Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
SEPTEMBER 2018
GESKIEDENIS V2
ADDENDUM
Hierdie addendum bestaan uit 14 bladsye.
Skip to contentAll 2018 papers 


%20X10%202019%20Preparatory%20Examination%20Addendum_hlayiso.com_--4c8825cb-7328-4a35-b4a2-21579182a6ed/v1-eaba88523cccc85340dd/card.webp)


View all




%20June%202024%20Question%20Paper_hlayiso.com_--b8285d4c-81f2-4d18-a8e1-31feb9e949b5/v1-08263ca49c7d250a5368/card.webp)
History Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2018 Addendum (Afr)
Grade 12 History Paper 2 addendum from the Eastern Cape Mock Exam 2018 (Afrikaans), 14 pages. Read online or get the free PDF download.
History · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2018 · Afrikaans. Addendum, 14 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- History
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Addendum
- Year
- 2018
- Exam period
- Eastern Cape Mock Exam
- Paper
- 2
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 14
- File size
- 424.9 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 14
This exam
Eastern Cape Mock Exam 2018
- Paper 1Question paper · EngQuestion paper · AfrQuestion paper · Afr (2)Addendum · EngAddendum · Eng (2)Addendum · AfrAddendum · Afr (2)Memo · EngMemo · Afr
- Paper 2Question paper · EngQuestion paper · AfrQuestion paper · Afr (2)Addendum · EngAddendum · Eng (2)Addendum · AfrAddendum · Afr (2)Memo · EngMemo · Afr
Questions in this paper
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
2 GESKIEDENIS V2 (ADDENDUM) (EC/SEPTEMBER 2018)
VRAAG 1: HOE HET STEPHEN BANTU BIKO EN SY SWARTBEWUSSYNFILOSOFIE
SWART STUDENTE IN DIE 1970'S BEÏNVLOED?
BRON 1A
Hierdie bron verduidelik Biko se invloed op Suid-Afrika tussen die 1960’s en 1970’s.
Stephen (Steve) Bantu Biko was ʼn gewilde stem van Swart bevryding in Suid-Afrika
tussen die middel-1960’s en sy dood in polisie-aanhouding in 1977. Dit was die tydperk
waarin beide die ANC en die PAC amptelik verban was en die stemlose Swart bevolking
(veral die jeug) baie ontvanklik was vir die vooruitsig van ʼn nuwe organisasie wat hul
griewe teen die apartheidstaat kon dra. Biko en sy eweknieë het gereageer op
ontwikkelings wat in die hoë fase van apartheid ontstaan het toe die Nasionale Party,
wat vir bykans twee dekades aan bewind was, besig was om die land te herstruktureer
om aan sy beleid van afsonderlike ontwikkeling te voldoen. Die NP het kleinskaalse
integrasie en nabyheid wat tussen Wit-, Swart-, Kleurling- en Indiërs bestaan het
verbreek deur nuwe woongebiede, nuwe parallelle instellings soos skole, universiteite
en administratiewe liggame te skep.
Afgesien van die Swartbewussynbeweging (SBB), word hy ook gekrediteer vir die
bekendstelling van die Suid-Afrikaanse Studente Organisasie (SASO), wat as ʼn Swart
alternatief vir die liberale Nasionale Unie van Suid-Afrikaanse Studente (NUSAS) geskep
is. Dit is nodig om alle onsekerheid oor hierdie skuif te verstaan, aangesien Biko dikwels
verkeerd as ‘anti-wit’ beskou was. Hierdie kategorisering is demonstreerbaar onwaar,
aangesien Biko geen probleem gehad het met witmense per se nie – sy teiken was altyd,
uiteindelik wit oppergesag en die apartheidsregering. Biko word die beste onthou vir sy
bemagtiging van swart stemme, die installering van ʼn gevoel van swart trots en die
voortsetting van die bevrydingstryd en die verkryging van paraatheid (gereed kry vir
aksie) onder die jeugbeweging.
[Vanuit: www.sahistory.org.za/people/stephen-bantu-biko. Toegang op 7 Januarie 2018 verkry.]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2018) GESKIEDENIS V2 (ADDENDUM) 3
BRON 1B
Hierdie uittreksel beskryf Vusi Pikoli se eerste ontmoeting met Steve Biko in 1973.
In 1973, was ek deel van die SCB (Studente Christelike Beweging) by die skool. Ons het
