Skip to content

Tourism Grade 12 Gauteng Mock 2018 Question Paper (Afr)

Question paperTourismGrade 12201827 pages

Grade 12 Tourism question paper from the Gauteng Mock Exam 2018 (Afrikaans), 27 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

Free to read online, no sign-up needed

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS VOORBEREIDENDE EKSAMEN 2018 10870 TOERISME TYD: 3 uur PUNTE: 200 27 bladsye b.o.
Downloaded from hlayiso.com TOERISME 2 10870 / 18 GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS VOORBEREIDENDE EKSAMEN – 2018 TOERISME TYD: 3 UUR PUNTE: 200 INSTRUKSIES EN INLIGTING Lees die instruksies aandagtig deur voordat die vrae beantwoord word. 1. Hierdie vraestel bestaan uit VYF afdelings en TIEN vrae. 2. Beantwoord AL die vrae. 3. Begin ELKE vraag op ʼn NUWE bladsy. 4. Nommer jou antwoorde soos die nommeringstelsel wat in die vraestel gebruik word. 5. Gebruik die puntetoekenning by elke vraag as ʼn riglyn vir die lengte van jou antwoord. 6. ʼn Nie-programmeerbare sakrekenaar mag gebruik word. 7. Skryf netjies en leesbaar in blou ink alleenlik. 8. Die tabel hieronder is ʼn riglyn om jou te help om jou tyd volgens elke afdeling in te deel. AFDELING ONDERWERP PUNTE TYD A Kortvrae 40 20 B Kaartwerk en toerbeplanning; Buitelandse- 50 50 valutaverhandeling C Toerisme-attraksies; Kultuur erfenis toerisme; 50 50 Bemarking D Toerisme sektore; Volhoubare en 30 30 verantwoordelike toerisme E Plaaslike, streeks- en internasionale toerisme; 30 30 Kommunikasie en kliëntediens TOTAAL 200 180 b.o.
Downloaded from hlayiso.com TOERISME 3 10870 / 18 AFDELING A: KORTVRAE VRAAG 1 1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies die korrekte antwoord en skryf slegs die letter (A – D) langs die vraagnommer (1.1.1 – 1.1.20) neer, bv. 1.1.21 – D. 1.1.1 ʼn Visum word uitgereik deur die volgende organisasie: A Die Departement van Binnelandse Sake B Die ambassade C Die lughawe D Die bank 1.1.2 'n Siekte wat veroorsaak word deur die vrystelling van parasiete deur varswaterslakke. A Cholera B Bilharzia C Malaria D Geelkoors 1.1.3 Die tyd in Johannesburg is ... wanneer dit 12:00 in Londen is. (DST word nie toegepas nie.) A 12:00 B 13:00 C 14:00 D 15:00 1.1.4 Toeriste wat in 'n land aandoen op reis na ander lande, sal 'n ... nodig hê. A amptelike visum B hoflikheidsvisum C deurgangsvisum D besoekersvisum 1.1.5 Dwelms en ander psigotiese middels (middels wat die geestestoestand van ʼn persoon affekteer) word geklassifiseer as ... A belastingvrye goedere. B beperkte goedere. C verbode goedere. D belasbare goedere. b.o.
Downloaded from hlayiso.com TOERISME 4 10870 / 18 1.1.6 Hierdie reisdokument is nie verpligtend nie, maar sal aanbeveel word as die toeris ʼn motor gedurende 'n oorsese reis wil huur: A 'n Geldige paspoort B 'n Geldige visum C 'n Geldige internasionale rybewys D 'n Geldige Suid-Afrikaanse identiteitsdokument 1.1.7 Wanneer die personeel van die Suid-Afrikaanse Lugdiens hul tyd opoffer om vrywillige diens in die plaaslike gemeenskap te doen, sal dit 'n voorbeeld van die ... in CSI (KMB) wees. A ekonomiese pilaar B omgewingspilaar C sosiale pilaar D kulturele aspek 1.1.8 Die Wet op Basiese Diensvoorwaardes bepaal dat normale werksure nie langer as ... ure in ʼn 5-dag week mag wees nie. A 35 B 40 C 45 D 50 1.1.9 'n Berekening van al die uitgawes wat ingesluit is by en uitgesluit is van 'n geadverteerde toer is die ... A die toerprys. B die vervoerpakket. C die toerpakket. D die toerbegroting. 1.1.10 Metodes van terugvoer sluit ... in. A opnames, aksieplanne en opvolgoproepe B vraelyste, opnames en aksieplanne C aksieplanne, opvolgoproepe en vraelyste D opvolgoproepe, vraelyste en opnames 1.1.11 ... verwys na die betaling wat ʼn werknemer van 'n hotel sal ontvang vir die werk wat gedurende gewone werksure verrig is. A Vergoeding B Byvoordele C Oortyd D Reisvoordele b.o.
