Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
SEPTEMBER 2018
GESKIEDENIS V2
NASIENRIGLYN
PUNTE: 150
Hierdie nasienriglyn bestaan uit 23 bladsye.
Skip to contentAll 2018 papers 

%20Preparatory%202017%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--b56c37a4-9f9d-40b7-85e7-9f238ccd5f5c/v1-b616c542a8e748051a3c/card.webp)
_hlayiso.com_--9b4b0c56-0d1c-480b-8ab5-b260d75b5222/v1-68278b92259dd5d25a89/card.webp)


View all




%20June%202024%20Question%20Paper_hlayiso.com_--b8285d4c-81f2-4d18-a8e1-31feb9e949b5/v1-08263ca49c7d250a5368/card.webp)
History Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2018 Memo (Afrikaans)
Grade 12 History Paper 2 memorandum from the Eastern Cape Mock Exam 2018 (Afrikaans), 23 pages. Read online or download the free PDF.
History · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2018 · Afrikaans. Memorandum, 23 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- History
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Memorandum
- Year
- 2018
- Exam period
- Eastern Cape Mock Exam
- Paper
- 2
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 23
- File size
- 482.7 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 23
This exam
Eastern Cape Mock Exam 2018
- Paper 1Question paper · EngQuestion paper · AfrQuestion paper · Afr (2)Addendum · EngAddendum · Eng (2)Addendum · AfrAddendum · Afr (2)Memo · EngMemo · Afr
- Paper 2Question paper · EngQuestion paper · AfrQuestion paper · Afr (2)Addendum · EngAddendum · Eng (2)Addendum · AfrAddendum · Afr (2)Memo · EngMemo · Afr
Questions in this paper
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
2 GESKIEDENIS V2 (EC/SEPTEMBER 2018)
1. BRONGEBASEERDE VRAE
1.1 Die volgende kognitiewe vlakke is gebruik om brongebaseerde vrae
te ontwikkel:
GEWIGS-
KOGNITIEWE
HISTORIESE VAARDIGHEDE TOEKENNING
VLAKKE
VAN VRAE
Onttrek inligting uit bronne.
Selektering en organisasie van 30%
VLAK 1
relevante inligting uit bronne. (15)
Definieer historiese begrippe/terme.
Interpretasie van bewyse uit bronne.
40%
VLAK 2 Verduidelik inligting verkry uit bronne.
(20)
Analiseer bewyse uit bronne.
Interpreteer en evalueer bewyse uit
bronne.
Skakel met bronne om bruikbaarheid,
betroubaarheid, eensydigheid en 30%
VLAK 3
beperkings vas te stel. (15)
Vergelyk en kontrasteer interpretasies
en perspektiewe in die bronne en kom
tot onafhanklike gevolgtrekkings.
1.2 Die inligting hieronder dui aan hoe brongebaseerde vrae
geassesseer word:
By die nasien van brongebaseerde vrae moet krediet gegee word vir
enige ander geldige en toepaslike standpunte, argument, bewyse of
voorbeelde.
Met die toekenning van punte moet aandag gegee word aan hoe daar
aan die vereistes van die vraag voldoen is.
In die nasienriglyn word die vereistes van die vraag (vaardighede
waaraan aandag gegee moet word) sowel as die vlak van die vraag in
kursiefgedrukte skrif aangedui.
1.3 Assesseringsprosedures vir brongebaseerde vrae
Gebruik ʼn regmerk () vir elke korrekte antwoord
Gee aandag aan die puntetoekenning bv. (2 x 2) wat neerkom op twee
redes en word twee punte elk toegeken (); (1 x 2) wat neerkom
op een rede en twee punte toegeken word ()
Indien ʼn vraag 4 punte tel word 4 regmerke () aangedui
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2018) GESKIEDENIS V2 3
Paragraafvraag
Paragrawe behoort globaal (holisties) geassesseer te word. Beide die
inhoud en die struktuur van die paragraaf moet in berekening gebring
word wanneer punte toegeken word. Die volgende stappe moet gebruik
word wanneer ʼn antwoord op ʼn paragraafvraag geassesseer word:
Lees die paragraaf en plaas ʼn kolpunt ( . ) by elke punt binne-in die
teks waar die kandidaat relevante bewyse gebruik het om die vraag te
beantwoord.
Lees die paragraaf weer om die mate te evalueer waarin die kandidaat
in staat was om relevante bewyse te gebruik om die paragraaf te
beantwoord.
Maak regmerkies (√) wat aan die kandidaat toegeken is vir die
paragraaf aan die einde van die paragraaf; sowel as die vlak (1,2, of 3)
soos aangedui in die holistiese rubriek en gee ʼn kort kommentaar bv.
___________ ˖ __________________________ ˖ _________________
_________________ ˖ __________________________ ˖ ___________
√√√√
Vlak 2
Gebruik meestal relevante bewyse om die paragraaf te skryf
Tel al die regmerke vir die brongebaseerde vrae op en skryf dan die
punt aan die regterkantse onderste kantlyn, bv.
32
50
Maak seker dat die totale punte akkuraat na die buiteblad van die
antwoordeboek oorgedra word.
2. OPSTELVRAE
2.1 Die opstelvrae vereis dat kandidate:
In staat sal wees om hul argument op ʼn logiese en samehangende
wyse te stel. Hulle moet die relevante inligting kan selekteer,
organiseer en bymekaarvoeg sodat dit vir hulle moontlik sal wees om ʼn
redelike reeks feite of ʼn effektiewe argument te kan weergee om
sodoende die gestelde vraag te beantwoord. Dit is noodsaaklik dat ʼn
opstel ʼn inleiding, ʼn samehangende en gebalanseerde liggaam van
bewyse en ʼn slot het.
2.2 Nasien van opstelvrae
Nasieners moet daarop let dat die inhoud van die antwoord gelei sal
word deur die handboeke wat by ʼn spesifieke sentrum gebruik is.
Kandidate mag enige ander toepaslike inleiding en/of samevatting hê
as dit wat ingesluit is by ʼn riglyn vir nasien van ʼn spesifieke opstel.
