Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
SEPTEMBER 2018
GESKIEDENIS V1
ADDENDUM
*HISTA3*
Hierdie addendum bestaan uit 14 bladsye.
Skip to contentAll 2018 papers 





View all





History Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2018 Addendum (Afr)
Grade 12 History Paper 1 addendum from the Eastern Cape Mock Exam 2018 (Afrikaans), 16 pages. Read online or get the free PDF download.
History · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2018. Addendum, 16 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- History
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Addendum
- Year
- 2018
- Exam period
- Eastern Cape Mock Exam
- Paper
- 1
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 16
- File size
- 588.4 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 16
This exam
Eastern Cape Mock Exam 2018
- Paper 1Question paper · EngQuestion paper · AfrQuestion paper · Afr (2)Addendum · EngAddendum · Eng (2)Addendum · AfrAddendum · Afr (2)Memo · EngMemo · Afr
- Paper 2Question paper · EngQuestion paper · AfrQuestion paper · Afr (2)Addendum · EngAddendum · Eng (2)Addendum · AfrAddendum · Afr (2)Memo · EngMemo · Afr
Questions in this paper
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
2 GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM) (EC/SEPTEMBER 2018)
AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE
VRAAG 1: HOE HET DIE KUBAANSE MISSIELKRISIS DIE KOUE OORLOG
SPANNING TUSSEN DIE SOWJETUNIE EN DIE VERENIGDE STATE
VAN AMERIKA IN DIE 1960’s VERHOOG?
BRON 1A
Die onderstaande uittreksel verduidelik Kuba se betrokkenheid met die Sowjetunie en
die Verenigde State van Amerika se poging om Fidel Castro se regering omver te
werp.
Dit was ná die Kubaanse Revolusie van 1959 dat Fidel Castro sterk ekonomiese bande
met die Sowjetunie gesmee het, met wie die Verenigde State destyds in die Koue Oorlog
betrokke was. Die Amerikaanse president Dwight D. Eisenhower was baie bekommerd
oor die rigting wat Castro se regering ingeslaan het en in Maart 1960 het hy $13,1 miljoen
aan die Sentrale Intelligensiediens (CIA) toegeken om Castro se omverwerping te beplan
(alhoewel die plan om Castro omver te werp, afgelas was sodat Kennedy daaroor kon
besluit). Die Sentrale Intelligensiediens het voortgegaan om die veldtog te organiseer
met behulp van verskeie Kubaanse teen-revolusionêre magte, deur die 2506-Brigade in
Guatemala op te lei. Eisenhower se opvolger, John F. Kennedy, het die finale invalsplan
in April 1961 goedgekeur.
Meer as 1 400 paramilitêres wat onderverdeel was in vyf infanterie-bataljonne en een
valskerm-bataljon, het in Guatemala byeengekom voordat hulle per boot op 13 April
1961 na Kuba gevaar het. Twee dae later, op 15 April, het agt sentrale B-26-
bombardeerders wat deur die Sentrale Intelligensiediens (CIA) voorsien is, Kubaanse
vliegvelde aangeval en na die VSA teruggekeer. Op die nag van 16 April het die
hoofinvalsgroep op ʼn strand met die naam Playa Giron in die Bay of Pigs geland. Dit het
aanvanklik ʼn plaaslike revolusionêre burgermag oorweldig (oorwin). Die Kubaanse
weermag se teenaanval is deur Jose Ramon Fernandez gelei, voordat Castro besluit het
om die veldtog persoonlik oor te neem. Soos die Amerikaanse betrokkenheid vir die
wêreld duidelik geword het, het Kennedy daarteen besluit om verdere lugbeskerming vir
die inval te verskaf. As gevolg hiervan, het die veldtog slegs die helfte van die magte
gehad wat hulle aanvanklik benodig het. Die oorspronklike plan wat tydens Eisenhower
se presidentskap beplan is, het beide lug- en vlootondersteuning vereis. Op 20 April het
die invallers na slegs drie dae oorgegee, met die meerderheid wat in die openbaar
ondervra en in Kubaanse tronke geplaas is.
[Vanuit https://thisdayinusmilhist.wordpress.com/category/uncategorized/page/23/. Toegang op 30
Januarie 2017 verkry.]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2018) GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM) 3
BRON 1B
