Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
SEPTEMBER 2018
GESKIEDENIS V1
PUNTE: 150
TYD: 3 uur
*HISTA1*
Hierdie vraestel bestaan uit 9 bladsye.
Skip to contentAll 2018 papers 





View all





History Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2018 QP (Afr)
Grade 12 History Paper 1 question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2018 (Afrikaans), 16 pages. Read online or download the free PDF.
History · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2018. Question paper, 16 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- History
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Question paper
- Year
- 2018
- Exam period
- Eastern Cape Mock Exam
- Paper
- 1
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 16
- File size
- 223.4 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 16
This exam
Eastern Cape Mock Exam 2018
- Paper 1Question paper · EngQuestion paper · AfrQuestion paper · Afr (2)Addendum · EngAddendum · Eng (2)Addendum · AfrAddendum · Afr (2)Memo · EngMemo · Afr
- Paper 2Question paper · EngQuestion paper · AfrQuestion paper · Afr (2)Addendum · EngAddendum · Eng (2)Addendum · AfrAddendum · Afr (2)Memo · EngMemo · Afr
Questions in this paper
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
2 GESKIEDENIS V1 (EC/SEPTEMBER 2018)
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Hierdie vraestel bestaan uit AFDELING A en AFDELING B wat op die
voorgeskrewe inhoudsraamwerk in die KABV-dokument gebaseer is.
AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE
VRAAG 1: DIE KOUE OORLOG: INSLUITING EN WAAGMANSKAP –
DIE KUBAANSE MISSIELKRISIS
VRAAG 2: ONAFHANKLIKE AFRIKA: GEVALLESTUDIE – ANGOLA
VRAAG 3: BURGERLIKE PROTES VANAF DIE 1950’s TOT DIE
1970’s – SWARTMAGBEWEGING IN DIE VSA
AFDELING B: OPSTELVRAE
VRAAG 4: GEVALLESTUDIE – CHINA
VRAAG 5: ONAFHANKLIKE AFRIKA: VERGELYKENDE
GEVALLESTUDIE – DIE KONGO EN TANZANIË
VRAAG 6: BURGERLIKE PROTES VANAF DIE 1950’s TOT DIE
1970’s: DIE BURGERREGTEBEWEGING
2. AFDELING A bestaan uit DRIE brongebaseerde vrae. Bronmateriaal wat
benodig word om brongebaseerde vrae te beantwoord kan in die
ADDENDUM gevind word.
3. AFDELING B bestaan uit DRIE opstelvrae.
4. Beantwoord DRIE vrae soos volg:
4.1 Ten minste EEN moet ʼn brongebaseerde vraag wees, en ten minste
EEN moet ʼn opstelvraag wees.
4.2 Die DERDE vraag kan ʼn brongebaseerde vraag of ʼn opstelvraag
wees.
5. Jy word aangeraai om ten minste EEN uur per vraag te bestee.
6. In die beantwoording van die vrae moet jy jou kennis, vaardighede en insig
toepas.
7. Jy sal benadeel word deur die blote oorskryf van die bronne as antwoorde.
8. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik word.
9. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorgehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2018) GESKIEDENIS V1 3
AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE
Beantwoord ten minste EEN vraag, maar nie meer as TWEE vrae nie, in hierdie
afdeling. Bronmateriaal wat benodig word om hierdie vrae te beantwoord, kan in
die ADDENDUM gevind word.
VRAAG 1: HOE HET DIE KUBAANSE MISSIELKRISIS DIE KOUE OORLOG-
SPANNING TUSSEN DIE SOWJETUNIE EN DIE VERENIGDE
STATE VAN AMERIKA IN DIE 1960’s VERHOOG?
Bestudeer Bronne 1A, 1B, 1C en 1D en beantwoord die vrae wat volg.
1.1 Gebruik Bron 1A.
1.1.1 Noem die TWEE supermoondhede in die bron wat by die
Kubaanse Missielkrisis betrokke was. (2 x 1) (2)
1.1.2 Waarom, volgens die inligting in die bron, was president Dwight D.