By die assessering van die oop brongebaseerde vrae moet kandidate
krediet kry vir enige ander relevante antwoord.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
4 GESKIEDENIS V2 (EC/SEPTEMBER 2018)
2.3 Globale assessering van die opstel
Die opstel skryfwerk sal holisties (globaal) geassesseer word. Hierdie
benadering vereis dat die onderwyser die totale produk as ʼn geheel sal
bepunt sonder om die samestellende dele individueel te bepunt. Hierdie
benadering moedig die leerder aan om ʼn individuele mening aan te bied
deur gebruik te maak van geselekteerde feitelike bewyse om ʼn argument
te ondersteun. Daar sal nie van die leerder verwag word om slegs ‘feite’
neer te skryf om ʼn beter punt te behaal nie. Hierdie benadering sal
leerders ook ontmoedig om ‘model-antwoorde’ voor te berei en te
reproduseer sonder om die spesifieke vereistes van die vraag in ag te
neem. Holistiese nasien van opstelle gee krediet aan leerders se mening,
ondersteun deur bewyse. Anders as by inhoudsgebaseerde nasien, word
leerders met holistiese assessering nie vir ontoereikende taalgebruik
gepenaliseer nie, aangesien die klem op die volgende val:
Die konstruksie/daarstelling van ʼn argument
Die toepaslike seleksie van feitelike bewyse om sodanige argument te
ondersteun
Die leerder se interpretasie van die vraag
2.4 Assesseringsprosedures vir die opstel
2.4.1 Hou die sinopsis in gedagte wanneer die skryfwerk nagesien
word.
2.4.2 Tydens die deurlees van die skryfwerk moet regmerkies toegeken
word vir ʼn relevante inleiding (aangedui met ʼn kolpunt (‘bullet’) in
die nasienriglyn), vir elke hoofmoment/aspek wat volledig
gekontekstualiseer is en ʼn relevante slotopmerking (aangedui met
ʼn kolpunt in die nasienriglyn) bv. ʼn antwoord waar daar 5
hoofpunte is, sal daar dus 7 regmerkies wees.
2.4.3 Die volgende addisionele simbole kan ook gebruik word:
• Inleiding, hoofaspekte en slotopmerking nie behoorlik
gekontekstualiseer nie
^
• Verkeerde stelling _________________
• Irrelevante stelling |
|
|
• Herhaling R
• Analise A√
• Interpretasie I√
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2018) GESKIEDENIS V2 5
2. Die matriks
2.5.1 Gebruik van die matriks vir die assessering van opstelle.
By die nasien van opstelle, moet die kriteria gebruik word wat in die
matriks voorsien word. Tydens die assessering van ʼn opstel moet
beide die inhoud en die aanbieding in ag geneem word. ʼn Punt word
toegeken by die snypunt van die inhoud en aanbieding, gebaseer op
die sewe vaardigheidsvlakke.
(a) Met die eerste deurlees van die opstel word daar bepaal tot watter
mate die hoofmomente gedek is om en die inhoudsvlak (op die
matriks) vas te stel.
I VLAK 4
(b) Die tweede deurlees van die opstel sal die vlak (op die matriks)
van die aanbieding bepaal.
I VLAK 4
A VLAK 5
(c) Ken ʼn algehele punt toe met behulp van die matriks.
I VLAK 4
A VLAK 5 }30–33
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
6 GESKIEDENIS V2 (EC/SEPTEMBER 2018)
NASIEN-MATRIKS VIR OPSTEL ‒ TOTAAL: 50
VLAK 7 VLAK 6 VLAK 5 VLAK 4 VLAK 3 VLAK 2 VLAK 1
Baie goed beplande Baie goed Goed beplande Argument beplan Toon soms Poging Weinig of geen
en gestruktureerde beplande en en en gestruktureer. bewys van ʼn aangewend om poging om die
AANBIEDING opstel. Goeie sintese gestruktureerde gestruktureerde Bewyse tot ʼn gestruktureerde antwoord te opstel te
van inligting. opstel. ʼn opstel. sekere mate en beplande struktureer. struktureer nie.
Het ʼn goed Relevante Poog om ʼn gebruik om argument. Poog Grootliks
gebalanseerde, argument is duidelike argument te om ʼn argument beskrywend of
oorspronklike gevolg. Bewyse argument te ondersteun. vol te hou. poog om
argument ontwikkel gebruik om die ontwikkel. Slotsom bereik Gevolgtrekking argument te
INHOUD met bewyse. argument te Gevolgtrekking op grond van nie duidelik ontwikkel. Geen
Argument deurgaans verdedig. Poog gemaak uit bewyse. ondersteun deur poging om ʼn
volgehou en om ʼn bewyse om die bewyse nie. gevolgtrekking te
verdedig. onafhanklike argument te maak nie.
Onafhanklike gevolgtrekking uit ondersteun.
gevolgtrekking die bewyse te
gemaak uit bewyse maak om die
om die argument te argument te
ondersteun. ondersteun..
VLAK 7
Vraag is ten volle
beantwoord.
Inhoudskeuse ten 47–50 43–46
volle relevant tot
argument wat
gevolg is.
VLAK 6
Vraag is
beantwoord.
Inhoudseleksie 43–46 40–42 39–39
relevant tot
argument wat
gevolg is.
VLAK 5
Vraag grotendeels
beantwoord. 38–39 36–37 34–35 33–34 28–29
Inhoud toereikend
en relevant
VLAK 4
Vraag herkenbaar
in antwoord.
Sommige 30–33 28–29 26–27
weglatings of
irrelevante keuse
van inhoud.
VLAK 3
Keuse van inhoud
hou verband met
vraag, maar
beantwoord dit 26–27 24–25 20–23
nie. Hou soms nie
verband met die
vraag nie.
Weglatings.
VLAK 2
Vraag
ontoereikend 20–23 18–19 15–17
beantwoord.
Inhoud skraal
VLAK 1
Vraag
ontoereikend
beantwoord of 14–17 0–13
glad nie.
Ontoereikend of
irrelevante inhoud
* Riglyne vir die toekenning van ʼn punt in Vlak 1:
Vraag glad nie beantwoord nie/totaal irrelevante inhoud; geen poging om die opstel te struktureer nie = 0
Vraag sluit basiese en algemene irrelevante inligting in; geen poging om die opstel te struktureer nie = 1–6
Vraag ontoereikend en vaag beantwoord; klein poging om die opstel te struktureer = 7–13
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2018) GESKIEDENIS V2 7
AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE
VRAAG 1: HOE HET STEPHEN BANTU BIKO EN SY SWARTBEWUSSYNS-
FILOSOFIE SWART STUDENTE IN DIE 1970’S BEÏNVLOED?
