Downloaded from hlayiso.com
GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS
VOORBEREIDENDE EKSAMEN
2016
10732
EKONOMIE
TWEEDE VRAESTEL
TYD: 2 uur
PUNTE: 150
12 bladsye
3
b.o.
Skip to contentAll 2016 papers %20SEP%202022%20Question%20Paper_hlayiso.com_--4b579af8-e0b1-4689-a729-7d9986eea052/v1-e91730b4b9b539964aa8/card.webp)
%202020%20Preparatory%20Question%20Paper_hlayiso.com_--468fe2d7-94f8-43ec-88c6-86cf12e31969/v1-b9f94b025e76d883b8ba/card.webp)
%20X10%202019%20Preparatory%20Examination%20Question%20Paper_hlayiso.com_--37295a41-5de8-4317-9725-dc223714aee3/v1-561d5cdb129296dcc9f2/card.webp)

%20SEP%202022%20Question%20Paper_hlayiso.com_--82e9d47a-c817-4545-9700-e9e2b9b7de9b/v1-301c5aae90a68c6175ee/card.webp)
%202020%20Preparatory%20Question%20Paper_hlayiso.com_--d34a6a9d-f432-46f7-873d-1a849eb9a1cc/v1-813bf44cd2b14d59ad5b/card.webp)
View all

_hlayiso.com_--cb8af277-aab9-4fba-8e76-5924dcaf1941/v1-2f8e9b7acbc676448fd6/card.webp)