ʼn uitnodiging vir ʼn leierskapkursus gehad wat deur Steve Biko en die Swart-
bewussynsbeweging (BCM) in Port Elizabeth bestuur was. So ons het gegaan. Ons was
Vrydag deur ʼn kombi by ons skool opgetel – ek dink dit was ʼn langnaweek – die plek
was Waverly Hills genoem, ʼn plaasgebied tussen Port Elizabeth en Uitenhage. Dus waar
ek Steve Biko vir die eerste keer ontmoet het.
Hy het lesings aangebied, maar in die middel daarvan het die spesiale taakmag (NP-
regering se spesiale veiligheidspolisie) gekom. Hulle het die plek geblokkeer en hulle het
dit begin deursoek. Toe was Steve Biko weggeneem. Barney Pityana was weggeneem,
maar ons het gebly. Die ander ouens het met die lesings voortgegaan.
Op die Maandag toe ons terug skool toe gegaan het was die spesiale taakmag daar om
ons almal wat die lesings bygewoon het, op te tel. Ons was nou ondervra. Wat was dit
wat daar was? Ek kan jou vertel, die ouens by Waverly het bo ons verstand gepraat; ons
het niks verstaan wat hulle ons vertel het nie. Maar ons het geweet dat ons notas geneem
het, dit weggesteek het, en hulle het ons vertel dat ons versigtig moes wees.
Selfs by ons eie skool, was ons skoolhoof eintlik gedemoveer (laer posisie gegee). Dit is
hoe ek betrokke geraak het by die Swartbewussynsbeweging en politiek. Nou het hulle
begin om vir ons take te gee, soos om met ander studente te praat. Ek het begin praat
met Vusi (die ander Vusi) en my vriende. Ek het begin verduidelik oor die SBB. Ek was
toe meer Swartbewussynbeweging georiënteerd. Maar ek dink die ding wat alles vlam
laat vat het, was die ’76 opstand.
[Vanuit My Second Initiation: The Memoirs of Vusi Pikoli deur Pikoli and Wiener]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
4 GESKIEDENIS V2 (ADDENDUM) (EC/SEPTEMBER 2018)
BRON 1C
Hierdie bron beskryf die redes vir die studente van Soweto se optog in Junie 1976.
Op die oggend van Woensdag 16 Junie 1976, het twintig duisend Soweto skoolkinders
ʼn optog gehou in protes teen ʼn bevel (beslissing) van die Suid-Afrikaanse regering se
Departement van Bantoe-Onderwys dat Afrikaans as een van die onderrigtaal in
sekondêre skole gebruik moes word.
Leerders het van alle dele van Soweto op hierdie beplande optog byeengekom teen die
gebruik van Afrikaans as ʼn medium van instruksie in Swart skole.
Dit is nie heeltemal duidelik wat gebeur het met die aanvanklik vreedsame optog of wat
die geweld ontketen het wat ten minste 176 lewens in minder as ʼn week sou eis nie.
Koerantfoto’s en verskeie ooggetuie-berigte dui daarop dat die marsjerende studente
goeie humeur, vol moed en opgewonde was. Sommige het plakkate met slagspreuke
soos, ‘Weg met Afrikaans!’, ‘Ons is nie Boere nie!’, ‘Viva Azania!’ en ‘As ons Afrikaans
moet doen, dan moet Vorster Zoeloe doen!’ gedra.
[Vanuit Soweto – Black Revolt White Reaction deur Kane-Berman]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2018) GESKIEDENIS V2 (ADDENDUM) 5
BRON 1D
Hierdie foto beeld studente uit wat ʼn optog begin na die Orlando-stadion in
Soweto op 16 Junie 1976.
[Deur Noordhoekvillage.com. Toegang op 7 Januarie 2018 verkry.]
AFRIKAANS MOET AFGESKAF WORD
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
6 GESKIEDENIS V2 (ADDENDUM) (EC/SEPTEMBER 2018)
VRAAG 2: HOE HET DIE WAARHEID-EN-VERSOENINGSKOMMISSIE (WVK) DIE
SLUIPMOORD VAN CHRIS HANI HANTEER?
BRON 2A
Die onderstaande uittreksel fokus op redes waarom die sluipmoordenaars Janusz
Walus en Clive Derby-Lewis amnestie deur die Waarheids-en Versoeningskommissie
geweier was.
Woensdag, 7 April 1999
Die Amnestiekomitee van die Waarheids-en-Versoeningskommissie (WVK) het
amnestie geweier vir Janusz Walus en Clive Derby-Lewis, die sluipmoordenaars van
Chris Hani, leier van die Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party (SAKP). Walus, ʼn Poolse
immigrant, het op 10 April 1993 Hani in die oprit van sy huis in Dawn Park, Boksburg,