Eisenhower bekommerd oor die koers wat Castro se regering
geneem het? (1 x 2) (2)
1.1.3 Volgens die bewyse in die bron, watter land het die VSA gebruik
om sy 2506-Brigade op te lei? (1 x 1) (1)
1.1.4 Verduidelik waarom jy dink Castro beheer van die Kubaanse
weermag se teenaanval oorgeneem het. (2 x 2) (4)
1.2 Lees Bron 1B.
1.2.1 Identifiseer die veldtog, in die bron, wat deur die Kennedy-
administrasie in Julie 1962 beplan was. (1 x 1) (1)
1.2.2 Haal TWEE tipes missiele aan wat geïdentifiseer was deur die U2-
vliegtuig soos in die bron vertoon. (2 x 1) (2)
1.2.3 Verduidelik hoe President Kennedy gereageer het op die
ontdekking van die Sowjetmissiele in Kuba. (2 x 2) (4)
1.2.4 Noem enige TWEE opsies wat die VSA oorweeg het aangaande
die Sowjet-missielbasis in Kuba. (2 x 1) (2)
Kopiereg voorgehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
4 GESKIEDENIS V1 (EC/SEPTEMBER 2018)
1.2.5 Verduidelik die term kwarantyn in die konteks van die Kubaanse
Missielkrisis. (1 x 2) (2)
1.3 Raadpleeg Bron 1C.
1.3.1 Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis, verduidelik
waarom die VSA ʼn KWARANTYN ingestel het teen Russiese
skepe wat Kuba in 1962 binnegevaar het. (2 x 2) (4)
1.3.2 Lewer kommentaar op hoe Khrushchev op die vlootblokkade van
Sowjet-skepe gereageer het. (2 x 2) (4)
1.4 Verwys na Bron 1B en 1C. Verduidelik hoe die bewyse in Bron 1B die
inligting in Bron 1C ondersteun aangaande die betrokkenheid van die VSA
in die Kubaanse Missielkrisis. (2 x 2) (4)
1.5 Bestudeer Bron 1D.
1.5.1 Haal TWEE redes uit die bron aan wat daarop aandui dat
Khrushchev twyfelagtig was oor die VSA se verbintenis tot vrede in
Kuba. (2 x 1) (2)
1.5.2 Verduidelik waarom jy dink was dit nodig vir Khrushchev om ʼn brief
aan Kennedy te skryf. (2 x 2) (4)
1.5.3 Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis en verduidelik die
bruikbaarheid van hierdie bron vir ʼn historikus wat die Kubaanse
Missielkrisis bestudeer. (2 x 2) (4)
1.6 Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis en skryf ʼn
paragraaf van ongeveer AGT reëls (ongeveer 80 woorde) waarin jy
verduidelik hoe die Kubaanse Missielkrisis die Koue Oorlog-spanning
tussen Rusland en Amerika in die 1960’s verhoog het. (8)
[50]
Kopiereg voorgehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2018) GESKIEDENIS V1 5
VRAAG 2: HOE HET DIE POGINGS VAN DIE ANGOLESE BEVRYDINGS-
BEWEGINGS MISLUK OM VREDE IN ANGOLA IN 1975 TEWEEG TE
BRING?
Bestudeer Bron 2A, 2B, 2C en 2D en beantwoord die vrae wat volg.
2.1 Verwys na Bron 2A.
2.1.1 Waarom, volgens die bron, was Angola se oorname vanaf Portugese
beheer ʼn groot ramp? Haal TWEE redes aan. (2 x 1) (2)
2.1.2 Gebruik die inligting in die bron en jou kennis om die uitdagings wat
die MPLA in die gesig gestaar het in 1974, te verduidelik. (2 x 2) (4)
2.1.3 Noem die DRIE Angolese bevrydingsbewegings in die bron. (3 x 1) (3)
2.1.4 Verduidelik waarom dink jy kon UNITA as die swakste bevrydings-
beweging in 1975 beskou word. (1 x 2) (2)
2.1.5 Lewer kommentaar op die bruikbaarheid van hierdie bron vir ʼn
historikus wat navorsing oor die Angolese konflik in die 1970’s doen.
(2 x 2) (4)
2.2 Lees Bron 2B.
2.2.1 Haal die streeksliggaam aan in die bron wat die ondertekening van
die Alvor-ooreenkoms op 15 Januarie 1975 gefasiliteer het. (1 x 1) (1)
2.2.2 Noem enige TWEE voorwaardes waarop die Angolese partye by die
Alvor-ooreenkoms van 15 Januarie 1975 ooreengekom het. (2 x 1) (2)
2.2.3 Definieer die konsep oorgangsregering in die konteks van die