Downloaded from hlayiso.com TOERISME 5 10870 / 18 1.1.12 'n Toeris is ongelukkig met die behandeling wat hy ontvang het by 'n hotel. Die toeris en die bestuurder sal leiding oor die hantering van die situasie in die ... kry. A dienskontrak B omgewingsbeleid C kliëntediensbeleid D gedragskode 1.1.13 'n Professionele beeld kan uitgedra word deur die fisiese voorkoms van 'n toerisme-besigheid, byvoorbeeld deur die ... A logo, webtuiste en kleredrag van die personeel. B ingang, naambord en versorgde geboue. C slagspreuk, produkverpakking en die gedrag van die personeel. D bemarkingsmateriaal, skryfbehoeftes en beleidsdokumente. 1.1.14 Lande wat wes van Suid-Afrika geleë is, se tyd is ... as die tyd in Suid- Afrika. A later B vroeër C twee ure later D twee ure vroeër 1.1.15 Volhoubare toerisme word bereik wanneer ... A die plaaslike gemeenskap nie ekonomiese voordeel trek nie. B nie-hernubare energie gebruik word. C die lewenstandaard van die gemeenskap dieselfde bly. D die driedubbele slotreël aangespreek word. 1.1.16 Ikone wat op die Suid-Amerikaanse kontinent geleë is, is ... A Vryheidstandbeeld en Niagara Watervalle. B Niagara Watervalle en Standbeeld van Christus die Verlosser. C Standbeeld van Christus die Verlosser en Machu Picchu. D Machu Picchu en Niagara Watervalle. 1.1.17 Die Wêreldreismark (WTM) is 'n handelskou wat jaarliks in ... aangebied word. A Berlyn B Parys C Londen D Rome b.o.
Downloaded from hlayiso.com TOERISME 6 10870 / 18 1.1.18 Die uitbreking van Ebola, word geklassifiseer as ʼn ... A natuurlike ramp. B onvoorsiene gebeurtenis. C politieke situasie. D terreur aanval. 1.1.19 'n Ikoon wat in Londen, Engeland geleë is: A Buckingham-paleis B Eiffeltoring C Taj Mahal D Vryheidstandbeeld 1.1.20 Die invloed van oordraagbare siektes op die toerisme industrie is ... A verhoging in toeristegetalle en verlies aan inkomste. B verlaging in toeristegetalle en hoër winste. C verhoging in toeristegetalle en hoër winste. D verlaging in toeristegetalle en verlies aan inkomste. (20x1) (20) 1.2 Kies die korrekte woord / term van die wat tussen hakies gegee word. Skryf slegs die woord / term langs die vraagnommer (1.2.1 – 1.2.5) neer, bv. 1.2.6 toeristeprofiele. 1.2.1 ʼn (Sterk / Swak) rand het tot gevolg dat toeriste wat Suid-Afrika verlaat meer in rand sal betaal vir die aankoop van ander geldeenhede. 1.2.2 Die (BBP / GDS) verwys na die totale hoeveelheid produkte en dienste wat in ʼn land geproduseer is in ʼn jaar. 1.2.3 Die BVK is altyd (laer / hoër) as die BAK. 1.2.4 ʼn Persoon wat personeel se prestasie evalueer en voorgee om ʼn gas te wees, word ʼn (geheime kliënt / terugkerende kliënt) genoem. 1.2.5 Die (UTK / IDL) staan ook bekend as die 0° lengtelyn. (5x1) (5) b.o.