geskiet en vermoor. Hy het ʼn geweer gebruik wat deur Derby-Lewis verskaf was.
Die Komitee het bevind dat beide aansoekers versuim het om ʼn volledige
openbaarmaking en politieke motivering te gee ten opsigte van enige relevante en
wesenlike kwessies soos uiteengesit in die Wet op die Bevordering van Nasionale
Eenheid en Versoening, nr. 34 van 1995. Die komitee het besluit: ‘Dit is algemeen
duidelik dat die aansoekers nie op hul uitdruklike gesag of bevele van die Konserwatiewe
Party (KP) opgetree het soos wat hulle voorgee vir die moord op mnr. Hani nie. Die KP
het nog nooit ʼn beleid van geweld of moord op politieke teenstanders aangeneem of
gepropageer nie.’
Tans dien hulle albei lewenslange vonnisse vir die moord. Onlangs het Janusz Walus
aansoek gedoen vir parool by die Gevangenisdienste. Sy aansoek is egter geweier. Daar
was talle optogte en protes teen sy aansoek.
[Vanuit www.sahistory.org.za/dated-event/trc-refuses-amnesty-hanis-killers. Toegang op 7 Januarie
verkry.]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2018) GESKIEDENIS V2 (ADDENDUM) 7
BRON 2B
Hierdie bron is ʼn uittreksel van Clice Derby-Lewis se amnestie-aansoek verhoor.
BIZOS: Voordat jy besluit het om jouself skuldig te maak aan moord, het jy
na jou leier gegaan en spesifiek gesê, leier wat is ons party se
beleid ten opsigte van die doodmaak van mense, of skade aan
eiendom of die gebruik van geweld?
DERBY-LEWIS: Mnr. Voorsitter, ek het voorheen getuig dat ek alreeds die morele
grondslag van die doodmaak in die voortdurende stryd teen die
Antichris bespreek het en ek het getuig van wat my leier gesê het.
BIZOS: Het Dr. Hartzenberg jou persoonlik vertel dat die KP-beleid verander
het vanaf nie-gewelddadig tot gewelddadig? Ja of nee?
DERBY-LEWIS: Mnr. Voorsitter. Dr. Hartzenberg se verklaring is op die rekords van
hierdie hof, van hierdie komitee.
BIZOS: Beantwoord asseblief die vraag.
DERBY-LEWIS: Hy het my, nie persoonlik gesê nie, weereens.
BIZOS: Het enige ander partyleier van die Konserwatiewe Party jou
persoonlik vertel dat daar ʼn verandering in die beleid van die KP
was vanaf nie-gewelddadig tot gewelddadig?
DERBY-LEWIS: Nee mnr. Voorsitter.
BIZOS: Dankie.
DERBY-LEWIS: Wat ek probeer sê mnr. Voorsitter is dat terwyl die amptelike beleid
van die KP teen geweld gekant was ... Sal ons dat dit die
interpretasie, die persepsie was dat die KP reeds by geweld
betrokke was met die mobiliseringsplanne en die verklaring deur dr.
Treurnicht.
BIZOS: Maar dr. Hartzenburg sê presies die teenoorgestelde, dat geweld
buite die KP was. Het hy die waarheid vertel of nie?
DERBY-LEWIS: Hy het die waarheid vertel, en ek het dit reeds gesê.
BIZOS: Sê jy dat daar ʼn nie-amptelike beleid van die KP was. Wat was die
nie-amptelike beleid van die KP in verhouding tot geweld? Dit moet
geweld wees.
DERBY-LEWIS: Mnr. Voorsitter ek het nie gesê dat daar ʼn nie-amptelike beleid in
die KP was nie. Ek het gesê dit was buite, dit was groter as die KP.
[Vanuit http://www.doj.gov.za/trc/amntrans/index.htm. Toegang op 7 Januarie verkry.]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
8 GESKIEDENIS V2 (ADDENDUM) (EC/SEPTEMBER 2018)
BRON 2C
Die volgende uittreksel beskryf die Waarheid-en-Versoeningskommissie (WVK) se
bevindings ten opsigte van die moord op Chris Hani.
Min sake veroorsaak soveel emosie soos die sluipmoord op Chris Hani. Dit is nou
20 jaar sedert skokgolwe (skielike beweging) van woede en hartseer wat die land
geskud het, namate beelde van sy bloedige lyk op sy oprit oor die hele wêreld
versprei is. Dit was ʼn belangrike gebeurtenis wat die loop van die geskiedenis kon
verander het. Tans maak een van die moordenaars, Clive Derby-Lewis, ʼn hernieude
poging tot begenadiging (genade), deur hierdie keer Hani se weduwee, Limpho, te