onderhandelinge vir ʼn nuwe regering in Angola in 1975. (1 x 2) (2)
2.2.4 Deur gebruik te maak van die inligting in die bron en jou eie kennis,
verduidelik waarom die Alvor-ooreenkoms misluk het om vrede in
Angola in 1975 teweeg te bring. (2 x 2) (4)
2.3 Raadpleeg Bron 2C.
2.3.1 Verduidelik waarom jy dink hierdie foto geneem was. Gebruik die
visuele leidrade in die foto om jou antwoord te ondersteun. (2 x 2) (4)
2.3.2 Noem enige DRIE leiers wat die vergadering waar die Nakuru-
ooreenkoms onderteken was, bygewoon het. (3 x 1) (3)
Kopiereg voorgehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
6 GESKIEDENIS V1 (EC/SEPTEMBER 2018)
2.4 Gebruik Bron 2D.
2.4.1 Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis en verduidelik wat
geïmpliseer word deur die stelling ‘die oorlog kon nie uitgestel word
nie’ aangaande die toestande in Angola in 1975. (2 x 2) (4)
2.4.2 Verduidelik waarom jy dink al die bevrydingsbewegings meegeding
het vir die beheer van Luanda. (1 x 2 ) (2)
2.4.3 Watter bevrydingsbeweging, volgens die bron, was in Luanda vroeg
in 1975 militêr dominant? (1 x 1) (1)
2.5 Bestudeer Bronne 2C en 2D. Verduidelik hoe Bron 2D verskil van Bron 2C
aangaande die vredespogings in Angola in 1975. (2 x 2) (4)
2.6 Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis en skryf ʼn
paragraaf van ongeveer AGT reëls (ongeveer 80 woorde) waarin jy
verduidelik hoe die pogings van die Angolese bevrydingsbewegings om
vrede in Angola te bewerkstellig in 1975 misluk het. (8)
[50]
Kopiereg voorgehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2018) GESKIEDENIS V1 7
VRAAG 3: WAT WAS DIE BYDRAE VAN DIE SWART AMERIKAANSE LEIERS
TOT DIE SWARTMAGBEWEGING IN DIE VERENIGDE STATE VAN
AMERIKA IN DIE 1960’s?
Bestudeer Bron 3A, 3B, 3C en 3D en beantwoord die vrae wat volg.
3.1 Bestudeer Bron 3A.
3.1.1 Noem die wetgewing wat die Amerikaanse Kongres in 1964
deurgevoer het. (1 x 1) (1)
3.1.2 Haal TWEE bewyse uit die bron aan wat aandui dat nie alle Afro-
Amerikaners met die Burgerregtebeweging se strategieë beïndruk
was nie. (2 x 1) (2)
3.1.3 Definieer die konsep Swartmagbeweging in jou eie woorde. (1 x 2) (2)
3.1.4 Identifiseer die TWEE belangrikste aspekte waarna die Swartmag-
beweging gemik is, soos in die bron vervat. (2 x 1) (2)
3.1.5 Verduidelik wat jy dink Stokely Carmichael geïmpliseer het met die
stelling: ‘Ek gaan nie die witman smeek vir enigiets wat ek verdien
nie – ek gaan dit vat’ in die konteks van die Swartmagbeweging in
die 1960’s. (2 x 2) (4)
3.2 Raadpleeg Bron 3B.
3.2.1 Lys enige TWEE eienskappe van die filosofie van Swart
Nasionalisme wat Malcolm X in sy toespraak beklemtoon het. (2 x 1) (2)
3.2.2 Deur gebruik te maak van die inligting in die bron en jou eie kennis
en verduidelik waarom Malcolm X geglo het dat die Amerikaanse
regering die Afro-Amerikaners gefaal (misluk) het. (2 x 2) (4)
3.2.3 Lewer kommentaar op waarom jy dink Malcolm X die ‘sit-staking’-
strategie van die Burgerregtebeweging gekritiseer het. (2 x 2) (4)
3.2.4 Noem enige TWEE aksies wat Malcolm X voorgestel het dat Afro-
Amerikaners moes doen om weg van ʼn sitstaking mentaliteit te
beweeg. (2 x 1) (2)
3.3 Verwys na Bron 3C.
3.3.1 Verduidelik waarom jy dink hierdie foto geneem was. Gebruik die
visuele leidrade in die foto om jou antwoord te ondersteun. (2 x 2) (4)
3.3.2 Gebruik die bron en jou eie kennis om die frase ‘NEGERS MET
GEWERE’ te verduidelik. (1 x 2) (2)
Kopiereg voorgehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