Economics Grade 12 P1 Gauteng Mock 2016 Question Paper (Afr)
Grade 12 Economics Paper 1 question paper from the Gauteng Mock Exam 2016 (Afrikaans), 12 pages. Read online or download the free PDF.
Economics · Grade 12 · Gauteng Mock Exam · 2016 · Afrikaans. Question paper, 12 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Economics
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Question paper
- Year
- 2016
- Exam period
- Gauteng Mock Exam
- Paper
- 1
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 12
- File size
- 572.2 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 12
This exam
Gauteng Mock Exam 2016
Questions in this paper
- Question 1.1The dynamics of perfect markets16 marks
- Question 1.2The dynamics of perfect markets8 marks
- Question 1.3Dynamics of imperfect markets6 marks
- Question 2Dynamics of imperfect markets40 marks
- Question 3Environmental sustainability14 marks
- Question 4The reasons for and consequences of market failures40 marks
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE 2
(Tweede Vraestel) 10732 / 16
GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS
VOORBEREIDENDE EKSAMEN – 2016
EKONOMIE
(Tweede Vraestel)
TYD: 2 uur
PUNTE: 150
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Beantwoord VIER vrae soos volg in die ANTWOORDBOEK:
AFDELING A: VERPLIGTEND
AFDELING B: Beantwoord TWEE van die DRIE vrae.
AFDELING C: Beantwoord EEN van die TWEE vrae.
2. Beantwoord slegs die vereiste aantal vrae. Oortollige antwoorde sal NIE
nagesien word NIE.
3. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik is.
4. Skryf die nommer van die vraag bo-aan die antwoord.
5. Lees die vrae sorgvuldig.
6. Begin elke antwoord op ʼn NUWE bladsy.
7. Los 2 – 3 lyne oop tussen onderafdelings van vrae.
8. Beantwoord die vrae in volsinne en maak seker dat die formaat, inhoud en
konteks van jou antwoorde ooreenstem met die vereistes van die vrae.
9. Gebruik slegs blou of swart ink.
10. Nie-programmeerbare sakrekenaars mag gebruik word.
11. Skryf netjies en leesbaar.
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE 3
(Tweede Vraestel) 10732 / 16
AFDELING A (VERPLIGTEND)
VRAAG 1 30 PUNTE – 20 MINUTE
1.1 Verskeie opsies word voorsien as moontlike antwoorde vir die volgende vrae.
Kies die korrekte antwoord en skryf slegs die letter (A – C) langs die
vraagnommer (1.1.1 – 1.1.8) in die ANTWOORDBOEK.
1.1.1 ʼn Patent wat iemand ʼn eksklusiewe reg gee om ʼn produk te
vervaardig, is kenmerkend van ʼn ... monopolie.
A kunsmatige
B natuurlike
C plaaslike
1.1.2 ʼn Mark met groot regeringsinvloed en –beheer word as ... beskryf.
A ongereguleerd
B gereguleerd
C gedereguleer
1.1.3 Die waarde van insette wat deur die entrepreneur besit en in die
produksieproses aangewend word, staan as ... koste bekend.
A veranderlike
B eksplisiete
C implisiete
1.1.4 As ʼn reël, behoort ʼn firma dit te oorweeg om sy besigheid te sluit
by die punt waar ...
A MK = GVK.
B MI = GK.
C MK = MI.
1.1.5 ʼn Monetêre maatreël wat inflasie beheer is ...
A die belastingkoerse.
B die rentekoerse.
C BTW.
1.1.6 Die organisasie wat verantwoordelik is vir die bemarking van Suid-
Afrika as ʼn toeristebestemming is ...
A SATOER.
B die Departement van Toerisme.
C Toere in die toekoms.
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE 4
(Tweede Vraestel) 10732 / 16
1.1.7 ʼn Strategie gerig om volhoubare gebruik en bestuur van natuurlike
hulpbronne te bereik, word na verwys as ...
A kondensasie.
B samewerking.
C beskerming.
1.1.8 Die aanvaarding van ʼn spesifieke wydte waarbinne die monetêre
owerheid die verhoging van pryse moet beheer staan bekend as ...
A prysverhogings.
B inflasieteiken.
C pryskontrole.
(8x2) (16)
1.2 Kies ʼn beskrywing uit KOLOM B om by ʼn item in KOLOM A te pas. Skryf
slegs die letter (A – I) langs die vraagnommer (1.2.1 – 1.2.8) in die
ANTWOORDBOEK.
KOLOM A KOLOM B
1.2.1 Normale wins A ʼn Indeks wat die prys van ʼn vaste
“mandjie” goedere en dienste meet
1.2.2 Meriete goedere
B Wanneer dit onmoontlik is om die welvaart
1.2.3 Pareto- van een persoon te verhoog sonder om die
doeltreffendheid welvaart van ʼn ander persoon te verlaag
1.2.4 Duopolie C Twee nywerhede wat ʼn sekere mark
oorheers
1.2.5 Hooflyninflasie
D Die hoeveelheid organismes gevind binne
1.2.6 Inheemse Kennis ʼn spesifieke geografiese gebied
Stelsel (IKS)
E Monopoliste word gesien as mededingend
1.2.7 Bewaring vriendelik
1.2.8 Biodiversiteit F Om iets onveranderd te hou
G Gemiddelde inkomste = gemiddelde koste
H Normaalweg ondergeproduseer in ʼn mark
bv. onderwys
I Tradisionele manier om goed op ʼn unieke
manier te doen gegewe ʼn sekere kultuur of
gemeenskap (8x1) (8)
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE 5
(Tweede Vraestel) 10732 / 16
1.3 Identifiseer die term wat beskryf word deur elk van die volgende stellings.
Skryf slegs die term langs die vraagnommer (1.3.1 – 1.3.6) in die
ANTWOORDBOEK.