ontmoet om verskoning aan te bied. Maar, alhoewel Derby-Lewis die galg ontvlug
het toe sy vonnis verander was na lewenslange tronkstraf, is dit ʼn baie stadige
doodsvonnis. Hy sal nooit vergewe word vir die vergieting van die bloed van Chris
Hani nie.
Deur hul eie erkenning het Janusz Walus en Clive Derby-Lewis Chris Hani se
sluipmoord beplan om wittes tot rebellie aan te dryf (opposisie teen gesag) en om
die verhoudings wat tydens die multi-party politieke onderhandelings in die 1990s
gebou is, te destabiliseer.
Die Waarheids-en-Versoeningskommissie (WVK) het hul plan soos volg opgesom:
‘Hulle doel was om ʼn situasie te skep waarin die radikales wat Hani ondersteun het,
wydverspreide chaos en wanorde in die nasleep van sy dood sou veroorsaak. Omdat
die NP (Nasionale Party) nie in staat sou wees om doeltreffende beheer te neem
nie, sou die situasie regsgesinde leiers verenig. Hulle sou dan met sekuriteitsmagte
kon kombineer en deur in te tree’ ʼn teenrewolusie ontketen en die regering van die
land oorneem.
[Vanuit https://www.dailymaverick.co.za. Toegang op 7 Januarie verkry.]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2018) GESKIEDENIS V2 (ADDENDUM) 9
BRON 2D
Die foto hieronder toon SAKP-ondersteuners met plakkate tydens ʼn optog in Pretoria
se sentrale sakegebied in 2017 ter ondersteuning van die Minister van Justisie,
Michael Masutha, se besluit om die parool wat aan Chris Hani se moordenaar,
Janusz Walus toegestaan was, te appelleer.
[Vanuit Eyewitness News (EWN) November 2017]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
10 GESKIEDENIS V2 (ADDENDUM) (EC/SEPTEMBER 2018)
VRAAG 3: WAT WAS DIE GEVOLGE VAN GLOBALISASIE OP SUID-AFRIKA?
BRON 3A
Hierdie bron verduidelik waarom die ANC hul ekonomiese beleid na GEAR (Groei,
Werkverskaffing en Herverdeling) na 1996 verander het.
GEAR was ʼn onverbloemde vryemarkprogram ... ʼn kombinasie van ontspanne
wisselkoerse, privatisering, fiskale dissipline en samewerking met die private sektor om
uitvoergedrewe groei te produseer ...
GEAR het dus die voltooiing van die ANC se verstommende ideologiese ommeswaai
bevestig ... Dit het ook groot spanning in die alliansie veroorsaak, met COSATU en die
SAKP se gevoel dat hul sosialistiese besorgdhede heeltemal op sy gesit was. Wat sout
in die wonde gevryf het, was dat hulle gevoel het dat die beleidsverandering sonder
konsultasie op hulle opgelê was.
Die ANC het GEAR selfs sonder ʼn debat in sy Nasionale Uitvoerende Komitee
aangebied. Sommige ontevrede alliansielede het die politieke organisasie daarvan
beskuldig dat hulle die rewolusie verraai het.
[Vanuit In Search of History Grade 12 by J.Bottaro et al]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2018) GESKIEDENIS V2 (ADDENDUM) 11
BRON 3B
Die onderstaande bron fokus op die strategiese denke om die mynboubedryf van Suid-
Afrika wêreldwyd te versterk.
Die Minister van Handel en Nywerheid, Alec Erwin, het Suid-Afrika se nywerhede
aangemoedig om ‘wakker te skrik en dink’ aangesien hulle toenemend gekonfronteer
gaan word met ʼn minder beskermde ekonomie nader aan die handel en onrus van die
wêreldmarkte. Hy het daarop gewys dat, ongeag of Suid-Afrika die wêreld se grootste
goud- of platinumprodusent is, ʼn gebrek aan strategiese denke die mynboubedryf sy
leiersposisie sal laat verloor.
Alhoewel die mynbousektor se persentasie bydra tot Suid-Afrika se binnelandse bruto
produk verminder het, is die bedryf ʼn belangrike uitvoerder, en verdere veredeling en
waarde-toevoegingsprosesse binne die bedryf is besig om uit te brei.
Alle mynmaatskappye is in wese prysnemers in ʼn globale mark; en daardie volgehoue
lae pryse, soos dié van goud, kan slegs op die lang termyn ʼn afname in die besigheid tot
gevolg hê. ʼn Oorkoepelende ophoping van bykans 30 000 ton goud in wêreldbanke is ʼn