8 GESKIEDENIS V1 (EC/SEPTEMBER 2018)
3.4 Lees Bron 3D.
3.4.1 Waarin, volgens Lakisha Odlum, het die Swartmagbeweging geglo?
Noem DRIE aspekte. (3 x 1) (3)
3.4.2 Waarom dink jy was dit nodig vir die Swartmagbeweging om die wit
magstrukture af te breek? (1 x 2) (2)
3.4.3 Verduidelik waarom jy hierdie bron as bruikbaar sal oorweeg vir ʼn
historikus wat navorsing oor die Swartmagbeweging doen. (2 x 2) (4)
3.5 Verwys na Bron 3B en 3D. Verduidelik hoe die bewyse in hierdie bronne
mekaar ten opsigte van die filosofie van die Swartmagbeweging in die
Verenigde State van Amerika ondersteun. (2 x 2) (4)
3.6 Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis en skryf ʼn
paragraaf van ongeveer AGT reëls (ongeveer 80 woorde), waarin jy die
bydrae van die Swart Amerikaanse leiers tot die Swartmagbeweging in die
Verenigde State van Amerika in die 1960’s verduidelik. (8)
[50]
Kopiereg voorgehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2018) GESKIEDENIS V1 9
AFDELING B: OPSTELVRAE
Beantwoord ten minste EEN vraag, maar nie meer as TWEE vrae nie, in hierdie
afdeling.
Jou opstel moet ongeveer DRIE bladsye lank wees.
VRAAG 4: DIE KOUE OORLOG: GEVALLESTUDIE – CHINA
‘Die Groot Sprong Vorentoe en die Kulturele Revolusie was Mao Zedong se
poging om sy gesag op die mense van China af te stempel gedurende die 1950’s
en 1960’s.’
Stem jy saam met hierdie stelling? Ondersteun jou argument met relevante
historiese bewyse. [50]
VRAAG 5: ONAFHANKLIKE AFRIKA: VERGELYKENDE STUDIES – DIE
KONGO EN TANZANIË
Mobuto Sese Seko en Julius Nyerere se politieke, ekonomiese, sosiale en
kulturele beleid het verseker dat die Kongo en Tanzanië suksesvol na hul
verwerwing van onafhanklikheid in die 1960’s was.
Verduidelik tot watter mate jy saamstem met die bogenoemde stelling. Gebruik
toepaslike bewyse om jou argument te ondersteun. [50]
VRAAG 6: BURGERLIKE VERSET VANAF DIE 1950’s TOT DIE 1970’s – DIE
AMERIKAANSE BURGERREGTEBEWEGING
‘Moet nie vandag ʼn bus ry nie. Moet dit nie ry nie vir vryheid.’ Die plakkaat het
gelei tot die begin van ʼn suksesvolle nie-gewelddadige Montgomery Busboikot
deur die Burgerregtebeweging in 1955.
Bespreek hierdie stelling krities en verduidelik of die verskillende vorme van
burgerlike verset verandering vir Swart Amerikaners in die 1960’s teweeggebring
het. [50]
TOTAAL: 150
Kopiereg voorgehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Downloaded from hlayiso.com
Downloaded from hlayiso.com
Downloaded from hlayiso.com
Downloaded from hlayiso.com
Downloaded from hlayiso.com
Downloaded from hlayiso.com
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
History Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2018 QP (Eng)

Question paper
History Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2018 QP (Afr)

Question paper
History Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2022 QP (Eng)

Question paper
History Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2021 QP (Eng)

Question paper
History Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2020 QP (Sesotho)

Question paper
History Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2019 QP (Eng)
More from Grade 12 History

Study guide
Workguide Case Study Strategies

Memorandum
History Grade 12 Paper 2 North West Mock 2025 Memo

Memorandum
History Grade 12 Paper 1 NSC June 2025 Memo (English)

Memorandum
History Grade 12 P1 Eastern Cape June 2024 Memo (Afrikaans)

Addendum
History Grade 12 P1 Eastern Cape Prelim 2024 Addendum (Afr)

Addendum