Punte) [40]
TOTAAL AFDELING C: 40
TOTAAL: 150
EINDE
Study this subject
Recommended for this subject
%20SEP%202022%20Question%20Paper_hlayiso.com_--4b579af8-e0b1-4689-a729-7d9986eea052/v1-e91730b4b9b539964aa8/card.webp)
Question paper
Economics Grade 12 P1 Gauteng Mock 2022 Question Paper (Afr)
%202020%20Preparatory%20Question%20Paper_hlayiso.com_--468fe2d7-94f8-43ec-88c6-86cf12e31969/v1-b9f94b025e76d883b8ba/card.webp)
Question paper
Economics Grade 12 P1 Gauteng Mock 2020 Question Paper (Afr)
%20X10%202019%20Preparatory%20Examination%20Question%20Paper_hlayiso.com_--37295a41-5de8-4317-9725-dc223714aee3/v1-561d5cdb129296dcc9f2/card.webp)
Question paper
Economics Grade 12 P1 Gauteng Mock 2019 Question Paper (Afr)

Question paper
Economics Grade 12 Paper 1 Gauteng Mock 2016 Question Paper
%20SEP%202022%20Question%20Paper_hlayiso.com_--82e9d47a-c817-4545-9700-e9e2b9b7de9b/v1-301c5aae90a68c6175ee/card.webp)
Question paper
Economics Grade 12 P2 Gauteng Mock 2022 Question Paper (Afr)
%202020%20Preparatory%20Question%20Paper_hlayiso.com_--d34a6a9d-f432-46f7-873d-1a849eb9a1cc/v1-813bf44cd2b14d59ad5b/card.webp)
Question paper
Economics Grade 12 P2 Gauteng Mock 2020 Question Paper (Afr)
More from Grade 12 Economics

Memorandum
Economics Grade 12 P2 Eastern Cape June 2025 Memo (Afr)

Memorandum
Economics Grade 12 Paper 2 NSC June 2025 Memo (Afrikaans)
_hlayiso.com_--cb8af277-aab9-4fba-8e76-5924dcaf1941/v1-2f8e9b7acbc676448fd6/card.webp)
Question paper
Economics Grade 12 Eastern Cape June 2024 Question Paper

Question paper
Economics Grade 12 P1 Eastern Cape June 2024 QP (Afr)

Memorandum
Economics Grade 12 P1 Eastern Cape Prelim 2024 Memo (Afr)

Question paper