Hierdie bron fokus op die ontplooiing van missiele na Kuba deur die Sowjetunie en hoe
die Verenigde State van Amerika hierdie missielbasisse ontdek het.
Na die mislukte poging om Castro se regime in Kuba met die inval van die Bay of Pigs
in Kuba omver te werp en terwyl die Kennedy-administrasie Operasie Mongoose beplan
het, het die Sowjet-premier Nikita Khrushchev in Julie 1962 ʼn geheime ooreenkoms met
die Kubaanse premier Fidel Castro bereik om Sowjetmissiele in Kuba te plaas om enige
toekomstige invalspogings te stop. Konstruksie van verskeie missielbasisse het in die
laat somer begin, maar Amerikaanse intelligensie het bewyse van ʼn algemene Sowjet-
wapenopbou, insluitende Sowjet-IL-28-bomwerpers, in Kuba gevind tydens roetine-
waarnemingsvlugte (‘surveillance’) en op 4 September 1962 het president Kennedy ʼn
openbare waarskuwing teen die konstruksie van offensiewe wapens in Kuba uitgereik.
Ten spyte van die waarskuwing, het ʼn Amerikaanse U2-vliegtuig op 14 Oktober verskeie
foto’s geneem wat duidelik terreine vir die konstruksie van medium-afstand en
intermediêre ballistiese kernmissiele (MRBMs en IRBMs) in Kuba getoon het. Hierdie
foto’s is ontleed en die volgende dag aan die Wit Huis voorgelê wat sodoende die begin
van die Kubaanse missielkrisis veroorsaak het.
Kennedy het sy naaste raadgewers byeengeroep om die opsies te oorweeg en 'n direkte
aksieplan vir die Verenigde State wat die krisis sou oplos, voor te lê. Sommige
raadgewers – insluitend al die gesamentlike personeelhoofde (‘Joint Chiefs of Staff’) -
het op ʼn lugaanval aangedring om die missiele te vernietig, gevolg deur 'n Amerikaanse
inval in Kuba; ander het streng waarskuwings teen Kuba en die Sowjetunie aangeraai.
Die President het op 'n middeweg besluit. Op 22 Oktober het hy Kuba onder vloot-
kwarantyn geplaas.
[Vanuit https://history.state.gov/milestones/1961-1968/cuban-missile-crisis. Toegang op 30 Januarie
2017 verkry.]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
4 GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM) (EC/SEPTEMBER 2018)
BRON 1C
Die bron hieronder toon die Verenigde State van Amerika se blokkade van Kuba
gedurende die Kubaanse Missielkrisis. Op 22 Oktober 1962 het President Kennedy ʼn
kwarantyn-sone rondom Kuba aangekondig.
[Vanuit www.bbc.co.uk/education/guides/zygjq6f/revision/6. Toegang op 3 Junie 2017 verkry.]
Missiele met ʼn trefafstand van 4 000km
Russiese skepe onderweg na Kuba
Die Amerikaanse Kwarantyn
Onsuksesvolle inval van die Kubaanse bannelinge in 1965
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2018) GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM) 5
BRON 1D
Die volgende bron is ʼn brief wat president Khrushchev aan president Kennedy op 26
Oktober 1962 geskryf het. Hy verklaar die Sowjetunie se verbintenis tot wêreldvrede.
Ek dink jy sal my reg verstaan as jy regtig bekommerd is oor die welsyn van die wêreld.
Almal benodig vrede: beide kapitaliste, indien hulle nie hul rede verloor het nie, en selfs
meer die kommuniste, mense wat weet hoe om nie net hul eie lewens nie, maar meer as
enigiets anders ook die lewens van alle mense te waardeer. Ons as kommuniste is in die
algemeen gekant teen oorloë tussen state en ons het die verkryging van vrede verdedig
sedert ons die wêreld betree het. Ons het oorlog nog altyd as ʼn ramp beskou en nie as ʼn
kompetisie, of ʼn manier waarop spesifieke doelstellings verkry word nie, en nog minder
as ʼn doel op sigself. Ons doelwitte is duidelik en die metode om dit te verkry is arbeid.
Oorlog is ons vyand en ʼn ramp vir alle mense.
Dit is dus daarom dat ons, die Sowjetmense, en saam met die VSA, en ook saam met
ander mense, die vrae rondom oorlog en vrede verstaan. Dit kan ek in elk geval duidelik
sê vir die mense van die sosialistiese lande, sowel as progressiewe mense wat vrede,
gelukkigheid en vriendskap tussen almal nastreef.
Ek sien, mnr die President, dat jy ook nie gebrek ly aan angstigheid vir die lot van die