Downloaded from hlayiso.com TOERISME 7 10870 / 18 1.3 Kies die korrekte woord(e) / afkorting vanuit die onderstaande lys wat die daaropvolgende sinne korrek sal voltooi. Skryf slegs die woord(e) / afkorting langs die vraagnommer (1.3.1 – 1.3.5) in die ANTWOORDBOEK neer, bv. 1.3.6 rooi. Alcazar van Segovia strategie Sfinks Toring van Londen TBCSA TGCSA data SWIFT bankoordrag 1.3.1 Die ... is een van die mees-herkende kasteel-paleise weens sy vorm – soos die boeg van 'n skip. 1.3.2 Die ... het die kop van ʼn man en die lyf van ʼn leeu. 1.3.3 ... verwys na die inligting wat deur sekere metodes soos web-gebaseerde antwoorde en vraelyste versamel word. 1.3.4 Die organisasie wat verseker dat die kwaliteit van akkommodasie in Suid-Afrika op standaard is, is die ... 1.3.5 ʼn ..., ook bekend as ʼn tellertjek in sekere lande, is ʼn veilige manier om geld te stuur vir iemand in ʼn ander land. (5x1) (5) b.o.
Downloaded from hlayiso.com TOERISME 8 10870 / 18 1.4 Pas die beskrywing in KOLOM A by die naam van ʼn Wêrelderfenisterrein in KOLOM B. Skryf die vraagnommer en die letter neer, bv. 1.4.6 Tafelberg. KOLOM A KOLOM B 1.4.1 Hierdie terrein sluit A Robbeneiland Swartkrans en Kromdraai in. Dit is bekend as een van die areas in die wêreld met die hoogste konsentrasie van hominied (mensagtige) fossiele. 1.4.2 'n Meteoriet (met 'n deursnee B Wieg van die Mensdom van 10 kilometer) het die aarde getref en hierdie enorme krater veroorsaak. 1.4.3 Die terrein is die simbool van C iSimangaliso Vleilandpark demokrasie en vryheid. Dit simboliseer ook triomf oor verdrukking. 1.4.4 'n Terrein wat een van die D Vredefortkoepel grootste riviermondsisteme in Afrika insluit. Die terrein is ook bekend vir sy uitsonderlike biodiversiteit. 1.4.5 'n Area wat omtrent 160 E uKhahlamba – Drakensberg duisend hektaar van park bergwoestyn insluit. Die terrein is die eiendom van en word bestuur deur die plaaslike gemeenskap. Tot die verklaring van hierdie terrein het hulle maar min gehad om hulle eie te kon noem. F Richtersveld Kulturele en Botaniese Landskap G Kaapse Blommeryk [Aangepas uit www.places.co.za] (5x1) (5) b.o.
Downloaded from hlayiso.com TOERISME 9 10870 / 18 1.5 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vraag wat volg. John, ʼn student van Wits Universiteit, wil graag na Rwanda reis om die habitat en gewoontes van gorillas te bestudeer. Dit sal die eerste keer wees dat John buite die grense van Suid-Afrika reis en hy sal op 'n amptelike wyse by grensposte moet oorgaan. Rangskik die stappe hieronder (A – E) in die korrekte volgorde om John leiding te gee vir die verkryging van die nodige reisdokumente vir sy besoek. Skryf slegs die vraagnommer (1.5) en die letters (A – E) in die korrekte volgorde neer bv. F, I, H, J, G. A B C D E Retoer- Nuwe, Besoek ʼn Doen Doen vlugkaartjie, verpligte ID reiskliniek vir ʼn aansoek om aansoek om bankstaat, kaart vir Suid- gesond- ʼn visum ʼn paspoort – paspoort en Afrikaanse heidsertifikaat – 3 maande gesondheid- burgers 1 maand voordat die sertifikaat voordat die reis reis begin begin (5x1) (5) TOTAAL AFDELING A: 40 b.o.
Downloaded from hlayiso.com TOERISME 10 10870 / 18 AFDELING B: KAARTWERK EN TOERBEPLANNING; BUITELANDSE-VALUTAVERHANDELING VRAAG 2 2.1 Bestudeer die Wêreldtydsonekaart hieronder en lees die gegewe inligting en beantwoord die vrae wat volg. b.o.