1.1 1.1.1 [Onttrekking van bewyse vanuit Bron 1A – V1]
Beide die ANC en die PAC was verban (1 x 2) (2)
1.1.2 [Definisie van historiese begrippe vanuit Bron 1A – V1]
(a) Skeiding van rasse polities, ekonomies en sosiaal
Beleid van rasse-segregrasie
Enige ander relevante antwoord (1 x 2) (2)
(b) Aanvaarding van jouself as swart/self-waarde/selfagting/
eiewaarde
Om trots te wees op wie jy is/swart trots
Dit gaan nie oor swart as kleur nie maar eerder oor
geestelike bevryding
Moet nie afhanklik wees van blankes nie meer eerder
selfversorgend
Enige ander relevante antwoord (1 x 2) (2)
1.1.3 [Interpretasie van bewyse uit Bron 1A – V2]
NP het die SBB ondersteun want hulle het gedink dat dit in lyn was
met hulle beleid van apartheid
NP beleide het slegs blankes bevoordeel ten koste van Swartes
Swartes het die redes vir hul onderdrukking begin bevraagteken
Enige ander relevante antwoord (2 x 2) (4)
1.1.4 [Onttrekking van bewyse uit Bron 1A – V1]
SASO (1 x 1) (1)
1.1.5 [Interpretasie van bewyse uit Bron 1A – V2]
Biko het nie probleme met wit mense gehad nie
Biko was gekant teen wit onderdrukking en wit bevoorregting
Biko was gekant teen blanke minderheidsregering
Enige ander relevante antwoord (2 x 2) (4)
1.2 1.2.1 [Onttrekking van bewyse vanuit Bron 1B – V1]
Plaasgebied Waverly tussen PE en Uitenhage (1 x 1) (1)
1.2.2 [Onttrekking van bewyse uit Bron 1B – V1]
Gearresteer
Gedemoveer (2 x 1) (2)
1.2.3 [Interpretasie van bewyse uit Bron 1B –V2]
Want hulle was betrokke by die Swart bewussyn en politiek
Hulle was ʼn bedreiging vir die apartheidsregering
Hulle het Swartes opgesweep om die apartheidstelsel te verwerp
Enige ander relevante antwoord (Enige 1 x 2) (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
8 GESKIEDENIS V2 (EC/SEPTEMBER 2018)
1.2.4 [Interpretasie van bewyse uit Bron 1B – V2]
SBB het politieke bewusmaking onder studente meegebring
Vusi Pikoli het die SBB idees onder ander studente versprei
Dit het veroorsaak dat studente die apartheidstelsel teenstaan
Dit het veroorsaak dat die studente die Bantoe-onderwysstelsel
verwerp
Enige ander relevante antwoord (Enige 1 x 2) (2)
1.2.5 [Evalueer die bruikbaarheid van die bewyse in Bron 1B –V3]
Die bron is BRUIKBAAR omdat:
Die apartheidstaat het die SBB as ʼn bedreiging beskou
Die apartheidstaat het die leiers van die SBB gearresteer
Die apartheidstaat het diegene wat deur die SBB beïnvloed was
ondervra
Die apartheidstaat het hoofde gedemoveer wat die SBB idees
ondersteun het
Enige ander relevante antwoord (Enige 2 x 2) (4)
1.3.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 1C – V1]
Wou nie Afrikaans as ʼn medium van instruksie in sekondêre
skole hê nie
Enige ander relevante antwoord (1 x 2) (2)
1.3.2 [Onttrekking van bewyse uit Bron 1C – V1]
176 mense het hul lewens verloor (1 x 1) (1)
1.3.3 [Interpretasie van bewyse uit Bron 1C – V2]
As swart leerders gedwing word om Afrikaans as ʼn vak te doen
dan moet Vorster Zoeloe as ʼn vak doen
As Swart leerders ook ander vakke in Afrikaans onderrig word dan
moet Vorster ook sekere vakke in Zoeloe aangebied word
Wat van toepassing is op swart studente moet ook op Vorster van
toepassing wees.
Enige ander relevante antwoord (2 x 2) (4)
1.4.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 1D – V1]
Afrikaans (1 x 1) (1)
1.4.2 [Interpretasie van bewyse uit Bron 1D – V2]
Die leerders was gekant teen die instelling van Afrikaans
Die leerders het Afrikaans as die taal van die onderdrukker beskou
Die leerders het verstaan dat dit tot hoë druipsyfer sou lei
Die leerders het geweet dat dit hulle vir knegskap/slawerny sou
voorberei
Enige ander relevante antwoord (Enige 2 x 2) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2018) GESKIEDENIS V2 9
1.5 [Vergelyking van bewyse uit Bron 1C en 1D – V3]
In Bron 1C, hou 20 000 studente ʼn optog want hulle was gekant
teen die instelling van Afrikaans as ʼn medium van instruksie terwyl
Bron 1D ʼn gedeelte van die 20 000 studente wys wat plakkate dra
ter ondersteuning van die afskaffing van Afrikaans
Bron 1C toon dat die leerders ʼn goeie gees het en opgewonde was
terwyl Bron 1D die leerders se goeie gemoedstoestand en goeie
gedissiplineerdheid uitbeeld.