wêreld se begrip vir die situasie nie, en van wat oorlog behels nie. Wat sal ʼn oorlog jou
gee? Jy dreig ons met oorlog. Maar jy weet al te goed dat die minste wat jy in antwoord
hierop sal ontvang, sal wees dat jy dieselfde gevolge sal ervaar as dié wat jy vir ons
gestuur het.
[Vanuit http://microsites.jfklibrary.org/cmc/oct26/doc4.html. Toegang op 27 Julie 2018 verkry.]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
6 GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM) (EC/SEPTEMBER 2018)
VRAAG 2: HOE HET DIE POGINGS VAN DIE ANGOLESE BEVRYDINGSBEWEGINGS
MISLUK OM VREDE IN ANGOLA IN 1975 TEWEEG TE BRING?
BRON 2A
Hierdie uittreksel is geneem uit die boek The State of Africa, deur M Meredith. Dit
verduidelik die toestand van Angola se bevrydingsbewegings toe die Portugese Angola in
1975 verlaat het.
In Angola het die oordrag vanaf Portugese bewind in ʼn groot ramp verander. Soos wat
die Portugese ʼn administrasie daar gedisintegreer het, het drie mededingende
nasionalistiese faksies gekompeteer vir mag, en sodoende ʼn koloniale oorlog in ʼn
burgeroorlog laat verander ...
Al drie nasionalistiese faksies was swak en ongeorganiseer. Hulle het geen ernstige
poging aangewend om ʼn onderhandelende skikking te bereik nie, maar het in plaas
daarvan geprobeer om die oorhand te kry deur vir ondersteuning van buitelandse
moondhede te pleit. Dit was as gevolg van hul aanhoudende mededinging dat buitelandse
betrokkenheid in Angola sulke kritieke belangrikheid verwerf het.
… die sterkste faksie in militêre terme was Holden Roberto se FNLA. Die probleem van
die FNLA wat hulle in die gesig gestaar het was dat hul bedrywighede beperk was tot
noordelike Angola en dat hul ondersteuners uit die Bakongo gekom het.
Die posisie van Agostino Neto se MPLA in April 1974 was haglik/gevaarlik (‘risky’). Dit
het in drie mededingende groepe verdeel; guerrilla-aktiwiteite het tot stilstand gekom ...
Die party was stewig gevestig ... in die Kimbundu gebiede wat oos van Luanda geleë was.
Nietemin het die MPLA in wese ʼn streeksparty gebly. Dit het nie veel ondersteuning geniet
nie, nog in die noorde onder die Bakongo, nog in die suide onder die Ovimbundu.
Die derde faksie, UNITA – is in 1966 deur Jonas Savimbi geloods, een van Holden
Roberto se voormalige bondgenote. Hulle het ondersteuning onder die Ovimbundu
verkry; Angola se grootste stam wat in die sentrale hooglanddistrikte van Huambo en Bie
gekonsentreer was. Unita het bestaan uit ʼn mag van nie meer as ongeveer 1 000 swak
bewapende mans wat in ʼn klein area in die sentrale hoogland bedrywig was.
[Vanuit The State of Africa: A History of Fifty Years of Independence by M. Meredith]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2018) GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM) 7
BRON 2B
Hierdie uittreksel uit die boek The Silent War deur P Stiff verduidelik waarom die Alvor-
ooreenkoms, wat op 15 Januarie 1975 onderteken is, nie daarin geslaag het om vrede in
Angola teweeg te bring nie.
Na maande van onderhandelinge en druk deur die OAE (Organisasie van Afrika-
eenheid), het die Portugese en die drie bewegings die ‘Alvor Accord’ (Alvor-ooreenkoms)
in Alvor in Portugal op 15 Januarie 1975 onderteken. Dit het toegelaat dat verkiesings vir
ʼn grondwetlike vergadering in Oktober 1975 gehou word, en tot en met dié datum, sou
die mag in ʼn oorgangsregering onder leiding van ʼn Portugese hoë kommissaris gevestig
wees. Die Portugese en die drie partye sou elk drie ministeriële poste beklee, terwyl die
premierskap onder die partye sou afwissel (‘rotate’). Onafhanklikheid sou op 11
November 1975 volg.
Dit het voorsiening gemaak vir die skepping van ʼn Angolese weermag, waartoe elke
beweging 8 000 troepe en die Portugese 24 000 sou bydra. Oortollige Portugese soldate
sou teen 30 April 1975 na Portugal terug gestuur word.
Die oorgangsregering was tereg ingehuldig op 31 Januarie 1975, maar dit was gedoem
tot mislukking. Die hoofbestanddele wat nodig was om dit te laat werk, was Roberto,