1.3.1 Verkoop van goedere of dienste aan verskillende kopers teen
verskillende pryse
1.3.2 Pryse wat laer as die ewewigsprys in die mark vasgestel word en
armes groter toegang tot goedere en dienste gee
1.3.3 Die ekstra koste aangegaan as produksie met een eenheid
toeneem
1.3.4 Lae groei, hoë werkloosheid en hoë inflasiekoers kom gelyktydig
voor
1.3.5 Suid-Afrikaners wat na ander lande reis
1.3.6 Die vermoë om huidige behoeftes te bevredig sonder om die
bevrediging van behoeftes van toekomstige generasies te
benadeel
(6x1) (6)
TOTAAL AFDELING A: 30
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE 6
(Tweede Vraestel) 10732 / 16
AFDELING B
Beantwoord TWEE van die drie vrae uit hierdie afdeling in die ANTWOORDBOEK.
VRAAG 2 MIKRO-EKONOMIE 40 PUNTE – 30 MINUTE
2.1 Beantwoord die volgende vrae.
2.1.1 Noem TWEE segmente (elastisiteit) van ʼn geknakte vraagkurwe
van ʼn oligopolie. (2x1) (2)
2.1.2 Hoe kan die dominante firma in ʼn oligopolistiese mark die prys van
ʼn produk beïnvloed? (1x2) (2)
2.2 Bestudeer die grafiek hieronder en beantwoord dan die vrae wat volg.
EWEWIG IN ʼn MONOPOLISTIESE MARK
Prys
LMK LGK
Koste
Inkomste
f
150
c
g a
100
90 d
50 b
VV/GI
MI
50 60 Hoeveelheid
2.2.1 Bogenoemde ewewigsposisie dui ʼn (kort / lang) termyn aan. (1)
2.2.2 Dui die winsmaksimeringspunt aan. (1)
2.2.3 Hoekom sal die monopolis 50 eenhede produseer eerder as 60?
(2x2) (4)
2.2.4 Bereken die wins of verlies van hierdie monopolis. Toon ALLE
berekeninge. (4)
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE 7
(Tweede Vraestel) 10732 / 16
2.3 Lees die artikel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
Mededingingskommissie ondersoek glasmaatskappye vir sameswering.
Die Mededingingskommissie is besig met ʼn ondersoek na aanleiding van gerugte dat
Glasfit, PG Glass, Shutterprufe en Digicall saamsweer. Dit is tipiese karteloptrede
Shutterprufe het blykbaar voertuigglas aan PG Glass en Glasfit verskaf, terwyl Digicall die
glasverwante versekeringseise namens PG Glass en Glasfit gedoen het.
Die ondersoek word gedoen nadat sommige onafhanklike glasinstalleringsbesighede
beweer het dat PG Glass se gesamentlike optrede kompetisie voorkom het in die
motorvoertuig glasherstel en installeringsmark.
[Aangepas vanaf www.bdlive.co.za, 23 Maart 2016]
2.3.1 Noem die organisasie wat die nie-mededingende gedrag van die
maatskappye in Suid-Afrika ondersoek. (1)
2.3.2 Watter nie-mededingende optrede word ondersoek, volgens die
uittreksel? (1)
2.3.3 Beskryf kortliks die term kartel. (2)
2.3.4 Watter regstellende maatreëls kan ingestel word teen hierdie
maatskappye as hulle skuldig bevind word? (2)
2.3.5 Hoe kan die samespanningsgedrag van hierdie maatskappye die
ekonomie beïnvloed? (2x2) (4)
2.4 Verduidelik die redes waarom ʼn koste-voordeel-ontleding gedoen word
wanneer ʼn projek onderneem word. (4x2) (8)
2.5 Hoe kan ʼn monopolistiese mededinger sy markaandeel vergroot?
(4x2) (8)
[40]
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE 8
(Tweede Vraestel) 10732 / 16
VRAAG 3 KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES 40 PUNTE – 30 MINUTE
3.1 Beantwoord die volgende vrae.
3.1.1 Noem TWEE items wat uitgesluit is van die VPI-mandjie wanneer
kerninflasie bereken word. (2x1) (2)
3.1.2 Hoekom is sommige plante en diere op die bedreigde lys? (1x2) (2)
3.2 Bestudeer die spotprent hieronder en beantwoord vrae wat volg.
DIE EFFEK VAN INFLASIE OP SALARISSE
Wel ten Eish!!! Hierdie
minste is
my kop nog inflasie is baie hoër
bo water as die doelwit in
Suid-Afrika.
Salarisse
Inflasie
[Aangepas: https: // app.hedgeye.com / insights / 36953]
3.2.1 Wat is die inflasieteiken in Suid-Afrika? (2)
3.2.2 Wat is koste-druk inflasie? (2)
3.2.3 Wat is die effek van inflasie op salarisse? (2)
3.2.4 Wat kan die owerheid doen om die invloed wat die impak van
salarisverhogings op inflasie het te beïnvloed? (2x2) (4)
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE 9
(Tweede Vraestel) 10732 / 16
3.3 Lees die artikel hieronder en beantwoord dan die vrae wat volg.
Eskom faktor – CO2 en klimaatsverandering
Gedurende die 2011 finansiële jaar, was 93% van die elektrisiteit deur
Eskom vervaardig van steenkoolvervaardigde stasies. Hierdie stasies is
gebou om lae koste en volop plaaslike bronne te gebruik en om in staat te
wees om ʼn swakker gehalte steenkool te gebruik, wat die beter kwaliteit
steenkool vir industrieë en uitvoere laat. Alhoewel die gebruik van
steenkoolbasis- elektrisiteit ʼn geweldige impak op die omgewingsvoetspoor
het.
Kweekhuisgasse van die elektrisiteitsektor word beraam op ongeveer 45%
van Suid-Afrika se uitlaatgasse. As Eskom se koolstofvoetspoor gemeet
word teen die sewe grootste ontwikkelde en ontwikkelende ekonomieë as
maatstaf, is Eskom die tweede hoogste bydraer tot CO2.
[Vrye vertaling: www.eskom.co.za]
3.3.1 Watter hulpbron word hoofsaaklik gebruik om elektrisiteit op te wek
in Suid-Afrika? (1)