Beide bronne meld dat die leerders teen Afrikaans gekant was
Enige ander relevante antwoord (2 x 2) (4)
1.6 [Interpretasie, begrip en sintese van bewyse uit relevante bronne – V3]
Kandidate kan die volgende aspekte in hul respons insluit:
Stigter van die SBB (Bron 1A)
Hy word gekrediteer vir die loods van die Suid-Afrikaanse Studente
Beweging (SASO), wat gestig was as ʼn alternatief vir die
liberale Nasionale Unie van Suid-Afrikaanse Studente (NUSAS) (Bron 1A)
Biko het geen probleem met blankes per se – sy teiken was altyd blanke
meerderwaardigheid en die apartheidsregering (Bron 1A)
Biko word die beste onthou vir die bemagtiging van Swart stemme en die
installering van Swart trots (Bron 1A)
Leierskapkursusse was deur Steve Biko en die Swartbewussynbeweging
mense in Port Elizabeth gereël (Bron 1B)
Selfs skole, hoofde en studente het van die SBB gepraat (Bron 1B)
20 000 leerders het in die strate teen Afrikaans geprotesteer (Bron 1C)
Leerders was bereid om hul lewens op te offer vir die afskaffing van
Afrikaans (Bron 1C)
Dit het swart studente geïnspireer om hul doelwitte te verwesenlik (Bron
1D)
Swart Suid-Afrikaanse studente het eenheid en solidariteit vertoon tydens
hierdie betogings (Bron 1D)
Enige ander relevante antwoord. (8)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
10 GESKIEDENIS V2 (EC/SEPTEMBER 2018)
Gebruik die volgende rubriek om ʼn punt toe te ken:
Gebruik bewyse op ʼn elementêre wyse bv. wys
min of geen begrip van hoe Stephen Bantu
Biko en sy Swartbewussynsfilosofie swart
VLAK 1 Punte: 0–2
studente in die 1970’s beïnvloed het.
Gebruik bewyse gedeeltelik om verslag te lewer
oor die onderwerp of kan nie verslag lewer nie.
Bewyse is meestal relevant en verwys tot ʼn groot
mate na die onderwerp, bv. demonstreer ʼn
begrip van hoe Stephen Bantu Biko en sy
VLAK 2 Swartbewussynsfilosofie swart studente in Punte: 3–5
die 1970’s beïnvloed het.
Gebruik bewyse op ʼn basiese wyse om ʼn
paragraaf te skryf
Gebruik relevante bewyse, bv. demonstreer ʼn
deeglike begrip van hoe Stephen Bantu Biko
en sy Swartbewussynsfilosofie swart
VLAK 3 studente in die 1970’s beïnvloed het Punte: 6–8
Gebruik bewyse baie effektief in ʼn
georganiseerde paragraaf wat ʼn begrip van die
onderwerp toon. (8)
[50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2018) GESKIEDENIS V2 11
VRAAG 2: HOE HET DIE WAARHEID-EN-VERSOENINGSKOMMISIE
(WVK) DIE SLUIPMOORD VAN CHRIS HANI HANTEER?
2.1 2.1.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 2A – V1]
Leier van die SA Kommunistiese Party (1 x 1) (1)
2.1.2 [Definisie van konsep uit Bron 2A – V1]
Amptelike kwytskelding vir politieke gemotiveerde misdade
wat gedurende apartheidsera gepleeg was
Enige ander relevante antwoord (1 x 2) (2)
2.1.3 [Onttrekking van bewyse uit Bron 2A – V1]
Konserwatiewe Party (KP) (1 x 2) (2)
2.1.4 [Onttrekking van bewyse uit Bron 2A – V1]
Versuim om volle openbaarmaking te gee
Hulle versuim om politieke motivering te maak ten opsigte
van enige tersaaklike en wesenlike kwessies wat deur Wet
nr. 34 van 1995 uiteengesit word
Enige ander relevante antwoord (Enige 1 x 1) (1)
2.1.5 [Interpretasie van inligting uit Bron 2A – V2]
Die aansoekers het teen die KP-beleid gegaan deur van
geweld/sluipmoord van politieke opponente gebruik te maak
Hulle het op hulle eie opgetree
Hulle kon opgetree het namens die leiers wat buite die party
was
Enige ander relevante antwoord (Enige 2 x 2) (4)
2.2 2.2.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 2B – V1]
Dr. Hartzenburg (1 x 1) (1)
2.2.2. [Onttrekking van bewyse uit Bron 2B –V1]
Dit was nie-gewelddadig (1 x 2) (2)
2.2.3 [Onttrekking van bewyse uit Bron 2B – V1]
‘… dat die amptelike beleid van die KP teen geweld was ...’
‘Mnr. Voorsitter ek het nie gesê dat daar ʼn nie-amptelike
beleid binne die KP was nie, ek het gesê dat dit buitekant
was.’
‘Hy (Hartzenburg) het die waarheid gepraat en ek het dit
alreeds gesê.’ (Enige 2 x 1) (2)
2.2.4 [Interpretasie van bewyse uit Bron 2B – V2]
KP het gevrees dat die ANC/SAKP die land sou oorneem
Gevrees dat kommunisme die land in chaos sou dompel
Hani was Mandela se opvolger– KP het gevrees dat hy die
Afrikaner-nasie sou uitroei
Berei die Afrikaner-nasie voor om te veg vir hul vryheid teen
swart regering/kommunisme
Enige ander relevante antwoord (Enige 2 x 2) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
12 GESKIEDENIS V2 (EC/SEPTEMBER 2018)
2.3 2.3.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 2C – V1]
Wou vir Limpho om verskoning vra (1 x 2) (2)
2.3.2 [Onttrekking van bewyse uit Bron 2C – V1]
Om wittes tot rebellie aan te dryf
Om die verhoudinge wat gedurende die multi-party politieke
onderhandelinge geskep was te destabiliseer
Enige ander relevante antwoord (2 x 1) (2)
2.3.3 [Interpretasie van bewyse uit Bron 2C – V2]
KP het gevoel dat die NP die land verraai het deur die SAKP
en die ANC te verban
Hulle het nie saamgestem met die proses van
onderhandelinge nie
Hulle wou die oordrag van mag na die ANC/SAKP
meerderheidsregering verhoed
Om blanke minderheidsregering te handhaaf
Enige ander relevante antwoord (2 x 2) (4)
2.3.4 [Evalueer die bruikbaarheid van die bewyse in Bron 2B – V3]
Bruikbaar
WVK het bewys dat dit ʼn beplande sluipmoord was om chaos
te veroorsaak
Dit wys dat die WVK geweier het om hulle amnestie toe te
staan
WVK het ook geweet dat hierdie moordenaars ʼn situasie wou
skep waar hulle die beheer van die land sou oorneem
Toon aan dat die WVK wou hê hulle moes berou toon vir die
misdaad wat gepleeg was
Wou hê dat hulle ʼn volledige bekendmaking moes maak
eerder as om vir Limpho verskoning te vra.