Downloaded from hlayiso.com TOERISME 11 10870 / 18 Me P Khumalo is ʼn internasionale diplomaat wat vir die Internasionale Betrekkinge en Koöperatiewe Departement werk. Sy het ʼn Wêreld Leierskapkonferensie in Suid- Korea (UTK +9) bygewoon. Haar vlug het om 12:30 op 17 September 2018 vanaf O R Tambo Internasionale Lughawe vertrek. Haar vlug het 17 ure geduur. 2.1.1 Bereken die aankomstyd en die datum waarop Me Khumalo in Suid- Korea gearriveer het. Toon alle berekeninge in die antwoord aan. (4) 2.1.2 Na haar verblyf in Suid-Korea het Me Khumalo na New York vertrek. Daar gaan sy ʼn Internasionale Beraad bywoon. Haar vlug het om 09:00 op 25 September 2018 vanaf Seoul (Suid-Korea) vertrek. Die duur van die vlug was 26 uur. Bereken die aankomstyd in New York. Onthou asseblief dat New York DBT gebruik. (5) 2.1.3 Met haar aankoms in New York kon Me Khumalo voel dat sy vlugvoosheid ervaar. (a) Verduidelik wat vlugvoosheid is. (2) (b) Lys TWEE simptome van vlugvoosheid. (2) (c) Gee TWEE maniere na die vlug hoe die effekte van vlugvoosheid verminder kan word. (2) 2.2 2.2.1 Gee TWEE maatreëls as advies aan Me Khumalo oor haar veiligheid terwyl sy op die lughawe in New York is. (4) 2.2.2 Bespreek DRIE redes waarom die veiligheid van toeriste in Suid-Afrika belangrik is. (6) 2.3 Lees die inligting hieronder en beantwoord die vraag wat volg. Ricardo Nerinda arriveer in Australië en beweeg na die paspoortkontrole afdeling. Nadat sy paspoort gestempel is, kry hy sy bagasie. Ricardo het geskenke vir sy vriend gebring. Dit sluit 400 sigarette, saadjies vir sy vriend se kruietuin en DVD's wat hy op die vlooimark in Suid-Afrika gekoop het, in. Terwyl Ricardo deur doeanebeheer beweeg, word hy aangewys om vir roetine sekuriteitsdoeleindes gekontroleer te word. Gee DRIE aksies wat die doeane-beampte moontlik mag uitvoer terwyl hy Ricardo Nerinda se sekuriteitskontrole doen. (3) b.o.
Downloaded from hlayiso.com TOERISME 12 10870 / 18 2.4 Me L Rajoo is ʼn toegewyde Katoliek en wil graag die bekende kerk, La Sagrada Familia in Spanje besoek. Sy gaan ook ʼn besoek aan Frankryk bring. Sy is aanbeveel om vir ʼn Schengen-visum aansoek te doen. 2.4.1 As watter tipe toeris sal Me Rajoo geklassifiseer word? (2) 2.4.2 Identifiseer DRIE verpligte dokumente wat Me Rajoo vir haar reis sal benodig. (3) 2.4.3 Verduidelik kortliks EEN doel van ʼn Schengen-visum. (2) 2.4.4 Lys VIER aspekte wat aangespreek moet word wanneer ʼn toerplan vir Me Rajoo saamgestel word. (4) [39] VRAAG 3 3.1 Bestudeer die buitelandse valutaverhandelingstabel (Junie 2018) en beantwoord die vrae wat volg. • Toon ALLE berekeninge • Rond jou antwoord af tot TWEE desimale plekke. LAND GELDEENHEID BAK BVK KODE Verenigde GBP 17,35 18,08 Koninkryk 3.1.1 Mnr Smith, is ʼn Britse sakeman. Hy reis na Suid-Afrika vir ʼn vakansie. Hy bring £2000 saam vir sakgeld. Bereken die bedrag wat hy in rand ontvang het toe hy die £2000 omgeskakel het. (3) 3.1.2 Bereken die bedrag wat Mnr Smith in pond ontvang het toe hy R1 000 in Suid-Afrika voor sy terugkeer omgeskakel het. (3) 3.2 Skryf ʼn paragraaf waarin ʼn kritiese evaluering gedoen word van die invloed van 'n sterk rand op toerisme. Sluit die volgende in: • EEN invloed van ʼn sterk rand op inkomende toerisme en (2) • EEN invloed van 'n sterk rand op plaaslike toerisme. (2) • Paragraaf formaat (1) (5) [11] TOTAAL AFDELING B: 50 b.o.