3.3.2 Hoeveel is Eskom se kweekhuisbydrae in Suid-Afrika? (1)
3.3.3 Wat is ʼn koolstofvoetspoor? (2)
3.3.4 Hoe beïnvloed kweekhuisgasse klimaatsverandering? (2)
3.3.5 Hoekom dink jy vind Eskom dit moeilik om hulle omgewings-
voetspoor te verminder terwyl hulle steeds elektrisiteit vir die land
opwek? (2x2) (4)
3.4 Verduidelik die impak van inflasie op debiteure en krediteure. (2x4) (8)
3.5 Hoekom is chemiese afval en gevaarlike afval twee van die wêreld se
grootste bekommernisse in terme van ʼn volhoubare omgewing? (2x4) (8)
[40]
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE 10
(Tweede Vraestel) 10732 / 16
VRAAG 4 MIKRO-EKONOMIE EN KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES
40 PUNTE – 30 MINUTE
4.1 Beantwoord die volgende vrae.
4.1.1 Noem TWEE kenmerke van ʼn oligopolie. (2x1) (2)
4.1.2 Wat is die effek van mededinging op inflasie? (1x2) (2)
4.2 Bestudeer die grafiek hieronder en beantwoord dan die vrae wat volg
NEGATIEWE EKSTERNALITEITE – ʼn OORSAAK VIR
MARKMISLUKKING
Prys en
koste (R)
V SMK1
SMK
b
P1
a
P
V
Q1 Q Hoeveelheid
4.2.1 Watter kurwe dui die sosiale koste vir die gemeenskap aan? (1)
4.2.2 Gee EEN voorbeeld van ʼn negatiewe eksternaliteit. (1)
4.2.3 Beskryf kortliks die begrip markmislukking. (2)
4.2.4 Verduidelik die impak van ʼn positiewe eksternaliteit op sosiale
voordele. (2)
4.2.5 Gebruik die grafiek om te verduidelik hoekom ʼn negatiewe
eksternaliteit sal lei tot surplus goedere wat geproduseer word in
die ekonomie. (2x2) (4)
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE 11
(Tweede Vraestel) 10732 / 16
4.3 Bestudeer die prent en beantwoord die vrae wat volg.
OMGEWINGSVOLHOUBAARHEID
VORENTOE KYK IS DIE
SLEUTEL TOT EKONOMIESE
GROEI. MOENIE TERUG-
KYK NIE.
NASIONALE
Noem jy dit PARK
ekonomiese groei?
[Bron: google soek: pollution cartoons]
4.3.1 Noem TWEE tipes besoedeling wat teenwoordig is in die prent.
(2x1) (2)
4.3.2 Wat is die boodskap van die spotprent? (2)
4.3.3 Bespreek kortliks die term besoedeling. (1x2) (2)
4.3.4 Hoe kan die regering inmeng om ʼn skoner omgewing te verseker?
(2x2) (4)
4.4 Verduidelik ondoeltreffendheid in die ekonomie as ʼn gevolg van
markmislukking. (4x2) (8)
4.5 Watter effek het geadministreerde pryse op verbruikerspryse in Suid-Afrika?
(4x2) (8)
[40]
TOTAAL AFDELING B: 80
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE 12
(Tweede Vraestel) 10732 / 16
AFDELING C
Beantwoord slegs EEN van die twee vrae uit hierdie afdeling in die ANTWOORDBOEK.
PUNTE
STRUKTUUR VAN OPSTEL
TOEKENNING
Inleiding Maks. 2
Inhoud:
Hoofdeel: Bespreek volledig / Verduidelik in diepte / Ondersoek / Maks. 26
Bespreek krities / Analiseer / Vergelyk / Evalueer / Onderskei /
Verduidelik / Assesseer / Debatteer.
Addisionele deel: Gee eie opinie / Bespreek krities / Evalueer /
Evalueer krities / Teken ʼn grafiek en verduidelik / Gebruik die grafiek
verskaf en verduidelik / Voltooi die gegewe grafiek / Bereken / Afgelei /
Vergelyk / Verduidelik / Onderskei / Interpreteer / Debatteer kortliks / Maks. 10
Hoe? / Stel voor / Gebruik die inligting en argumenteer / Debatteer
Gevolgtrekking
Enige relevante hoër orde gevolgtrekking wat die volgende insluit:
ʼn Kortlikse opsomming van wat bespreek is / analise sonder om feite wat
reeds in die inhoud genoem is te herhaal
ʼn Opinie of waarde beoordeling van die feite wat bespreek is Maks. 2
Addisionele ondersteunende inligting om die bespreking / analise te
versterk
ʼn Teenstellende uitgangspunt met ʼn motivering, soos benodig
Aanbevelings
TOTAAL 40
VRAAG 5 MIKRO-EKONOMIE 40 PUNTE – 40 MINUTE
“Markte word oor die algemeen as volmaakte- en onvolmaakte markte gekategoriseer.
In die werklikheid bestaan daar egter baie min voorbeelde van volmaakte markte.”
Ondersoek volledig, die vereistes van ʼn volmaakte mark. (26 punte)
Teken ʼn duidelike benoemde grafiek wat die wins wat ʼn individuele produsent in
ʼn volmaakte mark oor die langtermyn sal maak, toon. (10 punte) [40]
VRAAG 6 KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES 40 PUNTE – 40 MINUTE
“Toerisme verhoog wêreldwyd.”
Bespreek die effekte van toerisme breedvoerig. (26 punte)
Hoe kan plaaslike toerisme bevorder word in Suid-Afrika? (10 punte) [40]
TOTAAL AFDELING C: 40
TOTAAL: 150
EINDE
Study this subject
Recommended for this subject
%20SEP%202022%20Question%20Paper_hlayiso.com_--4b579af8-e0b1-4689-a729-7d9986eea052/v1-e91730b4b9b539964aa8/card.webp)
Question paper
Economics Grade 12 P1 Gauteng Mock 2022 Question Paper (Afr)
%202020%20Preparatory%20Question%20Paper_hlayiso.com_--468fe2d7-94f8-43ec-88c6-86cf12e31969/v1-b9f94b025e76d883b8ba/card.webp)
Question paper
Economics Grade 12 P1 Gauteng Mock 2020 Question Paper (Afr)
%20X10%202019%20Preparatory%20Examination%20Question%20Paper_hlayiso.com_--37295a41-5de8-4317-9725-dc223714aee3/v1-561d5cdb129296dcc9f2/card.webp)
Question paper
Economics Grade 12 P1 Gauteng Mock 2019 Question Paper (Afr)