Savimbi en Neto, maar hulle was te besig om hul onderskeie politieke posisies vir die
verkiesings in Oktober te konsolideer as om daaroor bekommerd te wees. Die drie
bevrydingsbewegings het in Alvor gebluf (gelieg). Nie Neto óf Savimbi het die vermoë
gehad om hul verbintenis tot die 8 000 troepe aan die nuwe Angolese weermag te
eerbiedig nie. Om dit eenvoudig te stel; hulle het die mannekrag ontbreek. Roberto het
die mans gehad, maar hy was te besig in die noordweste om hom daaroor te pla.
… Só die nuwe Angolese weermag is dus nooit gestig nie en die chaos het vererger.
[Vanuit The Silent War, South African RECCE Operations 1969–1994 by P Stiff]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
8 GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM) (EC/SEPTEMBER 2018)
BRON 2C
Die foto hieronder toon die leiers van die Angolese vryheidsbewegings wat tydens die
Nakuru Ooreenkoms op 21 June 1975 in Kenia ontmoet het. Dit was ʼn poging om die
Alvor Ooreenkoms te beredder.
[Vanuit https://www.google.co.za/search?hl=en-ZA&source=android-browser-alamy.com.
Toegang op 11 April 2017 verkry.]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2018) GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM) 9
BRON 2D
In die uittreksel hieronder verduidelik Piero Gleijeses, ʼn professor in buitelandse beleid,
hoe gewapende konflik in 1975 in Luanda begin het.
Trouens, die oorlog kon nie uitgestel word nie. Die eerste botsings was in Luanda, net
weke nadat die oorgangsregering die mag oorgeneem het. Luanda, met meer as 550 000
inwoners, was die prys: die ekonomiese, politieke en demografiese hoofstad van die land.
– Groot meerderheid swartes en mulatte (mense van gemengde ras) – wat saam sowat
75% van die stad se bevolking gevorm het – het die MPLA ondersteun, maar in die eerste
maande van 1975 was die FNLA militêr gesproke, die dominante bevrydingsbeweging in
die stad. ‘Sy goed gewapende troepe in hul onberispelike (perfekte) uniforms’ het in
Oktober 1974 in Luanda aan boord van Zaïrese lugmagvliegtuie begin aankom.
Die FNLA het gehoop om te vergoed vir sy gebrek aan politieke aantrekkingskrag met
militêre mag, maar die wreedheid en arrogansie van sy soldate het die bevolking se
vyandigheid verhoog. Afgelei deur sy interne rusies, het die MPLA later troepe na Luanda
gestuur en in baie kleiner getalle, en UNITA, wat amper geen troepe gehad het nie, het
slegs ʼn simboliese militêre teenwoordigheid in die hoofstad gehad.
Chipenda, Neto se verslane mededinger vir die MPLA-leierskap, het ʼn groep gewapende
mans na Luanda gestuur om ʼn militêre teenwoordigheid daar te vestig, alhoewel die
Alvor-ooreenkoms die FNLA, UNITA en die MPLA ‘as die enigste wettige
verteenwoordigers van die mense van Angola’ erken het. Nadat hy die stryd om beheer
van die MPLA verloor het, het hy hom by Mobutu en Roberto gevoeg.
[Vanuit: Conflicting Missions: Havana, Washington, and Africa, 1959–1976 deur P. Gleijeses]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
10 GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM) (EC/SEPTEMBER 2018)
VRAAG 3: HOE HET SWART AMERIKAANSE LEIERS TOT DIE SWARTMAG-
BEWEGING IN DIE VERENIGDE STATE VAN AMERIKA IN DIE 1960’s,
BYGEDRA?
BRON 3A
Hierdie bron verduidelik die redes wat gelei het tot die opkoms van die Swartmag-
beweging in die Verenigde State van Amerika in die 1960’s.
Uiteindelik, in 1964, het die Amerikaanse Kongres ʼn Burgerregte Wet en in 1965 ʼn
Stemreg Wet goedgekeur. Die Burgerregtebeweging, en die nuwe wette wat as gevolg
hiervan aangeneem is, het gelei tot die bevordering van gelykheid vir swart Amerikaners.
Maar nie alle Afro-Amerikaners was beïndruk met die Burgerregtebeweging nie. In
werklikheid het vooroordeel nog steeds bestaan. Afro-Amerikaners het nog steeds
rassediskriminasie, laer lone as blankes en hoër misdaadsyfers in hul middestad-
woongebiede beleef.
Veral jong Afro-Amerikaners wou werklike sosiale verandering bespoedig. Hulle het die