Downloaded from hlayiso.com TOERISME 13 10870 / 18 AFDELING C: TOERISME-ATTRAKSIES; KULTUUR EN ERFENIS TOERISME; BEMARKING VRAAG 4 4.1 Bestudeer die kaart van Italië hieronder en beantwoord die vrae wat volg. C Venisië A Rome B Rome [Bron: www.wondersoftheworld.net] 4.1.1 Voltooi die tabel wat verwys na die ikone A, B en C op die kaart. Teken die tabel oor in jou ANTWOORDBOEK. Letter Ikoon Gee EEN unieke kenmerk van die ikoon met verwysing na: A Naam van die Geloof ikoon B Naam van die Argitektuur ikoon C Naam van die Vervoer ikoon (6) 4.1.2 Noem die kontinent waarop ikone A, B en C geleë is. (1) b.o.
Downloaded from hlayiso.com TOERISME 14 10870 / 18 4.2 Bestudeer die prente en inligting wat verwys na die Leunende Toring van Pisa hieronder en beantwoord die vrae wat volg. LEUNENDE TORING VAN PISA Konstruksie aan die toring het langer as 800 jaar geduur. Ingenieurs het gehoop dat Die SEWE die kleigrond onder die toringklokke toring sou stabiliseer en verteen- hard genoeg sou word om woordig die 7 verdere konstruksie toe te note van die laat. musiektoon- leer. KENNERS meen dat die toring nie meer gesink het sedert 2008 nie en stabiel sal wees vir 'n verdere 200 jaar. [Aangepas uit www.walksofitaly.com] 4.2.1 Noem die land waar die Leunende Toring van Pisa geleë is. (1) 4.2.2 Gee EEN rede waarom die besienswaardigheid hierbo as ʼn ikoon beskou word. (2) b.o.
Downloaded from hlayiso.com TOERISME 15 10870 / 18 4.2.3 Bestudeer die kennisgewing hieronder en beantwoord die vrae wat volg. BELANGRIKe KENNISGEWING Kinders onder 8 jaar word NIE toegelaat om die Leunende Toring van Pisa te klim NIE. Dit is vir veiligheidsredes. Alle kinders tussen 8 en 18 jaar oud moet deur volwassenes vergesel word. Kinders betaal volprys om die toring te klim - geen afslag word gegee nie. [Aangepas uit www.towerofpisa.org] (a) Stel EEN manier voor hoe die bogenoemde kennisgewing ʼn invloed op die getal besoekers aan die Leunende Toring van (2) Pisa kan hê. (b) Gee TWEE maniere hoe die toring se bemarkers kan verseker dat meer mense in ʼn jaar daar besoek aflê. (4) 4.2.4 Lees die stelling hieronder en beantwoord die vrae wat volg. Die Leunende Toring van Pisa ontvang 1 000 000 besoekers op ʼn jaarlikse basis. (a) Evalueer die sukses van die Leunende Toring van Pisa as 'n besienswaardigheid gemeet aan die bogenoemde statistiek. (1) (b) Gee EEN rede om die antwoord in VRAAG 4.2.4(a) te motiveer. (2) b.o.
Downloaded from hlayiso.com TOERISME 16 10870 / 18 4.3 Bestudeer die inligting hieronder en beantwoord die vrae wat volg. DIE KREMLIN AS SIMBOOL VAN RUSLAND Toeriste het al die Kremlin beskryf as die Agtste Wonder van die Wêreld. Die historiese fortkompleks is die hoofsimbool van Rusland en is geleë op die oewer van die Moskou Rivier. Ingang 1 Rooi Plein Kaartjie- kantore Ingang 2 Moskou rivier Daar is twee ingangshekke. Beide is geleë aan die kant van die Alexandrovsky tuine. (Alexandrovsky beteken hartseer in Russies). Die hoofingang is deur die Kutafya Toring (Ingang 1). Om die Arsenaal en die Diamantfonds te besoek, moet daar na die punt van die Tuine al langs die Kremlin-muur af na die Borovitskaya Toring (Ingang 2) toe gegaan word. Arriveer vroeg om lang toue te vermy. [Aangepas uit www.travelallrussia.com en www.askmoscow.com] 4.3.1 Kies EEN verwysing uit die inligting wat bewys dat die Kremlin hoë besoekergetalle op ʼn daaglikse basis het. (2) 4.3.2 Verduidelik TWEE maniere hoe die invloed van massa-toerisme binne die Kremlin verminder kan word. (4) b.o.