Enige ander relevante antwoord (Enige 2 x 2) (4)
2.4 2.4.1 [Interpretasie van bewyse uit Bron 2D – V2]
Om te wys dat die mense teen die toestaan van parool aan
Janusz gekant was
Dit was ʼn herinnering aan die minister van Justisie van wat
Janusz gedoen het
Om te wys dat Januz nie berouvol was vir sy dade nie
Enige ander relevante antwoord (Enige 2 x 2) (4)
2.4.2 [Interpretasie van bewyse vanuit Bron 2D – V2]
SAKP ondersteuners sal verseker dat Janusz nie parool kry
nie
Hy het nie genoeg berou aan die familie getoon vir wat hy
gedoen het nie
Janusz het steeds geglo dat wat hy gedoen het, reg was en
daarom was hy onboetvaardig
Enige ander relevante antwoord (Enige 2 x 2) (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2018) GESKIEDENIS V2 13
2.5 [Vergelyking van bewyse uit Bron 1C en 1D – V3]
Bron 3C wys dat Derby-Lewis ʼn beleid van geweld gevolg het terwyl
Bron 3D wys dat hy onboetvaardig was terwyl hy geglo het dat hy reg
was
Bron 3C beklemtoon dat hy nie die KP se beleid hoef te gevolg het nie,
terwyl Bron 3D sy roekelose houding teenoor onboetvaardigheid
(berou) uitwys
Enige ander antwoord (Enige 2 x 2) (4)
2.6 [Interpretasie, begrip en sintese van bewyse uit bronne – V3]
Kandidate kan die volgende insluit:
Die WVK het gevoel dat al twee versuim het om ʼn volle bekendmaking
te maak (Bron 2A)
WVK het gevoel dat hulle nie na hul leiers geluister het nie en die
sluipmoord gepleeg het (Bron 2A)
Selfs tot en met 2017, het mense wat Hani ondersteun het gevoel dat
beide nie parool moes kry nie (Bron 2A)
George Bizos het hul redes vir die gebruik van geweld bevraagteken
(Bron 2B)
Hy het ook gevoel dat die antwoorde van Derby-Lewis teenstrydig was
met die beleid van die KP (Bron 2B)
Clive Derby-Lewis het gesê dat geweld voor Hani se moord begin het
(Bron 2B)
Die sluipmoord op Hani het die verloop van die geskiedenis in Suid-
Afrika asook die wêreld verander (Bron 2C)
Die WVK het gevoel dat Derby-Lewis jare na die moord om verskoning
vir Limpho wou vra slegs ter wille van begenadiging (Bron 2C)
Volgens die WVK wou beide die land destabiliseer (Bron 2C)
WVK het bevind dat Hani ondersteuners chaos sou veroorsaak wat
daartoe sou lei dat die regse partye sou verenig (Bron 2C)
WVK het gevoel dat hulle onboetvaardig was (Bron 2D)
Hulle het nie berou getoon vir hul aksies nie
Enige ander relevante antwoord. (8)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
14 GESKIEDENIS V2 (EC/SEPTEMBER 2018)
Gebruik die volgende rubriek om die paragraaf te assesseer.
Gebruik bewyse op ʼn elementêre wyse bv. wys
min of geen begrip van die WVK se hantering
VLAK 1 van die sluipmoord op Chris Hani. Punte: 0–2
Gebruik bewyse gedeeltelik om verslag te lewer
oor onderwerp kan of nie verslag lewer nie.
Bewyse is meestal relevant en verwys tot ʼn groot
mate na die onderwerp, bv. demonstreer ʼn
begrip van die Waarheids-en-
VLAK 2 Versoeningskommissie se hantering van die Punte: 3–5
sluipmoord op Chris Hani.
Gebruik bewyse op ʼn basiese wyse om ʼn
paragraaf te skryf.
Gebruik relevante bewyse, bv. demonstreer ʼn
deeglike begrip deur die rol van die
Waarheids-en-Versoeningskommissie se
hantering van die sluipmoord op Chris Hani
VLAK 3 Punte: 6–8
te verduidelik.
Gebruik bewyse baie effektief in ʼn
georganiseerde paragraaf wat ʼn begrip van die
onderwerp toon. (8)
[50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2018) GESKIEDENIS V2 15
VRAAG 3: WAT WAS DIE GEVOLGE VAN GLOBALISASIE OP SUID-
AFRIKA?
3.1 3.1.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 3A – V1]
Om uitvoergedrewe groei te produseer (1 x 1) (1)
3.1.2 [Onttrekking van bewyse uit Bron 3A –V1]
Wisselkoerse
Privatisering
Fiskale dissipline
Samewerking met die private sektor om uitvoergedrewe groei te
produseer (Enige 2 x 1) (2)
3.1.3 [Onttrekking van bewyse uit Bron 3A – V1]
SAKP
COSATU (2 x 1) (2)
3.1.4 [Onttrekking van bewyse uit Bron 3A – V1]
Hul sosialistiese besorgdhede was heeltemal opsy gesit
Die beleidsverandering sonder konsultasie op hulle opgelê was
(Enige 1 x 1) (1)
3.1.5 [Interpretasie van inligting uit Bron 3A – V2]
Beleidsverandering was op hulle afgedwing
Alliansie-vennote was nie geraadpleeg nie
Alliansie-vennote het nie geglo dat kapitalisme die pad vorentoe
was nie
ANC moes die lewenstandaard van swartmense met sosialistiese
ingrypings verbeter
Daar was geen besprekings oor die onderwerp nie
Enige ander relevante antwoord (Enige 2 x 2) (4)
3.2 3.2.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 3B – V1]
Soos hulle toenemend gekonfronteer word met ʼn kleiner
beskermde ekonomie
Onrus van die wêreldmarkte (2 x 1) (2)
3.2.2 [Interpretasie van bewyse uit Bron 3B – V2]
Mynbou is ʼn belangrike uitvoerproduk en genereer inkomste
Mynbou lei ook tot die uitbreiding van ander besighede en skep
werksgeleenthede
Dit is nie nodig om rou mynboumateriaal in te voer nie
Enige ander relevante antwoord (Enige 2 x 2) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