probleem vir die goudbedryf, en hoewel die vraag die nuwe mynproduksie oorskry, hou
die verkope van bankaandele die prys laag. Die groei in platinum-groep metale,
steenkool, ystererts en sink dryf egter die Suid-Afrikaanse mynbou aansienlik aan.
Ander faktore wat ʼn helpende hand aan die bedryf verskaf, is ʼn Afrika-mark wat oop
gemaak word en verwagtinge is dat die vasteland se skuif na toenemende vrye
marktoestande sal voortduur.
Plaaslike mynmaatskappye spog reeds met sukses in lande soos Zambië, Ghana,
Tanzanië en Mali, onder andere.
‘Die mark vir Suid-Afrikaanse mynbou is regtig internasionaal en ons beweeg oral waar
minerale ontgin word.’
[Vanuit www.miningweekly.com/.../the-globalisation-of-south-africas-mining-industry-2001. Toegang op 7
Januarie verkry.]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
12 GESKIEDENIS V2 (ADDENDUM) (EC/SEPTEMBER 2018)
BRON 3C
Hierdie spotprent toon die gevolge van globalisering op die ontwikkelde en
ontwikkelende nasies.
[Vanuit http://www.toonpool.com/cartoons/Globalisation_30593#img9. Toegang op 7 Januarie verkry.]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2018) GESKIEDENIS V2 (ADDENDUM) 13
BRON 3D
Hierdie bron verduidelik die gevolge van globalisering op Suid-Afrika tydens en na die
apartheidsera.
Dit is onmoontlik om die handel afsonderlik van industrialisasie en omgekeer te
bespreek. Deur industrialisering word handel, plaaslik sowel as internasionaal, moontlik
gemaak. Die apartheidsbeleide wat ingestel was om die land se bedrywe voor sy
onafhanklikheid te bestuur, het gelei tot internasionale sanksies en ander
proteksionistiese beleide wat Suid-Afrika se vervaardigingsegment negatief beïnvloed
het. Die nywerheidsfirmas was afgesonder van die globale ekonomie wat die
vervaardigers van die land se ekonomie gedwing het om uitsluitlik vir die land se
huishoudelike mark te produseer. Hierdie beleide het ook die klein en medium
ondernemings ontmoedig om te begin of om te floreer en het nie belê in die ontwikkeling
van menslike kapitaal nie. ʼn Mengelmoes van hoë invoertariewe, internasionale
sanksies en die gebrek aan aansporings vir produksieverbetering het tot ʼn
onmededingende nywerheidsomgewing gelei. Uiteindelik was die eindresultaat ʼn
onproduktiewe vervaardigingsektor wat bevlek was deur verouderde tegnologie en
prosesse.
Met met die herintegrasie van Suid-Afrika in die wêreldekonomie gedurende die vroeë
1990’s, het die liberaliseringsbeleid egter die land in staat gestel om baie van die
uitdagings wat dit voorheen in die gesig gestaar het, te oorkom. Industrialisasie het
sedertdien versnel en volgens Green het Suid-Afrika ʼn jaarlikse gemiddelde van 6,7%
in vervaardigde uitvoere tussen 1990 en 2005 beleef, ʼn toename van 3,8% van die
vorige 20 jaar. Globalisering het die vervaardigers toegang tot ʼn wyer markbasis regoor
die wêreld gegee en het ook verbruikers toegang tot ʼn verskeidenheid goedere en
dienste gegee.
[Vanuit giantscholar.com/how-globalization-has-affected-South-Africa. Toegang op 7 Januarie verkry.]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
14 GESKIEDENIS V2 (ADDENDUM) (EC/SEPTEMBER 2018)
ERKENNINGS
Berman-Kane, Soweto – Black Revolt White Reaction. (Ravan Press 1981)
Eyewitness News (EWN) November 2017
Giantscholar.com/how-globalization-has-affected-south-africa/noordhoekvillage.com.
Pikoli. V and Wiener.M, My Second Initiation: The Memoirs of Vusi Pikoli. (Google
Books 2013.)
https://www.dailymaverick.co.za/.../2013-04-10-the-blood-of-chris-hani-and-the-eter
http://www.doj.gov.za/trc/amntrans/index.htm.
http://www.toonpool.com/cartoons/Globalisation_30593#img9
www.sahistory.org.za/dated-event/trc-refuses-amnesty-hanis-killers
www.sahistory.org.za/people/stephen-bantu-biko
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Study this subject
Recommended for this subject