Downloaded from hlayiso.com TOERISME 17 10870 / 18 4.4 Lees die inligting hieronder en beantwoord die vrae wat volg. BEWONDER MOSKOU VANUIT 'n ROLSTOEL “Ek is baie seker dat die besienswaardighede in Moskou nie dieselfde vlak van toeganklikheid het as dié waaraan ek gewoond is in die Verenigde State van Amerika nie. Maar dit beteken glad nie dat besienswaardighede in Moskou nie deur rolstoelgebruikers besoek kan word nie”. [Aangepas uit www.wheelchair travel.org] 4.4.1 Gee EEN rede hoe dit tot die Kremlin se voordeel is dat die terrein grotendeels rolstoel-toeganklik is. (1) 4.4.2 Verduidelik die verskil tussen rolstoeltoeganklikheid en universele toeganklikheid. (2) [28] b.o.
Downloaded from hlayiso.com TOERISME 18 10870 / 18 VRAAG 5 Bestudeer die kaart van Suid-Afrika sowel as die uittreksel wat gebaseer is op sekere van die wêrelderfenisterreine hieronder en beantwoord die vrae wat volg. SUID-AFRIKA B A C D E WÊRELDERFENISTERREINE VAN SUID-AFRIKA Suid-Afrika het nege Wêrelderfenisterreine, deel van die wonderlike verskeidenheid kulturele, historiese en nasionale skatte. Een van die doelwitte om Wêrelderfenisterrein-status te verkry, is om ʼn bydrae te kan lewer tot die bemarking van die bestemming. [Aangepas uit www.sa-venues.com] 5.1 5.1.1 Gee die naam van die negende wêrelderfenisterrein wat in Julie 2017 aangewys is. (1) 5.1.2 Identifiseer die ligging op die kaart van die terrein waarna daar in VRAAG 5.1.1 verwys word. Skryf net die letter (A, B, C of D) vanaf die kaart neer. (1) 5.1.3 Noem EEN manier hoe die terrein, waarna in VRAAG 5.1.1 verwys word, voldoen aan die kriteria om ingesluit te word in die Wêrelderfenisterrein-lys. (2) b.o.
Downloaded from hlayiso.com TOERISME 19 10870 / 18 5.2 Verwys na terrein B. 5.2.1 Benoem die terrein. (2) 5.2.2 Verduidelik waarom die goue renoster as 'n simbool van terrein B gesien word. (2) 5.3 Noem EEN manier hoe UNESCO aan die funksie om volhoubare areas te skep, met Wêrelderfenisterreine voldoen. (2) 5.4 Verwys na die laaste sin in die uittreksel ‘... bemarking van die bestemming.’ Verduidelik DRIE invloede wat besoekers aan die Wêrelderfenisterreine op die ekonomie van die omliggende omgewing sal hê. (6) [16] VRAAG 6 Bestudeer die logos van die organisasies hieronder en beantwoord die vraag wat volg. Produkeienaar [Bron: Internet grafika] b.o.
Downloaded from hlayiso.com TOERISME 20 10870 / 18 Rangskik die organisasies wat deur die logos hierbo voorgestel word om die vloeidiagram templaat te voltooi. Die vloeidiagram moet die rol van elke organisasie in die bemarkingsproses reflekteer. Skryf slegs die organisasie langs die nommer (6.1– 6.6) in die ANTWOORDBOEK neer, byvoorbeeld 6.7 ACSA [6] 6.1 1% toerismeheffing word ingesamel 6.2 Geld word oorbetaal aan die administrateur / bestuurder wat die fondse bestuur 6.3 Geld is beskikbaar om vir bemarking aangewend te word 6.4 Bemarking: Bemarking: plaaslik internasionaal 6.5 6.6 TOTAAL AFDELING C: 50 b.o.