16 GESKIEDENIS V2 (EC/SEPTEMBER 2018)
3.2.3 [Onttrekking van bewyse uit Bron 3B – V1]
Steenkool
Yster
Sink (Enige 2 x 1) (2)
3.2.4 [Interpretasie van bewyse uit Bron 3B – V2]
Afrika-markte is oop vir buitelandse beleggers
Suid-Afrikaanse mynbou-maatskappye brei suksesvol uit na
Afrika-lande
Buitelandse beleggers lei ook tot aanvraag na Suid-Afrikaanse
produkte
Enige ander relevante antwoord (2 x 2) (4)
3.3. 3.3.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 3C – V1]
Arm ontwikkelende nasies (1 x 1) (1)
3.3.2 [Interpretasie van bewyse uit Bron 3C – V2]
Globalisasie gesien as ʼn onstuitbare mag
Globalisasie sal arm lande verdrink en verwoes
Globalisasie sal die rykes bevoordeel
Enige ander relevante antwoord (Enige 2 x 2) (4)
3.4 [Vergelyking van Bron 3B en 3C om die bruikbaarheid, betroubaarheid en
vooroordeel te bepaal –V3]
Bron 3B toon die positiewe aspekte van globalisasie terwyl Bron 3C
die negatiewe aspekte toon
Bron 3B wys dat Afrika-lande deel was van die globale mark terwyl
Bron 3C wys dat slegs die ryk lande voordeel uit globalisasie trek
Enige ander relevante antwoord (Enige 2 x 2) (4)
3.5 3.5.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 3D –V1]
Het tot internasionale sanksies gelei
En beskermingsbeleide wat die vervaardigingsegment negatief
beïnvloed het (Enige 1 x 1) (1)
3.5.2 [Interpretasie van bewyse uit Bron 3D – V2]
Ontmoedig klein- en medium ondernemings om tot stand te
kom
Het nie belê in die ontwikkeling van menslike kapitaal nie
Hoë invoertariewe
Internasionale sanksies
Gebrek aan aansporings vir produksieverbetering
Enige ander relevante antwoord (Enige 2 x 2) (4)
3.5.3 [Onttrekking van bewyse uit Bron 3D – V1]
Gebruik verouderde (uit die mode) tegnologie en prosesse
(1 x 2) (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2018) GESKIEDENIS V2 17
3.5.4 [Evalueer die bruikbaarheid van die bewyse in Bron 1B – V3]
Die isolasie van SA se nywerhede was beëindig
Suid-Afrika het deel van die globale mark geword
Ondervind ʼn gemiddelde 6,7% verhoging in vervaardigde
uitvoere
Verbruikers het toegang tot ʼn groot verskeidenheid goedere en
dienste
Enige ander relevante antwoord (Enige 2 x 2) (4)
3.6 [Interpretasie, begrip en sintese van bewyse uit bronne – V3]
Kandidate kan sommige van die volgende insluit:
GEAR was ʼn onverbloemde vryemark-program (Bron 3A)
COSATU en die SAKP voel dat hul sosialistiese besorgdhede
geïgnoreer was (Bron 3A)
GEAR het SA aan globalisasie voorgestel/blootgestel (Bron 3A)
Alec Erwin het die behoefte om strategies te dink beklemtoon (Bron 3B)
Die behoefte om mynbouprodukte uit te voer om inkomste te genereer
(Bron 3B)
Dit lei ook tot die uitbreiding van ander besighede en skep
werksgeleenthede (Bron 3B)
Dit is nie nodig om rou mynboumateriaal in te voer nie (Bron 3B)
Die mark vir Suid-Afrikaanse produkte is regtig internasionaal. (Bron 3B)
Slegs die ontwikkelde (ryk) nasies trek voordeel uit globalisasie (Bron
3C)
Deur industrialisering kan handel beide plaaslik en internasionaal
ontwikkel word (Bron 3D)
Suid-Afrika se ekonomie voor die apartheidsera (Bron 3D)
Suid-Afrika se ekonomie na die apartheidsera (Bron 3D)
Suid-Afrika se regmatige plek in die wêreldmarkte (Bron 3D)
Enige ander relevante antwoord. (8)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
18 GESKIEDENIS V2 (EC/SEPTEMBER 2018)
Gebruik die volgende rubriek om die paragraaf te assesseer.
VLAK 1 Gebruik bewyse op ʼn elementêre wyse bv. wys
min of geen begrip van die gevolge van
globalisasie op die Suid-Afrikaanse ekonomie.
Punte: 0–2
Gebruik bewyse gedeeltelik verslag te lewer oor
onderwerp of kan nie verslag oor onderwerp lewer
nie.
VLAK 2 Bewyse is meestal relevant en verwys tot ʼn groot
mate na die onderwerp, bv. demonstreer ʼn
begrip van die gevolge van globalisasie op die
Punte: 3–5
Suid-Afrikaanse ekonomie.
Gebruik bewyse op ʼn basiese wyse om ʼn
paragraaf te skryf.
VLAK 3 Gebruik relevante bewyse, bv. demonstreer ʼn
deeglike begrip van die gevolge van
globalisasie op die Suid-Afrikaanse ekonomie. Punte: 6–8
Gebruik bewyse baie effektief in ʼn georganiseerde
paragraaf wat ʼn begrip van die onderwerp toon. (8)
[50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2018) GESKIEDENIS V2 19
AFDELING B: OPSTELVRAE
VRAAG 4: BURGERLIKE VERSET, 1970’s TOT 1980’s: SUID-AFRIKA – DIE
KRISIS VAN APARTHEID IN DIE 1980’s
[Beplan en konstrueer ʼn oorspronklike argument wat gebaseer is op relevante
bewyse deur van analitiese en interpretasie vaardighede gebruik te maak.]
SINOPSIS
Kandidate moet die aktiwiteite van die internasionale gemeenskap krities bespreek
en wys hoe dit die ineenstorting van die apartheidsregime in die laat 1980’s teweeg
gebring het.
HOOFASPEKTE
Kandidate moet die volgende aspekte in hul opstelle insluit:
Inleiding: Kandidate moet die aktiwiteite van die internasionale gemeenskap
krities bespreek en wys hoe dit die ineenstorting van die apartheidsregime in
die laat 1980’s teweeggebring het.