Question paper
Economics Grade 12 Paper 1 Gauteng Mock 2016 Question Paper
%20SEP%202022%20Question%20Paper_hlayiso.com_--82e9d47a-c817-4545-9700-e9e2b9b7de9b/v1-301c5aae90a68c6175ee/card.webp)
Question paper
Economics Grade 12 P2 Gauteng Mock 2022 Question Paper (Afr)
%202020%20Preparatory%20Question%20Paper_hlayiso.com_--d34a6a9d-f432-46f7-873d-1a849eb9a1cc/v1-813bf44cd2b14d59ad5b/card.webp)
Question paper
Economics Grade 12 P2 Gauteng Mock 2020 Question Paper (Afr)
More from Grade 12 Economics

Memorandum
Economics Grade 12 P2 Eastern Cape June 2025 Memo (Afr)

Memorandum
Economics Grade 12 Paper 2 NSC June 2025 Memo (Afrikaans)
_hlayiso.com_--cb8af277-aab9-4fba-8e76-5924dcaf1941/v1-2f8e9b7acbc676448fd6/card.webp)
Question paper
Economics Grade 12 Eastern Cape June 2024 Question Paper

Question paper
Economics Grade 12 P1 Eastern Cape June 2024 QP (Afr)

Memorandum
Economics Grade 12 P1 Eastern Cape Prelim 2024 Memo (Afr)

Question paper