Burgerregtebeweging gesien as ʼn organisasie wat te ‘hoofstroom’ was en wat die
swartmense nie dieselfde geleenthede (sosiaal, ekonomies en polities) kon bied as
blankes nie ... Teen die middel van die 1960’s het ontevredenheid oor die tempo van
verandering gegroei en die Swartmagbeweging het uit hierdie ontevredenheid ontstaan.
Die Swartmagbeweging het aangevoer dat indien swartes ware eenheid wou verkry, hulle
eers in solidariteit moes verenig en sodoende selfstandig word.
... Die Swartmagbeweging was baie breed (en moet dalk meer akkuraat beskryf word as
die Swartmagbewegings) en daarop gemik om ʼn nuwe rassebewussyn onder swart
mense in die Verenigde State uit te druk. Die Beweging het verskillende betekenisse en
interpretasies gehad. Belangrike aspekte het die volgende ingesluit: rassewaardigheid en
selfstandigheid. Dit het beteken vryheid van wit gesag in beide ekonomie en politiek
Stokely Carmichael het die Swartmagfilosofie met hierdie woorde opgesom:
‘Ek gaan nie die witman smeek vir enigiets wat ek verdien nie – ek gaan dit vat. Ons wil
swart mag hê.’
[Vanuit https://v1.sahistory.org.za>classroom/grade12/3_1_3.htm. Toegang op 12 April 2017 verkry.]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2018) GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM) 11
BRON 3B
Die uittreksel hieronder is geneem uit ʼn toespraak getiteld 'The Ballot of the Bullet’ wat
deur Malcolm X, op 12 April 1964 in Detroit Michigan gelewer is. Dit verduidelik die
Swartmagfilosofie.
Die politieke filosofie van swart nasionalisme beteken net dat die swartman die politiek
en die politici in sy eie gemeenskap moet beheer ... om voort te gaan met ʼn politieke
program van heropvoeding om ons mense se oë oop te maak, om ons meer polities
bewus, polities volwasse te maak, en dan wanneer ons gereed is om ons stembriewe uit
te bring, sal daardie stembrief uitgebring word vir ʼn man van die gemeenskap wat die
welsyn van die gemeenskap op die hart dra. Die ekonomiese filosofie van swart
nasionalisme beteken slegs dat ons die ekonomie van ons gemeenskap moet besit,
bedryf en beheer ...
Hierdie regering het ons misluk; ... die blanke liberale wat hul as ons vriende voorgedoen
het, het ons gefaal ... Ons benodig ʼn selfhelp-program, ʼn selfdoen-filosofie, ʼn doen-dit-
nou-filosofie, ʼn dit-is-alreeds-te-laat filosofie ... Swart Nasionalisme is ʼn selfhelp-filosofie
... Dit is ʼn filosofie wat die noodsaaklikheid vir verdeling en argumentasie (redenering)
elimineer ...
So lank as wat jy ʼn sit-stil filosofie het, sal jy ʼn sit-stil gedagtegang hê, en solank jy aan
die ou sit-stil dink, sal jy in ʼn soort van sit-stil-aksie wees. Dit is nie te goed om te verwys
na wat jy gaan doen as jy ʼn sit-in is nie ... ʼn Ou vrou kan sit. ʼn Ou man kan sit ... ʼn Lafaard
kan sit. Enigiets kan sit. Wel, ek en jy het lank genoeg gesit en dit is vandag tyd vir ons
om te begin staan, en te veg om dit te ondersteun.
... Sluit aan by enige soort organisasie, burgerlik, godsdienstig, broederlik, politiek of
andersins wat gebaseer is op die opheffing van die swartman wat hom in staat sal stel
om die meester van sy eie gemeenskap te word.
Dit sal die stembrief of dit sal die koeël wees. Dit sal vryheid of dood wees. En as jy nie
gereed is om daardie prys te betaal nie, moet nie die woord vryheid in jou woordeskat
gebruik nie.
[Vanuit: http://malcolmxfiles.blogspot.co.za/2013/06/the-ballot-or-bullet-april-12-1964.html/m=1.
Toegang op 23 April 2017 verkry.]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
12 GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM) (EC/SEPTEMBER 2018)
BRON 3C
Hierdie foto beeld gewapende lede van die Black Panther Party, Robert Williams en sy
vrou, uit.
[Vanuit http://writingcities.com/2017/06/29/negroes-with-guns-robert-f-williams-and-the-freedom-struggle/.
Toegang op 18 Januarie 2018 verkry.]
Negers: ʼn Neerhalende/Vernederende term wat gebruik word om na Afro-