UITBREIDING
Stigting en rol van die Anti-Apartheidsbeweging (AAM) en die Ierse Anti-
Apartheidsbeweging (IAAM)
Die rol van die Internasionale Weermag-Hulpfonds (IDAF) maak fondse
beskikbaar vir families van aktiviste
Bekendstelling van die Driekamer-stelsel deur P.W. Botha
Botha se Rubicon-toespraak in 1985 het die internasionale gemeenskap
gedwing om met verskillende vorms van boikotte te begin(Verbanning van sport
en kulturele deelname met Suid-Afrika (Gleneagles-ooreenkoms), Britse
Statebond het ook sanksies en disinvestering ingestel) (Multinasionale
maatskappye het besluit om hul besighede te onttrek)
Sportboikotte – SANROC en HART, SACOS
Kulturele boikotte – in 1985 het Amerikaanse kunstenaars geprotesteer teen
apartheid en het geweier om in Suid-Afrika op te tree en het geld vir die
vryheidsbewegings ingesamel/In 1986 die Vryheidsfees in Londen/Musikante
het hulle solidariteit met vryheid liefhebbende Suid-Afrikaners getoon
Akademiese boikotte – Internasionale skoliere het geweier om na Suid-Afrika
te reis/Internasionale uitgewers het geweier om Suid-Afrikaanse manuskripte te
publiseer en toegang tot informasie weerhou/internasionale konferensies het
Suid-Afrikaanse skoliere verban/Buitelandse instellings het Suid-Afrikaanse
akademici toegang geweier en Suid-Afrikaanse grade is nie erken nie
Verbruikersboikotte – OPEC plaas ʼn embargo op olieverkope aan Suid-
Afrika/Invoere van landbouprodukte van Suid-Afrika soos steenkool, yster en
staal was verban.
Disinvestering-In die 1980’s het buitelandse beleggings met 30% gedaal/teen
1980 het Brittanje reeds gedisinvesteer uit Simonstad se skeepswerf/General
Motors en Barclays Bank het reeds onttrek uit Suid-Afrika/In die 1980’s het SA
se ekonomie gesukkel as gevolg van beleggers wat die land verlaat het/Die
nagevolge van AAM-protes het ʼn negatiewe effek op Suid-Afrika se regering
gehad/Meer as 200 VSA-maatskappye het uit Suid-Afrika onttrek/Die
Universiteit van Kalifornië het ʼn belegging van drie miljard dollars uit Suid-Afrika
onttrek.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
20 GESKIEDENIS V2 (EC/SEPTEMBER 2018)
Sanksies – In 1985 breek die VSA bank, Chase Manhattan Bank, bande met
Suid-Afrika/JSE maak vir vier dae toe/Die waarde van die rand daal met 35%
(van 54 sent na 34 sent per dollar). In1986 die VSA Kongres ʼn wet deurgevoer
wat alle nuwe beleggings en leunings in Suid-Afrika verban/Groot maatskappye
soos General Electric, Pepsi Cola, General Motors, Mobi en IBM het aktiwiteite
in Suid-Afrika gestop/Die VS dreig om wapenverkope aan lande wat Suid-Afrika
van wapens voorsien te stop/Internasionale banke verloor vertroue in Suid-
Afrika se ekonomie/In 1992 het Europese lande apartheid afgekeur en op totale
sanksies teen Suid-Afrika aangedring/In 1985 het die ECC nuwe beleggings in
Suid-Afrika verban/In 1988 het een vyfde van Brittanje se maatskappye hul
besighede vanuit Suid-Afrika onttrek weens die druk van die Britse publiek/Die
Suid-Afrikaanse ekonomie het aanhou stagneer en het ʼn groei van slegs1,1%
getoon.
Vrylating van Mandela veldtog – Wembley Stadium/Verenigde Nasies/VN
Veiligheidsraad en VN Algemene vergadering doen ʼn beroep op die vrylating
van Nelson Mandela
Rol van internasionale vakbonde – Die AAM in Europa en Australië/Liverpool
dokwerkers/Finland se Vervoerwerkers-unie dring aan op ʼn embargo met
handel met Suid-Afrika/wat tot gevolg gehad het dat Suid-Afrika groot
ekonomiese moeilikheid ervaar en hulle was gedwing om onderhandelinge met
vryheidsorganisasies in Suid-Afrika te begin.
Die rol van Frontliniestate
Enige ander relevante antwoord.
Slot: Kandidate moet hul argument saamvat met ʼn relevante gevolgtrekking
Gebruik die matriks op bladsy 6 om die opstel te assesseer. [50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2018) GESKIEDENIS V2 21
VRAAG 5: DIE KOMS VAN DEMOKRASIE NA SUID-AFRIKA EN DIE
AANVAARDING VAN DIE VERLEDE: ONDERHANDELDE SKIKKING
EN DIE RNE
[Beplan en konstrueer ʼn oorspronklike argument wat gebaseer is op relevante
bewyse deur van analitiese en interpretasie vaardighede gebruik te maak.]
SINOPSES
Kandidate moet verduidelik tot watter mate die onderhandelings proses amper
ontspoor was deur geweld en verskille onder die verskeie partye.
HOOFASPEKTE
Kandidate moet die volgende aspekte in hul opstel insluit:
Inleiding: Kandidate moet aandui tot watter mate hierdie stelling ʼn akkurate
assessering is dat die onderhandelingsproses amper ontspoor was deur geweld
en verskille oor hoe die toekoms van Suid-Afrika regeer word.
UITBREIDING
De Klerk kom aan bewind in 1989 – kort agtergrond (De Klerk se toespraak)
Die ontbanning van politieke en burgerlike organisasies soos die ANC en SAKP
De Klerk se besluit om Mandela uit die tronk vry te laat op 11 Februarie 1990, wat
die weg vir onderhandelinge gebaan het
Geweld wat uitgebreek het in Sebokeng – April 1990 Groote Schuur-minuut – 2
Mei 1990 – besluite geneem
Pretoria-minuut – Augustus 1990 (ANC het ingestem om die gewapende stryd op
te skort)
Derdemag geweld in Natal tussen Inkatha, die ANC en die apartheidsregering
KODESA 1 (19 politieke partye min AZAPO, KP en PAC/300 afgevaardigdes)
Geweld uitbarstings in sommige dele van die land – Transvaal en Natal
Slegs Blanke referendum en die impak daarvan (Maart 1992)
KODESA 2 (2 Mei 1992) het ineengestort. Partye het nie ooreengekom oor ʼn nuwe
grondwetlike liggaam en tussentydse regering nie
NP wou minderheidsveto hê, terwyl ANC ʼn tussentydse regering vir nie langer as
18 maande en ʼn eenvoudige meerderheidsregering hê
Boipatong-bloedbad en die gevolge daarvan (17 Junie 1992)
Bisho-bloedbad het byna die proses van onderhandelinge (7 September 1992)
ontspoor.