Downloaded from hlayiso.com TOERISME 21 10870 / 18 AFDELING D: TOERISME SEKTORE; VOLHOUBARE EN VERANTWOORDELIKE TOERISME VRAAG 7 Bestudeer die prent hieronder en beantwoord die vrae wat volg. Professionele voorkoms [Bron: Internet grafika] 7.1 ʼn Professionele voorkoms is baie belangrik in die hotelindustrie. Lys en bespreek DRIE faktore wat bydra tot die professionele voorkoms van die hotelpersoneel. (6) 7.2 Verduidelik EEN waarde wat ʼn gedragskode by die hotel sal hê soos gesien vanuit die werkgewer se perspektief. (2) [8] b.o.
Downloaded from hlayiso.com TOERISME 22 10870 / 18 VRAAG 8 8.1 Bestudeer die strokiesprent hieronder en beantwoord die vrae wat volg. ‘Ek gee nie om as jy vir my kyk nie, maar kan ek asseblief privaatheid hê as ek bad?’ [Aangepas uit: www.cartoonstock.com] Stel ʼn DRIE-punt gedragskode saam wat verantwoordelike toeristegedrag deur die toeris in die strokiesprent hierbo sal uitbeeld. (6) b.o.
Downloaded from hlayiso.com TOERISME 23 10870 / 18 8.2 Bestudeer die diagram hieronder en beantwoord die vraag wat volg. Verduidelik hoe die diagram volhoubare toerisme uitbeeld. (3) 8.3 Verwys na die voorbeeld van volhoubare toerisme uit die toerismebedryf hieronder en beantwoord die vraag wat volg. Bulungula Lodge is geleë in 'n afgesonderde isiXhosa dorpie in die Oos- Kaap. Natuurskoon, harmonie in die kultuur, sonverhitte storte, vuurpylstorte en 'n kompostoilet word hier aangetref. Die vuurpylstorte gebruik nie elektrisiteit, gas of paraffien nie. Die lodge waar die toeriste tuisgaan het volhoubare water, sanitasie, en bestuursingrypings vir beter energie-verbruik. Dit moet genoem word dat die gemeenskap 40% van die lodge besit. [Aangepas uit: www.urbanearth.co.za] Gee die naam van die toerisme organisasie wat die bogenoemde toerisme- lodge sal onderskryf (amptelik goedkeur). (2) b.o.
Downloaded from hlayiso.com TOERISME 24 10870 / 18 8.4 Lees die gevallestudie hieronder en beantwoord die vrae wat volg. SPIER: PLAASLIKE AANKOPE VERSTERK DIE HOTEL SE BESIGHEIDSBASIS. Spier Leisure, wat deel van die Spier Groep vorm, is 'n wyn- en plaaslandgoed, een van die oudstes in Suid-Afrika. Landboubedrywighede dateer terug sover as 1692. Die Spier Hotel en Konferensiesentrum met 155 beddens word deur die groep in die wynlande van die Wes-Kaap bedryf. Spier doen gereelde opnames van hul voorsieningskanale om te verseker dat soveel as moontlik produkte plaaslik verkry word. Verdere voordelige toevoegings sluit ʼn mediese kliniek op die Spier landgoed in, wat verseker dat die personeel gesond en produktief is. Laaste maar nie die minste nie, is die bydrae tot die omgewing. Spier het onderneem om sy koolstof-voetspoor met tot 30% teen 2017 te verminder. [Aangepas uit annaspenceley.wordpress.com] 8.4.1 Verduidelik in paragraaf formaat hoe Spier Leisure die driedubbele slotreël toepas of nie toepas nie. Sluit die volgende in: • Stem jy saam met die volgende stelling of nie? (1) Spier Leisure word beskryf as ʼn maatskappy wat die driedubbele slotreël ondersteun. • DRIE voorbeelde uit die gevallestudies hierbo, met 'n ander relevante pilaar by elke voorbeeld aangedui. Elke aangeduide pilaar moet onderstreep word in die paragraaf. (3x2) (7) 8.4.2 Gee TWEE maniere hoe die hulpbronbestuurder van Spier Leisure energie by die Spier Hotel kan bespaar. (4) [22] TOTAAL AFDELING D: 30 b.o.