Amerikaners te verwys.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2018) GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM) 13
BRON 3D
Die volgende uittreksel beskryf die Swartmagbeweging en die transformasie daarvan. Dit
is deur Lakisha Odlum van New York City se Departement van Onderwys geskryf.
Die Swartmagbeweging van die 1960's en 1970's was ʼn politieke en sosiale beweging wie
se voorstanders geglo het in rassetrots, selfversorging en gelykheid vir alle swart mense
en mense afkomstig vanuit Afrika. Stokely Carmichael, die leier van die Studente Nie-
Geweldadige Koördineringskomitee, wat gekrediteer is met die eerste artikulering van
’Swartmag’ in 1966, het ʼn generasie swart aktiviste verteenwoordig wat aan beide die
Burgerregte en die Swartmagbewegings deelgeneem het. Teen die middel van die 1960’s,
het baie van hulle nie meer nie-gewelddadige protes gesien as 'n lewensvatbare manier
om rassisme te bekamp nie.
Nuwe organisasies, soos die Black Panther Party, die Black Women United Front en die
Nation van Islam, het nuwe kulturele, politieke en ekonomiese programme ontwikkel en
lidmaatskap laat groei wat hierdie verskuiwing weerspieël het. Desegregasie was
onvoldoende – slegs deur die dekonstruksie (afbreek) van wit magstrukture kon daar
ruimte geskep word vir ʼn swart politieke stem wat sou aanleiding gee tot kollektiewe
swartmag. As gevolg van hierdie oortuigings, is die beweging dikwels uitgebeeld as
gewelddadig, anti-wit en as ʼn organisasie wat teen wetstoepassing gekant was. Hierdie
primêre bron wil hierdie voorstellings deur middel van artefakte uit die era, soos preke,
foto's, tekeninge, FBI-ondersoeke en politieke manifeste (openbaarmaking) aanspreek.
[Vanuit https://dp.la/primary-source-sets/the-black-power-movement. Toegang op 04 April 2018 verkry.]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
14 GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM) (EC/SEPTEMBER 2018)
ERKENNINGS
Visuele bronne en ander historiese bewyse is uit die volgende geneem:
Gleijeses, P. 2002. Conflicting Missions: Havana, Washington, and Africa, 1959–1976
(North Carolina University Press)
http://malcolmxfiles.blogspot.co.za/2013/06/the-ballot-or-bullet-april-12-1964.html/m=1
http://microsites.jfklibrary.org/cmc/oct26/doc4.html
http://writingcities.com/2017/06/29/negroes-with-guns-robert-f-williams-and-the-freedom-
struggle/
https://dp.la/primary-source-sets/the-black-power-movement
https://history.state.gov/milestones/1961-1968/cuban-missile-crisis
https://thisdayinusmilhist.wordpress.com/category/uncategorized/page/23
https://v1.sahistory.org.za>classroom/grade12/3_1_3.htm
https://www.google.co.za/search?hl=en-ZA&source=android-browser-alamy.com
https://www.google.co.za/search?q=BLACK+POWER+MOVEMENT+SOURCES+IN+US
A
Meredith, M. 2005. The State of Africa: A History of Fifty Years of Independence (Simon
& Schuster, UK)
Stiff, P. 1999. The Silent War, South African RECCE Operations 1969 – 1994 (Galagos,
South Africa)
www.bbc.co.uk/education/guides/zygjq6f/revision/6
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Downloaded from hlayiso.com
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
History Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2018 QP (Eng)

Addendum
History Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2018 Addendum (Eng)

Addendum
History Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2018 Addendum (Eng)

Addendum
History Grade 12 Paper 1 EC June 2018 Addendum (English)

Addendum
History Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2022 Addendum (Eng)

Addendum
History Grade 12 Paper 1 Eastern Cape Mock 2021 Addendum
More from Grade 12 History

Study guide
Workguide Case Study Strategies

Memorandum
History Grade 12 Paper 2 North West Mock 2025 Memo

Memorandum
History Grade 12 Paper 1 NSC June 2025 Memo (English)

Memorandum
History Grade 12 P1 Eastern Cape June 2024 Memo (Afrikaans)

Memorandum
History Grade 12 P1 Eastern Cape Prelim 2024 Memo (Afr)

Question paper