Rekord van Verstandhouding onderteken op 26 September 1992 tussen Roelf
Meyer (NP) en Cyril Ramaphosa (ANC)
Sluipmoord op Chris Hani (10 April 1993) en die impak daarvan op Suid-Afrika
AWB-aanval op die Wêreldhandelsentrum en die gevolge daarvan
Multiparty-onderhandelingsforum
Sonsondergsang-klousule wat deur Joe Slovo ingestel is, het die het die dooiepunt
gebreek
Shell House bloedbad en die gevolge daarvan – Maart 1994
Verkiesingsdatum – 27 April 1994 aangekondig
ANC het die verkiesings gewen en Mandela word die eerste swart Suid-Afrikaanse
president
Enige ander relevante antwoord.
Slot: Kandidate moet hul argument saamvat met ʼn relevante gevolgtrekking.
Gebruik die matriks op bladsy 6 om die opstel te assesseer. [50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
22 GESKIEDENIS V2 (EC/SEPTEMBER 2018)
VRAAG 6: DIE EINDE VAN DIE KOUE OORLOG EN ’N NUWE WÊRELDORDE:
1989 TO DIE HEDE
[Beplan en konstrueer ʼn oorspronklike argument wat gebaseer is op relevante
bewyse deur van analitiese en interpretasie vaardighede gebruik te maak.]
SINOPSIS
Kandidate moet bespreek hoe Gorbachev se hervorming en die val van kommunisme
in die USSR ʼn weg gebaan het vir onderhandelinge tussen die ANC en die
apartheidsregering na 1989.
HOOFASPEKTE
Kandidate moet die volgende aspekte in hul antwoord insluit:
Kandidate moet ʼn standpunt inneem en wys hoe disintegrasie van die Sowjetunie
ʼn weg vir verandering in Suid-Afrika gebaan het en relevante bewyse verskaf.
UITBREIDING
Ekonomiese toestande in Rusland in die laat 1980’s
Gorbatsjof se beleid van glasnost en perestroika
Gorbatsjof beëindig die kernwapenwedloop met die VSA
Gorbatsjof beëindig die oorlog in Afghanistan
Die USSR beëindig oorheersing oor Oos-Europa
Die val van die Berlynse Muur en die einde van kommunisme
Veranderinge in die wêreld het tot die einde van apartheid bygedra
Die ineenstorting van die USSR beroof die ANC van sy hoofbron van
ondersteuning
Die ANC kon nie staat maak op die USSR om haar ekonomies of met wapens te
ondersteun nie
Gorbatsjof was ook ten gunste van ʼn vreedsame oorgang van mag in Suid-Afrika
Die Nasionale Party se bewering dat dit as ʼn ‘skans’ optree teen kommunistiese
uitbreiding in Suider-Afrika, het onrealisties geword
Die Nasionale Party se bewering dat dit Suid-Afrika beskerm teen ʼn
kommunistiese oorname, was naïef
Westerse wêreldmagte ondersteun die idee dat Suid-Afrika sy probleme
vreedsaam en demokraties op kan los
Dit het duidelik geword dat die Nasionale Party nie meer wit minderheidsregering
in Suid-Afrika kan handhaaf nie
Invloedryke lede van die Nasionale Party het begin besef dat apartheid nie die
antwoord was op die behoeftes van wit kapitalistiese ontwikkeling nie
Die Slag van Cuito Cuanavale en die onafhanklikheid van Namibië
Daar was geen twyfel dat die volgehoue onderdrukking van swart Suid-Afrikaners
nie politieke stabiliteit sal verseker nie
P.W. Botha het ʼn beroerte gehad en is deur F.W. de Klerk opgevolg
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2018) GESKIEDENIS V2 23
FW de Klerk het begin aanvaar dat die swart Suid-Afrikaners se stryd teen
apartheid nie ʼn sameswering was vanaf Moskou nie
Dit het De Klerk in staat gestel om met die bevrydingsorganisasies te
onderhandel
Op 2 Februarie 1990 het De Klerk ʼn nuwe en grondwetlike bedeling aangekondig
Dit het die einde van die apartheidsregering aangedui
Enige ander relevante antwoord
Slot: Kandidate moet hul argument saamvat met ʼn relevante gevolgtrekking.
Gebruik die matriks op bladsy 6 om die opstel te assesseer. [50]
TOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Study this subject
Recommended for this subject

Addendum
History Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2018 Addendum (Eng)

Question paper
History Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2018 QP (Afr)
%20Preparatory%202017%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--b56c37a4-9f9d-40b7-85e7-9f238ccd5f5c/v1-b616c542a8e748051a3c/card.webp)
Memorandum
History Grade 12 Paper 2 Gauteng Mock 2017 Memo (Afrikaans)
_hlayiso.com_--9b4b0c56-0d1c-480b-8ab5-b260d75b5222/v1-68278b92259dd5d25a89/card.webp)
Memorandum
History Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2015 Memo (Afrikaans)

Question paper
History Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2017 QP (Afr)

Addendum
History Grade 12 P2 Eastern Cape Prelim 2024 Addendum (Afr)
More from Grade 12 History

Study guide
Workguide Case Study Strategies

Addendum
History Grade 12 P1 Eastern Cape Prelim 2024 Addendum (Afr)

Question paper
History Grade 12 P2 Eastern Cape Prelim 2024 QP (Afr)

Addendum
History Grade 12 P2 2024 Addendum (Afr)

Addendum
History Grade 12 P1 November 2024 NSC Addendum (English)
%20June%202024%20Question%20Paper_hlayiso.com_--b8285d4c-81f2-4d18-a8e1-31feb9e949b5/v1-08263ca49c7d250a5368/card.webp)
Question paper