Downloaded from hlayiso.com TOERISME 25 10870 / 18 AFDELING E: PLAASLIKE, STREEKS- EN INTERNASIONALE TOERISME; KOMMUNIKASIE EN KLIËNTEDIENS VRAAG 9 9.1 Bestudeer die tydlyn van gebeure (Januarie 2017 tot Desember 2018) hieronder en beantwoord die vrae wat volg. Januarie 2017 A 22 Mei 2017 B Selfmoord-bomdraer 27 Julie 2017 veroorsaak die dood Forbes voorspel van 22 mense by die die volgende Ariana Grande konsert wêreldresessie in Manchester, aan die einde van Engeland. 2018. C D 17 Augustus 2017 31 Augustus 2017 'n Voertuig ploeg in 1 200 mense sterf Barcelona tussen 'n a.g.v. monsoon- skare in, en 14 mense reën in Bangladesh. sterf. E F 18 September 2017 14 Junie 2018 Orkaan Maria bereik die FIFA Sokker- kus van die Karibiese Wêreldbeker Eilande. begin in Rusland. Desember 2018 9.1.1 Klassifiseer die genommerde gebeure op die tydlyn hierbo volgens die kategorieë wat in die lys hieronder aangedui word. Skryf die letter (A – F) en die geselekteerde kategorie van die lys neer, bv. G – plaaslike konferensie (6) wêreld sportbyeenkoms natuurramp onvoorsiene gebeurtenis politieke situasie b.o.
Downloaded from hlayiso.com TOERISME 26 10870 / 18 9.1.2 Verwys na GEBEURTENIS A. Bespreek TWEE negatiewe invloede wat die gebeurtenis op toerisme in Engeland gehad het. (4) 9.1.3 Verwys na GEBEURTENIS F. Beskryf, in paragraaf formaat, TWEE maniere hoe die gebeurtenis 'n positiewe invloed op die ekonomie van die gasheerland, Rusland gehad het. (4) 9.1.4 GEBEURTENIS E was Orkaan Maria. Gee 'n uiteensetting van EEN invloed wat so ʼn gebeurtenis soos E op die mense in die area het. (2) 9.2 Bestudeer die inligting oor internasionale aankomste hieronder en beantwoord die vrae wat volg. INTERNASIONALE AANKOMSTE Die internasionale aankomste statistiek van Statistiek Suid-Afrika is vir die periode Januarie tot Junie 2017. Huidige Verskil in periode vergelyking met dieselfde periode die vorige jaar VK 228 963 2.7% Duitsland 163 909 15.4% VSA 179 002 9.6% Indië 51 842 1.6% China (Hong Kong ingesluit) 49 285 -15.3% Oorsese aankomste 1 295 824 10.7% Afrika aankomste 3 715 681 -2.1% Totale internasionale aankomste 5 017 336 1.0% [Aangepas uit Tourism Tattler Trade Journal, September 2017] 9.2.1 Noem die Europese land met die hoogste aantal aankomste. (1) 9.2.2 Identifiseer EEN land wat deel vorm van die BRICS groep. (1) 9.2.3 Aankomste vanuit Afrika word verdeel in landmarkte en lugmarkte. Verduidelik die verskil tussen landmarkte en lugmarkte. (4) 9.2.4 Verwys na die kolom ‘Verskil in vergelyking met dieselfde periode die vorige jaar.’ Identifiseer die algemene tendens wat waargeneem kan word. (2) [24] b.o.
Downloaded from hlayiso.com TOERISME 27 10870 / 18 VRAAG 10 10.1 Bestudeer die inligting hieronder en beantwoord die vraag wat volg. “Kliënteterugvoer is afhanklik van die verkryging van inligting vanaf die kliënte wat gaan oor 'n produk of die kwaliteit van 'n handelsmerk se diens” [Aangepas uit www.iadvize.com] Gee EEN manier hoe kliënteterugvoer kan bydra tot uitstekende diens. (2) 10.2 Toerisme maatskappye behoort hul kliënte aan te moedig om terugvoer via die Internet te gee. E-POS [Bron: Internet grafika] Evalueer, in 'n paragraaf, die effektiwiteit van die gebruik van e-posse as metode om terugvoer aan ʼn toerisme maatskappy te gee. Die evalueringsparagraaf moet EEN voordeel en EEN nadeel insluit. (2x2) (4) [6] TOTAAL AFDELING E: 30 TOTAAL: 200 EINDE

Study this subject

More from Grade 12 Tourism

View all