Addendum
History Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2018 Addendum (Eng)

Question paper
History Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2018 QP (Afr)

Addendum
History Grade 12 P2 Eastern Cape June 2022 Addendum (Afr)
%20X10%202019%20Preparatory%20Examination%20Addendum_hlayiso.com_--4c8825cb-7328-4a35-b4a2-21579182a6ed/v1-eaba88523cccc85340dd/card.webp)
Addendum
History Grade 12 P2 Gauteng Mock 2019 Addendum (Afrikaans)

Addendum
History Grade 12 Paper 2 Gauteng Mock 2018 Addendum

Addendum
History Grade 12 P2 NSC November 2018 Addendum (Afrikaans)
More from Grade 12 History

Study guide
Workguide Case Study Strategies

Memorandum
History Grade 12 Paper 2 North West Mock 2025 Memo

Memorandum
History Grade 12 P1 Eastern Cape June 2024 Memo (Afrikaans)

Memorandum
History Grade 12 P1 Eastern Cape Prelim 2024 Memo (Afr)

Question paper
History Grade 12 P2 Eastern Cape Prelim 2024 QP (Afr)
%20June%202024%20Question%20Paper_hlayiso.com_--b8285d4c-81f2-4d18-a8e1-31feb9e949b5/v1-08263ca49c7d250a5368/card.webp)
Question paper